-ocr page 1-
*
mm
\'i ■, ■
DIE AGNOSTICISME
r
■. ;. . -
■ .
-
• ■
■ - . -
VAN
HERBERT SPENCER
AKADEMIESE PROEFSKRIP
i
Ï
— -
• !
W. P. STEENKAMP
-ocr page 2-
,1%
yivpv \\
A. oct,
1549
-ocr page 3-
-ocr page 4-
-ocr page 5-
-ocr page 6-
-ocr page 7-
DIE AGNOSTICISME
VAN
HERBERT SPENCER
-ocr page 8-
-ocr page 9-
VRIJE UNIVERSITEIT — AMSTERDAM.
DIE AGNOSTICISME
VAN
HERBERT SPENCER.
AKADEMIESE PROEFSKRIF
OM DIB GRAAD TE VEEKKIJ VAN
DOKTOR IN DIE H. GODGELEERDHEID,
OP GESAG VAN DIE RECTOB
Dr. H. H. KUYPER
Hoogleeraar in die Fakulteit van Godgeleerdheid,
IN DIE OPENBAAR TE VERDEDIG
op Vrijdag 29 April 1910 om 3 uur in die Agtermiddag,
in dio „Gobouw der Maatschappij voor den Werkenden Stand"
DEUR
WILLEM PETRUS STEENKAMP
Gebore op CALVINIA (Suid-Afrika)
AMSTERDAM ■■ H. A. VAN BOTTENBURG
IT TE UTRECHT
A06000019133093B
1913 3093
-ocr page 10-
-ocr page 11-
AAN MIJ TEERBEMINDE VADER EN MOEDER
EN
AAN DIE NAGEDA.GTENIS VAN DIE MAN
WAT NAAS HULLE VIR MIJ SO VEEL
BETEKEN HET, DIE EDEL PATRIOT, DIE
VROME KRISTEN, DIE VERTROUDE STAATS-
MAN EN DIE BEKWAME GENEESHEER
Dr. JOSIAS M. HOFMANN
WORD HIERDIE WERK MET NEDERIGHEID
OPGEDRA.
-ocr page 12-
-ocr page 13-
VOORWOORD.
Terwijl ek mij akademiese studies voltooi het en op
die punt staan om na mij vaderland toe terug te gaan,
grijp ek met vreugde die gele\'entheid aan wat \'n voorrede
bied om mededeelings van meer persoonlikke aard te doen.
Gedagtig aan die consuetudo pro lege servatur, kan
ek mij proefskrif nie in die lig gé nie sonder om vooraf
eers die tol van dankbaarheid betaal te hé aan almal
wat mij in mij studies als leidsmanne gehelp en tot die
voltooiing daarvan bijgedra het.
Die allereerste, mij dank aan u, Hooggeagte Promotor,
Hooggeleerde Bavinck. Ek sé aan u, wat Henry Drum-
mond aan sij leermeester Prof. Archibald G-eikie gesé
het, toe hij aan hom geskrijwe het, dat dit vir hom
nie alleen moeilik nie, maar onmo\'enlik was om te sé
hoe veel hij van hom geniet en geleer het, dat hij
daarom ok nie eens sal perbeer om hom te bedank nie,
maar dat hij hom moet vergun om net daarvan melding
te maak. Aan uw hand kon ek dieper ingaan in die
Dogmatiek en Dogmengeschichte, dieper daardeur in die
wetenskaplikke sisteem van die geopenbaarde kennis
van God. Maar wat vir mij vóóral so veel beteken het
was die blik wat u mij gegé het in die philosophie van
-ocr page 14-
X
die 19de eeuw met die se invloed op die geestesrigtinge
op theologies, letterkundig en maatskaplik gebied. Uw
uitvoerige diktaat daaro\'er sal deur mij altoos als \'n
skat in mij besit beskou word. Die welwillendheid en
vrinlikheid waarmee u mij ten dienste gestaan het in
die afwerking van mij dissertasie kon nie groter gewees
het nie. Dit sal mij altoos \'n groot eer wees, dat ek
onder \'n man met uw wetenskaplikke naam in Europa
en Amerika kon afstudeer en promoveer het. Nog
ander dinge het daartoe bijgedra om u altoos in mij
herinnering te laat voorleef als mij geliefde en onver-
geetlikke leermeester. Ek weet dat hierdie persoonlikke
betuiginge u onaangenaam sal wees. Maar dis mij \'n
behoefte om dit te sé. En u moet mij maar toelaat
om hierin mijself te wees.
U, Hooggeleerde Rutgers, wil ek dank vir die hoflikheid
en vrinlikheid waarmee u mij altoos beje\'en het en
waarmee ek op uw studeervertrek ontvang was. Van
die onderwerpe wat ek onder u mog studeer het,
dank ek u vóóral vir uw lesse in die Gereformeerde
Kerkreg. U weet nie, hoeveel dit vir my ei\'e kennis
en insig beteken als lid van die kerk van Jesus Kristus,
waar dit vóór alles geld, dat daarin reg sal gehandhaaf
word en volgens die woord van die apostel Paulus:
irxvrx 5«\' euvx^ffMvut xxi xxtx tx%iv yive&u.
Ek dank u, Hooggeleerde Geesink, vir wat ek van u
geleer het. Uw lesse in die Geref. Ethika was mij \'n
geeslikke en verstandlikke genot. Mij dank ok vir uw
vrinlikheid te\'eno\'er mij. Ek het altoos gevoel, dat ek
met u te doen het nie alleen met \'n geleerde nie, maar
ok met \'n egte mens.
-ocr page 15-
XI
Moeilik val dit mij, om u, Hooggeleerde Kuyper, na
waarde te dank vir wat ek van u geleer het en wat u
vir mij gewees het. Van die onderwerpe wat ek onder
u bestudeer het, wil ek u vooral dank vir uw lesse in
die Encyclopaedie van die Heilige Godgeleerdheid. Hoe
veel het dit vir mij beteken om \'n insig te krij in
die organies verband van die Theologie in haar self
en als integreerend deel van die organisme van die
wetenskap!
Onvergeetlik sal mij vrou en mij blij die gasvrijheid
en vrinlikheid wat ons van u en Mevr. Kuyper ondervind
het. Uw huis het altijd vir ons oopgestaan en ons het
ons daar thuis gevoel. Die gesellige uurtjies wat ons
daarin deurgebring het, behoor tot die aangenaamste
herinneringe van ons verblijf in Europa.
Hooggeleerde van Gelderen, ontvang mij dank vir wat
ek van u geleer het. Onder uw leiding het ek dieper
mog grawe in die O. T. Exegese en die Historiese Kritiek.
Mog uw deeglikheid en noukeurigheid mij altoos tot
\'n voorbeeld wees. Mij dank vir die gewaardeerde
besoeke van u en Mevr. v. Gelderen en vir die gesellige
uurtjies op onse nederige vertrekke deurgebring.
Hoe graag sou ek ok die naam van Prof. Biesterveld
genoem hetl Hoe veel het ek van hom geleer vooral
in die Exegese van die N. T.! Maar hij is daar nie
meer nie. En met weemoed herdink één van sij leerlinge
by die voltooiing van sij studie die droewige feit, dat
hy één van sij Hoogleeraars na die graf sien dra het.
Aangenaam is dit mij, om u, Hoogleeraars van die
Theologiese Kweekskool van Stellenbosch te dank vir
wat u vir mij gewees het. U het mij die eerste in die
Theologiese studie ingewij. Uw ho\'e beskaafdheid en
-ocr page 16-
XII
innige vroomheid sal mij mij lewe lang \'n navolgens-
waardig voorbeeld blij. Onder niemand anders sou ek
mij eerste Theologiese opleiding wou ontvang het nie.
Insonderheid wil ek u, Hooggeleerde Marais, bedank vir
uw belangstelling in mij studie betoon, deurdat ek, toe ek
op die boot in Afrika gestap het, van u \'n brief mog
ontvang, waarin u mij raai om na die Vrije Universiteit
te gaan. Met des te meer ingenomenheid maak ek hiervan
melding, omdat dit nie alleen \'n blijk van uw belang-
stelling was nie, maar ok vooral omdat dit \'n logen-
straffing is van die beskuldiging als sou onse professore
net in naam die Calvinistiese belijdenis van onse kerk
in Afrika toegedaan wees.
Hoewel ek van u, Hooggeleerde James Orr, en van
uw kollega\'s in die United Free Church College in
Glasgow maar min kolleges bijgewoon het, tog het
ek so lang en so veel van u uit uw werke geleer, dat
dit nie meer als reg is nie, dat ek u ok opentlik mij
dank daarvoor betuig.
U, Pastor Lushnat, wil ek dank, omdat die vrinlikheid
wat ons onder uw dak geniet het, daartoe bijgedra het
om die tijd wat ek aan die Berlijnse Universiteit en
daarna in Berlijn deurgebring het, tot die aangenaamste
tij\'e van ons verblijf in die vreemde te maak.
Mij innige dank aan die veertig persone, wat mij, toe
ek in Pretoria hulpprediker was, die groot beurs gegé
het. Hoeveel dit vir mij beteeken het, sal u duidlik wees,
als ek sé, dat daarsonder ek onmo\'enlik mij plan vir
verder studie kon volbring het nie. Ok besef ek ten volle,
dat ek hierdie onderskeiding van die lei\'ers en voornaamstes
onder mij volk in geen opsig verdien het of waardig is
nie. En ok daarom sal ek uw weldaad nooit vergeet nie.
-ocr page 17-
XIII
Mij dank aan die Kristlikke Jongeliede Vereniging
van Pretoria vir hulle aandeel in mij studie deur die
ruime beurs mij destijds gegé.
Mij dank vir die ruime financiële en morele steun
wat ek van tijd tot tijd uit mij ou\'e gemeente Ermelo
ontvang het. Ek sal altoos met tederheid en gehegtheid
aan u blij terug dink. Insonderheid u, WelEd. Geb.
W. J. Doyer, vir die ongeveinsde vrindskap en trou
wat u mij bewijs het gedurende mij verblijf in die
buiteland.
Ek kan hier die gele\'entheid nie laat voorbijgaan nie,
sonder om \'n woordjie te wij aan u, wie ek mij vrind
mag noem — WelEd. Geb. J. R. Bührmann. Veel
het ek van uw ruime belesenheid en groot verstand
mag leer. Maar dit was niks in vergelijking met wat
die rijkdom van uw gemoed vir mij beteken het nie.
Uw vrindskap was mij \'n grote krag. Mag God u meer
en meer stel tot \'n sterkte vir alle jong Afrikaners
wat nog ideale het.
Ten slotte \'n paar woorde o\'er mij redes, waarom
ek mij akademiese proefskrif in mij moedertaal ge-
skrijwe het. Ek het daarvoor terug gedeins, omdat daar
nog nooit \'n wetenskaplik werk in Afrikaans geskrijwe
was nie en die nomenklatuur dus hier en daar op nuut
moes gemaak word en ek op geen literariese talente
mij kan beroem nie. Ok omdat dit so ontsaglik bainje
werk en dus ok meer tijd beteken het. Die redes
waarom ek dit ondanks hierdie besware tog gedaan
het, vat ek in die volgende woorde kort saam. Ek het
dit gedaan uit nasionale self-respek, uit die drang tot
nasionale self-behoud, uit nasionale pligsbesef en ok —
laat mij dit maar ronduit sé — uit nasionale trots.
-ocr page 18-
XIV
Dat ek hiertoe die toestemming gekrij het van u,
Hoogleeraars van die Vrije Universiteit, en dat u, Hoog-
geleerde Bavinck, hierin die inisiatief geneem het, dank
ek u uit grond van mij hart. U het u ook hierin
betoon te staan aan die hoof van \'n waarlik vrvje
universiteit.
-ocr page 19-
INHOUD.
Hoofdstuk                                                                                                             Bladg.
I. Beknopte O\'ersig van die Geskiedenis van
die Agnosticisme........ 1
II. Hoe Spencer tot sij Agnosticisme gekom
het............25
III.    Sij Agnosticisme en sij Erkenntniss-Theorie 69
IV.    Sij Agnosticisme en sij Absolute . . . 115
V. Sij Agnosticisme en sij onvernietigbaarheid
van die stof.........141
VI. Sij Agnosticisme en sij Transformatie van
Krag............157
VII. Sij Agnosticisme en sij Persistentie van
Krag............166
VIII. Sij Agnosticisme en sij Idee en Oorsaak
van Evolusie.........187
IX. Sij Agnosticisme en die dieper betekenis
van sij evolusie-wette......212
-ocr page 20-
-ocr page 21-
HOOFSTUK I.
Beknopte O\'ersig Tan die Geskiedenis van
die Agnosticisme.
Die naam „ Agnostics" (Agnostiek, Agnosticisme) kom
die eerste maal voor in die jaar 1869, toe die „Meta-
physical Society" in Londen gestig is.x) Die vereniging
het onder sij lede getel die uitstekendste vertegenwoor-
digers van die uiteenlopendste geestesrigtinge,2) manne
soos Gladstone, Tennyson, Knowles, Spencer ens.8)
Één van die lede van die vereniging was Thomas Henry
Huxley. Terwijl die meeste lede van die vereniging van
opinie was, dat \'n sekere, bepaalde of ware kennis
mo\'enlik was en dus aan die bestaande een of ander
oplossing gegé het, was hij o\'ertuig dat die probleem
onoplosbaar was. En om nou vir hom self en sij mede-
standers ok \'n naam te gé, het hij hom bedien van
die term „Agnostics": —
*) LeoDard Huxley, „Life and Letters of Thomas Henry Huxley",
Vol. I, p. 318.
•) W. Genz, „Der Agnostizismus Herbert Spencers mit Rücksicht
auf August Comte und Fried. Alb. Lange", p. 7.
8) Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. II, p. 209.
1
-ocr page 22-
2
„I took thought and invented what I conceived to be the
appropriate title of Agnostic. It carae into my head as sug-
gestively antithetic to the Gnostic of Church history, who pro-
fessed to know much about the very things of which I was
ignorant." *)
Maar reeds vóór 1869 was Prof. Huxley al van die
opinie. In \'n brief aan Kingsley in die jaar 1860
skrijf hij:
„The longer I live the more obvious it is to me that the
most sacred act of a mans life is to say and to feel: I believe
such and such to be true." 2)
Huxley beweer dat die Agnosticisme uitgaan van die
methode van die exacte wetenskappe. Net wat reeds
bewijs en bewijsbaar is, kan inhoud van ons wete wees,3)
en net soos hij in die Anatomie en Phijsieologie aan
niks kan glo wat nie op genoegsame helderheid rus nie,
so kan hij ok nie aanneem dat die grote misteris
van die bestaan hulle op \'n andere manier laat ver-
klaar nie.4)
„Agnosticism is not a creed but a method, the essence
of which lies in the rigorous application of a single
principle. Positively the principle may be expressed: —
In matters of the intellect follow your reason as far
as it will take you without regard to any other consi-
\') Thomas H. Huxley, „Essays upon some controverted questions",
p. 356.
2)  Leonard Huxley, „Life and Letters of Thomas Henry Huxley"
Vol. I, p. 217.
3)  Wilhelm Genz, „Der Agnostizismus Herbert Spencers mit
Rücksicht auf August Comte und Fried. Alb. Lange", p. 8.
*) Leonard Huxley, „Life and Letters of Thomas Henry Huxley",
Vol. I, p. 217.
-ocr page 23-
8
deration. And negatively: In matters of the intellect
do not pretend that conclusions are certain which are
not demonstrated or demonstrable. That I take to be
the agnostic faith." *)
Agnosticisme o\'er die algemeen is net \'n ander woord
vir philosophiese, theoretiese of metaphijsiese skepti-
cisme, of skepticisme in die algemeen. Dit is die theorie van
die beperktheid van die menslikke kennis tot die wereld
van verskijnsele, sodat al die onsienlikke en bónatuur-
likke vir die mens juist omdat hij mens is, dat wil
sé, kragtens sij aard en aanleg, onkenbaar is.2) "Waar
en vir so ver iemand op grond van die onbekwaamheid
van sij kenvermo\'e kennis onmo\'enlik beskou, is op
hom die naam agnostiek van toepassing. Daar kan dus
\'n groter of kleiner, \'n heel of gedeeltelikke Agnosti-
cisme wees. \'n Mens kan die kenbaarheid van God,
wereld en mens in twijfel trek en bestrij, of ok die
kenbaarheid van één of meer van die drie. En van die
subjektiewe sij beskou kan \'n mens die betroubaarheid
van die sintuie of van die intellek of ok van al twee
ontken en dus alle wetenskap, of alleen die metaphysika
en die philosophie, die wetenskap van geskiedenis,
religie en sedelikheid vir onmo\'enlik beskou. Maar ons
het hier alleen te doen met die soort Agnosticisme wat
die kenbaarheid van God ontken. Waarom? Omdat
Spencer alles, mens, wereld, stof, krag, bewustsijn,
kortom, alle verskijnsele, tot die manifestasies maak
van \'n Absolute, wat van die alles die fondament, die
*) Thomas Huxley, „Essays upon some controverted questions",
p. 362.
\') Edmund T. Shanaban, in die „Catholic Encyclopaedia", p. 215. —
Robert Flint D.D., „Agnosticisme p. 21.
-ocr page 24-
4
bron, die grondslag is.l) En hierdie Absolute is volgens
hom vir die mens onkenbaar en sal dit ewiglik blij.2)
Die Agnosticisme omtrent God het daarom nie bij
Spencer begin nie, want dit word reeds aangetref in
die Brahmanisme van die Indiërs, 3) in die Taoisme van
die Snese,4) in die Buddhisme en in die Griekse wijs-
begeerte van die pre socratiese periode.
Bij die Brahmane is God die onkenbare, sonder name
of ei\'enskappe, alleen geken door die wat nie ken nie.
„Die Upanischads bemühen sich diesen Urgrund alles Daseins
zu beschreiben, zum Beispiel Brihadaranyaka III 8. Das Brah-
man ist eben das was die Brahmanen das Unvergangliche
nennen. Es ist nicht grob und nicht fein, nicht kurz und
nicht lang, nicht rötlich (wie Feuer), nicht anschmiegend (wie
Wasser), nicht schattig, nicht finster, nicht luftartig, nicht
atherartig, nicht anklebend, geschmacklos, geruchlos, ohne
Augen, ohne Ohren, ohne Stimme, ohne inneren Sein, ohne
Glanz, ohne Atinen, ohne Mund, ohne Masz, ohne Inneren,
ohne Aeuszeren. Nach dem Willen dieses Unverganglichen
stromen die Flüsse von den Schneebergen, die einen nach
Westen, die anderen nach Osten," enz. enz.B)
Ja, tot ok bij die Mahomedane krij \'n mens die
Agnosticisme. En manne als Houtsma en Chantepie de
la Saussaye wijs daarop, dat ondanks die plastiese en
menslikke manier waarop hulle Allah beskrijf, daar tog
ok Mohamedane is, wat eenvoudig alle ei\'enskappe van
God ontken en Hom op die manier tot die Onkenbare maak.
l) First Principles, 6th Ed., p. 112, 122 etc.
a) T. a. p., 6th Ed., p. 1-96, 80-84, 443, 445, 446 etc. etc.
*) Dr. H. Bavinck, „Gereformeerde Dogmatiek", Deel II, p. 8.
*) Robert Flint D.D., „Agnosticism".
B) Paul Wurm, „Handbuch der Religionsgeschichte". Zweite ver-
mehrte und verbesserte Auflage, p. 223.
-ocr page 25-
5
„Der Koran und die Tradition enthalten allerlei sinnliche,
anthropomorphische Aussagen über G-ott. Da ist die Rede von
Gottes Handen und Füssen, von seinera Sitzen auf den Thron,
von sein Erscheinen. Mohammed soll Gott mit Augen gesehen
haben, und am Tage der Auferstehung werden auch die Glaubigen
ihn also sehen. Die krasse Orthodoxie nun nahm solche Be-
schreibungen im eigentlichen Sinne. Auch hier vermittelte
Al-Ashari, indem er freilich die Unkörperlichkeit Gottes als
Lehrsatz aufstellte, aber daneben behauptete die Seeligen im
Paradiese würden Gott wirklich schauen. Die motazilitische
Opposition gegen den orthodoxen Gottesbegriff ging aber viel
tiefer als die Verwerfung der anthropomorphischen Form der
Anschauung. Die Motaziliten laugneten, dass man Gott Attribute
zuschreiben könne," etc. etc. \')
In die geskiedenis van die Griekse wijsbegeerte was
die leer van die Agnosticisme omtrent God iets gewoons.
Die leer het hier so dikwels voorgekom dat \'n mens
kan praat van twee periode wat dit doorloop het, die
pre-socratiese periode — die periode waarin die leer nog
onontwikkel voorkom — en die post-socratiese periode,
waarin dit reeds ten volle ontwikkel was.2)
In Griekeland net soos dikwels op bainje ander
plekke was die Dogmatisme die voorloper, die touleier
van die Agnosticisme. Die eerste Griekse philosophe
was ei\'enlik kosmologe. Hulle het begin met die uit-
wendige natuur en net ag geslaan op die uiterlikke
verskijnsele en perbeer uitvinde wat die substansie was
waarvan die wereld van verskijnsele die predikaat was.
Hulle stelsels was, soos \'n mens van alles wat in sij
begin is kan verwag, lomp en onafgewerk, vol van
\') Chantepie de la Saussaye, „Lehrbuchderfteligionsgeschichte",
II, p. 510.
\') Robert Flint D.D., „AgnoBticism", p. 83.
-ocr page 26-
6
konjekture en kontradiksies. Hoewel hulle ei\'enlik nie
Agnostieke was nie, het hulle stelsels tog indirek
daartoe aanleiding gegé, omdat hulle volgelinge meer
krities was en hulle verplig gevoel het om \'n ondersoek
in te stel na die verband tussen verskijnsel en werk-
likheid. En so het die vraag opgekom na die onder-
skeid tussen meening en kennis. Dit was \'n aller-
belangrikste vraag en al die philosophiese stelsels van
die tijd het hulle daarmee besig gehou. Hulle het almal
perbeer om hierop \'n bevredigende antwoord te gé,
maar hulle antwoorde kon niemand o\'ertuig nie. Op die
manier het die besef hoe langer hoe dieper wortel
geskiet, dat dit uiterst moeilik is om per slot van
rekening tot waaragtige kennis van iets te kom. En
daarom het die latere pre-socratiese stelsels van die
Griekse wijsbegeerte die meeste na die Agnosticisme
toe o\'ergehang.
Die Eleatiese Philosophie in Griekeland het die leer
omhels op die selfde manier als die Vedantiese Philo-
sophie in Indie. Hulle leer van die eenheid het ingesluit
die onmo\'enlikheid van meervoudigheid en verandering,
die onwesenlikheid van tijd, ruimte en beweging, die
nie-bestaan van die stof, en die bedrieglikheid van die
sintui\'e. Tot hierdie gevolgtrekkinge het b.v. Par-
menides gekom. Deur sij leerling Zeno van Elea is die
onmo\'enlikheid van meervoudigheid en beweging op
soo\'n diepsinnige manier uitgeredeneer, dat die be-
kwaamste redekundige van die da\'e van Aristoteles af,
nog nie in staat was om aan te toon waarin die fout
van sij redenering lé nie. En al het die Heraklietiese
Philosophie met haar leer dat alles ewiglik word haar
ok lijnreg gestel te\'eno\'er die Eleatiese skool met sij
-ocr page 27-
7
leer van die onveranderlikke sijn, tog was sij nie
daardeur juis ongunstiger gestem te\'eno\'er die Skepti-
cisme nie.
Die laatste stadium van die Griekse pre-socratiese
philosophie was die periode van die sophiste. Die sophiste
was nie ei\'enlik wat \'n mens sou noem skeptici nie,
want die sophist was iemand wat om die waarheid self
bloed weinig gegé het en dus altoos gereed was om
voor of te\'en \'n stelling te redeneer net soos in sij
kraal te pas kom. Maar juis daardeur het hulle die
voorlopers van die Griekse skeptici geword; want die
gevolgtrekkinge van die één skool het hulle bestrij met
die redenêringe van \'n ander skool, en op die manier
die mense onder die indruk gebreng dat alle philosophie
in die grond van die saak ei\'enlik puur bedrog was.
En daarbo\'en op het hulle nog soo\'n nadruk gele op
die relatiwiteit van die dinke en van die sintui\'e van
die mens, dat daar geen redelik vertroue kon o\'erblij
in enige kennis van waver soort ok nie.
„Schon bei den alteren Philosophen finden sich vielfache Klagen
über die Beschranktheit des menschlichen Wissens und seit
Heraklit und Parmenides wird die Unsicherheit der sinnlichen
Wahrnehmung von den entgegengesetztesten Standpunkten aus
anerkannt. Aber erst die Sophistik hat diese Anf ange zu einer
allgemeinen Skepsis entwickelt. Für die wissenschaftliche Be-
gründung dieses Zweifels nahmen ihre Urheber theils die
Heraklitische, theils die Eleatische Lehre zum Ausgangspunkt.
Dass sie von diesen entgegengesetzten Voraussetzungen aus
zu dem gleichen Ergebniss gelangten, kann einerseits als eine
richtige dialektische Folgerung betrachtet werden, durch welche
jene einseitigen Voraussetzungen sich aufheben; zugleich ist
es aber bezeichnend für die Sophistik, dass es eben gar nicht
um eine bestimmte Ansicht über die Natur der Dinge oder
-ocr page 28-
8
des Wissens, sondern nur um die Beseitigung der objektiven,
naturphilosophischen Untersuchungen zu thun ist." *)
Dit was die val van alle objektiewe waarheid. Die
mens is die maatstaf van alle dinge en daarmee is die
storie uit: —
„Nichts sei oder werde daher das was es ist und wird, an
und für sich, sondern immer nur für das wahrnehmende Subjekt,
diesem aber werde sich der G-egenstand natürlich verschieden
darstellen. Je nachdem es selbst so oder so beschaffen ist,
die Dinge seien für Jeden nur das, als was sie ihm erscheinen,
und sie erscheinen ihm so, wie sie ihm seinen eigenen Zustand
nach erscheinen mussen, und eben dies sei der Sinn des Satzes:
„der Mensch ist das Mass aller Dinge, des Seienden für sein
Sein, des Nichtseienden für sein Nicht-Sein"; es solle damit
gesagt werden, dass es keine objektive Wahrheit gebe, sondern
nur subjektive Schein der "Wahrheit, kein allgemeingültiges
Wissen, sondern nur ein Meinen." *)
Maar die menslikke gees kan nie in twijfel berus
nie. En daarom was dit geen wonder nie, dat na hier-
die periode van Skepticisme Socrates opgestaan het
en \'n nuwe periode geopen het in die geskiedenis van
die wijsbegeerte, \'n periode waarin al die vra\'e op die
voorgrond gekom het wat vandag nog die menslikke
verstand in beslag neem. Die beweging het Plato opge-
volg. En hij het dit gedaan met al die glans van sij
genie, maar tog was hij wat sij leer omtrent God
betref niks meer als \'n Agnostiek nie: —
„Plato\'s eigene öottesidee lasst sich durchaus nicht definiren.
Er stellte das Göttliche durchweg als transcendent, ausserhalb
der Sinnenwelt liegend, vor (u. a. in Theatet)."
\') Dr. Eduard Zeiler, „Die Philosophie der Griechen", p. 1088.
») T. a. p., p. 1095.
-ocr page 29-
9
„Die Idee des Guten gilt ihm als die Quelle alles Daseins,
das irxpctèeiypx alles Guten in der Welt, sie liegt aber auch
jenseits des Erkennens und steht der Sinnenwelt fern. Der
Abstand zwischen der nomenalen und der phanomenalen
Welt gehort zu den Hauptgedanken des Platonisraus. Es besteht
wohl ein Band zwischen beiden: die sichtbaren Wesen sind
nach dem Muster der Ideen gebildet, daran sie Theil haben,
aber auf der anderen Seite bleibt doch die Idee selbst unde-
finirt, unerkennbar." *)
God was vir Plato bloot en alleen to ov. Predikaat-
lose sijn. 2) Geen attribute dus. Met die anthropomor-
phiese en anthropopathiese voorstelling van die Godheid
wou hij dus natuurlik niks te doen hé nie. In sij
TimaeUS b.V. Sé hij: — „rov pw ovv 7ra/>jT>jv xxTwxnpxtov^i
tsu 7txvto$ töpsiv re èpyov xxi evpovrx el$ 7rxvTx? xSuvxrov heyeiv. 8)
Hij gaan nog verder en sé b.v. in sij Republiek dat
God nie alleen bó die bestaande verhewe is nie, maar
selfs bó die sijn. Dit is dus duidlik, dat God wat Sij
wese betref bij Plato onkenbaar is en moet wees.
In die voorbijgaan net soo\'n woordjie o\'er Aristoteles
se opvatting. Bij hom tré die wereld van objekte weer
op die voorgrond. Hij was die eerste om spekulasie
met empirie te verbind, \'n Mens kan hom selfs noem
die vader van die kosmologiese en teleologiese bewijse
vir die bestaan van God. Maar tog het hij God opgevat
soos Prof. de la Saussaye sé, als „reine Actualitat
oder Energie".4)
*) P. D. Chantepie de la Saussaye, „Religionsgeschichte". Zweiter
Band, p. 186—187.
2) James Orr D.D., „The Progress of Dogma", p. 69.
\') Dr. Eduard Zeiler, „Philosophie der Griechen", II*, p. 928.
*) P. D. Chantepie de la Saussaye, „Lehrbuch der Religions-
geschichte", p. 18811.
-ocr page 30-
10
In die post-socratiese periode was dit Pyrrho van
Elis, \'n tijdgenoot van Alexander die Groote en Aris-
toteles, wat die grondléer geword het van die Griekse
theoretiese Skepticisme. Sij philosophie het hierop
neergekom: \'n mens kan niks ken nie. En daarom
durf jij ok niks omtrent die natuur, die aard, of
substansie van die dinge bevestig of ontken nie. Ja, jij
mag selfs nie eers beweer dat hulle bestaan of nie
bestaan nie.
Arcesilaos het in die Platoniese skool min of meer
dieselfde soort skepticisme ingevoer. Hij het gesé dat
hij niks absoluut wis nie, ja selfs nie dat hij niks wis nie:
„Ist aber keine Sicherheit der Wahrnehmung möglich, so
ist, wie unser Philosoph glaubt, auch kein Wissen möglich,
und da nun der "Weise, hierin ist Arcesilaus rait den Stoiker
einverstanden, immer nur dem Wissen beipflichten soll, nicht
der blossen Meinung, so bleibt ihm nichts übrig, als sich aller
und jeder Zustimmung zu enthalten und auf jede feste Ueber-
zeugung zu verzichten. Es ist also überhaupt unmöglich etwas
zu wissen, und auch nicht einmal dieses selbst, dass wir
nichts wissen können, können wir gewiss wissen." *)
Arcesilaos is in hierdie rigting van sij skool opgevolg
deur Lacydes, en Lacydes deur Evander, en Evander
deur Stegesinus, en Stegesinus deur Karneades.2) En
Karneades was die man wat nie alleen die Gode aan
\'n skerpe kritiek onderwerp het nie, maar ook die
mo\'enlikheid bestrij het dat \'n mens \'n denkbeeld van
God kan vorm.
Philo het die Platoniese philosophie verbind met die leer
») Dr. Eduard Zeiler, „Philosophie der Griechen nach Aristote-
lische Philosophie", p. 512.
*) Robert Flint D.D., „Agnosticism", p. 88.
-ocr page 31-
11
van die Oue Testament en gevind, dat die naam Jahwe
persies dieselfde gedagte uitdruk. God is nie alleen vrij
van alle onvolmaaktheid wat daar in die eindige, ver-
anderlikke, afhankelikke skepsele is nie, maar God gaan
ok alle volmaaktheid van skepsele oneindig te bó. Hij
is sonder ei\'enskappe en sonder name en daarom kan
die mens Hom nie beskrijf of begrijp nie. Naar Sij
Wese is God onkenbaar. Ons kan wel weet dat Hij is,
maar nie wat Hij is nie. \'n Mens kan ei\'enlik net sé
dat Hij bestaan en niks meer nie. *)
Nog verder het die Neo-Platonisme gegaan bij Plotinus.
Volgens hom kan jij niks van God, dan alleen wat
negatief is, sé nie. Jij kan God nie omskrijf deur te sé:
Hij is verstand, of goedheid, of Sijn, nie. God staan so
hoog bó alle skepsele dat jij Hom selfs nie werksaam-
heid, lewe, dinke, bewustsijn, sijn, kan toeskrijf nie.
„Erst Plotin ist es, welcher die Gottheit, urn alle Vielheit
aus ihren Begriff ganz auszuschlieszen, von der höchsten
Vemunft ausdrücklich unterscheidet und über die hinausrückt.
Das erste sagt, es kann nicht das Viele sein, sondern nur das
Eine, denn alle Vielheit ist ein Vielheit von Einheiten, und
alles was ist, ist nur durch die Einheit was es ist. lm Denken
aber ist iramer eine Mehrheit, zum mindesten die Zweiheit
des Denkenden und des Gedachten, des Wesens und der Thatig-
keit; das erste wird daher nicht das Denken sein können,
sondern nur das, was über dem Denken ist." 2)
Die Gnostieke het die onkenbaarheid van God nog
sterker uitgespreek. Die skeiding tussen God en wereld
het hulle absoluut gemaak. Daar was nerrens \'n open-
baring van God, nog in die natuur, nog in die Kristen-
\') Dr. Eduard Zeiler, „Die Philosophie der Griechen", V, p.353.
*) T. a. p., V, p. 531.
-ocr page 32-
12
dom nie. Daar was alleen openbaring in natuur en
geskiedenis van die uit God geemaneerde aeone. Die
hoogste God was dus totaal onkenbaar, een @vfov
Hierdie leer van die onkenbaarheid van God het ok
invloed gehad op die Kristelikke theologie.
„Es lag in dem Begriff einer geoffenbarten Religion, dass
von dem Wesen Gottes dem Menschen so viel offenbar würde
als zur Erkenntnis des Heils notwendig ist; daher auch die
Kirche von jeher eine Gotteslehre (Theologie) gepflegt hat.
Von der anderen Seite ward aber auch immer, dem Hochmute
der Speculation gegenüber, das unzulangliche unserer mensch-
lichen Begriflfe anerkannt und auf die Unergründlichkeit des
göttlichen Wesens hingewiesen, da man sogar Gott einem
Namen beizulegen für bedenklich hielt. Ein grosser Teil von
dem was die Kirche als Geheimnis bezeichnete, ruht auf dem
Gefühl dieser Unzulanglichkeit unserer Vorstellungen und
der Unangemessenheit unserer Sprache auf der einen, so
wie auch wieder auf der Notwendigkeit, sich dennoch gewisser
Vorstellungen und Ausdruckweisen zum Behuf religiöser Ge-
dankenmitteilung zu bedienen, auf der anderen Seite." a)
En daarom was algemeen geleer: dat daar geen begrip
is wat God ten volle omvat nie. Daar is geen beskrij-
wing wat Hom ten volle bepaal nie. Wat achter die
Openbaring is, is eenmaal onkenbaar. Bij Origenes b.v.
is God die ondoorgrondelikke Gees.8) En Eusebius ver-
haal, hoe die martelaar Attalus, toe hij in die tijd van
die vervolging van die Galliese Kristene voor die gereg
gevra word hoe die naam van God is, geantwoord het:
\') G. P. Fisher D.D., „History of Christian Doctrine", p. 52.
Crippen, „History of Christian Doctrine", p. 22.
a) Hagenbach, „Dogmengeschichte", p. 70.
\') Dr. Reinhold Seeberg, „Dogmengeschichte", I, p. 99.
-ocr page 33-
13
l, 6so? ëvopx ovx, exet u? foSpuiro?. En in dieselfde gees het
vele andere theologe hulle uitgelaat, o. a. ok Augustinus.
Hij was natuurlik in sij Godsbegrip geinfluenceer deur
die leer van Plato, en het bij die beskrijwing van God
uitgegaan van die begrip van die Sijnde.*) God is die
Sijnde. En als ons wil sé wat Hij is, kan ons alleen sé
wat Hij onderskeie van alle eindige substansie nie is
nie. Hij is niks van al wat geskape is nie. Hij is on-
begrijplik. Om te sé dat God ongebore, onveranderlik,
sonder begin is, sé alleen wat Hij nie is nie. Om te sé
wat Hij wel is, is onmo\'enlik.
In hierdie sin het ok die Skolastiek die onkenbaar-
heid van God geleer. Thomas van Aquinas b.v. het gesé
dat daar geen kennis van Gods wese is nie. Daar is
geen naam wat Sij wese genoegsaam uitdruk nie. Ons
weet net van God sóvér Hij Hom geopenbaar het, maar
Sij wese self blij onbekend.2) Maar bij die verdere
ontwikkeling van die Skolastiek het die waarheid, wat
opgesluit lé in hierdie leer van die onkenbaarheid of liewer
van die onbegrijplikheid van God, op die agtergrond
geraak. Die leer van God is hoe langer hoe bree\'er
ontvou en die bestaan, die name, die wese van God. so
noukeurig ontwikkel, dat daar vir die onbegrijplikheid
van God geen plek o\'ergeblij het nie, en daarom kon
Duns Scotus te\'eno\'er Thomas staande hou, dat daar wel
een quidditatiewe kennis van God bestaan.
Maar die Hervormers het blij vasthou aan die onbe-
grijplikheid van God, misskien ok onder die invloed
van die theologie van Thomas op Luther en Calvijn.
\') „Confessiones", Liber VIL
*) G. P. Fisher D.D., „History of Christian Doctrine", p. 236, en
Dr. A. Kuyper, College-Dictaat „Locus de Deo", p. 24—25.
-ocr page 34-
14
Calvijn sé b.v. in sij Institusie: „Hieruit blijkt, dat die
dewelke staande blijven op de vraag, te weten wat God
zij, niets anders doen dan dat ze zicbzelven met ijdele
speculatien en bedenkingen vermaken en bezig houden,
dewijl ons veeleer toekomt te weten, hoedanig Hij zij
en wat met Zijn natuur overeenstemt." *)
En op die voetspoor van Calvijn het die Gerefor-
meerde dieselfde blij leer. Meer als enig ander theo-
logie het hulle gebruik gemaak van die stelling: finitum
non est capax infiniti. En daar die eindige die Oneindige
nie kan omvat nie, het die name van God gedien, nie
om ons Sij wese te laat ken nie, maar alleen om
enigermate na onse vatbaarheid dat in God aan te
dui wat ons noodig het om te weet. En ok die later
Luterse theologe het volgehou dat jij geen ei\'enlikke
definisie van God kan gé nie.
„Auch die Einsicht in das Wesen Gottes (quid sit Deus)
gewinnen wir vorzugsweise aus der Offenbarung, denn die
heilige Schrift gibt uns in den Namen, Eigenschaften und "Werken
Gottes eine Beschreibung Seiner selbst. An der aus dieser
Beschreibung hervorgehenden Einsicht mussen wir uns aber
auch genügen lassen, denn wir wissen von dein Wesen Gottes
nicbts mehr und nichts genaueres, als die heilige Schrift uns
lehrt. Freilich gewinnen wir aus ihr noch keine adaquate und
vollstandige Erkenntniss des Wesens Gottes, eine solche über-
steigt aber auch unser Fassungsvermögen, wie denn darum
auch die hl. Schrift selbst die Unbegreiflichkeit des göttlichen
Wesens aussagt. 1 Tim. 6 : 16 etc." a)
In die latere Reformatoriese theologie het die betekenis
\') „Calvijns Institutie", Deel I, p. 2. Vertaalde uitgave van
Dr. A. Kuyper.
a) Heinrich Schmid, „Die Dogmatik der Evangelisch-lutherischen
Kircho\', p. 81.
-ocr page 35-
15
van die leer van die onbegrijplikheid van God hoe langer
hoe meer verlore gegaan. Hulle kon die waarde van
die leerstuk nie meer besef nie. Die leer van God het
hulle in \'n vaste skema behandel en só het dit geblij
wat dit was en geen ontwikkeling ondergaan nie. Soos
Crippen tereg sé: —
„On the whole the discussions of the last three hundred
years on the divine attributes have added very little, if any-
thing, to the doctrine of the early Fathers." \')
Nog erger was- dit bij andere rigtinge. Die Socinia-
niste het hulle b.v. in die geheel nie aan die kennis
van die wese van God gesteur nie. Crell, om maar één
te noem, het \'n werk geskrijwe: „De Deo ejusque attri-
butis" en daarin perbeer om die bestaan van God te
bewijs, maar het hom onthou van alle vra\'e omtrent
die wese of kenbaarheid van God. Die Rasionalisme het
hulle hierin net om twee dinge bekommer, ten eerste
om die bestaan en ten twede om die wil van God.
Als \'n mens maar seker was dat God bestaan en
wat Sij wil was, dan was dit o\'ergenoeg. Die kennis
en gemeenskap van God verloor sij waarde. Die mens
was alleen geroepe en verplig om Sij wil te doen.
Bretschneider b.v. beskou dit heeltemaal o\'erbodig of
God kan gedefmieer word of nie.2)
\'n Ingrijpende verandering het plaas gevind, toe
Immanuel Kant opgestaan het. Met sij kritiek het hij
die grondsla\'e van die Rasionalisme ondermijn. Die bewijse
wat die Rasionaliste aangevoer het vir die bestaan van
God, het hij één vir één in die skaal gesit en te lig
\') „History of Christian Doctrine", p. 34.
-) Bretschneider, „Dogmatik\'1, I4, p. 443.
-ocr page 36-
16
bevind. Op \'n o\'ertui\'ende manier het hij die beperkt-
heid van die menslikke verstand in die lig gestel. In
plaas dat die mens met sij verstand die geheime van
die heelal kan ontsluier, het hij hulle kom leer dat jij
nerrens met jou verstand tot die Absolute, die Onsien-
likke, die Ewige kan doordring nie. Kant het gekom om,
soos Matheson sé,*) vir die Duitsers te preek die evangelie
van menslikke hulpeloosheid, \'n hulpeloosheid wat aan
hopeloosheid gegrens het. Die Rasionaliste onder die
invloed van Leibnitz, Wolf enz. het gedink, dat hulle
met hulle bewijse vir die bestaan en die ei\'enskappe
van God op vaste grond staan. Maar Kant het hierdie
grond in sij „Kritik der Reinen Vemunft", onder hulle
voete uit weggegrawe. Die vraag wat hij vir hom self
daarin stel is: — hoe is sinthetiese oordele a priori
mo\'enlik? En hij beantwoord die vraag door te sé dat
in jou kenne drie fakulteite te onderskeie is, naamlik: —
„Sinnlichkeit of Anschauung", „Verstand" en „Vernunft"
in engere sin — die Rede. Die Sinnlichkeit bring mee
die vorme van Tijd en Ruimte, die Verstand bring mee
die Kategorie van quantiteit, qualiteit, relasie en moda-
liteit, en die Rede bring vooral hierdie Grundsatz mee,
dat dit uit die Bedingte opklim tot die Unbedingte.
M. a. w. die Rede is die vermo\'e om die verskijnsele
saam te vat en als \'n geheel te laat afhang van \'n
Unbedingtes wat bó en buite die verskijnsele staan.
Die Unbedingtes is drievoudig: (a) die Unbedingtes vir
die totaliteit van alle verskijnsele in die mens — die
Siel, (6) die Unbedingtes vir die totaliteit van die uitwendige
\') George Matheson M. A. B. D., „Aids to the Study of German
Theology", p. 10.
-ocr page 37-
17
verskijnsele — die Kosmos, en (c) die Unbedingtes vir
die totaliteit van alle verskijnsele in- en uitwendig —
God. Hierdie drie ideeë van die Rede is alleen net
dinkbaar. Hulle is geen konstitutiewe, maar regulatiewe
principia. Hulle verskaf of gé geen kennis nie. Hulle
doen net diens als re\'els vir die gedrag van ons ken-
vermo\'e. Die objekte van die ideeë kan ons nie waarneem
nie. Ons kan daarvan dus g\'n wetenskappelikke kennis
krij nie, want onse kennis is beperk tot die waarneem-
bare dinge. Omdat \'n mens dus die objekte van die
ideeë nie kan bewijs of ken nie, is psychologie, kosmo-
logie en theologie ok g\'n wetenskappe nie.*)
Hierdie wijsbegeerte van Kant het \'n magtige invloed
uitgeoefen op al die dinkers wat na hom opgestaan
het. Die eerste sien \'n mens dit bij Fichte. Kant het
nog gesé, dat daar \'n Ding-an-sich moet bestaan agter
die verskijnsele, omdat daar tog nie \'n verskijnsel
kan wees sonder iets wat werklik verskijn nie. Fichte
kom toe en sé: Kant kan dit alleen beweer op grond
van die wet van oorsaak en gevolg. Maar, sé hij, die
wet is volgens Kant self net \'n kategorie van jou ver-
stand, dit het dus geen objektief bestaan nie en daar
is nie so iets als \'n Ding-an-sich nie. Das Ding-an-sich
is volgens Fichte „nur reine Erdichtung".
Die enigste wat absoluut seker is, is die Ek. Hiervan
kan die dinker uitgaan, omdat dit metterdaad, werklik
in sij bewustsijn aanwesig is. Die dogmatisme van
Kant sé dat als ek iets gewaar word, dan kom of ont-
staan dit deur \'n Anstoss van buite af. Maar Fichte
*) Immanuel Kant\'s „Kritik der reinen Vernunft". Herausge-
geben, etc. von J. H. Kirchmann, p. 47—720.
Francis Bowen, „Modern Philosophy", p. 170—245.
2
-ocr page 38-
18
sé: — sijn kan alleen \'n sijn veroorsaak, nooit iets
psychies nie, nooit \'n daad van bewustsijn nie. En
daarom kan die enigste uitgangspunt alleen wees: die
Ek. In sij „Wissenschaftslehre" wil hij die hele weten-
skap aflei uit één enkele grondstelling, \'n grondstelling
wat nie kan bewijs word nie. En die stelling is A = A.
Als A bestaan, dan is die stelling A = A onomstootlik
waar. Als \'n mens hierdie algemene waarheid o\'er-
bring op die Ek, dan lui dit: Ich = Ich, of ok, die Ek
stel hom self in die bewustsijn. Maar die these roep
noodsaaklik \'n antithese op. Deur te sé Ek, stel ek
\'n niet-Ek te\'eno\'er mij. Maar die nie-Ek is nie iets
buite mij nie, maar \'n werk, \'n daad van mij ei\'e
bewustsijn. Als ek dus sé nie-Ek, dan is dit \'n daad
van mij ei\'e bewustsijn. Das Ich setzt sich entgegen
ein nicht-Ich. Hieruit volg, dat die nie-Ek \'n produk
is van die Ek. Op hierdie manier het Fichte gekom
tot \'n subjektiewe idealisme, waarbij die hele kosmos
net is die uitspinning, die werking, die spankrag van
die Ek. Hieruit volg natuurlik, als die Ek op die manier
die o\'erhand het dat daar dan g\'n plek vir \'n God o\'erblij
nie. Is daar g\'n Ding-an-sich nie, dan is daar g\'n God
nie en daarom van self ok g\'n Godskennis nie. Bij
Fichte kon, omdat hij das Ding-an-sich ontken, die
moralische Weltordnung o\'erblij, maar moes God daar-
agter wegval. En daarom is die moralische Weltordnung
die enigste goddelikke wat hij aanneem, ja God self.l)
Die invloed van Kant het ok deurgewerk op Schleier-
macher. Daar is \'n groot o\'ereenkoms tussen die
\') Prancis Bowen, „Modern Philosophy", p. 310—327.
Dr. H. H. Kuyper, College-Dictaat Fichte en Schelling.
-ocr page 39-
19
godsbegrip van Schleiermacher en die van Kant. God is
bij Schleiermacher die fondament, die grondslag van
alles, die onbekende eenheid waarin alle dinge opgesluit
lé. Daarom is persoonlikheid ok bij God ingesluit. Maar
tog, sé hij, is dit nie reg om te sé, dat God net één
persoon is nie. Want daar is \'n oneindig getal mani-
festasies van God, en persoonlikheid is net één van die.
Hij word persoonlik in die mens, maar wat Hij in
homself is, is onbekend en onbegrijplik. Al wat \'n
mens van Hom kan sé, is, dat Hij die oorsaak is van
al wat bestaan. God is die „Woher van ons Dasein"
en als soo\'n absolute kausaliteit is Hij geen objekt van
ons kennis nie, maar net die korrelaat van die gevoel
van algehele afhanklikheid. In sij „Christliche Glaube"
sé hij b.v.: —
„Wenn aber schlechtinnige Abhangigkeit und Beziehung
mit Gott in unseren Satze gleichgestellt wird, so ist die so
zu verstehen, dasz eben das in diesera Selbstbewusztsein mit-
gesetzte Woher unseres empfanglichen und selbstthatigen
Daseins durch den Ausdruck Gott bezeichnet werden soll, und
dieses für uns die wahrhaft ursprüngliche Bedeutung dessel-
ben ist." »)
Van die tijd af is die leer van die onkenbaarheid
van God hoe langer hoe meer deurgedring in die be-
wustsijn van die nuwere tijd.
Hegel het wel \'n ander standpunt ingeneem, maar
tog deur die uiterste linkerskool van sij philosophie
die agnosticisme omtrent God in die hand gewerk.
Hij het beweer, dat die Philosophie die kennis is van
x) „Christliche Glaube", § 4, 4.
George Matheson M. A. B. D. „Aids to the Study of German
Theology", p. 41.
-ocr page 40-
20
God, soos Hij was in Sij ewige essensie vóór die
skepping van die wereld, en dat die religie die ver-
houding is waarin God Hom self in die menslikke
gees tot Hom self stel, m. a. w. religie is die self bewustsijn
van God, en die Philosophie is die beskrijwing van die
wese van God. Daar is dus kennis van die wese van
God. Hij het hiertoe op die volgende manier gekom:
Die wereld bestaan vir mij net só ver als ek daarvan
\'n idee het. Als ek praat van twintig soorte mense,
dan doen ek dit op grond van mij idee: mens. Ek
praat van twintig soorte bome op grond van mij idee
boom. Die idee boom val weer onder \'n algemener
idee, en die weer onder \'n nog algemener idee, totdat
ek kom bij die idee van alle ideeë, die grond-idee,
die idee si/jn of bestaan. Sijn of bestaan is dus \'n idee,
en daarom behoort dit tot jou verstand en hier vandaan
kom sij grondstelling: dink en sijn is identies. Hier
proe \'n mens die invloed van Fichte en Kant. Als \'n
mens nou maar net kon uitvinde, hoe uit die grond-
idee,-sijn,-alle andere ideeë ontwikkel, dan is die wordings-
geskiedenis van die heelal geen geheim meer nie. Maar
kan dit geweet word, is die vraag. Ja, sé Hegel, dit
kan. Dit kan naamlik deur die „Immanente Dialektik",
waardeur elke idee noodsaaklik omslaan en omslaan
moet in sij te\'eno\'ergestelde. These word noodwendig
antithese en die twee vorm saam weer \'n sinthese,
wat op sij beurt weer \'n these vorm, weer omslaan in
\'n antithese, ens. Hierdie proses verloop dus in drie
trappe of stadia: these, antithese en sinthese, en daarom
val die Philosophie ok in drie dele uitmekaar: Logika,
Natuurphilosophie en die Philosophie van die Gees of
Verstand. Die Logika beskou die Absolute Gees,
-ocr page 41-
21
m. a. w.: die Idee — die Vernunft-an-sich; die Natuur-
philosophie beskou die Absolute Gees insij „Entausserung",
naamlik die wereld; en die Gees- of Verstandsphilosophie
gaan na, hoe die Gees, weggesink in die wereld, weer
daaruit opklim, opstijg in die vorm van \'n proses. Die
proses gaan ok weer drie stadiums deur: (a) die Psycho-
logie of Subjektiewe Gees, (b) die Objektiewe Gees wat
na buite gerealiseer word in Recht en Sittlichkeit en
op die suiwerste manier beliggaam word in die Staat,
en (c) die Absolute Gees, als die Gees tot hom self
terug kom, hom self terug vind, wat ook weer in drie
stadiums plaas vind, n. a. als aanskouing in die kuns,
als voorstelling in die religie en als begrip in die philo-
sophie. Die begrip in die philosophie is niks anders
nie als die terugkoms van die Gees tot hom self.
M. a. w. Die rede verhef haar self deur verskillende
trappe heen tot die absolute wese, sien die waarheid
van aangesig tot aangesig en ken als haar wese die
rede, die dinke, die begrip self. Die Philosophie, die
suiwere wetenskap, is dus die beskrijwing van God in
Sij Wese an-sich.*)
Die Philosophie van Hegel het \'n merkwaardige reaksie
in die lewe geroep. Die gedagte het naamlik ontstaan,
dat dinke g\'n sijn kan produseer nie, maar wel die
omgekeerde. Die wereld ontstaan nie uit die gedagte
nie, maar wel die gedagte uit die wereld. God word
nie in de mens van Hom-selwe bewus nie, maar die
mens word bewus van God, m. a. w. God skep nie die
mens nie, maar die mens skep God. Dit het vooral
\') Hegel, Werke III, „Wissenschaft der Logik".
Fiancis Bowen, „Modern Philosophy", p. 373—389.
-ocr page 42-
22
uitgekom bij Ludwig Feuerbach. God was vir hora \'n
„Wunschwesen" van die mens. Theologie was dus
anthropologie. Al wat \'n mens van God sé of kan sé,
is wat aan die mens ontleen is. Religie is \'n vergoding
van die mens: —
„Gott als metaphysisches Wesen ist die in sich selbst
befriedigte Intelligenz oder vielmehr umgekehrt, die in sich
selbst befriedigte, die sich als Absolutes Wesen denkende
Intelligenz ist Gott als metaphysisches "Wesen." *)
„Gott leidet! heiszt aber in "Wahrheit nichts anderes als:
Gott ist ein Herz. Das Herz ist die Quelle, der Inbegriff aller
Leiden. Ein Wesen ohne Leiden ist ein Wesen ohne Herz.
Das Geheimnis des leidenden Gottes ist daher das Geheimnis
der Empfindung Ein leidender Gott ist ein empfindsamer
Gott" ens. ens. 2)
En so gaan hij al die kristlikke waarhede één vir
één na en perbeer aantoon, hoe dat hulle net die per-
sonifikasies is van die innerlikke behoeftes en verlangens
van die mens, die objectiveringe van wat in die mens
self omgaan. Bainje het hiermee ingestem en het met
die mensvormige voorstellings die hele Gods-idee weg
gegooi, soos b.v. Büchner in sij „Kraft und Stoff",
Haeckel in sij „Natürliche Schopfungsgeschichte" en
Nietzsche in sij „Zur Genealogie der Mor al".
Maar hierdie soort Atheïsme het vir bainje andere
te ver gegaan en hulle daarom gelei in die hande van
die Agnosticisme. Die beperktheid van die menslikke
verstand en kenvermo\'e was vir hulle van die aard, dat
nog die bestaan, nog die nie-bestaan van God kan bewijs
word nie. Op die manier het toe die Positiwisme ontstaan.
*) Ludwig Feuerbach, „Das Wesen des Kristenthums", p. 71.
2) T. a. p.; p. 102.
-ocr page 43-
23
Want die positiwist hou hom net op met wat hij kan
waarneem, met wat hij kan hoor of sien of voel, dus
met die relatiewe, die beperkte. En daarom sé hij een-
voudig, van wat betref die ho\'ere, die bo\'natuurlikke
dinge: ek weet daar niks van af nie, m. a. w. hij onderskrijf
die belijdenis van die Agnosticisme.
In Frankrijk het dit begin met August Comte. Hij
het geleer, dat die wetenskap beperk is tot die wereld
van verskijnsele en die Theologie staan daarom buite
die kring van die wetenskappe.
In England was dit Herbert Spencer wat die kenbaar-
heid van God bestrij het. Hij het daarmee gestaan onder
die invloed van Sir William Hamilton en Henry Lon-
gueville Mansel. En die twee het weer op hulle beurt
gestaan onder die invloed van Kant se philosophie.x)
In Duitsland, waar Hegel \'n lang tijd onbeperk geheers
het, het toe die krietiese wijsbegeerte van Kant weer
tot herleving gekom en het natuurlik, soos te ver-
wagte was, bainje weer gelei tot die onkenbaarheid
van God.
En só het die Agnosticisme in die laatste helfte van
die 19de eeuw \'n geestesrigting geword, wat in alle
beskaafde lande haar volgelinge tel. En selfs die Theologie,
die wetenskap van die kennis van God, is, soos Prof.
Bavinck tereg sé:
„zoozeer onder die vrees voor dit Agnosticisme gekomen,
dat zij het schier niet meer waagt te spreken van de kennisse
\') Friedrich Ueberweg, „Grundriss der Geschichte der Philosophie",
p. 407.
Otto Gaup, Herbert Spencer. In Frommann\'s „Klassiker der Phi-
losophie", p. 6 etc.
Herbert Spencer, „First Principles", p. 54—57.
-ocr page 44-
24
Gods. Zij tracht, ofschoon er in den laatsten tijd eenige reactie
merkbaar is, zooveel mogelijk alle metaphysica buiten te sluiten
en tot het religieuze zich te beperken; zij schaamt zich voor
haar eigen naam en heeft zich in een wetenschap van den
godsdienst laten herdoopen." \')
\') „Gereformeerde Dogmatiek", Deel II, p. 20.
-ocr page 45-
HOOFSTUK II.
Hoe Spencer tot sü Agnosticisme gekom het.
Op die 27ste April 1820 is Herbert Spencer op Derby,
in die hart van England, gebore. *) Hij was ongetwijfel
een van die grootste voorstanders en pleitbesorgers wat
die Agnosticisme ooit gehad het.
Dit is eenmaal \'n waarheid, en die ondervinding leer
dit elke dag, dat iemand se afkoms, omgeving en ge-
aardheid \'n groot rol speel, so nie die grootste rol nie,
in sij later loopbaan op maatskaplik sowel als op
wetenskaplik gebied. En daarom is die allereerste vraag
wat ons moet besig hou: — hoe het Spencer tot sij
Agnosticisme gekom? Daarop is die antwoord: — hij
het daartoe gekom op Psychologiese, Historiese en
Philosophiese manier.
Psychologie s.
Goethe sé:
„Wie der Mensen ist, ist sein Gott,
Darum wird Gott so oft zum Spott."
\') Otto Gaup, Herbert Spencer. In Prommann\'s „Klassiker der
Philosophie", p. 13.
Hector Mac Pherson, „Herbert Spencer", p. 6.
Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 63.
-ocr page 46-
26
en Fichte:
„Wie der Mensch ist, ist seine Philosophie."
en Herbert Spencer self:
„At any rate one significant truth has been made clear
that in the genesis of a system of thought the emotional
nature is a large factor, perhaps as large a factor as the intel*
lectual one." *)
En op \'n ander plek:
„This incident illustrates the general truth that the accept-
ance of this or that belief is in part a question of the type
of mind." *)
Van moeders kant was hij gebore uit \'n famielie wat
tweemaal moes vlug vir hulle geloof. Eenmaal in die
helfte van die 15de eeuw met die Hussietiese vervol-
ginge3) en eenmaal met die vervolging van die Hugenote.
Twee maal het hulle hulle dus verset te\'en die da\'e se
gesag en die voorkeur gegé aan vlug liewer als aan
onderwerping. Hierdie „nonconformity of nature" het
b.v. vreeslik sterk uitgekom in die famielie van sij
grootvader Bretell. Van sij 7 seuns het 5 behoor tot
die eerste volgelinge van Wesley. En van die 5 het 2
Wesleyaanse predikante geword. *) En om in die da\'e,
toe Wesley en sij aanhangers vervolg was, van die
heersende Episcopaalse kerkleer af te wijk, was sterke
o\'ertuiging en groot moed toe nodig.B)
Van vaders kant was hij ok weer uit \'n noncon*
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Preface, Vol. I.
») T. a. p., Vol. I, p. 176.
") T. a. p., Vol. I, p. 6.
*) T. a. p., Vol. I, p. 7.
°) T. a. p., Vol. I, p. 8.
-ocr page 47-
27
formisties aangelegde geslag. Dit blijk o. a. ok daaruit,
dat die Spencers tot die eerste Wesleyane behoor het.l)
Hierdie famielietrek, sé Spencer self, sluit in non-
conformiteit aan alle menslikke gesag en conformiteit
aan al wat ho\'er is als dit. Sij grootvader was teer-
hartig, melankoliek van geaardheid, godsdienstig en
het ethies bainje streng geleef. Hulle het hom dood op
sij knieë gekrij.2) Sij grootmoeder het ok ethies en
religieus bainje hoog gestaan, het b.v. nooit toegegé
aan kwaad-word nie, het nooit afgewijk van wat sij
reg beskou nie, 3) en het trou geblij aan Wesley selfs
toe hij deur die publiek uitgejou was. Dit spreek dus
van self, dat mense wat só op godsdienstig gebied
uitgekom het vir hulle o\'ertuiging, mense van onafhan-
kelikke nature moes gewees het. En Spencer is dan
ok onvermoeid om elke maal hierdie karaktertrek in
sij famielie aan te wijs. Sij tante b.v., sé hij, „had a
strong sense of her own claims". 4)
Sij oudste oom was godsdienstig, dankbaar, onself-
sugtig, deelnemend, maar het daarbij gehad \'n uit-die-
maat-uit sterk onafhanklikheidsgevoel. Dit het o.a.
mooi uitgekom in sij politieke rigting. Hij was naamlik
\'n radikaal en als teeken daarvan het hij altoos \'n wit
hoed gedra, iets, wat jou in die da\'e die uil van Jan
Rap en sij maat gemaak het.5) Op kerklik gebied
was hij ok nonconformist.
Sij tweede oom was so egoïsties, dat hij selfs één
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 11.
a) T. a. p., Vol. I, p. 17 en 18.
s) T. a. p., Vol. I, p. 20.
*) T. a. p., Vol. I, p. 21.
•) T. a. p., Vol. I, p. 24.
-ocr page 48-
28
van sij famielielede met iets te kort gedaan het, maar
was ok net soos die ander bainje onafhanklik van
geaardheid. Hij het b.v. op \'n onbeduidende puntjie
verskil van die Wesleyaanse leer, het hom daaro\'er
eenvoudig van die Wesleyane afgeskei en op ei\'e houtjie
\'n kerkjie gebou en daarin self gepreek.\')
Sij derde oom was predikant, \'n man wat hom
onderskei het deur sij werksame geaardheid, sij streng
sedelik lewe, sij asketiese neiging, sij opregtheid in
handel en wandel. En dit is ok die rede waarom hij
dikwels hard in sij oordeel o\'er sij omgewing was. Hij
het hom partijkeer só laat meesleep deur \'n beweging,
die Corn-Laws agitasie van die tijd b.v., dat hij geen
oor of oog vir ander sake kon hé nie. Hoewel hij
tot die Episcopaalse kerk behoor het, het hij tog
altoos onvermoeid deur woord en geskrif opgekom te\'en
die eensijdigheid van die rigting. Hij het b.v. \'n hele
reeks ideeë gepubliseer, om \'n radikale verandering te
weeg te bring in die kerklikke diensre\'eling. En dit
soos Spencer sé „in utter defiance" van alle liturgiese
sentiment of princiep.2) In die politiek, waar hij \'n
groot aandeel in geneem het, het hij onverbiddelik
skerp opgekom te\'en al wat maar ok in die minste
net gelijk het na onderdrukking van die gewone mense
deur die ho\'ere klasse. Hij het b.v. geskrijwe en gepraat
te\'en die Corn-Laws en vóór nasionaal onderwijs, vrij-
handel, algemeen stemreg van die volk, ens., ens.
Partij van hierdie pamflette het \'n uitgebreide sirkulasie
gehad, selfs tot \'n getal van 20.000 exemplare toe.s)
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 38.
") T. a. p., Vol. I, p. 27.
•) T. a. p., Vol. I, p. 29.
-ocr page 49-
29
Sij jongste oom was ok net so onafhanklik van
geaardheid en het daarom lig aanstoot gegé.*)
Waar Spencer die karaktertrekke van sij ooms opsom,
sé hij: hulle was onafhanklik van geaardheid, geneig
tot exsentrisiteite, het weinig eerbied gehad vir gesag,
was geneig om hulle ei\'e oordeel op die voorgrond te stel,
wat ok soms aanleiding tot twis onder hulle gegé het. Die
neiging om met mekaar te redeneer en van mekaar te
verskil, het gepaard gegaan met \'n neiging om af te
wijk van die leer en ideee" waarin hulle opgebring is.
En daarom het hulle ok, daar hulle reeds non-confor-
miste was, o\'ergegaan tot verder en groter non-con-
formiteite en het so ok langsamerhand afgewijk van
die Wesleyanisme af.2) Hulle gesprekke het nooit o\'er
b.v. kuns, poësie, drama of literatuur gegaan nie, maar
wat hierin altoos hulle aandag getrek het, was die
wetenskaplikke en morele kant van sake.3)
Sij vader het al die ei\'enskappe van sij broers wat
ek reeds genoem het, gehad. Hij was b.v. net só onaf-
hanklik als hulle, het nooit sij hoed vir iemand afgehaal
nie, en het nooit iemand als Eerwaarde of Weledele
heer aangespreek nie.4) Hij het dieselfde soort klere
sij lewe deur gedra, eenvoudig omdat dit in sij oog die
voordeligste en doelmatigste was en hom die beste
gepas het.5) Daarbij was hij hardkoppig. Als hij een-
maal besluit het om \'n seker gedragslijn te volg, dan
het hij dit deurgesit blind vir die gevolge. En dit
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 38.
*) T. a. p., Vol. I, p. 41.
«) T. a. p., Vol. I, p. 42.
4) T. a. p., Vol. I, p. 47.
") T. a. p., Vol. I, p. 54.
-ocr page 50-
30
was ok die rede waarom hij dikwels hard was te\'eno\'er
sij vrouw. Hij was uiters persies, het nooit \'n brief
geskrijwe voor hij nie eers daar \'n klad van gemaak
het nie. En hoewel hij later \'n verdienstlik boek geskrijwe
het o\'er snelskrif, het hij dit tog nooit uitgegé nie
eenvoudig omdat hij dit gedurig korrigeer het en dit
nooit volmaak genoeg na sij sin kon krij nie. Hij het
hom vreeslik ingespan om wat hij vir kristlikke
beginsele beskou het, deur te voer, en het bainje in hom
gehad van die hartstog van Shelley, om die wereld te
hervorm. *) Hij was altruïsties van aanleg, voorkomend
te\'eno\'er arme en swakke; als hij \'n klip op die straat
sien lé, het hij dit altijd uit die pad gegooi, sodat
andere nie daaro\'er kon struikel en val nie. En bij dit
alles het hij gevoel gehad vir kuns en \'n groot voor-
liefde vir uitvindsels.2)
Hij het die Wesleyaanse kerk verlaat en aangesluit
bij die Kwakers, eenvoudig omdat bij eerstgenoemde die
clerici \'n soort van heerskappij uitgeoefen het o\'er die
gemeentelede en hij hiervan natuurlik als egte Spencer
\'n afkeer gehad het, en terwijl bij die Kwakers geen
priesterskap bestaan en daardeur ok geen heerskappij-
voer van die een o\'er die ander nie.3)
Sij moeder was iemand met \'n alledaagse verstand,
maar het sedelik bainje hoog gestaan. Sij het net twee
groot belange gehad en dit was die nakom van haar
huislikke en godsdienstige pligte. Daarbij was sij onder-
worpe van natuur, sagmoedig, geheg aan die godsdiens
van haar ou\'ers en het daarin geleef en vrede gevind
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 55.
J) T. a. p., Vol. I, p. 43.
a> T. a. p., Vol. I, p. 83.
-ocr page 51-
81
tot haar dood toe, sonder om ooit één dag aan die
waarheid daarvan te twijfel.*)
En nou kom die vraag: in hoever het al hierdie
karaktertrekke invloed gehad op die karakter van Herbert
Spencer ? Hij self sé, dat hij van die geslagte waaruit hij
voorgekom het o\'ergeerf het (a) \'n nonconformiteit van
natuur aan alle gesag op sociaal sowel als politiek en
godsdienstig gebied, (b) \'n besef dat ethiese eise bó
die van gewoontes en wette gaan, en (c) meer te let
op uiteindelikke resultate dan op resultate wat vlak
voor die hand lé.2)
Maar ons leer uit sij lewensgeskiedenis soos die door
hom self vertel word, dat die kenmerkende famielietrekke
bij hom nog skerper geaksentueer uitgekom het. B.v.
sij gevoel van onafhanklikheid het tot soo\'n uiterste
gegaan, dat dit o\'ergeslaan het in wispelturigheid. Hij
self sé, dat die meeste in die oog lopende trek in sij
karakter als kind, sij veragting vir gesag was. Hij het
hom dus ok weinig gesteur aan die wense en orders
van sij ou\'ers; het van sij oom, bij wie hij op skool
was, weggeloop toe hij 13 jaar oud was, het toe \'n
distansie van 200 mijle afgelé, en die eenvoudige rede
hiervoor was, dat hij deur sij oom verplig was om op
afsonderlikke ure sij lesse te leer, omdat daar twis was
tussen hom en \'n ander kosganger. Die kontrole was
vir hom ondraaglik en daarom het hij getrap, huistoe.3)
Hij het \'n afkeer gehad van al wat na \'n dogma gelijk
het en kon hom nooit na orde of tug schik nie.4) Ok
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 60.
») T. a. p., Vol. I, p. 12.
") T. a. p., Vol. I, p. 94.
4) T. a. p., Vol. I, p. 103.
-ocr page 52-
32
op intellektueel gebied het hij hom onafhanklik gevoel.
B.v. toe sij oom Ds. Spencer, bij wie hij skool gegaan
het, op \'n dag die deflnisie van Dr. Arnot o\'er Inertia
voorlees, het hij, hoewel hij toe nog maar 13 jaar oud
was, op die plek sij verskil daarmee te kenne gegé en het
dit te\'en sij oom staande gehou ondanks die se onver-
genoegdheid o\'er sulke ei\'ewijsheid en ei\'egeregtigheid.
Daarbij het hij \'n weersin gehad in alle routine-
leerderij en daarom het hij als gevolg hiervan ok nooit
\'n ander taal als Engels geken nie.*)
\'n Ander ei\'eaardigheid van sij karakter was, dat hij
hom kon laat tiranniseer deur \'n idee. Soo\'n idee was
partijkeer vreeslik beuselagtig, maar dit was net vir
niet, hij kon hom maar daar nie los van maak nie.
Op die selfde manier het hij hom later in sij lewe laat
beheers deur die Evolusie-idee. Hierin het hij al sij
gedagtes saamgepers en hierop het hij sij hele sinthetiese
philosophie gebou, en daaruit het hij alles verklaar,
van die ontstaan van die sonnestelsel af tot die bewe-
ging van die lagspiere toe.2)
Dit was ok \'n karaktertrek van hom sij lewe lang
om met andere te verskil. En die neiging kan \'n mens
alleen toeskrijwe aan \'n aangebore intellektuele trots.
Om dit te bewijs, verwijs ons na die redes waarom hij
sij briewe geskrijwe het aan die „Nonconformist" —
briewe wat die grondslag gevorm van sij werk Social
Staties wat later verskijn het.3) —
•) Herbert Spencer, „An Autobiography\', Vol. I, p. 108.
*) „The Psychology of Laughter", by Herbert Spencer, in Mac-
millans Magazine, March 1860.
*) Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 212, 306.
-ocr page 53-
33
„My father admired greatly an ethical work called „Essays
on the principles of morality" by Jonathan Dymond, a Quaker,
a work having much merit but setting out with the assump-
tion held in common by Quakers and most other Christians,
that the declared will of God is the only possible Standard
of morals. As implied in a passage describing discussions at
the age of 24, I already feit in a vague way, that there must
be a basis of morals in the nature of things. Hence I had,
it seems, spoken of Dymond\'s Essays disparagingly, according
to the account of this friend above referred to, I went so
far as to say, that I could write a better work on the subject
myself, and my father piqued by this disrespectful treatment
of the book he thought so highly of, said sarcastically: I had
better try. The dissatisfaction above described was, I believe,
the prompting motive, though it is possible that my father\'s
sarcasm served as an additional spur." *)
Dieselfde kan jij ok sien uit die rede waarom hij só
ingenome was met Mill se „System of Logic" :
„I remember reading nis criticism on the syllogism and
agreeing with it, perhaps all the more readily, because it
expressed dissent from an orthodox doctrine."
Geen wonder nie, dat sij vader van hom aan sij oom
Ds. Thomas Spencer geskrijwe het:
„I hope that when the pride of his intellect is a little more
subdued, he will be more likely to attack importance to the
usual evidences given in support of our faith." 2)
Spencer self het aangetoon, hoe dit \'n karaktertrek
van sij geslag honderde jare voor hom was, om af te
wijk van die bestaande orde van sake, en sé van sij ooms:
„The tendency to discuss and diverge from the beliefs in
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 305.
*) T. a. p., Vol. I, p. 312.
3
-ocr page 54-
84
which they were brought up. Being nonconformist they drifted
into further nonconformities etc." l)
Hierdie neiging van sij ooms in bisonder en van sij
geslag in algemeen het bij Spencer \'n mania geword.
In o\'ereenstemming met sij ei\'e Evolusie-leer, lijk dit
of hij hierin net \'n produk van sij geslagte was. Sterker
als bij een van sij famielielede kom die sug na onaf-
hanklikheid bij hom uit. Hij was nonconformist tot
die uiterste toe. Op godsdienstig gebied het hij van
almal afgewijk. Hij kon hom nog in Theisme thuis voel,
nog in Pantheisme, nie in Deisme en ook nie in Atheisme
nie. Sodat alleen nog die nonconformistiese van alles
vir hom o\'ergeblij het en dit was die Agnosticisme.
Net só het hij ok op politiek gebied tot geen partij
behoor nie, het b.v. net éénmaal in sij lewe na die
stembus gegaan.2) En wat die gesellige lewe aangaan:
hier het hij dieselfde onafhanklikheid bewijs. Hij kon
b.v. nooit \'n vrouw krij wat aan al sij eise van
psychiese en phiesiese mooiheid kon voldoen nie, en
daarom het hij ok ongetrouwd geblij.3)
\'n Ander karaktertrek van hom was wat hij self noem
\'n neiging tot „mental excursiveness" *) en ok omlug-
kastele te bouw.5)
„In boyhood and youth I was much given to castle building
not differing from other young people in respect of the ten-
dency but only in respect of its degree."
„It goes without saying that the air castles built at this
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 312.
») T. a. p., Vol. II, p. 125, 126.
*) T. a. p., Vol. II, p. 445.
*) T. a. p., Vol. I, p. 148.
6) T. a, p., Vol. I, p. 174.
-ocr page 55-
35
time were of a different style of architecture from those built
in earlier days — no longer took the form of Robinson Crusoe\'s
adventures or incidents, much as those which the reading of
novels of the Mrs. Redcliffe type had in early days suggested."
Als \'n mens hierdie twee neiginge saam nog met
sij avontuurlikke geaardheid in aanmerking neem, dan
is dit geen wonder, dat hij op wetenskaplik, politiek
en godsdienstig gebied tot „mental excursions", tot alle
soorte avonture en lugkastele gekom het nie. Of is
dit waarlik nie \'n mental excursion, \'n duislingwekkend
lugkasteel, \'n bijna ongeëvenaarde geestlikke avontuur
nie, om die ontstaan van hemel en aarde, van die een-
voudige Amoeba tot die 30 miljoen sonne, van die
bewustsijn van \'n parasietjie soos die Nauplius tot die
geestlikke skeppinge van \'n Goethe, \'n Dante, \'n Hegel,
van die droom van die oerbarbaar o\'er sij grootvader
na \'n smulpartij op buffelvlijs, tot die ontstaan van
die Kristendom met sij vervulling van die hoogste
aspirasies en diepste behoeftes van die menslikke hart,
van die saamspan van die eerste paar wolwe om
in klompies te jag, om so beter te kan aanval en ver-
dedig, tot die ontstaan van die reusagtige en ingewik-
kelde politieke organisasies van die 1500 miljoen bewo-
ners van die aarde, om al hierdie skeppinge te laat
ontstaan deur net één krag, die Evolusie, en net één
wet, die „persistence of force"?
\'n Ander trek, wat \'n groot rol gespeel het in die
vorming van sij philosophie, was sij sterk besef van
physiese oorsaaklikheid. Hij self het gedink, dat hij dit
o\'ergeerf het van sij vader.*)
l) Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 431.
-ocr page 56-
36
„I inherited an unusual capacity for the intuition of cause,
always my father had been inclined to inquiries about causes.
This habit of making them, implied that the consciousness of
causation was dominant in him.\' „I distinctly tracé to him an
ingrained tendency to inquire for causes."
Toe hij nog maar \'n klein kind was, sit hij een dag
bij die vuur-ert en begin te lag. Sij vader vra: „waarom
lag jij? En hij sé: „ek wonder, hoe dit sou gewees het,
als daar niks anders op die wereld als net ek alleen be-
staan het nie." *) En toe hij 13 jaar oud was, het hij
reeds die definisie van Dr. Arnot gekritiseer, omdat die
nie met sij kausale opvatting van die natuur o\'ereen-
gekom het nie.2) Hij het hierdie neiging o\'ergeerf van
sij vader, en die weer van sij vader deur die evolusie-
wet soos Spencer self sé. Sij grootvader naamlik was
\'n skoolmeester, en sij ei\'e vader ok. En wat is
die voornaamste werk van \'n skoolmeester (als hij ten
minste die naam werd is van die deur elk verstandige
mens geroemde amp)? Dit —dat hij dag aan dag, jaar
in jaar uit altijd maar besig is om die oorsake van
sekere gevolge aan te wijs, om te antwoord op die
vraag: hoe kom ? \'n Mens kan daarom verwag, dat toe
die derde lid uit hierdie oorsaak-opspoorgeslag gebore
is, dat wat bij die eerste lid \'n lewenstaak was, en bij
die tweede \'n neiging geword het, bij die derde nog
meer geaksentueer, ja bijna of heeltemaal \'n mania sou
wees. En hierdie aangebore neiging het bij Spencer nog
meer versterk geword deur die opvoedingsisteem van
sij vader; want die het hom gedurig voor die vraag
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 68.
3) T. a. p., Vol. I, p. 103.
-ocr page 57-
37
gestel: waarom is dit of dat sus ofsó?1) Só sterk was
die neiging bij hom, dat hij daar self van sé:
„It seems as though I know by intuition the necessity of
equivalence between cause and effect, perceived without teach-
ing the impossibility of an effect without a cause appropriate
to it."
En die neiging het met die kennis wat hij langsamer-
hand opgedaan het, meegewerk om die gedagte aan
die bónatuurlikke uit te ban. \'n Breuk in die ketting
oorsaaklikheid het vir hom dus hoe langer hoe onmo\'en-
likker geword. En daarom, soos hij self sé, het sij geloof
aan die supranaturele hoe langer hoe vreemder geword
aan die „set of convictions" wat langsamerhand in hom
aangegroei het, en „slowly dropped away unawares".2)
Wanneer die verandering plaas gevind het, voeg Spencer
hieraan toe, is moeilik om te sé, want dit was \'n ver-
ander ing wat geen „marked changes" gehad het nie.
Die prijsgé van sij geloof aan die supranaturele het
hom natuurlik gelei tot die naturalisme. Was die heelal
nie deur God geskape nie, dan moes dit langsamerhand
geword het uit die aard van dinge. Die ontkenning
van die skepping het hom gebring tot die leer van die
Evolusie. Die Evolusie-idee het hom weer gevoer tot
die vraag van die wette van die Evolusie, en die weer
tot die vraag na die wet van al die wette, die eerste
wet, die grondwet, „the ultimate law", waaruit al die
andere wet kan afgelei word, m. a. w. na die oergrond of
agtergrond van die bestaande — van die heelal. Maar
die was natuurlik met die menslikke verstand nie te
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. II, p. 5,88,89,90.
») T. a. p., Vol. I, p. 153.
-ocr page 58-
38
benader nie. En só het Spencer uiteindelik kom te staan
voor die grote sfinx van die natuur, waarvan hij moes
belij: iyvoêu — ek weet dit nie.
\'n Ander faktor wat ongetwijfel bijgedra het tot die
vorming van sij theologies-philosophiese standpunt,.. was
sij houding te\'eno\'er die kristlikke godsdiens. Hij het daar
\'n afkeer van gehad en \'n weersin te\'en gevoel. Bui-
tendien het hij geen oor of hart gehad vir die meta-
physiese: nie.
„The science of mind had no temptation for me, there had
never been any deliberate study of it."
Hoewel hij Locke se „Essay on the human Under-
standing" sij lewe lang onder sij boeke gehad het, het
hij daar nooit één enkele bladsij van gelees nie. En
die „Kritik der Reinen Vernunft" van Kant het hij
opsij gesit na hij net \'n paar blaadjies daarvan ge-
lees het. Net die physiese met sij wette het hom aan-
getrek. En dit is ok hierom, dat hij so dikwels per-
beer het om iets uit te vinde. Nou was dit die
oplos van \'n geometriese probleem, dan weer die maak
van \'n boekspeldx) of druktiepe. Hij het perbeer maak
van \'n oorlosie tot \'n vliegmachine.2) Hij het sij be-
trekking als ingenieur opgegé om \'n elektro-magnetiese
lokomotief uit te vinde en het daar selfs \'n patent voor
uitgeneem.8) Toe hij nog \'n seun was, het hij daar groot
beha\'e in geskep om skoelappers en torre te vang en
te rangskik, om die bije na te loop en te sien hoe hulle
die heuning trek uit die blomme, en die larwe van
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 207.
\') T. a. p., Vol. I, p. 301.
•) T. a. p., Vol. I, p. 140.
-ocr page 59-
89
die muggies te bekijk als hulle in die gate water die
agterdeeltjies uitsteek om asem te skep. Hij het als
kind geen groter begeerte gehad nie als om \'n her-
barium te hé, en daarvoor het hij ook bainje moeite
gedaan.x) Als hij in die vakansies met sij vader langs
die strand wandelinge maak, dan was hulle gesprekke
gedurig o\'er dinge soos die ontstaan van die rotse, die
nuwe plante wat om die rotse heen groei, die physies
effek van die branders, die vegetaries en dierlik lewe,
maar o\'er die metaphysiese nooit één enkele woord
nie. Hij sé dan ok self, dat tot sij 30ste jaar „questions
in philosophy had not attracted my attention".2) Geen
wonder nie dat, toe hij later voor die vraag: is daar
\'n God, kom te staan, hij als \'t ware verskrik opgekijk
en gesé het: ek weet dit nie. Want net soos die Afri-
kaanse skaapwagter jare lang o\'er die diamante van
Kimberley geloop het met sij vee, en altoos sij pondok
gepleister het met die diamantgrond en tog op \'n
seker dag, toe hij gevra word deur \'n mineraloog of
daar diamante in die grond was, verbaas moes ant-
woord: ek weet dit nie. Of net soos la Place, nadat
hij die sterrehemel met sij teleskoop deurgekijk het,
net sterre maar geen God gesien het nie. Of soos hij,
wat die skilderstuk — die Madonna van Raphael —
mikroskopies ondersoek, net van swart vlekke en \'n
bemorste doek kan praat. So sal hij, wat soos Spencer
die natuur net om haar wette ondersoek, waarlik haar
wetgever ok nie vind nie. Wat Schiller van die weten-
skap gesé het, geld ook hier:
•) Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 191.
») T. a. p., Vol. I, p. 373.
-ocr page 60-
40
Einem ist Sie die hohe, die himmlische Göttin
Dera anderen eine tüchtige Kun die ihm Butter versorgt. J)
Nog \'n ander invloed het ongetwijfel bijgedra tot
die vorming van sij wereldbeskouing, n.1. die man se
grote subjektiwiteit. Dit was hom b.v. onmo\'enlik om
werke te lees wat \'n ander standpunt als sij ei\'e ver-
tegenwoordig : —
„I paid little attention to what had been written upon
either ethics or politics. Partly this was due to my impa-
tience of reading in general (excluding of course light reading)
which has always made the getting through a grave book a
difflculty and then upon this general difficulty the inability
to continue reading a book from the fundamental ideas of
which I dissented. Hence it happened that in this case system-
atic works of a political or ethical kind, written from points
of view quite unlike my own, were either not consulted at
all (their reputed doctrines sufflcing to warn me off) or else
they were glanced at and thereafter disregarded." s)
En hij voeg hieraan die veelseggende uitdrukking toe:
„The books I read were those which promised to furnish
illustrative materials."
Ons ontveins nie, dat ons vir Spencer als dinker en
nog meer als mens groot eerbied het nie maar dit is tog
seker eensijdig, dat \'n jong man van 26 jaar, wat net
van sij 13de tot sij 16de jaar \'n nog bo\'en op bainje
onvolledige opleiding gehad het, op die gebied van
wetenskap só op ei\'e bene te gaan staan. Die weten-
skap is tog nie die produk van één enkele mens nie,
maar wel \'n arbeid van die mensheid. Te meer getuig
die opmerking van Spencer van eensijdigheid, omdat
*) Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 804.
*) Gedichte von Friedrich von Schiller p. 372.
-ocr page 61-
41
als hij op één gebied \'n kans gehad het om hom te
onderskei, dan was dit op technies gebied, want daartoe
het hom sij kennis van die physika en die mathesis
ten dienste gestaan. Hiervoor het hij nie alleen aanleg
gehad nie, maar ok \'n brandende hartstog. Dit blijk ok
uit sij vele proewe vir patente. Maar van die vele
proewe het hom net twee geluk en dit was \'n boek-
speld en \'n invalied-bed. En tussen hakies, altwee het
gou in onbruik geraak. Spencer skrijf dit toe aan die
wispelturigheid en onnoselheid van die publiek. Maar
dit was Spencer wat evenveel nadruk gele het op die
wet van die „survival of the fittest" als Darwin, en
als ons die patente breng onder die soeklig van hierdie
wet, dan is die uitslag vir hom \'n bietjie ongunstig.
Als ons Spencer se proewe vergelijk met die van die
Amerikaner Edison, dan mag ons sé, dat hij ok op
hierdie gebied nie so vindingrijk was als wat hij mis-
skien self gedink het nie, en daarom allerminst geregtig
was om die hulp van andere te versmaai in die opbouw
van sij philosophiese stelsel.
Maar waar sij subjektiwiteit die sterkste uitgekom het,
was in sij houding te\'eno\'er die godsdiens. Hij het daar
\'n antipathie te\'en gehad. Waar hij hiervan perbeer
rekenskap te gé, sé hij, dat hij \'n afkeer gehad het in
goed van buite te leer, en als kind moes hij altoos
die gesange uit sij kop leer en daardeur het hij \'n
afkeer in die gesange self gekrij. Dan, sé hij, het die
huisgodsdiens en vooral die wat sij vader bedags gehou
het, hom met weersin vervul. En daarbij het gekom,
dat hij van sij vader o\'ergeerf het \'n vijandskap te\'en
priesterheerskappij en seremonie. Op die manier het hij
hoe langer hoe meer vervreemd van die gewone vorme
-ocr page 62-
42
van godsdiens af. Maar hij lé die vinger op die hart
van die saak, als hij sé, dat die Kristendom vreemd aan
sij natuur, aan sij geaardheid, sówel als aan sij gevoel
en verstand was:
„The creed of christendom being evidently alien to my
nature both emotional and intellectual." *)
en op \'n ander plek;
„The expressions of adoration of a personal being, the utter-
ance of laudations and the humble profession of obedience
never found in me any echoes."
Só, sé hij, was hij al gesind te\'eno\'er die kristlikke
godsdiens vóór nog die kritiek hom gewijs het, hoe
dwaas die gedagte is, dat die oorsaak van 30 miljoen
sonne die gedaante van \'n mens aangeneem het en \'n
slag geslaan het (made a bargain) met Abraham, deur
hom \'n stuk grond te belowe als hij Hom sou dien en
gehoorsaam wees. Ek het toe nog nie, sé hij, die
denkbeeld verwerp nie, van \'n God wat Hom verheug
als \'n mens Hom lof toeswaai, en vertoorn is op die
infinitesimaal kleine wese, die mens naamlik, als die
Hom nie gedurig vertel hoe groot Hij is nie.2) Later
in sij lewe het sij houding te\'eno\'er die godsdiens
verander. Vroe\'er was bij hom die vraag: is die dinge
wat ek geleer het, waar, ja of nee? Maar nou het hij
duidlik ingesien dat die godsdiens \'n noodsaaklikke
faktor is van elke maatskappij wat eenigsins vooruitgang
gemaak het en dat die kontrole, wat theologiese begrippe
uitgeoefen het op die gedrag van die mens, ononbeerlik
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 157.
») T. a. p., Vol. I, p. 152.
-ocr page 63-
43
was. Hij het hiertoe gekom deur die o\'erstelpende ge-
tui\'enis van sij sociologiese studies. Vir hierdie ver-
andering van sienswijse maak hij \'n apologie, wat op \'n
druppeltjie water sij subjektiwiteit te\'eno\'er die godsdiens
aan die dag bring en bewijs wat ons bó beweer het.
Hij sé b.v., dat hij tot die verandering van o\'ertuiging
gekom het, só nie te\'en sij wil nie, dan tog seker sonder
eenige begeerte om dit aan te neem, „if not against
my will, sure without any desire to entertain it." J)
In hoever sij antipathie te\'en die Kristendom bijgedra
het om hom tot die Agnosticisme te bring, is nie persies
te sé nie. Maar één ding kan \'n mens gerus sé en dit
is, dat sij o\'erdrewe gevoel van onafhanklikheid — só
o\'erdrewe, dat dit dikwels in wispelturigheid ontaard
het — en sij afkeer van die Kristendom, „because it
was alien to my nature both emotional and intellect-
ual", hom vir die omhelsing van hierdie stelsel voor-
berei het en hom daarin gemaklik laat berus het. En
wat ons hier beweer, word deur Spencer self bevestig
waar hij sé:
„It had become manifest to me, that men are rational beings
in but a very limited sense, that conduct results from desire,
to the gratification of which reason serves but as a guide".8)
Histories.
Ons het reeds daar opmerksaam op gemaak, hoe
Spencer \'n diep besef gehad het van physiese kausa-
liteit:
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. II, p. 467.
*) T. a. p., Vol. II, p. 366.
-ocr page 64-
44
„It seems as though I knew by intuition the necessity of
equivalence between cause and effect, perceived without teaching
the impossibility of an effect, without a cause appropriate to
it and the certainty that an effect revelant in kind and in
quantity to a cause must in every case be produced". \')
Hij was hierin, soos ons aangetoon het, net \'n evolusie-
produk van sij geslag (sij vader en grootvader was
skoolmeesters en die werk van \'n skoolmeester is uitlé,
uitlé, altoos maar oorsaak en gevolg aantoon. En bui-
tendien het sij vader hierdie reeds aangebore hebbelik-
heid verskerp deur sij methode van onderwijs om naamlik
gedurig aan sij leerlinge te vra: wat is die oorsaak van
dit of dat?2) En hoewel sij godsdienstige beskouinge
hom belet het om nie aan wondere te glo nie, tog
het hij in sij verklaring van verskijnsele so min mo\'enlik
melding gemaak van die bónatuurlikke, so dat volgens
Spencer se ei\'e getui\'enis „there grew up in me a tacit
belief that whatever occurred had its assignable cause
of a comprehensible kind".3)
Toe hij 17 jaar oud was, het hij \'n aanstelling als
spoorweg-ingenieur gekrij.4) Die Birmingham en Gloucester
spoorweg, waarop hij destijds gewerk het, loop deur
blou kleila\'e, wat bainje rijk aan fossiele is. En in die
kantoor van die maatskappij in Worcester het altijd
monsters van die fossiele gele, soos b.v. van Ammoniete
en ander soorte molluske. En die specimene het hij altoos
met groot belangstelling bekijk, totdat hij beginne lus
krij het vir die studie van die geologie. Sij studie
\')  Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 152.
■)  T. a. p., Vol. II, p. 5, 65, 431.
\')  T. a. p., Vol. II, p. 5 en 6.
M  T. a. p., Vol. I, p. 125, 129.
-ocr page 65-
45
hiervan het maar bainje oppervlakkig geblij, soos hij
ok self sé.l) Maar die studie was weer die oorsaak,
dat hij \'n versameling van fossiele begin inrig het,
— soo\'n klein museum van die Natuurlikke Historie. Eén
van die gevolge van die studie was, dat hij Lyell se
„Principles of Geology" aangekoop het.2) En één van
die hoofstukke van die werk was gewij aan die weer-
legging van Lamarck se beskouinge o\'er die oorsprong
van soorte. Lyell het beweer, dat die soorte geskape
was, en Lamarck, dat alle organiese vorme op \'n natuur-
likke manier was ontstaan. En dat Spencer toe die
beskouing van Lamarck aangeneem het, was nie deur sij
o\'ertuiging van die waarheid daarvan nie, maar omdat
dit in o\'ereenstemming was met die opvatting van die
natuurorde, waar hij hoe langer hoe meer intellektueel
ingegroei het:
„Supernaturalism had never commended itself. From boyhood
there was in me a need to see in more or less distinct way
how phenomena no matter of what kind are to be naturally
explained. Hence when my attention was drawn to the question
whether organic forms have been specially created or whether
they have arisen by progressive modifications, physically caused
and inherited, I adopted the last supposition, inadequate as
was the evidence and great as were the difflculties in the
way. lts congruity with the course of procedure throughout
things at large, gave it an irresistible attraction. And my
belief in it never wavered much as I was in after years
ridiculed for entertaining it".8)
Hoewel Spencer nou nog nie met beslistheid die
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 175.
s) T. a. p., Vol. I, p. 176.
3) T. a. p., Vol. I, p. 177.
-ocr page 66-
46
Evolusie-leer toegedaan was nie, tog het die leer, in
sij verwerping van die supra-naturalisme, bepaaldelik
die van die skepping, feitelik reeds opgeslote gele.
"Want als wat bestaan, niet op bónatuurlikke manier
ontstaan het nie, dan moest dit op natuurlikke,
m. a. w. deur evolusie ontstaan het. Dit blijk ook uit
sij werk „Social Staties", in 1850 geskrijwe, vóórdat
hij nog die Evolusie-theorie openlik en bewus aanvaar
het. In die boek beweer hij, dat die verskillende
dier-tipes sowel als die verskillende tipes van maat-
skappije die o\'ergang is van uniformiteit van saam-
stelling tot multiformiteit van saamstelling.*) Maar dat
hij ondanks hierdie uitdrukkinge toe nog g\'n Evolusionist
was nie, sal die volgende bewijs. In „Social Staties" is hij
in die hoofstuk o\'er „The Divine Idea" nog \'n positief
theist. Positief theisme word in die hoofstuk veronder-
stel en op teleologiese begrippe word daarin op gebou,
hoewel soos hij self sé „supernaturalism was almost
hidden behind the naturalism".2)
Maar in 1851, toe hij 31 jaar oud was, is die Evolusie-
sisteem in hom gebore. Dit het op die volgende manier
gekom. Hij was deur Chapman, ei\'enaar van „The
Westminster", gevra om \'n artikel te skrijwe vir sij
kwartaalse revue van contemporaine literatuur, o\'er die
werk van Carpenter wat net toe verskijn het: „Prin-
ciples of Physiology General and Comparative".3) Die
uitnodiging neem hij toe aan. Maar terwijl hij die werk
deurlees, kom hij op die formule van von Baer, waarin
hij die ontwikkeling bij dier en plant beskrijf als \'n
») Social Staties, p. 451—453.
■) Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. II, p. 7.
a) T. a, p., Vol. I, p. 384.
-ocr page 67-
47
o\'ergang of verandering van die homogene tot die hete-
rogene. Dit het so weerklank gevind bij Spencer, dat
hij daar self van sé: „that set up in me the course of
thought leading to the general theory of evolution." *)
Die Evolusie-idee was nou in hom gefixeer en sij eerste
daaropvolgende opstel in Maart 1852 noem hij tereg
„\'n geloofsbelijdenis".2)
\'n Uiters belangrikke en gewigtige gedagte het Spencer
toe toegevoeg aan die van von Baer. Von Baer het sij
bewijse net beperk tot organisme en Spencer het die
idee o\'ergeneem en toegepas op verskijnsele van die
super-organiese orde. In Oktober 1852 het hij die bewijs
hiervan gegé in sij opstel „The Philosophy of Style"
en in April 1854 in sij opstel „Manners and Fashion",
waarin hij aantoon, dat seremoniele, politieke en kerk-
likke kontrole almal verskillende vorme is van één
en dieselfde oorspronklikke kontrole, \'n ander bewijs
dus vir die stelling, dat voortgang van la\'er tot ho\'er
gekenmerk word deur toenemende multiformiteit. Hier-
die idee van von Baer toegepas op die super-organiese,
het hier vandaan soos \'n skarlaken draad geloop deur
al sij volgende opstelle. B.v. (a) in sij artikel o\'er „The
Universal Postulate" in die Westminster Review Oktober
1853, laat hij uitkom, dat sij o\'ertuiging is, dat die fun-
damentele intuisies waarvan die ontkenning ondinkbaar
is, produkte is van o\'ergeerfde resultate uit die ervaring.
(b) In sij „G-enesis of Science", 1854, ontwikkel hij weer
die gedagte, dat die wetenskappe nie in „serial order"
ontstaan is nie, maar dat hulle verhouding tot mekaar
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 551.
*) T. a. p., Vol. II, p. 8.
-ocr page 68-
48
soos die van „divergence and redivergence" is, m. a. w.
soos twee lijne wat op \'n seker punt uitmekaar loop
en op die punt van elke lijn begin weer twee lijne
uitmekaar te loop. Soos \'n boom dus, wat maar één
loot het, uit die één loot loop twee ander lootjies, en
uit elke lootjie weer twee anders en so ontstaat die
boom soos hij daar volgroeid vóór ons staan. Die weten-
skappe ontstaan dus deur \'n toeneem in heterogeneïteit,
„advancing integration keeping pace with the advancing
differentiation".x)
(c). En in sij „Art of Education" beweer hij, dat
die gang van ontwikkeling is van die eenvoudige tot
die meer ingewikkelde, van die indefinitiewe tot die
definitiewe, en dat onderwijs-methodes hulle daarom
moet skik naar die gang van hierdie ontwikkeling.
Daar het ok nou nog \'n ander belangrikke stap
gevolg. In sij „Development Hypothesis" het hij reeds
veronderstel, dat nie alleen liggaamlikke nie, maar
ok intellektuele organisasie natuurlik ontwikkel is. En
in sij „Genesis of Science" het hij perbeer aantoon,
dat die vorming van die kardinale wetenskaplikke
ideeé tot stand gekom het deur die toenemende er-
varinge van die mensdom. Hier deur het die gedagte
bij hom opgekom om \'n werk te skrijwe o\'er die
beginsele van die Psychologie, en daarin aan te toon,
dat die geboorte van die menslikke gees in al sij vorme
veroorsaak is deur die georganiseerde en o\'ergeerfde
resultate van die werking van die menslikke gees. Of
om dit duidlikker te maak: deur \'n registrasie-proces
in die menslikke gees van wat die gees vroe\'er onder-
\') Herbert Spencer, „A.n Autobiography", Vol. II, p. 10.
-ocr page 69-
49
vinde het. Terwijl hij besig was om materiaal te ver-
samel vir hierdie werk, het hij begin insien hoe ontsaglik
ruim die gebied was waarop die wet van von Baer
van toepassing was, en dit het hom op die gedagte
gebring: — maar — als dit die manier van ontwikke-
ling is van so veel verskijnsele, is dit dan nie misskien
die van alle verskijnsele nie? Die vraag moes maar
net gestel om daadlik beantwoord te word, m. a. w.:
dit word hom duidlik, dat die wet geld vir alle ver-
skijnsele op elk gebied, anorganies, organies en super-
organies. Van die sterre-groepe en nevel-vlekke tot die
planete, van die planete tot die aarde, en op die aarde
van die dier tot die mens, en in die mens van sij
liggaam tot sij siel, en in sij siel van die droom van
die oermens*) tot die aanbidding van God, van die
eerste geluidsindrukke tot die magtigste sonate van
Beethoven, van die eerste intuisies van verstand tot
die magtig ontwikkelde gedagte-stelsels van \'n He-
gel — o\'eral heers één en dieselfde wet. Die nuwe
insig het hom toe weer voor \'n ander vraag gestel,
naamlik: Waarom geld die wet vir al die gebiede?
Waarom is die wet universeel ? M. a. w. wat veroorsaak
die grenslose heterogeneiteit ? En die antwoord wat hij
hierop gevind het was: ten eerste, die transformasie
van die een gebied na die ander word veroorsaak deurdat
die homogene, wat die grondslag is van alle heterogene
verskijnsele, unstable is, en ten twede, die transfor-
masie word veroorsaak deur die onophouélikke ver-
menigvuldiging van die gevolge van heterogeneiteit.2)
l) Herbert Spencer, „First Principles", 6th Ed., p. 21.
3) Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. II, p. 12.
4
-ocr page 70-
50
Hierdie grenslose vermenigvuldiging van heterogeneiteit,
m. a. w. die evolusie word dan voorgeset deur die
wette wat hij in sij „First Principles" ontwikkel het, b.v.
die wette van aggregasie, dissipasie, segregasie, equi-
librasie.l) Die insien van die instabiliteit van die homo-
gene het hom weer van self gelei tot die vraag: waarom
is die homogene onstandvastig ? En als antwoord verwijs
hij na die primitiewe kragte wat die grondslag vorm
van alle verskijnsele, m. a. w. na die atome en molekule,
na die nimmer eindigende redistribusie van stof en
beweging onder die algemeenste gesigspunte beskou.
Hier ontstaan weer van self die vraag: waardeur word
hierdie primitiewe kragte veroorsaak? En dan antwoord
hij hierop: deur \'n krag wat die grondslag vorm van
alle primitiewe, oorspronklikke kragte, die oer-krag,
die absolute krag, onveranderlik wat die quantiteit,
maar altoos aan verander wat die vorm betref. En
hierdie absolute krag is, sé hij, vir die menslikke ver-
stand onbekend en onkenbaar en sal dit tot in die
ewigheid blij, m. a. w. die Agnosticisme.
Philosophies.
Hoe ontstaan onse begrippe, vra Spencer in sij twede
hoofstuk van „First Principles"? En dan toon hij aan,
dat die ontstaan deur wat ons waarneem en met behulp
van wat ons vroe\'er waargeneem het. Als ons b.v.
op \'n afstand die maste van \'n skip waarneem, dan
kan ons nog deur die betreklik klein afstand \'n voor-
stelling maak van die kromming van die water tussen ons
en die skip, veroorsaak deur die kromming in die vorm
van die aardbol, maar als ons in ons gees die kromming wil
\') „First Principles", 6"> Ed., p. 149-432.
-ocr page 71-
51
deurtrek tot waar alle middaglijne mekaar ontmoet,
8000 voet onderkant die plek waar ons staan, dan
word die voorstelling absoluut onmo\'enlik. En tog het
ons \'n soort begrip van die aardbol. Ons het b.v. reeds
misskien een of ander sfeertjie gesien en daarvan \'n
juiste begrip gevorm en nou strek ons die begrip uit
tot \'n soortgelijk ronde voorwerp, maar net oneindig
vergroot, m. a. w. ons vorm \'n simbolies begrip. Maar
die vorming van selfs \'n simbolies begrip word on-
mo\'enlik, wanneer daar g\'n objektiewe realiteit bestaan
of bestaan het vir onse dinkvorm nie, waarmee ons, al
was dit dan ok maar indirek, kan opklim om \'n begrip
te vorm. Wanneer ons dit toepas op die ontstaan van
die heelal, kom ons te staan voor die volgende dilemma:
Die heelal is of selfexistent, selfveroorsaak, of veroorsaak
deur \'n krag wat daarbuite staan.x) Selfexistent kan
dit nie wees nie, sé hij, want die vorming van soo\'n
begrip is onmo\'enlik. Buitendien is die idee selfexistent
\'n illusie, want selfexistensie is \'n ontkenning van
skepping en soo\'n ontkenning sluit weer uit die idee
van \'n begin. Selfexistensie beteken daarom existensie
sonder begin. Maar soo\'n idee kan ons onmo\'enlik nie
vorm nie, want die begrip existensie gedurende \'n
oneindige tijd in die verlede sluit in die begrip: tijd
wat oneindig voorbij is, en dit is \'n ongerijmdheid.
Daarbij help die begrip selfexistensie ons ok g\'n steek
verder tot verklaring van die heelal nie, want of dit
gister of \'n miljoen jaar in die verlede ontstaan het,
dit word daardeur nie verstaanbaarder gemaak nie. Die
atheistiese theorie is daarom ondinkbaar, en al was dit
\') „First Principles", 6«» Ed., p. 22.
-ocr page 72-
52
dinkbaar, dan sou dit nog g\'n oplossing gewees het nie.*)
Die hipothese van selfskepping, selfkreatie, m. a. w.
Pantheisme, kan \'n mens jou ewemin indink. Want dan
sou daar tog \'n potensieel bestaan moet gewees het,
waaruit die aktueel bestaan ontstaan is. En dan kom
die vraag weer van self: waarvandaan kom die potensieel
bestaan? Die moeilikheid word dus net \'n bietjie na
agter toe geskuiwe, maar glad nie opgelos nie.2)
Daar blij dan nog net o\'er die theistiese hipothese —
skepping deur \'n mag wat buite die wereld staan.
Maar hierdie theorie is net so onhoubaar als die anders.
Want als die heelal deur God gemaak is soos deur \'n
kunstenaar, dan kom die vraag op: waarvandaan kom
die materiaal waarmee Hij dit gedaan het? En als \'n
mens sé — Hij het die heelal uit niks geskape, dan
sé jij iets wat ondinkbaar is. Nog duidlikker, sé hij,
wrord die ongenoegsaamheid van die theorie, wanneer
\'n mens in plaas van die materie, begin te dink aan
die ruimte waarin die materie drijwe. Als daar niks
anders als \'n onmeetbare vacuüm bestaan nie, dan sou
\'n mens net so goed daarvan \'n verklaring moet hé.
Want waarvandaan kom dan die vacuüm? Die theistiese
theorie kan hierop alleen antwoord, dat dit op dieselfde
manier gemaak is als die materie. Maar die gedagte is
onbegrijplik. Want als die ruimte geskape is, dan moes
die vóór die skeppingsmoment nie bestaan het nie. Maar
die nie-bestaan van ruimte kan \'n mens jou onmo\'enlik
nie denk nie. Maar gestel nou dat die heelal ontstaan
is deur \'n werking van buite af, dan blij die misterie
\') „First Principles", 6«> Ed., p. 23.
s) T. a. p., p. 24.
-ocr page 73-
53
net so groot als tevore, want dan blij nog een manier
die vraag: waarvandaan kom die oorsaak? En hierop
kan die antwoord net soos in die geval van die heelal
alleen wees, dat die of selfexistent, of self-ontstaan of
ontstaan is deur \'n oorsaak van buite af. Die eerste
twee hipothese is ondinkbaar. En die derde verskuif
net die moeilikheid, daar die vraag dan weer ontstaan:
waarvandaan kom die oorsaak van oorsake?
Op dieselfde moeilikheid stuit \'n mens, als jij afsien
van die oorsprong en dink aan die aard van die heelal.
Wanneer ons iets waarneem, is die waarneming \'n gevolg
van \'n oorsaak wat die indrukke op onse sintui\'e ge-
maak het. Of die oorsaak gees of materie is, kom daar
op die o\'enblik nie op aan nie, dit is die oorsaak en
daar kom dit op aan. Dit is verder of die eerste oorsaak
of die gevolg van \'n ander oorsaak. Als dit die laaste
is, eis ons verstand deur \'n onverbiddelikke logika om
terug te gaan in onse redenering, totdat ons \'n eerste
oorsaak vind. Ons verstand kan alleen berus in \'n eerste
oorsaak. Maar wat is die natuur van die eerste oorsaak ?
Die moet of eindig of oneindig wees. Eindig kan dit
nie wees nie, want dan moet dit weer op sij beurt \'n
oorsaak hé en kan dan g\'n eerste oorsaak wees nie.
En als dit nie \'n eindige oorsaak is nie, dan moet
dit \'n oneindige eerste oorsaak wees. En dit is \'n on-
mo\'enlik begrip. Ten twede. Die eerste oorsaak moet
onafhanklik wees. Want als dit van iets anders af-
hanklik is, dan kan dit g\'n eerste oorsaak wees nie.
Dus moet dit onafhanklik wees. Maar als dit onaf-
hanklik is, dan moet ons dit dink als dat wat
bestaan afgesien van elk ander bestaan. Verder kan
dit g\'n oorsaak van \'n ander bestaan wees nie, want
-ocr page 74-
54
dit sou dan daartoe moet gedetermineer wees deur iets
binne of buite hom, wat hom in elk geval weer die
ei\'enskap van eerste oorsaak te wees ontneem. Die
eerste oorsaak moet dus in elke sin van die woord
wees volmaak kompleet, totaal, alle mag insluitende
en alle wet te bó gaande, m. a. w. die Absolute.l)
Hoe ons ons dus ok draai of keer, ons verstand dwing
ons om tot seker gevolgtrekkinge te kom ten opsigte
van die oorsprong van die heelal. In ons soek na oorsake
kan ons verstand nie rus anders als in \'n eerste oor-
saak nie. En in die aanwijs van die natuur van die
eerste oorsaak, kom ons verstand tot geen rus nie,
tensij ons die eerste oorsaak dink als oneindig en
absoluut. Maar al hierdie ideeë behoor tot die on-
wettige orde en weerspreek mekaar. Dit is \'n kontra-
diksie om die absolute en oneindige te beskou als nie
bestaande nie, en \'n kontradiksie om hulle te beskou
als wel bestaande, \'n verstandlikke antinomie dus, \'n
„intellectual see-saw". Spencer kom dus tot dieselfde
gevolgtrekkinge als Kant en Mansel.2) Watonse „ultimate
religious ideas" betref, moet ons dus tot die konklusie
kom, dat die mag wat die heelal aan ons openbaar
ondoorsoeklik, onnavorsbaar is.8)
Tot dieselfde resultaat kom ons, wanneer ons onse
„ultimate scientific ideas" voor die vierskaar van die
Rede daag, b.v. (a) die ideeë van Tijd en Ruimte. Om
te sé, dat tijd en ruimte objektief bestaan, is om te sé
dat hulle entiteite is. Om te sé dat hulle nie entiteite
is nie, sluit \'n innerlikke te\'enstrijdigheid in, want
\') „First Principles", p. 28.
\') „Kritik der Reinen Vernunft". — „Limits of Religious Thought".
») „First Principles", 6«i Ed., p. 34.
-ocr page 75-
55
non-entiteite is non-existensies, en om te beweer dat
non-existensies objektief bestaan, is \'n „contradictio in
terminis". En tog, hoewel \'n mens verplig is om hulle
objektiwiteit aan te neem, is hulle tog geheel en al
ondinkbaar. Want \'n mens kan alleen \'n ding begrijp
als dit attribute het. En wat is nou die attribute van
ruimte b.v. ? Dis uitgebreidheid, antwoord jij natuurlik
daadlik. Goed. Maar uitgebreidheid aan ruimte toe te
skrijwe is dieselfde als om objekt en attribuut te identi-
fieer. Ruimte en uitgebreidheid is controvertiebele terme.
Om té sé dat ruimte uitgebrei is, is dieselfde als om
te sé dat ruimte beslaan ruimte. Persies dieselfde is
dit met die idee Tijd. Tijd en Ruimte het nog \'n ander
ei\'enaardigheid. \'n Entiteit is per se iets beperks. Maar
van tijd en ruimte kan jij nog sé: hulle is beperk, nog
sé: hulle is onbeperk. Dit is vir ons onmo\'enlik om \'n
dinkbeeld te vorm van onbeperkte ruimte en tog is
dit vir ons net so onmo\'enlik om te dink dat daar
perke is waarbuite daar geen ruimte bestaan nie. Net só
met die ander ei\'enskap — die verdeelbaarheid van die
ruimte. Dit is onmo\'enlik om die verdeelbaarheid van
ruimte te beperk en aan die ander kant net so onmo\'enlik
om te dink aan \'n oneindige deelbaarheid. Dus ons kan
ons ruimte en tijd nie als nie bestaande dink nie en
ok nie als bestaande nie. Ruimte en tijd is daarom
totaal onbegrijplik. Die kennis wat dit lijk dat ons
daarvan het, is bij nader ondersoek puur onkunde.\')
(b). Net só is dit met die kwessie van die verdeel-
baarheid van die stof. Stof is of oneindig deelbaar of
nie. Sé ons dat stof oneindig deelbaar is, dan kom ons
l) „First Principles", 6*h Ed., p. 35, 36, 37.
-ocr page 76-
56
te staan voor \'n veronderstelling wat nie in onse
gedagte kan gerealiseer word nie. Daar kan nie \'n
stofdeeltjie hoe miljoenemaal infinitesimaal <5k wees nie,
waarvan ons nie kan dink dat dit nog kleiner kan
gemaak word nie. Maar oneindige deelbaarheid sou
beteken \'n oneindige tijd daarbij. En \'dit is ondinkbaar.
En om aan die ander kant te sé dat stof nie oneindig
deelbaar is nie, is om te beweer dat hulle verdeelbaar
is tot dele wat geen krag verder kan verdeel nie. En
dit is net so ondinkbaar als die bo\'genoemde.*)
(c). Dieselfde geval is dit met die soliditeit van
die materie. Is die materie so solied als dit ons
voorkom ? Is die deeltjies waaruit die stof bestaan o\'eral
in aanraking met mekaar of bestaan daar ruimtes tussen
die deeltjies in? Was die materie so solied, dat daar
geen ruimtes tussen die stofdeeltjies kan bestaan nie,
dan kon die materie nie saamgedruk word nie. Maar
stof is vatbaar vir saamdrukking of ineenpersing, daarom
kan dit ok nie solied wees nie. Newton wou hierdie
beswaar uit die weg ruim door te sé, dat die materie
uit soliede atome bestaan, atome die nie in aanraking
met mekaar is nie en op mekaar ageer deur aantrekking
en afstoting, na gelang van die afstand. Maar dit ver-
skuif net die beswaar. Want wat ons van die werking
van twee atome op mekaar kan sé, kan ons ook sé
van die dele van elke atoom onder mekaar en só tot
in die oneindige toe. Boscovitch het perbeer om die
probleem op te los deur te sé dat die bestanddelen van
die materie kragpunte sonder afmeting is. Maar \'n
kragpunt sonder afmeting is absoluut ondinkbaar. Te\'e-
») „First Principles", 6tb Ed., p. 38.
-ocr page 77-
57
stand kan alleen deur \'n iets gebied word en die iets
kan alleen gedink word als ruimte innemende. En tog
is dit die enigste houbare als ons op grond van die
chemie die atome-theorie moet aanneem. Want als \'n
mens vra: wat hou die dele van die atome bij mekaar,
dan kan jij alleen antwoord: \'n saamhou\'ende krag —
a cohesive force. En wat hou die dele van die dele tot
in die oneindige aan mekaar, dan moet die antwoord
alleen weer wees: \'n saamhou\'ende krag, en so kan ons
hierdie proses met ons verstand voorset totdat ons
moet aanneem die simboliese begrip van kragpunte
sonder afmeting. Stof is dus per slot van rekening net
so absoluut onbegrijplik als ruimte en tijd.*)
{d). So ok met die vraagstuk van beweging en rus.
\'n Bewe\'ende liggaam kan nie tot ons gebreng word
sonder al die tussenstadieë van snelhede deur te gaan
nie. Maar als \'n mens met jou gees al die stadieë van
snelhede sal wil deurgaan, dan sou jij dit moet doen
tot in die oneindige. Net so kan \'n rustende liggaam
nie tot beweging gebring word nie sonder om alle
mogelikke stadieë van snelheid deur te loop, d. w. s.
tot in die oneindige toe. Die o\'ergang van beweging
tot rus en van rus tot beweging is absoluut ondinkbaar.2)
(e). In net sulke ono\'erkomelikke moeilikhede verval
\'n mens als jij jou die verband tussen krag en stof
wil indink. Ons ken die materie alleen deur sij open-
baring van krag. Abstraheer die materie van sij weer-
stand middelik en onmiddelik en daar blij niks als
ledige uitgebreidheid o\'er nie. En tog, aan die ander
\') „First Principles", 6«\' Ed., p. 34 en 40.
*) T. a. p., p. 42 en 43.
-ocr page 78-
58
kant is weerstand, sonder materie wat weerstand bied,
sonder iets wat uitgebrei is, net so ondinkbaar. En
nie alleen is kragpunte sonder uitgebreidheid ondinkbaar
nie, maar ons kan ons nie voorstel nie, dat kragpunte,
of hulle uitgebreid is of nie, mekaar op \'n afstand kan
aantrek of afstoot sonder die tussenkoms van een of
ander soort materie nie. Te\'en Newton en Boscovitch
het hulle tereg aangevoer, dat hulle hipothese rus op
die veronderstelling dat liggame op mekaar kan ageer
deur \'n lege ruimte heen. Maar die ether-hipothese,
aan die ander kant, wat hulle daarvoor in die plaas
stel, voer ok tot \'n kontradiksie. Die son b.v. gé ons
indrukke van lig en warmte. En ons het bereken, dat
tussen die oorsaak van die warmte en die uitwerking
op ons hier op die aarde \'n tijdverloop van 8 minute
plaas gevind het. Die oorsaak het hom dus voorgeset
o\'er \'n afstand van 92.000 mijle. Maar dit is ondink-
baar, dat soo\'n beweging plaas gevind het sonder iets
wat beweeg geword is of hom self voorgeset het. Ons
is dus verplig om aan te neem, dat daar tussen son en
aarde \'n ether-uitgebreidheid lé. En tog is dit weer net
so onmo\'enlik dinkbaar als bij \'n vacuüm wat tussen
aarde en son lé. Want die ether sou net soos ander
stof moet bestaan uit atome en molekule. Maar hierdie
ether is onsigbaar en die materie van die son nie. En
daarom moet daar \'n ontsettende groot onderskeid
bestaan in die rasio van die tussenruimtes tussen die
ether-atome en die son-atome. Maar dan staan ons weer
voor dieselfde beswaar als net nou, n.a. liggame kan
nie op mekaar deur \'n lege ruimte heen werk nie.*)
\') „First Principles", 6th Ed., p. 43 en 44.
-ocr page 79-
50
(/"). Als laaste voorbeeld sal ons neem die kwessie
van die selfbewustsijn. Als ons tog van iets seker is
op die wereld, dan is dit van die Ek. En daarom dan
ok dat vele philosophiese stelsels ok geboud was op
hierdie vir twijfel onaantasbaar uitgangspunt. Selfs die
skepticus, wat beweer dat die Ek net die som van
indrukke of ideeö is, weerspreek hom self als hij die
bestaan van die Ek ontken, want hij moet die indrukke
en ideeë elke slag weer herken als syj indrukke en svj
ideeë en nie die van \'n ander nie. Dus daar is niks
sekerder vir ons bewustsijn nie als die bestaan van die
Ek. En tog is die bestaan van die Ek \'n kontradiksie. Want
wat sluit b.v. \'n daad van kennisneem in ? Dit sluit tog in
\'n subjekt wat ken en \'n objekt wat geken word. Maar
als \'n mens sé: ek is mij van mijselwe bewus, m. a. w.
ek neem mijself waar, dan is die wat ken en die wat
geken word een en dieselfde. Subjekt en objekt is dan
identies en daarmee is die vernietiging van altwee vol-
tooi. En so besluit Spencer, dat ók onse laaste weten-
skaplikke ideeë realiteite vertegenwoordig wat nie kan
begrijp word nie. Al onse ondersoekings wat betref
onse wetenskaplikke ideeë bring ons tot onoplosbare
probleme. Die wetenskaplikke mens weet daarom, dat
niks in sij ware natuur kan geken word nie.x) Das
Ding-an-sich blij onbekend en onkenbaar.
Hierdie induksie word getrek uit algemene en bison-
dere ervaringe, soos aangetoon is. Maar nou wij hij nog
één hoofstuk, „The Relativity of all knowledge", aan
die betoog dat die realiteit wat agter die verskijnsele
lé, onbekend is en ewiglik so sal blij. En dit doen hij deur
\') „First Principles", 6^ Ed., p. 48, 49.
-ocr page 80-
60
\'n deduksie uit die aard van die verstand self. Dat
onse kennis nie absoluut is nie en ok nooit so sal wees
nie, bewijs hij deur die produk en die proces van ons
dinke te analiseer. Alle kennis is relatief, sé hij. Als
jij b.v. so loop deur die gras en bossies en jij hoor
meteens \'n geritsel, dan draai jij jou om en kijk wat
die geritsel veroorsaak het. Terwijl jij nader kom, vlieg
daar \'n patrijs uit. O, sé jij, nou verstaan ek die hele
affaire. Wat wil jou verstaan van die saak sé? Niks
anders als dat jij dit in verband, in relasie gebring het
met wat jij reeds vroe\'er waargeneem het. En so is alle
kennis \'n in verband bring, \'n in relasie stel, van seker ge-
beurtenisse, feite of gedagte met gegeneraliseerde relasies.
En daarom is elke verklaring van wat ok \'n onder algemene
waarhede bring van speciale waarhede en van algemene
waarhede onder waarhede wat nog algemener is, en
daarom moet die algemeenste waarheid \'n waarheid
wees wat nie onder \'n nog ander waarheid gebring
kan word nie, m. a. w. die moet dus onverklaarbaar,
onuitlegbaar wees. Dit wat betref die produk van ons
dinke. Dieselfde geld ok wat betref die proces van
ons dinke. B.v. wat wil die begrip bewustsijn sé ? Be-
wustsijn sluit in \'n onderskeiding tussen twee objekte.
Bewustsijn beteken bewus te wees van iets. En
van die iets kan jij alleen sé dat dit is wat dit is,
deur dit te onderskei van dat wat dit nie is nie. Maar
so te onderskei tussen twee objekte is noodsaaklik \'n
begrensing, \'n limitasie van \'die objekte. M. a. w. om te
dink is om te begrens. Die voorwaarde van bewustsijn
is, te kan onderskei, en die voorwaarde van onderskei-
ding is begrensing. Als nou „dink" beteken „begrens", dan
is die idee: die oneindige, net die naam voor die afwe-
-ocr page 81-
61
sigheid van die voorwaardes waaronder bewustsijn
mo\'enlik is. Want als dink beteken begrens, dan is die
idee: die oneindige, \'n begrensing van die oneindige deur
dit te onderskei van die eindige. Maar die gedagte:
begrensing van die oneindige, is \'n kontradiksie. Deur
daarom te beweer dat die oneindige \'n voorwerp van
bewustsijn is, is te beweer dat die oneindige beide
beperk en onbeperk is, \'n kontradiksie en daarom \'n
onmo\'enlikke begrip.
\'n Ander kenmerk van bewustsijn is: dat bewustsijn
slegs mo\'enlik is in die vorm van relasie. Daar moet
wees \'n subjekt wat bewus is, en \'n objekt waarvan
jij bewus word of bewus is. Bewustsijn is daarom
alleen daar mo\'enlik, waar \'n vergelijking kan gemaak
word. Vergelijking is \'n daad van bewustsijn. En tussen
ons en die oneindige of absolute kan geen vergelijking
gemaak word nie, omdat die absolute en oneindige in
hulle self bestaan en per se buite alle verband met
die bewustsijn staan; want die absolute druk geen
objekt van gedagte uit nie, maar is net \'n ontkenning
van die relasie waardeur jou dinke gekonstitueer is.
M. a. w. ek kan mij van die absolute of oneindige nie
bewus word nie, daarom kan ek dit ook nie ken nie.
Die absolute blij dus vir mij onkenbaar.
\'n Ander karaktertrek van die bewustsijn is, dat
elke daad van bewustsijn gelijkheid insluit, m. a. w. ek
kan alleen iets ken deur dit te herken. Als ek vir die
eerste maal \'n dier sien, dan begin ek dit daadlik te
vergelijk met wat ek reeds ken. Ek begin dit daadlik
te klassificeer, dus te herken. Ek sal sé, hij behoor
tot die soogdiere, vo\'els, reptiele of visse. En als dit
nie daadlik onder één van hierdie rubrieke wil val nie,
-ocr page 82-
62
dan onder vertebrate en invertebrate, of als dit dan ok
nog nie hieronder val nie, dan bring ek dit onder die
rubriek dood of lewendig. Sal dit \'n objekt van kennis
word, dan moet dit vergelijk, geklassificeer, gesubsumeer
kan word. Sal daarom ideeë als die absolute, die oneindige,
en die eerste oorsaak objekte van kennis voorstel, dan
moet dit ok kan gevergelijk of geklassificeer word
met wat reeds objekte van ons bewustsijn is, en dit
is onmo\'enlik.x) En dit bring Spencer tot sij laaste
vraag: — wat moet ons sé van die transcenden-
tale, van dat wat bó alle kennis verhewe is? Kan
ons net berus in die bewustsijn van blote verskijnsele,
in die bewustsijn net van die relatiewe? Of kan ons
ok glo aan die bestaan van dat wat bó die relatiewe
verhewe is?
Ons het reeds gesien, sé hij, dat volgens Mansel die
oneindige en die absolute net soos die onbegrijplikke
en onsigbare geen objekt van ons dinke of bewustsijn
kan wees nie, omdat die voorwaardes ontbreek waar-
onder bewustsijn mo\'enlik is. Logies is hierdie gevolg-
trekking geregvaardig, maar psychologies is dit totaal
verkeerd, want behalwe die definitiewe bewustsijn
waarvan die Logika die re\'els formuleer, is daar ok \'n
indefinitiewe bewustsijn wat nie geformuleer kan word
nie. Behalwe gedagtes wat op hulle self kompleet en
afgerond is, is daar ok gedagtes wat onmo\'enlik kom-
pleet of afgerond kan gemaak word nie en wat daardeur
tog waarlik nie minder reëel is nie, in die sin dat hulle
normale affekte, hebbelikhede van die verstand is. B.v.
in elk een van die argumente waardeur die relatiwiteit
\') „First Principles", 6«\' Ed., p. 50-64.
-ocr page 83-
63
van onse kennis gestaaf is, is ook duidlik gepostuleer
geword die positief bestaan van iets agter die relatiewe.
Om te sé b.v. dat ons die absolute nie kan ken nie,
sluit die gedagte in, dat daar \'n absolute is. In die feit
op sigself, dat ons sé: ons kan nie weet wat die absolute
is nie, lé verborre die bewering dat die absolute bestaan,
en dit bewijs, dat die absolute in onse gees aanwesig
is, nie als \'n niks, nie maar als \'n iets. \'n Bewijs hiervoor
is, dat ons ons geen begrip kan vorm nie van \'n deel
sonder die begrip van \'n geheel, of van gelijk sonder
die begrip ongelijk, of van eenvoudig sonder die begrip
meervoudig nie. En persies net so van die relatiewe en
nie-relatiewe of absolute. Om met sir W. Hamilton te
sé dat die negatiewe net \'n negasie is van die positiewe,
is verkeerd. Want in sulke korrelatiewe als gelijk
en ongelijk is dit duidlik, dat die negatiewe begrip
iets meer bevat als die negasie van die positiewe,
want die dinge waarvan gelijkheid ontken word, word
deur ontkenning nie van ons bewustsijn uitgesluit nie.
En dit is percies dieselfde geval met korrelatiewe, waarvan
die negatiewe onbegrijplik is. Neem b.v. die ideeë beperk
en onbeperk. Onse idee van wat beperk is, bestaan uit,
ten eerste, \'n bewustsijn van een of ander soort sijn,
en ten twede uit \'n bewustsijn van die perke waar-
onder die sijn geken word. In die antithetiese dinkbeeld
van die onbeperkte word wel die bewustsijn van perke
uitgewis, maar nie die bewustsijn van \'n seker soort
sijn of bestaan nie. Dit is wel waar dat, deurdat be-
paalde perke ontbreek, die bewustsijn ophou om \'n
klaar en duidlik begrip te wees, maar dit is nie minder
waar nie, dat dit blij bestaan als \'n vorm van bewustsijn.
Als bewijs hiervan geld die volgende: — als die nega-
-ocr page 84-
64
tiewe kant van \'n begrip niks anders is nie als \'n
blote negasie van die positiewe kant daarvan nie, dan
volg hieruit, dat hierdie negasies onder mekaar kan
verwissel word. \'n Mens sal dan b.v. kan sé, dat die
negasie van die deelbare is die onbeperkte, en die
ondeelbare is die antithese van die beperkte. Die feit
dat die negasies nie so verwissel kan word nie, is \'n
bewijs, dat in die bewustsijn die onbeperkte en ondeel-
bare qualitatief afsonderlik en daarom positief of reëel
bestaan, daar onderskeid nie tussen non-entiteite kan
bestaan nie.
Die fout wat gewoonlik op hierdie punt gemaak
word, sé hij, bestaan daarin, dat \'n mens dink dat die
bewustsijn uit niks anders als perke en voorwaardes
kan bestaan nie, terwijl jij totaal uit die oog verlies
dat wat beperk en afhanklik word. \'n Mens vergeet
dat daar iets bestaan wat die ruwe materiaal lewer
om bepaald te kan dink en wat o\'erblij nadat die be-
paaldheid wat die dinke gegé het, weggeneem is. Al
wat hier beweer word het betrekking op die hoogste
van alle antinomie, n.1. op die Relatiewe en die nie-
Relatiewe of Absolute. Ons is ons bewus van die rela-
tiewe als van \'n bestaan onder voorwaardes en perke. Dit
is onmo\'enlik, die voorwaardes en perke in jou gedagte af
te skei van iets waaraan hulle die vorm gegé het. M. a. w.
als dink beteken beperk, wat word dan beperk? Die
abstraksie van die voorwaardes en perke is, volgens die
hipothese, die abstraksie van die voorwaardes en perke
en van hulle alleen. Dietengevolge moet daar \'n o\'erblij-
wend bewustsijn wees van iets wat hulle vorme, die
vorme waardeur hulle dinkbaar geword het, opgevul het.
En hierdie indefinitiewe iets vorm ons bewustsijn van
-ocr page 85-
65
die nie-Relatiewe of Absolute. Hoe onmo\'enlik dit ok
mag wees om aan hierdie bewustsijn enige quantita-
tiewe of qualitatiewe vorm te gé, dit is nie minder
seker, nie dat dit tog in ons blij als n positiewe en
onvernietigbare element of faktor van ons dinke. Nog
duidlikker word die waarheid, als ons bedink, dat ons
begrip van die relatiewe self verdwijn, als ons bewustsijn
van die absolute \'n blote negasie is. Als b.v. van ons
geeis word, om die relasie tussen die relatiewe en nie-
relatiewe te dink sonder van beide bewus te wees,
dan word feitelik van ons geeis om dat, waarvan ons
bewus is, en dat, waarvan ons nie bewus is nie, met
mekaar te verglijk, want vergelijking is op sigself \'n
daad van bewustsijn en alleen mo\'enlik deur ons bewust-
sijn van altwee objekte. Maar als nou die relatiewe in
ons dinke aanwesig is als \'n blote negasie soos Mansel
en Hamilton beweer, dan word die verhouding tussen
die relatiewe en nie-relatiewe ondinkbaar, want één
van die faktore van die relasie ontbreek in die bewustsijn.
En als hierdie relasie ondinkbaar is, dan is die relatiewe
self ondinkbaar, omdat daar dan geen antithese is nie
en daarmee hou dan ok alle dinke op.
Die positiewe karakter van ons bewustsijn van die
onvoorwaardelikke blijk nog duidlikker uit die volgende.
Een van die argumente om die relatiwiteit van onse
kennis te bewijs is, dat ons Tijd en Ruimte nog als
beperk nog als onbeperk kan dink nie. Dink ons aan tijd
of ruimte als beperk, dan kom daar tegelijk op \'n
bewustsijn van \'n tijd en ruimte wat buiten die perke lé.
En hierdie laaste tijd en ruimte word, hoewel nie defi-
nitief nie, tog wel degelik als reéel gedink. Hoewel
ons daar nie \'n afgeronde begrip van kan vorm nie,
5
-ocr page 86-
06
omdat ons dit nie in perke kan bring nie, is daar
nogtans in ons gees die ongevormde materiaal van \'n
begrip. En so ok met die begrip oorsaak. Ons kan
ewemin \'n afgeronde gedagte vorm van oorsaak als
van ruimte en tijd, en ons is dus verplig om van die
oorsaak, wat die perke van ons dinke te bó gaan, te
dink als positief, hoewel nie definitief nie. Net so als
wanneer ons dink aan beperkte ruimte, die gedagte
ontstaan van \'n ruimte wat nog buite die perke lé,
so ontstaan daar, wanneer ons dink aan \'n definitiewe
oorsaak, daadlik die bewustsijn van \'n oorsaak wat
daar agter lé, en die bewustsijn is, wat sij inhoud
betref, persies dieselfde als wat dit veroorsaak, maar
sonder vorm. Die dinkakte voer ons bó die voorwaar-
delik bestaan uit na \'n onvoorwaardelik bestaan toe, en
dit blij altoos deur bij ons als die liggaam van \'n
gedagte waaraan ons geen vorm kan gé nie. En hier-
vandaan kom ons geloof aan \'n objektiewe realiteit.
Dis hier soos met die begrip van das Ding-an-sich.
Hoewel \'n mens ons sé, dat die stof soos ons die
waarneem nie is soos dit in sigself per se is nie, tog
word ons bewustsijn daarvan nie vernietig nie, maar
net getransfigureer. Daar blij o\'er die bewustsijn van
\'n realiteit, hoewel die nie \'n bepaalde is nie. Ofskoon
dus die Philosophie elke poging om \'n begrip van die
absolute te vorm, veroordeel, tog kan ons nooit die
ganse inhoud van ons bewustsijn uitban nie, daar blij
altoos \'n faktor, \'n element o\'er wat o\'ergaan in nuwe
vorme. Die voordurende negasie van elke bisondere
vorm en perk loop uit op die min of meer abstraksie
van alle vorme en perke en eindig so in \'n indefini-
tiewe bewustsijn van die vormlose en onbeperkte.
-ocr page 87-
67
En so kom ons hier tot die laaste beswaar: hoe kan
daar \'n bewustsijn bestaan van die vormlose en onbe-
perkte, wanneer bewustsijn alleen mo\'enlik is onder
vorme en perke? Moet die materiaal van ons bewustsijn
nie verdwijn nie, wanneer die voorwaardes van sij bestaan
verdwijn nie? Die antwoord is: Soo\'n bewustsijn kan
nie deur net één dinkakte gevorm word nie, maar is
die produk van \'n heel klomp dinkaktes. In elke begrip
is daar \'n faktor wat door blij bestaan en onmo\'enlik
kan ontbreek nie. Maar die persistensie van hierdie
faktor onder alle suksessiewe voorwaardes, veroor-
saak \'n bewustsijn, wat en onderskeie is van die voor-
waardes en daarvan afhanklik is. Hoe word hierdie
bewustsijn gevorm? Die antwoord is: deur sukses-
siewe begrippe, wat ontdaan is van hulle perke en
voorwaardes, te kombineer, soos b.v. wanneer \'n
mens dink aan \'n piano, jij net \'n algemene voorstelling
daarvan voor jou gees het, en nie elke deel daarvan
in die bisonder, soos die toetse, die pedale, die kleur,
die hout ens. nie. Soos ons nou soos in hierdie geval
\'n deflnitiewe begrip vorm van \'n bisonder bestaan
deur dit te omkleed met seker beperkinge en voor-
waardes, so vorm ons in die te\'eno\'ergestelde \'n inde-
finitiewe begrip van \'n algemene bestaan, deur die
beperkinge en voorwaardes in alle opeenvolgende toe-
stande weg te neem. Die bewustsijn is nie de abstraksie
van één groep van gedagtes, ideeë of begrippe nie, maar
is die abstraksie van alle gedagtes, ideeë en begrippe.
Ten gevolge hiervan blij daar o\'er \'n indefinitiewe be-
wustsijn van iets wat konstant is onder alle vorme
van sijn of bestaan, afgeskeie, apart van sij verskijnsele.
Die kontrast tussen die absolute en relatiewe in onse
-ocr page 88-
68
gees is in werklikheid die kontrast tussen die geest-
likke element wat absoluut bestaan en die relatief
bestaan, sodat die allerlaaste element beide noodsaaklik
indefinitief en noodsaaklik onvernietigbaar is.
„Our consciousness of the unconditioned, being literally the
unconditioned consciousness or raw raaterial of thought to
which in thinking we give deflnite forms, it follows that an
ever present sense of real existence is the real basis of our
intelligence. While by the laws of thought we are prevented
from forming a conception of absolute existence we are by the
laws of thought prevented from excluding the consciousness
of absolute existence, this consciousness being as we here see,
the obverse of selfconsciousness." \')
Ons het dus \'n bewustsijn van die absolute, maar
dit is \'n indefinitiewe bewustsijn en daarom blij die
absolute self onbekend en onkenbaar.
\') „First Principles", 6»\' Ed., p. 72.
-ocr page 89-
HOOFSTUK III.
Sjj Agnosticisme en sjj Erkenntniss-Theorie.
I.
Als één van die bewijse vir sij Agnosticisme voer
hij op p. 51 van „First Principles" die reeds in ons vorige
hoofstuk aangehaalde voorbeeld van die patrijs aan,
om aan te toon dat verstaan (comprehendere) niks anders
is nie, als \'n in verband bring, \'n in relasie stel, \'n
onder die hoof bring van die reeds gekende. Daarom
is verklaar, of uitleg, \'n onder algemene waarhede bring
van speciale waarhede, en van algemene waarhede onder
waarhede wat nog meer algemeen is, en daarom moet
die algemeenste waarheid nie meer onder \'n nog alge-
mener waarheid te bring en dus vir geen verder ver-
klaring meer vatbaar wees nie.
„For if the successively deeper interpretations of nature
which constitute advancing knowledge are merely successive
inclusions of special truths in general truths and of general
truths in truths still more general, it follows that the most
general truth not admitting of inclusion in any other, does
not admit of interpretation. Of necessity therefore explanation
must eventually bring us down to the inexplicable.
-ocr page 90-
70
Coraprehension raust become something other than compre-
hension before the ultimate fact can be comprehended." \')
(a). Spencer het volgens onse opinie volkome gelijk
als hij die gang van onse kennis als \'n gedurige teruglei,
\'n gedurige onder-hoof-bring, beskou. Maar dan is die terug-
lei, die onder-hoof-bring, \'n teruglei tot wat bekend is en nie
tot wat onbekend of onkenbaar is nie. Hegel se gedagte
hierin is vir ons nog altijd onomstootlik n.1. sij idee,
dat die wereld vir ons bestaan net so ver als ons daar
\'n idee van het. Als ek \'n boom sien, dan bring ek
dit onder mij idee van bome, en die idee staan weer
onder mij idee van dinge in die algemeen, en die weer
in die laaste geval onder mij idee van sijn of bestaan.
Maar elke maal wat ek dit terug bring onder \'n alge-
mener idee, is dit tot een wat mij bekend is, totdat
ek ten laaste stuit op die idee sijn. Verder terug kan
ek nie. Maar dan is die idee sijn vir mij nie iets onbe-
kends nie, maar iets so bekend, dat dit skijn bij sij
ei\'e lig, dit is m. a. w. iets klaarblijkliks. Om \'n saak
te verklaar of uit te lé is om dit terug te voer van
die minder bekende tot die meer bekende.
„Erklaren heisst also solche Vorgange, welche uns in der
unmittelbaren Wahrnehmung entweder gar nicht oder nur
unvollstandig gegeben sind, als gleichartig mit solchen Vorgangen
nachzuweisen, welche uns in der unmittelbaren Wahrnehmung
gegeben sind. Damit ist zugleich gesagt, dass es für die
unmittelbar wahrgenommenen Vorgange und Erscheinungen
keine Erklarung giebt." *)
\') „First Principles", 6tb Ed., p. 54.
*) Ernest Grosse, „Herbert Spencer\'s Lehre von dem Unerkenn-
baren", p. 69.
-ocr page 91-
71
Natuurlik! die algemeenste waarheid kan nie verder
verklaar word nie en behoef ok nie verder verklaar te
word nie. Want die algemeenste waarheid is tegelijk
die duidlikste waarheid. Behoor b.v. die geometriese
axiomata nie tot die algemeenste waarhede nie? En is
hulle nie die duidlikste en verstaanbaarste waarhede
vir die menslikke verstand nie?
Ons meen dat dit so duidlik is, dat dit geen verder
betoog nodig het nie. Hierdie deel van sij Erkentniss-
theorie kan dus die proef nie deurstaan nie en daarom
ook nie sij Agnosticisme in so ver die hierop gebou is nie.
Maar dit net om die saak in te lei. Ons kom nou tot
sij grond-argument waarom dinge onkenbaar is.
(b). Die grond-argument vir sij Agnosticisme is, dat
niks in sij wese kan geken word nie. Al onse kennis
rus op verskijnsele. En die is net die simbole, die modi,
die bestaansvorme van die reëele wat onkenbaar is en
ewiglik so sal blij. Al wat bestaan is net die openbaring
van \'n krag wat ten grondslag van alle verskijnsele lé: —
„We come down then finally to Force as the ultimate of
ultimates. Though Space, Time, matter and motion are appa-
rently all necessary data of intelligence; yet a psychological
analysis shows us that these are built up or abstracted from
experiences of Force." \')
Maar wat is nu hierdie Force? Is dit \'n realiteit?
Nee, antwoord hij (om maar net \'n paar aanhalinge
te gé): -
„It needs but to remember that consciousness consists of
changes to see that the ultimate datum of consciousness must
\') „First Principles", 6th Ed., p. 132.
-ocr page 92-
72
be that of which change is the manifestation and that thus
the force by which we ourselves produce changes and which
serves to symbolise the cause of changes in general, is the
final disclosure of analysis. That this indecomposable mode
of consciousness into which all other modes may be decom-
posed cannot itself be the power manifested to us through
phenomena has been already proved \') in paragraph 21,
waar hij die volgende sé :
„On lifting a chair the force exerted we regard as equal
to that antagonistic force called the weight of the chair and
we cannot think of these as equal without thinking of them
as like in kind, since equality is conceivable only between
things that are connatural. Yet contrariwise it is incredible
that the force existing in the chair resembles the force present
in our minds. The force known to us is an affection of con-
sciousness. We cannot therefore conceive the force to exist
in the chair under the same form without endowing the chair
with consciousness so that it is absurd to think of forces as
in itself like our sensation of it and yet necessary so to
think of it if we represent it in consciousness at all.2)
„Force as we know it can be regarded only as a conditional
effect of the unconditioned cause, as the relative reality indi-
cating to us an Absolute Reality by which it is immediately
produced." ")
„All these phenomena (the instability of the homogeneous,
multiplication of effects, segregation, equilibration, dissolution
etc.) from their great features down to their minutest details
are necessary results of the Persistence of Force under its
form of matter and motion. And thus transcends all human
understanding, is an unknown and unknowable Force." *)
\') „First Principles", 6"» Ed., p. 133.
8) T. a. p., p. 43.
8) T. a. p., p. 133.
4) Herbert Spencer, „Reasons for dissenting from M. Oomte",
p. 29. — Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 554.
-ocr page 93-
73
„The concept we form to ourselves of matter is but the
symbol of some form of Power, absolutely and for ever unknown
to us, and a symbol which we cannot suppose to be like the
reality without in volving ourselves in contradictions-----Also
the representation of all objective activities in terms of motion
is but a representation of them and not a knowledge of
them___when with these conclusions we join the conclusion
lately reached that mind also is unknowable and that the
simplest form under which we can think of its substance is
but a symbol of something that can never be rendered into
thought, we see that the whole question whether these
symbols should be expressed in terms of those or those in
terms of these is a question scarcely worth deciding."
„The interpretation of all phenomena in terms of matter,
motion and force is nothing more than the reduction of our
complex symbols of thought to the simplest symbols. It seems
easier to translate so-called matter into so-called spirit, than
to translate so-called spirit into so-called matter (which latter
is indeed wholly impossible). Our only course is constantly
to recognize our symbols as symbols only and to rest content
with that duality of them which our constitution necessitates." l)
Meer aanhalings is onnodig.
In één woord, Spencer se erkenntniss-theoretiese stand-
punt is nog die Idealisme nog die Realisme, maar \'n „umge-
bildete Realismus". Die duidlikste het hij hierdie theorie
uitgewerk in sij „Principles of Psychology". Daarin voer
hij die strijd tussen Idealisme en Realisme terug tot die
strijd tussen Rede en Waarneming (trial of Reason versus
Pereeption). Die strijd laat hij beslis ten gunste van die
waarneming, deur te bewijs dat die getui\'enis van die rede
afgelei is van die getui\'enis van die waarneming en
daarom minder beteken. Wanneer rede en waarneming
\') „Principles of Psychology", Vol. I, p. 159.
-ocr page 94-
74
als getui\'e mekaar weersprekende verklarings aflé en
die rede op meer geloofwaardigheid aanspraak maak,
so openbaar die kruisverhoor gou, dat die getui\'enis van
die rede meer is dan \'n op hoor sé gegronde bewering
van die waarneming.*) "Waarin bestaan dan die getui\'e-
nis van die waarneming volgens Spencer? Om sij
lesers die geheim te leer, vra hij hulle om die blad
papier wat vóór hulle lé te beskou en hom te vertel
wat hulle sien. Die leser antwoord dan natuurlik, dat
hij bewus geword het van \'n voorwerp wat geskeie
van hom, buite hom om, bestaan. Maar waarin bestaan
dan hierdie bewustsijn van die bestaan van die voor-
werp? "Wat neem ons waar, als ons die blad papier
beskou? Deur die sien-sin neem jij waar \'nregtehoek,
deur jou voel-sin \'n dun gladde liggaam van \'n seker
uitbreiding en vorm en van \'n bietjie gewig. Die waar-
neming van die blad is die som van al hierdie aparte
waarneminge. En wanneer ons sé, dat die blad objektief
bestaan, dan sé ons daarmee niks anders nie als dat
daardie kleur, vorm, gladheid en gewig in \'n seker
verband tot mekaar objektief bestaan. En wat is nou
hierdie vorm, kleur, gewig, gladheid ens.? Is hulle
objektiewe realiteite ? Nee, hulle is net die verskijninge,
die simbole van die objektiewe bestaan, wat die onken-
bare korrelaat van onse kragservaring in hierdie geval
is, en wat alleen realiteit besit.
Van hierdie leer van die kenvermo\'e sé ons nou:
Ten eerste. Hierdie leer is \'n direkte te\'enspraak van
die getui\'enis van die waarneming. Onse waarneming
vertel ons nie die minste van die bestaan van \'n on-
\') „Principles of Psychology", Vol. II, p. 442.
-ocr page 95-
75
kenbare krag wat op ons bewustsijn inwerk deur die
kleur, gladheid, vorm en gewig van die waargeneemde
blad papier nie. Onse waarneming vertel ons ok nie,
dat die verskillende ei\'enskappe van die blad net sim-
bole van die bestaan van die krag is nie, maar ver-
seker ons inte\'endeel op \'n manier wat niemand ter
wereld kan of mag te\'enspreek nie, dat die kleur, vorm,
gewig en gladheid wat ons op die o\'enblik ondervind,
persies so bestaan als wat ons dit waarneem. Ons vra
hier met Ernest Grosse: —
„Mit welchem Rechte verwirft der umgebildete Realismus dies
Zeugniss der Wahrnehmung, nachdem er sich früher in seinem
Streite gegen den Idealismus bestandig auf die Wahrnehmung
als auf die höchste und unanfechtbare Autoritat berufen hat ?" \')
Waarom sal ons onse waarneming in die één geval
glo en in die ander nie? Spencer antwoord ons hierop:
dat ons die individuele waarneminge nie kan glo nie,
want ons is verplig alle waarneminge te glo, en daar
individuele waarneminge mekaar weerspreek, is die Rede
verplig om hierdie mekaar weersprekende getui\'enisse
tot versoening te bring en die resultaat van die ver-
soening is die, wat ons reeds genoem het: die „um-
gebildete Realismus". Wanneer ons, terwijl ons die blad
waarneem, \'n bietjie daarvandaan pad gé, dan bemerk
ons, dat onse waarneming van die blad ok gaandeweg
verander, terwijl die blad self daardeur tog nie kon
verander wees nie. Onse waarneming wijs ons dus die
blad nooit soos dit op sigself is nie, maar onse waar-
neming wijs ons net, hoe die blad onder verskillende
\') Ernest Grosse, „Herbert Spencer\'s Lehre von dem Unerkenn-
baren", p. 84.
-ocr page 96-
76
voorwaardes vir ons lijk. Onse waarneming openbaar
ons dus wel die feit, maar nie die wese van dat wat
objektief bestaan nie. *)
Vóór ons op hierdie deur Spencer beweerde te\'enstrij-
digheid in die getui\'enisse van die waarneming ingaan,
sal dit goed wees om ons self eers duidlik te maak van
wat hij onder Bestaan of liewer onder Realiteit verstaan.
„By reality we mean persistence in consciousness: a persi-
stence which is either unconditional as our consciousness of
space or which is conditional as our consciousness of a body
while grasping it. The real as we conceive it is distinguished
solely by the test of persistence. Between the person standing
before us and the idea of such a person we discriminate by
our ability to expel the idea from consciousness and our
inability while looking at hira, to expel the person from con-
sciousness. And when in doubt as to the trustworthiness of
some impression made on our eyes in the dusk, we settle the
matter by observing whether the impression persists on closer
inspection and we predicate reality if the persistence is com-
plete. How truly persistence is what we mean by reality
is shown in the fact that after criticism has proved that the
real as presented in perception is not the objectively real
of something which persists absolutely under all changes of
mode, form or appearance. And the fact that we cannot form
even an indefinite motion of the absolutely real except as the
absolutely persistent implies that persistence is our ultimate
test of the real whether as existing under its unknown form
or under the form known to us." a)
Hiermee kom sij betoog in „Principles of Psychology"
overeen.3) Realiteit is dus bij Spencer: dat wat aanhou
met bestaan in jou bewustsijn.
\') Herbert Spencer, „Principles of Psychology", Vol. I, p. 442,443.
3) Herbert Spencer, „First Principles", 6th Ed., p. 125.
") Herbert Spencer, „Principles of Psychology", Vol. II, p. 380.
-ocr page 97-
77
Hierop vra ons nou: is die aanhou met bestaan in
jou bewustsijn die kenteken, die kenmerk van die
realiteit van dat wat aanhou met bestaan? En waarlik,
dan kan ons nie anders als onkennend hierop antwoord
nie. Als ek b.v. twee da\'e na \'n swaar geveg nog
gedurig die gebulder van die kanonne, die gefluit van
die Lee-Metford ko\'els, die gekerm van die gewonde,
en die gekreun van die sterwende in mij ore hoor,
is dit \'n bewijs, dat die dinge nog in werklikheid
bestaan? Als ek deur \'n Afrikaanse bos loop en \'n dier
sien wat ek nog nooit tevore gesien het nie, en nooit
in mij lewe weer daarna sal sien nie, sal die dier
daarom minder reëel, minder werklik vir mij bestaan ?
Als realiteit, bestaan, is die voordurendheid van \'n
bewustsijnstoestand, dan moet wanneer ek \'n ding
vergeet het, en die ding later weer sien en dit nie kan
herken nie, die ding vir mij minder werklik bestaan het.
Waarop berus die allereerste waarneming of gewaar-
wording van \'n pasgebore kind? Nie op \'n onder ideee
bring van wat hij waarneem nie, nie op \'n vergelijking
met iets wat hij vroe\'er waargeneem het nie, en waarvan
die herinnering kon voorgeduur het nie. Nee, die eerste
waarneming berus op \'n onmiddelik gewaarword, op \'n
onmiddelik gevoel van iets wat buiten hom, objektief
bestaan. In hierdie onmiddelik gevoel van \'n werklik-
heid, wat geen ander afleiding of verklaring nodig het
nie, lé die fundamentele onderskeid tussen die waar-
neming en die voorstelling daarvan. Al is \'n bewust-
sijnstoestand ok nog so voordurend, so gou als daaraan
die gevoel van werklikheid ontbreek, sal ons aan sij
inhoud nooit \'n objektiewe realiteit toeskrijwe nie, tensij
die bewustsijnstoestand met \'n besef van werklikheid
-ocr page 98-
78
saam of gepaard gaan nie. Ja, ons waag dit om te sé,
dat als \'n mens maar net Spencer se ei\'e deflnisie van
wat werklikheid is, konsequent deurtrek, konsequent
deurdink, dit dan onse opvatting sou bevestig. Want
die realiteit van Spencer wat voorduur, moet ok eers
besef word en eers nadat dit besef is, is die subjekt
in staat om dit te vergelijk met die vroe\'er waarge-
neemde, en eers so kan die proef van voordurendheid
toegepas word. Ten volle kan ons daarom ok onder-
skrijwe wat b.v. Dr. Ernest Grosse sé: —
„Das Merkmal der objektiven Realitat besteht nicht in der
Dauer eines Bewusstseinszustandes, sondern es besteht in dem
unmittelbaren Geftlhl der objektiven Existenz, welche uns in
jeder Wahrnehmung und in keiner Vorstellung gegeben ist." \')
Wat deur ons waargeneem word is vir ons die reöele,
die ware, of die bewustsijn daarvan voorduur of nie.
Maar nou bestrij Spencer ok nie dat ons \'n verskijnsel
waarneem nie, maar hij bestrij die geloofwaardigheid
van die waarneming. Want, sé hij, die selfde voorwerp
kom ons verskillend voor, onder verskillende omstan-
dighede. Als ek b.v. \'n leeuw sien op 3000 meter
afstand, dan lijk hij mij maar soos \'n muis wat daar
staan, maar als ek hom op 3 meter afstand sien, dwing
mij geweer om uit mij hand te val. Die twee waar-
neminge van die selfde voorwerp weerspreek mekaar
dus volgens Spencer, daar is, sé hij, \'n hemelsbreed
verskil tussen die ding self en die verskijning daarvan.
Hier lé die swaartepunt van Spencer se Erkenntniss-
theorie en hier op die punt moet dit ok nou blijk of
\') Ernest Grosse, „Herbert Spencer\'s Lehre von dem Unerkenn-
baren", p. 85.
-ocr page 99-
79
dit houbaar is of nie. En daarom is dit hier vóór alle
dinge nodig dat ons mekaar goed verstaan en vooral
aan die woorde die regte betekenis gé.
Wat moet ons verstaan onder die woord Ding ? Als
ek \'n seker voorwerp waarneem, wat neem ek dan
waar? Ek neem niks anders waar nie als \'n groep
van relasies, waarvan elk een, uit \'n subjektiewe
en objektiewe faktor bestaan. Maar als ek dan in
die daad van waarneming net verskillende relasies
waarneem, wat vorm die relasies dan tot \'n eenheid?
Wat maak hulle tot die Ding wat ek waarneem? Die
antwoord is: die eenheid sit nie in die ding self nie, maar
word deur die Dinke van die waarnemende Ek geskape.
Die eenheid is \'n Gedankending. Die skijnbaar mekaar
weersprekende getui\'enisse van onse verskillende waar-
neminge van die selfde voorwerp het net betrekking
op die verskeie relasies, wat die voorwerp van waar-
neming vorm, nie op die absfcrakte eenheid van die
relasies nie. Die abstrakte eenheid is net die voorwerp
van die Dinke, nie van die waarneming nie. En nou
spreek dit natuurlik van self dat elke maal als die
faktore n.1. subjekt en objekt \'n verandering ondergaan,
die relasies tussen subjekt en objekt ok\' n verandering
ondergaan en daarom natuurlik ok die getui\'enisse van
die waarneming. Die getui\'enis van mij waarneming
van die leeuw op 3000 meter afstand is, dat hij so
groot als \'n muis is, en op 1000 meter, dat hij so groot
als \'n kalf is, en op 3 meter, dat hij die koning van
die Afrikaanse veld in al sij verskriklikheid is. Hierdie
drie getui\'enisse is verskillend, eenvoudig omdat die
relasies waarin hulle tot mij en ek tot hulle staan, elke
slag verskillend is. Ek het naamlik elke slag nader an
-ocr page 100-
80
die leeuw gekom, m. a. w., die skijnbaar mekaar weer-
sprekende getui\'enisse van onse verskeie waarneminge
het na hulle aard nie betrekking op die abstrakte een-
heid — wat die voorwerp van die dinke is — nie,
maar hulle het net betrekking op die voorwerp van
waarneming, m. a. w., hulle het betrekking op \'n groep
van individuele relasies, wat in elke verskillende
waarneming, dit wil sé, elke slag als hulle faktore
(subjekt en objekt) \'n verandering ondergaan, ok ver-
skillend moet wees. Die getui\'enisse van die verskeie
waarneminge het dus nie betrekking op die selfde sub-
jekt nie, maar hulle het betrekking op totaal verskeie
subjekte. Maar als hulle ok nie op die selfde subjekt
betrekking het nie, dan kan hulle ok nie mekaar weer-
spreek nie en is ons verplig om hulle aan te neem.
„Das wahrgenommene Ding ist das wirkliche Ding, aber
das wirkliche Ding is nicht das gedachte Ding",
sé Grosse tereg. *)
Maar nou kan iemand ons voor die voete gooi, dat
dit hier nie gaan om die produk uit subjektiewe en
objektiewe faktore nie, maar om die objektiewe faktore
alleen. Soos Spencer sé, die ei\'enskappe van die stof
soos ons die van bewus is, is net subjektiewe inwerkinge,
aandoeninge, wat deur onbekende en onkenbare kragte
veroorsaak of tevoorskijn geroep word. ■)
In antwoord hierop sé ons met Ernest Grosse saam:
„die objektive Agentien an und für sich existiren nur
\') Ernest Grosse, „Herbert Spencer\'s Lehre von dem Unerkenn-
baren", p. 88.
*) „Principles of Psychology", Vol. II, p. 493.
-ocr page 101-
81
als Abstractionen des Metaphysikers." x) En g\'n wonder
nie; want in werklikheid bestaan daar g\'n objektiewe
agens an und für sich nie, maar in werklikheid bestaan
elke objektiewe agens, net als \'n faktor in \'n relasie,
waarvan die twede faktor die subjekt is, en als sodanig
volkomen kenbaar is. M.a.w. soos Lotze sé:
„The idea of phenomenon or appearance in order to be
intelligible must presuppose not only a being or thing which
appears, but also and quite as indispensable a second being
by whom this appearance is perceived." 8)
Die objektiewe faktor is in elke individuele relasie
soos hij ondervinde word. Daar bestaan g\'n twijfel
of dit mag in \'n ander relasie iets anders wees nie,
maar in hierdie relasie is dit dat wat dit is. Suurstof
in verbinding met swawel is nie alles wat dit in ander
verbindinge kan wees nie, maar in hierdie verbinding
is dit wat dit is. Die versekering dat die Ding-an-sich
nie kan geken word nie, beteken niks, vóór \'n mens
kan bewijs dat die Ding-an-sich \'n objektiewe faktor
is en buite alle relasie met \'n subjekt kan bestaan nie.
En dit is \'n onmo\'enlikheid. Waarom? Ons kan hierop
geen beter antwoord gé nie als om wat Prof. Ferrier
o\'er hierdie kwessie gesé het aan te haal.
„Our intercourse with the external universe was the given
whole with which we had to deal. The other philosophies
divided this given whole into the external universe on the
one hand and our perception of it on the other; but they were
unable to show how these two the objective and the subjec-
\') Ernest Grosse, „Herbert Spencer\'s Lehre von dem Unerkenn-
baren", p. 88.
*) „Microcosmos" (Eng. vert.), p. 160.
6
-ocr page 102-
82
tive could again be understood to coalesce. Like magicians
with but half the powers of sorcery they had spoken the dis-
solving spell which severed man\'s mind from the universe,
but they were unable to articulate the binding word, which
again might bring them into union. It was reserved for the
speculation of a later day to utter this word. Thus it did
by admitting „in limine" the distinction; but at the same
time, by showing that each of the divided members again
resolves itself into both the factors into which the original
whole was separated, and that in this way the distinction
undoes itself.....But unless we are able to think two things
as two and separated from each other, it is vain and unreason-
able to ask how they can becorae one. In the same way,
with respect to the question in hand, there is not a subjec-
tive and objective before us, but there is what we flnd to be
an indivisible subjective-objective, when we commence by
regarding ,what we imagined to be pure subjective and there
is what we find to be an indivisible subjective-objective also,
when we commence by regarding what we imagined to be
the pure objective. So that the question, respecting the nature
of the connexion between the subjective and the objective
comes to be either this, what is the nature of the connexion
between two subjeetive-objectives (but this is not the question
to which an answer was wished), or else this, what is the
nature of the connexion between one thing, one thing which
no effort of thought can construe as really two." \')
M. a. w. die materialist vergeet, dat die objekt wat
buite hom bestaan, nie minder als die subjekt n.1., dat
wat binne hom is, feite van sij beioustsyjn en niks
anders is nie. Hij dink dat die mechaniese beweginge
in die natuur onafhanklik van sij bewustsijn, van
sij ervaring is. In ander woorde hij verval in dieselfde
fout als die deur hom so gehate metaphysicus, wat
M „Philosophical Works", Vol. III, p. 278—284.
-ocr page 103-
83
dink dat hij die dinge ken soals die op sigself, an-
sich is of bestaan. Of soos Ernest G-rosse tereg sé:
„Aber ein Büchner gehort eben so gut unter die
Metaphysiker als ein Hegel." En waarom? Eenvoudig
omdat \'n mens nog psychiese verskijnsele uit phiesiese,
nog phiesiese uit psychiese verskijnsele kan verklaar
nie, en wel om die eenvoudige rede, dat daar in werk-
likheid nog psychiese nog phiesiese verskijnsele is nie,
maar net psycho-phiesiese verskijnsele.
Ons bewustsijn, kennis, waarneming, dis alles psycho*
phiesies subjektief-objektief. En weer vra ons: waar-
om? Omdat al onse kennis \'n sinthese is. En \'n
sinthese wat uit twee pole bestaan, subjekt en objekt.
Sonder een van hierdie twee faktore kan er g\'n kennis
wees nie. Maar \'n sinthese is \'n produk. Als die sinthese,
onse kennis naamlik, gevorm is, het daar reeds \'n
proces voorafgegaan. M. a. w. ek word gewaar van iets
vóór ek dit sien. Ek ondergaan \'n werking en die gevolg
van die inwerking van buite af en van binne uit, is
dat ek sien. Sien is dus \'n resultaat van die wissel-
werking van die subjekt en objekt op mekaar. En daarom
kan die produk, mij kennis, ok nie anders als psycho-
phiesies, subjektief-objektief wees nie. Lewes het hierdie
verhouding kernagtig uitgedruk toe hij gesé het: „Mind
is the feeling, matter is the feit." Dit is soos wanneer
\'n mens die twee pole van \'n magneet wil skei, —
die magneet daarom middel deur breuk en tot jou
verbasing uitvind, dat in plaas dat hij die twee pole
vir goed van mekaar geskei het, elke stuk weer \'n
magneet met twee pole, positief en negatief, geword het.
Maar: vra iemand, ontken ons dan nie hierdoor die
objektiewe faktor nie, die nie-Ek nie ? En dan antwoord
-ocr page 104-
84
ons met Lewes J) hierop: — ons sé nie dat die klip
wat daar op die grond lé, nie nog iets meer is als
onse waarneming daarvan nie. Al wat ons beweer is,
dat daardie iets in hierdie relasie, dat is, wat ons onder-
vind dat dit is, naamlik hier die klip wat voor ons
lé. En als iemand ons dan vra wat dan die gepostu-
leerde iets is, anders als die Ding-an-sich, dan is ons
antwoord, die iets is die abstrakte mo\'enlikheid dat die
subjekt of objekt van \'n produk in relasie met \'n ander
faktor kan tree, wanneer die onder \'n ander vorm
bestaan. Soos ons reeds gesé het: Suurstof in verbin-
ding met swawel is nie alles wat dit in \'n ander ver-
binding kan wees nie. Die objektiewe faktor wat in
relasie tot die subjekt \'n klip is, moet in \'n ander
relasie iets anders wees. Of om dit konkreter en duid-
likker uit te druk: waarneem is kennisneem. En alle
kennis is relatief, en ontstaan deur relatiwering. Was
daar in die heelal g\'n objekt wat met mij als subjekt,
met mij Ego in relasie kon tree nie, dan sou mij Ego
vir ewig geslaap het. Daar sou nooit kennis of self-
bewustsijn ontstaan het. Waar dus g\'n relasie tussen
subjekt en objekt bestaan, is die mo\'enlikheid van kennis
uitgesluit. Als daar nou \'n Ding-an-sich sou kan bestaan,
dan moet dit, of in relasies of buite relasies met die
subjekt staan. Bestaan dit in relasie tot die subjekt,
dan word dit daardeur deur die subjekt, geken. Bestaan
dit buite relasies met die subjekt, dan is dit onkenbaar.
Ja, dan kan \'n mens nie eers daarvan sé dat dit onken-
baar is nie. Want dit sé reeds te veel. \'n Mens kan
\') George Henry Lewes, „Problems of Life and Mind\', Vol. II,
p. 438.
-ocr page 105-
85
alleen iets sé van iets waarmee jij in relasies staan
of staan kan. Of soos Prof. Plint sal wel sé: —
„A thing in itself is not only what no intelligence can
know, but what no intelligence can be ignorant of." \')
Prof. Ferrier het so klaar en duidlik aangetoon, dat
\'n mens net kan onkundig blij van iets waarvan dit
mo\'enlik is, dat jij kennis van kan verkrij. 2)
Om dus van \'n wereld in en op sigself te praat is
pure onsin, want soo\'n wereld laat g\'n relasies met die
subjekt toe nie. Ten twede, als \'n objekt in relasie tot
\'n subjekt bestaan, dan moet dit nie alleen kenbaar
wees nie, maar dan moet die kennis ook wees ware
kennis, kennis van sij wese. En als iemand hierte\'en
sé, dat dit tog onmo\'enlik is om ware kennis van iets
te hé, als ons kontakt daarmee \'n kontakt van relasies
is, dan is ons antwoord: — dat hoe ver of hoe nabij,
hoe onder of hoe bó ek ook staan ten opsigte van \'n
objekt, ek kan nooit anders tot \'n objekt staan als in
relasies nie. Ons kan hierop nie genoeg nadruk lé nie
en helder dit op deur die voorbeeld wat deur Lewes
gebruik is.
„Der Mond erscheint am Horizont grösser als am Zenith.
Er erscheint immer und allen Menschen so. Mag der Grund
für diese Erscheinung in dem weiteren Gesichtswinkel oder
mag er in einer Urtheilsansehung unter dem Einfluss der
umgebenden Gegenstande liegen — die Empflndungsthatsache
ist, dass der Mond am Horizonte grösser gesehen wird und
\') Robert Flint D.D., „Agnosticism", p. 178.
s) „Institutes of Metaphysic", p. 404—408.
-ocr page 106-
86
der unvermeidliche Schluss aus dieser Empfindungsthatsache
ist, dass der Mond thatsachlich grösser ist. Allein hier tritt
der Philosoph auf und berichtigt diese Folgerung, durch eine
Folgerung, welche aus andern Thatsachen gezogen ist, die ihn
versicheren, dass Körper ihr Volumen nicht durch einfache
Bewegung durch den Raum anderen, und hieraus schliesst er,
dass der Mond am Horizont, wie er auch erscheinen mag,
nicht grösser ist. Er will damit sagen: wenn der Beschauer
im Stande ware, den Mond zuerst an dem einen Orte und sodann
an den zweiten zu messen, so würden die Messungen ein
gleiches Resultat ergeben. Wir nehmen seine Berichtigung
an, wir gestehen die ideale Thatsache zu; aber wir bemerken,
dass seine Berichtigung unseres Wahrnehmungsurtheils nur in
der Ersetzung einer Empfindungsthatsache durch eine andere
besteht. Er sagt, dass der Mond am Horizont nicht grösser
ist, sondern nur grösser erscheint. Aber was ist sein Beweis
dafür? Einfach das Ansehen (appearance) welches der Mond
in einer Beziehung hat, und dass wir, wenn wir, anstatt der
Mond zu betrachten wie er real (d. h. in der Wahrnehmung)
erscheint, ihn betrachten wie er ideal erscheint (d.h. in der
Vorstellung), diesen anscheinenden Unterschied nicht mehr
sehen würden. Alles dieses ist unbestreitbar, allein verbürgt
es den Schluss, welcher so oft daraus gezogen wird, dass weder
die reale noch die ideale Erscheinung uns sagt, was der Mond
ist, sondern dass sie uns nur zeigen, als was er uns erscheint.
Sicher, der Mond ist in jeden Falie wie er erscheint. Jede
Ansicht ist die einer besonderen Relation, in der die objektive
Ursache zu der subjektiven Empfindung steht; er — der Mond —
ist nur Ursache, ist nur Empfindung als ein Produkt, dessen
einer Faktor der Gruss des Geistes (greeting of the Spirit) ist,
er — der Mond — had ausserhalb dieser besonderen Relation keine
Existenz. Zu irgend einer anderen Relation mag, muss dasjenige
was hier der objektive Faktor des Mondes ist, eine andere
Existenz sein, aber dieser objektive Faktor ist nicht und kann
nicht unser Mond sein, und die Forschung nach dieser Existenz
ist entweder die rationelle Forschung nach anderen Ansichten
(aspects), oder aber es ist das irrationelle Bemühen, herauszu-
-ocr page 107-
87
bringen, was ein Ding wirklich ist, wenn es nicht wirklich ist.
(What a thing really is, when it is not real.)" \')
Ons herhaal dus: die waargeneemde ding is die
werklikke ding. En daarom ok dat ons ten volle kan
onderskrijwe die kragtige taal van die uitnemende
metaphysicus Dr. Martineau:
„Faith in the veracity of our faculties, if it means anything,
requires us to believe that things are as they appear, that is
appear to the mind in the last and highest resort and to
deal with the fact that the only appear as if it constituted
an external exile frora their reality is to attribute lunacy to
universal reason. But the objects of autological guest are not
lost to us in being only relatively discerned. Being either
plural themselves or containing a plurality, they are actually
charged with relations, and to know them as out of relation
would be simply to misknow them. Because God can be con-
témplated only like other objects of thought, as differenced
from our subjective selves, is it needful to say, that he is
merely phenomenal to us and not cognizable in his reality." a)
Die Ding-an-sich bestaan net in die woorde van die
metaphysicus. Maar die idee het soo\'n rol gespeel in
die geskiedenis van die wijsbegeerte, dat ons ons hier
wel die vraag mag stel, hoe die idee ontstaan? Die
idee ontstaan, als \'n mens die subjektiewe faktore
abstraheer van die individuele relasies af, en so lang
als jij maar nie vergeet, dat hierdie logiese skeiding
van subjekt en objekt net maar \'n logiese is nie, doen
dit geen skade nie. Maar die neiging om die onderskeid
\') George Henry Lewes, „Problems of Life and Mind", Vol. II,
p. 51 (Vert. Grosse).
\') Dr. James Martineau, „Essays Philosophical and ïheological",
Vol. III, p. 481.
-ocr page 108-
88
tussen gedagtes en feite weg te dink, lei dan daar lig toe
om hierdie suiwere objekte, hierdie abstraksie-produkte
vir reëele existensies te hou. En dit was die voor-
naamste fout van Spencer se agnosticisme. En aan die
fout het hij hom gedurig skuldig gemaak. Hij het
geabstraheer in plaas van te analiseer. Maar laat hij
ok hier vir hom self praat.
„The incognizable is not the abstract of any groups of
thoughts, ideas, or conceptions, but is the abstract of all thoughts,
ideas or conceptions, that which is common to them all and
cannot be rid off, what we predicate of the word existence
being apart front appearances." \')
Deur sulke abstraksie-processe was hij dus gedurig
verplig om phenomena als phenomena per se, te behandel,
wat ter eg deur Prof. Ward gebrandmerk word als „a
flagrant contradiction".2) Want wat anders is die
abstraksie „being apart from appearances", alsdienie-
sijn, die nie-bestaan nie? Dis niks anders als\'n grote nul
nie. En tog hierop rus sij hele stelsel, want die „Per-
sistence of Force", waaruit hij die ganse heelal opbou
en op laat rus, is niks anders als „being apart from
appearance" nie. Soos hij self sé: — „in asserting
the Persistence of Force, we assert an unconditioned
reality".3) En unconditioned reality is net \'n ander
woord vir „being apart from appearances". Die heelal
laat hij dus rus op \'n louter abstraksie, op suiwer niks.
\') „First Principles», Rev. Ed., p. 82.
■) „Naturalism and Agnosticism", The Gifford Lectures delivered
before the University of Aberdeen in the years 1896—1898 by
James Ward Sc. D., Vol. I, p. 104, 181, 272 etc.
*) „First Principles", 6th Ed. p. 155.
-ocr page 109-
89
Hierbij sluit ons nog \'n paar los opmerkings aan.
Ten eerste. Deur te sé, dat krag, atome, ether,
undulasies, affiniteite ens. ens. almal net simbole is
van die werklikheid, roep Spencer \'n dualisme in die
lewe, waardeur hij die wereld in twee helftes snij.*)
En die twee helftes omring hij deur \'n volsla\'e duis-
ternis. Want ons weet dan van die realiteit wat agter
die verskijnsele lé, niks af nie, en wat ons van die
verskijnsele self kan sé, is net dat hulle simbole is.
M. a. w. hij deel die wereld in twee abstraksies — wat
ei\'enlik twee Niete is. In so ver sou \'n mens sij stelsel
nihilisties wil noem. Maar wat is nou ei\'enlik die waar-
heid in hierdie saak? Wat is die ware en wat die
simboliese ? Die ware is die konkrete, en die simboliese
is die abstrakte. Die reëele sluit altoos in die indivi-
duele min of meer en die simboliese altoos die logiese,
die universele. Die simbool is \'n skepping van die
logika.
Ten twede. Als ons wei\'er om iets \'n verskijnsel
te noem, tensij dit waargeneem word of waarneembaar
is, waarom moet ons dan die slegte sin van verberg
en nie die goeie sin van openbaar daaraan gé nie?
Waarom kan verskijnsele geen realiteite wees nie ? Ja,
wat anders kan hulle wees? Hoe kan \'n werklikheid
verskijn, op ons inwerk, ons verpletter of verblij, en
tog ons totaal onbekend blij en ewiglik bó onse kennis
uitgaan. Laat ons om dit op te helder die bekendste
voorbeeld hiervoor neem: die omgang van die een met
die ander mens. Tensij dat die mens veins, is sij gebare
en woorde openbaringe van die mens self. Diewoorde
l) „Naturalism and Agnosticism", Vol. I, p. 179.
-ocr page 110-
90
mag onverstaanbaar wees vir wesens wat op \'n la\'er
intellektuele standpunt is, b.v. die trane, sugte en gebe\'e
van die op die slagveld doodlik gewonde Afrikaner mag
vir sij trouwe perd onverstaanbaar wees, maar dit is
daardeur nie juis minder reëel nie.
Ten derde. Tot nader omskrijwing van wat ons netnou
gesé het omtrent sij fout om phenomena tot phenomena
per se te maak, nog die volgende: — Als \'n mens krag,
ens. net als \'n simbool van die werklikheid beskou,
tot waver gevolgtrekking moet jij dan kom, als jij dit
konsequent deurtrek? Tot dit — dat terwijl jij duik
in die diepte in, agter die realiteit aan, deur die waters
van die simbole heen, moet jij weg skuif simbool na
simbool, verskijnsel na verskijnsel, want hoe ver onse
analise van \'n krag of stof ok mag gaan, die resultaat
van die analise is ons verplig volgens Spencer se
methode om elke maal maar weer \'n simbool te noem.
Analise en abstraksie bring ons stap vir stap net tot
simbool na simbool. M. a. w. ons maak gedurig net
abstraksies\' van abstraksies, wat \'n klinkklare absurditeit
is. En dat ons hom dit nie in die mond lé nie, blijk
uit die reeds aangehaalde:
„The incognizable is not the abstract of anygroup of thoughts,
ideas or conceptions, but is the abstract of all thoughts, ideas
or conceptions, that which is common to them all and cannot
be got rid off, what we predicate of the word existence —
being apart from appearance." *)
Verskijnsele is dus abstraksies van abstraksies van
abstraksies. Hoe ongerijmd dit ok mag wees, laat ons
hom dit maar toestaan. Laat ons maar simbool na
\') „First Piinciples", Rev. Ed., p. 82.
-ocr page 111-
91
simbool weg skuiwe, en waarop stuit ons dan aan die
end van die proces? Op realiteit, existensie, antwoord
hij. Ja, goed! Maar realiteit is ok \'n qualiteit, dus is
dit ok \'n phenomenon, \'n verskijnsel. Dus als Spencer
konsequent wil blij, moet hij hier ok die abstraksie-
methode toepas. En als hij dit doen, wat blij dan o\'er ?
Wat anders blij daar dan o\'er als \'n grote niks nie?
En dit sé hij ok feitlik self deur die laaste abstraksie
te noem: „being apart from appearance" — wat soos
reeds aangetoon net kan beteken: — niks.
II.
Ons kom nou tot \'n allerbelangrikste punt van sij
Erkenntniss-theorie, \'n punt wat ons reeds so terloops
aangeroer het in die vorige paragraaf. Spencer stel hom
self voor die probleem: — wat die kriterium van waar-
heid moet wees in die getui\'enis van die waarneming;
want wat vir die een klein is, is vir die ander groot,
wat vir die een soet is, is vir die geelsuglij\'er b.v.
galbitter, ens. Hoe kan \'n mens nou vastigheid verkrij
op die wisselende bare van die waarnemingssee?
M. a. w. wat is die versoening tussen Realisme en
Idealisme ? Wat is die Erkenntniss-theorie van Spencer
se „umgebildete Realismus" ? En sij antwoord is: die
versoenings tussen die mekaar weersprekende waar-
neminge lé in die erkenning van die algemene en in
die verwerping van die bisondere inhoud. M. a. w.
abstraheer al die bisondere qualiteite, en wat dan o\'erblij,
naamlik bestaan, existensie, is die gebied waarop Idea-
lisme en Realisme mekaar kan ontmoet — dan verkrij
jij kennis wat nie deur die verskillende besitters daarvan
-ocr page 112-
92
weerspreek kan word nie, of die nou mens of dier of
engel is.
Ons antwoord op hierdie theorie is, dat soo\'n oplossing
waarlik in plaas van \'n versoening \'n vernietiging mag
genoem word. Want vernietig jij dan nie die produk,
als jij die faktore daarvan wegcijfer nie? Negeer \'n
mens nie \'n begrip, als jij die voorstellinge negeer wat
\'n begrip verte\'enwoordig nie? Ja, sé iemand. Goed!
Maar die bestaansvorme of manier van bestaan van
\'n saak staan in dieselfde verhouding tot die saak self,
als die faktore tot die produk, en die voorstellinge tot
die begrip. Dink jij die bestaansvorme weg, dan hou
daardeur die saak ok op om te bestaan vir ons. Maar
wat vir mij nie bestaan nie, deurdat ik nie alle bestaans-
vorme ken nie, kan tog nog vir andere bestaan? Ja,
maar Spencer abstraheer alle bestaansvorme, en doen
daarmee die bestaan van die ding, ok in die algemeen,
vir wie ok, ophou om te bestaan. Al wat bestaan, moet
op \'n seker manier bestaan, of dit bestaan in die geheel
nie. Om die te\'enovergestelde te beweer, is net so
dwaas als om al jou klere uit te trek en op \'n winteraand
te gaan loop, en te sé, ek is warm aangetrek. En om
daarom existensie te definieer nie als die abstraksie
van enkele groepe van gedagtes, voorstellinge of be-
grippe, maar als die abstraksie van alle gedagtes, voor-
stellinge en begrippe,*) is dieselfde als om existensie
te vernietig. Dit blij eenmaal \'n onomstootlikke waar-
heid, dat \'n ding sonder attribuut nie alleen \'n ledige
abstraksie is nie, maar dis ok \'n flagrante kontradiksie,
\'n niks.
\') „First Principles", p. 95.
-ocr page 113-
93
„The unity of properties makes a thing" en
„Es giebt keine Existenz abgesondert von den Modis der
Existenz, die Modi der Existenz sind die Existenz,"
sé Prof. Iverach1) en Dr. Grosse2) tereg.
Ons het nou twee dinge aangetoon; ten eerste dat
Spencer als hij sé dat die dinge, wat ons ken, net
simbole is van die onkenbare, bestaansvorme van \'n
onbekende realiteit, in ono\'erkomlikke te\'enstrijdighede
verval, en ten twede, dat als hij die versoening soek
tussen waarneming en werklikheid deur die bisondere,
die qualitatiewe in wat jij waarneem te abstraheer, en
die algemene, die wat aan alle waarneming gemeen,
is te behou, net so tot onvermijdlikke te\'enstrijdighede
kom. Spencer steek die qualiteite, die bestaansvorme,
aan die bestaande objekt soos spelde op \'n kussen, in
geen organies verband met die objekte dus nie. Hij
wil wat hij self noem die „insanities" van die Idealisme
en die bedrieglikheid van die Realisme vermij, om net
hopeloos te strand op die klip van die „umgebildete
Realismus".
Met ons kritiek ontken ons nie die relatiwiteit van
onse kennis nie. Ons ontken nie, dat waar die been
in mij arm in mij ei\'e oog vir mij swak, bros en
klein lijk, dieselfde vir die bacil in mij bloed \'n kalk-
gebergte is so groot als die Kilimanjaro in mij oog.
Ons ontken ok nie, dat onse kennis bainje beperk is.
Ons erken met Sir William Hamilton,3) dat onse kennis
\') James Iverach, „Is God knowable", p. 64.
*) Ernest Grosse, „Herbert Spencer\'s Lehre von dem Unerkenn-
baren", p. 92.
a) „Discussions on Philosophy and Literature", by Sir Wm.
Hamilton, p. 639.
-ocr page 114-
94
is soos \'n druppel in die see van onkunde, want ons
weet nie, wat die objekte, wat ons nou waarneem, in
ander relasies is, en hoe hulle daar uitsien nie. Ons
kan net ken als mense. Ons kan net ken binne seker
grense. Maar, sé ons, binne die grense is onse kennis
ware en geen bloot simboliese kennis nie. Ons sé dit
Ernest Grosse na: —
„Allein indem wir die quantitative Unvollkommenheit der
Erkenntniss zugeben, geben wir keineswegs auch ihre angebliche
qualitative Unvollkommenheit zu."
Ons sal dit nader toelig. Ons stem toe, dat onse
kennis van dinge nooit die relasie kan o\'erskrij, waar-
onder en waarbinne ons die dinge ken nie. Onse kennis
kan nooit die bestaansvorme wat buiten die relasies
waarin ons hulle ken, omvat nie. Die objekte wat ons
ken kan dus ok nog in onbekende relasies staan,
waarvan ons niks weet nie. Waarheid het vir ons net
betrekking op die relasies, waarin ons die dinge waar-
neem. Soos Lewes tereg sé: als ek één punt in die
hemelruimte waarneem, is dit nie minder waar omdat
ik nie juis die ganse hemelruimte kan o\'ersien nie.1)
Als ek net één gesneuwelde op die slagveld gesien het,
is dit nie minder waar, omdat ek die duisend anders
op die selfde slagveld nie gesien het nie. Als ek Saturnus
met die blote oog bekijk en daar gevolglik net twee
dinge van kan sé, n.a. dis rond en dit blink, dan is
dit nie minder waar nie, omdat dieselfde planeet, beskou
deur \'n teleskoop, nie alleen rond en blink is nie, maar
ok in ringe beweeg en ringe van verskeie kleure. Het
die kleurblinde, in wie se spektrum, rooi ontbreek, daarom
\') G. H. Lewes, „Problems of Live and Mind", Vol. II, p. 80.
-ocr page 115-
95
\'n onvolkomer kennis van blauw als ek? Het onse
kennis, om \'n voorbeeld van Grosse te gebruik, van
goud volkomer geword, toe Bunsen in 1860 \'n nuwe
grondstof, Rubidium, ontdek het?
„Aber was ist das Gold abgesehen von unseren Beziehungen?
Wir wissen es nicht; aber wir wissen dafür urn so besser,
was das Gold in jenen gegebenen Beziehungen ist. Das Gold
ist das, als was es empfunden wird. Möglich dass es ausserdem
noch viel mehr ist. Aber wir haben auch nicht den geringsten
Grund diese unbekannte potentielle Existenz des objectiven
Factors in anderen Relationen für mehr real zu erkliiren als
seine bekannte actuelle Existenz in den gegebenen Relationen." *)
Laat ons goed verstaan word. Ons neem ok aan, dat
die realiteit onkenbaar is, maar net in so ver als die
aan onse waarneming onttrek is. Hoe nauwkeuriger
onse waarneming word met behulp van die vooruit-
gaande wetenskap, hoe meer onse kennis van die
waargeneemde objekte toeneem. Die realiteit van Spencer
aan die ander kant blij ewiglik onkenbaar, omdat wat
ons waarneem net simbole is, wat met die wese van
die dinge wat hulle verte\'enwoordig niks te doen het,
in g\'n verband staan nie, en daarom die mo\'enlikheid
uitsluit om ooit tot die wese van die dinge te kom.
M. a. w. vir ons realiste is die wese van die objekt en
sij verskijning van die selfde betekenis, maar vir Spencer
se halfslagtige Realisme daarente\'en is die wese van \'n
ding „Grundverschieden" van die verskijninge daarvan,
en dit is, soos reeds aangetoon, onhoubaar.
Laat ons nu hierdie resultaat van ons ondersoek
\') Ernest Grosse, „Herbert Spencer\'s Lehre von dem Unerkenn-
baren", p. 95.
-ocr page 116-
96
toepas op die hoofprinciepe van Spencer, die princiepe
waaruit hij die heelal opbou, n.a. die voordurendheid
of persistensie van krag. Ons sal die twee horens van
hierdie idee één vir één beskou.
Ten eerste, die idee krag. Spencer verenig onder
die uitdrukking krag twee begrippe, wat deur die
physicus string uit mekaar gehou word, n.a. die ideeö
stof en krag (die krag waardeur die stof aan ons bekend
word als bestaande = stof, en die krag waardeur die
stof aan ons bekend word als werkend = beweging).
Altwee is net manifestasies van Force *) en wel omdat
stof net die krag is waarmee die stof ons affekteer: —
„By the indestructibility of matter we really mean the
indestructibility of the Force with which matter affects us." a)
Sij wet van die persistensie van krag bevat so twee
wette: die van die onvernietigbaarheid van stof en van
die daarmee korresponderende wet — die onvernietig-
baarheid van krag. Maar laat daar goed op gelet word,
dat daar \'n fundamentele onderskeid is tussen hierdie
wet soos Spencer en soos die Natuurphilosophie die
opvat. Als die physicus praat van stof en krag, bedoel
hij daarmee: waarneembare dinge. Stof is die uitgebreide,
ondeurdringbare, en krag is stof in werking, die stof na
haar dinamiese sij. Die wette van krag en stof in die
natuurphilosophie het dus betrekking op dinge wat
volkome kenbaar is. Spencer daarente\'en verklaar, dat
die krag wat ons als persistent moet dink, \'n totaal
onkenbare iets is, en wel die Absolute Krag, waarvan
ons \'n indefinitief bewustsijn het en die \'n korrelaat is
l) „First Principles», 6^ Ed., p. 149.
8) T. a. p., 6* Ed., p. 139.
-ocr page 117-
97
van die krag wat ons deur ei\'e inspanning van spiere
ken. Ons moet, sé hij, onder die persistensie van krag
verstaan die voordurendheid van \'n oorsaak, wat onse
kennis en voorstelling te bó gaan:
„But when we ask what this energy is, there is no answer,
save that it is the nouraenal cause implied by the phenomenal
effect. Hence the force of which we assert persistence is that
absolute Force, we are obliged to postulate as the necessary
correlate of the force we are conscious of. By the persistence
of force we really mean the persistence of some cause which
transcends our knowledge and conception. In asserting it we
assert an unconditioned reality without beginning or end." \')
Hoe het ons nou aan die idee krag gekom ? Deur
ons ei\'e gevoel van inspanning en kragsuitoefening.
Ons gevoel van kragsinspanning is dus die subjektiewe
simbool vir objektiewe krag in die algemeen, passief
sowel als aktief: —
„But now what is the force of which we predicate persistence ?
That which the word ordinarily stands for, is the consciousness
of muscular tension — the feeling of effort which we have
when putting something in motion or when resisting a pressure.
This feeling however is but a symbol." 2)
Dus die krag wat ons ondervind in en deur die
verskijnsele is nie die krag soos dit op sigself is nie. Die
kragservaring is soos elke ander ervaring niks anders als
\'n simbool vir \'n realiteit, waarvan die wese onkenbaar is.
Hierop sé ons om die redes wat ons reeds genoem
het, dat als die krag ervare word, dan kan dit nie \'n
onkenbare realiteit wees nie, maar dan moet dit \'n
kenbare realiteit wees. Ons herhaal, dat daar geen be-
\') „First Principles", 6* Ed., p. 155.
*) T. a. p., 6th Ed., p. 154.
-ocr page 118-
98
staan, geen existensie sonder bestaansvorme kan wees
nie. Die waargeneemde is die werklikke. Om te sé
dat al wat ons ken net simbole van \'n onkenbare rea-
liteit is, is iets beweer, wat dat die toets van \'n psycho-
logies ondersoek nie kan deurstaan nie, en tot onver-
mijdlikke kontradiksies lei. Als dat wat agter alle
verskijnsele lé die Absolute Krag is, en ons daarvan \'n
onbepaalde bewustsijn het, omdat dit die noodwendige
korrelaat is van die krag wat ons self besit en ken
deur die inspanning van onse spiere, dan is die deur
ons waargeneemde krag, in so ver ons dit waarneem
en deur verder wetenschaplik ondersoek nog sal waar-
neem, geen simbool van die werklikke krag nie, maar
die ware krag selwe — die krag soos die is, en op
sigself bestaan.
Hierdie universele Absolute Krag is verder volgens
Spencer, voordurend, onvernietigbaar, of om sij ei\'e
woord te gebruik, is persistent. Dit is \'n allerbelang-
rikste waarheid, \'n waarheid gestaaf deur die Natuur-
philosophie en vir die eerste maal vasgestel deur
Helmholtz.\') Maar laat ons sien tot waver verhewe
waarheid die wet van die persistensie van krag ons
voer, na haar ontdoen te hé van Spencer se simbole*
hipothese. Om dit te kan sien, laat ons eers vra, hoe
Spencer aan die wet gekom het. Hij sé, sij is die
enigste waarheid wat bó die ervaring uit gaan, omdat
sij die grond van en vir alle ervaring is. M. a. w. sij
is \'n aprioriese waarheid:
„As bef ore shown we cannot go on merging derivative truths
in those wider truths from which they are derived, without
\') Helmholtz, „Die Erhaltung der Kraft".
-ocr page 119-
99
reaching at last a widest truth which can be merged in no
other or derived from no other. And the relation in which it
stands to the truths of science in general shows that this
truth transcending demonstration is the Persistence of Force.
To this an ultimate analysis brings us down and on this a
rational synthesis must build up." \')
Die wet van die persistensie van krag beteken die-
selfde als die persistensie van realiteit. En die per-
sistensie van realiteit is nie die resultaat nie, maar die
voorwaarde van wetenskaplikke ervaring. En daarom
noem Spencer haar ok als \'n postulaat, als die hoogste
wet van ons dinke. Dit is \'n waarheid wat in die aard
van die dinke lé. Elke bewijs dat die reëele quantitatief
konstant blij, veronderstel reeds die voordurendheid van
die reëele, kan sonder die veronderstelling selfs nie
onderneem word nie. "Want wanneer ons die reëele nie
dink als dat wat voorduur, of blij bestaan nie, hoe sal
ons op die gedagte kom, dat \'n reëele, wat ons sien
verdwijn het, nie vernietig maar net omgesit, verander
is nie, dat dit onder \'n ander vorm voorduur, onder
\'n ander vorm blij bestaan, en hoe sou ons sonder
hierdie gedagte selfs perbeer uitvinde of die quantum
van krag en stof ondanks alle verandering van die
bestaansvorme dieselfde blij en geblij het. Tereg het
Spencer erken, dat die kausaliteitsbegrip \'n korollarium
is uit die princiepe van die voordurendheid van krag.
Die wet dat elke gevolg \'n oorsaak moet hé, is inder-
daad net die positiewe vorm van die wet dat iets nie
uit niks, en niks nie uit iets kan ontstaan nie.
Maar nou kom die vraag, waar ons nadruk op wil
\') „First Principles", 6* Ed., p. 154.
-ocr page 120-
100
lé, n.a. waardeur ontstaan die besef van die voordurend-
heid, onvernietigbaarheid of persistensie van die reëele,
die krag, of hoe jij dit ook wil noem? En dan kan
daar net één antwoord op wees: nie uit abstraksie nie,
want dan sou dit geen inhoud van bewustsijn, selfs
nie van indefmitiewe bewustsijn wees nie, omdat die
psycho-physiese, die noodwendige voorwaarde vir alle
bewus-word — soos deur ons reeds aangetoon is —
daar dan aan sou moet ontbreek. Nee, hierdie besefis
niks anders nie als die uitdrukking van die eenheid en
identiteit van ons bewustsijn, wat hom onder alle wis-
selinge en veranderinge als één, als einheitlich, betoon.
Laat op die volgende ag gegé word. Die reëele moet
als voordurend gedink word, juis omdat dit gedink
word, d. w. s. omdat ons daarvan bewus is, en ons
bewustsijn is \'n voordurende, \'n volhardende, \'n iden-
tiese. Word van die reëele gedink dat dit opgehou het
om te bestaan, dan kan daar nie \'n sinthese, wat die
dinke daarvan vorm, plaas gevind het nie, want dan
het die objekt ontbreek, wat met die subjekt die sinthese
van die dinke van albei moes gevorm het. Kortom, kon
ons ons voorstel, dat die reëele waarvan ons bewus
was opgehou het om te bestaan, dan het ons daarmee
die bewustsijn daarvan uitgewis. Verder verklaring is
o\'erbodig, want ons het reeds daarop gewijs, toe ons
die aard van die bewustsijn behandel het. Vir ons be-
wustsijn staan dit dus vas, dat die reëele nie kan ophou
om te bestaan nie, m. a. w. dit staan vir ons bewust*
sijn vaster als die berge, dat niks nie tot iets en iets
nie tot niks kan word nie, eenvoudig omdat „niks" geen
voorwerp van die bewustsijn, behalve als \'n negasie van
\'n voorstelling kan wees nie.
-ocr page 121-
101
Maar nou sien ons maar gedurig die dinge om ons
heen verander. Alles verander, ttxvtx p«, soos Heraclitus
gesé het. Daar ontstaan dus \'n kontradiksie tussen onse
waarneming en die bewustsijn. En hiervan soek ons
nou die oplossing. En die lé in die postulaat van ons
bewustsijn, dat die reëele nie opgehou het om te be-
staan nie, m. a. w. voordurend is. Ons moet die reëele
als voordurend dink, omdat ons dit nie als vernietig
kan dink nie. Daarna soek ons dan om die postulaat
a posteriori te regvaardig, soos Helmholtz dit gedaan
het, en ok Spencer perbeer om te doen, nadat hij die
postulaat reeds a priori als waarheid aangeneem het.
En die a posteriori bewijs is vooral deur Helmholtz
gegé en Spencer meen dat hij dit ok bewijs het. Maar
wat beteken dit nou? Niks meer of minder nie, als
dat die wet van ons dinke is ok die wet van die reëele.
Maar als die wet van ons dinke ok die wet van die
reëele is, moet ok die omgekeerde waar wees. Die wet
van die reëele moet ok wees die wet van die dinke.
Hieruit volg twee allerbelangrikste • waarhede. Ten
eerste: als die wet van die reëele ok die wet van die
dinke is, dan is die reëele kenbaar en val Spencer se
agnosticisme in dui\'e. En ten twede: als die wet van
die dinke die wet van die reëele is, en vice versa, dan
is die reëele \'n openbaring van \'n Dinke, m. a. w. van
\'n Dinker, \'n Gees, \'n persoonlikheid, die openbaring
van God wat die waarheid selwe is. En als Spencer
nie gedwaal het ten opsigte van die psycho-physiese
van onse kennis nie, maar die wet van die voordurend-
heid van krag konsequent deur getrek, dan was hij
ongetwijfeld tot dieselfde resultaat gekom. Hoe nabij,
ondanks sij psychologiese dwaling hierin, hij aan die
-ocr page 122-
102
erkenning van ons resultaat gekom het, blijk uit die
slotwoorde van sij „First Principles" :
„Hence the reasonings contained in the foregoing pages
afford no support to either of the antagonist hypotheses
respecting the ultimate nature of things as before implied
their implications are no more materialistic than they are
spiritualistic. And no more spiritualistic than they are mate-
rialistic." *)
III.
Ten slotte nog korteliks iets o\'er die „ultimate religious
and scientific ideas" wat Spencer saam met Hamilton
en Mansel vir onbegrijplikhede hou. Ons sé: korteliks,
omdat ons reeds in die vorige paragrawe stilgestaan
het bij die kenmerkende in sij leer van die onkenbare —
die simbool-theorie n.1., en \'n behandeling van hierdie
„ideas" ei\'enlik thuis hoor bij \'n behandeling van
Hamilton en Mansel se Erkenntniss-theorie. Ons laat
bij hierdie beskouing die van die kenbaarheid van die
absolute, van tijd en ruimte, en van krag en stof weg,
omdat om breedvoerig stil te staan bij die beskouing
van krag en stof, tijd en ruimte ten eerste buite ons
onderwerp lé, ten twede almal deur Spencer beskou
word als die manifestasies van die absolute en ons bij
die kenbaarheid van die absolute tog uitvoerig gaan
stil staan in die volgende hoofstuk.
Ten eerste. Spencer sé, dat dit onmo\'enlik is om
met die Atheiste aan die wereld en met die Theiste aan
God self-existensie toe te skrijwe, want om \'n bestaan
te dink wat deur in oneindig verlede tijd voorduur, is
\'n te\'enstrijdigheid.
\') „First Principles", 6th Ed. p. 446.
-ocr page 123-
103
Hierte\'en val op te merk: — ten eerste: die fout
wat Spencer hier maak is dieselfde wat hij maak bij
die ideeö Tijd, Ruimte, Absolute, Ewig, ens. en ook
gemaak word in die anders so brilliante philosophiese
gedagtes van Hamilton en Mansel.
Dit is n.1. die fout om nie te onderskei\'e tussen die
reeds van van-me-lewe af so genoemde komprehendere
en apprehendere. Reeds Alexander van Hales het gesé:
„Apprehendimus Deum, non comprehendimus." \')
Wie is daar wat ontken, dat ons nie in staat is
om \'n beeld te vorm of \'n voorstelling te maak van
b.v. oneindigheid nie? Dit is net so onmo\'enlik om met
ons verstand o\'er \'n oneindige tijd of ruimte te gaan
als met ons voet. Om oneindigheid te komprehendeer is
dus absoluut onmo\'enlik. Maar wie is daar wat mag
ontken, dat dit onmo\'enlik is om oneindigheid te appre-
hendeer ? Om die gedagte van oneindigheid te hé als \'n
idee van die rede, nie als \'n idee van die fantasie nie,
is nie alleen mo\'enlik nie, maar ok absoluut onvermijde-
lik. Die bewijs hiervan is reeds die groot rol wat hierdie
idee in die mathesis speel. Maar hieruit volg nie, dat
ons ok aan die wereld self-existensie kan toeskrijwe
nie, om die eenvoudige rede, dat die wereld \'n ver-
skijnsel en geen entiteit is nie. En soos Dr. Martineau
so tereg gesé het: — deur die wette van die dinke
eis verskijnsele wel \'n oorsaak, maar sluit entiteite
oorsake uit.
„It is not the existence but entrance upon existence and
exit thence that raust be referred to an originating power." *)
l) Dr. A. Kuyper, College-Dictaat „Locus de Deo", p. 32.
*) „Essays Philosophical and TheologicaF, p. 213.
-ocr page 124-
104
En omdat die wereld altoos word, \'n geskiedenis
deurloop, \'n aggregaat van verskijnsele is, moet die
Theist geregvaardig word in sij soek naar \'n oorsaak
vir soo\'n heelal, \'n oorsaak wat \'n entiteit is en self
geen oorsaak het of kan hé nie. Hiertoe word hij ge-
drijwe deur \'n onverbidlikke logika. En die onderskeid
tussen entiteit en verskijnsel is geen theologiese uit-
vinding nie, maar geld net so goed op ander terreine.
Ten hoede. Als die self-existensie van God \'n kon-
tradiksie insluit, waarom laat Spencer dan self die heelal
gebore word uit wat hij self noem \'n Absolute Realiteit,
die Persistensie van krag, en waarom skrijf hij aan die
Absolute Realiteit tallose male self-existensie toe?
Als die self-existensie van God \'n kontradiksie insluit,
dan geld dit waarlik ok van die Absolute Realiteit. Hij
laat dan sij hele stelsel rus op \'n kontradiksie.
Ten derde. Wat is die toorwet van Spencer se
Erkenntniss-theorie? Dis die wet van die relatiwiteit
van die dinke. Om dit weg te redeneer is om die
rotsgrond van sij stelsel te vermorsel. Nou goed. Ons
word gedrijwe tot die self-existensie van God juis deur die
relatiwiteit van ons dinke. Ons sien, dat die heelal \'n ge-
skiedenis deurloop, dat dit altoos deur aan verander is.
Die veranderinge moet \'n oorsaak hé. Die oorsake is self
relasies en die relasies weer gevolge van ander relasies
en die weer van andere, \'n Eindelose reeks van oorsake
kan daar nie wees nie, Spencer self noem dit \'n absur-
diteit en iets wat in die lug hang.]) Daarom moet daar
\'n oorsaak wees wat buite alle relasies staan en alle
\') Otto Gaup, „Herbert Spencer (der Standpunkt der Wissen-
schaft") p. 89. — „First Principles", 6* Ed., p. 54.
-ocr page 125-
105
relasiës insluit, en die eerste oorsaak van is. M. a. w.
al die bestaande is relatief, is afhanklik van ander
existensies; daarom moet daar \'n self-existente wees,
waarvan alle existensies afhanklik is en deur veroor-
saak is. Die Absolute Realiteit van Spencer noem hij
self elke slag die eerste oorsaak en die self-existente.
Die twede beswaar van Spencer is, dat die ideeè"
Eerste Oorsaak, Absoluut en Oneindig mekaar weer-
spreek, wanneer hulle gedink word als attribute van
één en dieselfde persoon. Die eerste oorsaak kan nie
absoluut wees nie, want hij moes tot eerste oorsaak
gedetermineer gewees het, of\' deur \'n ho\'er mag of
deur \'n motief in hom self. In altwee gevalle verval
die absoluutheid dan. Ten twede sé hij: hoe kan die
oneindige word wat hij nie van die beginne af was nie ?
Hierop dien als antwoord:
Ten eerde. Wanneer hier die ideeé op hulle self geneem
word, is hulle kontradiksies en daarom ok onkenbaar.
Maar soos Dr. Martineau sé: —
„Privation of this knowledge we suffer not in our capacity
of ignorant creatures but in our capacity of intellectual beings,
intelligence itself consisting in not having cognizance of such
sort, so that if we had it, we should cease to understand and
pass out of the category of thinking nature altogether." l)
Hier kom weer die groot fout van Spencer uit, waarop
ons reeds eerder gewijs het, die fout n.a., dat hij dinge
op sigself, dinge an-sich postuleer, \'n Ding-an-sich, sonder
verband met \'n Ek wat ken, is onsin. Van \'n ding in
sigself kan \'n mens nog wetend nog onwetend wees
nie. Ons kan net kennis hé van stof en gees, objekt
\') „Essays Philosophical and Theological", p. 198.
-ocr page 126-
106
en subjekt, die een wat ken en die ander wat geken
word. Maar ons kan geen van bei\'e ken als hulle van
mekaar geskei\'e is nie, eenvoudig omdat daar dan geen
kennis mo\'enlik is nie. Niks kan in sigself, d. w. s.
buite relasie met enig ander iets, geken word nie.
Niks kan als \'n totaal geïsoleerde entiteit geken word
nie. Geen Theist sal ooit beweer dat God geken kan
word afgeskei\'e van Sij werke, manifestasies, attribute
of relasies nie. En die Absolute soos die deur Hamilton
beskrijwe en deur Spencer o\'ergeneem is, is die in en
op sigself buite alle relasie bestaande. Maar soo\'n
Absolute is \'n ongerijmdheid en mag nie met God
geïdentifieer word nie. \'n Wese sonder attribute met
niks om dit te onderskei nie, en buite alle relasies
staande, wat die heelal nie veroorsaak, onderhou of
bestier nie, is nie alleen totaal onbegrijplik en onge-
looflik nie, maar soos reeds gesé is, ok ongerijmd.
Ons herinner hier net aan die klaarblijklikke waarheid :
die bestaande is nie van die bestaansvorme af te skei
nie, die bestaansvorme is die bestaan self.
Ten twede. Tot die toeskrijwe van absoluutheid,
oorsaaklikheid, oneindigheid aan één en dieselfde sub-
stansie word ons juis onverbidlik toe gedrijwe deur
Spencer se wet — die relatiwiteit van die dinke. Want
waar ons ons oog ok vestig met mikroskoop of teles-
koop, alles verander, alles deurloop \'n proses van
oorsake en gevolge. Oorsake is relasies en gevolge net
so. Gevolge voer kragtens die relatiwiteit van dinke
tot \'n oorsaak, en die tot \'n ander oorsaak, en so vort
tot \'n eerste oorsaak — want \'n oneindige reeks van
oorsake is \'n absurditeit soos Spencer ok self sé. Dit
beteken in ander woorde net, dat produkte van relasies
-ocr page 127-
107
terug voer tot die relasies waarvan hulle weer produkte
is, en die weer tot andere relasies, waarvan die relasies
weer produkte is, en so onvermijdlik terug tot \'n
buite alle relasies staande, in die sin van alle relasies
uitsluitende — \'n absolute oorsaak. En die eerste oor-
saak moet oneindig wees, anders als dit eindig is, dan
moet dit weer veroorsaak gewees het en dan verval
ons weer in die absurditeit van \'n eindelose reeks van
oorsake.
Absoluutheid, oneindigheid en oorsaaklikheid is dus
konklusies juis van die relatiwiteit van ons dinke en
innerlik aan geen te\'enstrijdigheid onderhewig nie.
En op die manier postuleer ons hierdie attribute van
God. Bovendien, die feit dat Spencer al hierdie drie
attribute gebruik van sij Absolute Realiteit, is die beste
bewijs, hoe onvermijdlik hulle is vir die aanneem van
\'n wereldoorsaak en hoe min hulle mekaar weerspreek.
Tot die onkenbaarhede het Spencer ok gereken die
Ego. Die Ego, sé hij, is onkenbaar, want als ek b.v.
sé, ek is van mijself bewus, dan word die subjekt
self tot objekt en op die manier word subjekt en objekt
altwee vernietig.J) M.a.w. die ou argument van Broussais,
Comte en Maudesly weer o\'er.
\'n Ander argument is: dat die bewustsijn bestaan
als \'n reeks van toestande, als \'n reeks van subjektiewe
modifikasies. Maar hierdie reeks kan nog eindig nog on-
eindig wees nie. Dit kan nie oneindig wees nie, want \'n
oneindige quantiteit is \'n kontradiksie, en dit kan ok
\') „First Principles", 6th Ed., p. 48.
-ocr page 128-
108
nie eindig wees nie, want ons kan nog die begin nog
die end daarvan komprehendeer nie. En daarom kan
\'n mens jou daar geen voorstelling van maak nie. Die
bewustsijn kan dus nie waargeneem word nie en daarom
is dit onkenbaar.*)
\'n Derde argument van hom hiero\'er is, dat bewustsijn
bestaan als \'n reeks van suksessiewe toestanden en dit
is in strijd met onveranderlikheid en alwetendheid.
Daarom kan God nie \'n bewuste wese wees nie:
„All eraotions can exist only in a consciousness that is limited.
Every emotion has its antecedent ideas, and antecedent ideas
are habitually supposed to occur in God, he is represented
as seeing and bearing this or the other, and as being eraotion-
ally affected thereby. That is to say, the conception of a divin-
ity possessing these traits of character, necessarily continues
anthroporaorphic: not only in the sense that the emotions
ascribed are like those of huraan beings, but also in the sense
that they form parts of a consciousness which like the human
consciousness is formed of successive states. And such a con-
ception of the divine consciousness is irreconcilable both with
the unchangeableness otherwise alleged, and with the omni-
science otherwise alleged" etc. 2)
a) Op die eerste argument van Spencer antwoord
ons: — In elke daad van kennisneem ken ek mij self
bewus of onbewus. Dit is \'n feit wat vir geen ont-
kenning vatbaar is nie. En als iemand dit ontken, weer-
spreek hij hom self terwijl hij dit ontken. Maar laat
\') First Principles, Vol. I, Ghap. III, § 20, uit: Flint, Agnosticism",
p. 323.
*) Religion, a Retrospect and Pror.pect by Herbert Spencer, in
de Nineteenth Century January 1884. Aangehaal deur Rev. James
Iverach M.A. in sij „The Philosophy of Mr. Herbert Spencer
examined", p. 7.
-ocr page 129-
109
ons dit toets. Laat ons perbeer om te ontken dat ons
ons self ken. In die akte van ontkenning postuleer ons
dan ons selfbewustsijn, onse kennis van ons self. Als
ek dit ontken, moet ek eers mij ego postuleer, d.w.s.
moet ek bewus wees van mij ego, d.w.s. moet ek mij
self eers ken. Ek kan alleen sé: — ek het geen kennis
van mij ego, of ek is mij van mij ego nie bewus nie.
Maar in altwee gevalle moet ek eers bewus wees van
mij
ego.
Maar ons vra hier met Prof. Flint: „What is the use
of arguing against a fact so well attested?" x) Dit is
\'n klaarblijklikke waarheid. Dus stap ons daarvan af.
Hoe \'n dinker als Spencer hom hier kon laat verstrik
deur sulke „mediaeval jugglery", kan ons maar nie
begrijp nie. Maar dit is \'n kwessie waar bainje o\'er
geval het, en daarom vra ons, hoe is \'t dan mo\'enlik
dat ek mij ego tot objekt kan maak in die uitdrukking
b.v. ek is mij van mij self bewus, en dan antwoord
ons met Prof. Spruyt in die Gids van 1870:
„Beproeven wij onze eigene vernietiging te denken of trachten
wij ons onze vernietiging voor te stellen, dan denken wij ons
gestorven of wel wij stellen ons voor, dat de veranderingen
die het sterven aanbrengt in ons lichaam aanwezig zijn. Maar
wij denken dan niet aan de vernietiging van ons waarnemend
subject. Wij abstraheeren eenvoudig ons waarnemend subject
van ons lichaam, het object, waarmede het meer middellijk
verbonden is dan met de overige objecten. Stellen wij ons
nu, nadat wij ons \'t lichaam als vernietigd hebben gedacht, de
vraag of de andere voorwerpen zijn blijven bestaan, dan ant-
woordt ons bewustzijn op stelligen toon bevestigend, omdat
het zoo dikwijls het een of ander voorwerp heeft zien verdwij-
\') Robert Plint D.D., „Agnosticism", p. 325.
-ocr page 130-
110
nen zonder dat de overige voorwerpen daardoor worden ver-
anderd. Maar de vernietiging van \'t waarnemend subject kunnen
wij ons niet voorstellen en kunnen wij ook niet onmiddellijk
denken".l)
(b). Spencer se twede argument hierin deug net so
min als die eerste. Die woord: bewustsijn, sluit op sig-
self reeds kennis van jou ego in. Die woord bewus is
saamgesteld uit be ■ ■ wus = be weten, en be = saam
met, dus saam weet met. Net so die engelse equivalent
consciousness van con scientia, dus \'n kennis saam
met \'n ander kennis. Als jij van iets kennis neem, ken
jij in die daad eerst jou self, anders is kennis onmo\'enlik.
In selfbewustsijn lé dus \'n wete, \'n scientia opgesluit.
En Spencer sé self, dat die gegewens van jou bewustsijn:
„the most certain and indubitable of facts and of appre-
hensions of fact" is. Maar als dit so is, dan is daar
geen kennis ho\'er en sekerder dan die testimonium van
die selfbewustsijn nie. En waarlik, die mens het en kan
geen sekerder kennis hé nie. Geen kennis gekrij deur
oog of oor kan vergelijk word wat sekerheid betref,
met die kennis van ons ego nie. Want die kennis is
onmiddelik, terwijl alle andere kennis middelik is. Soos
Prof. Bavinck tereg sé: selfbewustsijn is die fundamentele
presupposisie van alle kennis.2)
(c). Op sij derde argument antwoord ons korteliks:
Ten eerste. Wat bedoel hij deur „consciousness is
formed of successive states" ? Hij bedoel daardeur wat
hij so dikwels verklaar het: „consciousness cannot be
in two distinct states at the same time". B.v.:
\') Het Algemeene Postulaat van Herbert Spencer door C. B. Spruyt,
„De Gids", 1870, p. 495.
2) Dr. H. Bavinck, «Wijsbegeerte der Openbaring", p. 50 v.
-ocr page 131-
111
„How then is it possible for me to conceive an „Originating
mind" which I must represent to myself as a series of states
of consciousness, being antecedent to the inflnity of changes
simultaneously going on in worlds too numerous to count,
dispersed throughout a space which baffles imagination." \')
Ten twede. Als bewustsijn bestaan in net één toestand
op \'n tijd, dan is dit onmo\'enlik om enige kennis van
waver soort ok te verkrij. Want dan sal sij om van
\'n twede toestand bewus te kan word, eers die bewustsijn
van die voorafgaande toestand moet verlies.
Ten derde. Als jij net van één toestand op \'n tijd
kan bewus wees, dan is alle redenering onmo\'enlik.
Want om Kant se definisie te gebruik — die Rede is
juis die vermo\'e om die verskijnsele saam te vat en
als \'n geheel te laat afhang van \'n Unbedingtes (in hier-
die geval die Ego) daarbó en daarbuite staande.
Ten vierde. Als \'n mens nie van meer als één toe-
stand op één en dieselfde tijd kan bewus wees nie, dan
was dit, soos Prof. Iverach2) tereg opgemerk het,
onmo\'enlik vir Spencer om sij sinthetiese Philosophie
te produceer. Want in die eerste werk van sij stelsel
— „First Principles" — het hij reeds \'n skets van sij
hele philosophie, aan die uitwerking waarvan hij 40
jaar van onafgebroke arbeid gegé het — en waardeur
hij geglo het, dat hij die menslikke kennis geunifieer
en \'n formule gevind het, wat alle klasse van veran-
dering, of die astronomies, geologies, biologies, psycho-
logies of sociologies is, omvat. Dus in één enkele
*) „Popular Science Monthly", Juli 1872, aangehaal in „The
Philosophy of Herbert Spencer", by B. P. Bowne A.B., p. 117,118,119.
*) James Iverach M.A., „The Philosophy of Herbert Spencer
examined", p. 13.
-ocr page 132-
112
moment was Spencer bewus van \'n reeks van bewust-
sijnstoestande wat 40 jaar geduur het om behoorlik
uit te spin. En als \'n bewustsijn als die van Spencer
so veel kan omvat, wat sou \'n groter bewustsijn, \'n
bewustsijn als die b.v. van God, nie kan omvat nie ?l)
Nog twee ander erkenntniss-theoretiese punte, waarin
Spencer Hamilton en Mansel napraat, stel ons korteliks
aan die orde.
Ten eerste. Hamilton het uit die princiepe: — alle
kennis is relatief, die korollarium afgelei, dat onse kennis
daarom net beperk is tot verskijnsele. Hier word \'n
erg in die oog lopende fout gemaak deur \'n vals begrip
beide van die aard van kennis en die aard van die
absolute. Die relatiwiteit van ons dinke, is, in plaas
van ons dinke tot verskijnsele te beperk, juis die
voorwaarde, die wet, wat ons verstand nie alleen in
staat stel nie, maar verplig om bó die verskijnsele uit
te gaan.2) Dit belet wel ons dinke om sonder waar-
neming tot waarheid te kom, maar maak tegelijkertijd
beperking tot die verskijnsele voor ons dinke onmo\'enlik.
Ons kan qualiteit nie sonder substansie dink nie, en
quantiteit in tijd en ruimte nie sonder insluiting van
oneindigheid en e wigheid nie. \'n Gebeurtenis eis \'n
oorsaak, en die beperkte kan jij nie sonder die idee
onbeperk, dink nie. Dit is ons onmo\'enlik om nie hier
die woorde van Dr. Martineau o\'er die relatiwiteit van
onse kennis aan te haal nie.
\') James Iveracb M. A., „The Philosophy of Herbert Spencer
examineer, p. 14.
a) Robert Flint D.D., „Agnosticism", p. 550.
-ocr page 133-
113
„That this law visits us with disability to transcend phe-
nomena is so little true that it operates as a revelation of
what exists beyond. The finite body cut out before our visual
perception, or embraced by the hands lies as an island in the
emptiness around and without comparative reference to this
cannot be represented: the same experience which gives us
the definite object, gives us also the infinite Space and both
terms, the limited appearance and the unlimited ground, are
apprehended with equal certitude and clearness and furnished
with naraes equally suspectible of distinct use in predication
and reasoning. The transient succession, for instance, the
strokes of a clock which we cannot present themselves to
us as dotted out upon the line of permanent duration, of which
without them, we should have had no apprehension but which
as their condition is unreservedly known. Time with its one
dimension, space with its three, we are compelled to regard
as infinite not in the more subjective sense, that our thought
of them suffers no arrest, but in the objective sense that they
themselves can have no beginning or end," etc. — „In these
two instances of relation between a phenomenon given in
perception and an entity as its logical condition, the correla-
tives are on a perfect parity of intellectual validity. You may
disparage the underlying ground as negative and negative it
o long as your attention only uses it to pitch on the pheno-
menon it carries, but this order is reversible at will and the
moment you change the focus of your thought and bring the
containing field into your view, your representation of Space
is not less positive than that of body." *)
\'n Twede erkenntniss-theoreties begrip wat Spencer
o\'ergeneem het van Hamilton, is die stelling: „to think
is to condition", m. a. w. Spinoza se „omnis determinatio
est negatio". Hierdie princiepe beteken dat als jij iets
dink, dan beperk jij dit, omdat als \'n mens iets dink,
jij daar iets van moet prediceer. En daarom kan die
\') „Essays Philosophical and Theological", p. 202.
8
-ocr page 134-
114
oneindige nie geken word nie, sé Spencer, want dit
sou beteken, die oneindige te beperk.
Hierte\'en sé ons: dat dit totaal sij princiepe van die
relatiwiteit van onse kennis weerspreek. Volgens die
princiepe is dit die natuurlikste gevolgtrekking, dat ons
bei\'e die oneindige en die eindige kan dink. Die eindige
en oneindige is tog korrelatiewe. Maar korrelatiewe
veronderstel mekaar, word geken in verband niet
mekaar in één en dieselfde dink-daad. Om te ontken,
dat ons kennis van die een en nie van die ander kan
hé nie, beteken dieselfde als om te bestrij dat ons kennis
van een van die twee, oneindig sowel als eindig kan hé.
Die bewering dat die eindige begrijplik is in en op sigself
alleen, is net soo\'n ongeoorloofde bewering als die be-
wering dat die oneindige onbegrijplik is. Die oneindige
kan nooit geken word afgeskei\'e van die eindige nie,
maar dan ok die eindige nooit afgeskei\'e van die oneindige
nie. Spencer het dit alles self bewijs, en oneindig beter
als ons dit kan doen, toe hij in die hoofstuk „The
Relativity of all knowledge" aangetoon het, dat sonder
die idee van die absolute die relatiewe self absoluut
word en ok klinkklaar te\'eno\'er Hamilton aangetoon,
dat die ideeö oneindig, absoluut, ens. nie \'n blote negasie
van die eindige en relatiewe is nie, maar positiewe
hoewel indefinitiewe begrippe is. l)
Als net die beperkte kenbaar is, waver reg het
Hamilton, Mansel en Spencer dan om gedurig te praat
van absoluut, oneindig ens. Hulle kom daardeur met
hulle self in lijnregte te\'enspraak.
») „First Principles", 6* Ed., p. 50-72.
-ocr page 135-
HOOFSTUK IV.
Sij Agnosticisme en sg Absolute.
Één van die kragtigste wederlegginge van Spencer
se agnosticisme is sij ei\'e bestrijding van die argumente
van Sir William Hamilton en Henry Longueville Mansel
in hulle „The Philosophy of the Unconditioned" en
„The Limits of Religious Thought" respektiewelik. Bij
die bestrijding het ons reeds breedvoerig stilgestaan in
die laaste gedeelte van deel III van hoofstuk II. En
om \'n goeie idee daarvan te kan krij, is dit noodsaaklik
om die leser daarheen te verwijs. Maar terwille van
die verband met onse argumente in hierdie hoofstuk
gé ons daarvan net \'n korte o\'ersig.
Dit kom korteliks op die volgende neer: — Die
bewering dat alle kennis relatief is, sluit in die bewering
dat daar \'n non-Relatiewe of Absolute bestaan. Uit die
noodsaaklikheid om in relasies te dink volg, dat die
relatiewe self ondinkbaar is, als dit nie in betrekking
tot \'n reëele non-relatiewe staan nie. Tensij dus \'n
ware non-Relatiewe of Absolute gepostuleer word, word
die Relatiewe self absoluut, en verval die argument tot
\'n kontradiksie; want sonder die non-relatiewe kan ek
-ocr page 136-
116
mij die relatiewe nie dink nie. Sonder non-Ego geen
Ego nie. Bestaan die non-relatiewe nie, dan die relatiewe
ok nie. En als ons onse gedagte net \'n bietjie nagaan,
dan sien ons, hoe onmo\'enlik dit is om ons te ontdoen
van die bewustsijn van die Absolute wat agter alle
verskijnsele lé. B.v. elke verandering wat ons sien vra
\'n oorsaak en die weer \'n ander, totdat ons, deur \'n
onverbiddelikke logika gedrywe, moet stuit op \'n oorsaak
wat nie weer veroorsaak kan wees nie en dus absoluut
moet wees. En die bewijs dat die Absolute nie soos
Hamilton en Mansel wil, \'n blote negasie van die
relatiewe is nie, is dat \'n mens negasies nie onderling
kan verwissel nie. B.v. jij kan nie sé, die onbeperkte
is die negasie van die deelbare of die ondeelbare die
negasie van die beperkte nie.
Ons bewustsijn van \'n Absolute wat agter alle ver-
skijnsele lé is dus onvernietigbaar. Maar die bewustsijn
is \'n indefinitiewe. Indeflnitief omdat dit is die abstraksie
van alle vorme, perke, hoedanighede of soos Spencer
self sé, die abstraksie nie van één groep van gedagtes,
ideeë of begrippe nie, maar van alle gedagtes, ideeö of
begrippe. En omdat die bewustsijn van die Absolute \'n
indefinitiewe is, daarom blij die Absolute wat sij wese en
hoedanighede betref absoluut onbekend en onkenbaar.
Na ons kritiek van Spencer se leer van die kenver-
mo\'e kan natuurlik nie van ons verwag word, dat ons
in die lug sal raak o\'er sij in bainje opsigte plausiebele
weerlegging van Hamilton en Mansel nie, want bestaan
sonder attribute is geen bestaan nie. En daarom, als
die Absolute moet beteken wat Spencer hier betoog het
-ocr page 137-
117
dat dit moet wees, n.1. die sijnde, ontdaan van alle
bestaansvorme, dan onderskrijf ons wat Mansel gesé
het: — pure being is to us pure nothing,*) en sé dit
Sir William Hamilton2) na: ons hipostateer die nul,
ons doop haar met die naam van Absolute en troos
ons met die gedagte, dat ons besig is om die absolute
sijn te beskou, terwijl ons ei\'enlik net o\'er die absolute
nie-sijn spekuleer. \'n Mens kan nie, soos Spencer meen,
die relasies wegdink en die blote sijn of bestaan behou nie;
want sijn of bestaan is niks anders als die som van
relasies nie. Volkome tereg vra daarom Ernest Grosse:
„Was ist Existenz abgesehen von allen Relationen? Dasselbe
was das Wasser abgesehen von Sauerstoff und Wasserstoft\'
ist — Nichts." 8)
Van \'n ding sonder attribute het ons nie eers \'n
indefinitiewe bewustsijn nie, nee, ons het daar hoege-
naam geen bewustsijn van nie.
Maar soos ons in ons inleiding gesé het: dit sal in
hierdie werk altoos ons strewe wees om Spencer met
Spencer te weerlé, om daarom aan te neem wat hij
beweer en dan daaruit die konsequensies af te lei. En
daarom neem ons ook hierdie argument van hom te\'en
Hamilton en Mansel aan, maar veroorloof ons dan ok om
aan te toon hoe hij daarmee sij ei\'e agnosticisme weerlé.
Hij het in hierdie argument twee dinge vasgestel:
(a)   Daar is \'n Absolute en
(b)   Ons het daar \'n bewustsijn van, hoewel \'n inde-
finitiewe.
») „Limits of Religious Thought", p. 288.
a) „Discussions", by Sir Wm. Hamilton, p. 21.
") Ernest Grosse, „Herbert Spencers Lehrev. d. Unerkennbaren",
p. 77.
-ocr page 138-
118
Daar is dus \'n Absolute. Die Absolute is die Persis-
tensie van krag, die oorsaak van al wat bestaan, die
krag waarvan die bestaande net \'n manifestasie is,
die bron van die heelalx) of om sij kortste deflnisie te
gebruik : die totaliteit van die sijn.2) Maar hiermee hou
sij agnosticisme ok op om reg van bestaan te hé.
Want: —
Ten eerste. Hij bewijs dat die Absolute bestaan —
dus kan die Absolute juis daarom nie langer totaal on-
bekend wees nie. In één woord, dis tog absurd om te
beweer dat iets bestaan en tog te ontken dat ons daar
iets van af weet. Ons kan net weet dat iets bestaan deur
iets te weet van wat dit is.
Ten hoede. Hij skrijf die Absolute beslis één hoedanig-
heid toe. Die Absolute is n.1. die sijnde, die totaliteit
van die Sijn. M. a. w. die Absolute is geen hersenskim,
geen blote negasie, geen ontbreek van die voorwaardes
waaronder die bewustsijn alleen mo\'enlik is nie, nee,
die Absolute is die Sijnde. En hiermee het Spencer die
Absolute onbewus die naam gegé wat bó alle name is —
die naam Jahwe — die Sijnde — die naam wat die
Hebreer leidsman met blote voete sidderend aangehoor
het, toe dit deur die woestijnlug weergalm het: „Ik zal
zijn, die Ik zijn zal", die naam waarmee ok Plato die
wese van God beskrijf het, toe hij dit To\'iv genoem het,
en waaraan Paulus gedink het, toe hij gesé het: „In
Hem zijn wij, leven wij, en bewegen wij ons." Boven-
dien, gé jij toe dat die Absolute die Sijnde is, dan het
jij ok daarmee toegegé die grond van al onse kennis,
\') „First Principles», 6«> Ed., p. 155.
\') „Replies of Criticisms, Essays", III, 292.
-ocr page 139-
119
subjektief en objektief. Subjektief, omdat die Sijn die
grondidee is, waaruit al onse ideeë ontstaan, afgelei,
en waar hulle ok weer toe terug gelei kan word. En
ok is die Sijnde die objektiewe grond van onse kennis;
want al wat ons waarneem, neem ons waar als vorme
van die Sijn. En daarom ok dat Spencer op hierdie
fondament hemel en aarde, die anorganiese, organiese
en super-organiese deur sijn sinthetiese philosophie
gegrond het.
Dit het natuurlik nooit in Spencer se gedagte gekom
omdat hij die oergrond van alle dinge die Absolute
genoem het, daardeur enige kenbaarheid daaraan toe
te skrijwe nie. Nee, hij het net gemeen om deur die
woord Absolute alle kennis van die krag wat die grond-
slag is van al wat bestaan, uit te ban. Maar hij het
daarbij uit die oog verloor, dat deur te sé wat \'n ding
nie is nie, is juis te sé wat die ding wel is. Negatiewe
omskrijwinge is positiewe beskrijwinge, hoe paradoxikaal
dit ok mag klink. Of soos Prof. Bavinck sé:
„Het niet weten is zelf een positief weten, een veelomvat-
tend weten. Het zegt al zooveel te weten, dat God niets
is van al datgene wat schepsel is." \')
Augustinus sé in sij „De Doctrina Christiana", dat
die stelling dat ons van God niks af weet nie, reeds veel
kennis omtrent God veronderstel, want als ons God
ineffabilis noem, dan sé ons tegelijkertijd iets en veel
van Hom, sodat Hij weer nie ineffabilis is nie. En min
of meer dieselfde argument het hij uitgewerk in sij
„Contra Academicos" te\'en die Skeptici. Spencer erken
\') „Gereformeerde Dogmatiek", Deel II, p. 23.
-ocr page 140-
120
ook hierdie beswaar in sij „Postcript to Part I of Pirst
Principles",*) maar perbeer om hom daarvan af te
maak deur \'n herhaling van sij argument, dat ons
bewustsijn van die Absolute \'n indefmitiewe is, waarbij
ons netnou sal stilstaan.
Ten derde. Spencer beweer nie alleen dat die Absolute
bestaan nie, maar ok dat ons daar \'n bewustsijn van het,
hoewel dit \'n indefmitiewe is. Vóór ons op hierdie punt
ingaan, veroorloof ons ons net so in die voorbijgaan die
opmerking, dat waar Spencer éénmaal die woord inde-
finitief bewustsijn gebruik, hij tien of meer maal een-
voudig praat van: bewustsijn van die Absolute. Dit het
gekom deur sij verwarring van die begrippe compre-
hendere en apprehendere en was waarskijnlik ook \'n
gevolg van die skerpe kritiek, waaraan sij stelling van
\'n definitiewe bewustsijn en \'n tog onkenbare Absolute
onderworpe was. Want hoe duidlik sij apprehensie van
die idee van die Absolute was, blijk uit sij vergelijking
daarvan met ideeë als ongelijkheid ens. Hij sé b.v.:
„Equality for instance is unthinkable apart from inequality
and that thus relative can itself be conceived only by opposition
to the non-relative." 2)
Die bewustsijn van die Absolute was bij Spencer
alles behalwe indefinitief. Dit blijk uit uitdrukkinge als: —
„If we are required to conceive the relation between the
Relative and non-Relative without being conscious of both, we
are in fact required to compare that of which we are conscious
with that of which we are not conscious, the comparison itself
being an act of consciousness and only possible through the
consciousness of both its objects."
l) „First Principles", 6th Ed., p. 94.
•) T. a. p., 6«» Ed., p. 68.
-ocr page 141-
121
En dan weer:
„If the non-Relative or Absolute is present in thought only
as a mere negation, then the relation between it and the Relative
becomes unthinkable because one of the terms of the relation
is absent from consciousness." \')
En op \'n ander plek:
„The necessarily positive character of our consciousness of
the unconditioned, which as we have seen, follows from an
ultimate law of thought will be better understood on contem-
plating the process of thought a).....and on watching our
thoughts we have seen how impossible it is to get rid of the
consciousness of an actuality lying behind appearances and
how from this impossibility results our indestructible belief in
that actuality." *)
En so het hij nog bainje ander uitdrukkinge — almal
o\'er ons bewustsijn en nie o\'er ons indefmitiewe be-
wustsijn van die Absolute nie. Ons quoteer nog \'n
laaste uitdrukking wat die anders nog in krag en duid-
likheid o\'ertref:
„Though the Absolute cannot in any manner or degree be
known in the strict sense of knowing yet we find that its
positive existence is a necessary datum of consciousness —
that so long as consciousness continues we cannot for an
instance rid it of this datum and that thus the belief which
this datum constitutes has a higher warrant than any other
whatever."
Meer aanhalings is o\'erbodig. Ons meen, dat uit wat
ons aangehaal het, genoegsaam blijk, dat die bewustsijn
van die Absolute bij Spencer beslis positief en alles
») „First Principles", 6^ Ed., p. 68.
•) T. a. p., 6th Ed., p. 69.
a) T. a. p., p. 72.
-ocr page 142-
122
behalwe indeflnitief was. Maar ons sal maar, om nie
verder op hierdie inkonsequensies in te gaan nie, ons
hou aan wat hij wil hé, dat ons van sij woorde sal
maak. Ons sal daarom aanneem, dat ons bewustsijn
van die Absolute indefinitief is. Maar selfs dan snij hij
sij agnosticisme van die Absolute bij die wortel af.
Want: -
Ten eerste. Hoe krij ons kennis van \'n ding ? Natuurlik
deur \'n indruk wat op ons bewustsijn gemaak word
deur \'n woord of daad of voorwerp. En Spencer beaam
dit ten volle, want hij sé:
„Our knowledge consists simply of the effeds wrought on
our consciousness." *)
Kennisneem is dus volgens hom: bewus word. En
in die aangehaalde quotasies en op nog bainje ander
plekke: — ons het \'n bewustsijn van die Absolute. Goed
— sé ons — dan het ons van die Absolute ok \'n
kennis. Ja, maar dit is \'n indefinitiewe, sé Spencer. Dit
maak g\'n saak nie, dan het ons daar \'n indefinitiewe
kennis van. En tussen indefinitiewe kennis en geen
kennis hoegenaam nie, gaap \'n ewigheid van onder-
skeid. Ek het, omdat ek net \'n paar uur versuim het
op die slagveld van Waterloo, daar net \'n indefinitiewe,
in vergelijking met die definitiewe kennis wat Napoleon
daarvan gehad het. Maar wat \'n hemelsbreed verskil
tussen hierdie indefinitiewe kennis van mij na daar net
o\'ergerij te hé, en die kennis wat ek daarvan gehad
het uit die skoolboekies, en waver verskil selfs tussen
hierdie belaglikke, indefinitiewe skoolboekies-kennis en
mij totale onkunde van soo\'n plek of gebeurtenis toe
») „First Principles", 6"1 Ed., p. 124.
-ocr page 143-
123
ek als \'n Afrikaanse seun o\'er die wy\'e, wy\'e vlaktes
van mij vaderland te perd die wilde volstruis agtervolg
het! Om dus te sé dat ek \'n indefinitiewe bewustsijn
het van die Absolute, en tog dat dit vir mij totaal
onbekend en onkenbaar is, is \'n flagrante kontradiksie.
Ten twecle. Als ons bewustsijn van die Absolute
indefinitief is, dan moet Spencer ons ok toestaan om
daar alle soorte of geen hoedanighede aan toe te skrijwe.
Dan moet hij ons b.v. toelaat om te sé: die Absolute
is gelijk aan die ongelijke of iets van die aard. Maar
dit wil hij volstrek nie. En dat hij dit niet wil toelaat
nie, kom vooral sterk uit in sij reeds aangehaalde be-
strijding van Hamilton en Mansel, omdat hulle beweer
het, dat die Absolute net \'n negasie is van die rela-
tiewe, ens. En nou sé ons: als hij nie wil dat alle
soorte qualiteite aan die Absolute sal toegeskrijwe
word nie, en vooral nie \'n qualiteit wat net thuis
hoor bij die relatiewe nie, dan was sij bewustsijn
van die Absolute geen indefinitiewe nie, maar \'n tamelik
helder belijnde bewustsijn. Maar laat ons, trou aan ons
re\'el, Spencer self laat praat. In sij konsequente o\'enblikke
sien ons hom één hoedanigheid aan die Absolute toe-
skrijwe en dit is: — die Absolute is onbekend en
onkenbaar. Nou sé ons: gestel dat die perke van onse
kennisneming van iets omskrijwe is, gestel dat die lijn
tussen lig en duisternis, tussen die kenbare en die
onkenbare helder getrek is, wat dan ? Om dan aan die
regter kant van die lijn te kan geplaas word, moet
die voorwerp aan seker voorwaardes voldoen. En omge-
keer, om aan die linker kant geplaas te kan word, moet
\'n mens in staat wees om die voorwaardes van die
ding wat op die regter kant geplaas is, te kan ontsé
-ocr page 144-
124
aan die ding wat op die linker kant geplaas moet
word. Maar hoe kan \'n mens dit doen van \'n voorwerp
wat jou totaal onbekend is ? Als die Absolute \'n totaal
onkenbare realiteit is, hoe durf jij daar selfs predikate
als „onbekend" en „onkenbaar" aan toeskrijwe, of
ontsé en sodoende sij plek in ons bewustsijn bepaal?
Ons veroorloof ons die mooi gestelde vraag van Dr.
Martineau:x)
„Is it not plain that in declaring it absolutely inscrutable
you assume it to be partially known? And that like children
in some blind-fold game, you have taken a peep at it before
letting it go into the dark and professing that you cannot
see it at all."
Ten derde. Dit is onmo\'enlik onderskeid te maak
tussen die kenbare en die onkenbare, en ok \'n absurditeit
omdat dit \'n „contradictio in terminis" is. Om soo\'n
skeidslijn te kan trek, moet jij reeds gedaan hé wat jij
vir onmo\'enlik hou, n.a. die onkenbare geken hé. Ons
kan nie \'n skeidslijn trek nie, tensij ons in staat is om
o\'er die lijn heen te kan sien. Hegel het tereg gesé:
niemand weet dat iets \'n perk of \'n gebrek het nie,
of hij moet bó die ding kan staan en daaro\'er kan
sien. Met die meeste beskeidenheid is ons daarom ver-
plig om te\'eno\'er Spencer se agnosticisme van die
Absolute die skerpe woorde van Prof. Flint te onder-
skrijwe:
„Sheer nonsense. The entirely inconceivable is neither know-
ledge nor ignorance."
\') „Essays Philosophical and Theological", p. 196.
-ocr page 145-
125
Ons het gesien, dat daar volgens Spencer \'n Absolute
is, en dat ons daar \'n indeflnitiewe bewustsijn van het,
hoewel die Absolute onkenbaar is. Laat ons nou weer
aan Spencer die woord gé en sien wat ondanks sij
bewering van die onkenbaarheid van die Absolute, die
Absolute tog wel is en doen.
Ten eerste dan wat die Absolute volgens hom is.
Dit is b.v. die alomte\'enwoordige werkende oorsaak of
krag, waarvan alle physiese en psychiese verskijnsele
net openbaringe is, „the omnipresent Causal Energy
or Power of which all phenomena physical and mental
are the manifestations". *) Dan is dit die persistente
krag wat aan alle verskijnsele ten grondslag lé, waarvan
dus alle andere kragte en kragsopenbaringe die uit-
vloeisels is. 2) Die Absolute is verder oneindig, alonv
te\'enwoordig, onbegrijplik, 3) die eerste oorsaak van alle
dinge, *) die grond van die bestaande, 5) die onsigbare
realiteit,6) die onafhanklikke, 7) die onbegrijplikke exis-
tensie, wat o\'eral geopenbaar word, en waarvan ons
nog begin nog end kan vasstel nie,7) die volmaakte,
komplete, totale, wat alle mag insluit en alle wet te
bó gaan,8) die oneindige en evvige krag, waaruit alle
dinge ontstaan,9) en \'n krag wat in geen geval la\'er
\') „First Principlea", 6"> Ed., p. 125, 455 etc. etc.
*) T. a. p., p. 122—133.
a) T. a. p., p. 73.
4) T. a. p., p. 80.
6) T. a. p., p. 84.
e) T. a. p., p. 87.
\') T. a. p., p. 93.
8)  R. A. Armstrong, „ Agnosticism and Theism", in the „Nineteenth
Century", p. 180.
9)  Herbert Spencer, „Ecclesiastical Institutions", p. 843.
-ocr page 146-
126
als persoonlikheid staan nie: „this Power must be con-
ceived as certainly not lower than personal". En eindlik,
die Absolute is die oneindige en ewige mag, in wie se
te\'enwoordigheid ons ons altijd gevoel:
„But one truth raust grow ever clearer — the truth that
there is an Inscrutable Existence everywhere manifested, to
which we can neither find not conceive either beginning or end.
Amid the mysteries which become the more mysterious the
more they are thought about, there will remain the one
absolute certainty that he is ever in presence of one Infinite
and eternal Energy from which all things proceed.* l)
Dit alles en nog meer is die Absolute volgens Spencer.
Maar laat ons nou ok sien, wat volgens hom die Ab-
solute doen.
Die Absolute veroorsaak, om mee te begin, al onse
kennis, subjektiewe en objektiewe kennis. Want, sé hij,
bewustsijn ontstaan deur die indrukke wat veranderinge
op ons maak. En veranderinge is openbaringe van krag.
Ruimte, Tijd, Stof, Beweging — dis almal ervaringe van
krag, wat per slot van rekening uit die Absolute voorvloei.
„Though Space, Time, Matter and Motion are apparently
all necessary data of intelligence, yet a psychological analysis
shows us that these are built up of or abstracted from expe-
riences of Force. Matter and Motion as we know them are
concretes built up from the contents of various mental rela-
tions; while Space and Time are abstracts of the forrns of
these various relations. Deeper down than these, however,
are the primordial experiences of Force. A single impression
of Force is manifestly receivable by a sentient being devoid
of mental forms. Grant but sensibility with no established
power of thought and the force producing some nervous change,
\') „Ecclesiastical Institutiona", p. 843.
-ocr page 147-
127
will still be presentable at the supposed seat of sensation.
Though no single impression of force so received, could itself
produce a consciousness, yet a multiplication of such impres-
sions, differing in kind and degree, would give the materials
for the establishment of relations, that is of thought.......
Force as we know it can be regarded only as a conditioned
effect of the unconditioned cause, as the relative reality indi-
cating to us an absolute Reality by which it is immediately
produced." l)
Bovendien het hij die hele twede deel van „First
Principles" gewij aan die betoog, dat alle ontstaan en
die wette van ontstaan, soos integrasie, dissipasie,
segregasie, equilibrasie ens. almal te danke is aan
die Persistensie van krag. En dit is net weer \'n ander
naam vir die Absolute; want, sé hij:
„By the Persistence of Force we really mean the persistence
of some cause which transcends our knowledge and conception.
In asserting it, we assert an unconditioned Reality, without
beginning or end." 2)
Ten derde, is die Absolute die krag wat ons bewust-
sijn veroorsaak:
„The Power manifested throughout the Universe, distinguished
as material, is the same power which in ourselves wells up
under the form of consciousness." 8)
Ten slotte is die Absolute die bron en die oorsaak
van die evolusie waardeur die Kosmos ontstaan het: —
„All these phenoraena (viz integration, segregation, multi-
plication of effects, equilibration, etc.) from their great features
\') „First Principles", 6Ul Ed., p. 133.
■) T. a. p., p. 155.
8) „Ecclesiastical Institutions in Principles of Sociology", p. 839,841.
-ocr page 148-
128
down to their minutest details are necessary results of the
persistence of force, under its forms of matter and motion...
That which persists unchanging in quantity but ever changing
in form, under these sensible appearances which theUniverse
presents to us, transcends human knowledge and conception,
is an unknown and unknowable Power, which we are obliged
to recognize as without limit in Space, and without beginning
or end in Time." *)
En die gang van die evolusie van die absolute krag
is van „the imperceptible into the perceptible and again
from the perceptible into the imperceptible".2)
„Evolution is an integration of matter and concomitant
dissipation of motion, during which the matter passes from
an indefinite incoherent homogeneity to a definite, coherent
heterogeneity and during which the retained motion undergoes
a parallel transformation." 8)
Ons het dus gesien, wat die Absolute volgens Spencer
is en doen, en gaan nou \'n kort kritiek daaro\'er gé.
Ten eerste. Die versekering dat die Absolute on-
kenbaar is en tog dat dit „certainly exists", „cannot
fail to be believed", „is consciously feit as existent in
all orders of phenomena in space and time, in subject
and object, in spirit and matter", „in recognition of
which alone religion can be reconciled" — waarlik,
soo\'n versekering is seker die vreemdste paradox in
die geskiedenis van die wijsbegeerte. En tog is dit net
wat Spencer gedaan het. In één en dieselfde hoofstuk
verseker hij ons, dat die krag wat die heelal ons open-
baar onkenbaar is, en tog tegelijkertijd, dat die on-
vermijdlikke besef dat soo\'n mag bestaan, die onuit-
\') Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 554.
*) „First Principles", 6"> Ed., p. 225.
a) T. a. p., p. 301.
-ocr page 149-
129
roeibare grond, die absolute sekerheid is, wat altwee
geloof en rede, godsdiens en wetenskap, met mekaar
gemeen het.!) Maar, sé ons, van geen krag wat hom
self openbaar, mag jij beweer dat dit totaal onkenbaar
is nie. Hoe is dit mo\'enlik, dat ek \'n onuitroeibaar
besef kan hé, dat iets bestaan, en daar tog niks meer
van kan weet nie! Om bewus te wees van iets sonder
enige kennis van die iets, hoe gering ok, is net so
ondinkbaar als bewustsijn sonder gevoel of wil. Soos
ons reeds aangehaal het, Spencer self sé, dat onse
kennis bestaan uit indrukke wat op ons bewustsijn
gemaak word: „our knowledge consists of the effects
wrought on consciousness".2) Als Spencer wis, dat die
krag wat die heelal dra, absoluut, alomte\'enwoordig,
onafhanklik, onkenbaar etc. etc. is, dan het hij die
krag geken, anders kon hij nie geweet het, dat dit is
wat hij daarvan beweer het nie. Ons herhaal, dit is
ongerijmd, om te sé dat die Absolute bestaan, en tege-
lijkertijd te beweer dat dit onkenbaar is. Dit is ongerijmd,
om te sé wat die Absolute doen en kan doen, en tog
nie te weet wat dit is nie. Van alles wat ons rede het
om te glo dat dit bestaan, het ons rede om te glo dat
dit kenbaar is. Ons sé met Dr. Martineau: „if it is an
incognizable, it is also a nonentity." 3) Net dinge waar-
aan jij geen attribute of predikate kan toeskrijwe nie,
is onkenbaar.
Ten tivede. Spencer identifieer die Absolute met die
persistensie van krag:
*) „First Principles", 6«» Ed., p. 73—92.
a) T. a. p., p. 124.
a) „Essays Philosophical and Theological", p. 199.
9
-ocr page 150-
130
„By the persistence of Force we really mean, the persistence
of some cause which transcends our knowledge and conception.
In asserting it we assert an unconditioned Reality without
beginning or end." *)
Uit die persistensie van krag lei hij al die bestaande
en die wette van die bestaande, die wette van die
evolusie, af. Die gang van die evolusie van die heelal,
sé hij, is uit die onsigbare tot die sigbare en vice versa.2)
Nou sé ons: die onsigbare is die onwaarneembare,
en die onwaarneembare is die onkenbare. Dit is onkenbaar,
omdat dit onwaarneembaar is. Dit is onwaarneembaar,
omdat dit nie aan verskijnsele verbonde is nie. En onse
kennis rus op verskijnsele, sé Spencer: „Our knowledge
is limited to the phenomenal." 8)
Spencer beskrijf ok, soos ons reeds opgemerk het,
die gang van die evolusie als van \'n indifinitiewe,
inkoherente, homogene, tot \'n definitiewe, koherente,
heterogene toestand. Hierop maak ons drie opmerkinge.
Ten eerste. Deur die persistensie van krag te iden-
tifteer met die Absolute, bring hij die krag, wat die
heelal dra, uit die phenomenale o\'er tot die noumenale,
en daarmee tot die onkenbare. En tog is hierdie krag
ondanks haar noumenaliteit vir hom so kenbaar, dat
hij aan haar persistensie toeskrijf, \'n krag noem, en
uit haar al die wette aflei waardeur die heelal op elke
gebied, anorganies, organies, en superorganies, ontwikkel
het. Dit weerspreek sigself. Dis \'n krag, waarvan \'n
mens, als jij let op haar noumenaliteit, nie kan sé of
sij iets of niks kan doen nie, en als jij let op die evolusie
») „First Principles", 6th Ed., p. 155.
") Herbert Spencer, „An Autobiography", Vol. I, p. 534 etc.
8) „First Principles", 6* Ed., p. 224.
-ocr page 151-
131
van die heelal, kan jij van haar sé, dat sij eenvoudig
alles kan doen. G-\'n wonder dan ok, dat dit die
bijtende spot van Prof. Tait uitgelok het, toe hij gesé
het dat Spencer se persistensie van krag hom doen dink
aan die reis van Baron Münchhausen na die maan toe.
Hij het hom self aan sij ei\'e hare daarheen opgetrek.
Ten twede. Hoe kan Spencer die proses van die
heelal beskrijwe als die o\'ergang van die onwaarneembare
tot die waarneembare en vice versa? Die on waarneembare
tog is die onkenbare volgens hom. Om soo\'n o\'ergang
te kan beskrijwe, moet \'n mens tog die agtergrond kan
ken. Ok hier staan ons weer voor \'n contradictio in
terminis. Dis soos Prof. Iverach sé: „the transition from
the unknowable to the known is a glaring petitio
principii." *)
Ten derde. Spencer sé: die gang van die evolusie
is van \'n indefmitiewe, inkoherente homogeneiteit tot
\'n deflnitiewe koherente heterogeneiteit. Maar dit is \'n
onmo\'enlikke iets, want o\'ergang van die homogene
tot die heterogene is persies dieselfde als o\'ergang van
die enkele tot die meervoudige, wat weer dieselfde
beteken als o\'ergang van iets tot niks en vice versa:
die vo\'elverskrikker-argument van Spencer als hij te\'en
die skeppingstheorie te velde trek, maar waarin hij hom
hier self vang.
Ten vierde. Die indefinitiewe, inkoherente homogene
is \'n pure woordelikke abstraksie. Dit kom op dieselfde
neer als die vormlose, predikaatlose sijn, wat weer
dieselfde beteken als: niks.
Ten slotte. Wie kan hom van so iets \'n voorstelling
\') James Iverach M.A., „Ia God knowableP" p. 71.
-ocr page 152-
182
maak? Die indefinitiewe, inkoherente, homogene is die
totaal onkenbare. En hoe kon Spencer hieruit die ken-
bare heelal aflei? Ok dit is \'n ongerijmdheid.
\'n Ander punt waarop ons hier die aandag wil vestig
is, dat Spencer in sij hoofstuk „The Relativity of all
Knowledge" enkele bladsije wij om te bewijs dat sij
defmisie van wat Ie we is, ontwikkel in sij " Principles
of Biology", naamlik: die aanpassing aan die omgewing-
ok van toepassing is op onse kennis. Ons krij kennis
deur die aanpassing van ons bewustsijn aan dat waar-
van ons kennis ontvang:
„Every act of knowing is the formation of a relation in
consciousness answering to a relation in the environment." \')
Of soos Prof. Ward dit uitdruk: „All positive knowing
is assimilating." 2) Alle kennis is aanpassing, assimile-
ring. So sé Spencer, om net één voorbeeld te noem,
dat die bestaan van \'n eerste oorsaak is \'n noodsaaklik
gegewe van die bewustsijn. Ons is verplig, sé hij, om
die sigbare wereld met haar orde en wette toe te
skrijwe aan \'n eerste oorsaak: „ Which though it can-
not in any manner or degree be known in the strict
sense of knowing, yet its positive existence is a neces-
sary datum of consciousness." 3) Ons het te\'en hierdie
defmisie van kennis niks te sé nie. Ons is dit met hom
volkome eens.
Maar terwijl ons hierdie wet van kennis erken, kom
*) „First Principles», 6* Ed., p. 63.
a) Ward, „Naturalism and Agnosticism", Vol. II, p. 269.
3) „First Principles", Rev. Ed., p. 85.
-ocr page 153-
133
ons tot die dilemma, dat die noodsaaklikke datum van
die bewustsijn, n.a. die eerste oorsaak, behoor of tot
wat van ons absoluut verskil of nie. Behoor dit tot
\'n totaal ander genre van kennis als die van ons, dan
is dit nie alleen onkenbaar nie, maar dan kan ons daar
nimmer of nooit \'n bewustsijn van hé nie, om van \'n
noodsaaklik bewustsijn nie eens te praat nie, soos
Spencer beweer dat dit is. Dit sal ons dan absoluut
onmo\'enlik wees om onse kennis daaraan aan te pas.
Daar kan dan geen rapport tussen onse kennis en die
Absolute of eerste oorsaak bestaan nie. Ons sal sulke
kennis nie kan assimileer nie. Dit is \'n volstrekte on-
mo\'enlikheid, dat ek mij bewus kan word van iets of
iemand wat in g\'n verband tot mij staan of staan kan
nie. Als iets nie geestilk is nie, en dus nie in staat om
op mij gees in te werk nie, als iets door mij op g\'n
enkele manier kan waargeneem word nie, dan kan ik
daar onmo\'enlik \'n bewustsijn, dus kennis, van krij nie.
Maar kan ons \'n bewustsijn hé van die Absolute, ja
is sij bestaan self \'n noodsaaklikke datum van bewustsijn,
en kan ons daar selfs alle soorte name aan gé, soos
Spencer doen deur die name Eerste Oorsaak, Onbe-
grijplikke, Absolute, Alomte\'enwoordige ens. ens., dan
is dit \'n bewijs, dat daar assimilasie, o\'ereenkoms, aan-
passing bestaan tussen ons bewustsijn en daardie objekt,
en dan is dit ongerijmd, alle kennis van die Absolute
te ontken. Spencer moet dus vooruit of agteruit. Hij
moet of .sij meesterlikke en aan die waarheid getrouwe
definisie van kennis prijs gé öf hij moet erken, dat sij
Absolute kenbaar is.
Terwijl ons van Spencer se definisie van kennis praat,
moet ons ok nog op \'n ander sij van die hier aange-
-ocr page 154-
134
voerde wijs. Dit is naamlik \'n onomstootlikke waarheid
wat hij uitgespreek het, dat kennis net soos lewe
aanpassing is van subjekt aan objekt, „formation of a
relation answering to a relation in the environment".1)
Die vis sterf op die sand, omdat hij hom nie in die
nuwe omgewing kan skik nie. Maar als dit nou waar
is dat kennis ontstaan deur aanpassing van subjekt aan
objekt, dan is die omgekeerde ok waar, n.1. kennis ont-
staan deur aanpassing van objekt aan subjekt. Dus als
die objekt, die Absolute, Hom nie aanpas bij die ken-
nende subjekt nie, nie in relasie tree met die subjekt
nie, dan mag en kan Spencer nie beweer nie, dat die
bestaan van die Absolute „a necessary datum of con-
sciousness" is nie — om nie eens te praat van die reg
om alle soorte adjectiva, soos ons reeds opgemerk het,
daaraan toe te skrijwe nie. Maar is die bestaan van
die Absolute \'n datum van bewustsijn, dan het die
Absolute Hom aangepas aan die kennisnemende bewust-
sijn, dan het Hij Hom in relasie gestel met die be-
wustsijn, dan het Hij Hom met ander woorde aan die
bewustsijn niks minder als geopenbaar en kenbaar
gemaak nie.
Ons wil wat ons hier beweer van nog \'n kant beskou,
ok op grond van gegewens, wat Spencer ons self ver-
strek het. Op bladsij 124 en vervolgens van „First
Principles" staan Spencer stil bij die vra\'e: hoe onse
kennis van \'n realiteit wat agter die verskijnsele lé
ontstaan en wat \'n realiteit is.
Ten eerste dan, hoe ontstaan die kennis? Die ant-
woord is:
\') „First Principles", 6"> Ed., p. 68.
-ocr page 155-
135
„Metaphysical criticisra would thon have merely the effect
of proving to us that feelings of touch and pressure produced
by an object give us no knowledge of its nature, at the same
time that the criticism would by implication admit that there
was a something which produced these feelings. It would
provo to us that our knoicledge consists simply of the effect
wrought on our consciousness,
and that the causes of those effects
remain unknown, but it would not in doing this tend in any
degree to disprove the existence of such causes; all its argu-
raents tacitly taking them for granted and when the two
were always thought of in this immediate relation, there would
be little danger of falling into the insanities of idealism." \')
Op die vraag: hoe ontstaan onse kennis van \'n realiteit,
antwoord hij: deur middel van die indruk, die effek op
mij bewustsijn. Maar wat is nou \'n realiteit? Hierop
antwoord hij: —
„By reality we mean persistence in consciousness. The real
as we conceive it, is distinguished solely by the test of Per-
sistence, for by this test, we seperate it from the unreal.
Between a person standing before us and the idea of such a
person we discriminate by our ability, to expel the idea from
consciousness, and our ability while looking at him, to expel
the person from consciousness. And when in doubt as to tho
trustworthiness of some impression made on our eyes in the
dusk, we settle the matter by observing closer whether tho
impression persists on closer inspection, and we predicate
reality if the persistence is complete. How truly persistence
is what we mean reality, is shown in the fact that after cri-
ticism has proved that the real as presented in perception is
not the objectively real, the vague consciousness which we
retain of the objectively real is of something which persists
absolutely, under all changes of mode, form, or appearance.
And the fact that we cannot form even an indefinite notion
) .First Principles", 6th Ed., p. 124.
-ocr page 156-
136
of the absolutely persistent implies that persistence is our
ultimate test of the real, whether as existing under its unknown
form or under the form known to us. Consequently the result
must be the same to us whether that which we perceive to
be the unknowable itself or an effect invariably wrought on us
by the unknowable. Were unconditioned Being itself present
in thought, it could but be persistent." \')
Ons herhaal die twee hoof-gegewens van Spencer in
die hier aangehaalde.
(a). Kennis bestaan uit die indrukke, die effekte, die
uitwerkinge, in ons bewustsijn teweeg gebring.
(&). Realiteit beteken persistensie in die bewustsijn.
Wat is nou die persistente, vra ons ? Dit is letterlik
dat wat deur blij bestaan (per sisto). Wat wil dit sé ?
Dit — dat die persistente is dat wat blij indruk maak
op die bewustsijn, wat daar \'n effek in teweeg bring,
wat op die bewustsijn blij inwerk. Sonder effek, indruk,
inwerking, op mij bewustsijn bestaan dit vir mij nie.
Wanneer ek dan kan sé soos Spencer: — die Absolute
bestaan, of selfs so sterk dat ek soos hij kan sé, die
bestaan van die Absolute „is a necessary datum of
consciousness", dan wil en kan dit volgens Spencer se
ei\'e bógenoemde stellinge niks anders beteken nie, als
dat die Absolute \'n effek, \'n indruk, maak op mij bewust-
sijn, of op mij bewustsijn inwerk. Hierdie effek, indruk,
inwerking vind wel op \'n ander manier plaas als die van
\'n relatiewe ding, maar \'n effek, \'n indruk, \'n inwerking
blij dit, en o\'eral waar op mij lewenspad die selfde soort
effek, indruk of inwerking op mij bewustsijn word
gemaak, sal ek die effek, die indruk of inwerking herken
als die effek of inwerking van die Absolute. Die naam
\') „First Principles", 6* Ed., p. 125.
-ocr page 157-
137
wat ek dus aan iets gé, kom o\'ereen met die indruk
of effek wat dit op mij bewustsijn maak of gemaak het.
Ja, ek ken \'n voorwerp alleen vir sovèr dit op mij
\'n indruk maak en omdat — en hier lé ons alle nadruk
op — omdat dit op mij bewustsijn \'n indruk maak.
Ek ken die relatiewe net omdat dit op mij \'n indruk
of effek maak. En ek ken die non-relatiewe of Absolute
ok net deurdat dit op mij bewustsijn \'n indruk maak.
Ten twede. Als die indruk wat die relatiewe op mij
bewustsijn maak geen waarde het, omdat dit ons niks
omtrent die oorsaak van die effek op sigselwe laat
weet nie, dan het die indruk van die absolute op ons
bewustsijn ewemin waarde, omdat dit ons niks sé van
wat die absolute op sigself is nie. Maar dan hou ok
alle kennis op.
Dan mag jij ok nie meer sé, iets is
relatief nie, want dit sal dan wees, sé icat die ding op
sigself is,
dis relatief en niks anders nie. Dis nie abso-
luut nie. Dus als die indruk op mij bewustsijn sé: ek
is die indruk van wat absoluut is, dan sé dit, wat die
absolute op sigself is, naamlik: dit is absoluut en nie
relatief nie.
En waver gewigtige waarheid word hiermee uitge-
spreek? Niks anders als dit: dat die indruk wat \'n
ding op mij bewustsijn maak, openbaar, vir sovèr dit
op mij bewustsijn \'n indruk maak, die wese van die ding.
Alle kennis bestaan uit indrukke op mij bewustsijn,
sé Spencer. En hij het volkome gelijk. Als ek sé: iets is
relatief, dan is dit deur die indruk wat dit op mij bewust-
sijn gemaak het — dit het die indruk van iets relatiefs
op mij gemaak. Als ek sé: iets is absoluut, is dit deur
die indruk daarvan op mij bewustsijn. Dit het die
indruk van absoluut op mij gemaak. En dus, als ek
-ocr page 158-
138
sé: die absolute is onkenbaar, moet ek net so sé, die
relatiewe is onkenbaar. Waarom? Eenvoudig omdat \'n
mens alleen kan sé: die absolute is onkenbaar, als die
absolute geen effek of indruk op mij bewustsijn gemaak
het nie. Geen kennis sonder \'n effek of indruk, is dus
ewig waar. Als \'n mens dus geen kennis van iets kan
hé, ondanks die effek van so iets op mij bewustsijn
nie, dan is daar hoegenaam geen kennis mo\'enlik nog
van die Relatiewe nog van die Absolute nie.
Mag jij dus nie van \'n kennis van die Absolute praat
nie, dan mag jij ok nie van kennis van die relatiewe
praat nie — die enige kennis waarvan Spencer wil
weet. Hij het dus geen die minste reg om, volgens sij
ei\'e gegewens, tê sé, dat die Absolute onbekend of
onkenbaar is nie. Hij maak hom aan \'n ondraaglikke
te\'enstrijdigheid skuldig deur te sé: ons het \'n bewust-
sijn van die Absolute, en tog dan weer an die ander
kant te sé: Hij is onbekend en onkenbaar. Boven-
dien, als dit waar is dat die Absolute so inwerk op ons
bewustsijn, dat sij bestaan „a necessary datum of con-
sciousness" is, dan openbaar, soos ons reeds aangetoon
het, die Absolute daardeur Sij wese — Hij is die
Absolute, nie iets anders nie. Om dit te ontken is om
te verval in wat Spencer self noem „the insanities of
idealism".
Tenvolle onderskrijf ons daarom ok wat Prof. John
Fiske sé (en ons doen sulks maar al te graag, omdat
Fiske één van Spencer se ijwerigste discipele en vurigste
verdedigers is): —
„To call the Primeval Energy the unknowable tends to
misconception. We knoiv ü by üs effects, which I may add is
-ocr page 159-
139
the only way in which we know any object of knowledge
whatsoever, except our own consciousness." \')
Dit was deur die ontkenning van hierdie waarheid,
dat Spencer hom self verstrik het in alle soorte kon-
tradiksies. Ons noem hier net één:
„Every antecedent mode of the unknowable raust have an
invariable connexion, quantitative and qualitative with that
mode of the unknowable which we call its consequent. For
to say otherwise is to deny the persistence of force".2)
Kan daar in die wereld \'n sterker kontradiksie als
hierdie wees? Hoe kan \'n realiteit onkenbaar wees en
tog wat sij quantiteit betref gemeet word ? G-een wonder,
dat Prof. "Ward die uitdrukking noem „an intellectual
somersault" en „intellectual jugglery".3)
Hiermee sluit ons onse beskouinge o\'er Spencer se
agnosticisme omtrent die Absolute af. Ons meen klaar
en duidlik aangetoon te hé, hoe onhoubaar en te\'en-
strijdig sulke agnosticisme is. Bo\'endien is dit \'n
belediging van God, want soos Prof. Bavinck tereg sé: —
„Het agnosticisme kan niet ontkomen aan de consequentie
dat God zich niet kan openbaren. Het sluit Hem in Zichzelf
op, het maakt Hem tot \'n onbekende, onzichtbare macht, die
geen bewustzijn heeft en geen wil, die zich in geenerlei wijze
kan mededeelen, die eeuwige Ti?* is." *)
Daarbij is dit \'n dwase, absurde verheffing van die
\') In R. E. Armstrong, „Agnosticism and Theism", in the „Ni-
neteenth Century", 96.
3) „First Principles", Kev. Ed., p. 177.
•) „Naturalism and Agnosticism", Vol. I, p. 220.
*) „Gereformeerde Dogmatiek", Deel II, p. 27.
-ocr page 160-
140
mens se kennis, want als ons sé dat die Absolute
totaal onkenbaar is, dan sluit die bewering in, dat ons
self besit \'n oneindige en absolute kennis. Want ons
kan dan weet wat die Absolute nie kan doen nie, n.1.
Hij kan Hom Self nie openbaar nie, en sluit ok in, dat
die beperkte, nietige menslikke gees die oneindige kan
beperk.
-ocr page 161-
HOOFSTUK V.
Sü Agnosticisme en stj onvernietigbaarheid
van die stof.
Sij argument om die onvernietigbaarheid van die
stof te bewijs, kom korteliks op die volgende neer : — als
dit kan bewijs word dat stof in sij massa of in sij
eenhede non-existent kan word, dan sal moet vasgestel
word onder waver voorwaardes of bepalinge dit mo\'enlik
is, of dit sal moet erken word dat wetenskap en phi-
losophie onmo\'enllk is. Want als ons moes werk met
hoeveelhede en gewigte, wat op \'n gegewe o\'enblik kan
ophou om te bestaan, dus vernietig kan word, dan
sou daarmee ingevoer word \'n faktor, waarmee geen
rekening kan gehou word nie, en wat juis daarom
doodlik sal wees vir alle positiewe gevolgtrekkinge.
Maar op aprioristiese en aposterioristiese gronde kan
bewijs word dat die stof onvernietigbaar is.
Aprioristies. Die onmo\'enlikheid om te dink dat stof
vernietig kan word volg uit die aard van die intellekt
self. Dink bestaan in die vasstelling van relasies. Daar
kan geen relasie vasgestel en geen gedagte gevorm
word, als één van die in relasie staande terme nie in
-ocr page 162-
142
die bewustsijn aanwesig is nie. Daarom is dit onmo\'enlik
om te dink, dat iets tot niks, en niks tot iets kan
word nie. Geen experimentele verifikasie van die waar-
heid dat stof onvernietigbaar is, is mo\'enlik, tensij jij
dit a priori aanneem nie.
Aposterioristies. Stel jou voor, dat die ruimte ont-
ledig is van alle voorwerpe, behalwe één. En dink jou
dan in, dat die één voorwerp tot niks word in die plek
waar dit staan of hang, en jij sal sien, hoe onmo\'enlik
dit is. Of neem \'n ander voorbeeld: Stel jou voor, dat
\'n miljoenste deel van \'n millimeter groot stofdeeltjie
nog \'n miljoen maal verdeel kan word, en dat één van
die miljoen maal verdeelde deeltjies nog \'n miljoen maal
kan verdeel word, dan nog is dit onmo\'enlik om te dink,
dat dit tot niks toe gereduceer is of kan word. l) Die
stof is dus onvernietigbaar.
Op hierdie leer van Spencer veroorloof ons ons die
volgende opmerkinge:
Ten eerste. Spencer noem die onvernietigbaarheid
van stof „an a priori cognition of the highest order".
Maar met beskei\'enheid merk ons op, dat daar nie eens
van stof \'n a priori kennis van die laagste orde is
nie, wat nog te sé van die hoogste orde. Stof word net
a posteriori en als kontingent geken. Ons weet waarlik
glad te min van wat stof is, als om so maar so voet-
stoots te beweer, dit kan so of so ontstaan of vernietig
word. Nog nooit is uitgemaak wat stof ei\'enlik is nie.
En daarom kom sulke uitdrukkinge o\'er die natuur
van stof ons, om die minste daarvan te sé, tamelik
\') „An Epitome of the Synthetic Philosophy of Herbert Spencer",
by P. Howard Collins, p. 22. — „First Principles", 6lb Ed., p. 134—139.
-ocr page 163-
143
voorbarig voor. Dat ons ons die ontstaan van stof nie
kan voorstel nie, is nie omdat dit ondinkbaar is nie,
maar die natuurlik gevolg van die swakheid van onse
verbeeldingskrag, wat weer die gevolg is van onse
onkunde. Hoe kan ek mij \'n voorstelling maak van iets
waarvan ek niks van weet nie!
Ten tivede. Hierdie stelling is in lijnregte te\'enspraak
met Spencer se Erkenntniss-theorie. Want volgens die,
krij ons onse kennis deur middel van onse sintui\'e.
Ons weet van niks anders als wat onse sintui\'e ons
meedeel nie. Die perke van die sinlikke ervaring is
die perke van onse kennis: „Our knowledge is limited
to the phenomenal." *)
Maar, vra ons, kan onse sintui\'e misskien die oneindige
verdeelbaarheid van stof bewijs? Die gedagte selfs is
absurd. Hoe kan iets beperks iets onbeperks omvat?
Hierdie te\'enspraak van Spencer maak dus alles behalwe
op ons die indruk van wetenskaplik te wees. Maar
ons sal ok hier weer aanneem wat hij sé, en dan op
die konsequensies let. Ons sal dus aanneem dat die stof
onvernietigbaar is. Maar wat sluit soo\'n gegewe in?
Ons sal dit net nou sien. Laat ons eerst vra: wat is
stof? Afgesien van wat die wese van stof is, sal elk
een daadlik antwoord: Stof is die uitgebreide, die tasbare,
die sigbare. Laat ons terwille van die gemaklikheid sé:
Stof is die sigbare. Dan ontstaan die vraag: hoe is die
sigbare ontstaan volgens Spencer? Deur evolusie, ant-
woord hij. 2) En wat is volgens hom die grondwet van
die evolusie? Integrasie van stof met die noodwendig
\') „First Principles", 6th Ed., p. 224.
») T. a. p., p. 223-414.
-ocr page 164-
144
daarmee saamgaande dissipasie van krag. *) Maar wat
beteken hierdie integrasie van stof? Ons laat Spencer
weer self antwoord: Integrasie, sé hij, is condensasie.
Van die sonstelsel b.v. sé hij:
„And when we come to the vast masses forming our solar
system, the limits to their existence, alike in the past and in
the future, can be known but inferentially: direct observation
no longer aids us. Still science leans more and more to the
conclusion that these also once emerged from the imperceptible
through successive changes of condensation and will in an
immeasurably remote future lapse again into the impercepti-
ble." 2)
De gang van evolusie is dus van die onsigbare na
die sigbare, en die taak van die philosophie is om
hierdie gang te skets.
„But after recognizing the truth that our knowledge is
limited to the phenomenal an the further truth that even the
sphere of the phenomenal cannot be penetrated to its confines,
we must nevertheless conclude that so far as is possible,
philosophy lias to formulate this passage from the imperceptible
into the perceptible and again from the perceptible into the
imperceptible."
Die sigbare stof is dus uit die onsigbare ontstaan en
wel deur condensasie.
Maar laat ons nou sien waver onmo\'enlikhede die
stelling insluit, als ons geen skepping van die materie
aanneem nie: — Die sigbare materie is ontstaan deur
condensasie. Maar, condensasie waarvan? Deur die
condensasie van onvernietigbare stofdele. Onvernietig-
\') „First Principles", 6«> Ed., p. 225, etc.
») T. a. p., p. 224.
-ocr page 165-
145
bare stofdele! Wat beteken dit? Onvernietigbare stof-
deel beteken, dat, hoe inflnitesimaal jij ok \'n stofdeeltjie
kan verdeel, jij nooit \'n punt in die verdeling kan
bereik waar geen verdere verdeling meer mo\'enlik sal
wees nie. Ewighede van altijd maar voorgaande ver-
deling kan \'n ondeelbare punt nie bereik nie. Dit moet
elk een erken op grond van die konstitusie van ons
dinke. Maar om dit ok te erken is ok om die wording
van sigbare materie deur kondensasie of integrasie te
ontken. Want al verloop daar ok ewighede, dan is dit
nog nie tijd genoeg vir die ewig-deelbaar-kleine om te
kom tot die deelbaar-grote nie. M. a. w. al verloop
daar ok ewighede, dan is dit nog geen tijd genoeg vir
die ewig onsigbaar deelbare om te kom tot die sigbaar
deelbare nie. Of nog anders, dit is onmo\'enlik vir die
ewig deelbaar kleine om te kom tot die deelbaar grote.
Daarom kan daar geen sigbare stof uit onvernietigbare
stof ontstaan wees nie. Maar daar is \'n sigbare stof —
die heelal. Daarom kan die sigbare stof alleen geskape
wees. Tot één van hierdie gevolgtrekkinge moet jij kom,
want daar is volgens Spencer self net twee uiterste,
skepping of wording. En is die wording van die sigbare
\'n onmo\'enlikheid, dan blij alleen die enigste ander
mo\'enlikke o\'er n.1. — skepping.
Maar misskien is daar nog \'n ander uitweg, n.1. die
bewering, dat die sigbare materie geword het, nie uit
tot in die ewige en oneindige vir deelbaarheid vatbare
materie nie, maar uit ondeelbare stofdeeltjies wat, hoewel
onsigbaar deur hulle kleinheid, tog deur konglomerasie
of opmekaarstapeling sigbaar geword is en derhalwe
van \'n seker grootte moet gewees het, m. a. w. die
atome-theorie.
10
-ocr page 166-
146
Maar hierte\'en geld: Als daar ondeelbare stofdeeltjies
is, dan is die stof nie meer onvernietigbaar nie; want stof
is net onvernietigbaar volgens Spencer, omdat daar tot in
die ewigheid geen perke aan haar deelbaarheid kan
gestel word nie. Dus als daar ondeelbare stofdeeltjies is,
dan is hulle vernietigbaar, dus tot niks te reduceer,
maar dan ok uit niks ontstaan, m. a. w. geskape. Maar
als iemand te\'en hulle geskape-wees opkom, dan is ons
antwoord: hulle is één van twee of geskape of geword.
Maar geword waaruit? En dan kan jij alleen hierop sé:
Uit tot in die ewige deelbare stofdeeltjies, maar dat is,
soos ons bó aangetoon het, \'n onmo\'enlikheid; want
die één ewigheid deurgebring in die oneindige verdelerij
van die stofdeeltjie, sal die ander ewigheid met dieselfde
werk deurgebring, net verslind, en die weer \'n ander,
en die weer \'n ander, en so vort ewiglik en altoos.
Kan hulle dus onmo\'enlik nie geword het nie, dan moet
hulle geskape gewees het.
Maar als iemand misskien hierte\'en aanvoer en sé:
dat die atome onmo\'enlik kon geskape wees, omdat dit:
word uit niks, beteken, en jij dan in botsing kom met
Aristoteles se: „ex nihilo nihil fit", dan merk ons op:
Ten eerste. Hierdie re\'el van Aristoteles is nie so
eenvoudig als wat dit lijk nie. Elke o\'enblik staan ons
voor verskijnsele wrat hulle nie tot bestaande faktore
laat herlei nie. Soos Prof. Bavinck sé:
„Geschiedenis is geen rekensom; het leven is geen product
van chemische verbindingen, het genie is nog iets anders en
iets meer dan het kind van zijn tijd, en elke persoonlijkheid
is iets oorspronkelijks." *)
l) „Gereformeerde Dogmatiek", Deel II, p. 399.
-ocr page 167-
147
Ten hoede. Die uitdrukking: skepping uit niks, beteken
net, dat die geskapene niks van sigself is nie, maar sij
hele bestaan dank aan die wil van sij Skepper, wat
dit nie voorgebring het deur een of ander substratum
te verander nie, maar dit tot bestaan geroep het deur
\'n vrije daad van sij wil.*)
Ten derde. Die Theologie het nooit geleer dat die
nie-sijn, die vader, die bron, die principium van die sijn
is nie. Ten o\'ervloede het sij daar elke maal bij gevoeg,
dat die uitdrukking „ex nihilo" geen aanduiding was van
\'n materie wat tevore bestaan het en waaruit die wereld
gevorm is nie, maar alleen te kenne gé, dat die sijnde
eenmaal nie gewees het nie en dat dit alleen deur
die almagtige krag van God in aansijn geroep is. Die uit-
drukking „exnihilo" staan dus met „postnihilum" gelijk.2)
Die partiekel ex, sé Augustinus,3) non designat sed
excludit materiam. Die wereld het sij oorsaak nie in
hom self nie, maar in God. Die uitdrukking: skep-
ping uit niks, beteken nie, iets uit niks maak nie,
want dit sluit \'n kontradiksie in, maar o\'eral in die
Bijbel (en Spencer bedoel deur skepping, skepping in
bijbelse sin) staan: „God schiep", d. w. s. God het die
geskapene deur Hom self, en nie deur en uit iets anders
voorgebring nie. Maar die woord wat die meeste voorkom
is: „God sprak: er zij licht," ens. ens.4) En: „In den
beginne was het Woord, en het Woord was bij God
en het Woord was God, en door Hetzelve is alles
\')  Bernard Boedder, „Natural Theology", p. 143.
8)  Dr. H. Bavink, „Gereformeerde Dogmatiek", Deel II, p. 399.
*)  Aurelius Augustinus, „Confessiones", XI, p. 5.
*)  Genesis 1, vs. 3, 6, 9, 11, enz.
-ocr page 168-
148
gemaakt." *) En soo\'n tevoorskijn-bring deur die
Woord sluit geen kontradiksie in nie, want dit is nie
\'n wording uit niks nie, maar \'n wording uit God —
uit God is alle dinge. En dit is ok vir ons eenigsins
verstaanbaar na die analogie van ons ei\'e doen. Die
woord wat ek uitspreek kom uit mij uit, en is tog \'n
werklikheid, want dit kan \'n ander tref en kwets.
Als ek mij arm uitsteek, dan doen ek dit uit mijselwe
en bring daar \'n beweging mee tot stand, waar daar
vroe\'er g\'n beweging was. Die uitdrukking „God sprak"
en het daardeur die skepping veroorsaak, beteken dus,
dat die wereld deur Sij mag-woord ontstaan het,
uit Hom self uit dus. Uit God, deur God en tot God
is alle dinge.
Ten vierde. Prof. Doedes het daar tereg op gewijs,
dat daar \'n groot onderskeid is tussen fieri en creare,
tussen word, ontstaan, en doen word, doen ontstaan.
„Dat uit niets, niets vanzelf voortkomt, kan toegestemd
worden door hen, die leeren dat het bestaan van hetgeen wij
wereld of het heelal noemen door God veroorzaakt is.....
Wat het worden en den overgang uit het niet-zijn in het zijn
aangaat, dit bezwaar vervalt, indien men den aanvang van
het heelal niet beschouwt uit \'t oogpunt van overgang uit den
toestand van het niet-zijn, dat geen toestand is, in den toestand
van zijn, niet uit het oogpunt van een worden, dat zeker
reeds een bestaan onderstelt. Het ontstaande heelal ging als
ontstaande niet uit den eenen toestand in den anderen over,
het werd niet iets, dat vroeger niet was, enz." a)
Ons herhaal dat als \'n mens uitgaan van Spencer
se definisie van die onvernietigbaarheid van stof, jij
\') Joh. 1, vs. 1—3.
•) Doedes, „De leer van God", p. 165.
-ocr page 169-
149
dan \'n skepping van atome deur die konglomerasie, of
kondensasie, waarvan die sigbare skepping ontstaan het,
moet aanneem.
Verder, als jij aan Spencer sou vra, hoe die evolusie
van die heelal begin het, dan is sij antwoord: deur die
integrasie van die stof met die daarmee saamgaande
dissipasie van krag. Dit is die grondstelling waarop sij
evolusie-theorie rus. En daarom is dit vir ons van die
grootste belang om te sien of hij hierdie eerste stap
op die pad van evolusie kan doen sonder \'n skepping
aan te neem. En ons antwoord op grond van die reeds
aangevoerde kan alleen wees: dat als integrasie of
kondensasie van stof die eerste stap van evolusie is,
en daar geen integrasie of kondensasie kan plaas vind
sonder om atome wat koncentreer aan te neem nie, en
als die stof onvernietigbaar is, in Spencer se sin, d. w. s.
als tot in die ewige deelbare, dan kon ok die atome
nooit ontstaan het nie of hulle moes geskape gewees het.
En als jij \'n skepping van atome moet aanneem, dan val
daarmee ok natuurlik Spencer se agnosticisme in dui\'e.
So noodsaaklik is dit daarom om die skepping van
atome aan te toon, dat ons wat meer wil aanvoer om
dit te bewijs.
Ten eerste. Als atome ondeelbare eenhede is, hoe is
hulle dan ontstaan? Deur kondensasie kon dit nie, want
als die stof onvernietigbaar is, in die sin van tot in
die ewige deelbare, dan is dit onmo\'enlik soos ons
gesien het. En als hulle ontstaan het deur die konsen-
trasie van nog kleiner ondeelbare eenhede, dan is die
moeilikheid net \'n bietjie na agter toe verskuiwe. Want
die kon dan ok net deur die konsentrasie van nog kleiner
ondeelbare eenhede ontstaan het, en so ad infinitum.
-ocr page 170-
150
Daar blij daarom nog net één mo\'enlikheid o\'er en dit
is, dat hulle nie geskape is nie, maar self-existente
entiteite is, klein Gode dus. Maar dit is ok weer on-
mo\'enlik, omdat hulle die faktore is van \'n gedurig
veranderende heelal. Die wereld wat ons nou bewoon
was volgens Spencer (wat hier net La Place napraat),
eers \'n gloeiende massa en die gloeiende massa het
eers behoor tot \'n nevelvlek, waaruit ons sonstelsel
ontstaan het, en die weer uit \'n ander en so al verder
terug, totdat ons bij \'n begin kom en kom moet (n.1.
die ontstaan ok van die stof), als ons nie in die kon-
tradiksie van \'n ewig-veranderende (wat dieselfde als
ewige-tijd beteken, omdat verandering onder tijd val)
wil verval nie.
Maar kan die stof dan nie ewig wees nie? Dit is ok
onmo\'enlik. Waarom? Omdat die stof gedurig aan ver-
ander is. Die beste bewijs hiervoor is die feit van die
evolusie self. Wat verander, wat aan evolusie onder-
worpe is, moet \'n begin gehad het. Soos Dr. J. H.
Stirling so mooi gesé het in sij antwoord aan Hume:
„No multiplication of parts will make a whole potent if
each part is impotent. You will hardly reach a valid conclu-
sion where your every step is in valid. It will be vain to
extract one necessity out of a whole infinitude of contingen-
cies. Nor is it at all possible for such infinitude of contingen-
cies to be even conceivable by reason. If each link of a
chain hangs on another, the whole will hang and only hang,
even is eternity, unsupported like some stark serpent unless
you find a hook for it. Add weakness to weakness in any
quantity, you\'11 never make strenght." \')
\') J. H. Stirling, L.L.D. „Philosophy and Theology," Gifford Lec-
tures, p. 262.
-ocr page 171-
151
Of soos Proff. Balfour Steward en Tait se:
„To our minds it appears no less false to pronounce eternal
that aggregation we call the atom than it would be to pro-
nounce eternal that aggregation we call the sun." *)
Hume se objeksie, dat als die stof \'n begin moes
gehad het, dit dan ok van God geld, is pure dwaasheid;
want ons verstand eis, dat die heelal \'n begin moes
gehad het, omdat dit \'n evolusie deurloop, \'n proses,
\'n gedurige verandering. Vir die veranderinge moet
oorsake wees. Die één oorsaak eis \'n ander, en die
weer \'n ander en so terug, totdat ons tot \'n eerste
oorsaak moet konkludeer. Dit moet ons doen als ons
nie in die kontradiksie van \'n ewige verandering wil
verval nie. Als die heelal vóór ons gestaan het als \'n
onveranderlikke iets, dan sou ons tot hierdie redenering
geen reg gehad het nie, maar daar die heelal \'n gedurig
veranderende is, is soo\'n redenering \'n logiese eis.
Hierdie redenering is gegrond op wat ons ondervind.
Als ons kon weet, dat die eerste oorsaak, waartoe ons
verstand ons drijf om aan te neem, ok \'n veranderende
is, dan sou Hume gelijk gehad het en moes God ok
\'n begin gehad het. Maar dat ons dit nie kan doen nie,
is soos Prof. Campbell Fraser sé:
„The reason why we do not continue the retrogression
beyond God is, that we have not met with an indication that
He has had a commencement." •)
Maar hierdie lang redenering is heeltemaal o\'erbodig.
Als iemand ons vra om net in één korte sin te bewijs
\') „The Unseen Universe", p. 213.
\') Prof. Campbell Fraser, „PhiloBophy of Theism\', p. 128.
-ocr page 172-
152
dat die atome geskape is (als daar atome is), dan ant~
woord ons kort en saaklik: — die feit dat atome
ondeelbare eenhede is en tog nie self-existent is of kan
wees nie, is op sigself reeds \'n bewijs dat hulle skep-
sele is.
Ten twede. Atome dra die kenmerk van geskape
gewees te hé. En als ons dit sé, is ons in goeie ge-
selskap. Niemand minder als die beroemde physikus
Prof. Clerk-Maxwell sé b.v.:
„None of the processes of nature, since the time when
nature began, have produced the slightest difference in the
properties of any molecule. We are therefore unable to ascribe
either the existence of the molecules or the identity of their
properties to the operation of any ofthecauseswecallnatural.
On the other hand the exact quality of each molecule to
all others of the same kind gives it, as Sir John Herschel
has well said, the essential character of a manufactured
article.......But in tracing back the history of matter,
science is arrested when she assures herself, on the one hand,
that the molecule has been made and on the other that it
has not been made by any of the processes we call natural." \')
Ons weet nie hoe iemand op hierdie woorde iets kan
sé nie. Ons weet nie hoe iemand, als hij o\'er die unifor-
miteit in die konstitusie van die atome begin na te
dink, hulle geskikheid om opgeneem te word in die
struktuur van die heelal, die wonderbare noukeurige
manier waarop hulle in, op en bij mekaar pas, ja dat
hulle is soos die stene in die tempel van Salomo, wat
so op en bijmekaar pas dat hulle net inmekaar gesit
kan word en dan vorm die wónder-tempel — die
\') President\'s Address in „Transactions of the British Association
for the Advancement of Science", 1870.
-ocr page 173-
153
natuur — tot \'n ander slotsom kan kom, als dat hulle
so vir mekaar expres gemaak is nie.
Nog meer word jij hierin versterk als jij sien wat
die voorstanders van die modern monistiese wereld-
beskouing, Haeckel en sij volgelinge, daarvan maak.
Hulle skrijf aan die atome toe: liefde, haat, geslagsdrif,
herinnering, verstand, ens. En dit besit hulle alles op
onfeilbare manier. Ons sal maar net aanhaal wat een
van hulle, \'n dwepende volgeling van Haeckel, \'n hater
van die waarhede van die Kristendom en daarom ok
van die skeppingsleer, van die atome sé: —
„Bei den Molekülen und Atomen musz aber auch bereits
der Ursprung dessen liegen, was wir unter organisch verstehen.
Hier bildet sich aus einigen Atomen Kohlenstoffes und anderer
Substanzen der niederste Organismus. Diese Annahme ware
aber wieder ganzlich sinnlos ohne die weitere, dasz namlich
organisierbare Materie in Massen bereit liegt und gewisser-
maszen nur auf die gunstige Gelegenheit wartet oder diese
vielleicht fortwahrend sucht, um von den ihr innewohnenden
Fahigkeiten und Kraften Gebrauch zu machen. Ueberall, wo
wir die Natur mit unseren Sinnen erfassen können, tritt uns
eine geradezu verschwenderische Schöpferkraft entgegen, die
mit der Entstehung und Vernichtung (d. i. Zerfall) von Lebewesen
und deren keinen ein mit Zweckmaszigkeitsbegriffen unverein-
bares, ungehendliches Spiel treibt. Wenn wir dies aber in
der höheren organischen Welt beobachten, warum sollte es in
der Liliputwelt der Atome und Moleküle fehlen? Ist es hier
nicht erst recht zu erwarten?......Bei den Lebensfahigen,
die auch am Leben erhalten werden und zur weiteren Ent-
wicklung gelangen, mussen wir aber gewissermaszen in ausz-
erster Verdünnung schon alle jene Eigenschaften annehmen,
die auch die höheren Lebewesen kennzeichnen, namlich den
Hunger, die Sattigung, den Trieb zur Fortpflanzung, das
Gedachtnis an die erstmalig durchgemachte Entwickelung oder
-ocr page 174-
154
das Artgedachtnis, die Móglichkeit der Vererbung von Eigen-
schaften u. s. w. Und alles dies erscheint wieder nur möglich
mit Hilfe einer bereits den Atomen innewohnenden Empfin-
dungsfahigkeit und der Aeuszerung von Lust- und Unlustgefühlen,
die beispielsweise die Atome unter sieh gewissermaszen in
eine freundliche oder feindliche Haltung, um nicht zu sagen
G-esinnung, und in ein anziehendes oder abstoszendes Verhalt-
nis bringen. Alles aber durchdringt der allgegenwartige Welt-
ather, jener ratselhafte Trager der Spannung und der leben-
digen Krafte.......Wenn infolge ihrer Anziehungskraft zwei
oder mehrere Atome sich vereinigen und nun ein gemeinsames
Dasein führen oder, wie man sagt, zum Molekül werden, so
musz au oh ihre Reaktion, ihr Bewusztsein, kurz alles, was zu
ihrem primitiven Dynamismus gehort, von den einfachen zu
einem kollektiv Bewusztsein werden, ohne jedoch dasz die
wesentlichen Einzelfahigkeiten dabei vernichtet werden......
Aus den Atombewusztsein is das Molekularbewusztsein ge-
worden." \')
Atome en molekule, sé Dr. C. H. Wind, word tot
oneindig kleine planetestelsels bijeengehou, en werk op
mekaar deur kragte van elektro-magnetiese aard.2)
Waarlik, sulke wonderbare dinge, soo\'s ons hier voor-
gestel word dat die atome is, en wat tog nie self-existent
is nie, dra o\'er en o\'er die kenmerke wat Prof. Clerk—
Mazwell tereg noem „of being a manufactured article".
En als iemand ons te\'espreek en sé: ja maar, hulle
is so gemaak, so in relasie gesit, deur die kragte van
die natuur, dan antwoord ons, dat dit onmo\'enlik is;
want natuurkragte kon tog nie op hulle ingewerk het,
toe hulle nog nie bestaan het nie. Bovendien is krag
\') Dr. Karl Oetker, „Die Seelenwunden des Culturmenschen",
p. 44, 45.
») Dr. C. H. Wind, „Elektronen en Materie".
-ocr page 175-
155
\'n qualiteit van die stof. Die kragte van die natuur is
wat hulle is, omdat die stof van die natuur is wat dit
is. Dus kon die krag nie eers op hulle ingewerk het nie.
Ten derde. Wat ons noem materie is net die indruk,
wat die hoedanighede van \'n objekt op ons maak. Val
die qualiteite weg, dan val daarmee ok die ding weg. Die
qualiteite van \'n ding is sij bestaansvorme. Sonder
bestaansvorme bestaan \'n ding nie. Hou die bestaans-
vorme op om te bestaan, dan hou ok die ding op om
te bestaan. Tereg het daarom ok Sir Oliver Lodge
teender Haeckel gesé:
„And to say as Prof. Haeckel says that the modern physicist
has grown so accustomed to the conservation of matter that
he is unable to conceive the contrary, is simply untrue.
Whatever may be the case in real fact, there is no question
with respect to the possibility of conception. The electrons
themselves must be explained somehow and the onlysurmiso
which at present holds the field is that they are knots or
twists or vortices, or some sort of either static or kinetic
modification of the ether of space. It may be that these knots
cannot be untied, these twists undone, these vortices broken
up, it may be that neither artificially nor spontaneously are
they ever in the slightest degree changed. It may be so, but
we do not know and it is quite easy to conceive them broken
up, the identity of the electrons lost, its substance resolved
into tho original ether, without parts or individual properties.
If this happened within our ken, we should have to confess
that the properties of matter were gone and that hence
everything that eould be any stretch of language be called
matter, was destroyed since no identifying property remained....
In other words the destruction and creation of matter are well
within the range of scientific conception, and may be within
the realm of experimental possibility." \')
\') Sir Oliver Lodge, „Life and Matter", p. 32 and 38.
-ocr page 176-
156
Maar moet ons \'n skepping aanneem, dan moet ons
\'n Skepper aanneem. En moet ons \'n Skepper aanneem,
dan kan ons Hom nie anders als selfbewus en almagtig
dink nie. Drijf ons dus hier die gegevens van Spencer
tot \'n konsequensie, dan eindig dit in \'n direkte te\'en-
spraak met sij agnosticisme.
-ocr page 177-
HOOFSTUK VI.
Sü Agnosticisme en stf Transformasie van Krag.
Tot dieselfde konklusie als in die vorige hoofstuk kom
ons, als ons Spencer se theorie omtrent die transfor-
masie van krag indink. Wat is sij theorie hierin? Ons
het reeds stilgestaan bij die basis van sij ganse evolusie-
theorie — die onvernietigbaarheid van stof. Hiermede
het hij verbind die deur Helmholz ontdekte waarheid
— die onvernietigbaarheid van krag, want, sé Spencer:
stof is net die krag waarmee die stof ons bewustsijn
affekteer.*) En als die ganse heelal die gevolg is van
die werkinge van één oorspronklikke krag, wat ten
grondslag lé van alle verskijnsele, dan volg daar natuurlik
uit, dat die verskillende vorme van die krag almal
transformasies van die krag is, en hiero\'er handel hij
in hoofstuk VII van „First Principles".
Net soos Prof. Haga van Groningen in 1900 in sij
rektorale orasie o\'er die ontwikkeling van die natuur-
kunde gesé het:
„De spoortrein die plotseling geremd wordt, verliest zijn
arbeidsvermogen van beweging, maar de in den remschoen,
\') „First Principles", 6«> Ed., p. 139.
-ocr page 178-
158
wielen en rails ontwikkelde warmte stelt eene juist even groote
hoeveelheid arbeidsvermogen voor."
So het Spencer ok aangeneem \'n metamorphose van
physiese kragte. Gestremde beweging word omgesit in
warmte soos wanneer jij twee dinge te\'enmekaar vrijwe,
of in elektriciteit soos wanneer jij segellak vrijwe, of in
magnetisme soos wanneer jij ijster slaan, of in lig, soos
wanneer jij \'n klip te\'en ijster slaan. Hitte word weer
omgesit in beweging, soos plaas vind in die lokomotief,
in elektriciteit soos in die thermo-elektriese kolom, en
in lig soos in die oxy-hydrogene lantern. Die toepassing
hiervan op alle kragte wat ons bekend is, het tot die
volgende gelei: — die beweginge wat die hemel-liggame
aan die dag lé, is die transformasie van die swaarte-
krag van elke stofdeeltjie toe al die stof nog in \'n
chaotiese toestand was. Die geologiese veranderinge b.v.
word veroorsaak deur die ongedissipeerde hitte wat
nog in die aarde is, hitte wat weer veroorsaak is
deur die kondensasie van die nevelvlekke waaruit eindlik
ons sonstelsel ontwikkel is. Dat dit so was, kan jij nou
nog sien in die gesmelte sedementaire neersla\'e, die
warm fonteine, en die sublimasie van metale in die
vorm van ertse, en indirek in die opgaan van water-
damp wat gekondenseer word tot wolke, wat hulle weer
ontlas in re\'en en saamgevloei in die riviere weer terug
gaan see-toe, waar weer dieselfde proses begin, en kan
ok gesien word in die plaatselikke verskil van tempera-
tuur, deur wind en see-strominge veroorsaak.
Die kragte wat in die plante-lewe werk, is ok op die
selfde manier transformasies van die sonwarmte, en
die dierlikke lewe is weer afhanklik van die plante-
lewe. Net so bestaan daar korrelasie nie alleen tussen
-ocr page 179-
159
die uitwendige physiese kragte en die geestlikke kragte
wat daardeur veroorsaak word nie, maar ok tussen
die sensasies en beweginge en die physiese kragte,
wat in die vorm van liggaamlikke werkinge daardeur
ontstaan het. Blijdskap b.v. laat die hart sneller klop,
skrik laat opspring, pijn laat jou lede krom en wring.
En net so wat die superorganiese betref. Groot
sociale beweginge hang af van physiese omstandighede
wat veroorsaak is deur physiese kragte. B.v. \'n groot
oes laat meer werk kom, en dit weer meer verdienste,
en die beter verdienste bring op sij beurt weer beter
vooruitsigte, en dit lei weer tot meer huwelikke en
dit weer tot die toeneem van die bevolking. En waar-
deur word die groot sociale beweginge veroorsaak?
Deur physiese kragte, wind, re\'en, warmte ens. en die
weer deur die invloed van die son ens. ens. l)
Hierdie betoog is net soos die hele stelsel van Spencer
vir die na eenheid dorstende verstand bainje aantreklik.
Maar dit lijk ons of ok hier die woorde van Longfellow
„Things are not what they seem", van toepassing is.2)
Maar laat ons die saak na sij verdienste behandel en
die argument van die transformasie van kragte nader
beskou. En dan merk ons al daadlik op, dat die trans-
formasie van krag nie konsequent deurgaan nie. Dit
kan n.1. nie bewijs word nie, dat lewe en bewustsijn
\'n vorm van beweging is nie. En daarom ok dat Du
Bois — Reymond beskou het, dat dit behoor tot die
l) „Transformation and Equivalence of Poice", „First Principles",
6"> Ed., p. 159, etc.
a) „The Psalm of Life."
-ocr page 180-
160
Lebens-Rathsel. Spencer beweer dan soo\'n o\'ergang
ok nie juis direk nie. Hij sé b.v.:
„Though the facts oblige us to say that physical and psy-
chical actions are correlated so as to suggest transformation,
yet how the material effects the mental and vice versa is
impossible to fathom." \')
Maar, sé ons, hij behoor dit te doen, al was dit
maar alleen op grond van sij theorie van die persistensie
van krag. En hij doen dit ok, waar hij b.v. sé:
„But the universal truth above foliowed out under its
various aspects is a corollary from the persistence of force.
From the proprosition that force can neither come into existence
nor cease to exist, the several foregoing conclusions inevitably
foliowed. Each manifestation of force can be interpreted only
as the effect of some antecedent force, no matter whether it
be an inorganic action, an animal movement, a thought or a
feeling.
Either bodily and mental energies as well as inorganic ones
are quantitatively correlated to certain other energies expended
in their production and to certain other energies which they
imitate or else nothing must become something, and something
become nothing.
The alternativer are to deny the persistence
of force or to admit that from given amounts or antecedent
energies neither more nor less than certain physical and
psychical changes can result.
Maar soo\'n o\'ergang is nog nooit gekonstateer nie.
Ons sal buite die grense van ons onderwerp moet gaan,
als ons dit nader wil bewijs, en haal daarom net aan
wat soo\'n autoriteit op die gebied als Sir Oliver Lodge
hiero\'er sé.
\') „First Principles", 6"1 Ed., p. 178.
-ocr page 181-
161
„If it were true that vital energy turned into or was anyhow
convertible into inorganic chemistry, if it were true that a
dead body had more inorganic energy than a live one, if it
were true that these inorganic energies always or ever reap-
pear on the dissolution of life, then undoubtedly cadit quaestio,
life would immediately be proved to be a form of energy and
would enter into the scheme of physics. But in as much as
all this is untrue, the direct contrary of truth, I maintain that
life is not a form of energy, that it is not included in our
present physical categories, that its explanation is still to
seek......I have never taught nor for a moment thought that
vital force is akin to physical force, but that it needs guidance.
The phrase sounds to me nonsense. I perceive not as a theory
but as a fact, that life is itself a guiding principle, a controL
ling agency......The fact of an organism possessing life
enables it to build up material particles into many notable
forms, oak, eagle, man, which material aggregates last until
they are abandoned by the guiding principle when they more
or less speedily fall into decay......Life is a guiding and con-
trolling entity which interacts with our world according to
laws so partially known that we have to say they are practi-
cally unknown." l)
Sir Oliver Lodge meen dus, dat die bewering als
sou daar transformasie plaas vind tussen organiese en
anorganiese kragte nie alleen onwaar is nie, maar direk
die te\'eno\'ergestelde van waar — ja dwaasheid is.
Maar laat ons vir \'n o\'enblik die leer van dietrans-
formasie van kragte toegé. En dan verstout ons ons
om te sé: één van twee, of sulke kragte is voortge-
bring deur \'n alle kragte omvattende, ewige en almagtige
krag, of sulke transformasies is absoluut ondinkbaar
en onmo\'enlik.
Ten eerste, \'n Transformasie van krag is iets abso-
\') Sir Oliver Lodge, „Life and Matter", p. 133—134.
11
-ocr page 182-
162
luut ondinkbaars en onmo\'enliks. Want soo\'n transformasie
sal alle trappe van beweging moet deurgaan, d. w. s.
van die tot in die ewige en oneindige deelbaar kleine
beweging tot die deelbaar grote beweging. Maar dit is
\'n proces wat in geen ewighede kan afloop nie. Dit is
iets onmo\'enliks en ondinkbaars. Dit sluit \'n kontradiksie
in, die kontradiksie van ewig-word, wat dieselfde beteken
als ewig-verander, en dit weer dieselfde als ewige tijd.
Ten twede. Transformasie kan alleen beteken: o\'ergang
nie van van \'n tot in die ewige en oneindige deelbare
krag nie, maar van één punt na \'n ander punt, dus
van één quantum van krag na \'n ander quantum van
krag. Maar dit is iets absoluut onmo\'enliks, want dit
sou beteken o\'ergang van iets tot niks, en uit die niks
weer tot \'n ander iets. M. a. w., dit sou beteken, dat
\'n seker krag eers nie-sigself moet word nie, en dan uit
die nie-sigself weer moet opklim en \'n ander self word,
waarin dit getransformeer is. Gestel b.v. dat goud tot
koper kan getransformeer word, dan moet goud eers nie-
goud word, wat onmo\'enlik is, en die nie-goud kan dan
tot koper word, wat ok onmo\'enlik is. Persies dieselfde
geld ok vir die transformasie van kragte. Transformasie
van krag is daarom onmo\'enlik en ondinkbaar. En
Spencer erken dit ok self, waar hij sé:
„Either bodily and mental energies as well as inorganic
ones are quantüatively correlated to certain other energies
expended in their production and to certain other energies
which they imitate or else nothing must become something
and something nothing." \')
Maar als soo\'n transformasie van krag onmo\'enlik is,
\') „First Principles", 6"" Ed., p. 181.
-ocr page 183-
163
dan is ok evolusie of wording onmo\'enlik. Wat is
dan die enigste mo\'enlikke? Dit, dat daar nie tot in
die ewige en oneindige deelbare krag bestaan nie, maar
ondeelbare kragpunte wat in seker betrekking tot ander
kragpunte staan, quantitatiewe korrelatiewe dus, entiteite,
of jij hulle elektrone, vortices, atome, of met ander
name noem. En dit sé Spencer ok self bewus of
onbewus in sij bó aangehaalde .,quantitatively correlated
to certain other energies". Die enigste mo\'enlikke is dus
om aan te neem, dat krag in quantums bestaan. Of om
\'n mooier uitdrukking te gebruik, wat ons aan Prof. Dr.
H. Visscher ontleen:
„Het electron waaruit men zich alle materie opgebouwd
denkt, is een electrisch elementair quantum." x)
En die quantums werk dan op mekaar in en so
ontstaan die transformasie. Ons laat dit vir wat dit
werd is, maar één ding staan vas, transformasie kan
alleen plaas vind tussen quantums.
Maar om quantums aan te neem is om aan te neem
die skepping van sulke entiteite. Als hulle wording,
soos ons reeds gesien het, \'n onmo\'enlikke is, dan moet
hulle volgens Spencer se ei\'e alternatief, geskape wees.
Wat van die atome geld, geld ok van hierdie krag-
punte; want volgens Spencer is die stof net die mani-
festasie van die krag. En moet ons \'n skepping aanneem,
dan lei dit weer tot die bestaan van \'n selfbewuste
persoonlikheid — als Skepper.
Wat hier gegeid het van die onderlinge transformasie
van kragte geld ok van die transformasie van die
\') „Het Levensprobleem", p. 23.
-ocr page 184-
164
absolute krag waaruit Spencer alle ander transformasies
aflei. Is die één onmo\'enlik, dan ok die ander. En daarom
kan ons onderskrijwe wat Prof. Bavinck gesé het:
„Aan geen emanatie uit, aan geen evolutie van het Absolute
— dat is, van God — hebben de schepselen hun ontstaan te
danken. Want beide zijn met \'t begrip van \'t Absolute, dat
in zichzelf onveranderlijke, eeuwige, volmaakte zijn is en dus
geen uitvloeiing of ontwikkeling toelaat, ten eenenmale in strijd.
Alleen creatie, die zoowel met \'t wezen Gods als met dat der
schepselen overeenstemt, verklaart den oorsprong der dingeü." \')
Ten derde. Deur die transformasie-theorie verplig
om kragpunte aan te neem, word ons van self gelei
tot die beskouing van die elektron, vortex, monade,
dominante en atome-theorie (ons sé ok atome, omdat
volgens Spencer alles krag is, en die materie net \'n
manifestasie van krag is).
Al hierdie theorie is theorie o\'er kragpunte.
Maar als hulle kragpunte of quantums van krag is,
dan kan hulle dit alleen wees als produkte van relasies,
omdat hulle daartoe gerelatiweer, gedetermineer is,
deur onderlinge relasies in die ewige krag-see — die
absolute krag, waaruit volgens Spencer al die trans-
formasies ontstaan en ontstaan is. Maar als \'n kragpunt
\'n relasie-produk is, dan voer die relasies, waarvan
die elektron, vortex, monad of atoom \'n produk is,
ons terug tot ander relasies, waarvan die weer relasies
is, en so terug totdat ons noodwendig stuit, en stuit
moet op die absolute krag, wat nie gerelatiweer kan
wees nie, anders is die geen absolute meer, en wat
dus alle relasies moet veroorsaak het en daarom moet
\') „Schepping of Ontwikkeling", p. 28.
-ocr page 185-
165
wees die: alle-relasies-in-sig-sluitende, en veroorsakende —
die absolute sig-self-bewuste — in-sig-self-relasies ver-
oorsakende krag, m. a. w., \'n self bewuste, willende, skep-
pende krag. Hiertoe drijf ons \'n onverbiddelikke logika.
Om wat ons hier gesé het te toets, neem ons net
één van die genoemde kragpunte als voorbeeld: —
die „vortex-ring" van Lord Keivin.
Lord Keivin veronderstel, dat die atome klein vortex-
ringetjies in die wereld-ether is, die rondspinnende deeltjies
van \'n volmaakte vloeistof, wat alle ruimte vul en
deurdring. Mooi!! Maar \'n volmaakte, vloeistof kan nie
van self begin te draai nie. \'n Volmaakte, alle ruimte
vervullende vloeistof is \'n ewige, roerlose see. Als daar
eenmaal \'n beweging in aangebring is, dan sal die
beweging ewiglik voorduur; maar soo\'n beweging kan
nooit op \'n natuurlikke manier begin nie. Daar kan
niks in \'n volmaakte vloeistof wees wat die ontstaan
of vergaan van \'n atoom kan verklaar nie. Beweginge
wat in \'n vloeistof-massa ontstaan, word veroorsaak
deur hulle onvolmaakheid, deur inwendige vrijwing.
Als daar dus beweging ontstaan in die ewige, vol-
maakte, oneindige wereld-ether, dan kan dit alleen plaas
vind deur \'n bónatuurlikke werking. Of soos Prof. Flint
sé: „every vortex-atom must owe the rotation which
gives it its individuality to a Divine impulse." \')
Al wat ons hier gesé vat ons saam en sé: dat als
\'n mens die transformasie-theorie van Spencer aanneem
en tot sij konsequensie drijf, dan moet jij uitkom nie
bij \'n ewig onkenbare krag nie, maar bij \'n selfbewuste,
willende, ewige God.
\') Robert Flint D.D., Theiam, p. 115.
-ocr page 186-
HOOFSTUK VII.
S$j Agnosticisme en sfj Fersistensie van krag.
Wat is die persistensie van krag volgens Spencer?
Sij antwoord kom korteliks op die volgende neer: —
Ons ken net ruimte, tijd, stof, beweging, krag. En
ruimte, tijd, stof, beweging is almal net indrukke van
krag op ons bewustsijn. Onse idee van ruimte b.v.
ontstaan deur dat ons in aanraking met iets kom, van
iets \'n indruk ontvang, iets voel ens. en wanneer die
ding weg is, blij daar in ons o\'er \'n bewustsijn van
die ruimte, wat die ding beslaan het. Die idee is dus
die abstraksie van die krag wat op ons bewustsijn
gewerk het deur die ding wat met ons in aanraking
gekom het, wat ons gevoel het, m. a. w. voel is die
gewaarwording van \'n krag wat op ons inwerk.
„The experiences from which the consciousness of space
arises are experiences of force." \')
Van die idee Tijd geld dieselfde redenering. Die is
net die abstraksie van indrukke — kragsuitoefeninge
dus — op ons bewustsijn gemaak in suksessiewe orde.
\') „First Principles", 6th Ed., p. 129.
-ocr page 187-
167
„Concerning Time relative and absolute, a parallel argument
ieads to parallel conclusions." *)
Als ons die stof beskou, kom ons tot dieselfde
konklusie, want, sé hij, ons begrip van stof in sij een-
voudigste vorm is die van koexistente posisies wat
weerstand bied.
„We think of Body as bounded by surfaces that resist, and
as made up throughout of parts that resist."
Ons ontleen dus onse idee van stof aan kragsuit-
oefening op ons bewustsijn.
„When it becomes clear that our experiences of force are
those out of which the idea of matter is built." 2)
En van beweging is dit natuurlik onnodig om te sé,
dat die vanself die indruk van krag op ons maak.
Kortom, Ruimte, Tijd, Stof en Beweging is net mani-
festasies van krag, wat op ons inwerk. Maar die relatiwiteit
van onse kennis eis, dat daar agter hierdie krag wat
tot ons in die relasie van tijd, ruimte, beweging in
relasie tree, \'n nie-in-relasie-staande of absolute krag,
waarvan hierdie net die manifestasies is, moet wees.
En hierdie absolute krag moet persistent, permanent
of voordurend wees, want selfs wanneer ons ons die
relatief bestaan van een van die genoemde kragsuit-
oefeninge op ons bewustsijn weg gedink het, blij daar
in ons bewustsijn nog die o\'ertuiging o\'er, dat die krag
nie daardeur per se opgehou het om te bestaan of
vernietig is nie. M. a. w. ewemin als ons ons die stof
als onvernietigbaar kan voorstel, kan ons ons die krag
\') «First Principles", 6th Ed., p. 129.
») T. a. p., p. 180.
-ocr page 188-
168
als vernietigbaar dink nie. Die absolute krag, waarvan
alle andere relatiewe kragte manifestasies is, kan
daarom alleen \'n persistente ewig voordurende krag wees.
„Force as we know it, can be regarded only as a condi-
tioned effect of the unconditioned cause — as the relative reality
indicating to us an absolute reality by which it is immediately
produced."
„Hence the force of which we assert persistence is that
absolute force we are obliged to postulate as the necessary
correlate of the force we are conscious of." \')
En wat hierdie persistente absolute krag in sigself
is — is ewiglik onbekend en onkenbaar.
„By the persistence of Force we really mean the persistence
of some cause which transcends our knowledge and concep-
tion... the continued existence of an unknowable as the
necessary correlative of the knowable." 9)
Alles is dus krag, in hemel en op aarde. En alle
krag is net \'n openbaring van absolute persistente krag
wat agter alle verskijnsele lé. En die absolute persistente
krag is \'n vir die mens onbekende en onkenbare.
Op hierdie redenering van Spencer veroorloof ons
ons die volgende opmerkinge.
Ten eerste. Dit is in strijd met Spencer se herhaalde
bewering: „our knowledge is limited to the phenomenal",8)
want hij lé alle nadruk op die stelling, dat die persis-
tensie van krag \'n a priori waarheid is. Hij eindig sij
\') „First Principles", 6th Ed., p. 154.
a) T. a. p., p. 155.
•) T. a. p., p. 224.
-ocr page 189-
169
hoofstuk o\'er die persistensie van krag met die volgende
welsprekende woorde:
„Deeper than demonstration, deeper even than definite cog-
nition, deep as the very nature of mind is the postulate at
which we have arrived. lts authority transcends all other
whatever; for not only is it given in the constitution of our
own consciousness, but it is impossible to imagine a conscious-
ness so constituted as not to give it." *)
Afgesien dus van die feit, dat Helmholtz, die ontdekker
van hierdie wet, haar vasgestel het op suiwer a posteriori
gronde, en van haar a prioriteit niks geweet het nie,
en ewemin Newton, Joule en Meyer, is hierdie wet bij
Spencer, omdat sij nie op verskijnsele rus nie, lijnreg
in strijd met sij Erkenntniss-theorie.
Tm hvedc. Die wet van die persistensie van krag,
die wet van alle wette, die wet wat die gang van die
transformasie van al wat bestaan beheers, rus op twee
grondsuile. Maar die twee suile rus altwee op \'n
„ignoramus". Hij bou dus sij ganse philosophiese sisteem
op twee pilare, van die aard waarvan hij niks weet
nie. Waarlik \'n reusetaak, maar ok \'n reuse-kontradiksie.
Want die krag van alle kragte is \'n absolute, \'n on-
beperkte, \'n van voorwaardes onafhanklikke realiteit,
waarvan die nie-bestaan ondinkbaar, en kennis on-
mo\'enlik is, omdat kennis beperking beteken. En tog
dra hij persistensie (in die sin van quantitatiewe onver-
anderlikheid) van hierdie aan geen voorwaardes ge-
bonde onkenbare realiteit, o\'er op die verskijnsele of
manifestasies van hierdie ewig onkenbare en absolute
\') „First Principles", 6*h Ed., p. 192.
-ocr page 190-
170
realiteit, deur daar juis van te beweer wat ons empiries
nie toe geregtig is nie.
Laat ons Spencer se ei\'e woorde aanhaal:
o. Getting rid of all complications and contemplating pure
Force, we are irresistibly compelled by the relatively of our
own thought, to vaguely conceive some unknown force as the
correlative of the known force." \')
b. Every antecedent mode of the unknowable must have
an invariable connection quantitative and qualitative with that
mode of the unknowable which we call its consequent. For
to say otherwise is to deny the persistence of force." *)
Hij sé hier twee dinge, ten eerste dat die absolute
krag ons onbekend en onkenbaar is en moet wees,
daar ken, beperk insluit, en ten twede, dat hierdie onbe-
kende en onkenbare krag tog ondanks sij onkenbaarheid
quantitatief en qualitatief verbonde is aan die verskijnsel
wat ons daarvan waarneem. Quantitatief en qualitatief
verbonde, sé hij. Maar hoe kan jij so iets bepaalds sé
van iets wat vir jou totaal onkenbaar is ? Hoe kan iets
wat vir ons onbekend is, gemeet, geweeg en vergelijk
word, om sodoende te kan uitvinde of dit in quanti-
tatief en qualitatief verband staan met die verskijnsel
daarvan ? Ja, hoe kan jij bewijs dat die waargeneemde
\'n verskijnsel is van die absolute krag, wat ons totaal
onbekend en onkenbaar is?
Op twee pilare van onwetenheid rus dus Spencer se
wet van die persistensie van krag. Ons weet nie wat
die Absolute is nie, en ons kan nie bewijs dat die
quantiteit van krag altoos dieselfde blij nie. Maar daar
\') „First Principles", Rev. Ed., p. 507.
») T. a. p., p. 177.
-ocr page 191-
171
geen bewustsijn die sijn als nie-sijn kan dink nie,
daarom moet die onkenbare wat persisteer, die kenbare
wat nie persisteer nie, tot \'n konstante quantiteit maak.
Maar nie alleen laat hij die wet van die persistensie
van krag op onkunde rus nie, maar sij beweringe
daaromtrent is ok die dood van sij agnosticisme hier.
Want om aan die een kant te beweer dat die Absolute
totaal onkenbaar is, en aan die ander kant, dat die
Absolute persistent is, en bovendien quantitatief en
qualitatief verbonde is aan sij verskijnsele, is tog
volkome in strijd met sij agnosticisme omtrent die
Absolute.
Bovendien geld die persistensie van krag net van
die aan ons bekende manifestasies van krag. Die kragte
wat ons ken, kan nie sover als ons op die o\'enblik
weet vernietig word nie. Maar dit is ongeoorloof om
wat ons weet van \'n verskijnsel in die natuur, te gaan
toepas op die ewige, onbeperkte, absolute. Omgekeer,
als dit aan Spencer geoorloof was om soo\'n toepassing
te maak, dan is daardeur die Absolute geen absolute,
geen onbeperkte, geen Unbedingtes, dus geen onkenbare
meer nie, maar \'n kenbare. Want die Absolute het ons
dan Sij wese openbaar, Hom also aan ons bekend
gemaak. En dat ons in hierdie bewering nie alleen staan
nie, bewijs die woorde van Prof. Fiske — en ons haal
hom met groot vreugde aan, omdat hij, soos reeds gesé,
Spencer se vurigste en bekwaamste verdediger was.
Maar hij was meer konsequent als sij meester en daarom
het hij ok gesé:
„If on the one hand it is impossible for the finite mind
to fathom the Infinite, on the other hand it is practically
misleading to apply the term unknowable to the Deity that
-ocr page 192-
172
is revealed in every pulsation of the wondrously rich and
beautiful life of the Universe." \')
En in sij groot werk „Outlines of Cosmic Philosophy",
20 jare vroe\'er geskrijwe, toe sij aanbidding van Spencer
die toppunt bereik het:
„The Deity is unknowable just in so far as it is not manifested
to consciousness through the phenomenal world, knowable just in
so far as it is thus manifested, unknowable in so far as infinite and
absolute, knowable in the order of its phenomenal manifestations,
knowable in a symbolic way as the Power which is disclosed in
every throb of the mighty, rhythmic life of the Universe," etc.2)
Ons eindig hierdie voorlopige opmerkinge o\'er Spencer
se persistensie van krag deur nog op die volgende te
wijs: — Persistensie van krag soos die physici dit ver-
staan, b.v. Meyer en Helmholtz, beteken niks anders
als dat waar daar \'n verskijnsel van krag plaas vind,
die krag wel kan dissipeer, maar nie verlore gaan nie.
Dit is dus absoluut onmo\'enlik om hieruit die geringste
beweging
wat die eerste stap op die weg van die evolusie-
proses kan word, af te lei. Die wet van die persistensie
van krag is, wat die theorie van die evolusie betref,
\'n ewige steriliteit.
Maar trou aan die deur ons gevolgde methode,
wil ons aanneem al wat Spencer sé van die absolute
persistente krag, en ons doen dit hier des te
gereder, omdat dit \'n vaste fondament bied vir ons
ei\'e theistiese wereldbeskouing. Ons neem dus Spen-
eer se ewige, oneindige alomte\'enwoordige krag, die
krag wat aan alle verskijnsele ten grondslag lé, aan,
\') „Through Nature to God", p. 150.
*) „Outlines of Cosmic Philosophy", Vol. II, p. 470.
-ocr page 193-
173
of om sij ei\'e woorde te gebruik: „The omnipresent
Causal Energy or Power of which all phenomena phy-
sical and mental are the manifestations." Die absolute
krag, waarvan die heelal \'n manifestasie is, wat die
heelal dra en deurdring, die krag waarvan die sug van
die pasgebore kind \'n uiting is en ok die orkane en
vuurstorme in die hart van die son, die krag waarin
ons leef, en ons beweeg en is, hierdie absolute, alles
veroorsakende, alles deurdringende, alles onderhoudende
krag, is die oorsaak van die evolusie van die heelal.
Daartoe word al die wette van sij evolusie herlei.
Daaruit is die heelal voorgevloei, vloei dit nog voor en
sal dit in die toekoms voorvloei. Wat Spencer hier sé.
neem ons met vreugde o\'er. Want wat is dit anders
als wat die kleine, veragtelikke Jood, gepantser met
geloof en gespier met die Gees als \'n vreeslikke krijgs-
held, aan die Grieke op die Areopagus verkondig het,
n.1.: „In Hem zijn wij, leven wij en bewegen wij ons",
en aan de Kolossense: „Uit Hem en door Hem zijn alle
dingen." Maar Spencer vergal weer die vreugde, deur-
dat hij direk daarna weer beweer: Ja maar die krag
is\'ons \'n ewiglik onkenbare krag. Selfs wat ons krag
noem, is net \'n simbool van onse ei\'e krag. Dit helder
hij op deur sij bekende voorbeeld:
„On lifting a chair the force exerted we regard as equal
to that antagonistic force called the weight of the chair, and
we cannot think of these as equal without thinking of them
as like in kind; since equality is conceivable only between
things that are connatural. Yet contrariwise, it is incredible
that the force existing in the chair resembles the force present
to our minds. It scarcely needs to point out that since the
force as known to us in an affection of consciousness, we
-ocr page 194-
174
cannot conceive the force to exist in the chair under the same
form without endowing the chair with consciousness. So that
it is absurd to think of Force as in itself like our sensation
of it and yet necessary so to think of it we represent it is
consciousness at all." \')
Maar hierte\'en het ons die volgende in te bring.
Ten eerste. Ons kan krag onmo\'enlik nie dink sonder
\'n substansie waarin die krag sit nie. Dat krag kan
bestaan sonder iets waarvan dit die krag is, is \'n
onmo\'enlikheid. En die iets, die substansie kan alleen
wees of materie of gees.
Is die substansie stof, dan moes die stof oneindig
uitgebrei gewees het, omdat ons ons geen perke van
die ruimte kan dink nie, en geen perke aan die uit-
gebreidheid van die stof nie. Want als die stof ewig
is, kan ons ons die stof nie als beperktelik uitgebrei
dink nie, tensij dat dit met opset deur \'n skeppende
krag beperk gemaak is nie.
Maar als die stof oneindiglik uitgebrei was, kon daar
nooit \'n beweging in ontstaan het, tensij daar \'n beweging
van buite af in veroorsaak of aangebring is nie. Ons
logies verstand eis dit en die ervaring bevestig dit.
B.v. Newton se wet lui:
„Every body perseveres in its state of rest or of moving
uniformly in a straight line, except in so far as it is made
to change that state by external forces."
Die stof wat ons ken het \'n geskiedenis deurgeloop en
deurloop nog \'n geskiedenis. Dit is aan gedurige verandering
onderhewig. Dus moet daar \'n begin in die veranderinge
gewees het, tensij ons wil verval in die deur Spencer
\') „First Principles", 6"> Ed., p. 43.
-ocr page 195-
175
self gewraakte absurditeit van \'n oneindige reeks oor-
sake of ewige tijd, wat op dieselfde neerkom als ewige
verandering of vierkante cirkel. Maar als die stof ewig
en oneindiglik uitgebrei was, kon daar alleen \'n begin
van verandering ontstaan wees deur dat daar \'n eerste
beweging in aangebring is, wat weer \'n eerste beweger
eis, of die stof was nie oneindig nie, maar beperk, en
dan moes daar van self \'n beweging in ontstaan deurdat
die binnenste dele van soo\'n stofmassa aan \'n groter
drukking onderwerp word deur die dikker laag van
die massa wat daaromheen lé, dan die buitenste dele.
Maar als die stofmassa beperk was, kon dit in die eerste
plaas nie ewig wees nie, of daar moet so iets als \'n
ewige verandering, \'n eindelose reeks, \'n vierkante cirkel
kan wees. Dus als daar \'n eindige beperkte stofmassa
was, moes die in die tijd gemaak of geskape gewees het.
Maar laat ons vir \'n o\'enblik aanneem dat daar soo\'n
eindige stofmassa gewees het. Waver konsequensie
sluit dit in?
Ten eerste moes die stofmassa dan gewees het \'n
ewige eindige massa, en dit sé dieselfde als ewige beperkte
stofmassa, dus ewig afhanklikke stofmassa.
Afgesien nou van die absurditeit van die idee, dat
iets ewig, dus ongeskape, en tog eindig is, vra ons, waar-
deur kon soo\'n eindige stofmassa beperk afhanklik gemaak
gewees het ? Van \'n ander stofmassa misskien ? Dit kan
nie, want daar is net één stofmassa volgens ons ei\'e
uitgangspunt. Bovendien als die stofmassa deur \'n ander,
hom beperkende stofmassa omring gewees was, moes die
ok weer omring en beperk gewees het, wat lei tot \'n
ongerijmde oneindige reeks veranderinge en afhanklik-
hede. So staan dit dus vas, dat die ewige, eindige stof-
-ocr page 196-
176
massa nie deur \'n hom omringende stofmassa beperk of
van hom afhanklik kon gemaak wees. Maar dan blij daar
net één ander uitweg o\'er, n.a. hierdie, dat als dit nie
afhanklik van \'n ewige hom onringende stof-oceaan was
nie, dit alleen beperk kan wees deur \'n ewige hom
omringende selfbewuste krag-oceaan.
Nie alleen is hierdie die enigste logiese konsequensie
nie, maar die enigste deur die empiriese wetenskap beves-
tigde mo\'enlikheid. Want als verandering in die kern
van de stofmassa ontstaan was, dan was dit deur die
drukking van die, om mij so uit te druk, ge wig of
swaartekrag van die stof wat bó o\'er die ander gele
het. Maar in ons gees opgestijg tot die uiterste grense
van die ewige eindige stofmassa, ontstaan die vraag,
waarvandaan krij die buitenste kringe die swaartekrag,
waardeur hulle op die binnenste inwerk? En dan kan
die antwoord alleen wees: deur die krag-oceaan wat om
die eindige stofmassa heen lé. En kan die ewige krag-
see nie die krag van stof wees nie, dan moet dit die
krag van gees wees. Want daar bestaan vir die mens
net twee soorte krag: stoflikke en geestlikke krag.
Ons kan dus aan hierdie twee konsequensies met
geen logiese mo\'enlikheid ontkom nie:
(a). Als die stof ewig en dus oneindig uitgebrei was,
dan was daar \'n eerste beweger en die kon alleen \'n
selfbewuste beweger gewees het, anders moes die ok
weer beweeg gewees het en verval ons in die genoemde
absurditeit van \'n eindelose reeks.
(ö). En als de stof eindig was, moes daar eenvoudig
\'n skepper van gewees het, \'n skepper wat die stof
gemaak het en wel beperk gemaak het.
Dus als Spencer aanneem, dat die krag setel in die
-ocr page 197-
177
materie, kan hij aan die erkenning dat sij „omnipresent
Causal Energy or Power" \'n selfbewuste God moet
wees, nie ontkom nie, of hij moet erken, dat die krag
nie die stof tot substansie het nie. En dit is inderdaad
ok sij standpunt, want soos ons elke maal reeds aan-
gehaal het, die stof is bij hom net \'n manifestasie van
krag. Al wat ons ken is net krag. Maar als dat so is,
als die krag nie materie tot substansie het nie, dan
moet die krag gees tot substansie hé. Hieraan is geen
ontkom mo\'enlik nie. En ons ken in die diepste grond
van die saak, psychologies beskou, net één krag en
die is mlskrag.
Maar ons kom op die kwessie netnou terug en sal
voorlopig om alle partije tevrede te stel, aanneem dat
daar twee soorte kragte is, dooie, onbewuste natuur*
krag en selfbewuste gees- of wilskrag. Neem ons aan
dat die absolute persistente krag \'n dooie, bewustelose
natuurkrag is, dan moes die krag in beweging gebring
gewees het, om sodoende sij één-manier-deur wordende
produk, die heelal, te kan produseer.
Maar dan sal ons verplig wees, soos netnou bij die
ewige en eindeloos uitgebreide materie, \'n selfbewuste
in-beweging-bringer van die krag aan te neem. Wil jij
dit nie, dan blij daar nog net dit o\'er n.1. die enige
ander soort krag aan te neem, n.1. \'n krag wat nie in
beweging gebring is nie, maar sigself in beweging gebring
het. En ,\'n krag wat sigself in beweging gebring het, kan
alleen vir die menslikke verstand \'n krag wees, wat wil
is, mlskrag dus. \'n self\'bewuste krag,1\'npersoonlikke God.
Die absolute krag van Spencer, die krag waarvan alles
net \'n openbaring is, die krag wat ons aan alle kante
omring, die krag, waarin ons leef en is en ons beweeg,
12
-ocr page 198-
178
is \'n ewige, absolute, selfbewuste krag, \'n ewige, al-
magtige, absolute wil, \'n lewende God. Ok hier is geen
ontwijk aan hierdie konsequensie mo\'enlik nie.
Daarom als ons uitgaan van hierdie veranderende
heelal, moet ons kom, gedrijf, al was dit maar alleen
deur Spencer se wet van die relatiwiteit van ons dinke,
tot die erkenning: die krag, wat die heelal dra, is nie,
kan nie, anders als die God van die Kristlikke belij-
denis, die selfbewuste, lewende God wees nie. Dat
hierdie gevolgtrekking van ons, wetenskaplik onver-
mijdelik is, bewijs die aanhalinge uit die werke van
Prof. Fiske — Spencer se troue discipel:
„The impetus of modern scientiflc thought tends with over-
whelming force towards the conception of a single First Cause
or Prime Mover perpetually manifested from moment to moment
in all the Protean changes that make up the universe. As I
have elsewhere sought to show, this is practically identical
with the Athanasian conception of the immanent Deity." \')
En dan weer in \'n ander werk:
„The infinite and eternal Power that is manifested in every
pulsation of the Universe is none other than the living God." *)
En in sover is Hij ok kenbaar, hoewel Hij wat Sij
wese betref als Absolute en Oneindige nooit deur die
beperkte menslikke en deur die sonde verduisterde
verstand geken sal word nie, want finitum non capax
infiniti, soos bij name deur die Gereformeerde belijdenis
ten volle erken word.
„Zoo hoog de hemel is boven de aarde, zoo hoog zijn Zijne ge-
dachten boven de onze. Zijne gedachten zijn niet onze gedachten."
») John Fiske, „Through Nature to God", p. 149.
») John Fiske, „The Idea of God", p. 166.
-ocr page 199-
179
Ten slotte staan ons stil bij Spencer se beswaar te\'en
onse konklusie — die beswaar reeds genoem, n.1. dat die
krag wat ons aan die Absolute toeskrijwe net die simbool
is van onse ei\'e krag, wat ons ken deur middel van
onse spier-inspanning. Ewemin als ons, om sij beeld
te gebruik, aan die krag, waarvan ons ons bewus word,
als ons \'n stoel optel, bewustsijn kan toeskrijwe, ewe-
min kan ons dit doen in die geval van die absolute
krag, waarvan ons omring voel als van die atmosfeer,
waarvan ons ons bewus word bij elke opslag van die
oog, elke gewaarwording van die oor, elke stap van
die voet.
Nou! Ons het reeds met die simbool-theorie afge-
reken in ons kritiek o\'er sij Erkenntniss-theorie. Dus
behoef ons nou nie weer daarbij stil te staan nie.
Tot resumsie van wat ons daar gesé het, net dit:
Onse krag is relatief. Krag is die relasie waarin die
Absolute tot ons kom. En al is dit ok God, dan kan
Hij die krag ok net in relasie tot sigself ken. Daar
bestaan nog kennis nog onkunde van iets wat buite
relasies, d. w. s. in-sig-self, an-sich, is nie. Kennis van
\'n phenomenon per se is nie alleen \'n kontradiksie nie,
maar nog \'n bainje onnosel een op die koop toe. Hierop
het ons reeds breedvoerig gewijs. Dus die kwessie is
nie, of die krag, wat die Absolute aan ons openbaar,
krag is nie, maar die vraag is: tvaver soort van krag is
die krag wat die Absolute openbaar?
Is die Absolute
krag wilskrag, \'n blinde noodsaaklikheid, of \'n krag
wat nog wilskrag nog \'n blinde noodsaaklikheid is nie ?
Dat die Absolute \'n blinde noodsaaklikheidskrag is,
het ons reeds gesien, is onmo\'enlik, dus blij nog net
die vraag o\'er: is dit die krag van \'n wil of die krag
-ocr page 200-
180
van iets of iemand, wat nog wil, nog noodsaaklikheid
is nie? Hierbij g\'e ons die volgende opmerkinge:
Als Absolute krag nie \'n blinde noodsaaklikheids-
krag kan wees nie, nog wilskrag nie, wat anders
kan dit dan wees? Daarop is maar één antwoord:
ons weet dit nie. Ons weet dit nie, omdat ons als
mense
in die grond van die saak nie eens van twee
kragte — één dooie, en één self bewuste krag, bewus
is, maar net één soort krag ken, n.1. wilskrag. Maar
ons kom hier netnou op terug en sal op die o\'enblik
ter wille van die redenering in kwessie toegé: dat ons
als mense twee soorte van krag ken, blinde noodsaak-
likheidskrag en wilskrag. Als die Absolute nie \'n blinde
noodsaaklikheidskrag is nie, dan moet dit wilskrag wees.
En als dit geen wilskrag is nie, dan weet ons als mense
daar niks van af nie, want ons ken geen ander soort
krag nie. Maar hier kom Spencer op ons aan en gooi
ons voor die voete, dat ons dus ok die Absolute krag
nie ken nie. Ons antwoord hierop is: Ons kan net ken
als mense en daarom kan ons ok net ontken of twijfel
als mense.
Het onse kennis, omdat dit menslikke kennis is, geen
waarde nie, dan het ok onse ontkenning en twijfel, juis
omdat dit menslik is, geen waarde nie. Dus het die
„ignoramus" van Spencer, omdat dit menslik is, geen
skijntjie van meer waarheid nie.
Maar laat ons let op die logiese gevolgtrekking van
soo\'n beswaar. Soo\'n beswaar lei tot niks anders als
tot die ontkenning van enige ware kennis — hoe-
genaam ok. Want als onse kennis geen waarde het
omdat dit menslikke kennis is nie, dan het ok als daar
een God of Absolute is, die se kennis ok nie meer
-ocr page 201-
181
waarde nie, juis omdat dit ok net goddelikke kennis
is en kan wees. En net so die kennis van \'n engel of
\'n dier. En laat dan verder bedink word, dat daar
geen kennis kan bestaan afgeskei\'e van \'n kennende
subjekt nie. Als kennis geen ware kennis is, omdat dit
kennis van \'n subjekt, dus subjektief is, dan is daar
hoegenaam geen kennis nie.
En daarom sé ons so beslis mo\'enlik — gegrond op
die selfgetui\'enis van die menslikke siel, dat als die
Absolute krag nie \'n dooie noodsaaklikke krag is nie,
dan is dit die krag van \'n Wil, die krag van \'n self-
bewuste God dus. Hierin word ons bevestig deur Spencer
self, als hij in sij opstel „Retrogressive Religion" sé:
„The Infinite and Eternal Energy from which all things
proceed and which is the same Power that in ourselves wells
up under the form of consciousness." l)
Nou sé ons, kan ons in die wereld sekerder kennis
hé, als die kennis van ons selfbewustsijn? En als ons
selfbewustsijn net \'n opborreling in ons is van die
absolute ewige en oneindige krag, en ons op grond
van die bewustsyjn
in ons, die Absolute krag alleen als
wilskrag kan dink — dan is die kennis in Merdie punt
net so korrek als die kennis van die Absolute op die-
self de punt kon gewees het.
En sekerder of juister kennis
als die kennis wat die Absolute op \'n seker punt van
sigself het, behoef ons nou tog waarlik nie te verlang
nie. So duidlik blijk hieruit die onhoubaarheid van
Spencer se beswaar te\'en die kenbaarheid van die Ab-
solute krag, dat ons dit selfs nodeloos ag, dieper in te
gaan op die bo\'genoemde stelling: dat ons in die grond
\') Herbert Spencer, Essays. „Retrogressive Religion".
-ocr page 202-
182
van die saak net kennis dra van één soort oorsaak,
n.1. Wil. Ons eindig dus voorloopig hier en kom daarop
korteliks terug aan die einde van die hoofstuk en vol-
staan hier met die volgende: — Geen wonder dat Spencer
op hierdie punt in die steek gelaat is deur sij troue
discipel Prof. Fiske, wat o. a. sé:
„Absolute Cause is not a blind necessity, is not matter.
It is not matter because matter is out the generalised name
we give to those modiflcations which we refer immediately to
an unknown something outside of ourselves. It was long ago
shown that all the qualities of matter are what the mind
makes them and have no existence as such apart from the
mind. In the deepest sense all that we really know is mind
and as Clifford would say what we call the material universe
is simply an imperfect picture in our minds of a real universe
of mind-stuff." »)
„Our own mind we know directly, our neighbour\'s mind we
know by inference, that which is external to both is a Power
hidden from sense which causes states of consciousness that are
similar in both. Such states of consciousness we call material
qualities and matter is nothing but the sum of qualities. To
speak of the hidden Power itself as material is therefore to
talk nonsense. We are bound to conceive of the Eternal
Reality in terms of the only reality that we know, or else
refrain from conceiving it under any form whatever. But the
latter alternative is clearly impossible. We might as well try
to escape from, the air in which we breathe as to expel from
consciousness, the power which is manifested throughout in
what we call the material universe. But the only conclusion
we can constantly hold, is that this is the very same Power
which wells up in us under the form of consciousness." *)
\') John Fiske, „Excursions of an Evolutionist", p. 326—336.
*) John Fiske, „The Idea of God", p. 152.
-ocr page 203-
183
En op \'n ander plek:
„This is certainly the Power which is here recognized as
God.» »)
\'n Paar woorde o\'er Spencer se beswaar, wat ons
reeds genoem het en wat lui, dat ewemin als ons aan
die krag, waarvan ons ons bewus word als ons \'n
stoel optel, bewustsijn kan toeskrijwe, evenmin kan
ons bewustsijn toeskrijwe aan die Absolute krag wat
ons omring soos die atmosfeer; dat daarom die krag,
wat ons aan die Absolute toeskrijwe net \'n simbool is
van ons ei\'e krag, wat ons ken deur onse spier-inspanning,
als gevolg van \'n wilsuiting. Maar ons oefen krag uit
deur spier-inspanning en dit is tog dwaasheid om te
dink dat die krag, wat ons gewaar geword het in die
oplig van die stoel, ok spiere gehad het.
Ons antwoord hierop is: dat daar iets waars in
hierdie redenering sou gewees het, als onse spiere die
persoon was, wat die stoel gelig het, en als die gevoel,
wat ontstaan het in die spiere deur die optel, die krag was,
waarmee die stoel opgetel is. Die kausaliteit lé nie in
die spiere of in die ontstane gewaarwordinge in die
senuwe nie, die oorsaaklikheid lé agter hulle. Die senuwe
is net die knegte, wat \'n bevel uitvoer. Al was die
senuwe ok totaal sonder gevoel, dan sou daardoor die
persoon, die wil, wat door hulle sij wens uitvoer, nog
nie onbewus wees of sij werk nie kan doen nie. En
so sé ons, die oorsake wat ons toeskrijwe aan die
indrukke op ons bewustsijn gemaak deur die manifes-
tasies van die Absolute, is nie soos onse spiere,
\') John Fiske, „The Idea of God", Preface, p. 25.
-ocr page 204-
184
waarmee ons die stoel optel nie, maar soos die wil,
waarvan die spiere net die slawe is.x)
\'n Ander beswaar van Spencer is:
„If for a moment we made the grotesque supposition that
the tickings and other movements of a watch constituted
a kind of consciousness and that a watch possessed of such
a consciousness insisted on regarding the watchmakers actions
as determined like his own by springs and escapements, we
should simply complete a parallel of which religious thinkers
think much." a)
Hierop antwoord ons:
Gestel dat die ratte en vere in die oorlosie lewe en
verstand gehad het, en dat die oorlosie als gevolg
daarvan in staat was om te kan dink en wil en vra\'e
te stel soos b.v.: wat sou mij tog veroorsaak het ? Als
nou die dinkende oorlosie na lang peins tot die gevolg-
trekking kom, dat hij \'n maker moes gehad het met
bewustsijn en verstand, omdat als hij hom self moes
gemaak het, hij dit op persies dieselfde manier sou
gedaan het als waarop hij gemaak is, dat daarom sij
maker net soos hij, bewustsijn, verstand en \'n tamelik
goeie kop moes gehad het. Ons vra Spencer of hij, wat
in sij jeugd veel aan oorlosiemakerij gedaan het, sou
dink dat die oorlosie \'n groot dwaas is om tot sulke
konklusies te kom. Nee, Spencer kan doen wat hij wil,
hij kan nie ontkom aan die konsequensie van sij ei\'e
gegewens nie. Ons kan alleen ken, waarneem en dink
als mense. Ons kan nog als liggame, nog als geeste
onse ei\'e skaduw ontvlug nie. Als die heelal wat ons
\') Dr. Martineau, „Essays TheologicalandPhilosophical", Vol. II,
„Science, Nescience and Faith", p. 209.
2) „First Principles", p. 111.
-ocr page 205-
185
waarneem, wat op ons \'n indruk maak, \'n manifestasie
is van die Absolute, dan moet die Absolute, ioil en
verstand hé. Dit word nog duidlikker, als \'n mens maar
net bedink wat die oorsaak van onse waarneming is.
Soos Dr. Martineau sé:
„How can the causal law be inductively gathered by expe-
rience when it is the „incunabula" of experience itself, the
condition of the very science in which we gain it".
Als ek b.v. iets waarneem, dan word \'n indruk op
mij gemaak. Iets kom als \'t ware te\'en mij aan. Dit
is nie alleen psychologies, maar ook phiesies juis en
word bewijs deur die lugtrillinge en ether-undulasies. Daar
druk iets op mij netvlies in. En waardeur ontstaan bij
ons die bewustsijn dat ons iets waarneem? Eenvoudig
deur die ervaring wat ons opdoen, wanneer ons ons
Wil inspan en iets veroorsaak, op iets inwerk, op
iets \'n indruk maak. Objektiwiteit word ons dus
gegé deur die wet van oorsaak en gevolg, \'n wet
wat ons aflei uit ons Wil en niks anders nie. Objek-
tiwiteit is nie op sigself \'n verskijnsel nie, maar die
konstruksie wat ons verstand daaraan heg. Ons neem dus
\'n objektiewe wereld aan op grond van onse ei\'e ervaring
van onse wilsinspanning. Daar is vir ons \'n objektiewe
wereld alleen op grond van onse idee van oorsaak en
gevolg — en die idee het ons alleen weer op grond
van die ervaring opgedaan met onse ei\'e wilsinspanning.
Als ons dus geen idee van oorsaak en gevolg gehad
het nie als vrug van die ervaring van onse wilsinspan-
ning, dan kon ons die bestaan van \'n buite-wereld nie
aanneem nie, dan was daar geen waarneming mo\'enlik
nie. En waarlik, ons is tog van niks naas ons selfbe-
-ocr page 206-
186
wustsijn so seker, als van onse waarneming, so seker
als van die bestaan van \'n objektiewe wereld nie.
Stem ons dus toe dat ons iets waargeneem het, dan
stem ons ok daarmee toe dat die waargeneemde vrug
is van dieselfde oorsaak als ons in ons self hen, n.l.
onse Wil. En als onse waarneming nie die gevolg is
van die inwerking van \'n Wil op ons bewustsvjn nie,
dan was ivaarneming vir ons onmo\'enlik; want ons
kan alleen waarneem; omdat ons weet wat wilsinspanning
is. Al wat dus op ons bewustsijn sal inwerk onder \'n
ander vorm als wil, kan eenvoudig deur ons nie waar-
geneem word nie. Onse waarneming is dus die vrug
van \'n wil wat ten grondslag lé van alle verskyjnsele

\'n lewende God. Waarlik, in Hom leef en beweeg
ons. Onder alles in ons en buite ons, onder ons bewust-
sijn, ons waarneming, en die waargeneemde — is uitge-
strek die arme van die ewige God. Met hierdie bewering
staan ons nie alleen nie. Duidlik is dit b.v. ok aange-
toon deur Dr. Martineau in sij „Study of Theology"
Deel I, waarheen ons die leser verwijs.
-ocr page 207-
HOOFSTUK VIII.
sy Agnosticisme en aft Idee en Oorsaak van Evolusie.
Wat is die centraal idee van sij evolusiewet ? Dis —
krag wat in beweging is, krag wat ontplooi. Alles is
krag. „Force is the ultimate of ultimates." En alle
krag is net die transformasie, die ontvouing, die voor-
gesitte beweging van die krag wat aan alle kragte ten
grondslag lé — die absolute persistente krag. Hier het
ons die thema van sij evolusie-leer, wat bijna op elke
bladsij van sij werke uitkom. B.v. om net \'n paar
aanhalinge te gé:
„Evolution is an integration of matter, and concomitant
dissipation of motion, during which the matter passes from a
positively indefinite, incoherent homogeneity to a relatively
definite coherent heterogeneity and during which the obtained
motion undergoes a parallel transformation." *)
En van hierdie in beweging sijnde, ontwikkelende, voor-
gaande kracht, zegt hij:
\') F. Howard Collins, „Epitome of the Synthetic Philosophy of
Herbert Spencer", p. 47.
„First Principles", 6* Ed., p. 321, 348, etc.
Richard Armstrong, „Agnosticism and Theism in the 19"1 Cen-
tury, p. 53.
-ocr page 208-
188
„That which persists unchanging in quantity but ever chan-
ging in form under the sensible appearances which the universe
presents to us, trancends human knowledge and conception,
is an unknown and unknowable Power which we are obliged
to recognize as without limit in space, and without beginning
or end in time".\')
Die heelal is dus \'n gevolg, \'n produk van die trans-
formasies van hierdie onbekende en onkenbare absolute
krag wat aan alle kragte ten grondslag lé.
Hoe het dit gekom? Hoe is die krag uit die onsig-
bare in die sigbare o\'ergegaan ? Wat is die geskiedenis
van die proses gewees ? Hier lé die taak van die
Philosophie volgens Spencer. „Philosophy rightly so
called can come into existence only by solving this
problem."
Hierdie probleem los hij op deur te sé: dat die
geskiedenis van die heelal deur net twee woorde be-
skrijf word: evolusie en dissolusie, o\'ergang uit die
onsigbare in die sigbare en vice versa.
Ons het vooral met die eerste te doen. Die vraag
is daarom: hoe ontvou hierdie krag, waver proses
deurloop dit? M. a. w., wat is die wet van evolusie?
Die wet kan in één volsin saamgevat word: dissipasie
van krag met die noodwendig daarmee saamgaande
koncentrasie of integrasie van stof. B.v. als die water-
damp in die lug sij warmte, d. i. sij krag, verlies,
integreer of kondenseer dit en word \'n wolk, en ver-
lies die weer van sij warmte of krag, dan integreer
die nog meer en word tot druppels, en wanneer die
\') Herbert Spencer, „Reasons for dissenting from the Philosophy
of M. Comte", p. 29.
-ocr page 209-
189
ok weer die bietjie krag of warmte wat nog in hulle
o\'ergeblij is, verlies, integreer hulle nog meer en word
sneeuw. Die aanhou voorgaande redistribusie van krag en
stof is wat evolusie bevat, niks minder of niks meer nie.
Hierdie evolusie is eenvoudig, als die proses van
integrasie of die formasie van \'n koherente aggregaat,
aangaan sonder komplikasies wat deur ander processe
veroorsaak is. En is meervoudig, als saam met hierdie
eerste verandering van \'n inkoherente tot \'n koherente
toestand gepaar gaan sekondaire veranderinge, wat
veroorsaak is deur die onderskeid in die omstandighede
van die verskei\'e dele van die aggregaat. Die sekondaire
veranderinge vorm \'n transformasie van die homogene
tot die heterogene, \'n transformasie wat net soos
die eerste gesien word in die heelal als \'n geheel en
in elke onderdeel daarvan, in die aggregasie van sterre
en nevelvlekke, in die planetestelsel, in die aarde als
\'n anorganiese massa, in elke organisme, plant, dier of
mens, in die aggregaat van organisme deur die geologiese
tijd heen, in die menslikke gees, in die maatskappij
en in alle voorbringsels van menslikke nijverheid.
Hierdie proses van integrasie kombineer met die proses
van differensiasie om \'n verandering te bewerk, nie
alleen van homogeneiteit tot heterogeneiteit nie, maar
van \'n indefinitiewe homogeneiteit tot \'n definitiewe
heterogeneiteit, en dit geld, net soos ons bó gesé het, vir
al die bestaande, anorganies, organies en superorganies.
Saam met hierdie redistribusie van die stof wat die
evolverende aggregaat uitmaak, gaan daar gepaar \'n redis-
tribusie van die inherente beweging van die dele waaruit
die aggregaat bestaan, \'n beweging wat ok van stap
tot stap hoe langer hoe meer definitief heterogeen word.
-ocr page 210-
190
Dat dit die geskiedenis van die beweging van die krag
van die heelal is, blijk op elk gebied daarvan. B.v.:
Op anorganies gebied. Ons sonstelsel b.v. het ontstaan
deur o\'ergang uit \'n chaoties-uitgebreide, inkoherente
in \'n kosmies-gekonsolideerde, koherente toestand. Eers
stofdeeltjies in \'n chaotiese toestand, toe meer koncen-
trasie in \'n nevel-bol; deur die daardeur veroorsaakte
ontzettende ontwikkeling van hitte en beweging het
die \'n gasvormige sferoide geword, en deur die dis-
sipasie van hitte en die toenemende integrasie van stof
het dit weer geword \'n vloeibare sferoide. En wat
so met die geheel gebeur het, moet ok gebeur met elke
deeltjie daarvan. Deur die beweging het ringe gevorm
om die centraal massa, en die het weer volgens die-
selfde wet opgebreek in kleinere ronde massas, wat
elk een weer volgens dieselfde wet kringe om hom
self heen gevorm het, soos nou nog te sien is in die
kringe om Saturnus. Op die manier het die son met
die daarom bewegende planete, en die weer om hulle
heen bewegende mane, ontstaan.
Die geskiedenis van die aardbol leer dieselfde. Die in-
wendige hitte bewijs, dat dit vroe\'er \'n gesmelte massa was.
Deur die dissipasie van hitte het integrasie plaas gevind
— daardeur het die aardkors ontstaan. Verder afkoeling
van die aardkors het die neerslag van alle vir verdik-
king vatbare bestanddele in die atmosfeer veroorsaak en
daarna die precipitasie van water, terwijl die lug agterblij.
Dit het weer veranderinge in die klimaat op die aardkors,
met die daarmee saamgaande grote differensierende
invloede op die aardkors selwe, veroorsaak. Verder
afkoeling het nog groter verandering in die aardkors
veroorsaak, soos b.v. die vorming van berge met hulle
-ocr page 211-
191
invloed weer op die klimaat, die re\'enval, en daardeur
weer op plante- en diere-lewe, ens.
Op organies gebied. Die selfde proses gaan deur in
die plante- en diere-rijk. Elke plant groei deur in hom
te koncentreer die gasstoffe, wat versprei is in die lug.
Elke dier leef deur hierdie in die plant gekoncentreerde
gasstoffe in hom te koncentreer en alle vlijsvretende
diere leef weer op die plantvretende diere.
Nog duidlikker kom die integrasie van stof met die
daarmee saamgaande dissipasie van beweging in die
vorm van funksies uit, als \'n mens die liggaam van
plant en dier bestudeer. Die saad van die plant b.v.
is eers eenvormig. Dan begin integrasie en dissipasie.
Die tot-stikstof-behorende dele koncentreer hulle op één
plek en die nie-tot-stikstof-behorende dele koncentreer
hulle op \'n ander plek en koncentreer weer daar tot
nuwe mingsels. Deur verder koncentrasie ontstaan dan
in die plant vir sij verskillende funksies van wortel,
bas, blad, blom, vrug, weer stoffe soos stijsel, suiker,
gom, hout, kurk ens.\')
In die ovum van die dier is die bestanddele eers
gelijk onder mekaar geming, maar langsamerhand begin
die verskillende bestanddele soos protein, vet, soute,
in verskillende plekke te koncentreer, en die in ver-
skillende plekke gekoncentreerde stoffe word nog meer
gekoncentreer, sodat op een plek hematine wordt tot
bloed en op \'n ander plek die vet en eiwitstoffe tot
senuwweefsel. Op één plek word die tot-stikstof-
behorende materie tot kraakbeen, en op \'n ander plek
koncentreer die kalkagtige soute hulle in die kraakbeen
\') „First Piïnciples", W* Ed., p. 268.
-ocr page 212-
192
en word tot been. En so hou die verdeling van stof
en die daarmee saamgaande beweging altijd deur aan,
totdat die liggaam is sij wonderbare fijn struktuur klaar
voor ons staan.
Op superorganies gebied. Eers leef elke barbaar
alleen en vir hom-self. Om hom beter te kan beskerm
te\'en ongedierte en vijande en beter te kan jag, kon-
centreer hulle en vorm stamme. Maar die integrasie
veroorsaak weer dissipasie van krag. Daar moet deur
sulke koncentrasie verskillende werksaamhede ontstaan
en daarvoor verskillende ampte. Partij moet regeer,
partij werk en partij veg. Hoe meer \'n volk in beska-
wing toeneem, hoe meer koncentrasie op elk gebied,
van die parlement af tot die huisgesin toe. Waar
vroe\'er net één man \'n la\'er aangevoer het, kom
kommedant-generaal, veggeneraal, kommedant, veldkor-
net, korperaal. In één woord: hoe meer koncentrasie,
hoe meer funksies. Daar is o\'ergang uit verwarring tot
orde en harmonie.
So ok op taalgebied. Ok hier geld dit: hoe meer
koncentrasie van stof, hoe meer dissipasie van krag.
Hoe minder koncentrasie van gedagte, hoe gebrekkiger
die woordenskat, soos b.v. bij die kind en die barbaar,
maar hoe meer die gedagte gekoncentreer, hoe rijker
die taal word.
Ok so met dink. Hoe meer \'n mens dink, tot hoe
meer gebiede sij gedagtes uitgebrei word. Op die manier
het b.v. die verskillende fakulteite en in elk een hiervan
die verskillende onderdele ontstaan.
Die gang van evolusie is dus van die homogene tot
die heterogene, en van die heterogene tot die meer
heterogene, wat, soos op elke gebied blijk, beteken —
-ocr page 213-
193
tot die meer definitiewe. En hierdie re\'el gaan deur
sowel bij die gang van die koncentrasie van stof als
bij die gang van die met die koncentrasie saamgaande
dissipasie van beweging op anorganies, organies en
superorganies gebied. l)
DIE OORSAAK VAN DIE EVOLUSIE-PROCES.
Die oorsaak van die beweging van die krag, wat
ons evolusie noem, lé in die onstandvastigheid of insta-
biliteit van die homogene, wat weer die gevolg is
van die blootgesteldheid van die verskillende dele van
\'n beperkte aggregaat aan incidente kragte. 2) Hoe
volmaak \'n skaal ok balanseer, hij kan so nie blij staan
nie, omdat die verskillende dele van \'n homogene liggaam
blootgestel is aan verskillende kragte en gevolglik
noodwendig moet gewijsig word. Hierdie feit word ok
weer bevestig op anorganies, organies en superorganies
gebied. Die aardbol b.v. was eenmaal \'n gesmelte ronde
massa, \'n homogene liggaam, maar omdat dit blootgestel
was aan die krag van die son, moes daar, toe die
aardkors afgekoel het, die verskille ontstaan, wat ons
te\'enswoordig sien tussen die poolstreke en die trope
met die reeks van verskille wat weer hieruit ontstaan
het. Net so in die plante- en diere-rijk. Die homogene
massa — die embrio, of die kleef aan die blad van \'n
boom, of drijwe op die water, of in die uterus van die
dier aanwesig is, sij binnenste en buitenste dele staan
in verskillende betrekking tot die omstandighede wat
\') „First Principles", 6th Ed., p. 264—285 etc. etc.
a) T. a. p., p. 326-348.
13
-ocr page 214-
194
dit omring, soos warmte, lig, suurstof, of die moederlikke
liggaamsdele. Die gevolg is, dat dit sij oorspronklikke
equilibrium verlies en daardeur die reeks van gevolge
wat daaruit voorvloei veroorsaak.
So ok in die superorganiese. Die ontwikkeling van
die verstand van \'n kind b.v. is in die begin homogeen,
maar netnou begin die buitewereld op hom in te werk.
Hij begin waar te neem. Dan begin hij die verwarde
menigte van waargeneemde dinge te klassiflceer en die
weer te deklassificeer ens., totdat die verwarde aggregaat
van waargeneemde dinge na die klassifikasie, deur hom,
geken word. So ontstaan alle kennis, wetenskap en taal.
Alle maatskaplikke ontwikkeling ontstaan op die-
selfde manier. Die transformaties, wat ontstaan is deur
die instabiliteit van die homogene, als \'n gevolg van
die op verskeie manier van blootgesteldheid van die
homogene aan incidente kragte, word gekompliceer deur
die vermenigvuldiging van die gevolge. Elke massa
waarop \'n krag werk, verdeel en differensieer die krag,
wat als gevolg daarvan weer \'n verskeidenheid van
veranderinge teweeg bring en die weer nog groter
verskeidenheid e,n,s.
Hier die twee oorsake van toenemende differensiasie
word bevorder deur segregasie, die proses wat soort
tot soort drijf en op die manier reeds bestaande diffe-
rensiasies nog meer verskerp en uitbrei.
Die allerlaaste gevolg van die transformasie, is equili-
brasie. Die veranderinge wat van tijd tot tijd aangebring
is, word voorgesit totdat \'n equilibrium bereik word
tussen die kragte, waaraan die dele van die aggregaat
blootgestel is.
-ocr page 215-
195
IDEE EN OOBSAAK VAN HIERDIE EVOLUSIE GETOETS.
Evolusie is dus bij Spencer krag wat in beweging is
en wel die Absolute Krag. Alles, van die siel tot die
ster, van die kindersug tot die woedendste see-storm —
alles is net \'n openbaring van krag en wel in laaste
instansie openbaringe van die Absolute Krag wat ten
grondslag lé van alle verskijnsele. Of met ander woorde:
evolusie is die transformasie van die onbekende en
onkenbare krag wat aan alle verskijnsele ten grondslag lé.
Maar die idee gé aanleiding tot verskillende opmerkinge.
Ten eerste. Wat sluit die beweging in? Beweging
is net \'n sinoniem vir verandering en die idee veran-
dering is onafskeibaar verbonde aan die van tijd.
Sonder die een is die ander nie dinkbaar nie. Dan,
soos Spencer self sé, daar kan geen beweging plaas
vind, sonder iets wat beweeg word nie.
„It is impossible to conceive raotion in the absence of some-
thing moved." x)
En ons voeg als \'n korollarium hieraan toe: Als
beweging nie veroorsaak is nie, dan moet dit sigselwe
veroorsaak het.
Maar geen een van hierdie twee klaarblijklikke
waarhede kan ons aanneem nie, sonder om daardeur
te kom tot die erkenning van \'n skepping als ons die
eerste aanneem, en tot die erkenning van \'n self bewuste
God als ons die twede aanneem.
Neem ons aan dat daar geen beweging of verandering
is sonder iets wat beweeg of verander word nie, dan
\') „First Principles», 6«> Ed., p. 44.
-ocr page 216-
196
moet ons \'n Skepper aanneem. Waarom? Omdat wat
verander onder tijd val. Wat verander moet \'n tijd
van ontstaan gehad het. Als wat verander nie \'n tijd
van ontstaan moet gehad het nie, nie begin om te
ontstaan was nie, dan moet daar \'n ewige beweging
of verandering kan wees. M. a. w., ons moet dan aan-
neem \'n perpetuum mobile. Maar die idee perpetuum
mobile is \'n onmo\'enlik begrip, is \'n contradictio in
terminis. Want verandering is, soos bó gesé, onafskei-
baar verbonde aan tijd. Jij sou dus ewegoed kan praat
van \'n ewige tijd. En dit is absurd, net so absurd als
om te praat van \'n vierkante cirkel. Tereg sé daarom
ok Dr. Josue Uhlmann:
„Eine unendliche Reihe cndlicher Erscheinungen bleibt ein
Unding." \')
Daar kan dus net één wettige konklusie getrek word
uit Spencer se gegewens hier, en die is: daar moet \'n
beweger van die beweegde, \'n verandering-teweeg-
bringende oorsaak van die veranderende, \'n buite die
tijd staande oorsaak gewees het. Twee predikate of
qualiteite is daarom noodwendig aan hierdie oorsaak
toe te skrijwe, n.a. oorspronklikke Beweger en staande
buite die tijd, dus \'n ewige Beweger.
Maar wil jij nie iets aanneem wat beweeg word nie,
dan moet jij kom tot die bógenoemde korollarium. Als
beweging nie veroorsaak is nie, dan moet dit sigself
veroorsaak het. Maar neem jij dit aan, dan moet jij
ok aan die bewegende selfbewustsijn toeskrijwe, \'n
persoonlik wese daarin sien; \'n Ek wat hom self
l) „Die Persünlichkeit Gottes und ihre modernen Gegner", von
Dr. Josue Uhlmann.
-ocr page 217-
197
beweeg. Neem jij nie \'n Ek wat hom self beweeg aan
nie, dan moet jij aanneem \'n Ek wat beweeg word.
Maar dan verval jij weer in die onmo\'enlikke idee van
\'n perpetuum mobile of \'n ewige reeks van oorsake
— altwee onmo\'enlikhede. Maar hier kom \'n bainje
ernstige vraag op. Waver reg het ons om te beweer
dat wat \'n absurditeit insluit als idee ok \'n absurditeit
moet wees in die werklikheid? Waarlik \'n ernstige
vraag! Maar ons word hier gehelp deur niemand minder
als Spencer self. Die verstand, sé hij, is net die produk
van die indrukke wat die verskijnsele op ons gemaak
het. Die verstand is soos lewe, \'n aanpassing aan sij
omgewing, „a continuous adjustment of internal rela-
tions to external relations" : *)
„The simplest cognition being the establishment of some
connexion between subjective states answering to some con-
nexion between objective states." a)
Hierdie indrukke of ervaringe, sé Spencer, is deur
dat geslag tot geslag die selfde indrukke ontvang het,
deur o\'ererwing in die menslikke gees gestereotipeer
en tot klaarblijklikke waarhede geword. Die menslikke
gees was dus oorspronklik in die oerperiode van sij
bestaan soos \'n skoon stuk papier.
Maar als dit nou die oorsprong van die menslikke
verstand is, als die menslikke verstand net \'n kopie is
van die indrukke van die buitewereld of natuur op ons
bewustsijn, dan moet wat vir die menslikke verstand
absurd is, ok absurd wees in die natuur en vice
versa.
\') „First Principles", 6th Ed., p. 62.
a) T. a. p., p. 63.
-ocr page 218-
198
Maar ok afgesien van Spencer se verklaring van
die oorsprong van die verstand, is dit duidlik, dat wat
absurd is vir ons gees ok absurd is in die natuur.
Als daar b.v. nie soo\'n organies verband tussen onse
gees en die natuur bestaan nie, dan kon daar ok nooit
sprake wees van \'n wetenskap van die natuur deur
die verstand nie. Treffend is dit daarom ok wat Prof.
Iverach gesé het:
,Is not the raatheraatical thinking of the universe done
after the fashion of a man? Are not the ellipses, the paraboles
of the Greek geometers patterns according to which the planets
move? Is not the necessity of the nature paralleled by the
necessity of logic?" „Both in nature and in logic, what is
absurd is impossible." \')
Bovendien om weer die bo\'enste argument te hervat,
die idee van \'n ewige reeks van oorsake word deur
Spencer so beslis mo\'enlik verwerp, en \'n eerste oor-
saak aangeneem. Ons haal net \'n paar van sij uitdruk -
kinge aan om dit aan te toon:
„When from the unlikeness between the effects they produce
on consiousness we predicate unlikeness between two objects,
what is our warrant? Our warrant is the persistence of force.
Some kind or amount of change has been wrought in us by
the one which has not been wrought by the other. This
change we ascribe to some force exercised by the one which
the other has not exercised and we have no alternative but
to do this or to assert that the change had no antecedent,
which is to deny the persistence of force." s)
„By the persistence of Force we really mean the persistence
of some Cause which transcends our knowledge and concep-
\') James Iverach M.A., „Evolution and Christianity", p. 65.
a) „First Principles", 6th Ed., p. 369.
-ocr page 219-
199
tion. In asserting it, we assert an unconditioned Reality without
beginning or end." \')
„Evolution having thus commenced must continue." *)
Hiermee is duidlik aangetoon dat, als ons Spencer se
deflnisie van die evolusie-wette moet aanneem, ons dan
van self gelei word om \'n selfbewuste oorsaak van
die heelal aan te neem en dus tot die weerlegging van
sij agnosticisme deur hom self.
Ten twede. Ons kom nou tot \'n bainje belangrikke
punt, die beskouing n.a. van Spencer se oorsaak van
die beweging van krag, m. a. w. die oorsaak van evolusie.
Wat is volgens hom die oorsaak van evolusie? Sij
antwoord word in één kort sinnetjie saamgevat: „the
instability of the homogeneous."
„The absolute homogeneous must lose its equilibrium and
the relatively homogeneous must lapse into the relatively less
homogeneous." ")
Op hierdie oorsaak van Spencer se evolusie, op die
hoeksteen dus van sij ganse sinthetiese philosophie,
veroorloof ons ons die volgende opmerkinge:
(a). Homogeneiteit en instabiliteit sluit mekaar uit.
Die begrippe homogeneiteit en instabiliteit staan in lijn-
regte te\'enspraak met mekaar. Als die homogene
homogeen is, is dit ok stabiel, en als dit nie stabiel
is nie, is dit ok nie homogeen nie. Dit is so klaarblijklik,
dat dit geen verder kommentaar nodig het nie.
(b). Als die homogeneiteit van die oorspronklikke
krag of stof of hoe hij dit ok noem wil, absoluut was,
\') „First Principles", p. 155.
") T. a. p., p. 347.
«) T. a. p., 6"> Ed., p. 326-348.
-ocr page 220-
200
dan moes die instabiliteit ok absoluut gewees het.
M. a. w., dan moes dit \'n ewige roerlose dooie see gewees
het. Als hierin soos Spencer wil \'n „rearrangement",
\'n roering begin was, dan kon dit nooit van binne
(omdat dit absoluut was), maar alleen van buite af
gekom het nie. Daar moes \'n storing in die ewige konti-
nuiteit ontstaan wees, \'n ingrijp van God plaas gehad
het, of m. a. w. \'n skeppingsdaad volbring gewees het.
Dit blijk te meer als ons dit ok nog uit \'n ander oogpunt
beskou. Spencer sé uitdruklik, dat die instabiliteit van
die homogene word veroorsaak deur „incident farces".
„The instability thus variously illustrated is consequent on
the fact that the several parts of any horaogeneous aggregate
are exposed to different forces, forces which^differ in kind or
amount, and are of necessity differently modifled. The relations
of outside and inside and of comparative nearness of the parts
to neighbouring sources of influences imply reception of influ-
ence that are unlike in quantity or quality or both; unlike
changes now teraporary, now permanent, being caused....
Each of these minor groups like the major group must gradu-
ally, in obedience to the unlike influences acting on it, lose
its balance of parts and pass, from an uniform into a multiform
state." »)
\'n Eier b. v. sal nooit sij homogeneiteit verlies en
tot die heterogeneiteit van \'n vrot- of broei-proses o\'er-
gaan, als daar nie deur kragte van buite af op ingewerk
word nie, die warmte b.v. van die hen. Sonder \'n van
buite af inwerkende omgewing, geen verandering, geen
evolusie nie. Maar die universum in sij geheel beskou
is oneindig, het geen omgewing nie, kan dus aan geen
kragte, geen van buite af inwerkende omgewing onder-
*) „First Principles", 6*h ed., p. 328.
-ocr page 221-
201
hewig gewees het nie, tensij jij die inwerking van \'n
bó en buite die heelal staande nie-kosmiese krag,
m. a. w. van \'n self bewuste God aanneem nie. Spencer
druk dus deur sij bewering van die oorsaak van die
instabiliteit van die homogene, die punt van sij swaard
op die bors van sij ei\'e argument. Wat Steward en
Tait in hulle werk „The Unseen Universe" gesé het
van die wording van die atoom uit \'n volmaakte vloeistof,
geld ok hier van die heelal:
„In the production of the atora from a perfect fluid, we
are driven at once to the unconditioned—to the great First
Cause—it is infineanactofcreationandnotofdevelopment.\'\' \')
(c). Maar laat ons vir \'n o\'enblik van Spencer se
oorspronklikke, indefinitiewe, inkoherente, homogene
grond van die dinge uitgaan en vra: wat was die toe-
stand van die atome of vortices of wat jij ok wil
aanneem van die oorspronklikke, inkoherente, indefmi-
tiewe, homogene stof of krag ? Was die atome, of vor-
tices, of elektrons ok indefinitief, inkoherent, of homogeen?
So ja, dan was hulle geen atome nie. Al moes ons
selfs, soos Prof. Ward2) tereg op wijs, agter die atome
terug gaan en veronderstel dat die oorspronklikke oer-
stof, soos Sir William Crookes wil, in hulle gehad het die
potensialiteit van elke mo\'enlikke kombinerende proporsie
of gewig, dan blij Spencer nog staan voor die ono\'erkom-
likke beswaar, dat soo\'n oerstof tog nog nie homogeen
was nie. Die doel van die sinthetiese philosophie, om n.1.
die gang van die evolusie van die heelal te beskrijwe van
die onsigbare tot die sigbare en daarvandaan weer tot die
\') „Unseen Universe", 2ndEd., p. 117.
") James Ward Sc.D., „Agnosticism and Naturalism", Vol. I, p. 224.
-ocr page 222-
202
onsigbare terug, lij skipbreuk bij die eerste vaart. Sij
kan die begin van die evolusie nie vind nie, \'n philo-
sophiese analise gé haar daar geen rus vir die holte
van haar voet nie. Geen wonder nie, dat wanneer hij
die beginsel van die instabiliteit van die homogene
prakties gaan toepas, hij homself pragtig weerlé. Ons
noem net één uit vele voorbeelde wat voorkom in sij
hoofstuk „The Instability of the homogeneous", die
van die chemiese differensiasie ]) n.1. Daarin toon hij aan,
dat chemiese kombinasies wat eenvoudig is, op \'n ho\'er
temperatuur kan bestaan als veelvoudige kombinasies.
Laat hom self praat:
„Along with these most marked physical differentiations of
the earth, there have been going on numerous chemical differ-
entiations admitting of similar interpretations. Leaving aside
all speculations concerning the origin of the socalled simple
substances, it will suffice to show in place of that comparative
homogeneity of the earth\'s crust, chemically considered, which
must have existed when its temperature was high, there has
arisen during its cooling an increasing chemical heterogeneity.
Let us contemplate this change somewhat in detail; at an
extreme heat the bodies we call elements cannot combine
even under such heat as can be artificially generated some
very strong afflnities yield, and the great majority of chemical
compounds are decomposed at much lower temperatures. Pro-
bably therefore when the earth was in its flrst stage of incon-
descence there were no chemical combinations. But without
drawing this inference let us set out with the unquestionable
fact that the compounds which can exist at the highesttem-
peratures which must therefore have been the first form as
the earth cooled, are those of the simplest constitutions. The
protoxides (including under that head the alkalies earths etc.)
») „First Principles", 6^ Ed., p. 833.
-ocr page 223-
203
are as a class the most stable compound known. The least
changeable by heat. These consisting severally of one atom
of each component element are but one degree less homo-
geneous than the elements themselves. More heterogeneous
than these, more decomposable by heat, and therefore later
in the earth\'s history are the denteroxides, tritoxides, proxi-
des etc. in which two, three or four or more atoms of oxygen
are united with one atom of metal or other base. Still less-
able to resist heat are the salts," etc. etc.
Wat het hij hiermee bewijs ? Niks anders als dat die
voornaamste, die eerste oorsaak van die evolusie, die
hoeksteen van sij sinthetiese philosophie, totaal verkeerd
is volgens sij ei\'e definisie. Hij het n.1. bewijs, dat die
instabiliteit van die homogene nie deurgaan als \'n
evolusie-princiepe nie, want Prof. Ward het daar tereg
die aandag op gevestig, dat eenvoudige kombinasies
onder \'n ho\'er temperatuur kan bestaan dan saamge-
stelde, m. a. w. dat chemiese stabiliteit afneem naar-
mate die chemiese komplexiteit toeneem, sodat b.v.
wat ons vir chemiese grondstoffe hou, nie deur selfs
die grootste hitte wat kunsmatig kan aangebring word,
kan ontbind word nie, terwijl aan die ander kant
organiese mingsels wat in die hoogste mate komplex
is, gereedlik ontbind word deur betreklik geringe hitte.
En volgens Spencer se redenering behoort die grootste
instabiliteit juis daar te wees, waar die hitte die grootste
is en die chemiese elemente daarom in die oudste
vorm bestaan.
Daar nou alle sigbare stof min of meer chemies
saamgestel is, is wat ons hier aanvoer van toepassing
op die hele sigbare heelal, en natuurlik ok op die hele
evolusie-theorie. Deur hom self dus op hierdie sentrale
-ocr page 224-
204
punt te weerlé, gooi Spencer sij hele stelsel onderste bó.
Om wat ons gesé nog \'n bietjie duidlikker temaak:
Volgens Spencer se wet moet die aardbol naarmate
die meer homogeen was ok des te meer instabiel ge-
wees het. Dit wil weer sé, dat dit des te meer kom-
plexer moes gewees hé, want alle chemiese grond-
stoffe en mingsels was hier almal in één toestand
begrepe. En tog beweer Spencer in bógenoemde verhaal
van die geskiedenis van die chemiese bestanddele op
die gedurig koeler wordende aardkors, dat, hoe komplexer
die chemiese grondstoffe, hoe stabieler hulle geword het.
Dus in lijnregte te\'enspraak met die fondament van sij
evolusie. Tog moet ons hier nog op \'n bainje belangrik
punt die aandag vestig, omdat dit anders die skijn kan
hé, dat ons aan Spencer nie reg laat wedervaar nie,
Op die vraag, wat die toestand van die oerstof of
oerkrag was, waaruit die heelal ontwikkel het, het
Spencer se antwoord in later edisies van sij „First
Principles" verandering ondergaan. In die eerste edisie
was sij antwoord, dat die oorspronklikke toestand die
van „Absolute homogeneiteit" gewees het.*) Maar later
het hij ingesien, dat soo\'n toestand geen ontwikkeling
kan doen ontstaan nie, tensij dat jij moet aanneem, soos
ons reeds opgemerk het, die ingrijp van \'n nie-kosmiese
krag of m. a. w. \'n skeppingsdaad. Daarom het hij in
sij twede edisie die „Absolute homogeneous" verwissel
vir die „relatively homogeneous must lapse into the
relatively less homogeneous".2) Daarmee het hij dus
gepostuleer, dat die oorspronklikke toestand van die
\') „First Principles", Stereo. Ed., p. 278-280.
•) T. a. p., Rev. Ed., p. 367.
-ocr page 225-
205
heelal nie \'n absoluut en onbeperkte homogene aggregaat,
was nie maar \'n beperkte aggregaat.
„One stable homogeneity only is hypothetically possible. If
centres of forces absolutely uniform in their powers were dif-
fused with absolute uniformity through unlimited space, they
would remain in equilibration. This however, is through a
verbally intelligible supposition, is one that cannot be repre-
sented in thought since unlimited space is inconceivable." \')
En als die oorsaak van die heterogeen-word van die
oorspronklikke homogene het hij aangegé:
„Even apart from the action of any external force, the
equilibrium of a homogeneous aggregate must be destroyed
by the unequal actions of its parts on one another. That
mutual influence which produces aggregation (not to mention
other mutual influences) must work different effects on the
different parts, since they are severally exposed to it in an
unlike amounts and directions. This will be chearly seen on
remembering that the portions of which the whole is made
up, may be severally regarded as minor wholes, that one
each of these minor wholes the action of the entire aggregate
then becomes an external incident force, that such external
incident force must as above shown work unlike changes in
the parts of any of such minor wholes and that if the minor
wholes are severally thus rendered heterogeneous, the entire
aggregate is rendered heterogeneous." 2)
Maar dit alles is aan ernstige kritiek onderhewig:
(a). Deur te sé dat die oorspronklikke toestand
nie \'n absoluut homogene was nie, soos hij in sij eerste
edisie gesé het, maar \'n relatiewe homogene, dus \'n
beperkte aggregaat, het bij net die moeilikheid, wat sij
\') „First Principles", 6* Ed., p. 367.
■■) T. a. p., p. 347.
-ocr page 226-
206
Absolute homogene aggregaat aangekleef het, verder
naar agter toe verskuiwe, maar hoegenaam nie weg-
geneem nie. Dit loop bij \'n bietjie nadink daadlik in
die oog. In sij eerste edisie sé hij: die absoluut
homogene is die begin van evolusie. In die latere:
die relatief homogene is die begin van evolusie. Maar
als die relatief homogene begin te verval het tot \'n
relatief minder homogene en op die manier begin ont-
wikkel het, dan moes noodwendig die relatief homogene
veroorsaak gewees het deur \'n nog minder relatief
homogene, en dit weer deur \'n nog minder relatief
homogene en so onvermijdlik terug, totdat jij, gedrijwe
deur \'n „onverbiddelikke logika", aanland bij\'n absoluut
homogene, wat relatief homogeen begin te word het
en op die manier ontwikkel het. Ons herhaal, tot die
konklusie word ons gedrijwe deur (om \'n term van
Spencer te gebruik) \'n „inexorable logic", net soos
Spencer hom, volgens sij ei\'e woorde, laat drijwe het
om \'n eerste oorsaak van alle verskijnsele — die
Absolute persistente krag — aan te neem. Dus hoewel
Spencer sij bakens versit het en, om \'n begin van die
evolusie-proses te verkrij, \'n relatief homogene in
plaas van \'n absoluut homogene gepostuleer het, hy
het tog weer kom staan voor dieselfde moeilikheid,
n.1. die onmo\'enlikheid om uit die absoluut homogene
\'n begin van die wereldproses sonder die ingrijp van
\'n God te verklaar.
Maar laat ons ok hier weer maar aanneem wat
Spencer wil, n.1. dat die oorspronklikke relatief homogene
aggregaat beperk was. Dan kom die volgende vra\'e op:
(a). Hij sé, dat ons verplig is om \'n beperkte oor-
spronklikke relatief homogene aggregaat aan te neem,
-ocr page 227-
207
omdat onbeperkte ruimte ondinkbaar of liewer onbe-
grijpbaar is. Maar sluit onbegrijpbaarheid dan onmo\'en-
likheid van bestaan in? Is die onbegrijpbaarheid van
die grootheid van die son \'n voorwaarde vir die al of
nie bestaan van die son nie? Soo\'n eis laat ons bijna
dink aan die Spaanse koning, wat spijt gehad het omdat
hij nie bij die ontstaan van die wereld te\'enwoordig was
om goeie raad te gé nie. Is dan Spencer se Absolute, van
wie se bestaan hij so seker is, dat hij sé: „its existence
is a necessary datum of consciousness", meer begrijpbaar ?
(b). Hij sé, dat ons ons geen onbeperkte ruimte kan
dink nie, geen ruimte waar geen ruimte meer omheen
sal wees nie. Maar kan ons ons misskien \'n beperkte
ruimte dink? Die lig van die dubbel ster Alberio het
60 jaar nodig gehad om die aarde te bereik. Wat \'n
duislingwekkende afstand! Maar al het sij lig ok 60 miljoen
jare nodig gehad om die netvlies van ons oog te bereik,
kan \'n mens jou dan nog \'n afstand dink waarbó geen
afstand, geen ruimte meer is nie? Nee, \'n absolute
ruimte wat beperk is, is absoluut ondinkbaar.
(c). Daar ons ons geen ruimte waarbuite geen ruimte
meer sal wees, kan dink nie, kan ons nie anders als
aanneem, dat die oorspronklikke aggregaat ok oneindig
was nie. Te veronderstel dat die oorspronklikke aggregaat
beperk was, is \'n pure assumsie, waarvoor buite die
idee van \'n Skepper om, wat soo\'n ruimte beperk ge-
maak het, dus geskape het, absoluut geen grond bestaan
nie. Spencer het op sij standpunt geen skijn van grond
gehad om soo\'n beperkte homogene aggregaat aan te
neem nie.
Maar al moet ons dit ok aanneem, dan is daar in elk
geval \'n te\'enspraak met sij agnosticisme in:
-ocr page 228-
208
(d). Als \'n mens sé, dat die oorspronklikke aggregaat
beperk was, dan moet jij \'n Skepper daarvan aanneem,
omdat, soos ons reeds gesien het, die aggregaat volgens
Spencer sou moet geword het deur konsentrasie, inte-
grasie of aggregasie of hoe \'n mens dit ok wil noem.
Deur die konsentrasie van tot in die ewige deelbare
stof kon dit nie geword het nie, want dit sluit \'n
onmo\'enlikheid in. Dit kon net geword het deur die
konsentrasie van ondeelbare eenhede, atome of wat ok,
maar dan sluit dit ok \'n skepping in, soos ons reeds
aangetoon het.
Maar daar is vooral drie redes, waarom dit onmo\'enlik
is om te dink, dat \'n beperkte homogene aggregaat kon
ontstaan of bestaan het sonder \'n Skepper.
Ten eerste. Als dit beperk was, moet dit \'n tijd
van ontstaan gehad het. Net als dit onbeperk was,
kon dit ewig gewees het, maar dan ok nie ontstaan
in die tijd nie.
Ten twede. Dit moes \'n tijd van ontstaan gehad het,
ok omdat die heterogene heelal wat ons nou ken en
wat nog altijd aan verander of heterogener-word is,
daar \'n gevolg van is. Die heterogener-word van ons
heelal vind plaas in die tijd, daarom moes die eerste
stap van die proses ok in die tijd plaas gehad het.
Ten derde. Als die oorspronklik homogene aggregaat
nie geskape was nie, dan moet die te\'enwoordige hetero-
gene en nog heterogener wordende heelal die gevolg
wees van \'n perpetuum mobile of ewige reeks van
oorsake, maar wat ok vir Spencer beslis onaanneemlik
is, omdat dit net soo\'n onmo\'enlikke idee is als \'n
vierkante driehoek.
Ten vierde. Als \'n mens dus soos Spencer \'n oor-
-ocr page 229-
209
spronklikke homogene aggregaat wil aanneem, dan
moet daar ok \'n Skepper wees, \'n Skepper wat buite
die tijd staan — dus \'n selfbewuste, ewige G-od — \'n
persoonlikheid. En daarmee val dan ook sij agnosticisme.
Ten slotte wil ons Spencer nog één vraag stel.
Gestel, dat die verloop van dinge nou was soos hij dit
voorgestel het, dat die heelal oorspronklik \'n relatief-
homogeen aggregaat was, waarop deur incidente kragte
van buite en van binne ingewerk is en wat so tot
heterogeneiteit o\'ergegaan het, \'n heterogeneiteit wat
toe voorgesit is met behulp van segregasie, equilibrasie,
ens. ens. en ten slotte geeindig het in die heterogene
heelal wat ons op die o\'enblik ken en sien. Gestel dat
dit nou alles so gebeur het, wat was dan die oorspronk-
lik relatief-homogene see? Was dit krag of was dit
stof? Maar, nee, ons het tot hierdie vraag geen reg nie,
want volgens Spencer is stof krag. Maar wat krij ons dan ?
Ten eerste \'n monstreuse absurditeit, n.1. \'n kragsee,
waarop deur incidente kragte word ingewerk. Dus krag
op krag inwerkend, of krag wat deur krag beweeg
word. Maar daar kan geen krag wees sonder \'n medium
van krag nie, en die medium kan nie ok krag self
wees nie, anders is dit geen medium meer nie. Krag
word dus \'n blote abstraksie, als ons Spencer se bewering
dat stof krag is, aanneem. Krag wat op krag inwerk
word dus dieselfde als abstraksie wat op abstraksie
inwerk.
Ten twede. Ons krij dan \'n ondraaglikke dualiteit van
twee sfere van krag wat op mekaar inwerk. Ons
moet dan n.1. veronderstel, dat daar errens in die ewige
ruimte \'n beperkte see van krag was. Dat om die
kragsee \'n ander sfeer van krag gele het, \'n kragsee
14
-ocr page 230-
210
nie van homogene maar van heterogene kragte (om
heterogeneiteit te kan veroorsaak), wat op die eerste
in die ewige ruimte swewende kragsee kon inwerk.
Hierdie beswaar word nie weggeneem nie deur te sé
dat heterogeneiteit in die beperkte oer-wereldaggregaat
veroorsaak is, deurdat die binnela\'e van die massa aan
groter drukking dan die ho\'ere la\'e blootgestel was,
want die buitenste laag kon alleen gewig gehad het
en dus drukking veroorsaak het, deurdat daar krag,
drukking op uitgeoefen is deur \'n krag wat daar buite
omheen gele het. M. a. w., als die oer-wereldaggregaat
in \'n vakuum gedrijf het (wat natuurlik onmo\'enlik is,
maar wat ons ter wille van die duidlikheid maar onderstel),
dan het soo\'n massa geen gewig gehad nie, en kon
die buitenste dele geen krag of drukking op die bin-
nenste dele uitoefen het nie.
Moet ons \'n kragsfeer wat om hierdie oer-wereld
heen gele het, veronderstel, dan moet die kragsfeer
ewig en onbegrens gewees het, anders krij ons weer
die onmo\'enlikheid van \'n eindelose reeks van kragsfere
wat die één op die ander inwerk.
Maar moet ons \'n ewige onbeperkte kragsfeer aan-
neem, dan krij ons \'n absurde en ondraaglikke dualiteit
van \'n beperkte kragsee, wat in die onbeperkte kragsee
sweef. En dit is \'n absurditeit, want hoe kon die be-
perkte kragsee haar afgeskei het van die onbeperkte
kragsee, als die onbeperkt en oneindig was!
Ten derde. Die enigste konsequente is, dat, als ons
\'n beperkte relatief-homogene oer-wereldaggregaat aan-
neem, ons dan ok moet erken, dat die gedra, omring
was deur \'n onbeperkte, ewige en oneindige kragsee
wat daar omheen gele, en met selfbewustsijn die be-
t
-ocr page 231-
211
perkte kragsee uit sigselwe te voorskijn gebring het, en
in wie die beperkte kragsee nou is, leef, en beweeg.
En wat is dit anders als die belijdenis: uit God, deur
en tot God is alle dinge, en alle dinge word gedra
deur die Woord van Sij krag. Laat Hom die eer wegdra
tot in alle ewigheid.
Tot hierdie enigste juiste gevolgtrekking word ons
gedrijwe deur niks minder als deur die wet wat deur
Spencer self so met nadruk verkondig is — die wet
van die relatiwiteit van ons dinke. Waarlik, als ons
rekening hou met die gegewens van Spencer wat betref
idee en oorsaak van evolusie, dan word ons gelei tot
die skone gedagte van Prof. Bavinck:
Aan geen emanatie uit, aan geen evolutie van het Absolute
hebben de schepselen hun ontstaan te danken, want beide
zijn met \'t begrip van het Absolute, dat in zichzelf het onver-
anderlijke, eeuwige, volmaaktste zijn is en dus geen uitvloeiing
of ontwikkeling toelaat, ten eenenmale in strijd. Alleen creatie,
die zoowel met het wezen Gods als met dat der schepselen
overeenstemt, verklaart den oorsprong der dingen.... Hij
spreekt en het is er, Hij gebiedt en het staat er. Hij roept
de dingen, die niet zijn, alsof zij waren. Hemel en aarde, uit-
spansel en wolken, bergen en stroomen, zon, maan en sterren,
gras en kruid, kruipend en viervoetig gedierte, Hij formeert
het alles door den adem Zijns Geestes uit den bajert des Zijns. l)
\') „Schepping of Ontwikkeling", p. 28.
-ocr page 232-
HOOFSTUK IX.
Sfl Agnosticisme en die dieper betekenis van
sy evolusie-wette.
Die wette van die evolusie is volgens Spencer die
van die beweging van die onvernietigbare krag wat
aan alles ten grondslag lé. En die is:
ia). Alle beweging vind plaas langs die weg van
die grootste trekking of van die geringste te\'enstand
of langs die weg van die resultaat van altwee.
B.v. die resultaat van die tangentiale en middelpunt-
soekende kragte, wat op elke planeet inwerk, is die
sirkel wat dit beskrijf, \'n sirkel wat die gevolg is van
die onsimmetriese distribusie van kragte om die pad
van soo\'n planeet heen. Die denudasie van lande en
die neerslag van die weggevoerde sediment word bepaal
deur die beweging van die water na die sentrum van
die aarde toe. Die rigting word hier bepaal deur die
lijne van die grootste trekking of minste te\'enstand.
Dat aardbewings elke slag weer dieselfde terreine besoek,
dat vuurspuwende berge versprei is langs seker lijne
en dat uitbarstingen altoos bij dieselfde kraters plaas
vind — dit alles bewijs, dat die geskeurde dele van
die aardkors die eerste bij drukking beswijk. Hulle
-ocr page 233-
213
volg dus die weg van die minste te\'enstand. Die vorming
van die wortels van plante bewijs ok net so die wet
van beweging langs die weg van die minste te\'enstand;
want die wortel groei die gemaklikste waar die aarde
los is, of splete het, of waar die wortel die meeste
voedsel vind. Diere vermenigvuldig in die streke waar
hulle die beste en meeste voedsel en die kleinste getal
vijande soos ongedierte en siektes, het. Net so bij
geestlikke verskijnsele. Die spiere wat die eerste beweeg
bij aandoeninge, is die spiere om die mond, b.v. bij
vreugdeaandoeninge als jij lag, bij verdriet als jij die
mondhoeke saamtrek ens. En waarom? Omdat die
spiere die beste geoefen is, deur praat ens., en daar-
deur die minste te\'enstand bied. En ok net so op
maatskaplik gebied, \'n Volk gaan daar die beste voor-
uit, waar die vijandelikke elemente, die natuur of die
omliggende volke die minste is. Kapitaal word in indus-
triele onderneminge gesteek, wat die grootste wins
oplewer. Jij koop op die goedkoopste marke en verkoop
op die duurste, ens.
(6). Dan is daar die wet, dat alle beweging rhitmies
is. Die blare, die takke, selfs die bome wat sidder deur
die windvlaag, die golwinge van gras en koringhalme,
die rippels op die waterstroom, die golwe op die see,
die lugtrillinge veroorsaak deur die skroef van \'n
Zeppelin, die geluid van \'n piano-toets, die lig, warmte
en elektriese golwinge — al die beweginge is rhitmies.
Waarom? Rhitmus het jij o\'eral waar daar \'n botsing
van kragte wat nie in equilibrium is nie, ontstaan.
Bewegende materie is nie in staat om onverander in
sij relasie te blij te\'eno\'er oorsake van krag waardeur
die beweging voorgebring of weerstaan is nie. Die rasio
-ocr page 234-
214
van die kragte in kwessie word verander deur elke skrede
verder deur die ruimte. Hierdie wet word ok net so op
elk gebied bevestig. B.v. bij astronomiese verskijnsele, in
die spirale rangskikking so algemeen bij die nebulae:
„That spiral arrangement comtnon among the more structureel
nebulae shows us the progressive establishment of revolution,
and therefore of rhythm, in those remote spaces which the
nebulae occupy." l)
Dan in die beurtelings helder en donker word van
die veranderlikke sterre, in die periodiciteit van die
planete, satelliete en komete, in die veranderende hoe-
veelhede lig en warmte wat die aarde ontvang van
die son, somer en winter, dag en nag. Net so op
geographies gebied. Daar is b.v. die variasies in die
hoeveelheid sediment wat afgevoer word deur die riviere.
Die variasies hang af van die jaargetij\'e en die weer
van die invloed van die son. Ok so met die vorming
van die berge op die aardkors. Hoe warmer die aardbol
was hoe kleiner die berge, hoe kouder dit geword hoe
groter die berge. Periodiciteit is daar ok in die plante-
wereld, veroorsaak deur dag en nag en jaargetij. En
wat die dierlik lewe betref, die bloed vloei in polssla\'e,
die ingewande beweeg peristalties, wat jij b.v. kan sien
aan die uitwerpsels. Die dier loop rhitmies. Die paleon-
tologie bewijs, hoe species van diere verskijn, vermenig-
vuldig en weer verdwijn het. Lewe op die wereld is
o\'eral golwingswijs voorgesit.
Dit is nie duidlik of die veranderinge in die bewust-
sijn ok rhitmies plaas vind nie. Tog bewijs ontleding
ok hier, dat toestande van jou gees deur langere of
\') „First Principles", 6U> Bd., p. 204.
-ocr page 235-
215
kortere tussenpose van toenemende of afnemende akti-
witeit word afgewissel. Die stroom van geeskrag wat in
sulke liggaamlikke handelinge, soos dans, musiek, poesie,
uitkom, val uitmekaar in \'n reeks van suksessieve polssla\'e.
Buitegewone vreugde en verdriet gaan ok op en neer,
is nou intens, \'n volgende o\'enblik weer kalm, ens.
Tij\'e van intense godsdienstige opwekking word gevolg
deur tij\'e van godsdienstige verslapping.
Op maatskaplik gebied word dieselfde gesien. \'n
Stam op \'n seker plek gevestig word te groot, honger
is die gevolg en die gevolg hiervan is emigrasie, en die
proses word o\'er en o\'er herhaal. Die geëmigreerdes
kom in botsing met ander stamme en so ontstaan
oorlog, uitputting, verwoesting. Dit word weer gevolg
deur vrede, wat beteken herstel van verliese, toene-
ming in getal, besitting ens. So is daar ok golwinge
in die produksie en consumsie. Hoe groter consumsie,
hoe minder aanvraag, hoe kleiner prijse, gevolg: ander
jaar minder saai, o\'es kleiner, prijs ho\'er.^Dus altoos op
en neer. O\'eral rhitmus.
(c). Dan is daar die hoofwet van die evolusie: inte-
grasie van stof met de daarmee saamgaande dissipasie
van krag. Ons het in die vorige paragraaf bij hierdie
wet uitvoerig stil gestaan en verwijs daarheen, maar
haal terwille van die duidlikheid één voorbeeld aan.
Eers woon die barbaar alleen, werk alleen, veg alleen.
Maar om beter te kan jag, en beter vir tij\'e van honger
en siekte te kan sorg, sluit hij bij ander aan, \'n maat-
skappij word gevorm. En die konsentreer nog meer,
dit word verdeel in afdelings en onderafdelings, en
vorm ten slotte \'n geordende maatskappij wat soos \'n
machine in mekaar sit.
-ocr page 236-
216
(d). Hier die integrasie van stof met die daarmee
saamgaande dissipasie van krag word bevorder deur
die wet van segregasie, die wet waardeur soort hom
bij soort voeg, swaar bij swaar, lig bij lig, ens. ens.
(e). En eindlik word die evolusie afgerond deur die
wet van die equilibrasie van kragte. Daarmee bedoel
Spencer dit:
„In all cases there is a progress towards equilibrium. That
universal co-existence of antagonistic forces which, as we
before saw, necessitates the decomposition of every force into
divergent forces; at the same time necessitates decomposition
of every force into divergent forces; at the same time neces-
sitates the ultimate establishment of a balance."
Die wet wat beweging drijf tot \'n gebalanceerde
toestand, is die wet van equilibrasie. Die blinde wen
aan skerpte van ruik en voelsin om die verlies van sij
sienvermo\'e te vergoed. Die bees wat later die naam
van springbok sou dra, was gebore omring van vijande
aan alle kante, leeuw, droogte, en \'n natuuromgewing
waarbij sij kleur afsteek. Die omstandighede het na
tallose evolusies \'n dier laat gebore word geequilibreer
aan die omstandighede, skerp en sterk horings te\'en
die jakhals, \'n allerfijnste ruik, sien, en hoor-vermo\'e,
verbasende snelheid met senuw, been, poot ens., wat
daarbij pas. Sij vel het die kleur van die Kalihariaan-
geneem en hij was geoefen geword om selde of ooit
water te drink. Hier het jij die gevolg van equilibrasie.\')
Als ons nou die dieper betekenis van hierdie wette
\') „First Principles», 6th Ed., p. 182—415.
-ocr page 237-
217
naspeur, dan blijk dit, dat hulle almal die uitvloeisels is
van \'n Verstand wat aan hulle almal ten grondslag lé.
Is hulle almal af te lei volgens Spencer, uit een onvernie-
tigbare absolute krag wat aan hulle almal ten grondslag
lé, dan, sé ons, moet die absolute \'n krag met verstand
wees. Dit word bevestig deur elk een van die wette.
(a). Daar is b.v. die eerste wet van beweging, n.1.
dat alle beweging plaas vind langs die weg van die
grootste traksie, die geringste te\'enstand of die resultaat
van altwee. Dat hierdie wet \'n wet van \'n gesond
verstand is, is so duidlik, dat dit geen bewijs nodig
het nie. Dit is ei\'enlik \'n axioom van die verstand.
Dit is net so duidlik als die axioom: \'n reguit lijn is
korter als \'n kromme. Dit is net so onomstootlik als
die geometriese waarhede. Dit berus op geen ervaring
en behoef ok nie daarop te rus nie. Dit is \'n aprioriese
waarheid puur en simpel. Dit is nie eens nodig om stil
te staan bij die voorbeelde van hierdie wet, wat Spencer
op wijs en ons reeds opgemerk het nie. Dat atoom, dier,
mens, maatskappij, verstandlikke en geestlikke kragte,
kortom, al wat leef of beweeg, volgens hierdie wet sal
handel, is te duidlik vir elke normaal verstand dan om
daarbij stil te staan. Volgens hierdie wet te handel, is
verstandig. Volgens die wet nie te handel nie, is krank-
sinnig. Daarom is beweging van die absolute krag langs
die weg van hierdie wet, \'n weg soos \'n verstand dit
sou uitgedink het.
(b). Dan is daar die wet dat alle beweging rhitmies
plaas vind, omdat die bewegende materie nie in staat
is om onverander in sij relasies te blij te\'eno\'er die
oorsake van krag, waardeur die beweging voorgebring
of weerstaan is, nie.
-ocr page 238-
218
Hier sé ons ok weer: hoe natuurlik, hoe verstandig!
Ons het hier te doen met \'n wet van die gesond ver-
stand en niks anders nie. Ja, ons verstout ons, om te
sé: ons het hier met \'n ander axioom van die verstand
te doen. Laat daar \'n verskei\'enheid van kragte soos
ons dit in die heelal het, wees, en daar moet, als één
van die kragte begin te beweeg, \'n botsing met die
andere kragte ontstaan en daarom \'n golwing. Kan die
gesond verstand in soo\'n geval iets anders verwag?
Laat ons, om die verstandigheid, ja die godlikke wijs-
heid van hierdie wet te laat uitkom, let op \'n paar
van die in „First Principles" aangehaalde voorbeelde.
Als daar b.v. geen periodiciteit in die jaargetije was,
sou daar nie die groot en grootse verskeidenheid in
plant en dier-wereld gewees het nie. Als die hele aarde
ewe koud en warm als Europa was, dan kon daar
net sprake van \'n Europese flora en fauna gewees
het. Als dit warmer was, dan sou daar net sprake
gewees het van \'n tropiese plant en dier-wereld, en als
dit te warm was, sou daar nog van plante nog van
diere-wereld sprake gewees het. En als dit te koud
was, net so.
Als daar geen periodiciteit van nag en dag was,
sou dit ewe noodlottig gewees het. Als dit altoos
nag was, sou geen lewe ooit op die aardbodem bestaan
hetnie. En als dit aan die ander kant altoos sonneskijn
was, moes alles deur uitputting sterf. Sonder rhitmus
van dag en nag, kan geen lewe bestaan nie. Neem
die rhitmus uit die ordening van die heelal weg, en
\'n ewige dood strijk met sij sombere vlerke op die
heelal neer. En net so in die mens- en dier-likke
liggaam. Neem die rhitmus van die polsslag weg en
-ocr page 239-
219
daar kon geen hartklep wees nie, en sonder hartklep kan
die ho\'er georganiseerde liggaam nie ontstaan het
nie. Neem die rhitmus in die beweging van die inge-
wande, d. w. s. die peristaltiese beweging, weg, en
dier en mensen sterf van honger — want om gedurig
te kan uitwerp, moet dit gedurig kan eet, en daar dit
van o\'enblik tot o\'enblik onmo\'enlik sal wees deur onver-
mijdlikke omstandighede van dag en nag, somer en
winter, skaarste van voedsel ens., moet die dier eindlik
afneem en sterf. Als die menslikke en dierlikke liggaam
nie die rhitmus van werk en rus, waak en slaap onder-
gaan, dan was daar geen lewe mo\'enlik nie. Als die
liggaam moes gedurig werk sonder rus, dan was dit
in enkele da\'e dood. En als dit gedurig in die toestand
van rus was, dan was daar geen organisasie van die
liggaam mo\'enlik nie. Geen been, of senuw, sintuig of
liggaamsdeel kon gevorm word nie — want die word
gevorm volgens die evolusieleer deur oefening en vol-
gens die skeppingsleer deur en vir oefening.
Als die menslikke gemoed nie rhitmies beweeg het
nie, dan was ok net so die dood die gevolg. Als daar
b.v. geen rhitmus was in die intensiteit van verdriet
nie, dan moes die liggaam sterf deur die senuwuitput-
ting. En was daar geen rhitmus in die gevoel van
vreugde nie, dan moes jij ok net so beswijk van uit-
putting. Deur \'n kind aanhou te kielie onder die arm, lag
hij hom hom dood.
En net so met dink. Was daar geen rhitmus in
die proses van dinke nie, dan moes die sterkste verstand
binne korte tijd uitgeput wees, en die dinker rasend
en tierend sij lewe eindig in \'n gestig.
Maar waarom moet ons bij voorbeelde stilstaan ? Ons
-ocr page 240-
220
kan bewijs, dat daar geen beweging sonder rhitmus
kan wees nie, want iets kan alleen beweeg, als dit
beweeg word. Dit kan homself nie beweeg nie, tensij
dit selfbewus is, en word dit deur iets anders beweeg,
dan moet daar deur die botsing van die twee kragte
\'n golwing wat kan voortplant, ontstaan. Sonder rnit-
mus dus geen beweging, sonder beweging geen heelal,
maar \'n ewige doodse stilte. Die wet van die rhitmus
van alle beweging is dus \'n wet van die verstand.
Als die absolute krag volgens \'n ander weg te werk
gegaan het in die verlede, en te werk gaan in die
te\'enwoordige, dan was dit \'n wet wat indruis te\'en
die verstand.
(c). En dan is daar die hoofwet van Spencer se
evolusie-leer, integrasie van stof met die daarmee saam-
gaande dissipasie van krag.
Nog duidlikker als die twee reeds genoemde wette,
dra hierdie wet die stempel van verstand. Wat beteken
die wet tog ei\'enlik? Die wet beteken nik*; anders als
kooperasie om beter en voordeliger te kan werk, nie.
Waarom integreer die chaotiese stof eers tot \'n nevel-
vlek en dan hoe langer hoe meer, totdat ons son stelsel
daaruit te voorskijn kom, \'n perfekte integrasie, wat
perfek funksioneer ? Is dit nie, sodat uit die ordelose
chaotiese massa \'n perfekte organisasie sal gebore
word nie?
Waarom het die wolwe begin te konsentreer en in
troppe te jag ? Was dit nie verstandig van hulle nie ?
Want op die manier kon hulle voordeliger en veiliger
aan die kos kom. Want wat die een nie vang nie,
vang die ander, en die buit word gedeel.
Is dit nie in die hoogste mate verstandig van die
-ocr page 241-
221
barbaar, om sij geisoleerde lewe op te gé, te verenig
met ander medebroeders in die verdrukking en op die
manier die begin van \'n geordende maatskappij te vorm,
om so veiliger en beter te kan bestaan nie ?
Is dit nie verstandig om nog meer te konsentreer,
en \'n regerende, vegtende en werkende klas te vorm,
elk een van die afdelinge weer te verdeel en op die
manier \'n staatsorganisme te vorm, wat als sodanig
die doelmatigste middel word om die veiligheid en
beskerming te waarborg van elke individu wat tot die
staat behoor, nie ?
Wanneer kom \'n land financieel tot bloei? Dan,
wanneer die burgers so verstandig word om te koopereer
op elke gebied en sodoende die handel uit te brei en
die mark te kontroleer. Is dit nie verstandig van die
Afrikaanse jagter om, als hij \'n leeuw wil gaan jag,
met die bure saam te span, om op die manier saam
te kan doen wat één nie alleen kan doen nie ? Waarlik,
Spencer het volkome gelijk gehad om die wet van
die integrasie van stof met die daarmee saamgaande
dissipasie van krag als die evolusie-wet bij uitnemendheid
te beskou. Want handelwijse volgens die wet is handel-
wijse volgens wijsheid. Ja, die wet is \'n ander axioom
van die verstand. Want dit blij onomstootlik waar:
eendrag maak mag, en vele honde is \'n haas se dood.
{d). Tot dieselfde konklusie kom ons, als ons die
wet van segregasie nader beskou. Maar vooraf eers die
volgende opmerking: — Wie tot hiertoe die uiteen-
setting van Spencer se evolusie-gang en evolusie-w7ette
gevolg het, moet langsamerhand angstig word bij die
gedagte, dat hierdie proses moet uitloop op \'n onver-
mijdlikke chaos, als gevolg van die werking van die
-ocr page 242-
222
twee wette — die integrasie van stof met die daarmee
saamgaande dissipasie van krag, en die wet van die
multiplikasie van gevolge, \'n Kosmos is uit hierdie
chaos gebore, sé Spencer, deur die werking van \'n ander
wet, \'n wet wat daarom van lewensbelang is vir die
evolusie, en die is die wet van segregasie, die wet,
waardeur soort hom bij soort voeg. Maar ons sal bewijs,
dat Spencer sij ei\'e wet hier vernietig, en ten twede,
dat hierdie wet juis die dood is vir alle evolusie, en
ingeval dit reg is, die ontstaan van die kosmos op \'n
abortus laat uitloop. Ons haal net van één die voorbeelde
van Spencer wat onder hierdie hoof val aan: —
„Those geologie changes usually classed as aqueous display
under numerous forms, the segregation of unlike units by an
uniform incedent force; on sea shores the waves are ever
sorting out and seperating the mixed materials against which
they break. From each mass of fallen cliff, the tide carries
away all these particles which are so small as to remain long
suspended in the water, and at some distance from shore
deposits them in the shape of fine sediment. Large particles
sinking with comperative rapidity are accumulated with leeds
of sand near low water-mark. The small pebbles collect
together at the bottom of the incline up which the breakers
rush and on the top lie the larger stones and boulders. Still
more specific segregations may occasionally be observed. Flat
pebbles produced by the breaking down of laminated rock,
are sometimes seperately collected in one part of a single
bank. On this shore the deposit is whollyofmud, on that itis
wholly of sand. Here we find a sheltered cove filled with small
pebbles, almost of one size and these in a curved bay one
end of which is more exposed than the other, we see a pro-
gressive increase in the massiveness of the stones as we
walk from the less exposed to the more exposed end. Tracé
the history of each geologie deposit and we are quickly led down
-ocr page 243-
223
to the fact that mixed fragments of matter differing in their
sizes of weights are, when exposed to the momentum and
friction of water, joined with the attraction of the earth, selected
from one another, and united into groups of comparatively
like fragments. And we see that other things equal, the
separation is definite in proportion as the differences of the
units are masked." l)
Als ons hierdie aangehaalde voorbeeld deurdink en
vergelijk met die twee wette wat Spencer onontbeerlik
vir die evolusie geag het, dan kom ons spoedig tot
die insig, dat Spencer hom hier self weerspreek, ja, die
twee wette deur die wet van segregasie vernietig.
Ten eerste. Als deur segregasie plaaslikke integrasies
van soortgelijke faktore geproduceer word, dan moet
die instabiliteit van die homogene nie alleen te\'engewerk
nie, maar geheel en al vernietig word. Want volgens
die wet van die instabiliteit van die homogene moet
die soortgelijke o\'ergaan tot die onsoortgelijke, die homo-
gene tot die heterogene. Die wet van die instabiliteit
van die homogene is die wortel van die evolusie. Als
die homogene nie instabiel is nie, nie o\'ergaan tot die
heterogene nie, dan is daar geen begin of ontwikkeling
nie en heers die dood onbeperk in die ruimte van die
heelal. Maar die wet van segregasie is juis die wet,
wat die homogeneiteit bewerkstellig, veroorsaak, wat dus
die evolusie bij die wortel afsnij.
Ten tivede. Hierdie wet maak ok die twede wet van
die evolusie tot niet, n.a. die van die multiplikasie van
gevolge. Want, sé Spencer, hierdie wet is alleen effektief
naarmate die dele ongelijk is, „is efficiënt in proportion
\') „First Piinciples", 6U> Ed., p. 378.
-ocr page 244-
224
as the parts are unlike".x) Hierdie wet kan dus nie werk
nie, als haar materiaal nie die karakter van ongelijk-
soortigheid dra nie, en dus is die wet van segregasie
vir haar die dood. Prof. Ward, waar hij skrijwe o\'er
„Segregation as mechanical process", sé tereg:
„Imagine segregation to have been in full play while the
existing chemical eleraents of the solarsystem though present
in the nebuia were still uncorabined and that in consequence
these eleraents were separated into minor aggregates severally
like each other and unlike the rest, those of high specific
gravity or strong physical likeness near together and the
unlike far apart. Thus the conceit of the alchemists that the
seven metals correspond to seven planets might have been
realised, and as to the gases, oxygens, hydrogen, nitrogen,
indispensable constituents of living things, they might have
been sifted off into space before planetary consolidation began.
We known of course that such has not happened or we should
not be here." 8)
Ten o\'ervloede kan ons hier nog bijvoeg, dat die wet
van segregasie in flagrante te\'enspraak is met gekon-
stateerde feite.
In sij orasie voor die „British Assocation" het b.v.
soo\'n uitnemende autoriteit als Sir William Crookes
die volgende gesé:
„We do not find the chemical elements evenly distributed
throughout the globe. Nor are they associated in accordance
with their specific gravities. The lighter eleraents placed on
or near the surface and the heavier ones following serially
deeper; neither can we tracé any distinct relation between
local climate and mineral distribution. And by no means can
\') „First Principles", Rev. Ed., p. 422.
*) James Ward Sc.D., „Naturalism and Agnosticism", Vol. I,
p. 239.
-ocr page 245-
225
we say that elements are always or chiefly associated in nature,
in the order of their socalled chemical afflnities; those, which
have a strong tendency to form with each other deflnite
chemical combinations, being found together, while those,
which have little or no such tendency exist apart."
Hij stel daarbij vooral die volgende bainje belangrikke
vraag:
„Is there any power which regularly and systematically
sorts out the different kinds of matter from promiscuous
heaps, conveying like to like and separating unlike from unlike?"
En gé self die volgende veelbetekenende antwoord:
„I must confess that I fail to tracé any such distributive
agency, nor indeed do I feel able to form any distinct con-
ception of its nature." \')
Nie alleen sou die segregasie-princiep van Spencer
die dood vir alle evolusie, die dood vir die heelal gewees
het nie, maar ok die dood vir die praktijk van die da\'e-
likse lewe van die mens, die dood vir alle wijsheid,
kuns en vreugde.
Maar wat vind ons in tegendeel in die lewe, en wat
maak die lewe werklik lewenswerd? Dis die eenheid
in \'n aggregaat van die grootste verskeidenheid. Bij
alle produkte van menslikke bekwaamheid vind ons,
dat ongelijksoortige dinge bijmekaar gevoeg word.
Geen machine kan gemaak word deur soort bij soort
te voeg nie. Geen skilderstuk sou ooit ontstaan het nie,
als hierdie wet van Spencer reg was. Geen maatskappij
kon ooit bestaan het, als al die diewe bijmekaar gaan
l) „Nature", Vol. 84, p. 425. Aangehaal in Ward, „Naturalism
and Agnosticism."
15
-ocr page 246-
226
woon het nie, al die moordenaars saam, die grapmakers
bijmekaar en die pessimiste saam. Nee, hoe groter die
verskeidenheid, des te groter die kuns, des te dieper
die genot, des te grootser die harmonie, des te godlikker
die geheel.
Maar laat ons maar weer, volgens onse re\'el, die
wet van segregasie, ondanks haar aangetoonde onhou-
baarheid, aanneem. En dan sal dit blijk, dat ook sij per
slot van rekening die cachet van verstand dra.
Wat tog is hierdie wet?
Als ons b.v. in \'n mandjie \'n mixtuur van drie soorte
stoffe, lig, swaar, en bainje swaar, het, en ons begin
dit te skud, dan begin die swaarste bestanddele te
versamei en heeltemaal onder te gaan lé. Daarna
die ligtere en bó op die allerligste. Hier het jij die wet
van segregasie in werking. Wat is haar aard, vra ons.
Is bógenoemde resultaat nie die natumiikste saak ter
wereld nie? \'n Vereiste van die verstand, \'n axioom
van die rede nie? Sonder hierdie wet kom prakties ok
geen enkel saak wat die stempel van verstand dra tot
stand nie. In die ovum van die dier b.v. is die bestand-
dele eers gelijk onder mekaar verming, maar langsamer-
hand begin die verskillende bestanddele, soos protein,
vet, soute ens., in verskillende plekke te konsentreer
en hierdie in verskillende plekke gekonsentreerde stoffe
word nog meer gekonsentreer, sodat hematine tot bloed
en die vet en eiwitstoffe tot senuwweefsels word. Hier
word die tot stikstof behorende materie tot kraakbeen
en daar konsentreer die kalkachtige soute weer in die
kraakbeen en word been. En so word die stof verdeel
en herverdeel, totdat die liggaam met sij wonderbare struk-
tuur voltooi is. Daaruit blijk, dat die verskillende soorte
-ocr page 247-
227
stoffe mekaar opgesoek het, dat elke groepie begin te
werk het, en alle groepies saam gewerk het om één
groots, harmonieus, tot in die minimaal kleine van
verstand getui\'ende werk — die dierlik of menslik
liggaam voor te bring. Als die stoffe (om ons figuurlik
uit te druk) nie so verstandig was om volgens hierdie
wet te werk te gaan nie, dan kon hulle die onnaboots-
baar fijn verstandswerk ok nie verrig het nie, ja dan
kon hulle niks uitgerig het nie, en was alles één mag-
teloos chaotiese massa geblij.
Bovendien hoe natuurlik, dat soort soort sou soek,
en hoe verstandig ok! Wie kan mekaar so goed ver-
staan als geesverwante, en daarom ok so goed saam-
werk ! Misverstand is een van die grootste verbrokkelende,
verwoestende kragte in die wereld.
En misverstand ontstaan deurdat daar geen gees-
verwantskap tussen die betrokke partije bestaan nie.
Hulle verstaan mekaar nie en wel omdat hulle nie van
dieselfde soort is nie.
Dat die segregasie \'n groot rol moet speel in die
wording en ontwikkeling van alle dinge op anorganies,
organies en superorganies gebied, is iets waarvan die
gesond verstand oordeel, dat dit normaal en \'n conditio
sine qua non is. Die wet van segregasie is \'n wet van
verstand.
(e). Dieselfde geval is dit met die wet van equili-
brasie, waardeur die evolusie voltooi word. Dit is die
wet waarvolgens stoffe en kragte hulle skik naar om-
standighede. En dit is ok \'n wet van verstand. Sonder
hierdie wet was daar net so geen geordende heelal
ontstaan nie. Als die kragte in die ontwikkelende
nevelvlek, waaruit ons sonstelsel ontstaan het, hulle nie
-ocr page 248-
228
na mekaar en na die ander kragte in die heelal geskik
het nie, dan was daaruit nooit die georganiseerde geheel
wat ons nou ken en sien, ontwikkel nie. Was daar
geen wet van equilibrasie nie, dan sou daar gedurig
strijd tussen die kragte gewees het — die heelal sou
één groot bajerd van verwoesting en verwoestende
kragte gewees het, sonder orde, harmonie, lig, skoon-
heid, vrede. Die wet van equilibrasie is die wet van
vrede, is die wet van lewe, en daardeur die wet van
vreugde. En wat is lewe volgens Drummond, Huxley,
Spencer ? Dis aanpassing, korrespondensie, akkommoda
sie. Almal net ander woorde vir equilibrasie.
Als die dier hom nie akkommodeer na die veranderde
omstandighede van sij omgewing, wat veroorsaak word
deur die veranderinge in die klimaat, nie, dan moet hij
sterwe. Als die bere en jakhalse van die poolstreke hulle
nie kan skik na die gure klimaatsomstandighede deur
\'n dik en lang haardos te ontwikkel en deur die wit
kleur van die omgewing aan te neem nie, dan sou
hulle eenvoudig uitsterf of deur die kou of deurdat hulle
kleur te veel sou afsteek bij die omgewing en hulle
dus op die manier geen prooi kan vang nie en dus van
honger moet omkom.
Als die antiloop-soorte van die groot dro\'e vlaktes
van Suid-Afrika hulle nie kon skik naar die omstan-
dighede nie, dan sou deur die omkom aan dors ok nie
eens één enkele soort uit die bainje kon ontwikkel het
nie. Ons herhaal daarom: sonder equilibrasie geen lewe,
geen vreugde nie, maar alles lijden, alles strijd, alles
verwoesting en dood. Moeder natuur sou die grootste
moordenares gewees het, als sij kinders voorgebring,
en hulle weer self verwoes het, omdat hulle, hulle nie
-ocr page 249-
229
na haar omstandighede kon skik nie. Haar borste sou
haar kinders nie gevoed maar vermoor het nie.
Die weg van equilibrasie is die weg wat die gesond
verstand voorskrijf. Die man wat in die Kalihari geen
water kan krij nie en hom nie na Kalihari omstan-
dighede wil skik en die laf, geelgroen water van die
gekookte Zamma wil drink nie, moet sterf van dors,
moet dus omkom deur die daad van sij ei\'e onverstand.
Als die Transvalers hulle nie na die vernederende
omstandighede van \'n vrede geskik het nie, dan was
ons geslag in die refugee-kampe uitgewis geword. Waver
daad van rasernij sou dit gewees het? Wie hom nie
na omstandighede wil skik nie, is gedoem tot ondergang.
Die wet van equilibrasie is een wet van die rede.
Geen wonder, dat die einddoel van ontwikkeling volgens
alle evolusioniste is — utiliteit.
„Der Nutzen soll durehaus fast eigensinnig, Form und
Gestaltung bestimmen im Reiene des Lebendigen." \')
Daarom het ok Prof. Hugo de Vries gesé, dat natuur-
keus, wat goed is bewaar en wat sleg is uitroei:
„Die Selektion erhalt das Gute und rodet das Schlechte aus." ")
Maar nie alleen dit nie, die wet van equilibrasie is
nie alleen \'n wet van die rede nie, maar van \'n rede,
(als ek mij so mag uitdruk) wat \'n gewete het. Dis
\'n rede wat die kenmerk van geregtigheid dra, en wel
van \'n geregtigheid wat aan liefde grens. Wat is die
\') Rudolph Otto, „Naturalistische und religiöse Weltansicht",
p. 122.
J) Aangehaal in Rudolph Otto, „Naturalistische und religiöse
Weltansicht», p. 126.
-ocr page 250-
230
wet van equilibrasie anders dan, aan die één kant, \'n
gé aan elk een wat hom toekom (daarom ok dat equili-
brasie die resultaat is van die inwerking op mekaar
van verskillende kragte), geregtigheid dus, en aan die
ander kant, \'n teruggé van wat aan iemand of iets
deur omstandighede ontneem is, dus geregtigheid en
liefde altwee, of in ander woorde, skadevergoeding en
philanthropie. Dat die blinde deur die verlies van sij
sienvermo\'e \'n so fijn voel-, hoor- en herinnerings-
vermo\'e krij, wat enigsins sij verlies vergoed, is dit
nie kompensasie nie? En is dit nie ok barmhartigheid
nie? Dat \'n aan. stukken gesnijde planariaanse wurm
uit elke stuk weer \'n nuwe wurm ontwikkel, dat \'n
verminkte pluteus larve \'n nuwe voedselkanaal ont-
wikkel, en die hele tipiese vorm restaureer, soos deur
Prof. Driesch aangetoon is,l) dat als die lens van die
oog van \'n akkeldissie uitgesnij word, dit op nuut aan-
groei, soos aangetoon deur Wolf in sij „Mechanismus
und Vitalismus", is dit nie geregtigheid nie, maar ok
tegelijkertijd \'n openbaring van liefde, so teer, als net
betoon kan word deur \'n natuurwet, wat die gedagte
is van \'n God, wat self liefde is? Geen wonder nie,
dat Spencer self moes erken, dat die einddoel van die
evolusie is \'n sedelikke.3)
Die wet van equilibrasie is die wet waarvolgens al
wat skeef, en krom, hinderlik en ondoelmatig is weg-
geruim word en wat goed, paslik, nuttig en duursaam
is, in die plek voor gestel word. En daarom dan ok,
\') Aangehaal in Dr. Rudolph Otto, Naturalistische und religiöse
Weltansicht".
2) Herbert Spencer, „Data of Ethica", p. 171.
-ocr page 251-
231
dat Prof. Piske, wat die beginsels van sij meester partij-
keer konsequent deur getrek het, moes sé:
„But in the evolution of life upon the surface of our earth,
where alone we are able to corapass the phenoraena we see
all things working together through countless ages of toil and
trouble towards one glorious consummation." \')
„The glorious consummation towards which organic evolu-
tion is tending, is the production of the highest and most
perfect psychical life." 3)
„The everlasting source of phenomena is none other than
the Inflnite Power that makes for righteousness".3)
Als \'n ultra-spenceriaan dit kan sé, dan kan ons maar
stil blij.
Ons meen nou genoegsaam aangetoon te hé, dat
Spencer se evolusie-wette wette is, soos \'n groot ver-
stand die sou voorskrijwe.
Maar nie alleen is die wette van die evolusie, wette
van verstand nie, maar ok die wet wat aan die evolu-
sie-wette ten grondslag lé, die grondwet dus, is \'n wet
soos \'n verstand die sou voorskrijwe.
Wat is b.v. volgens Spencer die grondwet van die evolu-
tie-wette — die grond van alle dinge — die krag van alle
kragte? Dis die wet van die persistensie van krag.l)
„The phenomena of evolution have to be deduced from the
Persistence of Force, to this an ultimate analyses brings us
down, and on this a rational synthesis must build up." B)
„Each of these laws of the redistribution of matter and motion
\') John Piske, „The Idea of God", p. 139.
*) T. a. p., p. 160.
s) T. a. p., p. 167.
4) „First Principles", 6lh Ed., p. 148, 180, 198, 216 etc.
») T. a. p., p. 323.
-ocr page 252-
232
was found to be a derivative law, a law deducible from the
fundamental law. The persistence of force being granted,
there follows as inevitable inferences: the.... in stability of the
homogeneous, the multiplication of effects, while segregation
and equilibration also become corollaries." \')
Al die wette van evolusie, die wette waardeur die
heelal ontstaan het en waarop hulle gefundeer is, rus
op die wet van die persistensie van krag. Maar waar-
vandaan kom hierdie wet ? En selfs Spencer moet erken:
dit is \'n postulaat van die dinke. Uit die bainje plekke
waar hij dit beweer net hierdie één:
„We might indeed be certain, even in the absence of any
such analyses as the foregoing, that there must exist some
principle which as being the basis of science cannot be established
by science. All reasoned out conclusions whatever must rest
on some postulate. As before shown, we cannot go on merging
derivative truths in those wider truths from which they are
derived without searching at last a widest truth which can be
merged in no other or derived from no other. And the relation
in which it stands to the truths of science in general shows,
that this truth transcending demonstration is the Persistence
of Force. On this a rational synthesis must build up." B)
Die persistensie, die onvernietigbaarheid van die krag
wat ten grondslag van alle verskijnsele lé, „the Power
which manifests itself in consciousness and in the
outward universe", die bron waaruit die heelal ontwik-
kei is, die God van Spencer se sisteem, is naar sij ei\'e
woord \'n postulaat van die verstand, \'n waarheid en wel
\'n waarheid „which transcends all demonstration", en
in sij stereo-edisie:
\') „First Principles", 6* Ed., p. 441.
•) T. a. p., p. 153-154.
-ocr page 253-
233
„Deeper than demonstration — deeper even than deflnite
cognition, deep as the very nature of mind, is the postulate
at which we have arrived. lts authority transcends all other
whatever, for not only is ib given in the constitution of our
own consciousness, but it is impossible to imagine a conscious-
ness so constituted as not give it." \')
Hierdie waarheid is dus bij Spencer \'n noodsaaklikke,
\'n klaarblijklikke, \'n axioom.
Ons kan op hierdie feit nie sterk genoeg nadruk lé
nie. Ons is, deur Spencer se gegewens te lei tot hulle
uiterste konsequensies, gekom bij \'n waarheid, wat ons
met vreugde vervul. Of ons redeneer van \'n apriories,
of van \'n aposteriories, van \'n metaphysies of \'n physies
standpunt, ons moet volgens Spencer kom tot die
erkenning van die waarheid: daar is \'n krag wat aan
alle kragte, wette en verskijnsele ten grondslag lé
en die is onvernietigbaar. En dit wil niks anders sé
nie als: hierdie krag van alle kragte is \'n ewige krag.
Sij kan nie ophou om te bestaan nie. Hierdie waarheid
is volgens Spencer \'n axioom van die verstand, d.w.s.
\'n klaarblijklikke waarheid, \'n waarheid wat skijn bij haar
ei\'e lig. So is ons dan geregtig tot die volgende slotsom:
die wette van die evolusie is wette van verstand. En
die wette van die evolusie vloei voort uit die persistente
krag wat aan alle kragte en verskijnsele ten grondslag
lé. En die persistente krag is nie alleen \'n wet van ver-
stand nie, maar \'n hoeksteen van die verstand, \'n axioom,
\'n absolute waarheid en daarom is die glanspunt, die
brandpunt waarin die onbegrijplikke groot universum
saam word trek: \'n krag wat verstand self is.
\') „First Principles", Stereo Ed., p. 192.
-ocr page 254-
234
Dit is die konsequensie waartoe die beginsel van
Spencer se sinthetiese philosophie voer, en wat is
dit anders als die diep philosophiese woord van
Johannes:
„In den beginne was de Logos (de Rede), en de Logos
was bij God en de Logos was God en door het woord
zijn alle dingen gemaakt."
\'n Ander bewijs dat die krag, waarop volgens Spencer,
die heelal rus, \'n krag wat verstand self is, is, dat die
evolusie-sisteem van Spencer op persies dieselfde neer-
kom als die evolusie-sisteem van Hegel. Spencer leer,
dat die bestaande die gevolg is van die evolusie van
die Absolute krag. Die kenmerk van die krag is per-
sistensie. Persistensie is net \'n ander woord vir die
voordurende, die voorbestaande, die volstrek si/jnde of
die sijn. En Hegel leer, dat die bestaande produk is
van die evolusie van die Absolute Idee, die idee wat
ten grondslag lé van alle andere ideeë, waaruit alle
andere ideeë voorvloei, want, sé hij, die wereld bestaan
voor mij net in so ver ek daar \'n idee van het. En
die idee wat ten grondslag lé van alle andere ideeë,
is die idee Syjn.
Maar deur \'n inwendige drang, die immanente „Dialectik
des reinen Denkens", kan die idee Sijn nie op sigself
blij staan nie, maar slaan met noodwendigheid om in
die te\'eno\'ergestelde idee, die nie-sijn, en hierdie these
en antithese vorm weer met noodwendigheid \'n sinthese
wat op sij beurt weer \'n these vorm wat dieselfde
proses verder deurloop, en so gaan dit deur \'n reeks
van trichotomieë deur \'n proces van selfdirempsie heen,
totdat eind\'lik uit die vage onbestemde idee van
die sijn, die universum van definitiewe begrippe en
-ocr page 255-
235
distinkte realiteite, soos die begrijp word deur die
verstand en hom aan onse sintuie voordoen, vóór ons
staan, kant en klaar, goed en gaaf.\')
Spencer sé weer, sij theorie is gebaseer op waarneming.
En volgens die waarneming is die algemene wet van
ontwikkeling: — integrasie van stof met die daarmee
saamgaande dissipasie van krag, d. w. s. \'n proses
waarin die homogene ontwikkel tot die heterogene, die
gelijke tot die ongelijke, en so dus van die indefinitiewe
tot die definitiewe, deur elke maal in die te\'eno\'er-
gestelde o\'er te slaan, d. w. s. elke maal die te\'eno\'er-
gestelde van hom af, af te gooi en die twee te\'eno\'er-
gesteldes weer te kombineer en \'n ho\'er, ingewikkelder
stadium van die organisme voor te bring. M. a. w.,
deur elke maal weer te integreer en te dissipeer en
die twee te\'eno\'ergestelde faktore weer te kombineer
in \'n nuwe integrasie, wat weer dissipeer en weer met
die geïntegreerde kombineer en sodoende weer \'n nuwe
integrasie vorm ens., ens., kom ten slotte die geordende
heelal, die kosmos voor ons oog in al sij wonderlikke
verskei\'enheid, eenheid en skoonheid.
Wat, vra Prof. Francis Bowen tereg, is dit anders
dan die Hegelianisme in die Physiologie ? *) Net dit is
die verskil, en dit is juis die merkwaardige, waarop
ons wil wijs, n.a. dat wat Spencer ontwikkel het uit
die waarneming, het Hegel ontwikkel a priori uit die
diepte van sij ei\'e bewustsijn.
Spencer het begin met die Absolute, wat ten grond-
slag aan alle verskijnsele lé. En Hegel het begin met
\') Francis Bowen M.A.., „Modern Philosophy", p. 357—389.
•l T. a. p., p. 376.
-ocr page 256-
236
die absolute sijn, wat ten grondslag van alle kennis lé.
Spencer het uit sij Absolute ontwikkel — die heelal.
Hegel het uit sij Absolute ontwikkel — dieselfde heelal.
Spencer het gesé, die ontwikkeling het gekom deur \'n
wet wat aan alle ontwikkeling ten grondslag lé. Hegel
het gesé, dat sij ontwikkeling ok deur — dieselfde wet
gekom het. Waver duidlikker bewijs kan daar dan vir
onse bewering, dat die wette van die evolusie wette
van die verstand is en dat Spencer se heelal rus op
\'n krag wat verstand of rede self is, wees.
Want die heelal, wat volgens Hegel uit die dinke
ontwikkel, is dieselfde in resultaat en manier van wor-
ding als die heelal, wat volgens Spencer uit die per-
sistensie van krag, m. a. w. uit die Sijn ontwikkel. Die
wette van die dinke is dus die wette van die sijn.
Ons kom hier weer tot dieselfde gevolgtrekking als bó
die krag wat die heelal dra, is \'n krag wat verstand
is of verstand het.
Nie alleen is hierdie konklusie uit die stelsels van Hegel
en Spencer wettig afgelei nie, maar is ok op sigself evident.
Want dinge wat gelijk is aan één en dieselfde ding, is gelijk
aan mekaar. Als A = C en B = C, dan is A = B. Wanneer
nu bewijs word, soos deur Spencer, dat die ganse heelal
word opgebou uit die persistensie van krag of die sijn,
en Hegel bewijs, dat dieselfde heelal op dieselfde manier
word opgebou uit die dinke, dan is die dinke tog gelijk
aan die sijn, en die sijn gelijk aan die dinke. Dit word
ok bevestig, als ons die gang van die evolusie bij altwee
beskou. Bij altwee is die gang van die evolusie klaar-
blijklik die gang van die dinke. Spencer toon elke slag
in sij werke aan dat, hoe verder die integrasie van
stof met die daarmee saamgaande dissipasie van krag
-ocr page 257-
237
aangaan, hetsij in die ontwikkeling van \'n nebuia of
in die embrio van \'n hond of die gedagte van die
wijsgeer, hoe definitiewer, hoe teleologieser dit word,
m. a. w. hoe meer dit die kenmerke van \'n bestierende
verstand begin te vertoon. Nou mag en kan jij die
wese van \'n proses alleen beoordeel uit sij resultaat.
Als dan verstand die eindresultaat was, dan was ver-
stand ok die begin en die aan-die-gang-hou van die
proses. Ja, laat ons selfs aanneem, wat Spencer nie
direk beweer nie (omdat hij sé dat alle transformasie
onbegrijplik is), maar waar hij tog toe o\'erneig in sij
geskrifte, n.1. dat al die bestaande net die transformasie
is van die oorspronklikke krag, dat die menslikke
verstand b.v. net \'n transformasie is van die krag van
die stof, dat die psychiese dus net \'n transformasie is
van die physiese, feitlik dus die beskouing van Vogt,
Moleschott, Büchner ens. Laat ons dit selfs toegé, sal
dit dan misskien iets afdoen van ons argument dat die
wette van die evolusie van die stof wette van \'n ver-
stand is wat aan die wette ten grondslag lé ? Natuurlik
nie, want soos Prof. Rudolph Otto tereg sé: die doel
van \'n proses is nerrens in die reeks van oorsake als
\'n koöpererende faktor waar te neem nie, want opvol-
ging in die reeks van oorsake kom deur stringe wette,
maar die doel word eers openbaar aan die end van die
reeks.J) Gestel nou dat \'n oneindig verstand \'n seker
doel wil uitwerk in die wereld, sonder om die doel
direk deur \'n skeppingsdaad te verwesenlik, maar so
dat die doel langsamerhand gerealiseer word, dan sou
die methode om dit te doen persies wees soos die
\') „Naturalism and Religion", p. 222.
-ocr page 258-
238
bógenoemde mechaniese, d. w. s. elke voorafgaande stap
sal voorberei en lei tot die volgende stap, daar sal \'n
oneindige reeks van oneindige oorsake en gevolge wees.
En soos Lotze tereg só, dit sou G-ode waardiger wees
om die grootste deur middel van die eenvoudigste tot
stand te bring en om Sij ewige doeleindes te bewerk-
stellig deur middel van \'n onvermijdelike mechanisme,
dan om Sij doel te bereik deur gekompliceerde middele
of deur die ongere\'eldheid en swakheid van elke maal
die volgende skakel in die reeks van die evolusie te
skep. Om die woorde van Lotze te gebruik: God het
geen kleiner gode nodig nie. En daarom ok dat Lotze
geen beswaar gehad het om die mechaniese standpunt in
sij theïsties-philosophiese wereldbeskouing in te voeg nie.
Als die hoogste resultaat van die evolusie dus is,
soos Spencer en alle andere evolusioniste verklaar, die
geboorte van die menslikke verstand, dan sé ons, dat
die eerste begin van die evolusie reeds swanger was van
die vrug wat later uit haar sou voorkom. Soos Locke sé:
„Whatsoever is first of all things must necessarily contain
in it and actually have at least all the perfections that can
ever after exist nor can it ever give to another any perfection
that it has not actually in itself." \')
En daarom, als evolusie beteken die ontvouing of
transformasie van die krag wat aan alles ten grondslag
lé, dan vind die ontvouing plaas volgens wette wat \'n
verstand sou voorskrijwe, en als die eindresultaat die
voorbring van verstandlikke wesens is, dan moet die
oorspronklikke krag \'n krag met verstand wees, en
l) Aangehaal in Physicus, „k candid Exaniïnation of Theism",
p. 152.
-ocr page 259-
239
en dus geen totaal onbekende of onkenbare krag nie.
Dit lei nog tot \'n ander heerlikke waarheid. Als
krag wat volgens Spencer ten grondslag van die heelal
van verskijnsele lé, \'n krag met verstand is, en als die
bestaande net \'n ontwikkeling is van hierdie krag en
ok die mens met sij verstand één van die evolusie-
produkte is, dan volg daaruit, omdat die menslikke
verstand \'n ontwikkeling uit die absolute verstand is,
dat ok ons dinke gedra word deur die dinke van God,
en sien ons die lig net in Sij lig. Ok dit word bevestig
deur Spencer, waar hij aantoon, dat sonder die ideeè"
absoluut, oneindig ens. dink onmo\'enlik is !) en waar
hij in sij „Principles of Sociology" sé:
„The Power manifested throughout the universe distinguished
as material is the same Power which in ourselves wells up
under the form of consciousness."2)
Ons is daarom van Gods geslag en kan Hom daarom
ok verstaan. M. a. w. ons is tot niks minder gekom nie
als tot die waarheid: die mens is na Gods beeld geskape.
Waarlik, als ons Spencer se philosophie konsequent
deurdink, dan verwonder dit ons nie, hoe sij ijwerige
discipel Fiske in sij „Cosmic Philosophy", en „Idea of
God", juis deurdat hij konsequenter was als sij meester,
tot \'n soort theïsme gekom het. Tereg het Sigwart gesé:
„Wer die Gesetzmassigkeit für das verantwortlich macht,
was wirklich gescheht, behauptet damit dass sie Gedanken
realisiere und ist Teleolog ohne es zu wissen."
Maar nou kom Spencer nog \'n maal aan die woord
\') „First Principles", 6«» Ed., p. 68.
•i „Principles of Sociology", p. 839.
-ocr page 260-
240
en beweer dat die verstand is net die produk van die
indrukke wat die verskijnsele op ons maak. Dit maak
onse redenering skijnbaar waardeloos. Die verstand is,
sé hij, wat die lewe is, n.1. aanpassing aan die omgewing:
„Life is definable as the continuous adjustment of internal
relations to external relations."
What we call truth, guiding us to succesful action and
consequent maintenance of life is simply the accurate corre-
spondence of subjective and objective relations. The sirnplest
cognition being the establishment of sorae connection between
subjective states answering to some connection between ob-
jective states." \')
Op dieselfde kom sij redenering neer in sij „Principles
of Psychology".2)
Deurdat geslag na geslag dieselfde verskijnsele waar-
geneem het, het die wette van die verskijnsele ok die
wette van die verstand geword. Of om Armstrong se
woorde te gebruik:
„Spencers theory of evolution which included the gradual
growth of the human mind by in heritance through a vast
series of successive generations, enabled him to say that the
original mind was indeed a blank sheet, but that the experience
of all these generations had so consolidated such conceptions
as those of space and time, that to man as he now is, they
are given as an original endowment and are indeed innate
ideas to which the individual ideas which a man comes at
for himself are necessarily adjusted." 3)
Hierdie verklaring van Spencer o\'er die ontstaan van
•) „First Principles", 6* Ed., p. 63.
*) «Principles of Phychology", Chapter 10.
3) R. A. Armstong, „Agnosticism and Theism", in the „Nineteenth
Century", p. 60.
-ocr page 261-
241
ons verstand geld net skijnbaar te\'en ons argument.
Wie \'n bietjie dieper nadink, sal gou hierin één van
die sterkste bevestiginge van ons argument sien.
Want:
Ten eerste. Als ons verstand die produk is van die
waarneembare en waargeneemde wereld, dan was die
verskijnsele geordend en geskik volgens \'n verstand. Hoe
iemand aan hierdie gevolgtrekking kom, is ons nie duidlik
nie. Want dat soort alleen soort kan voorbring, geld net
so goed op physies als psychies gebied. Ons verstand
is georganiseer uit die wette van die logika. Volgens
Spencer moet die logika-wette dan wees die produk
van die indrukke van die wereld op ons bewustsijn. Die
indrukke van die wereld op ons bewustsijn moet dus
aan die logika-wette onderworpe gewees het. Net \'n
wereld wat deur \'n verstand georden is, kon die wereld
van ons verstand te voorskijn gebring het. Soort kan
alleen soort produceer. En daarom was dit so natuurlik,
dat toe die kind, n.1. die verstand, gebore is uit die
moederskoot van die wereldverskijnsele, hij te\'en sij
moeder geglimlag het — geglimlag omdat hij in haar
homself herken het. Als die verstand net \'n afspiegeling
is van die kosmos, dan moet dat, waarvan die verstand
\'n afspiegeling is, self verstand wees of deur \'n verstand
inmekaar gesit gewees het. Of soos Sir Oliver Lodge
sé. „Whatever is in a part must be in a whole." En
die menslikke verstand is ok één van die verskijnsele
van die Kosmos.
„There are some who deny that there is any design or
purpose in the universe at all, but how can that be maintained
when humanity itself possesses these attributes.... many a
thinker brooding over the phenomena of nature has feit that
16
-ocr page 262-
242
they represent the thoughts of a dominating unknown mind
partially incarnate in it all. l)
Ten twede. Hoewel Spencer nie beweer dat die
menslikke gees \'n produk is van die beweging van
die molekule van die stof, dus net \'n transformasie
van die stof, nie, maar net \'n korrelasie tussen die
physiese en psychiese aanneem,2) tog het hij wil bewijs,
soos ons reeds aangehaal het, dat dieselfde wette wat
geld vir die geestlikke ok geld vir die stoflikke
verskijnsele. Stof en gees word dus beheers deur die-
selfde wette. Soos die stoflikke sigbare wereld ontstaan
het deur die wette van integrasie, segregasie en equili-
brasie, so is ok die wereld van ons dinke die resultaat
van die werking van dieselfde wette op geestlik terrein.
Ons wil dit toegé. Maar wat vind ons dan ? Net dit,
dat die natuur, die geestlikke en stoflikke, die sigbare
en onsigbare wereld, ons nog wonderbaarder word, \'n
groot en grootse eenheid, gedra deur één en dieselfde
wonderbaarlikke verstand. Want als die verstand in
die vorming van die wereld van ons dinke op \'n ander
manier te werk gegaan het als die wette van be-
vveging in die vorming van die stoflikke wereld, dan
was die stoflikke wereld vir ons verstand totaal on-
verstaan\' en onverklaarbaar, en daarmee was alle
wetenskap \'n onmo\'enlikheid geword. Om dit duidlikker
te maak: ons verstand is \'n krag wat beweeg in
die daad van ons dinke, en wel beweeg volgens
sekere wette, en die wette is die wette van die logika.
Die beweging van ons verstand is dus \'n ei\'ensoortige.
\') Sir Oliver Lodge, „Life and Matter", p. 73.
*) „First Principles", 6th Ed., p. 177—178.
-ocr page 263-
243
Als nou die stoflikke krag volgens ander wette dan
die van verstand beweeg het, dan was hulle andersoortige
wette. Omdat ons dan te doen sou hé met twee ver-
skillende soorte beweginge, kon die een die ander
onmo\'enlik begrijp het nie. Soort kan alleen deur soort
verstaan word. „Similia similibus cognoscuntur". Ek
kan \'n dier alleen verstaan of begrijp, in sover dit
soortgelijke handelinge, motiewe en behoeftes aan die
dag lé als ek self. Kon die stoflikke beweging nie onder
mathematiese kontrole gebring word nie, onder die
wette van ons dinke dus, dan sou die wetenskap van
die natuur vir ons onmo\'enlik wees. Net wanneer die
wette van ons dinke en die wette van die natuur van
één soort is, kon die laaste deur die eerste begrijp
word. Die wereld en ons dinke is en moet op mekaar
aangelé wees. Of soos Profeit so mooi sé:
„All matter is composed of ordered elements and that order
is due to mind. It is not a chaos. It does not consist of
substances inert, of particles separated from each other by
differences raany as their own number, particles without like-
ness, measure, relationship or any ordered characteristic. Had
it done so, it would not have formed a subject of knowledge.
Laws of action could not have been predicated of it. No
general affirmations could have been made regarding it or
any portion of it. The mind could have done nothing with
it, would have found nothing characteristising it to think about,
nothing of its own kind of operations to see and so understand,
to class and to name. It would have presented no field for
scientific investigation, but would have been a barren desert,
a region of darkness, a science of chemistry or physics would
have been impossible. But it is not so with matter. Matter
is full of thought. It is crammed with ideas. It is a scène exten-
ding before the mind beyond all limits and radiant with ad-
justments, adaptations and arrangements. It is full of thoughts
16*
-ocr page 264-
244
which we can think. lts condition is ideal. What then has
thought, the thoughts carried them out? For thought cannot
spring where mind is not, much less can they be carried out.
But what save mind can dothe workofmind? Chance cannot.
Blind forces cannot. No intelligent, ground or principle of
existence can. No entity that is not intelligent can produce
on an extended scale and with consummate perfection really
clear and brilliant signs of mind." l)
Dit is eenmaal onmo\'enlik om die kosmos te ken
en wetenskaplik in te dink, als daar nie tussen die
wereld en ons ek \'n organies verband bestaan het nie.
Sal daar wetenskap mo\'enlik wees, dan moet daar ver-
band bestaan tussen die wereld en ons wese, tussen
die wereld en ons bewustsijn. Als daar geen gedagte
in die objekt skuil nie, sou dit vir ons dinke onver-
staanbaar wees. Ewemin als ons oor die kleure kan
waarneem, sou ons dinke dan in staat wees om \'n
begrip van die objekt te vorm.
En dit is juis die van onse bewustsijn onafskeibare
besef, dat die kosmos logies bestaan, waaruit die on-
overwinlikke drang van alle wretenskap om die kosmos
te leer verstaan, gebore word. Uit die besef dus, dat
die kosmos als kosmos logies bestaan en in die logies
bestaan vatbaar is om in onse dinkwereld opgeneem
te word. Of soos Dr. Kuyper sé:
„De relatiën liggen in den Kosmos verscholen en zijn in
haar dieperen samenhang niet te kennen, tenzij we zelf als
logische denkers tot dezen logisch bestaanden Kosmos toetreden.
Slechts bij de onderstelling, dat in ons denken de logische
kiem van een gedachtenwereld aanwezig is, die, mits juist
ontwikkeld, volkomen passen zal op de logische gedachtenwereld,
\') Wm. Profeit M.A., „The Creation of Matter", p. 11 en 12.
-ocr page 265-
245
die in den Kosmos verscholen ligt, is deswege wetenschap
van den Kosmos voor ons mogelijk. En hierin ligt juist de
mogelijkheid voor denken om actief op te treden. Zoodra het
ons toch gelukt is om de algemeene relatiën te leeren kennen,
die \'t bijzondere beheerschen, of ook de kiem van een zich
ontwikkelende gedachte in deze onderscheidene relatiën te
ontdekken, stelt de identiteit van onze subjectieve met de
objectieve gedachtenwereld ons in staat om actief op te treden,
deels door de gewilde relatiën in het leven te roepen, en deels
door de relatiën die zich moeten vertoonen of zich later zullen
ontwikkelen, vooruit te zien. En aldus eerst erlangt de men-
schelijke wetenschap dat hooge, dat heerschende, dat profetische
karakter, waardoor ze zich niet alleen vrij maakt van den
Kosmos, maar ook dien Kosmos verstaat, in dien Kosmos
het handelen bekwaamt en ten deele zelfs de toekomstige
ontwikkeling van dien Kosmos doorziet." \')
„Hoe men dan ook zinne of pluize, nooit zal de genoegzame
grond voor deze bewonderenswaardige correspondentie of ver-
wantschap tusschen het object en het subject, waarop toch
geheel de mogelijkheid en de ontwikkeling der wetenschap
rust, voor ons besef verklaard worden, tenzij wij met de
H. Schrift belijden, dat de Auteur van den Kosmos in dien
Kosmos den mensch als mikrokosmos schiep, naar zijn beeld en
naar zijne gelijkenis". ■)
Tot dieselfde konklusie kom ok Dr. Orr in sij behande-
ling van die ontologiese argument. 3)
Ons konkludeer dus, dat als die verstand \'n gevolg
is van die indrukke op ons bewustsijn gemaak van
geslag tot geslag deur die waargeneemde verskijnsele
\') Dr. A. Kuyper, „Encyclopaedie der Heilige Godgeleerdheid",
p. 25.
2)  T. a. p., p. 29.
3)  Dr. James Orr, „Christian View of God and the World",
p. 103, 104, 105.
-ocr page 266-
.
246
in die wereld, dan het ons hier \'n geval van die wet,
dat soort soort geproduceer het.
Die wereld was volgens \'n verstand gekonstitusioneer,
daarom was haar afskijnsel in die mens — verstand.
Ja, wat meer is, — die wereld van verskijnsele is
volgens Spencer die produk van die Absolute krag wat
ten grondslag van alle verskijnsele lé, daarom sé ons,
moes die Absolute self verstand gewees het, om \'n
wereld te kan produseer, waarvan die verskijning die
menslikke verstand als gevolg gehad het.
Maar als die Absolute \'n krag is met verstand, dan
moet Hij ok \'n persoonlikheid wees, moet Hij daarom
ok \'n wil en \'n doel hé.
Tot hierdie gevolgtrekking drijf ons \'n onverbidlikke
logika en \'n onpartijdig empiries ondersoek.
Die dieper betekenis van Spencer se evolusie-wette
getuig dus direk te\'en sij agnosticisme.
-ocr page 267-
BESLUIT.
Die methode wat ons bij die behandeling van Spencer
se Agnosticisme gevolg het was drieerlei: — die gronde
wat hij aanvoer vir sij Agnosticisme, aangé; die gronde
aan \'n onpartijdige kritiek onderwerp, en dan ondanks
die resultate van onse kritiek, die gronde aanneem en
hulle tot hulle konsequensie lei.
Ons het gesien dat die gronde \'n string philosophiese,
psychologiese en logiese toets nie kan deurstaan nie,
en verder, dat als ons hulle moet aanneem en tot hulle
konsequensies lei, ons moet eindig met te erken, ten
eerste, daar is \'n God en ten twede die God het Hom
in die natuur en ons bewustsijn kenbaar gemaak.
Maar trou aan onse methode wil ons ten slotte nog
al onse kritiek intrek, aan Spencer alles toegé en vol-
mondig sij agnosticisme onderskrijwe en met hom saam
belij dat die absolute persistente krag wat ten grond-
slag van die wereld van verskijnsele lé, onkenbaar is
en ewiglik so sal blij.
Hierdie, erkentenis bring vir \'n o\'enblik o\'er onse siel
\'n weemoed so groot, dat dit grens aan \'n ontsenu-
wende angs. Die agnosticisme laat vir ons \'n pik
donker nag val o\'er verlede en toekoms. Dit maak ons
-ocr page 268-
248
tot wese in hierdie grote wereld. Ja nie alleen wese
nie, maar vondelinge; want ons weet dan nie waar-
vandaan ons kon of waarheen ons gaan nie, of soos
Spencer se volgeling Prof. Fiske so waar gesé het:
„The human soul shrinks from the thought, that it is without
kith or ken in all this wide universe." \')
Hoe waar dit is, wat ons hier gesé het, blijk ok uit
die grote en grootse smart wat o\'er Spencer gekom
het, toe hij aan die end van sij lewe, \'n laaste blik
gewerp het op die nog voordurend evolverende heelal.
En sij woorde is so gewigtig. Want als denker was hij
groot. Op die agtergrond van die geskiedenis van die
Engelse wijsbegeerte staan sij figuur uit groot en helder.
En als mens was hij nog groter. Onder die grote publiek
staan hij uit soos \'n eensame spitskop op die wije, wij\'e
Afrikaanse vlaktes. Blank en onkrinkbaar was sjj
opregtheid, en in volharding was hij \'n reus. Veertig
jaar lang het hij gewerk aan die voltooiing van sij
Sinthetiese Philosophie. En in die 40 jaar het hij nie
één gesonde dag gehad of één nag normaal lang geslaap
nie. Sij wijsgerige stelsel was nou klaar, sij wereld-
beskouing die wereld aangebied en die end van sij lewe
daar. En vir laas werp hij sij meester blik op die heelal
waarvan hij die ontwikkeling perbeer het om te beskrijwe.
En die blik word beneweid deur \'n grote smart. Hier
is sij ei\'e woorde:
"What must we say of the life minute, multitudinous,
degraded, which covering the ocean-floor, occupies by far the
larger past of Earth\'s area, and which yet, growing and
\') „The Idea of God", p. 137.
-ocr page 269-
249
decaying in utter darkness, present hundreds of species of a
single type? Or when we think of the myriads of years of
the Earth\'s past, during which have arisen and passed away
low forms of creatures, srnall and great, wich murdering and
being murdered, have gradually evolved, how shall we answer
the question: to what end? Ascending to wider problems, in
which way are we to interpret the lifenessuess of the greater
celestial raasses — the giant planets and the sun; in proportion
to which the habitable planets are mere nothings? If we pass
from these relatively near bodies, to the thirty millions of
remote suns and solar systems, where shall we find a reason
for al this apparently unconscions existence, infinite in amount
compared with the existence which is conscions — a waste
Universe as it seeras? Then behind these mysteries lies the
all — embracingmystery — whence this universal transformation
which has gone on unceasingly throughout a past eternity
and will go on unceasingly throughout a future eternity? And
along with this rises the paralyzing thought—what if, of all
that is thus incomprehensible to us, there exists no compre-
hension anywhere? No wonder that men take refuge in
authoritative dogma!*)
Maar die angs wat die agnoticisme moet meebring
sidder net vir \'n o\'enblik deur die siel van wie die
bisondere openbaring van God in Jesus Kristus erken.
Net vir \'n o\'enblik sé ons. Want als ons Spencer se
agnosticisme moet aanneem, dan het ons daarin net \'n
bevestiging van die waarheid waarop die Kristendom
gebou is en rus — die waarheid — God het Hom self
geopenbaar. Sonder openbaring was Hij vir ewig onbe-
kend en onkenbaar geblij. En die verder waarheid: —
ons ken God net so ver Hij Hom geopenbaar het en
ons vir die openbaring vatbaar is. Want wat Sij wese
betref blij Hij vir die mens onbegrijplik.
l) Herbert Spencer, Au Autobiography, Vol. II, p. 470.
-ocr page 270-
250
Onse kennis is so gering: Ons weet so min. Soos
Darwin so waar gesé het: —
The known is flnite, the unknow inflnite. Intellectually
we stand on an islet in the midst of an illimitable ocean of
inexplicability.
Selfs die openbaring van God is vir ons nog so
onbegrijplik. Ons begrijp in so veel opsigte die wereld
van geskape dirige nie, en staan soos Prof. Bavinck
sé,l) elke o\'enblik voor raadsele en geheime, hoe sou
ons dan die openbaring van God in al haar diepte en
rijkdom verstaan. Onse kennis van entia finita, is soo\'s
Dr. Kuijper sé, reeds finita, hoeveel te meer dan bij
God, waar die ongelijksoortigheid en toesluiting on-
eindig veel sterker is.2) Dis vir die mens reeds on-
mo\'enlik om \'n ingel of \'n dier te verstaan, hoeveel
te minder sal hij God wie se wese heeltemaal buite
die kreatuurlikke val, verstaan. Als \'n ding nie vir
ons oop staan, so dat ons daar kan insien nie, dan is
daar ok geen kennis van mo\'enlik nie. Kennisneem is
mo\'enlik bij alle dinge waar ons kan indring. Wat weet
ons b.v. van wat daar innerlik in \'n dier omgaan?
Niks. Als ons sé dat ons \'n dier begrijp, dan bring
ons onse ei\'e voorstelling op die dier o\'er. Hoe weinig
ken ons onse medemense. Wat ons van hulle ken, is
deur dat ons deur analogie van ons selwe uitgaan en
veronderstel dat omdat hulle ok mense is, hulle dus
dieselfde gewaarwordinge als ons sal hé. Maar tog blij
\') Gereformeerde Dogmatiek, Deel II, p. 30.
a> College Dictaat, Locus de Deo, p. 82.
-ocr page 271-
251
hulle persoonlikheid, hulle karakter, dat wat hulle
ei\'enlik is, vir ons \'n geslote boek.
Ja hoe weinig ken ons ons self ? Wat weet ons van
die onbewuste in ons? Waarlik onse kennis is beperk,
onse kennis onbeperk. En moet ons dit reeds van die
beperkte erken hoe veel te meer nie van die onbeperkte,
die goddelikke nie? Hier kan ons alleen in volslo\'e
magteloosheid uitroep: God is groot en ons begrijp
Hom nie. Treffend het b.v. Vondel dit beskrijve in sij
reisang uit Lucifer.
Die eerste rei vra;
Wie is het die zoo hoog gezeten
Zoo diep in \'t grondelooze licht
Van tijd noch eeuwigheid gemeten
Noch ronden zonder tegenwicht?
En dan gé die ander rei antwoord:
Dat is God, oneindig eeuwig wezen
Vergeef \'t ons en scheld ons kwijt
Dat geen verbeelding, tong noch teeken
U melden kan....
.... Wie kan u noemen
Bij uwen naam ? Wie wordt gewijd
Tot uw orakel? Wie durft roemen?
Gij zijt alleen dan die gij zijt
U zelf bekend en niemand nader
U zulks te kennen als gij waart
Der eeuwigheden glans en ader
Wien is dat licht geopenbaard?
In hierdie leer van die onbegrijplikheid en onken-
baarheid van God, lé die waarheid van Spencer se
agnosticisme. Maar is dan ok \'n waarheid wat altoos
deur die Bijbel geleer is.
-ocr page 272-
252
Als die mens dus van God iets te wete sal kom dan
is daar net één pad oop en dit is, dat God Hom self
moet Openbaar. En God het Hom self geopenbaar. Als
Hij die Skepper is van hemel en aarde, dan het Hij
Hom self reeds daarin openbaar. Dan is dit ok waar
dat die hemele Gods eer verkondig en die uitspansel
die werk van Sij hande. Uit \'n werk ken jij tot \'n seker
hoogte die werkman. Die werk openbaar die werker.
Maar Spencer sé dat selfs die skepping ons nie die
Absolute wat daaraan ten grondslag lé, leer ken nie.
Ons het hierbij reeds in die vorige hoofstukke uitvoerig
stil gestaan en ons erken die waarheid wat daarin uit-
gedruk lé. Maar dan het ons hierin net weer \'n ander
bevestiging
van die leer van die Bijbel. Want die leer,
dat die menslikke verstand verduister is deur die sonde
en dat die skepping onder die vloek lé. Die skrif van
die skepping is dof en stukkend geword. En die oog
van die mens om die skrif te lees is verduister. En
daarom weet Gods woord om ons nog te verhaal van \'n
ander \'n ho\'er en beter openbaring dan die in die natuur.
Die Bijbel n.1. is die boek van die bisondere openbaring
van God in Kristus. En in Kristus het God self tot ons
gekom en Hom aan ons bekend gemaak. Daarom kon
Kristus sé, wie mij gesien het, het die Vader gesien.
Ok uit \'n philosophiese oogpunt het die feit van die
verskijning van Kristus op die wereld dus \'n buite-
gewone waarde. Die verskijning van Kristus behoed ons
vir die troosteloosheid van die agnosticisme, maak ons die
kennis van God en die ewige lewe deelagtig en laat ons
met Paulus roem in die dwaasheid van die Kruis. Want
rè (iupov tov icov aoQÜTepov rüv xvópuruv foriv, kx) to xaSevst tov
dsoü foxvpórepov rüv xvdpuirwv étTTiv.