-ocr page 1-

Oor die
Afrikaanse Sintaksis

DEUR

J. J. LE ROUX

I

WOORDGROEPE EN VOLSIN

SWETS & ZEITLINQER
AMSTERDAM
1923

-ocr page 2-

\'•I.

®

4 \'

-ocr page 3-

■ - V-V. ».

/

r-XVi

if f

-ocr page 4-
-ocr page 5-

OOR DIE AFRIKAANSE SINTAKSIS

I

WOORDGROEPE EN VOLSIN

-ocr page 6-

, \' y, .

V;:

;/ ■ ■ y-..;\'

4 ; V.,:

-ocr page 7-

OOR DIE AFRIKAANSE SINTAKSIS.

PROEFSCHRIFT

TER VERKRIJGING VAN DEN GRAAD VAN DOCTOR
IN DE LETTEREN EN WIJSBEGEERTE AAN DE RIJKS-
UNIVERSITEIT TE UTRECHT. OP GEZAG VAN DEN
RECTOR-MAGNIFICUS Dr. A. J. P. VAN DEN BROEK,
HOOGLEERAAR IN DE FACULTEIT DER GENEESKUNDE.
VOLGENS BESLUIT VAN DEN SENAAT DER UNIVERSI-
TEIT. TEGEN DE BEDENKINGEN VAN DE FACULTEIT
DER LETTEREN EN WIJSBEGEERTE TE VERDEDIGEN
OP VRIJDAG 19 OCTOBER. DES NAMIDDAGS TE 4 UUR.

DOOR

JACOBUS JOHANNES LE ROUX,

geboren te
FRANSCHE HOEK (ZUID-AFRIKA).

SWETS <S ZEITLINGER - AMSTERDAM - 1923.

-ocr page 8-

* • •^^ if. V-

■-./\'v.-

. V- ■ \' .

j\'j,.- •

1 k:;

■m

-ocr page 9-

AAN MY MOEDER

EN DIE NAGEDAGTENIS
VAN MY VADER.

-ocr page 10- -ocr page 11-

Dat ek kon slaag in die onderneming om in beperkte tyd
\'n samevattende werk te skrywe oor \'n onderwerp soos die
Afrikaanse Sintaksis, waaroor nog haas geen voorstudies
bestaan het nie, is in hoë mate te danke aan U bemoedigende
steun en belangstelling, Hooggeagte Promotor, Hooggeleerde
De Vooys, aan wie ek in die eerste plaas ook vir my algemene
vorming my dank betuig. Maar aan die end van my akademiese
studie sien ek ook met dankbaarheid terug op die interessante
kolleges en persoonlike belangstelling van U, Hooggeleerde
Frantzen, Galand en Kernkamp. En hoewel die rigting van
my studie meegebring het, dat die tyd dat ek van U lesse
kon profiteer, Hooggeleerde Oppermann, Niermeyer en
Zwaardemaker, van korter duur moes wees, sien ek ook met
genoeë terug op wat my tog te beurt geval het. Hulde aan
die Utrechtse Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte waar
die verskyning van \'n proefskrif wat in Afrikaans geskrywe
is, teenswoordig iets is wat van self spreek!

Tot die vrugbaarste tydperke van my studie in Europa,
hoort ook my verblyf in Hamburg in die somer van 1922.
Dit het ek veral tc danke aan U vriendskap, belangstelling
en leiding, Prof. Borchling, waardeur my blik tot ver buite
die mure van U Seminar kon gaan. Die vriendelike ontvangs
van U en Prof. Petsch en die Assistente van die „Deutsche
Seminar", sal ek altyd bly waardeer; en die intieme huislike
omgang en leersame gesprekke met U, Prof. Rosenhagen,
neem \'n heel besondere plaas in my herinneringe in. Vir
opestelling van U Seminar en voortdurende hulpvaardigheid
is ek ook aan U dank verskuldig, Professors Meinhof en
Demp wol ff. En aan my Hamburgse verblyf dank ek ook die
vrugbare kennismaking met U, vriend Joao da Providência
de Sousa e Costa.

Vir inligtinge met betrekking tot die onderwerp van my
dissertasie kom my dank toe aan U, Professors Hesseling,
Vcrcouliie, Meinhof en Bouman, aan U, Frl. Dr. Lasch en
Dr. D. B. Bosman, en ook aan U, Afrikaanse medestudente in
Utrecht wat altyd gewillig was om as proefkonyntjies te dien.

Vir daadwerklike steun dank ek die Nederlandse en Suid-
afrikaanse regeringe en die Nederlandsch-Zuidafrikaansche
Vereeniging.

Die vele huisgesinne waar ek in die afgelope jare gasvry
ontvang is, verseker ek andermaal van my waardering.
Nederlandse, Vlaamse cn Platduitse vriende, ek roep U
sHe \'n hartlikc en oprcgtc Vaarwel! toe.

-ocr page 12-

:3F

I

>
A

\' ^ K

r N-H.

Kîî-xo cf/ts - "

.......■ : ^ •

fît n

-

f» C>T\'

\'•■if

tri

-se»

WpP.m\'

-ocr page 13-

INHOUD.

bis.

Inleiding. Die begrip Sintaksis 1 — 16

BESKRYWENDE SKETS VAN DIE AFRIKAANSE SINTAKSIS 17—237

Inleiding 17-20

DEEL I. DIE WOORDREEKSE EN WOORDGROEPE 21-192

HOOFSTUK I. Die Woordreekse 21-23

HOOFSTUK II. Die Substantiefgroep en Pronomengroep 24—109

A. Substantief Adjektiewiese Woord 24—65

(1) Substantief-f Adjektiewiese Woord (in enger sin) 25—41

(2) Substantief Eintlike Adjektief 41—61

(3) Substantief ou 61—63
Leungroep: Substantief Adjektief 63—65
Subst. Adj. met Werbum as bindwoord 65—65

B. Substantief Adwerbium 66—68

C. Substantief Substantief 68-109

(1) Leungroep 69—70

(2) Gelykmatige aksent 71—78

(3) Eenheidsaksent 78—83

(4) Buigingsuitgang 83—88

(5) Pronominale vorme 88—98

(6) Preposiesies 98-108

(7) Konjunksies 108—109
HOOFSTUK III. Die Adjektiefgroep 110—119

A. Adjektief Substantief 110—117

B. Adjektief Adwerbium 117—119

C. Adjektief Adjektief 119-119
HOOFSTUK IV. Die Werbumgroep 120—182

A. Werbum Substantief 120-157

(1) Die Werkwoord is \'n volbegrip 120-136

(2) Die Werkwoord is \'n relatiewe begrip 136—147

(3) Die Werkwoord is lid van \'n kompositum 147—157

B. Werbum Adjektief 157-166
(1) Die Werkwoord is \'n volbegrip 157—160

-ocr page 14-

bis.

(2) Die Werkwoord is \'n relatiewe begrip 161—162

(3) Die Werkwoord is lid van \'n kompositum 162—166

C. Werbum Adwerbium 167—173

(1) Die Werkwoord is \'n volbegrip 167—172

(2) Die Werkwoord is lid van \'n kompositum 172—173

D. Werbum Werbum 173-179
Posiesie van die bepaling of voltooiing 179—181

HOOFSTUK V. Die Partikelgroep 183-192

I. Bindwoord 183-185

II. Adwerbium 185—187

A, Adwerbium Adwerbium 185—187

B. Adwerbium -f Substantief 187—187

III. Preposiesie 188-190

IV. Interjeksie 191-192
DEEL II. SINNE, SINSREEKSE EN SINSGROEPE 193-237
HOOFSTUK I. Inleiding 193-200
HOOFSTUK n. Die Volsin 201-237

Kenmerke van die predikatiewe Verbinding 202—216

Musikale eienskappe 216—220

I. Bewerende Volsinne 221—227

II. Bevelende Volsinne 227-232

A. Gebod 227-230

B. Wens 230-232

III. Vraende Volsinne 232—235

IV. Uitroepende Volsinne 235-237
Verbeteringe en Toevoegsels 239—239
Lys van verkort gesiteerde bronne 240—241
Lys van geraadpleegde literatuur 242—248

-ocr page 15-

^ vs^

-ocr page 16-

\'I -i.

•■ri^A

tïïKiîHs:;\'- > ■

-i \'f^:

i\'i
M

iv,;

Mm «

-ocr page 17-

Inleiding.

DIE BEGRIP SINTAKSIS.

Apollonius Dyscolus, die skepper van die sintaktiese weten-
skap, gee die volgende verklaring van die naam a-óvrx^tg,
wat hy vir hierdie nuwe afdeling van die Grammatika gekies het:
„Soos die letters deur hulie samevoeging die lettergrepe tot
stand bring, so sal ook die verbinding van die gedagtes wat
in die woorde opgeslote lê in sekere mate \'n samevatting
tot stand bring deur die samevoeging van die woorde; en soos
verder uit die lettergrepe die woord, so ontstaan ook uit
die reëlmatige opeenvolging van die woorde, die in hom
self beslote, selfstandige sin." Die bewoording is ouderwets,
maar die bedoeling is duidelik! Met die terme a-wräa-a-itv en
a-L^vTix^cg wou hij — in die woorde van Steinthal te kenne
gee „dass es sich in der Syntax immer um die Verknüpfung
zweier Wörter handelt und dass man nicht eigentlich von der
Syntax
eines Wortes reden kann." ") Die oudste Hollandse
grammatisie gee — soos in huile dae gebruiklik was
hierdie vakterm weer met \'n letterlike vertaling:
t\'samen-
voeghing,
respektiewelik tsamenvouginge.

In die praktyk het die term Sintaksis egter gou anders
gebruik geword as die bedoeling van Apollonius was en as
die Hollandse vertaling te kenne gee. Die oorsaak hiervan
is die dienende rol wat die Grammatika tot voor kort gespeel
het. By die Grieke en Romeine was die Grammatika die
dienares van die Logika en die Retorika; sedert die Renaissance
het sy in diens van die Humanisme as middel gedien om dit
vir die geleerdes moontlik te maak om goed Latyn te kan
praat en skrywe. Haar vernaamste taak was dus om praktiese
reëls op te stel vir die aanleer van Latyn en om vas te

\') Naar die Duitse vertaling van Buttmann, aangehaal deur Ries,
Was ist Syntax, bis. 69.

p Gesiteer deur Ries, t. a. p. bis. 70.

^ „^P\'Êghel, Twe-spraack vande Nederduitsche Letterkunst (1584).
van Heule:
De Nederduytsche Grammatica (1626).

-ocr page 18-

ètel wat klassiek was; en toe daar langsamerhand spraak-
kunste ontstaan het in die moderne Europese tale, het hulle
die kentekene van die Latynse Grammatika bly dra. Die
indeling en terminologie was op teoreties-logiese beskouinge
naar Latynse en Griekse model gebaseer, en die inhoud het
bepaal geword deur die strewe om \'n klassieke norm aan
te gee. En dié norm was. ondanks die algemene versekering
van die teendeel wat die skrywers gewoonlik gee, dikwels
nie deur die spraakgebruik self bepaal nie, maar verkry deur
redeneringe oor sierlikheid en "bruikbaarheid. So gee in
Holland die skrywer van die Twe-spraack die versekering:
„Wij hebben na ons beste vermoghen in desen ghetracht
om onze taal uyt haar zelfs grond in ghoede schicking, door
haar eyghen natuurlyke buyghing ende vervoeghing te
brenghen." Maar die inhoud bewys dat die strewe naar
„ghoede schicking" dikwels swaarder gewee het as die
begeerte om \'n natuurgetroue afbeelding van die taal te
gee. En Christiaen van Heule kies tot spreuk vir sy „Gram-
matica ofte Spraec-konst" die woorde van Horatius:
Multa renascentur quae jam cecidere, cadentque
Quae nunc sunt in honore vocabula si volet
usus,
Quem penes arbitdum est, et jus et norma loquendi.
Ook hy gee die versekering „dat wy in ons voornemen,
bedwongen geweest zijn, ons zeiven nae het gemeyn gebruyk
ende niet het gebruyk na ons eygen oordeele te vougen,"
maar hy is daar tewens trots op, dat hy sy spraakkuns „nae
de manier der Grieken ende Latynen" geskrywe het.

Sulke algemene verklaringe, wat in die praktyk maar skraal
toegepas is en wat vroeër eintlik glad \'n ander betekenis
gehad het as vir moderne taalgeleerdes, bly nog lank in de
mode. Selfs die eerste Nederlandse spraakkuns wat in Suid-
Afrika geskrywe is, dra nog as leuse die mooi woorde van
Lambert ten Kate: „De taelwetten zijn even als de Land-
wetten, van achteren
te vinden en niet te maken". En tog

1) A. N. E. Changuion: De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika
hersteld\',
1848, (Ie Druk, 1844).

-ocr page 19-

was die doel van Prof. Changuion met sy boek om die natuurlikc
ontwikkeling wat die Hollandse taal in Suid-Afrika deurgemaak
het, te niet te doen en „het Nederduitsch.....te herstellen".

Eintlik het dit eers in die allerjongste tyd sover gekom,
dat die taalstudie uitgegroei het tot \'n selfstandige tak van
wetenskap, wat om sy eie ontwil moet bestudeer en volgens
die geaardheid van die onderwerp self ondersoek moet word.
Die werk van Lambert ten Kate in die agtiende eeu moes
vergeet word omdat hy sy tyd te ver vooruit was; eers deur
Rasmus Rask Franz Bopp en die gebroeders Grimm
word die grondslae van die moderne taaiwetenskap gelê.
Gelyktydig met die ontstaan van die grootse nuwe gebou
moes die ruïenes van die oue stukkie vir stukkie opgeruim
word. Hierdie moeihke werk kon slegs uiters langsaam vorder
en duur nog voort. Naas die verouderde terminologie en die
logiese bande werk veral belemmerend \'n verkeerd gerigte
gemaksug wat van die taaiwetenskap bo alles reëls en voor-
skrifte verlang, ook al is hulie in stryd met die taalwerklikheid
self. Die gevolg is dat selfs in Europa nog maar \'n kleine
l^ern die eise van de nuwe taaiwetenskap deurgrond; en in
Suid-Afrika het die feit dat tot kort gelede daar geen onderrig
in die Afrikaanse moedertaal gcgee is nie, en dat dié toe
binne enkele jare algemeen gebruiklik geword het vir
skriftelike doeleindes, baie daartoe bygedra dat die opvat-
tings wat daar oor Taal heers, dikwels herinner aan die wat
in die sestiende en sewentiende eeu in Holland gangbaar was.

n Belangrike vereiste vir die beoefening van \'n selfstandige
wetenskap, en dus ook van die taaiwetenskap, is \'n behoorlike
indeling van die stof. So lank as die taalstudie maar net \'n
diensbare gebly het, kon daar maar min sprake wees van
n indeling naar die inwendige behoeftes van die studie self;

rf..!! tot de Kennisse van het Verhevene Deel der Neder-

auitsehe Sprake (1723).

1787 - 1832.

791 - 1867.

) Jakob, 1785- 1863; Wilhelm, 1786-1859.

-ocr page 20-

maar toe dit \'n selfstandige wetenskap geword het, het sy
beoefenaars ook gaan soek naar \'n indeling van die aard.
En wat geld van die vak as geheel, geld ook van die
onderdeel Grammatika. Die ou Grammatikas bevat, behalwe
heterogene demente soos Prosodie en die Afleiding van
woorde. gewoonlik drie hoofafdelinge: Spelling en Uitspraak
(Klankleer): Verbuiging en Vervoeging (Vormleer)
en Same-
voeging of Woordvoeging (Sintaksis). Reeds by die eerste
twee afdelings ontbreek deurgaans n deurlopende sisteem.
wat betref die stof wat hulle bevat en die indeling daarvan.
En die laaste deel is dan \'n gerieflike vergaderbak vir aUes
wat daar geen plek voor was in die voorafgaande nie! Die
produk wat hierdie sisteemloosheid in die derde deel van
die Grammatika opgelewer het. is dan ook tereg beskrywe
as \'n
Mengeïsintaksis. So \'n mengelsintaksis. wat in verskil-
lende grade van vermenging nog te kry is. selfs in resente
werke van eminente taalgeleerdes. kon o.a. bevat: verhan-
delinge oor die wese en gebruik van die woordsoorte en
oor die gebruik en betekenis van die fleksievorme; en daar-
naas \'n behandeling van die sinsbou of gedeeltes daarvan,
met veelvuldige oorskrydinge op die gebied van die Stylleer
en die Retorika. Daarby is die manier van behandeling ook
gemengd en gaat dit die een keer van die vorm, die ander
keer van de betekenis uit.

Die nuwer wetenskap eis egter dat daar. net soos vir
ander onderdele van die taalstudie, ook vir die Sintaksis n
behoorlik afgebakende terrein sal aangewys word. Die poginge
om dit te doen het in twee taamlik ver uiteenlopende rigtinge
gegaan en twee heel verskillende sisteme in die lewe geroep.
Die eerste beskrywe ..Sintaksis" as die „Leer van die Sin"
en het \'n groot aantal aanhangers gekry. Die twede, wat
vir \'n deel ook nog op logiese oorweginge berus. 2) word
naar die naam van sy skepper. die sisteem-Miklosich genoem

1) Naar Ries, Was ist Synfax?

Vgl. Wundt, Die Sprache. II, bis. 223-5.

=>) lil sy Vergleichende Grammatik der slavischen Sprachen (,1883).

-ocr page 21-

en beskou die „Sintaksis" as die „Leer van die betekenis en
gebruik van die verskillende woordsoorte en woordvorme".
Albei sisteme gee dus goed afgeslote, hoewel onderling
verskillende, terreineaan vir die Sintaksis. Maar in 1894 het
John Ries in\'n baanbrekende werk:
Was ist Syntaxl \'n nuwe
eis gestel: Die Sintaksis moet nie alleen \'n terrein bestryk wat
op \'n eenheidsbeginsel aangelê en goed afgebaken is nie, maar
dit moet ook pas in \'n goeie indeling van die Grammatika as
geheel. En hieraan beantwoord geen van beide voorgaande
stelsels nie. Die stelsel wat uitgaan van die opvatting:
„Sintaksis is Sinsleer" kom — soos Ries aantoon — tot \'n
indehng van die Grammatika in die leer van (1) die klank;
(2) die woord; (3) die sin. Dit staan gelyk met \'n reeks soos:
woonvertrek huis — stad. Dit is egter nie \'n behoorlike
reeks nie; \'n goeie reeks sou vir nommer (3) eis \'bewoonde
plek\' in plaas van \'stad\', want anders is die betekenis te eng;
en net so is \'sin\' nie \'n suiwer kollektief van \'woord\' nie,
maar het dit \'n te enge betekenis daarvoor. Iedere klank-
verbinding wat \'n selfstandige draer van \'n betekenis is noem
ons naamlik \'n woord, maar nie iedere woordgroep wat \'n
eenheid vorm en \'n betekenis het, \'n sin nie. \'n Behoorlike
reeks sou dus moet lui: klank woord — woordverbinding.

Die sisteem-Miklosich daarenteen laat geen ruimte oor
vir \'n samehangende behandeling van die volsin en sy vorme
nie; dit behandel (in afsonderlike afdelinge) die vorm en
betekenis van die afsonderlike woorde en verwaarloos die
woordverbindinge self, wat tog ook \'n vorm het; en eindelik
word in dié sisteem onder die naam Sintaksis twee ongelyk-
soortige onderwerpe behandel, want die vorm van die woorde
dien gedeeltelik om die verband met ander woorde weer te
gee en gedeeltelik om \'n saaklike betekenis uit te druk.

Prof. Ries het hom dus afgevra, of daar geen eenheids-
beginsel bestaan wat kan toegepas word by die indeling van

Vgl. ook J. Rles: Zur Gliederung der Syntax und der Gesamt-
grammatik.
(Anz. für Idg. Sprach- und Altertumskunde, Idg. For-
schungen, Bd. XXIV.)

-ocr page 22-

die hele Grammatika in sy onderdele nie. Hy meen dat die
grootte van die elemente waaruit die menslike taal bestaan,
so \'n beginsel aanbied. Naar hierdie gesigspunt verdeel hy
dus die Grammatika in: 1. Klankleer; 2. Woordleer; 3.
Woordverbindingsleer. Woord en Woordverbinding kan
weer ieder beskou worde naar sy vorm of sy betekenis,
sodat ons dan hierdie onderverdeling moet kry:
1. Klankleer

a. Vormleer
Betekenisleer

, , , 1 ( a. Vormleer
3. Woordverbindingsleer ^ ^^ Betekenisleer.

2. Woordleer

Sintaksis is dus, volgens Ries, die leer van die vorm en
betekenis van die woordverbindinge (Wortgefüge). Hierdie
groepering van die twee laaste dele is net mooi om deur
afsonderlike hokkies grafies voorgestel te word. Hier volg
die Duitse hokkies met hulle Duitse opskrifte:

Objekt 1

Einzelwort

Wortgefüge

Betrachtetim
Bezug auf die

Wortlehre

Syntax

u
u

I

III

B

w.

O

JS

m

B

ë
O

UL

Lehre von den formen

der Worte
(Wortarten nach for-
malen Gesichtspunkten
und Flexionslehre).

Lehre von den
Formen der
syntaktischen
Gebilde.

tUJ
c

3

s

lU

•a

U

CC

U .S
•a

<u
CQ

II

Lehre von der
Bedeutung der Worte,
ihrer Arten und
Formen.

IV

Lehre von der
Bedeutung der
syntaktischen
Gebilde.

Hierdie sisteem, wat volgens sy samesteller, gebaseer is
op \'n uiterlike kenmerk, lyk op die eerste gesig pragtig en
vreeslik eenvoudig met sy parallelle vakkies; maar ongelukkig
is dit nie altyd so gemaklik om te weet in watter kraaltjie
\'n gegewe stukkie taal geja moet word nie. Maar eers moet

-ocr page 23-

ons nog daarop wys, dat daar vir die Klanke nie ook twee
kraakjies bestaan nie; die parallellisme tussen vorm en
betekenis loop dus nie deur die hele sisteem nie, om die
eenvoudige rede dat klanke wat nie tot woorde verbind is nie,
geen eie betekenis het nie. Die Klankleer is dan ook heekemal
anders geaard as die ander twee aangegewe afdelings van
die Grammatika: \'n Klank is \'n fisiologiese eenheid, woorde
en woordverbindinge is psigologiese eenhede. En dat daar
\'n eenheidsbeginsel deur die stelsel sou loop is meer skyn
as werklikheid. Trouens die ontwerper self beweer wel
dat die stelsel uitgaan van \'n formele, uiterlike kenmerk van
die taalelemente — n.1. hulle grootte — maar sy eie definiesie
van die term Woord is nie alleen op die formele kenmerke
van die woorde gegrond nie, maar ook op hulle inhoud.
Vergelyk blss. 46-47: „Jede Lautverbindung, die überhaupt
zum selbständigen Träger eines Sinnes geworden ist"; bis. 46:
„Das Wort, das allein mit selbständigen geistigen Gehalt
erfüUte Lautgebilde"; bis. 48: „zu neuen (verhältnismässig)
selbständigen Einheiten verbundene Laute d. h. Wörter." In
die praktyk is dit nie altyd so maklik om uit te maak wanneer
\'n klankverbinding die draer is van \'n selfstandige geestelike
inhoud en wanneer nie. Dit sal bevoorbeeld hy baie uitroepe
moeilik wees om \'n grens te trek. Die selfstandigheid van
die s.g. vormwoorde is dikwels baie twyfelagtig en hulle
geestelike inhoud is dieselfde as die van baie buigingsuitgange
~ wat nie vir woorde aangesien word nie. Ander s.g.
\'Woorde\' het \'n aanvulling nodig om draers van \'n geestelike
inhoud te word en in nog ander gevalle het ons twee formeel
van mekaar geskeie elemente, wat tesame die draers van
een stukkie geestelike inhoud is.

Dieselfde moeilikhede ontmoet ons as ons moet onderskei
tusschen \'n Woord en \'n Woordverbinding. In die geval van
samestellinge is dit dikwels onmoontlik om formele kenmerke te
vind wat \'n skeidslyn kan aangee en ook die taalgevoel
stel in uitdrukkinge soos:
landbou- en ander produkte die
~~T"Vgr¥lümel: Einführung in die Syntax, § 208.

-ocr page 24-

samestclling en woordverbinding op een lyn. Uitdrukkinge
soos
héjy {hetjy) ene/c tyeef word deur ons as twee woorde
geskrywe, maar in Latyn word dieselfde betekenisinhoud deur
een woord uitgedruk en gewoonlik word hulle ook in moderne
tale as \'n enkele eenheid gevoel. Darenteen skrywe ons
wel
dis (< dit is) en nes (< net as) as een woord.

Sulke moeilikhede met grensgevalle kom egter by iedere
wetenskaplike klassifikasie voor. Die tekortkominge van hierdie
sisteem kom meer tiperend voor die dag, waar dit blyk, dat
ondanks die beoogde doel om die Grammatika in te deel
in afdelinge wat behoorlik uit mekaar gehou kan word,
daar tog
verskynsels is wat onder meer as een rubriek tuis
hoort. So behoort die behandeling van woordvorme soos die
Akkusatief volgens bowestaande indeling tot die Woordleer,
maar, daar die gebruik van iedere Akkusatief bepaal word
deur sy verbinding met ander woorde, moet dit ook onder
die Woordverbiningsleer behandel worde. Op dieselfde
manier is daar sekere klankverskynsels (woord- en sinsaksent
ens.) wat deur die onderlinge verbinding van die woorde
bepaal word, en dus nie alleen in die Klankleer nie, maar ook in
die Woordverbindingsleer moet bespreek word. Die enigste
oplossing van hierdie moeilikhede is, soos Prof. Ries duidelik
aangetoon het, om uit te gaan van praktiese oorweginge cn
telkens soveel te behandel as nodig is vir die onderwerp
wat onder bespreking is. Iedere deel van die Grammatika
het \'n ander \'held\' om te beschrywe: die Klankleer, die af-
sonderlike klank; die Woordleer, die afsonderlike woord en
die Sintaksis, die woordverbinding. Maar hieruit blyk dat die
formele kenmerke van die taalelemente alleen nie voldoende
is om \'n indeling van die Grammatika op te baseer nie. Die
verskillende onderdele is daarby
anders p-eaard; telkens gaan
ons uit van \'n ander gesigspunt, en dit moet ons in gedagte
hou as ons die formele indeling in die praktyk wil toepas.

By die behandeling van die \'Sin\' stuit ons op \'n soortgelyke

\') Idem, § 213.

\') Vgl. van Ginneken; De Kataloog van een Taaimuseum, (N. Taalg. V).

-ocr page 25-

moeilikheid. Daar is sinne wat maar uit een woord bestaan
en dus voor sover daar nie \'n verbinding met woorde
in ander sinne aanwesig is nie — naar hulle vorm in die
Woordleer sou moes behandel word. Ook woordgroepe
vorm soms eenledige sinne, wat dus formeel geen verbinding
van sinselemente aanwys nie; uitgaande van die standpunt,
dat Sintaksis \'verbindingsleer\' is, sou \'n mens hierdie groepe
ook nie onder die \'Sin\' mag behandel nie. Tog wil Ries al
hierdie eenledige sinne ook in die sintaksis behandel. Hy
gee aan die hand, dat by die woordleer, kortliks melding
daarvan sal gemaak word dat daar woorde bestaan wat die
funksie van sinne kan hè en dat hulle dan uitvoerig sal behandel
word by die samenhangende bespreking van die \'Sin\'. Dit is
\'n praktiese noodsaaklikheid, want dis onmoontlik om hierdie
woorde afdoende te behandel as daar nie eers \'n uiteensetting
gegee is van die betekenis van die \'Sin\' nie, en as \'n mens die
sin tweemaal moes behandel sou dit ook nie \'n aanbeveling
vir die sisteem wees nie. Maar daarmee gooi Ries die hele
prinsiepe van sy indeling onderstebo. Hy beskou mos die sin
as \'n onderdeel van die kollektiewe begrip \'woordverbinding\',
en as hy hieronder sinne wil behandel wat nie uit woord-
verbindinge (of verbindinge van woordgroepe) bestaan nie,
dus nie beantwoord aan die formele vereistes van sy indeling
naar formele kenmerke nie, dan gee hy toe dat dit onder
omstandighede wenslik kan wees om af te wyk van die be-
ginsel waarop die indehng berus. Ook lê die vermoede voor
die hand, dat hierdie konsessie berus op die oorweging, dat
eenledige sinne geanaliseer kan word in die twee elemente:
Subjek en Predikaat en uit dien hoofde \'n behandeling vereis
"wat samehang met die van sinne waarin die twee elemente
ook formeel uitgedruk is. Maar as die reg van \'n dergelike
analiese in die Sintaksis erken word, dan moet \'n mens ook
toestaan dat ander woorde op dieselfde manier geanaliseer
word. In die sin:
Hy kog die plaas b.v., kan die enkele
woord \'kog\' geanaliseer word in die twee elemente: (1) die
\') Vgl. Was isf Syntax? bis. 30 en blss. 48-9.

-ocr page 26-

handeling: (2) die tyd van die handeling, n Mens kan di
wenslik beskou om sulke gevalle samehangend te behandel
met ander gevalle waar twee afsonderlike woorde gebruik
word om die twee elemente uit te druk. soos
in: Toe koop
hy die
p/aas. Of in die sin: Julk het dit gedoen. kan n mens
die woord \'julle\' analiseer in die twee elemente: (1) benoe-
ming van persone; en (2) hulle verhouding tot die spreker.
En dit kan onder omstandighede wenslik wees om sulke sinne
gesamentlik te beskou met sinne
soos: Julle Boesmans
het dit gedoen, waar twee woorde gebruik word om dieseltde
twee elemente uit te druk. Maar wat word dan van die
definiesie \'Sintaksis is woordverbindingsleer\'? Moet \'n mens
dan nie tot die gevolgtrekking kom, dat ook die skerpsinnige
en skynbaar heldere indeling wat Ries van die Grammatika
gegee het. op onoorkoomlike moeilikhede stuit nie en dat
daar eintlik geen indeling volgens \'n eenheidsbeginsel moontlik
is nie, om die eenvoudige rede dat die stof wat behandel
moet worde daarvoor te ongelyksoortig is? En verder, dat
solank as die Sintaksis naas \'n Woordverbindingsleer \'n vol-
ledige leer van die sin moet bevat, in hierdie onderdeel van die
Grammatika twee ongelyksoortige onderwerpe moet behandel
word nie? Tereg beweer Hermann Paul dan ook: „Diesen
Bemühungen um konsequente Disposition liegt eben die
Verkennung der eigentlich selbstverständlichen Tatsache zu-
grunde. dass sich geschichtlich gewordene Verhältnisse nicht
in ein logisches System einpressen lassen. Noch weniger
kommt man damit zurecht, wenn man auch die geschichtliche
EntWickelung darstellen will." Tog gee dit ons nie die reg
om sonder sisteem te werk te gaan nie. Sou dit nie moontlik
wees om \'n sisteem uit te vinde, wat meer op die verskillende
geaardheid van die onderwerpe wat in die Grammatika
moet behandel word as op die formele kenmerke van die
taalelemente gebaseer is nie? Tot nog toe het niemand daarin
geslaag nie.

Die bestaande Grammatikas, ook die nuwes, bly die vraag:

ï) Deutsche Grammatik III, bis. 8.

-ocr page 27-

„Wat is Sintaksis"? verskillend beantwoord en dieselfde geld
van afsonderlike sintaktiese studies. In Duits is Erdmann sy
bekende
„Grundzüge der Deutschen Syntax"^) volgens die
sisteem-Miklosich ingerig, dog by die behandeling van die
afsonderlike woordsoorte kom ook hulle verbinding tot sinne
ter sprake. Die voorgenome toevoegsel oor die „soorte en
middels van sinsverbinding" het die voortsetter van sy werk
agterweë gelaat. Wunderlich volg in Der
Deutsche Satzbau
ongeveer dieselfde lyne as Erdmann. Onder later grammatisie
is die beroemste verteenwoordiger van wat Ries bestempel
het as „Mischsyntax", Hermann Paul in die derde en vierde
band van sy
„Deutsche Grammatik". Volgens hom is die Sin-
taksis „ein Teil der Bedeutungslehre und zwar derjenige, was
schon das Wort sagt, dessen Aufgabe es ist, darzulegen wie
die einzelnen Wörter zum Zwecke der Mitteilung zusammen-
geordnet werden". Die standpunt van Ries, dat daar \'n
skeiding moet gemaak word tussen Woordleer en Sintaksis, het
baie aanhangers gekry en is prakties toegepas o.a. in die
„Deutsche Grammatik" van Wilmanns, wat egter deur sy dood
verhinder geword het om die afdeling Sintaksis te skrywe;
verder deur Ludwig Sütterlin in
„Die Deutsche Sprache der
Gegenwart"
en deur G. Wendt in sy „Syntax des heutigen
Englisch",
maar vir hulle albei beteken Sintaksis „leer van
die sin", in die geval van Sütterlin met herroeping van die
standpunt wat hy vroeër ingeneem het. Des te meer rede
bestaan daar dus om met verlange uit te sien na die ver-
skyning van die werk, waarin Prof. Ries hoop om \'n praktiese
toepassing te gee van sy pleidooi om die Sintaksis te beskou
as die „Lehre vom Wortgefüge".

Die enigste samevattende behandeling van die Nederlandse
Sintaksis wat rekening hou met die nuwer opvattinge kom
voor in die beknopte skoolgrammatika van Prof. van Wijk:
Nederlandschse Taal, Handboek voor Gymnasia en

\') Ie Deel, Stuttgart, 1886; 2e Deel, deur Otto Mensing, Stuttgart, 1898.
Ie Druk, Stuttgart 1892; 2e Druk, Stuttgart, 1901.
Hl bis. 3.

-ocr page 28-

Hoogere-Burgerscholen; daarin word die sintaktiese afdeling
beskrywe as „De Leer van den Zin" en word die woord-
vorming geskei van die orige woordleer. Ander werke, soos
die van Den Hertog, Cosijn-Te Winkel, en Terwey. gee
n mengelsintaksis. Dieselfde geld van die enigste drie same-
vattende beskrywinge van die Nederlandse sintaksis in vroeër
tydperke: Stoett,
Middelnederlandsche Spraakkunst — Syn-
taxis.
gebaseer op die sisteem van H, Paul; Van der
Veen,
Het Taaleigen van Bredero, bewerk naar die model
van Cosijn-Te Winkel; enVanHelten,
Vondel\'s Taal\') —
Deel II Syntaxis.

Het uit die voorgaande geblyk hoe moeilik dit is om \'n
geskikte onderverdeling van die Grammatika te kry en in
die besonder om te bepaal, watter plek \'n mens daarin aan
die Sintaksis moet toeken, dan is dit tog heel wat makliker
om die terrein van die Grammatika af te baken teenoor die
inhoud van verwante studies. In die eerste plek dink \'n mens
aan die
Woordeboek. Ook \'n Woordeboek omvat, net
soos \'n Grammatika. die hele gebied van \'n taal, maar ter-
wyl dit die taak van \'n uitvoerige woordeboek is om sover
moontlik
alle indiwiduele gevalle op te noem, behandel \'n
grammatika alleen dié gevalle wat onder reëls of klasse te
bring is en gee dit alleen maar voorbeelde aan van die gevonde
reëls en klasse. Nou verwant is verder die
Stylleer, wat
ook grotendeels met dieselfde stof as die Grammatika te
doen het. Die verskil lê hierin dat die Grammatika die gegewens
oor die taal en sy wisselende vorme moet verstrek en die
Stylleer daar gebruik van moet maak vir \'n spesiale doel.
n.l. óf om te bepaal in hoever \'n spreker of skrywer in
bepaalde gevalle voldoen aan skoonheids- of realiteitseise. óf

4e Druk, 1919, hersien deur Dr. W, van Schothorst.

\') Vgl. De Vooys: Kanttekeningen bij Den Hertogs Nederlandse
Spraakkunst.
(N. Taalg. 1).

\') 2e Druk, 1909. Vgl. die resensie van G. Engels in N. Taalg. IV.

■•) 1905. Vgl. die resensie van R. A. Kollewijn in Museum XIll.

\') 1883.

-ocr page 29-

om tc bepaal in hoever daar iets eiens in die styl van\' \'n
bepaalde spreker of skrywer is. Die
Taalpsigologie en die
Grammatika beweë in parallelle rigtinge. Immers die Taal-
psigologie hou hom besig met wat daar by die praat en
hoor (of by die skrywe en lees) in \'n mens se gees plaasvind;
die Grammatika beskrywe die klanke wat daarby geuit en
gehoor (of deur skrif weergegee en deur lees verstaan) word.
Die twee wetenskappe vul mekaar dus aan en verduidelik
mekaar maar die eientlike doel waarom dit die eerste te doen
is, is die inwendige gebeurtenisse self, terwyl dit die laatste te
doen is om die taaluitinge wat daar die weerspieëling van
is. By moderne taalgeleerdes dien die
Logika hoofsaaklik
vir sondebok. Dit kom deurdat vroeër geprobeer is om alle
taaluitinge in die vorme van die sillogisme in te pers en om
die taalmateriaal naar logiese groeperinge in te deel en dan die
logiese korrektheid van iedere uiting te beredeneer. So \'n manier
om te werk te gaan moet noodwendig tot verkeerde resultate
lei. maar tog moet \'n mens nie vergeet dat alle normale
denke volgens bepaalde wette plaasvind nie; en dié wette
word deur die Logika ondersoek. Ook aan sulke logiese
gedagtes word uiting gegee deur Taal — al is dit nie sy
enigste funksie nie — en die psigologiese analogiewerking
sal dus dikwels sterk beinvloed word deur logiese kategorieë.

Ons Afrikaanse taal wil ons graag so suiwer as moontlik
hou. Is dit dan nodig om gebruik te maak van so \'n
vreemde woord soos
Sintaksisl Die vraag is: Wat kan ons
in plaas daarvan stel? \'n Mens sou kon dink aan
Taalbou
en dan die woorde, woordverbindinge en sinne neem vir
die stene, vakke en mure waaruit die taalgebou bestaan.
Maar die term sou laat veronderstel dat ook die behandeling
van die woordsoorte en woordvorme daaronder val en het
dus \'n al te wye strekking om hier diens te kan doen. Ook
kan hierdie term al te maklik aanleiding gee tot die verkeerde
opvatting dat die taal buitekant die mens bestaan, en in
werklikheid is dit niks anders as \'n uiting van \'n werksaam-
heid van \'n mens se gees nie.

-ocr page 30-

\'n Ander gebruiklike term is Sinsbou of Leer van die Sin.
Wat hieronder verstaan moet word, hang af van die definiesie
wat \'n mens van \'Sin\' gee. Dit is nie nodig om vir hierdie
doel die begrip \'Sin\' te beperk tot die verbinding van subjek-
groep met predikaatgroep nie, sodat hierdie term wel wyd
genoeg opgevat kan word om alles in te sluit wat \'n mens
graag daaronder wil behandel, \'n Ernstiger beswaar is dat
die term gedeeltelik \'n skewe voorstelling gee van wat
die onderwerp omvat. Weliswaar kom die betrekkinge wat
behandel moet word alleen in sinne voor, maar dieselfde
kan gesê word van alle \'woorde\' en tog noem ons die be-
handeling van die woorde Woordleer. Daar hierdie laaste
naam die voorwerpe noem wat behandel word en nie die
plek waar hulle voorkom nie, sou \'n mens dit ook verwag
van die naam Sinsbou. \'n Mens sou dan in die Sinsbou of
Leer van die Sin \'n behandeling soek van die sin self en
sy onderdele. Maar daar is ook woordverbindinge, (soos
Substantief met Adjektief, Adjektief met Adwerbium), waarvan
die onderlinge betrekkinge onafhanklik is daarvan watter
onderdeel van die sin hulle vorm, en tog wil ons sulke ver-
bindinge nie uitsluit nie. Daarenteen is daar ander verskynseis
wat alleen in die sin optree en alleen in verband met ander
woorde, (b.v.
die word tot nie in innie tuin; wat word tot
wa in wajjy sê) maar tog nie deur die onderlinge betrekking
van die woorde veroorsaak word nie, maar deur hulle
proksimiteit; sulke verskynseis behoort weer nie tot die
gebied van die Sintaksis nie.

Die ouderwetse naam Samevoeging het \'n verklarende
toevoegsel nodig om nie onverstaanbaar te wees nie. \'n Mens
sa! dan moet sê: "Samevoeging van Woorde"; maar hier-
die naam is ongewens omdat dit \'n verkeerde indruk wek.
Dit stel dit voor asof sinne verkry word deur woorde
same te voeg. terwyl in die werklikheid die sinne die oor-
spronklikste is en die woorde — vir sover hulle nie saamval
met sinne nie — eers na \'n historiese ontwikkeling as clemente
daarvan gevoel is.

-ocr page 31-

Leer van die Woordverbindinge is wel \'n omslagtige naam,
maar sou bruikbaar wees as \'n mens in gedagte hou, dat
fonetiese verskynsels soos die bowegenoemde daar nie onder
val nie; maar deur dié benaming word die behandeling van
die sinne wat uit enkele woorde bestaan, uitgesluit; en dat
dit mag gebeur is tot nog toe deur niemand toegestaan nie.

Ten slotte is dit die beste om maar die vreemde woord
\'Sintaksis\' te behou, nie omdat ons dit met Ries eens is, dat dit
"ein gutes und klares Wort" is nie, maar juis omdat so\'n
vreemde term uiteraard vir ons \'n enigsins vae betekenis
het en ons dus nie by voorbaat bind, of op \'n al te eksklu-
siewe standpunt plaas nie.

Onder die vlag van hierdie woord behandel ons wat Ries
ook daaronder verstaan, en dit ondanks die besware wat met
reg teen sy indeling van die Grammatika kan ingebring word,
soos ons op die voorgaande bladsye uiteengesit het. Daarby
het die deurslag gegee, dat daar tot nog toe geen betere
aan die hand gegee is nie en dat dit, gesien die aard (die
verskillende geaardhede) van die stof, seer die vraag is of
\'n goed sluitende indeling moontlik is. Ook het hierdie stel-
sel die groot verdienste, dat dit die volle nadruk lê op die
formele kenmerke — wat in \'n grammatiese verhandeling
so belangrik is. Prinsipiëel sluit hierdie sisteem egter (hoewel
sy ontwerper dit nie toegee nie) die behandeling van \'n
deel van die eenledige sinne onder die sintaksis uit. Maar
omdat dit gebruiklik is om alle soorte sinne daaronder te
behandel, het ons dit ook gedoen. Dat ook hierdie sinne
behandel word, moet beskou word as \'n toegif — as \'n
konsessie aan wat nou eenmaal van \'n sintaksis verwag word
wat eintlik nie in die aangenome sisteem tuis hoort nie.

\'n Praktiese moeilikheid wat die toepassing van hierdie
sisteen baie beswaarlik maak, is dat ons jong Afrikaanse
taaiwetenskap nog geen wetenskaplike woordleer ryk is nie.
Maar die gebied van die Sintaksis is so nou verwant met
U^as ist Syntax ? bis. 142.

-ocr page 32-

die van die Woordleer, dat dit onvermydelik is om daar
telkens na te verwys. As ek dus hier en daar my eintlike
gebied oorskry, dan is dit aan hierdie leemte te wyt. En
ek sondig in goeie geselskap en kan my op geen mindere
voorganger as Otto Behaghel beroep nie, wat \'n soortgelyke
standpunt as volg verdedig: „Wenn ich aber auch in allen
Punkten Ries\' Ansicht theilte über die Abgrenzung von Wort-
lehre und Syntax, so müsste ich doch Vieles aus der Wort-
lehre in meine Syntax übernehmen, weil es eben eine
Wortlehre des Heliand nicht gibt. Und eine solche zu
schreiben, weil ich eine Syntax des Heliand schreiben wollte,
dazu würde ich mich nicht für verpflichtet halten", Lees
"Afrikaans" in plaas van "Heliand" en \'n mens kry presies
die standpunt waartoe niemand moet kom, wat \'n Afrikaanse
Sintaksis wil skrywe.

In die besonder werk die ontbreek van \'n Woordleer
belemmerend, omdat \'n mens by \'n behandeling van die
Sintaksis verplig is om gedurig oor verskillende woordsoorte
en woordvorme te praat. Van die woordsoorte en woordvorme
bestaan daar egter geen bevredigende definiesies nie. En
dit geld nie alleen van Afrikaans nie, maar ook van Europese
tale. „De oude grammatische termen deugen nergens voor:
noch voor de klassieke noch voor de moderne talen, de
moedertaal inkluis", sê Dr. van Ginneken."). Maar daar is
nog g\'n nuwe om die oue te vervang nie. Die pogings wat
daartoe gedaan is, het maar min sukses gehad en bring
voorlopig heel wat verwarring teweeg. Onder dié omstandig-
hede is die enigste moontlikheid om die oues te gebruik,
so goed en so kwaad as dit gaan, en wil ons maar hoop
dat ons bedoeling met die gebruikte terme steeds uit die
verband sal blyk.

1) Syntax des Heliand, bis. VI.

De Nieuwe Nederlandsche spraakkunst en het Buitenland. (N.
Taalg. VI).

-ocr page 33-

BESKRYWENDE SKETS VAN DlÊ
AFRIKAANSE SINTAKSIS.

Inleiding.

1. As ons praat is ons psigies en flsies werksaam. By
die psigiese werksaamheid kom eenhede en verbindinge van
eenhede tot stand, wat met behulp van fisiese aktiwiteit in
klanke weerspieël word. Sulke eenhede bestaan uit betreklik
selfstandige begrippe en gewaarwordinge of verbindinge
daarvan. Die kleinste selfstandige klankverbindige, wat \'n
gewaarwording of \'n vir ons taalgevoel enkelvoudige begrip
weerspieël, noem ons
woorde.

2. Die woorde kan ons weer verdeel in Volwoorde
(d.i. eintlike begripswoorde), soos: eina, huis, mooi en Vorm-
woorde
(ook genoem Bindwoorde of Betrekkingswoorde), soos:
w\'r, en,
se. Die laaste klas het geen duidelike begripsinhoud nie,
maar gee \'n soort van wisselende gevoelsindruk weer, wat
afhang van die verband waarin hulle gebruik word. Daar
hulle verbinding met ander woorde los en wisselend is, kan
hulle egter tog as afsonderlike eenhede beskou word. -) Wat
die inhoud betref staan hulle op een lyn met prefikse en
sufRkse, maar hulle is nie so eng vasgeknoop aan bepaalde
woorde nie. \'n Tussenklas vorm die woorde wat \'n
Betrek-
like Begrip
uitdruk. Hulle het wel \'n eie begripsinhoud, maar
dié inhoud is verbonde aan \'n ander begrip. Daaronder val:
deelbegrippe, soos: kop [van die perd], pond [suiker] en vet-
^oudingsbegrippe,
soos: broer [van die predikant], behoort
[^an my].
Daarnaas staan leë begrippe, soos: hou hom
[parmantig],

) Vgl. Wundt, Die Sprache I, blss. 593-4. — Delbrück, Grundlagen
Oer Nhd. Satzlehre, blss. 16-17. — Sütterlin, Deutsche Sprache der
^egenwart,
bis. 87. — Noreen, Einführung in die Wissenschaftliche
Betrachtung der Sprache,
blss. 433-47.
P Naar Wundt,
Die Sprache I, bis. 596.
Naar Sütterlin,
Deutsche Spradie, bis. 90.

-ocr page 34-

Öpm by §§ 1-2. Dis nie altyd so maklik om uit te maak of\'n
begrip enkelvoudig is of nie; die taalgevoel werk taamlik
willekeurig. So voel ons as enkelvoudige begrippe:
pereboom,
ek loop,
[Hy] bet gewerk, gaan weg maar as meervoudige
begrippe:
p\'ereboom, ék loop, [hy] hét gewerk, gaan jy weg.

3. Die kleinstes van die beskrewe eenhede — wat ons
woorde noem - kan same weer groter selfstandige eenhede
vorm, waaraan ons die naam
woordverbindinge gee. Die
samehorigheid van die woorde blyk uit wederkerige invloed
van vorm of betekenis. Tot die woordverbindinge hoort
woordreekse en woordgroepe. \'n Woordreeks (Duits: Wort-
reihe, Erweiterungsgruppe) is so \'n groter eenheid waarin
neweskikking van die onderdele plaasvind. Die dele word
gelykberegtig naas mekaar gestel b.v. manne, rroue en
kinders. Ons kan \'manne\' die leidende lid en \'vroue\' en
\'kinders\' die
opvolgende lede van die reeks noem. In \'n
woordgroep (Duits: Wortgefüge. Bestimmungsgruppe) is die
lede aan mekaar ondergeskik. hulle is afhanklik van mekaar,
die een beheers en die ander word beheers. Die heersende
of leidende lid word ook die /eern, die beheerste of af hanklike
lid (lede) ook die
bepaling(e) genoem. Die heersende lid kan
dikwels daaraan herken word, dat dit die grammatiese vorm
van die af hanklike lid bepaal; b.v. in
[Idereen] prys hom
is \'prys\' die heersende lid en \'hom\' die beheerste, omdat die
Akkusatief \'hom\' deur \'prys\' bepaal word. Waar die gramma-
tiese vorm geen aanwysing gee nie, kan die kern daaraan
herken word, dat dit nie alleen in betrekking staan tot die
bepaling(e) nie, maar ook tot woorde buitekant die groep,
terwyl die afhankelike lid (lede) enkel in betrekking tot
ander lede van die groep staan. In die woordreeks het
ons \'n losse verbinding, in die woordgroep \'n enge verbin-
ding. Tussenin staan
Half-enge Verbindinge wat ons Leun-
groepe sal noem, soos: die messelaar, die oue; Chrisfian
Wet, die groot Generaal.

1) Van Ginneken (Leuvensche Bydragen VII) vertaal Wortgefüge,
soos deur Ries gebruik, met Constructie, \'n term wat myte dubbel-
sinnig lyk om oorgeneem te word.

-ocr page 35-

4. Dieselfde reekse- en groepe-formasies neem ons ook
by die sinne waar.

5. Sintaktiese Middele: Die betrekkinge tussen woorde
kan deur A.
uitwendige en B. inwendige middele uitgedruk word.

A. Uitwendige middele is:

1. Die vorm van die woorde, b.v. Hy sien my (nie \'ek\'
nie);
\'n kind des doods (met genitiefsuitgang).

2. Bindwoorde,b.v.: Die manen die vrou; vis nog vlees;
hy staan voor die deur; die hand van vriendskap.

3. Die Woordskikking. Vergelyk b.v.: Die man sien die
koei
met Die koet sien die man.

4. Klemtoon, toonshoogte, tempo die sogenaamde musi-
kale middele, Vergelyk b.v.:

Ek sê dit nié (d.i. die handeling, t.w. sê, kom nie tot stand nie)
met:
ék sê dit (d.i. \'n ander sê dit miskien, maar ek nie)
en:
ek dit nie (maar ek dink dit miskien);
of: en
jy het dit gedoén ?
met: en jy hef dit gedoèn;
of: hand I in die si//(bevel)
met; [Hy staan]
hand in die sy (beskrywing).

B. Inwendige middele is:

1. Die betekenis van die woorde:

(a) Daardeur is een verbinding moontlik en \'n ander nie,
h\'V. \'n Berg sien die man voor hom {\'berg\': objek, \'die
man
: grammatiese subjek).

(b) \'n Deelbegrip of \'n verhoudingsbegrip of \'n woord
met n leë begrip gaan van self saam met die aanvulling, b.v.
\'n pond botter; \'n glas melk: [A. W. du Toit], W. A. -
Seun; \'n geweer-maker:
[hy] lyk moeg.

2. Die klas of soort waartoe die woorde deur oorlewering
behoort. Die s.g. Lidwoorde gaan b.v. altyd saam met
^iubstantiewe, waarmee hulle een begrip vorm b.v.
\'n [baie
sterk] man.
In: Sy pa boer self daar, verbind ons \'self\' met
pa. sowel as met \'boer\', omdat dit deur oorlewering tot \'n

-ocr page 36-

adjektiewiese klas behoort. As in plaas van selt die Adwer-
bium
selfs moes staan, dan sou ons dit. al naar die aksent
verbinde met \'boer\'
óf \'daar\'. In die loop van tyd gaan die
woorde egter veelvuldig oor van die een klas in die ander.

6. Gewoonlik word van meer as een middel gelyk ge-
bruik gemaak om \'n sintaktiese verbinding tot stand te bring.

-ocr page 37-

DEEL I.

DIE WOORDREEKSE EN WOORDGROEPE.

Hoofstuk I. Die Woordreekse.

7. Ten opsigte van die gebruik van bindwoorde kan ons
drie hooftiepes van woordreekse onderskei:

1. Reekse sonder bindwoorde: manne, vroue, hinders;

2. Reekse met bindwoorde tussen alle lede: [en] manne

en vroue en kinders:

3. Reekse met bindwoorde alleen maar tussen party
(gewoonlik die laatste twee) woorde:
manne, vroue en kinders.

8. Die bindwoorde kan optree by reekse met alle
moontlike betekenis-skakeringe; dog soms is die bindwoorde
onmisbaar en soms kan hulle ontbeer word. In die reekse waar die
gebruik van die bindwoorde fakultatief is, speel die musikale
middele \'n voorname rol. Ons kry dan die volgende indeling:

A Reekse met [akultatiewe gebruik van bindwoorde:

9. 1. Kopulatiewe reekse. Die lede van die reeks word
met gelykmatige aksent naas mekaar gestel. Die inwendige
verhouding waarin hulle tot mekaar staan word nie uitgedruk
nie. As bindwoorde kan o.a. optree: en,
(en) ook, asook,
alsmede, ingelyks, dan nog. verder, buitendien, bowendien,
eindelik, (en) ten laaste, daarby, eweneens, daarenbowe, of.
sowel.. asook, nie alleen ... nie ... maar ook. deels... deels,
gedeeltelik . . . gedeeltelik, eensdeels . . . andersdeels, ten
eerste ... ten twede ...ten derde ens., nog .. nog, ens.

Vbb.: Moedige, dappere, trouhartige held.

Jy kan daar met perde, beeste of skape boer.
\'n Gelaat wat getuig van lye en volharding, van
kalme berusting daarby in die wil van God
(Lees-
boek. bis. 242).

Nie alleen Kaffers nie, maar ook blanke.
Heldedade waarvoor beloning nog bewondering
gevra word van die wéreld
(Leesboek, bis. 242).

-ocr page 38-

10. In sommige gevalle bestaan die gelykberegtigheid
van die lede alleen naar die vorm en is hulle naar die betekenis
aan mekaar ondergeskik. In
wees so goed en meld my., ,
is \'meld\' naar die betekenis afhankelik van \'wees so goed\'.

11. Heel dikwels groei sulke verbindinge saam tot \'n
eenheidsbegrip. Vgl.:
Hy staan en praat; ditgolween
golwe\', dis baie baie mooi; iets met hart en hand belowe.

12. 2. Belangrikheidsreekse. Die toonshoogte styg of daal.
waardeur die belangrikheid van die lede ten opsigte van
mekaar uitgedruk word. Belangrike lede kry \'n hoër toon as
minder belangrike en in die dalende of stygende betoningskema
moet die volgorde van die lede ook ooreenkom met hul
belangrikheid. In:
Kaapstad. Johannesburg. Pretoria met
stygende betoning is \'Pretoria\' die voornaamste woord. Maar
as ons sê:
Kaapstad en ook Pretoria het dit toegestaan met
dalende toon tussen en insluitende \'Kaapstad\' en \'Pretoria,\'
dan is die leidende lid \'Kaapstad\' tewens die belangrikste.
As bindwoorde vir sulke reekse kan o.a. gebruik word:
(ja) selfs, laat staan, (en) veral, nie alleen nie.... maar ook
veral
en, met die nodige beweging van toonshoogte, ook
die bowegenoemde kopulatiewe bindwoorde. Vb.:
Hy is nie
eers teleurgesteld nie, laat staan kwaad,

13. 3. Temporale reekse druk uit in watter verhouding
ten opsigte van tyd die handelinge wat deur die verskillende
lede aangegee word, tot mekaar staan. Die verhouding word
aangegee deur die volgorde; die spreektempo is langsaam
(tussen die lede word gepouseer); die toonshoogte bly ge-
lykmatig, b.v.:
Hy het gereis na Europa, Amerika, Asië.
As bindwoorde kan gebruik word: eers, daarna, vervolgens,
toe, dan, (en) (te)gelyk, (en) gelyktydig, tevore, vroeër,
voorheen, die een keer... die ander keer.
Die bindwoorde
dien dan tewens tot bepaling van die handeling. Vgl.:
Hulle
kom, eers die een en toe die ander; hy het stilgehou, die
een keer hier, die ander keer daar; hy was predikant van
die Hervormde kerk, vroeër van die Sendinggemeente in B.

B Reekse waarin bindwoorde onmisbaar is. Naar die

-ocr page 39-

betekenis kan hierdie reekse onderverdeel word in:

14. 1. Disjunktiewe reekse. Die lede weerspreek mekaar
wat begripsinhoud betref: daaruit moet die hoorder\'n keuse
doen. As bindwoorde tree op:
of, of... of b.v.:

Wat sê jy: Ja of nee ?

Dit was matvose, soldate of jagters.

15. 2. Adwersatiewe reekse druk uit dat die samegaan
van die begrippe nie verwag word nie en dat dit tog ge-
beur. Gebruik word gemaak van die bindwoorde:
maar,
(en) desondanks, nietemin, (al)hoewel, (en) tog, ofskoon,
b.v.:
arm maar gesond, beskaaf hoewel ongeletterd: moedig ofskoon
teleurgesteld.

16. 3. Konsessiewe reekse druk uit dat die samegaan
van die begrippe wel verwag word maar dat net een aanwesig

is. Daarvoor word bindwoorde gebruik soos: wel nie.....

maar (nietemin), nie ... maar daarenteen, so (indien) nie....
dan (tog), b.v.: indien nie rijk nie dan tog welvarend. Hy
is nie slim nie maar daarenteen hardwerkend.

17. 4. Konsekütiewe reekse gee \'n gevolg aan. Gebruik
word gemaak van bindwoorde soos:
(en) dus, daarom, der-
halwe, gevolglik, dientengevolge, (en) daardeur, (en) hier--
deur, en dan ook,
b.v.:

Hy is eersugtig en daarom ongelukkig.

Sy is sieklik en dan ook huissittend.

18. Die reeks kan \'n onderdeel van \'n groep wees, b.v.:
die arme, ongelukkige, jonge man en omgekeerd kan die
hele reeks of van sy lede weer onderdele hê en dus die
kern van \'n groep uitmaak, b.v.:
die manne, vroue en kinders
op die plaas: die manne, vroue, en groot kinders.

-ocr page 40-

HOOFSTUK II.

Die Substantiefgroep
en die Groep van die
Substantiewiese Pronomen.

A. Substantief Adjektiewiese Woord (in ruimer sin).

19. Ons onderskei drie groot vormklasse waarin hierdie
verbinding voorkom.

(1) Die eerste word gevorm deur die verbinding van \'n
Substantief en \'n Adjektiewiese woord, wat deur ander woorde
van mekaar geskei kan word. As adjektiewiese woorde kom
voor: Lidwoord, adjektiewiese Voornaamwoord en Telwoord,
wat ons in die vervolg ^ waar nodig — in besondere sin
Adjektiewiese Woorde sal noem. Deur die verbinding word
die inhoud van die Substantief aangevul of voltooi, \'n Spesiale
manier van voltooiing is dat die Hoof- en Onbepaalde
Telwoorde die omvang of hoeveelheid van wat die Substantief
aandui te kenne gee. Vbb.: \'n
[goeie] man; sy [hele] vermoë;
twee [klein] kindertjies; die twede [rooi] huis in die straat.
By die vraende woorde word die aanvulling of voltooiing
eers deur die toegesproke persoon gegee, b.v.
watter rooi
huis? — Die middelste.

(2) Die twede klas is die verbinding van \'n Substantief
met \'n Adjektief wat by voorplaatsing nie van die Substantief
geskei kan word nie. So \'n Adjektief sal ons waar nodig
die Eintlike Adjektief noem. So \'n Adjektief bepaal die betekenis
van die Substantief, of as hierdie verbinding in dieselfde
groep as \'n verbinding van die eerste klas voorkom, van die
aangevulde Substantief. Die bepaling kan op twee maniere
plaasvind: (a) Die Adjektief kan \'n vaste eienskap van wat
die Substantief aangee. na vore bring; dus die betekenis-
inhoud daarvan analiseer en spesifiseer, maar nie verander nie.

-ocr page 41-

As ons b.v. sê: die goeie Oom Koos was ook daac en daarmee
\'n bekende persoon op die oog het, dan bring ons een van die
eienskappe van Oom Koos naar vore, maar verander niks aan
die verdere betekenis wat in die woorde \'Oom Koos\' opgeslote
lê nie. Die verbinding kan ook te kenne gee dat dit slegs \'n
tydelike of toevallige eienskap is, soos is:
hy het sy lang
baard afgeskeer.
(b) Die Adjektief kan die betekenisinhoud
van die Substantief vereng. Bevoorbeeld in: Oom
Koos het
\'n goeie vrou getrou
word die betekenis van \'vrou\' beperk tot
\'n bepaalde klas vroue, n.1. die goeies. Wat die vorm betref
maak die taal egter geen verskil tussen sulke betekenisklasse nie.

(3) Tussen hierdie twee groot klasse in staan bepaalde
verbindinge van Substantiewe met die woordjie
ou wat vol-
gens die betekenis, as aangevulde Substantiewe, tot die eerste
klas behoort, maar die vorm van die twede klas vertoon
om redene wat deur die geskiedkundige ontwikkeling aan
die hand gegee word.

(1) Substantief Adjektiewiese Woord (in enger sin).
20. Hierdie verbinding kan in twee klasse verdeel word :
(a) Verbindinge waarin die aksent van die adjektiewiese
woord — as geen van beide woorde \'n besondere nadruk
kry nie — aan die van die Substantief ondergeskik is. As
adjektiewiese woorde kom voor: Lidwoorde
{die en \'n), Be-
sitlike Voornaamwoorde
(my, jou, sy, ons, hulle, julle, ens.)
en soms die woorde
daardie en hierdie. Met die twee laatste
woorde is dit veral die geval as hulle slaan op iets wat
reeds bekend is. Hierdie woorde word dus in sulke gevalle
feitlik verbleek tot gewone Lidwoorde. Tog bring hulle tweele-
digheid mee, dat die eerste deel deur die sinsritme nog iets
sterker betoon word as die twede.
Daardie of hierdie is dus
as geheel aan die Subst. ondergeskik wat die aksent betrek,
maar op
-die val dieselfde nadruk as op die Lidwoorde
die en \'n, terwyl daar-, hier- iets meer kry. Vgl.: Gister het
gaan loop en toe sien ons weer vir die soveelste keer
daardie oü mannetjië met die rooi baard op straat.

-ocr page 42-

(b) Verbindinge waarin die adjektiewiese woord sy eie aksent
behou. As adjektiewiese woorde het ons hier te doen met
die Telwoorde en die orige byvoeglike Voornaamwoorde.

(a) Subst Lidwoord, BesitlikeVnwd.oidaardie, hierdie.

21. Hoewel die aksent van die adjektiewiese woord aan
die
van die Substantief ondergeskik is. kan dit \'n nadruksaksent
kry waar die verband dit eis. Vergelyk:
Ek praat nie van
jou vrind nie, maar van \'h man
met ek sien \'n man: dis
my huis en nie jouwe nie met my huis is amper klaar. Dié
met aksent, word egter \'n Aanwysende Vnwd. genoem en
die vorme
een, geen, met volle klinker. Telwoorde.

22. Soos die ondergeskikte aksent aandui is die verbinding
van die Subst. met die adjektiewiese woord baie eng, ondanks
die groot afstand waarop hulle van mekaar kan staan. Tog
is die verbinding minder eng as by \'n kompositum. Dit blyk
daaruit, dat die Lidwoord of Besitlike Vnwd. as \'n belem-
mering gevoel word by die tot stand kom van \'n nouer
eenheid. Daarvoor kom veral in aanmerking adwerbiale
verbindinge, wat deur \'n Preposiesie ingelei word. Dié kan
in Afrikaans dikwels mèt of sonder Lidwoord of Pronomen
Possessivum voorkom. Vergelyk:
Dit was toe die boer met
graansak agter rug, veeaan die horing, van die een deur
naar die ander moes loop
(E. Skrywers. bis. 2); in algemeen
(E. Skrywers, bis. 71); in die algemeen (Idem. bis. 74); oor
algemeen (Boervrouw. bis. 66); sodra die huis aan die kant
is
(Duimpie II. bis. 23) naas gewoonlik (soos ook meestal in
Nederlands):
aankant (Vergelyk ook: iemand vankant maak):
die jongmense groet hom van al die kante hartlik
(Misdade.
bis. 110). naas dikwels:
van alkante. In al die volgende ge-
valle kon daar \'n Lidwoord of Voornaamwoord gestaan het.
In sommige gevalle sou dit vir die skrywer hiervan die ge-
woonste konstruksie gewees het:

Om \'n toestand in Ie we te roep (E. Skrywers. bis. 47).

Het my dikwels uit grap in Portugees aangespreek

(Idem, bis. 155).

-ocr page 43-

Wat nou en in verlede opval is die algemeenheid van
fa/enf (Boervrouw, bis. 104).

Dat ons vrouwvolk in geheel veel hoger staan als die
van Engeland
(Boervrouw, bis. 147).

Sake het ook nie te danig pluis geloop van begin af nie

(Boervrouw, bis. 1).

Meer besonder van die groot stede (Pers).

Het vroutjie my voor stok gehad (Sonde, bis. 85).

Kry ek vir jou in hande dan . . . (Malkop, bis. 22),

Waar hyso \'n hangbroek oplyf geloop /ief(Malkop,bls.29).

Als ons die eers uit hart en hand laat raak (Boervrouw,
bis. 67).

Het ons per beer die Groot Trek in ware verhouding
met die geskiedenis van ons vaderland te bring
(Boervrouw,
bis. 20.) 1)

\'n Besonder interessante geval is \'n Infinitief voorafgegaan
deur
aan. Ook hier wissel die vorme met en sonder Lidwoord
mekaar af. As Lidwoord tree naas
die ook \'t op. Dr. Schoonees®)
vra of die vorme met
die nie veel meer Afrikaans is as die
met
\'t nie, dog volgens die Huisgenoot is \'t "nog goed
bekend in die Afrikaanse spreektaal van verskeie streke van
ons land — veral in die Boland en die Suidelike Distrikte
van die Kaapprovinsie" en ook in die Transvaal. Soos uit
die volgende voorbeelde blyk, kom dit by skrywers uit
Transvaal, Vrystaat en Kaapkolonie voor en gebruik dieselfde
skrywer selfs
aan \'t en aan die naas mekaar.
Vergelyk:

Om \'n mens aan lewe te hou (Na Olikheid, bis. 36).

Sal ek weet dat jy aan kom is (Vergeet Nie, bis. 111).

Als Pa kwaad word en eers aan die slane is, dati kry
ek dalk ook
\'n raps (Duimpie II, bis. 17).

) Vir vbb. by J. H, H. de Waal sic: Schoonees, Die Prosa van
Afrikaanse Beweging,
bis. 130 en vir vbb. in die moderne
Ndl. literatuur: Den Hertog,
Ndi Spraakk. III, blss. 78-80.
\') Prosa, bis. 243.
\') Nov. 1922.

-ocr page 44-

Dit was drie uur vóórdat die water gekook en vter uur
voordat ik weer aan die slaap was
(Ons Weg. bis. 30).

En beskouw hoe het die boom daar gesukkel en gestry
om aan die groei te kom
(Ons Weg. bis. 32).

En toen ik.... buite op die stoep kom, was daardie nare ou

koue motregentjie aan \'t val (Ons Weg. bis. 31).

En toe gaan ek aan \'t skiet aan (sic) die haan (Sonde, bis. 1%
Ongeveer terselfdertyd ...was daar in Holland n ander
teorie aan \'t opkom
(Ontstaan v. Afr.. bis. 22).

Dat syn „impies" aan \'t kome was (Piet Retief. bis. 79).

23. Ook waar die adwerbiale uitdrukking nie deur n
Preposiesie ingelei word nie. hoef daar g n Lidwoord te

staan nie. Vergelyk:

Waar is die muis wat jy my ander dag belowe het/

(Duimpie II, bis. 17).

Anderdagmóre vroeg kom die wit wolhaar hondjie

(Duimpie II. bis. 8).
So ook:
anderjaar, -maand: verlede jaar, week: agter-
middag
ens.

24. By party van hierdie uitdrukkinge. soos: in algemeen,
oor algemeen, in geheel, meer besonder,
is Engelse invloed
voelbaar. Die meeste kan uit oeroue tye oorgeërf wees.
So is
achter rugge reeds Middelnederlands en gebruik Vondel
ook
achter rugh. In hant comen dateer uit die Middeleeue
en in moderne Nederlands bestaan nog:
in handen, op handen
en fans (< te hands). Ons is dit egter daarom te doen. dat
die twee vorme naas mekaar bestaan in Afrikaans; dit en
die feit dat die vorme sonder Lidwoord of Voornaamwoord
deurdring tot gevalle soos:
in verlede, uit grap. anderdagmóre
bewys dat die verbinding Subst. Lidwd. (of Vnwd.) vir
die Afrikaanse taalgevoel nog so los is, dat die aanwesigheid
van die adjektiewiese woorde as \'n lastige naad gevoel word
by die totstandkom van \'n groter of enger eenheid.

1) Vel. Stoett, Mnl. Syntaxis, § 92. m.; Van der Veen, Taaleigen,
§ 94, 3 ; Van Heiten, Vondel\'s Taal, § 213 b-c; §234.

-ocr page 45-

25. Ook in moderne Nederlands kan die adjektiewiese
woord onder soortgelyke omstandighede agterweë bly. \'n
Treffende parallel is Afr. na
kerk, Ndl. naar kerL In Suid-
Afrika waar die kerk net so \'n onmisbare bestanddeel van
die samelewing is as die skool. word die Lidwoord by geen
van beide woorde gebruik nie. In Nederlands word egter
naar sc/ioo/maar
naar de kerk gesê, dog Den Hertog vermeld:
„Op kleine plaatsen, waar maar één kerk is. zegt men
soms: naar
kerk" en net so kom die oudhollandse naarstadwoor
„in den mond van dorpsbewoners".

26. In Platduits kan dieselfde verskynsel waargeneem
word. Vgl:
He geiht ni to Kark un to Mark; ehr de Hund
Kümmt, is de Has to Holt; he störrt na Dqh dat eerst Jahr
seit de Bur Kantäffeln,
an ner Jahr seit he Weeten.\')

27. Daarenteen word die afsonderlike bestaan van die
Lidwoord nie meer gevoel in vaste uitdrukkinge. waarin dit met
diePreposiesiesaamgegroeihetnie. Vgl.:
ter aarde bestel,
ter dood veroordeel, alles ten beste
ens. Dieselfde samesmel-
ting kan waargeneem word in Nederlands en Duits. Vgl. Ndl.
ten onrechte naas te recht, waar ten as gelykwaardig met
te en dus as Preposiesie gevoel word. So kom ook dikwels in
Duits zur en
zum sonder betekenisonderskeid naas za voor.
Vgl.
zu Hause naas zur See, zur Seite. In die Vrystaat
kom ook nog uitdrukkinge soos:
oppen duur: voren dag,
teenste aand
voor.wat met \'n baie uitgebreide Platduitse
verskynsel ooreenkom. ..Die Fähigkeit, das Verhältniswort mit

dem Geschlechtswort zusammenzuziehen, ist echt volkstümlich

Und im Plattdeutschen viel gebräuchlicher und ausgedehnter als
im Hochdeutschen:
mit \'n stock, cewer n Tun, achter n
Knick, in
e Kark",\') ens. In die algemeen Afrikaanse deuren-
tyd « deur den tyd) is die Subst. ook opgeneem is die
sametrekking.

\') Vgl. Den Hertog, Ndl. Spraakk., blss. 78 vlgg.

Meyer, Unsere Plattdeutsche Muttersprache, bis. 71.

\') Mededeling van Dr. D. F. Bosman.

*) Meyer, Unsere Plattdeutsche Muttersprache, bis. 71.

-ocr page 46-

28. In sommige verbindinge van \'n Substantief met \'n
Werkwoord word die Lidwoord of Persoonlike Vnwd. gebruik
om twee eenhede aan te dui, waar \'n mens sonder die woorde
maar een eenheid sou hê. In:
jy moet handgee is \'handgee\'
een eenheid, maar in:
jy moet jou hand gee is \'jou hand\'
\'n eenheid en \'gee\' \'n ander eenheid. Dieselfde verhouding
bestaan tussen
die pyp opsteek en pypopsteek en tussen o\'éknip
en (met Prep. en Lidwd.) met die oê knip. (Sie benede).

Vorm en posiesie.

29. Die adjektiewiese woorde het een onveranderlike
vorm. Dat
onse naas ons voorkom is \'n suiwer plaaslike
verskeidenheid, wat nie van die sintaktiese gebruik van die
woord afhang nie. In die Boland word
ons gebruik, in
Transvaal is
onse vermoedelik die gewone vorm; in die
Vrystaat kom -- naar my meegedeel word — albei vorme
voor. Sou die laaste die oorgangsgebied wees?

30. Die posiesie van die adjektiewiese woorde is óf
onmiddellik voor die Subst., óf, soos reeds gemeld, verder
naar vore en daarvan geskei deur ander Adjektiewe.

31. Die groepsverskuiwing wat kan waargeneem word
in:
die spulletjie hier was al te \'n groot grap (Sonde, bis. 58)
kom taamlik veel voor. Reeds in die Middeleeue kom uit-
drukkinge voor soos:
si maecte alten groten huys en ook
in Duitse dialekte is dieselfde verskuiwing bekend.

32. \'n Vorm soos liefste myn is \'n verstarde oorblyfsel
uit vroeër tye.

33. Waar daardie en hierdie agter die Subst. staan, soos
in:
dis \'n man daardie wat.., het dié woorde hulle gewone
krag as Aanw. Vnwd. behou. (Sie benede).

34. Voor \'n reeks Adjektiewe wat op een voorwerp ens.
betrekking het, staan die adjektiewiese woord maar een keer:
\'n
(haar) skoon wit voorskootjie. Waar meer as een voor-
werp ens. deur die Subst. uitgedruk word, kan dit herhaal
word, maar dis nie nodig nie:
die goeie en (die) slegte kant
van die saak.
Alleen waar verwarring sou kon ontstaan,
word die adjektiewiese woord herhaal om die dubbele inhoud

-ocr page 47-

van die Subst. aan te gee. Vgl. die Nederlandse en Duitse
gebruik
met die Nederlandse en die Duitse gebruik. Waar
\'n reeks van Substantiewe op een voorwerp ens. slaan, is
die herhaling van die Lidwoord of Besit. Vnwd. fakultatief:
die oorwinnaar en (die) regeerder van die land; hulle is sy
houthakkers en (sy) waterdraers.
Dieselfde geld van \'n Lid-
woord of Besit. Vnwd. voor \'n reeks Subst.® wat verskil-
lende voorwerpe ens. aandui:
die vroue en (die) kinders; sy
klere en (sy) skoene; sy hoofd en sy hand v\'r sy volk en
sy land
(Vlakte, bis. 38); die gebulk van koeie en gelag van
kinders klink op die stille aanduur
(Getrou, bis. 7).

Opmerking by § § 20-34. Heel in die algemeen kom die gebruik
van die Bepaalde en die Onbepaalde Lidwoord ooreen met die
Nederlandseen die Duitse gebruik. Ook in Afrikaans kan
albei Lidwoorde sowel \'n indiwidualiserende as \'n generalise-
rende betekenis uitdruk. In besonderhede is daar sterk afwykinge
van Nederlands, waarby Engelse invloede \'n belangrike rol
speel. Vgl.
Die stem van gewete (Boervrouw, bis. 57), die praat-
werk wat nege tiende van politiek uitmaak
(Boervrouw, bis. 101),
Wat \'n jammer (Johannes van Wyk, Prosa, bis. 129), waarvan
alle Afrikaners in die stede prooi
was (Die Twede Orieta, Prosa,
bis. 129),
\'n plesier daarin neem (Diere-Stories, Prosa, bis. 99)
die aand na ete (Sonde, bis. 62).]

In veel gevalle het Afrikaans ook die ouer Nederlandse gebruik
bewaar of uitgebrei. Hieronder val veral, dat Afrikaans geen
Lidwoord gebruik voor gesubstantiveerde Pronomina nie, b.v.:
Rousseau neem nou sy vrou haar hand in syne (Getrou, bis. 8)
en dat die gebruik van die Lidwoord voor gesubstantiveerde
Telwoorde en voor die superlatief van Byvoeglike Naamwoorde
fakultatief is, b.v.: Sy
is altyd(dic) eerste (beste) in haar klas;
so ook voor die superlatief van Byv/oorde :Hy loop (die) hardste
van almal.

Daarenteen bestaan daar weinig grond vir die mening dat
algemeen Afrikaans in hierdie opsig sterk beïnvloed is deur die
taal van die inboorlinge. O 1" diereverhale word
Jakhals, Wolf
ens. as eiename gebruik en kry om dié rede geen Lidwoord nie.

\') Vgl. Simons, Lessen over \'t Lidwoord (N. Taalg. IV.)

Vgl. Paul, Deutsche Gr. IV §§ 144-5.

\') Du Toit: Afrikaanschc Studies, blss. 101—2.

Hesseling: Het Negerhollands, blss. 115—6.

-ocr page 48-

Vgl.: en toe sê Jakhals vir Wolf ... In: pompoen groei hier beter
as wateriemoen,
ens., word die plantnaam tewens as stofnaam
gevoel. Vgl. b.v. Ndl.:
Bloemkool groeit hier goed. Mens en
beatjie wat alleen in die Noorde sonder Lidwoord voorkom, asook
party, het die korter vorm te danke aan die gebruik resp. as
Onbepaalde Vnwd., Bywoord en Onbepaalde Telwoord.

Die skrywer Leon Maré het hom die aardigheid aangewen
om nagenoeg alles onbepaald te stel. Daardoor word af en toe
\'n groter bepaaldheid verkry. Vergelyk die volgende beskrywing
van Annie Bester: „
\'n Bruin krulkop met \'n pronkende swart
strik daarop word gouw teen \'n veranda paal neergelê, \'n rooi-
bruin blossie kruip oor \'n ronde gesig, wat só met krulle bedek
word, dat \'n kop gouw moet agteroor swaai dat lewendige en
laggende oë weer kan opkyk, om \'n pa verder aan te hoor,
wat so indagtig pyp sit en uitkrap"
(Nuwejaarsfees, bis. 29).
Vermoedelik is dit \'n oordrywing van iets wat reeds in die om-
gangstaal in Transvaal in kiem aanwesig is. Ook van Bruggen
skrywe:
Dan voel hy \'n koue rilling sy rugvel rimpel en stap
vinnig \'n koers uit
(Veld, bis. 130). Naarlmy meegedeel word is die
laaste uitdrukking ook in die Vrystaatse spreektaal goed bekend.

Die betekenis van die Substantiewiese Voornaamwoorde bring
mee dat hulle nie \'n woordgroep met Lidwoorde en Besitlike
Voornaamwoorde kan vorm nie.

35. Geskiedkundig. Die Bepaalde Lidwoord het ontstaan
uit die Aanwysende Voornaamwoord, net soos ons nuwe
Afrikaanse Aanw. Vnwde
hierdie en daardie nou besig
is om tot Lidwoorde te verswak en die Onbepaalde Lidwd.
gaan terug op die Telwoord. Met die verswakking van klemtoon
het dikwels gepaard gegaan \'n verlies van vokaal (vgl.
d\'
eerste, \'t kind, \'n man).
In die middeleeue het in die Neder-
lande die vorme
de en die naas mekaar bestaan. Die
vorm
die het hom egter nog lank gehandhaaf en dit tree
nog af en toe op in Algemeen Beskaafde Nederlands en
lewe voort in sommige dialekte. In Afrikaans is die vorm
met volle vokaal (net soos in:
my, jou, haar) die enigste

Aldus Franck, Mnl. Grammatik, bis. 181. Behaghel (Deutsche
Syntax, § 19) sê egter: „ Der bestimmte Artikel stammt aus dem
anaphorischen Pronomen — nicht aus dem deiktischen, wie vielfach
angenommen wird."

\') Franck, Mnl Grammatik, bis. 182.

-ocr page 49-

wat bly bestaan het. Sommige geleerdes wil dit egter aan
vreemde invloede toeskrywe. In Amsterdam en die Zaan-
streek was
jou in die sewentiende eeu en daarna gebruiklik
ook as daar geen nadruk op die woord geval het nie, en
dié gebruik kom nog voor veral in Friese en Saksiese dialekte
in Nederland, maar ook in Algemeen Beskaafd.

Vroeër het die Lidwoord of Besitlike Voornaamwoord
die sintaktiese diens gedoen, dat dit die Substantief gehelp
het by sy kasus-vorming, waardeur die verhouding van die
eenheid Subst. Lidwd. of Besit. Vnwd. tot ander eenhede
in die sin kon uitgedruk word. Daarmee het gepaard gegaan \'n
difFerensiëring van die Substantiewe volgens woordgeslag.
Behalwe in enkele vasstaande uitdrukkings wat uit die hoër
styl geërf is soos:
kind des doods, brood der smarte, myns
insiens
bestaan hierdie gebruik nie meer in Afrikaans nie.
Reeds in die sewentiende eeu, toe die nedersetting aan die
Kaap gestig is, was die gebruik van hierdie Lidwoorde en
Voornaamwoorde om die Genitiefs- en Datiefsverhouding uit
te druk in die Nederlandse spreektaal so goed as uitgesterwe
en in die literêre taal was die gevoel vir die geslagsonder-
skeiding, altanswat die Genitief betref, verdwijn. Vgl. § 145.
Hulle gebruik om die Akkusatiefsverhouding uit te druk het
verdwyn saam met die Akkusatiefsvorme van die Adjektiewe
en word dus daar behandel.

(b) Subst Telwoord, Vraende, Aanwysende, Onbe-
paalde, Uitroepende, Distributiewe, Resiprokale of Verster-
kende Voornaamwoord.

Sonder Vormwoord.

36, In hierdie verbindinge het iedere lid \'n eie aksent.

Vgl. J. j. Ie Roux: Het Lidwoord „die" (N.Taalg. XIll).; D. C.
nesseling:Mj5-ee/isd/efl/s Lidwoord (N. Taalg. XIII).; D. B. Bosman:
Oor
die Ontstaan van Afrikaans, blss. 93-4; 110-11.

*) Vgl. Boekenoogen: De Zaansdie Volkstaal en die geskrifte van
b.v. Bredero, W. D. Hooft en T. Asselijn.

-ocr page 50-

In sommige gevalle is die aksent vry, d.w.s. die adjektie-
wiese woord en die Substantief kan met gelykmatige aksent
uitgespreek word vir sover die sinsritme daar nie op inwerk
nie, óf een van beide kan deur sy belangrikheid \'n sterker
aksent as die ander kry; in
ander gevalle is die adjektiewiese
woord gebonde aan \'n sterker aksent. Ons deel die verbin-
dinge in twee groepe naar die posiesie van die woorde in,
en bespreek die gevalle van vaste aksent onder die afsonderlike
tiepes.

37. (a) Die vraende, uitroepende en onbepaalde Voornaam-
woorde kan alleen vóór die Subst. staan. Ander Adjektiewe
staan tussenin:
watter huis? maar watter groot huis?

38. Die vraende Vnwd. watter (plat: waffer), b.v. watter
huis, watter man
ens. ? uit wat vir ( < wat voor), wat ook nog
onsamegetrokke voorkom: wat vir man, het deur groepsver-
skuiwing ontstaan. In die vraende Vnwd.
wat vir \'n (Lat. qualis)
is ook die Lidwoord betrokke in die groepsverskuiwing:
wat vir
\'n man? Daarnaas kom voor: hoe \'n man?

39. Op dieselfde manier het die uitroepende Vnwde;
wat \'n, wat vir, wat vir \'n, wat se, deur groepsverskuiwing
ontstaan:
wat \'n pragstukl; wat \'n mensdom!; wat vir (\'n)
lawaai!; wat se spektakel is dit hier!
Dieselfde geld van
hoe \'n, wat nie alleen vraende Vnwd. is nie maar ook uit-
roepende. Vgl.:
hoe \'n genot!

40. Vir onbepaalde Voornaamwoorde kan aangesien word
die adjektiewiese woorde in die volgende uitdrukkinge:
sekere
Mnr. Le Grange;eneMnr.Retief: die een of ander moeilikheid;
enige plan; party mense.

(/?) By die twede groep van verbindinge bestaan meer
verskeidenheid:

41. Telwoorde staan gewoonlik voor die Subst., dog
hoofgetalle met die funksie van ranggetalle staan daaragter, b.v.:
Tien jaar, baie mense maar: die jaar nul, die jaar 1920,
hoofstuk tien.
Die woord genoeg kan daarvoor of onmiddellik
daaragter staan:
genoeg geld of geld genoeg, óf, met sterker
aksent, ook verder verwyderd na agter: en
was daar plek

-ocr page 51-

in die blad genoeg gewees, sou hij misskien... (E. Skry-
wers. bis. 37).

Opm. Hoofgetalle kan van ouds óf as Selfst. Nwde óf as
Adjektiewe opgevat word. Ons behandel dus hier die verbindinge
wat ooreenkom met die van Substantiewe met ander adjek-
tiewiese woorde, en onder die verbinding Subst. -j- Subst.
die wat deur hulle formale kenmerke daartoe behoort, soos:
twee van die kinders. Ook onbepaalde Telwoorde kan substan-
tiewies opgevat word en dus die verbindingstiepes van twee
Substantiewe vertoon, soos,:
tyds genoeg. In dié geval word
hulle ook onder die twede groep behandel.

42. Die aanwysende Vnwde kan voor of agter die
Subst. staan.
Dié het altyd \'n sterk aksent, daardie en hierdie
altyd as hulle agter die Subst. staan, b.v. hierdie man; dié
man; dis \'n man hiérdie wat vir niks stuit nie; dis \'n soort
saak die wat \'n advokaat \'n kans gee om tog \'n naam
te maak
(Spoke, bis. 16).

43. \'n Twede soort verbinding met die is sekere gevalle
waar
die nie direk op die voorgaande Subst. slaan nie, maar
waar die spreker op iets anders wys of doel terwyl hy
die
sê, en dan te kenne gee, dat wat aangedui word deur die
Subst., daar in betrekking mee staan. As \'n moeder b.v. sien,
dat die huiskamer deurmekaar is, kan sy sê:
dis die kinders
dié,
Hierdie gebruik van die, wat ons die deiktiese kan
noem, het waarskynlik ontstaan uit die gewone terugwysende
gebruik, maar dan met \'n verklarende bysin. As uitgangspunt
iQoet ons aanneem sinne soos:
dis die kinders dié, wat dit
gedoen het,
wat gepaard gegaan het met \'n aanwysende
gebaar. Mettertyd is die aanwysende gebaar as duidelik genoeg
gevoel en kon die verklarende bysin agterweë bly. Maar
toe kon
die gevoel word as slaande op die voorwerp waarop
gewys word, i.c. \'die deurmekaar kamer\', in plaas van op
die voorafgaande Substantief. Vandaar \'n verskuiwing in die
geleding wat meebring dat
die die inhoud van \'n bysin
yerteenwoordig. Die volgende trap in die ontwikkelingsgang
ïs dat
die ook gebruik geword het sonder die begeleidende
deiktiese gebaar. Dit moes gebeur as die betrokke voorwerp.

-ocr page 52-

toestand ens. nie aanwesig was. nie, maar tog bekend. As
die moeder b.v. nie die deurmekaar kamer sien nie, maar
enkel hoor dat dit deurmekaar is, dan kan sy ook sê:
dis
die kinders-die, wat dit gedoen het
of sonder bysin: dis die
kinders\'die.
In hierdie sinne kry die Subst. die klemtoon en
is die aksent van
die daaraan onderskik; die verbinding
het \'n kompositum geword wat met snelle tempo uitgespreek
word. Die gebruik van hierdie kompositum verskil van die
gebruik van die onsamegestelde Subst. in dié opsig, dat die
eerste behalwe die betekenis van die Subst. ook nog insluit
\'n aanduiding van iets wat as bekend veronderstel word.
Die konstruksie kom alleen na kopulatiewe Ww. voor en
moet onderskei word van verbindinge soos:
die kindevs die
het dit gedoen,
waar die twede die die inhoud van die Subst.
weer opneem en \'n eie aksent het, terwyl die verbinding
met iets langsamer tempo uitgespreek word.

44. Ook by die distributiewe ieder is voor- en agter-
plaatsing moontlik. In die laaste geval kan \'n verbale vorm
tussen
ieder en die Subst. staan, b.v. iedere mens; die kinders sal
ieder \'n stuk kry; in Holland, die Kaap en die Noordelike Unie
ieder het die woord turf\'n ander betekenis
(E. Skrywers, bis. 78).

45. In die naar Engelse model gevormde resiprokale Pro-
nomen
{die) een die ander word {die) een nie as afsonderlike
eenheid gevoel nie en die uitdrukking kry dus die gewone
posiesie van \'n substantief-objek. Vgl.:
In die dae van
spanning het gebeurtenisse snel een die ander opgevolg
(Misdade, bis. 228). In die suiwer Afrikaanse vorm van die
konstruksie is die posiesie van
die een gewoonlik voor die Subst.:
die een gebeurtenis het die ander opgevolg. By Leungroepe is
egter \'n woordorde moontlik wat saamval met die Engelse,
b.v.:
en toe die mannetjies een na die ander begin te brul
(Oerwoud, bis. 57). (Vgl.: die mense het party hiernatoe,
party daarnatoe geloop.)

Opm. Hoewel nou verouderd in Nederlands was die uit-
drukking
de een den ander = mekaar, in die sewentiende eeu
goed bekend.
Vg\\.: D\'een d\'ander volgen sy {Bted.lU, 115);

-ocr page 53-

al hef welke wy ,., goedgevonden, en besloten hebben, gelyk
wy de een aan de ander beloven, \'t zelve .. .te onderhouden
(Valentijn, O. 1. II. 2. 78 a. ^ 1628) i)

46. Die woorde self en alleen staan agter die Subst..
dra die aksent. en vorm daar \'n kompositum mee:
die skrywer-
self; Alkenhy maar net Engels alleen
(E. Skrywers. bis. 90).
Saam betrek ook Telwoorde in die kompositum. Vgl: Die
hele famielie saam verdien daar nie genoeg voor nie
en (met
Pron.):
Hulle almaal saam is my meesters (E. Skrywers, bis. 64).

Hierdie drie woorde kan egter ook in losser verbinding
met die Subst. staan. Dan is hulle tewens bepaUng by die
Werkwoord en staan voor of agter die Subst. met\'nwerk-
woordelike vorm tussenin; hulle belangrikheid word dan
deur \'n sterk aksent naar vore gebring. Vgl:
Self het die
skrywer erken, dat..; Die skrywer het self erken, dat..;
(met Pronomen): Want ek sal alles moet self uitvind {Spoke,
bis. 16); Same het die lede daarvoor gesorg, ens.

Vorm van die adjektiewiese woord.

47. Die adj.*^ woord tree op in \'n vorm wat om sintaktiese
redene nie verander nie. Enkele wisselinge wat samehang
met \'n ouer sintaktiese verskeidenheid. soos
enig iets teenoor
enige man, is gebonde aan bepaalde woorde. \'n Lewendige
onderskeidingsmiddel is sulke wisselvorme nie meer nie.

Met Vormwoord.

48. Die Substantiewe kan ook deur middel van \'n vorm-
woord met \'n Telwoord verbind word. As bindwoord word
of gebruik, b.v.: \'n
man of twintig; \'n stuk of tien. Hierdie
verbinding het \'n ander betekenis as die wat uit \'n een-
voudige bystelling bestaan. In die laaste geval word die hoe-
veelhcidswoord in sy absolute betekenis gebruik; deur die
verbinding met vormwoord word
ongeveer die getal wat die
hooftelwoord noem, bedoel Hiermee verwant is ook die

\') Ndl. Wdb. III3802.

-ocr page 54-

verbinding: Subst. o/" a>af, b.v. \'n dag of wat; {dit kos)
\'n sieling of wat
= enkele dae; enkele sielings. In sulke
uitdrukkinge met
wat kry die Substantief die groepsaksent
en dra die verbinding die karakter van \'n kompositum. In \'n
stuk of wat word die oorspronklike betekenis van \'stuk\' glad
nie meer gevoel nie, maar beteken die hele verbinding \'enkele\'.

49. Geskiedkundig. As uitgangspunt van hierdie konstruksie
word aangeneem sinne — soos reeds in die Middeleeue voorge-
kom het waarin
een as Telwoord teenoor twee gestel word :
Rust u enen dach of twee; twe daghe ocht enen By die
latere uitbreiding tot hoër getalle het dan waarskynlik mee-
gewerk die invloed van konstruksies soos:
een dag vijf zes;
een stuk tien twaalf
waarvoor ook gesê word: een dag
vijf of zes,
ens. Vir hierdie verklaring pleit die feit, dat die
konstruksie maar net by kleiner getalle gebruiklik is. Die
Ndl. Wdb. gee voorbeelde van die gebruik van hierdie kon-
struksie by hoër getalle as twee uit Van Lennep, Beets, Staring
en Tollens. Die algemene verbreiding in Afrikaans maak
dit egter waarskynlik, dat dit ook in Nederlands baie ouer as
die neëntiendie eeu is. Ook in Hoogduits is die konstruksie,
altans in die volkspraak, bekend. Vgl.
ein Thaler oder sechs;
ein Stück oder Zehn.
In Engels is dit algemeen met \'twee\'
as Telwoord: a
day or two; a word or two, ens.

50. Geskiedkundig. Net soos die Lidwoorde kon die Tel-
woord
een en \'n deel van die Aanwysende, Vraende en Onbe-
paalde Vnwde in die stamtaal, Nederlands, verbuig word.
Dit is nie meer die geval in Afrikaans nie, behalwe in geykte
tetmesoos:eensklaps, deser dae, enigermate en by die onbe-
paalde Vnwd.
ene (Retief), wat alleen in die verboë vorm
bestaan. Die verloop van hierdie proses is dieselfde as by
die Lidwoorde en Byv. Nwde en word onder die verbinding
Subst. Adj. behandel (Sie § 79.).

>) Ndl. Wdb., X, 65-66.

-ocr page 55-

Pronomen Adjektiewiese Woord.

51. Die Persoonlike Voornaamwoord kan verbindeword
met Telwoorde, Distributiewe en Versterkende Vnwde. Al
hierdie woorde moet agter die Pers. Vnwd. staan, behalwe
die versterkende woorde wat tewens bepaling van die Werk-
woord is. Origens is die konstruksies dieselfde as die van
die ooreenkomstige verbindinge met \'n Substantief, b.v.:
Julle twee moet saamgaan; dat hulle almaal skuldig gevoel
(A. B. C. bis., 58); hulle kry ieder \'n appel; ek-self. (Sie

ook vbb. onder Subst. groep.)

Opm. Onder Engelse invloed is die verbinding met self besig
om uit te brei tot gevalle waar geen versterking bedoel word
nie, b.v.
Sien hy nie kans om homself met sakses te verweer
nie, dan gaan hy eenvoudig plat lê
(Oerwoud, bis. 55); Die
Boervrouw was haarself bewus, dat sy moeder word van \'n volk
(Boervrouw, bis. 84).

52. \'n Anglisisme wat die beskaafde Afrikaanse taalgevoel
nog pyn aandoen is die verbinding van \'n Pers. Vnwd. met
myself, homself ens., b.v. ek myself het dit gedoen.

53. Die verbinding ek my sigselwe word op die oom-
blik nog maar skertsend gebruik. Vgl.:
ek my sigselwe, alleen,
skuur maar nou teen die heining regs en netnou teen die
heining links
(Sonde, bis. 36), \'n sin wat \'n goeie illustrasie
gee van die neiging van die Pers. Vnwde om versterkende
toevoegsels te neem. So deel Prof. de Vooys my mee. dat
ook in Nederlands skertsend gesê word:
z\'n eigen zich zeivers.
J. van Bruggen laat \'n bywoner heeltemal serieus sê: en ek
dag toe so by my sigselwe. ek sal maar so\'n bietjie aanstap
en gaan kyk (Veld, bis. 23). Is dit \'n gewone konstruksie
in Transvaal?

54. Net soos by die Substantiewe (§ 43), het na kopulatiewe
Ww. ook by die Pronomina verbindinge met die terugwysende
^\'e gelei tot
samensteWinge soos: jy-die, hy-die, hülle-die ens..
Waar die na iets anders heenwys. Ook hier kan ons dieselfde
ontwikkelingsgang as hy die Subste. aanneem, n.1.:
dis jy
dié — tpat dit gedoen het > dis jy dié;
en disjy-die — waf
dit gedoen het > dis jy-die.

-ocr page 56-

Substantief meer as een adjektiewiese woord.

55. In groepe met \'n reeks adje. woorde staan Lidwoorde
of Voornaamwoorde voor Telwoorde:
hierdie twintig man:
my een been; sy tien osse.
\'n Uitsondering vorm reekse waarin
al voorkom; daar is die woordorde omgekeerd. Vgl.: albei
(altwee) my oë: al die mense: al my tyd.
Die woordorde
heel die is \'n Nederlandisme. Vergelyk: Toe deur Engeland

se oorlogsverklaring aan Duitsland heel die Britse Ryk----

die vyande van Duitsland geword het (Pers).

56. By hoofgetalle word so \'n skynbare reeks egter gevoel
as \'n groep waarin Subst. Telwd. \'n eenheid vorm, waar-
aan die Lidwd. of Vnwd. ondergeskik is. In sulke gevalle
word Telwoorde dus sintakties van ander Adjektiewe gedif-
ferensiëer. As die laatste tussen Lidwd. of Vnwd. en Subst.
staan, vorm Subst. Lidwd. of Vnwd. same \'n eenheid wat
deur die Adj. bepaal word,
h.v.\'. hierdie j vyf jaar: enige j vyf
man: watter / tien hoofstukke,
maar : die / goeie / kérel. Waar
ranggetalle in so \'n reeks voorkom kan die groepering ver-
skillend gevoel word. As beide rang- en hoofgetalle voorkom,
word die verbinding in twee gelyke dele gegroepeer:
die
eerste / tien perde; die tien / eerste perde.

57. Die verbinding Besitlike Vnwd. Aanw. Vnwd. voor
Subst. kom nie voor nie. As ons die begrippe:
hierdie versoek
en my versoek wil samevoeg, dan maak ons gebruik van \'n
Pers. Vnwd. bindwoord, dus:
hierdie versoek van my.
\'n Konstruksie soos: dit myn versoek wat in boeke-Hollands
bekend is, bestaan dus nie in Afrikaans nie.

58. Wanneer sy iedere woord en daad getuig van die
verandering wat plaas gevind het
(Ons Weg, bis. 384) is \'n
voorbeeld van \'n slegte soort Anglisismes wat gelukkig maar
min voorkom.

59. Die vorme elk \'n, ieder \'n vir elke, iedere wat veel-
vuldig by Langenhoven voorkom, b.v.:
elk \'n man, ieder \'n
gebied
moet verklaar word uit \'n woordsplitsing wat die
uitgang a laat samegaan met die twede in plaas van die
eerste woord, en dit dan verwar met die Lidwoord. So \'n

-ocr page 57-

splitsing is nie beperk tot Oudtshoorn nie, want voor nasale
het ek dit ook dikwels in die Pêrelse distrik gehoor. As die
nasaalklank regtig ook voor gutturale voorkom, soos \'n mens
uit die twede voorbeeld moet aflei, is dit \'n uitbreiding
deur analogie.

(2) Substantief Eintlike Adjektief

Posiesie.

60. Die Adjektief kan voor of agter die Substantief staan.
Reël is dat dit voor staan. Agterplaatsing van die Adj. kom
alleen voor in die volgende gevalle:

61. (a) \'n Reeks Byv. Nwde deur \'n Voegwoord verbonde,
kan voor, maar in literêre taal ook agter, die Subst. staan. As
daar geen Voegwoord is nie, dan is agterplaatsing onmoontlik.

Vbb.:

Voorplaatsing met Voegwd. ^ Oue en swakke manne, jonge
en sterke burgers, dappere vrouwens en klein kindertjes
(Boervrouw, bis. 140).

Met haar sterk en besliste karakter {VergeetlSlie, hls. 129).

Voorplaatsing sonder Voegwd.: Sy grap was diep, ernstige
waarheid
(Vergeet Nie, bis. 25).

Maar tog so vol van ryk, rein liefde (Vergeet Nie, bis. 32.)

Agterplaatsing met Voegwd: Aan hierdie meubels is heilige
herinneringe vasgeknoop deur bande sterk en heg, wat die
yare self met onsigbare hand gewewe het (Vergeet
Nie, bis. 15.)

Met dieselfde funksie as \'n twede Adjektief kan \'n woord-
groep optree:

■Die perd redeloos en met onskuldig oog besef van oorlog
zoveel as sy basie bo hom
(Malkop, bis. 15.)

Die Adjektiewe kan ook gedeeltelik voor en gedeeltelik
agter geplaas wees as daar maar minstens twee agter staan:
^eenoor
wrede vyande wit en swart (Boervrouw, bis. 92.)

Opm. In \'n opeenvolging van woorde soos: diep ernstige
waarheid
differensieer die aksent tussen \'diep\' as Byv. Nwd.
en as Byw. As \'diep\' Byv. Nwd. is, word ieder van die twee

-ocr page 58-

Byv. Nwde. ongeveer ewe sterk geaksentueer; as dit Byw. is,
kry dit \'n sterker aksent as \'ernstige\' en word die verbinding
met sneller tempo uitgespreek. In die skrif onderskei ons die
twee tiepes deurdat ons in die eerste geval \'n komma tussen
die twee woorde sit, en hulle in die twede geval met n kop-
pelteken verbind.
62. (b) Agterplaatsing is ook moontlik as die Adjektief

nader bepaal word:

(«) deur \'n Bywoord daarvoor:

En onder sagte snikke, noueliks hoorbaar, pers dit

nou uit (Vergeet Nie, bis. 45).

Die goedhartigste man uit die hele kommando volkome
skadeloos, kom tussen drie van Engelands grimmigste
soldate met gebajonette gewere, radeloos verleë aangestap

(Teleurgestel. bis. 192).

deur \'n langer bepaling of voltooiing:
Haar voorhoof warm van inspanning en ont-
roering
(Vergeet Nie, bis. 45).

\'n Vaal militêre muts plat van bo, met \'n blink rand
van voor wat danig laag oor \'n paar blou oë afgedruk is

(Vergeet Nie, bis. 83).

Ds. D.P.Rossouw (nou reeds wyle) het godsdienstige
stukke in die „Patriot" geskrywe
(E. Skrywers, bis. 133).

(r) By agterplaatsing kan so\'n langer bepaling of voltooiing
van die Adj. aanwesig wees en tewens \'n bepaling deur\'n
enkele Bywoord daarvoor:

En die ruiter ... deftig gekleed in die volle mon-
dering van \'n Engelse offisier
(Malkop, bis. 14).

63. (c) \'n Reeks Adjektiewe deur\'n Voegwoord verbonde
kan nader bepaal wees:

En dan die jaende ademhaling van die vos en die hoefslae,
sag en dof in die sanddeuke, helder en hard oor
die ruggies
(Vergeet Nie, bis. 44).

64. In sommige gevalle is by hierdie drie tiepes vóór-
plaatsing ook moontlik, b.v.
onder sagte, noueliks hoorbare
snikke: haar van inspanning en ontroering warme voorhoof;
die sagte en dowwe hoefslae in die sanddeuke,
dog hetsy

-ocr page 59-

met agter- hetsy met voorplaatsing ken die gesproke taal sulke
ingewikkelde konstruksies nie. In die spreektaal word
daarvoor bysinne gebruik wat ingelei word met
wat Die
literêre taal kom tot sulke samevoeginge, waarvoor die
Nederlandse literatuurtaal die voorbeeld bied, deur die noodsaak-
likheidom aan die eise van \'n voller en ryker geskakeerde ritmiek
te voldoen, maar ook deur die behoefte aan enger verbindinge.
Deur \'n bysin word die adjektiewiese begrip nie so eng
aan die substantiewiese verbind as deur \'n Adjektief nie;
daar bly iets gebrokens in die verbinding. So \'n onderbreking
werk minder hinderlik by die gesproke taal, waar die gehoor
die verskillende elemente na mekaar moet opneem, as by
\'n geskrewe (of gedrukte) stuk. waar die oog verskillende
woorde tegelyk appersipiëer. Vandaar die verskillende nei-
ginge by beide vorme van taaluiting, wat die een tot \'n
hortende analietiese, die ander tot \'n ingewikkelde sintetiese
struktuur maak.

65. (d) Tot gesproke sowel as geskrewe taal hoort enkele
op sigself staande verbindinge met agtergeplaaste Adjektief,
wat aan vreemde tale ontleen is. Uit Engels het ons ver-
bindinge soos:
Goewerneur-Generaal, Superintendent-Gene-
raa/ gekry; uit Nederlands ken ons Sfate-Generaal en \'n
\'Goewerneur-Generaal\'en \'n \'Kommissaris-Generaal\' was amp-
tenare wat ook deur die O. I. Kompanjie gebruik geword
het; albei tale het op hulle beurt die verbindinge uit Frans
gekry. Uit Portugees het ons die woordskikking van die
eienaam
Baai- Vals wat, soos soveel ander geografiese name,
uog daaraan herinner dat die Portugese voor die Hollanders
om die Kaapse kus geseil het. Dat die omsetting tot
Valsbaai
m die laaste tyd veld wen, is wel meer aan die Engelse
skool-invloede toe skrywe as aan \'n neiging tot verafrikaansing.

66. (e) Die vloekende uitroep God almagtig, wat \'n
erfstuk is uit eedsformuliere, „seems", volgens Sweet, „to
be an imitation of the Latin order
(Deus omnipotens)"

Vgl. Wunderlich: U/isere Vmgangsprachc, bis. 9—10 ens.

) New English Grammar II, § 1785.

-ocr page 60-

Klemtoon.

67. Die Adjektief en die Substantief het ieder \'n eie aksent,
wat ongeveer ewe sterk is as geen van beide woorde besondere
nadruk kry nie; al naar die bedoeling van die spreker kan die een
of die ander egter die nadruksaksent kry.

Vorm van die Adjektief.

68. Ons kan by de Adjektiewe twee hoofvorme onderskei:
(a) die grondvorm; en (b) \'n geflekteerde vorm op -e of
-te.
Enkele woorde soos ou, kou kan ook hierdie -e verloor.
By agterplaatsing het die Adj: altyd die grondvorm, b.v.:
planne, goed en kwaad, \'n dogtertjie, lief en gesond.

Opm. Ons herinner daaraan, dat grondvorme soos: rooi,
kwaai, mut, jonk, lank
van die Nederlandse verskil.

69. By voorplaatsing val die Adjektiewe in twee klasse:
(a) Adjektiewe wat uitgaan op -e
(te)-, en (b) Adjektiewe wat
in die grondvorm (d.i. sonder -e of
-te) gebruik word, b.v.:
\'n gladde vent, \'n sagte hand maar \'n sterk vent, \'n groot
hand.
Bij voorplaatsing is dit dus geen verskil in sintaktiese
funksie, wat die vorm van die Adjektief bepaal nie, maar
iedere Adjektief behoort uit kragte van sy fonetiese en ritmiese
eienskappe tot \'n bepaalde klas. Sommige Adjektiewe (o.a.
die op s, r,
l, u soos: vals, dor, heel, ru) weifel egter nog
tussen die twee klasse ; ander verskil plaaslik, maar daarom-
trent is nog weinig nagevors.

70. Behalve deur die nadruksakant kan die subjektiewe
meelewe van die spreker in sy mededelinge nog op twee
ander maniere uitgedruk word : deur \'n toegevoegde -e
f-te],
wat vergelyk kan word met Ndl. éne keer, éne gulden ens., of,
in die geval van Adjektiewe met \'n tweeklank of lang vokaal
in die betoonde lettergreep, deur \'n verandering in die kwantiteit
van die klinker. In die laatste geval is daar twee moontlikhede:
die klinker (tweeklank) word óf gerek en kry \'n tweetoppige
aksent:
baie, óf verkort en kry dan \'n kort hoë stoottoon:
bai. Teoreties kan hierdie klinkerverandering voorkom sowel

-ocr page 61-

by agter- as by voorplaatsing van die Adjektief, b.v.: Hy
bewonder die rose, so mööi van kleur
en: Maar daar was
vir jou bäie (bäi) mense op die dorp,
sodat met hierdie verskynsel
geen sintaktiese difFerensiëring gepaard gaan nie. In die
praktyk kom die agterplaatsing egter in die gesproke taal
haas nie voor nie, sodat die verskynsel feitlik beperk is tot
voorgeplaaste Adjektiewe. Van die bowestaande sin sou die
gewone gesproke vorm b.v. wees:
die rose wat so mööi
van kleur is.

71. Met betrekking tot die agtervoeging van -e is daar
egter wel \'n sintaktiese difFerensiëring. Die agtergevoegde
Adjektief kan naamlik nooit \'n -e kry nie (behalve in die
leungroepe, wat afsonderlik behandel word), maar by voor-
voeging kan ook dié Adjektiewe wat anders sonder -e gebruik
word, om die nadruk so \'n -e neem. Voorbeelde van sulke
nadruks-e-vorme wat wèl by voorplaatsing, maar nie by agter-
plaatsing voorkom nie, is:

\'n knappe meisie; arme kind.

Dis my of ek die flukse mooie jongkerel sien met sy
vrindelik gesig
(E. Skrywers, bis. 146).

Opm. Adjektiewe wat dikwels met sulke nadruk gespreek
word, vertoon \'n neiging om teen die gewone klankwette in
op -e uit te gaan as konstante vorm, ook as daar geen nadruk
bedoel is nie. Voorbeelde daarvan is die bowegenoemde
Woorde:
knappe en arme.

72. \'n Ander difFerensiëring tussen voor-en agtergeplaaste
Adjektiewe hang saam met hulle gebruiksfeer. In die daaglikse
omgang van minder geletterde mense word \'n ander en beperkter
Woordvoorraad gebruik as by meer ontwikkeldes, veral as
huHe oor minder alledaagse onderwerpe praat. Oor sulke
minder alledaagse onderwerpe het die ontwikkelde Afrikaners
vroeër in Hooghollands of Engels gepraat - of probeer
praat. Nou dat Afrikaans \'n kukuurtaal geword het, moet dit
egter uitdrukking gee aan
alle gedagtes en gewaarwordinge en
het \'n groot aantal uitdrukkings skrifteUk en vir \'n groot deel ook
oiondeling daarin gebruiklik geword, wat vroeër nie voorgekom

-ocr page 62-

het nie. Tog kan \'n mens in die meeste gevalle eintlik nie
praat van ontlening nie. want Hooghollands was vroeër
by ons \'n stylvorm van Afrikaans; wat in die laaste tyd
gebeur het, is dat die ou stylvorm in Afrikaanse rigting
verskuiwe het met behoud van die nodige Hollandse woorde
en uitdrukkinge. Uitdrukkinge wat uit meer as een woord
bestaan, word dikwels as een geheel gevoel, en gaan dan
sonder formele veranderinge wat die uitgang van die Adjektief
betref, in die Afrikaanse kuituurtaai oor. Daarnaas staan nog
\'n aantal uitdrukkings wat reeds eeue lank in hulle Nederlandse
vorm in die Afrikaanse spreektaal geldig is. Die mees voor-
komende gevalle is dat die Substantief n Abstraktum is of
in figuurlike sin gebruik word, en verder \'n aantal taamlik
vaste preposisionele wendinge. Die oorspronklike toestand
is dus dat die vorm van die voorgeplaaste Adjektief in sulke
gevalle wissel volgens die beginsels wat in Nederlands en
nie volgens die wat in Afrikaans heers nie. Vergelyk:
op
die lange duur; op goed geloof: gesond verstand: op staat-
kundig, sedelik en sielkundig gebied
(E. Skrywers, bis. 102);
die grote gros van ons bevolking (E. Skrywers, bis. 35); die
bange toekoms
(Vergeet Nie, bis. 38).

73. As sulke uitdrukkings baie gebruik word, kan die
Adj. egter deur analogie onder die invloed kom van die
massas gevalle in die spreektaal waar die Adj. aan die Afrikaanse
fleksiewette gehoorsaam. Dan vind daar \'n oorgang plaas
en kry ons b.v. op
nasionale gebied, jou gesonde verstand,
ens. Sommige uitdrukkings leen hulle makliker as ander tot
\'n verafrikaansing van vorm en die subjektiewe gevoel van
die spreker (wat weer beïnvloed word b.v. deur sy vertroudheid
met Nederlands en sy beheersing van alle vorme van Afrikaans,
en deur sy neiging om deftig of plat te praat ens.) speel by
dergehke oorgange \'n groot rol. By sommige skrywers heers
egter die begeerte om selfs teen die taalgevoel in kunsmatig
te verafrikaans, soos blyk uit die volgende gevalle uit
„Vergeet Nie":

\'n Móreoffer gewy aan rein Liefde (bis. 49).

-ocr page 63-

Elke dag kon sg haar arme krank moeder gaan besoek
(bis. 160.)

\'n bleek afgematheid (bis. 118).

Word die Kakies op vry voet gestel (bis. 165).

Die proklamasie in streng erns uitgelees (bis. 185).

74. By reekse-formasies behou iedere Adjektief sy eie
vorm, b.v.:

Met haar sterk en besliste karakter (Vergeet Nie, bis. 129).

Voordeel en geluk moes plaas maak vir die groot nasi-
ona/e belang (Vergeet Nie, bis. 23).

Dat die Patriot plat en gebrekkige taal geskrywe het
(E. Skrywers, bis. 56).

75. Die betekenis bring egter mee, dat waar die nadruks
-e in \'n reeks optree alle Adjektiewe in die reeks gewoonlik
daaraan onderhewig is. Vergelyk:
die flukse mooie jongkerel
(E. Skrywers, bis. 146). \'n Uitdrukking soos die volgende
toon egter, dat die nadruks-e self ook invloed kan hê op
ander Adjektiewe, selfs buiten die reeks:
Die pelgrims ^ ouè
en swakke manne, jonge en sterke burgers, dappere vrouwens
en klein kindertjies
(Boervrouw, bis. 140). Die nadruk behoort
eintlik alleen by die Adjektiewe van die eerste lid van die
reeks Substantiewe; deur die parallellisme gaan die -e egter
ook oor op die twee volgende lede, maar eienaardig genoeg,
het die skrywer dit by die laaste lid agterweë gelaat.

76. By Afrikaanse skrywers kan \'n mens die hopelooste
verwarring omtrent die vorm van die Adjektief aantref. Dit
het reeds in die vroegste dae, toe \'n begin gemaak is om
Afrikaans te skrywe, die geval gewees. Vergelyk:
Di dikke
tortels van di oue boom beskerm syn jonge wortels teen
^torme. en di oue boom sterf tog lanksaam weg, en net so
vinnig neem hy di plek in
(Eerste Taalbeweging, bis. 38).

\'n jonge mens partykeer onfersigtig is (Idem, bis. 45).
^ar ongemerk Sluip hier weldra weer in ons Staat Die
^nïs verraad (Idem. bis. 92).

Moses, maskie deur bedrog, Sal kom na jou gelukkig
«frand (Idem, bis. 79).

-ocr page 64-

By die vroegste skrywers, en baie van die latere, moet wel as
vernaamste oorsaak geld, hulle onvermoë om by die skrywe
hulle eie gesproke taal noukeurig te beluister. Dit spruit in
hoë mate daaruit voort dat hulle, as hulle skrywe, onwille-
keurig deur die Hooghollandse vorme beinvloed word, maar
daarby kom die ritmiese eise by gedigte en die feit dat ook
in ander gevalle die Adjektiewe in die geskrewe taal in
velerlei verbindinge voorkom wat in die daaglikse omgangstaal
onbekend is. Die toegee aan sulke faktore is dikwels \'n blyk
van \'n slordige gees. In die laaste tyd probeer die beste
skrywers darem tog om ook in hierdie opsig suiwer Afrikaans
te skrywe; \'n nuwe uitwas is dat soos bo aangetoon
skrywers wat aan grammatiese studie doen, volgens self
opgelegde reëls en teen die taalgevoel in, gaan verafrikaans.

Samestelling.

77. Daar Substantief en Adjektief saam dien tot benoeming
van een voorwerp, is daar \'n baie klein oorgang voor nodig
om hulle in die gees te laat samegroei tot een begrip, \'n
Vreemdeling, wat êrens kuier, kan in die slaapkamer \'n
beker opmerk, wat hy sal beskrywe as \'n
érde béker, waar
erde die stof aangee waarvan die beker gemaak is. Maar
die huisvrou wat in die een kamer \'n
érde-bèker het en in
\'n ander kamer \'n
porsléin-bèker, voel nie meer die stof-aandui-
dende inhoud van die eerste deel van hierdie uitdrukkinge nie. Sy
sien in haar gedagte twee voorwerpe bekers met twee
andersluidende name. Vir haar het dus die oorspronklike
groep (Subst. Adj.) tot \'n samestelling (Substantief) geword.
Op dieselfde manier kan iemand \'n berg sien en sê:
Kyk,
daardie blóu bérg;
maar dis moontlik dat die mense wat in
die omgewing woon, al so dikwels die berg op dieselfde
manier beskrywe het, dat hulle nie meer die afsonderlike
betekenis van die twee woorde voel nie. Vir hulle het
Blóubèrg tot \'n eienaam geword wat uit een woord bestaan.^)

\') Vgl. j. H. van den Bosch, Over Samenstelling (Taal en Letteren III);
Van den Bosch en Meyer,
Lees- en Taalboek I, bis. 243 vlgg.

-ocr page 65-

78. Afrikaans difFerensiëer, net soos Nederlands, tusseri
die samestelling en die woordgroep deur verskillende betoning.
In die woordgroep het die Adj. en Subst. ieder sy eie aksent
en die spreektempo is betreklik langsaam: in die samestelling
is die tempo sneller en die betoning van een van die lede
is ondergeskik aan die van die ander. Opmerking verdien dat
nie alleen die einthke Adjektiewe nie, maar alle soorte adjek-
tiewiese woorde wat \'n eie aksent het aan die oorgang kan
deelneem. By die samestelling kan ons dus twee soorte
betoning kry: \'n dalende en \'n stygende. Met dalende
betoning word b.v. uitgespreek:
riétdak, riétflüitjie, ysterpaaï,
ystervark, plankvlöer, misvlöer, kóuekóors, héeldag, eiebelang,
eénkant anderkant, grootman, blóutóng, kristélklip.
Met
stygende aksent:
göuering (my storie begin), góueflüit (my
storie is uit),
witseerkeél, kwaaivrinde, en samestellinge met
wilde soos: wildehónd, wildekét, wildehóender, wilde-éend.
Die dalende betoning kom verreweg die meeste voor en is
histories die oudste, maar ook die stygende is iets wat Afrikaans
met ander Germaanse tale gemeen het. Dit kom veral veel
veel voor in eiename, en nie alleen by samestellinge van Adj.
en Subst. nie, maar ook van Subst. en Subst. In Nederlands
het ons behalwe woorde soos :
hogepriéster, platteland,
Noordoosten
ook name soos: Oudegracht, Leidschewég,
Haarlemmerméér, Schiedam, Maastricht. Maassluis ; in
Engels soos:
Southampton, Newfoündland, Carlyle; in Duits
soos:
Lichterfélde, Heilbrónn, Bürgeméister, Borstelmanns-
^ég. 8) In tJie geval van komposita wat ontstaan deurdat die
twee woorde veel naas mekaar te staan kom in sinne, sal die
belangrikheid van die elemente vir die betekenis ongetwyfeld

O Naar my meegedeel word het in die Vrystaat goue kwint (my
storie begint),
goue Afl/Zenfi^oue/Zu/Y nog nie samestellinge geword nie.

meer Ndl. vbb. sie v. Ginneken in Leuvensche Bijdragen,
oiss. 85—6; Jos. Schrijnen,
De Klemtoon in Nederiandsche Plaats-en
^traatnamen
(N. Taalg. X.); Z. Stokvis en A. S. Bijl, Opmerkingen
över de klemtoon in Nederiandsche Plaats- en Straatnamen (N. Taalg. X).

Vir meer Duitse en Engelse vbb. sie Ries se bespreking van Ferdi-
Stuäe?56)^\'"\' Syntax der Schulsprachen
(Englische

-ocr page 66-

n rol speel by die vorm wat hulle aanneem; by langer
komposita kan \'n mens die oorgang van newe-aksent tot hoof-
aksent uit fisiologiese oorsake verklaar. By enige Afrikaanse
woorde verskil die uitspraak ten opsigte van voor- of nabetoning
naar plaas of indiwidu. So kan \'nmens naas:
Bloémfontein,

Johannesburg.Pótchefstroom ook: Bloemfontéinjohannesburg,

Potchefstroóm te hoor kry. In die geval van Bloemfontein
kan ook Engelse invloed in die spel wees. Die samenstelhng
het egter nooit, soos die woordgroep, en soos bevoorbeeld
in Engels. ..level stress" nie. (Ons praat hier natuurlik me
van samestellinge waarvan die lede in \'n verhouding staan
wat in die woordgroep deur vormwoorde sou uitgedruk word
nie. soos b.v.
speeklos = los ten opsigte van die speke).

Opm. by §§ 77-78. Die Spellingkommissie van die S. A.
Akademie het probeer om die skryfwyse van \'n deel van hierdie
verbindinge te reël. In die Afrikaanse Woordelys\'bls.XV.leesons:
„Waar meer as een begrip tot \'n nouer eenheid verbind word,
word die woord aaneengeskrywe öf met \'n koppelteken. Aaneen

word geskrywe: —..........................._ •

(d) Selfstandige naamwoorde waarvan die eerste deel die
stof aanduie:
ferweelbroek, grasdak, koperketel, silwerketting.
Egte stoflike byvoeglike naamwoorde op -e word natuurlik apart
geskrywe:
\'n goue ketting".

Die moeilikheid is egter nie beperk tot woorde met stofaan-
duidende eerste deel nie:
platvoet staan presies net so teenoor
plüt voét as ferwéelbroek teenoor ferwéel bróek. En die -e dui
gladnie aan of ons met "egte stoflike byvoeglike naamwoorde" te
doen het of nie:
\\ngouèflmt\\% "goue" deel van \'n samestelling;
\\n\'n goue kettingen siof^yv. Nwd. Ons kan praat van die yster
paal
en daarmee die stof aandui, waarvan die paal gemaak is,
of van
die ysterpaül en daarmee enkel die oog hê op \'n bepaalde
voorwerp. Die Afrikaanse publiek het dan ook vaag gevoel, dat
die reëling van die Akademie die taalgevoel geweld aandoen.
Ongelukkig het dié gevoel tot uiting gekom by monde van die
Pretoriase joernaliste, wat weinig insig in taalkundige kwessies
aan die dag gelê het. Vandaar \'n nie-onvermaaklike pennestryd
tussen die genoemde joernaliste en Prof. Smith. Die eerste wil
skrywe
koper ketel in teenstelling met waterketel omdat hierdie
woord nie beteken \'n \'ketel
van water\' nie maar \'n \'ketel vir
water\', waarop Smith geantwoord het dat „die betekenisverband

-ocr page 67-

tussen die dele van samestellinge van baie verskillende aard
kan wees (\'n
viskop, b.v., is die kop van \'n vis, maar \'n visvrou
is tog sekerlik nie die vrou van \'n vis nie)." Tog gaan ook hy
— sover ek daaruit kan wys word — uit van die verkeerde
veronderstelling dat Adje in Ndl. nie samestellinge kan vorm
met Subste nie, en dat dus ook in Afrikaans die eerste lid van
hierdie verbindinge Selfst. Nwde moet wees.\')

Soos hierbo aangetoon onderskei die taal self duidelik tussen
die woordgroep en die samestelling. Alleen by spesiale klemtoon
kan die twee sameval. As ek
h.v.sè-.jy moet die ysterpaal bring
en nie die hóutpaal nie,
dan bring die nadruk gewoonlik \'n
langsamer tempo mee, waardeur die twee betrokke woorde nie
te onderskei is van woordgroepe waarin stof. Byw. Ndw. wat
met klem uitgespreek word, voorkom nie, i. c.
yster paal en
hóut paal. In sulke gevalle is die gevoel van die spreker die
enigste leidraad.

79. Geskiedkundig. Die vorm waarin Afriicaans die
Adjektief of Adjektiewiese woord by voorplaatsing gebruik
is een van die vernaamste punte van verskil met Nederlands.
In kort gesê kom die verskil hierop neer, dat in Nederlands
die adjektiewiese vorme dien óf om die kongruensie met \'n
Substantief uit te druk óf om die kasus-vorme van die Sub-
stantief-self te vorm of te help vorm, maar in Afrikaans het
die adjektief \'n eie vorm wat daarvan onafhanklik is met
watter ander woorde in die sin hy in betrekking staan. By
die bespreking van hierdie verskil laat ons vireers buiten
beskouing die Genitief en Datief; ook in Nederlands het
die Substantief hierdie twee kasus so goed as geheel verloor
~ en dit was reeds in die sewentiende eeu die geval
en dus die Adjektiewiese woorde van die moontlikheid
beroof om by die vorming daarvan behulpsaam te wees of
om daarmee te kongrueer. Hierdie verskynsel kan dus beste
bespreek word by die behandeling van die Substantief. Dan
bly oor die Nominatief en Akkusatief en wel vir Enkel- en
Meervoud en vir al drie geslagte. In Nederlands moet ons
Qoed onderskei tussen die offisiële skryftaal en die Algemeen

\') Huisgenoot, Maart en Nov. 1920; Brandwag, 25 Aug. 1920.

-ocr page 68-

Beskaafde gesproke taal. In die offlsiële skryftaaP) word
twee deklinasies onderskei. die sterke en die swakke.
Sterk:
(Nom.) een goed of goede man. een(e) goede vrouw, een
goed kind; (Akk.) een(en) goeden man. een{e) goede vrouw,
een goed kind;
Meervd. (Nom. en Akk.): goede mannen,
vrouwen, kinderen.
Swak: (Nom.) de goede man; de goede
vrouw; het goede kind; (Akk.) den goeden man; dc goede
vrouw; het goede kind;
Meervd.: de goede mannen, vrouwen,
kinderen. Die Beskaafde Spreektaal het egter orals \'n vorm
op -e waar die Skryftaal \'n vorm op -en het. In die ontbreek
van vorme op -n kom Afrikaans dus ooreen met die Algemeen
Beskaafde Nederlandse spreektaal. In verskillende Noord- en
Suid-Nederlandse dialekte bestaan die vorme op -n egter
nog, maar word dan volgens n ander beginsel gebruik. Die
-n-vorme kom naamlik by Man. Substantiewe voor, en wel
voor bepaalde klanke. sowcl in die Nom. as in die Akk. In
Nederlands bestaan daar dus drieërlei gebruik, in Afrikaans
maar een. Laat ons nou nagaan, waaruit hierdie verskille in
die twee tale ontwikkel het. Die kardinale verskil in hulle
ontwikkelingsgang is. dat met die ontstaan van Afrikaans
gepaard gegaan het die samevlociing van verskillende dialekte
in een sentrum en dat tersclfdertyd verskillende vreemde
rasse die taal moes aanleer. In Nederlands daarenteen kon
iedere dialek kalmpies sy gang gaan en hom byna ongestoord
ontwikkel. Die dialekte van die Provinsie Holland, soos
deur die mees ontwikkeldes gepraat, het mettertyd die gesag
van ..Algemeen Beskaafd" gekry. maar in die offisiële
skryftaal het die verouderde Suid-Nederlandse vorme bewaard
gebly. Die vroeëre toestand was dan as volg: In die mid-
deleeue het die gebruik van die adjektiewiese vorme in die
Suidelike Nederlande baie overeenkoms vertoon met die wat

J) Behalwe die voorstanders van die Vereenvoudigde Spelling, wat
sedert 1892 in die buiging die Algemeen Beskaafd volg, erken ook
ander geleerdes en skryvers van naam, soos Albert Verwey, Jac. van
Looy, J. de Meester, op hierdie punt nie meer die gesag van die
offisiële skryftaal nie.

-ocr page 69-

nou in die offisiële skryftaal heers. Die vernaamste verskille
was (behalwe dat
de toe nog dikwels die vorm die gehad
het), dat by die sterk deklinasie orals \'n vorm sonder -e kon
staan, waar nou \'n vorm op
-e of -en gebruik word, en ook
by die Neutr. (soos nog
soms) \'n vorm op -e kon voorkom
[groot sterfte, een verre stic, langhe leven, stom dieren], en
dat by die swak dekhnasie soms \'n ongeflekteerde vorm
naas die op -e kon staan
[die edel ridder, die edel jonc-
frouwen, die bitter doot]
In die sewentiende eeu is in die
Suidelelike Nederlande en in baie ander dialekte reeds die
-n in die Man. Enk., sowel Nom. as Akk., gebruik. Maar
sowel vir die Nederlandse Algemeen Beskaafd as vir Afrikaans
is vir ons veral van belang die Provinsie Holland. Om \'n
insig te kry in die toestand wat daar toe geheers het, is dit
nie voldoende om af te gaan op die gegewens van Gram-
matikas soos die van Spieghel, van Heule en Moonen nie,
want die is dikwels misleidend. Van veel meer waarde is
\'n kritiese studie van die geskrifte wat in die sewentiende eeu
ontstaan het, waarby dit van groot diens kan wees om kennis
te neem van die voorskrifte wat die skrywers huileself opgelê
het, soos die van Hooft. Uit so \'n studie blyk, dat toè
reeds in die provinsie Holland die -n, nóg in die Nom., nóg
in die Akk., in die gesproke taal gebruik geword het (wellig
met uitsondering van enkele op sigself staande uitdrukkinge
soos:
den heer, den adel). By die skrywers het egter groot
verwarring ontstaan deur die skriftelike tradiesie en die
omgang met Suidnederlanders. Wat betref die gebruik van
die -e, het die toestand ongeveer ooreengekom met die wat
in die Middeleeue in die Suid-Nederlande bestaan het. Adjek-
tiewe wat op liquidae of nasales uitgaan, kon sonder -e

^J) Franck, Mnl. Grammatik, blss. 164-174; Stoett, Mnl. Syntaxis,
§§ 126-136.

\') De Vooys: De Invloed van de Renaissance-Spraakkunst in de
Zeventiende Eeuw
(N. Taalg. XII.); Idem: Uit de Jeugd van onze
Spraakkunst
(N. Taalg. XI.); Idem: Uit en over oude Spraakkunsten
(N. Taalg. XIV.)

\') L. ten Kate, Aenleidinge, Bylage 8.

-ocr page 70-

gebruik word. selfs voor Vroulike woorde [geen ander
vreacht: nu ist doncker nacht; daer gaet een edel spreuk;
schoon vrindin].
Maar ook in baie ander gevalle was n
ongeflekteerde vorm nog gebruiklik; selfs \'n ongeflekteerde en
•ngeflekteerde vorm naas mekaar was geen uitsondermg me
[myn waerde, lief Margriet; het nutte, voedsaam graan;
in \'t naare heylloos rijck; een deuchdrijck, wel gehooren,
bescheyde, wyse Vrou].
Voor Man. woorde word in die
Enkelvoud soms die onverboë en soms die verboë vorm
gebruik, sonder betekenisverskil
[ien groot Koninck; een
slecht Burger; ien goede Vaar; een goed vriendt; ien hiel
rijck, rijck Monsieur],
Onverboë kon ook voorkom: goe.
qua, snoo, doo, roo, bree, wree, vroe, fray, moy. Die gevoel
vir die vorm van die Adjektief was nie so sterk, dat dit
herhaal moes word as \'n twede Substantief \'n ander vorm
daarvan geëis het nie
[in een groot ongeluck en ongena;
langs \'t waterigh moras en poel; uit den schoot en hand;
door onderlingen vrêe en vrientschap.]^)

Genoeg om te laat sien, dat ook in Holland die gebruik
van die adjektiewiese vorme sedert die sewentiende eeu groot
veranderings ondergaan het, en dat dit toe gladnie so streng
gereglementeer was as in \'n teenswoordige Grammatika nie.

Met hierdie bontheid wat reeds in een streek bestaan het,
het aan die Kaap nog vermeng geword die bonthede van
ander streke. Ter vergelyking plaas ons daarnaas een ander
groep: die Platduitse. Daar kom in die middeleeue in die
sterk deklinasie nog \'n derde vorm by, op -er (N. S. Masc.
blinder). Die Akk. Sing. Masc. gaan op -en uit; die Fem. is
geflekteerd op ongeflekteerd
[blint of blinde]: ook hier het
ons stamme op -e en sonder -e. Die swak deklinasie het
blinde in die Nom. Sing. van alle geslagte ; die Akk S. Masc.
en Fem. is egter
blinden maar die Neutr. blinde ; die Meervd.
het
blinden vir alle geslagte, teenoor blinde in die sterk dekli-
nasie. Dog reeds in die middeleeue begin die proses wat die

») Van der Veen, Taaleigen, blss. 29-59.; Van Heiten, Vondel\'s
Taal
§§ 84-106; § 242.

-ocr page 71-

Akkusatiefsvorm van die sterk dekl. (Man. Enk.) in die
plek van die Nom. laat tree; op die oomblik word gesê:
Niklas weer en lütten, dummen Jung. In die sewentiende
eeu was die oorgang hard aan die gang. In ander gevalle
val die historiese -e soms weg. soms nie. Naas mekaar kom
teenswoordigvoor:
de gode Mann; de god\' Mann: de lütt
Deern.

Dus ook in Platduits grote verskeidenheid. ook daar telkens
nuwe groeperingel In Suid-Afrika het nog baie ander dialekte
ook verteenwoordigers gehad. Ook die Hoogduitse dialekte
kan invloed gehad het en die skryftaalvorme is gedurig
gehoor. Lê dit nie voor die hand dat die nuwe, kleine
gemeenskap ook binnen enkele geslagte in hierdie gaos orde
sou skep deur \'n nuwe groepering nie? Dit
het geskied en
die resultaat is \'n vereenvoudiging, wat noueliks as \'n defleksie
beskrywe kan word. Wel het die vorme op -n verlöre gegaan,
maar vir \'n deel het hulle oorgegaan in \'n fleksievorm op
-e. wat in die sewentiende eeu reeds in Holland, die streek
wat die meeste Afrikaanse stamouers gelewer en toongewend
gebly het. -) gebeur was; maar in Holland was die fleksielose
vorme. soos hierbo aangetoon. in die sewentiende eeu baie
meer verbreid as nou,
in Holland het die geflekteerde vorme

sedert die sewentiende eeu veld gewen. En bowendien gebruik

Afrikaans in baie gevalle \'n geHekteerde vorm waar Neder-
lands dit nie het nie, vgl. b.v.:
\'n goeie begin, ons nationale
gevoel,
ens. Met die Adjektief het in Suid-Afrika dus in
hoofsaak gebeur wat ook in die koloniale gebied in Duitsland
plaasgevind het; daar het in sommige gevalle die vorme
van die een dialek, in ander gevalle die van die ander dialek
die oorhand behou, dws. daar het \'n nuwe groepering
gekom. Maar wat in Suid-Afrika gebeur het beantwoord

Plattdeutsche
blss. 63-64.

,,\') A. Lasch: Afnrf. Grammatik,h\\ss. 203-^; H Grimme: Pi
Mundarten-G F Meyer: Unsere PlattdeutsdieMuttersprache, diss. oj-u^.
,, O Vgl. Bosman: Afrikaanse Taaltoestande tydens Jan van Riebeek
(N. Taalg. XVI).

\') Mededeling van Frl. Dr. Lasch te Hamburg.

-ocr page 72-

ook aan wat Bradley sê. as ons nie met Dr. BoshofF sim-
plification"
vir noodwendig identiek hou met "defleksie me:
"We see. therefore, that the simplification of the inflexional
machinery of a language is powerfully stimulated by the
absorption of large bodies of foreigners into the population
and by the mixture of different dialects."

Watter invloed kan die "large bodies of foreigners op
die fleksie van die Adjektief in Afrikaans gehad het? Dr.
Boshoff het tereg aangetoon.dat die geadapteerde vorm
van \'n aangeleerde taal nie
juis korter vorme hoef te vertoon
nie. Die kenmerkende verskynsel is veeleer dat dieuitgange
verwar word, d.w.s. dat nuwe analogieë gevorm word. Ons

wil hierby alleen opmerk, dat die vorming van nuwe analogies

in wese beteken, dat die vreemdelinge kategorieë vorm, wat
vir hulle altans eenvoudiger is, en dat deur hulle onvolmaakte
kennis van die aangeleerde
taal die aantal kategorieë tog ook
kleiner sal wees.
Ons hoef vir bevestiging van hierdie stelling
van Dr. Boshoff nie uitsluitend af te gaan op wat \'n mens
gedurig kan opmerk by mense wat \'n vreemde taal leer
praat nie. want vir Afrikaans self bestaan daar gegewens.
Bekend is hoe Duitsers en Franse die uitgange (veral van
die werkwoorde) verwar het en dat die Hottentotte veral \'n
voorliefde gekoester het vir die uitgang
urn (< a n. a) en
dus vorme soos
siekum gemaak het. Maar ook van die taal
van die Negerslawe kan ons ons in dié opsig \'n taamlik
goeie idee vorm. Dis aan haas iedere Afrikaner bekend, dat
\'n rou Kaffer gedurig sinne maak soos:
Ekke hette vir jou
gesê, jy moete nie so make nie.
En nou skrywe Prof. Hes-
seling met betrekking tot die negers in Amerika en op die
West-Indië: ..Het Kreools door negers gesproken toont
neiging om de woorden te doen eindigen op klinkers, in
overeenstemming met de aard van vele Bantu-talen en van

O Gesiteer deur Boshoff, Volk cn Taal, bis. 79.

\') Volk en Taal, blss. 78-81.

») Vgl. Hesseling, Het Afrikaansch, bis. 13.

-ocr page 73-

de talen der negers aan de Goudkust, die geen eigenlike
medeklinkers als slotklank dulden. Het sterkst vertoont zich
dit verschijnsel in het Negerengels van Suriname". Vandaar
vorme soos
grooto vir groot Ons moet dus aanneem, dat
ook die negerslawe in die sewentiende en die begin van die
agtiende eeu aan die Kaap iets soortgelyks gedoen het, al
het hulle ook \'n mondjie vol Portugees geken. Oor hoe die
Maleise stamouders hulle ten opsigte van die fleksievorme
gedra het, het ons geen gegewens nie, maar dis ook nie
nodig nie. Die vorm wat Algemeen Afrikaans tenslotte
aangeneem het, wys ten duidelikste uit,
dat geen van al die
geadapteerde vorme daarin bestendig geword het nie.
Die
stelling van Dr. BoshofF geld dan ook alleen vir die eerste
stadium, dws. vir diegene wat as totale vreemdelinge Hol-
lands geleer het. Die latere ontwikkeling toon aan, dat hulle
nakomelinge nie dieselfde taal as hulle ouers en voorouers
gepraat het nie, maar die onnederlandse vorme mettertyd
deur ander vervang het. Daar moet dus \'n tyd gewees het,
dat die opgroeiende geslag, naas die verskillende dialektiese
en min of meer beskaafde vorme, \'n groot getal brabbelvorme
uit die mond van verskillende klasse vreemdelinge gehoor
het. Diè brabbelvorme het — vir so ver hulle merkbaar
onnederlands was — nie sterk genoeg gewees om in Algemeen
Afrikaans opgeneem te word nie, maar hulle moet tog bygedra
het tot die algemene verwarring, en dit gaan nie om die kin-
ders van die vreemdelinge alle aandeel aan die nuwe groepering
te ontsê nie. En die aard van die nuwe groepering, d.i. dat
^ie sintaktiese verskille wat met geen betekenis-verskil gepaard
gegaan het nie, verlore geraak het en die klassifisering voortaan
hepaal geword het deur wat vir die spraakorgane die maklikste
was om uit te spreek, wys m.i. juis daarop dat die vreem-
delinge daar \'n groot aandeel aan gehad het, ook al neem
n geleidelike toenadering van die verskillende taalgroepe
tot mekaar aan. Om te bepaal watter groep vreemdehnge die

\') Vgl. Hesseling, Het Neserhollands der Deense Antillen, bis. 74.

-ocr page 74-

grootste aandeel gehad het. daarvoor het ons geen voldoende
gegewens
nie en vas staan, dat die Nederlanders gesamenthk
altyd die toongewende groep gewees het teenoor die vreem-
delinge. soos blyk uit die feit dat alles wat opvallend onneder-
lands was. stelselmatig uit die algemene taal geweer is en
maar in kleine ressies in die taal van die groepe vreemdelmge
self bly bestaan het.
Maar juis by dié veranderinge wat
\'n vereenvoudiging beteken het. waartoe ook behoort die
sameval van
de, die en het tot die, van deze, dit en hietdte
tot hierdie, en van die Betrekl. Vnwde die, wie, dat, wat
tot wat, moet hulle \'n belangrike rol gespeel het.

In die geval van agtergeplaaste en predikatief gebruikte
Adje het die latere vereenvoudiging in Afrikaans en Ndl.
in dieselfde rigting gegaan, dws. in albei tale het die onge-
flekteerde vorm bly voortbestaan, waar vroeër sowel die
geflekteerde as die ongeflekteerde moontlik was.

Substantief Partisiepium.

80. Die Deelwoorde kan op presies dieselfde manier as
die Adjektiewe verbind word met \'n Substantief. Voor-
plaatsing van die Deelwoord is die reël, maar ook hier kom
agterplaatsing in die literêre taal voor in dieselfde gevalle
as by die Adjektief. Ook van die Deelwoord word die vorm
al naar agter- of voorplaatsing onderskei.

81. Die Teenwoordige Deelwoord gaan by voorplaatsing
op -de of -fe uit. by agterplaatsing op \'n f-klank (geskrewe
d of t), soos kan blyk uit die volgende voorbeelde:

Voorplaatsing: \'n sukkelende ou span, \'n werkende lid,
\'n oplettende leerling, \'n bykomende omstandigheid.

Agterplaatsing: Onderwyl die maanhaar en sy wyfie hul-
self lui uitstrek en omrol in die sand, gapend en kreunend
van weelde en genot
(Oerwoud, bis. 75).

\'n Gebed eenvoudig en waar, maar \'n gebed van gebroke

taal, meer woorde los samehangend, sonder sinbou of bewuste

skikking (Vergeet Nie, bis. 47).

-ocr page 75-

Sy hoor nie die droomwekkende musiek van duisende en
duisende paddatjies nie, heengalmend in die duister nag
(Vergeet Nie, bis. 107).

En sy kyk hom aan met groot ernstig en smekend
(Vergeet Nie. bis. 109).

En nog gaan dit vorentoe, die stil stoet van Boerruiters,
geduldig volgend die een ry agter die ander, of dit nou
eenmaal so moet wees
(Vergeet Nie, bis. 135).

82. Die Verlede Deelwoord van Werkwoorde wat oor-
spronkelik sterk was. kan in die swak of sterk vorm of in
albei voorkom, Die verskil is egter alleen in sover \'n sin-
taktiese, as die sterk vorm — met uitsondering van \'n paar
geykte gevalle — nooit gebruik word om \'n tydvorm van \'n
werkwoord te help vorm nie. In adjektiewiese funksie berus
die verskillende gebruik van die twee vorme enkel op onder-
skeid van betekenis of op stilistiese eise. Die sterk vorm het
naamlik in \'n taamlik groot aantal geykte uitdrukkings bewaar
gebly en kom daar gewoonlik in \'n oordragtelike betekenis
voor, terwyl die swak vorm in die letterlike betekenis gebruik
word. So ontstaan doeblette soos: \'n
omgeklinkte spyker
en \'n beklonke saak: gebreekte mielies en \'n gebroke taal\',
en word uitdrukkings bewaar soos: \'n opgeskote meisie, \'n
geslote boek, \'n halfwas kalf
Daarby kom, dat die literatuur-
en deftige taal veel meer Verlede Deelwoorde gebruik as
die daaglikse spreektaal, en dan onder Nederlandse invloed
die voorkeur gee aan die sterk vorm, b.v.
die gegewe yoor-
^eelde, die ingenome standpunt.^) Die sterk vorm vertoon
geen verskil by voor- of by agterplaatsing nie. Daarenteen
differensiëer die swak vorm wèl. By voorplaatsing gaan dit,
net soos die Teenwoordige Deelwoord, uit op -Je of
-te; by
Agterplaatsing kry die stam geen toevoegsel nie of enkel \'n
f-klank: die uitgangslose vorme is naamlik reël by stamme
\'^at op \'n skerp konsonant uitgaan maar kom ook heel veel
^oor in ander gevalle. Vergelyk:

./) Malherbe, i4/r. Taalboek, blss, 76-78: Boshoff, Volk cn Taal,
Dlss. 294-5.

-ocr page 76-

Die osse, verseker ...van die mag van hulle beskermers

(Oerwoud, bis. 30).

Nog \'n skoot val deur.. die maanhaar uitgelok (Oerwoud,

bis. 31).

Rustige Karodorp, dromend in selftevredenheid en wyd
omwoon deur slapende koprande
(Vergeet Nie, bis. 5).

Vreedsame Steenburg, langsaam opgegroei in jou klein
kring van sukkeUwerksaamheid
(Vergeet Nie, bis. 5).

\'n Goewernementskool aan die Dal, deur die regering op
die £ vir £ stelsel tot op sekere hoogte ondersteund en soms
geinspekteerd
fS. J. du Toit, bis. 5).

Want Oom Willem, hoewel innerlik opgewonde, is \'n

man____(Vergeet Nie, bis. 26).

Die korrespondensie week op week ontvang en beantwoord,
was altyd die groot gebeurtenis
(Vergeet Nie, bis. 47).
En die les vroeër geleer, sou hy vandag nie veronagsaam

nie (Vergeet Nie, bis. 93).

Die name aan wild gegee is ewe toepaslik (E. Skry-
wers, bis. 77).

83. Agterplaatsing van die Deelwd. in sinne soos: Hy is
\'n leidsman gebore,
(Getrou bis. 78) kom alleen voor by
skrywers wat baie sterk onder Engelse invloed staan.

Opm. by §§ 82-83. Deur \'n gewaande verafriitaansing of
onbekendheid met die literêre gebruik, kom by die skrywer
Leon Maré wanvorme soos die volgende voor:
die oorgeblyfde
stukkie
(Malkop, bis. 22); \'n opgeheefde saftc/(Malkop, bis. 43);
met verslaagde oé\' (Malkop, bis. 53); in\'n verre afwyktelandi?)
(Malkop, bis. 133).

Pronomen Adjektief of Partisiepium.

84. Voorplaatsing van die Adjektief is nie moontlik nie.
Agterplaatsing kan by die Pronomen onder dieselfde omstan-
dighede voorkom as by die Substantief, en dan kom die ver-
binding ook origens ooreen met die van \'n Substantief met
\'n Adjektief. In die reël word die Adjektief of Pronomen
egter deur middel van \'n Bysin met \'n Pronomen verbinde,
soos in:
Ja, ek, wat nooit van siekte afwis, het plotseling

-ocr page 77-

geheelenal my gesondheid verloor (Getrou, bis. 188), waarnaas;
Ja. ek, nog altyd onkundig van siekte, het toe plotseling..
verloor,
boeketaal is.

(3) Substantief -j- ou,

85. Daar bestaan in Afrikaans twee woorde ou. Die eerste
is \'n Adjektief wat dieselfde betekenis het as Ndl.
oud. Die
verbindinge van hierdie woord met Substantiewe kom ooreen
met die van alle andere Adjektiewe en Substantiewe; by
samestelling val die aksent op ou, b.v.
die oükêrel, oümense,
ens. Hierdie woord verdien dus geen besondere aandag nie.
Die twede is \'n gevoelswoord, wat toegenegenheid, minagting,
kameraderie ens. kan uitdruk. Die verbindinge van hierdie
woord met \'n Subst. vorm \'n besonder tiepe. Die aksent van
OU is ondergeskik aan die van die Subst., tensy daar spesiale
nadruk op val. Adj. en Subst, vorm saam \'n noue eenheid,
maar ou word nie van sy Subst. geskei soos die ander adjek-
tiewiese woorde wat daar so \'n eenheid mee vorm nie.
Inteendeel, wanneer
ou en nog \'n Adj. voor \'n Subst. staan
moet ou byna altyd sy plek tussen die ander Adj. en die
Subst. inneem, m.a.w. daar bestaan \'n sterke adhesie tussen
OU en sy Subst. Vgl.:
met die eenvoudigste ou gewassies
(Ons Weg, bis. 110); ik sou lag kry vir die nietige ou mensies
(Ons Weg. bis. 108).

86. Die twee betekenisse kan in mekaar vloei. As Leipoldt
praat van die
ou meul en die ou wiel (Oom Gert Vertel,
bis. 37), dink hy aan hulle ouderdom, maar laat hy tewens
n gevoel van intimiteit uitkom; praat hy egter in dieselfde
gedig van die ou
popliere, dan tree die gevoelswaarde van
die woord heeltemal op die voorgrond en hoef \'n mens
gladnie eens aan hulle ouderdom te dink nie.

87. As die ander Adjektief tussen ou en die Substantief
staan, dan het dit \'n sterk neiging om \'n nouer eenheid met
die Subst. te vorpi. So sou in die volgende sitate:
toe dan,
^y liewe ou goeie oompie
(Malkop, bis. 22): son klein huis-

-ocr page 78-

aptekie knap ons ou vaal burger net gou-gou weer op

(Malkop, bis. 24); die ou wit huisies en boompies en kraaltjies

en wingerdjies lyk soos die popgoedjies van kinders (Ons
Weg. bis. 107) \'n beter
skryfwyse wees: goeie-oompie. vaal-
burger, witMsies.
As so \'n nouer eenheid nie bedoeld is
nie. kan
ou herhaal word na die Adjektief. Dus: myou goeie
OU oompie ens. Vgl.: Tingerige ou papperige ou nare ou
dingetjie. maar daarom \'n plesier om hier in die huis te he
(Ons Weg. bis. 30). Waar twee Adjektiewe tussen die
Subst. en ou staan, vorm die laaste \'n nouer eenheid met
die Subst.. b.v. in:
met hulle ou tere jonge blaartjies, waar
jonge-blaartjies so \'n nouer eenheid is.

Opm. by §§ 85-87. Ou as gevoelswoord word deur Dr. Boshoff\')
uit die Noordliollandse volkstaal afgelei. Net soos
lütt het
old egter dieselfde gebruik in Platduits. Vgl.: min olgod\'Jung;
do mell sik dat ol lütt Hart; Bast \'n oln goden Hund;Busten
ol Gos!; Ik hadd wedder so \'n oln snakschen Drom."^)
Ook in
Engels kan
old al die gevoelsnuanses weergee wat die woord
in Afrikaans het. Vgl.:
Gode olde fyghtyng was there (1590);
the lawyers in the House have had what.... we may be allowed
to call a high old time
(Westm. Gaz. 1898); in die daaglikse omgang
is seer gebruiklik uitdrukkinge soos:
old boy, old chap, old
follow, old man, good old Scotland, a good old spree,
en min-
agtend word b.v. gebruik:
old bloke.\') Hierdie gebruik van die
woord is dus algemeen Saksies-Fries en het ook in Algemeen
Nederlands deurgedring. In Algemeen Nederlands is uitdruk-
kinge, soos:
Mensch, wat kreeg ik een oud pak; ik heb een
ouwen hekel aan dat ongezellig zitten in een cirkel
tans ver-
ouderd, maar
oude jongen ens. kom nog in die gemeensame
taal voor. Die enigste wat tiepies Noordhollands is, is die
vorm
oud (met -d) as Selfst. Nwd. gebruik en dit is nie
Afrikaans nie.")

88. In \'n uitroep soos groot man/(veral teenoor kinders)
word die Adjektief, hoewel draer van die aksent, op dieselfde
manier deur die Substantief geattraheer. Dieselfde attraksie

1) Volk en Taal, bis. 258.

*) Meyer, Unsere Plattdeutsche Mutterspache, blss. 75-6.

>) Murray, A New English Dictionary VII, blss. 96-99.
1)
Ndl. Wdb. XI, 1522-46.

-ocr page 79-

bestaan in party uitdrukkinge met lief. Vgl.: Ag, die liewe
geldjies tog
(Pers). Vir Engels meld Sweet dat „very fre-
quent collocations such as
old man, young man (= youth)
have become so fixed that na other adjective, even if more
special in meaning, is allowed to come between the two
words: a
conceited young man." In Afrikaans word in sulke
gevalle samestellinge gevorm. Vgl.:
julle wakker jongkerels.
Ook in Nederlands word sulke verbindinge tot samestellinge,
dog as twee woorde kan op gevat word:
jong mens, jonge heer,
jonge dochter, jonge juffrouw
met aksent op die Adjektief.

Leungroep: Substantief (of Pronomen) -f- Adjektief
89. In sinne soos: sy het \'n nuwe hoed, \'n vale; daar
^as twee lemoene, \'n grote en \'n kleintjie
vorm hoed -f-
vale en lemoene -f \'n grote \'n woordgroep, waarin die ver-
binding van die Subst. en die Adjektief losser is asbevoor-
heeld in:
\'n arme student of bande, sterk en heg. Die lede
van die verbinding het dan ook ieder \'n eie aksent en die
Lidwoord word voor die Adj. herhaal. Verder is op te merk,
dat alleen agterplaatsing van die Adjektief moontlik is en
dat die Lidwoord by albei lede kan ontbreek as die Subst.
meervoudig is, soos in:
hy het baie bewonderaars, vurige
en halfslagtige. Die losse geaardheid van die verbinding
blyk daaruit, dat in die tevore behandelde groepe die Ad-
jektief direk saamgegaan het met die Substantief, maar dat
dit in hierdie geval \'n pregnante betekenis kry, wat sowel
die inhoud (of \'n deel van die inhoud, soos in die twede
Voorbeeld) van die Substantief as sy eie verteenwoordig.
Tussen sulke Adjektiewe en Substantiewe is dan ook geen
skerp grens te trek nie. Die gevoel, dat ons hier geheel
Substantiewies gebruikte Adjektiewe het, word dan ook alleen
^^ëgewerk deur die proksimiteit van die Substantief. Maar tog
\'s hierdie teenwerking nie baie sterk nie, want ook in vorm

New English Grammar II, § 1790.

-ocr page 80-

gaan die Adjektiewe hier dikwels oor tot Substantiewe. In
die twede voorbeeld hierbo staan \'n
kleintjie. met verklemmgs-
uitgang, b.v. volkome parallel met \'n
grote. Verder kan by
die Enkelvoud
een of ene en by die Meervoud die uitgang -s
toegevoeg word. Vergelyk:
hy het twee hoede, n swarte
en \'n gryse
naas hy het my twee hoede gewys. die eerste
een te groot en die twede een te klein;
en vir die Meervoud:
alle Afrikaners. Engels- sowel as Hollandssprekende(s)
waar die -s fakultatief is. en (na Telwoorde en die): hy het
drie hoede, een
vale en twee swartes; hy neem al die lemoene.
die grootes en die kleintjes,
waar die -s noodsaakhk is.
By name soos
Karei die Grote. Hendrik die Vierde ens. is
die verbinding daarenteen samegesmelt tot \'n enge eenheid,
waarin die Adjektief ondergeskikte aksent het.

90. Geskiedkundig. In die Nederlandse omgangstaal het
die Adjektief in sulke gevalle dieselfde vorm as in Afrikaans;
in die Nederlandse skryftaal word dit net so verbuig as
wanneer dit voor die Substantief staan, behalwe dat dit nooit
sonder -e voorkom nie. Die skryftaal kom ooreen met die
ouer vorme van die taal. vermoedelik ook wat betref die
onmoontlikheid van \'n vorm sonder -e, hoewel Dr. Stoett
daar geen melding van maak nie.

91. Die toegevoegde een (ene) is beskrywe geword as \'n
stut (Eng. prop-word) van die Adjektief. In essensie beteken
dit dat die verbinding anders so los is, dat die samegaan van die
Adjektief met die voorafgaande Subst. nie sterk genoeg gevoel
word nie. Daar \'n Adj. nie sonder \'n Subst. kan voorkom
nie, word dus óf die Adj. self as Subst. gevoel óf word
daar \'n substantiewiese woord aan toegevoeg, waarvoor
een
(ene)
kan diens doen, sonder om \'n hinderlike herhaUng te
veroorsaak. Hierdie gebruik van
een kom voor in Mnl.. in
later tyd (die Bybel, Bredero ens.). in Fries, Stadfries, Engels
en Middelengels en is dus goed beskrywe as \'n
Anglo-Friese

O Stoett, Mnl. Syntaxis, § 129.

-ocr page 81-

eienaardigheid. In Afrikaans is die gebruik van een as
stut egter beperk. Dit kom veral voor na rangtelwoordeen
ander aanwysende woorde en na die vergrotende of oor-
treffende trap. In:
jy lyk \'n mooi ene (een) beteken ene
of een \'iemand\', en het ons dus \'n ander geval. Alleen as
Anglisisme kom uitdrukkinge voor soos:
hy het twee koeie,
\'n rooie en \'n swartbont ene.

Substantief Adjektief (of Partisiepium) met Werbum as
bindwoord.

92. \'n Adjektief kan ook deur middel van \'n Werkwoord
met \'n Subst. verbind worde. Daar die Adj. dan tewens óf
dien om die begrip van die Ww. te
vul (vgl. d/e man is goecfj
óf as bepaling van die Ww. (b.v.
sidderend herhaal sydit;
hy het gesond aangekom),
kan ons hierdie manier van ver-
binde beste onder die Ww. behandel.

Opm. Sütterlin, wat aan die Adjektief in hierdie verbinding
die naam
Aussagebeifügung gee, beskrywe dit as „sozusagen
eine Nebenaussage zu der Subjekts- (oder Objekts-) und zu
der Verbalvorstellung zugleich" en meld van sy betekenis: „Sie
bezeichnet dann meist auch keine dauernde Eigenschaft des
Trägers dieses Hauptwortbegriffes, sondern nur eine
vorübergehende Erseheinung, welche an die in dem
Zeitwort angegebene Tätigkeit geknüpft ist."\') Die
„praedieative
attribut"
van H PauP) hoef nie deur \'n Ww. met die Subst.
verbind te word nie, maar is iets tussenin tussen die psigolo-
giese Subjek en die psigologiese Predikaat. „Dieses charakteri-
siert sich dadurch, dass die eigenschaft nicht als schon dem
subst. anhaftend gedacht, sondern ihm erst in dem augenblicke
wo man den satz ausspricht, beigelegt wird. Wegen seiner
grösseren
Selbständigkeit kann es von dem zugehörigen subst.
getrennt werden." ^

,, Sweet: New English Grammar I, bis. 87; II, bis. 66;C. de V.:
verwarring van klank en teken in het „ Wdb. der Ndl. Taal" (N. Taalg. A.;
\') Deutsche Sprache der Gegenwart, bis. 366.
Mfid. Grammatik, blss. 96-7.
Vgl. ook Paul,
Prinzipien, blss. 142-3.

-ocr page 82-

B. Substantief Adwerbium.

Van die verbindinge van Subst? met Bywoorde bestaan

daar drie vormtiepes:

93. (1) Die Bywoord staan agter die Subst. en wel met ot
sonder bindwoord. Tensy die
betekenis\'n spesiale nadruk op
een van beide woorde eis, is die aksent gelykmatig. Die
Bywoorde wat in hierdie verbinding voorkom dui tyd ot

plaas aan. anx

Plaas: Is Jan daar jouw seunl (Grootvader, bis, 3U.)

Wie? Hl/ daatl (Grootvader, bis. 30.)
Op
die bank links (A, B. C„ bis. 32.)
\'n Jakhals skree in \'n randjie naby. en \'n tier brul
\'n entjie verder
(Getrou, bis. 174.)
Die bewerings daarin is bekend als onwaar (Boer-
vrouw, bis. 29,)

Hy ken die wereld hierlangs gladnie (Duimpie I,
bis. 11.)

In sommige gevalle kan die bindwoord van gebruik word,
soos in:
Die man van daar: die gewoonte van hier: die
blommetjes van daaronder(kant).

Tyd: Die gebeurtenis gister;

Die onenigheid toe.

Hier is dit egter veel gebruikliker om die bindwoord te
besig:
Die rusie van onlangs: die opgewondenheid van toe;
die maghebbers van gister; die grootpraters van vandag en
die lafaards van
more.

94. Geskiedkundig. Hierdie verbinding is baie verbreid
in Germaanse tale. Dit het ontstaan uit die deiktiese gebruik
van die Bywoorde, wat nog voorkom, en gekenmerk word
deur die langsamer tempo waarmee die verbinding uitgespreek
word:
die vasie / daar; die bordjie / onder; die gesprek/
gister.
Hier is die verbinding nog baie losser.

Hoewel alleen hierdie volgorde van die woorde teens-
woordig gebruiklik is, is dit tog ook moontlik om eers die

-ocr page 83-

aanwysing te doen en dan die Selfst. Nwd. te laat volg, en
uit hierdie laaste volgorde het die samesmelting van
daar
en hier met die Lidwd. (Aanw. Vnwd.) tot daardie, hierdie
ontstaan. Dit kom dan ook nog voor in die taal van Neder-
landse kinders. Ook Schiller gebruik sinne soos:
Dort der
Holunderstrauch verbirgt mich ihm: Hier der Feldmarschall
weiss um meinen Willen; Da der Slawata und der
Martinitz... die und Ihresgleichen lasst den Krieg bezahlen.
Maar reeds Huygens het geskrywe: Sie je daer die Mon-
seur wel kuy\'re
(Trijntje Cornehs. vs. 1426) en ook in Neger-
hollands kom
da die voor.

95. (2) Die Bywoord kan voor of agter die Subst. staan,,
of as daar meer as een Bywoord is wat mekaar versterk,
kan hulle gedeeltelik agter en gedeeltelik voor die Subst. staan.
Die neiging is om die aksent van die Bywd. ondergeskik te
maak aan die van die Subst. Die verbinding word gebruik
om die inhoud van \'n bepaalde Subst. te isoleer en soms
daarby te negeer. Vbb.:

Selfs hy het gekom;
Die Afrikaners veral:
En nog die kinders ook:

Al ken hy maar net Engels alleen (E. Skywers, bis. 90).

Aandag verdien, dat die woorde deur hierdie verbinding
dikwels \'n pregnante betekenis kry. So beteken
\'dit was nie
hy nie
nie alleen wat iedere woord op sigself inhou nie,
maar daarby nog \'maar wel iemand anders\'. By
Die Afrikaners
veral,
verstaan ons \'maar ook ander mense\'. Daarenteen is,
efc
ook het hom lief (Misdade, bis. 224), tw. \'sowel as hy
\'n Anglisisme. In Afrikaans beteken
ek ook, \'ek sowel
as ander mense\'.

O Gesiteer deur Sütterlin, Deu. Spradte der G., bis. 334.
O Gesiteer deur Wunderlich,
Unsere Umgangspradie, bis. 178.
\') Vgl. Hesseling,
Het Negerhollands, bis. 100.

Het Afrikaansdi, blss. 139-40.

-ocr page 84-

96. (3) Die Bywoord staan soms voor. soms agter. die
Substantief, \'n Bindwoord is enkel moontlik waar die Bywd.
die Subst. deur middel van \'n werkwoord beheers. In hierdie
verbinding bepaal die Bywoord die adjektiewiese inhoud
van die Substantief. Hier bestaan die neiging om die aksent
op die Bywoord te laat val.

Hy is heeltemaal man, een-en-al ore;

Ons is ook maar sondaars;

Hy is psigoloog genoeg om dit te weet. ^

Oom bv §§ 93-96. In toe oë, \'n oop deur, \'n regud kerel
en^ let to!, oop, reguit ens. in Afrikaans beskou word as

^ WeSe geld van nou in nou Vrydag, Maandag ens uit-
drukkinge wat waarskynlik ontstaan het uit die teenstellende
gebruik met
ander Vrydag ens. Dan het nou onder invloed van
die tydsbegrip wat volg, die plek van
hierdie, afstandsaanduidend,
geusurpeer. Dieselfde konstruksie kom in Nederlands voor

Ook in die behandelde gevalle het die Adwerbium \'n adjek-
tiewiese funksie, maar daar dit nie deur\'n Lidwoord vooraf-
gegaan kan word nie, lyk dit wensliker om hier die histonese
benaming van die betrokke woorde te behou. Daarby kom dat
in verbindinge van tiepe (3) die Adwerbium die hoedanigheid
wat die Substantief uitdruk, dus die adjektiewiese inhoud van
die Subst., bepaal. In
sy toe oë, \'n oop deur, die reguit kérel ens.
gee die moontlikheid om \'n Lidwoord of Besitlike Vnwd. voor
die verbinding te gebruik \'n duideliker adjektiewiese karakter
aan die bepaling. In die Nederlandse literatuurtaal kry dit
boonop nog \'n buigingsuitgang:
de nabije zon. Om die duidelike
parellellisme met \'hierdie\' en \'ander\' noem ons viou ook \'n
Adjektief in die bowestaande geval.

C. Substantief Substantief

97. Die verbinding van \'n Subst. met \'n Subst. kan op
\'n groot aantal maniere tot stand kom en die mees verskillende

-ocr page 85-

verhoudinge uitdruk. Opmerklik is die voortdurende ver-
skuiwinge in die vorm waarin die verhoudinge uitgedruk
kan word, en dat dieselfde verhouding dikwels gelyktydig
op meer as een manier kan weergegee word. Ons voeg dus
by die onderstaande groepering naar die vorm, telkens die
ander maniere waarop dieselfde verhouding tot uiting kan kom.

98. (1) Leungroep. Die losste verbinding ontstaan deurdat
twee Substantiewe, ieder met \'n eie aksent en met \'n pouse
daartussen, op mekaar volg, natuurlik sonder dat die groep
waarvan hulle toevallig die kern mag wees daardeur versteur
word. Die agtergeplaaste Substantief (-groep) kan tweërlei
diens bewys :

99. a) Dit kan \'n eienskap of eienaardigheid van die
inhoud van die eerste Subst. agteraf vermeld, soos in:

Dr. Piet Marais, geneesheer op die dorp en verloofde
van Bettie
(Vergeet Nie, bis. 22).

Annette \'n meisie van omtrent agtien (Getrou, bis. 2);

Regter, die waghond (Misdade, bis. 49).

100. Tot hierdie klas het oorspronklik baie famiehename
behoort maar hulle het almal oorgegaan tot die tiepe met
eenheidsaksent op die laaste woord; en gepaard daarmee het
die^verskynsel gegaan, dat die voornaam nou as die bepalende
woord gevoel kan word en die \'van\' as die bepaalde. Die
oorsponklike opvatting blyk nog duidelik uit name soos:

Jan de Smid. Piet Mulder, Dirk Schoeman.

101. Dieselfde verhouding kan deur die bindwoord as
uitgedruk word. Vgl.: In 1834 sien ons die vrouw vanJ.J.
^ys, met haar man en ander kommissielede, als die enigste
vrouw waag om die vreemde wildernis in te gaan
(Boervrouw,
bis. 72.)

102. b) Die twede Substantief kan \'n korrektiewe nage-
dagte weergee. Gewoonlik beperk die twede Subst. die
hegrip van die eerste; die twee begrippe kan in \'n oorsaak-
like verhouding staan of by mekaar behoort wat ruimte of
tyd betref. Voorbedde is:

-ocr page 86-

En toe ontspoor die trein, die lokomotief.
Dit is helder dag ^ die oggend van \'n nuwe dag
(Mis-
dade, bis. 3).

103. Ook met bindwoord kom die verbinding voor, b.v.
in:
Manne, meestal re belle, wat vir die grootste deel
met geen vooruitsig nie die wisselvallige oorlogswerk of hul
geneem het
(Vergeet Nie. bis. 69).

104. Die volgende sin is \'n letterlike vertaling van \'n
konstruksie wat in Engels usueel geword het:
Daar agter
die berge is haar tehuis — helaas, haar tehuis nie meer nie

(Misdade bis. 26).

105. Baie dikwels staan \'n Werkwoord of \'n deel van \'n
samegestelde Ww. egter tussen die twee Selfst. Naamwoorde:

Maak my assemblief toe, my voete.
Ons dak is beskadig, die voorste gedeelte.

106. In : die botter kos twee sielings die pond: die kissies
kos \'n sikspens die stuk,
ens.. is die tempo versnel, sodat die
maat plus die prys nou opgevat word as \'n bepaling van
die Werkwoord en die maat as \'n bepaling van den prys.

107. Dieselfde verhouding kan ook by die tussengevoegde
Werkwoord deur middel van \'n Voorsetsel uitgedruk word:
Ons huis is beskadig aan die voorste gedeelte: dit kos twee
sieling vir \'n pond, \'n sikspens per stuk
ens. As die eerste
Subst. reeds deur \'n Voorsetsel beheers word. word dit voor
die twede herhaal:
Hy was argitek van die skool, van die
nuwe gebou.

108. Konstruksies van hierdie aard het \'n uitgebreide
lewe in iedere omgangstaal, waar sulke korreksies uiteraard
dikwels voorkom. In die literatuurtaal, waar die uitdrukkingswyse
vooraf oorweeg word. is die skrywers gewoonlik meer terug-
houdend teenoor sulke konstruksies, dog van tyd tot tyd
dring hulle ook daar deur.^) Dit verdien aanbeveling om die
pouse deur \'n komma aan te dui.

O Vir \'n uitvoerige behandeling van hierdie konstruksie sie Blümel,
Verbindung von Ganzem und Teil (Idg. Forschungen, XXXIV).

-ocr page 87-

109. (2) Gelykmatige aksent maar met \'n sneller tempo
as by die vorige soort groepe het die twee substantiewe in
die volgende gevalle:

110. a) Die eerste Subst. gee \'n voorwerp aan en die
twede wat daardeur gemeet moet word:
\'n mandjie appels;
\'n bottel mélk; \'n stükvat wyn.
Met hierdie aksentuasie word
albei woorde in hulle volle betekenis gevoel. Gewoonlik kry
sulke verbindinge egter eenheidsaksent met klemtoon op
die laatste woord:
\'n mandjie appels, \'n bottel mélk, \'n
stükvat wyn.
Dan is die betekenis van die eerste woord
verswak, sodat dit nie \'n voorwerp aangee nie, maar enkel
die maat.

111. Dieselfde verhouding kan deur middel van die bind-
woord
met uitgedruk word: \'n mandjie met appels, \'n bottel
met melk, \'n stukvat met wyn.

112. Geskiedkundig. Oorspronklik het die hoeveelheids-
woord \'n Genitief beheers. Daarvan is nog oorblyfsels te
sien in verbindinge met
wat, iets, niks (niets), weinig en in
die uitdrukkinge
vol soeten wyns en mans genoeg (Vgl. § §
139-40). Ook
veels geluk het ontstaan uit veel geluks. Niks.
weinig, genoeg
en veel (baie) word teenswoordig as Adjek-
tiewe gevoel. Vgl.:
niks suiker, weinig troos, mense genoeg,
genoeg praatjies, veel (baie) gevalle,
ens. Vol het verbleek
tot \'n bindwoord wat ongeveer dieselfde funksie het as
met.
Vgl.: \'n mandjie vol appels, \'n stukvat vol wyn, ens. Daar-
naas bestaan dit as Adjektief:
met volle teue drink, ens.

113. b) Die eerste Subst. is \'n pleknaam wat die twede
beheers:
Rosebank Tentoonstelling: Bloemfontein Kongres:
Ceres Skoolraad.
Hierdie konstruksie word nog gevoel as \'n
indringer in Afrikaans. Veral via die Engelse telegramme het
dit as letterlike vertaling \'n posiesie verower, aanvanklik in die
Hooghollandse koerante, maar ook in koerante wat in Afrikaans
geskrywe word kom dit veelvuldig voor. Hierdie geskiedenis
bring mee, dat die aksent enigsins onseker is. As \'n bepaalde
verbinding vir die eerste keer gebruik word het die twee

-ocr page 88-

woorde gelyke aksent, maar by mondelikse gebruik - wat
tot nog toe maar selde voorkom - is die neiging om daarvan
\'n samestelling met eenheidsaksent te maak. Soortgelyke same-
stellinge kom in Nederlands ook voor, nie alleen by plek-
name op -er soos in
Deventev-koek waar die pleknaam as
Adj. gevoel word nie. maar ook in taal wat onder vreemde
invloede staan. Vgl.
Gouda-kaarsen, Sahang-haven. Maar
gelet op hulle geringe getal en die feit dat hulle in die gewone
Afrikaanse spreektaal onbekend is. kan \'n mens hier gerus van
Anglisismes praat. Die egte Afrikaanse manier van verbinding
in sulke gevalle is:
pleknaam seSubst.. (dus: Rosehank
se tentoonstelling)
of die Adj. op -se Subst.. (dus: die
Rosebankse tentoonstelling).
In die geval van eiename waarin
reeds
die voorkom, is die enigste onderskeiding wat dan
tussen die twee tiepes oorbly. dat daar in die eerste geval \'n
pouse is tussen die eienaam en se (b.v.
die Pêrel se boete),
en in die twede geval nie (b.v. die Pêvelse boere), wat dan ook
dikwels aanleiding gee tot n verkeerde skryfwyse, sodat \'n
mens b.v. lees:
Pretoriase mense i.p.v. Pretoria se mense of
die Pretoriase mense.

Sporadies kan \'n mens ander soortgelyke indringers uit
Engels in Afrikaanse geskrifte teëkom. Vgl.:
Als krijgs-
gevangene in die 1899-1902 oorlog
(E. Skrywers, bis. H6);
van die sendeling kant (Boervrouw, bis. 15).

114. c) Twee Substantiewe. waarvan die een \'n algemene cn
die ander \'n besondere naam is. dien gesamentlik as geograficsc
naam:
die distrik Swellendam; die rivier, die Nyl; die land
Gosen.
Ook hier bestaan sterke neiging om eenheidsaksent
te vorm. In die naam
Kaap die Goede Hoop (< Ndl.
Kaap de Goede Hoop) sien ek egter nie \'n oorspronklike
samestelling van hierdie tiepe nie, maar \'n onsuiwere verta-
ling van Port.
Cabo da bóa Esperanga (= Kaap van die
Goeie Hoop.)

115. Sulke verbindinge ontstaan veral in offlsiële taal;
in die gewone omgangstaal word \'distrik\'. \'afdeling\' ens.

-ocr page 89-

deur middel van se met die eienaam verbind: Swellendam
se distrik.

116. Verbindinge met die omgekeerde volgorde, soos:
Kaap Provinsie. Transvaal Provinsie, Betsjoenaland Protek-
toraat
ontstaan onder Engelse invloed maar word deur die
analogie van samestellinge soos:
Nylstroom. Bergrivier,
Sneeukop
ens. maklik opgeneem.

117. Reeds uit die Middeleeue dateer verbindinge met
van, soos: Die poort van Vyanen, Dat lant van Persen. Die
rivier van Nylus^)
en later het hulle ook nog ontstaan deur
vertahng uit Romaanse tale (Vgl. die ouer vorm
Het land
van Natal =
Port. terra de of do NataP), maar tog kan
daar weinig twyfel bestaan dat uitdrukkinge soos
die distrik
van Clanwilliam
(E. Skrywers. bis. 74) onder Engelse invloed
gevorm word. In suiwer Afrikaans word
van alleen gebruik
as daar \'n teenstelling is — die \'distrik\' en nie die \'dorp\'
nie — en word \'distrik\' gevoel as iets byhorends, as \'n soort
van besit.

118. d) \'n Kompositum met \'n Substantief as laaste lid
bepaal \'n ander Substantief:
\'n blóu-oog nóointjie.\'n kaalkop
vórs. \'n krómneus kérel, \'n dühbeleverdieping huis.
Sodra
sulke verbindinge as vaste naam van iets gevoel word, dus
tot samestellinge ontwikkel, kry hulle \'n eenheidsaksent. Die
aantal sulke samestellinge is dan ook baie groot. Veral as
name van diere, voëls en plante doen hulle diens. Enige
voorbedde is:
taéipitperske, lóspitperske, swértwitpensbok.
swértmaanhaarleeu, poénskopolifant, maänhaarjakhals, kóm-
metjiesgatmuishond, waaierstertmierkat. witborskraai, blóu-
^opklipsalmander. bakkopslang, léngasemvoël ens.^)

\') Stoett, Mnl. Syntaxis, bis. 137.
^ Sie b.v. Nieuwe en Beknopte Hand-Atlas van de L\' Isle (A\'dam
oy Isaak Térion), Kaart van Afrika deur D\'Anville, 1763; en Kaart
van «het Zuidelykste Gedeelte van Afrika"
(34).

O Meer vbb. is te kry hy Boshoff, Volk en Taal. blss. 301-333,
alwaar \'n ryke versameling samestellinge byeengebring is.

-ocr page 90-

119. Geskiedkundig. Hierdie verbindingstiepe is in ander
Germaanse tale seldsaam en in hoofsaak beperk tot gevalle,
waar die eerste lid \'n Telwoord is. In Duits komb v. voor:
Siebenzimmerwohnung, Zweipfunddose\'); in Nederlands:
tienstuiverstuk; in Engels: two-shilling piece. In Engels kom
egter ook verbindinge voor soos:
clingstone en freestone
peach,\')
maar in Afrikaans was sulke samestellinge lank voor
die Engelse besetting bekend, sodat hier nie aan Engelse
invloed te denke is nie. Waar Nederlands geen samestelling
met verbindings-s gebruik nie. tree gewoonlik in plaas van
twee Substantiewe. \'n Adjektief. wat dikwels die vorm van
\'n Partisiepium aanneem, met \'n Substantief op:
de rozevin-
gerige morgenstond, de blauwogige deerne, de witgetande reus;

en ook in Engels word hierdie konstruksie gewoonlik gebruik :

rosy-fingered dawn, a blue-eyed lassie. Daarnaas het Ndl.
bv.
kaalrughaai, kromsteven-schip, zwartkopmees ens.. maar

die getal van dergelike verbindinge is beperk, sodat die analo-
giese invloed
daarvan en van die samestellinge met\'n Telword

as eerste lid nouliks voldoende lyk om die grote uitbreiding
wat die klas in Afrikaans gekry het te verklaar. En ander
verklaringe is dan ook moontlik. In die eerste plek is die
ontstaan van sulke uitdrukkinge langs suiwer fonetiese weg
nie onmoontlik nie. In Saksiese en Friese dialekte word die
Partisiepium gevorm sonder
ge- [soms egter met e-J. Ook
die possessief-kompositum kry dus \'n ooreenkomstige vorm,
sodat
raimschotteld, witdopt, rooddopt ens. in dié dialekte
ooreenkom met
goedgeluimd, grijsgevlekt, scherpgetand ens.
in algemeen Nederlands.
Blue-eyed in Engels kom natuuriik
ooreen met die eerste en nie met die laaste groep me. Die
dialektiese vorm was in die sewentiende eeu die algemene
in Amsterdam, \'n stad wat baie invloed op die Afrikaanse
taal gehad hetAs \'n mens nou onthou dat eind-f na

») Blümel, Einführung, § 212.

Vermeld deur Boshoff, Volk en Taal, bis. 305.

3 Vgl <aant. v. Leendertz op ruymschottetde in Hoofts Warenar, vs. 5
(Zw. Herdrukken IX-XI, bis. 102).

-ocr page 91-

skerp konsonante in Afr. wegval, en by die Part. ook nog
na ander konsonante, dan is dit bes moontlik om te besluit
dat
kaalkop b.v. uit kaalkopt ontstaan het. By lospit is selfs
geen verandering van vorm nodig nie. Maar met so \'n ver-
klaring is die attributiewe vorm van die komposita nog nie
duidelik gemaak nie. want in attributiewe gebruik gaan die
Partisiepia op
-te uit. \'n Mens sou dan moet aanneem dat
die predikatiewe vorm analogies gewerkhet op die attributiewe.
dat:
die man is kaalkop dus ook: die kaalkopte man verander
het in:
die kaalkop man. iets wat anders nie gebeur nie.
Ons moet dus konkludeer dat hierdie analogie hoogstens \'n
bykomstige faktor kan gewees het en dat die uitbreiding
van die Afrikaanse vorm \'n psigologiese uitgangspunt gehad
het. So \'n psigologiese uitgangspunt lewer die feit dat in
sinne soos:
dis \'n kaalkop, \'n gryshaar, \'n blou-oog. \'n langlys,
\'n verduidelikende toevoegsel soos: kérel, man, vrou, meisie,
peer,
dikwels nodig is. Soortgelyke verduidelikinge het ons
b
.v. in: sailor-blouse baadjies, sailor-hat hoede, safety-pin
spelde^)
en is te vergelyk met pain-de-luxe broodjes cn
voorgevoegde Adjektiewe soos Keulsche en Amerikaansche
eau de Cologne,
wat in Nederlandse winkelétalages te sien
is. Deur die beskrywende funksie van die woorde
kaalkop,
blou\'oog
ens. in \'.die verbindinge kaalkop kérel, blou-oog
meisie
ens. kan die eerste woord dan later as Adjektief
gevoel geword het, terwyl dit oorspronklik deel uitgemaak
het van \'n apposisionele verbinding en dus die vorm van \'n
Substantief behou het.=^)

Opm. by §§ 118-9. Heel wat is reeds geskrywe oor die
Adjektiewiese funksie, wat die possessief-komposita ook in
Predikatiewe gebruik in Afrikaans aangeneem het. Prof. Hesseling
sien in die uitdrukking
ek /s rfroé/ewer Maleis-Portugese invloed
want "precies op dezelfde wijze worden in het Maleisch-Por-
tugeesch nomina gebruikt als adjektieven en als substantieven." O

Volk en Taal, bis. 293.
\') Vgl. Paul,
Prinzipien, § 250; Bchaghel, Deutsdtc Syntax I, § 3.
Het Afrikaansch. blss. 112-3.

-ocr page 92-

Dr. du Toit gaan dan ook nog verder en plaas daarnaas: Hulle
is hoenderkop
en ons is lekkerlyf. O Dr. Bosman het aangetoon,
dat Ndl.
Hij is platzak daar precies parallel mee is.\') Waarop
Prof. Hesseling geantwoord het, dat die laaste uitdrukking in
Nederlands \'n \'unicum\' is en dus nie voldoende om \'n reeks
uitdrukkinge in Afrikaans te verklaar nie.Nou is die uitgangs-
punt van Prof. Hesseling se verklaring dat
ek is droëlewer
gelyk staan met „ik heb een droge lever", wat dan ooreenkom
met Mal.
sahaja ada sïika = Mal.Port. ijo teng kontenti, wat
vertaal kan word „ich bin zufrieden" of „ich habe Zufriedenheit" •»)
en dus beteken dat dieselfde woord die funksie van \'n Adj. of
\'n Subst. kan hê. Hierdie argument sou seker waarde gehad
het as
tevrede of tevredenheid in Afrikaans ook so \'n dubbele
funksie gehad het; maar dit is in Afrikaans net so min die
geval as in Nederlands. Die woorde wat in Afrikaans so \'n
dubbele funksie het, behoort tot \'n klas wat in Nederlands
dieselfde verskynsel vertoon, al bly hulle daar naar die vorm
Substantiewe. \'n Mens kan in Nederlands tog net so goed (of
veel beter ?) sê:
Hij is \'n domkop as Hij heeft \'n domkop. Vgl.
ook:
jij bent zo \'n bol. Welnu, in die twede geval word \'domkop\'
voorgestel as \'n besit en in die eerste geval as \'n eienskap.
En
domkop is g\'n unikum nie, want \'n mens kan ook sê: Hij
of zij is \'n langtong, lekkerbek, roodhuid, spitsneus, spitskin,
zwartkop, zwartoog, blauwbaard, blauwjas, blauwkous, zwartrok
ens. Die enigste opsig waarin Afrikaans van Nederlands verskil, is
dat Afrikaans soms
\'n weglaat, sodat ook die substantiewiese vorm
van die samestelling verdwyn, en daarvoor is die
voor-die-hand
liggende verklaring, dat die funksie reeds (soos ook in Nederlands)
adjektiewies was. Daarby kom dat die attributiewe gebruik ook
maar een vorm ken, waarin Adjektief nie van Substantief te
onderskei is nie, b.v.
\'n domkop kérel, en die analogie van ver-
bindinge soos:
Mnr. Drooglewer. Sulke eiename kan ook predikatief
sonder
\'n gebruik word. Vgl.: Hy is Matjan onder die hoenders.
\'n Simpleks kom in dergelike gevalle, in Ndl. dikwels sonder
\'n voor. Vgl.: Hij is rechter maar tevens mens; Hij blijft Fransman
ens.

Wil \'n mens die proses wat in Afrikaans plaasgevind het met
Maleis-Portugees vergelyk, dan kom daarvoor in aanmerking

\') Afrikaansche Studies, bis. 82.
\') Afrikaans en Maleis-Portugees, blss. 78-9.

Vgl. ook Boshoff, Volk en Taal, bis. 288.
\') Nieuwe Taalgids X; en Brandwag, Des. 1916.
*) Schuchardt,
Kreolisdie Studien /X, bis. 203.

-ocr page 93-

uitdrukkinge soos: fika dam, fika medu, fika reiba, fika saudi
(\'geschädigt, furchtsam, zornig, gesund werden\'), waar \'n oorspronk-
like Subst, ook \'n Adj. geword het.\') Maar die vergelyking gaat nie
op nie, want
dam, medu, reiba, saudi gee oorspronklik abstrakte
begrippe weer (verlies, vrees, toorn, gesondheid), terwyl
domkop
lekkerbek, roodhuid
ens. name van lewende wesens is. Met hierdie
woorde het in Afrikaans dus net die omgekeerde gebeur van
wat die geval was met woorde soos:
toe, oop, naby ens. wat,
deur hulle adjektiewiese funksie in predikatiewe gebruik, tot
attributiewe Adjektiewe geword het — iets waartoe ook in
Nederlands telkens \'n aanloop geneem word, hoewel die gebruik
daar nog nooit gevestig geword het nie. Wat is nou waarskynliker,
dat die kleurlinge hierdie konstruksie uitgebrei het tot die gevalle :
droëlewer, lekkerlyf en hoenderkop onder invloed van die groot
analogie-klas in Afrikaans of onder invloed van sinne soos:
ijo teng kontenfi?

In Ndl. Hy is bek-af (Afr. ook nog: been-af, pootuit, kopsku
ens.) het die samestelling wel \'n ander vorm, maar ook hier
word as \'n eienskap voorgestel die bepaalde gesteldheid van \'n
liggaamsdeel, wat net so goed vir \'n besit kan aangesien word
as \'n droë lewer. Ook hier wys die vorm geen Substantief aan nie.

120. e) Uit die literêre taal en taal wat onder vreemde
invloede staan is ons bekend met \'n aantal samekoppelinge,
wat ook by veel gebruik lig oorgaan tot samestellinge met
eenheidsaksent. Daaronder is twee gevalle te noem:

121. («) Samekoppehnge wat \'n verhouding uitdruk, wat
anders deur Voorsetsels weergegee word. Die twede woord
kan die bepaling wees soos in:
die sisteem-Müller (= van M.),
die ministerie-Smuts {= van S.), \'n kaartjie-twede klas (= vir
die t. k.), of die twede woord kan deur die eerste bepaal
word, soosin: d/e
Vlakte-bundel (Poesie, bis. 169); Unie-Kantate
(tietel van \'n digbundel van J. CeUiers).

122. (/?). Onafrikaans is \'n paar vreemde maniere van
naamgewing. Met die draers kom hulle name egter ook
Suid-Afrika binne. Ons bedoel gevalle waar die van van
die vrou agter die van die man staan, soos in Nederlands:
Scharten-Antink of daarvoor, soos soms in Engels: Murray

O Schuchart, Kreolische Studien IX, blss. 204-5.

-ocr page 94-

Bisset Heeltemal onbekend in Afrikaans is die agterplaatsing
van die woonplek agter die van van die persoon, iets wat
gebruiklik is in Duits:
Mensing-Kiel In Afrikaanse name
waar die voornaam van die vrou agter die van die man
staan, is daar wel altyd eenheidsaksent:
Sarie Stoffel

Ovm bv ^^ 20-22. Ook Substantief-reekse kan op dieselfde
manier\'samegekoppel word. as hulle op dieselfde persoon saak
ens. slaan:
Prins-Gemaal, Sekretaris-Penmngmeester Advok^
joernalis, Kristen-Patriot
(Poësie. bis. 180), en ook hier bestaan
die neiging om hulle by veelvuldige gebruik onder n eenheids-
aksent t verenig. Tot sulke reekse hoort ook die taalnaam
Maleis-Portugees, wat naar die mening van Dr. R. van oer
Meulen en wylen Prof. Verdam \'n moderne soort woordver-
binding is.\')

123. (3) Eenheidsaksent. Die verbinding van Substantiewe
onder eenheidsaksent is histories ontwikkel uit leungroepe

of verbindinge met gelykmatige aksent - met of sonder bind-
woord of fleksie-uitgange. In die reël val die aksent op die
twede Subst. maar deur sy belangrikheid in die verband kan
die eerste dit partykeer kry. By enkele verbindinge het die
laaste manier van aksentueer selfs usueel geword. Ons kan
die volgende betekenis-kategorieë onderskei:

124. a) Twee of meer Substantiewe vorm same een naam.
Hierdie verbinding staan min of meer gelyk met \'n samestel-
ling. Vier gevalle kom voor:

125. («) Die algemene naam staan voor en bepaal die
besondere:
Die land Gosen, die stad Johannesburg (Sie 2. c.);
Neef Jan, Oom Piet, Mnr. Terblanche, Dr. van Niekerk, ens.

126. (i5) \'n Voornaam en \'n van. Die voornaam kan die
van bepaal en kry dan die aksent:
Jan de Vries (nie \'Piet
nie), of die van kan die voornaam bepaal en die aksent dra:
Jan de Vriés (nie \'Jan Vermeulen\' nie). Die vanne dank hulle
ontstaan aan die behoefte aan so \'n bepaling van die voorname.

i) Hesseling, Africana III (Tijdschrift XLI).

-ocr page 95-

As geen teenstelling bedoel is nie, word die bepalende krag
van die van teenswoordig egter nie meer gevoel nie. Vir
my gevoel is die voornaam dan niks meer as \'n besonderheid
wat terloops genoem word nie, en kan dit gelyk gestel word
met die terloopse bepalinge
land, stad. Neef, Dr. ens. onder «,
wat ook oorspronklik algemene name was.

127. Geskiedkundig. Vir \'n deel het hierdie tiepe ontwikkel
uit die leungroep. (Sie §§ 99—100). In ander gevalle is die
groepering verskuiwe, sodat die oorspronklike bindwoord nou
deel uitmaak van die twede Substantief. Die oorspronklike
groepering was b.v.:
Willem jvanf der Merwefde], Pierre
Ide/ la Harpe,
ens.

128. (y). Twee voorname word verbind, waarvan die twede
die aksent dra en die eerste bepaal:
Sarie Stoffel (Veld, bis. 80);
Lenie Koos, ens. (Sarie, die vrou van Stoffel; Lenie, die
vrou van Koos).

129. Geskiedkundig. Verbindinge van hierdie tiepe het
hulle ontstaan te danke aan \'n teenstelling. Sarie, die vrou
van Stoffel Burger, en Sarie, die dogter van Jan Burger en
suster van Stoffel Burger, heet b.v. albei Sarie Burger.
Vandaar dat hulle onderskei word as
Sarie Stoffel en Sarie
van Jan.
Deur die teenstelling word die eenheidsaksent ver-
klaar en ook dat die gevoel vir die bepalende krag van die
twede naam lewendig bly.

130. As \'n meerledige eienaam \'n algemene bepaling kry,
hoort die dele van die eienaam enger same. Vergelyk :
Tant
/ Sannie Jan
; Oom / Willem van Rooyen ; Generaal / Wessel
Gessels: Advokaat / Dirk Kleynhans.

131. (5). \'n Pronomen Personale word gevolg en bepaal
deur \'n klasnaam, wat die aksent dra:

Julle Boesmans. ons witmense. hulle kinders.

132. Geskiedkundig. Hierdie verbinding het ontstaan uit
leungroepe, waarin die Substantief \'n eienskap van die persone
(persoon) deur die Pronomen aangewys, na vore bring of

ie inhoud van die Pronomen voltooi. Vergelyk:

^k, arme drommel.

-ocr page 96-

Hoe beval die Kaap u, juffrouw? (Misdade. bis. 16).
So staan hy daar. Adonis (Vergeet Nie. bis. 7).
Julle, Boesmans.

133. b) Die verbinding gee \'n maat, omvang of hoeveelheid
aan (Sie 2.a.): \'n
mandje appels; \'n uur loop; \'n oulap
klontjies; \'n ons peper; \'n koppie koffie; \'n
paar mense: sy
getal boeke; \'n trop
s/cape; twee koletjies vuur; \'n swerm
bye. Menigte
kry reëlmatig die aksent; \'n ménigte mense.
So ook party in samestellinge: partykeer, partymal.

134. Behalwe van vol en met (§§111-2) kan ook nog van die
bindwoord
van gebruik gemaak word om dieselfde verhouding
uit te druk. Vergelyk:
die getal van sy boeke; in \'n reeks
van gevalle.
By tydmaat of prys maak Afrikaans graag gebruik
van die bindwoord se:
\'n uur se loop; \'n oulap se klontjies.

135. Geskiedkundig. In baie gevalle het die twede Sub-
stantief vroeër \'n genitiefs-s gehad, soos nog blyk uit uitdruk-
kinge soos;
\'n eind weegs, \'n uur gaans, \'n bete broods. Na
iets, weinig, niks en wat kry die gesubstantiveerde Adjektief
nog steeds -s;
iets goeds, kwaads; weinig aantrekliks.
(Sie § § 139-40).

Samestelling.

136. Ons het reeds by die vorige verbindingstiepe gewys
op die samenstellinge met eenheidsaksent wat deur die juxta-
posiesie van twee Substantiewe ontstaan. Samestellinge soos
Céres\'skoolraad gaan terug op 2. b.; soos die land Gósen
op 2. c.; soos witborskraai op 2. d.. terwyl ook samekoppelinge
soos
sisteem-Müller en Murray-Bisset (2. e.) tot egte same-
stellinge word.

137. Ons hoef hier nog enkel te wys op \'n manier van
samestelling wat ontstaan het uit die juxta-posiesie van
\'n
Subst. en \'n Pronomen, n.l. die verbinding van \'n Subst. met
hulle, soos in : Oom Johannes-hulle; Pa-hulle ; die oumense-
hulle.
In sulke verbindinge het hulle in algemeen Afrikaans
die krag gekry van\'n fleksie-uitgang wat \'n meervouds- of \'n
kollektiewe begrip by lewende wesens uitdruk. Oor die oor-

-ocr page 97-

sprong van hierdie samestelling kan weinig twyfel bestaan.
In die Negerhollands van die Deense Antille is die meer-
voudstoevoegsel :
sender of sellie. So is die radies sender = die
radyse,
mie twee kint sender = my twee kinders, mie meester
sie skuen sender— my
meester se skoene ens. Sender (sellie)
is die Pers. Vnwd. van die derde Pers. Mvd. en Prof. Hesse-
ling het aangetoon dat die Meervoud op dieselfde manier
gevorm word „in velerlei Kreools." So is „die huise" in
Papiements : e
casnan « cas = huis ; nan = hulle) en in die
Negerfrans van Haiti en Louisiana:
kaj layo en kay layé
iC^ cage-là-^eux).
In die Negertale van die Slawekus word
die Mvd. op dieselfde manier gevorm. „De pluralis van
ame (mens) en ape (huis) is amewo, apewo (wo is \'t persoonl.
voornaamw. van de derde pers. meerv.)." Seer tereg kon-
kludeer Prof. Hesseling dan: „Ik meen dan ook dat hetKreoolse
meervoud niet uit algemene oorzaken te verklaren is,
maar
door de invloed van de oorspronkelike taal der negers.^)
In
\'t Franskreools van Mauritius en het Portugeeskreools van
Ceylon, waar de Europese talen niet in aanraking kwamen
met Afrikaanse talen, vindt men deze meervoudsvorming
niet. "2) Ook Afrikaans sal dus hierdie Meervd. uit die oor-
spronklike taal van die Negers gekry het. \'n Bevestiging
daarvan lewer die manier waarop Kaffers nog Afrikaans
oorneem. Hulle plaas na iedere Subst. wat as onderwerp
van \'n Ww. moet dien, \'n Pers. Vnwd. en dit geld nie alleen
van die Mvd. nie, maar ook van die Enkelvd. As voorbeeld
kan dien die „Kafferlied" van Totius:

Die kaffer eerste kom, die witmens hy
kom later.

Die kaffer vat die land, die witmens hy
vat later.

Die kaffer hy woon eers, die witmens hy
woon later.

!) Ons kursiveer. , ,

) Hesseling, Het Neserhollands, blss. 93-94; üxxloM,Afrikaansdie
studies,
blss. 86-87.

-ocr page 98-

Die kaffer hy gooi eers, die witmens hy
gooi later.

Die kaffer eerste lê, die witmens hy
lê later.

Want assegaai van kaffer hy
loop later. Ens.

(Verse van Potgieter\'s Trek, bis. 21.)

Algemeen Afrikaans verskil van hierdie soort Kafferafri-
kaans in dié opsig dat
hulle \'n ondergeskikte aksent kry en
die Subst.-i-/iu//e met \'n snelle tempo uitgespreek word.
terwyl daar in Kafferafrikaans \'n pouse tussen
hy of huUe
en die Subst. is en ieder woord sy eie aksent behou. Met
hierdie gebruik van hy en hulle kan vergelyk word die
Nederlandse en Afrikaanse gebruik van
die: die man, die se
dat.,..
Ook die Persoonlike Vnwd. word in Ndl. gebruik
om op dieselfde manier die inhoud
van die Subst. te herhaal:
De Katholieken - zy zeggen, dat... maar die konstruksie is
vry seldsaam en die pouse baie lank, sodat daar weinig rede
bestaan om te vermoed dat dit invloed gehad het op die

Afrikaanse uitdrukking.

138. Die vraag lê voor die hand of \'n spreekwyse wat
so algemeen onder die Kaffers is, nie ook by die Hottentotte
voorgekom het nie. En inderdaad bied die taal van die
Hottentotte inwendige gegewens wat so \'n onderstelling sou
regvaardig, maar dan moet dit beperk gewees het tot die
Hottentotte in die onmiddellike omgewing van die Kaap, want
in die Hottentotte-Afrikaans van die Noordwestelike streke
van die Kaap-provinsie word die uitgang
-goed gebruik om
die Meervd. of \'n kollektief te vorm, b.v.:
Pa-goed, Ma-
goed: die baas-goed.
Hierdie uitgang het daar selfs onder
witmense deurgedring. „Waar die Bolander sê:. Piet hulle
was hier\', sê die
mense van Clanwilliam: Piet-goed was hier",
getuie Mnr. von Wielligh.i) Nou is die gebruik van samestellinge
met
goed om \'n kollektiewe begrip uit te druk in algemeen

Eerste Skrywers, hls. \\\\5.

-ocr page 99-

Afrikaans wel wat uitgebreider as in Nederlands en ek is
dit met Dr. Du Toit eens dat woorde soos:
rookgoed, vuur-
maakgoed, suurgoed. rygoed, trekgoed, skottelgoed, drinkgoed,
vir samestellinge naar die model van wasgoed, speelgoed,
teegoed
ens. aangesien moet word, en waarskynlik hoort hiertoe
ook die Hottentotse vraagwoord iyagoec?(= wat of waarom),
wat in Negerhollands \'n parallel het.^) Maar die uitbreiding
van die gebruik van hierdie uitgang
-goed om \'n meervoud
of kollektief te vorm by lewende wesens, is waarskynlik te
danke aan kontaminasie met \'n Hottentotse suffiks. Hierdie
suffiks is
gu [g is klapper en „hart, fast wie k zu sprechen"")
(u is die Duitse skryfwyse, dus = Holl. oe), en word gebruik
om die Meervd. van Man. Subste te vorm, b.v. Enk.
khoib
= die man ; Mvd. khoigu = die manne.Maar die uitgang
gu wat hierdie diens moet doen by die Substantiewe, is
eintlik die enklietiese vorm van die Man. derde Persoon
Meervd. van die persoonlike Vnwd. en beteken dus
hullet)
Ons kan dus tot die slotsom kom dat die Negerslawe, miskien
daarin gesterk deur die Hottentotte in die omgewing van
die Kaap, hulle eie konstruksie letterlik vertaal het cn daar-
deur vorme soos
Pa-hulle gekry het, maar dat die ander
Hottentotte hulle woord vir
hulle verwar het met die Afri-
kaanse woord
goed en op die manier tot Pa-goed gekom het.

(4) Verbinding deur middel van \'n buigingsuitgang.

139. Van die ryke verskeidenheid van geflekteerde ka-
susvorme wat die Germaanse tale vroeër gehad het, het
die Afrikaanse Substantiewe, behalwe in vaste uitdrukkinge,
nog maar net die Genitief bewaar en ook dit alleen inver-
eensaamde oorblyfsels. In die gewone omgangstaal is, naas

.. ) Du Tolt, Afrikaanschc Studies, blss. 90-91; Hesseling, Het
^egerhollands,
bis, 100.
\') Planert,
Handbuch der Nama-sprache, bis, 3 en bis, 13.
\') Meinhof,
Lehrbuch der Nama-sprache, bis, 49.
\') Planert,
Handbuch, bis. 9.

-ocr page 100-

die uitdrukkinge: (hy is) mans genoeg en tyds genoeg, die
enigste kategorie wat nog lewe, verbindinge van
wat, iets
en niks met \'n volgende Genitief van \'n gesubstantiveerde
Adjektief:
wat fraais, iets moois, iets lekkers, niks goeds; en
ook by
wat en iets het die twede woord van dié verbindinge
sy oorspronklike partitiewe krag verloor; die gesubstantiveerde
Adjektief vul hier enkel die betekenisinhoud van
wat of iets
deurdat dit dien tot karakterisering van die voorwerpe ens.
deur hierdie woorde aangedui. Ook die genitiefsuitgang van
iets self word nie meer as sodanig gevoel nie. Daarenteen het
die genitief na
weinig nog wel sy partitiewe krag behou,
maar hierdie verbindinge staan dan ook onder invloed van
die literêre en deftige taal. In die daaglikse omgangstaal
sê \'n mens nie
(Sy het) weinig aanlokliks nie maar min aanlok-
likheid.
As iets sy ondergeskikte aksent verwissel vir \'n
nadruksaksent, dan kan die volgende Genitief egter, net soos
na
niks en die beklemtoonde weinig, nog \'n partitiewe be-
tekenis uitdruk. (Vgl. § 112).

140. \'n Aantal geykte uitdrukkinge met genitiefsvorme
by die vooropgaande of volgende woord het hulle lewe veral
aan Bybel-, kansel- en ander deftige taal te danke. Die neiging
om by sommige die oorspronklike gelykmatige aksent in
eenheidsaksent te verander, toon aan hoe sulke uitdrukkinge
tot samestellinge oorgaan. Vbb.:
brood der smarte, kind des
doods, die Psalme Davids, \'n steen des aanstoots, sweet
syns aanskyns, kwelling des geestes, soon des mensen, (s) werelds
loon, eind weegs, vol soeten wyns, boek der boeke.

141. Die genitiefs-s is ook nog te sien in \'n aantal heeltemal
vaste samestellinge, soos:
staatsinmenging, sabbatsontheiliging,
gewetensvryheid, lewensloop,
ens., hoewel nie iedere same-
stelling met \'n verbindings-s ook \'n oorspronklike genitiefs-
verhouding uitdruk nie, soos blyk uit
manspersoon, waar-
heidsliefde, maansverduistering
en ander woorde.

142. As literêre vorm is die Genitief ook by Afrikaanse
skrywers goed bekend, in baie gevalle deur die behoefte
aan \'n deftiger vorm as in die daaglikse omgang gebruik

-ocr page 101-

word. Dit kom veral voor by eiename en by verwantskaps-
name wat as daarmee gelykstaande gevoel word, die enigste
gevalle waar dit ook nog in die Ndl. omgangstaal leef. Vgl.:
Verse van
Potgieters Trek (Tietel van \'n digbundel van
Totius);
Jehowas prag en heerlikheid (Potg. Trek, bis. 38);
Adams Droom (Tietel van \'n gedig van Wassenaar, bis. 9);
Moeders skat (Tietel van \'n gedig van Joubert, Dichters,
bis. 82),
Mammies skatlam (Dichters, bis. 82). In Afrikaanse
gedigte is die Genitief selfs op taamlik uitgebreide skaal gebruik.
Behalwe in gevalle wat
tot die pasgenoemde rubriek behoort,
is dit veral by gepersonifieerde abstrakte begrippe dat die
Genitief te voorskyn kom. Van hierdie soort personifikasies
maak Jan Celliers, onder invloed van Engelse digters, \'n veel-
vuldige gebruik, maar ook in ander gevalle hou hy van die
Genitief. Dr. E. C. Pienaar het reeds opgemerk^): ..Hy het
\'n besondere voorliefde vir die genitiefs-s, waarskynlik onder
Engelse invloed, soos uit die apostroof blyk:
genades guns.
misteries\'s [?] wonderwege, vergetelheid\'s kust, vyand\'s lood,
arbeid\'s sorg
e.d." en in \'n noot wys hy daarop, dat hierdie
-s vroeër ook dikwels in Nederland voorgekom het en sedert
1880 daar onder Engelse invloed herleef het. Hierdie voor-
liefde van Celliers is egter nie beperk tot -s-Genitiewe nie.

Vgl.: die yl-blouwe bande der ver-verre rande: op die boesem

grote see (Die Vlakte, bis. 21 en bis. 23). Ook in sy
later werke gebruik hy nog die Genitief. In „Die Saaier"
(1918) kom b.v. voor:
Amor\'s konfetti, Boek der Eeuwe,
hebsug\'s hand,
By Totius is dit veral die invloed van die
ßybeltaal wat die Genitief te voorskyn laat kom. So b.v. in
•.Trekkerswee": Naboths erf (bis. 46), Sodoms vrugbare
^^llei
(bis. 46). Jakobs stemme (bis. 46). Esaus haar (bis. 46).
®aar ook
Skotlands berge (bis. 78). By H. H. Joubert kom
selfs voor:
hulle skoon kasteels behoud (Dichters, bis. 79).

143. Die gewone omgangstaal gee egter alle verhoudinge
Wat vroeër deur \'n genitiefsuitgang uitgedruk kon word,

\') Taal en Poesie, bis. 32.

-ocr page 102-

deur middel van die tot bindwoord verswakte Besitlike
Voornaamwoord
{sy, haar ens.) of deur middel van \'n Voor-
setsel
{van, vir. ens.) weer.

144. Van die velerlei verhoudinge wat sulke genitiefs-
verbindinge vroeër kon uitgedruk het, en dus nog in die
digtertaal kan uitdruk, noem ons die volgende^):

Die genitiefsuitgang gee by woorde wat verbind word met
verhoudingsbegrippe aan tot watter voorwerp ens. hulle in
verhouding staan:
Heer des Huises; by verbindinge met
eienskappe die voorwerp ens. waaraan die eienskap kleef:
Reinheid des gemoeds. Hier kan die voorwerp egter dien
om die eienskap te karakteriseer:
Geduld eens lams. Die
woord met genitiefsuitgang kan die persoon of saak aangee,
wat iets voortbring:
Adams droom.

Naas Substantiewe wat \'n werking uitdruk kan die Genitief
die persoon of saak aangee wat die werking verrig (Genitivus
Subjectivus):
Van der Stels landtog, of wat die werking
ondergaan of deur die handeling tot stand kom (Genitivus
Objectivus):
vrese Gods, regering des lands, die stigter der
kolonie.
Soms val Gen. Subjectivus en Gen. Objectivus saam:
kwelling des geestes.

Die Genitief kan die besitter van iets aangee (Genitivus
Possessivus):
Naboths erf. of die persoon of saak ens. waarby
iets behoort:
die diere des velds, Skotlands berge, \'n skrywer
der agtiende eeu,
of \'n eienskap wat aan \'n persoon of saak
toekom: \'n man
des gebeds. Hier kan die eienskap egter
ook dien om \'n begrip, saak ens. te karakteriseer (Genetivus
Expletivus):
die deug der Beskeidenheid, die fakkel der
twedrag.
As \'n woord met sy eie Genitief verbind word,
word daardeur die volmaakste in sy soort uitgedruk:
die
boek der boeke
(Genitivus Hebraïcus).

Verder kan die woorde met genitiefsuitgang wat met hoe-
veelheidswoorde verbind word, aangee watter voorwerpe
ens. naar maat of omvang bepaal word:
\'n uur gaans (Genitivus

>) Naar Paul, Deu. Grammafik III, blss. 284-329; en Den Hertog,
Nederlandsche Spraakkunst I, blss. 84-86.

-ocr page 103-

Partitivus), of soos reeds aangetoon, enkel die betekenis van
sulke woorde aanvul:
wat fraais.

145. Geskiedkundig. In die Nederlandse spreektaal kom
alleen nog maar die -s-Genitief voor, en wel by eiename of
as sodanig gebruikte algemene name, en ook dan nie as daar
Byvoeglike Naamwoorde mee samegaan nie. Byvoeglike
Voornaamwoorde of Lidwoorde wat in betrekking tot sulke
Selfstandige Naamwoorde staan, word nie verbuig nie. Dit
het ongeveer ook die toestand gewees wat reeds in die sewen-
tiende eeu in Holland geheers het. Onder invloed van die
ouere taal en die Suidnederlandse dialekte het die skrywers
toe en later egter \'n ruime gebruik gemaak van die Genitief.
Daarby is dan dikwels geprobeer om \'n geslagsonderskeiding
te handhaaf en aan Adjektiewe en ander adjektiewiese woorde
\'n Genitiefsvorm toe te ken wat van die Nominatief verskil.
Die ongebruiklikheid van hierdie Naamval in die spreektaal
en die kunsmatige vorme wat sommige skrywers probeer
invoer het, het egter aanleiding gegee tot groot verwarring
wat betref die vorm van die Genitief. So meld Spieghel as
enigste vorm van die vroulike Genitief:
des vrouws en
skrywe ook Marnix:
des maagds. Bredero, cn ook Hooft in
sy jonge jare, probeer om gehoorsaam te wees aan die gesag
van die Twe-Spraack, maar ook hier is die natuur sterker
as die leer, sodat ons b.v. by Bredero vind:
Hier is mijn
Vaders poort
naas Meester van Syns Vyands macht; om
\'t
geldtS\'wil naas des menschen bloed; der Minnen blinde
God
naas des Hels droeve leer.\')

Reeds in die wordingspcriode van Afrikaans het die enkele
byvoeglike woorde (veral Aanw. cn Besit. Vnwdd. en
een)
^at met so \'n Genitief kon samegaan, dus onverboë gebly.
Ook van die Bepalende Lidwoord was die verboë vorme
reeds seldsaam en met die uitsterwe van die Genitief by die
Substantiewe moes ook dié vorme heeltemal verdwyn. Die-

Twe-Spraack. bis. 78.
, \') Vgl. Van der Veen,
Taaleigen, § 79, § 90; Van Heiten, Vondd\'s
^öoA §§ 87-90, § 93, § 126, § 128.

-ocr page 104-

selfdc geld ook van die genitiefsvorme van ander Adjektiewe
vir so ver hulle nog in die spreektaal voorgekom het.
Skryfpraktyk en lektuur was nie in staat om die Genitief by
Substantiewe en gevolglik ook by
hulle hele aanhang van die
ondergang te red nie.

(5) Verbindinge met Pronominale vorme vir Bindwoorde.

146. Om die genitiefsverhoudinge uit te druk word teens-
woordig veel gebruik gemaak van vorme van die Besitlike
Voornaamwoord, wat met swakke klemtoon tussen die
gelykmatig geaksentueerde Substantiewe (Pronomina) staan.

Opm. Naas sy word\'n vorm met verswakte vokaal: sc, gebruik.

Dit lyk of hierdie laaste vorm die enigste is wat in die Vrystaat
voorkom en ook in die \'Woordelys\' van die S. A. Akademie
word dit alleen
genoem. In die Boland word egter ook s)» gebruik-
Haar kom alleen met volle vokaal voor. Naas hulle staan hul.

147. Tog kan hierdie bindwoorde nie iedere genitiefs-
betrekking weergee nie. Die betekenis van die Hebreeuse
Genitief:
boek der boeke. kan daar nie deur uitgedruk word
nie. En ook vir die verhoudingsgenitief, die eienskapsgenitief,
die Genitivus Objectivus en die Genitivus Partitivus is daar
geen konstruksie met Voornaamwoord moontlik nie. Hier moet
preposisionele of adjektiewiese konstruksies gebesig word.

Histories is dit so te verklaar, dat die pronominale vorme
in die plek gekom het van die voorgeplaaste Genitief maar
nie die agtergeplaaste Genitief kan vervang nie. Vergelyk
b.v.
des lands regering (Gen. Possessivus) = die land se
regering,
met die regering des lands (Gen. Objectivus) = die
regeer van die land.
Die eerste Substantief is dan ook altyd
die bepaling en die twede die kern van die groep.

148. Besondere aandag verdien die verbinding: Subst.
se kind, waardeur dieselfde betekenis weergegee word as
deur die eerste Subst. alleen:
Hotnot se kind-, Witmens se
kind,
ens.

149. Op verbindinge met se om prys uit te druk, wat

-ocr page 105-

uit die eenvoudige bystelling ontstaan is, is hierbo (§ 134)
reeds gewys:
\'n sieling se suiker.

Opm. by §§ 146-9. Hoewel die vorme: haar, na woorde wat
vroulike wesens benoem, en
hul(le), na meervoudige woorde,
bekend en gebruiklik is, moet hierdie vorme meer en meer
plek maak vir die alleenheerskappy van se
(sy). Dit kom deurdat
by die gebruik as bindwoorde, die oorspronklike pronominale
krag van hierdie woorde verlore gegaan het: die bindwoorde
druk alleen \'n verhouding en geen begrip uit nie. By die Besitlike
Voornaamwoorde neem Afrikaans daarenteen die (natuurlike)
geslag en getal in ag —behalwe in die mond van inboorlinge,
wat die geslagte anders voel.\') In die Noordelike provinsies
word
se onder alle omstandighede gebruik. „Waar haar nog in die
Vrystaat gebruik word, is dit meestal onder ouere mense."
In die Boland is
sy (se) ook besig om algemeen te word,
maar \'n moeder wat daarop gesteld is om haar kinders beskaaf
te laat praat, verbeter
Ma sy boek uit hulle mond nog tot Ma
haar boek. Sy
of se kan, naas hulle, nie alleen na meervoudige
Substantiewe soos:
die kinders se speelgoed staan nie, maar
ook - soos Prof. Bouman aangetoon het\') — na woordreekse
soos:
Jan en Piet se boeke.
150. In Afrikaans het hierdie bindwoorde \'n veel uitge-
breider gebruiksfeer as in Nederlands, waar
z\'n of d\'r in
die reël enkel na woorde wat lewende wesens aandui, kan
staan. In Afrikaans kan \'n mens ook sê:
die tafel se poot,
die huis se dak
en selfs: op moedverloor se vlak (Vergeet
Nie, bis. 143). Maar Afrikaans gaan nog verder en gebruik
sy of
se ook na woorde wat tyd of plaas aandui. Met
tydswoorde as eerste lid is verbindinge soos:
Die kinders
van nou se dae
(Boervrouw, bis. 65); "ek is nie vandag se
^ind nie": "en hulle loop nie tweemaal nie as eenmaal se
foop voldoende is" en die reeds deur Prof. Hesseling gesiteerde:
vanmelewe se mense: slawetyd se mense, heel gewoon. By
outyse mense (K ou tye of ou tyd se mense) is die oorgang
Van Subst. -}- se tot Adj. op se (vgl. § 113) heeltemal vol-

. Vgl. Ie Roux, Handleiding in het Afrikaans, bis. 45, Opm. V;

43, Opm. IX en X.

2 Bosman, Afr. en Mal. Port., bis. 95.

) Syntaktiese Groepen in Afrikaans (N. Taalg. XVII).

-ocr page 106-

trokke Na die oorspronklike Bywoorde van plaas, soos /«er,
daar ens. is se nie moontlik nie, maar wel na substantiewiese
samestellinge wat n adwerbiale funksie aangeneem het.
Vergelyk: cfus/cantse een; oorkant se mense; „anderkant se
kant",
ens. Dat die tyds- en plaasadwerbia ook m ander
tale in sulke gevalle dieselfde verbindinge as Substantiewe
kan aangaan, blyk uit uitdrukkinge soos Ndl f
Is dezelfde
man van gisteren: de bezwaren van toen: de mensen van
hier:
Fr. les potentats d\' aujonrd\' hui: hors dn vdlage: Eng.
yesterday\'s Lnssion, ens. In Engels kan su ke Adwerbia
selfs deur Adjektiewe beheers word. n Letterlike vertaling
van so n Engelse konstruksie is: terwyl \'n koue, ongevoelige
stem elke nou en dan \'n jaartal uitroep
(Getrou bis. 142).

151. Eindelik kan sy of se ook, dien as bindwoord na
alle soorte substantiewiese Pronomina, behalwe die persoon-
like Naar die model van Ndl.
wie z\'n boek is \'t? het
Afrikaans ook by die Vraende Voornaamwoorde:
wie se,
wattereen se boek?
By Wederkerige Vnwde word ver-
bindinge gevorm soos: om
mekaar se moeilikhede te verstaan
(Pers); hulle het die een die ander se lekkers geëet. By
Aanwassende Vnwde gebruik ons verbindinge soos:
hierdie
een se, daardie een se, dié se, dié een se, duskant se een
se, die anderkant se een se skuld,
waarmee parallel is Ndl.
die zijn kwaal betert^) en Negerhollands: die sie moeder. )
Die uitdrukking die een se dood is die ander se brood het
ons uit Nederlands geërf. Die Betreklike Vnwd. kan dieselfde
vorm aanneem as die Vraende, en dus aanleiding gee tot
verbindinge soos:
die man, wie sy[n] faderland hom me
dierbaar is nie\', die man, wie sy[n] frou siek is
(Afr. Studies,
bis. 90), waarvoor Negerhollands ook \'n parallel bied in:
Johannes wie sie kop hem ha ka lastaen kap af Min of
meer parallel is ook:
de man die z\'n vrouw gestorven is in die
Ndl omgangstaal. In Afrikaans kan dieselfde verhouding by

De Vries, Dymelie, bis. 64.

») Hesseling, Het Negerhollands, § 49.

Negerhollands, § 50.

-ocr page 107-

Betreklike Vnwdc egter ook op verskeie ander maniere
uitgedruk word. „Plat en afkeurenswaardig", noem Prof.
Malherbe
waf se, in plaas van wie se, van wie ens., b.v.
„Nee, jy meen die een wat se kind dood is." Eindelik kan
selfs die Uitroepende Vnwd.
wat in Afr. deur middel van
se met \'n Subst. verbind word:
„waf se lawaai is dit hier"
en ook die nominale vorme wat dikwels Onbepaalde Voor-
naamde genoem word, word deur dieselfde bindwoord gevolg:
l\'n] mens se gewete; iemand se kwellinge; dis anderman se
goed wat jy daar het
(\'n bekende liedjie).

152. Ons het reeds daarop gewys, dat se in hoë mate
die karakter van \'n suffiks aangeneem en in sommige gevalle
ook werklik \'n suffiks geword het (§113 en § 150). Die vol-
trekking van hierdie proses word egter teëgehou deur enige
selfstandiger gebruikswyses van die woord, \'n Suffiks maak
in die reël deel uit van \'n bepalende of bepaalde woord;
by groepsformasie kry die woorde wat om \'n kern gekon-
sentreer is, dan kongruerende sufflkse. Met selfstandige
verhoudingswoorde is dit anders gesteld: hulle dui dikwels
die verhouding aan waarin \'n ander eenheid met \'n hele
reeks of groep woorde staan wat dan nie verder in vorm
hoef te kongrueer nie. Die grondverskil tussen sintetiese en
analietiese tale is dan ook, dat die eerste die neiging het
om deur middel van fleksievorme die verhoudinge tussen
kern- en ander afsonderlike woorde aan te wys en die
laaste baie meer vormwoorde gebruik wat op hele groepe
slaan, waarvan die samehorigheid dan deur musikale middele
en woordskikking aangetoon word. Vergelyk b.v.: Lat. m
nomine Patris et Filii en Spiritus Sancti, Ndl. in den naam
des Vaders en des Zoons en des Heiligen Geestes,
met Afr.
in die naam van die Vader en die Soon en die Heilige Gees,
Waar die aksent aantoon, dat \'van\' vir die hele reeks geldig
^s, en die woordskikking dat \'die Heilige\' by \'Gees\' hoort.

\') Vgl. Handleiding in het Afr., bis. 47.
\') Malherbe,
Afr. Taalboek, bis. 98-9.

-ocr page 108-

Hierdie neiging om groepe te vorm waarvan die ^me-
horigheid enkel deur die aksent aangewys word. ontwikkel
\'ranalietiese tale selfs daar waar nog fleksievorme aanwes^
is Ter illustrasie kan ons aanvoer die Engelse ..puzzle .
Mose was Pharao\'s daughters son; therefore Mo.es ^as
the daughter of Pharao\'s son. Hier word m die eerste
; gepouseer na\' \'Pharao\'s. en \'daughter s\'^ maar die twede
sin kan verskillend geaksentueer word. Pouseer n mens
na daughter\' en spreek dan wat daarop volg met snel^
tempo ul dan word beweer dat Moses die dogter is. wa
dus \'n absurditeit gee. Om die regte betekenis weer te
nee moet \'daughter of Pharao\'s\' met snelle tempo en een-
heidsaksent uitgespreek word. en moet \'n mens dan
voor
\'son\' pouseer. Hierdie sin kan letterlik vertaal word in Afrikaans.
Moses a;as
Pharao se dogter se seun; daarom was Moses

die dogter .an P/iarao se sean. waarby dan blyk dat Afrikaans

\'n ander groepering en \'n ander aksentuasie het. Pouseer n
mens na \'dogter\', dan gee die twede sin. net soos in Engels,
onsin. Die pouses val na \'Moses\' en \'Pharao\'. en wat tussen
die pouses staan
word vinnig uitgespreek. Engels, wat die-s
vas aan die Substantief
het. het in hierdie geval dus eenheids-
aksent ontwikkel, sodat die -s feitelik
\'n kasusuitgang van
die hele woordgroep word; in Afrikaans het die bub-
stantiewe ieder sy eie aksent behou. maar die groepsformasie
word afgesluit voor se. wat deur
\'n pouse van die groep
geskei word. Daardeur behou se groter selfstandigheid cn
ontstaan
\'n tcenwerkende krag. wat dit daarvan weerhou om
saam
te groei met afsonderlike Selfst. Naamwoorde. Dit
blyk ook mooi uit die eerste van die twee sinne, waar dic
sneller tempo in \'Pharao se dogter\' dit moontlik maak om
die
eerste se as buigingsuitgang van \'Pharao\' op te vat. maar
die pouse na \'dogter\' dit tot
\'n onmoontlikheid maak om die
twede se vir
\'n fleksievorm aan te sien. Trouens by gemiddelde
spreektempo (d.w.s. waar groepeformasies die tempo nie
vinniger of stadiger maak nie) word se ook nie by die eerste
Subst. gcgroepeer nie, maar by die twede cn word dus gesê:
Pharao / se dogter met \'n (relatiewe) pouse tussen \'Pharao\' en \'se.

-ocr page 109-

153. Behalwe op opsigselfstaande woorde, kan se dus
betrekking hê op woordreekse as eenheid, of op \'n nader
bepaalde groepskern wat met die bepalinge same ten opsigte
van
se \'n afsonderlike eenheid vorm. In albei gevalle word
die groepering aangetoon deur die pouse voor se. Die
bepaling hoef ook nie, soos in die tot nog toe genoemde
gevalle, voor die kern te staan nie dit kan ook daarna
staan, maar daardeur word die noodsaaklikheid van \'n pouse
voor se nie opgehef nie. Die mees voorkomende geval is
dat die agtergeplaaste bepaling \'n byvoeglike bysin is, soos
in die deur Prof. Bouman aangehaalde voorbeeld :
Persone
wat nie wil aansluit, se sake sal nie deur die lede van die
organisasie behandel word nie.
Die „schroomvallige komma"
na \'aansluit\' is egter nie \'n „teken dat de konstruktie ietwat
ver is gegaan" nie, maar \'n teken dat die skrywer heel goed
gehoor het hoe hy die sin uitspreek, en toe die pouse aangedui
het met \'n komma. Die enigste fout in die sin is dat
nie
vergeet is na \'aansluit\'.

Samestelling.

154. Vir \'n samestelling moet ons aansien die verbinding
van \'n Substantief of Pronomen met die vormwoord, soos
in:
Pa-s\'n, die koei-s\'n, wie-s\'n, dié-s\'n ens., waar die
eenheidsaksent op die eerste lid val. Die verbinding is ook
moonthk by die Besitlike Vnwde:
myne, jouwe (joune), hare.
ons, julle, hulle, haarlie
en sulle. Myne-s\'n, jouwe-(joune-)s\'n
en hare-s\'n khnk egter plat en haarlie en sulle word enkel
gewestelik gebruik. Sulke verbindinge het \'n pregnante
betekenis deurdat in hulle tewens opgeslote lê die inhoud
Van \'n reeds genoemde Substantief, en kom dan ook alleen
maar in die nabyheid van sulke ander Substantiewe voor,
b.v.:
Wie sy pyp is dit? ^ Pa-s\'n. Alleen waar die pregnante
betekenis \'n heel onbepaalde karakter dra, hoef so \'n ander
Substantief nie vermeld te wees nie. Vergelyk:
Kan sy nie

\') Syntaktiese Groepen in Afrikaans.

-ocr page 110-

agietna kom grens nie oor wat me meer hare s n ts me
(Na Olikheid. bis. 19). waarmee vergelyk kan word die
gebruik van .an Subst. in Nederlands:
wat niet van haar ts
As tussentrap kan ons ons voorstel gevalle waar die Subst.
nie genoem word nie. maar \'n
mens iets aanwys soos: Wie-
syn is dit? — Dis Piet-s n.

Opm. By hierdie samestellinge het geslags- cn getalsonder-
skeiding heeltemal verdwyn en is alleen die uitgange
syn s n,
Tnne
gebruiklik. Opmerklik is ook die lang vorm van h.erd e
uitgange, vergeleke by die bindwoorde. Die bestaan van die
laS v^m hang same met die feit, dat die samestellinge altyd
predikatief of selfstandig gebruik word. want in sulke gevalle
weerstreef die Pronomen \'n vormverdunning. Ook as simpleks
het die
Besitlike Vnwd. in predikatiewe en selfstandige gebruik
altyd\'n lang vorm (Vgl.:
my hoed met dis myne; myneisgroter
as jouwe)
en die feit dat ook die Besitlike Vnwde so \'n ver-
sterking nodig het, wys daarop dat die vormwoord in hierdie
gevalle as \'n stut beskou kan word, wat dieselfde diens doen as
een in ander gevalle (Sie § 91). In teenswoordige Nederlands
dien
de voor die Pron. Possessivum in sekere mate as so \'n stut
(\'tis de mijne; de mijne is groter als de jouwe), sodat die ver-
bindinge met
s\'n daar nie tot ontwikkeling kom nie. In sewen-
tiende-eeuse Nederlands kon \'n mens sowel sê:
\'t Is de myne
as \'t Is myne. Dat in die teenswoordige Algemeen Nederlands
steeds
de gesê word en Afrikaans, waar die Lidwoord nie gebruik
word nie, dikwels
s\'n gebruik, is seker verskynsels wat parallel loop.

155. Geskiedkundig. Die gebruik van die pronominale
vorme as bindwoord het ontwikkel uit die gebruik as Be-
sitlike Vnwde en wel deur verskuiwing van die sintaktiese
groepering. In sinne soos:
der Sarrasine haer rikei den enen
sijn penninc - beter is.
het die Substantief nog \'n kasusvorm

wat deur die Lidwoord aangegee word. Met die verswakking

van die gevoel vir die vorm van die Lidwoord het die opvatting
dat die Voornaamwoord die kasus aangee, gepaard gegaan.)

Vandaar dat in moderne Nederlands in sinne soos: Zi;/letben

de(n) man zijn geld gestolen •de(n) man\' gewoonlik opgevat
word as \'n bepaling van \'geld,\' terwyl sowel \'de(n) man\' as

i) Van Heiten, Vondel\'s Taal, § 271.

-ocr page 111-

\'zijn geld\' vroeër objekte was van \'gestolen.\' Vgl. vir Afrikaans t
\'n tragedie wat vyf Afrikaners hul lewe gekos \'t aan die
galg
(Piet Retief, bis. 10). Sulke sinne het ook voorgekom
by Substantiewe wat lewenslose voorwerpe aandui. Vgl.:
En
stoppen toe den Tems met lycken synen kil
(Geeraert van
Velsen);
\'t Ryck sijn see (Sophompaneas). Tog is die kon-
struksie met pronominale vorm as bindwoord in moderne
Nederlands beperk tot lewendige wesens. In die sewentiende
eeu was dit anders. Huygens skrywe b.v.:

Gelyck de siecke mann het eene Bedd verveelt
Tot dat hy \'t ander proeft, en dat het niet en scheelt
Van \'t eerste sijn gemack. soo ruylickEerck voor Eicken
En Eist voor Bercken-bosch.
(Hofwijck vss. 335-8) en Hooft:
Wat raet om \'t hol zijn deur te vinden ? (Geeraert van Velsen).

Hierdie konstruksie, wat die grammatisie veroordeel het,
verdwyn na 1625 uit die werk van Hooft, Vondel en aan-
hang. Huygens het dit egter sy hele lewe deur bly "gebruik,
en die onverswakte lewenskrag wat dit in die gesproke taai
behou het met die eervolle plaas wat dit na 1880 in die
Nederlandse literatuurtaal herower, bewys andermaal dat die
lewende taal hom weinig steur aan die voorskrifte van taaldespote.

Ons het reeds aangetoon hoe z\'n ook in Ndl. na Vraende en
Aanwysende Vnwde gebruik word, en by die s.g. Onbepaalde
Vnwde wat uit Substantiewe ontstaan het, is die gebruik van
sy haas vanselfsprekend. Vir die gebruik van die woord na
\'n Betreklike Vnwd. siteer Van Heiten reeds uit W. van
Hildegaersberch \'n voorbeeld : Wies
sijn viande. In sommige
Saksiese dialekte in Nederland word
z\'n teenswoordig ook na
vroulike persoonsname gebruik.®) Ook in Platduits word die
pronominale vormwoorde op uitgebreide skaal gebruik na
substantiewiese Pronomina. Voorbeelde daarvan is:
Wen\' sin
^offis dat? Wokeen sin Köh hest du vunnacht wat andan?Een
sin Dod is den annern sin Brot. Dat is de Bur, den\' sin Fru dod

Vondel\'s Taal, § 271.
*) Mededeling van Prof. de Vooys.

-ocr page 112-

bieben isen „im Scherz wird wohl auch mm sm gesagt Platdui^^s
naat selfs verder as Afrikaans, want ook die Persoonlike
Vnwd. word deur so \'n vormwoord met n Subst. verbind:
Is dat Se Hand?, waaruit in Angelen die samegetrokke
vorm
sits ontstaan het: 5e.. feswnnnen för sirs Oogen,)
Die samestelling moet ontstaan het uit die substantiewiese

gebruik van die Besitlike Voornwd.. waarin dus die betekenis

van \'n voorafgaande Subst. opgeslote gelê het. In Hoogduits
was sulke konstruksies voeër baie in trek. Vergelyk: /rem
germgerer
Heldenmuth als Carls des Grossen seiner; dieses
Schloss wäre Lord Eduards seinem gleich; dass seine Werke
sehr nahe an des Moliere seine kämen,\')
ens. Of die same-
stelling ook in Platduits voorkom is nie duidelik uit die
voorbeelde nie. maar in n ander
Saksiese dialek. die
Groningse, is dit wél bekend. Op die vraag
Wies boek is
dat?
antwoord die Groninger: Jan zienent\') (Let ook hier

op die lang vorm).

Is dit nou nodig om nog ander invloede ook aan tc neem
vir die uitgebreidheid van die konstruksies met se, ens. in
Afrikaans? — Tcorcties is dit seker nie nodig nie. want
dis duidelik dat in die vorme van Nederlands en Duits
wat aan die Kaap gepraat is. die pronominale bindwoorde
tussen sovecl soorte substantiewiese woorde gebruik geword
het. dat die analogiesc uitbreiding tot iedere soort substan-
tiewies gebruikte woord moontlik was. En op die vraag wat
die stoot gegee het tot dié uitbreiding kan die antwoord,
soos in sovecl ander gevalle, wees. dat die vermenging van
dialekte en die aanleer van die taal deur vreemdelinge sulke
analogie-werkingc sterk moet bevorder het. Maar ons moet
rekening hou met die historiese feite en dan moet erken
word. dat in hierdie geval nog \'n besondere invloed aanwesig
was. Prof. Hesseling. wat die uitbreiding van die „omschrijving
van den genitivus door middel van \'t bezittelijk voornaam-
woord" onder die vormleer behandel - iets wat maar vir

») Meyer, Unsere Plattet. Muttersprache, Ms. 69.

Paul, Deu. Grammatik III, bis. 325.
») W. de Vries,
Dysmelie, bis. 64.

-ocr page 113-

\'n baie klein gedeeltetjie geregvaardig is het vermoedelik
ook hier aan Maleis-Portugese invloed gedink. Dr. Bosman
het hom vergenoeg met daarop te wys, dat reeds van Riebeek
sulke vorme soos:
de hoenders hare nesten en \'t schip den
Olifant syn touw
gebruik en sonder nadere verklaring te sê,
dat die uitbreiding van die gebruik van sulke analietiese
vorme in Afrikaans net is wat ons sou verwag. Uit die feit
dat
haar [en hulle I] soms nog voorkom, konkludeer hy, dat
die uitgebreide gebruik van
se \'n vereenvoudiging van
betreklik jonge datum is.") Daarby verloor hy egter uit die
oog, dat die voltrekking van so \'n proses \'n lang tyd in beslag
kan neem, en die feit dat die ander vorme in sommige dele
van die land nog nie heeltemal deur
se verdring is nie, dus
niks hoef te bewys vir die tyd van oorsprong nie. Die
afwykende gevoel vir die woordgeslag by die inboorlinge kom
nouliks is aanmerking, daar Afrikaans \'n onderskeid maak
tussen die gebruik van die bindwoord en die Besitlike Vnwd.

Inderdaad was ook in Mal. Port. die gebruik van suu^a =
Mal.
punja seer verbreid. Net soos Platduits gaan Mal.
Port. by die gebruik van
suwa na Voornaamwoorde selfs
verder as Afrikaans en dieselfde vorm kom by alle geslagte
en albei getalle voor, sodat ons daar vorme kry soos:
minja
suwa =
my; eli suwa = sy; ijo iste suwa rekadu = my groete :
me suwa subrinja = my niggie; esta alber alber suwa fruta =
hierdie bome se vrugte. Die aanwesigheid van sulke vorme
in Mal. Port. en in Platduits kan baie goed meegehelp het
om Afrikaans iets verder dieselfde rigting op te drywe as
dit anders sou gegaan het. Veral die gebruik van
suwa
na temporale By woorde, soos in: agora suwa tempu = Afr.
nou se dae = Port. o tempo de agora, toon \'n merkwaardige
ooreenkoms met Afrikaans, wat in Europese tale onbekend is.®)
Vir inwerking van Mal. Port. in hierdie geval pleit ook die

\') Het Afrikaansch, blss. 134-6.

\') Afr. en Mal. Port., bis. 95.

\') Sciiucliardt, Kreol. Studien IX, blss. 216 vlgg.

-ocr page 114-

feit. dat n soortgelyke gebruik van se nie deurgevoer is by
die lokale Bywoorde nie. Sulke uitdrukkinge kan ook mee-
gewerk het om die gevoel vir die onderskeiding naar geslag

en getal af te stomp.

Volledigheidshalwe moet ons op nog n ander taal wys wat
die uitbreiding van die konstruksie in Afnkaans kan bevor-
der het. In ..Die Huisgenoot"
van Febr. 1923 (blss. 452 vlgg.)
lê Adam Boshoff die volgende woorde in die mond van

Takob Wag-\'n-Bietjie. \'n baster Boesman-Griekwa van Gens-

boklaagte aan die soom van die Kalaharie: hy ge-seet nou
hy hyse vrou.
Gemelde Jakob Wag-\'n-Bietjie praat verder
van:
hyse stoeU hyse geseg; hyse mamma se melk; hyse
name; hyse ou viool,
ens. Nou bestaan daarin Hottentots )
twee partikels wat kan gebruik word om Besitlike Vnwde
van Persoonlike Vnwde te vorm. n.l. a en
di. Die woordorde
(Subst. Part. Pron. Pers.) toon aan dat die Grikwa-
afrikaanse konstruksie nie op \'n vertaling van sinne met die
eerste partikel kan berus nie. Dit moet dus_ teruggaan op
uitdrukkinge soos:
ti di khóin; sa di hab; //êib di ómi wat
ons woordelik kan vertaal:
ek se vrinde; jy se perd; hy se
huis.
Maar hierdie di is ook die gewone genitiefspartikel by
Substantiewe en staan na die geregeerde en voor die regerende
Subst.. sodat ons ook
khoib di hab Woordelik kan vertaal:
die man se perd. Wie sal ontken dat ook Hottentots
kan meegehelp het om die uitbreiding van
se-konstruksies
in Afrikaans te bevorder?

(6) Verbinding deur middel van Preposiesies. 2)
156. Substantiewe (Pronomina) kan ook deur middel van
Preposiesies met mekaar verbind word. Die Substantiewe
behou dan ieder sy eie aksent. en as geen spesiale klem
bedoel word nie. het die Preposiesie ondergeskikte aksent.

Ons gee natuurlik die Nama-worme.
n Bewerk naar: Paul. Deu. Grammatik, §311; Den Hertog,/^eder/.
Spraakkunst l, bis. 86; 111, §§ 116-8.

-ocr page 115-

Hoewel die naam Preposiesie (Voorsetsel) te kenne gee dat die
bindwoord voor die (twede) Subst. staan, kom dit ook dikwels
voor dat dit daarna staan of dat meer as een Prep. gebruik
word wat gesamentlik die twede Subst. omring.

157. Deur middel van die Voorsetsels kan teenswoordig
seer verskillende verhoudinge uitgedruk word en van hierdie
verhoudingswoorde word dan ook \'n seer ruime gebruik gemaak.
Histories word die ontstaan van die hele woordsoort ver-
klaar uit \'n verskuiwing van die sintaktiese geleding, waar-
deur oorspronklike Bywoorde as samegaande met Substantiewe
opgevat is. Soos ons nou nog in sinne soos:
Hy loop
die rivier langs; hy loop die brug oor,
ens. \'rivier\' en \'brug\'
kan opvat as \'n plaasbepaling by \'loop\', en \'langs\' en \'oor\'
as \'n twede bepaling, of anders \'langs\' en \'oor\' as ver-
bindingswoorde tussen \'loop\' en \'rivier\', en \'loop\' en \'brug\' —
so sou die Ww. oorspronklik \'n bepaalde kasus van die
Subst. geregeer het en daar dan nog \'n Bywoord naas gestaan
het. Later het die opvatting dan ontstaan, dat die woord
wat oorspronklik \'n Bywoord was, die kasus van die Subst.
regeer. Uit die gebruik as bindwoord tussen Ww. en Subst.
het dan ook die gebruik as bindwoord tussen Subst. en Subst.
(en ook tussen Adj. en Subst.) ontstaan, en wel langs die weg
van Substantiewe met werbaalstam tot Substantiewe in die
algemeen. By die verhoudinge wat op hierdie manier tot
stand kom, kan ons onderskei tussen twee groot betekenis-
klasse : I. Verbindinge waarin die twede Subst. dien om die
betekenis van die eerste te vul. In sulke gevalle kan die
eerste Subst. parallel gestel word met Ww. en Adje. waarvan
die inhoud deur \'n Objek voltooi word. II. Verbindinge
waarin die twede Subst. dien as bepaling van die eerste.

I. Voltooiinge:

158. (a) Ter voltooiing van die betekenis van \'n Subst.
Word in die reël dieselfde Preposiesies gebruik as by die
voltooiinge en bepalinge van ooreenkomstige of analogies
daarmee gelyk gestelde Werkwoorde. Daardeur kan lokale
verhoudinge uitgedruk word, n.1.: («) rigting na:
die reis na

-ocr page 116-

Kaapstad; die geroep om hulp; [P) rus of beweging bmne
bepaalde perke:
\'n wandeling op straat; die sittery op dte
bank;
(r) rigting waarvandaan: die val van die stoep af; n
slukkie uit L emmer. Dit is almal gevalle waar d.e betekems
van \'n Subst. wat \'n handeling (of wat as handeling gedag
word) uitdruk, voltooi word. Op dieselfde manier kan n mens
die betekenis van n Subst. wat die verrigter van nhandehng
noem. voltooi: («) rigting na:
die reisiger na Kaapstad; rus
of beweging binne bepaalde perke: \'n
helper tn die nood;
(y) rigting waarvandaan: \'n redder mt die nood.

159 \'n Besondere betekenis het konstruksies. waarin twee
gelykluidende Substantiewe deur middel van \'n Preposiesie
verbind word. soos in:
hand in hand, skouer aan skouer.
kop om kop
wat beteken: die een sy hand in die ander-s n:
die een sy skouer by die ander-s\'n; die een sy kop by

die ander-s\'n. aj- i f f

160. (b) Substantiewe wat gevorm word van Adjektiei-

stamme. en analogies daarmee gelykgestelde Subste.. word
deur middel van dieselfde Preposiesies as die betrokke
Adjektiewe voltooi:
sy roodheid in die gesig; sy lompheid
van uiterlik.

161. (c) Voltooiinge wat ooreenkom met die direkte Objek
by die ooreenkomstige of analogies daarmee gelykgestelde
transitieweWw.. word deur middel van t;an met die Subst.
verbind. [N.B. Hier word transitief genoem ook dié Ww. wat
onder sekere omstandighede deur middel van
vir met hulle
Objek verbind word (Sie § 274)]. Op hierdie manier word
dus dieselfde uitgedruk as deur die Genitivus Objectivus:
die bevryding van die land; die bekering van die stad; die

doodskiet van die rebel.

162. (d) Ander oorspronklike genitiefsbetrekkinge waarin
die betekenis voltooi word en wat deur middel van
van kan
uitgedruk word. is: («) die betrekking van verhoudingsbe-
grippe tot hulle voltooiing:
die vader van die huisgesini
die president van die republiek. {P)
dat \'n eienskap aan \'n
voorwerp ens. kleef;
sy helderheid van gees; die opregtheid

-ocr page 117-

van sy gemoed. Die voorwerp kan egter ook dien om
die eienskap te karakteriseer:
die geduld van \'n lam; die
liefde van \'n moeder,
(y) dat iemand die vervaardiger of
verrigter van \'n werk of werksaamheid is:
die gedigte van
Celliers; die metode
van Pestalozzi; die landtog van Van der
Stel
{S) dat iemand of iets die volmaakste in sy soort is: die boek
van alle boeke.
(e) dat persone, sake. eienskappe. ens. \'n geheel
vorm waartoe \'n deelbegrip hoort:
iets van haar aantreklikheid;
drie van haar seuns; party van ons.
Hierby hoort ook die
Anglisisme :
die hele van die ander dag (Nuwejaarsfees. bis. 190).

163. (e) Deur middel van deur word die verrigter van
\'n werk uitgedruk:
die beskrywing deur Plinius. Gewronge
word die konstruksie as daardeur uitgedruk word dat \'n
toestand ondergaan word. soos in:
die verblyf deur hom aan
die strand.
Die verhouding kom dus ooreen met die van die
grammatiese Subjek tot die Ww. en kan ook uitgedruk word

deur middel van van. (Sie d, y.)

164. (f) Dat die geldigheid van \'n begrip beperk word
tot \'n bepaalde ander begrip kan deur middel van verskillende
Preposiesies uitgedruk word:
sy oordeel omtrent (aangaande)
die saak; \'n indeling naar die vorm;
(literêr): in verband met
die moeilikhede wat daar toen ontstaan is, nopens die uit-
voering van syn
bouw-kontrakte (Piet Retief. bis. 14).

165. (g) \'n Eienaardige soort betekenisvoltooiing is gelyk-
stellinge. waarin die twede Subst. te kenne gee waaroor
gepraat word en die eerste Subst. uitdruk waarmee dit geïden-
tifiseer word. As bindwoord dien
van. Die snuiter van \'n
Jong seun in KakieiVetgeetNie,
bis. 81): dieselfde klein bog
fan \'n seun (Vergeet Nie, bis. 118): \'n niksnuts van \'n vent; \'n
boom van \'n kerel; \'n reus van \'n man,
ens.. ens. Ongeveer
dieselfde verhouding kan in sommige gevalle uitgedruk word
met die vergelykingswoord soos;
\'n kérel soos \'n boom;
\'n man soos \'n reus.
Die verskil is, dat in die laaste geval iets
voorgestel word as \'n vergelyking maar by vooropplaatsing
van die gelykende begrip as \'n identiteit. (Vgl. § 181.)

166. Geskiedkundig. Konstruksies van hierdie aard kom

-ocr page 118-

in Nederlands reeds in die Middeleeue voor: een leeuw mn
een man,
en is ook in ander tale goed bekend. Vgl.: Hd.
ein Teufel von einem Weibe; Fr. eest un diable d\' homme;
Eng. a devil of a fellow.
II Bepalinge:

167. (a) Van word gebruik om die volgende genitiewiese
bepalinge uit te druk: («) die besitter van iets:
die erf van
Naboth.
(jS) die persoon of saak ens. waarby iets hoort:
die diere van die veld; die berge van Skotland; Lenie van
Tant Sannie.
(y) die eienskap, werksaamheid ens. wat aan
\'n
persoon, saak. ens. toekom: \'n man van gebed; \'nman van
betekenis\', \'n man van die pen; \'n daad van barmhartig-
heid.
Die eienskap kan ook dien om iets te karakteriseer:
die misdaad van hoogverraad; die ondeug van dronkenskap.

168. (b) Die maat, gewig, omvang of hoeveelheid van iets
kan ook deur middel van
van uitgedruk word: \'n baal kaf van
50 pond; \'n pakkie kerse van 6 stuks; \'n
stukvat van 6 leer.

169. (c) \'n Prys kan aangegee word deur middel van yir;
lekkers vir \'n oulap; lemoene vir \'n halfkroon.

170. (d) Bepalinge van herkoms en plaas word deur middel
van verskillende Voorsetsels uitgedruk:
Mnr. X. van Kaapstad;
\'n wind uit die Noorde; die brug oor die rivier;
Ladismith
in die Kolonie; \'n skip op see.

171. (e) Ook om bepalinge van tyd uit te druk doen
verskillende Voorsetsels diens:
die aand voor die geveg;die
dag na die gebeurtenis; \'n verhaal uit die verlede; \'n wandeling
in die maanskyn.

172. (f) By bepalinge van stof word yan gebruik:\'n huis

van klei; \'n dak van riet.

173. (g) Bepalinge van begeleiding of samegaan word
veral deur middel van
met uitgedruk: \'n msindjie met vrugte;
die wa met perde; koffie met melk. By ander Voorsetsels
soos in: \'n slang op versterkwater kan \'n mens die twede
Subst. as \'n bepaling van plaas óf van begeleiding
beskou.

>) Stoett, Mnt. Syntaxis, § 153 Opm. IV.

-ocr page 119-

174. (h) Verder word deur Preposiesies nog \'n groot
aantal ander bepalinge uitgedruk wat ooreenkom met adwerbiale
bepalinge by Werkwoorde, soos:

Oorsaak: \'n verkouendheid deur onverskilligheid: rusie
oor water; (literêr) rusie weens politieke verskille.

Grond: \'n besluit kragtens Artiekel 20.

Middel: \'n steek met \'n mes (saam).

Gevolg: Straf by oortreding van die wet.

Doel: \'n Middel tot beterskap; \'n poging om te slaag.

Voorwaarde: Hulp ingeval van moeilikhede.

Toegewing: Sy moed ondanks teenspoed.

Manier: \'n Protes by wyse van werkstaking.

Vaste Preposiesies.

175. By \'n groot aantal Substantiewe word \'n vaste
Preposiesie gebruik wat gewoonlik dieselfde is as by die
ooreenkomstige Werkwoorde en Adjektiewe gebruik word.
Vbb. is:
vol hoop op \'n vergulde toekoms (Misdade, bis. 58);
vrees vir, verlange na, vertroue op, geskiktheid vir, tevredenheid
met, skade aan, iemand of iets.
Dis eienaardig dat, hoewel
daar so \'n vaste samehang tussen sulke Subste. en bepaalde
Preposiesies bestaan, daar tog geen neiging is om die ver-
binding tot \'n kompositum te maak nie. Die pouse val altyd
voor die Preposiesie. wat dus veel meer neiging vertoon om
met die Substantief wat volg same te groei. Daarvan word
dit egter gewoonUk weerhou deurdat die volgende Substan-
tiewe so verskillend kan wees. As die Subst. wat die voltooiing
uitdruk eerste staan word die Prep, ook gewoonlik daarby
aegroepeer. Vgl.:
Vir sulke werk het hy nie die geskiktheid
"\'e. Dog nie altyd nie. Vgl. : Die dennebome gee Gert
voor pad
(Prosabundel, bis. 142).

176. Gunstiger is die voorwaardes vir samestelling as
Substantiewe wat lede is van \'n bepaalde klas, deur dieselfde
Preposiesie voorafgegaan word.
So \'n klas vorm die Infinitiewe
wat same met om te dien om die betekenis van \'n ander
Substantief te vul.
Vgl.: Jy is nouliks in \'n toestand om te

-ocr page 120-

trou (Getrou, bis. 23); lus om te gaan; moed om te lewe;
vrees om te beledig; gevaar om oorrompel te word; hoop
om te slaag; begeerte om te oorwin,
ens., ens. Hier bestaan
werklik rede om van samestelling van om fe met die volgende
Infinitief te praat. Net soos na Ww. kom in die geskrewe
taal, onder Nederlandse invloed, egter ook dikwels sinne voor
met enkel
te, wat dus nog met om te mededing om \'n plek
as eerste lid van die samestelling.

Opm. In Suidnederlands word ook om sonder te gebruik:
om sien, om doen, ens.

177. Ook \'n groot aantal bepalinge wat deur middel
van \'n Preposiesie met die bepaalde woord verbonde was
het deur verskuiwing van die sintaktiese geleding samegegroei
met die Preposiesie, sodat Prep. Subst, same nou dien
tot bepaling van die eerste Substantief, Analogies kan ook
nuwe samestelUnge naar dieselfde model gevorm word. Dikwels
is die geleding so vlottend, dat altwee opvattinge moonthk
is, t.w. dat die Preposiesie dien as bindwoord, of dat die
Preposiesie deel uitmaak van die bepaling. Sulke samestellinge
ontstaan veral uit samekoppehnge wat dikwels in \'n bepaalde
vorm voorkom of geïsoleer raak, of wat as geheel, of in
een van sy lede, figuurlik moet opgevat word. Vbb.:
\'n
komplot in die geheim; \'n belofte buite medewete van sy
kollega; \'n weldoener met milde hand; \'n tog per rytuig, te
voet, met die trein
(oorspronklik instrumentale bepalinge); trane
met tuite
(oorspronklik \'n bepaling van begeleiding); \'n hoed
sonder rand
(oorspronklik \'n genegeerde begeleiding).

178. By partitiewe verhoudinge kan die bindwoord ook
nog die betekenis van die eerste Substantief absorbeer,
sodat
die verbinding Subst. Prep. Subst. word tot Prep. Subst.,
b.v.
party van hulle word van hulle. Hierdeur ontstaan egter
geen samestelling nie, maar \'n nuwe verbindingstiepe. (Sie § 376).

Opm. bij §§ 157-178. Vir die gebruik van die voorsetsels in
ander tale moet ons verwys na die groot woordeboeke, soos:
die
Woordenboek der Nederlandsche Taal deur De Vries e.a.;

-ocr page 121-

Grimms Deutsches Wörterbuch;Murray\'sNewEngiish Dictionary;
die Dictionnaire de l\'Académie Française-, ens., maar veral ooit
na die meesterlike behandeling in H. Paul se
Deutsches
Wörterbuch.
Dis te hope, dat die toekomstige groot Afrikaanse
Woordeboek net so \'n deeglike behandeling van die gebruik
van die Preposiesies in Afrikaans sal bevat! Deur hulle enigsins
vae betekenisinhoud is veral die lede van hierdie woordsoort
in hulle gebruik onderhewig aan gedurige wisselinge en oorgange.
Daarom is dit opmerklik dat Afrikaans in die gebruik van hierdie
woordjies so weinig verskil van Nederlands. Vir die vernaamste
verskille tussen sewentiende-eeuse en hedendaagse Nederlands
kan ons ook verwys na die studies van Van Heiten O en Van
der Veen\'). By \'n kritiese studie is die werk van die laaste
veral leersaam, omdat daarin die voorsetselgebruik — egter sonder
skifting — van twee afsonderlike dialekte, die Brabantse en die
Noordhollandse, behandel is. In veel gevalle waar die Algemeen
Beskaafde Nederlands vandag afwyk van die sewentiende-eeuse
konstruksies, het Afrikaans die ouer toestand bewaar. Om her-
haling te voorkom noem ons ter illustrasie hier voorbeelde
van sulke gevalle naWw. en Adje-, sowel as na Subste-, uit die
dialek van Noord-Holland, meer bepaaldelik Amsterdam, in die
sewentiende eeu\'):
mannen met de naam ; by sich selven komen ;
leven op iets; praten van iets; met iemand spreecken van iets;
aen brant steken; wel vaeren van iets; vatten na iets; wonen
op een plaats; geboren van; sieck van; vriendelijck met-, arm
van; rijck van; verlooft aen.

Die mees opvallende nuwe ontwikkeling in Afrikaans is die
veelvuldige gebruik van
vir, dikwels ten koste van ander Pre-
posiesies^). (Sie ook § 271 en § 274).

Dis alweer die vae inhoud van dic Preposiesies wat daarvoor
verantwoofdelik is, dat juis hierdie woordsoort die Engelse
invloede so moeilik kan weerstaan. Onder die Anglisismes in
\'Johannes van Wyk\' noem Dr. E. C. Pienaar»):
dl dorpi van
Stellenbosch; fluister aan fAU.virJ hom; buiging aan [Mr. voor]
haar; op één geleentheid;
en in \'Stompies\': in die maand van

Vondel\'s Taal, §§ 238-240.

V Taaleigen van Bredero, §§ 112-114; 144-162.

. V Uit van Heiten, Vondel\'s Taal-, Van der Veen, Taaleigen; Boe-
kenoogen.
De Zaansche Volkstaal.

p V Vgl. Handleiding, bis. 63 cn bis. 78. Vir die ontstaan van die
^reps.
bokant, onderkant ens. vgl. Handleiding, bis. 60; en Bosman,
ontstaan van Afr., bis. 116.

\') Taal en Poësie, bis. 122 en bis. 128.

-ocr page 122-

April- vir die kortste van oomblikke; vir \'n volle jaar. Dr P.
C SchooneesO noem as voorbeelde van Anglisismes o.a by
vonWielligh:
die naarste van drome; in vatbare wyse opgestel
bv de Waal: voorsien met; vermorsel aan \'n rots; hy roep op
die sangpaar; vervang met; gedagtes in die saak ^orm; om
jou naamtekening aan hierdie getuigskrif
met die nou gang te begewe na sy kompartement; hy spring
"ft t skrik\'in !y sitplaas op;\'nkelkie
tot mekaar^^^^^^^^^^^
drink ■ kom!" roep die boer aan die perde; duskant van Paar-
dZrg;rykin bobbiaan....;
by J. H. Malan: Uit die gang mt
gaah \'n mens by \'n rei trappe op
na bo-, student in\'nNeerlandse
Universiteit; sakdoeke aan die vertrekkende gewaai.

In geskrewe Afrikaans tree ook Nederlandse mvloede sterk
op dif voorgrond. Vergelyk b.v.: O/n f.
wag op die Jong mannetjte
(Oerwoud, bis. 75); .. v.^op/evve./z dood (Vergeet Nie bis. 26)
maar wat sal hy aan haar sê (Vergeet Nie, bis. 35); se die

een teen die ander (Getrou, bis. 17). •

Twee inwendige oorsake werk mee tot onvastheid in die
gebruik van die voorsetsels. Die eerste is die onbeholpenheid
wat aan die dag kom
as skrywers\'n deftige taal probeer gebruik

wat hulle nie beheers nie. Vergelyk b.v.: die kroon was ..deur
mak-roosmaryn ... versier
(Prosa, bis. 219). Maar veral kon-
taminasies kan hier hoogty vier\'). Vgl.:

Sekere voorstanders vir \'nBybelvertalingiE.SkryvfQrs,h\\s.\\9)

[< voorvegters vir].
Dat Engels \'n gevaarlike mededinger teen Hollands en Afrikaans

is (E. Skrywers, bis. 90) [< vegter, stryer ens. teen].
Onder ons mense hier aan Kaapstad (E. Skrywers, bis. 159)

[< hier aan die Kaap].
En bedien hom met die hotnot- of griekwabenaming{E. Skrywers,

bis. 115) [< bedien hom met kos, = voorsien van].
Eindelik eis die oseaan die landstreke terug wat sedert eeue
van hom ontleen is
(Getrou, bis. 19) [< van hom geleen].
Uit OU wisselvorme soos
bekommeren om en bekommeren
over, schamen om
en schamen over het In Afrikaans \'n gelyk-
stelling van
om en oor op veel uitgebreider skaal ontstaan,
waarby
oor die winnende party is. Vgl.: Gaan jy nou werkliK
daarheen oor die ou noointjie
(Na Olikheid, bis. 27). Deur
bemiddeling van sinne soos: daar staan \'n boom langs die weg,

1) Die Prosa van die Twede Afr. Beweging, bis. 99, blss. 129-130,
^Vgi. ook Bouman,
Syntaktiese groepen in Afrikaans (N. Taalg. XVII).

-ocr page 123-

het by langs in Afrikaans elke gedagte aan lengte of beweging
verdwyn, sodat \'n mens kan sê:
die man staan langs die
asftopic. Eindelik vertoon partisipiale uitdrukkinge \'nkontaminasie
wat beïnvloed is deur die verbindingstiepes van Substantiewe.
Soos die passiewe Verbum Finitum kry die adjektiewiese pas-
siewe Part. Preteriti \'n instrumentale bepaling wat ingelei word
met die bindwoord
deur. Vergelyk:

Rustige Karodorp, dromend in selftevredenheid en wyd omwoon
deur slapende koprande
(Vergeet Nie, bis. 5).

\'n Groot dam, omgroei deur breedspreidende w/Z^^erèomc (Vergeet
Nie, bis. 12).

Nog \'n skoot val, deur die... maanhaar uitgelok (Oerwoud,
bis. 31).

Naar die model van die dubbele manier, deur middel van deur
en van, om die verhouding van Gen. Subjectivus by Substantiewe
uit te druk (§ 163), dring, versterk deur die analogie van die
talryke
Adje- met van (vgl. bewus van, siek van, moeg van,
treurig van
ens.), en deur die van nomina agentis, soos: die
maker van, die beoordelaar van,
ens., die Preposiesie van hom
egter ook op as bindwoord by sulke Parta- Vgl.:

Wat nog onbeskadig van asvoëls daar lê (Oerwoud, bis. 71).
En dan gewaag ons nie eers van die lyding van die voorste
voortrekkers in stilte verduur
(Boervrouw, bis. 115).

Vervolgens werd van die landdros die bouw-plan goedgekeur
vir \'n drosdy
(Piet Retief, bis. 14).

179. Geskiedkundig. In die middeleeue kon die meeste
voorsetsels sowel die Datief as die Akkusatief regeer. Enkele
kon, veral by \'n Aanwysende Vnwd., ook die Genitief regeer,
en daar was ook nog reste van die ou Instrumentalis na \'n
Voorsetsel. \'n Paar Voorsetsels het egter byna uitsluitend
\'n Akkusatief verlang.

In sewentiende-eeuse Nederlands kon deur gelykheid van
vorm gewoonlik nie meer uitgemaak word of die geregeerde
kasus \'n Datief of Akkusatief was nie.")

In Afrikaans het die verdwyn van alle vormverskil om
kasus uit te druk by Subste, teweeggebring dat die Preposiesies
die een gemeensame vorm regeer. By sommige Pronomina

Stoett, Mnl. Syntaxis, §§ 118-120.
\') Van der Veen,
Taaleigen, § 147.

-ocr page 124-

bestaan egter nog \'n verboë vorm wat te onderskei is van

dieNominatiefendeurdiePreps-geregeerwordfJietroordepan

hom; die beroep op my, ens.). en ook by Snbste. bestaan nog ver-
starde reste van die ouer kasus-reksie. Vgl.: fe
allen tyde; m den
beginne\', mettertyd; ten dele; in der
daacf ens. Daarteenoor
staan dat in die Noorde
ek en jy as \'n eenheid gevoel word
wat onverboë bly. Vgl:
Maar vir Duimpie was dtt so veel
soos \'n hele bottel vol sou wees vir ek en jy
(Duimpie 11.

bis. 32).

(7) Verbinding deur middel van Konjunksies.

180. As twee Substantiewe (Pronomina) waarvan die
een die ander bepaal deur middel van \'n Konjunksie met
mekaar verbind word. behou by gewone betoning ieder sy
eie aksent en is die aksent van die Konjunksie ondergeskik. Drie
Konjunksies kan hierdie enigsins preposisionele funksie vervul:
soos
(net soos) [< Ndl zo als], nes [< Ndl net als] en as.
Ndl
gelijk, Vlaams lijk, kom nie meer voor in gesproke
Afrikaans nie.

181. Soos en nes word gebruik om \'n vergelyking uit
te druk. Vgl: \'n
kérel soos (nes) \'n boom; \'n voet soos \'n
poot; met \'n geluid net soos \'n snik
(Misdade. bis. 97). Soos
by die verbindinge met
van (Sie § 165.) kan die woord wat
aangee waarmee vergelyk word. as die belangrikste. voorop
gestel word. Dan is dit egter beter om van n identiteit as
van \'n vergelyking te praat. Vgl:
\'n Niksnuts soos jy7
(Na Olikheid. bis. 29). Die uitbreiding met is - vgl: Om vir
jou, so \'n basterd soos jy is, te laat vang
(Na Olikheid,
bis. 36) - is my in die spreektaal nie bekend
nie. Dit kan n
vertaling wees van Ndl
die je bent of Eng. you are; of is

dit \'n spontane ontwikkeling?

182. Deur verbindinge met as word n beperkende hoe-
danigheid agteraf vermeld. Vgl: ,j ui

Hulle het hom as kind goed laat skoolgaan (Veld. bis. lU)-

-ocr page 125-

In 1834 sien ons die vrouw van ƒ. /. Uys met haar man
en ander kommissielede als die enigste vrouw waag om die
vreemde wildernis in te gaan
(Boervrouw, bis. 72).

183. In literêre Afrikaans kom egter dikwels onder
Nederlandse invoed ook as by vergelykinge voor, waar
suiwer Afrikaans soos of
nes eis. Vgl.:

Dat \'n taal as Engels, wat algemeen as \'n tiepiese mengel-
taal beskou word, daarin verskil
... (Ontstaan van Afr., bis. 14).

Die verlies van die slot-t in woorde as herfs. (Idem, bis. 95).

Opm. by §§ 180-3. Die vorm als is in die gesproke taal
onbekend en sedert enige jare ook in die geskrewe taal verouderd.

-ocr page 126-

HOOFSTUK III.

Die Adjektiefgroep.

A. Adjektief Substantief (of Pronomen).
184. Hierdie verbinding het ontstaan by die predikatiewe
gebruik van die Adjektief en is in hoofsaak nog daartoe
beperk. (Vir afwykinge sie benede.) Die verbinding dien tot
voltooiing of nadere bepaling van die betekenis van die
Adjektief. By dié predikatiewe gebruik, dus in gevalle soos:
Hy is vry van bedrog, vry by ons, sou ons. wat de betekenis-
inhoud betref, net so goed kan praat van \'n voltooiing of
bepaling van die Werkwoord
[is vry] as van die Adjektief
[vry]. Die taalgevoel groepeer, soos die spreektempo aantoon,
in sommige gevalle die Adjektief by die Werkwoord, sodat
die voltooiing (bepaling) die hele verbinding geld:
dis breed —
drie duim
: in ander gevalle die Adjektief by die voltooiing
(bepaling), sodat die laaste alleen die Adj. geld:
dis / drie
duim breed.
Gewoonlik word Ww. -f Adj. voltooiing
(bepaling) met ongeveer gelyke tempo uitgespreek, wat dan
die moontlikheid ooplaat vir n geleding waarin die Adjektief
óf na die een kant of na die ander geruk word. Ook
die tempo gee dus geen aanduiding wat vir alle gevalle
geldig is nie.

185. Van die vyf vormtiepes wat ons onderskei kan die
Subst. (Pron.) alleen by die vierde dien tot bepaling van die
Adjektief óf tot voltooiing van sy betekenis. By al die
ander
dien dit tot betekenis voltooiing.

(1) Verbinding deur \'n kasus-uitgang aangedui.

186. In ouer vorme van Germaanse tale was die gebruik
van \'n casus obliquus \'n baie algemene middel om die inhoud
van \'n Adjektief aan te vul. In sewentiende-eeuse Nederlands
was die gebruik van hierdie middel al sterk verminderd en

-ocr page 127-

in teenswoordige Nederlands is daar maar min van oor.
In Afrikaans is daar van die Genitief in hierdie gebruik
nog maar net \'n paar verstarde oorblyfsels. Dit is twyfelagtig
of
mans genoeg daarby gereken kan word, omdat die hoof-
getalle en ander hoeveelheidswoorde substantiewies sowel as
adjektiewies kan opgevat word. Wat oorbly is \'n aantal
uitdrukkinge wat alleen in Bybels-gekleurde taal voorkom:
vol soeten wyns; des doods skuldig; syner (myner, uwer)
gedagtig, genadig, indagtig.
Die Substantief of Pronomen
kan dus voor of agter die Adj. staan en die aksent is
gelykmatig. By al die opgegewe voorbeelde was dit moontlik,
hoewel minder gebruiklik, om die volgorde om te keer:
soeten wyns vol, skuldig des doods, ens.

187. Hierdie uitdrukkinge word in die gewone omgangstaal
in die reël vervang deur ander waarin die verbinding deur
middel van die woordorde of Voorsetsels uitgedruk word:
vol
soet wyn, die dood skuldig, genadig vir my, gedagtig aan
my,
ens.

188. \'n Paar geïsoleerde samestellinge is: mynsgelyke en
deskundig.

(2) Verbinding deur die woordorde aangedui.

189. In \'n aantal uitdrukkinge kan die voltooiing sonder
vormwoord met die Adjektief verbind word, maar dan is
voorplaatsing van die voltooiing noodwendig. Daar die
voltooiing in Oud-Germaans in hierdie gevalle in die Datief
of
Genitief gestaan het, kry die Afrikaanse Persoonlike
Vnwd. die verboë vorm — vir so ver dit nog bestaan.
Die ander Persoonlike Vnwde en die Substantiewe kan
»natuurlik alleen in die onveranderlike vorm optree. Dic
sksent is gelykmatig. Vgl.:
Waar \'n klein reënslootjie hulle

f. \') Wilmanns, Deutsche Grammatik UI, §§ 271-2; 303-5; f5; Paul,
"eu/sc//eOra/7jma//itIII,§§243; 265-6;
SiotiX, Mnl. Syntaxis, §§ 165-6;
van der Veen,
Taaleigen, § 135.

\') Handleiding, bis. 43.

-ocr page 128-

hinderlaag gunstig is (Oerwoud, bis. 23); Jouw woorde is
my duister
(Misdade, bis. 39); dit sal ons aangenaam wees;
my vreemd, vyandig, welkom, toegeneë, nuut, (gunstig)gesind:
sy meester onderdanig,
ens.

190. Al hierdie uitdrukkinge kom alleen in deftige taal
voor; in die daaglikse omgang word verbindinge met Voor-
setsels gebruik. Alleen met
toegeneë is geen verbinding met
\'n Voorsetsel gebruiklik nie.

191. Die vorm waardig, wat oorspronklik \'n Genitief
geregeer het
(zijner waardig), kom nog maar net in deftige
taal voor. In die omgangstaal word dit verkort tot
werd:
hy is jou nie werd nie.
Daarnaas kan egter ook die verbinding
met Preposiesie gebruik word:
hy is vir jou nie werd nie.

192. In deftige taal kan alle Adje, as hulle deur (al)te
of genoeg voorafgegaan word, op dieselfde manier met hulle
voltooiing verbind word:
dis my te duur: ons lastig genoeg.
Ook hier verkies die omgangstaal \'n verbinding met vir.

(3) Verbinding deur woordorde of tempo aangedui.

193. Voltooiinge wat \'n maat, prys, gewig of tyd uitdruk
kan op twee maniere met die Adjektief verbind word:

(a) Die eerste en gewoonste manier is dat die Adjektief
die voltooiing volg;
twee voet lank; drie duim breed\', vyf
sielings werd\', tien pond swaar; ses uur lank.

(b) Met spesiale nadruk kan die Adjektief eerste staan,
sodat dit by die Werkwoord gegroepeer word. Dan is daar
altyd \'n lang pouse tussen Adjektief en voltooiing:
Dis lank
— twee voet; breed — drie duim; werd — vyf sielings
ens.
As die samestelling
kniédiep in mpier (b) omgesit word,
word \'n Preposiesie gebruik:
diep —\' tot (by) die knie.

194. Geskiedkundig. In ouer vorme van Ndl. het die
Adjektief in hierdie verbindinge \'n Genitief (en ook n
Akkusatief ?) geregeer.

\') Stoett, Mnl. Syntaxis, § 168.

-ocr page 129-

(4) Verbinding deur middel van Preposiesies.

195. Behalwe by betekenisverhoudinge wat deur tiepe
(3) of (5) uitgedruk word, is dit die gewone manier om in
die omgangstaal \'n Adjektief met \'n Substantief te verbind.
Die Substantief kan voor of na die Adjektief staan en word
altyd vergesel deur die Preposiesie, wat dus by voorplaatsing
altyd in aksent en geleding ondergeskik is aan die Subst.
Die volgorde kan dus wees:
dit is aangenaam vir ons of
dit is vir ons aangenaam. Vgl. vir voorplaatsing van Subst.
of Pron. nog:
Karei Olivier is met die veld goed bekend
(Misdade, bis. 77): die kleinjong... is vir hul net versigtig
(Misdade, bis. 138); en die koopman is met hul goed bekend
(Getrou, bis. 66). Die Ww. kan tussen Adj. en vohooiing
staan:
Slegs van een gevoel is hy bewus (Getrou, bis. 22).
Terwyl hul in een van hul bymekaarkomplekke besig was
om te drink en dobbel
(Misdade, bis. 6).

196. Naar die betekenis kan ons hierdie verbindinge in
twee klasse verdeel: (a) die betekenis van die Adj. word
voltooi; (b) die betekenis van die Adj. word nader bepaal.

197. (a) Na Adjektiewe met \'n vaste Preposiesie dien
die Substantief tot betekenis-voltooiing. Vgl.:
Hy is baie
gek na sy klein Sussie
(Misdade, bis. 93): is die Kaffers
^oeg van roof..
(Misdade, bis. 109); dat jul twee baie lief
vir mekaar is
(Misdade, bis. 133). So ook: goed vir my:
geskik vir sy taak; begerig na eer; tevrede met sy seun ;
seker van sy saak: bang vir diewe,
ens.

198. Soos by die Substantiewe word ook hier voor
Infinitiewe die vaste Voorsetsel dikwels vervang deur om
te.

Vergelyk: besig.....om te drink en te dobbel (Sie § 195);

geskik om te werk; tevrede om weg te gaan, ens.

Aktiewe Deelwoorde behou die bindwoord wat die ooren-
komstige Werkwoord gebruik:
kykend na my; lettend op
^y omgewing.
Passiewe Deelwoorde gebruik deur: vergesel
^eur sy vrinde, dog soms van. (Vgl. Opm. by §§ 157-78).

199. Vergelykinge wat deur (al) te of genoeg ingelei
Word, gebruik
vir as bindwoord: Dis (al) te duur vir my:

8

-ocr page 130-

lastig genoeg vir ons, Bettie haar hart was te vol vir woorde
(Vergeet Nie. bis. 23) = \'om woorde te gebruik. is n letterlike
vertaling uit Engels. Voor Infinitiewe word ook hier om
te
gebruik en nie vir nie: Dis te duur om te koop.

200. Besondere melding moet gemaak word van die
voltooiing van superlatiewe deur middel van t;an;
die grootste
van die kinders: die mooiste van die meisies.
Hier sluit die
betekenis van die Adjektief ook die inhoud van die Enkel-
voud van die Substantief in. Vandaar dat dit gevolg kan
word deur die stut een, Is die bedoeling van die Superlatiet
meervoudig, dan is die uitgang -s verplig en word dit dus
ook naar die vorm \'n Substantief:
die ^^oofsfes .an die
kinders; die twee stoutstes van die seuns
(Vgl. ^

201. (b) Net soos by die Substantiewe kan ook by
Adjektiewe preposisionele verbindinge met los Voorsetsels
dien tot nadere bepaling:
welkom by ons, onder ons; skuldig
onder alle omstandighede: moedeloos deur teenspoed; lank
by sy broer
(Ndl. .vergeleken bij\'). Ook hier bestaan die
neiging om die Preposiesie met die Substantief tot een
eenheid te laat samegroei. Die geleding is dus erg vlottend,

(5) Verbinding deur middel van Konjunksies.

202. Konjunksionele verbindinge word gebruik om n
hoedanigheid of \'n vergelyking uit te druk,

203. \'n Hoedanigheid word uitgedruk deur middel van
as, Vergelyk: Hy is hoogstaand as mens.

204. In vergelykinge met die Positief word soos of nes
gebruik: Haar hande is wit soos (nes) sneeu. Soos kan
gesplits word in so .,, as; Daar
hulle meen dat hierdie plek
net so goed is as enige ander
(Oerwoud, blss. 58-9): n man
wat aan die hoof staat van so \'n buitengewone volksbeweging
als die Groot Trek
(Piet Retief, bis. 3). In plaas daarvan
kan egter ook gebruik word: so... soos;
Haar hande is

so wit soos sneeu.

205. In vergelykinge met die Komparatief word as ot

-ocr page 131-

dan gebruik. In die omgangstaal is dan in hoofsaak beperk
tot die noordelike provinsies. Vbb.:

Kaaps: Want daar is sommige dinge wat meer kosbaar
is as selfs die lewe
(Getrou, bis. 98).

(By Infinitiewe): Dan sal jy \'n beter werk doen as jou te
bekommer oor my
(Vergeet Nie, bis. 130). [N.B. Normaal
is as om.]

Dat die roeping van \'n onderwyser belangryker is as om
enkel \'n massa onnodige kennis aan sy leerlinge mee te deel
(Misdade, bis. 45).

Ondervinding het my geleer dat die troue hart van \'n
dierbare vriend meer werd is as om daarmee te speel en dit
te verag
(Getrou, bis. 181).

Transvaals: Maar hy het nooit groter geword dan sy Pa
se duim nie
(Duimpie I, bis. 7).

Hier is niks anders te sien nie dan \'n droë sandwoestyn
(Duimpie I, bis. 27).

206. In geskrifte uit die Kaapkolonie kom egter onder
Nederlandse literêre invloede ook
dan voor. Vergelyk:

Dat „Stompies" van tekortkomings wemel, weet niemand
beter dan ekself nie
(Stompies, bis. VIII).

Nouweliks had ek hierdie woorde uit, of \'n golf, groter
dan enige wat ons daar in die diepe see teegekom het, breek
op ons los
(Stompies, bis. 95).

Een pyp daarvan is korter dan die ander (Na Olikheid, bis. 6).

207. In die samestelling niks as (= enkel) lê \'n vergelyking
opgeslote. Vgl:
dis niks as pessimisme wat ons te hoor
kry
(Pers).

208k Kom die hoedanigheidsaangewende as reeds in \' \'n
sin voor, dan word in alle dele van die Afrikaanse taalgebied
dan gebruik om die vergelyking uit te druk: Hy is groter
as generaal dan as staatsman.

209. In literêre taal kom in Afrikaans dikwels onder
Nederlandse invloed as voor in plaas van soos (of so.. as,

\') Vir Nederlands vgl. Bouman, Syntaxis der "Dat"-zinnen, blss.
97 vlgg.

-ocr page 132-

so... soos;. Vergelyk: 5oos blyk uit sulke woorde as klip.

kooi (Ontstaan v. Afr. bis. 35). , .

Annie is nes een wat stom geslaan is. en bleek as die dood

(Misdade, bis. 33).

Hy is wit as die muur (Misdade, bis. 96).

Dié was skerp as \'n skeermes (Misdade, bis. 149).

Sy het haar in die aanval van die Kaffers heldhaftig als
\'n man gedra
(Boervrouw, bis. 76.)

210. In die laaste voorbeeld is kontaminasie moonthk.
As die spreektempo sodanig was, dat kommas na \'heldhaftig\'
en \'man\' die pouses sou verteenwoordig, sou \'als \'n man\' \'n
hoedanigheid aangee. Deur kontaminasie word ook
bo in
plaats van as gebruik. Vergelyk: .

Als verreweg verkiesliker bo die kans om in die hande
van die vyand te kom
(Boervrouw, bis. 142).

[Kontaminasie met: dit staan bo .ek stel dit bo .. ens.]

211. Gewys moet word op die beknopte manier waarop
hierdie vergelykinge uitgedruk word. In:
haar hande is wit
soos sneeu: haar hande is witter as sneeu.
word twee (groepe)
wit dinge vergelyk, maar Adj. sowel as Ww. hoef maar
eenmaal genoem te word. Deur die twede voorwerp te noem
wek die spreker tewens die voorstelling van die vergesellende
eienskap daarvan by die hoorder op. Dieselfde gebeur waar
b.v. handelinge vergelyk word, soos in:
beter werk as jou te
bekommer oor my.

Attributiewe Gebruik.

212. Adjektiewe met Substantiewiese voltooiinge of bepa-
linge kom as reël in die omgangstaal enkel
predikatief voor.
Die enigste uitsondering vorm die Superlatiewe, wat \'n sterk
substantiewiese geaardheid het. Vergelyk:
die grootste van
die kinders was daar,
waarvoor ook gesê kan word: die
grootste een
ens. In die Meervoud kry grootste \'n -s en word
die vorm dus ook substantiewies.
Niks-wërd het in predikatiewe
gebruik \'n samestelling geword en kom dus ook attributief as
\'samestelling voor. Vgl.:
haar niks-wêrd lewe (Spoke, bis. U)*

-ocr page 133-

213. Ook in die literatuur is sulke verbindinge in attribu-
tiewe gebruik seldsaam. Tog kom dit, onder invloed van die
Nederlandse literatuurtaal, af en toe voor. Vgl.:

Omdat dit nie rekening hou met die wordingsgeskiedenis
van die Afrikanernasie en met die daaruit voortvloei-
ende ontwikkeling van sy eie spraak nie
(Poësie, bis. 100).

En dan moes hy bowedien die ons bekende verwyte
opeet
(S. J. du Toit, bis. 35).

Syn in alle waarsky nlikheid veel sorgvuldiger
skoolse opvoeding
(Piet Retief, bis. 43).

Voor Retief s\'n diep in die toekoms deurdrin-
gende geestesoog doem daar \'n skaduwbeeldop
(Idem, bis. 69).

Ek wil begin met \'n vir myself ongunstige voor-
beeld
(Onstaan v. Afr., bis. 140).

En die uit die warm sand stygende hitte het aller-
hande fantastiese figure teen die horison geteken
(Huisgenoot,
Febr. 1923, bis. 452).

B. Adjektief Adwerbium.

Ons onderskei twee tiepes van hierdie verbinding:

(1) Verbindinge sonder vormwoord.

214. In hierdie verbindinge word die verhouding uitgedruk
deur middel van die woordorde en aksent. Gewoonlik dra die
Bywoord die aksent en gaan dit aan die Adjektief vooraf. In
verbindinge met
genoeg volg die Bywoord egter en kry
^ie Adjektief die aksent. Attributief kom die verbindinge
alleen in literêre taal voor. Die Adwerbium bepaal die
Adjektief en kan die volgende betekenisse uitdruk:

215. (a) Graad: Want daar is sommige dinge wat m e e r
losbaar is as selfs die
/eu;e (Getrou, bis. 98). [NB. Hoewel
Afrikaans deur
analogie-werking \'n groot voorliefde het vir
^ie gebruik van
meer by Komparatiewe, is Engelse invloede
nie vreemd aan gevalle soos hierdie nie.]

-ocr page 134-

Die baas was erg teë (Vergeet Nie. bis. 126). So ook:
\'n te grote opgewondenheid (literêr); minder mooi; taamhk
lank; baie kort; buitegewoon vriendelik; nogal aangenaam:
min-of-meer juis: nog moeiliker;
so-goed-as seker: en vir
sulke manne was daar meer as genoeg ruimte
(Getrou. bis.
147). ens.

Met omgekeerde woordorde en betoning: Hy ts ryk genoeg.
In: Ons lewe is tog vol verdriet genoeg (Getrou. bis. 28)
het kontaminasie ontstaan tussen \'O.^ 1. i. vol genoeg van
verdriet\' en \'daar is verdriet genoeg\'.

216. (b) Manier: versigtig inmekaargesit; handig gemaak;

blindelings nagevolg, ens.

217. (c) Hoeveelheid: En ook\'die ander leeus {Oetwond,
bis. 23); en nog verskillende gevalle, ens.

218. (d) Plaas. Die Plaas-adwerbia bepaal gewoonlik die
hele verbinding: Werkwd. adjektiewiese voltooiing. Vgl.
Hy is / nêrens / verleë. As daar \'n verskuiwing plaasvind.
sodat hulle met die Adjektief alleen samegaan. dan vorm
hulle daar meteens \'n samestelling mee:
Dis alom-bekend.
Ook adwerbiale uitdrukkinge van plaas wat deur \'n Preposiesie
ingelei word. bepaal gewoonlik die hele verbinding:
Hy is / tot
in Europa / beroemd,
hoewel hier enige onsekerheid kan
bestaan; en dieselfde geld van Plaas-adwerbia wat \'n nadere
voltooiing het en dus agter die Adjektief kan staan:
Hy is
bekend / orals in die wereld.

219. (e) Tyd. Ook die Tydsadwerbia bepaal die hele
werbale uitdrukking:
En tog is ek nie altyd seker nie {Getton,
bis. 20). By langere adwerbiale uitdrukkinge van tyd kan
die geleding verskillend opgevat worjd:
Hy was van toe af
gemerk; in die rivier is water in die reëntyd volop
(\'n Jag.
bis. 24). Ook by hierdie Adwerbia bestaan \'n sterk neiging
om \'n samestelling te help vorm. as hulle enkel die Adjektief
beheers:
altyd-groen. altyd-geldig. eeuwig-jonk. In literêre
Afrikaans kan sulke adwerbiale bepalinge ook attributief
aangetref word en wel sonder dat \'n samestelling gevorm
word. Vgl.:
en die maan skyn helder uit \'n nou onbewolkte
lug neer
(Oerwoud, bis. 15).

-ocr page 135-

(2) Verbinding deur middel van Konjunksies.

220. Vergelykinge met die Positief word gewoonlik uit-
gedruk deur middel van
soos of nes: Hy was stil soos (nes)
altyd. Soos
kan egter gesplits word in so ... as, of so ... soos :
Hy was so stil as (soos) altyd,

221. As die Adjektief self egter reeds die vergelyking
antisipeer is die gebruik van as verplig of moontlik:
Hy
bied nog dieselfde voordele as toe; dit was ander mense
as gister; hulle is nog net sulke helde as (soos) vroeër.

222. In literêre Afrikaans kom ook by hierdie verbindinge,
onder Nederlandse invloed, as voor in plaas van soos:
en
alles is beweegloos as tevore
(Misdade, bis. 48). Of is dit
Engelse invloed by hierdie skrywer?

223. Vergelykinge met die Komparatief gebruik as of
dan (Vgl. §§ 205-6): Sy is nou baie lewendiger as (dan) toe.

C. Adjektief Adjektief

224. (1) \'n Partisiepium kan deur \'n Adj. bepaal word.
Die verhouding is dan, dat die toestand wat deur die Adj.
aangegee word, tot stand kom deur middel van die werking
wat die Part. uitdruk. Vgl.:
Uitasem geskrik, soek hy naar
\'n wegkruip-plekkie
(Duimpie I, bis. 34); \'n krom gegroeide
boom,
ens.

225. (2) Uit reekse Adjektiewe ontstaan dikwels same-
stellinge, waarin die eerste lid die twede bepaal. Vgl.
gemaak-
onverskillig, begin hy rondkrap
(Vergeet Nie, bis. 119); So
ook:
dof-blou, donker-rooi, vaal-grys ens.

226. (3) By die aangee van hoedanighede word die bind-
woord as gebruik: Die bewerings daarin is bekend als
onwaar
(Boervrouw, bis. 29); en in vergelykinge, as of dan:
Hy is meer geleerd as (dan) verstandig.

-ocr page 136-

HOOFSTUK IV.
Die Werbumgroep.

227. As \'n Werkwoord in \'n sin gebruik word kan dit
die dr\'aer van n volle begrip of van \'n relatiewe begrip
wees. \'n Werbale volbegrip kan vergesel gaan van nadere
bepalinge. wat dien tot verenging van sy betekenis, \'n
Relatiewe werbaalbegrip word deur middel van ander woorde
voltooi en die aldus voltooide relatiewe begrip kan dan op
dieselfde manier nader bepaal word. Dikwels word ook nog
gepraat van leë begrippe; daaronder verstaan ons sekere
werbaalvorme wat deel uitmaak van \'n kompositum. Die
voltooiinge en bepalinge kan. Substantiewe. Adjektiewe.
Adwerbia of Werba wees. Ons behandel dus onder die
verbinding van die Werkwoord met ieder van hierdie.
woordsoorte die volbegrippe. relatiewe begrippe en lede
van komposita of leë begrippe vir sover as hulle voorkom.

A. Werbum Substantief (Pronomen).

(1) Die Werkwoord is \'n volbegrip.

(a) Verbinding deur middel van \'n kasus-uitgang.

228. In ouer vorme van Germaans was die gebruik van
\'n bepaalde naamvalsvorm van \'n Subst. n veel voorkomende
middel om die betekenis van \'n Werkwoord nader te bepaal.
Ook in Middelnederlands kan sulke naamvalsvorme nog
dikwels herken word. maar in Afrikaans het. soos ook in
gesproke en grotendeels in geskrewe Nuwe Nederlands, die

\') Vgl.: Den Hertog, Ndl. Spraakk. §§ 15-34, 41-75; Kpllewijn,
Voorwerpen. (Taal en Letteren IX); Sütterlin, Deu. Sprache, blss.
344-69; Faddegon,
De Systematiek der Synfflx/s,(Neophilologus Vil);
Van den Bosch,
Over Samenstelling (Taal en Letteren III).

-ocr page 137-

onveranderlike vorm van die Subst., al of nie vergesel van
\'n Preposiesie, gewoonlik die plek ingeneem van die vroeëre
vorme. Sonder begeleiding van \'n Preposiesie kan van die
ouer Naamvalle alleen nog maar die Genitief herken word
en die kom enkel nog voor as \'n geykte vorm van bepaalde
woorde wat nie meer as model vir nuwe formasies dien nie.
Die Genitief vorm dus in sulke gevalle adwerbiale uitdruk-
kinge wat kan wees:

229. (a) \'n Plaasbepahng, b.v.: hy gaan syns weegs:
dis allessins, enigsins, geensins aanneemlik.
Hierdie uitdruk-
kinge is beperk tot die skryf- of enigsins deftige spreektaal.

Opm. Om rigting uit te druk word soms gebruik gemaak van
toe en ander jonger suffikse, wat ook beskou kan word as
naamvalsuitgange. Llewer as \'n Genitief sou \'n mens dit \'n
Rigtingsnaamval kan noem. (Vgl. § 235).

230. (/S) \'n Tydsbepaling,") b.v.: dis snags koud: hy
staan smórens vroeg op.
Soo ook: saans, smiddags, Sondags,
Maandags,
ens.

231. (y) \'n Bepaling van manier of omstandigheid,
b.v.
hy loop blootsvoets, blootshoofs, en sonder Substantief:
hy ry bloots, \'n Beetjie deftiger is die bepalinge: gewapen-
derhand. gelykerwys, langsamerhand, onverrigtersake, eens-
deels, syns ondanks, myns insiens,
ens.

(b) Verbinding deur middel van \'n agtergeplaaste Adwerbium.

232. Werkwoorde wat \'n rigting uitdruk kan deur middel
van \'n Adwerbium met \'n Substantief verbind word. Die
Adwerbium staan dan agter die Substantief en Substantief
Adwerbium druk same \'n bepaling van plaas of tyd uit.
Deur die noue samehang tussen Subst. en Adwerbium sou

„ \') Vgl. Stoett, Mnl. Syntaxis, §160. Vil.; Van der Veen, Taaleigen,
§ 125; Van Heiten, Vondel\'s Taal, § 259, a.

^ \') Vgl. Stoett, Mnl. Syntaxis, § 170; Van der Veen, Taaleigen,
§126; Van Heiten, Vondel\'s Taal, §259. b.

^ \') Vgl. Stoett, Mnl. Syntaxis, § 171; Van der Veen, Taaleigen,
§127; Van Heiten, Vondel\'s Taal, § 259, c en i. .

-ocr page 138-

\'n mens die laatste ook n Preposiesie - of liewers \'n
Postposiesie — kan noem. (Vgl §§ 156-7.) Vbb.:

Ons volg nou die trekkers die Vrystaat in (Boervrouw.

bis 72)

En vlie weg die vaalpad langs (Vergeet Nie. bis. 43).
Wanf
net dieselfde tyd kom Klein Duimpie die kamer in

(Duimpie. bis. 23).

Manne wat die een dag uit die ander dag in lewe geduldig

en gelukkig (Vergeet Nie. bis. 69).

233. Die Substantief word deur \'n sneller tempo by sy
bepalinge gegroepeer. Die aksent kan naar die betekenis op
die Bywd. óf op die Subst. val Maar by verbindinge met
toe is daar reeds \'n sterke toenadering tot die samestelling.
sodat die aksent altyd op die Subst. val In die volgende
voorbeelde met toe. uit Die Huisgenoot.^) dui ons deur
middel van hakies die woorde aan wat met sneller tempo
uitgespreek word:
Hulle gaan [Engelse kerk] toe: kyk [berg
se kant] toe; loop [daardie kant] toe; staan [hierdie kant]
toe; kyk [dié kant] toe; [watter kant] toe moet ek loop?

234. Geskiedkundig. Vroeër het die Bywoord \'n bepaalde
kasus (Akk., Dat. of Gen.) van die Substantief geregeer.

Samestelling.

235. Die betrekking van die oorspronklike Bywoord tot
die Substantief kan nog verder vereng word deurdat dit
daarmee samegroei tot een begrip. Uiteriike kenmerke van
die voltrekking van hierdie proses is dat daar dan geen
Lidwoord of ander bepalende woord voor die Substantief
kan staan nie. en ook geen Preposiesie nie. Die aksent val
gewoonlik op die Substantief, dog in enkele gevalle, veral
as \'n teenstelling met die adwerbiale begrip uitgedruk is öf
gevoel word. kan die laaste lid van die samestelling ook die
aksent dra. Voorbeelde is:

\') Nov. 1922, bis. 274.

«) Vgl. Stoett, Mnl. Syntaxis, § 124.

-ocr page 139-

\'n Klomp skepsels wat pad op kom (Ons Weg, bis. 252).

Hulle het hande-uit gegly (Duimpie II, bis. 40).

Hy het asem-uit gehuil (Spoke, bis. 29).

„Ons gaan albei in dorp-toe more."

236. Die oorspronklike Bywoord doen dus hier die diens
van \'n kasusuitgang en die praktyk van die Huisgenoot om
dit in sulke gevalle aaneen te skrywe met die Substantief
berus dus op goeie gronde. Dat dié tydskrif, ter wille van
die parallellisme met
Bloemfontein-toe, Kaap-toe, Jansenville-
toe
ens., ook by huis-toe, berg-toe, dorp-toe ens. die kop-
pelteken gebruik is eweneens allessins te billik.

Opm. Die Substantief kan natuurlik self reeds \'n samestelling
wees. Vgl.:
andcrland-toe.

237. Geskiedkundig. Hierdie samestelling kom, hoewel
in beperkte mate, ook in Nederlands voor. Daar word dit
hoofsaaklik gebruik by teenstellinge en dra die laaste lid die
aksent. Vgl:
Hij gaat trap-op, trap-af\', het geschiedt jaar-in,
jaar-uit.
Dog ook in Nederlands kan \'n mens sê: de weg
gaat berg-op,
waarnaas berg-opwaarts deftiger klink. Die
uitbreiding tot gevalle soos
huis-toe, dorp-toe ens. klink
egter nog vreemd in Nederlandse ore.

Opm. by §§ 232-7. Dikwels is \'n vorm van die Werkwoord
wees voldoende om die beweging uit te druk. Vgl.:
Hy is die
huis uit en die pad af
(Ons Weg, bis. 252). In sulke uitdrukkinge
het
is, was ens. ontstaan uit voller vorme waarin \'n Ww. soos
gegaan, geloop ens. voorgekom het. Daar Pron^ en Subst» met
\'n vorm van die Ww. wees hier dus gebruik word by \'n vol-
tooide handeling kon die volgende bepaling lig opgevat word
as \'n Adjektief. Vandaar die ontstaan van uitdrukkinge soos:
Hy is poot-uit, been-af, bek-af, hare-aan ens. waarin Substan-
tief Adw. samegegroei het tot \'n Adjektief. Vgl.:

En Japie Gouws is vir my die swernoot in (Veld, bis. 18).
Ou Jaap is pote uit (Veld, bis. 18).

Want jouw vlerke is nie vere aan nie (A. B. C., bis. 30).

\') Vir samestellinge met -uit en -op in die Noordhollandse dialek
sie: Hesseling,
Het Afrikaansdi, bis. 117; Boekenoogen, De Zaansdte
Volkstaal, onder uit.

-ocr page 140-

(c) Verbindinge sonder vormwoord.

238. In sommige gevalle is die woordorde alleen voldoende
om die verhouding van Werkwoord en bepaling uit te druk.

Vir die woordorde sie §§ 345-7. ^

239. («) Sonder bemiddeling van \'n vormwoord of n
naamvalsvorm word altyd uitgedruk \'n bepaling wat die
manier maar tewens die resultaat van \'n handeling weergee.
In sulke gevalle is die Substantief in betekenis of vorm ver-
want aan die Werkwoord. Vgl.:
Die perd loop\'n trippelpas.
\'n sukkeldrafpe; hy gaan \'n stadige gangetjie.
Die manier
word uitgedruk deur die betekenisnuansering van die Sub-
stantief of deur sy kwalifiserende woorde. Daar die Substantief
die resultaat van die handeling noem, het hierdie verbinding
veel verwantskap met relatiewe werbaalbegrippeplus voltooiing.
In die tiepe wat hier behandel word is die werbaalbegrip
egter reeds voltooid en dien die Substantief of Substantief-
groep enkel ter bepahng. Dit is ook die geval waar die
bepaling daarin bestaan dat die handeling gespesifiseer word,
soos in:
ek het reeds my sê gesê (Getrou, bis. 62), gaan
jou gang, hy het s y slag geslaan,
of dat sy omvang aangegee
word, soos in: \'n
droom of drome droom:\'n gesig olgesigte
sien: hy sprak geen sprook,
ens.

240. (/?) Sonder vormwoord word ook in ander gevalle
die omvang van \'n werbaalbegrip aangegee. Vgl.
Dit traak
my niks: hy het nog \'n weinig getalm: hy het (\'n) beetjie
geskrik; sy is gn stuk bang nie; hy skaam hom g\'n stuk nie;
dit kan hom geen bloue duit skeel nie; ek het\'n
slootgeslaap.

241. Geskiedkundig. Hierdie konstruksie dateer reeds uit
Oudgermaans, waar die bepaling in die Akkusatief gestaan
het, en is nog baie gebruiklik in hedendaagse Nederlands.
Vgl:
Hy trekt zich daar geen lor, geen bal, geen zier, geen
sikkepit, van aan.
Dat veel, weinig, genoeg ens. teenswoordig
gewoonlik Adwerbia genoem word, berus op die feit dat

\') Vgl. Wilmanns, Deu. Grammatik III, § 223; Paul, Deu. Grammatik
III, § 198; Stoett, Mnl. Syntaxis, § 192; Van der Veen, Taaleigen, § 137.

-ocr page 141-

hierdie oorspronklike Nomina (Substantiewe of Adjektiewe) \'n
funksie vervul wat ooreenkom met die van Adwerbia. Die
ontbreek van die Lidwoord word gewoonlik aangesien vir die
uiterlike kenmerk van die oorgang tot die klas Adwerbia.
So gaan ook die Adwerbium
nie (Ndl. niet) terug op \'n
oorspronklike Akkusatief van \'n Nomen, maar word dit
teenswoordig onderskei van die s.g. Substantief of Adjektief
niets (niks). Die Afrikaanse neologisme \'n sloot slaap, werk,
praat ens.
moetterugaan op uitdrukkinge soos: \'n sloot grawe.
kap
ens., waar \'sloot\' die resultaat weergee van die hande-
ling, maar tewens as sinoniem kan opgevat word van \'baie\',
\'lank\' ens. Tereg vergelyk Dr. Bosman dit dan ook met
zich
\'n bochel, zich \'n aap lachen
in die Nederlandse omgangstaal,^)
Sou die hele tiepe nie oorspronklik ontstaan het uit sulke
uitdrukkinge waarin die Nomen \'n resultaat weergegee het
nie? Vgl. ook Fr.
ne... pas, ne ... point, ne.. rien.

(d). Verbinding deur middel van Preposiesies.

242. Die Preposiesies word by die Substantief gegroepeer
en die neiging bestaan om Prep. Subst, same \'n nouer
adwerbiale eenheid te laat vorm. \'n Duidelike grens tussen
sulke adwerbiale eenhede en Substantiewe met bindwoord
kan nie getrek word nie.

243. Die betrekkinge wat deur sulke adwerbiale eenhede
of deur middel van Preposiesies verbonde Substantiewe met
die
Werkwoords-begrippe kan uitgedruk word is velerlei*).
Ons noem die volgende:

Plaas (Rigting na): Die wind waai na die see toe.

(Rus): Hy staan op die stoep.

(Rigting waarvandaan): Hy kom van die dorp af.

Tyd: Dit sal binnen \'n jaar, oor \'n maand, gebeur.

Oorsaak: Deur die sterk wind het die dak afgewaai.

Deur dit te sê het hy hom belaglik gemaak.

\') Ontstaan van Afr., bis. 82.

\') Vgl. Den Hertog, Ndl. Spraakk. I, pp. 90-129,

-ocr page 142-

Rede of grond: Op versoek het hy dit voorgedra; om my
ontwil het hy dit gedoen.
(literêr): Hy is weens laster tot boete veroordeel.
Middel: Hy het die perd met \'n sambok saam geslaan.
Gevolg: Tot vermaak van almal het hy die versie opgesê.

Doel: Om in die onderneming te slaag het hy hardgewerk.

Voorwaarde: In geval van oorlog kom daar krygswet.
Toegewing: Ondanks onspoginge is die vrede nie herstel ne.
Negatiewe begeleiding: Hy het dit beweer sonder om eers

die saak te ondersoek.

Opm. Uitbreidingsgevalle waar die agens van die Infinitief
nie dieselfde is as die van die Hoofww. nie, is deur Prof.
Bonman vermeld, b.v.:
Die staking op die Rand was om
politieke
onderdrukking in hierdie land te voorkom, sonder
ag te slaan op wat Smuts en sy geldbesittende ondersteuners
wou.
So kan ook by tydsbepalinge die agens van \'n Infinitief
wat op \'n Prep. volg \'n ander wees as die van die
Hoofdww., b.v.:
Toe egter in Spa daardie vraagstuk aan
die orde sou kom — na twaalf dae soek gemaak te hê met
allerlei ondergeskikte punte — moes Millerand skielik terug
na Parys.

Maat: Dit reen tot vervelens toe; dit word by die pond
verkoop.

Prys: Ek het dit gekoop vir lOs.
Stof: Hy het die huis van klei gebou.
Verhouding: Hy moet handel naar omstandighede.
Modaliteit: Dit het naar alle waarskynlikheid, volgens die
gerugte. gebeur.

Verrigter van \'n handeling: iCaapsfad is gestig deur Van
Riebeek.

(e) Verbindinge met of sonder Preposiesie.
Met of sonder Voorsetsel kan uitgedruk word:
244. («) \'n bepaling wat die plek waar \'n beweging
plaasvind, of \'n afstandsmaat uitdruk, b.v.:

>) Bouman, Syntaktiese groepen in Afrikaans, (N. Taalg. XVII).

-ocr page 143-

Hy het die kortste pad (met die kortste pad) geloop
Hy het \'n end (vir \'n end) saamgegaan.

245. Geskiedkundig. Hierdie konstruksie het ontstaan uit
\'n ouer kasusuitgang : Akkusatief of Genitief. Die jonger
plaasbepaling sonder Preposiesie. wat in Nederlands en Duits
gebruiklik is en deur taalspaarsaamheid ontstaan het, b.v.:
Hij woont Oudegracht, No. 10, is in die Afrikaanse om-
gangstaal onbekend.

246. iß) \'n Bepaling wat \'n tydstip of \'n tydsmaat aandui:
Toe ons Nuwejaar [met NuwejaarJ by die van die Mer-

wes was (Misdade, bis. 92);
Hy is die tiende Mei (op die tiende Mei) gebore-,
Hy het die volgende dag (op die volgende dag) weggegaan;
Hy het die hele dag (vir die hele dag) gebly.

247. Geskiedkundig. Ook vir hierdie betrekking kon
vroeër n Genitief of \'n Akkusatief gebruik geword het.

248. (y) \'n Bepaling van manier of begeleidende omstan-
digheid. Vergelyk:

Hy het Frankryk hande en voete geboei (Getrou, bis. 44).
Dan weer hang die bome kop-na-onder (Veld, bis. 57).
Kaalvoet en broek opgerol stap Stephanus met Outa rivier

toe (Veld, bis. 124).

BriUop-die-neus loer hy rond; hy staan wye-been; hy lê
been-in-die-lug; hy loop hoed-in-die-hand; die hondjie kom
stert-tussen-die-bene nader; ek kan dit
toe-oë sien ; hy staan
hand-in-die-hare.

249. In al hierdie gevalle kan met ( Lidwd.) as bind-
woord gebruik word. Dieselfde is die geval in: en
daarom
praat ek me so malkop, soos julle nie
(Na Olikheid, bis. 7).

Vgl. Paul. Deu. Grammatik III, §195, §198, §249; Wilmanns,
Deu. Grammatik III, §254, 1-4; §222, 1-4; Stoett, Mnl. Syntaxis,
§ 160, VII; §§ 189-90; Van der Veen, Taaleigen, § 125; § 136; Van
Heiten,
Vondel\'s Taal, § 259. a.

^ \') Vgl. Paul, Deu. Grammatik III, §197; § ^0; Wilmanns De«.
Grammatik III, §254, 5-7; §222, 5-6; Stoett, Mnl. Syntaxis,
§190; Van der Veen) Tadeigen, % 126; § 135; Van Heiten, Vondel\'s
Taal, § 259. b.

-ocr page 144-

Sulke korter bepalinge het, as hulle sonder Voorsetsel gebruik
word, egter \'n sterk neiging om samestellinge met die Ww.
te vorm, sodra hulle veel voorkom by \'n bepaalde Werk-
woord. In die preposisionele uitdrukkinge wat daarnaas staan,
kan verskillende Voorsetsels gebruik word. Vergelyk:

Hy het die kos kafgeloop (= tot k. g.); hy skiet dooie
rus (= op d. r.); hy ry perd (= te p.); hy slaan voet (\'slaan\'
kon vroeër = \'gaan\');
hy speel klavier (= op d. k.): hy dans
binneboud {=
teen d. b.).

250. Geskiedkundig. Die langer verbindinge sonder Prep.
gaan terug op ouer Genitiewe. Ook in hedendaagse Neder-
lands is hulle nog verteenwoordig, hoewel minder talryk as
in Afrikaans. Vgl.:
Hij drong naar binnen, het mes in de
hand.
®) In die literatuurtaal kom hulle veral voor by Parti-
siepia. Vgl.:
De ramen opengeschoven en de gordijnen
opgehaald zaten zij voor een ieder te kijk. -)

Die korter bepalinge sonder Prep., wat oorspronklik
meerendeels plaasbepalinge was, kan ook vir \'n deel op
ouer Genitiewe en Akkusatiewe teruggaan, maar die bestaan
van die verbindingstiepe sonder Voorsetsel kan ook veroorsaak
dat nuwe uitdrukkinge na dieselfde model gevorm word
naas ander met Preposiesies. Vgl. vir Ndl. b.v. die same-
stellinge :
kaartspelen, pianospelen ens., schaatserijden, paard-
rijden,
ens., zaklopen, schuitjevaren, schoolgaan, schoolblijven,
scheepgaan, te schepe gaan).

Ook tussen die bepalinge van middel en manier is die
grens vlottend. As die gevoel daarvoor dat die bepaling
dien om \'n middel uit te druk nog min of meer lewendig is,
dan is die gebruik van \'n Voorsetsel verplig. Vgl.:
Hy eet
lang-tande
met hy eet met lang tande. So moet ook van \'n
Voorsetsel gebruik gemaak word in:
Hy gee met milde hand;
hy gaan te voet,
ens.

\') Vgl. Wilmanns, Deu. Grammatik III, §§ 255-7; Paul, Deu. Gram-
matik
III, § 251; § 239; Stoett, Mnl. Syntaxis, § 171; Van der Veen,
Taaleigen, § 127; Van Heiten, Vondel\'s Taal, § 259, c en i.
») Den Hertog,
Ndl. Spraakk. I, bis. 114.

-ocr page 145-

Van ander oorsprong is uitdrukkinge soos die perd ry \'n
bars
(= goed), die nooi sing \'n hou (= mooi). Hulle moet
teruggaan op uitdrukkinge soos:
hy slaan \'n bars, \'n hou
waar die resultaat van die handeling tewens die indruk
•goed\', \'geweldig\' ens. wek. (Vgl. § 241).

251. (J) \'n Bepaling van graad. Vergelyk:

Hy was in ho\'é mate gelukkig:

Dit was \'n weinig beter.

252. Geskiedkundig. Die konstruksies sonder bindwoord
gaan terug op bepalinge van omvang, waarmee dit in betekenis
nou verwant is.

Posiesie van die Preposiesie.

253. Dat die bindwoorde wat \'n oorgang vorm tussen
Bywoorde en Preposiesies na die Substantief of Pronomen
staan, is reeds aangetoon. Soos die naam te kenne gee, kan
die Preposiesies (Voorsetsels) egter ook voor,die Substantiewe,
Pronomina of Adwerbia staan. Die voorplaatsing is egter
geen noodwendige eienskap van hierdie woordklas nie,
hoewel dit baie veelvuldig voorkom. Vgl.:
Ons gaan na
die dorp: ons bly by die huis; hy spring in die water;
met
samegestelde Preps.:
hy kom vanuit die huis; hy het vanaf
die eerste dag gesukkel,
ens.

254. As daar meer as een Preposiesie is, kan hulle
gedeeltelik voor en gedeeltelik agter die bepaalde woorde
(Subst., Pron., Adw.) staan (Circumposiesie). Vgl. :
Hy loop
teen die berg op; hy kyk by die venster uit; hy spring van
die wal af; en stap in die slootjie langs af na die sandsloot
(Oerwoud, bis. 9); het sy vurige vos hom gedra tussen die
vyand se lyne heen
(Vergeet Nie, bis. 196); spuit vir hom
gif onder sy vel in
(Ons Weg, bis. 251). Soos uit hierdie
voorbeelde blyk kan die agtergeplaaste Prep. nog dikwels
opgevat word as samegaande met die Ww. Dan is voor-
geplaaste Prep. Subst. bepaling van die agtergeplaaste

\') DuToit, Afr. Studies, bis. 81; Bosman, Ontstaan van Afr.,

-ocr page 146-

ïirep. Maar daarnaas is dit moontlik om voor- en nageplaaste
Prep. same te beskou as een samegestelde woord met die
Subst., Pron. of Adw. tussen die lede. Vgl. b.v.:

Van verlede jaar af is hy hier.

Ek sal na jou toe kom.

Grommend stap hy tussen hulle deur na die water toe

(Oerwoud, bis. 50).

\'n Mens kan jou nie versit teen die magte wat bo en

buite jou om werk nie (Vergeet Nie. bis. 36).

Moet ons kortliks ons volksgeskiedenis van sy begtn af

volg (E. Skrywers. bis. 102).

Hy kom met die pad saam (E. Skrywers, bis. 114).

(As bindwoord tussen Subst. en Pron.): Toe sy vir Jiem
sien aankom met die honde agter hom aan
(Duimpie II, bis. 45).

Vir vbb. van \'n Bywoord tussen die twee lede sie § 333.

Opm. Deur \'n merkwaardige verskuiwing in die geleding het
die Voorsetsel
om... ontwil onstaan. In Ndl. smelt die Datief
van
wil na om same met \'n Besitlike Vnwd. wat daartussen
staan. Die Besit. Vnwd. gaan dan uit op
-en, gevolg deur \'n t
wat deur fonetiese oorsake daaragter ontwikkel het. So ontstaan
om mijnentwil(le), zijnentwil(le) ens. Deur onbekendheid met die
ouer fleksievorme het die Afrikaanse taalgevoel egter die bui-
gingsuitgang van die Besit. Vnwd. by die Subst. gegroepeer
en dus die nuwe eenhede:
om my ontwil; om sy ontwil, ens.
gekry, en vervolgens is ook Substantiewe en Pers. Vnwde.
tussen
om... ontwil gebruik. In Afrikaans kan om... ontwil
dus opgevat word as die twee lede van \'n Preposiesie, Vgl.:
om die liewe vrede ontwil; om hom ontwil; om die skape ontwil
ens. Maar daarnaas is dit ook moontlik om ontwil op te vat
as \'n Substantief en
my, sy, ons, hulle ens. as Besitlike Vnwde.
Vgl.:
om sy kinders hul ontwil (Getrou, bis. 24). Vir die
kwaliteit van die Afr. vokaal, vgl. b.v. Afr.
hom naas ouer
Ndl.
him, (waarnaas ook hum, Gron \'om); Afr. bokkom, Ndl.

bokkem (naas bokkum).

Wel nie sonder invloed van die Duitse mitsamt nie, wat in die
sewentiende eeu goed bekend was as leenwoord in
Nederlands,
het in Afrikaans met... saam ontstaan, waarskynlik onder die
medewerkende invloed van samegestelde Ww. met
same-, soos:
samegaan. In die Boland word hierdie Prep. nie alleen gebruik
om begeleiding uit te druk nie, maar ook om \'n middel aan te

-ocr page 147-

gee. Vgl.: Hy het hom met die mes saam gesny. Of Mal. sama
meegewerk het tot hierdie uitbreiding van sy gebruiksfeer en
of die innerlike betekenisverwantskap van die tweërlei gebruik
alleen verantwoordelik is daarvoor, is \'n betwiste punt wat ek
aan andere oorlaat om uit te maak of onbeslis te laat. O

255. In Afrikaans kom dit dikwels voor, dat die twee
dele van die samegestelde Preposiesie gelykluidend is. Soos
by ander samegestelde Preps. is dit egter dikwels moontlik
om die een deel te beskou as samegaande met die Ww.
en die ander gelykluidende deel as samegaande met die
Subst. Vgl. b.v.:

Di fdnd is glad uit di pad uit (gesiteer in \'Het Afrikaansch\').

Ou Sors kom op die platvorm op (Ons Weg, bis. 250).

Wat nou uit die dokters se hande uit in die kosters s\'n
inval
(Ons Weg. bis. 253).

Hoe wil pen en ink dit uit ons bloed so gemakkelik uitkry ?
(E. Skrywers, bis. 71.)

256. Sinne van hierdie aard vertoon \'n algemeen gebruiklike
konstruksie in Afrikaans, hoewel verbindinge met \'n enkele
Preposiesie nog daarmee om die heerskappy stry. Anders is
dit gesteld met die volgende groep voorbeelde, wat \'n
uitbreiding van die konstruksie vertoon wat enkel sporadies
voorkom en wel in die mond (pen) van naïewe sprekers
(skrywers) wat meer behoefte voel aan nadruklikheid:

Aja Hanna, dis oor my arme siek moeder wat ek die
meeste oor verdrietig is
(Spoke, bis. 23).

Dit is werklik La Fontaine, maar in \'n toestand soos sy
hom nooit in gesien het nie
(Getrou, bis. 93).

Aan hierdie gebeurtenis is daar \'n belangrike geskiedenis
aan verbonde
(Die Deurkyker, Febr. 1923, bis. 6).

257. Geskiedkundig. Hierdie soorte herhalinge in Afrikaans
het al eerder die aandag getrek en na verklaringe daarvan
is dan ook reeds gesoek. Prof. Hesseling vergelyk dit met
die herhaalde
nie en noem dit \'n „nadrukkelijke wijze van

^ \') Sie: Hesseling,blss. 114-5; Bosman Afr. en Mal.
Port.,
blss. 81-3; Hesseling, Een Afrikaanse Dissertatie (N. Taalg. X);
Paul,
Deutsdies Wörterbudi onder mit.

-ocr page 148-

éprekcn". dog verder wil hy hom daar nie oor uitlaat nie
„Of de Afrikaners dit gebruik aan een andere taal ontleend
hebben, of dat het een product is der spontane ontwikkeling
hunner eigen
taal,.moet ik onbeslist laten". Dr. Bosman
het daar dieper op ingegaan en daarop gewys, dat van die
oudste tye af die Adwerbium van n werbale samestelling,
as Preposiesie herhaal word, soos in: Goties
usgaggan us.
Lat.
exire ex. Gr. e^s. Hy het daarop gewys

dat sinne soos: hy loop uit die huis en hy loop die hms
uit
kan deurmekaarloop en dus aanleiding gee tot: hy loop
uit die huis uit
Hy meld verder dat hy in Nederlands
gehoor het:
ik zag hem uitkomen uit zijn huis. Om te bewys
dat hierdie konstruksies nie vreemd is aan die Nederlandse taal-
gees nie,siteer ek ter aanvulling nog die volgende sinne:

In \'t groote huys-boeck ben ick dapper in ervaren (Bredero I,
bis. 261).

Om het werk____in deelen van eene evenredige dikte

te kunnen laten inbinden (Berkhey).

In dat huis, dat de ontvanger nu verkocht heeft, in dat
huis daar ben ik vaak in geweest
(De Vries, Dysmelie, § 21).

Lateren leven zich meer in de stof in (N. Rott. Courant,

Avondblad A, 16-6-23).

Dit wil my voorkom, dat veral die neiging van die
Werkwoord om ^ soos in die twede en vierde vb. ge-
beur het — \'n samestelling te vorm met die Adwerbium
(Preposiesie) en dit na sy onmiddellike nabyheid aan te
trek, aanleiding gegee het tot die kontaminasie wat hierdie
herhaling ten gevolge het. Daarby moet die talryke gevalle
waar \'n Werkwoord -- met die rigtingswerkwoorde as
uitgangspunt -- deur middel van \'n Adwerbium en \'n
andersluidende Preposiesie (of twee verskillende
Preposiesies)
met \'n Substantief verbind word, \'n sterk analogiewerking
uitgeoefen het. Sowel by hierdie gevalle as by die gelyk-

1) Vir talryke Platduitse vbb. sie: Meyer, Unsere Plattd. Mutter-
sprache,
bis. 85.

») Ndl. Wdb. VI, 1472.

-ocr page 149-

luidende Adw. en Prep. (of twee Preps.) bestaan daarnaas
die neiging om samestellinge met mekaar te vorm. Vandaar
sinne soos:
hy lê in die water in. Daar moet egter \'n
bepaalde oorsaak gewees het waarom hierdie konstruksie
wat so seldsaam is in Nederlands, so \'n grote uitbreiding
gekry het in Afrikaans. Dr. Bosman het reeds daaraan
getwyfel of die woord kreolisme in hierdie geval gewettigd
is en ook vir my is daar niks spesifiek Kreools in die kon-
struksie nie, maar in die algemeen moet die feit dat groot
getalle vreemdelinge die taal van die Hollanders aan die
Kaap oorgeneem het, sulke kontaminasies in die hand gewerk
het. In die besonder kan die inwerking van Hoogduitse sinne
met aus ...
heraus, auf ... hinauf, in ... hinein en Plat-
duitse met
ut ... rut ens. \'n belangrike rol gespeel het.^)

(f) Verbinding met of sonder Konjunksie.

258. Met behulp van as word die hoedanigheid uitgedruk
waarin die inhoud van die grammatiese Subjek \'n handehng
of toestand verrig of ondergaan. Die Substantief wat op dié
manier met die Ww. verbind word, staan dus in betrekking
sowel met die grammatiese Subjek as met die Werkwoord.
Vgl.:
Hy het as held gesterwe. Verbindinge sonder bind-
woord om hierdie verhouding uit te druk soos:
Hy het \'n
held gesterwe.
is tans verouderd en kom enkel nog voor in
taal wat onder Engelse invloed staan.

259. VerpUg is die gebruik van die bindwoord asof as
te kenne gegee word dat die veronderstelde hoedanigheid
g\'n werklikheid is nie:
Hy loop asof \'n koning. Deur asof
kan ook te kenne gegee word dat verskillende verhoudinge
wat deur middel van Preposiesies uitgedruk word nie in
werklikheid bestaan nie. Vgl.:
Sit hy asof half aan die
slaap
(Misdade, bis. 164). In die spreektaal word in sulke
gevalle egter Bysinne gebruik:
asof hy \'n koning is; asof
hy half aan die slaap is.

\') Vgl. Hesseling, Hef Afrikaansdi, bis. 118; Bosman, Afr. en Mal-
Port.,
blss. 84-86; Bosman, Ontstaan van Afr., bis. 136.

-ocr page 150-

260. Verbindinge met as by refleksiewe Werkwoorde
kan ook opgevat word as voltooiing van die Werkwoord.
Vgl.:
Ek onderteken my as u dienswillige dienaar. Nood-
wendig word hierdie opvatting wanneer as ontbreek.

261. Deur middel van soos en nes en in Uterêre taal,
onder Nederlandse invloed, ook van
as, word twee maniere
van handel of twee toestande vergelyk en gekonstateer dat
hulle ooreenkom. Vgl.:
Hy skop soos (nes) \'n perd: daarom
praat ek nie so malkop soos julle nie
(Na Olikheid, bis. 7);

ek haat hom soos die pes.

262. In \'n beperkte aantal uitdrukkinge word geen bind-
woord gebruik nie. Die uitdrukkinge neem dan die geaardheid
van samestellinge aan. Vbb.:
Hulle lê lepel, velling, soutsak:

hy ry knipmes.

263. Geskiedkundig. Daar die bepalinge \'n manier sowel
as \'n vergelyking aangee, kan veronderstel word dat die
korter uitdrukkinge sonder bindwoord onstaan het naar
analogie van die bepalinge van manier wat sonder bindwoord
uitgedruk word (§§ 248-9).
Hy ry knipmes moet dan beskou
word as \'n kontaminasieproduk wat as voorlopers gehad
het uitdrukkinge soos:
die perd loop knipmes: hy sit knipmes,
ens. Met die Afrikaanse uitdrukkinge kan uit sewentiende-
eeuse Nederlands vergelyk word:
brilzien en brilkyken, wat
verklaar word as ontstaan uit
als door een bril zien.
Hierdie uitdrukking en pruimzien bestaan nog op Suid-
Beveland.

\'n Ander verklaring gee Prof. Hesseling. Uitgaande van
\'n opmerking van Schuchardt. verklaar hy: » Uit tal van
uitdrukkingen blijkt dat het Afrikaansch, evenals het Maleisch-
Portugeesch. menigmaal de woordsoorten geheel
anders
gevoelt of van elkander onderscheidt dan de Europeesche
talen. Zoo is in de volgende uitdrukkingen... een substantief als
adverbium gebruikt, waar wij adverbiale uitdrukkingen
zouden

\') Vgl. Aant. V. Eymael op Huygens se Trijntje Cornelis, vs. 367;
Predero,
Spaansdie Brabander, vs. 789; Ndl. Wdb. III, 1387.

-ocr page 151-

verkiezen." En dan volg die genoemde voorbeelde. Misleid
deur die algemeenheid van hierdie bewering, verhef Dr. du
Toit selfs die deureenloop van die woordsoorte tot \'n „algemeen
kenmerk van het Kreoolsch" en gee dan \'n lys van woorde
wat in Afrikaans tot \'n ander woordsoort behoort as in
Nederlands. Op die foute wat in die lys voorkom hoef ons
hier nie te wys nie, en ons stip net maar die feit aan dat,
soos te verwagte was, die lys in die verste verte nie volledig
is nie. Maar waarom die deureenloop van die woordsoorte
nou juis \'n kenmerk van Kreoolse tale moet wees, is iets
wat bo my
vuurmaakplek gaan. \'n Mens sou sonder vrees
vir \'n skadepos \'n medaljie kan uitlowe aan die geleerde
wat \'n taal kan ontdek, waarin geen woorde in die loop
van tyd van die een klas oorgeloop het in die ander nie.
Om Kreolisering van Afrikaans te bewys, moet \'n mens die
bepaalde analoga wat in die bepaalde geval in \'n bepaalde
kreoliserende taal aanwesig was, aantoon. Dit is dan ook
die metode wat Schuchardt konsekwent toepas as hy die
Maleise invloede in
Maleis-Portugees wil aantoon. Die
metode wat van algemeenhede uitgaan, het hom dan ook op
ironiese manier gewreek, want van die voorbeelde wat Prof.
Hesseling en Dr. du Toit aanhaal om die kreolisering van
Afrikaans aan te toon, is sommige, soos die Ww.
tolk en

die Subst. sny, ook Nederlands.

Wat nou lepellê ens. betref, om te bewys dat hierdie
oorgang van Substantief (ofte wel adwerbiale uitdrukking)
tot Adwerbium onder
Mal.-Portugese invloed ontstaan het.
word verwys na die
voorbeeld van Portugese Substantiewe
wat in Mal.-Portugees as Bywoorde gebruik word. Die
voorbeelde wat
Schuchardt gee is vier in getal. Daarvan
kom een.
milager, \'selten\'. sonder konteks in \'n woordelys
voor. Van die ander
drie : /brsa, \'hurtig\'; \'/cumesu\'. \'anfangs.
\'zuerst\';
sertedja. \'gewiss\', bevestig die verband, wat reeds
Uit die betekenis duidelik is. n.l. dat hulle geen parallel vorm
niet Afr.
lepel, velling ens. in die gemelde uitdrukkinge me.
Tog is ook Dr. Bosman bereid om hier \'n kreolisme in

-ocr page 152-

Afrikaans te erken, omdat daar „geen analogon in Hollands
te vind is nie". Ek kan alleen maar sê. dat n beter analogon
as Ndl.
bvilzien tot nog toe in geen kreoliserende taal wat
in aanmerking kom. aangewys is nie.

(2) Die Werkwoord is \'n relatiewe begrip.

(a) Verbinding deur middel van \'n kasus-uitgang.

264. Die Genitief wat in ouer vorme van Germaans
veel voorgekom het as nominale voltooiing van \'n werbaal-
begrip.") is in Afrikaans nog enkel verteenwoordig deur \'n
paar vorme van die Pers. Vnwd.. wat enkel na die Imperatief
en wel in Bybelsgekleurde taal gebruik word:
gedenk myner,
ontferm u syner, erbarm u hunner,
ens. Op dergelike vorme
as voltooiing van Adjektiewe is reeds gewys (§ 186). Die
ander verboë vorme van die Pronomina is alleen nie vol-
doende om \'n betrekking aan te dui nie; hulle gehoorsaam
aan dieselfde wette wat betref woordorde en aksent as die
Substantiewe. wat reeds heeltemal sonder kasusfleksie is, en
word dus ook daarby gegroepeer.

(b) Verbinding sonder vormwoord.

265. («) Deur middel van hierdie verbinding word \'n
resultaat uitgedruk. Hoewel daar geen skerp grens kan getrek
word nie, kan ons tog onderskei tussen die resultaat van \'n
(oorwegend) fisieke werksaamheid:
Sy bak \'n brood\', hy
bou \'n huis; die boom gooi \'n skadewee
en die resultaat of
inhoud van \'n (oorwegend) psigiese werksaamheid:
hy dink
dit; hy glo die storie: hy verwag \'n ongeluk.
Op die grens
staan dan begrippe soos:
sê, leer, ens. Vgl.: Waar het a
so goed geleer Frans praat?
(Getrou, bis. 131.)

\') Hesseling, Het Afrikaansch, blss. 113-4; Du Toit, Afr. Studies,
blss. 80-3; Bosman, Afr. en Mal. Port., bis. 79; Bosman, O/i/s/afl«
van Afr., bis. 82; Schuchardt, Kreolisdie Studien IX, bis. 205.

Wilmanns, Deu. Grammatik III, §§ 258-270; Paul, Deu. Gram-
matik
III, §§ 246-8; Stoett, Mnl. Syntaxis, §§ 160-4.

-ocr page 153-

266. iß) Met hierdie verbindingstiepe word ook \'n maat,
prys of gewig uitgedruk. Vgl.:
Dit meet \'n el; dit wee. kos.
twee pond.

267. Die resultaat van die werksaamheid hoef egter nie
genoem te word nie. Dan druk die Werkwoord-alleen \'n
voltooide begrip uit. Vgl.:
Hy bak. bou. grawe. skrywe.
dink
ens. Op dieselfde manier kan dit we\'é \'n voltooide
begrip wees.

(c) Verbinding deur middel van \'n Preposiesie.

268. \'n Aantal Werkwoorde word steeds deur middel
van \'n vaste Preposiesie met die nominale voltooiing verbind.
Die nomen druk dan die verwyderde of enkel aangeraakte
doel uit waarop die handeling gerig is. Vgl.:
kyk na. dink
aan. begin met. glo aan iets.

269. Geskiedkundig. Hierdie Werkwoorde het vroeër
meestal \'n Genitief geregeer.") Uit sulke konstruksies van
Ww. -}- Gen. het egter ook verbindinge sonder Preposiesie,
met die Substantief in die onveranderlike vorm en die
Pronomen in die verboë vorm, ontstaan. Vgl. b.v. nog:
ek
glo die storie
naas ek glo aan die storie; ek vra vergifnis
naas ek vra om vergifnis; ek eet van die vleis naas ek eet
vleis; hy geniet van die geselligheid
naas hy geniet die
geselligheid; ek soek daarna
naas ek soek dit.

270. Voor die Infinitief word gereeld gebruik gemaak
van die vaste Prep,
om te (Vgl. §§ 176 en 198). In Afrikaanse
geskrifte tref \'n mens egter ook dikwels, onder Ndl. invloed,
verbindinge met enkel
te aan. Vgl.: Maar die regering het
nie daarin geslaag nie om meer koloniste te belet aan te
sluit by die noordwaartse beweging
(Boervrouw, bis. 78).
Enkel die woorde
sien. hoor en voel bepaal \'n Infinitief
sonder om
te of te: ek het hom sien kom. ens. Die beteke-
nis van
leer kan deur \'n Ww. met of sonder Prep, voltooi
Word:
hy leer om perde te beslaan of hy leer perde beslaan.

blss. 66-9.
160-3.

\') Vgl. Den Hertog, Ndl. Spraakk. ],
Vgl. Stoett, Mnl Syntaksis, §§ IG

-ocr page 154-

Dis opmerklik dat juiB hierdie woorde ook m » »^er OP^

met Hulpww. ooreenkom, n.1. dat hulle in d.e Infimüef optree
Tdirvoltooiing bestaan uit n Inf. in tydsvorme wat gevorm
^orf me Hulpww. wat anders die Verl. Deelwd. beheer.
7gl.:
Hy het net die geraas van die Me gehoor en dte
sZ sien verby gty (Duimpie I, bk 34). T^og hoor n
mens ook taamlik dikwels die Verl. Deelwd. m sulke gevalle
vT: Va( van kleins af Afrikaans geleer ees en skryu.
het
(E. Skrywers, bis. 51). Myns insiens word ge- dan gevod
as behorenT by die voltooiinge sowel as by d,e woord

waaraan dit onmiddellik geheg is.

271. In Afrikaans word baie van hierdie Preps. vervang

denr ./r as die voltooiing \'n persoon is of as dit n ander
lewende wese of \'n saak is met baie aktiwiteit. Dan kan
daarnaas soms ook verbindinge sonder Prep, optree In
sommige gevalle waar Ndl. \'n ander Prep. het. is .rr alleen
in Afrikaans
gebruiklik. Vgl: Hy is kwaad vir my; ek kyk
vir jou
naas ek kyk na jou; spot vir my naas spot met my
en spot met \'n ernstige saak; hy lag vir die grap; hy wag
vir tyding; die hoek het weggeraak maar ons het vir hom
gesoek en gekry.
Vgl Opm. by § 274. In literêre Afrikaans
is in die laaste jare ook die verbinding van
kyk met n
inaktiewe voltooiing sonder gebruikmaking van
vir. ingevoer.
Vgl:
Kyk \'Woordelys (Malherbe. Afr. Taalboek, bis. 27 en
passim);
kyk no. 21 (Afr. Woordelys, bis. VIII).

272. In die Passief word die Preposiesie gewoonlik by
die Substantief gegroepeer: aan
die verhaal is
In Engels gaan die Prep, in die Passief same met die Werk-
woord en staan daaragter: the matter is being paid attention
to.
Ook in gesproke Nederlands kom dit af en toe voor.
dat die Prep, in sulke sinne na die onmiddellike nabyheid
van die Ww. geattraheer word. maar dan daarvoor staan;
daarby staan die Akkusatief van die Aktiewe sin in die
Nominatief. Vgl: Hij is overal naar gezocht; de kachel
hoeft niet om gedacht te worden.
Dieselfde verskynsel kom
oa ook in Sweeds voor. Die volgende sinne kan dien offl

-ocr page 155-

te bewys dat die verskynsel ook nie onbekend is in Afrikaans
nie, hoewel die Passief altans in die gesproke taal
maar min gebruik word:

Stoom is mé gespot Gaslig is mé gespot (E. Skrywers,
bis. 30, gesiteer uit \'Di Patriot\').

Persone is onderhoude aan toegestaan (Pers).

Vir my gevoel word dic Subst. in hierdie sinne tog nog
enkel deur die Prep. bepaal en nie deur Ww. Prep. nie.

(d) Verbinding met of sonder Preposiesie.

273. Die Substantief wat dic doel uitdruk waarop die
handeling gerig is, kan met of sonder Prep. met die Werk-
woord verbind word. Ons kan onderskci tussen \'n doel wat
deur die handeling werklik bereik of geheel omvat word en \'n
doel wat meer verwyderd is en hoogstens aangeraak word.\')

274. By \'n doel van die eerste soort hoef geen bind-
woord gebruik te word nie, maar dic Preposiesie
vir kan
gebruik word as die doel \'n persoon is of \'n ander lewende
wese - en soms \'n saak — wat groot aktiwiteit aan dic
dag lê. Vgl.:
ek sien hom of ek sien vir hom maar: ons slag
die os,
waarnaas egter kan voorkom: die os was baie wild
maar ons het darem vir hom geslag.
As \'n Voornwd. vooraf-
gegaan word deur \'n Bywoord is
vir noodsaaklik: Jy moet
nie vir hom slaan nie: ek sal gou vir hom reghelp.

Opm. Die bowestaande uiteensetting moet tewens dien om
my eie vroeëre bewoording,\') wat op die van Dr. Bosman
gebaseer was, te verbeter. Dr. Bosman sê: „So \'n ,omskrywmg
van die 4de naamval.... is in Afrikaans moontlik (nie nood-
saaklik nie), alleen wanneer die objek \'n persoon is" O en

\') Vel De Vries ODmcrkinecn over Nederlandsche Synto/s, (Tijd-
schiift &IX): De\'vrifs Vr

Parallellen (N Taalg. XllI); Kooistra, Tme Hollands-Engelse Para^
lellen in de Syntaxis (N.
Taalg. Xlll ; Kooistra, Nog eens Twee fiol-
(N. Taalg. XIII) ;Wellander Over den Datief
als Subject van een Passieve Constructie
(N. Taalg. XIV).

\') Naar Sütterlin, Deu. Spradie, bis. 189 en bis. 354.
Handleiding in het Afrikaans, bis. 56.

O Afr. en Mal.-Port, bis. 87.

-ocr page 156-

inderdaad is ander as persoonlike objekte van die bedoelde
soort met
vir seldsaam, maar onmoontlik is hulle nie. In \'n sin
soos:
Karei ry vir Bles [die naam van \'n paard] (Misdade,
bis. 78) kan ek niks onafrikaans voel nie. Daarenteen klink:
Anna lei vir haar broer [\'n blinde] waar nodig is (Misdade,
bis. 139) vir my en vir verskillende ander Afrikaners wat ek
daaromtrent ondervra het, hoewel nie vir almal nie, ongewoon.
Sterker as by persone is die gebruik van
vir egter by diere
afhanklik van hulle aktiwiteit of weerstand. Vgl. nog:
Ek het
langes die pad \'n koei gesien,
met: die koei het probeer weg-
kruip agter die bos maar ek het vir haar darem gesien.

275. \'n Doel van die twede soort word met of sonder
behulp van \'n Prep, uitgedruk as dit die enigste voltooiing
van die Ww. is:
antwoord my of vir my; antwoord jou
vader
of antwoord vir jou vader. As daar ook nog \'n doel
van die eerste soort is, dan kan die doel van die twede
soort met of sonder Prep, gebruik word as dit eerste staan,
maar is die bindwoord nodig as dit twede staan:
Skrywe
(vir) my \'n brief
maar skrywe \'n brief vir my.

276. Omsetting in die Passief van hierdie soort objek is
seldsaam maar nie onmoontlik nie. Vgl. b.v.:
Hy is ook op
die party tjie gevra; die lede word ver soek om aanwesig te
wees; hy het nooit ondervind wat dit is om onreg aange-
doen te word nie.

277. Geskiedkundig. In ander Germaanse tale word die
eerste soort doel gewoonlik die direkte, en die twede
soort
die indirekte objek genoem. In Afrikaans is daar te weinig
formele verskille om hierdie onderskeiding te kan
volhou.
Die twede soort doel gaat, vir so ver as dit nie tot die vorige
verbindingstiepe gereken moet word nie, terug op \'n ou
Datief. By baie Ww. wat vroeër \'n Datiaf geregeer het
druk die voltooiing vir ons teenswoordige taalgevoel egter
\'n doel van die eerste soort uit.

\'n Eienaardigheid in die ontwikkeling van Afrikaans is die
sterke toeneming van die
gebruik van vir. \'n Mens kan se
dat dit die algemene partikel is voor persoonlike
objekte

1) Vgl. Stoett, Mnl. Syntaxis, §§ 172-8.

-ocr page 157-

en ander objekte met groot aktiwiteit vir so ver as daarby
gebruik gemaak word van bindwoorde. Ter verklaring is
gedink aan \'n analogiese uitbreiding van die gevalle waarin
vir (Ndl. voor) reeds voorgekom het. Immers in Ndl.: ik
schrijf aan hem
en ik koop \'f voor hem het yoor en aan
dieselfde funksie. \'n Mens sou ook nog die Thüringse: er
sagte vor mich met die algemeen Duitse: er sagte zu mir
kan vergelyk. Sulke analogie-werkinge speel \'n belangrike rol
waar groot getalle vreemdelinge \'n taal aanleer. So het na
in Negerhollands voor indirekte objekte \'n hele boel ander
Voorsetsels verdring. Maar \'n mens sou verwag dat ook
in Afrikaans die analogie dan beperk sou wees tot indirekte
objekte, en buitendien regvaardig die voorkom van vorme
soos Mal.-Port.
respondir per mi, \'antworte mir\' en Asiaties
Port.
da per mi pao, \'gib mir Brod\' die vermoede dat \'n
bepaalde taal verantwoordelik kan wees daarvoor, dat juis
vir sy gebruiksfeer so uitgebrei het. Dié vermoede word
versterk as ons ook let op die uitbreiding tot die direkte objek.

Die direkte objek (doel van die eerste soort) het oorspronklik
in die Akkusatief gestaan. Deur afslyting van die kasusuit-
gange en ander oorsake het wel \'n aansienlike aantal Ww.
wat vroeër \'n indirekte objek beheers het, in die loop van
tyd ook oorgegaan tot die klas wat \'n direkte objekt neem;
maar die omgekeerde proses kom haas nie voor in ander
Germaanse tale nie. Voorbedde van Ww. wat oorspronklik
\'n Akkusatief geregeer het en later \'n Datief of \'n preposiesi-
onele verbinding is uiters seldsaam. Anders is dit gesteld
oiet die Romaanse tale. Dié kan in hierdie opsig verdeel word
in twee groepe. Terwyl Frans, Italiaans en Provengaals die
..passiewe" objek sonder behulp van bindwoorde uitdruk,
maak Spaans gebruik van a en Roemeens van
pe, pre (< per)

\') Schuchardt, Kreol. Studien IX.

Hesseling, Het Negerhollands, bis. 113.
D \') Vir enitele vbb. in Duits sie Sütterlin,
Deu. Sprache, bis. 356;
^aul Deu. Grammatik III, bis. 272, gee vbb. wat tewens \'n gewysigde
"etekenis verteenwoordig:
klopfen an, sdilagen auf, ens.

-ocr page 158-

by persoonlike objekte i) en in Portugees kan a by n aantal
werkwoorde gebruik word. veral as dit om persone te doen is.
..a Muss gebraucht werden, wenn ohne die Präposition der
Akkusativ für den Nominativ gehalten werden könnte .")

Dit is seker merkwaardig dat Afrikaans in hierdie opsig
nie met die Germaanse tale saamgaan nie. maar met \'n deel
van die Romaanse. Gewoonlik word as verklaring van die
verskynsel in die Romaanse tale van die twede groep aan-
geneem. die neiging om nooit \'n lewende wese as geheel
passief of inaktief voor te stel nie. Daarmee
gaan egter
same. dat die moontlikheid om grammatiese Subj. en Objek
te verwar selde voorkom behalwe waar albei lewende wesens

verteenwoordig.

Moet ons nou aanneem dat dieselfde toestand in Afrikaans

ontwikkel het uit die behoefte om dubbelsinnigheid te vermy
in sinne soos:
die man sien die kind? Die moontlikheid is
nie uitgeslote nie, hoewel Afrikaans ook op \'n ander manier
differensieër tussen die twee moontlike opvattinge, want as
\'die man\' grammatiese Subjek is word die sin sonder onder-
breking uitgespreek, maar as dit Objek is word na \'man\'
gepouseer en kry hierdie woord \'n sterker aksent. Maar as
dit aanleiding was tot die nuwe konstruksie, dan sou \'n
mens verwag dat die gebruik van
vir, altans in sulke sinne,
verplig sou wees, en dit is nie die geval nie.

Dit is aan die hand gegee, dat die verskynsel in Afrikaans
deur Hottentots-Afrikaans beinvloed kan wees. Maar van
die drie Hottentots-Afrikaanse sinne wat Dr. Bosman m
hierdie verband uit Dr. T. H. le Roux se
..Beschrijvende
Klankleer" aanhaal, is die gebruik van die Voorsetsel in die
eerste twee:
ek lê soek na \'n frou en ek fraag an di man.
soos Dr. Bosman self opmerk, „nie vreemd aan die Hollandse
taalgees nie" en in: die boer het mos fer ons uitgeoorlê, is

1) Zauner, Romanische Spradiwissensdiaft II, blss. 121-3; 125-6.

») Louise Ey, Portugiesische Konversations-Grammatik, blss. 311- -
Schuchardt,
Kreol. Studien IX, blss. 225 vlgg.; Zauner, Rom.
Sprachwissenschaft, blss. 125-6.

-ocr page 159-

die gebruik van fer nie Hottentots nie, maar gewoon Afrikaans.
In Hottentots word wèl onderskei tussen die direkte en die
indirekte Objek. Die partikel
ba word alleen by die laaste
gebruik. En ook die KafFertale van die Suide gebruik geen
partikel by die direkte Objek nie; dieselfde kan ons dus ook
wel veronderstel van die tale van die Negerslawe.

Dan bly oor Maleis-Portugees. In hierdie taal word per
nie alleen soos hierbo aangetoon, dikwels voor die indirekte
Objek gebruik waar Afrikaans
vir gebruik nie, maar ook by
die direkte Objek kom dit voor, dog „wie es scheint nur
bei personalen Pronominen". Dus:
mi mirar per ellu = \'ich
sehe ihn\', maar daarnaas word ook vermeld:
mi gastar per
ella
= \'ich koste ihn (näml. den Thee)\'. Die gebruik kom
dus min of meer ooreen met die Afrikaanse.

Dat Mal.-Port. per gebruik, en nie a soos Portugees nie,
kom, soos Schuchardt aangetoon het, deur die invloed van
Mal.
pada.

Die dubbele gelykenis tussen die klank en die gebruik van
Afr.
vir en Mal.-Port. per maak \'n toevallige ooreenkoms
enkel deur analogiese uitbreiding van die gebruik van
vir
in Afrikaans, onwaarskynlik, en die verklaring van Prof.
Hesseling, wat reeds deur Schuchardt aan die hand gegee

Was, seer aanneemlik.")

278. By veel Ww. word die voltooiing, as dit \'n deur
\'n Prep, ingeleide Infinitief is, geantisipeer deur \'n Vnwd.
of \'n voornaamwoordelike Bywoord, b.v.:
Hy waag dit om
dit te sê.
Die verbinding kan egter, net soos wanneer die
Objek \'n bysin is, ook sonder die antisipasie tot stand kom.
Vgl.
: En wie sal my terughoa van my plig te doen ? (Ver-
geet Nie, bis. 30).

/n 1834 sien ons die vrouw ... waag om die vreemde
wildernis in te gaan
(Boervrouw, bis. 72).

\') Meinhof, Lehrbuch, bis. 64; Planert, Handbuch, blss. 7-8.
.;) Schuchardt,
KreoL Studien IX, blss. 225 ylgg ; Hesseling, /J/
ifrikaansch, blss. 115-6; Bosman, Afr. en Mal.-Port., blss. 86-9,
»bosman. Ontstaan van Afr., blss. 89-90.

-ocr page 160-

279. Werkwoorde wat gewoonlik voltooi word deur die
doel waarop die handeling gerig is, kan ook as voltooide
begrippe voorkom. Vergelyk:

\'n Aaklige gedagte ... wat sy met geweld probeer wurg
het, sonder om te slaag
(Vergeet Nie, bis. 18).

Wel dit kom nou nie op aan nie, met watter doel die
wapen gedra was nie
(Vergeet Nie, bis. 174).

En daar hy die later politiek van die „patriot" wil ver-
dedig en moeilik
sal regkry, so stap ons verder aanmerking
liewers verby
(E. Skrywers, bis. 129).

Ek moet nie laat sy agterkom dat ek te bang is om self
te gaan haal nie
[verstaan\'diekepsie] (Duimpie II. bis. 24).
Laat staan tog maar liewers (Duimpie II, bis. 31).
Teenoor Ndl.
Ik geef daar niet om, staan in Afrikaans
as algemeen gebruiklike vorm:
ek gee nie om nie.

280. Besondere vermelding verdien die refleksiewe en
die resiprokale Werkwoorde. By die Refleksiewe Werk-
woorde het die grammatiese Subjek en die Objek betrekking
op dieselfde persoon, dier, voorwerp, ens. By die Ww.
hom
skaam, hom bekommer,
ens. is geen ander Objek as een van
hierdie soort moontlik nie. Dié Ww. het dan ook samege-
groei met die pronominale vorme tot \'n kompositum en kan
nie daarsonder gebruik word nie. \'n Sin soos die volgende:
Sonder dat hulle nodig het om te skaam (E. Skrywers,
bis. 99) is geen gebruiklike Afrikaans nie. Ander Ww. kan
egter refleksief of nie-refleksief gebruik word. Nou is dit
opmerklik dat hierdie klas dikwels as volbegrippe gebruik
word, ook as die handeling op die gr. Subjek gerig is. As
illustrasie van die gebruik van die pronominale vorme kan
die volgende sinne dien:

Van die feit is ons klompie leeus hulle bewus (Oerwoud,
bis. 9).

Nou moet ek my roer (Duimpie II, bis. 42).

(Literêr): Wie van ons ____ herinner sig nie hoe die

Vrouwekampe en die Vrouwelaers daarbuite in die veld\'
die kommandos geinspireer het
(Boervrouw, bis. 152).

-ocr page 161-

281. Maar sulke Ww. wat dikwels refleksief gebruik word
kom ook sonder pronominale vorme voor, soos in:

In hulle harte voel hul kalm en doodtevrede (E. Skry-
wers, bis. 52).

Die ander leeus sprei instinkmatig (Oerwoud, bis. 52).

Het ons Afrikaners uit drie verskillende nasies tot een
volk met eie taal ontwikkel
(E. Skrywers, bis. 102).

Dat hulle vroeër moes aangesluit het (E. Skrywers, bis. 124).

Die drie elemente het saamgesmelt en al vroeg dieper in
die land getrek en daar gevestig als \'n boerenbevolking
(Boervrouw, bis. 1).

Hoe goed kan ons herinner uit die voortyd hoe die ou
moeders
.... (Boervrouw, bis. 92).

Slegs van een gevoel is hy bewus (Getrou, bis. 22).

Want sy meng nie veel met die ander gaste nie (Getrou,
bis. 48).

Wel, vriende, sal julle ontwapen ? (Pers).

Aan die ander kant strek die Drakensberge, hulle toppe met
sneeu oorgetrek, sover as die oog kan sien
(Getrou, bis. 143).

En as hy nie haas nie, bly daar nie te danig baie tyd
oor nie
(Getrou, bis. 213).

282. \'n Dergelike afwisseling van wel en nie gebruikte
pronominale vorme kom ook in Nederlands en ander Ger-
maanse tale voor.

283. Deur die resiprokale Ww. word uitgedruk dat die
persone, sake ens., deur die grammatiese Subjek aangedui,
gelyksoortige handelinge teenoor mekaar verrig. Vergelyk:
Hulle slaan mekaar (vir mekaar). Dieselfde verhouding kan
by
ontmoet ook sonder uitgedrukte Objek weergegee word.
(Engelse invloed ?) Vgl.:

-A/s sulke intieme vrinde ontmoet, dan kan \'n mens gis
watter invloed die een op die ander uitgeoefen het
(E.
Skrywers, bis. 16).

Stadig lig sy haar hoof op tot hul oë ontmoet (Getrou, bis. 54).

\') Vgl. Den Hertog, Ndl. Spraakk., §§ 80 vlgg.

-ocr page 162-

(e) Werkwoorde met meer as een voltooiing.

284. Sommige Werkwoorde het na twee kante toe
voltooiing nodig. Die twee voltooiinge kan wees :

(a) Die doel waarop die handeling gerig is en die resultaat
van \'n fisieke werksaamheid. b.v.:
Hy bou (vir) jou \'n huis;

hy bou \'n huis vir jou.

(/3) Die doel waarop die handeling gerig is en die inhoud
of resultaat van \'n psigiese werksaamheid, b.v.:
Ek leer (vir)
hom Frans; ek leer Frans vir hom.

(r) \'n Verwyderde of enkel aangeraakte doel en \'n omvatte
doel, b.v.:
Hy betaal (vir) jou die geld; hy betaal die
geld vir jou.

285. In al hierdie gevalle moet vir voor die verwyderde
doel staan as dit die twede plek inneem, en is
vir fakultatief
as dit eerste staan. (Vgl. § 275.)

286. Ook Werkwoorde wat gewoonlik twee voltooiinge
het, kan soms met \'n enkele voltooiing gebruik word. Vgl.:

Maar glo dit het nie. sonder „kaalrug ry" gegaan nie
(E. Skrywers, bis. 55).

Om naar die veraf gelee poskantore te stuur om die
„Patriotte" daar te gaan ontvang
(E. Skrywers, bis. 121).

O ja, maar jy kan mos maar saamkom om vir my te wys
(Duimpie II, bis. 25).

Sien jy nou, Duimpie, verwyt Annekie, dis omdat jy
so stout is
(Duimpie II, bis. 27).

Neem jou ou vriendin nie kwal ik nie (Getrou, bis. 5).
Ja, sê hy. ek gee verlof, en sal dit nie kwalik neem nie
(Getrou, bis. 180).

(f) Verbinding deur middel van Konjunksies.
287. Deur middel van as word \'n twede voltooiing aan
relatiewe werbaalbegrippe geknoop. Daardeur word
uitgedruk
\'n resultaat: Hulle het hom aangestel as generaal, of n
hoedanigheid:
ek ken hom as \'n eerlike man; hulle het hom
as leier erken.
Vir refleksiewe Ww. sie § 260.

-ocr page 163-

288. Dieselfde verhoudinge kan ook deur middel van
vir uitgedruk word: vir generaal, vir \'n eerlike man,

(g) Verbinding deur middel van vraagwoorde.

289. Veral by Ww. wat \'n psigiese werksaamheid uitdruk,
en ook by ooreenkomstige Subste, dien die vraagwoorde:
hoe. waar, wanneer, wie, wat. watter, wie se, ens. om die
Ww. met die Infinitief waardeur die inhoud van die werk-
saamheid uitgedruk word, te verbind. Die vraagwoord het
dan tewens adwerbiale of pronominale funksie en maak deel
uit van die woorde waarmee die inhoud van die psigiese
werksaamheid uitgedruk word. In die omgangstaal word die
vraagwoorde gevolg deur
om te, b.v.: ek weet nie hoe om
dit aan te pak nie: hulle weet nie watter een om te kies nie;
President Steyn alleen wis hoe om met \'n paar woorde
eensgesindheid te herstel
(Prosabundel, bis. 247). In die
literêre taal tref \'n mens egter, onder Ndl. invloed, dikwels
sinne aan sonder
om. Vgl. (na Subste): Wat ... voor die
Sinode gelé sal word om van daardie liggaam instruksies
en aanwysings te ontvang watter weg verder te volg
(E.
Skrywers, bis. 63).

(3) Die Werkwoord is lid van \'n kompositum.

290. Die werbale komposita het ontstaan deur same-
stelling van die begrip van die Werkwoord met die van die
bepaling of voltooiing tot \'n nuwe eenheid, soms met
verbleking van die betekenis van die Werkwoord. Kenteken
van die ontstaan van die samestelling is die eenheidsaksent.
In die samestelling Ww. -f- Subst. kry die Subst. die hoof-
aksent, terwyl Ww. en bepaling of voltooiing anders ieder
\'n eie aksent het. \'n Uitsondering vorm noodwendig reflek-
siewe Werkwoorde, soos:
hom skaam. hom bekommer, waar
die Werkwoord die hoofaksent dra en nie die Pronomen nie.
^y die samestelling Ww. Adw. kry die Werkwoord soms
die hoofaksent en die Adwerbium soms, terwyl die Adj. die

-ocr page 164-

aksent kry in die samestelling Ww. Adj. Tog is hierdie
kriterium dikwels moeilik om toe te pas daar die verband
\'n omgekeerde betoning kan teweegbring. Ons kan die vol-
gende groepe onderskei:

291. (a) Die Substantief gee die manier van die handeling
aan. Behalwe die eenheidsaksent, is in hierdie en die volgende
groep, \'n ander uiterlike kenmerk van die samestelling, dat in
die reël geen Lidwoord of Voorsetsel by die nominale gedeelte
gebruik word nie. Enkele uitsonderinge is b.v.:
(die) baas
speel (die) kans knj, in (die) hande kom;sy man staan.
Ons
kan onderskei tussen bepalinge van manier wat ontstaan het uit:
(a) Bepalinge van plaas:
die Maandagoggend moet die
gerwe hoop gedra word
(Misdade, bis. 72); hou goed dop
(Misdade, bis. 112). So ook: vijoolspeel perdry, ens. (Sie
§§ 249-50.)

{ß) Bepalinge van middel: Kyk hy knip oë (B. stories, bis.
13), waarnaas:
en kyk hoe knip hy sy oë (B. stories, bis. 13);
en dan sal hy nog kopspeel (Na Olikheid, bis. 18). So ook:
handeklap, voetslaan, ens. (Sie § 250.)

(y) Bepalinge van vergelyking: lepellê, knipmesry, ens,
(Sie §§ 262-3.)

(J) Die resultaat of inhoud van \'n Werksaamheid: worteU
skiet, stormloop,
ens. (Sie § 265.) Vergelyk nog:

Kom, dus, en maak met haar nader kennis (Getrou, bis. 49).
En ons het hom geluk kom wens (Grootvader, bis. 22).
En heerlyk (sic) rein as die móreson ditdagsê (Veld, bis. 15).
Laat die mans lawaai en stofskop (Boervrouw, bis. 172).

292. (b) Die Substantief druk die doel uit waarop die
handeling gerig is. Vgl.:

Sy, sowel as Hendrik, het reeds hoop opgegee dat hy
nog leef {Getrou,
bis. 199).
Hetjul woorde gehad? (Misdade, bis. 131).
So moet hulle weer vlug en skuiling agter rotse gaan soek
(B. Stories, bis. 29).

Speelman hou asem op en maak ofhy dood is (B.Stories, bls.3ö;.

-ocr page 165-

Die Bobiaan kon toe nie asem kry nie (B. Stories, bis. 72).

Om te sien hoe die kruid vuur vat (Boervrouw, bis. 135).

Arme OU Terblans het probeer kop wegtrek (Duimpie I. bis. 23).

So moes hy eerste gaan oë toehou (Duimpie II. bis. 12).

Nou begin hy gedagte kry van die huis (Duimpie I, bis. 11).

Nou moet alle konsiderasie padgee (Vergeet Nie, bis. 98).

So ook: spoorsny, pypopsteek. ens.

Opm. Dit verdien aanbeveling om sulke samestellinge aaneen
te skrywe, as die Subst. onmiddellik voor die Ww. staan, soos
ons ook doen met samestellinge bestaande uit Ww. Bywd.

293. (c) Samestellinge van die bepalinge of voltooiinge
van die grammatiese Subjek met vorme van die Werkwoorde:
wees, bly, word. lyk. skyn. heet. Die betekenis van hierdie
Werkwoorde het in die loop van tyd verbleek. So het die
verkillende stamme van
wees oorspronklik \'n betekenis soos
"woon", "groei", ens. uitgedruk, en kon dit dieselfde soorte
bepalinge hê as ander werkwoorde, b.v.: (Plaas):
hy is in
gevaar;
(Tyd): sy is in die lente van haar lewe, ens. Teens-
woordig dien dit, behalwe dat dit deur sy vorme tyd en
modaliteit kan uitdruk, enkel om die grammatiese Subjek met
die bepalinge of voltooiinge te verbind, en in party tale
(Latyn, Russies, ens.) kan dit selfs gemis word waar ander
tale dit gebruik. Daar die woord alleen nie voldoende is
om \'n begrip uit te druk nie, kan \'n mens hierdie toevoegsels
beskou as voltooiinge van die Werkwoord, maar hulle dien
tewens tot bepaling of voltooiing van die grammatiese Subjek,
Waarby die taalgevoel hulle dan ook gewoonlik groepeer.
Die bepalinge en voltooiinge (met of sonder vormwoord) het
teenswoordig dan ook adjektiewiese funksie. Vgl.:
Alexander
"\'as \'n held: hy was in sy skik, uit sy humeur, op sy
Perdjie.
ens.

294. Die betekenis van die ander gemelde Werkwoorde

nog nie in dieselfde mate verbleek nie. maar ook die

voltooiinge waarmee hulle samegestel word, het \'n adjek-
tiewiese funksie.

-ocr page 166-

295. (d) Vorme van bepaalde Werkwoorde word met
Infinitiewe verbind om \'n tydsbepaling. modus, \'aktionsart\'.
uit te druk. Die uiterlike kenmerk wat die proses van same-
stelling begelei. is dat die Infinitief sonder Preposiesie gebruik
word. dog. daar die inwendige proses natuurlik voorafgaan,
kan die Preps. nog by party Werkwoorde voorkom, Daaren-
teen hoef die twee dele van die kompositum nie naas
mekaar te staan nie, Vgl.:
hy sal dit dadelik vir al die
lede van die vereniging vertel
(naas: hy sal kom). Hoewel
die twee elemente hier sover verwyderd van mekaar staan,
vorm hul tog \'n eenheid, waaraan soms die naam distansie-
of afstandskompositum gegee word. Die psigologiese proses
is dat \'n wilsakte begin word by die eerste element, om. na
\'n onderbreking deur \'n periode van inersie, eers by die
twede element voltooi te word. Hierdie proses het Dr. van
Ginneken treffend vergelyk met die gelyksoortige wilsakte
waardeur ons \'n
i skrywe aan die begin van \'n woord en
die titteltjie eers daarop sit as die hele woord klaar is.

296. \'n Tussentrap verteenwoordig verbindinge van Infi-
nitiewe met vorme van
wees, bly, lyk, skyn (literêr). heet
(literêr). kry, kom, gaan, ens. deur middel van aan met of
sonder
die of \'t (Vgl. § 22.) Hierdie woorde dien as hulp-
werkwoorde om die begin, voortduring, of modus van die
werbaalbegrip uit te druk. maar die gebruik van die bind-
woord is verplig.

297. Die Infinitief word sonder Preposiesie verbind met
die Hulpww.:
sal, gaan, kan, wil, mag, moet, laat, bly,
b.v.: hy bly lol. Vgl. ook § 270.

298. Ek weet nie of daar een akademiese dissertasie m
Afrikaans bestaan, waarin
skyn te wees en ook ander uit-
drukkinge waar \'n Inf. deur middel van
te met skyn verbind
word, nie voorkom nie. Maar nie alleen in wetenskapÜke

>) Vgl. Van Ginneken, Algemecnc Leer der Woordschikking (Leü^fcn
sehe Bijdragen VIII); Idem, Dc Kataloog van een Taaimuseum
Taalg. V); Van den Bosch, Over Samenstelling, (Taal cn Letteren n«/-

-ocr page 167-

werke is die verbinding so geliefd nie; dis ook die geval in
die belletristiese literatuur. En tog is dit onbekend in die
spreektaal. Vir:
terwyl die nuwe rigting se bedoeling skyn
te wees om die
minder-bevoorregtes te vergeet (E. Skrywers,
bis. 12), sou in die gesproke taal gesê word:
terwyl dit lyk
of die bedoeling van die nuwe rigting is,
ens. So kom Infi-
nitiewe met
te na lyk, blyk en heet ook enkel in literêre
taal voor.

299. Ook by behoort kry die Inf. steeds te: Die moeder
behoor die beste te weet
(Getrou, bis. 9), en as reël gebeur
dit ook by
(be)hoef: Voor ons aan die huwelik van Annette
hoef te dink
(Getrou, bis. 9), hoewel die vorm sonder te af

en toe ook deurdring.

300. Met of sonder te word die Inf. gebruik by kom,
Hulpww. om \'n aanvang in die onmiddellike toekoms of n
realistiese voorstelling uit te druk. (As
kom \'n selfstandige
Ww. is wat vergesel word van \'n Inf. wat \'n bepaling van
doel uitdruk, kry die laaste natuurlik om
te.) Vgl.: Dit kom
my duur te staan: as hy kom te sterwe: ek kom kyk: toe
ek my kom kry
(E. Skrywers, bis. 101).

301. By die woorde: durf probeer, begin en help word
die Inf. met om
te of te of sonder Prep. gebruik. (Sie ook § 270)
Vgl. naas
hy durf probeer, begin om dit te doen: hy help

om dit klaar te kry:

Hier het ons die opienies van vier van ons beste Afri-
kaanse taalgeleerdes, wat durf met gesag spreek
(E. Skry-
wers, bis. 50).

Sy benarde toestand begin te besef (Getrou, bis. 60).

Reeds voor die oprigting ... het Mnr. Hoogenhout in
die koerante
oor die erkenning van die Afrikaanse taal
beginne skrywe
(E. Skrywers, bis. 16).

In die vorige hoofstuk het ons perbeer die Groot Trek
in
ware verhouding met die geskiedenis van ons vaderland
te bring
(Boervrouw, bis. 20).

\') Vgl. Den Hertog, Ndl. Spraakk. I, § 78.

-ocr page 168-

Hieromtrent wil ek probeer so min moontlik sê (Boer-
vrouw,
bis. 20). /T t-i c\\
Tant Sarie, jy moet my help die kind grootbring (Japie.bls.5).

302. Die Hulpww. staan (voortduring), sif (voortduring),
loop (aanvang in die onmiddellike toekoms) en in Hottentotte-
Afrikaans ook
(voortduring), was oorspronklik neweskikkend
verbonde met die volgende Ww. deur middel van die
Konjunksie
en, en dit is nog dikwels die geval. Daar die
betekenis-verhouding egter \'n onderskikkende is, het daarnaas
ander konstruksies, konform met ander onderskikkende ver-
bindingstiepes, ontwikkel. Die is tweërlei: (1) Verbindinge met
te, veral onder Nederlandse invloed by die eerste drie woorde
in die literatuurtaal gebruik, maar in die spreektaal ook nie
heeltemal onbekend nie; en (2) Verbindinge sonder vorm-
woord. Die oorgangstadium waarin hierdie woorde verkeer,
kom mooi daardeur aan die dag, dat hulle \'n afsonderUke
bepahng kan hê, wat nie op die twede Ww. slaan nie. As
die bepahng op die hele verbinding slaan, is die eie betekenis
van die Hulpww. dikwels heeltemal verbleek en dien hulle
enkel om die ingoatiewe of duratiewe geaardheid van die
handeling uit te druk. Die eie betekenis van
sit is in Afri-
kaans egter nooit heeltemal verbleek nie. Vergelyk:

Want ons het sit rook en drink en gesels (Grootvader, bis. 22).

Lodewyk gee \'n diepe sug, en sit sy minister vir \'n tyd
lank stil en aankyk
(Getrou, bis. 47).

Vir \'n tydjie sit die meisie hom met \'n sonderlinge blik
in haar oë stil aan te kyk
(Getrou, bis. 52).

Staan hy die aanval bedaard afwag (Misdade, bis. 149).

Het jy bygestaan luister? (Misdade, bis. 92).

Hulle wei genoeglik op die groen gras, wat hier volop is,
of lê gerus en herkouw
(Misdade, bis. 47); naas Hottentotte-
Afrikaans : deusman se kind, jy le stan skent Grikwa se
kind by di korakter
(Ons Klyntji).

303. Geskiedkundig. Hoewel Dr. Bosman Ndl. uitdruk-
kinge, soos:
staan te zaniken, liggen te zeuren, vergelyk
met die gebruik van die gemelde woorde as Hulpww., voeg

-ocr page 169-

hy daaraan toe: "Maar Kreools-Afrikaans gaan hierin baie
verder [as Hollands]", en noem dit dan \'n "tiepiese verskynsel
van
Kreools-Afrikaans". Waarop hy hierdie uitspraak baseer,
weet ek nie. Algemeen Afrikaans en Algemeen Nederlands
staan m.i. teenswoordig ongeveer gelyk in hierdie opsig.
Teenoor die groter voorliefde van Afrikaans vir
staan en
loop kan gestel word die Ndl. gebruik van zitten en liggen.
En dat in sulke verbindinge nie deur witmense in Afrikaans
gebruik word nie, wil nog nie sê dat die Hottentotse geur
ook oorspronklik aan die woord gekleef het nie. Dis miskien
juis omdat die Hottentotte daar veel gebruik van gemaak
het, dat dit uitgesterwe het onder die blanke. In sewentiende-
eeuse Hollands het samestellinge met
veel gebruik geword.
Vgl.:
hoe legddy so en preutelt (Bredero, Rodderick ende
Alphonsus, Uitg. Knuttel, bis. 68):
dat jij hier lecht en
tabackt
(Griane, Uitg. Knuttel, bis. 105) ens. Of meen Dr.
Bosman dat die verbinding
lê staan ( Inf.) tiepies Kreools
is wat die betekenis van die woorde betref? Dan verwys
ek hom naar Griane. bis. 106:
die legghen en loopen, in
goyen elck ien,
en bis. 185: maer dat jy noch wilt leggen
en loopen. Of het hy miskien die oog daarop, dat geen
bindwoord gebruik word nie? Dan verwys ek naar Trijntje
Cornelis. vs. 367:
Hoe brill sei onse Claes staan kyken:
VS. 1204: \'k hadd loopen hoore preke: Bredero. Angeniet.
VS. 1495:
Nu dat de Hei-heer lang verwondert had staan
staren.
Of meen Dr. Bosman, dat nóg die aard van die
verbindinge. nóg die gebruikte woorde onnederlands is, en wou
hy alleen maar te kenne gee dat die Hottentotte daar meer
gebruik van maak as die witmense. en dat dit daaraan kan
toegeskrywe word dat daar in Hottentots ook sulke partikels
voorkom
(gye, ra, ens.)? Dan glo ek dat hy gelyk kan hê.^)

304. Die Hulpww. aanhou, ophou en basta word met

O Ontstaan v. Afr,, bis. 83.
./) Vgl. ook: Hesseling,
Het Negerhollands, blss. lO^IO; Du Tojt,
Afr. Studies, blss. 94-97 Stoett, Mnl. Syntaxis, §§ 10-11; Van der
Veen,
Taaleigen, § 195; Van Helten, Vondel\'s Taal, § 194, Opm. 2.

-ocr page 170-

of sonder die vaste Prep, met (naas om te) gebruik. Ver-
gelyk vir die gebruik sonder vormwoord:

Totdat daardie twee tydskrifte ophou bestaan het (E.

Skrywers, bis. 28).

Ons Jan het aanhou veg en sy man teen dte aanvaüe

gestaan (E. Skrywers, bis. 38).
Jy moet jou en bitji opbeur en basta fer jou so oud hou

(Ons Klyntji).

305. Geskiedkundig. Die woord basta is oorspronklik
\'n Interjeksie. Daar die Imperatief ook dikwels die funksie
van \'n Interjeksie het, wat dan voltooi kan word deur \'n Inf.
met of sonder
met (Vgl. hou aan. hou op), het ook basta
hierdie konstruksie aangeneem. Vervolgens is die woord in
werbale funksie gebruik na
moet en dan ook na ander
Hulpww., dog as alleenstaande Ww. kan dit nog nie gebruik
word nie. \'n Soortgelyke oorgang het ontstaan uit die
interjeksionele gebruik van die uitdrukking:
sabander in die
wapad. Sabander
is die tietel van \'n oosterse hawemeester
en doeanehoof, maar deur latere onbekendheid met die
eintlike betekenis van die woord, het die volksetimologie
daarvoor die Imperatief \'laat spaander\' (in die wapad) gc-
substitueer, \'n Eienaardige vergissing begaan Dr. BoshofF
waar hy, op voorgang van Prof. Smith,
sabander verk aar
as ontstaan uit
laat spaander. Die volksetimologie assimileer
immers die onbekende aan die bekende, en nie anders om nie. )
Opm. by §§ 295-305. Sy betoog, dat die vereenvoudiginge
in die vormleer van die Afrikaanse Werkwoord onder JVlal--
Portugese invloed sou tot stand gekom het, behoort tot dic
teoretiese gedeelte van Prof. Hesseling se verhandeling oor „He
Afrikaansch". Tot dié vereenvoudiginge word ook gereken di
feit, dat die Imperfektum, behalwe by die Hulpww. en \'n paar
ander Ww.,\') in Afrikaans verlore gegaan het.

In sy grondige studie oor „De Tijden van het Werkwoord )

O Vgl. Hesseling, Het Afrikaansch, bis. 114; Boshoff, Volken Taal,
bis. 135; Bosman, Afr. en Mal.-Port., bis. 81.

») Boshoff, Volk en Taal, bis. 207; Huisgenoot, Jan. 1921.

») Vgl. Handleiding, bis. 51. wm t v\\

<) Een Proeve van Nederlandsche Spraakkunst (N. Taalg. v;.

-ocr page 171-

onderskei Dr. van Ginneken as volg tussen die gebruik van
Imperfektum en Perfektum in Nederlands:

„De eerste verleden tijd [Imperfektum] heeft tot kernbe-
teekenis: de plastische schildering van een feit; hij geeft m.a.w.
te kennen, dat wij het feit min of meer als gebeurend levendig
voor ons terugzien, soms zelfs in eenige sukcessieve fasen van
z\'n ontwikkeling; hij spreekt dus meer tot de verbeelding en
gaat altijd met aanschouwelijke voorstellingen gepaard.

De tweede verleden tijd [Perfektum] heeft tot kernbeteekenis:
de koude konstateering van een feit; hij geeft m.a.w. te kennen,
dat wij het heele feit in een gezichtspunt samenvatten, ook al
heeft het zelf soms lang geduurd; hij spreekt dus meer tot
het abstrakt redeneerend verstand en gaat bijna nooit met
aanschouwelijk durende voorstellingen gepaard".

In Mnl. kon die Imperf. egter ook gebruik word in gevalle
wat nou gewoonlik tot die gebied van die Perfektum behoort. O
Die funksie van die vroeëre Imperf. word dus in Afrikaans
maar vir die kleinste gedeelte deur die Perf. waargeneem. \'n
Verlede handeling word aanskoulik uitgedruk óf deur die een-
voudige Presens (met of sonder
toe of ander adwerbiale bepa-
linge van tyd) óf deur middel van die behandelde Hulpww.
Die moontlike middele is dus almal ook in Nederlands aanwesig
en kom in die sewentiende-eeuse literatuurtaal meer voor as
in die hedendaagse; en nog maak die algemene omgangstaal
en die dialekte daar meer gebruik van as die Nederlandse
geskrifte laat vermoed. Of die genadeslag wat hierdie nog
aanskouliker middele in Suid-Afrika aan die Imperf. toegedien
het, deur vreemde invloede in die hand gewerk is, en indien
wel, of daar dan een bepaalde taal voor verantwoordelik moet
gestel word, is vrae waar ek hier nie op wil ingaan me, daar
dit die vormleer betref, maar wat naar my mening m dieselfde
gees moet aangepak word as ek met ander soortgelyke kwessies

gedoen het. (Vgl. b.v. § 79).\')

Daarby herinner ek daaraan, dat d.e Imperfektum ook m
baie Duitse dialekte verdwyn het, hoewel die bewoording van
Wunderlich: "Das
zusammengsetzte Präteritum, das man ge-
wöhnlich auch Perfekt nennt, hat in manchen Dialekten die
ganze Zeitform der Vergangenheit in Beschlag genommen , )
__op \'n misvatting moet berus.

TTö^^p, Ecn Opmerking over het Nederiandsche Perfectum
(N. Taalg. XVII).

\') Hesseling, Het Afrikaansch, blss. 140 ylgg.; Bosman, Afrikaans
Cfi Mal.-Port., b\\ss.
IÖ4 vlgg.; Bosman, Ontstaan van Afr. bis. 94.

Unsere Umgangsprache, bis. 191.

-ocr page 172-

Kongruensie.

306. In samegestelde tydsvorme bestaande uit het of sou
4- Hulpww. wil kan of moet Hoofww. in die Inf.. kry
die geregeerde Hulpww. die vorm van die Verlede Tyd:
Hy het dit kon sien; hy sou (moes) dit wou doen. As kon
of moes gevolg word deur die Hulpww. wil en \'n Hoofww.,
behou die geregeerde Hulpww. die vorm van die Teenw.
Tyd, maar staan die Hoofww. in die vorm van die same-
gestelde Verl. Tyd:
Hy kon (moes) dit wil gedoen het.
Omgekeerd gebeur dit dikwels, hoewel nie konsekwent nie,
dat die Verl. Tyd van die Infinitief ook die voorafgaande
Hulpww. in die Verl. Tyd sametrek. Vgl.:
Die skikkinge
vir die begrafnis word baie omstandig meegedeel en oujefta
se relaas kon heelwat korter gewees het
(Prosa, bis. 220).
Dit werp \'n skerp lig op die moontlikhede van funksiever-
andering by die afslyting van fleksie-uitgange, dat die Infinitief
hier optree in vorme wat in die Nederlandse stamtaal enkel
by die Verbum Finitum voorgekom het en voorkom. Maar
die Afrikaanse Verbum Finitum en Verbum Infinitum het
ook in die Presens, afgesien van hulpwoorde, gewoonlik
dieselfde vorm. Met hierdie herhaalde uitdrukking van die
Verl. Tyd kan vergelyk word die gebruik om na
klein altyd
\'n verkleiningsvorm van die Subst. te besig:
my klein seuntjie.
\'n klein opmerkinkie,
ens., iets wat ook in Nederlands veel
voorkom, dog nie so uitsluitend soos in Afrikaans nie.

307. Ook in hierdie opsig staan baie skrywers egter onder
invloed van die Nederlandse skryftradiesie. Hoewel ek op
die oomblik nie in die geleentheid is om dit te
kontroleer
nie. glo ek dat waar Prof. Malherbe sê "Dat baie [ek
kursiveer] mense ook sê
sou wil sou kan ens." hy hom,
om die minste te sê. \'n bietjie sterk uitdruk.

Woordorde.

308. As die Hulpww. het of word bepaal word deur

>) Afr. Taalboek, § 64.

-ocr page 173-

\'n ander Hulww. staan dit altyd onmiddellik na die Verl.
Deelwd. wat dit self bepaal. Dit is ook die geval as Prep.
Werbum
het of word \'n Infinitief vorm: dan gaan die
Prep, aan alle werbale gedeeltes vooraf. Vgl.:
Hy kan dit
maar gedoen het
(Afr. Taalboek, bis. 72); niemand soa dit
verkeerd opgevat het nie
(Idem, bis. 73); na omtrent een-
derde van die pad so voort te gesukkel het
(Vergeet Nie,
bis. 118);
dit was sy plig om dit te gedoen het Die posiesie
van die Hulpww. in sulke sinne, en ook wanneer
het word
of wees in bysinne as enigste Hulpww.by die Verl. Deelwd.
gebruik word -- want dan geld dieselfde woordorde — is
\'n hindernis waar gebore Nederlanders wat Afrikaans skrywe
gedurig oor struikel. Vgl.:
Kyk, julle kérels ... weet nie
wat die ou baanbrekers of "voorlopers" het moet deurmaak
nie
(E. Skrywers, bis. 148, sitaat uit \'n brief van Hoogen-
hout). Maar ook in geskrifte van gebore Afrikaners kan n
mens verkeerde vorme teëkom. Vgl.:
Ons meen reeds genoeg
in die vorige afdeling gesê te hê
(E. Skrywers, bis. 60).

Opm. Hê is Inf. van die selfstandige Ww., hd van die Hulpww. O

B. Werbum Adjektief

(1) Die Werkwoord is \'n volbegrip.

(a) Verbindinge sonder vormwoord.

309. \'n Adjektief wat dien as bepaling van manier of om-
standigheid word sonder vormwoord met die Werkwoord
verbind. Die Adjektief het dan tewens betrekking op die
inhoud van die grammatiese Subjek (Sie §92). Voorbeelde is:

O Vgl. Malherbe, Afr. Taalboek, §§ 65-66.

-ocr page 174-

Hy kyk treurig rond, loop versigtig, knik vriendelik, staar
begerig, kom alleen; bang kom die droomgesiggie nader
(Veld. bis. 78).

Opm. In voorbeelde soos die laaste twee is dit die woord-
orde wat aandui dat die Adj.
nie alleen op die Subst. betrekking
het nie, maar ook op die Werkwoord. Vgl. § 46.

310. Die Teenw. Deelwd. is. behalwe in \'n paar geykte
uitdrukkinge
(hy is horende doof en siende blind), in die
spreektaal onbekend in hierdie adwerbiaal-adjektiewiese
funksie. In die literêre taal word daar by sommige skrywers
(Malherbe. Sangiro. ens.) \'n uitgebreide gebruik van gemaak.
Self verklaar Malherbe^): "In ons [d.i. Afrikaanse] geskrifte
speel hy \'n aanmerklike rol. Meestal kan \'n mens hom vermy
deur omskrywing. wat egter in die verskuns veel moeiliker

sou wees.....Maar in \'n enigsins ingewikkelde sin sou deur

konsekwente omskrywing te veel hinderlike tussensinnetjies
ontstaan. Dit kan derhalwe gebeur dat die teenw. deelw.
verkiesliker is as die ander manier. Maar dit neem nie weg
dat sy gebruik beperk moet word nie." Hier blyk dus weer
die behoefte by sommige genres van skriftelik geuite of
kunstig inmekaargesitte taal aan \'n ander ritme en aan enger
verbonde. meer gekomprimeerde, vorme as gebruik word in
die daaglikse omgangstaal, want die is ongegeneerd, die
klankreekse vheë byna van self van mond tot oor,
maar
hort en stoot ook, omdat hul los samehang.

Opm. In die bowestaande voorbeeld is horende en siende
nie enkel \'n bepaling by hy nie, maar tewens by die werbaal-
begrippe
is doof en is blind. Dit kan opgevat word as n
bepaling wat aangee op watter manier die toestand bestaan,
óf as \'n toegewende bepaling.

311. Daarenteen het die Verl. Deelwd. meer adwerbiale
geaardheid en lewe dus kragtig voort ook in die spreektaal.

312. Daar moet op gewys word, dat die Deelwoorde,
behalwe dat hulle die manier of omstandigheid uitdruk, tewens

1) Afr. Taalboek, bis. 74.

-ocr page 175-

\'n tydsvcrhouding, \'n oorsaak of rede, \'n voorwaarde, toe-
gewing of beperking kan weergee.

313. Voorbeelde van verbindinge met Teenw. Deelwd.:

Half sittend op die hoek van die tafeltjie tcag Stoffel

Harmse ... \'n paar ... te onderhou (Veld, bis. 81).

Toe draai hulle skielik om en trek stertswaaiend a/" (Oer-
woud, bis. 24).

En sy hoof oprigtend asof enigsins geprikkeU begin nou
Oom Willem eers bedaard, maar geleidelik toegéwend aan
sy gevoel
(Vergeet Nie, bis. 19).

Maar haar ewewig terugwinnend, dwing sy hulle met
magtige wil tot onderwerping en voorgewend dat sy die
posiesie nog nie heeltemal begryp nie, sê sy ...
(Vergeet
Nie, bis. 25).

Sag glimlaggend en met \'n sarkastiese trek om sy mond
sê hy ...
(Vergeet Nie, bis. 68).

Wakend, sugtend, biddend, so het sy die slepende dae
en die traag-skrydende ure van die nag deurgebring
(Ver-
geet Nie, bis. 89).

Opm. As daar geen werbale vorm tussen die grammatiese
Subjek en die Partisiepium staan nie, is dit dikwels twyfelagtig
of die laaste moet opgevat word as enkel \'n agtergeplaaste
bepaling van die Substantief en of dit tewens die Werkwoord
bepaal. So lyk dit vir my of die temporale verhouding van die
eienskap tot die handeling van die Werkwoord aangegee word
in die sinne:
En die klaende nadraai wat hy al naderkomendc,
aan elke knor gee, steek komiek af ...
(Oerwoud, bis. 72); en
oor hulle gly die sonstrale van \'n koninklike somermiddag be-
skermend cn scënend
(Vergeet Nie, bis. 117). Maar daarenteen
is in § 81 \'n paar sinne gesiteer (eerste en laaste vb. onder
Agterplaatsing) waar die Partisiepia die indruk maak van \'n
bepaling wat as nagedagte enkel op die Subst. betrekking het.

314. Voorbeelde van verbindinge met Verl. Deelwd.:

Troosteloos verlate lê die werkplek langs die spruit

(Veld, bis. 78).

Vir die gebruik van die twee Deelwoorde, waarvan die name
njisleidend
is, vgl.: Den Hertog. Ndl. Spraakk. III, §§97-101; I,§72,
Op\'n. 2; en Paul,
Deu. Grammatik IV. §§ 318-28.

-ocr page 176-

Onderwyl .,. speel die kleintjies vergenoeg opsy (Oer-
woud, bis. 9).

Steek hy vas en kyk half beskaamd die vlieende gedaantes

na (Oerwoud, bis. 18).

Tot dit onbeteueld vloei (Vergeet Nie, bis. 45).

Vorm van die adjektiewiese woorde.

315. Die Adjektiewe en Deelwoorde het in hierdie funksie
dieselfde vorm as by agterplaatsing in attributiewe gebruik.
Vgl. § 68 en §§ 81-2. By
Teenw. Deelwoorde kom af en toe
egter ook \'n vorm op
-de voor die dag. (Sie die bowestaande
voorbeelde.)

Opm. by §§ 309-15. Die Adjektiewe verskil in hierdie ver-
bindingstiepe in vorm nie van Bywoorde nie, en, daar hul sowel
op \'n Subst. as op \'n Ww. betrekking het, kan hulle funksie
as adjektiewies en tewens adwerbiaal beskrywe word. Eenvou-
digheidshalwe gebruik ons die naam Adjektief vir woorde wat
in \'n dergelike dubbele funksie gebruik word by volle, relatiewe
en leë begrippe, onverskillig tot wattereen van die twee genoemde
woordsoorte hulle histories behoort, en noem die woorde wat
enkel op die inhoud van die Werkwoord betrekking het —
anders as Sütterlin, >) wat in Duits ook dan die naam Adjektief
wil gebruik - uit hoofde van hulle funksie, Adwerbia.
Vergelyk
ook Opm. by § 92.

(b) Verbindinge met vormwoord.

316. Deur middel van die Konjunksies as (enkel literêr)
cn
asof (enkel literêr sonder volgende Ww. gebruik) word
die moontlike ontoepaslikheid van die eienskap uitgedruk.
Die bepaling kan betrekking hê op die grammatiese Subjek:
en [tant Dorie]
kyk herhaaldelik as gejaag deur die venster
(Veld. bis. 119); óf, by die refleksiewe Ww.. op grammaUesc
Subj. en Obj. gelyktydig: Toe ek my op my ou dag geskilder
het as omring deur \'n kring talryke kinders
(Prosabundel.
bis. 188).

>) Deu. Sprache, § 391.

-ocr page 177-

(2) Dic Werkwoord is \'n relatiewe begrip,

(a) Verbindinge sonder vormwoord.

317. As die verbinding sonder vormwoord geskied kry
die inhoud van \'n Subst. die eienskap gewoonlik eers deur
die handeling wat die werbaalbegrip uitdruk. Die Adjektief
wat tot voltooiing van die werbaalbegrip dien, kan tewens
betrekking hê:

(«) Op die inhoud van die grammatiese subjek. Vgl.:

Elkeen weer hom in sy eie vak, nou die litte lekker los
begin te voel
(Veld, bis. 16).

Met \'n nare skree skrik die wagtertjie wakker en sit
dadelik oor-end met wye oë
(Veld, bis. 130).

Daardie emmer klei dra net lekker swaar (Misdade, bis. 130).

Opm. Die laaste sin is \'n voorbeeld van die kausatiewe ge-
bruik van \'n Ww.
(dra swaar = laat my swaar dra), wat Dr.
W. de Vries, naar aanleiding van sinne soos:
Nieuwe schoenen
loopen lastig; die stoel sit ongemakkelijk,
\'n usurpasie genoem
het. O Vir die verklaring van die ontstaan van hierdie gebruik
van die Ww. gaan hy in die eerste plek uit van onpersoonlike
konstruksies soos:
Het ploegt hier licht. Sulke onpersoonlike
konstruksies ken Afrikaans egter nie, en dat hulle eers sou
meegewerk het om \'n nuwe konstruksie te help vorm en toe
self verdwyn het, lyk uiters onwaarskynlik. Is dit nie waar-
skynliker, dat die tyd van ontstaan van Afrikaans \'n termmus
ante quem vir die ontstaan van die persoonlike, en \'n termmus
post quem van die onpersoonlike konstruksie in Nederlands
sou aangee nie? In ieder geval lyk dit of die analogie van
sinne soos:
Dit is swaar vir my om [die klei] tc dra, naas:
Ek dra swaar [aan die klei] die aanleiding moet gewees het
van sinne soos:
Die klei dra swaar, naas: Die klei is swaar
[vir my] om te dra.

iP) Op die inhoud van die Objek. Vgl.:

Sy teenstanders noem hom dom.

Die móre-koelheid sterk \'n lustige wil. hou vermoeidheid
g^bind (Veld. bis. 16).

Hulle maak my tam (Idem, bis. 17).

\') Opmerkingen over Nederlandsche Syntaxis (Tijdschrift, XXIX)

11

-ocr page 178-

En toe die eerste kwaai ryp die rande vaal verdor het

(Veld, bis. 30).

(y) Op die inhoud van grammatiese Subjek en Objek albei

by Refleksiewe Ww. Vgl.:

Die volgende móre wil hy hom klaar maak vir sy werk

(Veld, bis. 76).

(b) Verbindinge met vormwoord.

318. Deur middel van vormwoorde kan die moontlikheid
te kenne gegee word, dat die eienskap wat dien tot voltooiing
van die Ww., nie aan die inhoud van die Subst. toekom
nie. As die Adjektief betrekking het op die inhoud van die
grammatiese Subjek word die bindwoord
vir gebruik: hy
geld vir ryk:
as dit betrekking het op die Objek kan as of
vir gebruik word: hülle beskou hom vir (of as) ryk. Vgl.
ook die verstarde samestelling:
iets verlief neem. By Reflek-
siewe Ww. het die Adj. betrekking op die inhoud van Subj.
en Obj. albei:
ek beskou my vir (as) bekwaam daarvoor.

Die vorm van die Adjektiewiese woord is soos by die
volbegrippe (§ 315).

(3) Die Werkwoord is lid van \'n kompositum.

319. (a) In die samesteUinge van Ww. met Adj. kan die
Adj. betrekking hê op die grammatiese Subjek. Vgl.:
hy
gaan dood: dit raak los: hy is goed: hy lyk vrolih
ens.
Veral de s.g. kopulatiewe Ww. met hulle voltooiinge vorm
\'n voorname onderdeel van hierdie rubriek.

320. As die moontlikheid dat die eienskap nie op die
inhoud van die grammatiese Subjek toepaslik is nie,
moet
uitgedruk word, kan die bindwoord as gebruik word: hy
is as verwese.

321. Die samestelling kan voltooi word deur \'n Objek:
Dit staan jou vry: dit val hom swaar: dit val hom Hg-
Dis \'n bewys van die vastheid van die samestelling, dat die

-ocr page 179-

voltooiing van die samegestelde Ww., ook in die omgangs-
taal sonder vormwoord kan aangeknoop word. Na samestellinge
met
wees, wat baie losser is, word in die omgangstaal \'n
bindwoord gebruik:
wees genadig vir my: hy is goed vir
my
ens. (Vgl. §§ 189-92),

Opm. by §§ 319-21. \'n Aantal woorde wat oorspronklik as
Substantiewe opgevat is, kan in Afr, sonder adjektiewiese af-
leidingsuffiks op hierdie manier — deur raiddel van \'n kopula —
met die grammatiese Subjek verbind word, en ook aan die
verdere funksies van Adje deelneem. Daaronder hoort in die
eerste plek die veelbesproke groep:
[ek is] honger, dors, spyt,
skaam
(Mnl. schaem, schame, Mhd, scham), lus, vaak, naas:

ek het honger, ens. O

Prof. Schuchardt het in sy Kreoolse studies daarop gewys,
dat sulke woorde \'n toestand beskrywe en dat daar dus \'n
algemeen psigologiese basis voor bestaan om hulle, soos in
baie Kreoolse tale gebeur, as
Adje op te vat. Hy het daar verder
mee vergelyk: Duits
ich bin ganz mitleid; sic ist ganz Huld;

Fr. chagrin, colère, ens.

Prof. Hesseling en Dr. du Toit het op dieselfde verskynsel
in Afrikaans gewys en dit beskrywe as \'n Kreolisme.

Dr. Bosman wysig hierdie laaste opvatting in \'n verklaring
waarvan die kern is, dat hy wil uitgaan van analogiewerking
binne die Ndl. taalverband self. Hy wys n.1, op Ndl.:
ik heb
naas in ben koud (N.B. hedendaags Ndl. is: ik heb het koud)
en hij heeft naas hij is schuld, beskou koudzijn, koudhebben,
ens., as werbale samestellinge waarin zijn en hebben mekaar
kan afwissel, en dink dan aan \'n analogiese uitbreiding van
hierdie rubriek in Afrikaans. Die vbb. is goed gekose, want
die woorde
heet en koud was, net soos schuld, oorspronklik
Substantiewe: Mnl.
ic heb heet, kout.\') Maar daar bly een
beswaar oor, en dit is, dat die groepie so klein is in Ndl, dat
\'n mens moet twyfel aan sy krag om analogievorme in die
lewe te roep. Is dit miskien om tegemoet te kom aan hierdie
beswaar, dat Dr. Bosman aanneem dat die uitbreiding bevorderd
is deur
Kreools-Afrikaans, wat hy dan verantwoord deur te s6
dat die verskynsel "in die Afrikaans van kleurlinge nog veel

J) Schuchardt, Kreol. Studien IX, bjss.. 202 vigp-Hesseling //ƒ/
Afrikaansch, bis. 112; Du Toit, Afr. Studies, bis, 81; Bosman,/i/r. en
^al
.~Port., blss, 76-8; Bosman, Ontstaan van Afr., blss. 84-7.

\') Mnl. Wdb.

-ocr page 180-

vaker voorkom as in suiwer Afrikaans"? Maar op \'n ander plek»)
wys hy ook nog op die taal van Ndl. kinders, waarin uit-
drukkinge voorkom soos:
neusje pijn wat sintakties gelyk staan

met Keesje honger.

As ons al hierdie gegewens \'n beetjie anders samestel en
uitgaan van die opgroeiende geslag, dan glo ek dat ons \'n
taamlik goeie beeld kan kry van wat werklik in Suid-Afrika
gebeur het. Ek stel dit my as volg voor:

Die kinders het - soos psigologies natuurlik was - honger,
dors,
ens. gevoel as Adj^, Dit doen kinders wat ander tale
praat gewoonlik ook met ooreenkomstige woorde, maar deurdat
die kindertaal hom gedurig aanpas aan die taal van ouer mense,
gebeur dit maar sporadies dat sulke woorde permanent oorgaan
tot Adje. In S.-A. het \'n groot deel van die ouer mense, n.l.
die Kreools-sprekendes, egter ook die genoemde woorde as
Adje gevoel, sodat die taal van die blanke kinders met behulp
van die Kreools-sprekendes die oorwinning kon behaal het oor die
taal van hulle ouers. Die gewoonste vorm in die kindertaal is:
ek honger, en as ek Schuchardt goed verstaan, kan die kopula
ook in Kreools ontbreek. „In den verschiedensten kreolischen
Mundarten heisst es: ,ich Furcht\' ,ich Hunger\'." Hierdie vorm
het die kinders egter mettertyd afgeleer om daarvoor, soos by
ander Adje, in die plaas te stel verbindinge met
is, wat ook
die sprekers van Kreools in baie gevalle doen. Daarnaas het
hulle egter ook die vorme met
het aangeleer. By hierdie ont-
wikkeling het die remmende faktore ten slotte nog aan krag
verloor deurdat in Ndl. reeds dubbelvorme met \'hebben\' en

\'zijn\' bestaan het. .

\'n Ander uitgangspunt het die groepie: Dit (maar ook: ek)
is jammer ;hy is skelm, windmaker
(naas vorme met die Lidwoord
\'n). Hier was \'zijn\' reeds oorspronklik die bindwoord, maar die
voorgeplaaste Lidwoord was die kenmerk daarvan dat d^
woorde as Subste opgevat is. Die opvat van sulke woorde
as Adje word dikwels gevolg deur die gebruik daarvan sonae
Lidwd., \'n verskynsel wat in Ndl. sowel as Afr. veeWuWig
voorkom. Behalwe op die gevalle wat in die Opm. bij §§ n»"
genoem is, kan ons hier nog wys op dic woord
jammer seU,
wat ook in Ndl. in albei vorme gebruik word:
wat is dat (eenj
jamrfier. en herinner aan die vbb. wat deur Dr. Bosman aan-
gehaal is:
schade, schalk, schande. Hier was die analogieklas
so groot dat dit my onnodig lyk om inwerking van Kreoolse
invloede aan te neem.

>) Ontstaan v. Afr., bis. 146.

-ocr page 181-

Afsonderlik staan m.i.: hy is pap, wat waarskynlik ontstaan
het uit:
hy is as pap, naar die analogie van sinne soos: hy
is verwese,
naas hy is as verwese. En ten slotte het hy is snoep
waarskynlik deur wegval van -s ontstaan uit hy is snoeps,-waar
die laaste woord dus reeds \'n Adj. was maar in \'n ander vorm.

322. (b) In Samestellinge van transitiewe Ww. met Ad-
jektiewe, soos:
hoogag, kwytskel swartsmeer, goedkeur, ens.,
het die Adj. betrekking op die Objek. Vgl.:
ek ag hom
hoog; ek moet sy houding goedkeur.

323. (c) Bepalinge van grammatiese Subjek of Objek
was
oorspronklik ook die Verlede Deelwoorde wat met
vorme van
het, wees of word verbind word om die same-
gestelde tye van die Werkwoord te vorm:
hy is gegaan,
hy word behandel, ek het hom gesien,
ens.

Opm. Hoewel is (het) Part. Pret. geword in die teens-
woordige Afrikaanse omgangstaal meer gebruik word as m die
Nederlandse, kan ek geen uitbreiding van die konstrukste m
Afrikaans waarneem nie. Die drie sinne wat Prof. Bouman )
aanhaal om so\'n uitbreiding te bewys. het m.i. geen bewyskrag
nie In-
De la Rey was Volksraadslid en werd belas geword

. met de leiding, het die skrywer die kluts kvvyt geraak deur
onbekendheid met die onafrikaanse vorm \'werd.
Die party hd
ontstaan geword
(uit \'n redevoering) is blykbaar \'n kontaminasie
van \'het ontstaan\' en \'het gevorm geword\'; en vir die anonieme
gebrekkige digter wat geskrywe het:
hy sal deur die nakroos
steeds hoër word verrys,
was \'verrys\' \'n vreemde woord waarvan
hy nóg die betekenis nóg die gebruik geken het.

l^orm van die adjektiewiese woorde.

324. Die Adjektiewe wat nie naar die analogie van Verl.
Deelwde gevorm is nie. het in hierdie soort verbindinge
dieselfde vorm as by agterplaatsing in attributiewe gebruik.
Met uitsondering van \'n paar verstarde vorme op
-ende:
hy is sterwende, lydende, sukkelende,
is dit ook die geval
met die Teenw. Deelwoorde. By die Verl. Deelwoorde tree

\') Syntaktiese Groepen en Afrikaans.

-ocr page 182-

egter n ander differensiëring op. Die Verl. Deelwde van
oorspronklik swak Ww. wat gebruik word om same met \'n
Hulpww. \'n samegestelde tyd van \'n Ww. te vorm, het
geen -f-klank nie, behalwe waar die grondwoord reeds
daarop uitgaan. By die losser samestellinge, waar die Verl.
Deelwde, of Adje wat naar analogie daarvan gevorm is,
ook wel dien tot voltooiing van die betekenis van die Ww.,
maar waar die gevoel vir die gelyktydige betrekking op
grammatiese Subjek of Objek jaog lewendig is, kan soms nog
\'n vorm op \'n -f-klank optree. By hierdie losser samestellinge
is daar twee antagonistiese kragte aan die werk: tradisioneel
gaan die Verl. Deelwde uit op \'n f-klank en, behalwe na
skerp konsonante, opereer die voorbeeld van ander Adje in
die rigting om dié toestand te bewaar, maar na die ander
kant toe word hulle geassimileer deur die vorm van die
vaste verbindinge. Die teenswoordige stand word vir die losser
samestellinge as volg deur die S.A. Akademie beskrywe^):
„Verder val
d en t altyd weg by verlede deelwoorde of
woorde wat gevorm is na analogie daarvan, en wat uitgaan

op f, g, k, p. s: hulle is verloof, hy is onhevoeg.....

Die klankproses wat die verdwyning van uitgangs-cf [ver-
staan: die f-klank] na
l, m, n, r, en \'n klinker veroorsaak.
is nog aan die gang, sodat \'n norm vir die hele taalgebied nie
vas te stel is nie. In die Woordelys is \'n poging gemaak om
in elke afsonderlike geval die gebruiklikste vorm aan te gee.

Opm. Na ng is d [verstaan: die f-klank] onseker: dte
skool is gemengd, die tvyn ivas gemeng met water."

Op dieselfde manier tree die Verl. Deelwd. van oor-
spronklik sterk Ww. op in die vorm:
ge- infinitief-stam.
as dit gebruik word om
\'n samegestelde tyd te vorm, maar
kan die sterk vorm voorkom in die losser verbindinge
(Vgl. § 82).

») Afrikaanse Woordelys, Spelrcei 36. Vgl. ook: JWalherbe, Afri-
kaanse Taalboek,
§§ 71-2.

-ocr page 183-

C. Werbum Adwerbium.

(1) Die Werkwoord is \'n volbegrip.

(a) Verbindinge sonder vormwoord.

325. Sonder vormwoord kan \'n groot aantal verhoudinge
uitgedruk word, waarvan ons noem:

Rus op \'n plek of beweging binne bepaalde perke: hy
woon daar, werk hier, snuffel orals.

Tydstip: hy het dit toe gesê; gister weggegaan.

Graad: dit blyk nouliks; die lamp flikker baie.

Manier of omstandigheid: hy loop vinnig, lag lekker,

soebat verniet; ek vra maar.

Maat: dit skeel weinig.

Modaliteit: hy kom seker, beslis, altemit, tog, nie; kom
dan, maar, assemblief.

326. Tewens verbindend is, soos ook dikwels by tyds-
verhoudinge, die Bywoorde met behulp waarvan die volgende
verhoudinge uitgedruk word:

Oorsaak: hierdeur het dit gebeur.

Rede of grond: hierom het hy dit gedoen; dit het ook gereen.

Middel: hiermee gee hy te kenne . . .

Doel: daarvoor sal hy \'n reis onderneem.

Toegewing : tog (nietemin) sal hy kom.

327. Besondere aandag verdien die gebruik van die
modaliteitspartikel
nie. Dis \'n eienaardigheid van Afrikaans,
dat as \'n begrip, handeling, toestand, ens. genegeer word,
die volsin. bysin, of woordgroep wat daar uiting aan gee.
haas altyd afgesluit word deur
nie. Vgl: Niemand dink

nie; nie die man nie maar die vrou was die skuldige;
e/c sien nie die koei nie; ek sal dit nie doen nie; ons
b^skuldig hom nie daarvan dat hy die perd gesteel /lef nie;
hy dink dat hy nie \'n fout kan maak nie.
Veral in Trans-
vaal word die groep soms eerder voorlopig afgesluit en
"\'e dan weer aan die end van iedere nuwe toevoegsel
Qeplaas: ons
beskuldig hom nie daarvan nie, dat hy die
Percf gesteel het nie.

-ocr page 184-

328. In literêre taal kom veel voorbeelde voor waar die
twede
nie onder Nederlandse invloed weggelaat is en daarnaas
gebeur dit ook dikwels dat die skrywer deur sy ingewikkelde
styl in die war raak en die negasies verkeerd gebruik. ) Vgl.:

En die Hollands en Engels so deurmekaar haspel, dat n
mens partykeer nie weet. watter taal hulle praat
(\'n Jag. bis. 5).

Maat jy was nog altyd bang dat sy my nog sou Itefhe
en daarom wou jy my geen stuk kans gee nie om jou liefde

te win (Spoke, blss. 41-2). ,

Trane kom daar in Annie haar oë. maar sy en ook me
oom Willem is instaat om met mekaar \'n woord te wissel

nie {Vergeet Nie. bis. 120).

329. Geskiedkundig. Die gebruik van nie tot versterking
van
nooit, niemand, niks ens. is oorgeërf uit Nederlands.

Hoewel die herhaling van \'n negasie in een of ander vorm
\'n uitgebreide verskynsel is wat in veel tale. veral in volks-
tak, voorkom (Vgl. ouer Ndl. en ...
niet. Fr. ne ... pas.
Eng. / neyer said nothing, ens.), is die ontstaan van die
dubbele
nie in Afrikaans \'n crux wat die taalgeleerdes tot
nog toe met grote eerbied benader het.

Dat Afrikaans onder invloed van Frans ne ... pas die
sewentiende-eeus-Nederlandse en ...
niet in gewysigde vorm
behou het - die verklaring wat Prof. Te Winkel indertyd
gegee het 2) — glo niemand meer nie, omdat die vorme
waarin die negasies in die betrokke tale gebruik word, al te

sterk van mekaar afwyk.

Prof. Hesseling dink aan moontlike invloed van die Neger-
portugees van Angola, maar staan daar self skepties teenoor )
Dr. du Toit^) het uit \'n Utrechtse stuk van die begin van
die agtiende eeu die sinne aangehaal:
In en vrai land most

\') Vir uitvoeriger uiteensettinge van die posiesie van die dubbele
negasie sie: Maliierbe,
Afr. Taalboek, blss. 102-112; le Roux. Hand
leiding,
blss. 56-9.

») Het Nederlandsch in Noord-Amerlka en Zuid-Afrlka (Vragen
van den Dag, 1896).

») Het Afrikaansch, blss. 117-8; Africana III (Tijdschrift XLIJ.
*) Afrikaanschc Studies, bis. XX.

-ocr page 185-

men dat kwaad nyt toelaaten nyt, en je word nyt gek nyt.
en op gesag van Dr. A. Beets vermeld dat sulke herhalinge
van
niet nog in die Utrechtse volkstaal voorkom. Dis my nie
geluk om daar in Utrecht n bevestiging van te kry nie. maar
die volgende sin in die Betuwse dialek laat vermoed dat
die verskynsel vroeër oor \'n groter gebied verbrei was:
Nou
hek tan is gezien, wad \'n warkstoaking is, en nie mar zoo
effekes ok nie, heur
(N. Rott. Courant, Avondblad 8-54920).
Maar hierdie voorbeelde maak oorerwing in Afrikaans nog
nie waarskynlik nie: dit illustreer alleen, dat die ontwikkeling
van die konstruksie in Nederlands moontlik is sonder aan-
raking met vreemde tale. Dit lyk of die konstruksie in ander
dele van die Nederlandse taalgebied nie bekend is nie. Van
\'n toevallige mededeling dat dit ook in die buurte van
Blankenberge sou voorkom, kon ek by nader ondersoek geen
bevestiging kry nie. Prof. VercouUie tot wie ek my gewend
het, berig dat die konstruksie aan studente uit verskillende
dele van Wes-Vlaandere (Brugge, Oostende, Blankenberge)
onbekend is. Hy wys egter op die moontlikheid van n
herhaalde
niet in Nederlands as \'n vraag gestel word: Ik
geloof, dat je Paul niet onaardig vindt, niet?

\'n Heel ander verklaring gee Prof. Bouman.Uitgaan-
de van die ontkenning
hé-é wat ons van die Hottentotte
oorgeneem het, sien hy hierin die oorsprong van die Atri-
kaanse gewoonte om dubbeld te ontken, wat dan verder
sou uitgebrei het tot ander gevalle. So is hierdie negasie
dikwels enkel \'n spontane reaksie wat gevolg word deur n
eksplikatiewe ontkennende sin. Op dieselfde manier sou dan
- aldus word beweer in navolging van W. de Vries ) -
in sinne soos: ons
kan ni weet ni. eers die Hulpww. en dan
die Hoofww. genegeer word, en so word ook dikwels n
toegevoegde woordgroep of bysin telkens opnuut genegeer.
Die Afrikaanse dubbele
nie het dus, volgens Prof. Bouman,
ontstaan uit \'n geleidelike aanpassing aan die taal van die

;) Dc dubbele ontkenning in Afrikaans (N. Taalg. XVII).
) Dysmelie, § 10.

-ocr page 186-

inboorlinge. Hierdie redenering bevat egter verskeie inkonse-
kwensies. Prof. Bouman veronderstel dat
hê-ê eers algemeen
was en dat daarna die
„Ndl.-sprekenden al spoedig het
onbeschaafd klinkend geluid, al is het ook niet geregeld, zijn
gaan vervangen door hun eigen
neen of nee". Maar die
enigste natuurlike verloop is tog. dat die beskawing van die
begin af gekant moet gewees het teen \'n klank wat nou
nog vir ongeskik geld. Dit kan alleen ondanks die vooroordeel
wat daarteen bestaan het, geleidelik n plek verower het.
En watter rede is daar om te veronderstel, dat die eerste
Afrikaanse koloniste nie in hulle eie taal die primitiewe
modale negasie geken het nie ? Wat soort ontkenning het
ons in Duitse sinne soos:
Nein, aber dieses Haas!: Aber
nein, Minal?^)
Maar ook die bowestaande beskrywing van
die dubbele
nie is nie op alle gevalle toepaslik nie. Welis-
waar kan \'n mens dit in sinne met n samegestelde Ww.
analiseer in n suksessiewe ontkenning van die samestellende
elemente, hoewel die gevoel daarvoor nie meer lewendig is
nie. Maar hoe staan dit dan met:
nie die man nie, maar
die vroü, was die skaldige?
En word eers die Hoofww. en
dan die Objek genegeer in:
ek sien nie die koei nie? Of
moet ons aanneem dat dit uitbreidingsgevalle is? Maar watter
bewys is daar dat die ander gevalle primer is?

Dan lyk my nog die aanneemlikste die verklaring van
Dr. Bosman, 2) wat b.v. uit
ek gaan nie en ek sal nie gaan
\'n kontaminasieproduk: ek sal nie gaan nie, aanneem. Die
noodsaaklikheid om nadruklik te praat in die omgang met
onbeskaafde rasse sal m.i. nog meegewerk het om die
gebruik
van nie ter afsluiting van die periode, sowel as in sy oor-
spronklike posiesie, te bestendig.

330. Deur groepsverskuiwing het uit die verbinding Ww.
nie(t) een Subst. die samegestelde Lidwoord nie n
ontstaan, b.v.: Daar was nie \'n mens nie.

\') Wunderlich, Unsere Umgangspradic, Hfstk, II.

\') Afr. en Mal.-Port., bis. 84; Ontstaan van Afr., bis. 136.

-ocr page 187-

Opm. Prof. Hesseling haal die Negerhollandse Onbep, Vnwde
niet een mens, niet een man, aan as voorbeelde van die neiging
van Kreools om met nadruk te spreek en Dr. du Toit vergelyk
dit met Afrikaans.\') Oor Negerhollands wil ek g\'n oordeel
uitspreek nie, maar vir Afrikaans deug die beskrywing in ieder
geval nie, want in Afrikaans is
niemand nie vervang deur nie
\'n mens
nie, maar: nie \'n mens, nie \'n man, g\'n mens, ens.stazn
naas niemand as vorme met meer nadruk. Vgl. Nndl. g\'n mens,
g\'n ziel, g\'n kip,
ens. In sulke verbindinge is die samestelling
nie \'n volkome gelykwaardig met die samestelling g\'n, en die
oorsprong daarvan moet nie in Kreoolse „omschrijvingen" gesoek
word nie, want dit kom veelvuldig voor in sewentiende-eeuse
Ndl. en \'veral in Seeus wat die grondslag van Negerhollands
gevorm het Vgl. b.v. Cats se Spaens Heydinnetje:
niet een
mensdi,
(vs. 40, ens.); wij hebben niet een sier (vs. 820).

331. Ook al kan herhaal word na die bepaalde woord
of woordgroep. Vgl.:
hy het al gekom al, en (by Adwerbia):
dis al lank al: hy was daar al lank voor my al.

332. Geskiedkundig. Hierdie konstruksie kom ook in
die Noordhollandse dialek voor, waaruit Afrikaans dit waar-
skynlik geërf het. ®)

(b) Verbindinge met of sonder vormwoord.

333. Net soos Subste kan ook Adwerbia met of sonder
Preposiesie (Post-, Circumposiesie) met Werkwoorde verbmd
worde om die rigting van \'n beweging aan te gee of n tydsduur
uit te druk. Vgl.:
hy kom binne, gaan weg, het lank gebly,
het gister
gems, met: hy kom na vore, van buite af het
van toe af weggebly: dit het tot laat (toe) geduur.

334. Die Prep. kan voor die Bywoord staan of. as daar
meer as een is. - wat dan die geaardheid van \'n samestelling
aanneem - kan hulle die Bywoord omring. Die enkelvoudige
Postposiesies staan na die Bywoord. maar vorm samestellinge
daarmee :
hy gaan boontoe, ondertoe, buitentoe, soheentoe
O ook: soontoe;, hiernatoe, ens.; hierlangs, daarlangs, ens.

\') Negerhollands, bis. 101 en 112.
Afr. Studies, bis. 91.

\') Bosman, Afr. cn Mal.-Port., bis. 85.

-ocr page 188-

Dog soms kan die twede woord opgevat word as \'n twede
bepaling by die Ww.; dan behou dit die geaardheid van \'n
Bywoord en vorm geen samestelling met die voorafgaande
Bywoord nie. Vgl:
hy loop voot verby, onder deur, ens.

335. As twee Preps \'n Bywoord omring, kan die laaste
\'n samestelling met die Bywoord vorm en die eerste dan
die hele samestelling bepaal Hierop berus die praktyk van
die Huisgenoot om na
tot die Bywoord Postposiesie aaneen
te skrywe:
tot daarnatoe, tot hiertoe. Na na is die geleding
dikwels vlottend, hoewel die Huisgenoot ook hier konsekwent
Byw. Postposiesie aaneenskrywe: na
boontoe. na ondertoe.

Opm. Dis my \'n raaisel waarop die verklaring van die Huis-
genoot berus: „Sulke vorme met
na skyn kontaminasie-vorme
te wees en nie aan te moedig nie; ons verkies dus óf
nabowe
óf boontoe, óf na onder óf ondertoe, ens." Ons Afrikaanse taal
is tog al te mooi om deur sulke redeneringe te bederwe I

(2) Die Werkwoord is lid van \'n kompositum.

336. Losse samestellinge vorm Bywoorde met leë wer-
baalbegrippe as dit dien tot betekenisvoltooiing. Vgl:
Hy
is hier. voor. onder; die boek is uit; hy bly agter. ens.

337. \'n Belangrike en uitgebreide klas woorde het hul
ontstaan daaraan te danke, dat werbaalbegrippe met partikels
samegegroei het tot nuwe eenhede. Vergelyk:
hy oorweë die
saak, onderhou sy famielie
met: hy wee die suiker oor, hou
sy hand onder die kraan.
Die vernaamste uiterlike kenmerk
van die ontstaan van die nuwe eenheid is dat die selfstandige
aksent van die twee afsonderlike dele oorgaan tot eenheids-
aksent, wat óf op die Ww. óf op die partikel kan val
Vgl:
oorwéë, onderhou, ens., met: óphou, aangaan ens. In
die eerste geval is die samestelling onskeidbaar; in die twede
geval is dit skeidbaar
(dit hou op, gaan aan) maar daarom
nie minder vas nie. \'n Twede kenmerk, wat egter nie altyd
aanwesig is nie. is dat die samestelling alleen as geheel kan

>) Vgl. die uitgawe van Nov. 1922, bis. 224.

-ocr page 189-

bepaal of bepaal word, terwyl by afsonderlike eenhede ieder
dit natuurlik op sy eie houtjie doen. \'n Mooi illustrasie
daarvan is die woord
oplet In die oorspronklike vorm: ek
het op hom gelet
word \'hom\' beheers deur \'op\'. Die oor-
gang tot \'n samestelling is egter vry algemeen in Afrikaans
en dan word in:
ek let (vir) hom op; ek het hom opgelet
\'hom\' deur let ... op, resp. opgelet beheers. So word ook
in Nederlands sedert die laaste twintig jaar
iets opletten naas

op iets letten gebruik.

338. Begryp ... aan is \'n voorbeeld van \'n samegestelde

Ww. wat alleen in die skeidbare vorm, en dan in die Im-
peratief, optree. Vgl.:
Begryp so iets aan (E. Skrywers, bis. 62).

D. Werbum Werbum.

339. Afwykend van ander Germaanse tale, kan in Afrikaans
\'n werbaalstam dien tot bepaling van \'n Werkwoord. Twee

gevalle kom voor: . o i c

340. (1) Die bepaling is samegesteld uit n Substantief
gevolg deur \'n
werbaalstam met adwerbiaal-adjektiewiese
funksie, b.v.:
dit gaan broekskeur, naelskraap, ens.

341. Geskiedkundig. Hierdie konstruksies is beperk tot n
klein groepie samestellinge wat almal, sover ek weet, enkel met
\'gaan\', en daarnaas ook met \'wees\' verbind word:
Dit was
naelskraap; dit het maar broekskeur gewees.
SamesteUinge be-
staande uit Subst. Inf. is natuurlik niks ongewoons nie, maar
wel die Adwerbiale gebruik. Dr. Bosman wat die
eerste melding
gemaak het van hierdie konstruksie, vergelyk daarmee die

\') Mededeling van Prof. de Vooys.

-ocr page 190-

Zaanse: hij is propschiet, i) wat egtêr nog net so goed op n
verklaring wag as die Afrikaanse uitdrukkinge. In die laaste
het die werbaalstam dieselfde funksie as anders deur die
Teenw. Deelwd. uitgeoefen word. Daar bestaan dus grond vir
die onderstelling dat dit ontstaan het uit Teenw. Deelwde wat
om die een of ander rede hulle uitgang verloor het. En al te
gewaagd is die veronderstelling nie. want daar is ook ander
aanduidinge dat so \'n klankverandering nie onmoontlik is in
Afrikaans nie. Vgl.:
Half fluister gee hy sy naam op en
half fluister trag hy Oom Jannie daarna te troos
(Veld,
bis. 82). Maar om \'n bevredigende verklaring vir hierdie
klankverandering te vind is minder maklik. Sonder om daar
enige konklusies uit te wil trek. herinner ek net daaraan dat
die Teenw. Deelwd. ook in Vlaams kan voorkom sonder
d(e).
Vgl.: hun bellen al klinken („Twee Horsen" van G. Gezelle).
As ons kan uitgaan van \'n partisipiale vorm op -en, dan
het ons \'n Part. en \'n Inf. wat gelykluidend is, en hoef die
verdere wegval van -en ons nie te verwonder nie. Maar
dit lyk waarskynliker, dat die ongewoontheid van konstruksies
met adwerbiaal gebruikte Teenw. Deelwoorde in Afrikaans,
ook sonder inwerking van die gemelde Vlaamse vorm, die
gevoel vir die vorm van sulke Deelwoorde afgestomp het
by die paar oorblyfsels wat bewaar is. Daartoe kan Maleis,
waar die Teenw. Deelwd. en die Infinitief ook dieselfde vorm
het, moontlik meegewerk het.

342. (2) Die bepaling bestaan uit \'n geredupliseerde
werbaalstam met adwerbiaal-adjektiewiese funksie, b.v.:

Hy sê dit so lag-lag (Pers).

Aan die manier waarop hy voortgaan, loop-loop. staan-staan
kan \'n mens al te maklik merk
.... (Vergeet Nie, bis. 108 •

Koes-koes volg Adonis hom nog \'n enf (Vergeet Nie, bls.113).

Die lang flguur van Herklaas van der Merwe het buk-buK
die tent ingekom
(Veld, bis. 82).

\') Ontstaan van Afr., bis. 89.

») Walbeehm, Beknopte Maleisdie Spraakkunst, § 52.

-ocr page 191-

343. Die reduplikasie druk \'n iteratiewe handeling uit,
wat die ander handeling kan onderbreek. As die twee
handelinge gelyktydig kan plaasvind, gee die reduplikasie,
waardeur \'n reeks snel opvolgende werkinge uitgedruk word,
tewens \'n duratiewe begrip weer. Dis \'n sterk impressionistiese
trek van Afrikaans, dat dit op hierdie manier voorsien het
in \'n deel van die verlies wat dit gely het deur die verlore-
gaan van die Teenw. Deelwd. in adwerbiaal-Adjektiewiese
funksie. Deur die klankherhaling word die herhaling van die
handeling immers realisties afgebeeld, en deur die engheid
van die verbinding word die gelyktydigheid van die hande-
linge veel beter weerspieël as deur onderbrekende bysinne.

344. Geskiedkundig. Ook hierdie verskynsel in Afrikaans
het al veel diskussie uitgelok. Prof. Hesseling, en. in na-
volging van hom. ook Dr. du Toit."\') praat van Werkwoorde
wat as Bywoorde gebruik word en dus \'n bewys is van
Mal.-Portugese invloed. En ook Dr. Bosman, wat \'n uit-
voeriger en juister uiteensetting gee van die funksie van
sulke geredupliseerde werbaalstamme, is bereid om daarin
\'n kreolisme en - in sy later werk - miskien \'n Maleiisme
te sien.

Teen hierdie eenstemmigheid het Dr. Boshoff^) te velde
getrek in \'n lang betoog wat hy van so veel belang geag
het, dat hy in die volgende stelling nogmaals nadruk gele
het op die uitkoms daarvan: „De rol door de reduplikatie
en de funktie-verandering bij de woordvorming en het
woordgebruik in \'t Afrikaans gespeeld, behoeft niet aan
vreemde invloeden toegeschreven te worden". Sy betoog
l^om in \'t kort hierop neer: Geredupliseerde Bywoorde, soos
9ou-gou, kom ook in Nederlands voor. Fluit-fluit loop kan
beteken \'al fluitende lopen\', maar ook \'gemakkeUk, zonder
moeite lopen\', waar dit op een lyn staan met
gou-gou, ens.

\') Het Afrikaansch, bis. 114.

\') Afrikaanschc Studies, bis. 82.

\') Afr. en Mal.-Port., blss. 79-80; Ontstaan van Afr. bis. 82.

O Volk en Taal, blss. 329-31.

-ocr page 192-

Dat die analogie van Bywoorde \'n rol gespeel het, is dus
„nie onmoontlik en selfs nie onwaarskynlik nie". Verder ken
Frans reduplikasies soos:
bon-bon, cri-cri, ens., en in Hot-
tentots en die Bantoetale kom ook geredupliseerde werbaal-
stamme voor. Ergo : „As die redupliserende woordvorme in
Afrik, van vreemde oorsprong
moet wees, dan sou ek nie
weet of hulle Maleiismes. Gallisismes, Hottentottismes of

Kafferismes is nie."

Wat die eerste argument betref, is dit al dadelik duidelik
dat die betekenis \'gemaklik\' wat die reduplikasie
fluit-fluit
kan aanneem, sekunder moet wees. omdat die simpleks dit
nie ken nie. Dit kan dus nie die uitgangspunt van die

konstruksie wees nie.

Wat die -ismes betref, daar hier enige kwessies van
algemene en prinsipiële aard by betrokke is. moet ons die
saak wat breër ophaal.

Herhaling van klanke en woorde is iets wat in alle Indo-
germaanse tale. en ons kan wel sê in alle tale van die wêreld.
voorkom, en die betekenis-skakeringe wat daardeur uitgedruk
word is velerlei. En ook die herhaling van werbaalvorme
of selfs werbaalstamme hoef Dr. Boshoff nie uitsluitend in
die tale van swart en geel rasse te soek nie. want ook in
Germaanse tale is hulle volop genoeg. Vgl. b.v. Duits er
fragt und fragt, er gräbt und gräbt; Ndl. hy roeit en
roeit maar door:
Afr. dit rol en dit rol, altyd verder en
altyd vinniger, bo by die skoorsteen in
("Duimpie I, bis. 36).
Weliswaar staan daar gewoonlik \'n bindwoord tussen, maar
hoe lyk dit met Ndl. en Afr.:
ach (ag) kom, kom ? en in watter
Germaanse taal sou die konstruksie van hierdie Afrikaanse
sin nie pas nie:
Sy raak toe in slaap, en sy slaap, slaap,
slaap tot vandag toe nog
(B. Stories, bis. 23)? Selfs waar
Leon Maré klank- en woordherhalinge van alle soorte by

\') Vgl.: Wundt, Die Sprache I, blss. 627-52; Van Ginneken, Vrye
Wil en Automatisme,
(Leuvensche Bijdragen Vil, blss. 288-94). Vir
Latyn: Dr. J. te Wartena,
De Geminatione (Groningse diss. 1915).

\') Vir Platduits sie: Meyer, Unsere Plattd. Muttersprache, § 55.

-ocr page 193-

honderdtalle in sy sketse laat krioel (dis of daar \'n ...
oseaan golwe en golwe, en in kleure weggolwe: om nimmer-
nimmer weer terug te kom nie; klompies en klompies van
burgers : vaster en al hoe vaster; hy stap so struik-struikelend,
ens., ens.), is die meeste nie vreemd aan die geaardheid van
Germaanse tale nie, hoewel hy \'n sterk oordrewe gebruik
maak van hierdie stylmiddel.

Maar die funksie wat die onderhawige geredupliseerde
werbaalstamme in Afrikaans het, is on-germaans en on-
nederlands, en daar lê die knoop, want in Maleis i) en
Maleis-Portugees") kom dieselfde funksie wél voor. En as
die reduplikasie van die werbaalstamme in die Bantoetale
iets met Afrikaans te doen het, dan is dit snaaks dat \'n
Swasie-kaffer, b.v., vir Afr. hy loop staan-staan, sê: hy
loop
hy staan.
Wat Hottentots betref, daarin kom samestellinge
van twee Werkwoorde voor en ook herhalinge van werbaal-
stamme, maar van so \'n partisipiale of adwerbiale gebruik
van die herhaalde werbaalstamme maak die gewone bronne
geen melding nie. Tog het ek my, met die oog op die feit
dat die Hamburgse „Seminar für afrikanische und Südsee-
sprachen" in die besit is van nuwer informasie wat tot nog
toe nie gepubliseer is nie, tot Prof. Meinhof om inligting
gewend. In n vriendelike brief skrywe hy o.a. „das mir
Verwendung
von Verbalstammwiederholungen als Partizipium
oder als Adverbium wie in den von Ihnen aus dem Kap-
holländischen zitierten Redensarten, aus Bantusprachen und
aus dem Hottentottischen
nicht bekannt ist. Die im Nama
vorkommende Wiederholung von Verbalstämmen hat eine
kausative Funktion und die in Bantusprachen nicht seltenen
gleichen Bildungen dienen zum Ausdruck von iterativen oder
durativen Nuanzierungen des VerbalbegrifFs.

0 Walbeehm, Beknopte Maleische Spraakkunst, § 22 en § 52.

*) Schuchardt,/Crco/. S/«rf/e/i IX. blss. 245-6.

Planert. Handbuch, bis. 7; Meinhof, Lehrbuch, bis. 62 en blss.
III vlgg. ^^

-ocr page 194-

Dagegen bestätigen meine Mitarbeiter auf dem Gebiete
der indonesischen Sprachen Ihre Parallelsetzung der Kap-
holländischen Ausdrucksweise mit der Malaiischen, und unser
Malaiischer Sprachgehilfe Osman Idris führt für Ihre Beispiele
entsprechende malaiische Redensarten auf. die nicht ad hoc
übersetzt sind, sondern in der Sprache leben: datang tertawa-
tawa = kommen lachen-lachen = unter Lachen ankommen;
lari berhenti-henti = laufen stoppen-stoppen = laufen, zuweilen

stehen bleibend."

Hier moet egter op nog n prinsipiële saak gewys word.
Hoewel die konstruksie in Mal.-Portugees sowel as Maleis
voorkom, wil dit nog nie sê dat dit in Afrikaans noodwendig
onder Mal.-Portugese invloed ontwikkel het nie. Die Maleise
bevolking van die Kaapse Skiereiland, en ook van ander
dorpe, stam vir \'n deel nie van slawe af nie maar van
politieke bannelinge. Hulle vorm \'n afsonderlike eenheid met
eie godsdiens en sedes en het natuurlik ook lank hulle eie
taal onder mekaar gepraat. Sulke eienaardighede van hulle
taal kan dus ook direk van Maleis op Afrikaans oorgegaan
het. sonder bemiddeling van
Maleis-Portugees. Trouens daar
is alle rede om te veronderstel dat die Portugees wat aan
die Kaap gepraat is. baie minder Maleise elemente bevat
het as die wat op Java gebruik is. Prof. Meinhof vervolg
dan ook: „Er [Osman Idris] berichtet ferner, dass noch heute
Malaien, die im Dienst von Europäern etwas Holländisch
gelernt haben, diese Kenntnisse in ihre malaiischen Gespräche
nach Art ihrer Muttersprache einflechten, z.B. ajoh loopen
loopen, geradeso wie im guten Maleiisch gesagt wird: ajoh
berdjalan-djalan = vorwärts (wir wollen) Spazierengehen!

Wenn noch heute eine solche Anpassung an die malaiische
Ausdrucksweise mit holländischen Lehnwörtern geübt wird,
so ist es nicht unwahrscheinlich, dass in früherer Zeit, als
malaiische Diener am Kap ihre Muttersprache redeten, auch
ihre Ausdrucksweise von europäischen Kindern in die hol-
ländische Sprache übernommen wurde, als Redensart in die

-ocr page 195-

Sprache der Erwachsenen überging und sich erhalten hat,
obwohl am Kap nicht mehr malaiisch gesprochen wird."

En nou het dit meteens waarskynlik geword, dat die herhaalde
Substantiefstamme wat dien as bepalinge van manier by \'n
werbaalbegrip en daar tewens \'n iteratiewe of distributiewe
betekenis aan gee:
hy drink die medisyne bietjie-bietjie: hulle
kom klompies\'klompies aan; hulle kom een-een, twee-twee
vorentoe; hulle speel handjie-handjie, voetjie-voetjie. tol-tol,
perd-perd,
ook onder Maleise of miskien Maleis-Portugese
invloed ontstaan het.

Opm. by §§ 339-44. Ons het by die gevolgde indeling die
bepalende woord, omdat dit in die vorm van die werbaalstam
optree, eenvoudig \'n Werkwoord genoem. As iemand daar die
voorkeur aan gee om dit \'n Deelwoord te noem wat by kom-
posiesie met voorafgaande Substantiewe of by reduplikasie
dieselfde vorm het as die werbaalstam, dan het ons daar geen
beswaar teen nie. Inteendeel, uit geskiedkundige en funksionele
oogpunt sou daar veel voor te sê wees.

Posiesie van die bepaling of voltooiing.")

345. Die bepaling of voltooiing neem \'n verskillende posiesie
ten opsigte van die Werkwoord in, al naardat die laaste \'n
hoofbestanddeel is van die volsin of van \'n bysin. In die
volsin is veral gebruiklik die tiepes van woordorde: I Gram-
matiese Subj. — Ww. — vokooiing of bepaling; II Ww. ^ gr.
Subj. — volt. of bep.; III Ww. (sonder gr. Subj.) — bep.

O Vgl. Ie Roux, Handleiding, blss. 59-60; Bosman, Afr. en Mal.-
Port.,
blss. 80-81.

») Vgl. Delbrück, Grundlagen der Nhd. Satzlehre, Hfstk. 5.

-ocr page 196-

of volt., b.v.: I ek\'sien die man; II sien jy die man nog?;
III kom hier. By \'n samegestelde Ww. staan die voltooiing
of bepaling dikwels tussen die Hulpww. en die Hoofww.:
ek het die man gesien. Hierdie woordorde is noodsaaklik
as \'n nominale bepaling of vokooiing \'n nouer eenheid vorm
met die Ww. Vgl.:
Sy is nie op haar mond geval nie. Ook
nominale vorme wat nie deur \'n nadere bepaling gevolg
word nie en ook nie deur \'n Preposiesie voorafgegaan nie.
staan deur hulle kortheid nie aan die end nie. Vgl: Hy
het
\'n brief geskrywe vir sy vroa
met hy het sy vrou \'n brief
geskrywe.
Daarenteen word in Kafferafrikaans wel gesê:
Jy moet bring die perde. Dit lê egter in die geaardheid van
die omgangstaal om die mededelinge liewers stuksgewyse te
doen. met die twee lede van die samegestelde Ww. naas
mekaar en die vokooiing of bepaling daarna
(hy^ het klaar-
gekom met sy werk),
en dus sinne te vorm wat \'n hortende
indruk maak in vergelyking met die geskrewe taal waar
dikwels die voorkeur daaraan gegee word om strakker
samegestelde sinne te bou:
hy het met sy werk klaargekom.
Maar selfs in die geskrewe taal word die nominale bepaling
gewoonlik laaste geplaas as besondere nadruk bedoel is:
handel saggies met die diere, of as daar \'n langer bepaling
of voltooiing op volg:
Hy het gepraat oor die fees wat
anderweek moet gehou word.
Vir die posiesie van nie sie
§ 327\'-8; en vir die
van al, § 331.

346. Terwille van die aansluiting of die nadruk kan \'n
bepaling of voltooiing egter ook eerste staan; dan word by
die eerste tiepe die volgorde van gr. Subj. en Ww. omgekeer:
toe het ek vir hom gesien. Anglisismes van die volgende soort
is in die omgangstaal nog onbekend:
Jy, my generaal, in die
hof of op die slagveld, is \'n man volgens my hart
(Getrou.
bis. 62).

347. In \'n Bysin staan die Ww. dikwels op die end;
die bepahnge of vokooiinge staan dan voor of na die gr.
Subj. of omring dit. b.v.:
dis die huis wat ek gebou het;
hy sé*dat hy more sal kom: die plek waar ons op staan is

-ocr page 197-

heilig. Maar ook hier gee die omgangstaal veelal die voor-
keur daaraan om nominale bepalinge en voltooiinge wat nie
ter wille van die aansluiting met die voorafgaande vroeër
moet staan nie, op die end te plaas. behalwe as hulle sonder
Prep. gebruik word of \'n nouer eenheid met die Ww. vorm.
Die neiging van die geskrewe taal om van hierdie volgorde
af te wyk is alweer swakste, as daar nadruk val op die
nominale gedeelte of \'n langer bepaling op volg. Vgl.:
Kom as jy klaar is met jou werk: dis die huis waf gebou
is deur die man wat later verongeluk het. Hef, had, is, was,
word
volg altyd in die Bysin die Hoofww.: hy hef berou
gekry oor wat hy gedoen het.
Onder Ndl. invloed en om
ritmiese redene, tref \'n mens egter in Afrikaanse geskrifte ook
die
onafrikaanse omgekeerde volgorde aan. Vgl.: En waar-
lik as iüselF soveel het deurgemaak.....van watjy liewers

nooit m-e hef gesien (Oom Gert Vertel, bis. 3). Vgl. § 308.

Opm I by Hoofstuk IV. Die Partisiepia en Infinitiewe is in
die voorgaande hoofstukke behandel resp. as Adjektiewe en
Substantiewe. Hier moet nog daaraan herinner word, dat hulle
daarnaas ook werbale funksie kan hê en dus dieselfde soorte
groepe as Werkwoorde vorm. Vgl.:
hem \'n wenk géwend....;
die poginge daar aangewend; dis nodig om gou stappe te doen;
ons het besluit om hom \'n present tc gee.

Opm. II by Hoofstuk IV. Die voltooiinge en bepalinge van
Werkwoorde kan dus bestaan uit Substantiewe, Adjektiewe,
Adwerbia, en selfs uit werkwoordstamme. Geen wonder, dat
dit gedurig aanleiding gee tot die oorloop van woorde uit die
een woordsoort in die ander nie. Op \'n paar groepe wil ons

hier die aandag vestig. , .. ^

Om by die laaste klas te begin, die geredupliseerde werbaal-
stamme word deur die taalgevoel gelykgestel met Partisiepia.
Vandaar dat hulle ook as attributiewe Adjektiewe gebruik kan
word-
\'n lag-lag gesig, \'n sukkel-sukkel draffie. Predikatief is
die suiwer adjektiewiese gebruik van hierdie woorde egter nie
moontlik nie.

Oorspronklike Adwerbia wat dikwels deur middel van die
s.g. Koppelww. met Substantiewe verbind word, kan ook as

\') Die wending is seer geliefd in Japie deur J. R. L. van Bruggen.

-ocr page 198-

attributiewe Adje aangewend word. Vgl.; \'n af been, \'n toe
deur, oop oë, \'n reguit karakter,
ens. In die Ndl. literatuurtaal
van die sewentiende eeu kom dergelike konstruksies ook dikwels
voor en teen die end van die neentiende eeu het hulle
opnuut in die mode gekom, maar in die Ndl. omgangstaal is
hulle gebruik nog uiters beperk. Ook in Duitse dialekte is
uitdrukkinge soos:
eine zuene Thür, ein hinener Stuhl goed
bekend.\') In Ndl. en Duits kry sulke woorde ook die adjek-
tiewiese fleksie, in algemeen Duits gewoonlik daarby nog \'n
afleidingsuffiks:
hiesig, damalig, ens.

Ook adjektiewiese uitdrukkinge bevattende \'n Subst. wat deur
\'n Prep, bepaal word, kan van die predikatiewe gebruik oorgaan
in die attributiewe:
\'n deurmekaar kamer.

Vir die oorgang van Substantiewe wat as voltooiing van
Ww. gebruik word, tot Adjektiewe, sie Opm. by §§ 319-21.

\') Vgl. Wunderlich, Unsere Umgangspradie, bis. 229,

-ocr page 199-

HOOFSTUK V.

Die Partikelgroep.

348. Onder die naam Partikel verenig ons \'n aantal
onverbuigbare woorde wat gewoonlik, met allerlei inkonse-
kwensies in die indeling, ondergebring word in die klasse:
Adwerbium, Preposiesie, Konjunksie en Interjeksie. Daarby
sluit ons egter ook dié Adwerbia in wat deur middel van
vormverandering trappe van vergelyking kan uitdruk.

349. I. Dit lyk raadsaam om die Bindwoorde as \'n
afsonderlike groep te beskou. Dit sluit in dié woorde wat
gewoonlik Konjunksies genoem word, en \'n groot deel van
die s.g. Adwerbia en Preposiesies (daarby ook die Post-
posiesies en Circumposiesies), en b.v. ook die pronominale
vorme wat as bindwoorde diens doen. Dat by die laaste
alle vormverskil nog nie heeltemal verdwyn het nie, toon
alleen maar die onmoontlikheid aan om volkome skerp grense
te trek by iets wat deur die aard van sy bestaan aan sulke
voortdurende wisselinge en geleidelike oorgange onderhewig
is as die Taal. Die Bindwoorde kan ingedeel word in partikels
wat dien: A. om woorde en woordgroepe aan te knoop:
(a) neweskikkend; (b) onderskikkend; B. om volsinne en
bysinne aan te knoop : (a) neweskikkend : (b) onderskikkend.
Daarby moet egter in gedagte gehou word, dat sommige
bindwoorde gelyktydig ook ander funksies kan uitoefen. En
ook, dat hulle soms verbleek tot blote vorme om die gesprek

\') Vgl. Noreen, Einführung, blss. 308-14.

-ocr page 200-

te open: En, wat het hy gesê? Ook kan funksicveranderinge
optree waardeur hulle tot bloot bepalende woorde oorgaan.
Vgl.:
En toe kom nes \'n ligstraal oor hom (Vergeet Nie,

bis. 183) [< iets nes].

350. Die bindwoorde wat dien om woorde of woord-
groepe aan te knoop, het reeds herhaaldelik in die voorgaande
hoofstukke ter sprake gekom. en in die volgende sal die
lig
val op die wat dien as aanknopingsmiddel van volsinne en
bysinne. Telkens het reeds geblyk hoe sommige groepe van
bindwoorde herhaal kan word of versterk kan word deur
ander bindwoorde, waarmee dit samestellinge kan aangaan,
soos:
vanaf, van... af: tot... toe; soos, so... as; sowel ...as:
en... en: óf... óf
ens. Ons hoef hier alleen nog maar daarop
te wys. dat die laaste lid van sulke samestellinge — soos
ook in die Ndl. omgangstaal — ook \'n Adwerbium kan
wees wat anders nie as bindwoord gebruik word nie. Vgl.:

Tot voor twintig Jaar terug was ontug \'n groot seldsaamheid
onder die Boervolk
(Boervrouw. bis. 106).

Daar waar die Laër staan vir weke en soms maande lank
(Boervrouw, bis. 52).

Maar nou dat ons vir \'n 14 dae gelede \'n ligte ontsteking
in die longpyp had
(E. Skrywers bis. 40).

Hier ontstaan dus nuwe komposita deur kontaminasie van
die twee konstrukties: Ww. Bywd. substantiewiese
voltooiing van die Bywd.; en: Ww. Bindwoord Subst.
(of adwerbiale uitdrukking).

351. Die neiging van die onderskikkende bindwoorde
om \'n nouer eenheid aan te gaan met die bepaalde Subst.
of Adw. gee aanleiding daartoe, dat die nuwe eenheid as
geheel deur \'n bindwoord met \'n ander eenheid verbind
kan word. Vgl.:
Hy het tot voor die deur, van anderkant
die rivier af gekom: van voor my hand gryp hy dit weg:
die beeste het tot hierlangs geloop.
So \'n nuwe eenheid
kan ook \'n Bysin wees:
ek bly tot wanneer hy kom.

\') Vgl. Stoett, Mnl. Syntaxis, § 122,

-ocr page 201-

352. Die bindwoord kan ook \'n vaste samestelling met
die Subst. aangaan:
van oorsee. Die samestelling oordag
kan selfs soos \'n Subst. deur \'n Adjektief bepaal word. Vgl.:
En dit nog al helder oordag (Duimpie II, bis. 45). As so
\'n bepaling van dic hele samestelling word \'vroeg\' ook
gevoel in:
Al vroeg voordag is hy van die plaas (Vergeet
Nie, bis. 5). Sulke samestellinge is ook:
namiddag, voor-
middag,
ens.

353. II. Die naam Adwerbium dui aan dat woorde wat
tot hierdie woordklas behoort, dien tot bepaling van Werk-
woorde, maar ook ander funksics is moontlik.

A. Adwerbium Adwerbium.

354. (1) Bywoorde kan sonder bindwoord met mekaar
verbind worde. Daarby kan ons vier tiepes onderskei.

355. (a) Leungroep. Iedere Bywoord het \'n eie aksent
en die twee is met \'n pouse van mekaar geskei:
dit lê
hier I onder, daar I bo,
ens. Die twede Bywoord is \'n ver-
klarende of beperkende bepaling.

356. Uit hierdie verbinding ontstaan samestellinge met
eenheidsaksent op die twede Bywoord:
hieronder, daarbó,
ens., waarin die eerste lid as \'n terloopse bepaling van die

twede gevoel word.

357. (b) Die bepalende Bywoord staan voor die bepaalde
en is draer van dic aksent. Ons kan twee gevalle onderskei:

358. («) Meer as een Bywoord kan in betrekking staan
tot een gemeensame Werkwoord; hulle vorm dan \'n reeks
wat vergelyk kan word met die reekse wat ontstaan as
meer as een Adjektief dieselfde Subst. bepaal, b.v.:
hy loop
agter langes, kyk altyd daarnatoe. Deur groepsverskuiwing
kan die eerste Bywoord egter dikwels opgevat word as \'n

-ocr page 202-

bepaling van die twede. soos in die eerste voorbeeld en b.v.
in:
hy loop reeds voor. al voor (sie § 362).

359. Met versnelde tempo ontstaan uit sulke verbindinge
dikwels samestellinge met eenheidsaksent op die eerste By-
woord :
vóorverby. agterlanges, ens. Die Werkwoord kan
egter ook \'n nouer eenheid met een van die Bywoorde
vorm. wat dan as geheel deur die ander bepaal word. Vgl:
Hy gaan / gou / weg; hy gaan / voor / uit

360. (i?) Die Bywoord is n bepaling van graad of
modaliteit, dog nie \'n negasie nie. Vgl:
Dit het so ver
gekom; hy het baie gou geloop; dit lê waarskynlyk daar.
tog hier. regtig bo-op.
Die bepaling kan ook \'n geredupliseerde
vorm vertoon, waardeur die begrip van die simpleks versterk
word. Vgl:
Dis darem rê-rê min (Vergeet Nie. bis. 9) «
reg < recht).

361. Ook by hierdie tiepe kan die Bywoorde samegroei
tot samestellinge. Vgl:
En nou word jy sommerso... van
my weggeruk
(Als Johnnie. bis. 28).

362. (c) Die bepalende Bywd. staan voor die bepaalde
en word daarna herhaal Die bepaalde woord is draer van
die aksent. Bepalende woorde met hierdie konstruksie is
nie
en al. Vgl: Dit lê nie hier nie: dis al lank al gaar. Van
al is die herhaling fakultatief.

363. (d) Die bepalende Bywoord volg die bepaalde in
verbindinge met gelykmatige aksent wat \'n tydsverhouding
uitdruk.
Hy sal gou al weggaanl Gewoonlik tree die ver-
binding egter met versnelde tempo en eenheidsaksent op die
eerste Bywoord. dus as samestelling, op:
lank-al. toe-al.

364. (2) Deur middel van die bindwoorde: so ... soos
of 50 ... as word vergelykinge met die Positief uitgedruk.
So dien dan tewens as bepaling van graad: hy loop nog
net so vinnig soos (as) altyd.

365. So word in die omgangstaal altyd gevolg deur soos
of as. Onder Nederlandse invloed kom in die geskrewe. taal

-ocr page 203-

egter dikwels verbindinge sonder soos of as voor: so ver
moontlik, so gou moontlik, so ver doenlik,
ens.

366. Vergelykinge met die Komparatief gebruik as of
dan as bindwoord: hy sal verder loop as (dan) toe.

B. Adwerbium Substantief.

367. (1) Leungroep. \'n Deiktiese Bywoord kan na \'n
pouse gevolg word deur \'n verklarende Subst. as bepaling:
daar-oorkant j die mense; hieronder / die rivier; buitekant J
die geraas.

368. Uit hierdie verbindingstiepe het die samestellinge
daardie en hierdie ontstaan. Vgl. § 94.

369. Die verklarende of beperkende bepaling wat op die
Bywd. volg. kan ook \'n adwerbiale uitdrukking wees. bestaande
uit \'n Subst. met \'n Prep.:
daar / voor die deur; hier / onder
die bome; toe / in die middel van die somer; hy praat so /
met nadruk.

370. Ook die adwerbiale uitdrukking kan eerste staan:
voor die deur / daar; op die oomblik / nou.

371. As die Adwerbium gevolg word deur die adwerbiale
uitdrukking, ontstaan uit die verbinding dikwels konstruksies
met eenheidsaksent op die twede lid:
daar voor die déur;
hiér onder die bóme.

372. (2) Die woordorde dui die verbinding aan in enkele
gevalle waar \'n Subst. aan \'n Bywoord voorafgaan. Die
Subst. dien dan tot voltooiing van die betekenis van die
Bywd.:
tien jaar terug; \'n maand gelede; \'n jaar lank.

373. (3) Soos Adje kan Adwa ook deur Subste, met
Preps of
Konjs as bindwoorde, bepaal of voltooi word. Vgl.:
Hy werk in die voormiddag hard; Piet werk net so hard
as Jan, harder as Jan. die hardste van almal.

-ocr page 204-

374. III. Behalwe as bindwoorde dien die s.g. Preposiesies
ook om bepaalde betekenisnuanseringe van Substantiewe en
Adwerbia uit te druk. Ons maak dus \'n afsonderlike afdehng
van Preposiesies wat enkel \'n semantiese funksie het en
nie dien om sintaktiese verhoudinge weer te gee nie. Soos
reeds aangetoon {§ 157), het die Preps oorspronklik by die
Ww. behoort maar het later die opvatting ontstaan dat
hulle die kasus van die Subst. regeer. Tog maak hulle nie
die kern van die Substantiefgroep uit nie, maar bepaal
veeleer die betekenis van die Substantief soos \'n meervouds-
uitgang of \'n partitiewe genitiefsuitgang. Met ander woorde
en woordgroepe word nóg die een Hd nóg die ander af-
sonderlik verbind, maar die groep as geheel.

375. Op sulke verbindige wat dien om \'n lokale of
temporale verhouding uit te druk is gewys in §§ 351-2. By
die opsomming van die orige groepe onderskei ons tussen:
(1) verbindinge met gelykmatige aksent: en (2) verbindinge
met eenheidsaksent.

(1) Gelykmatige aksent kom in twee gevalle voor:

376. (a) As \'n meervoudige Subst. (Pron.), of \'n Subst.
wat \'n kollektiewe begrip uitdruk, of \'n stofnaam, vooraf-
gegaan word deur
van, word deur die verbinding \'n onbepaalde
aantal of hoeveelheid aangegee van wat die Subst. benoem, ■
b.v.:
Hy het van die water gedrink; van hulle, van die
mense, het gekom van die skottelgoed het weggeraak; van
die koper is aangeslaan ; ek het ook van hulle gewees.

377. Geskiedkundig. In Mnl. het stofname en kollek-
tiewe (en meervoudige) begrippe wat deur bepaalde Werk-
woorde bepaal was. in die Genitief gestaan. =) In moderne
Nederlands het daarvoor, net soos in Afrikaans, naas ver-
bindinge sonder vormwoord of kasusuitgang, konstruksies
met
van in die plek gekom. Vgl.: Heb je nog van \'t blauwe

O Vgl. Bouman, Syntaktiese Groepen in Afrikaans (N. Taalg. XVi).

\') Vgl. Stoett, Mnl. Syntaxis, § 160-1. Meervoudige Subste word
nie genoem onder die voorbeelde nie, maar wel onder die middel-
hoogduitse van Paul,
Mhd. Grammatik, § 262.

-ocr page 205-

papier; hy heeft van \'t vlees gegeten (naas: h.j.n. blauw
papier; h.h. vlees gegeten).
In Afrikaans het die gebruik van
die konstruksies met
van uitgebrei, sodat hulle kan optree
as voltooiing van alle transitiewe Werkwoorde waarvan die
betekenis dit toelaat, en ook as grammatiese Subjek. In
Nederlands is in sulke gevalle die gebruik van onbepaalde
Tel- of Hoeveelheidswoorde:
enige van hun; \'n gedeelte
van \'t speelgoed,
en in sommige gevalle van bepaalde Tel-
woorde, nodig:
ik ben een van hun geweest.

Dat die uitbreiding deur analogie sou plaasgevind het, lê
voor die hand, veral daar die Subst. dikwels voor die Ww.
staan. Die oorgang van:
van die vleis het hy geëet, tot:
van die vleis is opgeëet; en van: van die appels het hy
geëet,
tot: van die appels het weggeraak, is maar klein.

Maar \'n soortgelyke uitbreiding in Duits, wat later weer
verdwyn het. word aan Franse invloed toegeskrywe. Sou
Franse invloede ook in Afrikaans \'n rol gespeel het? En het
die Hottentotse partitiewe postposiesie
y^a, b.v.: //gami xa
ma te re, \'Wasser von gib mir doch\'; \'gib mir doch etwas
des Wassers, etwas Wasser\', miskien ook versterkende invloed
gehad? Juis by sulke weinig opvallende oorgange het vreemde
invloede, ook as hulle van onbeskaafde rasse afkomstig is,
dikwels \'n goeie kans om hulle te laat geld.

378. (b) Verskillende Preps word gebruik om deur middel
van bepaalde getalle \'n onbepaalde aantal wat ongeveer net
so groot is, te kan uitdruk. Vgl.:
Daar was by die duisend,
oor die honderd, in die sestig, omtrent twintig
ens. Op
dieselfde manier kan die plek in \'n reeks ongeveer aangegee
word:
dit was omtrent die sesde keer.

379. (2) Infinitiewe wat nie dien tot voltooiing van
Subste of Adje of ander as kopulatiewe Ww. nie, kan voor-
afgegaan word deur om
te of te en dan draers van die een-
heidsaksent wees, maar daarnaas word hulle ook sonder

O Vgl. Paul, Deutsches Wörterbuch, onder von.

-ocr page 206-

Prep, gebruik. Die onvastheid van die gebruik word geïllus.
treer deur die volgende voorbeelde:

Die gevaar lê voor ons, dat ons verkeerde ideale... sal
navolg, inplaats van om voort te bouw op die hegte breë
Boerfondament
(Boervrouw, bis. 205).

Met jou te gesels is aangenamer als om te sit en lees
(A. B. C., bis. 35).

Dis pure nonsens te wil voorgee dat \'n man nie kan pyn
uitstaan nie
(Als Johnnie, bis. 5).

Dit is gekheid met Ma te praat (Grootvader, bis. 7).
\'n Geheim te hê, leer \'n mens net lieg (A. B. C., bis. 40).
Voetslaan lyk anders dan lugskip-ry! (Duimpie I, bis. 33).
Luiheid en leeglê en gevolglik vuilheid en smerigheid,
groei daar volmaak
(Boervrouw, bis. 117).

Ik leef en sal lewe; my doodkry is min (By die Monu-
ment, bis. 32).

Opm. Prof. Bouman siteer as uitbreidingsgeval van die
gebruik van
om te -f- Inf. in Afrikaans: Om onder sulke om-
standighede al die stakers met die rewolusie te vereenselwig is
om onwaar te wees en \'n belediging vir hul.
O Sintakties beant-
woord die konstruksie aan een van die beskrewe verbindings-
tiepes, maar uit stilisties oogpunt is dit \'n Anglisisme. Ook in
die volgende sin, met
om te -}- Inf. as voltooiing van \'n Werk-
woord, wat Prof. Bouman beskrywe as tiepies Afrikaans, kan
ek niks anders as \'n tiepiese Anglisisme sien nie:
Ons kollega
verwag dan ook van die Prowinsiale Raad om spoedig kragtige
stappe te doen om uiting te verleen aan die Vrystaat se teenstand.
Dit kan nie op een lyn gestel word met die volgende lompe
passasie nie:
Maar elke oomblik word daar agerende regters
aangestel. Hoekom
[verstaan: gebeur dit] dan in hierdie geval
nie om \'n paar regters vry te maak nie?
Hier druk die groep
met
om te \'n doel uit, en in die vorige sin die inhoud van \'n
psigiese werksaamheid.

«) Syntaktiese Groepen in Afrikaans (N. Taalg. XVI).

-ocr page 207-

380. IV. Uitroepe wat as suiwere refleksbeweginge
uitgestoot word, kan nog nie tot die Taal gereken word
nie. Sulke uitroepe kan egter tradisioneel word, selfs van
die een taal oorgaan in die ander, en dan dien om gewaar-
woordinge of bevele mee te deel. Dan vorm hulle \'n bepaalde
deel van ons woordvoorraad waaraan gewoonlik die naam
Interjeksie gegee word, b.v.: arrie, eina. ga, gonna, sies,
soe, au, hö.

381. Andersyds veroorsaak die noue verwantskap van
Imperatiewe en aanroepe met primêre uitroepe, dat hulle
dikwels tot Interjeksies verbleek. Vgl.:
(Maar) Janh, (Ag,)
loop!
Maar ook baie ander woorde en woordgroepe kan,
dikwels met sterk vormveranderinge, tot blote uitroepe
met gevoelswaarde verswak word. Vgl.:
allemattiel; alle-
mensigl; sakkerloot!; op die aardel; wat deksel!; maarmg
grote genugtig!
(Spoke, bis. 39); o toe nou! (Na Olikheid,
bis.
29); Ag liewe tyd! (Duimpie I, bis. 27).\')

382. Uit hierdie voorbeelde blyk tewens hoe die Inter-
jeksies opgehoop word om mekaar te versterk, en die eerste
dan dikwels verbleek tot \'n blote opening van die gesprek.
Verder kan die volgende verbindingstiepes onderskei word.

383. (1) Leungroepe. (a) Op die uitroep volg \'n nadere
verklaring:
eina. hoe seer!; ag. my arme lyf!; o, hoe
ellendig!
(\'n Jag, bis. 35): en o! gekroonde naarheid!
(Duimpie I, bis. 27): ag. ek armsalige skepseU.

384. (b). Die geldigheid van die uitroep word beperk tot \'n
bepaalde persoon. Vgl.:
Toe dan, assemblief. outa (Na
Olikheid, bis. 10):
Foei pa (Na Olikheid, bis. 27): Ja nee
oom Andries!
(Veld, bis. 19).

385. (2) Seldsaam is teenswoordig die gebruik van uit-
roepe waarop \'n voltooiing
sonder bindwoord volg. Deur
die voltooiing word \'n rigting aangegee. Pronomina staan
dan in die verboë kasus. Vgl.:
Wee jou. wee die man
wat so iets gedoog.

Vgl. Wundt, Die Spradte I, blss. 319-29; Paul, Prinziplcn, § 126.

-ocr page 208-

386. Geskiedkundig. Die voltooiing kon in Mnl. in die
Datief of Akkusatief staan en in die sewentiende eeu ook
in die Genitief.")

387. (3) Die voltooiing kan ook deur middel van bind-
woorde aangeknoop word. Vgl.:
Jammer van die moeite!;
ag sies vir jou!; wee oor jou harspan!; weg met hom!
Die voltooiing druk \'n oorsaak of \'n rigting uit.

388. Geskiedkundig. Die oorsaak het vroeër in die
Genitief gestaan.^) Naas die verboë kasus is die gebruik
van Voorsetsels om die rigting aan te dui. ook oud.

389. Die Interjeksies word beskou as die mees primitiewe
soort volsin en vorm dus \'n geskikte oorgang tot ons volgende
afdeling, die leer van die sin.

\') Stoett, Mnl. Syntaxis. § 169, Opm. I.
*) Van Heiten,
Vondel\'s Taal. § 259, Opm.
\') Stoett,
Mnl. Syntaxis, § 169.

-ocr page 209-

DEEL II.

SINNE, SINSREEKSE EN SINSGROEPE.

Hoofstuk I. Inleiding.

390. In ons daaglikse taalgebruik het die woord \'sin\' \'n
taamlik vae en onvaste betekenisinhoud. Om die gebruik
daarvan as vakterm moontlik tc maak is dit nodig om die
begrip behoorlik te definieer, maar die poginge om \'n defi-
niesie te gee het tot gevolg gehad veel meningsverskille
wat tot nog toe nie tot eenstemmigheid gelei het nie. Die
meningsverskille betref sowel die omvang en afbakening van
die begrip self as die logiese. psigologiese en grammatiese
bestanddele wat \'n analiese oplewer, en hulle onderlinge
verhouding. Daarby gee ook die gebruiklike terminologie
aanleiding tot verwarring. Om die terminologiese moeilikhede
te ondervang gebruik ons die terme
Volsin en Bysin. Die
woord
sin self. kan dan gebruik word as algemene term
vir dic een sowel as die ander. Hier volg ons definiesie

van \'n Volsin :

391. \'n Volsin (Sweeds mening; Duits Ausspruch) is die
kleinste klankverbinding wat onder die praat as selfstandige
mededeling diens doen.

Opm. Hierdie definiesie kom, behalwe in een opsig, ooreen
met die van Delbrück: „Ein Satz ist eine mit sprachlichen
Mitteln erfolgende Aeusserung, die dem Sprechenden und
Hörenden als ein zusammenhängendes und abgeschlossenes
Ganzes erscheint." Die toevoegsel \'kleinste\' is egter - soos
Noreen reeds aangetoon het\') — nodig om die volsinne af te
baken van reekse volsinne wat same een gedagtegäng vorm.

\') Vir ander definiesies sie b.v.: Wundt, D/e Spreke II, blss. 229-51;
Paul
Prinzioien bis. 121: Idem, Deu. Grammatik III, bis. 10; Del-
Sic, G32^erbls.8 Noree\'n,
Einführung, blss. 239-^; Sütterlin,
Deu. Sprache, blss. 284-5; Van Leuvetóe ^^

bis. 304; Den Hertog, Ndl. Spraakk. I, § I; Van Wijk, Ndl. Taal, bis. 22.

Einführung, blss. 241-2.

-ocr page 210-

Volsinne maaic dus deel uit van die verklankte spraak.
JVtededelinge wat nie deur middel van klanke gedoen word
nie, soos b.v. in die gebaretaal, kan dus in die Grammatika
nie as sinvormend beskou word nie. In skriftelike mededelinge
het ons weer afbeeldinge van volsinne, maar nie die volsinne
self nie. As iemand in sy gedagte \'n gesprek voer, dan vorm
hy in sy verbeelding volsinne wat op die moment geen werk-
like bestaan het nie; en as iemand alleen praat, dan kan hy
klankreekse voortbring wat in alle opsigte op volsinne lyk
maar dit tog nie is nie, omdat hulle hul doel mis.

Die volsinne word afgebaken van alle ander klankverbindinge
deur die kenmerk, dat hulle die enigstes is deur middel waarvan
selfstandige mededelinge gedoen word. Die selfstandigheid van
die volsinne kan betwyfel word in sover as hulle tog in ver-
houding staan tot ander volsinne wat in dieselfde gedagtegang
gebruik word, \'n verhouding wat dikwels ook met taalkundige
middels aangedui word. Die term \'selfstandig\' moet dus só
opgevat word, dat dit in die bedoeling — natuurlik enkel
onderbewus — van die spreker lê, dat hulle as selfstandige
eenhede moet opgevat word. \'Selfstandig\' staan dus in teen-
stelling met \'ondergeskik\' of \'afhanklik\'.

Die term \'mededeling\' is in algemene sin bedoel. Dit behels
by \'n verdere analiese b.v.: \'beweringe\', waardeur oordeelvellinge
of die resultaat van waarneminge of voorstellinge meegedeel
word; \'vrae\', waardeur meegedeel word dat \'n mens inligting
verlang; \'bevele\', waardeur meegedeel word dat \'n mens
begeer dat iets sal gebeur; \'uitroepe\', waardeur iemand aan \'n
ander meedeel watter gevoelens by hom opgewek word. Maar
dit alles hoort tot die beskrywing van die begrip Volsin, en
is nie essensiëel vir die definiesie nie. Op dieselfde manier gee
in ons beskrywing van die begrip \'woord\' op bis. 17, dieterme
\'gewaarwording\' en \'enkelvoudige begrip\' meer as nodig is
vir \'n definiesie. Daarvoor is dit voldoende om hierdie twee
begrippe same te vat in die term \'enkelvoudige betekenisinhoud\'.

\'n Volsin dien dus om \'n selfstandige mededeling te doen;
\'n woord het \'n selfstandige, enkelvoudige betekenisinhoud;
woordgroepe het \'n selfstandige samegestelde betekenisinhoud,
\'n Volsin kan dus ook bestaan uit \'n enkele woord of woordgroep.

392. \'n Bysin is \'n klankverbinding (ecn of meer woorde)
met selfstandige betekenisinhoud wat die geleding van \'n
volsin vertoon, hoewel dit nie dien om \'n selfstandige mede-
deling te doen nie, maar deel uitmaak van \'n volsin.

-ocr page 211-

393. Tot afbakening van die begrip \'bysin\' van die
begrippe \'woord\' en \'woordgroep\' is dit dus nodig om die
geleding van die volsin te beskrywe. Volsinne, en dus ook
bysinne. kan naar hulle geleding verdeel word in twee groepe:
eenledige en tweeledige.

394. \'n Tweeledige volsin dien om uitdrukking te gee
aan die feit dat die verbinding van twee gedagte-elemente
(uitgedruk deur woorde. woordgroepe of bysinne) onder die
praat plaasvind of onmiddellik daarvoor plaasgevind het.

Opm. Met hierdie formulering wyk ons af van die sinsdefi-
niesie van Paul sowel as die van Wundt. Waar Wundt die
\'sin\' definiëer as „den sprachlichen Ausdruck für die willkür-
liche Gliederung einer Gesamtvorstellung in ihre in logische
Beziehungen zu einander gesetzten Bestandteile", daar hou hy
— soos Paul en Delbrück aangetoon het — nie rekening daar-
mee dat die geheel, veral by langer sinne, dikwels eers onder
die praat tot stand kom nie, en gaan hy enkel uit van die
spreker, terwyl die hoorder eers terwyl die sin uitgespreek word
langsamerhand die verbinding kan maak, of anders gevaarloop
om die spreker verkeerd te verstaan, wat ook dikwels gebeur.
Daarenteen het Noreen tereg daarop gewys,\') dat die definiesie
van Paul „der Satz ist der sprachliche Ausdruck, das Symbol
dafür, dass sich die Verbindung mehrerer Vorstellungen oder
Vorstellungsgruppen in der Seele des Sprechenden vollzogen
hat, und das Mittel dazu, die nämliche Verbindung der nämlichen
Vorstellungen in der Seele des Hörenden zu erzeugen", ook
op woordgroepe soos „die bloeiende roos" toepaslik is. Tog
sou alle gevalle ook nie gedek word as sy voorstel om „voll-
zieht" in plaas van „vollzogen hat" te lees, moes aangeneem
word nie, want dit kom dikwels voor dat \'n mens \'n sin eers
begin uitspreek nadat die verbinding reeds in die gees tot
stand gekom het. Myns insiens bestaan die wesentlike kenmerk
van die sinsverbinding (predikatiewe verbinding) hierin, dat
dit in die
bedoeling van die spreker lê om te kenne te gee dat
die verbinding tot sland kom of net tot stand gekom het. \'n
Mens kan sê: dis sy
wil dat dit so opgevat sal word, as daarby
in gedagte gehou word dat die wilsakte onderbewus of onbewus
is. Daarenteen is die
bedoeling van die spreker by \'n woordgroep
om die verbinding voor le stel as iels wat reeds bestaan.

\') Einführung, blss. 247-8.

-ocr page 212-

395. Die twee verklankte gedagte-elemente word Subjek
en Predikaat genoem: as hulle uit woordgroepe bestaan kan
die kern resp.
Subjekswoord en Predikaatswoord genoem
word. Die noodsaaklikheid om tussen Subjek en Predikaat
te onderskei het aanleiding gegee tot heelwat diskussie en
verwarring wat betref die terminologie sowel as die feitlike
verhoudinge. Hier volg \'n opsomming van die uitkomste
van dié diskussies, soos ek die toestand insien:

396. Om die wesentlike verhouding tussen die twee
taalkundige eenhede te deurgrond moet ons steeds begin
by die psigologiese verhoudinge. Dan is die psigologiese
Subjek die element waarvan uitgegaan word, die grondslag
waarop gebou word; en die toegevoegde element, die
standbeeld wat opgerig word, die psigologiese Predikaat.
Die Predikaat is dus steeds die nuwe en belangrike element.
By die verklanking van hierdie psigiese proses blyk dat die
Subjek dikwels eerste kom te staan, b.v.:
so veel hoofde
(Subj.). so veel sinne (Pred.); maar dit is glad nie altyd die
geval nie. So is in die sin:
(die wind het die blaar geskep)
en weg was dit,
die woorde \'was weg\' die nuwe element
en dus psigologiese Predikaat, hoewel dit eerste staan, en
\'dit\' die psigologiese Subjek omdat die beeld van die voor-
werp wat dit aandui eerste in die gees aanwesig was. Die
Subjek kan dus, hetsy helder of vaag, eerste in die gees
aanwesig wees, maar laaste tot uiting kom; of, om die
bekende vergelyking met \'n standbeeld te gebruik, die
boumeester (spreker) kan direk van onder-af begin tc bou,
óf hy kan die plan van die hele struktuur in sy gees hê en
dan van bo-af bou, sodat die standbeeld in die lug sweef tot
dit vastigheid kry deurdat die voetstuk daaronder geskuiwe

O Sütterlin, Deu. Spradie, bis. 300.

\') Vgl. o.a.: Noreen, Einführung, 319-331; Wundt, Die Sprache II,
blss. 266-72; Paul,
Prinzipien. §§ 87-8; Sütterlin, Deu. Spradie,
§§ 305-7; Van Ginneiten, De Kataloog van een Taaimuseum, (N.
Taalg. V); Idem,
De Nieuwe Ndl. Spraakkunst en het Buitenland (N.
Taalg. VI); De Vries,
De Typen der Mededeeling, §§ 52 vlgg.

-ocr page 213-

word. As belangrikste element kry die Predikaat egter altyd
die swaarste aksent. As uitgegaan word van die aksent as
grammatiese kriterium val die psigologiese en grammatiese
Subjek resp. Predikaat dus same, sodat dan ook op die
grammatiese Subjek resp. Predikaat toepaslik is die definiesie
van De Vries, wat anders alleen vir die psigologiese pas:
Subjek is „wat gevoeld wordt als datgene waarvan recht-
streeks iets gezegd wordt"; Predikaat is „wat gevoeld wordt
als datgene wat men van het Subj. zegt". Ooreenstemmend
gee Noreen die „populêre" definiesie: „Subjekt ist das,
worüber man spricht, Prädikat das, was man darüber
spricht", wat hy gelykstel met die van Sigwart: „Subjekt
ist dasjenige, wovon etwas ausgesagt wird. Prädikat dasjenige
was ausgesagt wird".

397. As kenmerk van die psigologiese Predikaat het in
vroeër tye egter ook \'n morfologiese kategorie ontwikkel,
n.l. die
verbum finitam. Dit moet sy oorsprong daaraan te
danke hê, dat die nominale element baie dikwels dien tot
aanduiding van \'n substansie of wat as sodanig opgevat
word, en die werbale element tot aanduiding van die ver-
anderinge wat dit ondergaan, die handelinge wat dit verrig,
ens. Dog tereg wys Noreen in sy kritiek van Wundt se
standpunt daarop, dat die inhoud van die Subjek nie nood-
wendig uit sigself meer onveranderlik is as die van die
Predikaat nie, maar dat dit willekeurig so voorgestel word
deur die spreker. Hoewel dit by uitnemendheid die funksie
van die verbum finitum is om as predikaatswoord te dien,
Is dit egter nie altyd die nuwe of belangrike element nie.
As daar b.v. reeds sprake was van \'n sekere bewering en
ek sê:
jy het dit beweer, dan is \'jy\' die nuwe cn belangrike
element en dus die psigologiese Predikaat, terwyl \'het dit
beweer\' psigologiese Subjek is. Tog dien die verbum finitum
as grondslag vir die skemas van woordorde wat gebruiklik
is in die volsin. Vandaar dat dit die naam
Grammatiese

\') Einführung, blss. 325-6.

-ocr page 214-

Predikaat kry. en aan die nominale element waarmee die
predikatiewe verbinding aangegaan word, die naam
Gram-
matiese Subjek
gegee word. In sinne met \'n verbum finitum
moet dus onderskei word tussen grammatiese en psigologiese
Subjek resp. Predikaat.

Opm. by §§ 395-7. Sommige sitrywers gebruik ook nog die
term
logiese Subjek (resp. Predikaat) waarmee sommige dieselfde
bedoel as ons onder psigologiese, en andere as ons onder
grammatiese Subjek verstaan. Sütterlin \') gebruik die term om
iets anders uit te druk n.1. „den natürlichen Träger der Ver-
balhandlung". So is volgens hom in:
Gebaut wurde die Brücke
von Cäsar,
\'Cäsar\' die logiese Subjek.

398. By onder- en neweskikkende verbinding word die
groepe en reekse dus voorgestel as iets wat reeds bestaan
en by predikatiewe verbinding word die sin gevorm met
die doel om te kenne te gee. dat die verbinding tot stand
gekom het of tot stand kom. Tweeslagtig is in hierdie opsig
die geaardheid van die verbinding by
leunverhoudinge (deu
ons onder die groepeformasies behandel). Daar kom die
verbinding eers onder die praat tot stand, maar die sin
word nie terwille daarvan gevorm nie. Deur die manier
waarop dit tot stand kom het dit dus predikatiewe geaardheid,
maar daar dit \'n terloopse gebeurtenis, dikwels \'n nagedagte
is. word dit voorgestel as iets wat reeds bestaan, en het dit dus
tewens die geaardheid van \'n onderskikkende verbinding.

Opm. JVly opvatting van die leunverhouding verskil nie
veel van die van Noreen nie,\') hoewel hy daarvoor die naam

"apposiesie" gebruik. Hy definiëer: „In der Apposition.....

ir

stellt uns der Sprechende das gleichsam feierlich vor, was für
ihn ein Adjunktionsverhältnis, d.h. das Ergebnis einer Prädikation
ausmacht, was aber für den Angesprochenen vielleicht erst ein
Prädikationsverhältnis, d.h. das Hinzutreten einer neuen interes-
santen Tatsache ist. Der Sprecher will nämlich augenblicklich
gerade etwas Anderes, ihm Wichtigeres als die Apposition
prädizieren".

\') Deu. Spradie, bis. 300.
\') Einführung, blss. 333-9.

-ocr page 215-

399. \'n Eenledige Volsin dien veral om mee te deel,
dat \'n toestand tot stand gekom het of bemerk is, of dat
n verbinding van gedagte-elemente net plaasgevind het.
Dat die verbinding eers onder die praat plaasvind, soos by
\'n aarselend uitgesproke
nee, kom minder voor. Tot die
gebied van die eenledige sinne behoort dus in die eerste
plek beskrywinge van gewaarwordinge en toestande, dikwels
in uitroepvorm, b.v.:
lekker sonskyn I; eina! (= \'ek kry
seer\', \'dit maak my seer\', of iets dergeliks). Maar die een-
ledige volsin kan ook sy ontstaan daaraan te danke hê, dat
\'n twede lid uit die situasie, insluitende toon en gebaar,
duidelik genoeg is, en dus nie hoef uitgedruk te word nie.
So b.v. in die sin:
}an!, wat alleen \'n nominale element
bevat, daar die verdere bedoeling (\'hou op met speel\', \'kom
hier\', of iets dergeliks) reeds duidelik is: of in:
gaan weg!,
waar alleen die werbale gedeelte uitgedruk word, daar daar
geen twyfel oor bestaan wie die toegesprokene is nie. In \'n
dialoog is dit nie alleen die uiterlike situasie wat kort vorme
moontlik maak nie, maar elke spreker is voortdurend in staat
om voort te bou op die skema wat in die vorige sin gebruik
is, as \'n gegewe wat aan almal bekend is. Vandaar dat die
eenledige sinne wat op dié manier ontstaan \'n sodanige vorm
aanneem, dat hulle die voorkome het van \'n deel van die voor-
gaande sin. Sulke sinne vorm dus \'n gedagte-subjek. -predikaat,
-bepaling, -ens. van die vorige. Vgl.:
Wie het dit gesien?
~ Ek; Ons het op die berg geklim - Tot bo op?: Hy
het dit geglo ^ Geglo ?: Die uitvoering van die stuk was vol-
maak - Volmaak !
In sulke dialoge kan die eenledige sin ook
\'n modale bepaling wees by die hele voorgaande sin:
Sal

hy kom ? ^ Ja. nee, miskien.

400. Soos die woordreekse en woordgroepe in onder- en
neweskikkende verbindinge kan samegroei tot enger eenhede
waaraan die naam samestelling gegee word, so kan ook hy
die predikatiewe verhouding die verbinding so eng wees,
dat dit as \'n samestelling - deur W. de Vries
symphyes

\') Typen der Mededeeling, bis. 23.

-ocr page 216-

genoem — en dus as \'n enkele eenheid kan beskou word. So
het ons twee eenhede in:
die man loop, of: hy loop; maar
in tussensinnetjes soos:
glo ek, dink ek (= waarskynlik).
jy,
het ons maar een eenheid wat ooreenkom met die enkele
eenheid wat in Latyn en ander tale uitgedruk word deur
werbaalvorme sonder Pronomen
(amo, amas, amat).

Hoe die hele betekenis in sulke gevalle in die Werkwoord
gekonsentreer is, word goed daardeur geïllustreer dat die
modale Bywd.
glo ontstaan het uit die sin: glo ek (Vgl.
ook Mhd.
waen) en die vraagwoord hoekom uit: hoe kom
dit?
So word b.v. ook geen Pronomen gebruik in \'n sin
soos die volgende nie:
[Ek het dit jou tog al vertel] Nie
waar nie ?
(Vgl. Utrechts : waar ?) Omgekeerd kan die Pro-
nomen ook gebruik word as louter psigologies-grammatiese
vorm sonder dat dit dien om iets bepaalds aan te wys. Vgl.:
Dit donder (= daar is donder).

-ocr page 217-

HOOFSTUK IL
Die Volsin.

401. Behalwe die besondere betekenis wat afhang van
die gebruikte woorde, behoort tot die betekenisinhoud van
die volsinne ook nog die algemene betekenis (Duits: Grund-
stimmung) wat veral uitgedruk word deur musikale middele
(toonshoogte, luidheid, ritme, tempo). Daaronder speel die
toonshoogte \'n oorwegende rol. Die woordvorme en skemas
van woordorde help egter dikwels mee om die algemene
betekenis weer te gee. Die musikale elemente vorm gesamentlik
\'n ingewikkelde kompleks en wissel in besonderhede nie
alleen van taal tot taal nie. maar ook van dialek tot dialek
en van persoon tot persoon, en by dieselfde persoon naar
die gemoedstemming waarin hy verkeer. Grondig kan dit
alleen bestudeer word met meganiese hulpmiddele. Tog is
die resultate van die ondersoek van Wundt. Blümel. =)
Sweet. =) Van Alphen \') e.a. as algemene rigsnoer ook geldig

vir Afrikaans.

402. Deur die gekompliseerdheid van die formele ken-
merke is dit eenvoudigste om vir die indeling uit te gaan
van die algemene betekenis. Na n bespreking van die
grammatiese kenmerke van Subjek en Predikaat by twee-
ledige sinne gee ons \'n oorsig van die musikale middele
om ten slotte die woordorde en de een- of tweeledigheid
van die verskillende soorte sinne te bespreek.

403. Naar die algemene betekenis kan ons vier soorte

volsinne onderskei:

\') Die Spradxc 11, blss. 417-36.
») Einführlng, §§ 746-814.
«) A New English Grammar, §§ 1881-1952.
De Vraagzin, (N. Taalg. VIII).

-ocr page 218-

1. Bewerende (verhalende) volsinne, weergewende waar-
neminge, voorstellinge of oordeelvellinge.

II. Bevelende (wensende) volsinne bevattende bevele,
wense, raadgewinge, oproepe, ens.

III. Vraende Volsinne. Die vraagsinne kan beskou word
as \'n onderdeel van die wensende sinne, daar hulle die wens
uitdruk om inhgting oor iets te kry; maar, daar hulle deur
die stygende betoning formeel anders gekenmerk is, gee ons
die voorkeur daaraan om dit as \'n afsonderlike groep te beskou.

IV. Uitroepende volsinne, waarin die weergee van *n
gemoedstemming die voornaamste rol speel.

Formele kenmerke van die Predikatiewe Verbinding.

404. By tweeledige sinne word die predikatiewe ver-
houding veral deur drie kenmerke aangedui: A. deur
ooreenkoms in die woordorde van Subj. en Pred.; B. deur
die gebruik van bepaalde woordvorme; C. deur die gebruik
van bepaalde woorde,

405. A. (1) Die ooreenkomstige woordorde kan bestaan
uit die parallelle bou van die twee sinsdele, soos veral die
geval is in spreekwoorde. Vgl.:

Hoe meer siele, hoe meer vreugde.

Saands rood, smórens water in die sloot.

Alkant selfkant.

Goedkoop, duurkoop.

Stille waters, diepe gronde.

Hoe geleerder, hoe verkeerder.

So gemaak en so gelaat staan.

Hoe kaler jakhals, hoe groter stert.

Eers die koutjie en dan die vroutjie.

Gou by die bak. stadig by die werk.

Kleine muisies, grote ore.

Uit die oog, uit die hart.

Die een oor in, die ander oor uit.

Ver van jou goed, naby jou skade.

-ocr page 219-

406. (2) Seldsaam is gevalle waar die een lid die omge-
keerde volgorde van die ander het (giasme):

In voorspoed groot klein in die nood.

407. B. Die gewoonste verbindingstiepe is dat die Sub-
jekswoord \'n nomen (Subst., Pron., Inf., Telwd., Adj.) is en
die grammatiese Predikaat \'n verbum ünitum as kern bevat.
Vgl:
Die man loop: hy loop; om te loop is plesierig;
driemaal is skeepsreg; lekker is \'n vinger lank.

408. Die naam grammatiese Predikaat word uitsluitend
gebruik vir die verbum finitum maar alle woordsoorte kan
psigologiese Predikaat wees. Vgl:
\'n Man \'n woord; alles

klaar; wie daar? ens.

409. (1) In verskeie tale word die grammatiese Subjek
gekenmerk deur \'n afsonderlike vorm, die Nominatief. In
Afrikaans het (soos b.v. ook in Engels en gesproke Neder-
lands) hierdie kenmerk so goed as geheel verdwyn. Die gr.
Subjek het nog maar net eie vorme by \'n paar persoonlike
Voornaamwoorde:
ek, jy, (gy)> hy, sy.

Opm Die vorm dc van die Bepaalde Lidwoord wat in die
middeleeue by enkelvoudige manlike Substantiewe as kenmerk
van die gr. Subjek gedien het (dus as Nominatief, teenoor
den
as Akkusatief) kan in gesproke Nederlands ook nie meer daar-
voor geld nie, daar
den in Algemeen Beskaaf nie meer voor-
kom nie cn in verskeie dialekte ook by die gr. Subjek gebruik
word. Vgl. § 79.

410. (2) Die verbum finitum, d.i. die verbindende of
prediserende vorm van die Ww., onderskei hom in Afrikaans
morfologies geheel negatief van ander werbaalvorme. Par-
tisiepia is gemaklik te herken deurdat hulle met bepaalde
pre- en sufflkse gevorm word. met in geïsoleerde gevalle
ook
ablautsverskynsels. Die Infinitief tree egter in dieselfde
grondvorm of stam op as die verbum finitum, maar het as
kenteken dat dit óf vergesel word van bepaalde Voorsetsels
(om, te, om te, met aan) óf met n Hulpwerkwoord same-
groei tot \'n nuwe eenheid. In bevelende sinne kan die

-ocr page 220-

woordorde soms dien om die verbum finitum van die Infinitief
te onderskei. Vgl § 492, Opm.

411. In nominale funksie kan die Infinitief boondien ver-
gesel word van \'n Lidwoord. Tog bly daar gevalle oor
waar die Infinitief as grammatiese Subjek of Predikaat —
en ook ander Substantiewe wat van Werkwoorde afgelei
is — in vorm nie verskil van die verbum finitum nie (Vgl
§ 379). Dan dui die eie betekenis van die woorde of die
woordorde die aard van die verbinding aan.

Opm. by §§ 410-11. Dis nie sonder opset dat ekdie Latynse
naam \'verbum finitum\' gebruik nie. In \'n „Afrikaanse Gramma-
tika" deur M. C. Botha en J. F. Burger waarin ander werke, in
die sintaktiese gedeelte die „Nederiandsche Spraakkunst" van
Den Hertog, veelal op onoordeelkundige manier nageskrywe
word, word b.v. reëlniatig gepraat van die „persoonsvorm" van
die Ww., en dit terwyl dit juis \'n kenmerk van Afrikaans is,
dat die werbale fleksie geen pcrsoonsvorme aanwys nie. Dis
beter om Latynse terme te gebruik as verkeerde Hollandse.

412. Geskiedkundig. Dat die persoonsuitgange van die
Werkwoord in Afrikaans verlore gegaan het, bring mee dat
in Afrikaans nie meer soos in die taal waaruit dit afstam
— kongruensie tussen die gebruikte woordvorme van gram-
matiese Subjek en Predikaat bestaan nie. Die geskiedenis
van hierdie ontwikkeling beteken dus die geskiedenis van die
verloregaan van \'n sintaktiese middel, al is dit ook \'n vrywel
oorbodige middel in tale met sulke vaste skemas van woordorde
soos Nederlands. Dis veral om hierdie verskynsel en die verlies
van die Imperfektum te verklaar, dat Prof. Hesseling sy
Maleis-Portugese teorie oor die ontstaan van Afrikaans
ontwerp het. Dié teorie het nie alleen voorstanders gekry
nie, maar ook heelwat teenstanders, wat in sommige gevalle
met eie teorieë voor die dag gekom het.") Met verwysing
naar § 79 wil ek hier herhaal, dat daar naar my mening
nie voldoende historiese gronde aangevoer is om \'n sterk

») Het Afrikaansch, blss. 140-8.

\') Vir \'n oorsig sie Bosman: Oor die Ontstaan van Afrikaans.

-ocr page 221-

oorwig aan een bepaalde taal toe te ken nie, maar dat die
defleksie wat Nederlands in Suid-Afrika ondergaan het in
die algemeen moet bevorder geword het deur al die groepe
vreemdelinge wat Nederlands daar aangeleer het. Maar
soos by die adjektiewiese fleksie, was ook by die werbale
die aanleiding tot \'n nuwe groepering reeds aanwesig deur
die vermenging van Nederlandse en Nederduitse dialekte
wat daar plaasgevind het. Hier volg enkele feite om dit aan
te toon.

Behalwe waar dit dien om \'n hiaat te vermy, was dic
slot -n van die meervoud reeds in die sewentiende eeu uit
die in Nederland toongewende dialekte van Holland en
Seeland vedwyn, en word dit ook hedendaags in die Alge-
meen Beskaaf nie gehoor nie, hoewel dit nog geskrywe
word. Die verandering wat Afrikaans ten opsigte van
Nederlands ondergaan het, bestaan dus veral daarin dat dic
onbetoonde a van die meervoud en die -f van die twede
en derde persoon Enkvd., en in sommige gevalle van die
twede persoon Mvd., as persoonsuitgange verdwyn het.
Die -e kan egter in Afrikaans nog gebruik word as deel
van die stam by Werkwoorde waarin die infinitiefsuitgang
oorspronklik voorafgegaan was deur dic stemhebbende
konsonante:
d. g, v en by \'n paar ander Ww., en die -f
kom nog voor by \'n paar Ww. wat in dié vorm verstar is. i)
Dis opmerklik dat die verlies van slot -e en -f verskynsels is
wat ooreenkom met die algemene ontwikkelingsgang van die
germaanse tale. Ons hoef vir die eerste verskynsel alleen
maar te herinner aan die groot aantal
Subste wat vroeër
op -e uitgegaan het en dit vir \'n deel nog doen in Ndl. dialekte,
veral die Suid-Nederlandse, maar die -e verloor het in
Algemeen Beskaafde Nederlands; en aan die grote ver-
skeidenheid wat Duitse dialekte in hierdie opsig vertoon.
Vir werbaalvorme kan daarop gewys word, dat ook in Ndl.
die -e van die eerste persoon, Enkvd., Indikatief, verdwyn

\') Vgl. Handleiding, blss. 48-9.

-ocr page 222-

het en dat die -e klank in Engels ook in die Meervoud nie
meer gehoor word nie:
we give. En wat betref die twede
verskynsel, is dit bekend dat \'n groot aantal Nederlandse
dialekte in afwyking van Algemeen Beskaaf geen
-t laat
hoor na skerp konsonante nie. En ook in Ww. waarvan
die stam op
-t uitgaan is daar geen verskil tussen eerste en
derde persoon nie:
ik zit; hij zit.

Tog lyk dit of die gebruik van die -a as persoonsuitgang
van die Ww., in Nederlands in stand gehou word deur die
sintaktiese differensiëring wat daardeur kan uitgedruk word;
en in die vervoeging van die Afrikaanse Ww. het die ver-
lies van die slot -f nie beperk gebly tot die posiesie na
skerp konsonante nie. Daarom is dit nodig om die aanlei-
dende oorsake tot verandering binnen die Ww. self na te
gaan. Dan moet opgemerk word dat hy uitdrukkinge soos:
een
troep mensen, die Ww. ook in Ndl. in die Enkvd. óf
Mvd. gebruik kan word. By alleenstaande kollektiewe en by
Substantiewe wat met
en verbind is, word teenswoordig
gewoonlik die Enkvd. resp. Meervd. gebruik; maar in vroeër
periodes van Nederlands kon albei getalle gebruik word en ook
by woorde soos:
men. selc, elc. kon die Ww. vroeër in die
Mvd. staan. Maar nog meer, as die skrifteUke bronne \'n goeie
beeld van die gesproke taal gee, dan word die kongruensie in
getal tussen grammatiese Subj. en Pred. lank nie altyd getrou
in ag geneem deur die volkstaal nie. En in Nederlandse
dialekte kom nie alleen derde-persoonsvorme sonder -f voor
nie, maar ook eerste-persoonsvorme met -f.

Tot die dialekte wat in Suid-Afrika en op die Oost-
Indiëvaarders meegehelp het tot die vorming van Afrikaans,
hoort ook die Platduitse groep. By hierdie groep vind ons
nog interessanter feite. Nie alleen heers daar in die Middel-
eeue by kollektiewe en by woordreekse dieselfde vryheid

») Stoett, Mnl. Syntaxis, §§ 200-3; Van der Veen, Taaleigen, §§ 23-5.

Vgl. Van der Veen, Taaleigen, § 23; en vir die seemanstaal:
Bosman,
Ontstaan van Afr., blss. 106-7.

\') Vir \'n opsomming van sulite gevalle sie Bosman, i4/r. en Mal.-
Port,
bis. 103.

-ocr page 223-

wat betref die kongruensie as in Middelnederlands nie,
maar ook die fleksie van die Ww. self was besig om \'n
belangrike ewolusie te ondergaan, wat later daarop uitloop
dat sommige dialekte die vorm op -en vir alle Persone van
die meervoud gebruik, en andere, t.w. die wat naaste aan
die Nederland geleë is, alleen vorme wat teruggaan op -ef
(Ouksadsies
-ad) in die meervoud ken, waarvan die -e dan
gewoonlik verdwyn. Maar, soos in die Nederlandse dialekte,
kan die -f wat oorbly, om fonetiese redene ten slotte ook
verlore gaan. Ons kry dus hierdie toestand, dat in Platduitse
dialekte die vorme van die Mvd. en die van die Enkvd.
albei op -f kan uitgaan en dus ooreenkom met die derde-
persoonsuitgang van die Enkvd. in Algemeen Nederlands,
en dat van albei die -f kan wegval en dus ooreenkom met
die Afrikaanse vorm. Om dit met een voorbeeld te illustreer,
die derde persoon Enkvd. van die Ww. \'gryp\' kan in Platduits
wees:
chreipet, chrip. grip of gript; die derde persoon
Meervoud:
chreipet, chrTpt, grip of grTpm.Die Afrikaanse
vorm kom direk ooreen met die vorme sonder uitgang en
kan vir Meervoud sowel as Enkelvoud ook verkry word
deur die
-t in ander gevalle weg te laat. Maar genoeg om
te laat sien. hoe die dialekmenging sowel as die taalmenging
die nuwe groepering in Afrikaans in die hand gewerk het.

413. (3) Soos die Ww. tree ook die geprediseerde Adjektief
as reël in die grondvorm op, b.v.:
Die man is goed: die
vrou is siek: die dier is wild: die vate is leeg.
(Vgl. §§315;
318; 324). Kongruensie van die predikatief gebruikte Adjektief
met die Subjekswoord bestaan dus nie. Die vorm van die
predikatiewe Adjektief val ook same met die van die agter-
geplaaste Adjektief. By sommige Adje kom egter formele
verskille te voorskyn. al naardat hulle predikatief gebruik
word, of attributief met voorplaatsing. Vgl. §§ 68-76; 80-82.

\') Nissen, Forsog til en Middclncdertysk Syntax, § § 25-8.

\') Lasch, Mnd. Grammatik, blss. 226-7.

\') Vgl. Grimme, Plattdeutsche Mundarien, §§ 170-6.

-ocr page 224-

Ook word by Verlede Deelwoorde in predikatiewe gebruik tot
op sekere hoogte gedifFerensiëer al naardat die samestelling
met die Predikaatswoord losser of enger is. Vgl. § 324.

414. Geskiedkundig. In Mnl. kon die predikatief gebruikte
Adjektief sowel verboë as onverboë voorkom.In sewen-
tiende-eeuse Nederlands was reeds die stand bereik waarop
Afrikaans teenswoordig staan.")

415. (4) Die geprediseerde Substantief kongrueer as reël
in getal met die Subjekswoord as dit een of meer lewende
wesens aandui. b.v.:
Ek was nog \'n seun, maar: ons was
nog seuns.
In enkele uitdrukkinge soos: hulle is die baas,
bly die kongruensie egter agterweë. Versamelwoorde kom
natuurlik nie in die Meervoud voor nie:
die Boete is \'n
dapper nasie.
Ook vir sinne met die Subjekswoord dit. soos:
dis helde (sie benede) geld die reël nie.

Opm. Kongruensie hoef dus ook nie voor te kom as die
Subjekswoord geen lewende wese aandui nie, maar die Sub-
stantief van die Predikaat wel, b.v.:
Maar ons natuartonele is
die moeder wat ons gedagtes in woord help klee het
(E. Skry-
wers, bis. 80).

416. As die Subjekswoord een of meer lewende wesens
aandui kan die Substantief van die Predikaat daarmee in geslag
kongrueer, as dit \'n afsonderlike vorm het vir ManUk en
Vroulik. b.v.:
Hy is haar slaaf, maar: sy word behandel as
slavin.
Hierdie kongruensie is egter lank nie altyd nodig nie.
Die ongegeneerde omgangstaal gee dikwels die voorkeur
daaraan om die Substantief in die Manlike vorm te gebruik,
ook as daar sprake is van vroulike wesens. Vgl.:
Sy het ekskuus
gemaak, dat sy geen publieke spreker is nie
(Boervrouw,
bis. 111). Waar die vroulike geslag deur middel van \'n
afsonderhke woord uitgedruk word, is die behoefte aan
kongruensie egter sterker:
Sy was die niggie van die koning.
Sinne met die Subjekswoord dit kom, ook wat die geslag
betref nie in aanmerking vir kongruensie nie.

\') Stoett, Mn!. Syntaxis, § 133.
Van der Veen,
Taaleigen, § 32.

-ocr page 225-

C. (1) Sinne met die Subjekswootd \'dit\'.

417. Die Neutrum, derde Persoon Enkelvoud, van die
Persoonlike Voornaamwoord lui in Afrikaans
dit. Oorspronklik
was hierdie woordjie \'n Aanwysende Vnwd. (aussendeiktisch)
maar in Afrikaans het sy betekenis verswak en het dit die
Persoonlike Vnwd.
het verdring. Sy vroeëre plek is inge-
neem deur
hierdie (een), in teenstelling waarmee daardie
(een)
staan as opvolger van die verlote gegane dat. Hy en
sy word in hoofsaak gebruik om lewende wesens aan te
dui, en in teenstelling daarmee kan
dit aanduier wees van
alles wat lewensloos en enkelvoudig is. Ook kan
dit gebruik
word van \'n versameling lewenslose dinge wat nie as afson-
derlik bestaande gevoel word nie. soos in:
dit [n.l. die

appels] bring baie geld op.\')

418. Hierdie Voornaamwoord dit gaan as Subjekswoord
dieselfde verbindinge met Werkwoorde aan as ander Per-
soonlike Vnwde, maar daarnaas word dit gebruik in s.g.
Onpersoonlike konstruksies, waar dit in besondere sin as
Subjekswoord dien. Om hierdie gebruik te verstaan is dit
nodig om eers \'n uiteensetting te gee van die konstruksies

met die s.g. Situasie-c/if.

419. (a) Die Vnwd. dit kan gebruik word om iets aan

te wys wat nog nie van te vore genoem is nie maar as
bekend veronderstel word en dus dikwels maar vaag in die
gees aanwesig is, soos in:
dit brand goed {n.l die vmr
wat ons by sit). Ook kopulatiewe Ww. word gebruik om
op hierdie manier iets te prediseer van die nog vaag gevoelde
inhoud van
dit. Dan ontstaan sinne, soos: dis n mms (n..
wat die geritsel veroorsaak het):
dit lyk \'n miershoop (n.l.

[T^ nnr iir<!nrune des Sdieinsubjekts \'es\' in den germa-

•) Brugmann ^ZnMeTspradien; Wilminns, Deu. Grammatik III,
Ts oZZ\'^pZl ZXe^^^^^ Sütterlin,
Deu. Spraehe § 310;
M.V I^e Vries,
Usurpaties (Tijdschrift

Mededeeling. §§ 32-35; Den Hertog, Ndl.
Spraak I, § 12^Simons, Bij de zwakke plek van een Techmkus

^^»/vii^\'n^uïtvoeriger uiteensetting van die gebruik van die Pers.
Vnwde sie
Handleiding, blss. 43-44.

-ocr page 226-

wat jy daar sien). Deur die vaagheid van die aanvankhke
voorstelling kan
dit in konstruksies van die laaste tiepe selfs
met manlike, vroulike en meervoudige begrippe verbind word,
soos in:
dis \'n vrou: dis \'n spioen: dis muise, of — waar
die aanvanklik onduidelike voorstelling laaste tot uiting kom

— in: muise is dit.

420. (b) Die aanvanklik vae betekenisinhoud van dit kan
agterna opgehelder word (die
gebonde gebruik van dit).
Vgl.: Al wou dit baiemaal bo by die keel uit. die verbittering
en hartseer
(Vergeet Nie. bis. 147). Die latere opheldering
kan ook \'n bysin wees. soos
in: dis waar watjy sê: (met
Konjunksie:)
dit lyk of hy sal kom. of \'n Infinitief, soos in:
dis aaklig om dit aan te sien. In sulke sinne staan dit sin-
takties oorspronklik gelyk met manlike en vroulike Persoonlike
Vnwde wat gebruik word as voorlopige Subjek wat later
opgehelder word. soos in:

Hy sal gou kom. jou baas.

Sy het baie verdriet gehad, die edele vrou.

Jaag-jaag skiet hulle nog. die deurbarstende burgers (Ver-
geet Nie. bis. 140).

421. As besondere geval verdien vermelding die ver-
bindinge:
dit Ww. wees te Inf.. b.v.: dis te begryp.

dat____; dis aan te beveel, dat----- waar \'is te begryp\',

\'is aan te beveel\' beteken, \'n mens moet (kan) dit begryp.
aanbeveel.

422. Geskiedkundig. Hierdie laaste konstruksie is reeds
oud en kom al veelvuldig voor in Oudhoogduits. Die gebruik
van die Infinitief kom hier ooreen met die van die Gerun-
dium in Latyn

Onpersoonlike Konstruksies.

423. Uit die beskrewe verbindinge met die situasie-dif
het die onpersoonlike konstruksies met
dit as Subjekswoord
ontstaan. In Afrikaans kan ons die volgende tiepes onderskei:

424. (a) Die Subjekswoord is dit en die saak waaroor
gepraat word (logiese Subjek) word uitgedruk as \'n prepo-

») Wilmanns, Deu. Grammatik, § 385.

-ocr page 227-

sisionele bepaling by die Werkwoord, b.v.: dit ontbreek
hom aan moed; dit krioel van mense; dit wemel van ongedierte ;
dit verveel my hier by die geraas; dit stroom van bloed.

425. Sommige van hierdie Ww. kan ook sonder nadere
bepaling gebruik word:
dit krioel, dit wemel. Die betekenis
is dan nou verwant aan die van Werkwoorde wat \'n
natuurverskynsel beskrywe. Hierby sluit aan konstruksies
soos:
dit rook hier, dit stink daar, waar die Ww. deur \'n
Adwerbium bepaal word. As uitdrukkinge soos:
dit ontbreek,
dit spyt my, dit verheug my
sonder bepaling van die Ww.
gebruik word, dan is
dit egter aanduier van iets bepaalds.

426. Naas die onpersoonlike Konstruksies word by hierdie
Ww. ook persoonlike konstruksies gebruik:
die moed ontbreek
hom: die ongedierte wemel: die mense krioel: die geraas
verveel my,

427. Geskiedkundig. Hierdie onpersoonlike Konstruksies
het ontstaan uit konstruksies met gebonde
dit, waarin die
betekenis van hierdie woord in so \'n mate verbleek was,
dat dit nie meer gevoel geword het as voorlopige aanduier
van die Subjek nie. So kon uit sinne soos:
dit ontbreek
hom, die moed
en dit verveel my, die geraas ontstaan: dit
ontbreek hom aan moed: dit verveel my by die geraas.

428. (b) Die Predikaatswoord wat met dit verbonde is,
beskrywe \'n natuurverskynsel en kan bestaan uit \'n s.g. onper-
soonlike Ww.:
dit reent: dit donder; dit hael: dit kapok,
of \'n kopulatiewe Ww. bevat: dis reenagtig: dit word dag:

dit bly donker.

429. In digterlike taal word ook hierdie Ww. partykeer

persoonlik gebruik: die wolk reent: sy oog blits, maar dit
moet beskou word as beeldspraak. Op dieselfde manier word
reeds in Sanskrit. Grieks en Latyn gepraat van \'gode\' wat
reent (d.i. laat reent), maar nêrens is die persoonlike kon-
struksie primêr nie.

430. Geskiedkundig. Die Onpersoonlike Ww. is in Oud-
germaans sonder Subjekswoord gebruik. Die aanwending van
dit het moontlik geword, deurdat die betekenisinhoud daarvan

-ocr page 228-

by gebonde gebruik en die onpersoonlike konstruksies wat
daaruit ontstaan was, soseer verbleek het dat dit nie meer
gevoel is as aanduier van iets bepaalds buite die gees van
die spreker self nie. As \'dit krioel (van mense)\' objektief niks
meer uitdruk as \'krioel (van mense)\' nie, dan hoef \'dit reent\'
mos ook nie \'n ander objektiewe betekenis te hê as \'reent\' nie.
Toe konstruksies soos \'dit reent\' ontstaan het, had die ont-
wikkeling van die taal dus \'n stadium bereik, dat die gebruik
van die woorde waarmee die teenswoordige
dit ooreenkom
alleen deur hulle psigiese waarde bepaal is.

431. (c) Die onpersoonlike gebruik van dit is ook moontlik
by Ww. wat \'n gewaarwording uitdruk. Die Ww. waarby
hierdie konstruksie moontlik is in Afrikaans, is gering in getal.
By sulke Ww. kan \'n mens die liggaamsdeel wat deur die
veranderde toestand getref word, as \'n preposisionele bepaling
uitdruk. Vbb.:
dit jeuk (op my kop); dit kriewel (agter my
rug); dit byt (in my vingers).

432. In die persoonlike konstruksies wat hiernaas staan,
word die naam van die getrofFe liggaamsdeel as grammatiese
Subjek gebruik:
my kop jeuk; my rug kriewel; my vingers byt.

433. Geskiedkundig. Die gebruik van dit by hierdie
Ww. het sy ontstaan te danke aan dieselfde oorsake as by
die Ww. wat \'n natuurverskynsel uitdruk waar dit waar-
skynlik eerder binnegedring was. \'n Groot aantal Ww. wat,
verbonde met \'n casus obliquus van \'n Persoonlike Vnwd.
of \'n ander aanduiding van persone, oorspronklik onpersoonlik
gebruik is
(mi dromet, mi dinckt. ens.) word teenswoordig
in Afrikaans, en die meeste daarvan ook in Nederlands,
uitsluitend persoonlik gebruik. Ander sulke Ww. is vervang
deur persoonlike uitdrukkinge bestaande uit \'n werbale en
\'n nominale element, b.v. Mnl.
mi jamert, mi scaemt = Afr.
ek het (is) jammer, skaam. So word vir Afrikaans: ek het
(of is) honger, dors nog in die State-Bybel gebruik: my
hongert, dorst,
waarnaas egter ook voorkom: Zij die hon-
geren en dorsten.
(Vgl. Opm. by §§ 319-21). Baie van

\') Vgl. Stoett, Mnl. Syntaxis, bis. 177; Van Heiten, Vondel\'s Taal,
§ 167.

-ocr page 229-

hierdie Ww. is in Nederlands in onpersoonlike konstruksies
altyd sonder pronominale Subjek gebruik en ander kon
het
onder seker voorwaardes ontbeer. In Afrikaans is die gebruik
van
dit verplig by die Ww. van hierdie groep wat nog
onpersoonlik voorkom.

(2) Sinne met \'daar\' as formele Subjekswoord.

434. Soos dit kan ook daar as Subjekswoord gebruik
word. Dit kom voor in die volgende gevalle:

435. (a) As gebonde Subjekswoord in aktiewe en passiewe
konstruksies, b.v.:
daar kom iemand aan; daar word \'n huis
gebou; daar word beweer dat hy bang geword het; daar
word aan die hand gegee om \'n nuwe poging te waag.

436. As \'n bepaling voorafgaan aan die passiewe Ww.
word
\'daar dikwels nie gebruik nie. Vgl.: Om die toestand
te verstaan, moet onthou word dat....: om die saak aan-
neemlik te maak, is (daar) beweer dat....

437. (b) As vrye Subjekswoord in passiewe konstruksies:

daar word gewerk.

438. In deftige taal kan sulke passiewe konstruksies ook

ingelei word deur \'sulks\', \'aldus\' of \'so\' sonder daar. Die funksie
van hierdie woorde nader dan tot die van Subjekswoorde.

439. In passiewe konstruksies met die vrye sowel as die
gebonde
daar, kan die draer van die werbaalhandeling uit-
gedruk word deur middel van \'n preposisionele bepaling ingelei
met die woord
deur, b.v.: daar word \'n huis gebou deur

hom: daar word gewerk deur hom.

440. (c) As Subjekswoord by kopulatiewe Ww.: daar
was \'n keer \'n koning.
Hierdie konstruksie is nie moontlik
as die voltooiing van die Ww. n Adjektief is nie. Dus:
dit

(nie daar nie) is waar, wat jy sê.

441. Geskiedkundig. Die gebruik van daar in hierdie
konstruksies het ontwikkel uit die gebruik as lokale Bywoord
cn die lokale betekenis word ook nog dikwels gevoel. As
dit gebeur kry
daar \'n sterker aksent. c u i •

In dic gebonde konstruksies waarin dic eintlike Subjek n
Substantlef(groep) of \'n bysin met Substantiewiese funksie is.

-ocr page 230-

het daar in die plek gekom van \'n ouer het, die s.g. sintaktiese
\'het\'. In Mnl. was sinne soos: hets gheboren een prophete:
het laghen doe so vele lieden vor Middelborch,
baie ge-
bruiklik, en die konstruksie kom by Noordnederlandse
skrywers tot in die sewentiende eeu voor en lewe vandag
nog in Suidnederlandse dialekte. In Afrikaans word kon-
struksies met gebonde
dit nie as onpers. gevoel nie (Vgl.
§ 420). Dis op te merk dat in die onpers. konstruksies met
daar die eintlike Subjek die gewone posiesie van \'n Objek
inneem, tensy dit \'n Infinitief of bysin is.

442. Watter rol speel dit en daar in onpersoonlike
konstruksies by die opbou van die sin? In die eerste plek
is dit hulpmiddels om tweeledigheid aan die sinsvorm te
gee en dit dus moontlik te maak om ook by Werkwoorde
wat onpersoonlik of passief gebruik word in woordorde te
onderskei tussen Bewerende en Vraende sinne. Vgl.:
dit
reent, daar word gedans,
met reent dit?: word daar gedans?
Ook ritmies het ons taalgevoel \'n teensin teen bewerende
sinne wat met \'n verbum finitum begin.
Dit en daar dien
dus om die posiesie van die Ww. aan die begin van die
sin te dek.

443. Het hierdie woorde ook nog \'n betekenisinhoud?
Hierop word verskillend geantwoord. Deur sommige word
hulle beskou as sonder inhoud, as \'n lose onderwerp, as
\'Scheinsubjekt\', omdat hulle niks toevoeg aan die betekenis
van die Ww. nie; en aan die ander kant staan die mening
dat altans die woord
dit soms kan slaan op iets wat vaag
gevoel word as bestaande. In \'dit reent\' sou \'dit\' b.v. slaan
op \'die weer\' of anders op „den substantievisch te denken
inhoud van het volgende praedicaat", -) dus op \'die reen\'.
Om bewyse by te bring vir hierdie mening word gewys op
sinne, soos:
dis reenagtig, waar \'reenagtig\' van iets bepaalds

\') Stoett, Mnl. Syntaxis, § 35.

\') De Vries, Typen der Mededeeling, bis. 49.

-ocr page 231-

sou geprediseer wees; en soos: ek sien dit daar agter die
bossie reent,
waar ander woorde tussen \'dit\' en \'reent\' staan;
maar veral daarop dat in Nederlands en Duits b.v. nie
alleen gesê word:
het regent, es regnet nie, maar ook: dat
regent (al maar door), das regnet.
(In Afrikaans bestaan
geen Aanw. Vnwd.
dat nie, en daardie kan nie in sulke
sinne gebruik word nie. In sinne soos:
dit reent daar: kyk
hoe dit daar reent
is \'daar\' \'n suiwer plaasbepalende woord).
As ons natuurlik praat word die inhoud van die Predikaat
(dus b.v. die reen) in sulke sinne egter nie gevoel as Subjek
nie, en waar
dit werklik op iets anders wys (soos: die wölke,
die lug,
ens.) het ons nie meer onpersoonlike konstruksies
nie, sodat dié geval nie hier hoef bespreek te word nie.

444. Die werklike funksie van dit en daar in onpersoonlike
konstruksies kan alleen begryp word deur die saak van die
psigologiese kant te benader, wat dan ook gedoen is deur

Ph. J. Simons. ï)

Hy gaat uit van „een soort onzintuiglik onderwerps-
gevoel .... dat by \'t argeloze spreken slechts in zeer geringe
mate tot bewustheid komt, in allergeringste mate in het
impersonale
het." As die onderwerpsgevoel sterker word,
dan word die
Subjekswoord \'het\' in Ndl. tot \'dat\'. In: dat
regent maar aan een stuk door,
dui \'dat\' dus ..begin van
klem" aan. \'Dat\' word dus nie gebruik om sy deiktiese
krag nie, maar deur die toename van subjektiwiteit. Hierop
voortbouende, sien ek in die ontstaan en ontwikkeling van
onpersoonlike konstruksies met
dit en daar net die omgekeerde
proses van wat gebeur by samestelling. By samestelling word
twee begrippe, en gevolglik die woorde waardeur hulle uit-
gedruk word, samegevoeg om \'n nuwe eenheid te vorm.
Die neiging bestaan dan om deur enger samegroei volkome
eenledigheid te laat ontstaan. Daarenteen het hierdie onper-
soonlike konstruksies
oorspronklik eenledig gewees. maar \'n
sterker ontwikkelde behoefte aan tweeledigheid in sinne

\') Bij dc zwakke plek van een Technikus (N. Taalg. XIV).

-ocr page 232-

met \'n verbum finitum het ook hier formele tweeledigheid
laat ontstaan. Die betekenisinhoud is egter onbestaanbaar
met tweeledigheid, omdat die Subjekswoord niks toevoeg
aan die betekenis van die Predikaat nie — ook nie as \'dit\'
in
dit reent moet slaan op \'die reen\', d.i. die inhoud van
die Predikaat, nie. Die ontstaan van sulke onlogiese —
volgens die gemelde opvatting, toutologiese — konstruksies, was
moontlik deurdat die betekenisinhoud van die Subjekswoord
ook in ander gevalle dikwels uiters miniem en vaag is. Dat
woorde waarvan die oorspronklike betekenis verbleek het,
as Subjekswoord gebruik word in die onpersoonlike kon-
struksies, is dan ook heeltemal natuurlik. Deur die beperking
wat die betekenisinhoud van die betrokke Ww. oplewer,
word die ontwikkeling van die tweeledigheidsgevoel egter
teëgehou, en kom dit dus nie verder as die kiem nie. In
enkele gevalle — soos in Ndl.
dat regent — kom dit egter
tot volle ontwikkeling en vind dit dan ook uiting in die
taal in hierdie geval deur die gebruik van die woord
dat. In Afrikaans bestaan volle tweeledigheid as die woord
daar met nadruk uitgespreek word in sinne, soos: daar word
gedans,
maar dan het hierdie woord \'n ander betekenis en
is sy funksie nog die oorspronklike, n.l. die van bepaling
van plaas by die Ww.

Musikale Eienskappe.

445. Die musikale eienskappe van die volsin val onder
A. toonshoogte, en B. ritme. Daar die gebruik van hierdie
middele in Afrikaans \'n volledige afsonderlike ondersoek
verdien, wat die beste ter plaatse kan uitgevoer word, gee
ek hier enkel enige algemene kenmerke aan, in die hoop dat
dit \'n aansporing mag wees vir deskundiges om dit aan \'n
uitvoeriger ondersoek te onderwerp.

-ocr page 233-

A. Toonshoogte.

446. Die toonsbeweginge is in hoë mate afhanklik van
die algemene stemming waarin die spreker verkeer. By \'n
opgewekte stemming is die toonsbeweging b.v. groter en die
algemene ligging van die toon hoër as by \'n rustige stemming,
en omgekeerd word bedruktheid weerspieël deur \'n laer
ligging van die toon en minder beweeglikheid.

447. Die rigting van die toonsbeweging weerspieël be-
paalde stemminge en vorm ook \'n formele kenmerk van
die sinsoorte. Gelykmatige betoning kom by die gewone
praat haas nooit voor nie; dit kan \'n smekende indruk maak.
Stygende betoning maak \'n opgewekte, vrolike indruk of \'n
indruk van hoopvolle verwagting. Dit word ook voortgebring
deur en wek \'n gevoel van spanning en onvoltooidheid.
Dalende betoning maak die indruk van vasberadenheid, be-
slistheid, voltooidheid.

448. Naar die toonsbeweging kan ons onderskei tussen
volsinne met dalende betoning teen die end en volsinne met
stygende betoning teen die end.

449. Dalende betoning het die bewerende en die bevelende
volsinne maar by lusteloosheid of onverskilligheid partymal
ook die vraagsinne. Vir bewerende en bevelende sinne in
vraagvorm sie §§ 523-8. Na die daling teen die end kan
die bewerende sinne egter weer styg tydens die spanning
wat dic verband met wat volg veroorsaak. Op dieselfde
manier styg die toon op die end van bysinne wat nie tewens
die slot van n volsin vorm nie. Ook in die bevelende vol-
sinne styg die toon soms teen dic end. Ander kenmerke van
bevelende volsinne is dat hulle gewoonlik laer begin en dat
dic toonsbeweging dus van kleiner omvang is as by die be-
werende volsinne; verder, dat daar \'n sterk nadruksaksent
val op die betoonde woord, cn dat hulle in die reël met
sneller tempo uitgespreek word as die beweringe.

450. Stygende betoning kom veral voor by uitroepende
en vraende volsinne. Terwyl in bewerende sinne \'n melodie-
boog van laag oor hoog weer na laag gemaak word, het

-ocr page 234-

die vraagsinne alleen maar die eerste helfte van die boog.
As vraagpartikels gebruik word val die toonsverhoging sowel
daarop as op die end van die sin. By uitroepe is die tempo
gewoonlik óf langsamer óf vlugger as by vrae en volg op
die toonsverhoging dikwels weer \'n geringe daling.

B. Ritme,

451. Onder ritme kan ons onderskei tussen (1) nadruks-
aksent en (2) pouses. Soos Wundt aangetoon het, kan by
die nadruksaksent en die tydsduur van die pouses drie trappe
onderskei word. By die toonsbeweginge het ons daarenteen
drie trappe bo die gemiddelde en drie benede die gemiddelde.
Die drie trappe van nadruksaksent is b.v. verteenwoordig
in:
hièrdië man. Ek dui die relatiewe lengte van die ver-
skillende pouses in die volgende sinne soos ek dit lees —
met een, twee of drie strepies aan:
Die burgers ken my; //
hulle weet / dat ek maar \'n haastige man is. // maar vir
president Steyn / het ek altyd die grootste respek / en eer-
bied gehad. /// En waarom ? /// Omdat hy dit waardig was.
(Christiaan de Wet, bis. 247).

452. (1) Nadruksaksent. Grondreël vir die nadruksaksent
is dat die belangrikste begrippe die swaarste aksent kry,
waarmee gewoonlik ook \'n hoër toon gepaard gaan. Vandaar
dat die psigologiese Predikaat met meer nadruk uitgespreek
word as die psigologiese Subjek, en dat in die woordgroepe
met gelykmatige aksent die gelykmatigheid in die praktyk
maar selde voor die dag kom, n.1. alleen as die twee begrippe
in ewewig teen mekaar moet gehou word, soos b.v. in:
ses
rooi osse.
In die reël verskil die belangrikheid van die
verskillende begrippe en gevolglik ook die aksent. Vgl.:
die man se boek met die man se boék: hy drink water met
hy gló die storie; gaan vra dit vandag met gaan vra dit
vandag.
Woordgroepe met eenheidsaksent is in Deel I van
hierdie werk bespreek. (Sie o.a. §§ 20, 21, 41, 42, 46, 48,
78, 85, 95, 96, 123-135, 195, 214, 233, 290, 357, 379).

-ocr page 235-

Bindwoorde kry, deurdat hulle minder belangrik is, in die
reël ondergeskikte aksent; tog kan juis die betrekking die
belangrike element wees, en dan val die volle nadruk op
die bindwoord. Vgl.:
Is dit \'n boek van my of vir my?;
(Het hy of sy vrou dit gesê?) — Hy én sy vrou het dit gesê.
Ook ander woorde wat gewoonlik ondergeskikte aksent in
die groep het, kan in \'n bepaalde verband belangrik wees
en dan die nadruksaksent kry. Vgl. o.a. § 21.

453. Die posiesie van die woorde word soms deur hulle
ritmiese swaarte bepaal. So staan die woord
mos of mis
(Ndl. immers) byna altyd voor die ander bepalinge van die
Ww., omdat dit ritmies lig is. Vgl.:
Hy sê dit mos altyd:
hy het mos hier gebly,
ens.Sulke ritmies ligte woorde is
ook
nie en al aan die end van volsinne, bysinne en woord-
groepe wat dikwels dieselfde diens doen as die uitgangs-a in
Nederlands, deurdat hulle die stem sag laat wegsterwe. Die
woordjie
het is ritmies swaarder as dit voor die Verl.
Deelwd. staan, as wanneer dit daarna staan. Vandaar dat
dit in gesproke Afrikaans in bysinne en in enkele ander
konstruksies, altyd daarna staan, n volgorde waarvan die
poësie soms afwyk deur die ander eise wat dit stel. (Vgl.

§§ 308 en 347).

Opm Preller Iaat die ligte ritmiese gehalte van die laaste
woord "reölmatig uitkom deur die skryfwyse 7. Vgl.
Dis bc-
srvpcUk dat daar onder die omstandighede by die trek-mensc
self licelwat onbeslistheid sal geheers \'t
(Piet Retief, bis. 101).

454. (2) Pouses. In Deel I is herhaaldelik gewys op die
lang pouses by leungroepe. Maar ook by ander woordgroepe
kom pouses voor. Sie b.v. §§ 152-3; 184. In die geleding
van die volsin hoef die verhouding van Subjek tot Predikaat
nie deur \'n pouse aangegee te word nie. maar na \'n enigsins
lang gr. Subjek word gepouseer voor die Predikaat uitgespreek
word. Vgl.:
Die skape van die boer oorkant die rivier //
het in die skut gekom:
en met \'n bysin in die Subjek:

\') Vgl. Blümel, Einführung, §§ 738-9.

-ocr page 236-

Vee van enige land wat in \'n ander land en klimaat
oorgebring word, // sal in hul nakomelinge gaandeweg nader
tot die lands-ras van die ander land
(Leesboek, bis. 62).

Kaffers wat werk toe gaan, // loop met skouers hoog
opgetrek
(Leesboek, bis. 133).

455. Dieselfde gebeur na n lang Predikaat, en \'n lang
voltooiing of bepaling van die Predikaat as hierdie sinsdele
voorop gaan. Vgl.:

En toe antwoord met \'n bedeesde blik // die gewaande
held op sy vraag.

Vir die man met die geweer oor die skouer en die ver-
kyker in die hand // was\'hy nie bang nie.

Vir die honde wat blaf // hoef jy maar net te koets en
naar die grond te gryp
(Ons Weg, bis. 361).

Met \'n sug van verligting // spring hy op.

Als die boer dit alles dus bedenk het by die uitsoek van
sy aanteel-vee. // dan het hy \'n goeie begin gemaak
(Lees-
boek, bis. 59).

456. As albei lede van \'n samegestelde Ww. aan \'n
langer bepaling voorafgaan, dan volg daar ook \'n pouse op.
Vgl.:
Hy het gestaan // op daardie blou berg met die hoë
krans.
As \'gestaan\' op die end van die sin moes kom, sou
daar nie so \'n pouse wees nie.

457. Ook op \'n kort Objek wat aan die Predikaatswoord
voorafgaan, volg daar \'n pouse as daar twyfel kon bestaan
oor die geleding van die sin:

Die man // sien die kind (Vgl. bis. 142).

458. Sommige soorte bysinne word voorafgegaan deur
\'n pouse, b.v.:
Slegte behandeling van die diere is in die
eerste plaas onmenslik en in die tweede plaas onbillik, //
omdat \'n mens voordeel van hulle verlang
(Leesboek, bis. 62).
Andere weer nie, b.v.:
Hy sê hy sal kom / ek sien die man
wat daar staan.
Maar dit kan beter onder die bysin be-
handel word.

-ocr page 237-

I. Bewerende Volsinne.

459. Bewerende volsinne dien naar Noreen — om die
teoretiese beskouing van die spreker oor die uiterlike ver-
skynsels en momente van sy sielelewe tot uitdrukking te bring,
hetsy die bestaan in onmiddellike waarneminge of die ver-
werking daarvan deur sy fantasie en gedagte verteenwoordig.

460. Ons kan naar die mate van stelligheid waarmee
die opvatting van die spreker geuit word onderskei tussen
A. deklaratiewe en B. fiktiewe beweringe.

461. A. Die deklaratiewe bewering deel mee wat die
spreker as \'n feit vasgestel het, b.v.:
Hy staan daan hy is

siek: ek weet nie.

462. Geskiedkundig. In baie Indogermaaanse tale word

hierdie\' soort bewering - vir sover as die Predikaatswoord
\'n verbum finitum is - deur middel van \'n bepaalde modus,
die Indikatief, uitgedruk. In Afrikaans het alle finitiewe modi
- met uitsondering van enkele verstarde reste - in een
vorm samegeval.

463. B. Die fiktiewe bewering deel mee wat die spreker
nie juis as\'n feit wil laat opvat nie. Daar die Konjunktief
as morfologiesie kategorie nie meer in Afrikaans bestaan nie,
het die Ww. nie meer \'n besondere vorm om hierdie soort
bewering uit te druk nie. Dit maak dus gebruik van bepaalde
Hulpww., maar daarnaas ook van selfstandige woorde.

464 Deur sou met die Presens van \'n Infinitief, word
•n beskeie mening uitgedruk. b.v.:
Jy sou lus kry om \'n

hap te gee. , . . t . r

465 Deur sal of sou met die Perfektum van n Infinitief,

word uitdrukking gegee aan \'n veronderstelling wat nie vervul
is nie. omdat aan die voorwaarde daarvoor nie voldoende

is nie. b.v.: Dit sal (sou) my \'n genoeë gewees het.
- ^

\') Naar Noreen, Einfiihrung, blss. 291-3.

-ocr page 238-

466. Deur mag of mog met \'n Infinitief word \'n toe-
gewende bewering gedoen b.v.:
Dit mag wees dat hy \'n
skurk is: tog uertrou ek op hom.

467. Deur kan of kon met \'n Infinitief word moontlik-
heid of mag uitgedruk, b.v.:
Hy kan kom. Dieselfde betekenis
kan uitgedruk word deur modale Bywoorde soos:
moontlik.
miskien, allig.

468. Deur moet of moes met \'n Infinitief word \'n waar-
skynlikheid uitgedruk, b.v.:
dit moet waar wees. Dieselfde
betekenis word deur modale Bywoorde soos:
waarskynlik.
seker. bepaald,
uitgedruk.

Geleding.

469. Die bewerende volsinne kan sowel een- as twee-
ledig wees. Daar tweeledigheid as die gewoonste type kan
beskou word, word alleen die gevalle waar eenledigheid
voorkom afsonderlik vermeld.

A. Tweeledig.

Woordorde.

470. Die gewoonste volgorde by tweeledigheid is: gram-
matiese Subj. — Pred. — voltooiinge of bepalinge van die
Predikaat. As die voltooiing of bepaling die sin open, word
die volgorde van Subj. en Pred. omgekeer (Vgl. §§ 345-6).
Onder voltooiing of bepaling val in hierdie verband ook
die Partisiepium of Infinitief wat same met \'n Hulpww. \'n
samegestelde Tyd vorm, b.v.:
Gesien het ek hom: sien
sal ek hom.

471. Die voorplaatsing van bepaalde woorde geskied in
ooreenstemming met \'n psigiese neiging wat daarnaar streef
om die belangrike, nuwe element eerste tot uiting te bring,
en word dus bepaal sowel deur die inhoud van die sin self
as deur die verband waarin dit voorkom.

Na vore bring van die grammatiese Subjek.

472. As die grammatiese Subjek die belangrikste clement

-ocr page 239-

(dus psigologiese Predikaat) is, dan is daar, behalwe nadruks-
aksent, nog ander middels om daar uiting aan te gee, n.1.

(1) Die gebruik van die Passief. Vgl.: Deur hom is dit
beweer,
naas: hy het dit beweer.

(2) Die gebruik van \'n Terugwysende of Persoonlike Vnwd.
Vgl.:
Die kind die het dit gedoen, naas: die kind het dit
gedoen.
In die volgende sin word eers die gr. Subjek en
dan die Predikaat betoon:
Die ou wat daar wegstap, met
die vuur-rooi
koeël-rond gesig, en half-duims stoppels om syn
kin, hy het syn kos, en hy hou wathy het{Leeskoek,
bis. 135).

(3) Deur omskrywinge kan wat anders die Subjek sou wees
ook grammaties die posiesie van \'n Predikaat kry. In plaas
van:
jy het dit gedoen, word b.v. gesê: dis jy wat dit

gedoen het. . r^ ,

473. Omgekeerd kan die Subj. voorlopig deur n Onbep.

Vnwd. aangedui word en dan eers later as n ophelderende
nagedagte tot uitdrukking kom. b.v.:
Dit was net gepas, sy

antwoord (Vgl. § 420).

474. Ook ander sinsdele kan voorop geskuiwe word,

waarby die bindwoord dan voorlopig wegbly om as aan-
hangsel van die terugwysende woord op te tree. Vgl.:
Dte
slordigheid,
afwesigheid van vertoon of opskik, dis of almal
daarmee duidelik sê....
(Leesboek, bis. 135).

B. Eenledig. . . .r j.

475. Eenledigheid kan tot stand kom deurdat of die

grammatiese Subjek óf die grammatiese Predikaat nie uitgedruk
is nie, of deurdat Subjek en Predikaat nie van mekaar geskei
kan word nie.

(1) Die grammatiese Subjek is nie uitgedruk nie

476. (a) In enkele verstarde uitdrukkinge kan die Werk-
woord in die eerste persoon Enkvd. gebruik word sonder

Pronomen. Daaronder is te noem:

(«) Die woorde segge en versoeke in sakebriewe.

(/?) Die sin: traak jou nie « dit raak > dit traak). waar

-ocr page 240-

\'n fonetiese proses verantwoordelik is vir die afwesigheid
van die gr. Subjek waarvan die afsonderlike bestaan nie
meer gevoel word nie, daar dit samegesmelt het met die
Ww. Daarnaas kom egter ook:
dit traak jou nie voor.

(y) In die woord dankie « dank je) word die afsonder-
like bestaan van die woorde waaruit dit ontstaan het nie
meer gevoel nie. Van die Subjekswoord
ek word dus ook
geen gebruik gemaak nie. Soos
assemblief « als je belieft)
waarvan die samestellende elemente ook onherkenbaar geword
het, word
dankie as \'n sinsvormende Interjeksie gebruik.

Opm. Die woord dankie is deur my in dieselfde vorm en
funksie gehoor in die Alblasserwaard.

477. (b) In gesprekke is die Pers. Vnwd. van die eerste
of twede Persoon soms oorbodig, deurdat die bedoeling
duidelik genoeg is uit die toestand. Vgl.:

(Weet hy dit?) — G/o nie.

Hoe sê ? Vra oom Dolf en sy oë word grootrond (Veld,
bis. 139).

478. (c) Die gr. Subjek hoef nie uitgedruk te word nie,
as dit duidelik genoeg is uit die grammatiese verband. In
ouer vorme van Nederlands en Duits het in hierdie opsig
veel groter vryheid bestaan as teenswoordig. In Afrikaans
kom veral in aanmerking sinsreekse; daar hoef die gr. Subjek
alleen by die eerste lid te staan. Vgl.:

Andries Vry is die eienaar van een van die grootste plase
in die distrik en het nie nodig om self in sy boerdery te
werk nie
(Veld, bis. 5).

479. By die skrywer Von Wielligh is \'n nuwe ontwik-
keling waar te neem. Die parallelle bou wat reël is by sinne
wat tot dieselfde reeks behoort, word dikwels vergeefs by hom
gesoek, sodat in die twede bysin die woordorde van \'n volsin
gebruik word. Iets soortgelyks kom ook in die spreektaal voor,
maar dan het die twede sin ook \'n Pronomen as Subj. en
word dit dus gevoel as \'n selfstandige volsin. Von Wielligh

\') Vgl. Stoett, Mnl. Syntaxis, §§219-220; Paul, Deu. Grammatik lU,
§§ 15-17.

-ocr page 241-

laat egter die twede sin volg sonder Pronomen, sodat \'n
eienaardige mengproduk ontstaan: \'n reeks bysinne waarvan
die eerste die woordorde van \'n bysin vertoon maar die
twede die gewone woordorde van \'n volsin. Iets dergeliks
is my in die spreektaal nie bekend nie. Vgl.:

Daar is min mense wat nie op een of ander geleentheid
hulle hand aan \'n rympie gewaag het nie en het misskien
hard getrag om dit in druk te sien
(E. Skrywers, bis. 112).

Voortgaande wys hy daarop, hoe die boekies, wat nou so
sterk aangeval word, met al hulle gebreke tog die middel
was om ons landgenote Afrikaans te leer waardeer en het
dus volkome hulle doel, waarvoor hulle geskrywe was, bereik
(E. Skrywers, bis. 131).

(2) Die Predikaatswoord is nie uitgedruk nie.

480. Soos die grammatiese Subjek kan ook die verbum
finitum van die grammatiese Predikaat onuitgedruk bly in \'n
sinsreeks. Vgl.:
Ek gaan weg en hy ook.

(3) Psigologiese Eenledigheid.

481. Verskillende soorte woorde en woordgroepe kan
gebruik word om mededelinge te doen sonder dat hulle
grammaties \'n predikatiewe verbinding vertoon. Psigologies
berus die moontlikheid van sulke eenledige sinne op die feit,
dat deur die uiterlike omstandighede of die grammatiese
verband waarin die sin uitgespreek word, die verbinding

reeds vooraf tot stand gekom het.

482. Hierdie soort eenledige sinne word o.a. gevorm

deur woorde soos:;a, nee. miskien Verder hoort daartoe

veel sinne met enkel \'n nominale element soos m opsknfte,

o.a. bo koerante-artiekels en hoofstukke van boeke. as boek-

tietels. in winkelrame. ens.. b.v.: \'n Belangrike vonds; Dte

Tussenverkiesing in X; Die Galliese Oorlog; Vars Eters,

ens. Sulke sinne word ook gevorm as mense aan mekaar

voorgestel word of as mededelinge in telegramstyl gedoen

word. Twee sulke sinne het ons b.v. in: Juffrouw Bester,

15

-ocr page 242-

Meneer Alpenvetd (Misdade. bis. 16) en drie in: \'n Jong
lewe so belowend — \'n enkele misstap ^ en nou dit
(Misdade. bis. 39).

483. Maar ook sinne wat grammaties \'n Subjekswoord
en \'n Predikaatswoord aanwys. kan psigologies as so \'n
enge eenheid \'gevoel word. dat hierdie woorde gesamentlik
\'n kompositum vorm. Vir Nederlands noem Dr. van Ginneken
b.v.:
geloof ik, meen ik, zegt men, as tussensinnetjies. Verder:
zeg-je, gaat-ie, willen we, zou ik, ik weet, je moet, je slaapt,
dat zal,
ens. Die feit dat glo as Bywoord gebruik word,
toon aan dat dieselfde verskynsel in Afrikaans voorkom.
Hierdie Bywoord moet tog ontstaan het uit die tussensinnetjie
glo ek. As die aksent op glo val kan die hele betekenis
soseer in die Ww. gekonsentreer wees dat die afsonderlike
bestaan van die twee woorde nie gevoel word nie; vandaar
die verdere ontwikkeling dat so \'n oorspronklike Ww. (sonder
toegevoegde Pronomen) tot Bywoord kan word. Oor die
algemeen kan dieselfde verbindinge as in Nederlands ook
in Afrikaans op hierdie manier eenledig gevoel word.

484. Daarenteen het ons geen eenledigheid in sinne soos:
dis waar en hejjy dit gedoen ? nie. Deur fonetiese prosesse
word
dit is > dits > dis, en word het jy (wat nog soms
by nadruklik praat gebruik word) tot
hejjy geassimileer. Die
eintlike Predikaat in hierdie sinne is egter \'waar\' en \'dit
gedoen\'. Die woorde
is en het dien as bindmiddel tussen
Subjek en Predikaat. So \'n bindmiddel kan vergelyk word
met die hake wat dien om twee spoorwaens aan mekaar
te koppel. Dit kan óf \'n los haak wees wat tussen die twee
geskuiwe word óf dit kan aan een van die waens vassit.
Terwyl dit gewoonlik nouer verbonde is met die twede, is
dit hier aan die eerste (die Subjek) vas en is daardeur selfs
enige verandering aan sy vorm teweeggebring, soos \'n haak
wat die hout van \'n wa beskadig.

\') De Kataloog van een Taaimuseum.
<

-ocr page 243-

Uitbreiding van die volsin,

485. \'n Volsin kan as geheel weer nader bepaal word.
Dit geskied dikwels deur middel van bepalinge wat in
leunverhouding tot die hele volsin staan. Vgl.:

Wat egter opmerklik by hom is, hy het die fon-
kelende oë van \'n dweepsieke
(Getrou, bis. 56).

\'n Ander ligpunt neem van die kraagmannetjie se hele
aandag besit nou (Oerwoud, bis. 34).

486. Volgens Dr. van Ginneken is ook die bepalinge
van
gesteldheid, bepahnge by die hele sin, b.v. in: De malle
Jan kwam gisteravond dronken thuis.
\'Dronken\' kan egter
ook opgevat word as deel van die Predikaat.

II. Bevelende Volsinne.

487. Ons kan die bevelende volsinne onderverdeel in:
A. Gebiedende sinne: B.. Wensende sinne.

A. Gebod.

488. \'n Gebod is die mededeling van \'n bevel wat \'n
mens hoop te realiseer deur dit uit te druk.

489. By tweeledigheid dui die grammatiese Subjek die
toegesproke persoon (dier, saak, ens.) aan, en die Predikaat
wat van hora verlang word. Gewoonlik is dit egter reeds
uit die situasie (insluitende gebare. oogwenke. ens.) duidelik
wie die ,toegesprokene(s) is. sodat die meeste gebiedende
sinne enkel die predikatiewe element bevat en dus eenledig
is. Tweeledigheid moet dus beskou word as \'n uitbreiding
van die gewone tiepe.

\') Nieuwe Ndl. Spraakkunst en het buitenland.

-ocr page 244-

Ëenledig.

490. (1) Die eenledige Predikaat kan bestaan uit:

(a) \'n Verbum finitum, b.v.: kom, staan op. loop vinnig.

491. Geskiedkundig. In ouer Germaanse tale kom die
verbum finitum wat \'n gebod uitdruk, voor in bepaalde
vorme, die van die Imperatief, wat ten dele van die van
die Indikatief afwyk. In Afrikaans het die verbum finitum
dieselfde vorm, of dit nou uitdrukking gee aan \'n gebod,

bewering, vraag of uitroep.

492. (b) \'n Infinitief, b.v.: hier bly lê (Die Saaier, bis. 28):

mooi oppas; opstaan; vinnig loop.

Opm. In gebiedende sinne word die verbum finitum van die
Infinitief onderskei deur middel van die woordorde. In sulke
sinne volg die bepalinge, voltooiinge of nie-werbale dele van
\'n samegestelde Ww. die verbum finitum maar gaan hulle aan
die Infinitief vooraf. As \'n onsamegestelde Ww. sonder bepaling
of voltooiing gebruik word is so \'n onderskeidingsmiddel egter
nie aanwesig nie.

493. (c) Die Verlede Deelwd. word in Afrikaans veel
minder gebruik om \'n gebod uit te druk as bevoorbeeld in
Nederlands. Tog is dié gebruik nie onbekend nie, b.v.:
opgepas. gou gemaak. ens. Dis op te merk dat die Verl.
Deelwd. in sulke sinne aktiewe betekenis het.

494. (d) \'n Hulpww. Inf. Sie § 502.

495. (e) Ook ander woordsoorte en woordgroepe word
gebruik om die Predikaat te vorm, b.v.:
Stil l; weg /:
hierl; by die deur uit!; aan die werk!; op jou plek!

496. Soms kan so \'n woord of woordgroep nog gevoel
word as Objek of bepaling van \'n Werkwoord wat nie
uitgedruk is nie maar tog in die gees aanwesig is, b.v.:

Gou! (= loop gou, maak gou, ens.); \'n vuurhoutjie!
(= gee my \'n vuurhoutjie).

497. (2) Naamwoorde kan gebruik word om iemand aan
te roep, waarvoor in sommige tale (b.v. Latyn en Grieks)
\'n besondere vorm. die Vokatief, bestaan. Hierdeur word

-ocr page 245-

nie meegedeel wat \'n mens begeer nie, maar dat \'n mens
iets begeer en tot wie hy hom daarvoor rig. Deur die
situasie waarin die aanroep geskied (toon, gebare, beweginge
van die oë, ens.) kan die aanroep egter ook \'n bevel behels,
b.v.:
Jan! = bly stil. Jan; Meneer! = hou op. meneer. Die
aanroep kan dus ook \'n eenledige bevel wees.

Tweeledig.

498. Die Predikaat kan verduidelik word deur die toe-
gesprokene uitdruklik te noem. As dit met \'n pouse daarvan
geskei is. staan die toegevoegde nomen voor of na die
Predikaat in leunverhouding daarmee, b.v.:
Kinders. kom;
kom. kinders; jtj. weg; weg. jy; gou. jong.
ens.

499. Hieruit ontstaan n enger verhouding sodat die
toegevoegde nomen opgevat word as Subjek van die sin.
By agterplaatsing van die nomen is so n verenging moontlik
by alle tiepes behalwe by die adwerbiale uitdrukkinge, en
woorde of woordgroepe wat as bepahng van \'n onuitge-
drukte Werkwoord gevoel word. Vgl.:
kom kinders; mooi
oppas julle; gou
gemaak Klaas; hier jy (> uitroep hierjyï).

500. By voorplaatsing van die nomen is die enger ver-
houding taamlik seldsaam. Sinne soos:
jy kom. jy staan op.
kan ook met veranderde betoning uit bewerende sinne ontstaan
het; maar verbindinge soos:
jy opstaan, jy oppas, jy weg.
jy op jou plek.
is ook moontlik. Daarenteen kom die ver-
enging nie voor by bepalinge of Objekte soos in § 496

bedoel nie.

501. As die bevelende woord self uitgedruk is, het ons
gewoonlik nie \'n bevelende sin nie, maar \'n bewerende b.v.:
Ek beveel jou om te kom; jy moet kom. ens.

Opm. \'n Uitsondering vorm algemene bevele met die Hulpww.
•zult\' in Bybcltaal:
gij zult niet stelen.

502. Uit bewerende sinne met die Hulpww. moet het
egter \'n nuwe tiepe van verbiedende sinne ontstaan. Hulle
word ingelei deur die woord
moenie. samegesmelt uit mocf

-ocr page 246-

nie b.v.: moenie praat nie (tweeledig: moenie jy praat
nie), moenie wegloop nie
(tweeledig: moenie jy wegloop nie)
en is meer gebruiklik as die tiepe: praat nie, loop nie weg
nie,
ens. Nog weinig gebruiklik is daarnaas positief bevelende
sinne met die Hulww,
moet, soos in: Moet jou tog nie
daaroor bekommer nie
(Getrou, bis. 69).

Vir bevele in vraagvorm, uitgesonderd die betoning, sie 528.

B. Wens.

503. n Bevel kan versag word deur middel van woorde
soos:
tog, maar, assemblief, tog maar, nou maar, dan maar,
nou tog. dan tog,
ens. en dus tot \'n wens word. Vgl.:
Kom tog, ens. Deur \'n wens word uitgedruk dat \'n mens
op magtelose manier iets begeer. Die spreker maak geen
aanspraak daarop om \'n handeling te voorskyn te kan roep
wat die verwesenliking van wat hy begeer kan teweeg
bring nie. Daar \'n wens, behalwe as dit \'n versagte bevel
is, óf tot \'n afwesige persoon óf op minder direkte manier
tot \'n aanwesige gerig word, is tweeledigheid reël, behalwe
by versagte bevele.

Tweeledig.

504. Behalwe deur die betoning kan \'n wens uitgedruk
word deur bepaalde werbaalvorme cn sinsvorme cn deur
hulpwerkwoorde.

505. (1) Van die Optatief bestaan in Afrikaans alleen
nog maar enkele reste in Bybclse cn ander geykte uitdruk-
kinge. By die gebruik van die Optatief is die normale
woordorde: Subj. — Pred. (direkte woordorde), tensy \'n
nie-wcrbalc deel van die Predikaat die sin open. Vbb.:
U wil geskiede: dit sy so: lang lewe die koning.

506. In die wens laat ons (gaan) het die Optatief cn
Imperatief samegeval (Ndl.
laten we gaan cn laat ons gaan).

\') Vgl. Hoogvliet, Lingua, blss. 97-98.
\') Noreen,
Enführung, bis. 294.

-ocr page 247-

Die Gebiedende Wys word b.v. ook in Engels en Duits in
ooreenkomstige sinne gebruik om \'n wens uit te druk.

507. (2) As \'n wens uitgedruk word deur middel van
selfstandige Ww. soos:
wens, begeer, wil, ens., dan word
die wens as \'n bewering meegedeel. Uit sulke sinne het
egter wensende volsinne met die vorm van bysinne ontstaan,
ingelei deur die onderskikkende Konjunksie
dat, b.v.:

Dat hy sakses mag hê.

Dat dit die end mag wees.

Weinig gebruiklik is tans sulke sinne sonder die Hulpww.
mag, soos: dat hy sakses het.

508. Ook uit bysinne wat \'n voorwaarde uitdruk wat
vervul moet word om \'n gewenste toestand te bereik, ontstaan
volsinne met die vorm van bysinne, ingelei deur as: As
ek
tog maar betyds kan klaarkom.

509. (3) Die mees gebruiklike manier om \'n hoopvolle
wens uit te druk is deur middel van die Hulpww.
mag met die
woordorde: gr. Pred. — Subj. (geïnverteerde woordorde), b.v.:

Mag hy dit nooit vergeet nie.

Mag ons more beter tyding hoor.

510. (4) \'n Hopelose wens, d.i. n onvervulde of onver-
vulbare wens. word deur middel van die Imperfektum en
geïnverteerde woordorde uitgedruk. Daar die Imperfektum
nog maar net by enkele selfstandige Werkwoorde gebruiklik
is (b.v. in:
Wis ek dit maar), word gewoonlik gebruik gemaak
van die
Imperfektum van Hulpww. gevolg deur die Infinitief
of Verl. Deelwd. van die Hoofwerkwoord. Vgl.:
Ag. was
hy maar hier en mog ek hom nog maar een keer sien.
Die
Hulpww.
het kan egter in die Presens sowel as in die
Imperfektum gebruik word. wel deurdat ook die eerste die
begrip van
die Hoofww. in die verlede verplaas. So kom
naas mekaar voor:
Het ek tog maar jou raad gevolg! en
Had ek tog maar beter gelewc!^)

O Hierdie twee vbb. uit Maliierbe. Afr. Taalboek, bis. 114.

-ocr page 248-

Eenledig.

511. Deur middel van eenledige volsinne met nominale
clement word \'n gewenste toestand uitgedruk, b.v.:
Sukses!
Geluk! Alles ten beste! Voorspoedig!

512. Geskiedkundig. Sommige van hierdie volsinne kan
ontstaan het uit sinne met uitgedrukte werbale element,
soos:
ek wens jou geluk.

III. Vraende Volsinne.

513. Ons kan onderskei tussen: (1) twyfehrae {heslissings-
vrae) en (2) leemtevrae (sockende vrae). Daarvan gee Noreen
die volgende definiesies :

(1) „Die rogative Frage oder Anfrage bringt in zweifelnder
Form einen Vorschlag zu einem Ausspruche (bzw. Urteile)
vor und verlangt von der Antwort Billigung oder Verwerfung
dieses Vorschlags." Vb.:
Sal hy kom ? — (Antwoord): Ja,
nee, miskien.

(2) Die quäsitive Frage oder Ausfrage forscht nach einer
unbekannten Glosse oder einem unbekannten Faktor des Urteils,
die, bzw. den sie vorläufig durch ein \'Interrogativpronomen\'
andeutet, und erwartet als Antwort die Ergänzung des Aus-
spruches durch Angabe des expressiven Wertes, der dem
Pronomen in dem betrcfFcndcn Falle zukommt". Vbb.:
Hoe
is sy naam ?
— (Antw.:) Meyer; Wanneer kom hy? ^
(Antw.:) More.

Tweeledig.

514. (1) Twyfelvrae word, behalve deur die vraagtoon,
as normale tiepe uitgedruk deur die geïnverteerde woordorde.

\') Einführung, blss. 301-2.

-ocr page 249-

Die Predikaatswoord staan dus voorop: Is hy siek ?; Staan
hy daar ?
Maar ook die woordorde van bewerende sinne
kan daarvoor gebruik word. Dan is die vraagtoon die
enigste middel waardeur die algemene betekenis van die sin
uitgedruk word:
Hy is siek ? Hy staan daar ?

515. Die twyfelvrae kan uitgebrei word deur middel van
met
of verbonde toevoegsels: Is hy siek of nie 7; Was
Alexander of Hannibal die grootste veldheer van die oudheid?
Hierdie formasies kan beskou word as sinsreekse waarin die
Ww. maar eenmaal uitgedruk is. Die antwoord op sulke
dubbelvrae is geen modale woord nie, maar daarin word
*n keuse gedoen tussen die genoemde alternatiewe. Vandaar
die naam :
bepaalde beslissingsvraag of alternatiewe vraag,

516. (2) Leemtevrae word uitgedruk deur middel van
bepaalde vraagwoorde, n.1. Pronomina soos:
wie, wat, ens.;
Bywoorde soos:
waar, wanneer, hoe, ens.: Telwoorde soos:
hoeveel, die hoeveelste. Die vraagwoord staan voorop en die
geïnverteerde woordorde word gebruik:
Waar is dit ?; wat
sê hy?: Hoeveel was dit?

517. Dis egter ook moontlik om sulke vrae enkel deur
die vraagtoon, dus sonder vraagwoorde en omgekeerde woord-
orde, uit te druk. Die sin word dan afgebreek waar die
gesogte woord moet ingevul word, b.v.:
Jou naam is...?;

jy kom nou van...?

518. Ook die leemtevraag kan uitgebrei word deur alter-
natiewe te noem, b. v.:
Watter stad het meer inwoners,
Londen of Nu York ?
Die woorde \'Londen of Nu York\'
dien hier as latere eksposiesie van \'watter stad\'.

Eenledig.

519. (1) Soos by die bewerende volsinne hoef die gr.
Subjek alleen in die eerste van \'n reeks vraende volsinne
uitgedruk te word, b.v.:
Het hy dit gesien, en geskrik en

toe weggehardloop ?

520. (2) Ook die gr. Predikaat hoef in sulke reekse nie
herhaal te word nie, selfs al is die eerste sin van die reeks

-ocr page 250-

bewerend. Vgl.: Sien ek die gevaar en jy ook ? ; Ek sien

die gevaar; jy ook ?

521. (3) Deur die uiterlike situasie is dit dikwels duidelik
genoeg wie die toegesprokene is. sodat die Pronomen van
die twede persoon (met dic Hulpww.) nie hoef uitgedruk tc
word nie. b.v.:
[Wil jij] nog n keer probeer ?; [Wiljy] kyk ?

522. (4) Deur die vorm van die vorige sinne in die dialoog
is dit dikwels voldoende om enkel die Subjek. Predikaat.
Bepaling. Objek of Vraagwoord in dic vraagsin uit te druk. Vgl.:

Jy moet saamgaan. — Ek?

Hy is fluks. — Fluks ?

Hy het lank weggebly. ^ Lank ?

Die blou potlood wil ek he. — Die bloue 7

Ek het \'n instrument nodig. ^ So \'n pennetjie ?

Gee my een van die boeke. — Watter een 1

523. Dic woordorde cn vraagwoorde van dic vraende
volsinne word ook gebruik in die s.g.
retoriese of oratoriese
vrae. wat óf dic stygende betoning van uitroepsinne óf
dalende betoning het. Naar die betekenis het ons hier egter
nie met vraende sinne tc doen nie. maar met kragtige be-
weringe. Daar word dan ook geen antwoord op sulke vrae
verwag nie.

Stygende betoning.

524. Dic vorm van \'n negatiewe vraag word gebruik as
dic bedoeling is om \'n sterk positicwe bewering te doen. Vgl.:

Is so iets nie moontlik nie l {= So iets is moontlik).

Het hy daar nooit van gehoor nie ! (= Hy weet dit baie goed).

525. Deur die vorm van dic positicwe vraag word
daarenteen \'n negatiewe bewering gedoen. Vgl.:

Is ons neerslagtig! (= Ons is vrolik).

Het jy dit ooit kon dink! (= \'n Mens kon dit nie dink nie).

526. En deur dic vorm van \'n leemtevraag word kragtig
te kenne gegee dat dic persoon, saak, ens. waarna gevraag
word. heeltemal ontbreek, b.v.:

-ocr page 251-

Wie glo sulke stories I {= Niemand glo sulke stories nie).

Wat sal ek oorkom ! (= Ek sal niks oorkom nie).

Dalende Betoning.

527. Die vraagvorm met dalende betoning word gebruik
om uiting te gee aan verontwaardiging, wrevel, protes, aan-
sporing, vermaning,\') b. v.:

Het ek dit jou nie gesê nie ? {= Ek het dit vir jou gesê).

Hoekom is jy dan so lui ? (= Jy moet nie so lui wees nie).

Hoekom doen jy dit nou tog ? (= Jy moet dit nie doen nie).

Opm. Die vraagwoord hoekom « hoe kom dit) sal ontstaan
het in dialoge soos:
Hulle het rusie gekry. — Hoe kom dit?,
waar \'dit\' kon wegbly. Toe hoekom eenmaal opgevat was as
sinoniem van
waarom, kon dit ook as vraagwoord gebruik word
in sinne waar vroeër
hoe kom dit dat, gevolg deur die woord-
orde van bysinne, gebruik is.

528. Die vraagvorm met dalende betoning word ook
gebruik om \'n autoritatiewe bevel te gee, b.v. in die onder-
vraginge van skoolmeesters, regters, ouers, ens., b. v.:

Waar was jy gistraand ? (= Beken waar jy gistraand was).

Wie het die ruit gebreek ? (= Ek wil weet wie die ruit
gebreek het).

Wat is die hoofstad van Frankryk ? (= Jy moet my sê
wat die hoofstad van Frankryk is).

IV. Uitroepende Volsinne.

529. Die uitroepende volsinne doen, sonder bemiddeling
van \'n Werkwoord wat die begrip \'gevoel\' uitdruk, mede-
delinge oor die gevoelens wat bepaalde verskynsels in die

\') Van Alphen, Dc Vraagzin (N. Taalg. VIII).

-ocr page 252-

gemoed van die spreker opwek. Die mededeling kan bestaan
uit \'n beskrywing van die gevoelens self of van die opwek-
ker(s) van die gevoelens.

Eenledig.

530. A. Die mededeling van die gevoelens self is, as
beskrywing van \'n toestand, gewoonlik eenledig. Die opwekker
van die gevoelens blyk dan uit die algemene situasie. Gebruik
word gemaak van die volgende grammatiese kategorieë as
uitdrukkingsmiddel in sulke gevalle.

531. (1) Die Interjeksies is by uitnemendheid die woord-
soort wat dien om uiting te gee aan die gevoelens. As hulle
nie enkel refleksbeweginge is nie, maar ook dien tot mede-
deling, vorm hulle sinne. Vgl. § § 380\'-9.

532. (2) Die uitroepende Vnwde (sie § 39) dien tot inleiding
van uitroepsinne :
Hoe mooi l wat \'n geluk, ens.

533. (3) Die uitroeptoon is dikwels voldoende om uiting
te gee aan die gevoel wat moet meegedeel word, vir so ver
as dit nie reeds deur die eie betekenis van die gebruikte
woorde te kenne gegee word nie:
Versigtig I Skitterend!
Vreeslik I liefies!

534. B. \'n Eenledige uitroepsin kan gevorm word deur
die opwekker van die betrokke gevoel met die vereiste be-
toning te noem:
Nog \'n vliegmasien ! \'n Slang!

535. Die eenledige volsin kan die vorm van \'n bysin
aanneem, b, v.:

Soos hy kan werk l

Dat hy so iets kan sé!

Tweeledig.

536. \'n Tweeledige sin, in uitroeptoon uitgespreek cn
ingelei met \'n uitroepende Vnwd. of \'n vraagwoord, kan
dien om mee te deel wat dit is wat die gevoel opwek. Dan
word die direkte woordorde gebruik. Vgl.:

Wat \'n spektakel dit sal afgee I

-ocr page 253-

Hoe hy moed hou!

Waar hy daaraan kom!

537. Daar sinne in mededelende vorm met uitroeptoon
egter ook gebruik kan word om uiting te gee aan \'n gevoel,
kan die geïnverteerde woordorde hier ook gebruik word, b.v.:

Wat gee dit \'n spektakel af!

Hoe hou hy moed!

Verder: Hy kyk om ! Dis vreeslik! ens.

538. Ook sinne in vraagvorm met uitroeptoon kan dien
tot mededehng van \'n gevoel, b.v.:

Hoe is dit moontlik!

Wat het jy nou weer aangevang!

539. Die volsinne kan, soos die woorde. op mekaar volg
om reekse te vorm; en ook kan woorde of woordkomplekse
met die geleding van volsinne, as onderdele van volsinne
gebruik word, om dan die naam \'bysin\' te kry. Die for-
masies wat op dié maniere ontstaan, hoop ek in \'n vervolg
op hierdie werk te behandel.

-ocr page 254-

li\'\'\' \'\'\'■

-ocr page 255-

VERBETERINGE EN TOEVOEGSELS.

Bis. 58, r. 10 van onder. Skrap: of -te.
„ ., r. 9 „ „ „ : of /.

59 j. 7 ^ ^ „ : net soos die Teenwoordige Deelwoord.

66. Voeg in na r. 9 van onder: Vir verbindinge met se sie § 150
en § 155.

76, r. 19 van bo. Prof. Hesseling wys my daarop, dat in Ndl.
gesê word:
Hy heeft \'n domme kop, droge lever, maar dat die
samestelling altyd lui:
domkop, drooglever, ens. Dit is \'n
aanwysing, dat:
ek is droëlewer eers in Suid-Afrika moet
ontstaan het.

163, r. 13 van bo. Skaam word nie met het gebruik nie.
„ 172. Voeg in na r. 4 van bo: Ook met relatiewe begrippe kan
sulke samestellinge verbind word. In sinne soos die volgende
gaan hulle \'n nouer verbinding aan met die beperkende be-
paling van die Objek. Vgl.:
Hulle draai al die woorde om :
bokant-ondertoe, binnekant-buitentoe, agferstekant-vorentoe ;
en lees dan die woorde agterste-voor
(Spoke, bis. 6.)

-ocr page 256-

LIJS VAN VERKORT GESITEERDE BRONNE,

A. B. C.

Als Johnnie

Boervrouw

B. Stories

By die Monument
Dichters

Die Saaier

Die Vlakte

Duimpie

Eerste Taalbeweging

E. Skrywers

Getrou

Grootvader

Japie

Koekdief

Leesboek

Malkop

Misdade

Na Olikheid

= J. R. Malan, Die Geheimsinnige A. B. C. (J, H.
de Bussy, Pretoria,Johannesburg, Kaapstad, Am-
sterdam, 1918).

= G. M. L. Slabbert, Als Johnnie gekommandeer
word (de Bussy, 1918).

= Dr. Okulis, Die Boervrouw (Bloemfontein, 1919).

= G. R. von Wielligh, Boesman-Stories I (Nationale
Pers, 1919).

= T0Tius,By die Monument »(Potchefstroom, 1917).

= e. c. pienaar, Dichters uit Zuid-Afrika. Bloem-
lezing voor Groot-Nederland (de Bussy, 1917).

= Jan F. E. Celliers, Die Saaier en ander nuwe
Gedigte (Kaapstad, 1918).

= Jan F. E. Celliers, Die Vlakte en andere Ge-
dichte \' (Pretoria, 1909).

= Tannie van die Brandwag, Die kaskenades
van Klein Duimpie (2 dele. Pretoria, 1920).

= Lydia van Niekerk, De Eerste Afrikaanse Taal-
beweging en zijn Letterkundige Voortbrengselen
(Amsterdam, 1916).

= G. R. von Wielligh, Eerste Skrijwers (Pretoria,
1918).

= A. du Biel, Getrou (Nat. Pers, 1921).

= M. J. Brink, Grootvader se Pyp (de Bussy, 1918).

— J. R. L. van Bruggen, Japie (Amsterdam, 1922).

= Nemo, Die Koekdief * (de Bussy, 1917).

— Jan F. E. Celliers, Afrikaanse Leesboek (vir
Huis en Skool) (de Bussy, 1920).

= Leon Maré, Ou Malkop en ander Afrikaanse
Sketse en Verhale (Pretoria, 1920).

= A. du Biel, Die Misdade van die Vaders (Nat.
Pers. 1919).

= J. H. Malan, Na Olikheid kom Vrollkheld (Kaap-
stad, 1917).

1) Die spelling van die gebruikte druk is steeds behau, behalwe dat die skryfwyses v
en
y genormaliseer is tot y. Die laaste skrylwyse is in 1920 deur \'n besluit van die
S. A. Akademie ingevoer.

-ocr page 257-

Neef Japie, \'n Jag op\'n Erfenis (de Bussy, 1918).
: Leon Maré, Die Nuwejaarsfees! op Palmiet-
fontein en ander Afrikaanse Verbale (Pretoria,
1918).

: Sangiro, Uit Oerwoud en Vlakte. Sketse uit
die Oos-Afrikaanse Dierwêreld (Nat. Pers, 1921.)
= C. J. Langenhoven, Ons weg deur die Wereld
en andere Stukkies en Brokkies oue en nieuwe \'
(de Bussy, 1919).
= C. Louis Leipoldt, Oom Gert Vertel en ander

Gedigte\' (de Bussy, 1917).
= Dagbladpers.

= Gustav S. Preller, Piet Retief, Lewensgeskie-
denis van die grote Voortrekker\' (Pretoria, 1917).
= E. C. Pienaar, Taal en Poësie van die Tweede

Afrikaanse Taalbeweging (Amsterdam, 1919).
= TOTiUS, Verse van Potgieter\'s Trek (Potchef-

stroom, s. j.)
= P. C. Schoonees, Die Prosa van die Twede

Afrikaanse Beweging (Amsterdam, 1922).
= p. C. Schoonees, Afrikaanse Prosabundel. \'n
Bloemlesing uit die eerste en twede Beweging

(de Bussy, 1922).
= J. D. du roiT, Ds. S. J. du Toit in weg en werk

(Paarl, 1917).
= Sagmoedige Neelsie, Sonde met die Bure (Nat.

Pers, 1921).

= Mevr. W. M. TherON, Spoke (de Bussy, 1921).
= J. H. H. de Waal, Stompies\' (Kaapstad, 1918).
= J. van Bruggen, Op Veld en Rande (Pretoria,
1920).

= D. F. Malherbe, Vergeet Nie\' (Bloemfontein,
1920).

Tn. Wassenaar, Gedigte (Bloemfontein, 1921).

\'njag

Nuwejaarsfees

Oerwoud
Ons Weg

Oom Gert Vertel
Pers

Piet Retief
Poësie
Potg. Trek
Prosa

Prosabundet

S. J. du Toit

Sonde

Spoke

Stompies

Veld

Vergeet Nie
Wassenaar

-ocr page 258-

LIJS VAN GERAADPLEEGDE LITERATUUR.

= Middelnederlandsch Woordenboek van Verwijs en Verdam.
= Nieuwe Taalgids.

= Woordenboek der Nederlandsche Taal door De Vries e.a.
= Tijdschrift voor Nederlandsche Taal- en Letterkunde.

Mnl. Wdb.
N. Taalg.
Ndl. Wdb.
Tijdschrift

Ander afkortinge is deursigtig.

Oor Taatpsigologie en Sintaksis (Algemeen).

Blümel, Rudolf,
Dauzat, Albert,
Epstein, Ishac,
Faddeoon, B.,
Ginneken, Jac. van.

Hoogvliet, J. M.,
Jespersen, Otto,

Kluvver, A.,
Noreen, Adolf,

Paul, Hermann,
Ries, John,

Salverda de Grave, j.j.
schönfeldt, M.,

Einführung in die Syntax (Heidelberg, 1914).
La Philosophie du Langage (Paris, 1920).
La Pensée et la Polyglossie. (Paris, s.j.).
De Systematiek der Syntaxis (Neophilologus VII).
Eilipsomanie (N. Taalg. IV).
Vrije Wil en Automatisme (Leuvensche Bij-
dragen, VII).

Lingua (Amsterdam, 1903).

Language. Its nature, development and origin

(London, 1921).

Psychologiese Taalkunde (N. Taalg. II).
Einführung in die Wissenschaftliche Betrachtung
der Sprache (Beiträge zur Methode und Termi-
nologie der Grammatik). Vertaling deur H. W.
Polak. (Halle, 1923.)

Prinzipien der Sprachgeschichte^ (Halle, 1909).
Was ist Syntax? Ein Kritischer Versuch (Mar-
burg, 1894).

Bespreking van Ferdinand Sommer, Vergleichende
Syntax der Schulsprachen (Englische Studien, 56).
Zur Gliederung der Syntax und der Gesamt-
grammatik (Anzeiger f. Idg. Sprach- und Alter-
tumskunde. Bd. XXXIV).
Taal en Gedachte (N. Taalg. XVI).
Het Taalkundig Geslacht (N. Taalg. VII).

-ocr page 259-

talen, J. c., kollewijn,
R. A., en Buitenrust
Hettema,
f.,
Tinbergen, D. C.,
Vooys, C. G. N. de,

Wundt, Wilhelm,

Enkele Taalpsychologiese
Taalg. II).

Opmerkingen (N.

Kinderpraat (N. Taalg. XIII).
De Psychologiese Beschouwing van de Beteke-
nisverandering (N. Taalg. I).
Die Sprache\' (2 bande, Leipzig, 1911).

Oor Nederlandse Sintaksis en Woordleer.

Acket, J. M.,
Alphen, J. van,
Boekendooen, G. J.,
Bosch, J. H. van den,
Bosch, J. H. van den, en
Meyer, J. L. C. A.,

Bouman, A, C.,

Engels, G.,
Franck, J.,
Ginneken, Jag. van,

Helten, W. L. van,
Hertog, C. H. den,
Heule, Christiaen van,

Kate, Lambert ten,

Kluyver, A.,
Kollewijn, R. A.,

Kooiman, K.,
Kooistra, J.,

De Sylleps (N. Taalg. XIII).
De Vraagzin (N. Taalg. VIII).
De Zaansche Volkstaal (Leiden, 1897).
Over Samenstelling (Taal en Letteren III).
Lees- en Taalboek voor Hoogere Burgerschool
en Gymnasium, Normaal- en Kweekschool^ (Dl. I,
Utrecht, 1913).

Bijdrage tot de Syntaxis der „dat"-zinnen in het
Germaansch (Utrecht, 1918).
Resensie van Stoett, Mnl. Syntaxis (N. Taalg. IV).
Mittelniederlandische Grammatik\' (Leipzig, 1910).
De Kataloog van een Taalniuseum (N. Taalg. V).
De Nieuwe Nederlandsche Spraakkunst en het
Buitenland (N. Taalg. VI).
Een Proeve van Nederlandsche Spraakkunst. Dc
Tijden van het Werkwoord (N. Taalg. V).
Vondel\'s Taal (Groningen, 1883).
Nederlandsche Spraakkunst\'(Amsterdam, 1903-4).
De Nederduytsche Grammatica ofte Spraec-konst
(Leiden, 1626).

Aenleiding tot de Kennisse van het Verhevene
Deel der Nederlandsche Sprake (1723).
De Analogie als taalscheppende Macht (N. Taalg. I).
Woordgeslachtsmoeilikheden (N. Taalg. II).
Resensie van J. O. S. van der Veen, Het Taal-
eigen van Bredero (Museum XIII).
Voorwerpen (Taal cn Letteren IX).
(Dissertasie oor die Twe-spraack vande Neder-
duitsche Letterkunst (Leiden, 1913).
Twee Hollands-Engelse Parallellen in de Syntaxis
(N. Taalg. XIII).

Nog eens „Twee Hollands-Engelse Parallellen in
de Syntaxis" (N. Taalg. XIII).

-ocr page 260-

Moonen, a.,

Nauta, G. A.,
Overdiep, G. S.,

Schrijnen, Jos.,

Simons, Ph. J.,

(Spieqhel),

Stoett, F. A.,

Stokvis, Z., en Bijl, A. S.

Terv/ey, T,,

Veen, J. O, S. van der,

vooys, c. g. n. de,

Vries, W. de.

» n

tr rr

ti n

Wellander, Erik,

Nederduitsche Spraekkunst (1706) (SeDruk, Am-
sterdam by Pieter Meyer).
Nog lets over „een" (N. Taalg. XIII).
Een Opmerking over het Nederiandsche Perfectum
(N. Taalg. XVII).

De klemtoon in Nederiandsche Plaats- en Straat-
namen (N. Taalg. X). . ■
Lessen over\'t Lidwroord (N. Taalg. IV).
Lege Voornaamwoorden (N. Taalg. XIV).
Bij de zwakke plek van een Technikus (N. Taalg.
XIV).

Rondom de kern van ons Taalgeslacht (N. Taalg.
XII).

Twe-spraack vande Nederduitsche Letterkunst
(Leiden, 1584).

Middelnederlandsche Spraakkunst. Syntaxis \'
(\'s Gravenhage, 1909).

Opmerkingen over de klemtoon in Nederiandsche
Plaats- en Straatnamen (N. Taalg. X).
Nederiandsche Spraakkunst " (Groningen, 1897),
Het Taaleigen van Bredero (Amsterdam, 1905).
Kanttekeningen by Den Hertog\'s Nederiandsche
Spraakkunst (N. Taalg. I).
Uit de Jeugd van onze Spraakkunst (N. Taalg. XI).
De Invloed van de Renaissance-Spraakkunst in
de Zeventiende Eeuw (N. Taalg. XII).
Uit en over oude Spraakkunsten (N. Taalg. XIV).
Pontus dc Heuiter, een taal- cn spellinghervormer
uit de Zestiende Eeuw (N. Taalg. XI).
Verwarring van klank en teken In het „Woorden-
boek der Nederiandsche Taal" (N. Taalg. X).
Kindertaal (N. Taalg. X).
Usurpaties (Tijdschrift XXIX).
Dysmelie. Opmerkingen over Syntaxis(Groningen,
1910-12).

De Typen der Mededeeling. Opmerkingen over
Syntaxis (Groningen 1914—15).
Opmerkingen over Ontleding (N. Taalg. XVI).
Naar Aanleiding van „Twee Hollands-Engelse
Parallellen in de Syntaxis" (N. Taalg. XIII).
Over den Datief als Subject van een Passieve
Constructie (N. Taalg. XIV).

-ocr page 261-

Wijk, N. van, en Schot- De Nederlandsche Taal. Handboek voor Gymnasia

horst, W. van, en Hoogere Burgerscholen. (Zwolle, 1919).

Winkel,\'Jan te, en Nederlandsche Spraakkunst (Etymologie®, Syn-

CosijN, P. J-, taxis«; Haarlem, 1888—93).

Behaqhel, Otto,

Blümel, Rudolf,

Brugmann, Karl,

•Delbrück, B.

Erdmann, Oskar, en

Mensing, Otto,
Grimm,

Paul, Hermann,

Sütterlin, Ludwig,
Wilmanns, W.,

Oor Hoogduitse Sintaksis en Woordleer.

Deutsche Syntax. Eine geschichtliche Darstellung.
Band I (Heidelberg, 1923).
Die Zeitfolge der abhängigen Rede im Deutschen
(Paderborn, 1878).

\'Verbindung von Ganzem und Teil\' und andere
Gruppen syntaktischer Beziehungen in der nhd.
Umgangsprache (Idg. Forschungen, XXXIV).
Der Ursprung des Scheinsubjekts \'es\' in den
germanischen und den romanischen Sprachen
(Berichte über die Verhandlungen der Königl.
Sächsischen Gesellschaft der Wissenschaften zu
Leipzig, 69).

Grundlagen der Neuhochdeutschcn Satzlehre
(Berlin und Leipzig, 1920).
Grundzüge der deutschen Syntax (Stuttgart,
1886-98).

Deutches Wörterbuch.

Mittelhochdeutsche Grammatik \' (Halle, 1913).
Deutsche Grammatik, III & IV (Halle, 1919-20).
Deutches Wörterbuch.

Die Deutsche Sprache der Gegenwart^ (Leipzig,
1918).

Deutsche Grammatik 11-111 (Strassburg, 1896-1906).
wütderuchy hermann, Unsere Umgangsprache in der Eigenart ihrer

Satzfügung (Weimar & Berlin, 1894).
Der deutsche Satzbau (Stuttgart, 1892).

Behaqhel, Otto,
Grimme, Hubert,
Lasch, Agathe,
Meyer, G. F.,

Nissen, C. A.,

Oor Nedersaksiese Sintaksis en Woordleer.

Die Syntax des Heliand(Prag, Wien, Leipzig, 1897).
Plattdeutsche Mundarten (Leipzig, 1910).
Mittelniederdeutsche Grammatik (Halle, 1914).
Unsere plattdeutsche Muttersprache (Garding,
1921).

Forsog til en MiddelnedertyskSyntax(Kjobenhavn,
1884).

-ocr page 262-

Oor ander tale.

Portugiesische Konversations-Grammatik ® (Hei-
delberg, 1921).

Het Negerhollands der Deense Antillen, (Leiden,
1905).

Overblijfsels van de Nederlandse taal op Ceylon
(Tijdschrift, XXIX).

Lehrbuch der Nama-Sprache (Berlin, 1909).
A New English Dictionary.
Handbuch der Nama-Sprache in Deutsch-Südwest-
Afrika (Berlin, 1905).

Kreolische Studien IX (Sitzungsberichte der PhiL-
Hist. Classe der Kais. Akademie der Wissen-
schaften zu Wien, 122).

A New English Grammar, Logical and Historical
(1892-98).

Walbeehm, a. H. j. G., Beknopte Maleische Spraakkunst (Leiden, 1920).
Wendt, G., Syntax des heutigen Englisch (Heidelberg, 1911-14).

Zauner, Adolf, Romanische Sprachwissenschaft II (S. Göschen,

250).

Boekenoogen, G. J.,

Blommaert, W.,
Boshoff, S. P. E.,
Bosman, D. B.,

Oor Afrikaanse Taal cn Taalgeskiedenis.

Afrikaansch en Noordhollandsch (Album-Kern,
1903).

Korrespondensie in Die Huisgenoot (Sept., 1921).
Volk en Taal van Suid-Afrika (De Bussy, 1921).
Afrikaans en Maleis-Portugees (Groningen, 1916).
Oor die ontstaan van Afrikaans (Amsterdam, 1923).
Afrikaanse Taaltoestande tydens jan van Riebeek
(N. Taalg. XVI).

Oor die Afkoms van die Boere (Vragen van den
Dag, 1922).

Oor die afleiding van Bottel (Tydskrif vir Weten-
skap en Kuns 1).

Bosman, D. B., le Roux, Afrikaanse Woordelys cn Spelreöls\' (Bloem-
T. H.,
Malherbe, D. F., fontein, 1921).
S
mith, j. j.

B0THA,M.C.enBurger,].F., Afrikaanse Grammatika* (Kaapstad, 1922).
Bouman, A. C., Syntaktiese Groepen in Afrikaans (N.Taalg. XVI)-

De dubbele ontkenning in Afrikaans (N. Taalg.
XVII).

Ey, Luise,
Hesseling, D. C.,

n »

Meinhof, Karl,
Murray,
Planert, W.,

Schuchardt, Hugo,
Sweet, H.,

-ocr page 263-

Bouman, A. C,,

Chanquion, a. N. e.,

Colenbrander, H. T.,
Dehérain, Henri,

Ginneken, Jac. van,

Godée-Molsberoen, e. C.,
Groenewald, C. F.,
Hesseling, D. C.,

Hooqenhout, N. Marais,
Kruisinqa, e.,
Maliierbe, D. f.

n ,1

Meyer, h.,
Niekerk, Lydia van,

oordt, J. f. van,

Pienaar, e. C.,

Enige opmerkingen over Afrikaanse Taalstudie
(Tydskrif vir Wetenskap en Kuns II).
(Resensie van:) Oor die Ontstaan van Afrikaans
(Die Banier, Aug. 1923).

De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld *

(Rotterdam, 1848).

De Afkomst der Boeren (1902)

Le Cap de Bonne-espérance au XVIIe Siècle

Paris, 1909).

Handboek der Nederlandsche Taal (Nijmegen,
1913).

Afrikaans en Noord-Hollands (De Unie, 1905).
Rympies en Raaisels (Groningen, 1919).
Het Afrikaansch (Leiden, 1899).
Een Nieuwe Theorie over \'t ontstaan van het
Afrikaans (N. Taalg. VIII).
Een Afrikaanse Dissertatie (N. Taalg. X; Brand-
wag, Nov. 1916).

Is het Afrikaans de zuivere ontwikkeling van een
Nederlands dialekt ? (Taal en Letteren, 1906).
Nieuwe Geschriften over het Afrikaans (Brand-
wag, Jan. 1914).

Nog eens die als Lidwoord (N. Taalg. XIII).
Africana I en II (Tijdschrift XXXV).
Africana III (Tijdschrift XLI).
Het Frans in Noord-Amerika en het Nederlands
in Zuid-Afrika (Gids 87).
De Afrikaners en hun Taal (N. Taalg. XVI).
Praktisches Lehrbuch der Kapholländischen
Sprache (Wien & Leipzig).
De Oorsprong van het Afrikaans (Taal en Let-
teren, XVI).

Afrikaanse Taalboek\' (Bloemfontein, 1920).

Volk cn Taal van Suid-Afrika (Tydskrif vir

Wetenskap en Kuns I).

Die Sprache der Buren (Göttingen, 1901).

De eerste Afrikaanschc Taalbeweging en zijn

letterkundige voortbrengselen (Amsterdam, 1916).

Afrikaans en Maleis-Portugees (Brandwag, Okt.

1916). ^ ,

Taal en Poësie van die Tweede Afrikaanse Taal-
beweging (De Bussy, 1919).

-ocr page 264-

postma, w.,
Rijn, C. J. van,
Roux, J. J. le,

Roux, J. J. le,

Roux, T. H. le.

Schonken, F. Th.,

Schoonees, P. C.,

Stoffel, C.,

toit, P. J. du,
Viljoen, W. J.,

wielliqh, G. R. von,

n »

Winkel, J. te,

Die Afrikaanse Taal. Die ontstaan daarvan.

(Brandwag, Febr.—Maart 1912).

Het Nauwe Verband tussen het Afrikaans en het

Hollands (Kaapstad, 1914).

Handleiding in het Afrikaans voor Nederlanders

(Amsterdam, 1921).

Het Lidwoord ,die\' (N. Taalg. XIII).

Berichten over Afrikaans, Hottentots en Portugees

(N. Taalg. XVI).

Beschrijvende Klankleer van het Afrikaans
(Leiden, 1910).

De Oorsprong der Kaapsch-Hollandsche Volks-
overleveringen (Amsterdam, 1914).
Die Prosa van die Twede Afrikaanse Beweging
(De Bussy, 1922).

Een wettige dochter der Hollandsche Taal (Volks-
almanak, 1882).

Afrikaansche Studies (Gent, 1905).
Allgemeine Einleitung zur Geschichte des Cap-
Holländischen (Strassburg, 1896).
Ons Geselstaal (Huisgenoot, Jan. 1921 en daarna).
Die laaste snikke van Maleis-Portugees aan die
Kaap (Brandwag, Okt. I9I7).
Het Nederlandsch in Noord-Amerika en Zuid-
Afrika (Vragen van den Dag, 1896).

-ocr page 265-

STELLINGEN.

I.

Waar die ontwikkeling van \'n taal beïnvloed is
deur meerdere ander tale is dit partykeer moontlik
om bepaalde verskynseis uitsluitend aan een van die
inwerkende tale toe te skrywe, maar dikwels word
\'n taal ook deur die gesamentlike inwerking van \'n
hele groep ander tale in \'n bepaalde rigting gestuur.
Die vatbaarheid vir sulke invloede kan bevorder
word deur kieme wat reeds aanwesig is in die

beïnvloede taal.

11.

By die verklaring van Afrikaanse taalverskynsels
moet rekening gehou word met die oorspronklike tale
van die Negerslawe.

111.

Afrikaans differensiëer ook grammaties tussen
verbum finitum en verbum infinitum.

IV.

Daar die Platduitse dialekte net so goed tot grond-
slag van Afrikaans gedien het as die Noord- en
Suidnederlandse, is kennis daarvan nodig vir die
Afrikaanse filoloog.

V.

Waar die Afrikaanse literatuurtaal onder Neder-
landse en Engelse invloed afwykinge van die gesproke

-ocr page 266-

taal vertoon, is dit alleen af te keur as slordigheid
of gedagtelose navolging die oorsaak is.

VI.

Bij de historiese verklaring van de Afrikaanse klank-
leer is tot nog toe te weinig rekening gehouden met
direkte invloed van Algemeen Beschaafd Nederlands.

VII.

Alleen \'n verkeerd aanvoelen van de aanleg en kunst
van Bredero kan tot de volgende waardering komen:

Over allen klinkt de pijnlijke lach van wie ver-
geten wil, van wie dit alles zich wil opdringen als
een dolle klucht. Dit is voor mij de hoogere eenheid,
waarin al die schijnbaar onsamenhangende deelen
zich oplossen, die machtige stralende eenheid, welke
Breero bereikt heeft in zijn Spaenschen Brabander,
die in intacte schoonheid kan staan naast het beste
van dien geheel anderen, naast de hoogste schoon-
heid van Vondel (Prinsen,
Handboek tot de Ndl.
Lelt. Oesch.,
bis. 283).

VIII.

Voor \'t ontstaan van de z.g. Tweede Afrikaanse
Taalbeweging is geen plaats of datum vast te stellen,
want — ondanks de onderbreking door de oorlog —
is ze \'n voortzetting van de Eerste geweest.

iX.

Er bestaat geen reden in de Spaeiische Brabander,
vs. 1524, nieuwt in nieuw te veranderen, zoals

-ocr page 267-

gedaan wordt in de uitgave van de Bibliotheek van
Nederlandsche Letterkunde.

X.

In Maerlant, Van ons Heren Wonden, vs. 28:
Ghescoort in menighe stat bi hoorne,
moet \'bi hoorne\' opgevat worden als \'n stoplap en
tegenhanger van \'bi segghene\'.

XI.

Het „Dehnstufengesetz" van Streitberg geeft aan
primaire verschijnsels \'n secundaire plaats en om-
gekeerd.

XII.

In \'t licht van het nieuwere dialektonderzoek kan
niet langer volgehouden worden, dat de klankwetten
zonder uitzondering zijn.

XIII.

De poging van Mr. L. Ph. C. van den Bergh om
het proses tegen J. van Oldenbarnevelt uit juridies
standpunt te rechtvaardigen, is niet overtuigend.

XIV.

Preller overdrijft de betekenis van zijn held waar
hij schrijft:

Piet Retief het \'n nasie gestig; of, as dit histories
te veel gesê is, het hy ten minste met volkome bewust-
heid die grondslag gelê waarop \'n nasie ontstaan is
(Piet Retief,bis. 345).

-ocr page 268-

Hy is die eerste gewees wat die gebore Afrikaner
se nasionaliteit in woorde gebring het, toe hy van
Suid-Afrika as sy „vaderland" gewaag het; terwyl
die meeste ander die land sowel as hulself nog maar
beskou het as \'n volslae willose aanhangsel van een
of ander Europese ryk (Idem, bis. 350).

XV.

Door de ambtenaren van de Oost-Indiese Kompagnie
is geen stelselmatige uitvoering gegeven aan \'n
politiek om de Franse Hugenoten aan de Kaap tussen
de Nederlandse kolonisten te verspreiden.

XVI.

Bij \'n onderzoek naar de herkomst van Oosterse
woorden in Afrikaans, moet niet alleen gelet worden
op de vroegste datum van hun gebruik in Neder-
landse reisverhalen, maar ook op de wijze waarop
ze gebruikt worden.

XVII.

De studie van Afrikaanse plaats- en andere eigen-
namen kan veel licht werpen op de algemene ge-
schiedenis van de Afrikaanse taal.

-ocr page 269-

«

■\' f

t »

h ■ ■

r;-

■ s ■

1 .

■i; •
*

•f

-ocr page 270-

4

- -s».

l\'-Wl

-ocr page 271-

■ ■■ ■ ■ ■■ ^ ...... -lÄ,^,;.

■51

«t-rn

-ocr page 272-