-ocr page 1-

PLANTSTUDIE

ONDER

KONSTANTE VOORWAARDES.

\'N METODE TOEGEPAS OP GRASBLAARBEWEGINGS.

;ht

B. ELBRECHT.

jl^LIOTi.-EK DER

Iruksunivergiteit

UTRECHT.

l

-ocr page 2-

V

- 4 \\0W .

-.»ÏÏT

■ âÉ

. , - -, ^

\'v

m

■■M

,1

■ . .. y,»\' ,.».-.,•-•••lt;, \' •• ..

-ocr page 3-

f^ A

- n

-ocr page 4- -ocr page 5-

PLANTSTUDIE ONDER KONSTANTE VOORWAARDES.
\'N METODE TOEGEPAS OP GRASBLAARBEWEGINGS.

-ocr page 6-
-ocr page 7-

PLANTSTUDIE

ONDER

KONSTANTE VOORWAARDES.

\'N METODE TOEGEPAS OP GRASBLAARBEWEGINGS.

PROEFSCHRIFT

TER VERKRIJGING VAN DEN GRAAD VAN
DOCTOR IN DE WIS- EN NATUURKUNDE
AAN DE RIJKS-UNIVERSITEIT TE UTRECHT,
OP GEZAG VAN DEN RECTOR MAGNIFICUS
D
R. A. A. PULLE. HOOGLEERAAR IN DE
FACULTEIT DER WIS- EN NATUURKUNDE
VOLGENS BESLUIT VAN DEN SENAAT DER
UNIVERSITEIT TE VERDEDIGEN TEGEN DE
BEDENKINGEN VAN DE FACULTEIT DER
WIS- EN NATUURKUNDE, OP MAANDAG
27 JANUARI 1930, DES NAMIDDAGS TE 4 UUR

DOOR

BEREND ELBRECHT,

GEBOREN TE SCHILDWOLDE.

N.V. DRUKKERIJ v/h L. E. BOSCH amp; ZOON, UTRECHT - 1930

\'OTHEEK OER

RlJ loJMlVERO..

U T R E C a TA

-ocr page 8-

;

-ocr page 9-

AAN MY OUERS
EN MY VROU.

-ocr page 10-

r. . \' ■ :

lt;

-ocr page 11-

In die biologie hoor mens dikwels praat oor die invloed van die
omgewing op die lewe van \'n plant.

Dit groei voorspoedig, as dit, wat lig, temperatuur, voedsel en
vog betref, in gunstige kondiesies verkeer.

Aan die end van my studietyd kier in Utrecht voel ek behoefte
om te getuig van die invloed van die omgewing op my werk.

Ook hier is volop van die vereiste faktore in die vorm van bekwame
leiding, regte studiegees, \'n voorbeeldige biUioteek en \'n aangename
omgang.

Baie persone het my by my studie voortgeheip, en dis vir my
aangenaam om nou die geleentheid te kry om hulle daarvoor harüik
te dank.

Hooggeleerde du Toit, u helder deursig het my die weg gewys,
U het al baie klippe uit my pad gerol.

Hooggeleerde Bremekamp, U dank ek vir die bekwame leiding
van my studie in Suid-Afrika. U uitgebreide, diepgaande kennis
het my die geleentheit gegee om my verder te bekwaam.

Dit was u raad om na Utrecht te gaan, en tans besef ek eers reg
wat die raad werd was.

Hooggeleerde Pulle, u groot welwillendheid by elke geleentheid
wat ek u hulp nodig gehad het, stem my tot blywende dankbaarheid.

Hooggeleerde Went, hooggeagte promotor, wanneer my werk
ondanks die kort tyd wat vir my beskikbaar was, tog met sukses
bekroon is, dan is dit deur die inspirasie wat van u persoonlikheid
uitgaan, deur die besielende voorbeeld wat u ons gee, deur die be-
skamend groot belangstelling in ons werk en deur die heerlike
fasiliteite wat u skitterend georganiseerde laboratorium ons bied.

Is Suid-Afrika die land waarnaar ek terug verlang, u laboratorium
is die ondersoekplek waar ik graag sou bly.

U, Mevrou Went, dank ek vir u oosterse gasvryheid. Bij U voel
mens somar tuis.

-ocr page 12-

U, waarde Mej. Gorter, Mej. Koning, Mnr. du Buy, Mnr.
Muller en Mnr. Heyn, wat as assistente fungeer, dank ek vir u
voorbeeldige hulpvaardigheid en bekwame voorligting.

U het my taak baie makliker gemaak, deur steeds te sorg vir alles
wat ek by my werk nodig gehad het.

Ook die twee bekwame bibliotekaresse, Mej. Pull en Mej. Leegstra
kom \'n woord van dank toe vir die hulp my verleen om in die
oseaan van boeke die weg te vind.

U, waarde P. A. de Bouter, is ek groot dank skuldig. Dit was
U nooit te veelnie, trou bygestaan deur Mnr. Willemsen, om steeds
weer met bewonderenswaardige geduld veranderings aan my apparaat
aan te bring wat as moontlike verbeterings voorgestel is. Hier het
ek geleer: „Alle Theorie ist grau; grün ist nur der Praxisquot;. Waar
kan mens dit heter uitvind as by die fisiologiese ondersoekwerk.

Waarde A. de Bouter, U is die artistieke eweknie van u broer.
Toe die tyd baie skraps word, het U u talente vir my beskikbaar
gestel in u vrye uurtjies, om tog die werk maar te laat vorder.

Waarde Romeyn, U en u bereidwillige, bekwame staf het my
plante opgepas soos babetjies.

By hitte en kou, al was hul teer.
Wis julle hul te kultiveer.

Waarde Lobel, u beleefde bereidwilligheid stem my steeds aan-
genaam.

Ook \'n woord van dank rig ek aan die orige lede van die personeel.

U hulpvaardigheid laat my aangename herinnerings m^edra naar
Suid-Afrika.

Vanself gaan my gedagtes naar die vrinde in die sonnige land
wat steeds maar opnuut materiaal gestuur het.

U, Mej. Duthie, was die eerste wat my \'n fraai kolleksie grasse
gestuur het uit die Kaap.

Herhaalde male het ek sendings gekry van U, my vrinde Van
Nouhuys, De Winter, Dr. Schweickerdt, Mc. Loughlin, van Zon
en Mej. Van Zyl.

-ocr page 13-

INLEIDING.

Bydie ontwerp van \'n nuwe apparaat stuit mens gewoonlik
op tal van moeilikhede, hoofsaal^k van praktiese aard.

In hoofstuk III word meegedeel hoe die metode geleidelik ver-
beter is, wat regstreeks saamhang met verbeterings aan die
toestel aangebring.

Dit kos gewoonlik baie moeite, geduld en tyd, voor \'n taamlik
ingewikkelde apparaat heeltemal bevredigend werk.

Na elke klein verandering moet dit opnuut uitgetoets word.

Dis almal niks as die proefnemer volop tyd tot sy beskikking
het, wat helaas met my nie die geval was nie.

Omstandighede aan ons UniwersiteitskoUege in Pretoria het
nie toegelaat om my die aangevraagde verlenging van verlof
toe te staan nie.

Sodoende kon ek my proewe nie beëindig nie en was ek ge-
noodsaak so te sê my werk plotseling af te breek.

Daar ek tog van plan was om die bewegings van volwasse
blare van S u i d-A frikaanse Gramineaete bestudeer,
ag ek dit onder die gegewe omstandighede beter om die volledige
resultate van die ondersoek later mee te deel en nou net die
metode en apparaat te beskryf.

Die anatomiese ondersoek van hierdie grasse, waaraan ek
\'n goeie deel van my tyd in die begin van die jaar gegee het,
hoop ek dan ook te publiseer, daar dit regstreeks sal aansluit
by die fisiologiese werk.

In hoofstuk IV volg enkele voorbeelde van proewe met
bybehorende krommes.

Hulle is net bedoel as illustrasie van dinge in vorige hoofstukke
oor apparaat en metode meegedeel, en is gekies uit \'n 70-tal
proewe wat met die toestel geneem is.

-ocr page 14-

DIE LITERATUUROORSIG 1)

§ 1. Die doel van hierdie literatuuroorsig is, \'n kort saamvatting
te gee van die resultate wat deur vroeër ondersoek van gras-
blare reeds verkry is.

Daarby kom dan vanself die verskillende menings van die
ondersoekers aan die orde.

Die behandeling sal in hoofsaak kronologies wees.

Die oudste literatuur oor grasblare is \'n uitwendige beskrywing.
Die eerste ondersoekers was tevrede met \'n taamlik oppervlak-
kige waarneming van die uiterlike.

Daarna neem die ondersoek \'n anatomies karakter aan. Hulle
wil ook graag iets weet van die inwendige struktuur.

Eindelik kom die verlange om die geheime van die lewens-
prosesse te ontsluier. Daarvan is beweging een. Hierdie ondersoek
is
fisiologies.

Oor die eerste soort van literatuur kan ons baie kort wees,
daar dit vir ons doel min waarde het.

Daarom deel ons daaromtrent net mee wat een van die
voortrekkers op anatomies gebied ons van die oudste schrs^wers
te sê het.

Die eerste schrywer wat \'n deeglike studie gemaak het van
die inwendige struktuur van grasblare is

Du val Jouve. Hy het sy resultate neergelê in twee be-
langrike en interessante boeke: (a)
Étude anatomique de quelques
Graminées,
et en particulier des Agropyrum de l\'Herault en
(6)
Histotaxie des feuilles de Graminées. Die eerste boek het
verskyn in 1870 en die twede in 1875.

1nbsp; Getalle tussen hakies verwys naar die literatuurlys agter in die boek.

-ocr page 15-

Voor ons nader op die werk van Duval Jouve ingaan, wil
ons eers kort meedeel, wat hy van die vroeër skrywers sê.
In sy „Histotaxiequot; gee hy naamlik \'n kort pittig literatuuroorsig.
Daarin noem hy o.a.:

1.nbsp;Scheuchzer wat opgemerk het, dat \'n grasblaar
bestaan uit skede, skyf en tongetjie. Verder, dat die skyf \'n
onder- en \'n bokant het.

2.nbsp;Linné wat durf te skrywe: „Folio in Graminibus
ejusdem sunt structurae.quot; Net of al die grasblare gelyk sou wees!

Duval Jouve vind, dat dit saak is die nadruk op verskilpunte
te lê, en nie om „sweeping statementsquot; te maak nie.

Duval Jouve (D. J.) betreur dit, dat Linné van sy opmerkings-
gawe nie meer gebruik gemaak het vir studie van grasblare nie.

3.nbsp;A. B a b e 1: De Graminum fabrica et oeconomia.
(Proefskrif 1804). Hierin vind D. J. twee foute: a. dat die vaat-
bundels g\'n anastomoses het nie,
b. dat huidmondjies alleen
aan die onderkant voorkom. Hy is egter gewillig hom die foute
te vergewe, aangesien dit maar net \'n „proefskrifquot; is, waarin
dit staan.

4.nbsp;Palisot de Beauvois: Essay d\'une nouvelle
agrostogmphie
(1812). Hier lê D. J. \'n strenger maatstaf aan,
want dis \'n „essayquot;. En daarin word van grasblare beweer:
„Les feuilles sont essentiellement uniformesquot;, en van die
struktuur van grasblare, dat hulle aan die onder- en bokant
\'n epidermis het, waaronder \'n mens \'n korrelrige groen sub-
stansie sien (la substance granuleuse verte), gevolg deur weefsel
met holtes wat die vaatbundels omring.

Dat \'n man met \'n naam soos Palisot de Beauvois sulke
werk kan lewer, vind D. J. die toppunt van slordigheid. Dis
genoeg om die ondersoek tot stilstand te bring.

5- Ettinghausen: Beitrag zur Kenntnis der Ner-
vation der Gramineen
(1865). Dis \'n werk oor fossiele grasse.
Die blare word ingedeel volgens grootte en nerwatuur.

-ocr page 16-

§2. Duval Jouve: Etude anatomiquede quelques Graminées,

et en particulier des Agropyrum de l\'Hérault.

Dis \'n anatomiese studie wat as doel het, deur kenmerke
van wortelstok, stingel en blaar soorte te onderskei.

Hierin word van 29 verskillende grassoorte die dwarsdeursnee
van die blaar geteken en duidelik op verskilpunte gewys. Hulle
is dus nie almal gelyk nie.

Bedoelde grassoorte is: — in alfabetiese volgorde — Aira
cespitosa, Ampelodesmos tenax, Andropogon distachyum, An-
dropogon Ischaenum, Andropogon squarrosum, Arundo Donax,
Amndo Phragmites, Cynodon Dactylen, Dactylis Glomerata,
Glyceria aquatica, Glyceria fluitans, Gynerium argenteum,
Imperata cylindrica, Panicum Crus-galli, Saccharum officina-
rum, Sesleria glauca, Sorghum halepense, Spartina versicolor,
Triticum acutum, Triticum caninum, Triticum elongatum,
Triticum glaucum, Triticum intermedium, Triticum junceum,
Triticum littorale, Triticum Conzolzii, Triticum repens en Triti-
cum Rouxii.

Histotaxie des feuilles de Graminées.

Hierdie boek is fris geskryf, getuig van deeglike ondersoek,
gee tal van besonderhede omtrent die anatomie van grasblare en
het seker bale mense aangespoor, om die grasblare verder te
bestudeer. Die latere literatuur op hierdie onderwerp getuig
daarvan.

Die skema wat in die boek gevolg word, gee ons dadelik
\'n idee van sy inhoud. Daarom laat ons dit hier volg:
I. Historique de la question.

II. Examen de la feuille des Gramineés dans son ensemble
extérieur.

III. Histotaxie.

a. Bandes recouvrant le tissu fibreux
hypodermique.
1. Êpiderme. Ib. Bandes recouvrant le parench5nne.

c. Bandes de cellules bulli-
f ormes.

-ocr page 17-

2.nbsp;Faisceaux fibro-vasculaires.

3.nbsp;Tissu fibreux hypodermique.

^ a. Parench5mie à chlorophylle.

4.nbsp;Parenchyme. J h. Parenchyme simple incolore.

( c. Parenchyme étoilé.

IV. Conclusions et résumé.

Hoewel die boek in sy geheel baie interessant is, het ons
die meeste belang by die „cellules bulliformesquot; en by die feite
omtrent die bewegings van grasblare (pag. 324—330).

In 1870 het D. J. die eienaardige opperhuidselle ontdek by
grasse en later ook by Juncaceae en Cyperaceae.

Later ondersoek het aan die lig gebring, dat die „cellules
bulliformesquot; by al die famielies van die Monocotyledoneae
voorkom, behalwe by die Helobiae (22).

D. J. noem van die „cellules bulliformesquot; die volgende eien-
skappe: 1. Hulle is groot; 2. het permanent dun wande; 3. het
g\'n verbindingsporieë nie; 4. het \'n kleurlose inhoud; 5. het
g\'n soliede inhoud nie; 6. vorm waaiervormige groepe; 7. is
korter as die naburige selle; 8. het g\'n huidmondjies nie; 9. kom
voor in groepe van 3—12 selle; 10. die grootte is omgekeer
eweredig met die aantal; 11. die aantal is by \'n soort standvastig,
maar varieer by verskillende genera.

Van hulle voorkoms op verskillende grasblare gee hy die
volgende skema:

Bandes hulliformes.

I. Alleen op die bokant en wel:

1.nbsp;\'n band bo die blaarkiel.

a. \'n enkele band bo die blaarkiel.

h. \'n band in die middel en nog enkele meer op sy.

2.nbsp;G\'n band bo die blaarkiel nie.

c. \'n enkele band aan elke kant van die middellyn.

-ocr page 18-

d.nbsp;\'n enkele band aan elke kant van die middellyn
en nog enkele kleinere meer naar die rand toe.

e.nbsp;\'n band tussen elke paar vaatbundels, maar nooit
reg bo \'n vaatbundel nie.

/. bande tussen die primêre bundels, maar regbo die
tersiêre bundels.

II. Aan aitwee kante van die blaar.

g.nbsp;onafhanklik van die bande op die bokant \'n band
aan elke kant van die blaar kiel op die onderkant.

h.nbsp;bande lê teenoor mekaar.

i.nbsp;bande lê afwisselend.

Elke geval is gestaaf deur tal van voorbeelde, wat getuig
van die deeglikheid, waarmee D. J. te werk gaan.

Tog is nie alles korrek wat D. J. beweer nie. So het Grob
(11) aangetoon, dat die „cellules buUiformesquot; soms gevul is
met massiewe kieselliggame. Ook het Grob bewys, dat die
opperhuid nog \'n baie groter differensiasie toon as D. J. op-
gemerk het. Grob onderskei nie minder as 59 verskillende soorte
van selle in die epidermis van die Gramineae nie.

Bewegings.

D. J. het ook sy voUe aandag aan die bewegings van grasblare
gegee. Hy het tal van waarnemings gedoen, gee selfs \'n klassi-
fikasie van die bewegings en het ook probeer, die oorsake daarvan
op te spoor. Wat hierdie punt betref kan ons D. J. dus gems
ook \'n voortrekker noem.

Van die bewegings sê hy: quot;Les mouvements des feuilles de
Graminées sont très-lents, et le plus souvent n\'ont lieu qu\'une
fois, comme celui de l\'éxpansion du limbe; ils ne se reproduisent
ensuite qu\' à de long intervalles, selon les variations
extrêmes de
lumière
et de sécheresse, ou après une blessure, ou même après un
simple froissement
(8. p. 324).

Reeds in 1858 het D. J. ontdek, dat blare van Leersia ory-
zoides by verwonding van die top naar die basis binne enkele

-ocr page 19-

minute oprol. Deur ander studies was hy verhinder verder op
die saak in te gaan.

Enkele jare later loop hy weer \'n ding raak wat sy belang-
stelling vir die grasblaarbewegings permanent gaande maak.
Hy sny n.1. dwarsseksies van droë blare van Sesleria coerulaea.
Sodra hy \'n droppel water op so\'n droë deursnee sit, spring
dit oop soos \'n veer. Die „cellules buUiformesquot; wat eers geplooide
wande had, swel op en die wande word strak. Dit het D. J. op
die idee gebring,
dat die „cellules buUiformesquot; die beweging
veroorsaak.

Sinds hierdie ontdekking het D. J. baie feite versamelwat
almal vir die opvatting pleit. Hy deel die almal mee in sy
„Histotaxiequot;.

Aan die end twyfel D. J. of dit turgor of swelling van die
selwande is, wat die beweging veroorsaak. In \'n voetnoot
(8. pag. 330) sê hy:

„Cette distension est-elle due à la pression du liquide rem-
plissant entièrement et gonflant les cellules, ou à ce que les
parois, pénétrées elles-mêmes par le liquide, reprennent une
fermeté et une élasticité qu\'elles perdent par l\'évaporation?
Je ne puis le dire.quot;

Wat D. J. laat twyfel het was die feit, dat baie dun dwars-
snitte netsogoed ontplooi as dikkes, wanneer huUe in water
gesit word.

D. J. onderskei by grasblare reeds volgende bewegings:

1.nbsp;Opvou en ontplooi van \'n voublaar (limbe condupliqué).

2.nbsp;Oprol en ontrol van \'n rolblaar (limbe convoluté).

3.nbsp;Torsie van die blaarskyf om die huidmondjies naar die
son te keer.

4.nbsp;Torsie veroorsaak deur uitdroog.

In die „Histotaxiequot; gee D. J. ook weer tal van mooi tekeninge
oor die inwendige struktuur van grasblare; te baie om almal op
te noem.

Vir ons is bewegings tog hoofsaak.

-ocr page 20-

§3. Tschirch.

Die eerste wat na Duval Jouve \'n ernstige studie van die
grasblaarbewegings gemaak het, is Tschirch,

In 1882 skryf hy \'n artikel oor sy ondersoek: Beiträge zu der
Anatomie und dem EinroUungsmechanismus einiger Gras-
blätterquot; (43).

Om maklik tot \'n suiwere vergelyking van die opvattings
by die verskillende skrywers te kan kom, gaan ons min of meer
volgens \'n vaste skema werk.

Verder sal ons telkens goed nagaan, hoe die stand van die
vraagstuk is by die begin van \'n nuw ondersoek om te kan
konstateer, wat die ondersoek vir nuw lig op die probleem
gewerp het.

By die begin van Duval Jouve sy ondersoek was reeds enkele
dinge bekend. Brogniaert meld in 1860, dat die blare van Stre-
phium guianense bewegings maak (3).

Darwin vermeld dit in sy werk: „The power of Movements
in Plantsquot; op pag. 391. Hij noem dit niktitropiese bewegings.

Soos ons gesien het, erken Duval Jouve as uitwendige oorsake
lig, vog hy die wortels, relatiewe vogtigheid van dielugenverwondings;
as inwendige oorsaak die turgor van die „cellules bulliformesquot; en
as moontlike oorsaak aan die end ook nog die swelling van die
wande van hierdie selle. As selle wat aktueel aan die beweging
deelneem, beskou hy eweëens die „cellules bulliformes.quot;

Nou gaan ons oor naar wat Tschirch gedoen het. Tschirch
begin met die term „cellules buUifonnesquot; te vervang deur
\'n nuwe term „Gelenkzellenquot;. Verder gebruik hy die term
„Gelenkpolsterquot; as die bewegingselgroepe uit meer as een
sellaag bestaan.

Die vergelyking van die „cellules bulliformesquot; met skamiere
kom reeds voor by D. J., wat skryf: „
Les mouvements s\'opère
donc sur les bandes bulliformes comme sur des ressort-charnièresquot;.
(8). Goed beskou steek in die nuwe term dus nie baie nuuts nie.

Waar D. J. die probleem swaar vind, beskou Tschirch dit as
gladnie moeilik nie. Hy skryf tog dadelik by die begin van die
behandeling oor die oorsake (43 p. 558):

-ocr page 21-

„Fragen wir nun nach den Ursachen der Einrollungsbewegungen,
so sind, da es sich leicht durch Versuche dartun lässt, dass Wasser-
mangel bzw. Wasserzufuhr die Ursache dieser -periodischen
Bewegungen ist, im Wesentlichen zwei Möglichkeiten gegeben. Die
Bewegung kann einmal durch Quellungserscheinungen der Mem-
branen bestimmter Gewebepartieen und sodann durch Turgescenz-
änderungen der Zellen verursacht werdenquot;.

Nou hierin skuil ook niks nuuts nie, want as die twee moonthke
oorsake het D. J. ook reeds turgor en swelling van sei wande genoem.

Die proewe, waardeur Tschirch so makUk bewys, dat water-
toevoer en watergebrek die oorsaak is van die bewegings, deel
hy nie mee nie.

Waarskynlik bedoel hy die wortels veel of weinig water te gee.

Ook is \'n vooropgestelde mening, dat daar maar net twee
moontlikhede as oorsake bestaan, wel \'n bietjie gevaarlik. Dit
sou veihger wees, te probeer soveel molik oorsake op te spoor
i- p.
V. vooraf vas te stel welke oorsake daar kan bestaan.

As uitwendige oorsaak noem Tschirch dus net vog, as inwen-
dige oorsake turgor en sweUing van selwande.

Tog verskil sy opvatting van die van D. J. Tschirch onderskei
verskillende gevalle, die ons nou hier laat volg.

1.nbsp;Bewegings van grasblare wat \'n deurlopende laag mega-
niese weefsel aan die onderkant het. As voorbeelde hiervan
noem hy Macrochloa tenacissima, Triodia pungens, Festuca
glauca, Psamma arenaria.

2.nbsp;Bewegings van grasblare wat aan die onderkant net eilande
van sklerenkiem het, soos Aira media, Stipa splendens, Lygeum
spartum e.a.

As enige oorsaak van die bewegings word hier opgegee sweUing
van die selwande van die binnenste sellae van die meganiese
weefsel. Tschirch bewys dit baie eenvoudig. Die beweging vind
by dooie blare of seksies van blare net so goed plaas as by
lewendes. By dooie blare kan dit g\'n turgor wees nie. Dus dis
swelling van die selwande. Deur tangensiale strokies meganiese
weefsel op te laat krul, trag Tschirch te bewys, dat dit hierdie
weefsel is wat die beweging veroorsaak.

-ocr page 22-

Solang daar maar net twee oorsake kan wees, is daar wel iets
vir die opvatting te sê.

Die bewys, dat turgor niks daarmee te doen het nie, trag
Tschirch uit die feit te haal, dat g\'n beweging by die blaar
plaasvind nie, waar die tangensiale strokies weggesny is.

Dis moeilik aan te neem, dat turgor daar niks mee te doen
het nie.

As \'n faktor alleen niks kan uitvoer nie, bewys dit in elk
geval nog nie, dat dit in koördinasie met ander faktore, — wat
tog in die intakte blaar die geval is, — ook niks kan doen nie.

Ons mag so maar nie besluit uit die gedrag van \'n fragment
van \'n seksie, wat die funksie van die deel in kwessie in die
intakte blaar sal wees nie.

Groep 2 word op één lijn gestel met groep 1.

Alleen by Lygeum sparium word \'n andere beskouing gegee
By hierdie gras krul die tangensiale strokies maar swak op.
Dus gaan die voorgaande redenering nie op nie. Nou word die
oorsaak — dis baie eenvoudig — by die twede faktor gesoek.

Die beweging word nou veroorsaak deur turgor in die kloren-
kiem. Waarom kan dit nie ook turgorindie „celluUesbuUiformesquot;
wees nie? Volgens die tekening wat Tschirch van die dwars-
deursny gee, is hulle daarvoor tog nie te klein nie.

Groep 3 omvat grasse, wat alleen in lewende toestand bewe-
gings uitvoer, soos Oryza clandestina, Sesleria coerulea en Vilfa
capensis. Tot die groep behoor nog baie ander grasse.

Dis duidelik, dat dit nie alleen swelling van selwande kan
wees nie, wat nou die beweging veroorsaak. Dan sou die blaar
in dooie toestand ook moet beweeg.

Aangesien daar maar net twee oorsake is, moet turgor daar
iets mee te doen hê. Van welke selgroepe, durf Tschirch nie te
beslis nie.

Nou sny Tschirch, om te bewys, dat die „Gelenkzellenquot;
\'n passiewe rol speel, weer strokies meganiese weefsel af op
die reeds bekende manier en vermeld, dat hulle lewendig opkrul.
Daaruit volg m. i. dat hulle dan ook wel iets met die beweging
van die blaar moet te doen hê.

-ocr page 23-

Tschirch vermeld egter swelling van die selwande van die
meganiese weefsel in hierdie geval nie as oorsaak nie.

Groep 4 omvat grasse met plat dun blare, I-draers van me-
ganiese weefsel en min klorenkiem. Aan die bokant van die
blaar kom nie die tiepiese groewe van steppegrasse voor nie.
Tog voer ook hierdie blare bewegings uit.

Hierdie groep was \'n bietjie lastig, aangesien nie een van die
voorgaande redenerings opgaan nie.

By groep 1 en 2 was dit die sklerenkiem, wat hoofsaaklik
aan die onderkant lê, wat as oorsaak genoem is.

Hier is I-draers. Daar lê dus ongeveer net soveel meganiese
weefsel aan die bokant as aan die onderkant. Sodoende hef hulle
mekaars werking op.

Turgor van die groen weefsel, soos by groep 3, kan dit ook
nie wees nie, aangesien daar byna g\'n klorenkiem in die
blaar is nie.

Nou kan dit dus niks anders wees nie as turgorveranderings
in die ,,Gelenkzellenquot;I Miskien help die groen selle wel \'n bietjie
saam om die blaar in staat te stel op te rol of te ontplooi.

Proewe wat Tschirch met hierdie groep probeer het, het g\'n
bevredigende resultate opgelewer nie.

Aan die end behandel Tschirch nog twee grasse met groot
skamierkussings, n.1. Aristida pungens en Spinifex longifolius.

Daar Tschirch hier g\'n behoorlike andere oorsaak kan opspoor
nie, vind hy by wyse van eliminasie dat swelling van die selwande
van genoemde kussings wel die oorsaak kan wees.

Proewe met lewende materiaal van hierdie twee grasse het
Tschirch nie geneem nie.

Aan die end wil ons nog net sê, dat Tschirch al die grasse met
blare wat periodieke bewegings uitvoer onder invloed van
droogte,
steppegrasse noem.

Die orige grasse heet weidegrasse. Hulle blare voer g\'n perio-
dieke bewegings uit nie.

Tschirch het netsomin as D. J. opgemerk nie dat sommige
. .Gelenkzellenquot; opgevul is met \'n kieselliggaam.

-ocr page 24-

§4. Pée Lab y.

Na Tschirch is Pée Laby die eerste, wat weer \'n algemene
studie oor die grasse lewer. In 1898 verskyn sy publikasie onder
die tietel: „Étude de la feuille des Graminées de la Francequot;.

Dis \'n taamlik uitvoerige anatomies fisiologiese studie van
die grasse van Frankrijk met \'n interessante beskouing oor die
bewegingselle.

Pée Laby grond sy mening op hulle ligging, struktuur en
ontwikkeling.

Dadelik by die begin kondig hy dit aan as volg: ... de faire
connaître le rôle physiologique de certain tissus foliaires en me
basant sur la disposition, la structure et le développement de leur
éléments.

Aangesien na D. J. niemand die grasse in die algemeen be-
studeer het nie soos hy. ag Pée Laby dit nodig die studie weer
by te werk en op die hoogte van die tyd te bring.

Die resultaat van sy anatomiese studie is \'n indeling van die
grasse in vyf groepe, waarvan ons die skema hier laat volg.
Die eerste groep omvat grasse met blare, wat g\'n bewegings
uitvoer nie.

Die ander vier groepe het blare wat wel in staat is bewegings
te maak.

Faces du
limbe.

Nombre de
stomates.

Parench3mie
vert.

cellules
motrices.

1er Groupe.

Parallèles.

Égal aux
deux faces.

Normal.

1

A.nbsp;NuUes.

B.nbsp;Dévelop-
pées.

2e

Non paral-
lèles.

Plus grand
àlafacesupér.

Normal.

Très dével-
loppées.

3e

Non paral-
lèles.

Nul à la face
inférieure.

Normal.

Peu dével-
loppées.

4e

Parallèles
ou non.

Égal aux
deux faces.

Avec
lacunes.

Développées.

5e

Parallèles
ou non.

Égal aux
deux faces.

Uniquement
autour des
faisceaux.

Peu ou pas
développées.

lt; ----—-

-ocr page 25-

Soos uit die skema blyk, berus die indeling op 4 beginsels:

a)nbsp;die verhouding van die onderkant tot die bokant,

b)nbsp;die voorkoms van die huidmondjies,

c)nbsp;die voorkoms van die parenkiem en

d)nbsp;die voorkoms van die bewegingselle.

Die ,,cellules buUiformesquot; is alweer omgedoop deur Pée
Laby. HuUe heet nou „cellules motricesquot;.

As uitwendige oorsaak van die beweging noem hierdie onder-
soeker die toestand van die atmosfeer en van die bodem.
Daarmee
word duidehk die vogtigheidstoestand bedoel:
L\'état de l\'at-
mosphère et celui du sol produisent des divers changements dans
l\'aspect d\'une même feuillequot;.

Behalwe baie waarnemings in die veld het Pée Laby ook proe-
we geneem met intakte plante en blare wat hy afgesny het. So
kom hy tot twee bewegingswette:

(1)nbsp;Die tyd van ontplooi is gewoonlik langer as die tyd, wat
nodig is vir die oprol van \'n blaar.

(2)nbsp;\'n Blaar wat afgesny is, herhaal die beweging meestal
slegs tweemaal. Ook word die beweging deur die verwonding
langsamer.

Hieruit trek Pée Laby die konklusie, dat die protoplasma
iets met die bewegings uit te staan het: . . .
ici, il est en rapport
avec la protoplasma vivant des cellules de la feuille, dont l\'activité
et les propriétés varient avec le milieu. Ce n\'est donc pas seulement
la rentrée et la sortie de l\'eau, qui augmentent ou diminuent la
turgescence de ces cellules motricesquot;.

Daar voeg Pée Laby dan nog by — seker om ons gerus te
stel — dat hierin niks wonderliks skuil nie, want die proto-
plasma het met die meeste plantbewegings iets te doen.

Eindelik is ook nog interessant, hoe Pée Laby trag te bewys,
dat daar werklik verband bestaan tussen sy „tissu moteurquot;
en die beweging:

{a) kom die bewegingselle oor die heel blaar voor, dan rol
ook die heel blaar op; b.v. Brachypodium pinnatum.

(6) kom hierdie seUe net aan die top voor, dan rol ook net die
punt op; die res van die blaar bly plat; b.v. Lolium italicum.

-ocr page 26-

(c) kom die selle alleen naby die middelnerf voor, dan vou
die blaar dubbel, tot die rande mekaar aanraak.

§5. Steinbrinck.

Steinbrinck verkondig in \'n artiekel van 1908 \'n geheel af-
wykende mening. Bedoelde publikasie verskyn onder die tietel:

Ueher den Kohasionsmechanismus der Roll- und Faltblatter
von Polytrichum commune und einigen Dünengrdsern.

Aan hierdie artiekel gaan \'n heel reeks andere vooraf, wat
in die literatuurlys vermeld is (34—40).

Die nuwe idee is eintlik eers geuit deur Kamerling (16). Stein-
brinck is daarvan egter die voorvegter geword. Hy het \'n lans
daarvoor gebreek teen Tschirch en Schwendener.

Dog laat ons eers sien, wat ons moet verstaan onder die
sogenaamde ,,
Kohasionsmechanismus\'\'.

Voor Steinbrinck was die algemene opvatting, reeds ver-
kondig deur Leclerc du Sablon, (20), dat die seUe by verwelk
en uitdroog kleiner word deur krimp van die selwande. Dis die
s.g. krimphipotese wat algemeen aangeneem is
voor Kamerling met sy nuwe mening gekom het.

Word verwelkte of uitgedroogde weefsels weer in water of
vogtige lug geplaas, dan neem die selwande opnuut vog op en
hulle swel op.

Die krimp en opswel word in Duits respektiewelik aangedui
deur die terme
Schrumpfung en Quellung. Die een is die
omgekeerde van die ander.

Die terme wat betrekking het op Steinbrincks k o h e s 1 e-
hipotese is egter
Schrumpfelung en Schwellung wat ons in
Afrikaans kan aandui deur
verskrompel en regtrek.

Seksies van verdorde blare, appelringe, gedroogde vrugte en
ook van lewende plantweefsels vertoon dikwels selle met sterk
naar binne geplooide wande.

Dit word ook gereeld gesien by die ,,cellules buUiformesquot; in
dwarssnitte van grasblare.

Nou het Steinbrinck opgemerk, dat hierdie seUe die geplooide
wande reeds vertoon, as hulle nog vol water is. Die wande van

-ocr page 27-

die verskrompelde selle kan dus nog nie uitgedroog wees nie
en deur krimp van die selwande kan nie so\'n sterk vervorming
veroorsaak word nie. \'n Geplooide wand is ook nie korter as
\'n reg wand nie.

Volgens Steinbrinck word die plooie in die selwande veroorsaak
deur die kohesie-trekkrag van die terugwykende water in die
sel. As die hoeveelheid water in \'n sel deur verdamping al meer
afneem, kom daar \'n moment, dat dit die sel in sy oorspronklike
volume nie meer kan vul nie. Nou moet die water die wand
loslaat, of die wand moet saamgaan. In die wand is ook water,
wat deur kohesie saamhang met die water binne in die sel.

Daar die weerstand van die wand geringer is as die kohesie
van die water, word die wand saam met die imbibiesiewater
naar binne getrek.

Word aan sulke weefsels met geplooide wande water gegee,
dan swel hulle op en neem hulle oorspronklike vorm weer aan.

Droog die selle sover uit, dat die saamhang tussen die selwater
en die imbibiesiewater verbreek word, dan klap die geplooide
selwand deur sy veerkrag dikwels ineens terug. Dis die
veer-
kragtige ontplooiing,
(elastische Entfaltung). Dis wat ons bo
regtrek genoem het.

Het die selwande deur droogte hulle veerkrag verloor, dan bly
huUe in die verskrompelde, verkreukelde toestand. By baie
snitte van droë weefsels is dit te sien.

Dat uitwendige lugdruk niks te doen het met die ontstaan
van geplooide wande nie, bewys Steinbrinck met lugpompproewe.
As hy n.1. die weefsels in \'n vakuum laat uitdroog en daarna
weer bevogtig, tree dieselfde verskynsels op.

Deur droë selle in H2SO4 te plaas, word die wande stukgevreet.
Sodra dit geskied, sien mens uit sulke selle lugblasies tevoorskyn
borrel. Dit bewys dat daar in die selle dus g\'n vakuum is nie,
soos sommige ondersoekers wil beweer.

Daaruit volg ook dat die selle vir lug deurlaatbaar moet wees.

Steinbrincks argumente teen die krimphipotese is dus: (1)
dat selwande, wat gewoon krimp nie so krom sal trek nie;
(2) dat krimp nie in staat is so\'n geweldige volumevermindering

-ocr page 28-

te veroorsaak nie; (3) \'n Ander punt van belang by hierdie twee
verskillende opvattings is, of die selwande permeabel is vir lug.

Is hulle impermeabel, dan sal by uitdroog \'n lugverdunde
ruimte ontstaan en sou die selwande deur die buitelug naar
binne gedruk kan word.

Soos bo reeds meegedeel is, het Steinbrinck aangetoon, dat
selwande lug deurlaat en dat dit nie nodig is om \'n vakuum in
\'n droë sel aan te neem nie.

Deur die kohesiehipotese hang die literatuur oor grasblaar-
bewegings saam met alles wat geskryf is oor openingsmekanismes
van varingsporangia en helmknoppe.

Steinbrinck verklaar die periodieke bewegings van grasblare
deurkohesie-trekkragindie „cellules bulliformesquot; en deur turgor
in die klorenkiem.

§ 6. G O e b e 1 gee in S. 14 van sy algemeen bekende boek (9)
\'n interessante beskouing oor die „Einrollungs- und Ent-
faltungsbewegungen ausgewachsener Grasblätterquot;.

Die nadruk word daarop gelê dat teleologiese opvattings tot
gewronge redenerings en verkeerde klassifikasies aanleiding gee.

So gaan Tschirch mank aan die vooropgestelde mening dat
die bewegings dien om grasblare teen droogte te beskerm. Daarom
behoef sy „weidegrassequot; g\'n bewegings uit te voer nie en be-
hoor Leersia oryzoides, \'n suiwer higrofiele gras, tot die „steppe-
grassequot;.

Meer voorbeelde word gegee van higrofiele grasse met blare
wat tiepiese bewegings maak, o.a. Glyceria aquatica.

Raunkiaer het weer \'n ander vooropgestelde mening:
Serofiele blare het klein bewegingselle, en higrofiele blare groot
„cellules buUiformesquot;. Serofiele blare maak hulle bewegings om
huUe teen droogte te beskerm. Dus sal blare met groot „ceUules bul-
liformesquot; g\'n bewegings maak nie, aangesien huUe g\'n beskerming
teen droogte nodig het nie.

Goebel toon aan waar die fout van dergelike drogredes skuil:
Die grasse het g\'n bewegingselle
sodat hulle doelmatige, nuttige
bewegings kan uitvoer nie; maar
omdat hiiUe bewegingselle het,

-ocr page 29-

IS hulle in staat om die bewegings te maak. As \'n saak
op sy kop gesit word, is dit g\'n wonder dat dit nie reg
lyk nie.

Die „cellules bulliformesquot; word opgevat as \'n epidermale
swelweefsel wat op een lyn mag gestel word met die lodiculae
en die swelkussings aan die asse van die bloeiwyses. Genoemde
epidermale swelweefsel het \'n primêre en \'n sekundere funksie.

Die primêre funksie van die „cellules bulliformesquot; is om deur
hulle plotselinge groei die blaar, wat nog in knoptoestand verkeer,
te ontplooi. Die sekundêre
kan wees om die volwasse blaar in staat
te stel om opvou- en ontplooiingsbewegings uit te voer. Goebel
waarsku daarvoor om primêre en sekundêre funksies nie te
verwar nie.

Met Steinbrinck se opvatting gaan Goebel ook nie saam nie.
Die waarde van kohesie-trekkrag word oorskat. Wel word die
bestaan daarvan nie deur Goebel ontken nie, maar hy ken ook
groot invloed toe aan die sweUing van selwande. Krimp kan in
verskillende lagies van \'n selwand ongelyk wees, en dan sal
so\'n wand krom trek. Geplooide wande ontstaan dus nie alleen
deur kohesie-trekkrag nie.

Dat hierdie krag nie nodig is vir die beweging nie, bewys
Goebel as volg: \'n dwarsseksie van \'n blaar is in alkohol
van 96 % gelê. Die seile sal dus na \'n tydjie gevul wees met
alkohol. Laat mens nou die seksie uitdroog, dan verdamp die
alkohol uit die „cellules bulliformesquot; voor die beweging begin.
Tree dit later op, dan is dit dus veroorsaak deur krimp van sel-
wande en nie deur die kohesie-trekkrag nie.

By grasse met dun plat blare (groep IV, Tschirch) word
bewegings uitgevoer deur die seile onder die „cellules bullifor-
mesquot;; want sny mens die seile weg, dan maak die blaar g\'n
bewegings meer nie. Beskadiging van die s
.g. bewegingselle
het egter g\'n effek op die beweging nie.

§7. Wakker (46) vermeld\'n interessante besonderheid van
suikerriet — s
.g. cheribonriet — wat ek nêrens verder in die lite-
ratuur vermeld vind nie.

-ocr page 30-

Die jong blare van hierdie soort suikerriet gaan regop staan
sodra hulle watergebrek kry.

Wakker verklaar dit deur die werking van die „cellules
buUiformesquot;.

Dié soort selle kom net voor aan die bokant van die blare.
As hulle dus baie water verlies, sal hulle in volume afneem wat
ook sy invloed sal uitoefen op die totaaUengte van die bokant
van die blaar.

Nou hang \'n blaar oor omdat sy bokant langer is as sy onder-
kant.

Verminder die verskil in lengte tussen die twee kante, dan sal
die blaar dus meer \'n regop houding moet aanneem.

Behalwe die oprol- en ontplooibewegings sou die „cellules
buUiformesquot; dus ook in verband staan met hierdie seronastiese
beweging.

Dis die vernaamste skrywers wat die oprol- en opvoubewegings
van volwasse grasblare behandel.

Verder het nog \'n groot aantal pubUkasies verskyn oor gras-
blare. Hulle handel mees oor een of ander anatomiese onderdeel
soos struktuur van die vaatbundels, die vaatbundelskedes, die
huidmondjies, ens.

Ons kan dié hier nie almal bespreek nie, daar huUe buite die
plan van die werk val en verwys dus net naar die literatuurlys.

-ocr page 31-

Beskiywing van die Apparaat vir konstante relatiewe
Vogtigheid.

§ 8. Doel.

Die apparaat dien om die relatiewe vogtigheid in \'n afgeslote
ruimte konstant te hou, terwyl die temperatuur willekeurig
gewysig kan word binne die grense van die normale plantlewe.
Ook kan die apparaat gebruik word om in \'n afgeslote ruimte
die temperatuur konstant te hou, terwyl die relatiewe vogtig-
lieid gewysig word.

So kan dus in die algemeen die invloed van temperatuur
en vogtigheid op die lewe van die plant en spesiaal op plant-
bewegings bestudeer word.

§ 9. Apparaat in hooftrekke.

Die apparaat bestaan: (A) uit \'n kas met dubbel wande, wat
staan in \'n
hak met olie) (B) uit \'n inrigting vir \'n watersirkulasie
tussen die wande
en (C) uit \'n inrigting vir \'n lugsirkulasie deur
die kas,
om die relatiewe vogtigheid konstant te hou.

A. Kas en oUebak.

Die kas staan in \'n metaalbak in \'n laag olie en word so
dus lugdig afgesluit. Figuur 1 gee ons \'n idee hoe die kas in
die bak staan. Binne in die bak is ook \'n lagie
parafinum liquidum. Dié soort olie geniet die
voorkeur omdat dit reukloos is en g\'n ska-
deUke dampe afgee nie. Die olie dien om kon-

densasie-
water, wat
gedUTCUde

Fig. 1.

-ocr page 32-

Fig. 2.

-ocr page 33-

Fig. 2. Skema vaa die ap-
paraat vir koastante rela-
tiewe vogtigheid.

I. Kas, wat in bak met
olie staan.

II. Verwarmingsketel vir
die watersirkulasie.

III.nbsp;Yskas.

IV.nbsp;Koelbak.

V. Sink.

VI. Meter

VII. Pomp .

VIII. Moter 1

IX. Pomp I lasie.

X. Stoomketel.

XI. Drofiluginstallasie.

XII.nbsp;Relais vir tennoregu-
lator.

XIII.nbsp;Relais vir kwikkontak
van higrometer.

XIV.nbsp;Akwaxiumbak met
drie lampe.

XV. Higrometer in kas.

vir watersir-
kulasie.

J. Kraaxt van yskas naar
koelbak.

2.nbsp;Oorloop van koelbak
naar wasbak.

3.nbsp;Inlaat vir sirkulasiewater
naar ysbak.

4.nbsp;Peilglas van verwar-
mingsketel.

5.nbsp;Peilglas van koelbak.

6.nbsp;Peilglas van ysbak.

7.nbsp;Oorloop van verwar-
mingsketel.

8.nbsp;Termometer üi verwar-
mingsketel.

9.nbsp;Termometer in koelbak.

10.nbsp;Kraan van waterleiding.

11.nbsp;Gummieslang naar ver-
warmingsketel.

12.nbsp;Inlaat van verwarmings-
ketel vir leidingwater.

13.nbsp;Hoofafvoerbuis vir wa-
tersirkulasie.

14.nbsp;Hoofafvoerbuis van
pomp naar ketel en koel-
bak.

15.nbsp;T-kraan.

16.nbsp;Afvoerbuis van koelbak.

17.nbsp;Afvoerbuis van water-
ketel.

18.nbsp;T-kraan.

19.nbsp;Hoofaanvoerbuis van
ketel en koelbak naar
kas.

20.nbsp;Diatrihuaiebol.

21,nbsp;22, 23, 24. Aanvoer-
buise.

25, 26, 27. 28. Afvoerbuise.

29.nbsp;Versamelbol.

30.nbsp;Ventilasiegat.

31.nbsp;Afvoerbuis vir lugsirku-
lasie.

32.nbsp;Uitlaat vir lug uit kas.

33.nbsp;Inlaat vir lug in kas.

34.nbsp;Termoregulator.

35.nbsp;Termometer in stoom-
ketel.

36.nbsp;Peilglas van stoomketel.

37.nbsp;T-kraan.

38.nbsp;T-kraan.

39.nbsp;Inlaat van stoomketel.

40.nbsp;Uitlaat van stoomketel.

41.nbsp;Inlaat vir drooginstal-
lasie.

42.nbsp;Uitlaat van drooginstal-
latie.

43.nbsp;44. Silinders in kas.

35. Kwikkontak van higro-
meter.

46, 47. Silinders in droog-
installasie.

48.nbsp;Inlaat van akwariumbak

49.nbsp;Uitlaat van akwarium-
bak.

50.nbsp;Sif in buis 13.

51.nbsp;Sybuis aan aanvoerbuis
vir lug.

tc

-ocr page 34-

die proef ontstaan, dadelik te bedek. Dan kan dit nie weer
verdamp nie en verder dus g\'n invloed op die relatiewe vog-
tigheid uitoefen nie. Die kas het voor \'n dubbele glaswand,
om mens in staat te stel waamemings binne in die kas te doen.
Die agterwand, bowand en die twee
S)Avande is van sink of
koper. Die afstand tussen die wande is ± 1 cm.

In die solder van die kas is twee groot sirkelvormige openings,
waarin twee lang silinders hang. Die silinders is bo oop. Sonder
die kas op te trek, kan daarin gedurende \'n proef ys gedoen
word.

Uitstraling word tot \'n minimum beperk deurdat die wande
aan die buitekant beklee is met \'n laag kurklinoleum. Met
\'n takel kan die kas, wat byna 200 pond weeg as dit gevul is
met water, loodreg omhoog getrek word, wanneer \'n nuwe
opstelling vir \'n proef gemaak moet word.

B. Die inrigting vir watersirkulasie deur die kas. (Figuur 2.)

Hierdie inrigting bestaan uit \'n pomp en moter, \'n verwar-
mingsketel, \'n koelbak, \'n yskas, \'n kas met dubbel wande,
waartussen water sirkuleer, \'n stelsel van gummiebuise vir die
verbinding van genoemde dele en \'n kraanstelsel om die koers
van die sirkulasiewater te bepaal.

Die sirkulasiewater word geleidelik verwarm of afgekoel,
naarmate die proef dit vereis.

Die verwarming geskied deur \'n elektries verwarmde ketel
(II) met dubbele wand vir isolasie.

Die afkoeling vind plaas deur middel van die leidingwater
van die maksimum tot aan die temperatuur van die water
uit die waterleiding en daaronder met yswater. Om dit eiltyd
beskikbaar te hê, is daar \'n yskas (III) nodig, wat vooraf met
ys en sout kan gevul word. Deur \'n kraan (1) staan die yskas
in verbinding met die koelbak (IV). Daar die yskas hoër staan
as die koelbak, loop die yswater vanself naar die koelbak,
sodra kraan (1) oopgedraai word.

Aan verwarmingsketel, koelbak en yskas is peilglase aan-
gebring om maklik die stand van die water te kan aflees. Dit

-ocr page 35-

voorkom deurbrand van die ketel en oorloop van die koelbak
en yskas. Die koelbak is wel voorsien van \'n oorloop, maar
dit word nie gebruik as yswater sirkuleer nie, daar dan \'n deel
daarvan indie wasbak sou loop, voor dit deur die kas gegaan het.
Die peilglas aan die ysbak stel ons ook in staat om na te gaan
of die yswater net so snel in die koelbak stroom as dit deur die
iidaat binnekom. In figuur 2 word die peilglase aangedui met
die nommers 4, 5 en 6. Die oorloop van die verwarmingsketel
(7) naar die wasbak het \'n belangrike funksie.

Dit gee die water \'n kans om te ontsnap, sodra om een of ander
rede die pompdnik op die sirkulasiewater in die kas plotseling
toeneem. In dié geval bestaan daar anders groot gevaar dat
die wande van die kas uiteenwyk en gaan lek, wat by die begin
van die proefnemings geblyk het. By yskas en koelbak bestaan
Werdie gevaar nie, aangesien huUe oop is.

Die temperatuur van die water in die verwarmingsketel en
in die koelbak kan met termometers (8, 9) afgelees word.

Aan kraan (10) van die waterleiding is \'n gummiebuis (11)
bevestig, wat naar die inlaat (12) van die verwarmingsketel
gaan. Deur kraan (10) oop te maak kan die ketel volgemaak
word. Geskied dit gedurende die sirkulasie, dan word die sirku-
ïasiewater aangevul en daardeur lug uit die buise verwyder.
Veral by die begin van \'n proef is dit die geval en moet mens
die ketel enkele kere laat oorloop om al die lug uit die sirku-
lasie te verwyder.

Die dryfkrag vir die watersirkulasie word gelewer deur
\'n elektriese moter (VI) van Vs P-K. Die krag word deur \'n
dryfriem oorgebring op die as van die waterpomp (VII), wat
die water laat sirkuleer.

Deur die hoofafvoerbuis (13) word die water uit die kas (I)
gepomp. Dit gaan deur die pomp en word dan deur die hoof-
afvoerbuis (14) oor die kas heen naar die ketel (II) of koelbak (VI)
gepers. Die koers wat die water neein, word gereël deur die
stand van T-kraan (15). Sowel van die koelbak (10) as van die
verwarmingsketel (11) gaan afvoerbuise naar die kas (I). Hulle
IS in fig. 2 aangedui deur die nommers 16 en 17. Deur T-kraan

-ocr page 36-

(18) word die aanvoer gereël van verwarmingsketel en koelbak
naar die kas. By die stand van die T-kraan in fig. 2 sirkuleer
die water deur die verwarmingsketel. Van T-kraan (18) word
die water deur die hoofaanvoerbuis (19) in die distribusiebol
(20) gelei. Vandaar gaan dit deur aanvoerbuise (21, 22, 23 en
24) naar die agterwand, die bowand en die twee sywande van
die kas. Nadat die water tussen hierdie wande gesirkuleer het,
word dit deur vier afvoerbuise (25, 26, 27, 28) naar die ver-
samelbol (29) gepomp. Vandaar word die water weer deur die
pomp weggesuig.

Deur middel van hierdie sirkulasie kan die temperatuur in
die kas in ± 3 uur van kamertemperatuur tot 35° C. verhoog
word en geleidelik in ± 4 uur weer afgekoel tot 5° C. of selfs
laer.

Die temperatuurgrense van die normale plantlewe kan dus
in betreklik korte tyd bereik word. Met die toestel kan ook
nog wel hoëre en laere temperature bereik word.

C. Die installasie vir lugsirkulasie.

Die lugsirkulasie dien om ondanks die temperatuurskom-
melings, wat deur die watersirkulasie en die transpirasie van
die plant in die kas veroorsaak word, die relatiewe vogtigheid
konstant te hou. Soos reeds gesê is, staan die kas in \'n bak met
parafienolie en word daardeur lugdig van die omgewing afge-
sluit. Is dit gedurende die proef g\'n vereiste nie, dan kan die
ventilasiegat (30) oopgemaak word.

Die dryfkrag vir die lugsirkulasie word gelewer deur \'n moter
(VIII) van Vi6 P-K- Deur \'n dryfriem word die krag oorgebring
op die as van die lugpomp(IX.) Dis \'n pomp van dieselfde tiepe
as die waterpomp en dit moet minstens van dieselfde grootte
wees.

Die pomp suig die lug by die uitlaat (32) uit die kas deur
\'n gummieslang (31) naar die stoomketel (X) of naar \'n droog-
installasie (XI). Dit hang af van die stand van T-kraan (37),
Van stoomketel of drooginrigting word respektiewelik vogtige
of droë lug naar die inlaat (33) van die kas gepomp. Deur T-

-ocr page 37-

kraan (38) word die toevoer van droë en vogtige lug naar die
kas gereël.

Die stoomketel (X) is voorsien van \'n termoregulator (34),
om die water op \'n konstante temperatuur te hou, en van \'n
termometer (35) vir kontrole; verder van \'n peilglas (36). Vir
die res is die stoomketel van dieselfde struktuur as die ver-
warmingsketel.

Deur die water in die stoomketel op \'n konstante temperatuur
te hou, het die stoom wat naar die kas gepomp word, ook
\'n gelykmatige krag. Dit verhoog die reëlmaat, waarmee die
apparaat werk en maak dit gevoeliger.

As drooginstallasie word \'n groot lugdig trommel (XI) van
sink gebruik waarin twee groot silinders neerhang nes in die
kas. Deur ys en sout in die silinders te doen, kondenseer die
waterdamp in die trommel en vries op die silinders vas. So
word die damp in die trommel (XI) baie gou verwyder en die
lug natuurlik ook koud. Sulke lug kan dus tegelyk dien om die
temperatuur in die kas te verlaag en die lug te droog.

§ 10. Ouiomatiese werking van die toestel.

Die beginsel van konstante relatiewe vogtigheid is baie een-
voudig. Sodra die lug te droog word, moet damp bygevoeg
word; en as die lug te vogtig word, moet so spoedig molik deur
toevoeging van droë lug die peil van relatiewe vogtigheid
herstel word.

Die moeilikheid is natuurlik om die apparaat outomaties te
laat werk en ook om dit baie
gevoelig te maak, sodat die rela-
tiewe vogtigheid sê tot op 1 % konstant bly.

Die outomatiese werking word verkry deur middel van twee
relais. Die werking van die een relais word gereël deur \'n termo-
regulator in die dampketel. Sodra dit sy akkustroom sluit,
word die water in die ketel nie verder verwarm nie, omdat die
verwarmingstroom outomaties uitgeskakel word.

Die werking van die twede relais is afhanklik van die higro-
meter met kwikkontak (eintlik higrometer-higrostaat) binne in
die kas. Die stand van die higrometer is natuurlik self weer

-ocr page 38-

afhanklik van die relatiewe vogtigheid wat in die kas heers.

Sodra nou die relaisstroom sluit, word hierdeur, ingeval damp
bygepomp word, die pomp outomaties uitgeskakel; daarenteen
ingeskakel as droë lug bygevoeg moet word. Besonderhede
omtrent hierdie punt volg later.

Die gevoeligheid van \'n apparaat is in die eerste plaas \'n
tegniese saak. Van twee toestelle, wat volgens dieselfde beginsel
werk, ja uit dieselfde onderdek opgebou is, kan die een baie
gevoeliger werk as die ander.

In die algemeen kan mens sê, dat \'n apparaat gevoeliger werk
naarmate dit fyner en deegliker afgewerk is, naarmate die onder-
dele beter balanseer en naarmate die opstelling noukeuriger is.

Later (pag. 39) word enkele punte, waarvan die gevoeligheid
van hierdie apparaat afhang, apart behandel.

§ 11. Diens van die silinders in die kas.

Die natuurlike gevolg van die opgaan van die temperatuur
in die kas is, dat die relatiewe vogtigheid verminder. Daar
moet dus damp in die kas gepomp word om die relatiewe vog-
tigheid konstant te hou. Daar by daling van die temperatuur
die relatiewe vogtigheid toeneem, sal dan dus droë lug byge-
voeg moet word.

Wanneer die droëlugstroom nie sterk genoeg is om die rela-
tiewe vogtigheid op peil te hou nie, moet vlug \'n bietjie ys
in een van die silinders gedoen word.

In \'n paar minute word hierdeur die lug voldoende gedroog
om die peil te herstel.

Dikwels gaan dit selfs oor die peil en moet damp in die kas
gepomp word.

§ 12. Besonderhede.

a. Die oliebak is gemaak van sinkplaat No. 16. Dis 86 cm. lang
en 64 cm. breed. Die opstaande rand is 7 cm Drie en \'n halwe

Mate word hier gegee, omdat al die onderdele goed moet balanseer,
as die toestel goed sal werk. Ook is dit maklik, wanneer iemand so \'n
apparaat wil laat maak.

-ocr page 39-

cm. van die buitewand is nog weer \'n strook sink van cm.
loodreg op die bodem van die bak gesoldeer. So ontstaan \'n
gleuf, waarin die kas kan staan. Hierdie gleuf is vir 314 cm.
opgevul met hout en daarop lê \'n strook sink, wat aan die kante
sorgvuldig vasgesoldeer is. Daardeur staan die olie in die gleuf
hoër as in die binnebak. Aan die voorkant is die gleuf 6y2 cm
wyd. Deur die voorwand is 8 gate geboor met \'n middellyn
van 2 % cm. Hierdie gate^ is opgevul met ebonietstafies, waar-
deur in die middel \'n koperbout loop met skroefdraad aan altwee
kante. Op die bout sit isolerende plaatjies en twee moere.
Tussen die moere word dan die elektriese draad geklem. Aan
die end sit \'n isolasieknop. (Fig. 3). Hierdie klemskroewe kan
gebruik word
om dinge bin-
ne in die kas
— lamp, elek-
triese kaggel-
tjie. higro-
meter — te
verbind met

die net van die gebou, \'n akku, \'n relais, ens. \'n Goeie aantal van
die geïsoleerde verbindings verhoog die bruikbaarheid van die
toestel.

Op die bodem van die gleuf (fig. 1) is \'n kraan aangebring
en ook een op die bodem van die binnebak. Hierdeur kan mens
kondensasiewater, wat onder die olie versamei het, weg laat loop.

So nou en dan is dit egter nodig al die olie en water uit die
bak te verwyder en dit met \'n skeitregter van mekaar te skei.
Die bak kan dan meteens goed skoon gemaak word.

6. Die kas met dubbele wande.

Die kas is 82 cm. lang, 62 cm. breed en 80 cm. hoog. Dis
gemaak van stewige sink- of koperplate wat vasgesoldeer is
op \'n sterk raam van hoekkoper. Die kas mag veral nie van te
lig materiaal vervaardig wees nie, daar dit anders te maklik
gaan lek.

eljoTiiet

quot;koperbout

Fig. 3.

-ocr page 40-

Die loodreg afstand tussen die dubbele wande is 1 cm. Op
verskillende plekke is stroke sink as verbinding aangebring en
vasgesoldeer. Hierdie stroke bepaal tegelyk die koers van die
sirkulasiewater (fig. 4).

Om die wande nog stewiger te verbind, is op verskeie plekke
boute met afsluitskyfies en moere deur die wande aangebring
om te voorkom, dat hulle deur die hidrostatiese druk uit mekaar
sal wyk. Al die plekkies is weer sorgvuldig toegesoldeer.

Die inlaat van die sywande en agterwand is onder en die

uitlaat bo. Die

-—

)

i

}

ï

verbindings-

^--buisies vir die

gummiebuise
is van koper
en het \'n mid-
deUyn van

cm. Die
uitlaat vir die
lugsirkulasie
het \'n mid-
deUyn van 2
Fig 4.nbsp;cm. en die

ventilasiegat.

wat 5 cm. van die borand aangebring is, het \'n middellyn van
5 cm.

Die dubbele glaswand aan die voorkant bestaan uit stewige
spieëlglas. Tussen die twee ruite is ook \'n loodregte afstand
van 1 cm., nes tussen die orige dubbele wande. Die ruite is
met stokverf op die koperraam lugdig vasgekit. Aan die onder-
kant is die ruimte tussen die ruite oopgelaat. So kan by ver-
warming van die apparaat die lug tussen die ruite vry uitsit
en desnoods deur die olielaag in die gleuf uitwyk. Vir sirkulasie
hoef dit nie gesluit te word nie.

Die onderste deel van die voorwand bestaan vir 7 cm. uit
sink. So kom die ruite en die stokverf dus nie met die olie in
die gleuf in aanraking nie. \'

-ocr page 41-

Die sirkelvormige openinge in die bowand het \'n middellyn
van 14 cm. en die
silinders wat daarin
hang, van 13 cm. Die
borand van die silin-
ders is 1 cm. breed.
Onder die rand is \'n
stewige gummiering
aangebring. Die silin-
ders is 72 cm. lang
en van stewige rooi-
koper gemaak. Hulle
is dus taamlik swaar,
veral as hulle met ys
gevul is. Deur hulle
gewig druk hulle so op
die gummieringe, dat
\'n lugdigte afsluiting
verkry word. Op die
silinders is deksels van
tripleks. Dit word nog
weer met stewige
klemme vasgedruk.

c. Die dampketel.

Die dampketel (fig. 5)
is gemaak van stewige
messingplaat. Die eint-
like ketel is 19% cm.
hoog en het \'n mid-
dellyn van 16 cm. Dis
voorsien van \'n dub-
bele wand. Die buite-
wand is in fig. 5 met

\'n stippellyn aangedui. Die ruimte tussen die wande is 2 cm.
Dis opgevul met asbes vir isolasie.

-ocr page 42-

In die bowand is openings geboor en daarin is koperbuisies
gesoldeer met \'n middellyn van 2 cm.

Twee van die buisies dien om die in- en uitlaatslang van die
lugsirkulasie daarop vas te maak, nommer drie is vir \'n ter-
mometer en die laaste vir die termoregulator.

Soos die figuur aangee, hang die termometer en die termo-
regulator tot in die water. Die funksie van die peilglas behoef
g\'n bespreking nie.

Die verwarming van die water geskied deur \'n elektriese
kaggeltjie. Sy stand is in fig. 5 met stippellyne aangegee.

In vier asbesplaatjies, 13 cm. lang, 7 % cm. breed en % cm.
dik, is naby die borand gaatjies geboor wat daarna van die
rand af oopgesaag is. Op dié manier kan makhk elektriese draad-
windings gespan word. Vir hierdie draadwindings is nikkel-
kroomdraad van .5 mm. middellyn gebruik. Daar die draad-
windings horisontaal vlak onder die bodem van die ketel lê,
kry ons \'n ekonomiese verwarming.

Aan die voorkant van die ketel sit die stop vir die aansluiting
op die net.

Die voetstuk van die dampketel bestaan uit een ronde en
twee vierkante asbesplate deur porseleinpootjies verbind. Die
geheel rus ook nog weer op sulke pootjies. Die ketel kan son-
der brandgevaar veihg op \'n houtplank staan.

Wanneer die draad deurbrand, kan die ketel maklik los-
geskroef word en in \'n kort tyd nuwe verwarmingsdrade ingesit
word.

d. Die termoregulator.

Die termoregulator (naar De Bouter) is afgebeeld in fig. 5.
Die peervormige onderdeel is 9 cm. lang en 1 % cm. wyd. Dis
geheel gevul met kwik wat in verbinding staan met die kwik
onder die kraan. Daar is dus \'n fhnk volume kwik wat uitsit.
Die bene van die U-vormige deel is respektiewehk 12 cm. en
18 cm. lang en % cm. wyd. Met \'n gummiebuisie is op die
lang been \'n suigbuisie bevestig. Die gummiebuisie kan met

-ocr page 43-

\'n klem gesluit word. In die lang been is \'n kraan, waarmee
die stand van die kwik kan gereël word.

Die kort been het \'n bolvormige verwyding. In die been pas
\'n koperstafie, waaraan onder \'n f3nn platinumnaald vasgesoldeer
is. Om die stafie en die boonste deel van die kort been is \'n
gummiebuisie wat die koperstafie met platinumnaald belet
om naar onder te sak.

Onder in die kort been is \'n platinumdraad in die glas
vasgesmelt. Dit loop deur die glas heen. Die draad-
verbinding wat hieraan vasgemaak is, loop enkele male om
die glasbuis.

Die figuur gee duidelik genoeg aan hoe die verbindings-
drade naar die kroonsteentjie loop, waaraan ook die relaisdrade
bevestig is.

Die stand van die kwik onder die kraan bepaal by watter
temperatuur dit die punt van die naald bereik. Daar die stand
gewysig kan word, deur aan die suigbuis te suig of daarin te
blaas, nadat eers die knyper losgemaak en die kraan oopgesit
is, kan mens dus empieries die termoregulator instel.

Om heel fyn te kan instel, sou dit goed wees in die
glasbuisie \'n suiertjie aan te bring wat daarin kan op en
neer beweeg.

Gedurende die proef mag die water in die ketel nie kook nie,
daar anders stoom naar die kas gedryf word. Dit sou die rela-
tiewe vogtigheid wysig.

Damp gevorm deur water van 80° C. laat die toestel gevoelig
werk. Wanneer damp van 90° C. gebruik word, werk die toestel
reeds aanmerklik minder gevoelig.

Om die effek van die damp in die kas te kan reël is aan die
aanvoerbuis van damp naar die kas \'n sybuis met knjrper of
kraan bevestig. As die dampstroom te sterk is, kan mens \'n
deel van die damp daardeur laat ontsnap. Dan kom dit nie
in die kas nie.

Die temperatuur van die water wat die damp lewer, en die
hoeveelheid damp wat mens laat uitwyk, het \'n groot invloed
op die gevoeligheid van die apparaat.

-ocr page 44-

e. Die higro-
meter
(fig. 6).

Die vorm
van die haar-

higrometer
wat by die
apparaat ge-
bruik is, blyk
duidelik ge-
noeg uit fi-
guur 6.
Die koper-
^Q raam is 30 cm.
lang, 10 cm.
breed en 2
mm. dik. Die
uitsitting ge-
skied deur 4
gelyke bun-
deltjies sorg-
vuldig ont-
vette mense-
haar wat met
rooi lak of \'n
mengsel van
hars en by-
werk aan die
verbindings-
draadjies ^be-
vestig is.
Die verbin-
dingsdrade
loop oor sorg-
vuldig ge-

-ocr page 45-

Die een eindpunt van hierdie stelsel van haarbundels en
drade is vasgemaak aan \'n blokkie wat deur die stelskroef s
kan verplaas word.

Die ander eindpunt is bevestig aan \'n metaaldraad wat op
sy beurt vasgehaak is aan die skrywer van die higrometer.
Deur stelskroef s kan die haarbundels opnuut strak gespan
word as hulle te slap ge word het.

Die punt van die skrywer is reghoekig omgebuig. Dan skryf
dit beter op die beroete papier.

Die klein gewiggie, waarmee die skrywer beswaar is, span
die haarbundels en laat die toestel reëlmatiger werk.

Tussen die koperraam en die gewiggie is onder aan die skrjnver
\'n platinumnaald gesoldeer. Reg onder hierdie naald is \'n klein
kwikbakkie aangebring wat deur \'n stelskroef op en neer kan
beweeg. Bakkie en skroef is met \'n metaalblokkie aan die raam
bevestig.

Om te sorg, dat die naald gedurende die skryf op die trommel
juis bo die middelpunt van die kwik hang, moet dit iets eksen-
tries aangebring word in die rigting van die punt van die naald.

Die higrometer kan met \'n klemskroef vasgemaak word aan
die statief. Deur middel van twee skuifblokkies beweeg dit
langs die statief gemaklik op en neer, wat baie gemak oplewer
by die opstelHng van \'n proef.

Aan die higrometer is twee klemskroefies aangebring vir die
relaisdrade. Ook loop daar \'n kort geleidingsdraad van die skry-
wer naar die koperraam. Hierdie draad laat die relaisstroom deur,
ingeval die skroefie wat as draaipunt vir die skrywer dien,
sleg kontak maak.

Die weg wat die relaiëstroom in die higrometer moet volg,
is maklik uit die figuur af te lei.

Bostaande higrometer is besonder gevoehg.

/. Diens van die relais om die relatiewe vogtigheid outomaties

konstant te hou.

Soos by die beskr5^ing van die apparaat in hooftrekke op
pag 26 reeds vermeld is, kan dieselfde relais gebruik word vir

3

-ocr page 46-

die damp- en vir die droëlugsirkulasie. Dis daarvoor egter nodig
om die relais
om te sit, wanneer die sirkulasies verwissel word.
Die omsit van die relais moet dus steeds saamval met die stand-
verandering van die T-krane in die lugsirkulasie.

Daar hierop die outomatiese instandhou van die relatiewe
vogtigheid berus, is dit die vernaamste punt uit die werking
van die toestel en gaan ons nou nader die punt behandel.

Vir die duidehkheid van uiteensetting is dit nodig vier relais-
stande te onderskei en sig goed rekenskap te gee, wat by elke
relaisstand gebeur:

(1)nbsp;die relaisstand, as damp in die kas gepomp word;

(2)nbsp;die relaisstand, as die pomp rus en dus g\'n damp in die
kas geblaas word nie;

(3)nbsp;die relaisstand, as droëlug in die kas gepomp word;

(4)nbsp;die relaisstand, as die pomp rus en dus g\'n droëlug in die
kas gepomp word nie.

By geval (3) en (4) is die relais omgesit.

Geval 1. (Fig. 7A.)

(a).nbsp;Die platinumnaald van die higrometer maak g\'n kontak
met die kwik nie.

(b).nbsp;Die akkustroom is verbreek.

(c).nbsp;Die anker is dus vry.

(d).nbsp;Die kwik in die relaisbuisie maak kontak.

(e).nbsp;Die netstroom gaan deur die moter.

(f).nbsp;Die pomp werk en damp word in die kas geblaas.

Geval 2. (Fig. 7B.)

(a).nbsp;Die platinumnaald van die higrometer maak kontak
met die kwik.

(b).nbsp;Die akkustroom is gesluit.

(c).nbsp;Die anker word deur die elektromagneet aangetrek.

(d).nbsp;Die kwik in die relaisbuisie maak g\'n kontak nie.

(e).nbsp;Die netstroom gaan nie deur die moter nie.

(f).nbsp;Die pomp is in rus en g\'n damp word in die kas geblaas nie.

-ocr page 47-

Geval 3. (Fig. 8A.) Relais is omgesit.

(a).nbsp;Die platinumnaald van die higrometer maak kontak.

(b).nbsp;Die akkustroom is gesluit.

-ocr page 48-

(c).nbsp;Die anker rus teen die elektromagneet.

(d).nbsp;Die kwik in die relaisbuisie niaak kontak.

(e).nbsp;Die netstroom gaan deur die moter.

(f).nbsp;Die pomp werk en droë lug word in die kas geblaas.

Geval 4. (Fig. 8B.) Relais is omgesit.

(a).nbsp;Die platinumnaald van die higrometer maak g\'n kontak
nie.

(b).nbsp;Die akkustroom is verbreek.

(c).nbsp;Die anker is vry.

(d).nbsp;Die kwik in die relaisbuisie maak g\'n kontak nie.

(e).nbsp;Die netstroom gaan nie deur die moter nie.

(f).nbsp;Die pomp rus en dus word g\'n droë lug in die kas ge-
blaas nie.

(g). Pomp en Moter (Fig. 9.)

Die tiepe van pomp, wat by die apparaat sowel vir water-
as vir lugsirkulasie gebruik word, is afgebeeld in fig. 9. Die vorm
van die tandratte is in die figuur duidelik te sien. Daar die
twee tandratte in dieselfde rigting beweeg, sal \'n suiging in die
rigting ontstaan, waarop die werking van die pomp berus.
By 180 omwentelings per minuut is die waterverplasing onge-

-ocr page 49-

veer 10 L. per minuut. Die lugstroom wat deur die pomp
opgewek word, is nie besonder sterk nie, maar tog voldoende
vir die doel. Daarom moet die pomp vir
lugsirkulasie minstens
net so groot wees as dié vir watersirkulasie, of dit mag ook wel
een nommer groter wees. By die proewe het geblyk, dat mens
vir lugsirkulasie nie \'n pomp kan gebruik nie wat een nommer
kleiner is as die waterpomp. Aan die pomp is \'n paar koper-
buise met \'n middellyn van 2 cm. bevestig, waarop gummie-
buise vir die sirkulasie vasgemaak kan word. Verder is op
die as van die pomp \'n stewige vhegwiel gesit met \'n middellyn
van 40 cm. Die katrol op die moter het \'n middellyn van 5 cm.
Dis van hout gemaak en het \'n opstaande rand om te voorkom,
dat die dryf riem sal afloop.

Aangesien die totaal hoeveelheid sirkulasiewater ± 25 L.
bedra en die pomp onder die bogenoemde omstandighede
ongeveer 10 L. per min. verplaas, sal binne 3 minute al die
sirkulasiewater die kas passeer.

Dit is voldoende om in drie uur die temperatuur in die kas
van kamertemperatuur te verhoog tot 35° C., wanneer \'n
verwarmingsketel gebruik word soos bo beskryf is.

h.nbsp;Die termograaf (Fig. 10.).

Die termograaf wat by die apparaat gebruik word, is van
\'n algemeen bekende tiepe.

\'n Beskrywing is dus oorbodig. Alleen die punt van die skry-
wer is so gewysig, dat dit geskik is om op beroete kimografion-
papier te skryf.

Verder is dit op \'n statief bevestig nes die higrometer. Met
die oog op \'n makhke opstelUng behoort dit goed en lig op en
neer te kan skuif.

i.nbsp;Die yskas.nbsp;quot;

In kou lande is alleen gedurende die winter volop ys beskik-
baar en in warm lande moet dit steeds gekoop word. Die yskas
moet derhalwe so ekonomies moHk ingerig word. Daarom
behoort dit deeghk geïsoleer te wees. Dit kan makhk bereik

-ocr page 50-

word deur die eintlike yskas te plaas in \'n houtkas wat veel
groter is, en die tussenruimte dan op te vul met saagsel. Die
geheel moet toegedek word met \'n goed isolerende deksel.

So\'n yskas kan vooraf gevul word sonder dat die ys ongebmik
wegsmelt. Word dan nog wat ru sout toegevoeg, dan kan die
ys lang bewaar word. Dis wenslik, dat by die vorm en afmetings
van die yskas ook rekening gehou word met die grootte van die
ysstawe. Die beste is die stawe heeltemal regop in die kas te plaas.

Vir \'n apparaat as die bostaande is dit gewens, \'n yskas
te hê, waarin drie stawe ys gaan.

Die uitlaat behoort onder aangebring te wees en die inlaat
bo. Dan loop die water bo op die ys en smelt dit gou af, as in
\'n kort tyd baie yswater beskikbaar moet wees.

j. Die koelbak.

Nes die yskas behoort die koelbak \'n flink volume te hê en
goed geïsoleer te wees.

k. Die gummiebuise.
Dis gewens, dat bostaande apparaat so betroubaar is, dat

-ocr page 51-

dit vir ure sonder toesig kan werk. Daarom moet al die gummie-
buise wat vir die toestel gebruik word, baie stewig wees. Daar
mag g\'n gevaar bestaan, dat daar \'n knik in een van die buise
kom nie. As daar b.v. \'n knik in \'n waterbuis ontstaan, sal die
kas hoogswaarskynlik stukkend gepomp word.

Met die oog op die weerstand mag die buise nie te nou wees nie.

Al die buise moet goed sluit, sodat daar g\'n lekkasie sal
wees nie.

Vir kontrole is in die hoofaanvoer- en hoofafvoerbuise van
die watersirkulasie kort stewige glasbuise aangebring, om maklik
te kan sien, of die water goed sirkuleer. In buis 13 (fig. 2) is
voor die pomp \'n sif aangebring. Dit voorkom, dat vuil tussen
die tandratte van die pomp kan kom. Die tande van die pomp
sluit mooi op mekaar. Klein stukkies vuil kan dus reeds storing
in die gereelde werking van die pomp veroorsaak.

Met die oog op uitstraüng moet al die buise so kort moHk
wees as \'n gerieflike opstelling van die geheel toelaat.

Vir bostaande apparaat is gummiebuise gebruik van 2 cm.
middellyn.

Opstelling.

Veihgheidshalwe is by die opstelling gesorg dat verwarmings-
ketel, koelbak en yskas so ver moUk van die moters verwyder
is en so naby as moHk by die wasbak en waterkrane.

Die oUebak en die ketels is voorsien van \'n aarddraad.
Dit voorkom elektriese skokke, ingeval huUe onder stroom
mog staan.

m. Die gevoeligheid van die toestel.

Op pag. 26 is reeds met \'n enkel woord melding gemaak
van die gevoeligheid van \'n apparaat in die algemeen.

Hier volg enkele punte, waarvan die gevoehgheid van bo-
staande apparaat afhang. Die opstellingspunte is die belang-
rikste, omdat huUe regstreeks afhang van die persoon, wat met
die apparaat werk. Die mate van gevoehgheid word regstreeks
kwantitatief aangedui deur die grense van relatiewe vogtigheid.

-ocr page 52-

uitgednik in persent, wat gedurende \'n proef in die kas heers.

Sê, ons begin met \'n relatiewe vogtigheid van 65 %, Nou bly
die relatiewe vogtigheid gedurende die proef binne die grense
van 64 % en 66 %. Dan sê ons die relatiewe vogtigheid is
noukeurig tot op 2 %, omdat dit aan weerskante 1 % afgewyk
het van die absolute waarde van die relatiewe vogtigheid.
Party mense sou geneig wees dit noukeurig te noem tot op 1 %,
omdat dit nooit meer as 1 % afwyk op \'n gegewe moment nie.

Wanneer nou by \'n ander proef met dieselfde toestel die
grense van die relatiewe vogtigheid 63 % en 67 % is, dan werk
dit noukemrig tot op 4 %.

Gedurende proefnemings merk mens voortdurend op, dat
die apparaat nie altyd ewe gevoelig werk nie.

Dis dus duidelik, dat die faktore, waarvan die mate van
gevoeligheid afhang, nie alleen in die toestel as sodanig skuil
nie, maar ook in die
opstelling van die proef.

Daarom is dit van die grootste belang, dat ons al die faktore
soveel molik ken, om by ons strewe naar konstante relatiewe
vogtigheid die noukeurigheid van die werking so hoog moontlik
op te voer.

Dit is maklik in te sien, dat die noukeurigheid van werking
in die eerste plaas afhang van eienskappe van die apparaat,
waarmee ons die konstante relatiewe vogtigheid trag te bereik
n.l. van die

(a).nbsp;higrometer met kwikkontak,

(b).nbsp;van die relais, waarop die higrometer werk,

(c).nbsp;van die pomp en moter vir lugsirkulasie,

(d).nbsp;Van die geleidingsdrade tussen die genoemde onderdele
en die kontakte,

(e).nbsp;Van die termoregulator,

(f).nbsp;Van die relais, waarop die termoregulator werk,

(g).nbsp;Van die geleidingsdrade en kontakte tusschen (e) en
(f). — en

(h).nbsp;van verskillende ander punte, later te noem.

Nou volg \'n opsomming van eienskappe in die orde soos bo
aangegee:nbsp;lt;

-ocr page 53-

(a). Higrometer met kwikkontak. (Sien fig. 6).

Die een higrometer werk gevoeliger as die ander. Dit hang
o.a, af:

1.nbsp;Van die ontvetting van die hare,

2.nbsp;Van diewrj^ingvandieverbindingsdradeopdie wieletjies,

3.nbsp;Van die wrjAving tussen die metaaldraad en die skrywer,

4.nbsp;Van die wrywing in die draaipunt van die skrjrvver,

5.nbsp;Van die weerstand van die geleidingsdraad jie by genoemde
draaipunt,

6.nbsp;Van die wrjrwing van die punt van die skrywer op die
beroete papier; (^t hang weer af van die gladheid van die
kimografion-papier en van die weerstand van die roetlaag),

7.nbsp;Van die suiwerheid van die kwik in die bakkie onder die
skrywer,

8.nbsp;Van die reinheid van die platinumnaald,

9.nbsp;Van die spanning van die haarbundels,

10.nbsp;Van die manier, waarop die papier op die kimografion
geplak is,

11.nbsp;Van die posiesie van die platinumnaald se punt ten
opsigte van die middelpunt van die kwikspieël.

Die laaste drie punte is regstreekse opstellingspunte,

(b,). Die relais, waarop die higrometer werk. (Sien fig. 2).

Die snelheid en akkuraatheid, waarmee die relais werk, kan ons
ook weer die gevoeligheid van die relais noem.
Dit hang o.a. af:

12.nbsp;Van die akkustroom, wat deur die klossie gaan,

13.nbsp;Van die kwaliteit van die elektromagneet,

14.nbsp;Van die kwaliteit van die anker,

15.nbsp;Van die wrywing van die anker in sy draaipunt,

16.nbsp;Van die wrywing van die hefboom teen die relaisbuisie,

17.nbsp;Van die reinheid van die kwik in die relaisbuisie,

18.nbsp;Van die wrywing op ander punte, nie apart genoem nie.

(c). Die pomp en moter vir lugsirkulasie.
Nesby higrometer en relais, kan ons by die pomp en die moter

-ocr page 54-

spreek van gevoeligheid, wat van allerlei faktore afhang, o.a.:

19.nbsp;Of die as van pomp en moter suiwer parallel is,

20.nbsp;Van die wrywing van die dryfriem op die katrol van die
moter en op die vliegwiel van die pomp,

21.nbsp;Van die spanning van die dryfriem,

22.nbsp;Van die slinger van die dryfwiel,

23.nbsp;Van die wrywing van die tande van die tandratte e.a.
wrywingspunte in die pomp se onderdele.

24.nbsp;Van die snelheid, waarmee die moter aanslaan, wat
weer afhang van tal van ander punte, nes by die relais.

(d).nbsp;Die geleidingsdrade en kontakte.

Daar al die onderdele, bo genoem, elektries gedryf word, is
dit maklik te begryp, dat die geleidingsdrade en kontakte die
gevoeligheid van higrometer, relais, pomp en moter beïnvloed.
Dus die totaalgevoeligheid hang af:

25.nbsp;Van die kwaliteit van die elektriese geleidingsdrade,

26.nbsp;Van die deeglikheid van die kontakte by die klemskroewe.

(e).nbsp;Die termoregulator.

Die termoregulator bevat kwik wat kontak moet maak met
\'n platinumnaald. Dus hang hier die gevoeligheid ook weer af:

27.nbsp;Van die reinheid van die platinumnaald,

28.nbsp;Van die reinheid van die kwik.

(f).nbsp;Die termoregulator en relais.

Die termoregulator werk met die hulp van elektriese drade
op \'n relais, nes die higrometer in die kas.

Die gevoeligheid van die hele apparaat is dus ook gedeeltelik
afhanklik:

29.nbsp;Van die gevoeligheid van hierdie relais (vergelyk b.) en

30.nbsp;van die kwaliteit en deeglikheid van die elektriese kon-
takte en verbindings (vergelyk d).

(h). Ander punte, wat ook die gevoeligheid beïnvloed.

31.nbsp;Die temperatuur van die water in die dampketel het ook

-ocr page 55-

\'n groot invloed op die gevoeligheid. By 80° C. is die dampvorming
lang nie so lewendig nie as by 90° C. Daar die pomp vir lugsir-
kulasie vry wel gelykmatig loop by verskillende temperature sal by
90° C. die dampstroom dus baie kragtiger wees as by 80° C.,
wat \'n groter skommeling van die higrometer in die kas ver-
oorsaak.

As die pomp vir lugsirkulasie begin werk, daal die tem-
peratuur in die dampketel skielik enkele grade, deurdat damp
van ± 80° vervang word deur kouere lug van die pomp. Daar
dit weer die sterkte van die dampstroom beïnvloed, is die
totaalgevoeligheid ook afhanklik:

32.nbsp;Van die tydduur waarmee die pomp loop.

Om die effek van \'n kragtige dampstroom op die higrometer
in die kas te temper, is aan die inlaatbuis vir lug (respektieweUk
damp, droë lug) \'n sybuis met knyper aangebring. As die buis
oopstaan, ontsnap \'n deel van die aangevoerde damp deur die
sybuis en kom dus nie in die kas nie. Dit het \'n groot invloed
op die gevoeligheid van die apparaat.

Die totaalgevoeligheid van die apparaat hang dus af:

33.nbsp;Van die deel van die damp, wat deur die uitlaat van die
aanvoerbuis ontsnap.

Wanneer die olielaag in die bak nie al die kondensasiewater
onskadehk maak nie, sal dit \'n sterk invloed uitoefen op die
relatiewe vogtigheid in die kas. Die gevoeligheid is dus ook
afhanklik:

34.nbsp;Van die werking van die olielaag in die gleuf van die
bak en in die binnebak. Dit moet goed al die water bedek, sodat
niks kan verdamp nie.

Wanneer die damp uit die ketel naar die kas gepomp word,
sal in die gummiebuise die damp afgekoel word, wat sy invloed
het op die effek van die dampstroom in die kas.

Die gevoeligheid hang dus ook af:

35.nbsp;Van die lengte van die buise tussen ketel en kas,

36.nbsp;Van die wydte van hierdie buise en

37.nbsp;Van die temperatuur van hierdie buise.

-ocr page 56-

Metode.

§ 13. Voorgeskiedenis van die gevolgde metode.

Wie soek, die vind, —

Al vind hy nie altyd wat hy soek nie.

Dis seker die ervaring van baie natuurondersoekers gewees
en dit was laas jaar ook my ondervinding.

Die oorspronklike plan was \'n ondersoek in te stel naar die
oorsake van die periodieke bewegings van volwasse grasblare.

Soos uit die literatuuroorsig blyk, het verskillende ondersoekers
hulle daarmee besig gehou en daar heers taamlik verskillende
opvattings.

\'n Nuwe ondersoek om tot \'n finale oplossing te kom, uit-
gevoer met ander materiaal, het my noodsaaklik geskyn. Die
materiaal sou bestaan uit \'n aantal Suid-Afrikaanse grassoorte
wat ek wou onderwerp aan \'n anatomies-fisiologiese ondersoek.

Wanneer een of ander probleem nie finaal kan opgelos word
nie, deurdat daar uiteenlopende opienies bly heers, is dit aan
te beveel, dit nog eens volgens \'n ander metode te probeer.

Die resultaat hiervan is die apparaat gewees, al het ek dan
ook nie in die vir my beskikbare tyd die werk kan beëindig nie.

By die deurgaan van die werk wat reeds deur vroeëre onder-
soekers verrig is, kom duidelik uit, dat vog as die
hoofoorsaak
beskou word.

Vog het saam met lig en temperatuur wel die grootste invloed
op die lewe van \'n plant.

Dit sou dus bes molik kan wees, dat temperatuur en lig ook
\'n rol by die bewegings speel.

Enkele aanwysings hiervan kom reeds in die literatuur voor.
So skryf Brogniart in 1860 sy „Note sur Ie sommeil des feuilles
dans une plant de la familie des Graminéesquot;.

-ocr page 57-

Darwin gee in sy „Movements of Plantsquot; op pag. 391 \'n af-
beelding van die slaapbewegings van Strephium floribundum,
dieselfde plant, waaroor Brogniart skryf.

Goebel meld van Leersia hexandra dat dit niktinastiese
bewegings uitvoer (10).

Om uit te maak of dit die geval is, moet ons in staat wees
om die relatiewe vogtigheid konstant te hou.

Dis \'n erkende feit dat, om die invloed van elke faktor
apart te kan bepaal op \'n proses, uit \'n groep van faktore op
sy beurt elke faktor konstant moet gehou word. Dit was dus
besonder opvallend, dat nêrens \'n poging aangewend is om die
invloed van temperatuur alleen suiwer te bepaal nie.

Afgesien van die kwessie of temperatuur by die bewegings
van grasblare \'n groot rol speel, het ek gevoel, dat dit van groot
belang is in staat te wees, die relatiewe vogtigheid konstant
te hou, terwyl die temperatuur verander, omdat dit noodsaaklik
is vir die toepassing van \'n grondbeginsel by ons ondersoek
naar die invloede van die hooffaktore — lig, temperatuur en
relatiewe vogtigheid — op die plantlewe.

Vandaar dat ek probeer het \'n apparaat te konstrueer vir
konstante relatiewe vogtigheid
by variërende temperatuur,

So\'n apparaat is ook \'n vereiste vir \'n noukeurige betroubare
ondersoek naar die oorsake van die bewegings van grasblare,
aangesien dit voor die hand lê, dat temperatuur daar baie goed
iets mee kan te doen hê.

quot;n Beweging is iets, wat verbygaan. Dit bestaan uit \'n groot
aantal momente. Om dit later te kan bestudeer, moet dit vas-
gelê word op een of ander manier. Vandaar die gebruik van
die
kimografion.

Vir die klein bewegings van grasblare was \'n verf5niing van
hierdie apparaat nodig, wat vir die bekwame tegnikus van die
laboratorium egter g\'n moeiüke saak was nie.

Die slaywer is baie lig gemaak, die wrywing so gering
molik en die beweging tog vergroot weergegee.

Die kimografion wat by die ondersoek gebruik is, word later
beskryf in hierdie hoofstuk.

-ocr page 58-

Geringe bewegings wat aan die blote oog ontsnap, word nog
noukeurig geregistreer. So kan temperatnurinvloede, al is hulle
gering, tog nog aangetoon word.

Daar in die begin die doel van die voorproewe was, die invloed
van die relatiewe vogtigheid te registreer, is die proewe
geneem in \'n ruimte vir konstante temperatuur, donker kamer
No. 2 van die botaniese laboratorium in Utrecht. In genoemde
kamer kan die relatiewe vogtigheid maklik verhoog word tot
95% of selfs hoër. Spoedig het geblyk, dat \'n lae relatiewe
vogtigheid nie te bereik is nie. Die ventilator suig n.l. buitelug
naar binne en dus is die minimum van relatiewe vogtigheid
bepaal deur die buitelug. Graag wou ek die plante ook blootstel
aan \'n laere relatiewe vogtigheid as ± 66% en so is dus die
behoefte gevoel om \'n lae relatiewe vogtigheid te kan bereik,
sê 40%. Vir proewe met Suid-Afrikaanse grasse is dit absoluut
nodig.

Om dit te bereik het ek probeer, wat die invloed van on-
gebluste kalk sou wees. Vir die ventilasiegat is \'n groot bak
met CaO aangebring. Die lug is daar deurheen gesuig, maar
die uitwerking was uiters gering. Ook sou die hoeveelhede
ongebluste kalk wat nodig is om die lug van so\'n groot kamer
te droog, te groot wees, wanneer daaghks proewe geneem word.

\'n Klein afgeslote ruimte vir die proewe was die natuurUke
oplossing; \'n ruimte, lugdig van die omgewing afgesluit.

In die laboratorium was \'n mooi glaskas aanwesig en dié
is voorlopig gebruik. Onder die kas is \'n sinkbak gemaak van
dieselfde tiepe soos dié in hoofstuk II.

Die plant en kimografion is hieronder opgestel; die rela-
tiewe vogtigheid afgelees met \'n polimeter van Lambrecht.
Deur CaClg is die lug in die kas gedroog.

Gestreef is, die lug so droog te maak, dat die blare heeltemal
sou oprol, terwyl die wortels volop water het. Dit het egter
nie gegaan nie. Wel is deur verskillende grasse flinke bewegings
uitgevoer.

Toe is die effek van droë koue lug ondersoek. Silinderglase
met ys en sout is in die kas geplaas.

-ocr page 59-

Eindelik is die plante aan droë warme lug blootgestel.
Solang die plante vooraf volop water in die pot toegedien is,
kon mens die blare nie laat oprol nie.

By hierdie voorproewe het die temperatuur van 5° C.—35° C.
gewissel. Die relatiewe vogtigheid is afgebring tot 35% in
sommige gevalle.

Die bogenoemde proewe het my die behoefte laat gevoel aan
\'n betere inrigting vir verwarming en afkoeling in die kas. Voor-
lopig is vir verwarming elektriese kaggeltjies gebruik min of
meer van dieselfde tiepe as onder die dampketel gebruik
word.

Die verwarming deur so\'n elektriese kaggeltjie is te ongelyk-
matig. Dit moet vanweë die opstelling gewoonlik vlak by die
ruit staan, wat dan sterk lokaal verwarm word. Dit lewer gevaar
vir die glas op. Die lug in die kas word vlak by die kaggeltjie
sterk verwarm, daar ontstaan \'n sterk warmelugstroom naar bo.
Die resultaat is, dat op verskillende plekke in die kas sterk
uiteenlopende temperature heers. Op dié manier is eintlik glad
nie vas te stel wat die temperatuur gedurende die proef
is nie.

Die afkoeling verkry deur siünderglase vol ys en sout in die
kas te plaas, is maar min of meer van dieselfde slegte kwaliteit
as die juis beskrewe metode van verwarming. Die afkoeling is te
lokaal, daar ontstaan ook lugstromings en op verskillende
plekke heers sterk verskillende temperature.

Behoefte is dus gevoel aan \'n sisteem van verwarming
en afkoeling wat vry is van bostaande gebreke. Daarom is
oorgegaan tot \'n kas met dubbel wande, waartussen warm of
kou water sirkuleer. Die gelykmatige uitstraling van die
wande sorg, dat die temperatuur in die kas orals vrywel die-
selfde is.

Om fisiologiese werk op Suid-Afrikaanse grasse in Holland
te kan verrig, was dit nodig, die grasse daar uit te saai en te
kweek. Die kuituur was in sy geheel \'n mislukking. Die kieming
was taamhk bevredigend, maar die verdere ontwikkeling ten-
gevolge van die verskillende klimaat treurig.

-ocr page 60-

Die plante bly klein en skraal en verlies hulle harde ge-
aardheid.

Daar sulke materiaal sterk afwyk van normale materiaal,
het ek my plan om proewe met Suid-Afrikaanse grasse te
neem, voorlopig moes opgee.

In die plek daarvan het ek toe enkele Hollandse grasse gekies
wat vir die werk in aanmerking kon kom, nl.: Elymus arenarius,

Triticum junceum, Psamma arenaria en Glyceria aquatica.

§ 14. Die bestaande metode.

Soos die literatuuroorsig aangee, is die ondersoek van gras-
blare ingelei deur Duval Jouve, Pfitzer e.a. Die ondersoek is
hoofsaaklik van anatomiese aard. Wel het die ou ondersoekers
ook die bewegings van grasblare waargeneem, maar tog nie
hulle hoofaandag daaraan gegee nie.

Die ondersoek naar die oorsake van die bewegings van gras-
blare hang saam met die ondersoek naar die openingsmekanisme
van sporangia by Pteridophytae, van die stuifmeelsakke by
Angiospermae en met die ondersoek naar bewegings van mosblare.

By al drie kom dieselfde dinge voor die voetlig: swelling van
selwande, turgorspannings en kohesie-trekkrag.

Die vraag, watter metode by hierdie ondersoek gevolg is, kom
as vanself naar vore toe.

Gewoonlik word van die blaar eers \'n dwarsdeursnee gemaak,
soms dun, dan weer dik. Hierdie seksies word in verskillende
omstandighede gebring; hulle kry water of mens laat hulle
uitdroog, hulle word in alc. abs. gesit en daarna in water; H2SO4
word toegedien, gemiese reaksies nagegaan ens.

Önder die mikroskoop word dan gekontroleer, wat die frag-
mentjies van die blaar uitvoer.

Onder genoemde omstandighede word ook bewegings uit-
gevoer. Die seksie rol op of ontplooi; dit swel op of krimp;
dit gee gasse af of neem lug op.

Met hierdie studie is ons seker \'n heel end verder gekom, en
dis ook nie in die minste die bedoeling, iets van die waarde
van hierdie metode af te ding nie.

-ocr page 61-

Tog het genoemde metode een nadeel: Die plant word in
stukkies gesny en uit die gedrag van die deeltjies konklusies
getrek wat as geldig beskou word vir die geheel. Daar is altyd
gevaar, dat so\'n fragmentjie hom nie netso gedra as \'n heel
plant nie.

Die metode wyk sterk af van die faktorestudie wat alle faktore
konstant hou behalwe een, en van die metode wat as beginsel
aanneem die plant soveel mohk intak te laat.

§ 15. Die metode, wat hier toegepas is.

Die grondgedagte van die hier toegepaste metode is om die
plant in \'n afgeslote ruimte te bring, waarin kunsmatig in \'n
kort tyd \'n willekeurige, bepaalde omgewing kan geskep word,
by voorkeur sulke omgewings as ook in werklilieid in die
vrye natuur kan voorkom.

Verder moet dan deur registrasie die gedrag (beweging) van
die plant deur die plant self geregistreer word.

Dis nie voldoende nie, dat ons die plant kan omring met kou
droë lug, kou vogtige-, warm droë- of warm vogtige lug en
dat ons hom aan lig kan blootstel of in donker plaas nie, ons
moet in staat wees die ligsterkte, vogtigheidsgraad en tempera-
tuurgraad te beheers, noukeurig in eenhede soos MK, graad en
persent uitgedruk.

Wanneer ons van kunslig gebruik maak, lewer dit vir lig
nie veel beswaar op nie. Ons kan dagliglampe van \'n bepaalde
sterkte neem, dié op \'n bepaalde afstand van die plant opstel
en die \'n bepaalde tyd laat brand. So kan ons dag en nag
verwissel, as dit nodig is, die dag en nag willekeurig verleng of
verkort.

Die warmtegraad word afgelees met \'n termometer en beheers
deur \'n termoregulator.

Die relatiewe vogtigheid word gemeet met \'n higrometer,
maar is baie moeilik konstant te hou.

Ons dink egter met dié toestel in die voorgaande hoofstuk
beskryf, ook die moeilikheid te kan oorwin.

So sal ons dus in staat wees om by konstante lig suiwer tem-

-ocr page 62-

peratuurkrommes te trek by \'n willekeurige konstante relatiewe
vogtigheid. Hoe ons dadelik by die begin van die proef sê \'n
relatiewe vogtigheid van 40% kan kry, word later in hierdie
hoofstuk beskryf.

Die registreermetode is nie nuut nie. Dis reeds deur Pfeffer
toegepas in 1907 en deur baie anders nagevolg en verbeter
o.a. deur Brouwer in 1926 by sy ondersoek naar „De Pe-
riodieke bewegingen van de primaire bladeren bij de kiem-
planten van Canavalia ensiformisquot;, later voortgesit deur Klein-
hoonte (1924).

Die resultate van die laaste ondersoek is gepubliseer onder
die tietel: „Ueber die durch das Licht regulierten autonomen
Bewegungen der Canavalia-Blatter.quot; (18).

Die tiepe van kimografion in sy verfjmde vorm en die metode
van opstelling word in die volgende paragrafe in besonderhede
beskryf.

Die registreermetode het seker groter molikhede gekry
deurdat by willekeurige konstante relatiewe vogtighede gewerk
kan word.

§ 16. Metode om op \'n bepaalde relatiewe vogtigheid in te stel.

Aangesien ons in die kas (Fig. 2) \'n ruimte beskikbaar het,
waarin ons die relatiewe vogtigheid met die hulp van \'n damp-
en droëlugsirkulasie willekeurig in enkele minute kan wysig of
bring op \'n bepaalde peil, voel ons behoefte aan \'n metode
om op \'n bepaalde willekemige peil te kan instel.

Sê, die relatiewe vogtigheid in die werkkamer is 65%. Laat
ons dus die kas neer, dan heers daar \'n relatiewe vogtigheid
van 65%. Wanneer ons nou \'n relatiewe vogtigheid van 50%
wil hê, moet ons droë lug in die kas pomp. Die vraag is net
hoeveel, \'n Polimeter, in die kas geplaas, kan ons waarsku wanneer
dit genoeg is, maar nou is die kwikkontak nog nie op die peil
van 50% ingestel nie. Sal die relatiewe vogtigheid op die peil
gehou word, dan moet die platinumnaald juis kontak met die
kwik maak. Wanneer ons sorg, dat die naald kontak maak as
die kas neergelaat word, dan is dit ingestel op 65%.

-ocr page 63-

Deur \'n inrigting soos vertoon in fig. 11 kan ons maklik \'n
empieriese skaal vasstel.

Die kwikniveau moet gelykstaan met die hoogte van die naald,
wat aan die kwikbakkie aangebring is. Aan die metaalblokkie
IS \'n skaal bevestig waarlangs
die naald beweeg, as die stel-
skroef rondgedraai word. By \'n
relatiewe vogtigheid van 65%
staan die wyser sê op 26. Deur
droë lug by te pomp gaan die
higrometer se skrywer omhoog
en gee by 50% die stand aan
die platinumnaald soos aangedui
in fig. 11. Die stand word ge-
noteer. Die stelskroef moet nou
soveel omhoog gedraai word,
dat die naald juis weer kontak
met die kwik maak.

Dis nie nodig om hiervoor die
kas weer op te trek nie. Deur een
van die openings vir die silinders
bo in die kas kan mens wel die
skroef instel. Die relais klik nl.,
sodra kontak gemaak word. Die
pomp moet natuurlik uitgeskakel
SmSlP
wees. Om in te stel op \'n relatiewenbsp;Pj j j

vogtigheid hoër as dié wat op Kwikkontak\'met\' empieriese
die moment in die kamer heers,nbsp;skaal.

gaan ons as volg te werk.

Ons skroef die bakkie so laag tot ons seker is, dat dit \'n laere
stand inneem as vir die vereiste peil nodig is. Sê ons begin
weer by 65% en ons wens \'n relatiewe vogtigheid van 80%.

Nou blaas ons damp in die kas, tot die polimeter binne in
die kas 80 aanwys en stop dan die pomp.

Ons wag \'n tydjie om seker te maak, dat die polimeter op
80 bly staan. Nou is die naald natuurlik nog \'n sekere

-ocr page 64-

afstand bo die kwik, want die bakkie is te laag afgeskroef.

Al wat ons moet doen, om die vereiste instelling te kry, is
die kwikbakkie op die gewone manier omhoog te skroef, tot
die naald kontak maak.

Gedurende die proewe word die verskillende stände, waarvan
reeds gebruik gemaak is, genoteer en so het ons in \'n kort tyd
\'n bruikbare empieriese skaal van relatiewe vogtigheid.

§ 17. Die plant en kimografion (fig. 12).

In fig. 12 sien ons \'n opstelling van die plant en kimografion.
Later (fig. 14) word nog die totaalopstelling in die kas behandel.
Vir die duidelikheid reken ons dit egter nodig, eers hierdie
gedeelte apart te neem.

Eers gee ons \'n kort beskr3rwing van die apparaat op die
figuur en daarna volg die punte, waarop spesiaal gelet moet
word by die opstelling.

Die apparaat.

1.nbsp;Die erdeblompot, waarin die plant staan, is nog weer in
\'n silindervormige sinkblompot geplaas.

Die sinkblompot is voorsien van \'n goed sluitende deksel,
wat bestaan uit twee helftes. Die helftes slaan met die rante
± ^ cm. oormekaar, om die sluiting deegliker te maak. In die
middel van die deksel is \'n ronde opening vir die plant vry
gelaat, \'n Prop watte sluit die opening af en beskerm tegelyk
die plant teen beskadiging.

2.nbsp;Die statief met kimografion staan in die middel van die
figuur. Die voet van hierdie statief moet stewig en groot wees.

Die uurwerk kan langs die staaf van die statief op en neer
beweeg en op die juiste hoogte vasgeklem word.

Ook is dit verplaasbaar in \'n horisontale vlak, wat by die
opstelling baie gemak oplewer.

Die beweging van die uurwerk word deur \'n tandrat oor-
gebring op \'n ander tandrat onder aan die trommel bevestig.
Hierdie trommel loop rond in 24 uur, dog die omlooptyd is
maklik te wysig deur \'n ander tandrat te gebruik.

-ocr page 65-

Fig. 12.
Plant en Kimografion.

-ocr page 66-

As die skroef bo op die trommel losgedraai word, kan die
trommel van die pin afgelig word, waardeur dit in sy posiesie
gehou word.

Bo die trommel is aan die statief nog twee verplaasbare
klemme, waarin die steunhoute bevestig is.

Soos maklik uit die figuur te begryp is, kan die steunhoute
sowel vertikaal as horisontaal verplaas word.

3. Regs op die figuur staan op \'n blokkie hout die statief
met drie steunarmpies.

Op die boonste armpie is aan die end \'n beuel, waarin met
uiters geringe wrywing die as van \'n wieiet jie kan draai. Die
as is voorsien van \'n spiraaldraad met geringe spoed.

Die straal van die wieletjie is 7 X so groot as die straal van
die spiraalas, Hierdie verhouding kan natuurlik gewysig word.
quot;Wanneer die klemskroef onder die beuel losgemaak word,
kan die beuel en wieletjie in \'n ander vertikale vlak oorgebring
word.

Die steunarmpies is uitgeboor in die lengte. Sodoende is die
pinne, met ogies aan die end, verplaasbaar in die rigting van
die draad met skrywer.

Met klemskroefies kan hulle in posiesie gehou word.

Aan die basis het die steunarmpies deurboorde blokkies, wat
baie glad en maklik skuif langs die as van die statief, aangesien
alles van messing gemaak is en fjni afgewerk. Met klemskroewe
word die deurboorde blokkies op die skroef vasgeklem.

Die voet van die statief is van lood.

Aan die spiraalas van die wieletjie is die trekdraad met lym
vasgemaak. Aan die vry uiteinde sit \'n fyn staal hakie met skerp
punt.

Oor die wieletje hang die draad met skrywer, van staaldraad
gemaak. Die punt van die skiywer is reghoekig omgebuig in
die rigting van die trommel.

Aan die uiteindes is die draad met skrjnver deur twee sorg-
vuldig uitgebalanseerde gewiggies beswaar.

Die gewiggie, wat die trekdraad strak span, is iets swaarder

-ocr page 67-

as die ander gewiggie en die sloywertjie saam. Trekdraad en
spandraad is van sy. Hulle word sorgwldig ingevet.

Die opstelling.

By die opstelling dien op die volgende dinge gelet te word:

1.nbsp;Die plant word volop water gegee, voor dit in die sink-
blompot gesit word. Dis om seker te maak, dat die beweging
van die blare nie veroorsaak word deur watergebrek by die
wortels nie.

2.nbsp;Die opening in die deksel word goed met \'n prop watte
gesluit, sodat verdamping van bodemwater uitgesluit is. Dit
sou ook die relatiewe vogtigheid in die kas kan beïnvloed.

3.nbsp;Die mees geskikte blaar vir die proef word uitgesoek.
Blare, wat by die opstelling kan hinder, word opsy gebuig.
Die blaar vir die proef gekies, moet by die opstelling soveel
molik in sy natuurlike posiesie bly.

4.nbsp;Die steunhoute word so aangebring, dat hulle net die
blaar aan die agerkant aanraak. Eers word die onderste speld
vlak naas die middelnerf gesteek of met \'n klein klemmetjie
agter vasgeklem, daarna die boonste. As die spelde op hulle
plek is, word nogmaals nagegaan of die deel van die blaar tussen
die steunhoute nie in die minste in \'n onnatuurlike houding
sit nie. Dit mag ook nie langs die spelde van die steimhoute
afgeskuif wees nie. \'n Onnatuurlike spanning in die blaar sal
die beweging beïnvloed.

By sag blare is dit die beste, \'n baie fyn strokie papier op die
speld te steek, voor dit vlak naas die middelnerf gesteek word.
Dan gly die blaar nie so gou langs die speld af nie en skeur die
blaar ook nie so lig nie.

5.nbsp;Die statief met steunarmpies word in posiesie geskuif.
Die wieletjie moet saam met die blaarskyf in een plat vlak lê.
Ons noem dit die opstellingsvlak. Ook moet die middelpunt
van die wieletjie netso hoog lê as die middel van die deel van die
blaar tussen die steunhoute. Die trekdraad moet horisontaal
loop.

6.nbsp;Die staalhakie word tussen \'n pinset met fyn punte gevat

-ocr page 68-

en versigtig op die juiste hoogte deur die rand van die blaar
gesteek. Gewoonhk doen ek dit met die Unkerhand en steun die
blaar met \'n vinger van my regterhand. Die hakie moet vlak
by die rand sit. Dan word die beweging die noukeurigste ge-
registreer. Die hakie moet einthk so klein wees, dat die draad
net teen die rand van die blaar rus.

7.nbsp;Die trekdraad moet nou sorgvuldig op die spiraalas gewind
word tot dit strak is. By \'n goeie opstelling behoort daar slegs
enkele windings draad op die spiraalas te lê, in elke geval nie
meer as een laag nie. Dit mag daar ook nie los op lê nie. Om
dit strak op die spiraalas te kry, vat ek die draad in my linker-
hand, naby die wieletj ie, tussen duim en middelvinger. Die wys-
vinger hou ek vry om op die wieletjie te laat rus, wanneer ek
dit nie met die regterhand kloksgewyse omdraai. Sodra ek met
draai ophou, laat ek die wysvinger daar weer op rus, anders
draai dit terug. Terwyl die wieletjie rondgedraai word moet
met duim en wysvinger die draad \'n bietjie vasgeknyp word.
Deur die wrywing kom dit strak op die spiraal te lê. Sodra die
draad ver genoeg op die spiraal gewindis, word dit heel versigtig
losgelaat. Anders loop dit te ver terug.

8.nbsp;Nou moet die spandraad met skrywertjie oor die wieletjie
gehang word. Dis een van die moeilikste dele van die opstelling.
Ek vat die draad bo die skrywer in die linkerhand tussen duim
en wysvinger, terwyl ek die draad \'n afstand verder van die
skrywer at met \'n tangetjie vasknyp en dit so versigtig op die
wieletjie lê. Eers laat ek die draad met die tangetjie los. Dan
kry die oorwig kans om aan die draad te trek en so gly dit
oor die wieltejie tot die trekdraad gespan is. Dan pas laat ek
die deel met die skrywertjie los.

9.nbsp;Nou word die twee steunarmpies in posiesie gebring. Hulle
moet ook in die opstellingsvlak lê. Die ogies van die pinne in
die steunarmpies moet net teen die vry afhangende draad rus.
Met \'n tangetjie word die draad met skrywer in die ogies gesit.

10.nbsp;Daarna bring ons die trommel tot vlak by die draad met
skrywertjie. Die een steunarmpie moet ewe bo die trommel
vasgeklem word en die ander iets laer as die trommel.

-ocr page 69-

11.nbsp;Met \'n tangetjie (pinset) word die draad met skrywertjie
uit die boonste ogie gehaal, van die trommel af gehou en twee
tot driemaal linksom getordeer. Daarna word die draad in die
ogie terug gesit. Die skrywertjie rus nou stewig teen die trommel.

12.nbsp;Nou druk ons op die trekdraad en laat dit los, om te sien
of die spandraad glad op die spoel loop. Tegelyk merk ons dan
op of die skrywer naar benede \'n duidelike loodlyn op die beroete
papier skryf. Mens moet veral oppas, dat die trekdraad nie
tussen die spiraal en die beuel kom nie. Dit belemmer die mak-
like beweging van die wieletjie.

13.nbsp;As die blaar oprol, sal die vry skrywertjie dus ook af-
gaan, by die ontplooi opgaan. Dit hang natuurlik daarvan af,
hoe die draad op die spiraalas gewind is.

14.nbsp;Ten slotte word die gehele opstelling nog eens sorgvuldig
deurgegaan of alles in orde is. Klein korreksies moet soms nog
aangebring word. Soms blyk, dat die trommel nie suiwer loodreg
staan nie. Die klemskroef word dan losgedraai en die trommel
in \'n suiwerder posiesie gebring. Die draad met skrywer moet
suiwer parallel met die trommel se silindervlak loop.

Opmerking. Die kimografionpapier moet goed strak op die
trommel geplak word. Anders gly dit gedurende \'n proef naar
benede. Dit word swartgemaak met \'n toluol- of xylolvlam.
Die beroete papier is reeds op die silinder, voor met die opstelling
begin word.

§ 18. Die totaalopsteüing in die hak {fig, 13 en fig, 14).

Figuur 13 gee ons in plattegrond \'n beeld van die totaal-
opstelling by een van die proewe.

Links agter is die erdeblompot en die sinkblompot aan-
gedui as twee konsentriese sirkels. Daarvoor sien ons die statief
met klok en trommel,

In die voet van die statief sien ons die klem geprojekteer,
wat die steunhout moet vashou.

Van die blaar, wat teen die steunhout vasgeteken is, loop die
trekdraad oor statief, uurwerk en trommel naar die wieletjie.

-ocr page 70-

waarvan ons die projeksie voor teen die trommel sien. In trommel
en uurwerk is die twee tandratte in projeksie aangegee.

Links voor die trommel staan die statief met steunarmpies
en regs voor die trommel die higrometer met kwikkontak en
die termograaf. lt;

-ocr page 71-

Heeltemal voor sien ons die statief met termometer en poli-
meter.

Eindelik regs in die bak die silinders met oliebakkies en
asbesskermpies.

Die diens van die asbesskermpies kom hier goed uit. Die voorste
beskerm die termometer teen die direkte afkoeling van die ys-
silinder en die agterste doen dieselfde vir die plant.

Fig. 13.

I. Erdeblompot.

II. Sinkblompot.

III.nbsp;Statief.

IV.nbsp;Klok.

V. Trommel.

VI. Statief met steunarmpies.
VII. Higrometer met kwikkontak.
VIII. Termograaf.

IX. Statief met termometer en polimeter.
X, XI. Silinders.
XII, XIII. Asbesskermpies.

Die totaalopstelling in die hak. (Fig. 14).

Figuur 14 gee ons die perspektiewiese beeld van die totaal-
opstelling in die bak.

Hierby word net melding gemaak van enkele dinge, wat op
hierdie tekening duidelik sigbaar is en nie so goed in die ander
sketse waar te neem was nie.

Op die voorkant van die bak val dadelik die ag ebonietstawe
met klemskroewe in die oog, waarvan fig. 3 \'n lengtedeursnee gee.

In die linkervoorhoek is bo die bak \'n deel van die kas met
opstaande sinkwand en glasruit geteken. Die gestippelde lood-
lyn wys aan, dat die kas in die bak kan neergelaat word.

Die plant, vir hierdie proef gebruik, het lang blare. Daarom
is die statief met steunarmpies op \'n blok hout gesit, om die
wieletjie en trekdraad op die vereiste hoogte te kry. Die spiraalas
van die wieletjies is tans ook goed sigbaar. Die trekdraad is net
maar \'n paar keer van regs naar links om die spiraal gewind.

-ocr page 72-

Verder kom duidelik uit, hoe die punte van die drie verskil-
lende skrywers in een loodl3m lê.

Om hulle in een loodlyn te kry word eers die skrywertjie van
die spandraad wat oor die wieletjie loop ingestel. Deur op die
trekdraad te druk, skiet die skrywertjie loodreg naar benede langs
die beroete papier.

Daarna word die draad losgelaat en deur die oorwig aan die
spandraad word die trekdraad dadelik weer gespan.

Op die loodlyn word nou die skrywers van die termograaf
en die higrometer ingestel.

Die boonste lyn op die trommel is die bewegingskromme, die

-ocr page 73-

middelste die temperatuurljoi en die onderste die lyn vir kon-
stante relatiewe vogtigheid.

Die twee relaisdrade van die higrometer loop naar die 3de en
4de klemskroef.

§ 19. Nuwe opstelling.

Met dieselfde blaar kan gewoonlik meer as een proef geneem
word. Daarom laat ons by die opstelling vir \'n volgende proef
van die voorgaande proef alles sooveel molik onaangeroer.

Met geringe moeite kan dus \'n nuwe opstelling gemaak word,
as dinge tenminste in die beste orde uitgevoer word.

Ons laat net \'n korte opsomming volg:

1.nbsp;Die draad met skrywer word uit die ogies gehaal met \'n
tangetjie.

2.nbsp;Die statiewe van die termograaf en die higrometer word
om hulle lengteas iets linksom gedraai, sonder hulle te verskuiwe.
Daardeur word die twee skrywers van die trommel gelig,

3.nbsp;Die draad met skrjwer word deur die skrywers van die
termograaf en higrometer ook van die trommel verwyder
ingeval dit daarvoor hang. Anders moet dit apart gebêre
word.

4.nbsp;Die skroef bo op die trommel word losgedraai en die
trommel van die pin gelig.

5.nbsp;Die beroete papier word versigtig van die trommel af-
gehaal deur dit langs die plaknaat los te sny en af te trek met
\'n tangetjie. Dit word plat op die tafel uitgesprei en met \'n
naald word die gegewens omtrent die proef daarop geskryf,
voor dit gefikseer word met \'n oplossing van skellak in
alkohol.

Daarna word nuwe papier op die trommel geplak; dit word
swart gemaak,

6.nbsp;Nadat die trommel afgekoel is, word dit weer op die uur-
werk gesit.

7.nbsp;Die skrywers word weer op die trommel geplaas en die
hele opstelling word sorgvuldig nagegaan. As alles in orde is,
kan die kas neergelaat word.

-ocr page 74-

§ 20. Voordeel van die maklik herstelde opstelling.

So juis het ons gesien, dat by die voorbereiding vir \'n vol-
gende proef aan die oorspronklike opstelling maar baie weinig
hoef verander te word.

In geval van vergelykende proewe is dit \'n groot voordeel.

\'n Proef kan nou maklik herhaal word met net een omstan-
digheid gewysig.

Vir ondersoek naar die oorsake van bewegings van grasblare
is dit van belang.

Die vraag het by genoemde ondersoek opgeduik in hoever die
proses fisiologies en in hoever dit fiesies is.

Die apparaat en registreermetode bied ons \'n skoon kans
op \'n baie eenvoudige manier die uitwerking van die twee oor-
sake te vergelyk. Ons gaan daarby te werk as volg:

Ons neem \'n proef met \'n lewende normale plant en laat
hom op die gebruiklike manier sy bewegingskromme registreer.

Na die proef word die plant snel met siaanwaterstofgas
gedood en weer op sy oorspronklike plek in die kas in dieselfde
posiesie terug gesit.

Die spelde word weer deur die reeds aanwesige openinkies
in die blaar gesteek en op die gemerkte plek van die steun-
houtjies vasgespeld.

Die staalhakie van die trekdraad gaan ook deur die by die
eerste proef gemaakte gaatjie.

Die orige dinge word gedoen soos dit reeds beskrywe is, die
kas gaan neer en die proef word herhaal.

Die bewegingskrommes, wat as resultaat van die twee proewe
verkry is, mag ons beskou as \'n uitdrukking van die verskil
tussen die fisiologiese en fiesiese van die bewegingsproses van
die blaar.

Op dieselfde manier kan ook die effek van narkose nagegaan
word. Hierby hoef die plant nie eens aangeraak te word nie. Alleen
die papier moet van die trommel gehaal en nuut opgesit word.
By die herhaling van die proef word dan \'n bakkie met narko-
tiese stof (op watte) in die kas gesit.

-ocr page 75-

§ 21. Verheterings van die metode.
1- Verbetering van die dro\'élugstroom.

Die tin vir koue droë lug (fig. 2 XI) word voorsien van \'n
dubbel ruit om ons in staat te stel met \'n polimeter, wat in die
tin hang, die relatiewe vogtigheid en die temperatuur af te lees.

\'n Twede tin nes die voorgaande word voorsien van \'n elek-
triese verwarming. Daarvoor kan \'n elektriese kaggeltjie gebruik
word soos onder die dampketel. Waarskynlik is \'n beskerming
deur water nodig om te sorg, dat die bodem nie lossmelt deur
die hitte nie. In die twede tin word eers deur ys die lug deeglik
gedroog. Daarna word droë silinders in die tin gehang. As

nou die lug verwarm word, kry ons baie droë warm lug.

Die twee bhkke, een vir droë koue lug en die ander vir droë
warm lug word deur buise met T-krane opgeneem in die
lugsirkulasie, sodat ons al naar dit nodig is, droë koue lug of
droë warm lug in die kas kan blaas. (Sien fig. 15).

Deur hierdie verbetering word die moontlikhede van die
apparaat nog weer vergroot en kan ons nou dus \'n plant in die
kas blootstel aan:

1.nbsp;\'n kou droë omgewing,

2.nbsp;\'n kou vogtige omgewing,

3.nbsp;\'n warm droë omgewing,

4.nbsp;\'n warm vogtige omgewing.

-ocr page 76-

5.nbsp;Ook kan ons die plant blootstel aan \'n snelle wisseling
van die voorgaande omgewings.

Wanneer ons deur \'n elektriese waaier binne in die kas die
lug in heftige beweging bring kan ons die plant dus blootstel aan

6.nbsp;\'n kou droë lugstroom,

7.nbsp;\'n kou vogtige lugstroom,

8.nbsp;\'n warm droë lugstroom,

9.nbsp;\'n warm vogtige lugstroom.

Daar dit ook moontlik is, soos vroeër reeds vermeld is,
die temperatuur en die relatiewe vogtigheid konstant te hou,
kan ons dus proewe neem:

10.nbsp;by konstante temperatuur en veranderlike relatiewe
vogtigheid,

11.nbsp;by konstante relatiewe vogtigheid van \'n willekeurige
persent en veranderlike temperatuur,

12.nbsp;by konstante temperatuur en konstante relatiewe vogtig-
heid.

So is dus vrywel in betreklik korte tyd met hierdie installasie
alle omgewings na te boots, wat in die natuur voorkom.

2. Verbetering van die gevoeligheid.

Die beginsel van die dubbele kwikkontak. (Fig. 16).

Soos maklik uit fig. 16 te begryp is, moet ons die higrometer
iets wysig. In plaas van wieletjies gaan ons hefboompies gebruik.
Die wieletjie links bo in fig. 6 word vervang deur \'n hefboom
met gaatjies soos aangegee is in fig, 16, In een van die gaatjies
is die draad met skr5rwer opgehang. Deur \'n verplasing
van die draad met skrywer naar \'n ander gaatjie word die
uitslag van die higrometer gewysig.

Verder is op \'n statief twee bakkies met kwik bevestig. Altwee
is voorsien van \'n stelskroef,

Presies midde tussen die twee kwikbakkies balanseer op \'n
loodreg stafie \'n baie lig hefboompie met gelyke arms.

Aan die uiteindes van die gelykarmige hefboompie hang
presies ewe swaar gewiggies, waaraan gelyke platinumnaalde
vasgesoldeer is. ♦

-ocr page 77-

Die draad
met sbywer
is bevestig aan
die hefboom-
armpie, wat
die naaste by
die statief is.
Dem- steun-
armpies met
ogies word ge-
sorg, dat die
draad verti-
kaal op en
neer gaan.

Nadat ons
kort die in-
rigting |van
die dubbele
kwikkontak
uiteengesit
het, laat ons
\'n beskrywing
van sy wer-
king volg:

Soos die ap-
paraat in boot-
stuk II be-
skryf is het die
higrometernet
een kwikkon-
tak.

By die op-
gaan van (üe
temperatuur
en die gebruik
van die damp-

_EEL

O

Ó

B

65
— 66

—nbsp;67

—nbsp;68

—nbsp;6S

—nbsp;05

—nbsp;64

II

Fig. 16. Die dubbel kwikkontak.

-ocr page 78-

stroom is die relais so ingestel, dat die pomp damp in die kas
blaas, as die naald bo die kwik kom en ophou werk, sodra
kontak gemaak word (fig. 7 A).

Laat ons vir \'n moment aanneem, dat ons werk met \'n kon-
stante relatiewe vogtigheid van 65%. Die pomp begin dus damp
in die kas te blaas sodra die relatiewe vogtigheid kleiner word
as 65% en die naald A word weer in die kwik gedryf
(fig. 16 II).

Wanneer die apparaat gevoelig werk tot op 1% noukeurig,
gaan die naald tot 66, tot op 2% noukeurig, dan tot 67 in die
kwik. Dit sou ideaal wees as die naald op 65 sou bly. Deur \'n
ongevoelige pomp en veral deur \'n te kragtige dampstroom of
stoom word die naald ver in die kwik gejaag, sê tot 68. Dit
moet ons voorkom.

Daartoe maak ons gebruik van die twede kwikkontak B wat
die droë lugstroom in werking sit. Die twede bakkie word so
ingestel dat naald B nog net bo die kwik is, wanneer naald A
kontak maak. Daardeur word \'n droë lugstroom in die kas
geblaas, wat naald A so te sê so gou molik weer naar boontoe
pomp, totdat B kontak maak. Daar A en B nooit gelyktydig
in die kwik is nie, kan twee relais op dieselfde pomp werk. Op dié
manier kan ons die apparaat feitlik netso gevoelig instel as
ons self verkies.

opstelling. Die opstelling van die dubbel kwikkontak behandel
ons aan die hand van fig. 16 I.

Die higrometer word eers in posiesie gebring. Die draad met
skrywer is losgehaak by L. Die draad kan ons maar oor die
steunarmpie laat hang.

Nou word die statief met steunarmpies met die ogie reg onder
L geskuif en die draad met skrywer word by L ingehaak.

3. Die beginsel van die intermitterende dampstroom.

By die voorproewe het ek ook probeer uitvind, watter soort
dampstroom die apparaat die gevoeligste laat werk het.

Toe kon ek die buis vir aanvoer van damp oop- en toemaak
deur \'n glasbuisie, wat daarin as verbinding aangebring was.

-ocr page 79-

By hierdie voorproewe het geblyk, dat dampstootjies die appa-
raat gevoeliger laat werk as \'n onafgebroke stroom.

Dit het my op die gedagte gebring van bostaande beginsel.
Dis nou net outomaties gemaak.

Die pomp wat damp inblaas bring deur \'n aparte dryfriempie
\'n houtskyf met katrol in beweging.

Die skyf het die vormnbsp;-nbsp;_______

van \'n sirkel, waaruit \'n stuknbsp;L

van \'n kleiner sirkel weg- A
gesny is.

Hierdie skyf neem ten op-
sigte van die aanvoerbuis
van damp so\'n posiesie in,
as in fig. 17 aangedui word.
Dit maak, dat gedurende
die omwenteling van die
skyf die slang vir aanvoer
van damp die grootste tyd
toegeknyp is en net oop vir
die moment dat die rolletjie
in die uitholling is.

Hoe lang die buis oop is
in verhouding tot die tyd,
dat dit gesluit is, hang na-
tuurlik af van die grootte van
skyf en deel wat weggesny is.

4. T-krane vervang deur 17.
\'n outomatiese omskakelaar.

In die beskrywing van die apparaat in hoofstuk II het ons
gesien, dat die omskakeling van verwarmingsketel naar koel-
bak en van dampstroom naar droëlugstroom geskied deur T-krane.

Dit moet natuurlik met die hand gedoen word en wat hierdie
deel betref, werk die toestel dus nie outomaties nie.

Dit sou \'n groot verbetering wees as ons dit ook outomaties
deur die apparaat self kon laat doen.

-ocr page 80-

Daartoe dien volgende inrigting (fig. 18): \'n Elektromagneet
E sal \'n anker A aantrek, sodra \'n akkustroom gesluit word
deur \'n kwikkontak. Die stroomdrade is links aan die klos geteken.

Aan die anker is \'n fyn gepolys plaatjie met reghoekige gate
vasgesoldeer. (Fig. 18 II). Dit beweeg dus saam met die anker
van die elektromagneet en sal ook net so\'n groot weg aflê as
die anker self. Nou is gesorg, dat die breedte van die openinge
in die plaatjie presies so groot is as die weg van die anker. (Aan-
gedui deur \'n pyltjie in die onderste opening).

-ocr page 81-

Die ankerplaat P. skuif tussen twee ander gepolyste plate
(B, Bj) heen en weer. Daarin is reg teenoor mekaar gate van
dieselfde grootte gemaak as in die ankerplaat]ie, maar hulle
wissel af met die gate in die ankerplaat] ie.

Die gevolg hiervan is, dat al die gate deur die ankerplaat
gesluit word, sodra die anker loslaat en die plaat omhoog skuif.
Die los anker word deur \'n veer terug getrek. Op die twee plate
is juis op die openings aan
weerskante die aan- en afvoer-
buise vir warm- en kouwater-
sirkulasie gesoldeer. Natuurlik
kan die omskakelaar ook diens
doen by die lugsirkulasie. Die
buise is aangedui met K, Kj;
W, Wj. Die vlak van tekening
staan by I loodreg op die by II.

\'n Ander tiepe van outo-
matiese omskakelaar is af-
gebeeld in figuur 19. Die prin-
siepe is presies dieselfde, want
ook hier word deur middel van
die anker van \'n elektromag-
neet die buise vir verwarmings-
en afkoelingswater beurtelings
oop- en toegemaak.

Na die behandeling van die
voorgaande tiepe is hier seker
nie veel uitleg meer nodig nie.

R R„ P Pj, D Dj, ZZi is \'n onbeweeglik raam. Deur DDj
en ZZj kan die koperstaaf BBj, wat tweemaal reghoekig om-
gebuig is, op en neer beweeg. Tussen B en Bj is die anker A
van die elektromagneet vasgemaak. Sodoende sal dus die koper-
staaf BBj mee naar benede gaan as die anker aangetrek word.

Soos uit die figuur blyk, is die buise vir warm- en kouwater-
sirkulasie so deur die apparaat gebring, dat die aan- en afvoer
vir kou water (MMj) onder is en die vir warm water (NNj)

-ocr page 82-

bo. Word die een stel buise toegeknyp, dan is die ander stel
oop. Die buise mag by hierdie omskakelaar nie te styf wees
nie en die elektromagneet moet baie sterk wees.

Die vere V en V^ bo die vas raam word inmekaar gedruk as
die anker aangetrek word.

Sodra die stroom deur klos K verbreek word en die anker
vry kom, trek die vere by hulle ontspanning die anker en die
koperstaaf BBj mee naar bo en word die boonste buise weer
toegeknyp.

K = Kas met dubbel wande. T, Ti = Termoregulators.
A, Aj, Ag, Ag = Akkus.nbsp;E, Ei = Elektromagnete.

-ocr page 83-

B, Bj, Ba = Kwikbuisies. R. = Relais. X = T-anker.
kb = Koelbak,nbsp;VK = Verwarmingsketel.

00 = Outomatiese omskakelaar.

Drade van die akkustroom is dun aangedui. Drade van die
hoofstroom is swaar geteken.

\'n Volledige skema van die outomatiese omskakeling, toegepas
op die watersirkulasie, sien ons in fig. 20.

Die anker Z speel heen en weer tussen die twee elektromagnete
E en El. Hierdie anker Z is verbind aan \'n T-vormig stuk, wat
aan die basis twee inkepings vertoon, waarin \'n pal pas. Die
pal P word deur \'n veer V altyd teen die T-vormig anker
vasgetrek. Dis so ingerig, dat deur die verspring van die anker
Z die bek van die pal van die een keep in die ander glip.

Hierdeur verwissel ook die kontakte van die twee kwik-
buisies wat onder aan die arme van die T-vormig anker vas-
gemaak is.

Op die figuur maak Bj kontak en Bg nie. Verspring nou die
anker dan sal Bj g\'n kontak maak nie en B^ wel.

Soos dit in die figuur staan, is die verwarmingsketel uit-
geskakel deurdat Bg g\'n kontak maak nie.

Daar Bi wel kontak maak, is die anker van die outomatiese
omskakelaar 00 aangetrek. Hierdeur is nou die buis naar die
ketel toe en naar die koelbak oop. Hierdie outomatiese om-
skakelaar werk net op twee buise. Dit kan natuurlik vir netsoveel
buise gemaak word as mens maar verkies.

Die twee termoregulators, (wat in werklikheid in die kas
staan) is so ingestel, dat Tj by 35° C. kontak maak en T by 5° C.

Sodra dus die kwik in Ti 35° C. bereik, gaan die stroom
deur El en die anker Z word aangetrek. Daardeur word die
stroom oor Bg naar die ketel VK verbreek en die verwarming
dus uitgeskakel.

Tegelyk maak Bj kontak, die stroom naar die outomatiese
omskakelaar word gesluit en die anker van 00 aangetrek,
waardeur die buis naar die ketel sluit en naar die koelbak
oopgemaak word.

-ocr page 84-

Hierdeur begin dus die afkoelingsperiode; die temperatuur
in die kas gaan daal, en die kwik in die termoregulators kry \'n
temperatuur laer as 35° C.

Nou sou dus anker Z naar benede gaan, as die pal dit nie
sou belet nie. Die gewig van die anker is onvoldoende om die
pal weg te druk, aangesien die veer V te sterk is om dit toe
te laat.

Dus gaan die kwik in die termoregulators al meer naar benede
en hou gelyke tred met die temperatuur in die kas.

Eindelik word die temperatuur 5° C. en daardeur word die
kontak in T verbreek. Die anker van die relais kom vry, kwik-
buisie B maak kontak, die stroom van anker Ag gaan deur die
elektromagneet E.

Nou word die anker Z so sterk aangetrek, dat die palveer
dit nie kan belet nie.

Dis duidelik dat veer V goed gebalanseer moet wees. Deur
die verplasing van die T-anker word die stroom van Ag naar
die outomatiese omskakelaar verbreek en die anker kom vry.
Dit verskuif die ankerplaat, waardeur omgeskakel word van die
koelbak naar die verwarmingsketel.

Gelyktydig word die netstroom by B^ gesluit en die verwar-
mingsperiode begin opnuut.

Die temperatuurgrense van die watersirkulasie kan deur \'n
verplasing van die naaide in die termoregulators gewysig
word.

5. Beginsel van duhhel kwikkontak m outomatiese omskakelaar
toegepas op die lugsirkulasie.
(Fig. 21).

Die funksie van die termoregulators by die outomatiese om-
skakeling van die watersirkulasie word by die outomatiese om-
skakeling van die lugsirkulasie verrig deur die higrometer met
dubbel kwikkontak. (D Kw.).

In figuur 21 sien ons dit skematies voorgestel. In werklik-
heid moet die higrometer met dubbel kwikkontak natuurlik
in die kas staan.

-ocr page 85-

Fig. 21.
K = Kas.

P = Pomp vir lugsirkulasie.

E, Ej = Elektromagnete van die outomatiese omskakelaar.
AK, AKj = Ankers.nbsp;ap = Ankerplaat]ie.

D Kw = Dubbel kwikkontak. H = Higrometer.
L. = Droëluginstallasie.nbsp;S. = Dampketel.

-ocr page 86-

Wanneer die linker platinumnaald kontak maak, gaan die
akkustroom deur E en die anker AK word aangetrek. Maak die
regter platinumnaald kontak, dan is die linkemaald \'n eindjie
bo die kwik gerys. Die akkustroom gaan in hierdie geval oor
Ej en anker AKj word aangetrek, waardeur \'n verplasing van
die ankerplaatjie plaasvind. Die gate in ankerplaatjie en buise-
stelsel is so ingerig dat \'n oopgaan van die buise vir droë lug
saamgaan met \'n afsluit van die buise vir damp.

Die middelste buis is oop, as die naaide altwee bo die kwik
is. Dis kortei of langer tyd die geval by verwisseling van kontak.
Die pomp P loop steeds deur. As die ankers altwee vry is, trek
vere die ankerplaatjie in sy neutrale stand, waardeur die
middelste buis oop gaan, terwyl die vier anders gesluit is.
(fig. 22).

§ 22. Voordele van die gebruik van \'n kas vir konstante relatiewe
vogtigheid.

Die metode om van \'n kas vir konstante relatiewe vogtig-
heid gebruik te maak, bied sekere voordele bo die gebruik van
kamers vir konstante vogtigheid en temperatuur soos hulle
tans in gebruik is:

1.nbsp;Die kas is maklik verplaasbaar van die een deel van die
gebou naar \'n ander deel. Dit kan vir sekere proewe wenslik
wees.

2.nbsp;Met die kas kan maklik naas hoë ook heel laë vogtigheids-
grade behaal word, wat bereik word deur eenvoudig \'n bietjie ys
en sout in \'n paar silinders te doen. \'n Relatiewe vogtigheid
van 30% is goed te behaal.

3.nbsp;Naas hoë kan ook sonder moeite laë temperature verkry
word. \'n Temperatuur van 5° C. lewer g\'n moeite op nie.

4.nbsp;Verder word by die bediening van die toestel glad g\'n
skadelike dampe ontwikkel nie. Dis bekend, dat selfs geringe
hoeveelhede van sulke dampe fisiologiese prosesse van plante
sterk beïnvloed. (29).

5.nbsp;Met betreklik geringe koste kan in \'n laboratorium \'n
sentrale groep van apparate vir konstante relatiewe vogtigheid

-ocr page 87-

opgerig word, waardeur \'n groep van studente gelyktydig
proewe van baie uiteenlopende aard kan neem.

Om \'n\'idee te gee, hoe dit kan geskied, laat ons \'n skema van
\'n opstelling vir ses apparate volg (fig. 23). Die groep staan midde
in \'n kamer opgestel.

Daar die ses apparate almal dieselfde opstelling het, is maar
net een volledig uitgewerk.

In die middel van die figuur is ses geïsoleerde yskaste, waarin
drie stawe ys regop kan gesit word. Die yskaste Y is voorsien
van \'n goed sluitende deksel met klem. Met \'n uitstekende
rand hang die yskas af in \'n ruimte gevul met lug L. Die lug
sal deur die effek van die ys dus koud en droog word, want al

Fig. 22.

die damp vries vas op die yskas. Met \'n paar handvatte kan
die kas met ys, nes die yssilinders uit die lugkas gelig word. Die
bevrore damp word verwyder, die kas aan die buitekant sorg-
vuldig afgedroog en weer op sy plek teruggesit. Lugdigte af-
sluiting word ook hier tot stand gebring deur \'n gummielaag.

Die lugkas is weer geïsoleer deur saagsel en hout.
Koelbak (fig. 24).

Onder in die yskas is gaatjies, waardeur die smeltwater kan
wegloop. Dit word opgevang in \'n koelbak KB. Die koelbak
is ook goed geïsoleer.

In fig. 24 kom duidelik uit, hoe die houtdeksel op die kas
met ysstawe vasgeklem is. Die handvat is ook goed te sien. Die
geheel is nog deur \'n ekstra deksel gesluit vir betere isolasie.

Die buise vir water- en lugsirkulasie is aangedui deur ws en
Is, die oorloop van die koelbak deur O.

-ocr page 88-

r.

!.quot;l--i»-\'\'\' • «•lt;■lt;

ia

EP

VVS

T=r

T=r

WL

quot;ésquot;

EN

\'03

©
M

O

K

M

Fig. 23.^0pstelling van \'n groep apparate vir konstante relatiewe vogtigheid.

-ocr page 89-

Die voordeel van hierdie soort yskas is, dat die ys gelyktydig
die lug koud en droog maak en koelwater lewer.

Rondom die yskaste is waterleidingpype aangelê en drade
van die elektriese net (fig. 23 WL, EN).

Die werktafels, waarop die proef kaste vir konstante relatiewe
vogtigheid staan, bevind hulle aan weerskante van die yskaste.
Naas elke kas word die verdere byapparate soos verwarmings-
ketel, dampketel en pompe vir water- en lugsirkulasie opgestel.

Dit kan alles min of meer opgestel word soos dit vroeër in hoof-
stuk II reeds beskryf is en ook aangegee word in fig. 23 en 24. Uit
die laaste fig. blyk ook die onderlinge vertikale verhoudings.
Fig. 23.

K = Kas. M == Moter. P = Pomp. d = Dampketel.
v. = Verwarmingsketel. s = Stopkontak.
WS = Buis vir watersirkulasie.
Is = Buis vir lugsirkulasie.
WL = Waterleiding.
EN = Elektriese net van die gebou.

Ynbsp;= Yskas.

L = Lugkas vir kou droë lug,
Fig. 24

K = Kas. s = Stop.
M = Moter. d = Dampketel.

Ynbsp;= Verwarmingsketel.
R = Relais.

WS = Buis vir watersirkulasie.
Is = Buis vir lugsirkulasie.
o = Oorloop van koelbak.
KB = Koelbak.
L = Ruimte met kou droë lug,

Ynbsp;= Yskas.

h = Handvat van die yskas. _
k = Klem.nbsp;. ,, Werktafel

Bostaande skema is nog nie
prakties toegepas nie, sodat by \'n werklike uitvoering maklik
kan blyk, dat daar nog wel \'n betere rangskikking moUk is.

-ocr page 90-

§ 23. Proewe.

Hoewel die series proewe glad nie beëindig is nie. het ons tog
\'n voldoende aantal geneem om te kan sien in welke rigting die
ondersoek gaan.

Dis in die eerste plaas ons doel om na te gaan wat die invloed
van lig, vog en temperatuur elk apart op die beweging van die
blaar is.

Aan temperatuur wens ons in die eerste plaas ons
aandag te gee, omdat dit tot nou toe nog nie gedoen is nie, wat
hierdie punt betref.

Verder sal ons probeer meer grasse op te spoor wat bewegings
uitvoer onder invloed van 1 i g. Die aanwysings hiervan is in
die literatuur uiters skaars.

Natuurhk sal ons vanself, nou ons in staat is na te gaan, in
hoever \'n beweging veroorsaak word deur temperatuur, ook
noukeuriger kan vasstel wat die invloed van v o g op bewegings
van volwasse grasblare is.

Ons laat nou enkele voorbeelde volg van registrasies op die
kimografion, om te wys hoe die toestel gewerk het.

Hulle kan tegelyk dien as illustrasie van feite wat in die voor-
gaande reeds meegedeel is.

Sodra die tyd my toelaat die proewe te beëindig, hoop ek die
volledige resultate van die ondersoek op Suid-Afrikaanse grasse
mee te deel.

Proef 20. 25-10\'29. (Fig. 25. Vi)
Proefplant: Psamma arenaria.

Dis een van die proewe wat met die eerste toestel geneem is.
Daar was toe nog g\'n watersirkulasie in gebruik nie. Verwarming
het nog plaasgevind met die elektriese kaggeltjies waaroor

-ocr page 91-

Kv

Kv rv

Psainma arenaria
25-10-1929 Pr. 20

Fig. 25 (Vi)

l^saitmia arenaria

Fig. 26 (%)

-ocr page 92-

Psainina arericiria
\'21-11-1929 Pr.42

Fig. 28 C/O

-ocr page 93-

vroeër reeds iets meegedeel is. Ook was toe die termoregulator
nog nie in die dampketel aangebring nie. Vandaar dat die damp
dan eens \'n hoë, dan weer \'n lae temperatuur gehad het.

Die invloed hiervan op die gevoeligheid van die apparaat is
baie duidelik waar te neem in die figuur.

Gedurende die eerste periode van konstante relatiewe vogtig-
heid KV was die damp van \'n hoë temperatuur gewees en
daardeur is die uitslag van die higrometer so groot.

Die boonste kromme dui die beweging van die plant aan wat
onder invloed van temperatuurwisseling getrek is. Dis dus \'n
vir die dele bo KV \'n suiwere
temperatuurkromme.

\'n Deel van die kromme is dik getrek, deurdat \'n stukkie
vuil van die papier of roet aan die punt van die skrywer vasge-
haak het en later het dit vanself verdwyn.

Om goed te verstaan hoe die temperatuurkromme getrek
word verwys ons nog ewe naar fig. 12, waar die opstelling van
plant en kimografion afgebeeld is.

Daaruit is maklik te sien, dat deur die opvoti van die blaar
spiraalas en wieletjie naar links draai, sodat die skrywertjie aan
die spandraad dus af sal gaan.

Ontplooi die blaar, dan gaan die skrywer op.

Die higrometer (fig. 6) is so ingerig, dat die skrywer bij toene-
mende RV afgaan
en hy toenemende droogte opgaan.

By die begin sien ons, hoe die blaar onder die invloed van
toenemende droogte en wisselende temperatuur opvou en daarna
by toenemende vogtigheid weer ontplooi. Hierdie deel van die
kromme is dus temperatuur- en vogtigheidskromme.

Dan kom \'n periode van konstante relatiewe vogtigheid-
(KV). Die temperatuur was toe betreklik laag en die beweging
van die plant is swak. Ook het die temperatuur toe maar lang-
saam opgegaan. Die toestel het nie gevoelig gewerk nie, wat te
sien is aan die groot uitslag
van die higrometer (RV = 75-81 %).

Gedurende die twede periode van KV het die temperatuur
snel opgegaan en wel tot 40° C. Die toestel het baie gevoehger
gewerk (RV = 57-59 %). Onder invloed van die hoë temperatuur
het die blaar b3ma heeltemal opgerol.

-ocr page 94-

Toe g\'n damp meer in die kas geblaas is, het die RV nog sterk
afgeneem, waarop die blaar gereageer het met heeltemal op te
rol. Eindelik neem RV weer toe en die blaar ontplooi.

Proef 22. 26-10-\'29—27-10-\'29. (Fig. 26 V2)
Proefplant: Psamma arenaria.

In hierdie proef, wat die nag deur voortgeduur het. kom drie
periodes van KV voor:
I. van 17 -19.15U. Temp. 16° C.-38.8° C. RV = 75-60 %.

II.nbsp;van 2.38 — 5.15u. Temp. 16° C.-38° C. RV = 57-60 %.

III.nbsp;van 6.12 — 9.15u. Temp. 21° C.—39° C. RV = 75-78 %•
Gedurende die eerste en twede periode het die blaar baie

duidelik op die temperatuur gereageer, die derde keer minder
goed.

Tussen die eerste en twede periode van KV is \'n lang periode
waarin temperatuur en RV altwee konstant is.

Dan loop die krommes vir RV en beweging parallel. Aan die
end van die eerste en twede periode van KV was die blaar so
goed as heeltemal opgerol.

Dat die plant die derde keer reeds swak reageer kom ooreen
met waamemings van Pée Laby wat beweer, dat \'n blaar
meestal sy beweging maar net tweekeer wil herhaal.

By \'n ander voorproef met Elymus arenarius het die blaar
van \'n plant, waarvan ek die stingel in nat sand gesteek het.
vyf keer baie goed gereageer.

Bostaande bewering is dus nie altyd reg nie.
By latere proewe sal wel blyk, dat ook hier groot indiwiduële
verskille bestaan.

Proef 41. 21-ll-\'29. (Fig. 27. V2)
Proefplant: Glyceria aquatica.

In fig. 27 sien ons onder die lyn vir konstante RV in die
middel die temperatuurlyn wat geskryf is deur die termograaf,
en bo die bewegingskromme.

-ocr page 95-

Dis \'n baie goeie illustrasie van die invloed van die damp-
stroom op die gevoeligheid. Hoewel die RV vrywel dwarsdeur
die proef konstant gebly het, varieer die uitslag van die higro-
meter tog opvallend. In die begin het dit baie growwer gewerk
as aan die end.

Die temperatuur begin in die eerste deel by 12.8° C., daal tot
11.8° C., klim dan tot 30.8° C., daal tot 13.8° C. om eindelik te
styg tot 25.3° C.

Hoewel die plant maar swak gereageer het op die tempera-
tuurskommelings, is tog duidelik ook by Glyceria aquatica \'n
temperatuurinvloed merkbaar.

Aangesien Psamma en Glyceria reeds sulke groot verskille
aanwys, sal dit die moeite werd wees eens vir \'n groot aantal
grasse die suiwere temperatuurkrommes te bepaal en dan by
verskillende konstante RV.

In die twede deel van die figuur sien ons nog \'n aparte tem-
peratuurkromme van dieselfde plant. Op die hoë temperatuur
het Glyceria aquatica ook maar swak gereageer.

Proef 42. 21-ll-\'29. (Fig. 28. ViO
Proefplant: Psamma arenaria.

Nes in die vorige proef sien ons hier onder die lyn vir konstante
RV in die middel die temperatuurlyn en bo die temperatuur-
kromme.

Die toestel het gevoelig gewerk.

Die temperatuur daal eers van 16.6° C. tot 12.8° C. en styg
dan tot 27.5° C. Daarna is die kas opgetrek en daar die RV in
die kamer vrywel ooreengekom het met dié in die kas, het die RV
weinig verandering ondergaan ook na die optrek van die kas.

Die temperatuurkrommein hierdie proef is een van die mooiste
wat ek tot nou toe by my voorproewe gekry het. Solang die
temperatuur daal (by die begin) gaan die skrywer langsaam op.

Later as die temperatuur snel opgaan het die plant daarop
baie duidehk gereageer.

Die breek in die opgaande temperatuurlijn is veroorsaak

-ocr page 96-

deur die verwisseling van die twee elektriese kaggeltjies wat in
die kas gestaan het.

Ook hierop het die plant duidelik gereageer.
Die twee skr3rwers van higrometer en spandraad het nie
presies in een loodlyn gelê nie. Die eerste was iets agter gewees.

Daar die toestel nog nie heeltemal outomaties werk nie, is
gereëld noterings gemaak wat volg in \'n tabel.

Proef 42. 21-ll-\'29. Psamma arenaria.

Tabel van noterings.

Cu
1

gt;

gt;

gt;


gt;

gt;

gt;

H

fH

H

gt;

co
H

c

d

li)
J

15.40

16.6

18

65/68

90

—^

.2

1000

16

14.5

fgt;

gt;}

» gt;

gt; gt;

16.15

13.6

f gt;

i gt;

88

y

16.30

12.8

} gt;

65/68

87

11

y i

16.45

12.8

gt; gt;

gt; »

gt;gt;

i }

ïj

17.30

12.8

65/67

86

4-

» i

y y

19.30

11.7

gt;gt;

) y

gt; )

t f

yy

19.45

14.7

65/67

85

99

t i\'

20

17.8

gt;)

j gt;

i }

9 gt;

f y

20.15

19.5

f)

t f

84

S )

y y

20.30

20.5

if

■ ft

igt;

f f

y )

21.65

24.1

} i

65/66

82

ff

y y

21

——

27.5

if

f f

fi

y*

y y

Opmerking\'. In die eerste kolom word tye aangedui, waarop
die pomp gewerk het. Bij sommige proewe is elke pompwerking
genoteer. In hierdie proef is dit nie gedoen nie.

-ocr page 97-

V. = Verwarming deur swak elektriese kaggeltjie.
V^. = Verwarming deur sterk elektriese kaggeltjie.
V. -f V^. = Verwarming deur altwee kaggeltjies.

H.V. = Hoofverwarming van die kamer vir konstante
temperatuur.

V.W. = Vogtige verwarming van die kamer vir konstante
temperatuur.
T. = Temperatuur in kas.

T^. = Temperatuur in kamer vir konstante temperatuur.
R.V. = Aanwysing van polimeter vir kontrole van R.V.
in kas.

T.S. = Temperatuur van water in dampketel.
Vent. = Ventilator van kamer vir konstante temperatuur.

G. = Droogmiddels soos CaClg ens.
K.M. = Silinders met koelmakende middels soos ys en sout.
Lig. = Sterkte aangegee in Watt.
-f = gebruik van ...
— = g\'n gebruik van . . .
. , = gelyk bostaande.

-ocr page 98-

iét ■ ■
V

rnbsp;. v^-- •

M

^ M gt;f

. , ;;; V, v-r^.

sVS\'../;

\'(. ..V

quot;•5 - .

\'rr-\'

a

-ocr page 99-

§ 24.

Literatuurlys.

1.nbsp;Benecke-Jost. Pflanzenphysiologie. 4te Aufl. 1924.

2.nbsp;Bews, J. W. The Grasses and Grasslands of South-Africa.

P. Davis. Ltd. Pieterraaritzburg. 1918.

3.nbsp;Brogniart, m. Ad. Note sur le sommeil des feuiUes, dans

une plante de la famille des Graminées, le Strephium
guianense.

Bull, de la Soc. bot. de France. Tome VII. 1860. p. 470.

4.nbsp;Brouwer, G, De periodieke bewegingen van de primaire

bladeren bij Canavalia ensifomiis.
Diss. Utrecht. 1926.

5.nbsp;Czech. Untersuchungen über die Zahlenverhältnisse und

die Verbreitung der Stomata.
Bot. Ztg. 1865. p. 102.

6.nbsp;Darwin, Ch. en Fr. The power of movements in plants.

London. 1880.,

7.nbsp;Duval Jouve. Etude anatomique de quelques Grami-

nées et en particulier des Agropyrum de l\'Hérault.
Ann. d. Se. Nat. Serie V. 1870.

8.nbsp;Duval Jouve. Histotaxie des feuilles de Graminées.

Ann. d. Se. Nat. Serie VI. T I. p. 294. 1875.

9.nbsp;Goebel, K. Entfaltungsbewegungen der Pflanzen. 2te

Aufl.

Jena. Gustav Fischer. 1924.

10.nbsp;Goebel, K. Leersia hexandra. Ein Gras mit nyctina-

stischen Bewegungen.

Ann. du Jardin de Buitenzorg. 1926. p. 186.

11.nbsp;Grob, Aug. Beiträge zur Anatomie der Epidermis der

Gramineenblätter.

Bibl. Bot. Heft 36. Stuttgart. 1896.

-ocr page 100-

12.nbsp;Günzel, Fritz. Blattanatomie südwestafrikanischer Grä-

ser. Diss. 1912. Leipzig.

13.nbsp;Güntz, H. E. M. Untersuchungen über die anatomische

Struktur der Gramineenblätter in ihrem Verhältnis zu
Standort und Klima.
Diss. Leipzig. 1886.

14.nbsp;Hanning, E, Ueber hygroskopische Bewegungen leben-

der Blätter bei Eintritt von Frost und Tauwetter.
Ber. d. deutsch, bot. Ges. XXVI.a. 1908

15.nbsp;Holm. A Study of some anatomical characters of North

American Gramineae.
Bot. Gaz. XVL 1891.

16.nbsp;Kamerling, Z. Ueber das Einrollen gewisser Moosblätter

tmd über das Aufspringen der Antheren.

17.nbsp;Kareltschi koff. Notiz über Aira caespitosa.
Flora. 1868. p. 378.

18.nbsp;Kleinhoonte, A. Ueber die durch das Licht regulierten

autonomen Bewegungen der Canavalia-Blätter. Arch.
Neerl. d. Sc. Exact, et Nat. 1929.

19.nbsp;Kramer, M. Onze weidegrassen.

Firma Leiter Nypels. Maastricht.

20.nbsp;Leclerc du Sablon, M. La structure et la déhiscence des

Anthères.

Ann. d. Sc. Nat. VH Serie. 1885.

21.nbsp;Leclerc du Sablon, M. La dissémination des spores

chez les Cryptogames vasculaires.
Ann. d. Sc. Nat. VII. 2. p. 5.

22.nbsp;Leokadia Löv. Zur Kenntnis der Entfaltungszellen mono-

kotyler Blätter.

Flora. Neue Folge XX. p. 283. 1926.

23.nbsp;Lohaus, Karl. Der anatomische Bau der Laubblätter der

Festucaceen und dessen Bedeutung für die Systematik.
Bibl. Bot. 63. 1905.

24.nbsp;Lorch. Bewegungen und Schrumpfungen von Laubmoosen

durch Wasserverlust.
Flora 1879. Bd. 97.

-ocr page 101-

25.nbsp;Marloth, R. Das Kapland. Jena Gustav Fischer. 1908.

26.nbsp;PÉE Laby, E. Étude de la feuille des Graminées de la France.

Ann. d. Sc. nat. VIII. Serie 7/8. p. 246. 1898.

27.nbsp;Pfitzer, E. Ueber die Spaltöffnungen der Gräser.

Jahrb. f. wiss. Bot. VII. p. 532.

28.nbsp;Prantl, K. Mechanik des Rings am Farnsporangium.

Ber. d. deutsch, bot. Ges. IV. 1886. p. 45.

29.nbsp;Richter, O. Invloed van verontreinigingen van de at-

mospheer op physiologische processen, 1906. 1909.

30.nbsp;schwendener, S. Das mechanische Prinzip im anatomi-

schen Bau der Monokotylen.
Leipzig 1874.

31.nbsp;ScHWENDENER, S. Die Mestomscheiden der Gramineen-

blätter,

Sitz, Ber. d. Kg. Preuss. Ak. d. Wiss. zu Berlin 1890. p. 405.

32.nbsp;schwendener, S. Die Spaltöffnungen der Gramineen und

Cyperaceen.

Sitz. Ber. d. Kg, Preuss, Ak, d. Wiss. zu Berlin. 1899.

33.nbsp;Seybold, A, Ueber die Drehung bei den Entfaltungsbewe-

gungen der Blätter,
Jena, 1925.

34.nbsp;Stoughton, R. H. B, Sc. A method of maintaining constant

humidity in closed chambers.

Journal of Scient. Instruments. Vol. V. No. 11. 1928.

35.nbsp;Steinbrinck, C. Ueber die Verdrängung der Luft ange-

schnittener Pflanzenzellen durch Flüssigkeiten.
Ber. d. deutsch. Bot. Ges. XVII. 1882. p. 325.

36.nbsp;Steinbrinck, C. Ueber elastische Schwellung (Entfaltungs)

von Geweben und die mutmasshche Saugkraft gedehnten
Wassers.

Berichte d. deutsch, bot. Ges. XVII. 1899. p. 99.

37.nbsp;Steinbrinck, C. Zum Vorkommen und zur Physik der

pflanzlichen Cohäsionsmechanismen,

Ber. d. deutsch, bot. Ges. XVII. 1899. p. 170.

38.nbsp;Steinbrinck, C. Ueber die Grenzen des Schrumpfens.

Ber. d. deutsch bot. Ges. XVIII. 1900. p. 386.

-ocr page 102-

39.nbsp;Steinbrinck, C. Ist die Luftdurchlässigkeit einer Zellwand

ein Hindernis für ihre Schrumpfelung?
Ber. d. deutsch, bot. Ges. XVIII. 1900. p. 275

40.nbsp;Steinbrinck, C. Cohäsions- od. hygroskopischer Mecha-

nismus?

Ber. d. deutsch, bot. Ges. 1903. p. 217.

41.nbsp;Steinbrinck, C. Ueber den Cohäsionsmechanismus der

Roll- und Faltblätter von Polytrichum commune und
einigen Dünengräsern,

Ber. d. deutsch, bot. Ges. XXVI. a. 1908. p. 399.

42.nbsp;Tschirch, A. Ueber einige Beziehungen des anatomischen

Baues der Assimilationsorgane zu Klima und Standort
mit besonderer Berücksichtigung des Spaltöffnungs-
apparates.
Linnaea IX. p. 176.

43.nbsp;Tschirch, A. Beiträge zu der Anatomie und dem Einrol-

lungs-mechanismus einiger Grasblätter.
Jahrb. f. wiss. Bot. XIIL 1882. p. 544,

44.nbsp;Ursprung, A, Der Oeffnungsmechanismus der Pterido-

phy tensporangien,

Jahrb, f. wiss. Bot, XXXVIII. Heft 4. 1903,

45.nbsp;Volkens, Georg. Die Flora der Aegyptischen Arabischen

Wüste,
Berlin 1887.

46.nbsp;Wakker, J. H, De stand der suikerrietbladen bij vocht

en bij droogte.

Archief voor de Java-Suikerihdustrie 1895, Afl, 2,

47.nbsp;Weiss, E, Untersuchungen über die Zahlen und Grössen-

verhältnisse der Spaltöffnungen.
Jahrb, f, wiss. Bot, VIL 1869/70. p. 556.

-ocr page 103-

INHOUD.

pag.

Inleiding..........................................1

HOOFSTUK I.

Literatuuroorsig..............................2

§ 1. Doel..................] ] [nbsp;2

§ 2. Duval Jouve..................................4

§ 3, Tschirch......................................g

§ 4. Pée Laby...............\' \'nbsp;12

§ 5. Steinbrinck....................

§ 6, Goebel..................\' ]nbsp;15

§ 7. Wakker en orige skrywers...........17

HOOFSTUK II.

Beskrywing van die apparaat vir kon-
stante relatiewe Vogtigheid......19

§ 8. Doel...................quot; ]nbsp;19

§ 9. Apparaat in hooftrekke............19

A.nbsp;Kas en oliebak..............19

B.nbsp;Die inrigting vir watersirkulasie deur die kas. .nbsp;22

C.nbsp;Die installasie vir lugsirkulasie.......24

§ 10. Outomatiese werking van die toestel.......25

§ 11. Diens van die silinders in die kas........26

§12. Besonderhede..............26

a. Die oliebak................26

h. Die kas met dubbele wande........27

c.nbsp;Die dampketel..............29

d.nbsp;Die termoregulator.............30

e.nbsp;Die higrometer..............32

/. Diens van die relais, om die relatiewe vogtigheid

outomaties konstant te hou.........33

g. Pomp en moter..............3g

-ocr page 104-

h.nbsp;Die termograaf...............37

i.nbsp;Die yskas.................37

ƒ. Die koelbak................38

k. Die gummiebuise.............38

l. Opstelling.................39

m. Die gevoeligheid van die toestel......39

HOOFSTUK III.

M e t o d e......................^^

§ 13. Voorgeskiedenis van die gevolgde metode ....nbsp;44

§ 14. Die bestaande metode.............48

§ 15. Die metode, wat hier toegepas is.........49

§ 16. Metode om op \'n bepaalde relatiewe vogtigheid

in te stel...................

§ 17. Die plant en kimografion............52

§ 18. Die totaalopstelling in die bak............57

§ 19. Nuwe opstelling ................61

§ 20. Voordeel van die maklik herstelde opstelling ...nbsp;62

§ 21. Verbeterings van die metode..........63

1.nbsp;Verbetering van die droëlugstroom......63

2.nbsp;Verbetering van die gevoeligheid.......64

3.nbsp;Die beginsel van die intermitterende dampstroomnbsp;66

4.nbsp;\'T-krane vervang deur \'n outomatiese omska-
kelaar ....................67

5.nbsp;Beginsel van dubbel kwikkontak en outomatiese
omskakelaar toegepas op die lugsirkulasie . .nbsp;72

§ 22. Voordele van die gebruik van \'n kas vir konstante RVnbsp;74

HOOFSTUK IV.

§ 23. Proewe....................78

§ 24. Literatuurlys.................85

-ocr page 105-

■• vi

-ocr page 106-

\' mêmi^

s •

-ocr page 107-

STELLINGS

I.

Die tot nou toe gevolgde metodes van ondersoek naar die
periodieke bewegings van volwasse grasblare is onvoldoende
om gegronde konklusies te kan trek omtrent die werking van
die hooffaktore vog, temperatuur en lig.

II.

By die ondersoek naar die werking van verskülende faktore
op die bewegings van volwasse grasblare verdien die gebruik
van \'n klein lugdig afgeslote ruimte mét konstante R.V. of
konstante temperatuur die voorkeur bo die gebruik van kamers
vir konstante temperatuur of konstante relatiewe vogtigheid
soos hulle tans in gebruik is.

III.

Die flora van die Suidwestelike provinsie van Suid-Afrika
is duidelik \'n relikteflora.

IV.

Die kritiek van Wettstein op Trolls mening, dat die Angio-
spermblom moet afgelei word van die tiepe van die Gymosperm-
blom en nie van die fruktifikasie van die Pteridophytae nie, is reg.

V.

Dis wenslik dat met die oog op \'n gesonde ekonomiese
ontwikkeling van Suid-Afrika die volle nadruk gelê word op
landbouonderwijs.

Dit sal die stroom van bevolking van die platteland naar
die stede teen gaan.

-ocr page 108-

Die proewe van Richard maak dit waarskynlik dat die glo-
menili in die nier filtrasieorgane is.

VII.

Die groot verskü tussen die paleotropiese flora van Suid-Afrika
en die subtropiese flora van Suid-Amerika is g\'n beswaar teen
Wegeners teorie van kontinentale verskuiwings nie.

VIII.

Dit verdien aanbeveling by die onderwys Op middelbare
skole in Suid-Afrika die tot nou toe gevolgde sisteem van
spesialiseer te laat vaar en i. p. v. die teenswoordige onderwys
in wetenskappe \'n algemene kursus in biologie te gee.

-ocr page 109-

mMim

-ocr page 110-
-ocr page 111-

V \'

Inbsp;i

-ocr page 112- -ocr page 113- -ocr page 114-

s

S

i

ni