«lilJOTHEEK DER
rijksuniversiteit
u T R E C H Ti
-ocr page 2- -ocr page 3-'■■'éi
■'M.
-ocr page 4-quot;N'VERSITEITSBIBLIOTHEEK UTRECHT
3484 4534
-ocr page 5-DIE AFRIKANER EN SY TAAL
1806— 1875
ACADEMISCH PROEFSCHRIFT TER VER-
KRIJGING VAN DE GRAAD VAN DOCTOR
IN DE LETTEREN EN WIJSBEGEERTE AAN
DE RIJKS-UNIVERSITEIT TE UTRECHT, OP
GEZAG VAN DE RECTOR MAGNIFICUS
Dr. Th. M. VAN LEEUWEN, HOOGLERAAR
IN DE FACULTEIT DER GENEEESKUNDE,
VOLGENS BESLUIT VAN DE SENAAT DER
UNIVERSITEIT TEGEN DE BEDENKINGEN
VAN DE FACULTEIT VAN LETTEREN EN
WIJSBEGEERTE TE VERDEDIGEN OP
VRIJDAG, 27 JANUARIE 1939, DES NAMID-
DAGS TE 4 UUR
DOOR
GEBOREN TE SOMERSET WEST
UNIE VAN ZUID-AFRIKA
Nasionale Pers, Beperk. — Kaapstad.
bibliotheek der
ruksuniversiteit
ut r echti
Opgedra aan my Vader,
en aan die Nagedagtenis
van my Moeder
i-'-Sèr
- gt;lt;-JS
-ocr page 11-Il n'y a guère de nation qui ne vise à posséder une langue
en propre, et une langue ne subsiste que difficilement et
misérablement là ou elle n'est pas soutenue par un sentiment
national.
Antoine Meillet.
-ocr page 12-Isnbsp;'if
;£gt;■ Vi
.«» ' 1
' Ji
p - ;- -
; -f.--
.5.
Dis my 'n aangename plig om hier my dank uit te spreek
aan U, Hooggeleerde De Vooys, dat ek die eer mag hê om
onder U te promoveer. Al het ek nooit die voorreg gehad
om my onder u studente te reken nie, het U goedgunstiglik
ingewiUig om as my promotor op te tree toe ek my werk
aan U voorgelê het. Ek stel daar besondere prys op om
U hier in die openbaar my dank te betuig vir alles wat ek
uit u geskrifte kon leer.
As oudstudent van die Universiteit van Amsterdam is d.t
my 'n behoefte om hier hulde te bring aan die nagedagtenis
van Professore Stoett, Prinsen en Boer, wie se kolleges ek
drie jaar lank, van begin 1924 tot einde 1926, mog bywoon.
In die besonder dink ek vandag terug aan wyle Professor
Stoett, met wie ek in nouer aanraking mog kom toe ek in
die jare 1929 tot 1931 weer vir spesiale studie in Nederland
was.
In verband met my studie in Amsterdam moet ek
my erkentlikheid betuig teenoor die Nederlandsch Zuid-
Afrikaansche Vereeniging vir die steun aan my, soos aan so
baie ander Afrikaanse studente, verleen.
'n Woord van besondere dank is ek verskuldig aan
Prof. Dr. D. B. Bosman, van die Universiteit van Kaapstad.
Hy het my boek in manuskrip krities deurgelees en my
menige verbetering aan die hand gedoen. Dis ook op sy
aanbeveling dat ek my werk as dissertasie aan Prof. Dr.
C. G. N. de Vooys gestuur het. Sy onselfsugtige vriendskap
stel ek hoog op prys.
Ten slotte wil ek nog my dank uitspreek aan verskeie
persone wat my by die insameling van materiaal behulpsaam
was. Ek dmk hier veral aan die personeel van die Suid-
Afrikaanse Openbare Biblioteek in Kaapstad. Die vriendelike
tegemoetkoming wat ek van hul ondervind het, het my werk
baie vergemaklik. Die personeel van die Kaapstadse Argief
en wyle Dr. A. Dreyer, in lewe Argivaris van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk, het my eweneens bereidwillig gehelp.
Die meeste dank is ek verskuldig aan jou, Ena, vir jou
aanmoediging en hulp. Sonder jou het hierdie werk miskien
nooit klaargekom nie.
HOOFSTUK I
(1806—1828)
A.nbsp;Inleiding: Engelse Besetting van die Kaap.
Eerste Verengelsingspoginge - - - - 3
Eerste Engelse besetting. Van min belang vir algemene
taaltoestande 3.—Tweede Engelse besetting. Regte van
Hollandse koloniste nog gewaarborg 5.—Cradock bepleit
stelselmatige verengelsing van die Kaap 6.—Verengel-
singsbeleid van Cradock 7.
B.nbsp;Begin van Stelselmatige Verengelsingsbeleid 9
Die Kaap word in 1814 'n permanente Engelse besit-
ting 9.—Kerklike toestande in die Kolonie. Tekort aan
predikante 9.—Somerset benoem eerste Skotse predi-
kante in Hollandse kerke 10.—Toestande op onderwys-
gebied onder Caledon en Cradock quot;11.—Somerset se
planne vir Kerk en Skool. Invoer van Skotse predikante
en onderwysers 13.—Memorandum van Henry Ellis 14.
—Taalproklamasie van Somerset, 1822 16.
C.nbsp;Gesindheid van Hollandse Koloniste - - 18
Koloniste oor die algemeen tevrede met Britse Bestuur
18.—Koloniste heg hul nie aan nuwe heersers nie 20.
—Die Anglomanne. Hul verkeerde voorstelling van
sake 21.
D- Die ou Koloniste en die Invoering van Engels
in Bestuur en Regspleging.....23
Uitvoering van bepalings van die taalproklamasie.
Reaksie van koloniste 23.—Kennis van Engels nog
weiiiig verbreid 25.—Politiek van versoening tussen twee
seksies van bevolking 27.—Regering dryf sy taalbeleid
deur 29.—Redes waarom koloniste by invoering van
Engels in bestuur en regspleging berus 30.—Hollandse
koloniste erken waarde van kennis van Engels 32.
Bis.
Bis.
E. Verset teen Verdringing van Hollands as
KuLTUURTAAL - -- -- -- --34
Weerstand teen regering se planne om Hollands uit-
eindelik heeltemal te verdring 34.—Ontevredenheid oor
aanstelling van groot getal Skotse predikante 35.
—^Teenstand teen voorgenome invoering van Engels as
taal van die godsdiens 36.—Sinode van 1824. Verslag
van J. A. Truter 38.—Taal en nasionaliteit 42.
47
HOOFSTUK II
(1828—1854)
A.nbsp;Inleiding: Gesindheid van ou Koloniste
teenoor Britse Bestuur ------
Filantropiese liberalisme in die Kolonie 47.—Ou Hol-
landse instellinge verdwyn 47.—Oprigting van De Zuid-
Afrikaan 48.—Die Commercial Advertiser en die Zuid-
Afrikaan 49.—„Tros, Tyriusque mihi nullo discrimine
ageturquot; 51.—De Zuid-Afrikaan en die Groot Trek 52.
—Hollandse koloniste beskuldig van anti-Engelse
gesindheid 54.—Gehegtheid aan die Britse kroon 56.
B.nbsp;Die Taal in die Bestuur en die Openbare Lewe 57
Die regspleging. Moet jurielede Engels ken? Houding
van De Zuid-Afrikaan 57.—Hollands en Engels op
vergaderings en in die Munisipaliteit van Kaapstad 61.
—Die taal van die toekomstige parlement 63.
C.nbsp;Die Taal in die Onderwys ----- 67
Verwaarlosing van Hollands rede vir agteruitgang van
regeringskole 67.—Skole in Kaapstad 69.—Getuienis uit
De Zuid-Afrikaan 70.—,,Het Zuid-Afrikaansche Athe-
naeum' ' 72.—Noodsaaklikheid van onderwys in Hollands
deur regering erken, 1834 74.—Pleidooie vir die
moedertaal 75.—Plek van Hollands in onderwysstelsel
van 1839 76.—^Benoeming van James Rose Innes as
Superintendent-Generaal van Onderwys 77.—Innes se
taalbeleid. Oprigting van ,,Ondersteunde Skolequot; 79.
D.nbsp;Toenemende Verengelsing van Kaapstad - - 81
Verloop van verengelsingsproses 81.—Vinnige verengel-
sing na 1840. Geskiedenis van ,,Tot Nutquot;-skool 85.
—Instituut van Changuion 86.
E. Die Taal in die Kerk......
Sinodes van 1826 en 1829 88.—Voorstel oor Engelse
dienste in Sinode van 1834 89.—Pleidooie vir Engelse
dienste in Groot Kerk 91.—Beskrywingspunte van
ds. Robertson 'vir Sinode van 1837 92.—Besware teen
onnodige benoeming van Skotse predikante. Antwoord
van lord Glenelg 93.—Ontevredenheid oor 'n plan van
ds. Robertson 95.—Engelse pers vra weer om Engelse
dienste in Hollandse kerk 97.—^Twisgeskryf oor Hol-
lands en Engels 98.—Vertaling van Simboliese en
Liturgiese geskrifte 99.
F- Besluit.......- - . 100
A.nbsp;Inleiding: Nasionale Gesindheid - - - - 105
Gesindheid teenoor Engelse owerheid 105.—Verset teen
bevoorregting van Engelse element 107.—Engelse koe-
rante teen alles wat Hollands is 109.—De Zuid-Afrikaan
se verweer 111.—Standpunt van Het Volksblad 112.
—Gebrekkige nasionaliteitsbesef van De Zuid-Afrikaan
113.—Versterking van posisie van Hollands 114.
B.nbsp;Die Taal in die Bestuur en die Openbare Lewe 116
Hollands in die Kaapse parlement. Voorstelle en
petisies 116.—Houding van die pers. Menings van
korrespondente 118.—Briewe van Hollanders 120.
—„Offisiëlequot; mening onder Afrikaners 122.—Hollands-
eentaligheid van platteland; verengelsing van Kaap-
stad 122.
c. Die Taal in die Onderwys.....124
Voortsetting van verengelsingsbeleid 124.—Gekose
komitee gee geen aandag aan taalvraagstuk nie. De
Zuid-Afrikaan ontevrede 125.—Verset teen verengel-
sende onderwys 126.—De Zuid-Afrikaan sit stryd vir
Hollands voort 128.—Die „Board of Examinersquot; en die
,,Public Service Certificatequot; 130.—Langham Dale se
houding teenoor Hollands 132.—Onderwys in Engels
op ondersteunde skole 132.—Getuienis voor Onderwys-
kommissie van 1861 134.—Kommissie het min simpatie
vir Hollands. Taalbepalings van Wet op Onderwys,
1865 135.
-ocr page 18-xu
D. Die Taal in die Kerk ------- i^ö
Verengelsing onder Afrikaners. Die Kerk 'n nasionale
band 136.—Pleidooi vir Engelse dienste in Groot
Kerk 138.—Verset 139.—Eerste voorstel voor Kaap-
stadse kerkraad, 1857 141.—Tweede voorstel voor
Kaapstadse kerkraad, 1859 144.—Gemeente protesteer
teen kerkraadsbesluit 145.—Behoefte aan Engelse
dienste? 146.—Toenemende verbreiding van Engels
onder lede van Hollandse Kerk 147.—Die ,,Anglo-
Afrikanequot; kry hul sin 149.—Engelse dienste op die
platteland 152.—Verengelsing nog beperk 153.—Invloed
van Kerkstryd. Stigting van Teologiese Kweekskool
I53-—Werwing van predikante in Skotland. Besluit 155.
HOOFSTUK IV
(1865—1875)
A.nbsp;Inleiding: Nasionale Ontwaking - - - - 161
Afrikaners en die politiek 161.—koloniale Afrikaners
se belangstelling in lotgevalle van Vrystaat en Trans-
vaal 162.—Die Vrystaat se Basoeto-oorloë. Tekens van
nasionale oplewing in die Kolonie 162.—Koloniale
Afrikaners se trou aan Britse kroon 164.—Stryd oor
diamantgebied. Nasionale ontwaking 166.—Jan Hendrik
Hofmeyr (,,Onse Janquot;) 168.—Nasionalistiese beweging
van die Paarl 170.
B.nbsp;Verengelsing op die Platteland en in
Kaapstad - -.......- 171
Kennis van Engels op die platteland 171.—Gebruik van
Hollands en Engels op benoemingsvergaderings 172.
—Engels by sosiale geleenthede op plattelandsdorpe 173.
—Verdringing van Hollands in Kaapstad 174.
C.nbsp;Die Taal in die Onderwys ----- 176
Engels op plaasskole 176.—^Verset teen veronagsaming
van Hollands 177.—Aanvalle op Hollandse taal 178.
—Afrikaners sou met min tevrede ge wees het 179.
—Ds. G. W. A. van der Lingen en die Paarlse
Gimnasium 179.—Die Sinode en die onderwys in
Hollands 180.—Kerkskool op Ui_tenhage en private
skool, op Ratelpoort 182.—Die Ring van Kaapstad 183.
—Stigting van ,,The Good Hope Seminai^quot; 184.—^Lang-
ham Dale doen niks vir Hollands nie 186.—Kennis
van Hollands vir staatsamptenare nie nodig geag
nie 186.—Skole verbrei kennis van Engels op platte-
land 187.—Heftige aanvalle op verengelste onderwys i8g.
XIll
D.nbsp;Die Taal in die Kerk ------- igo
Engelse dienste in die Groot Kerk 190.—Ds. G. W. A.
Stegmann Jr. wil lidmate in Engels voorstel 191.—Plek
van Engelse dienste in Moedergemeente 192.—Nuwe
rnoeilikhede in verband met Engelse dienste 193.
Sinode bepaal dat predikante bekwaam moet wees om
Engels te preek 195.—Engels in Hollandse kerke op
die platteland 196.—Ring van Beaufort besluit ten
gunste van Hollands 197.
E.nbsp;Besluit ---------- igS
BYVOEGSEL BY HOOFSTUKKE III EN IV
Die Taalondervs^ys op Skool ----- 199
HOOFSTUK V
Die Begin van die Afrikaanse Taalbeweging
a.nbsp;voorgeskiedenis -------- 207
Houding teenoor Afrikaans 207.—Vroegste geskrifte in
Afrikaans 208.—Louis Henri Meurant 209.—„Zamen-
spraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaarquot;
210.—Het Cradocksche Nieuwsblad 211.—Die „Zamen-
spraakquot; in boekvorm 213.—Laaste Afrikaanse geskrifte
van Meurant 214.—Meurant se houding teenoor Afri-
kaans 214.—Onverstaanbare Hollands 215.—Meurant
se stukke oorgeneem in Kaapstadse koerante 216.
—Afrikaans in De Zuid-Afrikaan en Het Volksblad 217.
—Navolging van Meurant buite die Kolonie 218.—Ver-
skyning van 'n bundel godsdienstige versies in Afrikaans
220.—Samuel Zwaartman. Sy invloed 221.—Versies van
F. W. Reitz 222.—Betekenis van eerste geskrifte in
Afrikaans 223.
B.nbsp;Die Afrikaanse Taalbeweging - - - - 225
Arnoldus Panne vis 225.—Behoefte aan 'n Bybel in
Afrikaans 226.—Pannevis se briewe geen pleidooi vir
Afrikaans nie 226.—Casper Peter Hoogenhout 227.
—Hoogenhout se geloof in toekoms van Afrikaans 228.
—Afrikaans in die onderwys 230.—„Gesprekke tusse
oom Jan Vasvat en neef Daantje Loslaatquot; 232.—Die
Geskiedenis van Josef 235.—^Verset teen eensydig
Engels georiënteerde onderwys 236.'—Aanvalle op „The
Good Hope Seminaryquot; en „The Huguenot Seniina^quot;
237.__Een Ware Afrikaanderquot; — Stephanas Jacobus
du Toit 239.—Du Toit en Hoogenhout 240.—Eerste
voorstel vir stigting van 'n genootskap vir die bevor-
dering van Afrikaans 241.—Die Geskiedenis van ons
Land, in die Taal van ons Volk 242 .—Uitnodiging tot
samewerking 243.—^Briefwisseling voortgesit 244.—Be-
hoefte aan 'n vereniging of genootskap 246.—Pannevis
se brief aan Britse en Buitelandse Bybelgenootskap 247.
_Stigting van die „Genootskap van Regte Afri-
kanersquot; 247.—Slot 249.
Literatuur en Bronne - - - - - - 251
Personeregister - - - - - - - - 259
HOOFSTUK I
( 1806—1828 )
HOOFSTUK I
( 1806—1828 )
A. Inleiding: Engelse besetting van die Kaap. Eerste
verengelsingspoginge.
Eerste Engelse besetting. Van min belang vir algemene
taaltoestande.
Deur jarelange wanbestuur van die Hollandse Oos-lndiese
Kompanjie was die Kolonie in 'n uiters treurige toestand
toe dit in September 1795 vir die eerste keer in Engelse
hande oorgaan; tog het die koloniste oor die algemeen nie
die vreemde heersers verwelkom nie. Sommige van hulle,
nierendeels regeringsamptenare, was wel aanhangers van die
na Engeland uitgeweke Prins van Oranje en het die Engelse
daarom ook as bondgenote ontvang; maar die oorgroot
meerderheid van die koloniste was Patriotsgesind, op hul
manier voorstanders van die Franse revolusionêre denkbeelde
en as gevolg daarvan anti-Engels. Die eed van trou is wel
kort na die Kapitulasie van Rustenburg deur byna al die
inwoners van die Kaap, Stellenbosch en Swellendam afgelê;
nietemin, skiyf Craig aan Henry Dundas, Britse Minister
van Oorlog, ,,nearly every man in the colony is our
enemy.quot;») Die Graaff-Reinetters het hul, soos bekend is,
selfs 'n jaar lank teen die Engelse gesag verset.
Die maatreëls wat getref is om die koloniste met die nuwe
bewind te versoen, het nie die gewenste uitwerking gehad
nie. Craig sou op die duur miskien nog iets kon bereik het,
maar sy opvolgers. Macartney en Yonge, was daar nie die
n^nne na om vyandiggesinde onderdane vriendelik te stem
pie. Ook die geestige en bekoorlike lady Anne Barnard,
intieme vriendin van Henry Dundas, het maar min bereik
met haar listige planne om die Hollandse koloniste en die
Britse regering nader aan mekaar te bring. Op haar veel-
vuldige bals het sy daarin geslaag om sommige op dans
Cambridge History of the British Empire, dl. VIII (South
^jrica), bis. 176. Sien 00k Benjamin Stout: Cape of Good Hope
and Its Dependencies, bis. 137.
en flirtasies versotte Kaapse jongmeisies met Britse offisiere
en amptenare in aanraking te bring, maar die burgers het
hul deurgaans stuurs en afsydig gehou. Die minagtende
houding wat dikwels deur die Engelse teenoor die Hollandse
koloniste ingeneem is, het bowendien haar taak erg bemoeilik.
Hoofsaak was egter dat die koloniste byna sonder uit-
sondering vas geglo het dat die Kaap aan die moederland
teruggegee sou word, sodat selfs die persone wat deur hul
anti-revolusionêre gevoelens simpatiek teenoor die Engelse
gestaan het, nie alte openlik gemene saak met die nuwe
regering wou maak nie.^) Toe die Kaap dan ook inderdaad
in 1803 aan die Bataafse Republiek teruggegee word, was
daar met die uitsondering van enkele onversoenlike Anglo-
manne niemand in die stad wat die terugkeer van die
Hollandse vlag nie verwelkom het nie; en ,,het genoegen
op het platte land van aan het Moederland terug gegeven
te zijn,quot; skryf Janssens op 9 April 1803 uit Swellendam
aan De Mist, ,,schijnt zeer algemeen.quot;')
Die Kolonie was die eerste keer slegs sewe jaar en vyf
maande onder Engelse bewind. In Engeland het daar toe
nog nie veel belangstelHng vir die Kaap as volksplanting
bestaan nie, en die Kolonie is as 'n tydelike besitting
geregeer. Deur die voorwaardes van die kapitulasie is die
koloniste die behoud van al hul regte gewaarborg, en ook
daarom kon geen ingrypende veranderinge in die bestuur
gemaak word nie. Regspleging en plaaslike bestuur het in
hoofsaak gebly soos hul was; selfs in die personeel wat
daarmee te doen gehad het, het nie veel verandering gekom
nie, want die meeste van die amptenare van die vorige
Hollandse regering is in hul betrekkings gelaat omdat hul
tog Prinsgesind en dus ook gunstig gestemd teenoor die
Britse bewind was. Sonder die hulp van dié amptenare
sou die Engelse owerheid trouens moeilik die bestuur van
die land kon behartig het. Buite Kaapstad was daar uit
die aard van die saak heel weinig aanraking tussen die
2) Lady Anne Barnard: South Africa a Century Ago, blss. 48.
57, 60, 65, 82. 83, 94, 105 128, 140, 190. Sien ook John Barrow:
An Account of Travels into the Interior of Southern Africa, ens.,
bis. 51.
Theal: History of South Africa from 1795 to i8j2, dl. I,
bis. 114 vlgg.; Belangrijke Historische Dokumenten over Zuid
Afrika, dl. III, bis. 206.
Engelse en die ou koloniste; ook in die stad was die omgang
maar beperk tot enkele families, soos ons reeds gesien het.
Van belang vir die algemene taaltoestande was die eeiste
Engelse besetting van die Kaap dus feitlik nie. Alleen kon
dit die kennis van Engels in sekere kringe bevorder en
sodoende die uiteindelike verengelsing van sommige Kaapse
families bespoedig het.''^)
Tweede Engelse besetting. Regie van Hollandse koloniste
nog gewaarborg.
Toe die Kaap in Januarie 1806 vir die tweede keer in
Engelse hanüe oorgaan, is die koloniste — eweas by die
eerste inbesitname van 1795 — deur die voorwaardes van
oorgawe die behoud var hul legte en voorregte gewaarborg.
Engeland was dus gebonde om, voorlopig altans, geen
veranderinge van belang in die bestuursvorm van die Kolonie
te maak nie en die instellinge en gebruike van die ou
inwoners onaangetas te laat. Ears na die Kaap in Augustus
1814 deur die Verdrag van Londen formeel deur Nederland
aan haar afgestaan is, was sy vry om die hervorminge wat
sy nodig mog ag, in haar nuwe besitting aan te bring,
Reeds in 1806 was die Britse staatsliede egter vas beslote
om nie weer afstand van die Kaap te doen nie, en feitlik
van die begin van die tweede besetting bet die bedreiging
van 'n beleid van verengelsing die Hollandse koloniste bo
die hoof gehang.
Toe graaf Caledon begin 1807 tot goewerneur van die
Kaap benoem word, was dit die bedoeling van lord Grenville,
Eerste Minister van Engeland, om 'n bestuur aan die Kaap
in die lewe te roep wat die ou inwoners sou leer om na
Engeland op te sien as die blywende besitter van die Kolonie
en wat terselfdertyd die vestiging van Britse volksplanters
en Britse kapitaal daar sou aanmoedig. ,,Connected with
this he intended to have introduced British Laws and a
British administration of them still respecting the rules and
Kaapse jongmeisies was blykbaar onder die eerstes om Engels
leer. Barrow: An Account of Travels, ens., bis. 50, sg van hulle:
,,Many understand the French language, and some have made great
proficiency in the English.quot; Sien ook Gleanings in Africa, bis. 259:
.,A knowledge of the English language is not among the least
acquirements of the fair-sex at the Cape. Several of them speak
It with fluency and correctness of pronunciation.quot;
regulations and all the prejudices of the present Inhabitants,
but with a capabihty of extending themselves to all necessary
changes as the British from a gradual influx might become
the most numerous of the Population.quot;^) Caledon self was
dit met die voornemens van Grenville volkome eens; maar
nog voor hy in Kaapstad voet aan wal sit, het 'n konser-
watiewe ministerie in Engeland aan die bewind gekom wat
nie bereid was om aan die planne van Grenville uitvoering
te gee nie. Caledon was dus gedwonge om sake in die
Kolonie maar te laat soos hulle was.^^)
Cradock bepleit stelsehnatige verengelsing van die Kaap.
In September 1811 het sir John Cradock die roer van
sake aan die Kaap oorgeneem. Dit het nie lank geduur nie
voordat hy die Minister van Kolonies in Londen, graaf
Liverpool, die wenslikheid onder die oë gebring het om die
oormag van Engeland in die Kolonie deur regeringsmaatreëls
te verseker. Die aanleiding daartoe was 'n versoekskrif van
'n groep Anglomanne in Kaapstad waarin verlof van die
Goewerment gevra word tot stigting van 'n fonds om die
immigrasie van Prinsgesinde Nederlanders uit hul geteisterde
vaderland na die Kaap moontlik te maak. Hoewel die adres
die name van die fiskaal, W. S. van Ryneveld, en die
president van die Hof van Justisie, J. A. Truter,— ,,two
gentlemen eminent beyond a doubt for loyalty, talents, and
devoted attachment to the principles of the British Consti-
tution' ' — as eerste ondertekenaars gedra het, was Cradock
tog nie in gemoede oortuig van die raadsaamheid van die
onderneming nie. ,,Your Lordship will observe throughout
the whole of this address,quot; skrywe hy aan Liverpool op
31 Desember 1811, ,,that in the picture of things here the
greatest stress is laid that everything remains Dutch, and
that their brethren flying from their persecutors at home
will find upon their arrival at the Cape the same religion,
the same language, the same laws, the same customs, amp;c.,
amp;c.quot; So 'n uiting komende van Hollandse koloniste vind
hy nie onnatuurlik nie; en die openhartigheid waarmee hul
met hul gevoelens voor die dag kom, lewer selfs bewys
van hul eerlike bedoelinge, ,,yet ... it cannot fail to
Records of the Cape Colony, dl. VI, blss. 165—6.
quot;a) Camb. Hist, of the Brit. Emp., dl. VIII, bis.quot;200.
excite a very serious and extended reflection, where the first
question is the permanent security and future prosperity of
a great British Colony, subject to all the chances of war.quot;
Onder die heersende oorlogsomstandighede is die ,,controlling
Dutch Inhabitancyquot; in die Kolonie 'n bron van ongerustheid,
wat deur die onderhawige plan alleen maar kan versterk
word — ,,if no countervailing measures are adopted to
prevent an ascendency that will naturally attach to the
prevailing system, and which is the right alone of the British
nation.quot; Die ondermyning van so 'n ,,ascendencyquot; kan
nie bloot deur die ,,power of Governmentquot; teweeggebring
word nie: ,,it is more produced by the cautious and pro-
gressive introduction of the same laws, the same principles,
and the same institutions of the parent state.quot; Cradock
is daar oortuig van dat die Kaapse koloniste ,,will be found
in general to have the most favourable dispositions to
loyalty and fidelity;quot; net een ding is daar wat nog aanleiding
tot onras gee, naamlik die gedagte dat hul miskien weer
onder Nederlandse heerskappy mag kom. Daarom, besluit
l^y' ,,Whatever may be the measures adopted to banish this
notion and identify with England this part of the British
Empire, the greater will be the security, the happiness and
the unanimity of this Settlement.quot;=)
Verengelsingsbeleid van Cradock.
Voor die einde van die stiyd op lewe en dood waarin
Engeland teen Napoleon gewikkel was, wou Britse staatsliede
in die reël hul nie veel met hervorminge op politieke en
maatskaplike gebied in die Kolonie bemoei nie. Dit het
Cradock egter nie verhinder nie om op eie houtjie reeds 'n
aanvang te maak met die ,,cautious and progressive intro-
ductionquot; van ten minste een maatreël wat daarop bereken
was om die Kaap nouer met Engeland te verbind. In 'n
brief gedateer 8 Desember 1812 gee hy ,,a particular point
of instructionquot; aan F. E. Turr, die pasbenoemde rektor
van die Latynse skool in Kaapstad, naamlik ,,to promote
and establish the cultivation of the English language to the
greatest extent among your pupils of the highest rank, as
the foundation upon which they vidll in their future life best
make their way,quot; en hy deel hom mee dat van die
•') Records, dl. VIII, blss. 219—21.
-ocr page 28-opkomende geslag ,,a perfect knowledge of the Enghsh
language, as indispensable in the admission to offices,quot; sal
geëis word/) Dat dit Cradock ems was met die saak, blyk
uit die goewermentskennisgewing wat kort daarna, op 20
Februarie 1813, in die Cape Town Gazette, and African
Advertiser verskyn het. Daarin word ouers en onderwysers
die noodsaaklikheid van 'n algemeen verbreide kennis van
Engels op die hart gedruk, ,,that the earliest attention may
be paid to this essential study,quot; en dan volg 'n uiteensetting
van die moeilikhede en nadele verbonde aan vertaalwerk
op die regeringskantore. ,,His Excellency therefore, how-
ever he may still yield to the force of superior merit and
quahfications in some respected cases of the present day,
will consider himself obliged in all future appointments,
among the rising generation who have had the opportunity
of attainment, to make the possession of the Enghsh
Language an indispensable condition.quot; Hierdie voorwaarde
is inderdaad by alle nuwe aanstellings streng nagekom, sodat
daar na tien jaar feitlik niemand in die regeringskantore was
wat nie behoorlik Engels geken het nie en die algehele
verengelsing van die staatsdiens 'n betreklik gemaklike taak
was.
Dit was Cradock nie alleen daarom te doen om die
administrasie van die Kolonie deur die invoering van Engels
gemakliker en doeltreffender te maak nie. Hy het sonder
twyfel duidelik besef dat die verspreiding van 'n deeglike
kennis van die Engelse taal onder die koloniste 'n onontbeer-
like vereiste was vir die deur hom so begeerde vereenselwiging
van die Kaap met die res van die Britse ryk; en dit is ook
om dié rede dat hy die aanleer van Engels so sterk ondeï
die opkomende geslag aangemoedig het. ,,When I indulge
in the warmest expectation that this Colony will ever remain
inseparable from the British Crown, and that one common
lot will attach to the subject in Africa or England,quot; skrywe
hy aan Turr in bogemelde brief, ,,I cannot conceal the
ardent wish that every young Gentleman of family or promise
should understand that language which prevails in the parent
country, and will best open the road to his future advance-
ment and distinction;quot; en in die kennisgewing in die Gazette
druk hy sy oortuiging uit dat die jong manne van die Kaap
6) Records, dl. IX, blss. 38—9.
-ocr page 29-hom spoedig dankbaar sal wees vir die eis van die kennis
van Engels wat hy aan hul stel, nie alleen om die voordele
wat dit fn verband met regeringswerk sal meebring nie, ,,but
in not leaving them confined to the Boundaries of the Cape
of Good Hope, as it will enable them to enlarge the Sphere
of their talents and activity, and pursue one common course
with all his Majesty's Subjects tnroughout his Dominions.quot;
Cradock was 'n eerlike en opregte man wat dit ongetwyfeld
goed met die koloniste bedoel het, maar dit was seker nie
alleen om hülle belange te behartig dat hy die waarde van
die kennis van Engels so op die voorgrond gestoot het nie.
B. Begin van Stelselmatige Verengelsingsbeleid.
Die Kaap word in 1814. 'n permanente Engelse besitting.
In April 1814 is Cradock deur lord Charles Somerset as
goewerneur van die Kaap opgevolg, en vier maande later
net die Kolonie vergoed 'n Britse besitting geword. Die
mag van Napoleon was reeds in 1813 in die groot Volkeslag
by Leipzig gebreek, en oënskynlik het niks nou die deur-
voering van 'n stelselmatige beleid van verengelsing aan die
Kaap in die weg gestaan nie. Engeland het egter tyd nodig
gehad om te herstel van die skok van die langdurige oorloë
wat sy om haar bestaan moes voer, en gedurende die eerste
tydperk van Somerset se bewind, d.w.s. tot 1820, is geen
maatreëls van ingrypende aard getref om die Kolonie sy
Hollandse karakter te ontneem nie. Die goewerneur het
mtussen egter nie heeltemal stil gesit nie en sy planne vir
die toekoms voorberei. Soos sal blyk, het die omstandighede
waann die volksplanting in sekere opsigte verkeer het, sy
taak besonder vergemaklik.
Kerklike toestande in die Kolonie. Tekort aan predikante.
Toe Somerset sy betrekking aan die Kaap aanvaar, was
daar in die hele uitgestrekte Kolonie nog maar nege
Hollandse kerke. Ses van dié kerke was binne tagtig myl
van Kaapstad geleë, sodat dit dringend noodsaaklik was
om nuwe gemeentes in die buitedistrikte te stig. Die nypende
gebrek aan predikante het dit reeds vir De Mist, toe daar
nog maar sewe kerke in die volksplanting was, onmoontlik
gemaak om voorkomende vakatures te vul, laat staan nog
om nuwe gemeentes te stig; en Cradock het in sy tyd die-
selfde moeilikheid ondervind.') In die begin van 1814 het
graaf Bathurst nog probeer om predikante vir die Kaapse
Kerk uit Nederland te kry, maar sonder veel sukses;®) en
toe die Kolonie in Augustus van dieselfde jaar definitief aan
Engeland afgestaan word, was daar om voor-die-hand-
liggende redes ook nie veel kans meer dat nog baie moeite
in dié rigting sou gedoen word nie. Die behoefte aan meer
gemeentes het intussen hoe langer hoe dringender geword,
en onder hierdie omstandighede het 'n oplossing van die
moeilikheid hom aan lord Charles Somerset voorgedoen wat
tegelykertyd groot waarde kon hê vir die stelselmatige beleid
van verengelsing wat nou sy aanvang in die Kolonie sou
neem.
Somerset benoem eerste Skotse predikante in Hollandse
kerke.
In 1817 het daar onenigheid onder die sendelinge van die
Londense Sendinggenootskap aan die Kaap ontstaan as gevolg
waarvan verskeie van hulle uit die diens van die Genootskap
getree en werkeloos geword het. Somerset het hierdie
gunstige geleentheid nie ongebruik laat verbygaan nie. Nadat
hy hom verseker het dat die leer van die Presbiteriaanse
Kerk van Skotland dieselfde is as dié van die Gereformeerde
Kerk en dat die persone wat hy op die oog gehad het,
behoorlik geordende predikante was, het hy drie van die
gewese Skotse sendelinge van die Londense Genootskap in
gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk aangestel.
Die eerste Skotte wat benoem is, was ds. John Evans in
1818 tot die pas gestigte gemeente Cradock; ds. George Thom
teen die einde van dieselfde jaar tot die gemeente Caledon,
wat vakant geword het deur die emeritaat van ds. M. C. Vos;
en ds. John Taylor eers as predikant van die distrik en in
Mei 1820 van die gemeente Beaufort(-Wes).
In sy brief aan Bathurst, d.d. 18 Oktober 1820, na aan-
leiding van die benoeming van die Skotse predikante, herinner
Somerset die Minister van Kolonies daaraan dat hy
(Bathurst) daar nie in geslaag het om 'n voldoende aantal
predikante uit Holland te kry wat vakatures in bestaande
'') Dr. A. Dreyer: Boustowwe vir die Geskiedenis van die
Nederduits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, dl. III, bis. 361.
5) Boustowwe, dl. III, bis. 363.
gemeentes in die Kolonie sou kon vul nie. ,,Even with
the aid of half educated Colonists who have returned here
with letters of ordination,quot; is daar nog nie in die geestelike
behoeftes van die koloniste voorsien nie. Hy wys daar verder
op dat dit reeds vroeër aan die hand gegee is ,,that it would
be desirable that the clerical vacancies in this Settlement
should be filled by Ministers from Scotland, who however
should be masters of the vernacular language of this place
previous to their appointment,quot; en dat sowel ds. Thom as
ds. Taylor die Hollandse taal ,,with great fluencyquot; praat.quot;)
Dit is duidelik dat lord Charles Somerset nie uit sy pad uit
gegaan het om Skotse predikante in die Hollandse Kerk in
te voer nie, maar aan die ander kant blyk dit uit sy brief
aan Bathurst dat hy die moontlikheid verwelkom het toe
dit hom voordoen. So is dan die eerste drie Skotse predikante
in gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in
die Kolonie aangestel. Hulle sou die voorlopers van baie
ander wees.
Toestande op onderwysgebied onder Caledon en Cradock.
Die toestand van die onderwys in die Kolonie was nie
minder treurig as dié waarin die Kerk verkeer het nie. Die
hervormer De Mist het in sy tyd ook hierin verbetering
probeer bring, maar hy kon nie veel uitrig nie, onder andere
as gevolg van die groot skaarste aan geskikte onderwysers.
Die Britse bewindhebbers was in die begin blykbaar veral
daarop gesteld om voorsiening te maak vir die onderwys in
Engels in Kaapstad,quot;) maar Caledon het tog ook reeds
Records, dl. XII, blss. ii6—7.—Die gedagte dat jong Skotse
predikante in Ned. Geref. gemeentes aan die Kaap kon aangestel
word, was afkomstig van luit.-kol. John Graham. Sien sy brief
aan Henry Goulburn, d.d. 18 November 1813, Records, dl. IX,
bis. 264.
'^P 5 Mei 1807 skryf die Skoolkommissie aan luit.-goew. Grey
onder andere: ,,In compliance . . . with your Excellency's express
desire, the members of the Commission will do their utmost in
procuring as soon as possible a proper person for teaching the
English language, both at the Latin and at the young ladies'
school;quot; en in sy rapport van 1809 verseker die Skoolkommissie
die goewerneur dat elke individuele lid van die Kommissie bereid
geneë is om die onderwys van die Engelse taal te bevorder, maar
geld ontbreek.—Sien' Report upon the Government Educational
System of the Colony (Watermeyer-Rapport), 1863, App. V, blss.
25, 26.
planne vir die uitbreiding van die onderwys op die platteland
gehad. „Amongst other improvements,quot; skrywe hy op 12
Oktober 1809 aan Castlereagh, ,,the establishment of a public
school at each drostdy appears to me as particularly desirable,
marking as it would do the interest of Government in the
permanent welfare of the inhabitants and tending to facilitate
future views for the benefit of an augmenting population.quot;quot;)
Aan Caledon se aanbeveling is egter geen uitvoering gegee
me.
Onder die indruk van die verslag van die „Commission
of Circuitquot; van 28 Februarie 1812, waarin die dringende
nood van die buitedistrikte aan beter onderwysgeleenthede
uiteengesit is, het Cradock op sy beurt aandag aan die saak
geskenk en 'n stelsel van sogenaamde Kosterskole in die
lewe geroep. Hy het gehoop dat hierdie skole tegelykertyd
sou kon gebruik word om die kennis van Engels ook binne
bereik van die plattelandse jeug te bring. „His Excellency,quot;
skrywe die Koloniale Ondersekretaris op 24 Oktober onder
andere aan die president van die Skoolkommissie in verband
met die instelling van die Kosterskole, „has further directed
you to be informed that, feeling, as he does, how much the
knowledge of the English language will in future promote
the permanent advantage of this colony, and forward all
the various interest of individuals, it is his wish that you
should hear this in mind in your future selection of teachers'
and the object presses so forcibly upon his Excellency, that
he will authorize an annual addition of 100 rds. to the salary
of any schoolmaster who possesses capability and will under-
take to instruct his pupils in the Enghsh tongue.quot;''') Daar
IS toe dertien Kosterskole gestig, maar net in een daarvan
was die onderwyser bevoeg om onderwys in Engels te
gee. Die stelsel het buitendien nie in die behoeftes van
die bevolking voorsien nie en was van die begin af aan 'n
mislukking; die koloniste het aan hul eie private skooltjies
die voorkeur bly gee.'^)
11) Records, dl. VII, bis. 166.
bls^'sf^^'nbsp;^PP-
12a) Memorandum on the Subject of Elementary Education at the
Cape of Good Hope (June 22, 1844), bis. 6.
13) Sien die hierbo aangehaalde Report. Ws. xxiii.
-ocr page 33-Somerset se planne vir Kerk en Skool. Invoer van Skotse
predikante ?n onderiefysers.
Die beurt was nou aan Somerset om 'n oplossing van die
vraagstuk te soek; en toe hy ook hier 'n kans sien om die
koloniste voor te berei op die groot veranderinge wat in
die bestuur van die Kolonie op koms was, het hy op sy
gewone voortvarende manier die knoop denrgehak en 'n
stelsel van vry Engelse skole ontwerp waarin ingevoerde
Engelse en Skotse skoolmeesters die eerste onderwys aan
Afrikaanssprekende kinders sou gee.'quot;)
Van begin 1820 tot teen die einde van 1821 was lord
Somerset met verlof in Engeland, en van dié geleentheid
het hy gebruik gemaak om sy planne in verband met kerk
en skool in die Kolonie aan die Britse Minister van Kolonies,
graaf Bathurst, voor te lê. ,,It being extremely desirable
that the children of the Colonists residing in the Country
Districts at the Cape of Good Hope should have the Means
of obtaining the English Language,quot; skr3rwe hy op 14
Februarie 1821 aan Goulburn, Ondersekretaris van Koloniale
Sake, ,,I take the liberty of submitting to Earl Bathurst the
Expediency of having all the Schools in the Colony conducted
by English Masters.quot;^®) Bathurst het hom in alles geesdriftig
gesteun (,,Lord Bathurst has given me directions to acquaint
your Lordship,quot; beantwoord Goulburn op 10 April Somerset
se brief, ,,that he entirely concurs with you in opinion as
to the expediency and propriety of gradually superseding
the Dutch Schoolmasters by Englishmen of a superior class,
as affording both the best means of making the Enghsh
Language more general in the Colony and improving the
manners and morals of the Peoplequot;);quot;) en die dienste van
ds. George Thom, wat juis ook met vakansie in Engeland
Reeds in 1815, by die benoeming van 'n nuwe relstor van
die Latynse Skool in Kaapstad, het Somerset laat sien dat die
belange van Engels in die onderwys by hom swaar weeg. Hy het
geweier om die nominasie van ds. J. C. Berrangé deur die Skool-
kommissie goed te keur, en het 'n Engelse predikant, eerw. Hough,
in die pos aangestel. Die rektor van die Latynse Skool moes die
Engelse taal volkome magtig wees.—Sien Rep. upon the Gov. Educ.
Syst. of the Col., 1863, bis. xxiv en App. III, bis. 10.
Records, dl. XIII, bis. 402.
quot;) Records, dl. XIII, bis. 457
-ocr page 34-was, is ingeroep om geskikte onderwysers en predikante,
,,of known loyal principlesquot;, vir die Kaap te soek.quot;) Die
Skotse predikante sou vir enkele maande na Nederland gaan
om 'n bietjie kennis van die taal op te doen voor hul vertrek
na die Kaap, maar dit is vir die onderwysers nie nodig
geag nie. Op 2 Oktober 1821 skrywe Thom aan Goulbum
dat twee predikante en ses onderwysers waarskynlik teen
Desember klaar sal wees om te vertrek, ,,and if I were
allowed to accompany them in the same ship,quot; voeg hy
daaraan toe, ,,I would superintend the Instruction of the
latter in the Dutch language of which they are now
ignorant.quot;quot;) In die gedrukte brief wat hy aan kandidate
vir die betrekking van onderwyser gestuur het, is onder die
vernaamste moeilikhede waarmee hulle te kampe sou hê, ook
wel genoem die Hollandse taal — ,,which, however, will be
easily attained so as to have a sufficient knowledge of it,
m order to communicate English, in six or eight months,quot;
sodat klaarblyklik nie veel swarigheid in die belangrike taal-
verskil tussen onderwyser en leerhng gesien is nie.^^) In
Februarie 1822 was Thom kant en klaar met sy opdrag,
nie alleen om die predikante en onderwysers te werf wat
onmiddellik nodig was nie, maar ook ,,to open a regular
channel for the supply of future vacancies.quot;^») Enkele
maande later het die eerste groep Skotte en Engelse dan ook
in Kaapstad aangekom.
Memorandum van Henry Ellis.
Van Somerset se aanwesigheid in Engeland het Bathurst
van sy kant gebruik gemaak om die Kaapse goewemeur
die wenslikheid van die spoedige invoering van Engels as
enigste amptelike taal van die Kolonie voor te lê. Dié
gedagte het vir Somerset niks nuuts bevat nie, en hy was
dit met die Minister van Kolonies uit die aard van die saak
dadelik volkome eens. Kort na sy terugkeer aan die Kaap
is dan ook deur Henry Ellis, die Koloniale Ondersekretaris,
'n memorandum oor hierdie kwessie aan Goulburn in Londen
gestuur. Dié memorandum is van besondere belang, omdat
quot;) Records, dl. XIII, blss. 360—1, 386—lt;3
quot;) Records, dl. XIV, bis. 131.
Records, dl. XIV, blss. 97—8
2») Records, dl. XIV, bis 292
dit onomwonde 'n stelselmatige beleid van verengelsing van
die Kolonie bepleit en om die vervanging van die Hollandse
deur die Engelse taal in alle offisiële verrigtinge as nood-
saaklike eerste maatreël vra.
,,The Cape of Good Hope,quot; lui dit in die memorandum,
.,is now an integral part of the Colonial Dominion of Great
Britain, and it would therefore seem a necessary consequence
that the connection with the former paramount state should
be as rapidly destroyed, as a due regard to the fair claims
of the Inhabitants of the Colony will permit.quot; Tot hiertoe,
Word beweer, is egter nog maar weinig in dié rigting gedoen.
..The Church and the Bar receive their education and
matriculation in Holland, and as among the Dutch Colonists
these are the only educated classes, it may well be imagined
that the connection with, and moral deference to Holland
continue undiminished.quot; Buitendien het huwelike tussen
Engelse amptenare en Afrikaanse vroue heelwat daartoe
bygedra om die plaaslike bestuurstelsel te verhollands, met
die gevolg dat ,,it will require the expression of a very
decided opinion by the Government at home, to produce an
alteration so natural and so necessary.quot;
,,Community of language,quot; vervolg die memorandum, ,,is
the simplest and best security for intimate connection with
distant possessions, and by the substitution of the English
for the Dutch language in all official proceedings at the Cape,
much of what is desired will be obtained.quot; Hierdie maatreël
behoort volgens Ellis aan alle andere vooraf te gaan, ook
omdat dit sonder veel moeite sal kan ingevoer word:
..English having been with little interval the language of
the Conquerors and Rulers of the Cape of Good Hope for
the last twenty-five years, the knowledge of it has been so
generally diffused that there are few Dutch Colonists in Cape
Town itself, or in the home Districts to whom its use even
in judicial proceedings would be just matter of complaint.quot;
Met die Engelse inwoners is dit anders gesteld: ,,to them
Dutch retains every attribute of a foreign language;quot; en
die feit dat die verrigtinge van die geregshof in Kaapstad
Uitsluitend in Hollands plaasvind, is vir hulle in meer as
®en opsig uiters ongerieflik en onvoordelig.
Wat die plaaslike bestuur betref, ,,the municipal adminis-
tration of the Country Districts is entirely conducted in
Dutch, and with the exception of trifling pohce cases the
same practice obtains in Cape Town.quot; Die gevolg is dat
alle briefwisseling met die distrikte dubbel gevoer word in
Engels en Hollands, — wat volkome onnodig is, aangesien die
landdroste feithk almal voldoende Engels ken. „Under such
circumstances the only reason for continuing the Dutch as
a language of correspondence would seem a wish to per-
petuate the connection with Holland, and to keep alive the
recollection of the recency of British dominion.quot;
Hierna gaan Ellis daartoe oor om te oorweeg wanneer die
mvoenng van die Engelse taal in die verskillende regerings-
departemente, aangenome da.z die maatreël as raadsaam
beskou word, met veiligheid en billikheid sal kan geskiedquot;
en ten slotte word nog aan die hand gedoen hoe 'n sekerè
Kaapse onderwysfonds wat tot hiertoe byna geheel onder
beheer van die Hollandse Kerk gestaan het, aan die beoogde
doel diensbaar sou kan gemaak word. „Were this [fund]
applied to the purpose oi a School on the principle of our
public Schools in England,quot; sê Ellis, „and if an examination
m the English language were made a qualification for hold-
ing Civil Offices, an additional security for the proposed
object would be obtained,quot; terwyl 'n ander groot voordeel
ook nog uit so 'n inrigting sou voortvloei, naamlik ,,the
more rapid assimilation to the institutions and manners of
Great Britain.quot;quot;)
Taalproklamasie van Somenet, 1822.
Die beroep van die Koloniale Ondersekretaris het, soos
te yerwagte was, in Engeland nie op do we ore geval nie;
en 'n paar maande later, op 23 Februarie 1822, gee Bathurst
opdrag aan Somerset om 'n proklamasie uit te vaardig waar-
deur in die loop van die eersvolgende jare Engels die enigste
offisiële taal van die Kolonie sou word.^^) Lord Somerset
het nog 'n tydjie gewag, blykbaar op die koms van die
onderwysers uit Engeland, en toe op 5 Julie 1822 sy bekende
taalproklamasie uitgevaardig. Uit die aanhef daarvan blyk
nogeens duidelik dat Somerset met die benoeming van Skotse
predikante en die invoer van Skotse en Engelse onderwysers
meer in die sin gehad het as net die voorsiening in die
21)nbsp;Records, dl. XIV, blss 183—5
22)nbsp;Records, dl. XIV, blss. 297—8.
-ocr page 37-dringende behoeftes Vein, die koloniste, en da.t sy eintlike opset
was die voorbereiding van die opkomende geslag vir die op
hande synde verengelsingsbeleid. Omdat die proklamasie van
Son:ierset so 'n belangrike dokument is in die taalgeskiedenis
van die Kolonie, word dit hier in sy geheel afgedruk.
,,Whereas it has been deemed expedient, with a view to
the prosperity of this Settlement, that the Language of the
Parent Country should be more universally diffused, and
that a period should now be fixed, at which the English
Language shall be exclusively used in all judicial and official
Acts, Proceedings and Business, within the same. The long
and familiar intercourse which has happily taken place
between the good Inhabitants of this Colony, and the verj'
numerous British-born Subjects, who have established them-
selves, or have been settled here, has already greatly
facilitated a measure, which is likely still more closely to
unite the loyal Subjects of their Common Sovereign. The
system which I have previously adopted, with a view to
this exigence, of employing British-bom Subjects, conversant
in both languages, in the parochial duties of the Reformed
Religion, as established in this Colony, has likewise paved
the way to the amelioration now contemplated.
,,It has pleased His Majesty most graciously to approve
that measure, and to enable me to act more extensively
upon it, not only by having commanded Clergymen of the
Established Church of Scotland, (whose religious tenets are
precisely similar to those of the Reformed Church of this
Country,) who have received instruction in the Dutch
Language, in Holland, to be sent hither, to be placed in
the vacant Churches, but by having authorised competent
and respectable Instructors being employed at public expense,
at every principal place throughout the Colony, for the
purpose of facilitating the acquirement of the English
Language in all classes of Society.
..These teachers having now arrived, the moment appears
favourable for giving full effect to His Majesty's Commands;
and I therefore, hereby order and direct, by Virtue of the
Power and Authority in me vested, that the English Language
be exclusively used in all Judicial Acts and Proceedings,
either in the supreme or inferior Courts of this Colony, from
the 1st Day of January, of the Year of our Lord, One
B
Thousand Eight Hundred and Twenty-seven; and that all
official Acts and Documents, of the several public Offices
of this Government, (the Documents and Records of the
Courts of Justice, excepted,) be drawn up and promulgated
in the English Language, from and after the ist Day of
January, One Thousand Eight Hundred and Twenty-five;
and that all Documents, prepared and issued from the Office
of the Chief Secretary to this Government, be prepared in
the English Language, from and after the ist Day of January
next, in the Year of our Lord, One Thousand Eight Hundred
and Twenty-three; from and after which periods, respec-
tively, the English Language shall, in such judicial Acts and
Proceedings, be exclusively adopted.
C. Gesindheid van Hollandse Koloniste
Koloniste oor die algemeen tevrede met Britse Bestuur.
Dit is van groot belang om te weet hoe die Hollandse
koloniste in hierdie tyd teenoor die Britse bewind in die
algemeen gesind was, en hoe hulle in die besonder teenoor
die verengelsingsbeleid van graaf Bathurst en lord Charles
Somerset gestaan het. So maklik sal dit ongelukkig nie wees
om ook maar enigsins volledig die gedagtes en gevoelens van
die ou inwoners van die Kolonie te leer ken nie. Dit sou
nog verskeie jare duur voordat die Kaapse koloniste oor 'n
vry pers beskik — die beste bron waaruit ons die gesindheid
van 'n volk kan leer ken —, terwyl ander bronne, soos
offisiële stukke en reisbeskrywinge, nie besonder baie en ook
nie altyd ewe vertroubare inligtinge oor die kwessie gee nie.
Intussen is ons tog in staat om uit die beskikbare gegewens
enige gevolgtrekkinge van algemene aard te maak.
Wat die Engelse bestuur oor die algemeen betref, kan gesè
word dat die koloniste genoegsame rede gehad het om
tevrede te wees, en dit inderdaad ook was. Materieel was
hulle daar betreklik goed aan toe; en op die uiters gevoelige
punt van die verhouding tussen blank en gekleurd het
Somerset eweas sy voorgangers hul streng konserwatiewe
opvattinge gedeel. Voor 1826 is geen ordonnansies met
betrekking tot slawe uitgevaardig wat eienaars aanleiding tot
ernstige ontevredenheid gegee het nie; en hoewel die beskul-
23) Records, dl. XIV, blss. 452—3.
-ocr page 39-diginge van Van der Kemp en Read oor mishandeling van
Hottentotte, en veral die Swarte Ommegang van 1812 heel-
wat verbittering gewek het, het die negrofilistiese filantropie
nog geen groot rol in die Koloniale politiek gespeel nie en
was die Londense Sendinggenootskap en sy superintendent
dr. John Philip gou in onguns by lord Somerset. Die
ongelukkige geskiedenis van Slachtersnek was wel nog vars
in die geheue van die koloniste; maar die bitter gevoel wat
dit nagelaat het, was destyds nog in hoofsaak tot die oostelike
dele van die Kolonie beperk; en die kragtige politiek wat
Somerset op die grens teenoor die Kaffers gevolg het, het
ongetwyfeld baie daartoe bygedra om ook die grensboere met
die Britse bewind te versoen. Verder moet in herinnering
gehou word dat die bestuursinstellinge van die Kolonie nog
altyd byna presies was soos in die tyd van die Hollandse
heerskappy en dat die plaaslike bestuursfunksies nog veelal
deur Hollandssprekende amptenare uitgeoefen is, soos ook
hierbo uit die memorandum van Ellis geblyk het. Daarby
het gekom dat die belangrike vermeerdering van administra-
tiewe centra in die binneland sedert 1811 tot groot voordeel
en gerief van die koloniste was, terwyl die stigting van nuwe
Hollandse gemeentes van dieselfde jaar af die ou inwoners
ook nie anders as dankbaar teenoor die Engelse regering
kon stem nie. Op verskeie ander maniere nog het die
koloniste voordeel getrek uit 'n deurgaans sterk en simpatieke
bestuur, maar hier kan uit die aard van die saak nie verder
daarop ingegaan word nie. Alleen moet nog in die besonder
omtrent die bewind van lord Somerset verklaar word dat,
die verengelsingsbeleid daargelate, die gevoelighede van die
Hollandse koloniste in sy tyd oor die algemeen veel minder
gekwes is as onder baie van sy opvolgers en dat hy meer
met sy eie volksgenote as met die ou ingesetenes van die
Kolonie oorhoop gelê het. Dit moet erken word dat Somerset
binne die omlysting van die Engels-gerigte politiek van sy
tyd die belange van die Hollandssprekende koloniste na die
beste van sy vermoë behartig het, en na alle waarskynlikheid
het hulle dit ook so gevoel.
Ses jaar né, die vertrek van Somerset, op 20 Januarie 1832,
skrywe De Zuid-Afrikaan na aanleiding van die kwaadstokery van
The South African Commercial Advertiser: ,,Wat van de regering
van de Lord ook moge gezegd worden, dit is zeker. . . dat de
Koloniste heg hul nie aan nuwe heersers nie.
Al mag dit aangeneem word dat die Hollandse koloniste
oor die algemeen die Engelse regering agting toegedra en
vertroue in sy beleid gehad het, wil dit nog nie s/dat huquot;
daar emp besondere liefde voor opgevat het nie. Dit is
seker dat die ordeliewendheid en die gehoorsaamheid aan
Knlonir Vnbsp;gedeelte van die
Kolonie pkenmerk het, meer as eens die Engelse bewind-
hebbers n alte gunstige opvatting van hul gehegtheid aan
hul nuwe meesters laat kiy het. „It is the opinion of
Lieutenant Governor Grey as well as of those Gentlemen
with whom I have conversed and who from their relative
situations are hkely to be well informed,quot; skrywe Caledon
reeds op 30 Mei 1807 aan William Windhani, „that the
strongest attachment and respect towards the British nation
IS toe prevailing sentiment of the Dutch inhabitants quot;^^l
Nader aan die waarheid sal egter wees wat die jingoïstiese
L'^lr'Tf'fiquot;nbsp;°P September 1810
aan graaf Liverpool laat weet: „The Dutch, or rather
Afnco-Batavian Inhabitants; (for there are but few native
Hollanders in the Colony) are veiy generally, and strongly
English. 26) Djg voorstelling van Halloran sal wel enigsins
vertteWalquot;nbsp;Engel^'^he mede Onderdanen by het
'l^'^^'^lMe blad: , Hoe Ct tat quot; at thin^
fv r^/nbsp;Engeland behoort. S thans °eé
Ik, meer afscheiding bestaat, dan voor 10 of 12 aren toe^Lord
Somerset, hoe zeer de Afrikanen in zyn spilzucM geen behaSn'
schepten, al de ingezetenen van de nuttigheid en het wedSiS
seerd?quot;nbsp;Gouverneurs, de Afrikanen veelal heeft |eëngli
2=) Records, dl. VI, bis. 124.
tune was displeasing to the Audience!quot;'nbsp;'nbsp;^^^
-ocr page 41-oordrewe gewees het, maar nog in 1825 merk Teenstra op:
.,De bevolking dezer kolonie is anti-Engelsch. Zij is eene
Nederlandsche bevolking, wier hart vreemd is aan deszelfs
tegenwoordige meesters.quot;^'quot;)
Die Anglomanne. Hul verkeerde voorstelling van sake.
Ongetwyfeld het die klein maar invloedryke groepie
Hollandse koloniste, grotendeels amptenare, wat deur hul
heftige anti-revolusionêre gevoelens van die begin af vriend-
skaphk teenoor die Engelse gesind was, heelwat daartoe
bygedra om die Britse gesaghebbers in hul verkeerde opvat-
tmgs te sterk. Maar selfs van dié koloniste, die sogenaamde
Anglomanne, was daar waarskynlik betreklik min wat in
1806 die koms van die Engelse met onvermengde gevoelens
verwelkom het. Die gebeurtenisse in Nederland na 1806
was egter nie van 'n aard om die Anglomanne veel hoop te
gee dat sake in hul vaderland ooit weer na hul sin sou wees
nie. In Julie 1810 het dit dan ook so ver gekom dat die
Nederlande opgehou het om as aparte staat te bestaan en
deur Napoleon as 'n ,,aanslibsel van Franse rivierequot; by
Frankryk ingelyf is. Hierdie lot van hul moederiand het
n diep indruk gemaak ook op persone wat nog in 1806
hardnekkig teenstand gebied het teen die oorgawe van die
■Kaap aan die Britse troepe. Dit was by voorbeeld die geval
met manne soos E. Bergh, president van die Insolvente
Boedelkamer, en G. Beelaerts van Blokland, sekretaris van
die Hof van Justisie, wat in 1811 dit openlik aan Cradock
beken, soos die goewerneur in sy reeds vermelde brief aan
graaf Liverpool meedeel, ,,that as long as Holland remained
a nation they could not feel contentment under any other
Government, but situated as that country now is, being a
part of France, the question at present solely was English
or French, and that they had determined to abide for ever
With the fate of England. They concluded,quot; laat Cradock
nog volg, ,,that this was the universal sentiment of the
^utch Inhabitants of this Colony, and I have every reason
to suppose that this is a correct statement of the general
Teenstra: De Vruchten Mijner Werkzaamheden,
bis 212nbsp;^^nbsp;^^nbsp;Hoop, ens., dl. I,
feeling since the annexation of the United Provinces to the
French Dominion.quot;-')
Die voorstelling wat die here Bergh en Beelaerts van
Blokland van die gevoelens van die koloniste na 1810 gegee
het, was seker nie juis wat die Hollandse bevolking as geheel
betref nie. Tot 1814 het hul, met uitsondering dan van
die klein aantal Anglomanne en enkele ander wat geldelik
deur die Britse besetting bevoordeel was, nog altyd gehoop
om weer onder die Hollandse vlag te kom;^®) en toe hulle
in daardie jaar vergoed onder die heerskappy van Brittanje
gestel word, het hul hul daarby neergelê eenvoudig omdat
dit nie anders kon nie. Hulle moes nou besef het, soos
Cradock dit reeds vroeër so graag wou, dat daar geen sprake
meer kon wees van ooit weer aan Nederland verbonde te
word nie, en dat daar geen ander uitweg oorgebly het as
om hul so goed moontlik te skik in hul nuwe omstandighede
as blywende onderdane van die magtige Britse ryk.
Om die posisie waarin die koloniste hul plotseling bevind
het, goed te kan begryp, moet in herinnering gehou word
dat hul van altyd af daaraan gewend was om onderdanig
te wees aan 'n ongeveer absolute gesag. Onder die Hollandse
bewind het hulle nooit veel geleentheid gehad om hul met
,,politiekequot; sake in te laat nie, en tekens van 'n ontwikkelde
politieke bewussyn was daar aan die begin van die 19de eeu
weinig onder hulle te bespeur. Hulle was in 1814 in totaal
'n geringe 35,000 siele, vir die merendeel dun verspreid
oor 'n reusagtige gebied, met weinig opvoeding en weinig
kennis van sake buite die enge kring van eie waarneming.
Uit hul strenge godsdienssin het voortgevloei 'n natuurlike
ontsag vir die magte wat oor hulle gestel is; en hoewel hul
hart aan Holland bly hang het, was hul per slot van rekening
2') Records, dl. VIII, blss. 219—20.
28) In 1824 skrywe die Engelsgesinde kommissaris-politiek J. A.
Truter in sy offisiële verslag van die eerste Sinode van die Hollandse
Kerk as volg aan lord Charles Somerset: ,,It should be considered
that it is scarcely Ten Years since the Colony has been ceded. Till
that time most of the Colonists believed, and this belief was
strengthened by the ignorant and disaffected, that the Cape would
not be given up: And it was only after the Cession that the
Colonists considered the separation from their Mother Country as
a serious fact.quot; (Boustowwe, dl. Ill, bis. 266.)
tog bereid om troue onderdane van hul nuwe heersers te
word.^^)
D. Die ou Koloniste en die Invoering van Engels
in Bestuur en Regspleging
Uitvoering van bepalings van die taalproklamasie. Reaksie
van koloniste.
Dit is onwaarskynlik dat die koloniste hul enige illusies
gemaak het dat die bestuurs- en regstaal van die Kolonie
lank Hollands sou bly. Die Kaap was nou 'n Britse besitting;
en volgens die begrippe van die tyd, toe nog nie so veel
eerbied vir die regte van nasionale minderhede betoon is
nie, was dit vrywel normaal dat Engels die offisiële taal
van die land sou word. Daar is dan ook, sover my bekend,
geen positiewe bewys dat die koloniste hul in beginsel teen
die proklamasie van lord Charles Somerset verset het nie.^quot;)
Die vraag was alleen of daar genoeg tyd en geleentheid
aan die Hollandssprekende amptenare en publiek gegee was
om die Engelse taal aan te leer, sodat die verandering sonder
al te groot ongerief vir hulle kon deurgevoer word.
Die bepalinge van die proklamasie van lord Somerset wat
op I Januarie 1823 en i Januarie 1825 in werking getree
het, het nie veel moeilikhede veroorsaak nie deurdat as gevolg
van die maatreëls deur Cradock geneem die amptenare in
die regeringskantore nou feitlik almal 'n behoorlike kennis
van Engels gehad het en die offisiële korrespondensie reeds
byna geheel en al in Engels gevoer is.^^) Buitendien is
,,No people not of British descent ever offered such favour-
able material for conversion into loyal subjects,quot; skrywe Theal na
aanleiding van die bitter anti-Engelse gevoel onder die uitgeweke
Boere in die jare veertig, ,,as did these South Africans when forty
years earlier they came by conquest under British rule.quot; [History
of South Africa from ITQS to 1S73, dl. II, bis. 265.)
'n Mens sou kan inbring dat die koloniste oor baie min middele
beskik het om uitdrukking aan hulle ontevredenheid te gee, en ook
dat hul die nutteloosheid van verset besef het; maar daarteenoor
staan dat toe hulle enkele jare later jn De Zuid-Afrikaan oor 'n
koerant beskik waarin hul vryuit lug kon gee aan al hul griewe,
en dit inderdaad ook gedoen het, die vervanging van Hollands deur
Engels in die staatsdiens nooit genoem is as een van die onregte
hul aangedaan nie. Opsomminge van allerlei griewe vind ons o.a.
in De Zuid-Afrikaan van 5 Nov. 1830, 13 Mei, 20 Mei en 2 Sept.
1831.
Records, dl. XIII, bis. 386; dl. XIV, blss. 184—5.
-ocr page 44-die ongerief wat die koloniste deur dié twee bepalinge kon
veroorsaak word, in sekere mate verminder deur ook na
1825 alle belangrike kennisgewings in Hollands sowel as
Engels in die goewermentskoerant te publiseer. Die uit-
voering van die eerste bepaling van die proklamasie, omtrent
die uitsluitlike gebruik van Engels in die regspleging en
alle stukke in verband daarmee, het op veel groter besware
gestuit. Dat die vernaamste moeilikhede hiermee sou onder-
vind word, het reeds Bathurst besef toe hy in sy opdrag
aan Somerset om die proklamasie uit te vaardig as volg
skrywe: ,,I am aware that from some quarters remonstrances
may be expected apinst the limitation of time with respect
to judicial proceedings; but if a more remote period were
assigned there would not be so active a disposition to prepare
for the change under the impression that the necessity did
not demand an immediate effort and that the period might
be hereafter postponed.quot; Teen die einde van 1826 het dit
ewenwel duidelik geword dat dit prakties onmoontlik was
om reeds aan die begin van die volgende jaar die voorgestelde
verandering van taal deur te voer en is die bepaling van
die proklamasie van 1822 aangaande die geregshowe op 13
Desember 1826 voorlopig teruggetrek.^^) Eers op i Januarie
1828, tegelyk met die inwerkingtreding van die nuwe
,, Chart er of Justicequot;, het Engels die enigste taal in die
regspleging van die land geword.
Soms word die beswaarskrifte van die Heemrade van
Graaff-Reinet en Stellenbosch en die versoek van die Geregs-
hof in Kaapstad om uitstel van die invoering van Engels as
regstaal opgevat as bewys van die koloniste se ,,bitter
ontevredenheid en verontwaardigingquot; oor die proklamasie
van lord Charles Somerset. Die stukke op sigself gee egter
nie voldoende aanleiding tot sulke gevolgtrekkings nie, en
ander getuienis uit hierdie tyd wys ook nie in dié rieting
32) Records, dl. XXVIII, bis. 427. Verskeie stukke wat betrekking
het op die uitstel van die uitsluitlike gebruik van Engels in die
howe, is te vind in Records, dl. XXVIII, blss. 445—52.
Ds. p. P. Faure skrywe in My Life and Times, bis. 2 vlg.,
na aanleiding van Somerset se proklamasie: ,,This exclusion of
their language from the Law Courts of the country was regarded
Kennis van Engels nog weinig verbreid.
Al het die Hollandse koloniste hul nie in beginsel teen
die invoering van Engels as enigste offisiële taal verset nie,
spreek dit vanself dat die verbanning van hul moedertaal
uit die openbare kantore van die land swaar op hulle moes
gedruk het. Die voorstelling van Somerset dat hul ,,long
and famihar intercoursequot; met die ,,very numerous British-
born subjectsquot; in die Kolonie hulle moeilikhede aansienlik
sou verlig, het op baie swak gronde berus. Tot 1820 was
die bevolking van die Kaap nog byna uitsluitend Hollands-
sprekend; en die Britse emigrante wat in daardie jaar hier-
heen gekom het, is byna almal op 'n betreklik klein gebied
in die oostelike deel van die Kolonie gevestig. In Kaapstad
was wel reeds vroeg deur die aanwesigheid van 'n Engelse
garnisoen. Engelse amptenare en 'n klompie Engelse han-
as an insufferable grievance by ttie Dutch-speaking Colonists, who
were then in an immense majority, and it was one of the most
efficient causes of that discontent with British Rule, which, a few
years later, led to the Great Trek, in order to escape it. This
Proclamation was strongly resented by my father and some of his
contemporaries, Advocates Jan de Wet, Joubert and Hofmeyr.
Attempts to obtain cancellation of this innovation, to them so
distasteful and obnoxious, were vain; there was nothing for it but
to submit or to go, and accordingly my father and his above-
mentioned colleagues went, and ceased to practise.quot; Ds. Faure is
egter pas in 1842 gebore, en sy herinneringe het in 1907 verskyn,
sodat sy getuienis reeds om dié rede nie kritiekloos mag aanvaar
word nie. Buitendien is dit opmerklik dat sy vader op i Jan. 1828
— die datum waarop alle howe Engels geword het—'n benoeming
as Magistraat van die distrik Stellenbosch aanvaar het, soos Faure
self onmiddellik daarop meedeel. Faure se oordrewe voorstelling
van sake blyk ook uit sy opmerking omtrent die oorsake van die
Groot Trek. Dis my nie bekend dat die Trekkers die verdringing
van hul taal as rede tot ontevredenheid met die regermg aangegee
het nie. Alleen Van Gass praat in sy hermnermge, vermoedelik
kort na 1880 opgeteken, van ,,de blijde vooruitzichten 'n land
gevonden te hebben, waar wij op onze eigene rekening, vrij van
vreemde verdrukkers, in onze eigene taal konden regeren.quot; (Voor-
trekkermense. dl. I, 2de dr., bis. 53.) Preller skryf hierby 'n lang
aantekening, klaarblyklik gebaseer op Theal, Hist, of S.A. since
Sept., lyg^, dl. I, blss. 376—7 en 495- Hy verwys ook na 'n
(taamlik verwarde) verklaring van Karei Trichardt, opgeteken
omstreeks 1894, waaruit egter nie mag afgelei word dat op die
verandering van taal in die regspleging gesinspeel word nie
{Voortrekkermense, dl. II, blss. 4—5.)
delare,''^) en ook deur die stigting van Engelse skole, aan-
sienlike geleentheid vir die burgery om die Engelse taal aan
te leer; maar op die platteland was dit seker nie die geval nie.
,,Out of Cape Town,quot; skrywe ds. George Thom dan ook
in Januarie 1821 aan lord Somerset, ,,I will venture to say
that there are not more than 400 who can converse in
Enghsh, and not 200 if 150 who write it, or can read it.quot;^^)
Selfs in Kaapstad sal die kennis van Engels nog glad nie
algemeen gewees het nie, want behalwe in die kringe van
amptenare en van andere wat deur die aard van hul werk
dikwels met amptenare in aanraking gekom het, was die
kontak tussen die ou Hollandse koloniste en die nuwe Engelse
inkomelinge nog maar gering en oppervlakkig van aard.
Veelvuldige bals en dinees, die teater, die renbaan en ander
plekke van vermaak het aan die uitgaande deel van die
Hollandse samelewing geleentheid verskaf om omgang met
Engelse te maak, maar oor die algemeen het dié dinge nie
tot intieme onderlinge verkeer tussen die twee seksies van
die bevolking aanleiding gegee nie.quot;) Die ou ingesetenes
het uit die aard van die saak nog seer gevoel oor hul
onderwerping aan 'n vreemde gesag, en dit kon nouliks
van hul verwag word dat hulle hul reeds veel moeite sou
gee om aansluiting met die Engelse op maatskaplike terrein
te soek. Buitendien het die vreemdelinge deur 'n sekere
selfingenomenheid en oordrewe volkstrots en deur 'n hinder-
like aanmatiging voortvloeiende uit die besef van hul heer-
sende posisie in die land, die toenadering nie juis vergemaklik
33)nbsp;Sien o.a. (W. Bird:) State of the Cape of Good Hope, in
1822, bis. 149, waar van die Heerengracht (nou Adderleystraat)
gepraat word as ,,once the residence of the best Cape families, but
now of English shopkeepersquot;.
34)nbsp;Records, dl. XIII, bis. 388.
3s) (W. W. Bird:) State of the Cape of Good Hope, in 1822,
bis. 164: ,,Company, dancing, and the theatre, are to the taste
of all; but the habits of the Dutch and English are not as yet
sufficiently amalgamated to allow them to associate and mix in the
same free manner as is usual between individuals of a common
stock.quot; Luit, J. W. D. Moodie, wat teen die einde van 1819 in
Kaapstad aangekom het, sê ook van die Hollandse inwoners: ,,These
colonists ... are strongly attached to their own customs, and un-
wilhng to adopt the language and habits of the English further than
their interest requiresquot; (Ten Years in South Africa, dl. I, bis. 33).
Sien verder dr. F. C. L. Bosman: Drama en Toneel in Suid-Afrika'
dl. I, Bylae VI, bis. 525.
nie.'®) Die lasteringe van Barrow het die ou Koloniste nog
nie vergeet nie, en na hom was daar Engelse in hul midde
wat nie minder beledigend oor hul gepraat en geskrywe het
nie.quot;) Veel openlike wrywing het daar egter nog nie tussen
die Hollandse en Engelse deel van die bevolking ontstaan
nie, en aan albei kante was daar sterk magte aan die werk
om die twee bevolkingsgroepe so spoedig moontlik bymekaar
te bring.
Politiek van versoening tussen twee seksies van bevolking.
Dit is bekend dat die regering baie graag die vertroue van
die Hollandssprekende bevolking wou wen, en van 1824 af
het die eerste Suid-Afrikaanse koerant, The South African
Commercial Advertiser, wat op 7 Januarie begin verskyn het
en sedert 7 April 'n tweetalige blad was, gedoen wat hy kon
om by die ou koloniste eerbied en agting in te boesem vir
die Britse regering en die Engelse volk. John Fairbairn, die
redakteur van die Advertiser, het ingesien dat die lastennge
van Barrow en ander Engelse skrywers na hom die begeerde
toenadering in die weg staan en het die verskyning van sulke
geskrifte betreur. ,,A11 this,quot; skryf hy op 5 Mei 1824, „is
very unfortunate; because it tends to keep alive national
distinctions and jealousies, and retards that cordial and
complete amalgamation of the Dutch and English Colonists,
which is so accordant to the wishes of our paternal Govern-
ment, and so essential to the future interests and well-being
of both.quot; Dit is daarom die bedoeling van die blad so ver
moontlik ,,to check . . . every attempt to excite or keep alive
Tipies is die volgende opmerking uit die bogenoemde werk
van Bird, bis. 176 vlg.: „Phlegmatic as the peapj^f' are they ^ t
bear raillery. If you tell a Cape Dutchman, that by the treaty
of Paris, he and all his family were sold for thirty-three pounas
sterHng per head, that being the amount at which, as one of
90,000 he was valued, when three millions were paid to the King
of the Netherlands, he becomes most indignarit. It is a mixea
feeling, arising in part from pride, hurt at having been the object
of a iale, and partly from vexation, at being separated from the
land of his fathers, and compelled to submit to the fate of a
conquered country.quot;nbsp;, , t-- u • qx^
quot;) Sien b.v. die brief wat die koopman Richard Fischer m i«ib
aan Wilberforce geskrywe het. [Records, dl. XI, blss. 176—»3;)
Lord Somerset het met verontwaardiging op die valsheid van die
beskuldigings van Fischer gewys. (Somerset aan Bathurst, Records,
dl. XI, blss. 344—5-)
unkindly national or party distinctions in South Africa.quot;
Fairbairn wou veral nie hê dat die Kaapse koloniste moes
glo dat die Britse regering en die Britse volk oor hul dink
soos sommige onverantwoordelike reisigers en joernaliste nie.
Hy lê daar nadruk op hoe liberaal die Britse regering is en
hoe besorg oor die welsyn van sy Kaapse onderdane. ,,Let,
therefore,quot; eindig hy, „no temporary vexations, nor any
possible accumulation of private annoyance, ever for a
moment, disturb the perfect reliance, ... or weaken the firm
loyalty of our fellow-subjects (whether Dutch or English)
towards the wise, just and beneficent Government of
England.quot;
In die jare rondom 1820 was daar reeds 'n aansienhke
groepie invloedryke Hollandse koloniste wat alles in hul
vermoë sou doen om 'n gees van verbroedering tussen die
ou en die nuwe ingesetenes aan te moedig. Sommige van
hulle het so seer gemene saak met die Engelse gemaak dat
hul ook geen waarde meer aan die behoud van hul kulturele
selfstandigheid geheg het nie en die beleid van algehele
verengelsing van hul medekoloniste eerder toegejuig as
betreur het. So iemand was by voorbeeld J. A. Truter,
president van die Hof van Justisie, met wie ons nog nader
kennis sal maak. Sedert 1822 het die poginge om toenadering
tussen Hollandse en Engelse inwoners te bewerkstellig, in
Kaapstad verder baie sterk steun gehad in ds. Abraham
Faure, wat onder andere deur sy gedeeltelik Engelse oplei-
ding en sy huwelik met die dogter van 'n Britse offisier
self sterk na die Engelse kant toe oorgehel het.
Wat die gevoelens van ds. Faure oor die kwessie van
die verhouding tussen Hollandse en Engelse koloniste was,
blyk uit 'n opmerking wat hy na aanleiding van 'n voorval
in die begin van 1825 gemaak het. In die laaste nommer
van die eerste jaargang van die deur hom geredigeerde
Nederduitsch Zuid-Afrikaansche Tijdschrift moes ds Faure
die vooriopige staking van die blad aankondig;' en in
Februarie 1825 het daar in The South African Chronicle
and Mercantile Advertiser 'n spottende ,,doodsberigquot; ver-
skyn waarin beledigend oor die Tijdschrift en die Hollandse
koloniste gepraat word, 'n Aantal vaderlandsgesinde manne
in die stad, geprikkel deur die belediging hul aangedaan
het ds. Faure deur hul geldelike steun in staat gestel om
met die uitgawe van die blad voort te gaan. In 'n voorberig
tot die tweede jaargang van die Tijdschrift word al dié dinge
deur die redakteur meegedeel, wat dan met die volgende
woorde eindig: ,,De Redakteur, verzekerd hoe ook de
recensie de afkeuring van Zijne Excellentie en van alle
Hoogstdeszelfs weldenkende Landgenooten heeft ontmoet,
koestert de aangename hoop, dat de ingezetenen, welke de
Hollandsche taal alleen lezen en spreken, niet op onze
Engelsche mede Kolonisten de blaam zullen leggen, als
voedden zij eenige minachting omtrent ons, maar dat allen
naar hun vermogen zullen trachten mede te werken ter
bevordering van dien geest der verbroedering, welke zoo
zeer door het geëerd Gouvernement wordt gezocht.quot;®®)
Intussen sou dit verkeerd wees om te meen dat selfs die
sterk vaderlandsgesinde manne wat die Tijdschrift weer op
die been gehelp het, aanstoot sou geneem het aan so 'n
uitlating van die redakteur. Die Hollandse koloniste was
deurgaans van 'n baie verdraagsame en toegewende geaard-
heid en het niks beter verlang nie as om in vrede en
eensgesindheid met hul Engelse medeburgers te lewe. Dit
neem egter nie weg nie dat baie van die ou ingesetenes hul
lank van die nuwe inkomelinge afsydig gehou en nooit die
Engelse taal leer praat of selfs leer verstaan het nie.'®)
Buitendien kan dit as seker aangeneem word dat in die
tyd toe die proklamasie van lord Somerset uitgevaardig is,
die bedrewenheid in Engels ook onder die jonger geslag
in die stad, behalwe dan in die kringe van die Anglomanne,
nog maar baie gering was en geensins so dat hul dié taal
met gemak kon praat of skr5rwe nie.
Regering dryf sy taalbeleid deur.
Die goeie verwagtinge wat Somerset gehad het omtrent
die rol wat die ingevoerde Skotse predikante en Skotse en
Engelse onderwysers in die verbreiding van Engels op die
3®) Sien dr. Anna J. D. de Villiers: Die Hollandse Taalbeweging
in Suid-Afrika, blss. 45—6. Hoe sterk die versoeiiingspolitiek van
die regering op die voorgrond gestoot is, blyk uit die herhaalde
verwysinge na ,,that complete union and amalgamation of the old
and new fixed inhabitants, which every enlightened Colonist quot;»nst
consider a most desirable and important objectquot; (Advertiser, -£6 Apr.
1826) wat in die pers en offisiële stukke van die tyd voorkom.
Sien o.a. die hoofartikel van die eerste nommaer van D'
Zuid-Afrikaan, 9 Apr. 1830.
platteland sou speel, het ook op baie weinig uitgeloop, met
die gevolg dat toe dié taal op i Januarie 1828 ook in die
regspleging die alleenheerskappy verkry, waarskynlik nie
een uit die tien van die oorspronkhke koloniste die offisiële
taal van hul land kon verstaan nie, laat staan nog praat
en skrywe. Ten spyte van hierdie toestand van sake is
nog op 25 Januarie 1828 'n kennisgewing in The Cape of
Good Hope Government Gazette gepubliseer dat alle ver-
soekskrifte en ander stukke aan die regering in Engels
opgestel of van 'n Engelse vertaling vergesel moet wees,
anders sou hul aan die af senders teruggestuur word. Dit
is duidelik dat daar na ses jaar van die vrome woorde van
Ellis omtrent die „due regard to the fair claims of the
Inhabitants of the Colonyquot; nie veel meer oorgebly het nie.^quot;)
Redes waarom koloniste hy invoering van Engels in hestuur
en regspleging berus.
Van hedendaagse standpunt besien lyk dit byna onver-
staanbaar dat die Hollandse koloniste nie openlik in verset
teen die taaldrywery van die regering gekom het nie. Selfs
as ons aanneem dat hul in prinsipe nie teen die uiteindelike
verengelsing van die staatsbestuur gekant was nie, dat hul
die verengelsing opgevat het as die onvermydelike gevolg
daarvan dat die Kolonie 'n Britse besitting geword het, dan
lyk dit op die eerste gesig nog baie vreemd dat hul nie
meer geprotesteer het teen die haas waarmee die Engelse
taal op hul afgedwing is nie. As ons egter 'n bietjie dieper
op die saak probeer ingaan, dan kry ons gou 'n verklaring
vir die skynbare onverskilligheid en gevoelloosheid van die
koloniste op hierdie punt.
Ons moet onthou dat oor die algemeen die gewone burger
in sy daaghkse lewe maar min met die staat en sy instellings
m aanraking kom, en dat dit aan die begin van die vorige
eeu nog veel minder gebeur het as teenswoordig. Die Kolonie
was nog betreklik jong en onontwikkeld _ spoorweë was
Die kennisgewing in die Government Gazette lui as volg-
„Notice is Hereby Given, that all Memorials, Applications and
Papers of any kind whatever, addressed to Government, must in
future be written in, or accompanied by a Translation into, the
English Language;—as all others will be returned to the Parties
by whom they have been submitted.quot;
by voorbeeld nog onbekend en die posdiens heeltemal in
sy beginstadium —, en die staatsbestuur was sterk gesen-
traliseer. Die boere, wat ruim tagtig persent van die bevol-
king uitgemaak het, het merendeels afgesonderd op hul plase
gewoon en het in so 'n mate in hul eie behoeftes voorsien
dat hul hul maar min om die buitewêreld bekommer het.
Sodoende het hul van die regering se verengelsingsbeleid,
in die begin altans, nie besonder veel gemerk nie en daar
Waarskynlik ook minder nadeel en ongerief van ondervind
as wat ons vandag op die eerste gesig dikwels aanneem.
Die onbetwyfelbare voordele wat die veel doeltreffender
Britse administrasie vir hulle opgelewer het, het buitendien
in 'n hoë mate opgeweeg teen die nadele wat die verandering
van regeringstaai tog vir hulle meegebring het.
Uit die aard van die saak het die koloniste in Kaapstad,
die setel van die sentrale bestuur van die land, veel onmid-
delliker die invloed van die verengelsing van die regering
ondervind. Hul moes daar daagliks die getuie van wees,
en baie van hulle het bowendien, direk of indirek, in een
of ander betrekking tot die staatsbestuur gestaan. Ons kan
onder andere daaraan herinner dat toe op i Januarie 1828
die gebruik van Engels in die geregshowe verplig gemaak
is, daar in Kaapstad minstens ag Hollandssprekende advokate
Was wat hul opleiding in Nederland gehad het en nou
gedwonge was om die regspraktyk voortaan geheel en al in
Engels uit te oefen.*') Ook het die bepaling dat vir regerings-
amptenare 'n deeglike kennis van Engels 'n vereiste is, die
stedelinge op 'n wyse getref waarop dit die boerebevolking
nie kon raak nie. Die plaasseuns het immers byna sonder
uitsondering in die boerebedr}^ gebly, terwyl dit vir jong
mans van die stad vry gewoon was om 'n betrekking in
die staatsdiens te soek. Dit is te begrype dat die sejins
van Hollandssprekende koloniste, met hul gebrekkige kennis
van Engels, deur die taalverordening in 'n agterstand geplaas
is wat nie maklik in te haal was nie. Die moeilikheid was
egter nie onoorkoomlik nie; en vir dié wat in die staatsdiens
wou gaan en die Engelse taal moes leer, was daar in Kaapstad
per slot van rekening geleentheid genoeg om hul doel te
bereik. So het dit gebeur dat ook in die stad die invoering
The South African Almanack and Directory for 1828, bis. 10.
-ocr page 52-van Engels as enigste offisiële taal sonder veel teenkanting
van die Hollandse bevolking plaasgevind het.^^^
Hollandse koloniste erken waarde van kennis van Engels.
Alle beskikbare getuienis dui daarop dat die Hollandse
koloniste van die begin af nie alleen bereid nie maar selfs
gretig was om hulle kinders die Engelse taal te laat leer
waar die geleentheid daartoe bestaan het. Dit is trouens
ook heeltemal in ooreenstemming met wat ons onder die
omstandighede kan verwag. Die Kaap het 'n Britse besitting
geword; Engels sou binnekort die enigste offisiële taal wees;
en die belange van die kinders het vertroudheid geëis met
die regeringstaai, wat tot op sekere hoogte ook reeds die
handelstaal van hul land was. „The interest which the
Parents take to have their Children instructed in that
Language which, in a short time, will be the prevailing one
throughout the whole Colony, and in which every branch
of official business will be transacted,quot; skryf P. J Truter
in sy bekende rapport van 1824, „is such as to have excited
them without any compulsion to place their Children in
Die Britse Kommissie van Ondersoek uit in hul rapport aan
Bathurst ^r die bestuur van die Kaap, d.d. 6 Sept 1826 die
volgende klag oor die Hollandse koloniste: „It was not to be
expected that the Dutch, part of the community sLuld so far
divest themselves of their feelings of habitual submissio^ and
acquiescence m the measures of the colonial government, which they
had been taught especially to regard, or their dependence upon
Its future favour, as to come forward with any proposition which
might imply a reflection upon its wisdom or its justice and we
consequently found that no general measures for the advantage
of future improvements of the colony, or even for the correction
of past grievances or admitted defects, were ever suggested to us
although we were aware that a very distinct appeal was made to
the most respectable inhabitants of each district to avail themselves
of the opportunity which the terms of our commission held out to
them, of making communications to us which they might have felt
reluctant to make to the colonial government.quot; (Records dl
K k-T ; I' ^45-) n Mens sou hierdie sogenaamde ,,feelings oi
habitual submission , ens., ook kon aanvoer as verklaring dat die
koloniste so weinig blyk van ontevredenheid oor die taalverordenins
van Somerset gegee het, was dit nie dat die stilswyendheid van
die koloniste teenoor die Kommissie van Ondersoek eerder moet
toegeskrywe word aan die feit dat hul omstreeks 1825 inderdaad
oor die algemeen wemig griewe teen die Britse bestuur gehad het
Enkele jare later sou dit anders wees, en toe het hulle o4 duide?ik
genoeg lug aan hulle ontevredenheid gegeenbsp;auiaeuif
the EngHsh Schools, where an opportunity is offered them
to get their Children instructed without incurring any
expense.quot; Op Tulbagh het die onderwyser van die Holland-
se skool aan Truter vertel dat sinds die stigting van die
Engelse skool daar, byna al sy leerlinge hom verlaat het.
Dieselfde het gebeur met die Hollandse onderwysers op
Caledon, George en Uitenhage. ,,We have observed,quot; besluit
Truter, ,,that in the country districts where Enghsh schools
are established, the Dutch schools had fallen into decay and
entirely ceased to exist.quot; Hy skryf die verskynsel toe aan
die feit dat die Engelse meesters beter is as die Hollandse,
en dat die kinders self graag Engels leer.^') P. J. Truter
was self baie Engelsgesind, maar dit is nie voldoende rede
om die juistheid van hierdie voorsteUing van sake in twyfel
te trek nie, sodat ons mag aanneem dat Somerset daar
gelyk in had toe hy in Maart 1823 aan Bathurst geskrywe
het dat die koloniste dankbaar was vir die stigting van vry
Engelse skole op verskillende punte in die Kolonie.''^)
Die belang van die verspreiding van 'n kennis van Engels
onder die koloniste het ook die Hollandse Kerk ingesien en
sy medewerking in dié verband aan lord Somerset toegesê.
.,0n the occasion of the debates in the Synod, on the utility
of promoting of general knowledge of the Enghsh language,quot;
berig die kommissaris-politiek aan die goewemeur in sy
offisiële verslag van die Sinode van 1824, ,,I must do the
Members justice to say, that they unanimously signified their
inclination thereto, and . . . evinced every possible dis-
position to assist in promoting Your wise and beneficial object
in all other respects in this line.quot;quot;®) Dit is wel waar dat
onder die twaalf predikante wat die eerste Sinode bygewoon
het, daar reeds vier Skotte was, waaronder ds. George Thom,
en minstens twee ander bekend om hul Engelse gesindheid,
terwyl ook die kommissaris-pohtiek sir John Truter alles
graag soveel moontlik deur 'n Engelse bril wou sien; tog
kan dit nie betwyfel word nie dat ook die beslis Hollands-
Rep. upon the Gov. Educ. Syst. of the Col., 1863, App. V,
blss. 45—50.
Records, dl. XV, bis. 354. Vir die ywer wat koloniste aan
die dag gelê het om hul kindèrs die Engelse taal te laat leer, sien
ook 'n brief van ds. George Thom aan lord Somerset, d.d. 26 Jan.
1821, in Records, dl. XIIÏ, blss. 386—9.
Boustowwe, dl. III, bis. 265.
C
-ocr page 54-gesinde predikante die belang van die studie van Engels
ingesien het en bereid was om dit onder hul gemeentelede
aan te moedig. Maar die beste bewys nog dat die koloniste
oor die algemeen self baie prys gestel het op die aanleer
van die Engelse taal, is te vind in die jaargange van
De Zuid-Afrikaan, wat vanaf sy verskyning in 1830 telkens
nadruk lê op die noodsaaklikheid van goeie onderwys in
Engels en uiting aan sy blydskap gee as skoliere daar goeie
vordering in maak.*®)
E. Verset teen Verdringing van Hollands as
Kultuurtaal
Weerstand teen regering se planne om Hollands uiteindelik
heeltemal te verdring.
Uit die voorafgaande bladsye moet dit duidehk geword
het dat as die verengelsingsbeleid van die Britse regering
aan die Kaap niks meer as die verengelsing van die staats-
diens van die Kolonie beoog het nie, daar op die punt van
taal weinig aanleiding tot stryd tussen die Hollandse koloniste
en hulle vreemde heersers sou bestaan het. Ongelukkig het
dit ook reeds baie duidelik geblyk, onder andere uit die
belangrike memorandum van Henry Ellis, dat die invoering
van Engels as enigste offisiële taal van die Kolonie glad nie
al was wat die Britse gesaghebbers hul ten doel gestel het
me. Die verdringing van Hollands uit die staatsdiens was
maar die begin van 'n doelbewuste beweging om die hele
Kolonie so gou doenlik sy Nederlandse veriede te laat vergeet
en uiteindelik in alle vertakkinge van die lewe volkome te
verengels. Die spil waar alles per slot van rekening om
gedraai het, was die taal. Somerset en sy geesverwante het
goed begryp dat die verengelsing nie na wens kon deurgevoer
word solank die koloniste Hollandssprekend bly nie, en het
met ywer aan die werk gegaan om die Hollandse taal geheel
en al uit die Kolonie uit te werk. Soos verwag kan word,
was die goewemeur diplomatiek genoeg om nie openlik teeri
die moedertaal van die koloniste te velde te trek nie. Hy
het besef dat deur so veel moontlik die Engelse taal op die
voorgrond te stoot en die studie daarvan onder die koloniste
aan te moedig, Hollands vanself op die agtergrond sou
Sien o.a. die nommers van 26 Aug. 1831 en 12 Okt. 1832.
-ocr page 55-geraak, om uiteindelik heeltemal van die toneel te verdwyn.
Dit het egter nie baie lank geduur nie of die koloniste het
agterdog begin kry dat Somerset meer in die skild voer as
wat hy graag wou laat blyk. Hul bemerk tot hul skrik dat
hy, by al die ywer wat hy aan die dag lê om hul belange
op kerklike en opvoedkundige gebied te behartig, deur die
invoer van predikante en onderwysers uit Skotland en
Engeland, intussen geen vinger verroer om voorsiening te
maak vir onderwys in Hollands nie. Nou was hul wel bereid
om hul by die verengelsing van die staatsdiens neer te lê,
en ook gewillig om die Engelse taal aan te leer, maar aan
die ander kant nie in die minste geneë om hul eie taal prys
te gee nie. 'n Gevoel van onrus omtrent die bedoelinge van
die regering moes reeds betreklik vroeg taamlik algemeen
onder die koloniste gewees het, want in 1824 vind J. A.
Truter, 'n vertroude raadgewer van lord Somerset, dit raad-
saam om die goewerneur te waarsku ,,that an apprehension
is fast spreading among the public, that their children will
not be allowed to receive any further instruction in Dutch,
and that the language is to be totally proscribed.quot;^')
Ontevredenheid oor aanstelling van groot getal Skotse
predikante.
Die saak wat die meeste onrus by die koloniste gewek
het, was die klaarblyklike voorneme van die goewerneur
om die Hollandse taal ook in die Nederduitse Gereformeerde
Kerk deur Engels te laat verdring. Die aanstelling van
Skotse predikante met weinig kennis van Hollands het hul
reeds nie baie aangestaan nie. Dit blyk onder andere uit
'n brief van Somerset aan Bathurst, d.d. 26 Maart 1825,
na aanleiding van 'n versoek van H. E. Faure. Die jong
Afrikaner wil na Holland gaan vir sy opleiding as predikant
en vra nou dat dieselfde geldelike steun aan hom gegee word
as aan lede van die Skotse Kerk wat na Nederland gaan om
die Hollandse taal aan te leer. Somerset sktyf aan Bathurst
dat hy ,,very strong reasonsquot; het om daarop aan te dring
dat die versoek van Faure toegestaan word. ,,The fact is
that members of the Scottish clergy have of late years poured
into the Colony so abundantly that a feeling has been excited
amongst the colonists which I lament to see arise, and which
quot;) Boustowwe, dl. Ill, bis. 267.
-ocr page 56-Your Lordship's acquiescence in Mr. H. E. Faure's request
will tend greatly to allay.quot;quot;®)
'n Tweede bewys van die ontevredenheid in die Kolonie
oor die veelvuldige aansteUings van Skotse predikante kry
ons in 'n brief van die Britse Kommissie van Ondersoek aan
graaf Bathurst, gedateer 5 September 1826, in verband met
'n versoekskrif van James Rose Innes, een van die eerste
groep Skotse onderwysers deur Somerset ingevoer, wat die
plan opgevat het om in Skotland vir predikant te studeer
en vra dat 'n benoeming in een van die Nederduitse Gerefor-
meerde gemeentes van die Kolonie hom in die vooruitsig
mag gestel word. Die kommissarisse wys Bathurst op die
voordeel wat Innes by die uitoefening van 'n herderlike
beroep sal kan trek uit sy kennis van ,,the dialect in which
the Dutch Language is spoken in this Colony, and which,
though not considered to be a pure one, is much more familiar
to the Inhabitants than that which is acquired in the Literary
Communities of Holland,quot; en gaan dan betekenisvol voort:
,,We are aware that there exists among the Native Dutch
Inhabitants a certain degree of jealousy of the preference
that has been shewn to the Scotch Clergy by the late selection
which has been made of them for the service of the Reformed
Church, but as the circumstance of Mr. Innes' employment
in the education of the children of many respectable Dutch
families in the District of Uitenhage previous to his admission
may possibly have its effect in mitigating that feeling, we
therefore beg leave to submit his memorial to the favourable
consideration of your Lordship.quot;quot;^)
Teenstand teen voorgenome invoering van Engels as taal
van die godsdiens.
Waar die aanstelling van Skotse predikante die koloniste
reeds senuweeagtig gemaak het, het die verdere planne van
Somerset in verband met hul Kerk wat nou aan die lig
getree het, nie daartoe gestrek om hul argwaan tot bedaring
te bring nie. Van nature baie konserwatief, was die koloniste
dit by uitstek in alle sake wat in verband met hul godsdiens
gestaan het; en die gedagte dat die taal van hul godsdiens
sou kon gewysig word sonder dat die godsdiens sélf daaronder
quot;8) Records, dl. XX, blss. 391—2
■quot;gt;) Records, dl. XXVII, bis. 329.
skade ly, was vir hulle volkome uit den bose. Alleen al
ter wille van die godsdiens moes hul kinders daarom op
skool in die geleentheid gestel wees om die Hollandse taal
te leer; en dat alle godsdiensonderwys, wat die jeug moes
voorberei tot lidmaatskap van die Nederduitse Gereformeerde
Kerk, in die taal van daardie Kerk ïou gegee word, het hulle
as vanself sprekend voorgekom. Nóg wat betref die een,
nóg wat betref die ander, was lord Somerset geneë om aan
die wense van die koloniste te voldoen, 'n Toegewing sou
help om die Hollandse taal in stand te hou, wat juis teenoor-
gesteld aan die hele rigting van sy beleid was.
Ons het reeds gesien dat die Britse regering dit nie nodig
geag het om die Skotse en Engelse onderwysers, soos sommige
van die Skotse predikante, na Nederland te stuur om 'n
kennis van Hollands op te doen voordat hul na die Kaap
gaan nie.^quot;) Hollands was dan ook ofhsieel nooit 'n vak
of medium van onderwys in die vry Engelse skole nie; en
die bietjie kennis daarvan wat die ingevoerde onderwysers
nodig had om die Hollandssprekende kinders Engels te leer,
moes hul maar self algaande opdoen. Dit is die onderwysers
intussen opgedra om die skooljeug minstens elke Saterdag
te onderrig in die grondbeginsels van die godsdiens soos
uiteengesit in ,,the Catechism of the Dutch, or Scotch
Established Churchquot;, sodat dit duidelik die bedoeling was
om ook godsdiensonderwys in die vry skole deur medium
van Engels te laat geskied.Dit was Somerset egter nie
genoeg dat godsdienstige onderrig aan Hollandssprekende
kinders slegs in die vry skole deur Engelse medium sou gegèe
word nie; daarom wou hy die Sinode van die Hollandse Kerk
inspan om Engels ook elders by die godsdiensonderrig inge-
voer te kry. Sodoende sou hy die Hollandse taal in sy
sterkste vesting ondermyn en uiteindelik geheel en al deur
Engels kan vervang. Somerset het nie besef dat al sou hy
miskien nog die Sinode vir sy doel kon gebruik, die volk
nooit met sy planne genoeë sou neem nie.
In verband met die benodigde taalkennis van die onderwysers
was ds. Thom se advies aan lord Somerset in Jan. 1821 ,,that a
knowledge of so much Dutch which will be sufficient for the Teachers
to communicate a knowledge of the English will be necessary;quot;
en oortuig van die naïweteit van die koloniste voeg hy daaraan toe:
,.and this will wonderfully interest the Colonists.quot; (Records, dl.
XIII, bis. 387.)
Records, dl. XIV, blss. 97—8.
-ocr page 58-Sinode van 1824. Verslag van J. A. Truter.
Dit is nie baie duidelik in hoever die Sinode van 1824
einthk bereid was om op die punt van godsdiensonderwys
deur Engelse medium met lord Somerset saam te gaan nie
Die kommissaris-politiek J. A. Truter wou klaarblyklik graag
n guns ige mdruk by die goewemeur wek omtrent die
bereidwilligheid van die lede van die Sinode om die verbrei-
ding van die kennis van Engels deur die land te help bevorder
en in sy offisiële verslag van die verrigtinge gee hy miskien
n enigsms oordrewe voorstelling van sake. „In deliberating
on the Subject of Religious Instruction,quot; lui die verslag,
„the Synod considered it as especially necessary that the
Catechists and Schoolmasters should be brought up to teach
both the English and Dutch languages and at the same time,
in order on their part to promote the extension of the English
also as far practicable, they resolved to cause the EngHsh
translation of the Heidelberg Catechism, which contains the
groundwork of our Reformed Religion, to be printed in
order to be made use of in all the Schools throughout'the
Colony, so that the children of parents, belonging to the
Reformed Church, can leam the first principles of Religion
m the Enghsh language likewise.As hierdie opsomrning
n juiste weergawe van die bespreking in die Sinode was
en ook al wat Truter omtrent die saak aan Somerset mee
te deel had, sou daar weinig twyfel kon bestaan dat die
Sinode n baie willige werktuig in die hande van die goewer-
neur was. Ongelukkig gee die offisiële stukke van die Sinode
self me baie mhgting omtrent die punt nie. In die „Algemeen
Reglement vir die bestuur van die Kaapse Kerk wat op
die eerste kerkvergadering ontwerp is, word onder die hoof
„Godsdienstig Onderwijsquot; alleen gesê dat godsdiensonderrig
sal gegee word „zoo in de Engelsche als Nederduitsche
taal, terwyl die Acta Synodi slegs die besluit vermeld:
,,Zi]ne Excellentie den Gouverneur per request te verzoeken,
om een zeker aantal van exemplaren van den Katechismus
onzer Kerk, op de Gouvemements drukpers te mogen laten
drukken, zoowel in het Hollandsch als ook vertaald in het
Engelsch.quot; Van belang is dit egter dat die brief van die
2)nbsp;Boustowwe. dl. Ill, bis. 265.
3)nbsp;Boustowwe, dl. IIT, bis. 219.
-ocr page 59-Sinode aan Somerset wat op die soëwe genoemde besluit
gevolg het, duidelik verklaar dat die vertaling van die
Heidelbergse Kategismus uitgegee word ,,in order to be used
in the English Schools for the Children belonging to the
Reformed Church,sodat dit klaarblyklik nie die bedoeling
van die Sinode was dat die Engelse kategismus ,,in all the
Schools throughout the Colonyquot; sou gebruik word, soos
die kommissaris-politiek voorgee nie. Dit is nogal 'n verskil
van betekenis en dien as waarskuwing dat ons die bowe
aangehaalde woorde van Truter nie al te letterlik mag opvat
nie.
Dat alles in die Sinode nie so onverdeeld gunstig vir die
planne van Somerset verloop het nie, is buitendien op te
maak uit wat die kommissaris-politiek self verder in sy
verslag opmerk. Na 'n paragraaf waarin hy die goewerneur
nogmaals verseker dat die lede van die Sinode hul sonder
uitsondering bereid getoon het om insake die algemener
verbreiding van die Engelse taal hul hartlike samewerking
te verleen, laat hy versigtig volg: ,,One circumstance how-
ever during the deliberations of the Synod respecting the
English Language could not fail to attract my attention,
namely: it has appeared to me to be difficult to draw the
line and fix the limits, within which the Civil obligations
to know the English language, is confined.quot; In verband
hiermee moet in herinnering gehou word dat die predikante
van die Hollandse Kerk toe nog almal aangestel en besoldig
is deur die regering en feitlik in die posisie van staatsdienare
verkeer het. Die vrees het nou klaarblyklik ontstaan dat
Somerset sy taalordonnansie ook op die Kerk van toepassing
sou wil maak, sodat die predikante kon gedwing word om
alle godsdiensonderwys deur medium van Engels te gee en
uiteindelik ook in Engels te preek.Dit is duidehk dat
die kommissaris-politiek gevoel het dat dié vrees glad nie
Records, dl. XIX, bis. 187.
Dit is van belang om daaraan te dink dat met 'n enkele
uitsondering die Hollandse predikante in 1824 nie sonder groot
moeite in staat sou gewees het om 'n Engelse diens te lei nie. Op
29 Nov. 1826 rig ds. Borcherds — wat bekend was om sy goeie
gesindheid teenoor die Engelse regering— 'n versoek aan die Kom-
piissarisse Politiek om die moderatuursverslag van die jongste Sinode
m Engels te laat vertaal, omdat nóg hy nóg ds. Herold, die scriba,
in staat is om dit te doen. (Records, dl. XXVIII, bis. 358.)
ongegrond was nie, en ook dat hy besef het dat Somerset
hom hier op uiters gevaarlike terrein begewe. Hy het dit
daarom sy plig geag om die goewerneur te waarsku en het
dit op besonder taktvolle wyse gedoen.
Hy begin met 'n opmerking wat Somerset buitengewoon
aangenaam in die ore sal geklink het, as volg: ,,For the
sake of public order and regularity every one should be
made sensible, that the Colony being now under the Govern-
ment of the British Crown, the English Language is to be
considered as the language of the state, which therefore all
public Functionaries are obliged, and all the other Inhabitants
have an interest to know, in order to its being made use
of in all pubhc Transactions.quot; Die regverdiging vir hierdie
stelling sien hy daarin dat alle koloniste wat na die oordrag
van die Kolonie hier bly woon het, hulle vrywillig onderwerp
het aan die natuurlike gevolge van dié oordrag en daarom
verplig is om die moontlike ongeriewe daarvan te dra. Op
die gebied van die godsdiens kan so 'n eis egter na sy
mening nie gestel word nie, aangesien 'n persoon in sake
wat sy sieleheil raak, hom nie by omstandighede kan aanpas
nie en hom ewemin kan onderwerp aan ongeriewe wat uit
sy onbekendheid met ' n vreemde taal voortvloei. ,,In the
Church therefore,quot; is sy gevolgtrekking, ,,the English
language can only be introduced in time, by degrees, and
as it were of itself.quot; Hy herinner die goewerneur daaraan
dat dit nog maar tien jaar gelede is sinds die Kolonie formeel
aan Engeland afgestaan is en dat die meeste koloniste tot
daardie datum vas geglo het dat die Kaap aan die moeder-
land sou teruggegee word. Tot op die huidige dag, sê hy,
is Hollands die huistaal van alle gesinne, byna sonder uit-
sondering. Die toename in die aantal Engelse inwoners
sedert die afstand het dan ook minder invloed gehad as
wat 'n mens sou kon verwag. ,,Under these circumstances,quot;
gaan hy voort, ,,religious instruction cannot be given other-
wise than in the Dutch Language, except at the expense
of Religion itself; and this will continue to be the case, until
an encouraged general instruction in the English language,
added to an increased English population, shall have enabled
the succeeding generation to use the English language with
equal facility and advantage as that of their Fathers.quot;
Die kommissaris-Dolitiek, self Hollandse kolonis en lid
van die Hollandse Kerk, maar sedert enkele jare al om sy
troue dienste aan die Engelse regering tot die ridderskap
verhef, wou lord Somerset klaarblykhk in geen twyfel omtrent
sy eie goeie bedoehnge laat nie en voeg aan sy laaste
opmerking die nogal ve'rbasingwekkende woorde toe: ,,And
when the present manner of extending the knowledge of
the Enghsh continues uninterruptedly, without imposirig
on any person any other obligation, than what the public
order and regularity of Government absolutely require,
every one's own interest will prompt him, voluntarily and
without any humihating feeling to give up by degrees the
domestic use of the language of his ancestors for that of a
New and liberal Mother Country.quot; Truter slmt sy breed-
voerige beskouing met op te merk dat hy nie die vryheid
sou geneem het om so sy persoonlike menings aan die
goewerneur te gee nie ,,had I not perceived out of the Synod,
that an apprehension is fast spreading among the pubhc,
that their children will not be allowed to receive any further
instruction in Dutch, and that the language is to be totally
proscribed.quot; Deur dié omstandigheid is hy dikwels genood-
saak om die publiek tot beter gedagtes van die regering
van Sy Majesteit te bring, ,,in order to remove impressioris,
which can only tend to render Your Excellency's adminis-
tration troublesome, and to impede that desirable amalgama-
tion of pubhc feeling, which it ought to be the study of
every good man to promote.quot;
Uit die inhoud en gees van die hele pleidooi van die
kommissaris-politiek blyk myns insiens duidehk dat hy op
taktvolle wyse die voortvarende lord Somerset wou terughou
van die gevaarlike voorneme om die Engelse taal van bo
af op die Hollandse Kerk af te dwing. Die goewerneur het
hom ten slotte in hierdie netelige saak deur die kommissaris-
politiek laat lei; maar sy opvatting dat die verengelsing van
die kerktaal soveel moonthk deur Engelse godsdiensonderwys
moes bespoedig word, het hy tog nie laat vaar nie. In
die antwoord wat die goewermentsekretaris namens Somerset
op die verslag van die Sinode aan Truter gestuur het, word
weer besonder nadruk gelê op die noodsaaklikheid dat die
Sinode besef hoe uiters belangrik dit is dat die opkomende
geslag Engels geleer word —,,as the only means of their
attaining employment under the Governmentquot; — en word
uitdrukking gegee aan die tevredenheid van die goewerneur
oor die vertaling van die Kategismus vir gebruik op skool.
,,At the same time however that he feels Himself bound
to impress in the strongest manner the necessity of the general
Introduction of the English Language, as the only Language
to be made use of in future, in all public and legal frans-
actions of every kind,quot; lui die brief van die Uretaris
verder, „He feels the force of the observations made Ty
you, m regard to such obhgation not being binding with
reference to Religious Worship _ and His Excellency will
feel indmed to give the most liberal Interpretation to this
important point _ and He therefore cannot object to the
Rehpous Instructions being for some time to come given
m ttie Dutch Language provided always that the English
Language be taught in all the Schools.
Hoe algemeen dit in hierdie tyd gevoel is dat Somerset
die Hollandse taal in die Kerk deur Engels wou laat vervang,
en hoe sterk die verset sowel van die predikante as van
die volk daarteen was, tree mooi aan die lig in die volgende
waarneming van die Nederiandse reisiger M D Teenstra
wat in 1825 enkele maande aan die Kaap vertoef £
Overal wordt de godsdienst in de Hollandsche taal gehou-
den. Het Engelsch gouvernement heeft, wel is waar reeds
eenige voorioopip voorstellen gedaan, om dit in het Engelsch
te doen maar het vond zeer veel tegenkantingen, zoo ÏÏ
Jet dit ntt'^V.'^'ingezetenen Live, zoodat
het dit met durfde doorzetten; ook zoude het, volgens som-
mige doordryvers meer dan 40,000 menschen tegen hetzelve
m het harnas gejaagd hebben.quot;quot;)nbsp;®
Taal en nationaliteit.
Dit is ni^e alleen op godsdienstige gronde dat die Hollandse
koloniste hul teen die verdringing van hul taal uit skool en
tïn f^'T!^nbsp;volksgroep laat sonder
teenstand toe dat sy taal, die belangrikste kenmerk van sy
nasionaliteit, hom deur 'n vreemde heerser ontneem word
me; en hoewel dit geblyk het dat die koloniste op politieke
pbied nog nie so ver ontwikkel was dat hul hul ernstig
^en die verengelsing van die bestuurs- en regstaal van hul
land verset het nie, het hul op kulturele gebied 'n hard-
nekkige stryd om die behoud van hul eie taal gevoer. Eweas
lord Charles Somerset en sy opvolgers besef het dat hul
die Hollandse taal sal moet ban nie alleen uit die Skool nie
maar ook uit die Kerk voordat hul die ou inwoners van
die Kolonie kan verengels, het die Hollandse koloniste self
onbewus gevoel dat die Kerk die sterkste vesting van hulle
taal en nasionaliteit uitgemaak het, terwyl die Skool die
belangrikste voorverdedigingswerk daarvan was. Die worste-
ling om die behoud van hul kulturele selfstandigheid teenoor
die Britse beskawing, waaraan die regering hul deur alle
denkbare maatreëls so spoedig moontlik wou assimileer, word
daarom die beste weerspieël in die kerktaal- en skooltaalstryd
tot diep in die tweede helfte van die 19de eeu. Vyftig jaar
lank vanaf die begin van die verengelsingsbeleid het die
koloniste in hoofsaak 'n verdedigende houding ingeneem
teenoor 'n agressiewe Engelse kulturele en politieke nasiona-
lisme. In al dié tyd het hul gestry byna sonder hoop op
sukses. Die Engelse taal het hoe langer hoe meer ingedring
in hul huislike en maatskaplike lewe en eindelik ook in die
Hollandse Kerk 'n belangrike plek verower. Baie vooraan-
staande manne, wat die leiers van die volk moes wees, het
ontrou aan hul eie nasionaliteit geword en geheel en al ver-
engels. Op politieke gebied het die ou koloniste, in sover
hul dan aan die politiek deelgeneem het, as troue Britse
onderdane met hul Engelse medeburgers saamgewerk en nooit
die noodsaaklikheid ingesien van 'n politieke strewe as aparte
volksgroep as hul op kulturele gebied wou staande bly nie.
Eers in die jare sewentig, na die begin van 'n kragtige
nasionale bewuswording op politieke gebied, het die taalstryd
daar hoopvoller begin uitsien. Dit sal ons taak wees om
in die volgende hoofstukke al hierdie dinge so noukeurig
moontlik uiteen te sit.
ïfO
amp;
HOOFSTUK II
( 1828—1854)
K-Ä - -
_ - -
ft« | |
- | |
quot; 3
quot;i
-ï
- 'vrquot;
-C
' -
m
-v
-ocr page 67-HOOFSTUK II
(1828—1854)
A. Inleiding: Gesindheid van ou Koloniste teenoor
Britse Bestuur
Filantropiese liberalisme in die Kolonie.
Ons het gesien dat tot aan die einde van die bewind van
lord Charles Somerset in Maart 1826 die Hollandse koloniste,
afgesien van die eerste poginge om hul taal uit die land te
ban, weinig rede tot ontevredenheid met die Britse bestuur
gehad het. Daar was egter verskeie jare al kragte aan die
werk wat hul spoedig uit hul rus sou opskrik en tot veel
stryd en bitterheid aanleiding sou gee. Sedert 1822 was
dr. John Philip, superintendent van die Londense Sending-
genootskap aan die Kaap, met onvermoeide ywer besig om
die belange van slawe en vry nie-blankes te bepleit, terwyl
m Engeland die mag van die filantrope na 'n tydelike
verswakking weer vinnig aan die toeneem was. Onder
generaal Bourke, die filantropies-gesinde opvolger van lord
Somerset, het die negrofilisme die eerste keer op kragtige wyse
sy invloed in die Koloniale politiek laat voel en van toe af
soos 'n warrelwind oor die hoofde van die verbysterde
koloniste gegaan. Binne die kort tydperk van tien jaar is
alle beperkinge op die vryheid en regte van Hottentotte en
ander viy nie-blankes afgeskaf, waardeur hul op gelyke voet
met die blanke bevolking gestel is, en is die slawe vrygemaak
op 'n wyse wat die diepste verontwaardiging van die koloniste
gewek en talie van hulle geldehk te gronde gerig het.
Ou Hollandse instellinge verdwyn.
Die filantropiese liberalisme van die Britse regering was
nie die enigste oorsaak van ontevredenheid onder die koloniste
rondom 1830 nie. In dieselfde periode waarin die negro-
nhsme op sy sterkste was, is die verengelsing van die bestuur-
nke en geregtelike stelsel van die Kolonie waarmee in 1822
deur die taalverordening van Somerset definitief 'n aanvang
gemaak is, verder deurgevoer. Deur die ,,Charter of Justicequot;
van 1827, wat op i Januarie 1828 in werking getree het,
is die ou Hollandse stelsel van regspleging en plaaslike bestuur
in die grond verander en so veel moontlik op Engelse voet
ingerig. Die Romeins-Hollandse burgerhke reg het wel die
reg van die Kolonie gebly, en die veranderinge wat in die
regspleging ingevoer is, was merendeels verbeteringe op die
ou stelsel, sodat hul ook deur die Hollandse koloniste ver-
welkom is; maar die afskaffing van die Hof van Landdros
en Heemrade op die platteland en van die Burgersenaat in
Kaapstad, waardeur die koloniste alle aandeel in plaaslike
bestuur verloor het, is as 'n ernstige grief gevoel. Met die
hersiening van die ,,Charter of Justicequot; in 1832 moes ook
die ou gevestigde en vertroude Weeskamer verdwyn, tot
groot leedwese van die ou ingesetenes. Hoe geheg die
Kapenare aan hul ou instellinge was, blyk onder andere uit
'n hoofartikel in De Zuid-Afrikaan van 4 Januarie 1833.
Nadat die redakteur op enkele verbeteringe in die hersiene
Charter gewys het, vervolg hy: ,,Maar! wat wordt daarin
aan ons ontnomen ? De Weeskamer wordt vernietigd!_
Zoo verdwynt dus de laatste, ja de laatste belangryke instel-
ling, die gedurende eenen reeks van jaren, zoo nuttig voor
de Kolonie is geweest!quot;')
Oprigting van ,,De Zuid-Afrikaanquot;.
In hierdie tyd van druk was daar vir die Hollandse
koloniste een ligpunt, naamlik dat hul sedert 9 April 1830
beskik het oor 'n koerant wat hul belange kon bepleit. In
April 1828 is persvryheid aan die Kolonie verleen, en in
Oktober van dieselfde jaar het The South African Commer-
cial Advertiser, wat sedert Januarie 1824 bestaan het maar
intussen tweemaal onderdruk is, weer sy verskyning gemaak.
Die Advertiser was 'n tweetalige blad, hoewel in hoofsaak
Engels, en in die eerste twee tydperke van sy bestaan nie
onsimpatiek gesind teenoor die Hollandse bevolking nie.
Kort na sy weeroprigting het dit egter as kampvegter van
die filantropiese beweging begin optree en kon dit die
1) Klagtes oor die afskaffing van die Hof van Landdros en
Heemrade en die Burgersenaat word aangetref o.a. in die Zuid-
Afrikaan van 5 Nov. 1830 en 20 Mei 1831.—Die hersiene ,.Charter
of Justicequot; het eers in 1834 in werking getree.
konserwatiewe koloniste nie langer bevredig nie. Enkele
patriotiesgesinde manne het toe 'n opposisieblad, De Zuid-
Afrikaan, gestig, waarvan die eerste nommer op 9 April 1830
die lig gesien het. Baie jare sou dié twee koerante, die
Advertiser en die Zuid-Afrikaan, as die hoofverteenwoordigers
van twee verskillende rigtings teenoor mekaar staan.
Die eerste jaar het De Zuid-Afrikaan maar 'n moeilike
bestaan gevoer. Nóg die eerste redakteur, C. E. Boniface,
nóg die tweede, R. J. Stapleton, het vir die betrekking
gedeug; en die blad het groot gevaar geloop om 'n spoedige
dood te sterf. Juis in hierdie tyd, egter, het die gevoelens
oor die slawekwessie buitengewoon hoog begin loop, en die
behoefte aan 'n sterk Hollandse blad is meer as ooit gevoel.
Eind April 1831 het 'n tagtig invloedryke ingesetenes van
Kaapstad toe na vore getree en deur die stigting van 'n
maatskappy die voortbestaan van De Zuid-Afrikaan verseker.
Die ,,Commercial Advertiserquot; en die ,,Zuid-Afrikaanquot;.
In die begin het die Advertiser blykbaar probeer om
De Zuid-Afrikaan dood te swyg, maar die nuwe blad het
groot invloed onder die Hollandse koloniste begin kry en
kon nie baie lang genegeer word nie. John Fairbairn, die
redakteur van die Advertiser, wat veral na sy huwelik met
die dogter van dr. Philip in 1831, al hoe feller aanhanger
van die negrofilisme geword het, is meer as eens kwaai deur
De Zuid-Afrikaan aangeval. Fairbairn het geantwoord met
beskuldigings dat De Zuid-Afrikaan verdeeldheid probeer saai
en die Hollandse koloniste opstook om hul teen die Britse
gesag te verset. Hy het hoe langer hoe onverdraagsamer
geword en het hom veral geërger as die ou ingesetenes blyk
gee van hul bewustheid van hul Hollandse herkoms en hul
blywende gehegtheid aan die ou moederland.'^)
Tot 'n buitengewoon heftige uitbarsting het Fairbairn
gekom na aanleiding van 'n brief onderteken deur ruim 'n
honderd boere uit Koeberg wat in De Zuid-Afrikaan van
II Mei 1832 verskyn het. Die Koebergse boere het naamlik
geprotesteer teen 'n aangekondigde nuwe slawe-ordonnansie
en het aan die slot van hul brief die vraag gestel of die
Sien S.A. Comm. Adv., 16 Okt., 7 en 24 Des. 1831, 4, 21 en
25 Jan. 1832.
D
Koloniale Regering deur die uitvaardiging van die ordonnansie
,,de rust en veiligheid der Kolonie op spel [zal] stellen, en
de Ingezetenen overal tot dien graad van vertwyfeling
brengen, dat zy zelfs naar middelen ter hunner bescherming
zullen moeten omzien, doch waarvan helaas de schrikkelykste
gevolgen alsdan ook onberekenbaar zullen zyn.quot; Fairbairn
het De Zuid-Afnkaan daarvan beskuldig dat hy die vreed-
same en onwetende boere mislei het en het 'n beroep op
die Koebergers gedoen om die blad te repudieer. Toe die
ondertekenaars van die brief voet by stuk hou, het Fairbairn
'n reeks opgewonde artikels in die Advertiser geskrywe
waarin alleriei beskuldigings teen De Zuid-Afrikaan geslinger
word. ,,It must not be forgotten,quot; voeg hy die ontevrede
koloniste toe, „that the Cape is a British Colony _ captured
by British bayonets in 1806, and purchased with British gold
m 1814.quot;quot;) De Zuid-Afrikaan het ontken dat daar enige
waarheid in die aantygings van die Advertiser was, maar
Fairbairn het met beskuldigings van nasionale vooroordeel
teen die Engelse voortgegaan en telkens self sy eie bitter
gevoelens teen die Hollandse koloniste wat nie die knie wou
buig me, laat uitkom.In sy eie blad is hy dan ook verwyt
dat hy teenoor die Hollandse koloniste opgetree het met a
degree of rancour, illiberality and indelicacyquot; wat in hóë
mate te betreur is.'^)
Van filantropiese sy is die stiyd met veel heftigheid en
bitterheid gevoer. De Zuid-Afrikaan moes dus vanaf sy
oprigting me alleen stry teen die radikalisme van die negro-
fihstiese filantrope nie, maar ook telkens die goeie naam van
die Hollandse ingesetenes— ,,ons nationaal karakter als
Afrikaandersquot; — verdedig teen velerlei lasteringe van 'n
vyandige Engelse party aan die Kaap en in Engeland.
Vir ons doel is die verskyning van De Zuid-Afrikaan van
Advertiser, 27 Jun. 1832.
quot;) Sien o.a. die S.A. Comm. Adv. van 11, 15, 18 Okt iS^i en
27 Apr. 1836.nbsp;■
S.A. Comm. Adv., 24 Des. 1834.
berugte Researches in South Africa van dr
Fhihp in Londen verskyn, 'n boek wat jarelank saam met die ouer
en ewe beru^gte Travels van Barrow vir die Britse publiek die
vernaamste bron van inligting oor Suid-Afrika was
besondere belang, omdat ons daaruit kan te wete kom wat
die gesindheid van die Hollandse koloniste teenoor hul
Engelse medeburgers en die Britse regering op verskillende
tye was, en watter houding hul ingeneem het teenoor alle
vraagstukke rakende hul eie nasionale lewe.
,,Tros, Tyriusque mihi nullo discrimine agetur.quot;
Dit is opvallend dat De Zuid-Afrikaan in hierdie periode,
ten spyte van die heftigheid van die stryd teen die party
van Philip, wat uit die aard van die saak feithk alleen uit
Engelse bestaan het, trou gebly het aan sy sinspreuk ,,Tros,
Tyriusque mihi nullo discrimine ageturquot; en nooit enige
tekens van 'n anti-Engelse gesindheid openbaar het nie.
Inteendeel, 'n mens kom voortdurend stukke in die blad
teë waarin dit betreur word dat die kwaadwilligheid van
die Advertiser en sy redakteur John Fairbairn die
..amalgamatiequot;, die ,,vereenigingquot;, die ,,verbroederingquot;, die
..gelukkige gevoelens van eensgezindheid en eendragtquot; oiider
die ou en die nuwe koloniste kom verstoor en ,, af scheiding,
oneenigheid en een bits gevoel van vyandschapquot; tussen hulle
probeer aanwakker.Dat die stryd wat die negrofihsme in
die Kolonie ontketen het, nie groter vyandskap tussen die
Hollandse en Engelse dele van die bevolking veroorsaak het
nie, moet seker vir 'n groot deel daaraan toegeskrywe word
dat baie Engelse koloniste per slot van rekening nie met
die politiek van Phihp en Fairbairn saamgegaan het nie en
hul openlik aan die kant van die ou ingesetenes geskaar het.
Die Grahamstown Journal is eind 1831 opgerig as 'n anti-
Philipynse blad; en in De Zuid-Afrikaan, wat soos die
meeste koerante destyds tweetalig was, het meermale briewe
van Engelse verskyn waarin kwaai teen die Advertiser en
sy redakteur te velde getrek word.'') Die aanvalle van die
filantrope was van die begin af aan dan ook nie uitsluitend
teen die Hollandse koloniste gerig nie. Dr. Philip het in sy
Researches venynige aanvalle op die Engelse Koloniale
Regering en Engelse koloniste gedoen, en ook Fairbairn het
Sien o.a. die Zuid-Afrikaan van 20 Jan., 27 Jan. en 17 Feb.
Ï832; 17 Okt., 24 Okt. en 28 Nov. 1834 (redaksionele stukke en
korrespondensie).
Sien o.a. die Zuid-Afrikaan van 20 Apr. en 6 Jul. 1832.
-ocr page 72-in die begin sy eie landgenote nie gespaar nie.quot;^) Onder die
filantrope was The Graham's Town Journal nie minder
gehaat as Z)e Zuid-Afrikaan nie, te meer omdat albei koerante
ook op die platteland 'n aansienlike afset geniet het.quot;'')
Kenmerkend van die gees van De Zuid-Afrikaan in hier-
die periode is ook dat die blad nooit aan 'n gevoel van
opstandigheid teen die Britse regering as sodanig lug gegee
het me, selfs nie toe daar die meeste rede vir bittere ontevre-
denheid met die regering bestaan het nie. Uit meer as een
stuk spreek selfs 'n gees van verering vir die Britse kroon
wat ons onder die omstandighede nie sou verwag nie; en
as in 'n hoofartikel van 27 Maart 1835 (dus binne vier
maande na die vrystelling van die slawe) van die destydse
goewemeur gepraat word as iemand ,,die personeel de
gelegenheid gehad heeft, om de loyaliteit en verkleefdheid
der Kaapsche Hollandsche Kolonisten omtrent het Engelsche
Gouvernement te ondervindenquot;, dan mag ons gems aanneem
dat hier geen ydele woorde gebruik is nie, maar dat die
blad inderdaad aan sy opregte gevoelens uiting gee.
,,De Zuid-Afrikaanquot; en die Groot Trek.
Die gesindheid van De Zuid-Afrikaan teenoor die Britse
owerheid word verder duidelik weerspieël in die houding
wat die blad teenoor die Groot Trek en die Boererepublieke
in die noorde ingeneem het. Ons vind dat dit die uitgeweke
Boere baie simpatiek gesind was, voortdurend hulle belange
bepleit en hul konsekwent teen alle lasterlike aanvalle ver-
Sien die Researches, dl. I, blss. xvi, 271, 355, 395, ens., en
die Advertiser. 24 en 27 Mrt. 1830.
John Fawcett vertel in sy boek Account of an Eighteen
Months' Residence at the Cape of Good Hope, in 183^—6. bis. 19
vlgg., dat die boere heftig teen Philip gekant is en merk daarby
op: ,,This feehng is kept up among the farmers by a vile colonial
newspaper called the ,Zuid-Afrikaan', and by its sister print the
,Graham's Town Journal', —two publications that are at once the
disgrace and the curse of the Colony.quot; Omstreeks 'n jaar later
konstateer Bunbury van die plattelandse bevolking: ,,The literary
resources of the Boers are few ... I observed the , Zuid-Afrikaan'
newspaper in many of their houses, but rarely any other; and that
publication, while it is well calculated to foster their prejudices,
is but ill adapted to improve either their understanding or their
tastequot; (Journal of a Residence at the Cape of Good Hope, ens.,
bis. 183). Sien 00k Pringle: Narrative of a Residence in'South
Africa, bis. 350 vlg.
dedig het; maar die Trek self het die blad afgekeur, en dit
sou graag gesien het dat die Trekkers hul weer aan die
Engelse gesag onderwerp. Die beleid wat die Imperiale
regering en die Kaapse goewerneur sir George Napier in
die veertiger jare teenoor die Natallers gevolg het, het dan
ook die goedkeuring van De Zuid-Afrikaan weggedra, en
veral die sending van advokaat Henry Cloete as spesiale
kommissaris na Port Natal en Pietermaritzburg in 1843 is
met geesdrif begroet as 'n besondere bewys van Britse
..goedertierenheid en welwillendheidquot; wat veel daartoe sal
bydra ,,om in het gemoed van eiken Hollandschen
Kolonist . . . een innig en opregt gevoel van liefde en
achting jegens Harer Majesteits Gouvernement te doen ont-
staan.quot;=) So het die blad ook die proklamasie van die
soewereiniteit oor die Boere tussen die Oranje en die Vaal
deur sir Hany Smith in Februarie 1848 goedgekeur en alleen
sy kras optrede in verband met die onderdrukking van die
opstand in Augustus van daardie jaar streng veroordeel.®)
Dat daar na die uitroeping van Britse gesag oor Natal en
Transoranje so weinig gedoen is om die lot van die uitgeweke
Boere te verbeter en hulle ,,door verzoenende maatregelen
fe toonen, welk een by uitstek groot voorregt het is den
naam te dragen van onderdanen der Britsche Kroonquot;, het
De Zuid-Afrikaan egter aanleiding tot bitter verwyte gegee.
De Zuid-Afrikaan, 16 Mei 1843. Christoffel Brand was van
^ Jul. 1839 tot 23 Sept. 1845 redakteur van die Zuid-Afrikaan.
Hy was 'n harde voorvegter van Verteenwoordigende Regering vir
die Kolonie; en omdat die verdeeldheid tussen Afrikaners en Engelse
steeds as argument teen Verteenwoordigende Bestuur aangevoer is,
het Brand waarskynlik in sy blad die nasionale verdeeldheid wat
daar wel bestaan het, probeer verklein en 'n enigsins oordrewe
voorstelling van die lojaliteit van die Hollandse koloniste aan die
Britse regering gegee. Wat die gevoelens van die Kapenare in dié
tyd was, kan ons o.a. daaruit opmaak dat toe die Engelsgesinde
ds. A. Faure in 1843 terugkom van sy sending na Natal en 'n
intekenlys oopgestel is met die doel om hom 'n silwerwerk as geskenk
aan te bied, daar tot op datum dat op versoek van ds. Faure self
van die plan afgesien is, op die lys net twaalf Engelse name en
vier ander was: A. Stockenström, F. S. Watermeyer, P. H. Hiddingh
en E. Chiappini — dus nie die naam van 'n enkele Afrikaanse
patriot nie. (A. Dreyer: Die Kaapse Kerk en die Groot Trek,
bis, 57.)
Sien o.a. die Zuid-Afrikaan van 28 Feb., 25 Sept., 9 Okt. 1848;
8 Jan. 1849.
en die prysgewing van die soewereiniteit oor die Vrystaat
in 1854 het die diepste verontwaardiging gewek/)
Hollandse koloniste beskuldig van anti-Engelse gesindheid.
Hoe seer De Zuid-Afrikaan ook gepleit het vir „de vol-
making van die vermenging . . . welke zoo gunstig begon-
nen is en reeds zulke diepe wortels geschoten heeftquot;, of
geroem het op ,,het bestaand eenstemmig goed gevoel en
eensgesmdheidquot; en ,,de toenemende verbroederingquot; tussen
die Hollandse en Engelse seksies van die bevolking, of ook
getuienis afgelê het van sy lojaliteit aan die Britse kroon, is
die Hollandse koloniste tog nog dikwels beskuldig van
,,disloyalty and anti-British feelingquot; en ,,rancorous enmity
to British rulequot;/) Dié beskuldiginge was veral volop toe
kort na 1840 die beweging ten gunste van verteenwoordigende
regenng weer nuwe vaart gekry het. Die ultra-Engelse party,
wat uiters onverdraagsaam was teenoor almal wat nie presies
soos hulle oor alle sake gedink en gevoel het nie, was bevrees
dat die Hollandse koloniste, wat nog altyd die oorgroot
meerderheid van die blanke bevolking uitgemaak het hul
mag teen die Engelse sou gebruik en was daarom fel' teen
verteenwoordigende regering gekant. De Zuid-Afrikaan het
steeds heftig ontken dat daar enige grond vir sodanige vrees
bestaan het of dat daar enige noodsaaklikheid was om die
Engelse belange in die Kolonie teen die Hollandse koloniste
te beskerm.») Die beskuldiginge van die ultra-Engelse faksie
') Sien o.a. dw Zuid-Afrikaan van 23 Aug. 1847, 15 Mrt. 1849.
Aug. en Sept. 1853 passim, 12 Okt. 1854, 20 Aug 1855 ^
8)nbsp;De Zmd-Afrikaan, 10 Mei 1842; 10 Feb., 4 Jul. 1843 Ook in
reisbeskrywings uit die tyd is meer as eens opgemerk dat die
wollandse koloniste anti-Engels was. Sien o.a. bis. 87 van die
hierbo genoemde Joiirnal van die partyganger van Philip, John
Fawcett, asook die getuienis van A. W. Cole, 'n Britse regter wat
van 1841 tot 1846 in die Kolonie was: ,,The Dutch formerly
entertamed a great dislike to British rule. I do not mean to assert
that they are even yet thoroughly reconciled to it, but they display
less repugnance to submit to it than of yorequot; (The Cape and the
Kaprs: or. Notes of Five Years' Residence in South Africa bis 125)
Dit sou me reg wees om in hierdie tyd die hele Kolonie oor een
kam te skeer me. In sover daar inderdaad onder die ou ingestenes
n gevoel van wrewel teen die Koloniale regering en die Engelse
volk in die algemeen bestaan het, was dié gevoel ongetwyfeld dieper-
gaande en meer verbreid in die oostelike as in die westelike distrikte
van die Kolonie,
9)nbsp;Sien b.v. die Zuid-Afrikaan van 16 Des. 1850.
-ocr page 75-was ongetwyfeld skroomlik oordrewe, en in 'n memorandum
van 10 April 1848 oor verteenwoordigende regering kon die
goewermentsekretaris John Montagu dit dan 00k as sy mening
uitspreek dat ,,with the exception of the law of inheritance
and succession in this Colony, to which the Dutch are
pceedingly attached, and the English equally averse, there
is not a single subject within the legitimate province of
legislative interference, on which national prejudices, or
conflicting interests of race, are likely to be engenderedquot;,
en dat ,,a community of thought, habit, and sentimentquot;
onder die Hollandse en Engelse koloniste in wording is.
Nog geen drie jaar later nie sou Montagu egter in 'n heel
ander gees oor die toestand in die Kolonie skrywe. In 'n
memorandum van 14 Januarie 1851 verklaar hy dat die
bandietekwessie en die konstitusionele vraagstuk 'n vroeër
ongekende anti-Engelse gevoel te voorskyn geroep het. Sir
Harry Smith, die destydse goewemeur, was dit hierin met
hom eens en skrywe op 21 Januarie aan graaf Grey: ,,It
would be difficult for me to convey to your Lordship, any
idea of the change which has taken place in the character
of this community, during the last two years, and the
hostility which has, during that period, been raised against
the English Government. This feeling it will take a long
time to remove, and I can entertain no doubt, that if the
new Legislature be entirely popular, the legislation at first
will be entirely anti-English.quot; Daarom stem hy ook met
Montagu saam ,,that sound policy requires that, in the
present state of the colony, due caution should be observed
in establishing such a check as will afford fair consideration
to the British Government, and effectual protection to the
English colonists.quot; Sodanige beteueling sal kan uitgeoefen
word deur 'n genomineerde wetgewende raad.quot;^)
T)e Zuid-Afrikaan het bitter kommentaar op hierdie stukke
van die goewemeur en die goewermentsekretaris gelewer.
..Wy ontkennen het dat zelfs de bandieten-kwestie eenig anti-
Engelsch gevoelen te weeg gebragt heeft,quot; verklaar die blad.
„Indien er eenig gevoelen heerscht, is het niet tegen de
Engelschen of het Engelsch Gouvemement, maar tegen het
Further Papers Relative to the Establishment of a Represen-
tative Assembly at the Cape of Good Hope, ig May 18^1. bis. 162
vlgg. (Imperiale Blouboek.)
Koloniaal Bureau te huis en tegen deszelfs benoemden in
de Kolonie, die niets onbeproefd laten om hunne Meesters
m verdrukking te overtreffen.quot;quot;) Die prokureur-generaal,
Wilham Porter, het m sy memorandum van 15 Januarie 1851
oor verteenwoordigende regering die toestand van die Kolonie
veel rnmder swartgallig ingesien. „I am not without strong
hope, skrywe hy, „that when the Dutch majority, long
depressed, shall have got over the temporary elation of
acquired power, and the English minority shall have got
over, in like manner, their temporary mortification at being
less influential than before, that fusion of race, and colour,
and language which is undoubtedly in progress, will be pro-
moted, and the peace and prosperity of the colony . . be
ultimately advanced.quot; De Zuid-Afrikaan was dan 00k veel
beter oor sy stuk te spreke as oor dié van Montagu en
Smith, hoewel die blad die liefste sou gesien het dat selfs
geen melding gemaak was van die hele kwessie Hollands-
Engels nie. ,,Ofschoon wy erkennen,quot; sê die redakteur, , dat
het de gedurige toeleg van het Engelsch Uitvoerend Gezag
geweest is, geholpen door eene kleine party Engelsche
Ambtenaren, om diegenen te verongelyken en te onder-
drukken, die den naam van Hollanders dragen, zoo houden
wy evenwel staande, dat laatstgem. het onderscheid nooit
hebben erkend. Er wordt zulk eene onderscheiding niet ver-
ondersteld nog veriangd. Gelyk regt aan Christen, Jood of
Heiden is datgeen hetwelk Britsche onderdanen het reet
hebben te vorderen.quot;quot;)
Gehegtheid aan die Britse kroon.
Toe eindelik in Maari: 1853 'n grondwet aan die Kolonie
gegee is, het De Zuid-Afrikaan dit met soveel betuiginge
van lojaliteit verwelkom as 'n edele geskenk van die koningin
dat daar wel geen twyfel meer omtrent die gehegtheid van
die blad aan die Britse kroon kon bestaan nie. Dit skyn
hierdie sitaat op die Rebruik van die uitdrukking te
Engelandquot;. Dit kom in hierdie
tyd m die hoofartikels van De Zmd-Afrikaan taamlik baie voor
Hoewel ek daar me spesiaal op ingegaan het nie, het ek die indruk
fotTn Hollands Trtfitnbsp;--P-nklik in Engels geskryl en
4' 7 en 14 Aug. 1851. Groot gedeeltes
nt^lï -nbsp;Montagu en Porter en van
die dépeche van Smith word in hierdie nommers aangehaal
-ocr page 77-egter asof baie koloniste die saak tog nie vertrou het nie.
,,Aan den druk van wanbestuur gewoon,quot; skiywe De Zuid-
Afrikaan oor hulle, ,,is by hen wantrouwen eene hebbelyk-
heid, en het is hunne leus geworden: Tinteo Danaos et dona
ferentes — ik vrees de Grieken al komen zy met geschenken
in de hand.quot; Die blad meen egter dat die grondwet ook
sal dien as 'n middel ,,om het hatelyk onderscheid tusschen
Engelschen en Hollanders uit te wisschenquot; en sal meehelp
om 'n nouer vereniging tussen die twee elemente van die
blanke bevolking te bewerkstellig.'^) Dat daar in werkhk-
heid geen grond vir vrees bestaan het dat die Hollandse
koloniste hul politieke mag teen hul Engelse medeburgers
of teen die Britse regering sou gebruik nie, word voldoende
bewys deur die geskiedenis van die Kolonie nä die verkryging
van verteenwoordigende regering.
B. Die Taal in die Bestuur en die Openbare Lewe
Die regspleging. Moet jurielede Engels ken? Houding van
,,De Zuid-Afrikaanquot;.
In die vorige hoofstuk is daar reeds op gewys dat De
Zuid-Afrikaan, hoewel dit slegs twee jaar nä die in werking
treding van die belangrikste bepaling van die taalordonnansie
van lord Somerset — dié omtrent die uitsluitende gebruik van
Engels in die regspleging — begin verskyn het, nooit aan
enige klagtes oor die afskafiflng van Hollands as offisiële taal
uiting gegee het nie. Dit is daar as 'n aanduiding beskou
dat die Hollandssprekende koloniste die invoering van Engels
as enigste offisiële taal nie gevoel het as 'n ernstige onreg
12) De Zuid-Afrikaan, 12 Mei, 29 Sept., 3 en 6 Okt. 1853. Om
'n indruk te gee van die houding destyds ingeneem deur die ultra-
Engelse party aan die Kaap, word hier die besware vermeld van
Benjamin Moodie, onoffisiële Ud van die Kaapse Wetgewende Raad,
teen die konstitusie soos in Maart 1852 deur die Raad aangeneem.
Hy is teen die konstitusie: , ,Because there is no attempt made
in it to counterbalance the majority of native born inhabitants of
Dutch extraction over the English minority . . . Because there
is not one British born to ten of Dutch extraction, whom I believe
to be actuated, in different degrees, too generally by a strong and
anti-British feeling. Because the Upper House is neither a nominee
house nor one British born . . . And because the British element
in the population will be so completely swamped that it is impossible
to look forward to anything but a Batavian republic, which cannot
be expected to retain its connection with England for any protracted
period.quot; (Zuid-Afrikaan, 8 Apr. 1852.)
hul aangedaan nie, al moes hul daar natuurlik heelwat
ongerief deur gely het. Hoe weinig die behoud van Hollands
in die regspleging en in die landsbestuur oor die algemeen
inderdaad deur die ou ingesetenes beskou is as 'n reg wat
hul as aparte volksgroep toekom, blyk verder uit die houding
wat De Zutd-Afnkaan ingeneem het teenoor verskeie sake
waarop ons nou moet ingaan.
Die „Charter of Justicequot; van 1827 het op een punt
rakende die taalkwessie onsekerheid gelaat, naamlik of die
kennis van Engels as 'n vereiste vir 'n jurielid moet beskou
word. Regters Burton en Kekewich was van oordeel dat dit
me vir 'n gesworene nodig was om die Engelse taal te verstaan
nie, tensy ander lede van die jurie geen Hollands kon praat
me; maar die hoofregter, sir John Wylde, en regter Menzies
was die mening toegedaan dat onkunde van Engels 'n persoon
m ieder geval onbevoeg maak om as gesworene op te tree en
hul het ook daarvolgens gehandel.quot;) 'n Ordonnansie van'die
goewerneur-in-rade, gedateer 5 Mei 1831, het voorlopig aan
die onsekerheid 'n einde gemaak deur te bepaal dat 'n
persoon nie weens sy onkunde van die Engelse taal onbevoeg
mag geag word om as gesworene te sit nie; en die hersiene
„Charter of Justicequot; van 1832 het dié beginsel bevestig
deur in artikels XXXIV en XXXIX vas te lê dat niemand
wat andersms bevoeg is om by strafsake voor die hoog-
geregshof of die rondgaande hof as gesworene op te tree
onbevoeg sal verklaar word bloot uit hoofde van sy onkunde
of veronderstelde onkunde van die Engelse taalquot; nie.
Die Hollandse koloniste was gesteld op die uitoefening van
hul burgerregte, en die beslissing dat die onkunde van Engels
■nbsp;werking treding van die ,,Charter of Justicequot;
is by die verhoor van 'n moordsaak 'n sekere Lucas Fischer as
juriehd gewraak op grond daarvan dat hy nie Engels ken nie
Brand en Denyssen, advokate vir die verdediging, het vir Fischer
se toelating gepleit. Die hoofregter, sir John Wylde, en regter
Menzies het daarop baie uitvoerig geargumenteer dat die beswaar
moet gehandhaaf word, 'n Volledige verslag van die regters se
toesprake IS n jaar later, toe die hele vraagstuk weer aktueel geword
net in 1 he South African Commercial Advertiser van 29 Apr en
2. 6, 9, 13. 16, 20, 23 en 30 Mei 1829 afgedruk. Theal, Hisi of
S A from 1795 to 1872 dl. I, bis. 495, verwar die verskillende
regters met mekaar wat betref die standpunt wat hul ingeneem het.
,nbsp;Eybers: Select Constitutional Documents illus-
trating South African History, i^g^—igjo, bis 114 vlgg
-ocr page 79-nie as 'n diskwalifikasie vir 'n jurielid sou gereken word
nie, is met groot ingenomenheid ontvang. Toe daarom op
6 Maart 1835 orders 191 en 192 van die hooggeregshof
omtrent die verwerping in sekere gevalle van gesworenes wat
nie Engels verstaan nie, in die openbaar afgekondig word,
het dit baie ontevredenheid veroorsaak.'®) ,,De zaak in
haar geheel beschouwende,quot; skrywe De Zuid-Afrikaan in 'n
hoofartikel van 27 Maart 1835, ,,verwonderen wy ons geen-
zins over de groote opschudding, welke de publicatie dezer
orders in de gemoederen der Hollandsche Kolonisten heeft
doen ontstaan. Degenen, die niet voor zichzelven, omdat
zy, door eene voldoende kennis aan de Engelsche taal, niet
verworpen kunnen worden, moeten echter voor diegeenen
hunner Mede-Kolonisten gevoelen, die, uithoofde hunner
onkunde aan dezelve, volgens die orders verworpen kunnen
worden. Het spyt ons ten uiterste, dat na de opschudding,
welke deze kwestie by eene vorige gelegenheid heeft te weeg
gebragt, en het besluit Zyner Majesteit, by het laatste Charter
daarop gegeven, dezelve andermaal is aangeroerd. Wy had-
den gehoopt, dat men dezelve zoude hebben laten berusten,
en het ongeryf, hetwelk uit vertolking ontstaat, Hever traps-
gewyze zoude hebben doen verdwynen, door de toenemende
Die orders is gepubliseer in die Government Gazette van 20
Mrt. 1835 en lui as volg:
,,191. It is Ordered, That, from and after the 15th day of
September next, when upon the Trial of any Criminal Case before
the Supreme Court, it shall be made to appear, with reference to
the length of the Evidence, or any other special circumstances in
the Case, that the import and meaning of the statement of the
Parties, or their Counsel, and of the observations, directions, and
charge of the Judge, could not be conveniently and effectively
conveyed to the Jury by means of interpretation, — and con-
sequently, that ignorance of the English Language on the part of
any Juror impanelled in such case, would be a real obstruction
to Justice, — then, and in every such case, the Prosecutor, or the
Prisoner, respectively, shall be entitled to challenge and set aside,
as for cause, any Person drawn, or called on to serve as a Juror,
who shall be found ignorant of the English Language.
,,192. It is Ordered, That, from and after the 15th day of
September next, when upon the Trial of any Criminal Case before
the Supreme Court, or any Circuit Court, it shall be made to
appear, before the Jury shall have been charged with the Trial of
the Prisoner, that any two, or more, of the Jurors are unable to
communicate with each other directly, either in English or in the
Dutch Language, then, and in every such case, such Juror or
Jurors ignorant of the English Language, shall not be impanelled.quot;
kennis aan de Engelsche taal, dan, om zoo als Zyne Majesteit
zulks te regt genoemd heeft, een hatelyk onderscheid te
maken tusschen Zyne Engelsche en Hollandsche onderdanen
en ons aldus hmderlyk te zyn in onze pogingen ter onderiinge
vereenigmg, hetgeen zoo noodzakelyk is voor de welvaart
voorspoed en geluk van allen.quot;
De Zuid-Afrikaan was van oordeel dat die orders van
die höoggeregshof strydig met die Charter was, maar in 'n
strafsitting in Kaapstad op 15 April 1835 het regter Menzies
uitvoeng betoog dat dit nie die geval was nie. In 'n hoof-
artikel van 17 April daaraanvolgende verklaar die blad hom
me oortuig deur die regter se redenering nie, en laat dan
daarop volg: „Wy vertrouwen, dat onze Zuid-Afrikaansche
Landslieden uit de behandeling van dit onderwerp de nood-
zakelykheid zullen inzien, om een einde te maken aan al
zulke hatelyke onderscheidingen en orders, door zoo veel
in hun vermogen is zulk eene ervarendheid in de Engelsche
taal te verkrygen, als welke hen instaat zal stellen om de
phgten van Gezworenen te volbrengen, zonder aan zulke
gronden van verwerping onderhevig te worden gemaakt.quot;
Uit die aanmerkinge van De Zuid-Afrikaan blyk dit duide-
hk dat die blad glad nie die bedoeling gehad het om vir
die regte van die Hollandse taal in die regspleging van die
T-nbsp;tergend beskou
onidat hul die Hollandssprekende koloniste wat nog geen
geleentheid gehad het om Engels te leer nie, die reg sou
ontneem om 'n eervolle burgerplig te vervul waartoe hul
Engelssprekende medekoloniste sonder onderskeid kon ge-
roepe word. Besonder kenmerkend is dan ook dat De Zuid-
Afrikaan die Hollandse koloniste aanraai om so gou doenlik
die Engelse taal magtig te word, waardeur die hele kwessie
vir hom opgelos sal wees.»«)
) Tn sy uitgawe van 30 Sept. 1831 protesteer die Zuid-Afrikaan
teen n aanbeveling van die Imperiale Kommissie van oXrswk
dat tolke in die Kolonie moet afgeskaf word. Ook in dtó ^k
is daar niks waaruit blyk dat die saak gevoel word as 'n aantasting
van die taalregte van die ou ingesetenef nie; die blad betoS llleef
dat aan die Hollandssprekende klaers en verweerders nie bfhS
reg sal kan geskied wanneer alle vertolking afgeskaf is nie
Hollands en Engels op vergaderings en in die Munisipaliteit
van Kaapstad.
Hoewel Kaapstad gedurende die hele periode wat in hierdie
hoofstuk behandel word, 'n oorwegend Hollandse stad gebly
het, het Engels spoedig die taal geword wat by alle voor-
komende geleenthede in die openbare lewe gebesig is. Dat
dit sou gebeur, is nie bevreemdend nie. Die vooraanstaande
Hollandse inwoners van die stad het hoe langer hoe meer
tweetahg geword, terwyl die Engelse selde die moeite gedoen
het om Hollands te leer praat of selfs te leer verstaan. Waar
Hollandse en Engelse koloniste saam beraadslagings gehou
het, moes Engels dus noodwendig die voertaal wees.
Omstreeks 1830 het dit nog gebeur dat 'n Afrikaanse patriot
op 'n gemengde vergadering sy eie taal praat al is hy Engels
magtig. Dit was byvoorbeeld die geval toe Christoffel Brand
in Maart 1830 'n vergadering van aandeelhouers van die
Zuid-Afrikaansche Athenaeum oor 'n belangrike vraagstuk
in Hollands toespreek, hoewel daar persone aanwesig was wat
hom nie kon verstaan nie. Op dieselfde vergadering het
manne soos ds. A. Faure en advv. Cloete en De Wet daar-
enteen Engels gepraat.'quot;®) 'n Jaar later spreek die heer
Michael van Breda, een van die rykste en mees gesiene
inwoners van die stad, 'n openbare byeenkoms in Hollands
toe en word sy toespraak in Engels vertolk deur adv. Cloete.
Die rede waarom hy nie Engels gepraat het nie, was egter
dat hy dié taal nie behoorlik magtig was nie. In Julie 1831
moes hy op 'n vergadering voorsit, en in sy openingsrede
vra hy om verontskuldiging ,,for his deficient knowledge of
the English language.quot;'®quot;) Heel aan die begin van die jare
veertig is dit reeds as vanselfsprekend beskou dat in die
openbare lewe Engels gepraat word, soos blyk uit verskeie
terloopse mededelinge in De Zuid-Afrikaan-,quot;) en op 6 Julie
i®quot;) Sien die verslag van die vergadering in die S.A. Comm. Adv.,
27 Mrt. 1830.
S.A. Comm. Adv., 26 Jan. en 20 Jul. 1831.
quot;) Na aanleiding van die eerste openbare toespraak, in Engels,
van die heer J. H. Wicht skrywe die Zuid-Afrikaan van 7 Aug.
1840: ,,Aan taal, uitspraak en nadruk ontbrak niets, en wy ver-
trouwen opregtelyk, dat hy door verdere oefening een nuttige spreker
op onze publieke Byeenkomsten mag worden.quot; Met geen woord
1849 noem die redakteur van die pasgestigte Volksblad in 'n
bespreking van 'n protesvergadering teen die toelating van
bandiete in die land as ,,nog eene bijzonderheid, die deze
vergadering van alle vorige vergaderingen, welker houding
aan de Kaap ons bewust is, onderscheidt,quot; die feit dat
„dezelve zoowel in het Engelsch als in het Hollandsch toe-
gesproken werdquot;,'«) sodat ons mag aanneem dat teen 1850
openbare vergaderinge in Kaapstad nog slegs by hoë uit-
sondering in Hollands toegespreek is.
Hoe min die leiers van die Hollandssprekende gedeelte van
die Kaapstadse bevolking vir die handhawing van hul taai
in die openbare lewe oorgehad het, blyk duidehk uit die
geskiedenis van die Kaapstadse munisipahteit. ,,When this
body was constituted in 1841,quot; vertel die goewerment-
sekretaris John Montagu in sy memorandum oor verteen-
woordigende regering van 10 April 1848, ,,they resolved that
their minutes and other records should be kept in both
languages. This, however, experience proved to be cumbrous
and inconvenient, and they at once resolved to record their
proceedings in English only, though, as I am informed,
seventy-five per cent, of the constituency are either of Dutch
origin, or in daily use of the Dutch language.quot; Dit is nie
waarskynlik dat daar ooit op die vergaderings van die stads-
raad veel Hollands gepraat is nie; en dit is geen wonder
dat Montagu eenvoudig die geval van die Kaapstadse
munisipaliteit kon aanhaal as bewys van ,,the encouraging
act of the absence of all prejudice on the part of the Dutch
word Hollandssprekendes aangemoedig om in die openbaar hul eie
taal te praat nie.
Op 4 Nov. 1842 kondig die Zuid-Afrikaan die verskyning in druk
aan van 'n reeks voorlesings deur prof. Changuion in Engels gehou
en vra of daar nie ook 'n Hollandse vertaling van kan verskyn nie_
want, vervolg die blad, ,,al is het waar, gelyk de Heer C. zeide,
dat de Afrikanen doorgaans Engelsch verstaan, maar de Engelschen
zeer zelden Hollandsch, en dat men daarom genoodzaakt wordt by
publieke gelegenheden Engelsch te spreken, het is niet minder waar
dat veel Kapenaars de vertaling toch nog beter verstaan zouden dan
het oorspronkelyke.quot;
Sien ook Notes on the Cape of Good Hope by a Bengali bis
Die skrywer was in 1844 aan die Kaap.
quot;) Uit die verband blyk duidelik dat bedoel word „zoowel in
het Hollandsch als in het Engelschquot;.
portion of tlie community to tlie general diffusion of the
English language.quot;'®)
Die taal van die toekomstige parlement.
Onder sulke omstandighede is dit nie vreemd dat daar
deur die Hollandse koloniste in al die jare van stryd om
verteenwoordigende regering vir die Kolonie feitlik geen
vinger verroer is om hul taal in die toekomstige parlement
van hul land erken te kry nie. Dit val te meer op omdat
die moontlikheid blykbaar nie van die begin af heeltemal
uitgeslote was om iets in dié rigting te bereik nie. John
Montagu het altans in 1848 nog die raadsaamheid daarvan
ingesien om die gebruik van Hollands in die debatte van
die parlement toe te laat en in dié gees sy aanbevelinge by
die goewemeur gedoen, sy dit dan ook nie uit hefde vir
die Hollandse taal of vir die Hollandse koloniste nie.
,,Favourable ... as circumstances undoubtedly are to the
entire adoption of the English language, as well in the debates
as in the records of the legislature,quot; skrywe hy in sy meer-
genoemde memorandum, ,,and convinced as I am that in
practice this will be the case, still I hesitate to advise his
Excellency to propose any clause to that effect in the Charter
or Act providing a constitutional form of govemment, further
than is necessary to secure the records of the two houses,
of whatever kind, being framed and kept in the English
language.quot; Montagu meen dat die Hollandse koloniste hier-
teen hoegenaamd geen beswaar sal maak nie, gesien die
houding van die Kaapse stadsraad, maar hy laat daar as
waarskuwing op volg: ,,Beyond this there may be danger
of exciting discontent and awakening national distinctions,
and it may be antipathies, as is equally evident from the
known delight and satisfaction manifested by the Dutch
colonists when it was officially intimated, in reply to their
petition to the King, that his late Majesty William the Fourth,
in granting a charter of justice to the colony, never intended
that any of his Dutch subjects should be disqualified from
acting as a juror in consequence of his ignorance of the
English language.quot; Sy politiek was dus in hoofsaak om
geen slapende honde wakker te maak nie.
Correspondence relative to the Establishment of a Represent
Wtve Assembly at the Cape of Good Hope. 1850, bis. 21. (Britse
Blouboek.)
Die enigste persoon van gesag wat in die openbaar vir
die regte van Hollands in die aanstaande parlement van die
Kolome opgekom het, was die redakteur van Het Volksblad
wat met die oog daarop dat 'n groot gedeelte van dié
Hollandse bevolking nog geen Engels kon praat nie, in die
uitgawe van 6 Julie 1849 gewys het op „de noodzakeliik-
u li' • :gt;nbsp;Volks-regering die wij te wachten
hebben, de Hollandsche taal niet uitttesluiten van de rede-
kavelingen van het Vertegenwoordigend Ligchaam.quot; Hy
het van hierdie punt melding gemaak omdat hy verneem het
dat sommige raadgewers van die goewerneur aangedring het
op so 'n stap, wat volgens hom ,,eene schreeuwende onregt-
vaardigheidquot; sal wees.^») Ongelukkig het die Volksblad nA
sy eerste oprigting in 1849 slegs enkele maande bestaan, en
m die kort penode, toe die bandietekwessie buitendien byna
alle aandag in beslag geneem het, is nie weer op die taal-
kwessie teruggekom nie.
Hoewel De Zuid-Afrikaan 'n baie belangrike aandeel in
die stryd om verteenwoordigende regering geneem het is
daarin nooit vir die erkenning van Hollands in die toe-
komstige parlement van die Kolonie gepleit nie Die hele
taalvraagstuk skyn die blad in hierdie verband selfs met
opset te yermy het as iets wat nie ter sake was nie en wat
deur sy bespreking alleen maar die kans op welslae van
die beweging om 'n grondwet kon benadeel. Op 11 Maart
1853 is dan by koninklike besluit 'n konstitusie aan die
Kolonie gegee, met daarin 'n artikel (no. 89) wat bepaal
„„rL^l'^ prokureur-generaal WiUiam Porter het in sy memorandum
1848 aanbeveel „tto
both — i?® language of all debates and proceeding in
^pkLnbsp;Regter Menzies het in sy „Observationsquot; oor die-
eis Ltef dir^ilf H ??nbsp;«^^quot;'g^^tem en nog verder dfe
eis gestel dat memand hd van een van die verteenwoordigende
hggarne sou mag word tensy hy_ Engels kan verstaan en praat nie
n Persoon sonder dié kwalifikasie, sê Menzies. sou „a mere ciphe?'
m die parlement wees, soos die geval was met een van die lede
van die oorspronklike Wetgewende Raad onder d'e regerfng van
sir Benjamin D'Urban wat, hoewel andersins bekwaam, glen Engels
geken het me. In die ontwerp-konstitusie wat Porter n Tunie Xs
opgestel het was ook reeds 'n artikel in presies dieselfde bewSrding
as dié waardeur in die konstitusie-ordonnansie van 1853 dte Hol!
landse taal uit die Kaapse wetgewende liggame geweer il Sien d e
Correspondence relative to the Establishment of a RePresfnMive
Assembly at the Cape of Good Hope. 1850, blss
-ocr page 85-het ,,that all debates and discussions in the Legislative
Council and House of Assembly respectively shall be con-
ducted in the English language, and that all journals, entries,
minutes, and proceedings of the said Council and Assembly
be made and recorded in the same language.quot;^') Beslister
ontkenning van alle regte van die Hollandse taal in die
bestuur van die land was nouliks denkbaar, en nog het die
Zuid-Afrikaan geen woord van protes laat hoor nie. Inteen-
deel, in verskeie artikels is die konstitusie toegejuig as liberaal
bowe verwagting.^^)
Hoe onverskillig die Hollandssprekende stedelike koloniste
ook al teenoor die taalbepaling van die grondwet van 1853
gestaan het, by die kiesers van die platteland, wat nog vir
'n groot deel Hollands-eentalig was, kon dit nie anders as
ontevredenheid wek nie, en hulle het daar ook gou blyk
van gegee. So skrywe ,,Een uit een Buiten Distriktquot; in
De Zuid-Afrikaan van 28 Julie 1853 dat daar op die platte-
land baie onsekerheid bestaan omtrent die vraag of 'n
kandidaat vir die aanstaande parlement die Engelse taal moet
ken. Dit is sy gevoele ,,dat als de kiezers in de buiten
distrikten gehouden zyn slechts personen voor te stellen en
te kiezen die de Engelsche taal magtig zyn, wy dan geene
vrye, maar eene gedwongen keuze zullen moeten maken, om
reden dat in vele distrikten zoodanige personen die volkomen
publiek vertrouwen bezitten en met alle plaatselyke kennis
en bekwaamheden eene zitplaats waardig zyn, de Engelsche
taal niet magtig zyn, terwyl de weinige die de Engelsche taal
Dr. G. W. Eybers: Select Constitutional Documents, bis. 45
Sien die Zuid-Afrikaan van 5 Mei 1853 en volgende nommers.
Reeds op 24 Nov. 1851 is 'n uittreksel uit die konstitusie-ordon-
nansie, insluitende art. 89, in die Zuid-Afrikaan gepubliseer; en op
2 Des. daaraanvolgende is 'n groot en geesdriftige vergadering in
die Kaapstadse stadhuis gehou om dank uit te spreek vir die toe-
kenning van 'n ,,liberalequot; grondwet. Voorsitter van die vergadering
was die heer J. J. L. Smuts, terwyl die vernaamste toesprake
gelewer is deur advokate Brand en De Wet, sir Andries Stocken-
strom, die here J. H. Wicht, F. W. Reitz en John Fairbairn. Alles
Was in Engels, behalwe dat nd Fairbairn prof. Changuion die gehoor
nog in Hollands toegespreek het. Geen enkele woord is in al die
redevoeringe oor die uitsluiting van die Hollandse taal uit die
parlement gerep nie, ook nie in dié van Changuion nie, wat deur
liomself aan die pers oorhandig is. Sien die Zuid-Afrikaan van
4 Des. 1851.
E
magtig zyn, weinig of geene plaatselyke kennis bezitten, en
in vele gevallen ook geen publiek vertrouwen.quot; De Zuid-
Afnkaan antwoord hierop dat dit dwaas sou wees om 'n
nian na 'n vergadering te stuur waarvan hy die verrigtinge
me kan volg nie en waarin hy hom nie verstaanbaar kan
maak me. ,,Het is ongetwyfeld een bezwaar,quot; gee die blad
toe, ,,dat men als het ware onder de verpligting ligt om
zyne stem aan eenen vreemdeling te geven wiens bekwaam-
heden men slechts volgens gerucht kent, maar het is zeker
de verstandigste weg om van twee euvels het geringste te
kiezen.quot; Ook hier het De Zuid-Afrikaan hom niks laat
ontval waaruit ons mag aflei dat die Hollandse taal na sy
enige reg op erkenning in die parlement gehad het
Dit is duidelik dat vir sover die Hollandse koloniste hul
m hierdie periode met pohtieke sake ingelaat of aan die
openbare lewe deelgeneem het, hul optrede nie gekenmerk
is deur 'n lewendige groepsbewustheid en 'n sterk begeerte
om hul taal in stand te hou nie. Dit wil egter nog nie sê
dat hulle hul willoos aan die verengelsingsbeleid van die
regering oorgegee het nie. Hulle het sonder twyfel nog baie
waarde geheg aan hul kulturele selfstandigheid en aan die
behoud van hul taal in eie kring; en hoe seer hulle daar
ook prys op gestel het om as troue onderdane van die Britse
kroon gereken te word, het hulle die herinnering aan hul
Hollandse veriede nie uit hul bewussyn probeer stoot nie
en hul nou verbondenheid aan die ou moederiand bly voel.^^)
, 22a,) Dit skyn Of sommige Afrikaners op die platteland wat nie
EnL^s'of®^''nbsp;oo'^matige lieTde v r
.nbsp;gekoester het nie, hul nogal 'n
vreemde yoorstelhng gemaak het van wat verteenwoordigende
vaf'nnbsp;.die buurt van George was, 'n Engelse onderwyser
van n plaasskooltjie hom gesê het „that the Dutch show a great
unwilhngness to have their children taught English; that the/say
there will be no need of it now that they are to have a representative
government, that henceforth all will be Dutch.quot; (A Jolrlal^of The
B^shop^^ V^^taUon Tour through the Cape Colony, in iS^o bis i8i )
23)Dit blyk o.a. uit die geesdrif waarmee Willem Frederik
Hendnk, derde seun van die prins van Oranje, deur die ou iS
tenes ontvang is toe hy in 1838 die Kaap aangedoen het Na
van^f^liei'Ts.l'^nbsp;aan Kaapstad skrywe lie zlid ïfrikaal
van II Mei 1838. „De vreugde der Ingezetenen, wier harten nog
-ocr page 87-Hulle seuns het hulle by voorkeur na Nederlandse univer-
siteite gestuur vir verdere studie, veral in die regte en in
die teologie; en in die opvoedingsinrigtinge van die Kolonie
self het hulle gestry so hard hulle kon vir behoorlike onderwys
in die moedertaal. Die Kerk het die sterkste bolwerk van
die Hollandse taal gebly; en aan die poginge wat gedoen
is om Engels daar toegang te gee, is lang hardnekkig weer-
stand gebied. Aan die taalstryd in Skool en Kerk moet
ons nou ons aandag gee.
C. Die Taal in die Onderwys
Verwaarlosing van Hollands rede vir agteruitgang van
regeringskole.
Die sukses waarmee die vry Engelse skole van lord Charles
Somerset in 1822 begin het, was van baie korte duur. Van
die ses onderwysers deur ds. George Thom uitgekies, het
slegs twee gedeug, naamlik James Rose Innés, op Uitenhage,
en William Robertson, op Graaff-Reinet; en hulle het albei
voor 1830 hul ontslag as onderwysers geneem — Rose Innés
om 'n professoraat aan die pas gestigte Zuid-Afrikaansche
Athenaeum in Kaapstad te aanvaar, en Robertson om vir
predikant te gaan studeer. Ook was die onderwysers wat
nâ 1822 in 'n groot aantal vry skole in die belangrikste
centra van die Kolonie aangestel is, nie manne van die regte
stempel nie. In 1829, dus slegs vyf jaar nâ die optimistiese
verslag van P. J. Truter, moes die Bybel- en Skoolkommissie
rapporteer dat die vry regeringskole, toe omtrent vyf-en-
twintig in getal, nie aan hul doel beantwoord nie.
kloppen voor het welvaren van Oud Nederland en het Doorluchtige
Huis van Oranje, laat zich beter gevoelen dan beschryven; •— men
wenscht elkander in de straten geluk, —men verblydt zich, —men
is als opgetogen, en men denkt by zichzelven zoo veel, dat niet
geuit mag worden! By menigeen krimpt het trouwe hart ineen,
omdat het zwygen moet! Velen zien met eene zucht op verloopene
dagen terug! En elks boezem zwelt, want. Oranjes Prins is in
Ms midden!quot; Sien oor die besoek van prins Willem Frederik
Hendrik ook dr. N. Mansveldt: De Betrekkingen tusschen Nederland
en Zuid-Afrika sedert de verovering van de Kaapkolonie door de
Engelschen, bis. 14 vlg. Hoe geheg die ou Hollandse koloniste
aan Nederland gebly het, blyk ook uit Maria Stucki: Reis naar en
Verblijf aan de Kaap en te Natal, gedurende het Jaar 1846 en 184.7,
Wss. 25, 55—6.
Dat die mislukking van die Engelse skole nie alleen, selfs
me in hoofsaak, aan die onbevredigende gehalte van die
ingevoerde onderwysers moet toegeskrywe word nie is
heeltemal duidelik. Waar dit in die eerste plaas aan geskort
het was dat geen voorsiening gemaak is vir onderrig in
Hollands me en dat die Engelse en Skotse onderwysers nie
genoeg van die moedertaal van die skoolkinders geken het
om hulle die Engelse taal behoorlik te leer nie. Hiervoor
bestaan daar oorvloedige getuienis, ook van Engelse kant.
In 'n hoofartikel oor onderwys skryf The South African
Commercml Advertiser van 5 September 1832 as volg oor
die regeringskole: „A principal object in establishing the
Schools was the diffusion of the English language, but in
order to effect this on a great scale it was necessary that both
languages the Dutch and English, should be taught in them
indifferently, according to the wishes of the guardians of the
pupils It was not reasonable to expect that parents would
send their children to Schools from which their own language
that of their country and their kindred, was rigidly excluded'
It was, alas, impracticable for a teacher, ignorant of the
Dutch language, to convey knowledge to a child who knew
no other. The consequence was that these District or Free
Schools were very poorly attended, except in one or two
places, where the teacher admitted the Dutch language into
his system, taught the elements of general knowledge in Dutch
to certain Classes, and made Translation from one language
into the other a part of the daily business of the School
Such Schools became very popular, and no objection was
ever made by parents or guardians of Dutch pupils to their
acquiring in this manner an early acquaintance with the
English tongue.quot; Die Zuid-Afrikaansche Athenaeum, sê die
blad nog ten slotte, is so gewild juis omdat altwee tale daarin
behoorlik onderwys word.
Agtien maande later, op 19 Februarie 1834, het die
Advertiser weer 'n hoofartikel oor die mislukking van die
,,District Free Schoolsquot;. Die redes wat vir dié mislukking
aangegee word, is dat die skole kosteloos is en dat dit nie
van die onderwysers veriang word om onderwys sowel in
Hollands as in Engels te gee nie. ,,Lord Bathurst,quot; merk
die blad dan op, „boasted that the Free District Schools had
made a knowledge of the English language universal at the
Cape, five years ago. We feel sorry to say that this was a
very great mistake; and we are bound to add, that the
System he established had scarcely so much as a tendency
to bring about th.s very desirable consummation. Where
instruction is given only in the English tongue. Education
15nbsp;dying out. Where the Teacher had zeal enough to add
voluntarily to his labors, by giving instruction indifferently
in Dutch or English, the School has been crowded, and all
learned English.quot;^')
Hierdie voorstelling van sake is later bevestig deur Innes,
in 'n Memorandum van 1844 as Superintendent-Generaal van
Onderwys, waarin hy onder andere sê: ,,This important
fact . . . was soon elicited from the experience of the English
schools in the country districts, viz., that those were the
most successful, and the most numerously attended, into
which the Dutch language was systematically introduced and
taught, in connexion with the English.quot;quot;) Dit was dus
die enkele onderwysers wat in stryd met hul instruksies die
Hollandse taal 'n plek in die Engelse skole gegee het, wat
die meeste sukses gehad het.
Skole in Kaapstad.
Dat die Hollandse koloniste hul kinders nie wou stuur na
skole waarin hul moedertaal nie onderwys is nie, blyk baie
duidelik uit die geskiedenis van twee vry skole in Kaapstad,
waarvan die eerste reeds in 1813 onder 'n skema van sir
John Cradock gestig is, en die tweede in 1824. Oorspronklik
is elke skool onder twee onderwysers geplaas, een Hollands
en een Engels, vir onder\vys in albei tale. Tot 1828 is die
twee skole baie goed bygewoon. In daardie jaar het die
goewerneur egter 'n bevel uitgevaardig waardeur Hollands
uit albei skole uitgesluit is, en binne korte tyd het die aantal
kinders van 675 tot onder die 300 gedaal. Enkele jare later
Sien ook die S.A. Comm. Adv. van 3 Feb. 1830 (hoofart.),
16nbsp;Jun. 1830 (brief van ,,A Subscriberquot;), Het Nederduitsch Zuid-
Afrikaansche Tydschrift, 1835, b!s. 10, en verder J. C. Golding:
£he State of Education at the Cape of Good Hope for the last
Twenty Years (1841), bis. 6.
Memorandum on the Subject of Elementary Education at the
^ape of Good Hope. Junie 1844. Sien 00k Rep. upon the Gov.
iLduc. Syst. of the Col., 1863, bis. xxvi.
is die twee skole met mekaar verenig en onder een onderwyser
geplaas. In 1839 was daar nog maar 109 leerlinge op die
register, terwyl die gemiddelde jaarlikse by woning slegs 84
was. Innes, uit wie se Memorandum van 1844 hierbo
genoem, hierdie gegewens afkomstig is, skryf die agteruitgang
van die twee Kaapstadse skole uitdruklik toe aan die uit-
sluiting daaruit van die Hollandse taal.^®)
In 'n lang brief oor onderwys aan die Kaap in die
Advertiser van 5 Mei 1832 verklaar ,,Emilequot; dat dit met
die ,,Infant Schoolsquot; uitstekend gaan. Hy betreur dit egter
dat nie meer as een uit die vyf leerlinge in dié skole van
Hollandse ouers is nie. ,,The reason of this is obvious,quot; sê
hy. ,,The Dutch Colonists, tenacious of the customs of their
fathers, still consider the Dutch as the language of the
country, and are desirous that their children shall before all
be taught the parental language.quot; Die gehegtheid van die
ou koloniste aan hul taal neem die skrywer aan nie alleen
as die oorsaak van die ongewildheid van die ,,Infant Schoolsquot;
nie, maar ook as die aanleiding tot die stigting, of liewer
heroprigting, nou onlangs, van die skool van die Maat-
schappij Tot Nut van 't Algemeen.
Getuienis uit ,,De Zuid-Afrikaanquot;.
As daar verder bewyse voor nodig is dat die ou ingesetenes
ontevrede was met die Engels-eentaligheid van so baie
regeringskole, word dié bewyse gelewer deur briewe en
redaksionele stukke in De Zuid-Afrikaan in hierdie tyd. In
die uitgawe van 12 Oktober 1832 vra by voorbeeld 'n
korrespondent wat die rede mag wees dat die getal kinders
in die Engelse skool op Graaff-Reinet na die vertrek van
William Robertson so sterk af geneem het. Die antwoord op
sy vraag laat hy self deurskemer in wat hy verder meedeel,
naamlik dat hy opgemerk het ,,dat vele ouders hunne
kinderen naar onderwyzers zenden, waar slechts alleen de
Hollandsche taal geleerd wordt, en waarvoor zy extra moeten
26) Memorandum, blss. 6—8.
2®=') In hierdie tyd was daar 240 leerlinge in die ,,Tot Nutquot;-
skool. Die voorsiening daarin vir Engelse onderwys was nie vol-
doende nie, aangesien daar toe net een onderwyser in dié vak vir
al die kinders was.
betalen, en hunne kinderen uit de Engelsche school nemen.quot;
In die hoofartikel wat aan die saak gewy word, word die
antwoord onomwonde gegee: ,,0m dat onze moedertaal, het
Hollandsch, er niet in geleerd wordt.quot;
Watter waarde deur die Hollandssprekende koloniste aan
die onderwys van die moedertaal geheg is, blyk duidelik uit
die verdere opmerkinge van die redakteur: ,,Wy verheugen
ons (wat anderen hier over ook mogen denken) te vinden,
dat van het een einde der Kolonie tot aan het ander, ieder
Afrikaander ten volle bewust is, van de noodzakelykheid
eener kennis van zyne Moedertaal, als in een naauw verband
staande met den Godsdienst en de taal zyner Voorouders.
Zoolang als onze Godsdienst, en de Taal die wy het eerste
van onze Ouders hebben leeren spreken, ons dierbaar zyn;
zoo lang moet ook onze Moedertaal een voornaam gedeelte
in onze opvoeding uitmaken.quot; Dit is bekend dat daar
persone is wat staande hou dat die Kaapse jeug alleen Engels
behoort te leer en geen Hollands nie; maar ,,wy arme, domme
botmuilen van Afrikaandersquot; kan nie begryp wat die be-
doeling daarvan is nie. Wel is die bedreiging meermale
gehoor: ,,0, binnen twee of drie jaren zal er in uwe
Hollandsche Kerken niet meer in het Hollandsch gepredikt
worden; het zal alles in het Engelsch geschieden!quot; Maar
dit is bedrog; want verskeie jare het reeds verloop, en nog
word in Hollands gepreek. Engels sal nooit die taal van
die Hollandse Kerk word nie. ,,Zal eenig Hollandsche
Predikant,quot; vra die redakteur, ,,aldus de rust zyner Kerk
durven storen, of de eerste stap doen tot eene verandering
in onzen Godsdienst?quot; Maar wat kan dan die bedoeling
van die voorstanders van Engels-eentaligheid wees? ,,Was
het om ons getrouwer en opregter Britsche Onderdanen te
maken?quot; Die geskiedenis bewys egter dat so 'n maatreël
ter bereiking van so 'n doel nie noodsaaklik is nie. ,,Het
was daarom voor ons eene zaak van bewondering, waarom
men eene begeerte aan den dag zou leggen, om onze Moeder-
taal, de Hollandsche, geheel en al te vernietigen.quot; Maar
gelukkig, meen die redakteur, is dit glad nie die bedoeling
van die regeerders in Engeland nie; en hiervoor beroep hy
hom op die beslissing van die Britse kroon ,,dat geen
Gezworene als incompetent zal worden verklaard, omdat hy
de Engelsche taal niet verstaat.quot;
De Zuid-Afnkaan wil intussen nie hê dat sy verdediging
van Hollands moet opgevat word as 'n miskenning van die
waarde van Engels nie en sluit sy pleidooi met die volgende
woorde: „Laat niemand denken, dat wy de nuttigheid der
Engelsche taal in deze Kolonie, zouden willen betwisten
Wy beweeren daarentegen, dat het onderwys in de Engelsche
ri.^l'ïnbsp;opvoeding in deze Kolonie
uitmaakt, en wy bevelen alle ouders aan, om het als zoodanig
te beschouwen, maar wy herhalen het, niet met uitsluiting
van onze beminde Moedertaal.quot;quot;)nbsp;®
,.Het Zuid-Afrikaansche Athenaeum.quot;
u'® ingesetenes goed voorsien van
pnvaat skole waann behoorlike onderwys in die Hollandse
ir. ^i!- besonder taktlose manier waarop die ultra-Engelse r^ar v
ÜHee7gtit\1.tquot; w'standpunt ^teenoor di^ talfvrLgstut
of manners, and a refinement of sentiment fn h»
Kemet. ,,On the whole I think that the English will be the nr^
vaihng language in this town in the course of a few ve^s ■'' en Tn
antidm'tr?haTl'^nbsp;«^ryf iemand uit Ca^lXn: . We
anticipate that in a few years the English language will be the
7 JNov. 1829 het ,,A Friend to Improvementquot; nadruk selê on dip
daarop ^It vol?: Iher^
IS every reason to expect, that each succeeding year wül witnSs
a progressive ascendancy of the latter, till, within a vTiy hS
K'lanlua'J':^?quot;^nbsp;^^^^^nbsp;P™^ ^he
egter ook liberaler Engelse, soos die hoofregter sir
John Wylde, wat die studie van die Hollandse taal aangemoed'g het
(sien die hoofartikel van die Zuid-Afrikaan van 28 dIs i8«f- en
dit is ongetwyfeld hulle wat die meeste daartoe bygS'ra het om
taal gegee is. Die vernaamste was die inrigting van die
JVIaatschappij Tot Nut van 't Algemeen, wat in so 'n
bloeiende toestand was dat dit op i6 September 1833 'n
nuwe gebou in die Nieuwestraat kon betrek en toe 'n drie
honderd leerhnge getel het.^®) Wat meer gevorderde onder-
wys betref, was die Hollandssprekende Kapenare daar egter
veel slegter aan toe. Die skole waarin vir meer as elementêre
onderwys voorsiening gemaak is, was suiwer Engelse skole;
en dié toestand van sake was ongetwyfeld een van die ver-
naamste beweegredes wat die Hollandse koloniste so 'n
belangrike aandeel laat neem het in die stigting van die
Zuid-Afrikaansche Athenaeum in 1829, waarin nie alleen
meer gevorderde Hollandse onderwys deur 'n bevoegde leer-
krag sou gegee word nie, maar ook geleentheid sou wees
om onderrig in die ou tale en in die moderne vreemde tale
deur medium van Hollands te kry.-®) De Zuid-Afrikaan
het, soos te verwagte is, baie belang in die Athenaeum
gestel, en in die besonder in die onderwys wat daarin in
die Hollandse taal gegee is. ,,Wy verheugen ons,quot; skrywe
die blad in sy uitgawe van 26 Augustus 1831 na aanleiding
van 'n openbare eksamen in die inrigting, ,,om onze jonge
Landgenoten in onze zoo schoone, ryke en voortreffelyke
Moedertaal zoo ervaren en toegenomen te zien, en wy bly ven
hoopen dat die taal . . . niet zoo hgt zal verwaarloosd, maar
tot eere van ons voorgeslacht en van onze Nationaliteit, en
voor onzen Godsdienst, meer en meer zal aangekweekt
worden.quot;
Die Athenaeum is deur die Hollandse koloniste as groten-
deels hul stigting beskou, wat dit in werklikheid ook was;
en in die moeilike tye wat kort na die oprigting gevolg
het, het De Zuid-Afrikaan die ou ingesetenes steeds aan-
gespoor om trou daaraan te bly. .,Gy weet welke pogingen
er gedaan zyn, om het Athenaeum te doen vallen,quot; lees
ons in die hoofartikel van 28 Desember 1832, ,,en nog bloeit
=8) De Zuid-Afrikaan, 20 Sept. 1833.
29) W. Ritchie: The History of the South African College, dl. I,
blss. 23, 27. Hoewel ruim tweederde van die aandeelhouers in die
Athenaeum en nege uit die eerste vyftien bestuurders Hollands-
sprekend was, is Engels tog van die begin af aan as die hooftaal
van die inrigting erken. Wat tale betref, sou die Athenaeum 'n
inrigting met dubbele medium wees, maar die ander vakke sou alleen
deur medium van Engels gedoseer word.
het! Men heeft alhier een ,King's College' willen oprigten
Wy geloven dat het plan nog bestaat; maar gy hebt u by
het Athenaeum bepaald, en daaraan. Landgenoten, hebt gy
wel gedaan. Wie kan dat plan ook ondersteunen, wanneer
wy zien dat alle talen, tot zelfs Spaansch en Portugeesch,
daarin zouden onderwezen worden, en dat daaruit alleen
onze dierbare moedertaal, de Nederduitsche, werd uitge-
sloten? 'nbsp;°
Noodsaaklikheid van onderwys in Hollands deur reeerins
erken, 1834.
Dit was duidelik dat Hollandse ouers nie hul kinders in
skole wou laat waar onderwys alleen in Engels gegee word
me. Onder andere daarom het die regeringskole veral van
i«28 af hoe langer hoe meer agteruitgegaan;'») en toe die
üybel- en Skoolkommissie op 11 Maart 1834 by die regering
aandring „that it is advisable that, in future appointments
to schools in situations where the Dutch language is generally
used, it shall be considered requisite that the teacher shall
instruct all children whose parents may apply for it in the
principles of the Dutch language, as well as of the English
language, IS die aanbeveling deur die goewemeur aan-
vaar. ) Die saak was daarmee egter nie gered nie Die
toesegging van Hollandse onderwys is gemaak onder die
verstandhouding dat dit as inleiding sou dien tot die aanleer
van Engels en die koloniste, veral in die buitedistrikte, waar
die behoefte om Engels te ken, uit die aard van die saak
Mg me so sterk gevoel is nie, was daarmee nie tevrede nie
loe die Bybel- en Skoolkommissie die nuwe skema begin
invoer, het hul by voorbeeld van die plaaslike skoolkommi^ie
in Worcester die volgende rapport ontvang: „We beg to
state that the inhabitants conceive it unnecessary to let their
VgL die grafiese voorstelling van die opkoms en verval van
system of teaching the English language only in the free schooi s
or rather the exclusion of the Dutch, - wL in forcT for ^
years; but it was found that some knowledge of the iSter wa,
absolutely necessary, and this qualification in a teachef becJI^e
thenceforth indispensable.quot; [A W., Aanh V Ws m)
children learn Enghsh, for they have found that they get
through the world without it, and their rehgious instruction
is in the Dutch language.quot; Dit, sê Faure en Adamson in
hul rapport van 1862, was blykbaar die gevoel in al die
dorpe wat ewe ver of verder van die Kaap geleë was as
Worcester, ,,for it was in them especially that the schools
failed in attendance and efficiency.sou die ouers
ook gewillig gewees het om hul kinders na die regeringskole
te stuur, sou daar in die praktyk tog weinig van die onderwys
tereggekom het, omdat dit uiters moeilik was om geskikte
tweetalige onderwysers te kry.^^) Die ou ingesetenes het
dus daarmee voortgegaan om deur die stigting van privaat
skooltjies self so goed moontlik te voorsien in die behoefte
van hul kinders aan onderwys in die Hollandse taal.quot;)
Pleidooie vir die moedertaal.
Intussen het De Zuid-Afrikaan volgehou met sy stryd vit
die behoud van Hollands as kultuurtaal in die Kolonie. Elke
geleentheid is deur hom aangegryp om die ou ingesetenes
die betekenis van hul moedertaal voor oë te hou en die
hande te sterk van diegene wat nog daarvoor geywer het.
Na aanleiding van 'n jaarvergadering van die Maatschappij
ter Uitbreiding van Beschaving en Letterkunde, die eintlike
instandhouers van Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansche Tijd-
schrift, word in 'n hoofartikel van 3 Februarie 1837 van
die lede gesê dat hulle ,,de eer der Nederduitsche Letterkunde
binnen de Kolonie hebben opgehouden, en door hunne mede-
werking veel hebben toegebragt tot instandhouding van de
eer der Nederduitsche Taal alhier.quot; Daarop volg weer 'n
pleidooi vir Hollands: ,,Die taal . . . zal, wat men ook
tot afschaffing van het gebruik derzeive moge aanwenden,
nog lang de moedertaal van verre het grootste gedeelte van
de Ingezetenen in de Binnenlanden der Kolonie bly ven; en
wanneer haar ongelukkig lot alhier mogt zyn, om, door
32)nbsp;Rep. upon the Gov. Educ. Syst. of the Col., 1863, App. III,
bis. 12 (,,Report of Bible and School Commission,quot; onderteken
A. Faure en James Adamson, 30 Jul. 1862). Ds. A. Faure se
getuienis is van groot belang omdat hy van lank voor 1834 'n
invloedryke lid van die Bybel- en Skoolkommissie was.
33)nbsp;Memorandum van Bell, Aug. 1837. {Rep. upon the Gov.
Educ. Syst. of the Col., 1863, Aanh. V, bis. 54.)
3'^) Sien bogenoemde grafiek by Malherbe.
-ocr page 96-gebrek aan onderwys, in een onverstaanbaar zamenstel van
klanken, dat ter naauwemood den naam van Nederduitsche
Taal verdiende, te ontaarden, dan zouden, — o betreurings-
waardig vooruitzigt! — ook de zeden van de Ingezetenen
met de taal verbasteren.quot; Werke in Nederlands is vir die
koloniste die naaste bron van hoër beskawing; en as dié
bron nie meer vir hulle toegankhk is nie, moet hulle nood-
wendig in beskawing agteruitgaan. Daar is egter mense wat
deur vooroordeel 'n afkeer in die Nederlandse taal gekry
het. ,,Laten zy het vooroordeel aan eene zyde zetten, en
by zichzelven overwegen van hoe veel belang, ook voor hen,
deze onze aanmerkingen zyn, vooral in den tyd, dien wy
beleven, waarin zich onder onze oogen eene nieuwe Kolonie
van meestal Nederduitsche, uit de Kolonie uitgewekene
Mede-Kolonisten in de Binnenlanden van Zuid-Afrika begint
te vormen; die, wanneer zy hunne waarschynlyke bestemming
mogten bereikt hebben, en niet door de hen omringende
wilde Natiën mogten zyn vernield en uitgeroeid, zeer zeker
geen andere dan de Nederduitsche Taal onder zich gebruiken
zullen.quot; — So het De Zuid-Afrikaan heel in die begin die
betekenis van die Groot Trek ook vir die behoud van die
Hollandse taal in Suid-Afrika duidelik ingesien en aan sy
lesers voorgehou.
Plek van Hollands in onderwysstelsel van
In 1839 is 'n nuwe onderwysstelsel aan die Kaap in die
lewe geroep waaronder vir die Hollandse taal ook sogenaamd
'n plek in die goewermentskole ingeruim is. Hollands is
naamlik erken as vak by die laer onderwys, maar weer
eintlik alleen in sover dit nodig was om die Hollands-
sprekende kinders die Engelse taal te leer. Dit blyk baie
duidelik uit die regeringsmemorandum oor onderwys van
23 Mei 1839, waarin onder andere aangegee staan watter
vakke in die verskillende skole moet onderwys word. Van
onderwysers in die primêre skool word verwag dat hulle die
kinders 'n grondige kennis van die Engelse taal sal bybring.
,,This,quot; sê die memorandum, ,,as it regards Dutch pupils,
can only be attained by making a well-arranged course of
oral and written translation from Dutch into English, and
from English into Dutch, an essential part of elementary
instruction.quot; Onmiddellik hierop volg dan die toesegging:
,,A grammatical knowledge of the Dutch language will be
communicated to all pupils who require to join the trans-
lation classes.quot;'®) Van onderwys in die Hollandse taal ter-
wille van die taal self is hier dus klaarblyklik geen sprake
nie. Die nuwe skoolstelsel was dan ook in werklikheid
weinig meer as 'n voortsetting van die ou verengelsings-
poginge deur medium van die skool wat in 1822 onder lord
Charles Somerset 'n aanvang geneem het. Vir die regering
sou geen stelsel van onderwys aan die Kaap aan sy doel
kon beantwoord as dit nie vóór alles daarop bereken was
om die Hollandssprekende koloniste die Engelse taal te leer
nie. Dit word ook uitdrukhk in die aanhef van bogenoemde
memorandum van 1839 gesê. Daarin word eers 'n opsom-
ming gegee van die verskillende doeleindes wat in die
algemeen deur 'n onderwysstelsel moet nagestreef word, en
dan gaan die memorandum as volg voort: ,,To these, which
constitute the chief scope of every sound system of public
instruction, His Excellency has to add one of paramount
importance in this colony,—viz., to render its educational
establishment effective, in diffusing a correct knowledge of
the English language among all ranks of the people. And
whilst His Excellency respects the attachment which is
naturally felt by colonists of Dutch extraction to their own
language, associated as that feeling must be with the dearest
relations of life, and has met their wishes in this respect
by making the Dutch language a part of the elementary
course of instruction, in all schools where it is required, he
feels confident . . . that the whole body of the colonists is
prepared to regard, with him, the cultivation of the English
language as inseparably Connected with the future prosperity
of the colony.quot;'quot;)
Benoeming van James Rose Innes as Superintendent-
Generaal van Onderwys.
Kenmerkend van die nuwe onderwysstelsel was dat daar-
onder vir die eerste maal 'n Superintendent-Generaal van
Onderwys aangestel is. Vir dié belangrike betrekking is
Hierdie hele bepaling is byna letterlik oorgeneem uit 'n brief
van Innes, toe nog professor aan die Z.-A. Athenaeum, aan die
Koloniale Sekretaris, kol. Bell, d.d. 4 Apr. 1839. C'. O. 866, no. 31.
Sien Rep. upon the Gov. Educ. Syst. of the Col., 1863, App,
V, bis. 64 vlgg.
gekies James Rose Innes, een van die twee suksesvolle
onderwysers deur lord Somerset ingevoer en sedert 1B30
professor in die wiskunde aan die Zuid-Afrikaansche
Athenaeum in Kaapstad. Sy benoeming is deur De Zuid-
Afrikaan van 31 Mei 1839 toegejuig op grond daarvan dat
hy teenoor die twee struikelblokke: „het godsdienstig ge-
deelte der opvoeding en het onderwys in de Hollandsche
taalquot;, die regte houding inneem. Oor die houding van die
regering teenoor die vraagstuk van onderwys was die blad
egter nie te spreke nie. „Indien, te eeniger tyd, het onder-
werp hunne aandacht waardig werd beschouwd,quot; lui dit
in 'n hoofartikel oor onderwys in die uitga we van 3 April
1840, ,,werd het volgens zulk een on-volksgezind stelsel
bestierd, waardoor de mede-werking des Publieks werd uit-
gesloten .... In vele gevallen werden hooge salarissen
betaald aan de onderwyzers van scholen gegrond op een
uitsluitend stelsel, en waartoe maar weinigen toegang hadden;
terwyl in andere ongeschikte en onbevoegde personen werden
aangesteld, sommige zonder zelfs de minste kennis te hebben
van de moedertaal der kolonisten, die zy voornemens waren
te onderwyzen.quot;
Veral met die oog op die laaste sin is dit te begrype dat
toe in Julie 1840 'n nuwe besending Skotse onderwysers hier
aankom. De Zuid-Afrikaan in die besonder en die Kapenare
oor die algemeen glad nie daaroor gestig was nie.'quot;) In
Oktober van dieselfde jaar het prof. A. N. E. Changuion,
van die Athenaeum, 'n voorlesing ,,Over de noodzakelykheid
en gepastheid der kennis en voortkweking van de Neder-
duitsche Taalquot; in die sosiëteitsaal van die losie De Goede
Hoop gehou ten aanhore van ,,een zeer talryke en respec-
tabele vergadering van Dames en Heeren.quot; Gedurende die
In 'n brief aan Bell, d.d. 11 Mei 1839, waarin hy die be-
noeming tot Superintendent-Generaal van Onderwys aanvaar, het
Innes aanbeveel dat vier onderwysers uit Engeland onmiddellik
ingevoer word. ,,In all stations where the majority of the inhabi-
tants are of Dutch extraction, I beg to suggest that in the selection
a preference should be given to students from the Scottish
universities — this I strongly recommend to His Excellency's favour-
able consideration both on account of the readiness with which they
have been known to assimilate to the customs and usages of that
people and the comparative ease with which they acquire a know-
ledge of their language.quot; C. O. 865, no. 51. Die onderwysers is
toe deur sir John Herschel uitgesoek.
voorlesing, rapporteer De Zuid-Afrikaan, is Changuion ver-
skeie male luid toegejuig, ,,maar een algemeen, luid en lang
geschal werd gehoord, toen eene zinspeling gemaakt werd
op de nieuwe Schoolmeesters, die, uit Schotland aangekomen,
aangesteld zyn geworden om de kinderen in de buiten dis-
tricten te onderwyzen in de Engelsche en Hollandsche talen,
by voorkeur boven die Studenten van het Z. A. Athenaeum,
die met eene grondige kennis van beide talen toegerust zyn
en bewezen hebben voor de taak volkomen bevoegd te
zyn.quot;''®) Die Hollandssprekende koloniste was omstreeks
1840 klaarblyklik nog nie bereid om hulle hul moedertaal
sonder teenstand te laat ontneem nie.
Innes se taalbeleid. Oprigting van ,,ondersteunde skolequot;.
Rose Innes het die goewermentskole op sy eerste inspeksie-
reis in 1839 in 'n toestand van hopelose verval aangetref.
Behalwe in Swellendam het hy die onderwysers oral totaal
onbevoeg gevind. Hy het daarom weer daarop aangedring
dat goed gekwalifiseerde onderwysers ingevoer word en het
voorgestel dat hy self sou gaan om hul uit te soek.quot;®) Sy
versoek is toegestaan, en op 11 Maart 1841 keer hy in
Kaapstad terug met nog vyf onderwysers uit Skotland.*»)
Innes het uit eie ondervinding geweet, en ook op sy inspeksie-
reis waargeneem, dat geen Engelsman of Skot die Afrikaanse
kinders op die platteland kan onderwys sonder om self
Hollands te ken nie en het reëlings getref dat alle ingevoerde
onderwysers op koste van die regering 'n paar maande in
Kaapstad moes bly om die Hollandse taal te leer.*') Later
De Zuid-Afrikaan, 30 Okt. 1840. Die voorlesing van Chan-
guion is in Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansche Tydschrift van
1842 (dl. XIX, blss. 369—83) afgedruk onder die hoof ,,Redevoering
tot aanprijsing van de beoefening der Nederduitsche taal en letter-
kunde in Zuid-Afrika.quot;
Innes aan Kol. Sekr., 14 Jan. 1840, C. O. 888, no. 6.
Die sukses van die Swellendamse skool skryf Innes o.a. toe aan
,,the correct knowledge which the Teacher has acquired of Dutchquot;.
In Caledon was die regeringskool, onder 'n sekere Turpin, 'n volslae
niislukking. ,,Various reasons are assigned for this state of things,
the Parents blaming Mr. Turpin and he in turn charging them with
hostile feelings in regard to himself and prejudice against the English
language.quot; Innes aan Kol. Sekr., 9 Aug. 1841, C. O. 912, no. 95.
*quot;) Innes aan Kol. Sekr., 13 Mrt. 1841, C. O. 912, no. 34.
*') Innes aan Kol. Sekr., 27 Apr. 184,1, C. O. 912, no. 47.
-ocr page 100-is hiermee opgehou omdat die metode nie aan sy doel
beantwoord het nie;quot;^) maar onderwysers moes blykbaar nog
'n eksamentjie in Hollands aflê voordat hul kon aangestel
word in skole waar die meerderheid van die kinders Hollands-
sprekend was.quot;^) Die meeste onderwysers het seker nie baie
Hollands geleer nie, maar tog genoeg om die ,,translation
classesquot; (byna altyd vertahngs van Hollands in Engels) te
kan gee. Deur sy energieke optrede het Innes die goewer-
mentskole nuwe lewe ingeblaas. Die aantal leerlinge het
vinnig toegeneem, en as gevolg daarvan het die kanse op
geleidelike verengelsing ook van die plattelandse centra aan-
merklik groter geword.
In 1843 is verder 'n stelsel van ,,ondersteunde skolequot; vir
die platteland in die lewe geroep. Skole wat deur partikuliere
inisiatief opgerig word_^, kon 'n geldelike toelae van die
regering kry as hulle bereid was om aan bepaalde voor-
waardes te voldoen. Ook dié skole moes natuurlik help om
die kennis van Engels onder die boerebevolking te verbrei.
Die regeringsmemorandum van 14 September wat die stig-
ting van sulke skole gereël het, het naamlik onder andere
bepaal ,,that at all stations (d.w.s. plekke waar skole volgens
die reglemente gestig is) where the Dutch language prevails,
English shall also be taught, and that, as soon as practicable,
it shall be made the language of intercourse between thé
Master and Pupils at a certain hour each day, and in con-
nection with some branch of instruction.quot; In die begin is
die regeringsteun maar selde aangevra, hoofsaaklik omdat die
plattelandse bevolking nie op hoogte van die reglemente van
1843 was nie;quot;quot;) toe egter eenmaal 'n deeglike begin met
dergehke skole gemaak is, het hulle veel meer in die
smaak van die publiek geval en eindelik die sogenaamde
,,established schoolsquot; heelternal oorvleuel.quot;'^)
quot;2) Innes aan Kol. Sekr., 8 Mei 1845, C. O loio
Innes aan Kol. Sekr., 8 Jan.' 185Z, C. O. 2243, no. 3: „Mr
Uementson has been lately examined in his knowledge of the Dutch
language to which he has been applying himself for some months
® beveel Clementson aan vir die skool op Malmesburv
quot;quot;) Sien die Zuid-Afrikaan van 10 Jan. 1848.
quot;=) Hoe streng die reel opgevolg is dat die verbreiding van Engels
op alle moontlike plekke moes bevorder word, blyk ook uit die
memorandum van 10 Jun. 1841 omtrent die voorwaardes waaronder
steun uit die Koloniale skatkis sal verleen word aan sendingskole
In 1844 sê Innes in sy Memorandum dat daar op daardie
lydstip vyf-en-twintig regeringskole in die Kolonie is, wat
deur 1851 leerlinge besoek word. ,,In the fourteen first-class
schools,quot; skrywe hy, ,,and in six of the second-class schools,
English is the language in which the course is taught; and
in ten of the above schools Dutch has been introduced, and
classes formed for the translation of the one language into
the other. In five of the second-class schools the pupils are
taught in Dutch, which is the language of the body of the
inhabitants, while English is introduced into the more
advanced classes.quot;quot;®) Die vraag is hoeveel Hollands daar
in die tien bogenoemde skole geleer is. De Zuid-Afrikaan
was daar nie alte optimisties oor nie.quot;') Uit later rapporte
van Innes kry 'n mens die indruk dat Hollands vemaamlik
onderwys is met die oog op die sogenaamde ,,translation
classesquot;, waarin byna altyd die nadruk gelê is op die vertaling
uit Hollands in Engels. Hoe dit ook sy, die taalmoeilikhede
op skool was nog geensins opgelos nie, soos in die volgende
hoof stuk uiteengesit sal word.
D. Toenemende Verengelsing van Kaapstad
Verloop van verengelsingsproses.
Engels het as enigste regeringstaai aan die Kaap, en as
die taal van 'n groot en magtige kuituur- en handelsvolk
daarby, 'n groot voorsprong op Hollands gehad. Hoe geheg
die ou ingesetenes ook al aan hul eie taal was, tog het die
meeste van hulle van die begin af die groot belang daarvan
ingesien om Engels te leer; en dit is nie baie bevreemdend
nie dat waar hulle in none aanraking met die Engelse lewe
gekom het, soos in Kaapstad, die Engelse taal geleidelik
by baie van hulle die eerste plek gaan inneem het en
Hollands uiteindelik heeltemal verdring het. Die eerste tekens
van hierdie verskynsel was reeds voor 1830 duidelik waar te
en enkele ander nie-goewermentskole. Bepaling no. 6 van hierdie
memorandum lui: ,,The English language shall form a branch of
ttstruction in all schools thus aided, and, where practicable, it shall
be used as the colloquial language of the school.quot; (Sien Rep. upon
the Gov. Educ. Syst. of the Col., 1863, Aanh. V, bis. 70.)
Memorandum, bis. 16.
quot;') Sien die hoofartikel van 20 Sept. 1844.
F
-ocr page 102-neem. Die ouer geslag van Kapenare wat onder die
Hollandse bewind gebore is en groot geword het, was oor
die algemeen nie so gemaklik te beïnvloed nie en het nog
aan hul taal vasgehou; maar hul kinders was minder goed
bestand teen die sterk verengelsende invloede wat van alle
kante op hulle ingewerk het, en meer as een het daarvoor
beswyk. Die verskil tussen die ouer en die jonger geslag
van die Hollandse ingesetenes is duidehk deur die Britse
,,Commissioners of Enquiryquot; waargeneem. ,,Even at this
moment,quot; skryf hul op 6 September 1826 in 'n rapport aan
Bathurst, ,,a different feeling pervades the younger portion
of the community, who, born under the British government,
are beginning to acquire a taste for the habits and language
of Englishmen, and evince a disposition to adopt their modes
of thinking.quot;quot;») En in die eerste nommer van die Zuid-
Afrikaan, 9 Apr. 1830, hekel Boniface, destyds redakteur,
die Kapenare omdat hulle ,,met eene voorbeeldige en zeker
ook pryzenswaardige toegevendheidquot; dit gedoog het dat hulle
kinders ,,om het Engelsch, hunne moedertaal verzaaktenquot;,
en hy moedig hulle spottend aan om self Engels ten minste
te leer verstaan as hulle te oud is om dit nog te leer praat.
Tog het die Engelse invloed nog minder sterk deurgewerk
as wat die geval kon gewees het. Die oorsaak hiervan lê
in die houding van die Engelse ingesetenes, wat dikwels
eksklusief en hooghartig was, soos verskeie waarnemers uit
hul eie volk in hierdie tyd getuig. In 1834 verklaar John
Howison: ,,The Dutch and English residents of Cape Town
have little social intercourse. The Dutch complain of the
hauteur of the English, and their love of ceremony and
unpliant disposition, and excessive attachment to their own
customs. The English, on the other hand, coming from
a distant country, have few feehngs, views, or interests in
common with those persons who have been born and reared
in the colony, and receive little pleasure from their society.
Dislike on the one side, and indifference on the other, throw
the two parties asunder, and it is not likely that a mutual
accommodation will ever take place between them; and
the more so as many individuals of both nations speak no
Records of the Cape Colony, dl. XXVII, bis. 355.
-ocr page 103-language but their own.quot;*®) In dieselfde jaar spreek 'n
ander skrywer sy ontevredenheid daaroor uit dat „the jealous
exclusiveness for which the English are unenviably distin-
guished all over the world, has drawn a marked line between
the Dutch and themselves.quot; Hy verwonder hom daaroor
dat die Engelse, wat 'n klein minderheid vorm in 'n nuwe
kolonie, so min moeite doen om vriendskaplike betrekkinge
met die ou bevolking aan te knoop. ,,It is not to be denied,quot;
sê hy, ,,that the fault is entirely on the side of the
English.quot;-quot;)
In die stad het die Engelse element ewenwel van jaar
tot jaar sterker geword. In 1837—8 kon Bunbury al kon-
stateer: ,,A great proportion of the names over the shop-
doors are English; most of the advertisements, names of
trades, and the like, are in our language, and one meets
English faces at every turn.quot;®') Dit is verstaanbaar dat
gaandeweg ook die Engelse invloed op die Hollandse
ingesetenes groter geword het, veral op die jonger geslag.
In 1840 kla Changuion dat baie Afrikaners meewerk aan
die verdringing van hul eie taal en praat hy met veront-
waardiging van jongmense wat voorgee dat hul geen Hollands
kan verstaan nie, terwyl hul Engels nog maar swak kan
praat.Dat naas die algemene maatskaplike faktore veral
die Engelse onderwys vir hierdie toestand van sake verant-
woordelik moet gehou word, lê voor die hand. Belang-
wekkend in hierdie verband is die volgende opmerking van
iemand wat in 1844 in Kaapstad was: ,,It is surprising the
number of the rising Dutch generation one sees at the English
Episcopalian Church, who in learning the English language,
John Howison: European Colonies, ens., dl. I, bis. 333. Op
blss. 357-8 sê hy dat die Engelse bevolking van Kaapstad nog
betreklik gering is en hoofsaaklik uit amptenare en handelare be-
staan. ,,Neither the one nor the other,quot; laat hy daarop volg,
,,has much intercourse with the Dutch; and though the colony has
been so long in our possession, the mass of its population has not
adopted British habits or modes of life, but continues to adhere
to its national customs; however, the English language is now very
generally spoken or understood, except in the interior districts.quot;
,,Sketches of the Capequot;, oorgedruk uit United Service Journal,
1834, bis. 61.
Charles J. F. Bunbury: Journal of a Residence at the Cape of
Good Hope, bis. 52.
Sien verder op, bis. 86.
-ocr page 104-and studying at Englisii schools, appear to have thrown off
the religion of their parents. Die gevolgtrekking dat die
jongmense wat die dienste in die Engelse Kerk bygewoon
het, reeds die geloof van hul ouers versaak het, sal wel nie
juis gewees het nie, tenminste seker nie wat al die jongmense
betref nie, maar die waarneming van die skrywer is daarom
nie minder interessant nie.
Besoekers wat in hierdie tyd oog daarvoor gehad het, het
'n belangrike verskil opgemerk tussen die inwoners van
Kaapstad en die platteland ook wat hul nasionale gesindheid
betref. So vertel 'n Duitse reisiger, W. von Meyer, dat die
Afrikaners op die platteland die Britse heerskappy stilswygend
duld, maar dat 'n heeltemal ander gees die inwoners van
die stad besiel. ,,Hier giebt es wohl noch einige Patrioten
aus der alten Zeit,quot; sê hy, ,,aber ihre Zahl ist geringe gegen
die der Afrikaner, welche die Vorteile zu berechnen verstehen,
die ihre jetzige Regierung ihnen dätbietet.quot;quot;^) Persone wat
so getref is deur die verengelsing in die stad, sal wel ver-
naamlik aan die vooraanstaande families gedink het. Die
verengelsing kon nog nouliks in aansienlike mate tot die breër
lae van die bevolking deurgedring het. Reisigers wat meer
na die stadsbevolking as 'n geheel gekyk het, is dan ook ip
hierdie tyd eerder daaroor verwonder dat Kaapstad nog so
'n sterk Hollandse karakter dra. ,,Nine-tenths of the inhabi-
tants still retain a Dutch look,quot; skryf die Amerikaner Charies
Wilkes, wat ongeveer gelyk met Von Meyer aan die Kaap
was, ,,and many of them are unable to speak any other than
their original language . . . Considering the number of years
that this colony has been under the British dominion, it
surprised me to find that a knowledge of the Dutch was much
more necessary than that of English, while deahng with the
inhabitants.quot;quot;quot;) Die verengelsing van die stad het egter begin
en sou nie meer maklik te keer wees nie.
53) Notes on the Cape of Good Hope by a Bengali, bis. 30.
Reisen in Süd-Afrika während der Jahre i8if.o und 18^1, ens.,
blss. 178—9. Op bis. 183 maak Von Meyer die interessante op-
merking dat die Afrikaners van Worcester hulle ,,landdrosquot;, die
heer T. [P. J. Truter], beskou as 'n renegaat wat hulle party verlaat
en na die Engelse oorgeloop het. Hy sê dit kan ook wel waar wees,
want die heer T. behoort tot die aristokrasie van Kaapstad.
Narrative of the United States' Exploring Expedition, ens.,
bis. 348.
Vinnige verengelsing nd 184.0. Geskiedenis van ,,Tot Nutquot;-
skool.
Hoe Engels veral van omstreeks 1840 stap vir stap die
oorhand oor Hollands gekry het, is mooi te sien uit die
geskiedenis van die ,,Tot Nutquot;-skool soos dit uit enkele
berigte in De Zuid-Afrikaan kan opgemaak word.
Op 28 September 1838 skryf die blad dat Engelse families
blykbaar meen dat die onderwys aan die Tot Nut ,,geheel
en misschien ook wel uitsluitelyk Hollandsch is.quot; Dit, word
verseker, is nie die geval nie, en die bestuur van die skool
is van plan om by die aanstaande heropening van die klasse
'n nuwe bewys van die teendeel te gee. Die bedoeling was
kennelik om ook Engelse kinders vir die skool te kry. Die
voorsiening vir meer en beter onderwys in Engels is, na
dit skyn, nie onmiddellik gemaak nie, want eers in die
uitga we van 20 Maart 1840 lees ons: Tot Nut ,,heeft nu
behoorlyke schikkingen gemaakt, waardoor aan kinderen een
behoorlyk onderwys wordt verzekerd in de Hollandsche en
Engelsche talen.quot; Intussen het sake egter al so ver gekom
dat Hollandse ouers hul kinders uit die skool geneem het
omdat daarin nie genoeg Engels na hulle sin geleer is nie.
,,Deze school,quot; skryf De Zuid-Afrik aan, ,, verdient de
publieke ondersteuning volkomen, en wy hopen dat de
ouders, ziende op de thans gemaakte veranderingen, hunne
kinderen niet onnoodiglyk zullen nemen uit hunne eigene
nationale school, die zy zelve gesticht hebben, en welke tot
nog toe aan de algemeene verwachting beantwoord heeft.quot;
In die volgende jare het die drang na Engels in die stad
so sterk geword dat die Tot Nut met die stroom moes saam-
gaan om nie onder te gaan nie. Die plek wat Engels daar
ingeneem het, het al hoe belangriker geword, totdat Hollands
üit die ereplek gedring is. Reeds op 16 September 1847 staan
In 'n berig oor die skool in De Zuid-Afrikaan te lees: ,,De
Engelsche taal staat er op den voorgrond, terwyl er de
Nederduitsche, thans zoo onafscheidbaar met gene verbonden,
op eene grondige en smaakvolle wyze onderwezen wordt.quot;
Tien jaar later, in 1857, was dit met die eertyds beroemde
Hollandse skool so ver gevorder dat aan die jonge Jan
Hendrik Hofmeyr as eerste prys vir Hollands 'n Engelse
boek. Ruins of Sacred and Historic Lands, gegee is, met
'n opskrif daarin in Engels.®quot;)
Instituut van Changuion.
Dit is nie alleen die swakkes wat voor die mag van die
Engelse taal in Kaapstad geswig het nie. Selfs 'n man soos
Changuion moes met die stroom saam, sy dit teen wil en
dank. As professor in Hollands aan die Athenaeum was
hy die aangewese man om vir die regte van die Hollandse
taal te stry, en dit het hy ook met hart en siel gedoen. ,,Er
zijn er onder u die de Hollandsche taal op hoogen prijs
stellen, en er nog iets voor zouden over hebben, om haar
in dit werelddeel te helpen in stand houden,quot; het hy sy
toehoorders by sy bekende voorlesing in 1840 waarvan hierbo
reeds melding gemaak is, toegespreek, en toe verwytend
daarop laat volg: ,,maar zijn er niet ook onder u, die zich
aan de taal hunner voorvaderen ergeren, en gaarne de hand
zouden leenen om haar hoe eer hoe liever te verdringen?
Zijn er niet onder de jonge lieden, die de dwaasheid hebben
van voor te geven, dat zij geen Hollandsch verstaan, en
echter naauwelijks drie woorden Engelsch uitbrengen kunnen,
zonder hunne onbedrevenheid ook in die taal te verraden?quot;
Op diegene wat nog in die Hollandse taal belangstel, het
hy 'n beroep gedoen om hom te steun by 'n poging wat
hy gaan maak om die Hollandse taal aan die Kaap te help
in stand hou. Hy het aan sy belofte voldoen, en in 1844
het die werk verskyn waardeur sy naam veral bekend gebly
het: De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika Hersteld. In-
tussen is hy van die Athenaeum weg, egter nie in die eerste
plaas omdat hy hom nie kon verenig met die oorwegend
Engelse rigting wat dié skool ingeslaan het, soos dikwels
beweer word nie.quot;) Dit word bewys deur die geskiedenis
J. H. Hofmeyr: Het Leven van Jan Hendrik Hofmeyr {Onze
Jan), bis. 25.
Changuion het die Athenaeum, wat hy elf jaar lank trou gedien
het, begin Desember 1842 verlaat. Die inrigting was toe in 'n uiters
treurige toestanfl —- studente was nie minder skaars as geld nie.
Changuion self het slegs nege gehad. Né, sy vertrek is Hollands nie
meer as medium van onderwys gebruik nie. Vir dié taal was daar
toe onder die leerlinge so weinig belangstelling dat die klasse daarin
kosteloos gemaak is om studente aan te moedig om die vak te kies.
(W. Ritchie: The History of the South African College, dl. I, blss.
115—9; Eric A. Walker: The South African College and the Univer-
sity of Cape Town, i82g—1929, bis. 23.)
van sy eie instituut, wat hy in 1843 in die Loopstraat begin
het en waarby ons nou 'n oomblik moet stilstaan.
In De Zuid-Afrikaan van 5 Januarie 1844 verskyn 'n
verslag van 'n openbare eksamen in sy skool. Dit blyk
dat hy 'n jaar lank onderwys gegee het aan vyf kinders,
waarvan twee sy eie. Na afloop van die eksamen hou
Changuion 'n toespraak in Engels waarin onder andere
meegedeel word: ,,De bybelsche geschiedenis is in het Neder-
duitsch, al de overige vakken zyn in het Engelsch behan-
deld.quot; Hollands was dus seer seker nie die voertaal van
sy skool nie. 'n Nog treffender bewys vir die geringe plek
wat Hollands in sy instituut ingeneem het, vorm 'n berig
wat ses maande later, op 16 Julie 1844, in De Zuid-Afrikaan
verskyn het. Dit is 'n vertaling deur Changuion self van
die verslag wat hy by die halfjaarlikse eksamen aan ouers
voorgelees het en wat reeds in die Cape Town Mail
gepubliseer was. Daar is nou agtien leerlinge in sy skool.
Wat betref die jongste afdeling: ,,Deze hebben hunne lessen
in de bybelsche geschiedenis nagenoeg op dezelfde wyze als
verleden jaar voortgezet, met dit onderscheid dat zy dikvsyls,
in verband met het onderwerp der les, een hoofdstuk uit
den Engelschen bybel lazen.quot; In verband met die ouer
afdeling, les syferkuns, sê hy: ,,Dat zy niet beter slaagden
is daaraan te wyten, dat zy voorheen meerendeels door
middel van het Hollandsch in dit vak onderwezen werden
[die leerlinge het naamlik van ander skole na hom gekom],
zoodat zy nu met twee moeyelykheden, die des onderwerps
en die der taal tegelyk, te stryden hadden. Dit tydelyk nadeel
zal, naar het ons voorkomt, ruim vergoed worden door het
blyvend voordeel dat hun te beurt valt in de meerdere
beoefening van het Engelsch, eene taal waaraan zy vroeger
niet genoeg tyd besteed hebben.quot;
Changuion se instituut het 'n bloeiende inrigting geword,
egter nie omdat dit 'n Hollandse skool was nie, maar omdat
daar goeie onderwys gegee is van die soort wat die pubhek
wou hê. In De Zuid-Afrikaan van 18 Maart 1852 staan
weer 'n verslag van 'n openbare eksamen wat daarin gehou
is. ,,Eerst kwam een talryke klasse om Engelsch te lezen,quot;
lui dit; ,,daarna eene minder talryke om in de Hollandsche
Spraakkunst geëxamineerd te worden. Voor dit laatste scheen
weinig liefhebbery te zyn, hoewel er twee of drie onder den
hoop waren die door hunne antwoorden toonden dat er
wel gelegenheid is om Hollandsch te leeren indien men
wil.quot;«)
Te oordele na die skole was die toekoms van die Hollandse
taal in Kaapstad teen die einde van die periode wat in hierdie
hoofstuk behandel word, nie besonder rooskleurig nie. Dit
res ons nog om die geskiedenis van die taal in die Nederduitse
Gereformeerde Kerk na te gaan.
E. Die Taal in die Kerk
Sinodes van 1826 en 182Q.
Die poging van lord Charles Somerset om die Hollandse
Kerk te verengels, is deur sy opvolgers voortgesit. Ten spyte
van die ontevredenheid wat dit in baie gemeentes veroorsaak
het, is steeds meer Skotse predikante ingevoer, totdat aan die
einde van 1834 dertien van die drie-en-twintig diensdoende
leraars van die Hollandse Kerk Skotte was. Intussen het op
die sinodesittings van 1826 en 1829 nie veel van belang op
taalgebied gebeur nie. In 1826 is die taalkwessie glad nie
aangeroer nie, en in 1829 is 'n voorstel dat die Kort Begrip
in Engels moet vertaal word, teruggetrek, hoewel die Skotse
predikante toe reeds in die meerderheid was.quot;) Uit die offi-
siële verslae van die sinodes deur die kommissarisse-politiek
val ook nie veel omtrent die taaltoestande in die Kerk te
leer nie. Slegs een paragraaf van die verslag oor die sitting
van 1829 is vir ons van belang omdat daaruit weer duidelik
blyk wat 'n willige instrument J. A. Truter —en ook sy
mede-kommissaris W. D. F. Berrangé —in die hande van
die Engelse regering was en hoe angsvallig hy die taalbeleid
van die owerheid uitgevoer het. Op die sinodesitting is
naamlik besluit om met goedkeuring van die regering 'n
teologiese skool aan die Kaap te stig. Die kommissarisse-
politiek beveel die plan by die goewerneur aan, maar voeg
die volgende advies daaraan toe: ,,We only think it necessary
/ï«) ,,A Bengaliquot; praat in sy reeds genoemde Notes on the Cape
bis 29, A^n „private seminaries in Cape Town, where the studies
both for Enghsh and Dutch are (as is proper in an English colony)
conducted entirely in the English language.quot; Het hy miskien ook
aan .Changuion se Instituut gedink ?
quot;) Die vertaling van die Kort Begrip was nodig vir godsdiens-
onderwys in Engels.
to submit to His Excellency's particular attention, that a
general knowledge of the English Language being of great
moment for the Colony, the adoption of the plan submitted
by the Synod for the establishment of a Theological School,
if finally sanctioned, ought in our humble opinion, to be
made inseparable from an express stipulation 'that as well
those, who are in consequence thereof ordained as Clergy-
men, as those who are prepared as minor Teachers, must
be competent to preach and teach as well in the English
as in the Dutch language, and that no Minister ordained in
this Colony shall be admitted to the Pulpit without his being
bona fide enabled to comply with such stipulation.'
Die seuns van Hollandse koloniste moes opgelei word om
'n doel te help bereik waarvoor op die oomblik nog predikante
uit Skotland moes ingevoer word. Voorlopig het egter van
die Sinode se planne vir die oprigting van 'n teologiese skool
niks gekom nie.
Voorstel oor Engelse dienste in Sinode van 18^4.
Op die vierde sinodale vergadering, wat op 4 November
1834 geopen is, het die Skotse predikante die eerste stap
gewaag om die Engelse taal vaste voet in die Hollandse Kerk
te laat kry. Die inisiatief is geneem deur ds. James Edgar,
predikant van Somerset (Hottentotsholland), wat as beskry-
wingspunt onder die hoof ,,Kerkbestuurquot; die vraag gestel
het: ,,Keurt de Synode het goed dat er in onze kerken, door
onze leeraars in het Engelsch gepredikt worde ?''
Gevoelens het hoog geloop oor die punt.=®) De Zuid-
Afrikaan van 7 November noem die vraag ,,of de Godsdienst-
oefening van de Nederduitsch Hervormde Kerken in de
Engelsche Taal zal gehouden wordenquot; een van die belang-
rikste onderwerpe wat op die Sinode sal behandel word, en
verseker dat die gevoel van die gemeentelede daarteen alge-
meen is. Uit die toon van die artikel blyk dit duidelik dat
die redakteur die voorstel in direkte verband met die ver-
engelsingsbeleid van die regering bring. ,,Het is de pligt
Dr. A. Dreyer: Boustowwe vir die Geskiedenis van die Neder-
duits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, dl. III, bis. 322.
Dit was nie nou die eerste keer dat oor die onderwerp gepraat
en geskrywe is nie — sien b.v. hierbo, bis. 71.
van ieder Gouvernement,quot; sê hy, ,,om elke Gemeente in
de uitoefening van hare Godsdienst-pligten te beschermen,
zonder zich te bemoeyen met de manier, waarmede zoodanige
Godsdienstige pligten worden uitgevoerd.quot; Ander Kerke
word nie in hul vryheid belemmer nie; ,,en waarom zouden
wy dan niet toegelaten worden, om onze Godsdienst oefe-
nmgen, in de algemeene taal, door al de Leden onzer
gemeenten verstaan wordende, de Hollandsche taal namelyk,
te houden ? Waarom zouden wy moeten uitgezonderd worden
van dat algemeene grondbeginsel van verdraagzaamheid op
het stuk van Godsdienst? . . . Waarom zouden wy niet
toegelaten worden, om onzen God en onzen Zaligmaker in
onze eigene taal te aanbidden? . . . Wy hebben even zoo
veel regt op de bescherming van Zyner Majesteits Gouver-
nement als eenige anderen zyner onderdanen.quot; Tenslotte
word lede van die Sinode vermaan dat ,,door de taal van
uwe Godsdienst te veranderen, gy den eersten stap doet om
uw Geloof en uwe Godsdienst te verzaken !''
Toe die vraag in jdie Sinode ter sprake kom, het daar
onder die afgevaardigdes sterk meningsverskille oor bestaan
Die predikante wat daarteen gekant was, was in die minder-
heid, maar hul moes hul deur die kragtige artikel in De Zuid-
Afnkaan gesterk gevoel het. Dit het duidelik geword dat
die Hollandse predikante nie kon gedwing word om ook in
Engels te preek nie; vandaar die versigtige formulering van
die besluit wat uiteindelik oor die punt geneem is, ,,dat een
ieder vrijheid hebbe,, en aangemoedigd worde, waar zulks
geschieden kan en noodig is, om dit te doen, mits zonder
nadeel aan de Hollandsche gemeente, en met voorafgegane
kennis aan den Kerkeraad omtrent het gebruik van het kerk-
gebouw.quot;
Daar bestaan geen twyfel nie dat daar op verskillende
plattelandse dorpe in hierdie tyd behoefte aan Engelse dienste
bestaan het. Die enigste Engelse kerke was in Kaapstad
en Grahamstad, terwyl daar in ander dele van die Kolonie
Engelse gewoon het wat te gering in aantal was om 'n
gemeente van hul eie kerkgenootskap te vorm en van wie
baie gewillig was om by die Hollandse Kerk aan te sluit as
daar vir dienste in hulle taal voorsiening sou gemaak word
Op sigself beskou was die voorstel van die Skotse predikante
dus me onbillik nie, mits die Engelse dienste beperk sou
word tot dié dorpe waar hulle nodig was.®quot;) Die vraag is
of die voorstanders van Engelse dienste werklik alleen maar
in die behoeftes van die kerklose Engelse op die platteland
wou voorsien. Baie gemeentelede het die saak nie vertrou
nie en daar 'n aanval op die bepaald Hollandse karakter
van hul Kerk in gesien, soos duidelik uit die hoofartikel
in De Zuid-Afrikaan blyk.
Pleidooie vir Engelse dienste in Groot Kerk.
De Zuid-Afrikaan en die lede van die Nederduitse Gerefor-
meerde Kerk in Kaapstad was ook nie sonder rede so besorgd
nie. Slegs enkele maande tevore het verskeie korrespondente
in The South African Commercial Advertiser daar ernstig
voor gepleit om ook in die Groot Kerk Engelse dienste in te
voer. Hul vernaamste argument was dat die Kaapse jeug
hul kennis van Engels wil verbeter en dat hul in die geleent-
heid moet gestel word om Engelse dienste in hul eie kerk
by te woon. ,,In the Episcopal congregation,quot; vra ,,A Friend
to Youthquot; in die uitgawe van 25 Junie 1834, ,,are there not
highly respectable individuals to be found from the. Reformed
and Lutheran communities, who attend the service from a
regard to the language?quot; Dit was juis dit, sê hy, wat 'n
aansienlike lid van die Engelse Kerk onlangs in 'n verslag
laat beweer het dat die vooraanstaande Kaapse families gretig
is om by die Episkopale Kerk aan te sluit. Die geval is
egter ,,that it is the language that attracts them, as I am
persuaded they have the deepest respect for the Church in
which they were educated. But the number is much greater
of those who, having made some progress in the acquisition
of the tongue, and wish to make more, who yet will not
often attend Divine Service for the sake of the language,
except it be performed according to their own ceremonies
^o) Oor hierdie streke skryf Nicolas Poison: A Subaltern's Sick
Leave, or Rough Notes of a Visit ... to China and The Cape
of Good Hope, bis. 116: ,,In many parts I have heard complaints,
especially where the English were numerous, of the refusal of the
Dutch ministers to read occasional services in English.quot; Sien hier-
oor 00k 'n brief in die S.^. Comm. Adv. van 8 Mrt. 1834. Op die
platteland waar geen Engelse kerk was nie, het lede van die
Episkopale Kerk by die Hollandse gemeentes aangesluit. {A Journal
of the Bishop's Visitation Tour through the Cape Colony, in 1848,
dl. I, blss. 9, 82, 95.)
and by one of their own clergymen.quot; Bewyse van die groot
begeerte onder die hoër klasse om goed Engels te leer, gaan
die korrespondent voort, is aan alle kante te kiy. ,,Look
at the College. The Students are chiefly the sons of Dutch
parents, and yet one great object of their study is the English
language. Look at those families where the daughters are not
sent to school at all to learn their mother tongue, but every
effort is made to acquire an English education.quot;
Teenstanders het beswaar gemaak dat die Kerk nie mag
gebruik word om 'n doel te help bereik wat niks met die
godsdiens te make het nie, en dat dit nie langer 'n Hollandse
Gereformeerde Kerk sal wees as daar quot;Engels gespreek word
nie. Ook is beweer dat ,,A Friend to Youthquot; 'n oordrewe
voorstelling van sake gee en dat die Hollandse koloniste nie
bereid is om hul eie taal te verwaarloos ter wille van Engels
nie. Verskeie briewe is oor en weer geskrywe, en ook in 'n
hoofartikel van die Advertiser is die preek van Engels op die
platteland aangemoedig. Dit is daarom te begtype dat die
Hollandse ingesetenes van Kaapstad die Sinode van 1834 met
heelwat ongerustheid moes tegemoetgesien het.®quot;®)
Beskrywingspunte van ds. Robertson vir Sinode van 1837.
Verskeie van die Hollandse predikante wat die Sinode van
1834 bygewoon het, sou dit ongetwyfeld uiters moeilik gevind
het om in Engels te preek as dit van hulle geëis was; en
die Skotse predikante moes ingesien het dat hulle vir die
bereiking van hul doel sou moes sorg dat alle predikante
van die Hollandse Kerk daartoe in staat was. Van die reeds
aangestelde predikante kon dit nie meer verlang word nie,
maar wel van dié wat in die toekoms sou benoem word.
Vir die Sinode van 1837 het ds. Vl^illiam Robertson, predikant
van Swellendam, daarom 'n beskrywingspunt opgestuur ,,dat
eene genoegzame kennis der Engelsche Taal in alle niéuw
aankomende Leeraars voortaan als een noodzakelijke ver-
eischte beschouwd worde, en dat, waar een bepaald getal
Engelsche inwoners en geen Engelsche Leeraar zich bevindt,
de Leeraar der Nederduitsch-Hervormde Kerk verpligt zal
Iquot;quot;') Sien die S.A. Comm. Adv. van 4, 14, 21, 25 Jun 5, 9 en
12 Jul. 1834, en ook die Cape of Good Hope Literary Gazette van
Aug. 1834.
zijn ook in het Engelsch te prediken.quot; Toe die punt in die
vergadering aan die orde kom, het ds. Robertson egter sy
voorstel teruggetrek, met die opmerking dat hoewel hy ten
volle oortuig is van die belang van die voorstel, hy die saak
aan die goewerment sou oorlaat. Dit word in die Acta Synodi
nie vermeld waarom hy sy voorstel ingetrek het nie, maar
waarskynlik was dit omdat dit alte kwaai teenstand sou uit-
gelok het.
Ds. Robertson het nog 'n ander beskrywingspunt vir die-
selfde Sinode gehad, naamlik ,,dat de Synode den korten
inhoud der Christelijke Leer, of verkorten Katechismus van
de Kerk van Schotland (Shorter Catechism) onlangs in het
Nederduitsch overgezet, goedkeure, om door des verkiezenden
in het doen van belijdenis gebruikt te worden.quot; Hy het
egter ook hierdie punt ingetrek, en in plaas daarvan voor-
gestel ,,dat de Heidelbergsche Catechismus, en het Kort
Begrip door den druk verkrijgbaar worden gemaakt in het
Engelsch,quot; daar hy sy eerste voorstel veral gedoen het om
diegene tegemoet te kom wat geen genoegsame kennis van
Hollands het nie. Die vergadering was, met een uitsondering,
algemeen van gevoele ,,dat het noodzakelijk was om niet
alleen den Catechismus maar ook de Formulieren te vertalen,
of de reeds gedane vertaling na te zien en te laten drukken.quot;
'n Kommissie is daarop benoem om hierdie besluit uit te
voer.®') Na die toegewings van 1834 en 1837 het die Neder-
duitse Gereformeerde Kerk hoe langer hoe groter gevaar
geloop om sy suiwer Nederduitse karakter te verloor.
Besware teen onnodige benoeming van Skotse predikante.
Antwoord van lord Glenelg.
Die groot toename in die aantal Hollandse gemeentes tussen
die jare 1811 en 1833 het kolonisteseuns hoe langer hoe meer
aangemoedig om vir predikant te gaan studeer, totdat daar
na 1834 geen behoefte meer was om Skotse predikante in
te voer om voorkomende vakatures te vul nie. Aan die
begin van 1836 was daar in die Kolonie twee Afrikaner-
predikante wat nog geen benoeming gekry het nie, ag nog
in Holland aan die studeer en een op die punt van vertrek
na die Kaap. Toe dit daarom in die Goewermentsblad van
I April aangekondig word dat 'n predikant uit Skotland vir
Acta Synodi 1824—iSjo, blss. 142, 143, i85, 187.
-ocr page 114-die gemeente Colesberg aangestel is, het dit groot opspraak
verwek. In die openbare pers is daar heelwat oor
geskrywe, en op inisiatief van die moedergemeente is deur
die ring van Kaapstad 'n versoek aan die goewerneur gerig
,,om by het Gouvernement in Engeland te willen bewerken,
dat er voor de Nederduitsche Hervormde Kerk alhier voor-
eerst geene aanstellingen van Predikanten geschieden, dan
ten behoeve van hen, die reeds hier zyn, en nog geene
aanstelling hebben kunnen bekomen, en dat het, by verdere
dispositien over vacaturen alhier moge worden in aanmerking
genomen, dat zich thans nog in Europa een getal van Negen
bevindt van zulken, die in het vooruitzicht van by huime
terugkomst in hun Vaderland als Predikanten der Hervormde
Kerk alhier te zullen worden geplaatst, even als de zich hier
bevindenden, groote opofferingen gedaan hebben en nog
doen, om zich daartoe te bekwamen, en waarvan eenigen
binnen kort te verwachten zyn.quot;
Op versoek van die Kaapstadse ring het ook die ringe
van Swellendam en Graaff-Reinet besluite oor die saak
geneem en aan die goewerneur opgestuur. Dit is kenmerkend
dat die twee Skotse predikante van die Swellendamse ring
en die hele ring van Graaff-Reinet, waar al die predikante
Skotte was, hul nie met die versoek wou verenig nie. Graaff-
Reinet wou nie alleen die saak geheel en al in hande van
die regering laat nie, maar het ook versoek dat wanneer predi-
kante benoem word, die regering in aanmerking moet neem
dat in verskillende gemeentes, veral in die oostelike deel van
die land, daar baie mense is wat graag Engelse naas Hollandse
dienste wil hê. Die destydse goewemeur, sir Benjamin
D'Urban, het ewenwel die billikheid van die versoek van
die Kaapstadse ring erken en in sy skrywe aan die Britse
Minister van Kolonies daarop gewys dat alleen predikante
uit Skotland geboortig daarteen gekant was. Hy het daarom
sterk aangedring op die benoeming van gebore Kapenare,
hoewel hy tegelykertyd in ooreenstemming met die ring van
Graaff-Reinet aanbeveel dat alle predikante in staat behoort
te wees om ook in Engels te preek en dat hul daartoe verphg
moet word as 'n voldoende aantal Engelse ingesetenes daarom
versoek.
62) Sien De Zuid-Afrikaan van 15 en 29 April en 6 Mei 1836.
-ocr page 115-Die Minister van Kolonies, lord Glenelg, het op 26 Mei 1838
op die punt geantwoord. In beginsel was die Britse regering
dit met die versoek van die ring van Kaapstad eens, maar
nie onvoorwaardelik nie. ,,In weighing the respective
qualifications of Candidates, it will be of importance to bear
in mind the suggestion of the Graaff-Reinet Presbytery that
persons appointed to the Ministry of the Colonial Church
should be able at least to perform divine service in the
Enghsh as well as in the Dutch Language. Whether it may
be expedient to enforce the regular performance of the Service
in Enghsh once on every Sunday, is a question which must
depend on the relative number of the Inhabitants of each
Class. I observe that those Students in Theology whose
names are recorded as having studied in Europe, appear to
have done so exclusively at the Dutch Universities, and not
in this country. In this choice they probably have been
influenced by familiarity with the Dutch language and per-
haps by motives of economy, but I consider it an object
of some importance, that young men destined for stations
of so much influence in the Colonial society should, if
possible, receive, at least, a portion of their education in this
country; and for this purpose the Scotch universities afford
many advantages. I wish it therefore to be understood that
between Candidates whose quahfications are in other respects
equal, the Government would be disposed to give a preference
to those whose Theological Studies have not been exclusively
finished in a Foreign Country.quot; Die Kaapstadse ring het
van die beslissing van die Engelse regering kennis geneem
en dit van soveel belang beskou dat die goewerneur versoek
is om die nodige publisiteit daaraan te gee. Dié versoek
is toegestaan, en in die goewermentsblad van 26 April 1839
het 'n kennisgewing verskyn waarin die inhoud van die brief
van lord Glenelg opgeneem is.®^)
Ontevredenheid oor 'n plan van ds. Robertson.
Die tydige optrede van die moedergemeente in Kaapstad
het ongetwyfeld ook heelwat daartoe bygedra om 'n bedrei-
Dr. A. Dreyer: Boustowwe vir die Geskiedenis van die Neder-
duits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, dl. TH, blss. 381—7;
A. Moorrees: Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika,
i(gt;52—iSjs, blss. 590—I.
ging van die Hollandse Kerk uit 'n ander hoek af te weer
In sy memorandum oor onderwys van Augustus 1837 deel
die Koloniale Sekretaris, kolonel Bell, mee dat dit onlangs
aan die hand gegee is om weer 'n aantal onderwysers uit
Skotland te kry—,,but with this proviso, that all the
vacancies hereafter arising within the Dutch Reformed
Church withm this colony shall be supplied from amongst
these teachers, who must, consequently, be qualified as
teachers of religion before their arrival.quot;quot;*) Hierdie voorstel
was afkomstig van ds. William Robertson, predikant van
Swellendam, wat dit ook reeds enkele jare vroeër aan sir
Lowry Cole gedoen het.quot;=) Bell, wat pas 'n jaar gelede
die korrespondensie met die Kaapstadse ring oor die aan-
stelling van Skotse predikante gevoer het en kennis gedra
het van die goewerneur se gevoelens oor die saak, het
gelukkig die onbilhke van die voorstel ingesien en dit ook
uitdrukhk in sy memorandum uiteengesit. Hy het dit egter
me heeltemal van die baan geskuif nie, maar sir John
Herschel het m sy advies oor onderwys die plan afgekeur •«)
log het die vrees by die Hollandse koloniste bly hang dat
so n voorstel later nog eenmaal kon uitgevoer word.
_ Hoe na die saak hulle geraak het, blyk baie duidelik uit
n hoofartikel in De Zuid-Afrikaan van 3 April 1840, waar
van die onlangs benoemde Superintendent-Generaal van
Onderis James Rose Innes gesê word: „In de aanstelling
van Mesters of Onderwyzers, denken wy, veilig te mogen
zeggen, dat hy afblyven zal van dat gekke voorstel,-dat
tevens eene aanranding is op het gevoel van meer dan twee
derden der kolonisten, _ om Schotse Schoolmeesters voor de
Gouvernements Scholen in de Buiten-Distrikten aantestellen
met eene veAintenis om. hen als Leeraren der Hollandsche
He^ormde Kerk te benoemen, in geval van eenige Vacature
m hun Distrikt. Dit voorstel is op eenen zekeren tyd gedaan
en wy twyfelen waarlyk of wy de dwaasheid van zulk een
voorstel met verdiende spottemy behandelen, of lucht zullen
geven aan ons regtmatig gevoel van verontwaardiging over
bKgf^^'nbsp;quot;fnbsp;1863, App. V,
D-nbsp;: Die Nederd. Geref. Kerk in S -A bis ^87
bls^sf^-nbsp;°f co/. isg^'is: v,
-ocr page 117-de belediging eene Kerkelyke Gemeente aangedaan, welke
twee-derde der Koloniale bevolking uitmaakt. Ons bloed
kookt over de wreede indringing in de zaken onzer Kerk . . .
Wy zyn voor het tegenwoordige verzekerd tegen zulk een
duivelsch plcui, beide door het bekende liberale karakter van
onzen Superintendent Generaal en door het stellig en levendig
gevoel door de Leden der Hervormde Kerk aan den dag
gelegd, om met de onafhankelykheid en regten hunner Kerk
te staan of te vallen.quot; Die vasberade houding van die
Hollandse predikante en gemeentelede het tot gevolg gehad
dat daar, van regeringsweë altans, nooit weer Skotse leraars
vir die Hollandse Kerk ingevoer is nie. In 1837 was die
Skotte nog in die meerderheid, maar vanaf 1839 is weer
verskeie nuwe gemeentes gestig, waarin Afrikaners benoem
is; dit het dan ook nie lank geduur nie of die Hollandse
predikante het die Skotse in aantal ver oortref.
Engelse pers vra weer om Engelse dienste in Hollandse
kerk.
In die Sinode van 1842 is die besluit van 1834 omtrent
Engelse dienste in die Hollandse Kerk herhaal, maar groot
betekenis het dié dienste in die eersvolgende jare nog nie
gekry nie. Diegene wat gehoop het dat die Hollandse taal
nou binnekort ook op die kansels van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk vir Engels plek sou maak, was kennelik
teleurgesteld met die loop van sake en het eindelik in die
pers aan hul ontevredenheid uiting gegee. Omstreeks 1850
het dit vir baie mense werklik gelyk of Hollands dit binne
afsienbare tyd in die stryd teen Engels sou aflê, en die voor-
standers van Engels het dit die Hollandse Kerk kwalik geneem
dat hy op taalgebied nie vinnig genoeg met die stroom saam-
gaan nie. Die redakteur van The Cape of Good Hope
Observer het in sy uitgawe van 29 April 1851 die kwessie
aangeraak. ,,There can be no doubt,quot; skrywe hy, ,,that
it is a duty of the ministers of the Reformed Church, which
it is not justifiable in them to neglect, to introduce Enghsh,
which is fast becoming the language of the thoughts of their
people, into the devotions of their churches.quot; Dit word
beweer dat daar nou nie minder as tien of twaalf predikante
is nie wat volkome in staat is om 'n Engelse preek te lewer.
,.Is it too much to hope,quot; vra die redakteur dan, ,,that
G
English will cease to be an unheard tongue, if not an unknown
one, in the oldest church of this colony,—and that Cape
Town will set the country an honorable example?quot;
Die volgende dag was daar na aanleiding van die stuk
in die Observer 'n lang brief in die Commercial Advertiser
waarin ook vir die toelating van Engels in die Hollandse
Kerk gepleit word. ,,I think,quot; voer die korrespondent onder
andere aan, ,,that if the members of the Reformed Church
think seriously of the position of the younger portion of their
households, whose future public life will chiefly demand
intimacy with the English language, and whose education,
indeed, is at this very time almost a purely Enghsh one,
they will be obhged to admit the necessity for making some
provision of the nature alluded to.quot; Hierdie redenering,
die nood van die opkomende geslag, sou die voorstanders
van Engels preek nog baie jare as een van hul vernaamste
argumente aanvoer. ,,I am aware,quot; gaan die korrespondent
voort, ,,that some of the Ministers in the country do hold
periodical Enghsh services, _ but this is done, avowedly, for
the sake of resident Enghsh who have no other means of
public worship, and in some cases the practice seems to
have been discontinued on the arrival in the places in
question of Ministers of the Enghsh Church.quot; Ten slotte gee
hy dan aan die hand dat — „as a beginningquot; _ 'n gereelde
maandehkse diens in die Hollandse Kerk in Kaapstad ingestel
word.nbsp;quot;
Twisgeskryj oor Hollands en Engels.
Dit is te begrype dat die verdedigers van Hollands nou
ook hul stem laat hoor het. In De Zuid-Afrikaan van 12
Mei 1851 word die redakteur van die Observer deur 'n korres-
pondent onder hande geneem. „Zoudt gy welligt in uwen
yver voor de Engelsche taal niet wenschen,quot; vra die korres-
pondent hom, ,,dat ook de Bybel niet meer in het Hollandsch
m dit land worde verspreid, en al wat Hollandsch is, van
hier worde verbannen?quot; En dan laat hy daarop volg:
,,Houdt u verzekerd, dat hoe ook zekere heden de Holland-
sche taal geheel uit de kolonie zouden willen verbannen zien,
en hoe ook het woord Dutch door sommigen als een schimp'
naam wordt gebezigd, hun verlangen nimmer zal worden
bevredigd.quot; 'n Twisgeskryf het ontstaan waaraan verskeie
persone aan albei kante deelgeneem het. Uit die aard van
die saak het die briewe later nie alleen oor die invoering
van Engels in die Hollandse Kerk gegaan nie, maar ook
oor die hele kwessie van die posisie van die twee tale in
die land. Dit is duidelik dat die Engelse volle vertroue
gehad het dat die Hollandse taal uiteindelik heeltemal van
die toneel sou verdwyn. So skrywe 'n korrespondent uit
Beaufort in De Zuid-Afrikaan van 5 Junie 1851: ,,A single
glance at the progress made in English for the last twelve
years by those of Dutch descent is sufficient to expell the
absurd hallucination that the Dutch language will retain its
ancient ascendency in this colony;quot; en dan verder: ,,Every
dispassionate observer must, with regret, have noticed the
great disadvantages arising from the existence of the two
languages in the colony, and so long as both continue
colloquial languages, a certain unpleasant, undefinable, anti-
Dutch, anti-English feeling will prevail.quot; Die Hollandse taal
moet syns insiens egter nie deur dwangmaatreëls onderdruk
word nie. ,,Although an advocate for the more general
diffusion of English amongst all classes,quot; sê hy, ,,still I
would allow the Dutch language to slide away gently into
the grave of oblivion.quot;®') Sommige mense was dan ook
van mening dat hoewel dit nou miskien nog nie noodsaaklik
was om die Engelse taal tot die kansels van die Hollandse
Kerke toegang te gee nie, die jong geslag oor 'n twintig jaar
sonder twyfel veel beter Engels as Hollands sou verstaan,
en dat met die saak tot dan sou kan gewag word.®»)
Vertaling van Simboliese en Liturgiese geskrifte.
Hoe veel daar ook al oor die invoer van Engels in die
gereelde dienste van die Hollandse Kerk geskrywe is, het dit
nog 'n aantal jare geduur voordat iemand dit gewaag het
om met so 'n voorstel na die Sinode of na een of ander
kerkraad te kom. In die sinodale vergadering van 1852
het die kwessie van Engelse dienste nie ter sprake gekom
In die Observer van 13 Mei het die redalsteur beweer dat die
Franse taal aan die Kaap deur die Hollandse regering onderdruk is.
Reeds in die Cape of Good Hope Literary Gazette van Aug. 1834,
bis, 126, is die ,,onderdrukkingquot; van die taal van die Hugenote
indirek as regverdiging van die taalbeleid van die Engelse goewer-
ment aangevoer,
Sien o.a. die Zuid-Afrikaan van 15 Sept. 1851.
-ocr page 120-nie, behalwe dat daar 'n beskrywingspunt van ds. J. Murray
was: ,,Dat de H. E. Synode, ten gebruike onzer Kerk, eene
Engelsche Vertahng van onze Symbohsche en Lithurgische
Schriften doe vervaardigen en uitgeven.quot; Oor hierdie punt
is besluit om vir rekening van die Sinode die Engelse ver-
taling van die Formuliere, Kategismus, Kort Begrip, Gelools-
belydenis en Liturgiese Skrifte van die Nederduitse Gerefor-
meerde Kerk van Amerika te laat herdruk; en die kommissie
wat in 1837 benoem is, is opdrag gegee om vir die uitgawe
te sorg.quot;®) Dit is van belang om daarop te let dat die
beskrywingspunt van 'n seun van een van die ingevoerde
Skotse predikante afkomstig was.
F. Besluit
Die verengelsing van die Kaapse koloniste het veel meei
moeilikhede opgelewer as die Engelse owerheid aan die begin
van die neentiende eeu verwag het. ,,Import English teachers
and the next generation will be Enghshmen,quot; is in 1809 in
oormoed geskrywe,'quot;) maar na byna vyftig jaar was die
regering nog baie ver van sy doel verwyderd. Van verengel-
sing op die platteland was aan die einde van die tydperk in
hierdie hoofstuk onder behandeling nog weinig sprake. Die
poging om die koloniste daar deur middel van die skool (Skotse
onderwysers) en die kerk (Skotse predikante) in die Engelse
stroom te trek, het weinig opgelewer. Die boere op die plase
het buite bereik van die verengelsende invloed gebly.
Die naaste aan sy doel het die regering gekom in Kaapstad
en sy onmiddellike omgewing, soos lig te begiype is. Daar
kon die Engelse invloed hom deur die staatsdiens, die reg-
bank, die onderwys, die handel en die maatskaplike omgang
die sterkste laat geld. Tog was die aantal Afrikaners wat
hul in belangrike mate laat verengels het, selfs daar nog
maar uiters gering in vergelyking met dié wat aan die
Hollandse taal vasgehou het. Die toestand was egter verre
van gesond en die toekoms nie sonder groot gevaar nie. Die
nasionaliteitsgevoel van die ou koloniste was nog altyd
betreklik swak ontwikkel, en hul onderdanigheid en trou aan
6') Sien 00k De Kerkbode. 1853, bis. 278.
quot;gt;) Dr. E. G. Malherbe: Education in South Africa bis. s?.
aant. 8.
die Britse kroon was nie juis daarop bereken om hul eie
nasionale bewussyn lewendiger te maak me/') Teen 1854
was die manne wat die volwasse leeftyd bereik het voordat
die Kaap in 1806 vir die tweede maal in Engelse hande
oorgegaan het, reeds digby of oor die sewentig jaar, en die
derde geslag van Afrikaners wat onder geen ander as die
Britse vlag geleef het nie, was aan die opgroei. Die her-
innering aan die ou moederland was nie meer so lewendig
soos vroeër nie, en die noodsaaklikheid van hul voortbestaan
as aparte volksgroep, met 'n eie bestemming, het die ou
koloniste nog nie duidehk geword nie. Hoe langer hoe meer
Afrikaners in die stad het volledig tweetalig geword —die
eerste noodsaaklike stap in die rigting van verengelsing en
uiteindelike Engels-eentahgheid. Dit sou nie meer so heel
lank duur nie of die verengelste Afrikaner sou 'n belangrike
bondgenoot van die Engelse regering word in sy stryd teen
die Hollandse taal in die Kolonie. Aan hardnekkige verset
'1) Hoe weinig nasionaal bewus die Afrikaners, ook op die platte-
land, was, tree duidelik aan die lig wanneer ons die geskiedenis van
Suid-Afrikaanse dorpsname bestudeer. Dit blyk dat hulle nie alleen
nie ontevrede was met name soos George, Caledon, Beaufort, Somer-
set, Worcester, Clanwilliam, Prince Albert, Victoria, Darling, ens.,
ens., wat deur die regering aan pas gestigte gemeentes en dorpe
gegee is nie, maar ook dat' hulle self om meer sulke name aansoek
gedoen het. Die name Cradock, Colesberg, Durban{ville), Napier,
Richmond is op spesiale versoek van die ingesetenes self aan die
onderskeie dorpe gegee. Die kerkraad van Richmond wou vir hulle
gemeente en dorp eers die naam van die destydse goewerneur
Maitland hê; en toe dit hul geweier word, het hul gevra om dit
Richmond te mag noem, na die goewerneur se skoonvader. Ook
aan die manne van Burgersdorp is dit geweier om hul dorp die naam
Maitland te gee. Die geskiedenis van die dorpsnaam Wellington is
ook besonder leersaam. Toe die mense van die omgewing besluit
om van die Paarl af te stig, het hulle 'n plaas gekoop en daarop
'n kerk gebou. Aan die goewerneur het hulle gevra om sy eie naam
Napier aan die nuwe dorpie te gee. Die naam was egter reeds aan
'n ander pas gestigte dorpie toegesê, en toe vra hulle om die naam
Blencowe, ter ere van die goewerneur se skoonvader. Toe dit hulle
geweier word, het hulle die goewerneur gevra om dan self 'n naam
vir hul dorp uit te soek. Daarop het die plek sy naam Wellington
gekry. (Sien C. Graham Botha: Place Names in the Cape Province,
blss. 119 vlgg.)
teen algehele verengelsing het dit by baie egter geensins
ontbreek me. Die stryd sal hoe langer hoe feller word,
en hoe feller hoe interessanter.
In Aie Zmd-Afrihaan van 17 Okt. 1853 het daar na aanleiding
van die aankoms van 'n tweede Hollandse boekverkoper (Tuta') iS
Kaa^tad n hoofartikel oor die posisie van die Hollandse taal in
die Kolonie verskyn. Dié artikel is van besondere belang omdat
dit n mooi bevestiging bevat van wat in die voorafgaande bladsve
omtrent die houding van die ou koloniste teenoor die taalvraagstuk
meegedeel is. Die redakteur kla eers dat die duurheid van Hollindse
Doeke in vergelyking met Engelse en ,,de meer dan ooit te voren
op lingelsche leest geschoeide opvoedingquot; veroorsaak dat ,,de Hol-
landsche lectuur m den beschaafden stand al meer en meer op den
achtergrond geraakt,quot; en gaan dan as volg voort: ,,Dat men od
de scholen m de eerste plaats Engelsch leert keuren wy goed maar
daaruit volgt nog met dat men het Hollandsch afschafien moet
Men zegge vry het Engelsch is de taal der regtspleging in deze
kolonie en zal de taal worden van ons Parlement; wy stellen daar-
tegen, het Hollandsch is met alleen de taal van den huislyken kring
m verre weg het grootste gedeelte der kolonie, maar het is ook in
de Gereformeerde Kerk de taal van de kansel, en wy vertrouwen
dat zy het nog lang blyven zal. En waarby zou toch het gros
onzer bevolking het meest belang hebben, by de Regtzaal, het
Parlement of de Kerk? Zouden wy wel noodig hebben die vraag
te beantwoorden? Het is dan niet genoeg dat men gelyk in
sommige scholen in de Kaapstad het geval is, de Nederduitsche
taal duldt op denzelfden voet als elke andere vreemde taal. Men
behoort wel degelyk voor kinderen van Kaapsche ouders de gelegen-
heid daartestellen, om tegelyk met het Engelsch ook het Hollandsch
te leeren, als eene taal waarop wy eene zeer teedere betrekking
hebben. Nie alleen die taal nie, maar ook die letterkunde van
Nederland het vir die koloniste van Hollandse herkoms 'n blywende
waarde, veral in verband met hul volkskarakter. Oor die nasiona-
liteitskwessie sit die Zuid-Afrikaan dan sy standpunt as volg
uiteen: ,,Het is eene dwaling, die wy reeds meermalen bestreden
hebben, dat wy als Britsche onderdanen verpligt zouden zyn de
Bntsche nationaliteit de onze te maken. De kolonist van Holland-
schen oorsprong kan geen Engelschman worden, en moet ook geen
Nederlander willen zyn. Wanneer hy zyn standpunt weet te waar-
deren, dan zal hy als verlicht kolonist de grondtrekken van het
Engelsch volkskarakter met die van het Nederlandsche harmonisch
leeren vereenigen, en daardoor worden wat hy als Kapenaar worden
moet.
HOOFSTUK ni
(1854-1865)
. ^ ......
-ocr page 125-HOOFSTUK in
(1854-1865)
A. Inleiding: Nasionale Gesindheid
Gesindheid teenoor Engelse owerheid.
Op 5 Desember 1854 het sir George Grey goewerneur van
die Kaapkolonie geword. ,,He had the power,quot; sê Theal
van hom, , ,that only the greatest men possess, of reconciling
and bringing together bodies of people of conflicting views
and interests, and leading them on together in the same path
of progress. The old colonists who spoke Dutch regarded
him as highly as the new colonists who spoke English.quot;^)
Op politieke gebied was daar dan ook in Grey se regeringstyd,
wat met 'n kort onderbreking tot 15 Augustus 1861 geduur
het, betreklik min wiywing tussen die Afrikaanse en Engelse
seksies van die Koloniale bevolking. Die verontwaardiging
wat onder Kaapse Afrikaners gewek is deur die manier
waarop die Britse regering hom in Februarie 1854 aan die
Oranjerivier-Soewereiniteit onttrek het, het wel nog verskeie
jare bly nawerk, sodat daar in De Zuid-Afrikaan telkens
skerp artikels oor die Britse koloniale politiek verskyn het.
Ook die heftige wrywing wat daar in 1856 in die Vrystaat
tussen Boere en Engelse ontstaan het na aanleiding van die
verhoor en skuldigbevinding aan moord deur 'n republikeinse
hof van 'n Engelsman Charles Leo Cox, het sy uitwerking
in die Kolonie nie gemis nie. Die goewerneur het ewenwel
gou daarin geslaag om die vertroue van die Vrystaters te
Wen, en die moontlikheid van aanwakkering van nasionale
verdeeldheid in die ou Kolonie uit dié hoek het — vir die
oomblik altans — byna geheelenal verdwyn.^) Binne die
grense van die Kolonie self het die afskeidingsbeweging in
') History of South Africa from 2795 to i8j2, dl. IV, blss. 18—19.
In die jare na 1854 het die Zuid-Afrikaan, diep geskok deur
die manier waarop met die Soewereiniteit gehandel is, die Vrystaat
herhaaldelik gewaarsku om haar nie deur die federasieplanne van
sir George Grey te laat verlei nie. In 'n hoofartikel van 28 Apr.
1856 b.v. word die Vrystaat vereniging met die Transvaal aanbeveel.
die Oostelike Provinsie, waarvan nasionale vooroordele in hoë
mate die dryfveer was, tydelik sy krag verloor; en die hele
bevolking het onder die taktvolle bestuur van Grey 'n tydperk
beleef van materiële voorspoed en vooruitgang op velerlei
gebied.
Die simpatieke optrede van die goewerneur het ongetwyfeld
baie daartoe bygedra om die Koloniale Afrikaners oor die
algemeen gehegter aan die Britse kroon en trouer onderdane
van die Britse ryk te maak. Telkens vind ons getuienis
in die Hollandse koerante van die tyd — veral in die liberale
Volksblad. maar ook in die konserwatiewe Zuid-Afrikaan_
wat daarop wys. Die besoek van prins Alfred, tweede seun
van koningin Victoria, in Julie i860 aan die Kaap, Stellen-
bosch en die Paarl sal in die Boland veral die gevoel van
aanhanklikheid aan die Engelse koninklike huis nog versterk
het; maar die geesdrif waarmee die besoeker ook deur die
Afrikaners ontvang is, was tewens 'n bewys hoe geheg hul
reeds aan die koningin was. ,,The hearty reception which
was accorded to the royal visitor,quot; skryf Theal, ,,was suf-
ficient to show, if such proof had been wanting, that the
Dutch speaking colonists were as thoroughly loyal to her
Majesty the queen as any people not of English descent could
possibly be.quot;')
f f tnbsp;bemoeijenis aan den kant van Britsche ambtenaren
IS sterk aftekeuren, omdat zy niet verwacht kunnen worden de
wezenlyke belangen van den Vry-Staat ter harte te nemen Zy
een van twee beweegredenen: of door gewaan-
de menschhevendheid, welke hen noopt de inlanders te besdiermen
tegen summiere straf, hoe ruim ook verdiend, of door eene bemoei
zieke geneigdheid, welke derzelver oorsprong heeft in het vermetele
gevoelen, dat het, onder de Voorzienigheid, de taak der Engelschen
is alle geschillen te schikken welke onder de geslachten der aarde
plaats vinden. Het betaamt den Uitgeweken Boeren zich de geschie-
denis der laatste twintig jaren te herinneren — geen hatelyk gloeien
jegens de Engelschen te koesteren, want dit zou onchristelyk en
bekrompen zyn, maar alle betrekkingen te vermyden, behalve com-
mercieele, met de Britsche bezittingen in Zuid-Afrika quot; (Prof
Changuion was in hierdie tyd verantwoordelik vir die Zuid-Afrikaan
se hoofartikels, waarin meer as eens 'n taamlik sterk anti-Engelse
gevoel waar te neem is —sien o.a. ook die nommers van 21 Apr
12 Mei en 16 Okt. 1856.) In 1858 het gebeur wat die Zuid-Afrikaan
so graag wou voorkom, en is in die Vrystaatse volksraad 'n resolusie
ten gunste van federasie met die Kaapkolonie aangeneem. Van die
tederasieplanne van Grey het egter niks gekom nie.
=) History of South Africa from 1795 to 1872. dl. IV, bis. 2.
-ocr page 127-Verset teen bevoorregting van Engelse element.
By baie Afrikaners het die aankweking of versterking van
'n gevoel van trou aan die kroon en trots op hul Britse
onderdaanskap tot gevolg gehad dat hulle sover moontlik
alles laat vaar het wat hul van gebore Engelse sou kon
onderskei. Nie alleen politiek nie, maar ook kultureel wou
hul een word met die res van die Britse ryk. Met die groot
gros van die Afrikaners het dit egter nog lank nie so ver
gekom nie; en teen alle maatreëls wat daartoe kon strek om
hul hul Afrikaanse nasionaliteit te ontneem of die Hollandse
element in die Kolonie te verswak, het hul konsekwent in
verset gekom.
Deur baie is die staatsondersteunde immigrasie uit Groot-
Brittanje en Ierland wat in 1858 'n aanvang geneem het,
as so 'n maatreël beskou. De Zuid-Afrikaan, en ook Het
Volksblad, het daarvoor gepleit dat die immigrasie nie tot
persone uit die Britse eilande moes beperk bly nie, maar
dat ook koloniste uit Holland, Duitsland en Switserland moes
gehelp word om hul hier te vestig. In 'n hoofartikel van
29 April 1858 kla De Zuid-Afrikaan by voorbeeld dat hoe-
wel baie Afrikaners staatsondersteunde immigrasie uit Holland
wil hê, die regering blykbaar alleen Engelse wil help. ,,Dr.
Tancred had wel gelyk,quot; sê die blad dan, ,,schoon hy het
blykbaar in engeren en meer kerkelyken zin meende, — dat
de regering de kolonie wilde ver engelschen. En dat wil
niet alleen de regering; dat willen de Engelsche bladen, dat
willen vele Engelschen in de kolonie; en ronduit gezegd, wy
kunnen het hen niet kwalyk nemen. Maar wat wy, wat
alle Kapenaars van Hollandsche afkomst, die hunne afkomst
niet geheel verloochenen, wel kwalyk mogen nemen, is dat
leden van het Parlement, waarvan men verwachten mogt
dat zy al zulke praktyken ten toon zouden stellen, zich stil
houden.quot; Dit was nie die laaste keer dat Afrikaners sou
kla dat hul insigte en gevoelens nie deur hul verteenwoordigers
in die parlement vertolk word nie.quot;)
quot;) Reeds vroeg in 1856, in die uitgawe van 7 April, toe daar alleen
nog maar sprake was van staatsondersteunde immigrasie, het die
Zuid-Afrikaan gepleit vir immigrasie uit Holland, Duitsland en
Switserland liewer as uit Groot-Brittanje en Ierland. Die betrokke
artikel was nie juis vleiend teenoor die Engelse koloniste in die land
nie, soos blyk uit die volgende sitaat: ,,Wy onthouden ons van
Uit die sinspeling wat De Zuid-Afrikaan hierbo op die
woorde van ,,dr.quot; Tancred maak, blyk dat daar in hierdie
jare 'n gevoel bestaan het dat die Engelse Kerk deur die
regering bo die Hollandse voorgetrek word. Reeds in 1848
is na aanleiding van die vermeerdering met £1500 van die
Anglikaanse Kerk se jaarlikse toelae uit die Koloniale skatkis
heelwat ontevredenheid opgewek deur ,,de thans aangewende
poging, om de Engelsche Kerk boven de onze te begunstigen
en te bevorderen;quot;^) en die opbloei van die Episkopale Kerk
in die Kolonie in die volgende jare was nie daarop bereken
om die ongerustheid van die lede van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk tot bedaring te bring nie. In 'n hoof-
artikel in De Zuid-Afrikaan van 14 April 1857 word opge-
merk dat hoewel sir George Grey baie gewild is, daar dikwels
gekla word oor sy partydigheid vir die Engelse Kerk; en
dié partydigheid word direk in verband gebring met die
algemene beleid van die regering om die Afrikaners so gou
moonthk te verengels. ,,Wy houden de godsdienstige
proselyten-makery onzer Regering,quot; skrywe die blad, ,,voor
een deel, of liever een vorm, van een stelsel van nationale
proselyten-makery, wat de bevolking der kolonie geheel en
al Britsch zal moeten maken .... Nu, die partydigheid
voor Britsche denkbeelden en inzigten, die strekking om alle
kenmerkende trekken van onze koloniale maatschappy en
ons koloniaal karakter, die niet zuiver Engelsch zyn, uit den
weg te ruimen, keuren wy af; — en wy aarzelen des te minder
dit te kennen te geven, nu wy zien hoe sommigen onzer
medekolonisten op de ongerymdste wyze yveren tegen al wat
strekken kan om de betrekking tusschen deze kolonie en
het land, waar de meesten onzer van afkomstig zyn, te doen
voortduren.quot;quot;)
aanmerkingen nadeelig voor onze mede-kolonisten in het Oosten,
maar wy kunnen niet nala'ten te denken, dat, op welke respectabili-
teit zy ook roemen kunnen, zy dat in eene groote mate te danken
hebben aan hunne vestiging in deze Kolonie. Laten wy zorgvuldig
waken tegen eenigen invoer van Britsche Volksplanters by de groote
hoop.quot;
Sien De Zuid-Afrikaan van 15 Jun. 1848 en volgende nommers,
hoofartikels en korrespondensie.
8) De Zuid-Afrikaan sinspeel hier op die houding van 'n deel van
die Engelse pers, wat in die eersvolgende paragrawe bespreek word.
Engelse koerante teen alles wat Hollands is.
Waar die verengelsingsbeleid van die regering nog in sekere
mate gecamoufleer is om die Afrikaanssprekende bevolking
nie onnodig op te skrik nie, het die Engelse pers en 'n deel
van die Engelse koloniste in hierdie tyd op ongelooflik takt-
lose wyse te velde getrek teen alles wat nog Hollands was
in die Kolonie. Veral The Cape Monitor en The Cape Argus
het hul hierby onderskei. Die feit dat nog so baie Afrikaner-
seuns in Nederland gaan studeer het, was vir dié blaaie
en baie van hul korrespondente genoegsame bewys van die
ontrou en anti-Engelse gesindheid van daardie deel van diè
Afrikaanse bevolking wat nog nie geheelenal verengels was
nie; en die koms van enkele honderde behoeftige Nederlandse
kinders na die Kolonie onder die immigrasieskema van
Beelaerts van Blokland — in 'n tydperk toe duisende Britse
immigrante in die bloei van hul lewe met geld uit die
Koloniale skatkis hier gevestig is —was vir die ultra-Engelse
party in hoë mate onaangenaam. Dit is sir George Grey
erg kwalik geneem dat hy 'n dergelike versterking van die
Hollandse element hier toegelaat en selfs begunstig het, en
dit is hom openlik as sy besondere plig voorgehou om die
Kolonie geheelenal Engels te maak. ,,We by no means
subscribe to the sentiment that it is a governor's special
business to try and 'please all parties',quot; skrywe die Cape
Argus in 'n hoofartikel van 23 November 1858. ,,We think
he has a higher duty to perform than that .... Our aim
is to anglicize this colony, and that, we maintain, should
be the Governor's also.quot; Die Engelse word bestempel as
die ,,heersende rasquot; in die Kolonie, en die Argus pleit daar-
voor dat die regering dit op een of ander manier moet laat
blyk: ,,This is a British colony, and it is but right that
the British people should either enjoy some privilege, or
that the Dutch-descended people of the colony should forego
some privilege, so as to indicate where the right of possession
lies.quot; Voordat die Kolonie regtig Engels sal wees, moet die
,,vreemde elementquot; in die Engelse bevolking opgeneem word.
Die Hollanders aan die Kaap het geen rede om die verlies
van hul taal en nasionaliteit te bekla nie, besluit die blad,
want namate die Engelse element in die vorming van die
toekomstige Suid-Afrikaanse nasionaliteit 'n belangriker rol
speel, sal daardie nasionaliteit op 'n hoër peil kom te staan.
Veral die gehegtheid van die ou ingesetenes aan hul taal
en die kragtige verset wat van so baie kante gekom het teen
die invoering van Engels in die Hollandse Kerk, het die
geduld van die ekstremistiese Engelse tot die uiterste op die
proef gestel. ,,The language of the Cape!quot; vaar die Cape
Argus in 'n hoofartikel van 19 September 1857 uit. ,,As
if the miserable, bastard jargon, which is the vernacular of
this country, is worthy of the name of language at all; or
as if the Dutch, as spoken in Holland, and as used by the
Dutch clergymen in the pulpit, is properly understood by
two-thirds of their hearers. The Dutch of Holland is almost
a foreign language here .... But even supposing the
Dutch of Holland was the vernacular of this country, which
it is not, why seek to perpetuate it here in an English colony.
Dutch has no status amongst the languages of Europe.
Nobody ever learns it; and all ranks above the lowest in
Holland prefer to speak French .... The fact is, that
Dutch, with some very good points about it, is not an
attractive language. Very well fitted for pulpit eloquence,
no doubt, but shockingly unsuited for sentiment and
poetry .... Why seek to perpetuate it then? Why kick
against the pricks? The language of this country is destined
to become English; it is becoming more and more so every
day. Leave off hankering after Dutch schoolmasters; preach
English from your pulpits, and encourage your children to
learn and use, in familiar discourse, the language of
Shakespeare and Milton .... And you,quot; voeg die Argus
die Afrikaners toe, ,,whom fate has ordained to become liege
subjects of Her Majesty of England, may as well hasten
to become English in language, sentiment, and feeling, for
to that complexion must you come at last.quot; Die dag sal
aanbreek wanneer daar een Suid-Afrikaanse nasionaliteit sal
wees; ,,but it will be long after the Zuid-Afrikaan is defunct,
and not until the present atrocious vernacular of the Cape
has become a dead lingo. No time should be lost in achieving
this latter consummation. The poverty of expression in this
jargon is such, that we defy any man to express thoughts
in it above the merest common-place. People can hardly
be expected to act up to sentiments which the tongue they
use fail entirely to express. There can be no literature with
such a language, for poor as it is, it is hardly a written one.
There are many things . . . which will advance the moral
and social progress of the colony; but nothing will conduce
more to these great ends than the substitution of the English
language for the present Cape Dutch. Let, then,quot; bevee]
die blad ten slotte aan, ,,your language and your nationality
go, and believe us, you need not fear for your religion.quot;')
,,De Zuid-Afrikaanquot; se verweer.
In die tyd dat die felste aanvalle op die taal en nasionaliteit
van die ou ingesetenes van die Kolonie gemaak is, het De
Zuid-Afrikaan, met Changuion as skrywer van die hoof-
artikels, hom skrap geset en in sy verweer hom telkens op
die een stelling beroep: dat nasionaliteit, taal en godsdiens
onverbreeklik samehang en dat die een nie kan verwaarloos
word sonder om aan die ander afbreuk te doen nie. ,,Taal,
nationaliteit en godsdienst,quot; lui dit in 'n hoofartikel van
3 Augustus 1857, ,,is by elk volk ten naauwste verbonden,
zoo zeer dat als men de eerste afschaft, men de andere hare
kracht laat verhezen.quot; Die blad gee toe dat dit natuurlik
is dat die Engelse die Kolonie geheel wil verengels, en ook
dat die stoflike welvaart van 'n land vooruitgaan namate
die bevolking meer gelyksoortig is, maar laat dan daarop
volg: ,,Was die stoffelyke welvaart nu het eenige ding
waar men naar moet streven, dan zouden de Hollandsche
Afrikaanders zich geneigd kunnen voelen om met de Engel-
schen die zamensmelting te helpen bewerken. Maar niet
iedereen kan er toe besluiten om zyne nationaliteit aan zyn
voordeel of gemak op te offeren. Verkleefdheid aan de taal,
') Dit is verbasend wat in liierdie tyd nie alles in die Engelse blaaie
gedruk is nie. In 'n pleidooi vir die invoering van Engels in die
Hollandse Kerk onder die hoof ,,Dutch and Englishquot; in The Cape
Monitor van 14 Oktober 1857 kom b.v. hierdie stukkie voor: ,,You
neither speak Dutch, that is the pure old Holland vernacular, much
less would you soil your lips with the patois of the Hottentots about
ps. This I am sure is no offence, if I say you express your thoughts
in a way which is not recognised in your pulpits, is not read in
your books of law, does not figure in your scientific folios, and
far less is it recognised as a language of an enlightened peoole, for
It does not provide a decent vocabulary for the lowest of the low,
nor for the highest of the lofty .... It is one which is doing
you and your children incalculable harm. It cramps your thoughts.
It impedes your energies. It brings the blush to every modest
woman's cheeks, and makes the educated recoil with disgust too
pften. It corrupts the morals of your children, and befouls their
innocent expressions . . . . quot; I
de manieren en vooral aan de godsdienst onzer vaderen is
in de menschelyke natuur diep geworteld, en zulk een gevoel
wykt niet ligt voor berekeningen.quot; De Zuid-Afrikaan het
hom nie deur die Engelse koerante van sy standpunt laat
afbring nie, en enkele weke later, in die hoofartikel van 14
September 1857, lees ons weer: ,,Hoe erg nu ook sommigen
onzer tydgenooten op ons mogen schelden, wy zyn nog steeds
van gevoelen dat godsdienst en nationaliteit ten naauwste
verbonden zyn, dat naar mate de bewoners dezer kolonie
meer met Engelsche denkbeelden behebt en minder met de
Hollandsche taal bekend worden, ook de Nederduitsche Her-
vormde Kerk alhier zal achteruitgaan; en wy zyn overtuigd,
dat zoowel onze Regering als velen van hen, die ons het
ergst over onze verouderde denkbeelden bespotten, het in
dit opzicht met ons eens zyn.quot;')
Standpunt van ,,Het Volksbladquot;.
In die stryd tussen die konserwatiewe Zuid-Afrikaan en
die , ,progressiewequot; Cape Monitor en Cape Argus het die
liberale Volksblad—,,zoo geneigd,quot; volgens sy Hollandse
kollega, ,,om alle geschillen tusschen Hollanders en Engel-
schen met den mantel der liefde te bedekkenquot;_'n baie
versoenende houding ingeneem, ekstremistiese uitings aan
albei kante afgekeur en steeds gepleit vir verdraagsaamheid
en wedersydse toenadering, wat die so begeerde ,,zamen-
smeltingquot; {l'histoire se répètel) van Engelse en Afrikaanse
koloniste moet moontlik maak.®)
Toe die stryd oor die taal in die Nederduitse Gereformeerde
Kerk, tydelik altans, op die agtergrond geraak het, het 'n
') Aan die verdediging van die Hollandse taal teen die aanvalle
van die Engelse blaaie neem dikwels Hollanders deel wat nog maar
kort gelede na Suid-Afrika gekom het, baiemaal as onderwysers;
en in briewe van dié korrespondente kom ons die eerste boosaardige
opmerkings oor Engels teë (b.v. Het Volksblad, 24 Sept. 1857:
die Engelse taal is ,,wanklankig als het gekrol eener maartsche
katquot;!) — iets wat vroeër nooit in die Hollandse blaaie aangetref
is nie.
®) Sien o.a. Het Volksblad van 15 Jan., 13 Aug., 24 Sept., 10
Des. 1857 en 22 Jun. 1861. Die skrywers van die hoofartikels in
die Volksblad was destyds prof. Roderick Noble en né, hom adv.
F. S, Watermeyer, wat met 'n dogter van John Fairbairn getroud
was. Meer as eens is in die Zuid-Afrikaan gesê dat die Volksblad
nie die politieke sienswyse van die Afrikaners weergee nie.
belangrike oorsaak van twisgeskryf verdwyn. Mettertyd het
die aanvalle op die Afrikaners en hul taal ook minder geword
en het die stryd in die pers tussen die twee seksies van
die bevolking bedaar.'quot;) Die geskille was egter nog lank
nie opgelos nie, en die onenigheid kon maklik weer ewe
skerp as ooit te voorskyn tree — wat inderdaad ook gou
gebeur het.
Gebrekkige nasionaliteitsbesef van ,,De Zuid-Afrikaanquot;.
Hoe dikwels De Zuid-Afrikaan in die jare vyf tig ook al
die Afrikaans-Hollandse nasionaliteit teenoor 'n vyandige
Engelse pers verdedig het, mag ons nie aanneem dat die
blad dieselfde nasionaliteitsbesef gehad het as wat vandag
onder Afrikaners aangetref word nie. Die volledig nasionaal-
bewuste Afrikaner kan dit nie as die bestemming van sy
nasie sien dat dit eenmaal in 'n ander opgeneem sal word
nie, terwyl dit vir De Zuid-Afrikaan in hierdie tyd nog
vanself sprekend was dat dit sou gebeur. Waar die blad
beswaar teen gemaak het, was die vernederende dwang wat
op die Hollandse Afrikaner uitgeoefen is om sy nasionaHteit
oorhaastig prys te gee.
In 'n hoofartikel in die uitgawe van 6 Maart 1856 word
as voorbeelde van die diepgewortelde verskille tussen Suid-
Afrikaanse koloniste van Hollandse en Engelse herkoms
genoem die nasionale karakter, die taal en die godsdiens.
,,Er bestaat geen twyfel,quot; laat die blad daarop volg, ,,dat
in den loop der eeuwen ook deze zullen worden uitgewischt;
maar dit is een langzaam werk, en alle gewelddadige pogingen
om hetzelve te verhaasten, moeten derzelver doel missen . . .
In deze kolonie in het byzonder zyn er bemoei-allen, die
zich geroepen beschouwen om de vermenging van hunne
mede-kolonisten eensklaps te bewerkstelhgen . . . . quot; Dat
die uitwissing van alle verskille vir De Zuid-Afrikaan inder-
daad beteken het die opgaan van die Afrikaanse nasionaliteit
in die Engelse, blyk duidelik uit die volgende aanhaling uit 'n
hoofartikel van 21 Mei 1857: ,,Als een Engelschman van de
nationaliteit dezer kolonie spreekt, kan hy alleen Engelsche
nationaliteit meenen; maar spreekt een kolonist van Holland-
sche afkomst er van, dan meent hy stellig de Hollandsche.
Sien Het Volksblad van 22 Jun., 31 Des. 1861 en 22 Feb. 1862.
H
-ocr page 134-Nu is het duidelyk dat de Hollandsche nationaliteit in de
kolonie achteruitgaat en geheel moet verdwynen; maar even
duidelyk is het, dat die geheele zamensmelting, die alleen in
staat is om de Engelsche nationahteit er voor in de plaats
te stellen, het werk zal zyn, niet van Jaren, maar van
eeuwen.quot;
Versterking van posisie van Hollands.
Oor die algemeen het Afrikaners in hierdie tyd hul maar
weinig rekenskap probeer gee van wat die toekoms vir hulle
as nasie mag verborge hou. Uitsprake soos dié van De
Zuid-Afrikaan hierbo sal dan ook nie veel teëspraak uitgelok
het nie. Langsamerhand het toestande egter begin verander.
Aan die een kant het die verengelsing onder die Afrikaners
hand oor hand toegeneem; maar daarteenoor het diegene
wat aan hul eie nasionaliteit vasgehou het, ook bewuster
Afrikaners geword. Verskeie oorsake het daartoe meegewerk,
waaronder die instelling van 'n begin van selfregering en
die oplewing in die Nederduitse Gereformeerde Kerk as gevolg
van die stryd teen die Liberalisme wel die vernaamste was.
Die ontwikkeling van die Kolonie het die kulturele behoeftes
ook van die ou ingesetenes laat toeneem; en in dié behoeftes
kon, altans buite Kaapstad, nog alleen deur medium van
die Hollandse taal voorsien word.
In 'n hoofartikel van 27 Desember 1860 wys Het Volksblad
op die vooruitgang wat die Hollandse koerantewese in die
Kolome in die afgelope vyf jaar gemaak het, en vervolg dan:
„Kort voor het uitgeven van ons blad gaf de eenige vertegen-
woordiger der Hollandsche dagbladpers in de kolonie, zelfs
al bestreed hij hetgeen hij voor ultra-Engelsche strekkingen
hield, gaarne toe, dat het Hollandsch binnen een betrekkelijk
korten tijd in deze kolonie geheel in onbruik zou geraken;
en men weet dat hetzelfde insgelijks minder openlijk^i) door
velen gemaakt is, die al heel blijde zouden zijn geweest als
het geschied was. Thans twijfelen wij of wel eenig bewoner
dezer kolonie waarlijk gelooft dat de Hollandsche taal het
gaat afleggen. Zoowel zij die het voor eene noodzakelijke
11) Dat die voorspellinge wat deur die teenstanders van die
Hollandse taal omtrent sy toekoms in die Kolonie gemaak is nie
jms altyd ,,mmder openlijkquot; was nie, word bewys deur die sitate
uit die Cape Argus en die Cape Monitor wat hierbo aangehaal is
voorwaarde van den vooruitgang dezer kolonie hielden dat
zij zoo gaauw mogelijk geheel en uitsluitend Engelsch werd,
als zij die met spijt de taal hunner voorouders zagen plaats
maken voor hetgeen zij eene vreemde taal noemden, zijn
thans stellig reeds overtuigd dat hier steeds twee talen in
gebruik zullen blijven.quot; Het Volksblad maak hier 'n ver-
gelyking met die toestande in België, waar Frans die taal
van die parlement en die geregshowe is, maar waar Hollands
herleef het ,,wegens onderscheidene redenen, maar vooral
door de pogingen van een aantal uitmuntende schrijvers, wier
werken het volk een smaak voor Hollandsch letterkunde
hebben bijgezet.quot; Die redakteur wys met voldoening daarop
dat Het Volksblad in die vyf jaar van sy bestaan met goeie
gevolg vergroot en verbeter is, en dat die smaak in Hollandse
lektuur onder die Kapenaars toegeneem het namate beter
middels gevind is om daaraan te voldoen.
,,De toenemende belangstelling in de Hollandsche taal
onzer medekolonisten,quot; gaan die blad voort, ,,is naar ons
oordeel gedeeltelijk aan de vrije instellingen toe te schrijven
die wij van onze genadige Vorstin bekomen hebben. Een
vrij volk laat de taal, die het het gemeenzaamst in de ooren
klinkt, en waarin het zijn vroegste herinneringen heeft, zich
niet ontrooven. Zelfs aarzelen wij niet om veel van de
werkzaamheid, die zich den laatsten tijd in den boezem der
Nederduitsche Hervormde Kerk dezer kolonie geopenbaard
heeft, en die men vooral in eene menigte Hollandsche gods-
dienstige tijdschriften en boeken zien kan, aan den ver-
nieuwenden invloed der staatkundige vrijheid toe te schrijven.
Ook de toevloed van Hollandsche landverhuizers naar deze
kolome heeft het helpen beletten dat het Hollandsch hier in
onbruik geraakte.quot;'^)
Die toekoms van die Hollandse taal in die Kolonie was
egter nog lank nie verseker nie. Die opdraande stryd om
dit te handhaaf of regte daarvoor erken te kry ook in die
tien jaar tussen 1854 en 1865, sal ons nou meer in besonder-
hede moet nagaan.
12) Oor die invloed wat die Kerkstiyd gehad het op die oprigting
van Hollandse koerante en tydskrifte en die verspreiding van
Hollandse godsdienstige lektuur in die Kolonie, sien hieronder bis.
154. Uit 'n stuk soos die bowestaande blyk wat 'n warme patriot
B. J. van de Sandt de Villiers, die eienaar en uitgewer van Het
Volksblad, ten spyte van sy liberale standpunt tog was.
B. Die Taal in die Bestuur en die Openbare Lewe
Hollands in die Kaapse Parlement. Voorstelle en petisies.
In die vorige hoofstuk het ons gesien dat hoewel die uit-
sluiting van die Hollandse taal uit die Kaapse parlement
klaarblyklik as 'n heel natuurlike ding opgevat is juis deur
dié mense wat vir die erkenning daarvan sou kon geywer
het, baie Afrikaners op die platteland glad nie tevrede was
met die toestand van sake nie. Die raad deur De Zuid-
Afnkaan op 28 Julie 1853 gegee,'') naamlik dat die kiesers
van twee euwels die minste moet kies en geen lid na die
parlement stuur wat nie die Engelse taal kan praat nie, is
deur ten minste een kiesafdeling in die wind geslaan. Ons
vmd dat in die sitting van die Wetgewende Vergadering van
Vrydag, 16 Mei 1856, die heer Kruger, Hd vir Albert, verlof
vra om Hollands te praat in die parlement en om sy toesprake
m Engels te laat vertolk. Die versoek is deur die Speaker
afgewys omdat dit in stryd was met artikel 89 van die
konstitusie-ordonnansie.quot;) Daarop het ,,dr.quot; Tancred, lid
vir Clanwilliam, aangekondig dat hy die volgende Maandag
sou voorstel „that as the hon. member for Albert has
requested permission to address the House in Dutch to be
translated into English, by a translator. His Excellency the
Governor be requested to bring in a bill for the purpose.quot;'®)
Tancred het die aangekondigde voorstel blykbaar nooit inge-
dien nie; altans in die Votes and Proceedings en in die
koerantverslae word niks daaroor meegedeel nie.'«) Die
sitting was reeds byna afgelope, en die Hollandse taal het
dié jaar me weer in die parlement ter sprake gekom nie.
quot;) Sien hierbo, bis. 66.
Votes and Proceedings of the House of Assembly, no. 43 van
1856 bis 284, par. 7.—Prof. N. Mansvelt: De Betrekkingen
tusschen Nederland en Zuid-Afrika, bis. 26, gee verkeerdelik die
datum 16 April en deel mee dat Nieuwoudt die versoek ten behoewe
van Kruger gedoen het.
IS) The South African Commercial Advertiser and Caie Town
Mail, 17 Mei 1856.
'«) Tancred was nie juis die geskikste persoon om die belange van
Hollands in die parlement aan toe te vertrou nie. Dit is nie
onmoontlik dat hy dié Maandag nie by magte was om in die
parlement te verskyn nie.
Op 24 April van die volgende jaar dien Tancred by die
parlement 'n petisie in geteken deur 9 inwoners van Albert,
wat versoek ,,that the Proceedings in Parliament may also
be conducted in the Dutch language.quot; Dié petisie was egter
nie korrek opgestel nie, en die Speaker het die voorsteller
aangeraai om dit terug te trek, wat hy toe 00k gedoen het.quot;)
Drie weke later, op 13 Mei, bied Tancred weer 'n petisie
aan, nou geteken deur 99 inwoners van Albert, wat vra
,,that it may be permitted to any Member to address this
House in the Dutch language, on his application to do so;
and, also that when the Votes are to be taken, if any
Member shall desire to hear the question before the House
put in the Dutch language, as well as in Enghsh, it may
be done at the request of any such Member.quot;'®) Die
volgende dag stel Tancred, gesekondeer deur Kruger, voor
dat 'n Gekose Komitee aangestel word om die petisie van
die inwoners van Albert te oorweeg. Drie Engelse lede —
Abercrombie, Wiggins en Fairbairn — praat daarteen. Fair-
bairn het Tancred aangeraai om sy voorstel terug te trek:
die mosie sal in ieder geval afgestem word, en dit sou net
Votes and Proceedings, no. 12 van 1857, bis. 55, par. 5.
18) Votes and Proceedings, no. 25 van 1857, bis. 137, par. 4.—In
die Commercial Advertiser van 16 Mei 1857 word die inhoud van
die petisie uitvoerig gegee. Die ondertekenaars verduidelik dat in
hul distrik daar veel meer Hollands as Engels gepraat word en dat
die taalregulasie in die konstitusie vir hulle baie beswaar oplewer
— ,,a provision of the law which they did not desire to see altered,
as they felt satisfied that the greater number of the members found
it convenient and satisfactory. But they respectfully stated that
in some constituencies there may be persons not thoroughly conver-
sant with the English language, who are deterred from accepting
seats in the Legislature, although possessing the confidence of the
electors, by reason of their inability to'express their views in the
English language, or to understand clearly the questions on which
their votes are demanded, when these questions are put from the
chair solely in the English language. It followed that the petitioners
and others might sometimes be compelled to choose persons to
represent them, having their confidence in a less degree than others
merely because they are more conversant with English.quot; As die
petisionarisse se versoek toegestaan word, ,,it would be felt to be
an important privilege by some members, which they would not
be likely to abuse, but for the grant of which they would apply
only when they found it absolutely necessary for enabling them to
perform their important duties.quot;
sekere mense se gevoelens seermaak. Tancred het dit toe
gedoen.
Die kiesafdeling Albert het blykbaar nie gou moed verloor
nie, want die volgende jaar, op 15 April 1858, word weer
twee petisies ingedien, ,,praying that a law may be passed
permitting this House to be addressed as well in the Dutch
as the English language.quot; Die petisies is hierdie keer deur
Watermeyer ingedien; die eerste, onderteken deur 162 per-
sone, is gesekondeer deur Tancred, die tweede, met 32 onder-
tekenaars, deur dr. Abercrombie.^») Hierdie petisies het net
so min uitwerking gehad as die voriges. Die kiesers van
Albert moes toe ingesien het dat verdere pogings om sekere
regte vir Hollands in die parlement te verkiy, vrugteloos
sou wees en het nie weer van hul laat hoor nie.
Dit is opvallend dat toe die petisies en mosies oor die
Hollandse taal voor die parlement was, geen van die
Hollandse lede hom geroepe gevoel het om iets ten gunste
daarvan te sê nie; met uitsondering van Kruger kon hul
hulself blykbaar voldoende met Engels behelp en het hulle
hul ook nie eintlik oor die regte van Hollands in die bestuurs-
lewe bekommer nie. Ook het geen ander kiesafdeling verder
in die saak geroer nie —selfs nie dié wat deur die taalregulasie
verhinder is om die mees gewenste kandidaat na die parlement
te stuur nie. Dit sou byna vyf-en-twintig jaar duur voordat
hierdie belangrike onderwerp weer in die parlement ter sprake
kom.
Houding van die pers. Menings van korrespondente.
Dit is nie ininder opvallend dat die redaksies van die
Hollandse blaaie nooit belangstelling vir hierdie saak getoon
het nie; al wat ons vind, is 'n kleinerende opmerking in
Het Volksblad van i Oktober 1857 oor die petisie uit Albert,
na aanleiding van 'n wanvoorstelling wat daarvan in 'n
Engelse blad gegee is.
Intussen het plattelandse kiesers in verskeie briewe in die
Hollandse pers uiting gegee aan hul ontevredenheid oor die
taalbepaling in die grondwet, wat dit vir hul feithk onmoont-
lik maak om dié manne na die parlement te stuur in wie
Votes and Proceedings, no. 26 van 1857, p. 146 par lo-
Commercial Advertiser, 16 Mei 1857.
2») Votes and Proceedings, no. 26 van 1858, bis. 132, parr. 2, 3.
-ocr page 139-hul die meeste vertroue het. Onder die hoof „De Hollandsche
Taal in het Kaapsch Parlementquot; skrywe „Een Winter-
veldsche Boerquot; in Het Volksblad van 4 Desember 1856 dat
dit vir hom vreemd was om in die koerant te lees dat
die ingesetenes van Burgersdorp 'n memorie in orde maak
om die goewerneur te versoek om aan die heer Kruger die
gebruik van 'n tolk in die parlement toe te staan. Hy dink
dat dit beter sou wees vir die Hollandse bevolking van die
Kolonie om 'n memorie aan Sy Eksellensie te rig met die
versoek om aan 'n ieder lid van die parlement toe te laat
om dié taal te praat wat vir hom die gemaklikste is. Die
geskikste verteenwoordigers vir 'n kiesafdehng, kla hy, wil
dikwels weens die taalmoeilikheid die kandidatuur nie aan-
vaar nie, en daarom verloor die stemgeregtigdes alle belang-
stelling in 'n verkiesing.quot;)
Dit kan nie beweer word dat daar in die jare vyftig reeds
iets was wat ook maar enigsins gelyk het op 'n beweging
om die Hollandse taal in die parlement erken te kry nie.
Slegs langsamerhand sou die plattelandse Afrikaner ontwaak
tot die besef van sy verantwoordelikheid en sy regte onder
die nuwe regeringstelsel, en daarna eers sal die volk werklik
ernstig die behoefte gaan voel om hom in die parlement in
sy eie taal te mag uitdruk. Die enkelinge wat in die vroegste
jare vir die regte van die Hollandse taal in die parlement
opgekom het, is daarom ook tot antwoord gegee dat die volk
van sulke regte nie wil weet nie. So skryf iemand in De
Zuid-Afrikaan van 4 Januarie 1858 dat die meerderheid van
die bevolking Hollands praat en die volste reg het om die
gebruik van hul taal in landsake te eis; ,,maar dan bevreemdt
het ons,quot; gaan die korrespondent voort, ,,dat de volks-
meerderheid zich daarover nog niet heeft geopenbaard, want
indien zy zulks wilt, kan niemand haar beletten om langs
wettige wegen daarvoor te stryden. Er ligt dus by de volks-
meerderheid de overtuiging dat het overeenkomstig den toe-
stand der kolonie beter is Engelsch aantenemen voor 's lands
wettige taal, öf men is daaromtrent onverschillig.quot;
In die jare toe daar in die Engelse blaaie van die Kaap
so baie aanvalle op die Afrikaners en hulle taal verskyn het,
is daar ook meer as eens met veragting melding gemaak
van die ondergeskikte posisie wat Hollands in die lands-
21) Sien ook Het Volksblad van 31 Jul. en 2 Okt. 1856.
-ocr page 140-bestuur inneem. Dat sulke uitlatinge verset van die Hollandse
koloniste moes uitlok, is begryplik. Toe 'n korrespondent
in The Cape Momtor by voorbeeld op 'n keer verklaar dat
artikel 89 van die konstitusie-ordonnansie waardeur Hollands
uit die parlement, uitgesluit word, verstaanbaar en goed is
het iemand onder die skuilnaam „Dopperquot; in De Zuid-
Afrtkaan van 6 Mei 1858 as volg daarop geantwoord:
„Wanneer allen, wier moedertaal Hollandsch is, met ver-
eemgder stem dezulken tot leden van het Parlement be-
noemen, die geen Engelsch kunnen of willen spreken; nog
meer, wanneer zy allen zich rondborstig uitspreken in deze
maniere : wilt gy ons Hollandsch of Kaapsch niet toelaten,
da^ zullen wy ook ons geld niet zenden; dan komt ook ons
geld met m uwe pakhuizen en winkels,' enz.,—indien dit
gebeurde (en wie kan verzekeren, dat het nooit gebeuren
zal?), dan zou men het blaadje omkeeren; dan zou men
zeggen: Ach, die paragraaph 89 is onverstaanbaar en slecht quot;
bulke kragtige stukke, waarin dit voorspel word dat die
Hollandssprekendes nog eendag sal saamstaan om hul te
verset teen die agterstelling van hul taal in bestuursake het
weliswaar nog maar selde in die koerante verskyn maar
lewer tog getuienis van wat daar toe reeds hier en daar in
die land deur versiende persone as moontlik geag is in die
toekoms.
Briewe van Hollanders.
Ongelukkig het korrespondente in hierdie tyd slegs bv
hoe uitsondering hul briewe met hul eie naam onderteken-
maar te oordele na die taal waarin die briewe gestel is is
dit baie waarskynlik dat die stukke waarin die mees ont-
wikkelde nasionale gevoel tot uiting kom en waarin die
Atrikaners op die mees doelbewuste manier aangespoor word
om op te kom vir hul taalregte, deur Hollanders geskrywe
is. Veral nd 1850 het Hollandse onderwysers van 'n goeie
gehalte viy dikwels na die Kolonie gekom en hul op die
platteland gevestig;quot;) en die invloed wat hul op hul om-
gewing uitgeoefen het, moet van groot betekenis geag word
Veel beter as die betreklik onontwikkelde Afrikaanse boere-
vanlsifrr^^.lT?'^'quot;'' '^Vnbsp;Education
aan die^nbsp;« «melding van Hollandse onderwysers
aan aie „h-lementary Schoolsquot; van die platteland.
-ocr page 141-bevolking het hulle die ongerymdheid en die onbillikheid van
die uitskakehng van Hollands as bestuurstaal ingesien, en
hulle het in die Hollandse pers hul gevoelens daaroor uit-
gespreek. 'n Mooi voorbeeld hiervan het ons waar 'n korres-
pondent in De Zuid-Afrikaan van lo Oktober 1861 kla dat
by die opening van die Graafï-Reinetse Athenaeum in die
Nederduitse Gereformeerde kerk feitlik al die verrigtings in
Engels plaasgevind het.
,,Dat men het hier doordryven wil om alles in de Engelsche
taal te behandelen,quot; skr5rwe hy, ,,is zeer nadeelig voor het
land; een meer dan vyftigjarige ondervinding heeft genoeg-
zaam doen blyken dat het onmogelyk is om de Hollandsche
taal uit te roeyen, en daar er nu gedurig meer Hollanders
bykomen, wordt de taal reeds veel beter gesproken als toen
ik in dit land gekomen ben. —Ofschoon men zeer goed weet,
dat de kans van jaar tot jaar kleiner wordt en de verkeerde
handelwyze met zeer veel moeite, tydverlies en noodelooze
uitgaven vergezeld gaat, wil men toch niet toegeven, maar
het onmogelyke beproeven en volhouden. Voor een opmerk-
zame toeschouwer valt zulks nergens meer in het oog, dan
met den rondgaanden regter. — Ofschoon de edele regters
Cloete en Watermeyer even zoo goed Hollandsch als wy
kunnen spreken, zoo wordt alles in het Engelsch behandeld;
derhalve, de regter kent Hollandsch, de advokaten en
procureurs kennen Hollandsch, meest al de beschuldigden,
de getuigen, de jurie, de toeschouwers verstaan niets anders
dan de Hollandsche taal; nu legt er een getuige zyne ver-
klaring in de genoemde taal af; de regter verstaat dit alles
zeer goed, doch de tolk moet het den regter weder in de
Engelsche taal vertolken. Zulks gaat soms zoo onnaauw-
keurig dat de regter, die het zelve beter verstaan en begrepen
heeft, met de vertaling behulpzaam is. Heeft regter Cloete
in het Engelsch gesproken, dan spreekt ZEd. de jurie weder
in de Hollandsche taal aan, opdat zy een goed begrip van
de zaak kunnen hebben; soms zyn het belangryke zaken waar
iemands leven mede gemoeid is. Werd het in de Hollandsche
taal gedaan en in het Engelsch vertaald voor diegenen die
niet met de Hollandsche taal bekend zyn, dan zoude het
werk soms in de helft van den tyd afgedaan kunnen worden.
,,Met het Parlement is het hetzelfde. De beste, de kundigste
en de yverigste van de kolonisten, die zeggen kunnen het
IS niet alleen de geboortegrond van my, maar ook van myn
voorouders, kunnen geen lid van het Parlement worden als
zy met vlug met de Engelsche taal bekend zyn; vele hebben
er wat van geleerd, doch hunne denkbeelden zoo goed als
in hunne moedertaal uitdrukken, kunnen zy niet; ook willen
zy met tot spot van een ander zyn; derhalve moet hun vader-
and hunne diensten missen en komen er soms voor hun
leden, die wel zeer loyaal, maar ook zeer weinig met de
behoeften van de kolonisten bekend zyn ... . Waarom
wordt er geen werk van gemaakt dat de Hollandsche taal
weder hersteld wordt? Ik geloof dat zulks volgens de
constitutie van dit land geschieden kan.quot;quot;)
,,Offisiëlequot; mening onder Afrikaners.
Die manne wat omstreeks 1860 so kon skrywe, was hul
tyd verskeie jare vooruit en sou met reg ,,eensame taal-
stiyersquot; kon genoem word. Die „offisiëlequot; mening onder
die Afrikaners was nog altyd dat die Hollandse taal as
hmstaal, as godsdienstaal en in die algemeen as kultuurtaal
sy plek het in die Kolonie, maar nie as taal van die staats-
bestuur me. „Ofschoon de Hollandsch sprekenden natuurlijk
hunne taal liefhebben en trachten haar te beoefenen en
hunne letterkundige gemeenschap met het vroegere vaderland
op te houden,quot; skrywe Het Volksblad nog in 'n hoofartikel
van 15 September 1864, -is het staatkundige overwigt der
Engelsche taal nogtans eene zoo uitgemaakte zaak dat de
vraag nooit kan ontstaan, welke taal gebezigd zal worden
in het gemeenschappelijke Parlement van Zuid-Afrika als
we immer er een krijgen.quot;
Hollands-eentaligheid van platteland; verengelsing van
Kaapstad.
Dit is van belang om daarop te let dat die meeste besware
teen die agterstelling van Hollands gekom het uit die distrikte
wat ver van die Kaap geleë was. Hierdie streke het die
Engelse mvloed nog die minste gevoel en was byna nog
Die skrywer van hierdie stuk is waarskynlik dieselfde as Hie
persoon wat uit Graaff-Reinet onder die skuilnaamnbsp;' plddoo e
''''nbsp;^^nbsp;^ol^'blad van 24 ën 31 T? Xö
en 2 Oktober 1860 geskrywe het. „Batoquot; het, soos blyk uit een
van sy briewe, in 1851 hier aangekomnbsp;^
geheel Hollands-eentalig. Hoeseer dit die geval was, word
mooi geïllustreer deur 'n petisie wat op 8 November 1856
deur 9 veldkornette van Graaff-Reinet aan die goewerneur,
sir George Grey, gerig is. Hulle verklaar dat hulle geen
Engels ken nie en versoek dat alle bestaande wette van die
parlement en dié wat in die toekoms sal aangeneem word,
ook in Hollands mag gepubliseer word.
Dit sou verkeerd wees om aan te neem dat streke nâ aan
die Kaap reeds taamlik aan die verengels was. Karl Scherzer,
wat in 1857 in die Kolonie gereis het, merk op: ,,Stellenbosch
bewahrt noch vollständig den Typus eines holländischen
Städtchens .... Nirgends ist eine Spur englischen Ein-
flusses wahrnehmbar.quot; Daarenteen noem hy die Kaap vol-
kome verengels: ,,Das englische Element . . . hat hier in
der Hauptstadt das ältere holländische Element vollständig
verdrängt .... Man merkt es der Capstadt kaum mehr
an, das sie von Holländern gegründet wurde.quot;2®)
Alle waarnemers is dit daaroor eens dat die Kaap teen
i860 al baie sterk verengels was. Veral reisigers wat maar
'n kort tyd hier gebly het en alleen met die meer voor-
aanstaande inwoners en die handelsbevolking in aanraking
gekom het, was hiervan sterk onder die indruk. ,,The
population, though principally Dutch, is much Anghcized;
and English, chiefly, is spoken,quot; skryf A Traveller in
1859.2') Ander buitelanders, wat langer hier gewoon het
en die bevolking van Kaapstad in die algemeen beter leer
ken het, het wel gevind dat die boonste lae van die maat-
skappy verengels was, maar dat die klein burgery nog
heeltemal Hollands gebly het. So skryf A. Haussmann, wat
Franse konsul aan die Kaap was: ,,Le Hollandais fonction-
naire, le Hollandais homme du monde de Cape Town, a
généralement adopté les allures britanniques. Il affecte en
société de parler anglais et le parle, en effet, très-correctement.
Membre du parlement colonial, il accomplit ses devoirs
législatifs de la manière la plus louable et la plus loyale.
Est-ce à dire pour cela qu'il n'ait pas conservé au fond du
coeur une vive et sincère affection à la patrie et à la
2=) Reise der Oesterreichischen Fregatte Novara um die Erde,
dl. I, blss. 180, 192.
2®) To India and back by the Cape, bis. 16 (noot).
-ocr page 144-nationalité de ses ancêtres? On ne saurait lui en faire un
mme. Quant au Hollandais de la petite bourgeoisie au
Hollandais fermier ou petit commerçant du Cap, il est bien
encore, à quelques exceptions et à peu de chose près, le
contemporain de Van Riebeek, fondateur de la colonie
Met die oog op die verdere deel van die hoofstuk, waarin
die taaltoestande in die onderwys en in die Kerk behandel
word, IS dit van belang om hierdie feite in herinnering te
C. Die Taal in die Onderwys
Voortsetting van verengelsingsbeleid.
Op die gebied van die onderwys het die taalstryd voort-
geduur ongeveer soos dit begin het kort na die invoer
van die stelselmatige verengelsingsbeleid deur lord Charies
Somerset in 1822. Hoofdoel van die Koloniale onderwvs-
stelsel het gebly om die Hollandse Afrikaner Engelssprekend
te maak, en alles is daarop ingerig en alles daaraan opgeofïer
bo veel moonüik Engels, so min moonthk Hollands en so
gou moonthk Engels as medium van onderwys was deur-
gaans die leuse. In die stedelike gebiede, waar die meeste
Afnkaners teen hierdie tyd reeds tweetahg was, het die
kortsigtige beleid me meer sulke vernietigende invloede op
die onderwys gehad me; maar op die platteland het dit nog
onberekenbaar baie kwaad gedoen en die skole wat die taal-
voorskrifte van die regering getrou nagekom het, tot bvna
nuttelose inrigtmgs gemaak. Hoewel voorstanders van die
verengelsingsbeleid nie wou erken waar die fout lê nie is
dit tog allerweë gevoel dat die Kaapse onderwysstelsel 'nie
deug me; en dit was een van die eerste dade van die pas
ingestelde pariement in 1854 om 'n Gekose Komitee te
ofTrca'tin.-T'®^^^
Souvenirs du Cap de Bonne-Espérance. bis
Voorsitter van die komitee was John Fairbairn en die ander
lede was die here Watson, Solomon, Grisbrook en SteS)n
Gekose Komitee gee geen aandag aan taalvraagstuk nie.
,,De Zuid-Afrikaanquot; ontevrede.
Die Hollandse Afrikaners het altyd baie belang in die
kwessie van onderwys gestel, en oor byna geen saak is in
De Zuid-Afrikaan van 1854 en volgende jare so veel geskryf
as juis oor daardie onderwerp nie. Uit die aard van die
saak het die taalvraagstuk hul besondere aandag geniet; en
toe die Gekose Komitee deur die parlement benoem is, het
De Zuid Afrikaan in 'n hoofartikel van 24 Juhe 1854 as
een van die vrae wat die Komitee hom behoort te stel,
genoem: ,,Behoort een Gouvernements School geen onder-
wys te verschaffen in de Hollandsche zoowel als in de
Engelsche taal?quot; Aan dié vraag is egter deur die eensydig
saamgestelde kommissie geen behoorlike aandag geskenk nie.
Hul rapport het in Mei 1855 verskyn en is baie ongunstig
deur De Zuid-Afrikaan ontvang.
Die blad het die rapport in 'n reeks artikels aan 'n nou-
keurige kritiek onderwerp en in die uitgawe van 28 Mei 1855
'n uiteensetting gegee van wat syns insiens die vernaamste
gebreke van die bestaande skoolstelsel is. Onder andere lees
ons daar: ,,Het onderwys is niet altyd ingerigt naar plaatse-
lyke vereischten. Wy moeten zeer mistasten indien de
Hollandsche taal niet werkelyk in de meeste Gouvernements
Scholen is uitgesloten. Dit is van weinig belang in localiteiten
waar Engelsch even heerschend is als Hollandsch; maar
overal waar het Hollandsch nog de taal is van de menigte
des volks, is het gevolg dat het middel om kennis mede te
deelen aanmerkelyk vertraagd wordt, omdat de onderwyzer
en leeriing verschillende talen spreken. Het gebouw van
opvoeding, gelyk de Toren van Babel, kan niet voortgaan
van wege 'de spraak-verwarring.'—Of hoofd-onderwyzer of
assistent behoort eene behoorlyke kennis van de Hollandsche
taal te hebben, niet zulk eene oppervlakkige als hy in een
paar maanden kan opdoen, en welke hy dikwerf te danken
heeft aan de meest ongeletterde leden der maatschappy, maar
eene grammatikale kennis van de taal.quot;^') Soos so dikwels
Changuion, wat hoogs waarsljynlik ook die skrywer van hierdie
artikel is, het in sy getuienis voor die Gekose Komitee o.a. voor-
gestel: ,,In localities where Dutch is chieüy spoken, a preference
shall be given to an assistant understanding that language, especially
in die veriede word daar weer nadruk op gelê dat die
Afrikaners nie teen die aanleer van Engels is nie, maar dat
hulle ook onderwys in die Hollandse taal wil hê, terwille
van die godsdiens. ,,De menschen zyn niet onwillig hunne
kinderen Engelsch te laten leeren,quot; verseker De Zuid-
Afrikaan; ,,integendeel, zy stellen er hoogen prys op; maar
hunne kinderen zyn in de Hollandsche Kerk gedoopt en
moeten godsdienstig onderwys in de Hollandsche taal ont-
vangen, en het is eene grievende teleurstelling voor ouders
te zien dat, wanneer de tyd voor hunne kinderen aanbreekt
om onderwezen te worden in die waarheden, van eene kennis
waarvan hun tydelyk en eeuwig welzyn afhangt, zy niet in
staat zyn hunnen geestelyken voorganger te begrypen en
bevoegd om proselyten te worden voor eenige kerk, alwaar
zy onderwezen kunnen worden door middel van eene taal
welke zy verstaan.quot;-'quot;)
Verset teen verengelsende onderwys.
Duideliker as ooit tevore is dit ingesien dat die onderwys
deur die staat misbruik word om die Afrikaners hul
nasionaliteit te ontneem, en verset daarteen het nie uitgebly
nie. Veral teen die gedwonge onderwys van Engels op die
laer skole is sterk beswaar gemaak. ,,Zy nu,quot; skiyf 'n
korrespondent oor die openbare onderwys in De Zuid-Afrikaan
van 13 Julie 1854, ,,die ä tort et ä travers de Afrikanen
in Engelschen willen metamorphoseren, zullen ongetwyfeld
er op aandringen, dat de Engelsche taal op de lagere scholen
worde ingevoerd.—Dan, of zy daardoor het beoogde doel
zullen bereiken, is hoogst onwaarschynlyk. Het gaat zoo
gemakkelyk niet de nationaliteit van een volk te veranderen,
when the head master is ignorant of Dutch.quot; (Minutes of Evidence
taken before the Committee of the House of Assembly on Education,
1855, bis. 12.)
3quot;) Vergelyk in verband hiermee ook nog 'n opmerking in De
Zuid-Afrikaan van 30 Sept. 1853: ,,De Kaapsch Hollandsche
Kolonisten zyn er, vooral in de Buitendistrikten, teregt zeer trotsch
op om de taal hunner vaderen, waarin zy hunne godsdienst be-
oefenen, staande te houden; maar zy gevoelen de noodzakelykheid
desniettemin om zich de taal van het Gouvernement, onder welks
bewind zy staan, eigen te maken.quot; Om dié rede lê die blad daar
nadruk op dat onderwysers wat uit Holland kom, ook grondige
kennis van Engels behoort te hê.
en dit wordt geenzins bereikt enkel door hun eene andere
taal te leeren.quot;
Ook wat die hoër onderwys betref, is die gevare van
denasionalisering ingesien en het korrespondente in De Zuid-
Afrikaan daarop gewys. In die uitgawe van 2 April 1855
skryf ............tquot; [Van Oordt ?] dat baie jong Afrikaners
nog in Holland gaan studeer, ,,en ieder Kapenaar, die niet
al wat er nog Hollandsch in deze kolonie is, geheel Engelsch
wil zien worden, moet dit wenschelyk achten.quot; Wat die
Athenaeum in Kaapstad betref, kla die korrespondent: ,,De
graad en opleiding, die men aan het College hebben kan,
is geheel Engelsch. Het komt er alles op neer om van
den kweekeling een gentleman, een beschaafd Engelschman,
te maken .... Mogten de eigenlyke Kapenaars hun volks-
karakter toch niet geheel laten te loor gaan door by zulke
vraagstukken als dat over het onderwys, lydelyk te
blyven.quot;'')
So erg lydelik was die mense betreffende die skoolstelsel
dan ook nie, want De Zuid-Afrikaan van hierdie jare is
vol klagtes oor die siegte onderwys, veral op die platteland.
Die tema van die briewe is deurgaans: Daar word in
goewermentskole geen behoorlike voorsiening gemaak vir
31) Die buitengewoon lewendige belangstelling van De Zuid-
Afrikaan in hierdie tyd in alles wat die onderwys betref, sal vir
'n groot deel daaraan te wyte wees dat so 'n geesdriftige opvoed-
kundige as Changuion toe die skrywer van die hoofartikels van die
blad was. Hoe Changuion oor die onderwystoestande in die Kolonie
gedink het, blyk baie duidelik uit die raad wat hy op 28 Mei 1856
in 'n hoofartikel in die Zuid-Afrikaan aan die uitgeweke Boere in
die pas gevormde republieke gegee het: ,,Laten de geschiedenis en
taal hunner Hollandsche voorouders in hunne scholen geleerd
worden; aldus zullen zy den grondslag leggen van eene letterkunde
en nationaliteit in overeenstemming met hunnen oorsprong en de
erfelyke neiging van hun vernuft. Alle ontwikkeling welke niet
ontstaat uit inwendige uitbreiding, is onnatuurlyk en bedriegelyk,
en een stelsel van opvoeding hetwelk niet gegrondvest is op het
nationaal karakter, zal zeker blyken eene mislukking te zyn ....
Er heeft eenigen tyd geleden een gerucht geloopen dat de President
in briefwisseling was met een Schotschman in deze kolonie, die de
belangryke taak zou worden opgedragen om een stelsel van openbare
scholen voor den Staat te organiseren. Indien de President zulk
een plan konde voorstellen en de toestemming van zynen Raad
bekomen om hetzelve uittevoeren, zou het by verre beter zyn voor
den onafhankelyken Staat, zich by petitie tot de Koningin van
Engeland te wenden, om te worden geannexeerd^ aan het Britsche
Ryk en opgenomen onder de bescherming der Britsche vlag.quot;
onderwys in Hollands nie, wat broodnodig is, en die onderwys
in Engels is ellendig. Engelse onderwysers wat geen Hollands
ken nie, kan die Hollands-Afrikaanse kinders geen Engels
leer nie. Op 19 November 1855 skryf die redakteur van
De Zuid-Afnkaan ■. ,,Wy zouden niet beschouwd willen
worden als de waarde der Engelsche taal gering te schatten,
maar wy beweren dat een jongen die alles opoffert om de
Engelsche taal te leeren, en het op stuk van zaken in het
geheel niet leert, een slechte koop doet;quot; en op 27 September
van dieseHde jaar hel die verderflike skoolstelsel 'n korres-
pondent in De Zuid-Afrikaan in wanhoop laat uitroep:
,,Hoewel men van een Afrikaander nooit een Engelschman
maakt, echter zal men toch wat van hem maken.quot;'2)
Die regering het hom egter doof gehou vir al hierdie
klagtes; en toe vroeg in 1857 'n wetsontwerp gebaseer op
die aanbevelings van die Gekose Komitee van 1855 by die
parlement ingedien word, was daarin geen die minste tege-
moetkoming aan die wense van die Hollandssprekendes te
bespeur nie. Die oordrewe ywer om die hele Kolonie so gou
moontlik deur die onderwys Engels te maak, het die mense
daarvoor verblind dat die veronagsaming van die wense en
gevoelens van die ou ingesetenes die saak van die onderwys
hopeloos belemmer en 'n vername oorsaak is van die agter-
uitgang van die goewermentskole.
„De Zuid-Afrikaanquot; sit stryd vir Hollands voort.
Teen die onwil van die Engelse regeringsmag om iets vii
die Hollandse taal te doen, kon De Zuid-Afrikaan as ver-
tolker van die Afrikaner-standpunt ongeveer niks uitrig nie;
tog het die blad daar nie van moeg geword om steeds met
krag sy oortuiging uit te spreek en vir die Afrikaner-belange
op te kom nie. In die uitgawe van 30 April 1857 verskyn
weer 'n hoofartikel oor die Kaapse skoolstelsel en die verval
van die regeringskole. ,,De reden van dit verval,quot; lees
32) In die Zuid-Afrikaan van i5 Aug. 1855 skryf 'n korrespondent
na aanleiding van die goewermentskole: ,,Dit weten wy, dat over
het geheel genomen, het onderwys op dezelve zeer ondoelmatig is
tamers het bepaalt zich by de Engelsche taal, terwyl toch dé
Hollandsche, in den tegenwoordigen stand van zaken, onmisbaar is
en de kinderen, na eenige jaren op dezelve doorgebracht te hebben
het is waar, menig Engelsch boek lezen kunnen, maar by ongeluk
daarvan met het minste verstaan.quot;
ons daarin, ,,moet gezocht worden in innerlyke gebreken
van het stelsel die het van zelf van het begin af by het
volk gehaat moesten maken. Die gebreken zyn drieërlei.
Vooreerst was er by de Regeringsscholen niet de onderschei-
ding van klassen, die aan elk welgeordende maatschappy
eigen is, en die, om plaatselyke redenen, in koloniën nog
sterker uitkomt dan in Europa. Zy hadden het zich ten
doel gesteld, om naast de boeren kinderen, die onze koloniale
aristocratie vormen, ook de kinderen der bedienden te onder-
wyzen, die maar kort geleden hunne slaven geweest waren.
Ten tweede beleedigden de Regerings-scholen het gevoel van
de Hollandsche Afrikaanders, door slecht of byna in het
geheel niet te voorzien in het onderwys in de Nederduitsche
taal —de taal waarin zy den bybel lezen en hunne leeraars
hooren prediken .... Ten derde hadden de Regerings
onderwyzers, die vreemdelingen en regerings dienaren waren,
weinig gemeen met de ouders, voor wier kinderen zy te
zorgen hadden . . . .
Oor Rose Innes, die Superintendent-Generaal van onder-
wys, was De Zuid-Afrikaan se oordeel nog altyd gunstig.
In 'n bespreking van Innes se rapport oor 1855 en die eerste
helfte van 1856 sê die blad dat die Superintendent dit
ongetwyfeld goed meen met die onderwys van Hollands o'p
die regeringskole; maar om te slaag, moet onderwysers en
regering help. ,,Nu is het duidelyk,quot; volg daar dan op,
,,dat van Schotsche Onderwyzers, die met het Hollandsch
weinig of niet bekend zyn, niet verwacht moet worden dat
zy er zich veel moeite voor zullen geven, en in eene Engelsche
regering is het zeer natuurlyk, dat zy zich het volstrekt niet
Deur die Zuid-Afrikaan is ook meer as eens daarop gewys dat
die regering in sy poging om die Afrikaners te verengels, so ontaktvol
te werk gaan dat hy die bereiking van sy doel vir homself bemoeilik.
,,De zaak is,quot; verklaar die blad in die hoofartikel van 3 Augustus
1857, ,,dat de Engelschen in hun yver om de door hen verlangde
verandering tot stand te brengen, ze vertraagd hebben. Men kan
er naauwelyks aan twyfelen, of hunne taal zou hier meer algemeen
gesproken worden, als de openbare scholen onderwyzers hadden die
door middel van het Hollandsch eene kennis der Engelsche taal
konden mededeelen. Het was een der byzonderheden van dat onge-
lukkige Wets-Ontwerp, dat zy in de verloopen zitting omtrent het
Onderwys heeft voorgesteld, dat er volstrekt geene de minste melding
van het Hollandsch als vak van onderwys gemaakt werd.quot;
aantrekt als er geen Hollandsch in de regeringscholen meer
onderwezen wordt.
Die ..Board of Examinersquot; en die „Public Service
Certificatequot;.
As een van die middele wat aangewend is om die onderwys-
stelsel van die regering, wat nie aan sy doel beantwoord
het nie, te verbeter, is deur Wet no. 4 van 1858 'n ,,Board
of Pubhc Examiners in Literature and Sciencequot; ingestel.
Die houding wat die regering teenoor Hollands ingeneem het,
blyk hier weer opnuut uit die programmas van die verskil-
lende eksamens, waarin Hollands as 'n ,,modern languagequot;
gelykgestel word met Frans en Duits.
Toe die Raad van Eksaminatore hul verordeninge en
reglemente opgestel het, het die posisie van Hollands ook
in verband met die eksamen vir die staatsdiens ter sprake
gekom. Die Raad het met die regering briefwisseling gevoer
,,respecting the best mode of securing a knowledge of the
Dutch language for the offices in which a knowledge of
that language would be required.quot; Hulle het gevoel dat
in baie dele van die Kolonie ,,acquaintance with Dutch
is essential to the due efficiency of the Public Service,quot;
terwyl dit op ander plekke nie so belangrik was nie. Die
regering wou Hollands klaarblyklik nie essensieel maak by
enige deel van die staatsdienseksamen nie, en die plek wat
34) In sy rapport het Innes geskrywe: ,,However important the
difiusion of the Enghsh language through every district of the colony
is justly acknowledged to be, on many and obvious grounds there
is another object in the educational institutions of this country to
which this IS secondary, viz. (as expressed by Sir John Herschel),
to form good citizens and men, by instructing them in the relations
of social and civil life and to fit them for a higher state of existence
by teaching them those which connect them with their Maker and
Redeemer.' This, the most important business of the teacher must
commence with early youth and, therefore necessarily, in the
language which is vernacular, not in that which is acquired.quot; Om
dit moontlik te maak het Innes aan die hand gegee dat jong Skotse
onderwysers op pad na Suid-Afrika HoUand moes aandoen en so
lank daar vertoef as wat nodig is om die Hollandse taal te leer
terwyl onderwysers uit Holland weer eers na Engeland moes gaail
om n kennis van die Engelse taal op te doen. (Report on Public
Education for the Year 1855. and the First-Half of 1856.) Die
Zuid-Afrtkaan het me veel vertroue gehad dat dié plan ooit sou
uitgevoer word nie, en in werklikheid het daar ook niks van gekom
me.nbsp;°
daaraan toegeken is, was dieselfde as by die ander openbare
eksamens. Die Raad het die hoop uitgespreek, soos reeds
geformuleer in 'n brief van die regering, dat ,,at every
examination a sufficient number of candidates will pass who
have a practical knowledge of the Dutch, and from whom
a selection may be made for those offices in which a know-
ledge will prove useful.quot;'®) Daarby het dit gebly. Van
'n regering wat hom so min bekommer het oor die Afrikaanse
bevolking se behoeftes op die skole, kon dit ook nouliks
verwag word dat hy uit sy pad sou gaan om aan hulle
behoeftes tegemoet te kom deur die aansteUing van siviele
amptenare wat die Hollandse taal magtig was.
Die geskiedenis van die eksamens vir toelating tot die
staatsdiens wat deur die ,,Board of Public Examinersquot;
afgeneem is, is in meer as een opsig besonder leersaam. In
die tweede eksamen, wat in Januarie i860 plaasgevind het,
het vyf uit die nege kandidate geslaag. Hoewel daar onder
die geslaagdes drie met Afrikaanse name was, moes die
eksaminatore in hul rapport vermeld: ,,None can be said
to have shown such knowledge of the modern language
selected as would be of much use in the pubhc service, if
documents in that language were placed in their hands. In
some instances, though only in cases where the certificate
has not been granted, the papers on the modern language
selected, all of which were extremely simple, were left wholly
untouched.quot; Die volgende jaar kon die eksaminatore ,,some
improvement in modern languagequot; rapporteer. Ongelukkig
het'die verbetering nie in die eerste plaas Hollands gegeid
nie, maar Frans. ,,The languages taken were French and
Dutch,quot; lui dit in die verslag. ,,It may be added that some
of the candidates who selected French showed more know-
ledge of the language than any of those who chose Dutchquot;
— en dit terwyl daar hierdie keer onder die geslaagde
kandidate ses met tipies Afrikaanse vanne was.
Die eksamens vir die ,,Pubhc Service Certificatequot; het nie
aan hul doel beantwoord nie, en in 1863 is hul deur 'n wet
35) Annexures to Votes and Proceedings, G. 6 van 1859, dl. II,
,,By-Laws and Rules framed by the Board of Public Examiners in
Literature and Science.quot; Voorsitter van die eerste Raad van
Examinatore was regter E. B. Watermeyer, en sekretaris James Rose
Innes, terwyl Changuion een van die lede was.
van die parlement afgeskaf. In een van die artikels van die
wet is egter voorsiening gemaak „that the Board shall
examine candidates for the public service who may be
authorized to appear before them by the Governor, in such
of the subjects of examination as in particular instances the
Governor may think fitting.quot; Of dit ooit nodig bevind is om
'n kandidaat vir die staatsdiens in Hollands te laat eksami-
neer, is nie bekend nie.'quot;'quot;)
Langham Dale se houding teenoor Hollands.
In 1859 het Langham Dale vir Innes as Superintendent-
Generaal van onderwys opgevolg. Ook hy was nie vyandig
gesind teenoor Hollands as taal nie en het die onderwys
daarvan op skool op 'n manier aangemoedig. Hy vertel
self dat hy by sy eerste besoek aan 'n ,,established schoolquot;
m die jaar van sy benoeming by die ingang van die skool
die kennisgewing ,,It is forbidden to speak Dutchquot; aangetref
het en dat hy dergelike dinge verbied het.'«) In Het Volks-
blad van 19 September 1863 lees ons ook dat dr. Dale by
geleentheid van 'n eksamen en prysuitdeling van die klein-
kinderskool van die Tot Nut van 't Algemeen nadruk gelê
het op die nut van die studie van die Hollandse taal: ,,Van
het Hollandsch moest meer werk gemaakt worden, en men
moest niet langer zeggen 'mijn kind kan Hollandsch spreken
en behoeft dus geen Hollandsch te leeren;' neen, de leerlingen
moesten zich meer oefenen in die taal, om ook de groote
werken van Holland te kunnen lezen .... De beste leer-
lingen had hij altijd die bevonden, die beide talen leerden,
of 't Engelsch door middel van 't Hollandsch beoefen-
den . . . . quot; Hoewel Dale dus nie teen die onderwys van
Hollands as vak op skool was nie, het hy tog niks gedoen
om die Hollandssprekendes wat die medium van onderwys
betref, tegemoet te kom nie.
Onderwys in Engels op ondersteunde skole.
Kort na sy aanstelling het Dale op 'n rondreis gegaan
om die ondersteunde skole in die westelike distrikte te inspek-
's®) Sien die rapporte van die ,,Board of Public Examiners in
Literature and Sciencequot;, i860 (bis. 5 vlg.), i85i (bis. 6) en 1864
(bis. iv).nbsp;^
'«) Dr. E. G. Malherbe: Education in South Africa, bis. 112, noot.
-ocr page 153-teer. In verskeie skole rapporteer hy as een van die
„serious irregularitiesquot; wat hy aangetref het, dat die vereiste
omtrent Engels as vak en medium van onderwys nie nagekom
word nie. Wat die vakke van onderwys betref, het hy
spesiaal ondersoek daarna gedoen hoeveel die leerhnge weet
van Engels, en van skryf en reken. Die resultate was alles-
behalwe bevredigend. ,,The study of English,quot; skr}rwe hy
in sy rapport van die inspeksie, ,,is not pursued far enough
to be of use either for conversation or for writing; and though
in several schools I found a few children capable of reading
the English Testament inteUigibly, I experienced great
difficulty in eliciting any answers to my questions. quot;3') Hy
kom tot die slotsom dat ,,two-thirds of the children in the
majority of the schools, were not even pretending to learn
English; some came to school only to learn the Dutch
catechism; others are admitted on the express condition that
they are not to leam English.quot;^®)
In sy onderwysrapport oor die jaar 1861 herhaal Dale sy
klagte en lê daar weer nadruk op dat onderwys in Engels
op die ondersteunde skole óf versuim word of byna geen
resultaat oplewer nie. Hy sê dat dié toestand van sake
toegeskryf word aan die ongereelde skoolbesoek en aan die
feit dat kinders so vroeg uit die skool geneem word; ,,but
these causes,quot; voeg hy daaraan toe, ,,often arise from the
conviction of parents that, as their children make no progress
in five or six years, when young and not required for labour,
their continuance at school would be a waste of time.quot;
Dale verklaar die ongereelde skoolbesoek daaruit, dat die
3 7) In verband hiermee is dit interessant om te herinner aan wat
iemand in die Zuid-Afrikaan van 27 Sept. 1855 oor die sl£00linspeksie
van Rose Innes opmerk. Hy vertel dat die inspeksie altyd vantevore
aangekondig word en dat die onderwyser sy leerlinge met 'n paar
bekende Engelse leesstukke so afrig ,,dat de heer Innes tevreden
de school verlaat, zyne verwondering te kennen gevende dat de
leerlingen zoo groote vorderingen hebben gemaakt in de Engelsche
taal.quot; Later ewenwel, as die kinders uit die skool gaan, ken hulle
nog altyd geen Engels nie. 'n Maand eerder, op 16 Augustus, het
'n ander korrespondent reeds in die Zuid-Afrikaan geskrywe dat
die leerlinge, né. hulle 'n paar jaar op die goewermentskool deur-
gebring het, ,,het is waar, menig Engelsch boek lezen kunnen, maar
by ongeluk daarvan niet het minste verstaan.quot;
38) Special Report of an Inspection, by the Superintendent-General
of Education, of Schools in the Western Districts aided from the
Public Revenue, i860, blss. 3, 4.
skole heeltemal kosteloos is.quot;) Uit die talryke klagte in
De Zuid-Afrikaan het egter geblyk dat die Afrikaanse ouers
die waarde daarvan nie kon insien nie om hul kinders na
skole te stuur waar soveel nadruk gelê word op die aanleer
van Engels dat die hele onderwys daaraan opgeoffer word.
Getuienis voor Onderwyskommissie van 1861.
Hoe onversetlik die regering op sy stuk gestaan het om
die Hollandse taal deur 'n uitsluitend Engelse onderwysstelsel
uit te roei in die land, blyk opnuut uit die onderwyswet
wat in 1865 aangeneem is. Die wetsontwerp van 1857 waar-
van hierbo sprake was, het nie wet geword nie; en op 23
September 1861 is 'n regeringskommissie onder voorsitterskap
van regter Watermeyer benoem om weer op die kwessie van
onderwys in die Kolonie in te gaan.quot;quot;) Die kommissie het
o.a. 'n massa getuienis afgeneem van vooraanstaande onder-
wysmanne, predikante en andere, wat van groot belang moet
geag word.
Telkens is in die getuienis die mening uitgespreek dat die
taalbepalings van die regering nie so streng op die plaasskole
moet toegepas word nie, omdat dit gesonde onderrig be-
lemmer. So sê by voorbeeld prof. John Murray, van
Stellenbosch: ,,Without some relaxation in this respect, it
will be found that in many cases those willing to avail them-
selves of the grant will be prevented from doing so. An
English teacher, ignorant of Dutch, cannot be expected to
give proper instruction to Dutch-speaking children who know
no Enghsh; the time required for conveying knowledge must
be spent in establishing a means of communication between
the teacher and his pupils. A Dutch teacher, ignorant of
English, is excluded from such schools by the condition in
question. The selection is thus limited to one acquainted
with both languages,—a hmitation which, it will be found,
often makes it difficult to secure a teacher.quot;quot;') Om
•■'») Report on Public Education for the Year 1861, blss. 4—5.
Die lede van die kommissie was : regter E. B. Watermeyer
William Porter, P. E. de Roubaix, Saul Solomon, John Fairbairn!
J. H. Munnik, Langham Dale en James Rose Innes.
Reeds in sy Report on Public Education, 1854, het Innes
opgemerk dat sommige skole vakant bly omdat onderwysers wat
ook Engels kan doseer, nie te kry is nie.
te verstaan hoe ernstig die moeilikheid is, moet die kommissie
in gedagte hou dat die kinders in baie gevalle nie langer
as een jaar of selfs maar ses maande skoolgaan nie. In
dié kort tyd moet die leerhng soveel moontlik kennis opdoen
deur middel van sy moedertaal. ,,The practical results of
his attendance at school will not be augmented when the
additional task of acquiring a smattering of a foreign language
is imposed on the pupil.quot;
Getuienis van dieselfde strekking is afgelê onder andere
deur di. W. Murray, van Middelburg, en J. H. Neethling,
van Stellenbosch, wat nog daarop wys dat die algemene
toestand in die Kolonie meebring dat die pubhek belangstel
in Engels. ,,I think,quot; skryf hy, ,,prejudice is kept up by
such regulations, and obstructs the way.quot; Hy beveel aan
dat die regering die aanleer van Engels aanmoedig, maar
nie op die bevolking afdwing nie. Die besware van die
Afrikaanssprekendes teen die bestaande onderwysstelsel is met
meer krag geformuleer deur ds. Cohn Fraser, van Beaufort:
,,An objection is made to it because the Dutch language is
not taught in the school; a Dutch community cannot but
object to such a system,quot; terwyl Jaspar Loxton, onderwyser
aan die regeringskool op Malmesbury, skryf: ,,When the
Dutch is in general use, I have found the established schools
in general disregard .... A prejudice among the people
against the school exists through the country, on account
of the little attention paid to the Dutch language.
Kommissie het min simpatie vir Hollands. Taalbepalings
van Wet op Onderwys, i86§.
Deur die kommissie self is betreklik min aandag aan die
kwessie van Hollands gegee. Alleen is op voorstel van P. E.
de Roubaix aangeneem dat op die plaasskole (,,farmers'
schoolsquot;) ,,the instruction may be given through the medium
of the Dutch language in locahties approved by the Govem-
quot;2) Sien Rep. upon the Gov. Educ. Syst. of the Col., 1863, App. I,
blss. 25, 41, 56, 66 en 69; App. II, blss. 14, 30.—Die gees wat daar
in sommige kringe geheers het, blyk uit dfe getuienis van J. C.
Davidson, Siviele Kommissaris op George, wat skrywe dat die
grootste struikelblok vir die verbreiding van elementêre onderwys die
..Dutch languagequot; is. Sy advies is: ,,A thorough knowledge of
English ought to be a sine qud non, and no Dutch should be taught
in schoolsquot; (App. I, bis. 24).
ment,quot; en 'n aanbeveling in dier voege is deur die kommissie
gemaak. Rose Innes het nog voorgestel ,,that in all schools
aided by Government grants sufficient provision shall be
made, where necessaiy, for instruction in the Dutch
language,quot; maar die voorsitter, regter Watermeyer, het dit
onnodig geag en as amendement voorgestel: „The Commis-
sion is of opinion that in many localities it may be advisable
that provision should be made in aided schools for instruction
m the Dutch language, but that no resolution on the subject
IS necessary, except that already taken as to farmers' schools;
because there is nothing in the resolutions to prevent the
teaching of the Dutch language in all schools in localities
where the managers of the schools shall deem it necessary.quot;
Die amendement is toe aangeneem.*')
Waar die kommissie so min simpatie vir Hollands getoon
het, het die regering hom nie genoodsaak gevoel om van
sy eenmaal ingeslae pad af te wyk nie. Die wet op onderwys
van 1865 het bepaal dat die onderwysmedium in alle
eersteklas- en tweedeklasskole Engels moes wees en dat in
die derdeklasskole „the instruction during the school hours
shall, as far as practicable, be given through the medium of
the Enghsh language, within twelve months after the first
establishment of the school.quot; Wat 'n onreg dit teen die
Afrikanerkind was, kan pas besef word as ons daaraan dink
dat in hierdie tyd en ook lank daarna verreweg die meeste
Afrikaanssprekende kinders in die plattelandstreke nog een-
talig was en teenoor Engels as teenoor 'n volkome vreemde
taal gestaan het.*'®)
D. Die Taal in die Kerk
Verengelsing onder Afrikaners. Die Kerk 'n nasionale
band.
Diegene wat in die ou Kolonie gestry het vir die behoud
van die Hollandse taal en nasionaliteit, het hoe langer hoe
meer te staan gekom nie alleen teenoor die Engelse owerheid
*') iïe/gt;. upon the Gov. Educ. Syst. of the Col., 1863, blss. Ixxv
■quot;i») Ook vir die sendingskole is dit bepaal dat die onderwys so
ver moonthk in Engels moes gegee word. Selfs die sendingskole
van die Hollandse Kerk moes dus Engels as voertaal gebruik as
hul die steun van die regering wou geniet.
en die van huis uit Engelssprekende koloniste wat die ou
ingesetenes wou verengels nie, maar ook teenoor die halfpad
of klaar verengelste Afrikaners, wat nou hul meer behoudende
volksgenote in dieselfde stroom wou trek as waarin hul self
was. Dié mense moes reeds in die vyftiger jare soms bitter
verwyte hoor oor hul ontrou aan hul eie nasionahteit. ,,Er
mogen er zyn onder de Afrikanen,quot; skiyf iemand in De
Zuid-Afrikaan van 13 Julie 1854, ,,die hunne afkomst ver-
getende, de Engelschen vleijen en Engelands grootheid uit-
bazuinen; zy zullen wel weten, waarom zy dat doen; maar
zy zouden evenzeer de Russen of de Turken vleijen, en
Ruslands of Turkye's grootheid uitbazuinen, wanneer de
Czaar of de Sultan den Schepter over de Kaapkolonie
zwaaide.quot; Oorwegings van eiebelang, materieel en maat-
skaplik, het ongetwyfeld baie Afrikaners daartoe pbring om
hul te skik na die wil van die magtigste party in die land
en hul af te keer van en neer te sien op hul eie mense.
Dit het in die begin veral gebeur onder die persone wat
in die Engelse staatsdiens getree het, later ook onder diegene
wat ander aanknopingspunte met die al invloedryker worden-
de Engelse element in die Kolonie gehad het. Die ekonomiese
waarde van die Engelse taal het met die jare al groter
geword, die ekonomiese waarde van Hollands daarenteen
minder na gelang die Afrikaners meer en meer tweetalig
geword het. Die gevolg was dat Afrikanerouers wat aan
die toekoms van hul kinders dink, naderhand meer besorg
was oor hul kinders se kennis van Engels as van hul eie
moedertaal. Uit 'n ingesonde stuk in De Zuid-Afrikaan
van 23 Augustus 1855 blyk dat daar toe al Afrikaners was
wat die standpunt ingeneem het dat op skool so veel moontlik
Engels moet geleer word, want ,,het Hollandsch leeren de
kinderen van zeivenquot;.quot;quot;)
quot;quot;) Daar het natuurlik nog altyd 'n baie belangrike verskil tussen
Kaapstad en die meer afgeleë plattelandse streke bestaan (wk wat
die waarde van 'n kennis van die Engelse taal betref. Die boer-
mense kon oor die algemeen nog goed klaarkom met 'n kennis
van hul eie taal alleen en het die noodsaak van 'n kennis van
Engels nog nie so sterk gevoel nie. Hulle was wel bereid om hul
kinders die Engelse taal te laat leer, maar nog altyd nie ten koste
van Hollands nie. In 'n brief in Het Volksblad van 2 Okt. 1856
kla twee Burgersdorpers oor die agteruitgang van die Hollandse ta^.
,,Wij moeten tot ons leed getuigen,quot; skryf hul, ,,dat het goede
opgang gemaakt heeft, om kinderen en jongelieden de Engelsche taal
Die vernaamste hindernis vir baie Afrikaners wat andersins
sonder beswaar heeltemal sou losgeraak het van hul volks-
verband, was hul lidmaatskap van die Hollandse Kerk. Nie
alleen suiwer godsdienstige oorwegings nie, maar ook die
feit dat die Hollandse Kerk 'n besonder hoë status as maat-
skaplike instelhng gehad het, het hulle daarvan teruggehou
om van hul Kerk afvallig te word. Solank soos die Hollandse
Kerk dus sy Hollandse karakter bewaar, sou dit die sterkste
bolwerk van die Hollandse nasionaliteit in die Kolonie bly.
In die vorige hoofstuk het ons egter gesien hoe dat deur
sekere besluite omtrent Engels preek, die Kerk gevaar geloop
het om in sy bepaald Hollandse karakter aangetas te word.
Behalwe dat sekere predikante wat dit kon en wou doen,
vemaamlik Skotte, op die platteland af en toe Engelse dienste
gehou het vir Engelse en Skotte wat geen eie predikant in
hul midde gehad het nie, is daar ewenwel in die begin in die
Hollandse Kerk min Engels gepreek.quot;quot;quot;)
Pleidooi vir Engelse dienste in Groot Kerk.
Kort na 1850 is daar in Kaapstad oor gepraat om 'n
Engelse diens in die plaaslike kerk ingevoer te kiy, maar
dit het uit die staanspoor sulke heftige teenstand uitgelok
dat daar nie mee voortgegaan is nie. Vir die verengelste
Afrikaners in die stad het die posisie egter hoe langer hoe
lastiger geword. Hollandssprekend was hulle, en veral hulle
kinders, tuis nie meer nie; tog moes hul Hollandskundig
bly ter wille van hul lidmaatskap van die Hollandse Kerk.
Dit sou nie lank meer duur nie of hul sou 'n beshste poging
aanwend om hul posisie in die Kerk te red deur Engelse
dienste ingevoer te kry. Die eerste ernstige stap in dié
rigting is gedoen in 1856, toe in De Kerkbode van 16
Februarie 'n anonieme stuk verskyn onder die hoof ,,De
Engelsche Taalquot;, waarin die noodsaaklikheid van die in-
voering van Engels in die Hollandse Kerk bepleit word. Die
betoog van die skrywer is belangwekkend: —
te leeren. Doch het zoude ook waar kunnen zijn, dat indien men
trachten zoude onze moedertaal uit te roeijen, wij zouden ophouden
onze kinderen de Engelsche taal te leeren.quot;
Sien hiervoor, blss. 90 en 98.
-ocr page 159-Engels wen meer en meer veld; gebrek aan kennis van
dié taal werk remmend: bekwame manne sonder kennis
van Engels kan nie vir die parlement gekies word nie, en
Hollandse onderwysers sonder kennis van Engels kan nie
aangestel word nie. Die Hollandse taal raak in die hoofstad,
in die meer aansienlike dorpe en in die Oostelike Provinsie
in onbruik; dit word nie meer onderwys nie, en Engels sal
die moedertaal wees van die volgende geslag. ,,Ieder een
weet nu het onderscheid tusschen ons Kaapsch Hollandsch,
dat wij met onze dienstboden spreken, en het deftige
Hollandsch dat wij van den kansel verwachten en meestal
ook hooren.quot; Deftige Hollands word nie meer verstaan nie,
veral nie deur die opgroeiende geslag nie: hulle leer en
lees net Engels. Die gevolg is dat die jongmense begin
oorloop na die Engelse Kerke. Die posisie kan gered word
deur minstens een keer per Sondag Engels te preek, 'n
Mens sou kan aanvoer: laat die kinders op skool naas Engels
ook Hollands leer, maar dit is dikwels nie doenlik nie. Dis
tevergeefs om teen die stroom op te roei; selfs buitemense
sê al: My kinders ken genoeg Hollands, laat hul op skool
so veel moontlik Engels leer —dit kom hul later beter te
pas. Waar die taal van die goewerment, van die regbanke,
van die wetgewende liggame, van die handel Engels is, sal
jongmense geen moeite doen om Hollands te leer nie. Die
sinode sien die behoefte aan Engels in, soos daaruit blyk
dat dit die Formuliere en Kort Be^p in Engels laat druk
het. Ook moet die vinger van die Voorsienigheid daarin
herken word dat geen professore vir die Kweekskool uit
Holland wou kom nie; uit Skotland en Amerika kan profes-
sore verkry word wat toekomstige predikante ook sal kan
leer om in Engels te preek.
Verset.
Soos te begrype is, het verset teen hierdie redenering nie
uitgebly nie. Die eerste wat van hom laat hoor het, was
Changuion as hoofartikelskrywer van De Zuid-Afrikaan, in
die uitgawe van 25 Februarie 1856. Dis waar, erken hy,
dat sommige mense op die platteland ook al begin sê dat
hul kinders genoeg Hollands ken en dat hul op skool maar
so veel moontlik Engels moet leer, omdat dit hul beter te
pas kom; ,,maar er zyn onder de buitenlieden nog vry wat
meer, die verstandig genoeg zyn om het verband tusschen
de taal en de godsdienst in te zien, en dat men de eene
met verzaken kan zonder iets van de andere piys te geven.quot;
Die Kerkbode-skryv/er het beweer dat die Kerk sommige van
sy beskaafdste en aansienlikste hdmate sal verloor as daar
me ook in Engels gepreek word nie. „Wat noemt onze
schryver beschaafd?quot; vra Changuion daarop. „Is het al
wat Engelsche zeden en spraak aanneemt? Hoe het ook
daarmede gesteld zy, wy voor ons gelooven, dat er weinig
dergelyks te verwachten is van menschen, die, uit zucht om
voor beschaafd door te gaan, hunne voorouderlyke taal, zeden
en zienswyze, in het kort hunne geheele nationaliteit en uit-
emdelyk ook hunne godsdienst verzaken kunnen.quot;
Belangriker as die hoofartikel van Changuion was 'n stuk
m De Kerkbode van 14 Maart 1856 oor „De Engelsche
laai en de Nederduitsch-Gereformeerde Kerk van Zuid-
Afnkaquot; deur J. H. N. [ds. J. H. Neethling?], waarin op
besadigde en tog kragtige wyse vir die behoud van Hollands
gepleit word. Die skrywer is nie teen Engels preek waar
in n behoefte kan voorsien word nie; maar die stuk waar-
teen hy beswaar maak, was 'n aanprysing van die Engelse
taal bo die Hollandse, 'n juigtoon dat Hollands aan die
verdwyn is, me 'n waarskuwing nie. Daar het 'n toon van
mm^ting teenoor die Hollandse taal uit opgekHnk, terwyl
die Hollandse taal vir hom en andere nog so baie beteken.
Engels en Hollands hoef nie teenoor mekaar te staan nie-
„Met schuldigen eerbied, zeggen we, het was eene dwaling
van het Gouvernement van vroegere dagen, toen men het
Nederduitsch door het Engelsch wilde doen verdringen Het
IS een dwaling van onzen tijd, dat, om maar dit ééne ten
voorbeelde te noemen, de taal van het Pariement, de
Engelsche is gemaakt.quot; Plek-plek is daar wel baie verengel-
sing, maar oppervlakkige kennis van Engels het nie die
deugde van die ware Britse karakter meegebring nie.
Predikante kan veel deur hul voorbeeld doen, al kan hul
hul gemeentelede nie gebied om Holland^ te leer nie Maar
waar leeraren der kerk zich over de taal hunner kerk schijnen
of toonen te schamen, daar zullen zij eenen stroom vormen
wiens kracht verengelschen zal, maar veellicht niet ver-
edelen.
In dieselfde nommer van De Kerkbode en in die uitgawe
van 29 Maart daaraanvolgende het nog 'n ander bydrae.
„Bedenkingen tegen de Invoering der Engelsche Taal in onze
Kerk,quot; van R. [eerw. Ruijtenbeeck?] verskyn om die eerste
Kerkbode-ikryviex te bestry. Daarin word beweer dat die
onkunde van Hollands nie so groot is as veronderstel word
nie, en dat die kennis daarvan eerder toe- as afneem. Ter
ondersteuning hiervan word gewys op die stigting onlangs
van 'n nuwe Hollandse koerant {Het Volksblad), die goeie
bestaan van twee Hollandse boekhandelare in die stad, die
verspreiding van De Kerkbode en boeke van die Christelijke
Boekenvereeniging, die leer van Hollands in verskillende
inrigtinge, en ten slotte op die feit dat in die afgelope vier
jaar alleen nie minder as dertig Hollandse onderwysers aan-
gekom en geplaas is nie.quot;®)
Eerste voorstel voor Kaapstadse Kerkraad, 18^'j.
'n Gewigtige beswaar teen die invoer van Engelse dienste
in die Kaapstad destyds was dat van die drie predikante —
di. Spijker, Faure en Heijns — alleen Abraham Faure daar-
toe in staat en ook geneig was om in Engels te preek, terwyl
al drie leraars hul hande buitendien reeds taamlik vol gehad
het met die behartiging van die gewone belange van die
gemeente. Daarom het die voorstanders van Engelse dienste
gewag tot die volgende sinodesitting voordat hul met 'n
definitiewe voorstel na die kerkraad gekom het.
In 'n subartikel van Het Volksblad van 15 Oktober 1857
lees ons dan dat daar 'n beweging aan die gang is om
gedurende die Sinode op Sondag in die Groot Kerk in
Adderleystraat in Engels te laat preek. Die beweging word
ronduit bestempel as slegs die voorspel tot die invoering van
'n gereelde Engelse diens in die Nederduitse Gereformeerde
kerke in die stad, en die blad self is daar ten gunste van.
Dit word egter erken dat baie mense ook daarteen is.quot;®)
quot;5) In die koerante het korrespondente ook skerp te velde getrek
teen die voorgestelde toelating van die Engelse taal in die IJollandse
Kerk. Sien o.a. De Zuid-Afrikaan van 3 Mrt. 1856 en Het Volks-
blad van 20 Mrt. 1856. In laasgenoemde stuk word opgemerk
dat as lidmate die Hollandse taal in die .kerk nie kan verstaan nie,
dan is dit die Hollands in die mond van Skotse predikante!
Die Zuid-Afrikaan van dieselfde datum het 'n artikel waarin
melding gemaak word van 'n gerug dat 'n petisie in die gemeente
onderteken word ten gunste van 'n Engelse diens. Die Zuid-Afrikaan
is daar baie sterk op teen.
Op Saterdag, 24 Oktober, is toe 'n kerkraadsvergadering
gehou om 'n versoekskrif te oorweeg van sewe-en-sestig
hdmate wat vra om die gebruik van die kerkgebou van half-
twaalf tot eenuur Sondags vir preke in Engels gedurende die
sitting van die Sinode. Beswaar is gemaak dat die getal
petisionarisse so klein is en dat die teenstanders in die gemeen-
te nie die kans gehad het om hul oor die saak uit te spreek
nie. Tog is die versoek toegestaan, met die beslissende stem
van ds. Heijns, voorsitter by afwesigheid van ds. A. Faure.
Daarop het oud. Smuts revisie aangevra en is beslis dat die
saak weer behandel sal word op 'n kerkraadsvergadering belê
vir 30 Oktober.quot;')
Toe die kerkraad volgens besluit op Viydag, 30 Oktober,
byeenkom, is memories geteken deur 684 lidmate teen die
afstaan van die kerkgebou vir preke in Engels ingelewer.
Op die vergadering is heelwat geredetwis oor die bedoeling
van artikel 57 van die Kerkwet, wat handel oor die preek
van Engels deur leraars van die Nederduitse Gereformeerde
Kerk. Ds. Abraham Faure, wat self teenwoordig was op
die sinodale vergadering van 1824, toe die kwessie die eerste
ter sprake gekom het, het sy mening as volg uitgespreek:
,,Destijds waren er slechts dertien leeraren, en van die maar
vijf die Engelsch konden preeken. Er was toen een overvoer
van predikanten uit Schotland, en er was eene neiging om
het Engelsch preeken in te voeren in de gemeente, en wel
zoo dat op de Hollandsche diensten inbreuk zoude worden
gemaakt — namelijk door eens in het Hollandsch en eens in
het Engelsch te laten preeken. Dit kreeg natuurlijk grooten
tegenstand; en daarom was men tot het besluit gekomen,
dat, ja, er zal Engelsch worden gepredikt — dat is, dat zij
die het Engelsch verstaan, ook in het Engelsch eene dienst
zouden waarnemen. Het heette dus, 'Die Engelsch kunnen
prediken, zullen het doen.' Maar niet zoo als zij schenen
te bedoelen — de eene Zondag Engelsch en de volgende
Hollandsch. Zij kunnen Engelsch preeken, maar niet ten
nadeel van de Hollandsche godsdienst .... Er was echter
nog een bezwaar. Hoe zou men doen als er oppositie kwam?
Het kon gebeuren dat de kerkeraad onwillig was het gebouw
af te geven. Men zou den predikant kunnen beletten den
Het Volksblad. 27 Okt. 1857; De Zuid-Afrikaan, 26 Okt. 1857.
-ocr page 163-preekstoel te beklimmen. Van daar dat men de wet zoo
inrigtte dat het volstrekt niet noodig was verlof te vragen
om in het Engelsch te prediken. Slechts een afzonderlijk
uur behoeft te worden bepaald, en men had niets meer te
doen dan aan den kerkeraad kennis te geven, op dat en
dat uur zal het gebeuren, ten einde de koster den last
bekomen kon om de kerkdeuren te ontsluiten.quot;
Adv. C. J. Brand, die Speaker van die Wetgewende
Vergadering, wat geen kerkraadslid was nie, maar na die
vergadering gekom het, het spesiale verlof gekry om te praat.
Hy het gesê dat hy ook op die sinodale vergadering van
1824 aanwesig was, en het staande gehou dat artikel 57 van
die Kerkwet gemaak is in die eerste plaas ten behoewe van
Engelse in die buitedistrikte wat op geen ander wyse in
die genademiddele kon deel nie. ,,Hij kon dus de poging
om het Engelsch op den kansel in de kerken in de Kaapstad
in te voeren, niet anders beschouwen dan eene poging om
er het Hollandsch uit te krijgen. 'Laat ons eerst den voet
in den stijgbeugel hebben, en wij z'jn spoedig in den zadel,'
dit was het denkbeeld waarvan men vol was. 'Gedurende
de sitting der Synode,' zou het zijn; maar wie guarendeerde
dit? Als er eerst een paar Zondagen in het Engelsch was
godsdienst gehouden, en er was eene tamelijke opkomst, dan
zou men spoedig beweren dat men sterk genoeg was om
eene der geregelde diensten in het Engelsch te houden.quot;
EHe versoek is daarop verwerp met 9 teen 6 stemme.quot;®)
Die poging om Engels in die moederkerk in te voer, was
aanleiding tot 'n lewendige geskryf in die koerante. Die
gevoel van die korrespondente — ook van dié wat aan Het
Volksblad geskrywe het —was vry wel algemeen daarteen; en
die persone wat die beweging gesteun het, moes soms harde
•woorde hoor.quot;») Lang na die laaste kerkraadsvergadering
Sien die uitvoerige verslag in Het Volksblad van 3 Nov. 1857
en die Zuid-Afrikaan van die vorige dag. Sowel ds. Faure as sy
teenstander adv. Brand het klaarblyklik die verrigtinge in die Sinode
van 1824 deurmekaargehaal met dié van die Sinode van tien jaar
later.
quot;«) In De Zuid-Afrikaan van 26 Nov. 1857 skryf iemand oor die
67 ,,Anglo-Afrikanenquot; wat die versoekskrif om Engelse dienste onder-
teken het, o.a. dit: ,,Het meerendeel dezer 67 zyn geboren
Afrikanen, welke hoewel inwendig zeer hoovaardig, echter van eene
zeer zwakke en buigzame karaktergesteldheid zyn, welke vermeenen
zich te vernederen, wanneer zy Hollandsch spreken, onophoudelyk
het daar nog telkens briewe verskyn onder die hoof „Engelsch
of Hollandsch?quot;; en die stryd wat nou eenmaal uitgebreek
het in die Kaapstadse gemeente, sou nie makUk weer tot
bedaring gebring word nie.
Tweede voorstel voor Kaapstadse Kerkraad,
Twee jaar nä hul eerste mislukte probeerslag om dit gedaan
te kry dat daar in die Groot Kerk ook in Engels sou gepreek
word, het die ,,Anglo-Afrikanequot; weer 'n poging gedoen. Hul
mikpunt het hul selfs 'n bietjie hoër gestel as die eerste keer.
Op 'n kerkraadsvergadering gehou op 24 Oktober 1859 het
ouderling W. de Smidt naamlik die volgende voorstel inge-
dien: ,,Dat het gebruik der beide kerkgebouwen worde toe-
gestaan tot het houden van godsdienst in de Engelsche taal
door leeraars der Gereformeerde Kerk, die zich daartoe
opgewekt mogen gevoelen, des Zondags tusschen de uren
van uitgaan des morgens, en aangaan des middags of des
avonds onzer gewone godsdienstoefeningen en eenige tijd
in de week wanneer de kerkgebouwen niet voor het houden
van godsdienst in de Hollandsche taal gebruikt worden.quot;
De Smidt pleit as volg: ,,Het is thans in de kolonie alles
Engelsch, en wij, hoe ook verkleefd aan de taal waarin wij
opgevoed zijn, of welke wij onze 'moedertaal' noemen,
kunnen even zoo min de eb en vloed der zee keeren, als
beletten dat de Engelsche taal algemeen worde! — Getuige
de laatste jaren: het Parlement, het Hooge Geregtshof, de
Magistraals Hoven, alle publieke bezigheden, zoo wel van
het Gouvernement als die waaraan de ingezetenen deel hebben
— het is alles Engelsch. In meest alle scholen maakt het
Engelsch het hoofdonderwijs uit,—en misschien met een
of twee uitzonderingen, waar men in het Hollandsch ook
onderwijst, worden de scholen voor jonge jufvrouwen, bij
uitsluiting bestuurd door Engelsche onderwijzeressen, die geen
enkel woord Hollandsch verstaan.quot; Hy betoog verder dat
die invoer van Engels in die Kerk niks nuuts is nie. Reeds
in 1847 het die Sinode besluit dat die Heidelbergse Kategis-
mus en die Kort Begrip as fundamentele boeke van onderwys,
Engelschen omgang zoeken en steeds door bittere spyt en gemoeds-
knaging gefolterd worden by de gedachte, dat zy het geluk en den
onwaardeerbaren zegen derven niet van Engelsche extractie of
Engelsch geboren te zyn.quot;
en ook die Formuliere, in Engels verkrygbaar moet gestel
word. Die Sinode het nog verder gegaan en deur artikel 56
van die Kerkwet vasgestel dat godsdienstige onderwys ,,zoo
in de Engelsche als Nederduitsche taalquot; sou gegee word.
Di. Spijker en Heijns opponeer. Die mense, sê hul, sal
hul binnekort gaan diets maak dat hul geen Hollands meer
verstaan nie — ook nie die Formuliere en die Gesänge nie.
Kinders sal by die Engelse dienste gedoop word, en katkisasie
sal in Engels gehou word. Hierop antwoord ds. A. Faure
dat hy al klaar, jongmense wat beter Engels as Hollands
verstaan, in Engels katkiseer.
Ouderling P. A. Brand, die broer van die Speaker, praat
vir die voorstel. ,,In al de kostscholen werden de kinderen
gefined als zij Hollandsch spraken; hoe kan men dan ver-
wachten dat zij naderhand het Hollandsch zouden kennen?quot;
is een van sy argumente!
Soos twee jaar gelede is adv. C. J. Brand, die Speaker,
ook nou weer 'n vurige teenstander van die toelating van
Engels in die Hollandse Kerk. ,,Als men de oogen openen
wilde,quot; sê hy onder andere, ,,als men ooren had om te
hooren — men zou spoedig ontwaren, dat het niet maar is:
'Er is behoefte,' of 'Laat het slechts toe voor diegenen die
geen Hollandsch verstaan;' maar dat het was: 'De geheele
Kerk moest Engelsch worden.' En daarvan moest het gevolg
zijn, dat men weldra roepen zou: 'Weg met de gezangen!
weg met den Bijbel en de Katechismus, weg met de Synode!'
Die gevolgen moesten komen. Men begon door te zeggen:
'De Kaap is Engelsch; de heele regering is Engelsch, en
daarom moet het Hollandsch voor het Engelsch in de Kerk
ook plaats maken.' quot;
Nieteenstaande die kragtige pleidooi van adv. Brand is
die voorstel van De Smidt aangeneem met 10 teen 5
stemme.'quot;)
Gemeente protesteer teen kerkraadsbesluit.
Die saak was hiermee vir die voorstanders van Engels
preek egter nog nie gewönne nie. Op 'n kerkraadsvergade-
Het Volksblad, 25 en 27 Oktober 1859. Die verslag vermeld
nog dat daar 'n aansienlike opkoms was van gemeentelede, die
meeste waarvan teen die voorstel gekant was. Ook in De Zuid-
Afrikaan van 27 Okt. het 'n breedvoerige verslag van die vergadering
verskyn.
J
-ocr page 166-ring veertien dae later gehou is 'n protes teen die besluit
op die vorige spesiale vergadering geneem, namens di. Spijker
en Heijns en ouderhng Changuion ingedien, terwyl ook 'n
petisie onderteken deur 1000 hdmate namens ses oud-
ouderlinge voorgelê is.quot;) Volgens De Zuid-Afrikaan van 7
November was die hele stad in rep en roer oor die saak;
en te oordele na die talie van briewe wat na die koerante
gestroom het, moes,die opgewondenheid inderdaad buiten-
gewoon groot gewees het. Die ,,Anglo-Afrikanequot; het hul
egter nie van hul koers laat afbring nie, en op 'n kerkraads-
vergadering vroeg in Desember gehou stel ouderling W. de
Smidt voor ,,dat de tijd wanneer er met Engelsch prediken
zal een aanvang genomen worden, bepaald worde op den
I5den Maart.quot; Ds. Heijns het die saak probeer smoor deur
voor te stel ,,dat men voortga met de gewone bezigheden;quot;
maar sy amendement is met die beslissende stem van die
voorsitter (ds. Abraham Faure) verwerp, waarop die voorstel
De Smidt bespreek is. Die kerkraad het klaarblyklik onder
die indruk gekom van die geweldige teenstand wat sy vorige
besluit uitgelok het in die gemeente, en het hierdie keer
die voorstel van ouderling De Smidt met meerderheid van
stemme verwerp.quot;) Hiermee is die Engelse dienste voor-
lopig op die lange baan geskuiwe. „De kwestie over het
Engelsch prediken in de Ned.-Herv. Kerk der Kaapstad,quot;
skryf Het Volksblad in die hoofartikel van 22 Desember,
„is voor het oogenbhk niet langer aan de orde van den
dag.quot;
Behoefte aan Engelse dienste?
Hoe seer daar werkhk in 1859 reeds behoefte bestaan het
aan Engelse dienste in die Nederduitse Gereformeerde kerk
in Kaapstad, is moeilik om te sê. ,,Wij hebben van vele
zijden hóoren beweren,quot; lees ons in Het Volksblad,/viamp;t ten
gunste van Engelse preekbeurte was, ,,dat er in onze gemeente
minstens een 60-tal jeugdige Hdmaten zijn die een Hollandsche
preek niet genoegzaam kunnen verstaan, en dat dit getal.
»1) Het Volksblad, 8 Nov. 1859. Die nommer van die Zuid-
Afrikaan waarin die verslag van die vergadering moes verskyn het,
ontbreek in die Openbare Biblioteek in Kaapstad.
«2) Volksblad, 6 Desember 1859, met 'n korreksie in die uitgawe
van 10 Desember.
dank zij de inrigting van het onderwijs in de beste scholen
(het uitmuntend instituut van Dr. Changuion niet uitgezon-
derd), dagelijks aan het toenemen is. Wij hebben voor
ons zeiven geene zekerheid dat er nu reeds zoo een 6o-tal
leden zijn; wij willen ook wel gelooven dat er enkelen zijn,
die alleen uit modezucht Engelsche preeken verlangen.quot;quot;)
Ongetwyfeld het die blote sug tot naaping van alles wat
Engels was, 'n belangrike rol gespeel by baie voorstanders
van Engelse dienste. Dié persone het dan die egte of voor-
gewende onkunde van Hollands van enkele jongmense uit
verengelste gesinne maar al te gretig aangegryp as rede van
hul optrede. Van die teenparty het hulle tot antwoord gekry
dat hul liewer moet toesien dat die Hollandse taal ook in
die Engelse skole behoorlik onderwys sou word en dat dit
dan nie nodig sou wees om ter wille van enkele verengelste
jongmense die taal, en daarmee die hele karakter, van die
Hollandse Kerk te verander nie. Die saak was egter dat
baie Afrikaners in die stad. geen gevoel meer vir Hollands
gehad het nie en dit nie die moeite werd geag het om die
taal van hul voorouers op 'n kunsmatige wyse, soos hulle sê,
aan die lewe te probeer hou nie. Die hele land word tog
Engels, was hul vernaamste argument, en dit kan alleen
bekrompe vooroordeel wees wat die Hollandse Kerk daarvan
wil weerhou om hom aan die tydgees aan te pas.
Toenemende verbreiding van Engels onder lede van
Hollandse Kerk.
Nadat die tweede poging om Engelse dienste in die Kaap-
stadse kerk ingevoer te kry, misluk het, het daar in Elpis
'n uitvoerige artikel verskyn van „Opmerkerquot; onder die
hoof ,,Gedachten over de Toenemende Verbreiding der
Engelsche Taal onder de Leden der Nederduitsch-Gerefor-
meerde Kerkquot;, waarin weer sterk vir Engels gepleit word.®quot;)
Dié artikel is belangwekkend omdat die skrywer ons daarin
'n beeld gee van die taaltoestande in die Kaap aan die einde
van 1859 soos gesien deur die bril van 'n sterk Engelsgesinde
Afrikaner. ,,Die eenigszins met onz;e landsbevolking bekend
is,quot; sê hy onder andere, ,,weet dat naarmate de begeerte
Hoofartikel, 3 Nov. 1859.
Elpis, dl. III, bis. 271 vlgg.
der ouders naar eene onbekrompene opvoeding hunner
kinderen toeneemt, naar die mate ook bi] hen de begeerte
levendig wordt hunne kinderen niet de Engelsche met de
Hollandsche taal, maar uitsluitelijk de Engelsche taal te doen
aanleeren. Zij vragen naar Engelsche onderwijzers en onder-
wijzeressen. Zij zenden hunne kinderen naar Engelsche
scholen. Alleen de bekrompen buitenman, die meent dat
zijn kind aan wat schrijven, lezen, cijferen, en katechizeren
genoeg heeft, bekommert zich niet over het Engelsch. Men
kan niet ontkennen dat zelfs in de verste buitendistricten
koloniale beschaving met de heerschappij van de Engelsche
taal hand aan hand gaat.quot;
Soos so vele van sy geesverwante het ook ,,Opmerkerquot;
sy bewondering en liefde vir suiwer Nederlands betuig, daar-
enteen sy afsku te kenne gegee van die taal soos dit aan
die Kaap gepraat word, en dié taalverbastering as verskoning
vir sy ywer vir Engels aangevoer. ,,Het koloniaal Hollandsch
wordt, vooral sedert het Engelsch toeneemt, al ellendiger,
en voor hem die de schoone en rijke Nederduitsche taal kent
al verachtelijker. Hoe menigmalen wordt niet het gevoel
gekwetst, door de angUcismen die zelfs predikanten, van
Kaapsche ouders geboren, op den preekstoel brengen ....
Hier [in die stad] wordt het Engelsch al meer en meer, ik
zeg niet de taal des dagelij kschen verkeers, mMur de taal
des huisgezinsl En het Hollandsch?—Liever hoor ik het
platte plompe Hollandsch van den achterlijksten boer, dan
het verengelschte Hollandsch van het Kaapstadsche jonge
geslacht.quot;
Engels neem in die stad nou so 'n vername plek in dat
niemand meer 'n behoorlike bestaan kan maak sonder 'n
deeglike kennis daarvan nie. ,,De behoefte des tijds is
vloeijend Engelsch; en waar de school deze behoefte te
gemoet komt, daar treedt het Hollandsch op den achtergrond.
Opmerkehjk,quot; voer die skrywer aan ter bevestiging van sy
bewering, ,,dat een ouderling der Kaapstadse gemeente die
sterk tegen de invoering der Engelsche taal in de Gerefor-
meerde Kerk in de stad heeft gepleit, die zelfs een werk
heeft geschreven getiteld: 'de Nederduitsche taal in Z. A.
hersteld,'—ik zeg: opmerkelijk dat deze ouderling, zwich-
tende voor den geest des tijds, juist zulk een onderwijs in
zijn voortreffelijke school mededeelt, dat het, zijns ondanks,
tot de vernietiging der Hollandsche taal moet medewerken.
Deed hij dit niet, binnen ééne week zou zijn school ledig
zijn, en hij gedwongen worden op andere wijze zijn bestaan
te vinden. In deze school wordt het Hollandsch als een vak
geleerd — even als er het Fransch geleerd wordt: terwijl het
Engelsch de onderwijs- en conversatie taal is.quot;®°)
Veral met die onderwys van jong meisies was dit in hierdie
tyd ten opsigte van die Hollandse taal ellendig gesteld. ,,De
dochters gaan naar kostscholen,quot; vertel ,,Opmerkerquot; in sy
artikel, ,,waar geen Hollandsch hoegenaamd geleerd wordt;quot;
en toe daar in Elpis aan die begin van 1860 'n stuk verskyn
waarin ,,Bedenkingenquot; teen die strekking van bowegenoemde
artikel geopper word, was die versuim van die Hollandse
Kerk om iets te doen vir die opvoeding van die vroulike
geslag, een van die punte waarby spesiaal stilgestaan is.
,,De opvoeding der hoogere, der meer bemiddelde klasse,quot;
kla hierdie verdediger van die Hollandse taal, ,,is schier
geheel in handen der Episcopalenl Stelselmatig wordt het
onzer jonge dochters, die zoo lang zij op de Kostschool zijn,
zelden of nooit de kerk harer vaderen bezoeken, ingeprent:
Hollands taal en zeden niet alleen te verachten, maar ook
met medelijdend schouderophalen neer te zien op 'the
ignorant Dutch people,' die geen smaak kunnen vinden in
de half Roomsche ceremoniën en de vormgodsdienst, waar-
door zij zelve onvatbaar werden gemaakt om in de kerk
harer vaderen te worden gesticht.quot;'quot;)
Die ,,Anglo-Afrikanequot; kry hul sin.
Die felste teenstanders van die toelating van Engels in
die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Kaapstad moes besef
het dat as daar geen verandering aangebring word in die
onderwystoestande met betrekking tot die Hollandse taal nie,
die invoering van Engelse dienste in die moederkerk op die
5') Changuion het inderdaad onvermoeide ywer aan die dag gelê
om die Engelse taal uit die Hollandse Kerk te hou. In De Zuid-
Afrikaan het verskeie stukke oor die saak van hom verskyn (o.a.
in die nommers van 3 en 7 Nov. 1859); en in die uitgawes van
24 Nov. en i Des. het hy selfs weer sy bekende voorlesing van 1842
oor die waarde van die beoefening van die Nederlandse taal en letter-
kunde laat afdruk. I)ie steek van ,,Opmerkerquot; moes hom op
besonder onaangename wyse getref het.
56) Elpis, dl. IV, bis. 60 vlgg.
-ocr page 170-duur nie sou kon gekeer word nie. In die sestiger jare het
die verengelsing in Kaapstad hand oor hand toegeneem; die
posisie van Hollands het hoe langer hoe meer verswak, en
eerlang het die ,,Anglo-Afrikanequot; 'n derde poging aangewend
om die Engelse taal 'n vastrapplek in die Groot Kerk te gee.
Hierdie keer het hul met 'n ompad gekom—'n aanduiding
dat die teenstand teen Engels preek in die Kaap nog glad
nie verdwyn het nie — en uit die staanspoor veel meer sukses
gehad.
Op 'n kerkraadsvergadering gehou op 4 Augustus 1862
is die volgende voorstel, wat as beskrywingspunt na die
aanstaande Sinode sou gaan, met slegs een teenstem aan-
geneem: ,,Wanneer door niet minder dan 50 leden van
eenige gemeente aanzoek tot het houden van godsdienst-
oefeningen in de Engelsche taal gedaan wordt, zal de
predikant, of zullen de predikanten van zoodanige gemeente,
die het doen kunnen, zoodanig verzoek niet van de hand
wijzen, mits dit geen inbreuk maakt op de gewone Hollan!-
sche godsdienstoefeningen, en na voorafgaande kennisgeving
aan den Kerkeraad; en in geval de predikant of predikanten
de Engelsche taal niet magtig zijn, zal de Kerkeraad zoo-
danige voorzieningen maken als waardoor aan den wensch
der aanzoekers kan worden voldaan.quot;®')
Op die sinodesitting van 16 Oktober 1862 is die voorstel
van die Kaapstadse kerkraad, wat bedoel was om artikel 57
van die Wetten en Bepalingen te vervang, toe bespreek.
Daar was heelwat diskussie voor en teen. Eindelik het
ds. W. Murray, van Middelburg, voorgestel dat die hele
inhoud van die voorstel by artikel 57 gevoeg word, en
ds. Kuijs, van Napier, dat artikel 57 onverander bly. Die
amendement van ds. Kuijs is verwerp met 43 teen 39 stemme,
en dié van ds. Murray met 45 teen 37 aangeneem.®») 'n
Het Volksblad, 5 Aug. 1862. Hierdie voorstel, wat eers na
enige bespreking geformuleer is en toe gesekondeer is deur ds. Heijns,
het in die plek getree van 'n oorspronklike voorstel wat gelui het:
,,Wanneer door eenig gedeelte van eene gemeente de wensch aan
den dag wordt gelégd om ook het preken in de Engelsche taal te
hebben, worde zulks door eiken Kerkeraad toegestaan, zoo lang de
leeraar der gemeente of een ander leeraar van de Gereformeerde Kerk
er toe genegen moge zijn, mits zulks geschiede zonder eenig nadeel
hoegenaamd aan de gewone godsdienst in de Hollandsche taal.quot;
58) Het Volksblad, 18 Okt. 1862.
-ocr page 171-Week later is die eerste Engelse diens in die Groot Kerk in
Kaapstad gehou.quot;) In die begin het die dienste op Donder-
dagaande plaasgevind, maar heel gou was daar ook Sondag-
middae 'n Engelse godsdiensoefening: Op 'n kerkraads-
vergadering gehou op 3 November gee die scriba kennis
,,dat bij rondschrijving van den kerkeraad toestemming
bekomen was, op verzoek van eenige aanzienlijke leden der
gemeente, tot eene godsdienstoefening in de Engelsche taal,
in de Groote Gereformeerde Kerk, des Zondags namiddags,
voor een paar uren, gedurende de zitting der Synode, te
beginnen tusschen 2 en 3 ure (nader te worden bepaald).quot;«quot;)
Die ys was nou gebreek, maar die toestand kon vir die
voorstanders van Engelse dienste nog glad nie as bevredigend
beskou word nie, want dit was slegs tydens die sinodesittings
dat gereelde godsdiensoefeninge in Engels kon gehou word.
Die moeilikheid het blykbaar nog by die predikante gelê.
In 1864 het ds. Spijker egter sy emeritaat aanvaar, en in
sy plek is benoem ds. Andrew Murray, jr., wat nie alleen
in staat nie, maar ook geneë was om in Engels te preek.
Nou dat die laaste struikelblok uit die weg geruim was, het
die persone wat begerig was na 'n gereelde Engelse diens,
die enkele eenvoudige stappe gedoen wat nog nodig was
om hul doel te bereik. Op 'n kerkraadsvergadering gehou
in Januarie 1865 is deur ouderling De Smidt 'n brief voor-
gelees onderteken deur 64 gemeentelede wat vra dat op grond
van artikel 57 van die Kerkwet voortaan in die Nederduitse
Gereformeerde kerk in Kaapstad godsdiens in die Engelse
taal sal gehou word; dit word tewens aanbeveel dat die
diens sal plaasvind in die Groot Kerk soggens om halftwaalf.
59) Sien Het Volksblad van 25 Okt. 1862. Die diens is gelei
deur ds. W. F. Heugh, van Humansdorp, en is bygewoon deur
,,een talrijke schaarquot;. Vir die sang is gebruik gemaak van die
Engelse psalme en gesange van die Gereformeerde Hollandse Kerk
van Amerika. Daar was blykbaar nie boeke te kry nie, en die kerk-
gangers is by die deur voorsien van los blaadjies waarop die verse
wat sou geslng word, gedruk is. ,,Men zag onder de aanwezigen
echtgenooten naast elkander gezeten,quot; skryf die Volksblad, ,,die
tot hiertoe zich naar andere bedehuizen moesten begeven, bij gebrek
aan eene Euï^elsche dienst in de kerk der wederhelft. Ook de collecte
leverde het bewijs van belangstelling.quot;
quot;quot;) Het Volksblad, 4 Nov. 1862. Onder die eerste predikante
wat dienste in Engels in die Groot Kerk waargeneem het, was
ds. Andrew Murray, jr., sy broer, prof. John Murray, en sy skoon-
broer, ds. J. H. Hofmeyr.
onmiddellik na afloop van die gewone voormiddagdiens.
Daarop is besluit dat vanaf 29 Januarie 1865 elke Sondag-
oggend om halftwaalf 'n Engelse diens in die Groot Kerk
sal gehou word en dat ds. Andrew Murray die dienste sal
waarneem.«')
Engelse dienste op die platteland.
Vanaf die eerste invoer van Skotse predikante in die
Kolonie in 1822 het dit voorgekom dat op sekere plattelandse
dorpe deur leraars van die Nederduitse Gereformeerde ICerk
ook in Engels gepreek is terwille van die enkele Skotte en
Engelse wat hul op dié dorpe bevind het en sonder predikant
van hul eie kerkgenootskap was. Ons het gesien dat die
Britse regering die preek van Engels so veel moontlik aan-
gemoedig het, om ook deur die Kerk 'n verengelsende invloed
op die plattelandse Afrikanerbevolking te kan uitoefen. Die
verwagting was ongetwyfeld dat as die geleentheid daar is
om in hul eie Kerk 'n Engelse preek te hoor gelewer deur
hul eie predikant, die Afrikaners die Engelse dienste sal begin
bywoon en daardeur op die pad van verengelsing aangehelp
word. In die begin het baie min Afrikanerpredikante gehoor
gegee aan die wens om ook in Engels te preek —in die eerste
plaas miskien omdat hul nie daartoe in staat was nie, en
nie juis omdat hul dit nie wou doen nie. Met die toenemende
verbreiding van die kennis van Engels het dit egter al meer
voorgekom dat ook Afrikaanssprekende predikante van die
Nederduitse Gereformeerde Kerk naas hul gewone Hollandse
dienste ook vry gereeld 'n Engelse diens hou, vir hul
„Engelse gemeentequot; of die ,,Engelssprekende gedeelte van
hul gemeentequot;, soos dit geheet het. Teen 1862 was dit
hiermee so ver gevorderd dat ds. Andrew Murray, jr.,
destyds predikant van Bloemfontein, aanleiding gevind het
om die volgende beskrywingspunt vir die Sinode van daardie
jaar op te stuur: ,,Dat, daar de prediking in de Engelsche
taal meer en meer algemeen wordt, en er geen door de Synode
geapprobeerde Psalm- en Gezangbundel is, de Synode de
Psalms en Hymns of the Protestant Reformed Church van
Amerika goedkeure en aanbevele; en dat de Synodale boek-
handelaar onverwijld eenen voorraad . . . ontbiede.quot;
Het Volksblad, 17 Jan. 1865.
-ocr page 173-Dit is moeilik om te beoordeel in hoe ver van huis uit
Afrikaanssprekende lidmate van die Nederduitse Gereformeer-
de Kerk op die platteland reeds omstreeks 1860 die Engelse
dienste bygewoon het, en ook in hoe ver hul daartoe deur
hul leraars aangemoedig is; maar dit is seker opvallend dat
die voorsteller 'n seun van een van die ingevoerde Skotse
predikante was. Die Sinode was dan ook nie somaar bereid
om die verlangde toe te staan nie, en na heelwat bespreking
van die voorstel van ds. Murray is besluit: ,,dat het gebruik
blijve zoo als het is.quot;'^)
Verengelsing nog beperk.
Dat dit in hierdie tyd met die verdringing van Hollands
op godsdienstige gebied nog nie so ernstig gesteld was nie,
word ook bewys deur die geskiedenis van die Christelijke
Boekenvereeniging, wat in 1853 opgerig is om stigtelike werke
te herdruk en teen redelike pryse uit te gee. In die loop
van nege jaar is by die 60,000 boeke, groot en klein, deur
die vereniging in die Hollandse taal versprei; en toe is deur
die bestuur besluit om ook Engelse werke uit te gee. Die
vereniging het gemeen om hierdeur ,,te voorzien in eene
behoefte welke voortvloeit uit de toenemende beoefening der
Engelsche taal.quot; Na vyf maande het die getal persone wat
as intekenare op Engelse boeke kon gewerf word, egter nog
maar op 150 gestaan; en toe is ooreengekom dat die ver-
eniging met die verspreiding van Engelse leesstof sal begin
sodra die getal intekenare 300 is. 'n Jaar later, begin Maart
1864, was daar ewenwel nog nie meer as 150 intekenare
op Engelse werke nie; en daarop het die vereniging besluit
om voorlopig van hul plan omtrent die uitgawe van Engelse
lektuur af te sien.®')
Invloed van Kerkstryd. Stigting van Teologiese Kweek-
skool.
Gedurende die tydperk wat in hierdie hoofstuk behandel
word, het die vernaamste gedeelte van die groot stryd tussen
62) Acta Synodi. 1862.
«3) De Zuid-Afrikaan, 29 Jan., 27 Apr. 1863; 3 Mrt. 1864. Op
'n jaarvergadering van die Christelijke Boekenvereeniging in April
1867 is die verspreiding van kinderwerke in Engels weer voorgestel.
Die vergadering het besluit om die saak in die hande van die bestuur
te laat. De Zuid-Afrikaan, 11 Apr. 1867.
die Liberalisme en die Ortodoksie in die Nederduitse Gerefor-
meerde Kerk aan die Kaap geval, en dit res ons om kortliks
na te gaan watter invloed dié stryd op die Hollands-
Afrikaanse taal en nasionaliteit in die Kolonie uitgeoefen het.
In een opsig het die kerkstryd 'n gunstige uitwerking
gehad, naamlik dat dit 'n belangrike stoot aan die Hollandse
joernahstiek aan die Kaap gegee het. Die oprigting van
die driemaandehkse ortodokse tydskrif Elpis in 1857, van
die godsdienstige maandblad De Wekker in 1859, van die
hberale maandblad De Onderzoeker in 1860 en van die
ortodokse weekblad De Volksvriend in 1862 was die direkte
uitvloeisel van die woelinge wat in hierdie tyd op kerklike
gebied geheers het. Teologiese werke van liberale en orto-
dokse strekking is deur die onderskeie rigtings in omloop
gebring; en die dramatiese verloop van die kerkstryd het
die leeslus, en ook die skryflus, van die Afrikaanse bevolking
geweldig aangewakker.'quot;) Al hierdie dinge het ongetwyfeld
veel daartoe bygedra om die Hollandse taal in stand te hou
in 'n tyd toe sy kanse op voortbestaan in die Kolonie op
sy laagste was in ons hele geskiedenis.
Teenoor dié goeie invloed het gestaan dat die stryd teen
die Liberalisme, wat uit Holland na die Kaap oorgedra is
deur Afrikanerpredikante wat daar gestudeer het, die bande
tussen die Kaapse Kerk en die ou moederland nog veel losser
gemaak het as wat hul reeds was. Die stigting van die
Teologiese Seminarium in Stellenbosch in 1859, waardeur dit
onnodig geword het vir Afrikanerseuns om vir hul opleiding
tot die predikamp na Nederland te gaan, het grotendeels op
inisiatief van die ortodoksgesinde party tot stand gekom. Die
bedoeling was oorspronklik wel om die eerste professore vir
die Kweekskool uit Nederland te kry; maar toe verskeie pogings
daartoe misluk het, is in die Sinode van 1857 deur ds. Andrew
Muray, sr., voorgestel om die besluit wat daaromtrent geneem
was, nietig te verklaar. Die verengelsing op allerlei gebied
het in hierdie tyd so sterk veld gewen dat die vrees by
sommige ontstaan het dat die Kweekskool ook in die stroom
van verengelsing sou kon gesleep word as daar nie met krag
teen gewaak word nie. Ds. G. W. A. van der Lingen, wat
daarvoor bekend was dat hy geen besondere respek vir die
J. H. Hofmeyr: Het Leven van Jan Hendnk Hofmeyr (Onze
Jan), blss. 50—5.
Engelse of liefde vir hulle taal gehad het nie, het daarom
as amendement op die mosie van ds. Murray voorgestel
dat die bepaling daaraan toegevoeg word dat „de hoog-
leeraren niet alleen op de Kweekschool, maar op de studenten
collegien en in hunne huisgezinnen Hollandsch zouden
spreken.quot; Dit is seker opmerklik dat hierdie amendement,
wat aan duidelikheid niks te wense oorgelaat het me en
van 'n byna persoonlike direktheid was, met die gennge
meerderheid van slegs 40 teen 36 stemme verwerp is.'®) Die
vrees dat die Teologiese Seminarium 'n kweekplaas sou word
van Engelse gesindheid, is gelukkig nie bewaarheid me; en
heel aan die begin van sy geskiedenis het die behoorlike
studie van die Hollandse taal en letterkunde in die inngtmg
die sorgsame aandag van die bestuur geniet.quot;quot;)
Werwing van predikante in Skotland. Besluit.
In die tyd toe die Liberalisme in die Kaapse Kerk 'n
roering begin veroorsaak het, was hier 'n aansienlike tekort
aan predikante; en op 'n Christelike konferensie gehou te
65) Het Volksblad, 20 Oktober 1857. Sien ook A. Moorrees:
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, blss. 873—4,
waar nog verder meegedeel word dat die afgevaardigdes van die
Paarl na die verwerping van ds. Van der Lingen se ainendement
namens hul kerkraad geprotesteer het teen enige verandering wat
die Sinode mog maak in die bepalings omtrent die opri^ing van
'n kweekskool, in so ver die verandering ,,eenigermate strekken kan
om het gebruik der Nederduitsche taal in de Nederduitsch Gerefor-
meerde Kerk in Zuid Afrika min of meer te belemmeren of te ver-
^^ff'oat dit nie die goedkeuring van die ekstremistiese Engelse pers
weggedra het nie, spïeek vanself. In die begin van 1864 het die
Kommissie van Direkteure, waarin o.a. sulke voorve^ers van
nSds soos di G W. A. van der Lingen en J. H. Neethhng sitting
Shid het 'n be^uit geneem dat in die toekoms meer aandag m
die Kwefkskool moet glwy word aan die studie van die Nederlandse
taal en letterkunde. Hie^rvan het die Argus in 'n hoofartikel o.a
gesê- It is intended only to foster by such means a spint of
fpurious nationality, calculated to produce the most mischievous
risults in the minds of unthinking persons who may be weak enough
to be led away by such a delusion;quot; en weer het die blad met
d°e be^eLg IJkom dat die taal van die koloniste 'n gemene patois
fs en dat d!e\frikaners die Hollands van die kansel me verstaan
nie. Die Zuid-Afrikaan van 29 Februarie 1864 het hierop ^eant-
woórd dat die studie van die Nederiandse taal en letterkuncte m die
afgelope vyftien jaar baie toegeneem het in die Kolome dat Holland-
se koerante meer verspreid is as ooit tevore en dat die handel m
Hollandse boeke bloeiend is.
Worcester op i8 en 19 April i860 is toe besluit om dr. William
Robertson, predikant van Swellendam, na Europa af te
vaardig om regsinnige predikante uit te soek. Heelwat
ontevredenheid het oor hierdie besluit bestaan, ook omdat
dit gevrees is dat dr. Robertson hom by die keuse van die
leraars te veel sou laat lei deur nasionale vooroordeel.quot;)
Toe sy keuse in Europa inderdaad val op sewe Skotse
predikante teenoor slegs een Hollander en een Hollandse
Amerikaan, is hy deur Liberaalgesinde Afrikaners en
Hollanders aan die Kaap heftig aangeval en beskuldig van
partydigheid vir sy eie volksgenote. ,,Wij kunnen niet
gelooven,quot; skryf 'n korrespondent in Het Volksblad van
20 April 1861, ,,dat als b.v. Ds. v. d. Lingen met de taak
belast was die thans door Dr. Robertson volbragt is, de
oogst van Hollandsche leeraars zoo ontzettend gering zou
zijn geweest, hoe boven allen twijfel de regtzinnigheid van
gemelden leeraar ook zij. Dr. Robertson kon zeer wel
begrijpen dat geen of bijna geen Hollanders en eene geheele
bezending Schotten hun niet aan zouden staan die, hoe
regtzinnig ook, toch liever Hollanders dan Schotten hier als
leeraars zagen en hem verdacht hielden van naar den anderen
kant over te hellen.quot; Veral is beswaar gemaak dat die Skotse
predikante geen Hollands ken nie en dat hulle, eweas in
1822, slegs vir enkele maande na Nederiand sou gaan om
O.a. skryf iemand uit die Paarl na aanleiding van die saak
in De Zuid-Afnkaan van 28 Mei i860: ,,Een andere zwarigheid
is de ongenoegzame plaatselyke kennis van Dr. Robertson ... en
zyn nationaal gevoel dat hy als een Schotsman zeker met zich
omdraagt. Wy hebben hier, ik erken het, voorname mannen onder
de Schotse leeraaren, maar het vereischt tyd om hen die hoogte
te doen bereiken. Zy worden de Hollandsche taal niet zoo gemakke-
lyk machtig.quot;—In die derde van 'n reeks briewe ,,Over den aard
en de strekking der bewegingen in de Nederduitsch Gereformeerde
Kerk van Zuid-Afrikaquot;, in die Zuid-Afrikaan van 21 Mei i860,
skrywe Changuion, 'n vurige voorstander van die Liberalisme, dat
toe die band met Holland verbreek is, die Kerk begin ontaard het.
,,En hier komt als aanleidende oorzaak vooreerst in aanmerking het
streven van het plaatselyk bestuur om, op alle mogelyke wyze, de
Hollandsche nationaliteit van lieverlede uit te wisschen. De Gouver-
neur van dien tyd (lord Charles Somerset) was zoo onbedreven niet,
of hy wist wel dat de nationaliteit in de kerk en in de school hare
diepste wortelen schiet, en daarom oefende hy by voorkeur over
kerk en school zyn willekeurig gezag uit. Daarby kwam dat hem
eenige onzer predikanten in de hand werkten.quot; Changuion lê veral
nadruk op die invoer van Skotse predikante.
die taal magtig te word. ,,Zij zullen voor eenige maanden
naar Holland gaan om de Hollandsche taal te leeren,quot; skimp
een van dr. Robertson se teenstanders in Het Volksblad van
II Junie 1861, ,,als of het een kleinigheid is om in weinige
maanden eene vreemde taal te leeren. Schotsche en andere
predikanten, die twintig of meer jaren in dit land geweest
zijn, zijn soms onverstaanbaar; deze Heeren zullen het in
weinige maanden leeren. Er moet een Pinkster wonder
gebeuren als zulks geschieden kan.quot;®'quot;)
Dat dr. Robertson hom inderdaad tot op sekere hoogte
deur nasionale vooroordeel laat beïnvloed het, is nie onwaar-
skynlik nie. Toe hy in Holland aankom om predikante te
werf, was daar nie minder as twintig leraars wat gewillig
was 'om na die Kaap te gaan nie. Hy het hul egter op hul
regsinnigheid getoets en het hul sonder uitsondering onsuiwer
in die leer bevind. Daarop het hy, volgens sy eie verslag,
met neentien ander in verbinding getree, maar geeneen van
hulle wou hierheen kom nie.quot;) Deur Liberale teenstanders
is hy daarvan beskuldig dat hy by die ondersoek van
predikante in Holland ook die eis van kennis van die Engelse
taal gestel het, maar dit is deur hom ten stelhgste ontken.®')
Om billik te wees teenoor dr. Robertson moet dan ook
vermeld word dat hy nie vyandig gesind was teenoor die
Hollandse taal nie en meer as eens 'n goeie woord vir die
studie daarvan gedoen het. ,,Hy is er sterk voor dat ook
het Hollandsch, — de taal der vaderen, — in alle deze scholen
(nl. die eersterangskole) grondig onderwezen worde,quot; lees
ons in 'n verslag van 'n toespraak wat hy op 'n konferensie
in Riversdal in April 1864 gehou het, ,,en spreekt van de
pedanterie derzulken die, uit Hollandsche ouders geboren,
soms voorgeven de Hollandsche taal niet te kunnen spreken
Dit is bekend dat sommige van die Skotse predikante wat
tussen 1822 en 1839 in Hollandse gemeentes aangestel is, maar baie
swak Hollands geken het en dit ook nooit behoorlik geleer het me.
Predigerstellen werden gewöhnlich an schottische Priester ver-
geben quot; skrywe W. von Meyer omstreeks 1840; ,,und nur wenn
man in einer Kirche in Afrika gewesen ist, kann man sich eine
Vorstelling davon machen in welch' merkwürdiger Sprache diese
Herren das Evangelium auslegen. Es ist ein aus HoUandisch und
Breit-Schottisch zusammengesetztes Rotwelsch . . . (Reisen in bud-
Afrika während der Jahre 184.0 und 1841. ens., bis. 183).
68)nbsp;De Kerkbode, 20 Apr. 1861, bis. 126 vlgg.
69)nbsp;Sien o.a. Het Volksblad, 15 Jun. 1861.
-ocr page 178-of verstaan.quot;'quot;) En die tyd het voorgelê dat hy die Hollandse
taal in beskerming sou neem teen 'n medeleraar, 'n gebore
Afrikaner, soos ons in die volgende hoofstuk sal sien.
Die Skotse predikante wat deur toedoen van dr. Robertson
na Suid-Afrika gekom het, het op verre na nie die invloed
uitgeoefen wat dié wat tussen die jare 1822 en 1836 hier
in gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk aan-
gestel is, gehad het nie. Hulle getal was in verhouding tot
die predikante van Hollandse afkoms wat reeds in die diens
was, veel geringer; en hulle het hul ook nie so goed as hul
voorgangers in hul nuwe vaderland aangepas nie.quot;) Intussen
moet daarop gewys word dat as in hulle plek 'n sewetal
predikante uit Nederland in 1862 hier aangestel was, dit 'n
versterking van die Hollandse element in die land sou beteken
het wat toe beswaarlik kon gemis word. Daar was nog altyd
heelwat Afrikaners wat bewus vasgehou het aan hul Hollandse
kulturele tradisie, baie ander ook wat nog nie genoegsaam
in aanraking met verengelsende invloede gekom het om sterk
daardeur aangetas te word nie; maar die algemene toestand
in die eerste helfte van die sestiger jare was tog sodanig
dat sonder 'n gebeurtenis of 'n reeks van gebeurtenisse wat
die Afrikaner se politieke bewussyn sou wakker maak, sy
voortbestaan as aparte kulturele groep in die Kolonie ged'oem
was. In die tydperk wat in die volgende hoofstuk bespreek
word, het die nasionale ontwaking inderdaad gekom. Die
verengelsing sou nie dadehk en langs die hele linie daardeur
stopgesit word nie: op baie punte sou dit nog geweldig om
hom heen gryp en groot groepe Afrikaners blywend uit hul
nasionale verband losruk; maar die persone wat Afrikaners
wou bly, sou hul houding van verset teen verengelsing
omgooi tot 'n doelbewuste werksaamheid om die volledige
ontplooiing van die Afrikaanse nasionaliteit moontlik te maak.
'») De Zuid-Afrikaan. 21 Apr. 1864.
Vier van die sewe Skotse predikante wat in 1862 en 1863 hier
aangekom het, het nd periodes wat wissel van twaalf tot drie-en-
twintig jaar weer na Skotland teruggekeer. Twee van hulle het nooit
in die ou Kolonie diens gedoen nie, maar is aangestel in die gemeen-
tes Harrismith (Oranje-Vrystaat) en Ladysmith (Natal).
HOOFSTUK IV
(1865-1875)
-ocr page 180- -ocr page 181-HOOFSTUK IV
(1865-1875)
A. Inleiding: Nasionale Ontwaking
Afrikaners en die politiek.
Die tydperk van betreklike rus op politieke gebied wat
ingetree het met die koms van sir George Grey as goewerneur
van die Kolonie, was maar van korte duur. Reeds voordat
Grey die Kaap vergoed verlaat het in Augustus 1861, was
die beweging vir verantwoordelike regering en dié vir afskei-
ding in die Oostelike Provinsie weer in volle gang. Grey
se opvolger, Philip Wodehouse, het weinig simpatie met die
oorwegend Hollandssprekende bevolking van die westelike
Kaapland gehad en het voortdurend met hulle in botsing
gekom. By die Engelssprekende koloniste van die weste was
die nuwe goewemeur egter ewemin algemeen geliefd, en
die interne politieke aangeleenthede van die Kolonie het die
Hollandssprekendes en Engelssprekendes nie in twee aparte
politieke kampe geja nie, al het gebeurtenisse soos die aan-
hegting van Brits-Kaffraria in 1865 en die afskeidingsbeweging
in die algemeen daartoe bygedra om die skeidslyn tussen
Afrikaners en Engelse te handhaaf. In deursnee het die
Afrikaanse plattelandse bevolking egter nog maar heel weinig
belang in politieke sake gestel, sodat die Kerkstryd, wat
met onverrninderde felheid tot 1870 voortgewoed het, veel
meer hul belangsteUing gehad het as by voorbeeld die vraag
of dit wenslik was om verantwoordelike regering in die
Kolonie te hê. As daar in hierdie jare niks voorgeval het
buite die grense van die ou Kolonie om die Afrikaners politiek
wakker te skud en hul nasionale bewussyn te laat ontwaak
nie, sou daar nie veel gewees het om die toenemende
verengelsing te keer en die Afrikaners in Kaapland van
nasionale vernietiging te red nie.
K
Koloniale Afrikaners se belangstelling in lotgevalle van
Vrystaat en Transvaal.
'n Punt van belang op politieke gebied waarop die
Afrikaners van die Kolonie hulle van hul Engelse mede-
burgers onderskei het, was hul diepgaande belangstelling in
die lotgevalle van hul volksgenote oorkant die Oranje en die
Vaal. Hoe weinig politiek-bewus hul ook al mag gewees
het, hul het die gevoel gehad dat in die twee Boererepublieke
in die noorde 'n nasionale aspirasie van onafhanklike volks-
bestaan uitgeleef word wat in die Kolonie nie meer moontlik
was nie en waarvan niemand gedroom het nie. Daar was
Hollands, die moedertaal, nie alleen taal van die Kerk nie,
rnaar ook van die Staat; en daar kon 'n politiek teenoor
die inboorlingbevolking gevoer word wat ook na die diepste
oortuiging van die Hollandssprekende Kaaplander die enigste
juiste was. Voortdurend het manne uit die ou Kolonie hul
nog in die noorde gaan vestig en so die bestaande bande
van bloedverwantskap versterk; en ten spyte van verengelsing
het verreweg die meeste Kapenaars hul nog een met hul
noordehke broers gevoel. In 1864 het bowendien die Kaap-
stadse advokaat Jan Brand, seun van die bekende ou patriot
Christoffel Brand, speaker van die Kaapse volksraad,
president van die Vrystaat geword; en dié omstandigheid
het ongetwyfeld die belangstelling in die lotgevalle van die
suidehke republiek nog aansienlik laat toeneem.
Die Vrystaat se Basoeto-oorloë. Tekens van nasionale
oplewing in die Kolonie.
Dit is te begrype dat die Vtystaat se Basoeto-oorloë van
1865—6 en 1867—8 ook in die Kolonie heelwat opgewon-
denheid veroorsaak het en die Kapenaars fel laat meelewe
het met hul volksgenote in die noorde. Alle hindernisse wat
Wodehouse die Vrystaat in die weg gelê het, is skerp ver-
oordeel, en 'n fonds is gestig ten behoewe van noodlydendes
in die republiek. Die toneelvereniging ,,Door Yver Bloeit
de Kunstquot; in Kaapstad gee verskeie male opvoeringe tot
sterking van die fonds en trek volle sale, terwyl die gees
wat op die platteland geheers het, mooi blyk uit die volgende
woorde in 'n adres van 237 ,,respectabele ingezetenenquot; van
die Paarl en omstreke gerig aan pres. Brand by die oor-
winning van die Vrystaat oor die Basoeto's in 1866: ,,Als
afstammelingen van hetzelfde ras, en deelgenooten van het-
zelfde geloof, stellen wy een diep belang in uw volksleven.
Uwe rampen zyn onze rampen, uwe vreugde is onze
vreugde.quot;!)
In Julie 1867 het die oorlog teen Mosjes opnuut begin;
en toe na baie opofferings die Basoeto's eindelik in Maart
1868 geheel verslaan is, is hul, met verbreking van die
Konvensie van Bloemfontein, deur \Vodehouse onder Britse
beskerming geneem. Die Kaapse Hollandse koerante was
hieroor diep verontwaardig en het Wodehouse skerp aangeval
—nbsp;tot groot ergernis van die Argus en sy lesers. ,,Men
zou denken dat het een bijzonder voorregt der Engelschen
was iets berispelijks te vinden in hen die regeren,quot; antwoord
Het Volksblad in sy uitgawe van 9 April 1868 op 'n artikel
in bogenoemde blad; ,,in alle gevallen is het een privilege
dat zij uitoefenen met eene opmerkelijke, we zouden haast
gezegd hebben roekelooze vrijheid; terwijl de Afrikaanders,
die — let hier op! — weinig lezen en minder denken, moeten
stil zitten en toezien dat hun eigen vleesch en bloed onder
den voet getreden wordt. Wij hebben dit ongaarne genoeg,
maar, de Hemel weet het, uit pijnlijk pligtbesef geschreven.
Wij moeten aandringen op regt voor alle klassen in Zuid
Afrika, en wij waarschuwen onze regeerders, dat indien men
weigert regt te doen, de ontevredenheid, die bij het volk
van Hollandschen oorsprong in deze wordt aangekweekt, niet
minder innig zijn zal dan die, welke op duizenderlei wijze
zoo veel beroering voortbrengt in Ierland — en op dit oogen-
bhk inderdaad door het geheele Vereenigde Koninkrijk heen!
Indien de Staatslieden van Engeland verlangen, de tv/ee
Europeesche volksrassen, die dit gedeelte van het Afrikaan-
sche vasteland bevolken, voortdurend gescheiden te houden,
laat hen dan voortgaan met hunne tegenwoordige staatkunde
—nbsp;zoo niet, dan zullen zij in tijds gewaarschuwd zijn!quot;2)
'n Jaar het verbygegaan voordat die Basoetoland-kwessie
deur die tweede verdrag van Aliwal-Noord, onderteken in
Februarie 1869, uit die wêreld gemaak is. Die ooreenkoms
1)nbsp;De Zuid-Afrikaan, 21 Junie 1866.
2)nbsp;In die jare 1865 tot 1868 verskyn daar in die Hollandse
koerante voortdurend hoofartikels ter verdediging van die regte van
die Vrystaat. Sien b.v. De Zuid-Afrikaan van 10 Feb., 17 Feb.
en 16 Mrt. 1868.
waartoe gekom is, was per slot nie juis onbevredigend vir
die Vrystaat nie; maar die vertroue van die Kaapse Afrikaners
in die billikheid en opregtheid van Britse staatkunde het
sy eerste ernstige skok gekry. Buitendien is die meegevoel
van die Kapenaars met hul uitgeweke landgenote nog verder
verdiep deur die gebeurtenisse. Opmerklik is dit seker dat
in hierdie tyd die rederykerskamer ,,Auroraquot; in Kaapstad
dramas begin opvoer waarvan die stof gehaal is uit die
geskiedenis van die Groot Trek. In April 1869 word vertoon
,,De Moord van Dingaan aan Pieter Retiefquot; deur H. W.
Teengs, en 'n bietjie later nog 'n ,,fraaije dramaquot; van
dieselfde skrywer onder die titel ,,Retief Gewrokenquot;.') Ter-
selfdertyd skrywe Melt Brink 'n gedig ,,De Dood van
Wippenaarquot;, wat ook op 'n voorstelhngsaand van ,,Auroraquot;
voorgedra word. Jan Brand het tydens 'n besoek aan die
stad meer as eens die voorstellinge van ,,Auroraquot; bygewoon.
By dié geleenthede het groot geesdrif geheers en is die
Vrystaatse volkslied met vuur deur die aanwesiges gesing.quot;)
Koloniale Afrikaners se trou aan Britse kroon.
Hoewel die stryd van die Vrystaat teen Mosjes die nasionale
gevoel van die Kaapse Afrikaners laat opleef het, was dit
op verre na nie genoeg om hul tot volledige volksbesef te
bring nie; en hoe groot die verontwaardiging ook was oor
die staatkunde van sir Philip Wodehouse, het die Afrikaners
nie tot die besef gekom van al die nadele wat vir hulle
voortvloei uit hul houding van onverskilligheid en lydelikheid
op politieke gebied nie. Geen leier het onder hul opgestaan
en hul aangespoor om die pohtieke mag waaroor hul beskik,
te gebruik om los te kom uit die minderwaardige posisie
waarin hul as volksgroep teenoor hul bevoorregte Engelse
medeburgers gestaan het nie. In 'n tyd toe alles wat van
hulself was, deur die heersende party opsygestoot is om
plek te maak vir wat Engels is, het die Kaapstadse koerante
van die Hollandse Afrikaners voortgegaan met die verkon-
3) Die opvoering in hierdie tyd van toneelstukke wat handel oor
episodes uit die Groot Trek, is opvallend, omdat die Afrikaners
voorheen nooit vir die heroïese in hul eie geskiedenis oog gehad
het nie. Van nou af begin die dade van die verlede vir hul nasionale
betekenis kry.
De Zuid-Afrikaan, i Apr., 8 en I2 Jul. 1869, 18 Jul. 1870.
-ocr page 185-diging van die leer van verbroedering en samesmelting tussen
die twee seksies van die blanke bevolking van die land. Wei
is af en toe gewys op die onbillike agterstelling van die
Afrikaner in taalaangeleenthede, maar niks positiefs is gedoen
om in dié toestand verbetering aan te bring nie.
Dat die ontwikkelde Afrikaners hoe langer hoe meer los-
geraak het uit hul volksverband, moes vir 'n ieder duidelik
gewees het; maar dat die minderbevoorregte Afrikaners, vir
wie die oorgang tot 'n ander nasionale groep uiters moeilik
so nie onmoontlik was nie, daardeur in 'n baie nadelige posisie
gestel is, sonder leiers en sonder beskermers, het slegs flou
tot die bewussyn van maar heel enkeles deurgedring. In
deursnee is daar deur toonaangewende Afrikaners van toe
niks ongerymds en niks vernederends in gesien nie om te
roem op hul lojaliteit aan die Britse kroon en hul gevoel
van trots op hul Britse onderdaanskap, terwyl hul daar
bewus van was dat die Engelse regeringsmag geen steen
onaangeroerd laat om die Hollands-Afrikaanse nasionaliteit
te ondermyn en uiteindelik geheel te vernietig nie. ,,Opregte-
lyk sprekend,quot; skrywe De Zuid-Afrikaan op 27 Junie 1870
na aanleiding van die derde besoek aan die Kaap van die
hertog van Edinburg, tweede seun van koningin Victoria,
,,en wel als de tolk van eene klasse der bevolking, welker
loyauteit wel eens te gering wordt geschat, voor welke gering-
schatting echter volstrekt geen grond bestaat, zoo kunnen
wy niets anders zeggen, dan dat wy deze menigvuldige
bezoeken slechts als eene krachtige herinnering beschouwen
aan onze nationaliteit. Zoo lang wy een Britschen Prins
nu en dan kunnen zien, en hem kunnen doen weten, dat
wy eerder trotsch dan anders zyn op onze verbindtenis met
Groot Brittanje, zullen wy nooit gevaar loopen van te ver-
geten, wat wy zyn, en wat men van ons kan verwachten.quot;
Teen hierdie tyd was alle Kaaplandse Afrikaners onder die
vyf-en-sestig jaar gebore Britse onderdane. Die meeste van
hulle het hul Britse onderdaanskap as iets vanselfsprekends
aanvaar, en baie het die vaste geloof gehad, hul van kinds-
been af ingeprent (veral op die Engelse skole), dat daar
niks op staatkundige of kulturele of watter gebied ook was
wat by Britse voortreflikheid kon haal nie. Eerbied vir die
Britse gesag en vir Britse ideale het by die Afrikaner hoe
langer hoe meer gegeid bo trou aan die eie volksaard, en
n geweldige skok was nodig om hierin verandering te bring
Die kultus van „loyaltyquot; as die hoogste goed het op baie
Afrikaners so 'n diepe indruk gemaak dat hul ook na die
nasionale ontwaking daar nooit van los gekom het nie You
know,quot; skryf Jacob de Vilhers gedurende die oorlog'van
1899—1902 aan sy jonger broer, die beroemde hoofregter,
wat net soos hy 'n vyftig jaar gelede 'n suiwer Engelse
skoolopleidmg aan die Paarl gehad het, „how we have been
brought up to love our Queen and admire the English nation
and Its institutions and that I am incapable of saying or
doing anything seditious or disloyal.
Stryd oor die diamantgehied. Nasionale ontwaking.
Dit is ondoenlik om hier 'n breedvoerige uiteensetting te
gee van die gebeurtenisse wat die onmiddellike aanleiding
was tot die nasionale ontwaking van die Afrikaners in Kaap-
land in die begin van die jare sewentig. Dit is bekend
genoeg dat die wyse waarop die diamantgebied die Vrystaai
afhandig gemaak is, baie Afrikaners so 'n afkeer van Britse
staatkunde gegee het, en tegelykertyd so 'n pynhke besef
van hul eie weerloosheid, dat vir die eerste keer 'n opsetLke
poging gedoen is om die breë lae van die Afrikaanssprekende
bevolking tot deelneming aan die politieke lewe op te wek.
Eindelik het dit dan duidelik en onafwysbaar tot d^e bewus-
syn van Afrikaners deurgedring dat hul 'n plig het teenoor
hulself, dat hul as lede van 'n aparte nasionale groep
besondere politieke en kulturele belange het wat alleen deur
hulself kon behartig word.
Die uitwerking van die imperialistiese politiek van die
Britse Hoë Kommissarisse C. C. Hay en sir Henry Barkly
en die Koloniale Sekretaris Richard Sou they op die Afrikaans-
sprekende bevolking IS duidelik in die Kaapstadse Hollandse
koerante van die tyd waar te neem. Telkens het daar hoof-
artikels verskyn teen knoeiery in verband met die diamant-
gebied, en keer op keer is gewaarsku dat as met die ingeslane
pohtiek voortgegaan word, verbittering en vyandskap teen
die Britse regering sal ontstaan.«) Alle proteste en waar-
5) Eric A. Walker: Lord De VilUers and his Times, bis. 5.
«) Sien b.v. Het Volksblad, 22 Aug. 1871, en De Zuid-Afrikaan,
27 Mrt., 30 Mrt. en 3 Apr. 1871.
skuwings is egter in die wind geslaan, en in Oktober 1871
is VVes-Griekwaland tot Britse gebied geproklameer, tot groot
verontwaardiging van die hele Afrikaanse bevolking en vele
reggeaarde Engelse in en buite die Kolonie.
Hoe hoog die gevoel in sekere kringe geloop het, blyk op
treffende wyse uit 'n brief van 'n groep Paarlse ,,Kolonistenquot;
in Het Volksblad van 14 Maart 1872 waarin uitdrukking
gegee word aan die dringende verlange dat alle volks-
verteenwoordigers by die eersvolgende byeenkoms van die
Parlement teen die inlywing van die diamantgebied sal stem.
,,Doen zij dat niet,quot; waarsku die skrywers van die brief,
,,dan zien wij niet alleen in den Vrijstaat groote gebeur-
tenissen te gemoet, welke zeker aanleiding geven zullen tot
ernstige gevolgen, maar ook in deze kolonie zullen daardoor
zoodanige omwentelingen ontstaan, als van welke men
nimmer sedert het bestaan derzelve heeft vernom.en. Wij
raden dientengevolge elk lid des Parlements, zonder onder-
scheid aan, zich wel te bezinnen, alvorens zich voor te nemen
om voor de aanhechting der Diamantvelden bij deze Kolonie
te stemmen, en wij waarschuwen alle vertegenwoordigers des
volks, de wenschen hunner constituenten niet in den wind
te slaan, maar te eerbiedigen, ten einde ernstige verwikke-
lingen voor te komen.quot;
Na aanleiding van hierdie brief het die Volksblad 'n
ernstige hoofartikel geskrywe en die Afrikaners aangespoor
om deur resolusies en petisies druk op hul verteenwoordigers
uit te oefen om teen die inlywing te stem. Dit is op verskeie
plekke gedoen; en toe Southey in Julie 1872 sy wetsontwerp
tot anneksasie van Wes-Griekwaland by die Parlement indien,
was die verset daarteen so sterk dat hy hom gedwonge
gevoel het om dit weer in te trek. Daardeur is die moeilik-
heid egter nie uit die wêreld gemaak nie. Die diamantgebied
het Britse besit gebly, en 'n bitter anti-Engelse gevoel het
posgevat by baie Afrikaners wat onder die indruk van die
onreg die Vrystaat aangedaan tot lewendige en volledige
bewussyn van hul eie nasionaliteit gekom het.')
Die onregmatige toeëiening van Vrystaatse grondgebied het
verreweg die grootste verontwaardiging in die Kolonie verwek, maar
ook die Keate-uitspraak oor die westelike grenslyn van die Trans-
vaal, waardeur 'n belangrike hap uit die noordelike republiek geneem
is, het bitter ontevredenheid veroorsaak.
Jan Hendrik Hofmeyr (,,Onse Janquot;).
In die middel van die stryd om die diamantgebied, eind
Augustus 1871, het die vereniging tussen De Volksvriend
en De Zutd-Afnkaan plaasgevind. Die pas ses-en-twintig-
jarige Jan Hendrik Hofmeyr, sedert Desember 1862 redak-
teur en sedert September 1870 ook eienaar van De Volks-
vriend, het eienaar en redakteur van die verjongde Zuid-
Afnkaan geword. Veral van daardie tyd af dateer sy stryd
vir die regte van sy volksgenote wat hom later die erenaam
van „Onse Janquot; besorg het. Jan Hofmeyr het as gebore
Kapenaar onder sterk Engelse invloede opgegroei. Soos
byna alle ontwikkelde jong manne van sy tyd wat nie vir
verdere opleiding na Nederland gegaan het nie, was hy die
Engelse taal veel beter magtig as Hollands, sodat hy by
voorbeeld in die begin sy hoofartikels vir De Volksvriend
m Engels opgestel het.«) Deur opvoeding en omgewing
eensydig Engels georiënteer, het hy 'n diep eerbied gekoester
vir die Britse kuituur en groot bewondering vir Britse staats-
instellings gehad. Aan trou aan die Engelse koninklike huis
en trots op sy Britse onderdaanskap het dit hom dan ook
me ontbreek nie. As gebore Afrikaner en redakteur van
n konserwatief godsdienstige Hollandse blad het hy wel reeds
vroeg die behoefte gevoel, soos trouens alle redakteurs van
Hollandse blaaie destyds, om die goeie naam en veral die
taal van die Hollandssprekende Afrikaner te verdedig teen
die aanvalle van sy kwaaiste vyande; maar 'n sterk ont-
wikkelde nasionale gevoel was aanvanklik geen besondere
kenmerk van sy persoonlikheid nie. Die beskerming verleen
aan Mosjes en die kort daaropvolgende kuiperye in verband
met die diamantgebied het egter 'n diep indruk gemaak ook
op sy gemoed; en toe hy in 1871 redakteur van De Zuid-
Afnkaan word, het hy daardie blad, wat toe op sterwe nä
dood was, omgeskep tot die kampvegter by uitnemendheid
van die belange van die Hollandse Afrikaners.»)
8) J. H. Hofmeyr: Het Leven van Jan Hendrik Hofmeyr. bis. 66
(nooxy.
») De Zuid-Afrikaan van 31 Aug. 1871, die laaste uitgawe voor
die vereniging met De Volksvriend, het 'n hoofartikel oSr sy toe-
konistige beleid. Daarin word meegedeel dat in die vervolg die
Zmd-Afrtkaan meer besonder die belange van sy Hollandse lesers
Jan Hofmeyr het in sy blad gedoen wat hy kon om die
saamhorigheidsgevoel onder Afrikaners deur die hele land
aan te wakker en hul 'n besef van hul politieke verantwoor-
delikheid te gee. Dit was in baie opsigte 'n moeilike taak
om die pohtiek onbedrewe Afrikaners tot 'n juiste insig van
hul phg te bring. In 'n hoofartikel oor „Verantwoordelijk
Bestuur en Separatiequot; in die uitgawe van 7 Augustus 1872
moes hy dit by voorbeeld nog betreur dat Hollandse
Afrikaners onder die vernaamste voorstellers en sekondante
op afskeidingsvergaderings in die 00ste aangetref word: „Het
bewustzijn van ééne nationaliteit met het Westen — een fier
Afrikaander-gevoel, dat gevoel dat bijdroeg tot het dwars-
boomen van Sir Henry Barkly's Annexatie-politiek, dat een
landgenoot erkent in eiken Afrikaander, zij hij geboren in
het Oosten of in het Westen, in het Transvaalsche of in
het Vrijstaatsche —dat blijkt haast geen invloed op de
agitatie uit te oefenen.quot;!quot;)
voor oë sal hou en dat voortaan al die aandag van die blad slegs
aan een taal sal gewy word, en wel die Hollandse. In Engels sal
alleen nog 'n hoofartikel verskyn — geen nuusberigte meer nie.
1quot;) Oor die afskeidingsbeweging kon die Zuid-Afrikaan soms erg
opgewonde raak. Toe op 'n keer 'n vergadering van Cradockse
boere 'n besluit teen afskeiding neem en die kommissie deur hul
aangestel om hul gevoelens aan die goewerneur kenbaar te maak,
op brutale wyse deur Engelssprekende afskeidingsgesindes behandel
is, skryf die redakteur na aanleiding van die voorval as volg:
,,Het excuus voor die schurkachtigheid is, dat de eenheidsmannen
van de zaak eene nationaliteitskwestie hebben gemaakt. Een fraai
excuus voorwaar. Alsof het niet juist de bastaard Engelsche oproer
makers van het Oosten zijn, die gedurig smalen op de 'domme,
onwetende boeren', op de 'Dutchmen of the West', — alsof het groote
argument van dien Bijbel der Separatisten, de Grahamstadse Star.
tegen Verantwoordelijk Bestuur, niet juist dat was, dat het de
Regering des lands zou stellen in de handen van 'Dutchmen', en
de Separatie-agitatie niet werd aan den gang gezet met het voorname
doel om dien verachten 'Dutchmen' den voet te ligten. Eene
nationaliteitszaak in kwaden zin, ja, is de aan de gang gezette
agitatie; maar het zijn de mannen van de Star, die zulks daarvan
maakte. Doch ook in goeden zin is dezelve eene nationaliteitszaak.
Het is, omdat de Cradocksche buitenlieden de waarde kennen van
een eenig Afrikaansch nationaliteitsgevoel, dat zij de verbrokkelings-
praktijken van buitenlandsche indringers bestrijden. Hoe meer de
Unionisten die nationaliteitskwestie op den voorpond stellen, hoe
eerder wij zullen kunnen belijden, dat het land rijp is voor Verant-
woordelijk Bestuur.quot;
Jan Hofmeyr was van nature konserwatief, en dit is bekend
dat hy oorspronklik 'n teenstander van verantwoordelike
regermg was.quot;) Toe die Kolonie egter in Desember 1872
verantwoordelike bestuur kry, het hy besef dat dit nou meer
as ooit nodig was dat die Afrikaners hul rol moet speel in
die regermg van hul land. Van die opwinding wat nog
altyd oor die „roofquot; van die diamantgebied geheers het!
het hy party getrek om die Afrikaners politiek-bewus te
maak. By verkiesings spoor hy hul aan om nie te sfem
vir persone met „anti-Afrikaanse gevoelensquot; nie; doen hul
dit wel, vermaan hy, „dan is al het gepraat over Afrikaan-
derisme en nationaliteitsgevoel niets anders dan bittere
spot.
NasionaMstiese beweging van die Paarl.
Die nasionale oplewing onder die Afrikaners was uit die
aard van die saak me oral ewe kragtig nie. en sy uitingsvorm
ook me oral dieselfde nie. Die sterkste het dit hom by 'n
aantal jong manne in die Paarlse distrik geopenbaar Daar
het die verengelsing, deur die teë-invloed van ds G W A
van der Lingen, wat van 1833 tot aan sy dood in November
1869 predikant van die Paarlse gemeente was, nooit so kwaai
om hom heen gegtyp nie. Veral deur die stigting van die
Gimnasium as suiwer Hollandse skool in 1859 het ds Van
der Lmgen groot invloed op die jong geslag uitgeoefen en
sy sterk Afrikaans-Hollandse gesindheid op baie skoliere
hilJ ^quot;teressant is wat 'n korrespondent uit Hanover in Het Volks-
blad v^n 16 Des. 1869 na aanleiding van die stryd oor verantw^r-
dehke reprmg sê: „Te miskennen is het niet, datnbsp;Ve^l
woordehjk Bestuur het Engelsche Element met het oude koloniale
H^t 1,nbsp;meer dan eens gebleken
dat het duizendmaal herhaalde voorwendsel: 'De kolonil is noi^
met rijp voor Verantwoordelijk Bestuur,' zoveel beteekent als: het
Hollandsche element is nog te sterk in de kolonie . . Dat ook
frnbsp;fnbsp;b/stuur zijn, en omgekeerd Afrikaners
de Ei. hnbsp;eerstgeLemden zich met
de kolonie hebben weten te vereenigen, terwijl de laatsten öf te
Tn teilfn'^Squot;'quot; dwaasheid van de tegenw^rdige stelsenóosLw
«nm^i fnbsp;g^h®™^ vrees hebben voor den ondergang van
sommip hevelmgspraktijken, zooals de tegenwoordige wijzl van
verdeehng van de staatstoelagen aan de kerken.quot;nbsp;®
Sien o.a. De Zuid-Afrikaan van 26 Jul. en 23 Aug. 1873.
-ocr page 191-oorgedra/') Behalwe aan die Gimnasium was daar ook in
ander skole van die buurt 'n klein aantal nasionaalbewuste
Hollandse onderwysers, wat hul heeltemal een gaan voel het
met die Afrikaanse volk en die nasiebesef by die jong
Afrikaners aangewakker het. Veral vanaf 1873 het dié manr^e
in heftige verset gekom teen die toenemende verengelsing
om hul heen en 'n beweging aan die gang gesit wat van
die allergrootste kulturele en politieke betekenis vir die
Afrikaanse volk sou word. Die eerste stappe in die nuwe
rigting is gedoen deur twee Hollandse onderwysers, Arnoldus
Pannevis en Casper Hoogenhout; maar spoedig het 'n vurige
jong Afrikaner-dominee, Stephanus Jacobus du Toit, wat
vroeg onder die invloed van ds. Van der Lingen en Pannevis
gekom het, op die voorgrond getree en die leier van die
beweging geword. Die ontstaan van hierdie beweging, waar-
van die eerste en vernaamste doel was die erkenning van
Afrikaans as skryftaal van die Afrikaners, word in die laaste
hoofstuk breedvoerig behandel, sodat ons hier kan volstaan
alleen met die noem daarvan.
Intussen moet ons oorgaan tot 'n beskouing van die posisie
van die Hollandse taal op die verskillende lewensgebiede in
die jare 1865 tot 1875 soos vir vroeër periodes in die voor-
gaande hoofstukke gedoen is.
B. Verengelsing op die Platteland en in Kaapstad
Kennis van Engels op die platteland.
Met die uitbreiding van die onderwys, die ontwikkeling
van dorpe, plaaslike bestuursinstellinge en regspleging, van
verkeersgeriewe en van die binnelandse handel, wat feitlik
uitsluitend in Engelse hande was, het die verengelsing al hoe
meer ook tot die platteland deurgedring. Tog was die kennis
van Engels onder die Afrikaanse boere omstreeks 1870 nog
maar uiters gering. Dit was nie alleen die geval in veraf-
geleë of agterlike streke van die Kolonie nie, maar selfs in
13) Een van die vernaamste medestanders van ds. Van der Lingen
was die lieer T. S. A. Hofiman, onderwyser in Hollands en wiskunde
aan die Gimnasium. In die Zuid-Afrikaan van 10 Mrt. en 7 Apr.
1864 verskyn briewe waarin die heer HoSman daarvan beskuldig
word dat hy fel anti-Engels is en dat hy die kinders in dié gees
opvoed.
welvarende distrikte nie ver van Kaapstad nie. Ons vind
dat Engelssprekendes op die platteland oor die algemeen
Afnkaans leer, terwyl selfs die mees vooraanstaande boere
dikwels van Engels onkundig bly of dit net leer verstaan
maar nie praat nie.
Gebruik van Hollands en Engels op benoemings-
ver gaderings.
Op 'n benoemingsvergadering vir die Volksraad te
Worcester in 1869 begin die voorsteller van een van die
kandidate by voorbeeld sy toespraak met die opmerking:
„Ik zal de vergadering in het Hollandsch aanspreken, omdat
ik weet, dat de meesten hier tegenwoordig, alleen die taal
verstaan, terwijl de Engelsch sprekenden ook het Hollandsch
verstaan;quot; en uit dieselfde toespraak blyk dat een van die
genomineerde kandidate. De Vos, 'n vooraanstaande boer
van die omgewing, geen Engels ken nie. Dit was nie altyd
nodig om die nominasievergaderings in Hollands toe te
spreek nie, want in die reël het baie min boere na die
vergadenngs opgekom; in 1869 het die kwessie van die
„Viywillige Beginselquot; egter heelwat belangstelling in die
verkiesing opgewek en die boere vergadering-toe gelok iquot;)
Interessant is daarom ook die inleidende woorde van die
toespraak van die destydse lid vir Worcester, adv. J H
de Villiers, die latere beroemde hoofregter, op die bogenoemde
vergadenng: ,,Het is my nog nooit gebeurd, dat ik eene
vergadenng als deze in het Hollandsch toespreek. Al mijn
lezen en schrijven geschiedt in het Engelsch, en het valt
mij dus zwaar, eene Hollandsche aanspraak te houden.
Op die benoemingsvergadering te Swellendam in dieselfde
]aar het die kandidaat Moodie ook die aanwesiges in Hollands
begin toespreek, toe—volgens 'n verslag in Het Volksblad
van 15 Mei —,,onze Civiele Commissaris (of president) hem
m de rede viel, en zeide, dat men verwachtte, dat er eerst
Beginselquot; (letterlike vertaling van Eng. „the
Voluntary Principlequot;) het geëis dat alle kerkgenootskappe — en dus
ook die Nederduitse Gereformeerde Kerk — deur vrywillige bydraes
sou onderhou word en geen staatsondersteuning sou geniet nie Saul
bolomon was daar die groot kampvegter van. In 1875 is dit deur
die Kaapse parlement aangeneem.
Het Volksblad, 13 en 15 Mei 1869
-ocr page 193-in het Engelsch en dan in het Hollandsch zou gesproken
worden.quot; Toe 'n ander kandidaat, Human, ook sy toespraak
in Hollands begin, het iemand uitgeroep ,,dat het Engelsch
regel wasquot;; maar die spreker het hom daaraan nie gesteur
nie en in Hollands voortgegaan. By al sulke byeenkomste
was dit blykbaar die gewoonte om Engels te praat as daar
nie 'n belangrike aantal persone onder die gehoor was wat
geen Engels verstaan nie. Selfs Jan Hofmeyr het nog in
1875 as kandidaat vir die kiesafdeling Stellenbosch sy toe-
spraak op die nominasievergadering in Engels gelewer, al
het die ondersteuners van sy teenstander, die heer Myburgh,
wat in die meerderheid was, hom ook toegeroep om in
Hollands te praat.quot;)
Dit is egter duidelik dat die toenemende belangstelling in
politieke sake onder die plattelandse bevolking vanaf om-
streeks 1870 kandidate vir die volksraad meer en meer sou
dwing om in hul verkiesingstoesprake van die Hollandse taal
gebruik te maak. Nog voordat die Afrikaanse boere op die
gebruik van hul taal aangedring het uit suiwer nasionale
oorweginge, het hul dit gedoen om die eenvoudige rede dat
hul geen Engels kon verstaan nie. Vandaar was dit net
'n stap verder om die reg op te eis om self ook in die
parlement Hollands te mag praat.
Engels hy sosiale geleenthede op plattelandsdorpe.
Dat by alle sosiale geleenthede, soos dinees en dergelike,
waaraan Engelse sowel as Afrikaners deelgeneem het, of
wat 'n halfamptelike karakter gedra het. Engels die voorrang
sou geniet of uitsluitend gebruik sou word, spreek byna
vanself. Die persoon wat by dergelike geleenthede op die
platteland die voortou geneem het, was meestal die ,,Resident
Magistratequot; of ,,Civil Commissionerquot;, wat of 'n Engelsman
öf 'n verengelste Afrikaner was.
Hoe dit met die gebruik van Hollands en Engels selfs in
'n dorp soos die Paarl in hierdie tyd gestaan het, blyk op
treffende wyse uit 'n verslag van die ontvangs van president
1®) J. H. Hofmeyr: Het Leven van Jan Hendrik Hofmeyr {Onze
Jan), bis. 155. Jan Hofmeyr het aan die gehoor verduidelik dat
hy met sy vriende ooreengekom het om in Engels te praat, omdat
hy kandidaat is vir 'n setel in 'n raad waarin alleen Engels mag
gepraat word.
Burgers toe hy op sy deurreis na die Transvaal in Oktober
1872 ook die Paarl aangedoen het. Die president is naamlik
n noenmaal aangebied, waarop soos gewoonlik heelwat toe-
sprake gehou IS. Nadat verskeie heildronke in Engels ingestel
en deur president Burgers ook in Engels beantwoord is,
staan die volgende redenaar, die heer J. de Vilhers A B sn
^ „onder luid geroep om in het Hollandsch te spreken ''
Hierop was die spreker blykbaar glad nie voorberei nie,
want hy maak beswaar „dat hij het niet billijk vond een
jong mensch toe te roepen in het Hollandsch te spreken
Iedereen kent of behoort Engelsch te kennen!quot; Hy praat
tog Hollands, en president Burgers bedank hierdie keer dan
ook in dié taal; daarna word die toesprake egter weer in
Engels voortgeset.quot;) Hierdie staaltjie toon hoe vanself-
sprekend dit geag is om by alle openbare geleenthede Engels
te praat, aan die ander kant egter ook dat daar tog altyd
Afrikaners te vinde was, selfs in die tye van die sterkste
verengelsing, wat hul taal op prys bly stel het en aangedring
het op die gebruik daarvan.
Verdringing van Hollands in Kaapstad.
In Kaapstad was dit met die Hollandse taal uit die aard
van die saak veel slegter gesteld as op die plattelandsdorpe
In die openbare lewe het die taal al lank geen noemens-
waardige rol meer gespeel nie, as huis- en omgangstaal van
die aansienlikste families van Hollandse herkoms is dit y
meer deur Engels verdring, en die Afrikaanssprekendes het
hul as kulturele groep maar min laat geld —. behalwe natuur-
lik op kerklike gebied. Die plekke van vermaak was in
die sestiger jare by voorbeeld alles Engels. Weliswaar het
die rederykerskamer ,,Auroraquot; en die liefhebbery-toneelgesel-
skap „Door IJver bloeit de Kunstquot;, en later ook „Kunst
en Vhjtquot;, nuttige werk gedoen; maar die ondersteuning wat
hul van die publiek gekry het, was maar teleurstellend as
daar me 'n heel besondere aanleiding vir die gehoor was
om op te kom nie.'quot;)
quot;) Het Volksblad, 22 Okt. 1872.
18) Te tmrdele na die name wat in die koerante genoem word was
baie van die lede van die toneelverenigings Hollanders.
„Er is in deze stad,quot; sê die proloog-spreker by 'n
opvoering van ,,Door IJverquot; in Mei 1867, ,,allerlei soorten
van lectuur voor onze Engelsche stadgenooten; deze schouw-
burg is ook de hunne. Voor het Hollandsch sprekend
gedeelte der bevolking is er niets. Het is vooral in het
belang van het laatste dat wij onzen tijd, onze krachten
willen ten beste geven, quot;iquot;) Ook by hierdie geleentheid was
die opkoms egter onbevredigend. ,,Voornamelyk is dit zeker
toe te schryven aan de byna algemeene verwaarloozing der
schoone moedertaal,quot; verklaar De Zuid-Afrikaan in sy ver-
slag van die verrigtinge. ,,Waarlyk,quot; gaan die blad voort,
„men behoorde zich, zonder het zoo noodzakelyke aanleeren
der Engelsche taal na te laten, een weinig meer op het
Hollandsch toe te leggen. Wy gelooven wel is waar niet
dat het Hollandsche element onder de Kaapsche bevolking
zoo spoedig zal uitsterven, maar wy zien dat de Hollandsche
taal hoe langer hoe meer verbastert.quot; Die oorsaak van
hierdie verbastering lê in die onbevredigende onderwys. As
die jongmense so ver kon gebring word om die skoonhede
van die Hollandse taal te leer verstaan, sou reeds heelwat
bereik wees; ,,maar zoo lang er slechts genoeg Hollandsch
wordt onderwezen om een preek ten halve te begrypen
(terwyl het zoogenaamde fatsoenlyke jonge publiek tegen-
woordig ook by voorkeur de pas ingevoerde Engelsche gods-
dienstoefening bywoont),quot; sal die belangstelling in die taal
van hul voorouers seker nie aangewakker word nie. Dit
word tyd, sê De Zuid-Afrikaan, dat die Afrikaners hulle 'n
bietjie meer bewus begin te voel van hul nasionaliteit, wat
nie sonder die taal kan bestaan nie. ,,Wanneer men dit
een weinig meer deed, zouden sommige Kapenaars en vooral
Kaapsche dames niet meer spreken van going home, als zy
een reisje naar Engeland doen.quot;^quot;)
In die volgende jare het die toestand eerder erger as beter
geword. Na aanleiding van die baie swak opkoms by 'n
uitvoering van die toneelvereniging ,,Kunst en Vlijtquot; in
Julie 1871 kla De Zuid-Afrikaan weer: ,,Engelsche opvoe-
ringen, al zyn zy nog zoo ellendig, worden steeds door
ontzaggelyke scharen bygewoond, en het schynt thans by
Het Volksblad, 28 Mei 1867.
2») De Zuid-Afrik aan, 27 Mei 1867.
sommigen niet meer tot den 'bon ton' te behooren om iets
dat Hollandsch is, te patroniseren, of zelfs om Hollandsch
te spreken.quot; As Hollands wel gepraat word, word dit deur-
spek met Engelse woorde. ,,Dat dit vooral te wyten is
aan het feit,quot; verklaar die blad dan verder, ,,dat er byna
geen enkele inrigting meer in de Kaapstad is waar de
Hollandsche taal behoorlyk onderwezen wordt, lydt geen
twyfel.quot;21)
Dit is duidelik dat dit met die Hollandse taal in Kaapstad
in hierdie tyd inderdaad vinnig afdraand gegaan het. In
De Zuid-Afrikaan van 13 April 1872 word van die rederykers-
kamer ,,Auroraquot; gepraat as 'n vereniging ,,wier streven het
is de vreeselijke verbastering eenigzins tegen te gaan waar-
door de moedertaal, vooral onder onze jongere bevolking,
haast onkenbaar wordt gemaakt.quot;
C. Die Taal in die Onderwys
Engels op plaasskole.
In die voorgaande sitate, waarin gekla word oor die agter-
uitgang van die Hollandse taal in Kaapstad, word dié
agteruitgang steeds toegeskrywe aan die gebrek aan behoor-
like onderwys in Hollands op) die plaaslike skole. Nie alleen
in Kaapstad nie, maar deur die hele Kolonie het die onderwys
in Hollands veral na 1865 tot die absolute minimum gedaal.
Op die plaasskole veral het die sterk nadruk wat op die
kennis van Engels gelê is, dikwels vernietigend ingewerk
op die hele onderwys en aanleiding tot baie ontevredenheid
gegee. ,,Als wij in gedachten houden,quot; skrywe Het Volks-
blad in 'n hoofartikel van 19 April 1866, ,,dat het groote
gros der landbouwende bevolking de Hollandsche taal
spreekt, schijnt het de eenvoudigste zaak ter wereld te zijn,
dat er alles behoorde gedaan te worden, om deze lieden de
beginselen van onderwijs in die taal mede te deelen. Hun
de middelen voor zulk een onderwijs te onthouden, is eigen-
lijk niets anders dan hun alle onderwijs te ontzeggen. En
toch is sedert de laatste jaren de politiek van alle wetgeving
en beheer op het gebied van onderwijs voor alle doeleinden
en oogmerken zoodanig geweest. Alle Regeringstoelagen voor
21) De Zuid-Afrikaan, 27 Jul. 1871.
-ocr page 197-het onderwijs gingen, gehjk wij allen weten, steeds gepaard
met de beperkende voorwaarde, dat in de ondersteunde
scholen de Engelsche taal zou worden onderwezen.quot; Die
kennis van Engels, meen die blad, is geensins onontbeerlik
om 'n Afrikaner 'n goeie boer of 'n nuttige burger van die
land te maak nie, en selfs nie om hom ewe goed of beter
opgevoed te laat wees as talie van sy medekoloniste van
wie die moedertaal Engels is nie. ,,Wij kunnen derhalve
die beperkende bepahng van ons Gouvernement, wat betreft
de toelagen ten dienste van het onderwijs, in geen ander
licht beschouwen, dan in dat van een kunstgreep om de
verspreiding der Engelsche taal door te drijven, op het gevaar
af, dat velen der Hollandschsprekende kolonisten in de
duisternis der onwetendheid gehouden worden.quot; Dit is seker
iets om oor verbaas te wees dat so 'n bekrompe staatkunde
so lank deur Groot-Brittanje gevolg is. Gelukkig kan egter
deur eie wetgewing 'n einde gemaak word aan hierdie wan-
toestand; ,,en wij hebben groote hoop,quot; besluit die redakteur,
,,dat in de eerstvolgende zitting ons wetboek van onderwijs
van deze hoogst nadeelige bepaling zal worden ontdaan.
Dit was 'n ydele hoop. Soos in die verlede het die regering
die wense in verband met die Hollandse taal ook van dié
Afrikaners wat onbesproke trou aan die Britse kroon was,
opsygestoot en op die ingeslae weg voortgegaan. Die
Afrikaners het nog nie geleer dat hul alleen deur gesamentlike
optrede en die gebruikmaking van hul politieke mag sou
verkry wat hul as hul reg beskou het nie.
Verset teen veronagsaming van Hollands.
Intussen het die Hollandse koerante maar voortgegaan m.et
die uiting van klagtes oor die agterstelling of algehele ver-
waarlosing van die Hollandse taal in die onderwys. So
verskyn daar by voorbeeld op 8 Oktober 1868 weer 'n hoof-
artikel in De Zuid-Afrikaan waarin gekla word oor die
samestelling van die Kommissie van Eksaminatore: ,,Toch
is er een vak, dat naar onze mening eene eerste plaats moest
bekleeden op het programma van onderwys voor onze geheele
koloniale jeugd, welk vak het Gouvernement geheel over
het hoofd schynt te hebben gezien of voor hetwelk het ten
22) Het Volksblad, 19 Apr. 1866.
h
-ocr page 198-minste geen Examinator heeft aangesteld. Wy bedoelen-
de Hollandsche taal.-) Zoo er eene taal is, na of liever
m vereeniging met de Engelsche, welker kennis volstrekt
nodig is in deze kolonie, is het voorzeker de Hollandsche-
en wy zyn er in onze ziel van overtuigd dat niet een lid
der Commissie in staat is een examen in die taal af te
nemen ... Wy willen dus daarop aandringen, dat
eene bepaling worde gemaakt, volgens welke eene behoorlvke
kennis van het Hollandsch een onmisbaar vereischte zal zyn
tot het verwerven van een certifikaat van de Commissie.quot;
Aanvalle op Hollandse taal.
Haatlike aanvalle op die Hollandse taal was in hierdie tyd
beshs minder as 'n tien jaar gelede; tog het hul nie heeltenial
ontbreek me. In Desember 1867 keur prof. Gill, van die
Graaff-Reinetse Kollege, in die openbaar die praat van
Hollands af, maar hy word dadelik tereggewys deur die jonge
Jan Hofmeyr, destyds nog redakteur van De Volksvriend-
„Wat wil de heer Gill nu eigenlik? Toch niet dat de Graaff-
Keinetse jeugd volstrekt geen Hollands meer zal «preken?
Zo ]a, dan vrezen wij, dat zijn verzoek om ondersteuning
zal zijn als de stem eens roependen in de woestijn
Het IS, inderdaad, een schande dat aan een opvoedings-
w'S inbsp;Graaff-Reinetse Kollege, gevestigd door een
Hollands-Afrikaner bevolking en voornaamlik bezocht door
zonen van Hollandssprekende ouders, volstrekt geen voor-
zieiimg IS gemaakt voor het geven van grondig onderricht
in de hollandse taal.quot;^^) Enkele maande later lok 'n artikel
23) Tot 1865 was Changuion lid van die Raad van Eksaminatore.
Hy was verantwoordehk vir die eksamens in Hollands, Frans en
Duits. In April 1865 het hy egter die land verlaat, en iemand
anders moes m sy plek benoem word. „In future as regards
modern languages,quot; rapporteer die Raad in 1865, „it will probablv
tLhtL? ^nbsp;'nbsp;^PP™quot;tment of fit persons to examine
candidates on subjects regarding which they consider that an
examination conducted by individuals from their own number would
not be satisfactory.' quot; In 1866 het die hoogeerw. Henry Douglas
die deken van Kaapstad, die plek van Chlnguion op^die S
quot;quot;^A®nbsp;eksamens in Hollands kon
^fnl . T ■nbsp;''nbsp;eksaminator in dié vak
dangestei.
Jan) bis?quot;nbsp;^^^nbsp;Hofmeyr {Onze
-ocr page 199-teen Hollands van die redakteur van 'n Engelse blad 'n
kwaai verweer van Het Volksblad ujt. Het Volksblad sit
uiteen wat die waarde van die kennis van Hollands in die
Kolonie vir alle klasse van die maatskappy is, en wys daarop
dat die Hollandse taal nog veel vaster in die land gewortel
sit as wat die kortsigtige Engelse redakteur en sy gees-
verwante meen. ,,Het zou voor alle partiien veel beter zijn,quot;
sê die blad, ,,indien hij, en wij hopen ook de weinige andere
Engelschen, die met al hunne hooggeroemde verstands-
ontwikkeling in dit opzigt de verpersoonlijkte kleingeestigheid
zijn, zich wilden schikken naar een bestaanden toestand,
dien zij toch niet kunnen wegcijferen, en dat zij door hun
best te doen om de taal aan te leeren, zich meer bekwaam
maakten om met billijkheid te kunnen oordeelen over zaken,
die de kolonie als een geheel aangaan.quot;^®)
Afrikaners sou met min tevrede gewees het.
Uit alles blyk dat selfs die persone wat in hierdie tyd
die kragtigste verdedigers van die Hollandse taal was, nog
met baie min Hollands op skool tevrede sou gewees het.
Feithk niemand het die reg van Engels om in alles die eerste
plek in te neem, betwis nie; vir Hollands is slegs 'n beskeie
plekkie opgeëis. Selfs waar Afrikaners skole opgerig het,
was alles op Engelse lees geskoei. Kenmerkend van die
toestand is by voorbeeld dat toe die Stellenbosse Gimnasium
in 1866 gestig is, 'n rektor — die weleerw. heer Braid — uit
Skotland ingevoer is, terwyl in die begin vir onderwys in
die Hollandse taal maar karige voorsiening gemaak is.
Alleen in die Paarl het ou ds. Van der Lingen onversetlik
op sy konserwatiewe standpunt insake Hollandse onderwys
bly staan.
Ds. G. W. A. van der Lingen en die Paarlse Gimnasium.
Op I Januarie 1867 het die onderwyser van die
,,established schoolquot; in die Paarl weens ouderdom afgetree.
Die skool is toe gesluit, en die inwoners was vry om 'n
,,undenominational public schoolquot; op te rig.^®) Toe daar
2«) Het Volksblad, 30 Apr. 1868.
2«) Rep. of the S. G. E. for the Year 1867, bis. 7.
-ocr page 200-'n beweging ontstaan om 'n ondersteunde skool van die
eerste klas te stig, omdat die Gimnasium se leerkursus „te
klassiek, te Hollandsch en te weinig Engelschquot; was om in
die behoeftes van die publiek te voorsien, is ds. Van der
Lingen gevra om die Gimnasium met die voorgestelde nuwe
skool te laat saamsmelt. Hy het egter geweier, ten eerste
omdat die skool non-sektaries sou wees, en ten tweede omdat
die onderwys deur medium van Engels sou gegee word.
,,Hoe kon men dit in betrachting brengen met de lagere
klassen der scholen in dit land? Hoe kon men het kind
van Hollandsch- of liever Kaapsch-sprekende ouders, zoodra
het ter school kwam, door middel van het Engelsch, dat het
niet verstond, onderwijzen? Niet alleen onhoudbaar, maar
ook vernederend voor de bevolking van dit land noemde
hij dezen regel, en van ergere gevolgen voor de kerk dan
men, oppervlakkig beschouwd, oordeelen zou.quot; Omdat
sommige van sy ondersteuners gemeen het dat daar in die
Gimnasium ,,met betrekking tot de Engelsche Letterkunde,
niet voldaan werd aan de eischen van den tijd,quot; het hy in
1868 toegestem dat die onderwys in Engels sou uitgebrei
word; maar toe later deur ander gevra word om onderwys
in die klassieke tale deur medium van Engels en met Engelse
uitspraak toe te laat, het hy dit geweier. Die openbare skool
is toe gestig, en die Gimnasium het as private Hollandse
skool bly voortbestaan.2')
Die Paarlse Gimnasium was enig in sy soort in die Kolonie,
en sy betekenis vir die instandhouding van die Hollandse
taal kan moeilik oorskat word. Veral as voorbereidende skool
vir die Teologiese Seminarium het dit 'n groot rol gespeel.
Die Sinode en die onderwys in Hollands.
In 1872 het predikante van die Nederduitse Gereformeerde
Kerk hul opnuut die saak van onderwys ernstig begin aan-
trek. Dit kon nie anders nie of hul moes ook hul aandag
wy aan die onderwys in die Hollandse taal, die taal van
die Kerk. In Augustus van daardie jaar het ds. A. G. M.
(M. de Villiers, geb Van der Lingen): Herinnering aan het
Leven en den Arbeid van den Wel. Eerw. Zeer Gel. Heer G. W. A.
van der Lingen, h\ss. 281—6; Het Volksblad, 9 en 23 Apr. 10
Sept. 1868; De Zuid-Afrikaan, 9 Apr. 1868.
Kuijs, van George, 'n stuk gepubliseer oor die opvoeding
in die landelike distrikte van die Kolonie. In verband met
die taalkwessie wys hy daarop dat daar in die buitedistrikte
baie klein private skooltjies is wat geen ondersteuning van
die regering ontvang nie en waarin alleen Hollands onderwys
word. In die verafgeleë streke, sê hy, word die behoefte
aan kennis van die Engelse taal nie algemeen gevoel nie.
Die gedwonge onderwys in Engels in streke waar dié taal
feitlik geheel onbekend is, is dus heeltemal vrugteloos. Hy
beveel daarom aan dat die taaibepaling vir die skole van
die derde klas moet gewysig word. ,,Ik ben er van over-
tuigd,quot; sê hy, ,,dat zoodanige toegeving van de zijde der
Regering de opvoeding aanmoedigen en zelfs de invoering
der Engelsche taal bevorderen zal.
Die jaar daarop het ds. Kuijs die saak by die Sinode
aanhangig gemaak en die volgende voorstel ingedien: ,,Daar
het onderwijs in het Nederduitsch, als de taal van een groot
deel des lands, en die onzer Openbare Eeredienst, van
Regeringswege alle aanmoediging mist, zoo besluite de
Synode daarin betere voorziening te maken.quot; In sy toelig-
ting verduidelik ds. Kuijs dat hy die onderwys in die afgeleë
buitewyke voor oë het. Daar kom die mense feitlik nooit
in aanraking met Engelse nie, en hul verlang onderwys in
die Hollandse taal. In baie wyke gaan die kinders net ses
of nege maande skool, en hul kom daarvandaan sonder dat
hul kan lees, omdat hul net 'n bietjie Engels geleer het. Die
mening dat die regering net Engelse onderwys op sy skole
toelaat, gee die mense bowendien 'n diepgewortelde afkeer
van dié skole.
By die lede van die Sinode was daar geen gebrek aan
belangsteUing in die saak nie; inteendeel, gedurende die hele
bespreking oor opvoeding en onderwys en die wenslikheid
van die stigting van 'n normaalskool is telkens op die behoefte
aan beter onderwys in Nederlands gewys. Die Sinode het
toe besluit ,,bij den Superintendent-generaal van Opvoeding
aan te dringen, toelagen te verleenen aan Scholen, alwaar
uitsluitelijk in het Nederduitsch onderwijs wordt gegeven;quot;
2«) Het Volksblad, lo Aug. 1872, oorgeneem uit die Argus van
8 Aug.
maar geen verdere stappe kon onmiddellik gedoen word om
verbetering in die toestand van sake aan te bring nie.
Kerkskool op Uitenhage en private skool op Ratelpoort.
Intussen het afsonderlike predikante gedoen wat hul kon
om die belange van die Hollandse taal in die onderwys te
behartig. Interessant is by voorbeeld wat op Uitenhage
gebeur het. Daar is teen die einde van 1872 'n vergadering
belê om maatreëls te tref vir die stigting van 'n ondersteunde
skool van die eerste klas, maar op die vergadering het so
'n ernstige verdeeldheid ontstaan oor die vraag of onderwys
in die Nederlandse taal op die skool verplig sou gemaak
word, dat die voorstanders van Nederlandse onderwys onder
die leiding van ds. A. I. Steytler hul aan die saak onttrek
het en besluit het om in oorleg met die kerkraad van die
Nederduitse Gereformeerde Kerk 'n afsonderlike skool op
te rig waarin die regte van Nederlands nie sou misken word
nie. Aan hierdie plan is uitvoering gegee, en vroeg in 1873
vind die hoeksteenlegging van 'n Nederduitse Gereformeerde
kerkskool in Uitenhage plaas. Dat alles egter nog nie met
die handhawing van die Hollandse taal in orde was nie, blyk
daaruit dat by dié geleentheid die twee viae wat 'in 'n
prosessie na die skoolterrein voorop gedra is, onderskeidelik
tot opskrif gehad het: ,,Dutch Reformed Church Schoolquot;
en ,,Dutch Reformed Sunday Schoolquot;, en verder nog uit
die volgende mededehnkie in die verslag van die verrigtinge:
,,0p den hoek van Bairdstraat gekomen zijnde, maakte de
Acta Synodi, 1873, bis. 39; De Zuid-Afrikaan, i Nov. 1873.
—Daar was nie veel hoop dat die Superintendent-Generaal van
Onderwys die versoek van die Sinode sou toestaan nie. Reeds in
1868 het ds. Kuys in antwoord op 'n rondvraag van Langham Dale
die mening uitgespreek dat een van die vernaamste struikelblokke
by die stigting en instandhouding van plaasskole die onderwys in
Engels was. In sy rapport aan die regering, d.d. 24 Feb. 1868,
oor die vraag in hoever die ondersteuning van die plaasskole aan
die behoeftes van die bevolking voldoen, skrywe Dale na aanleiding
van ds. Kuys se antwoord: ,,The conditions of aid prescribe that
the instruction during the ordinary school hours shall, as far as
practicable, be given through the medium of the English language,
within twelve months after the first establishment of the school!
It seems to me that the rule is elastic enough to meet the case
of those remote places in which the Dutch language only is spoken,
so that no real hindrance to education ought to arise from this
cause.quot; (C. 2 —'68.)
stoet halt en zong No. 6 van Bateman's Hymns and
Melodiesquot;!quot;) 'n Mens vra jou af of by al die feestelike
verrigtinge in verband met die hoeksteenlegging van hierdie
Hollandse kerkskool veel meer as die gebed en Bybellesing
in Hollands geskied het.
Heeltemal in ooreenstemming met die gees van die tyd
is ook wat op Ratelpoort, in die distrik Colesberg, gedoen
is. Daar is 'n skool gestig deur lede van die verskillende
Hollandse Kerke, sonder enige steun van die regering. Di.
Luckhoff en Viljoen was lede van die skoolkommissie. ,,De
school geniet niets van het Gouvernement, zoodat zij geheel
vrij is,quot; berig 'n korrespondent van De Zuid-Afrikaan in
die uitgawe van 7 Junie 1873. ,,Het onderwijs is hoofd-
zakelijk Engelsch; er wordt wel Hollandsch geleerd, maar
de Engelsche taal is hoofdzaak.quot; Dit is duidelik dat die
Afrikaners oor die geheel nog geen beswaar daarteen gevoel
het dat die gees van die skool waarin hul kinders opgevoed
word, eensydig Engels is nie — mits daar net voorsiening vir
onderwys in Hollands gemaak word, veral ter wille van
die Kerk.
Die Ring van Kaapstad.
Ook in Kaapstad het die Hollandse predikante in hierdie
tyd lewendig bewus begin word van die gevaar wat vir die
Kerk daarin kan skuil as die Hollandse taal deur gebrek aan
behoorlike onderrig geheel sou te gronde gaan. Op 'n
vergadering van die Kaapstadse ring, gehou op 16 Oktober
1872, het die ringsinspekteur van onderwys, ds. G. W.
Stegmann, jr., in sy verslag gewys op die verwaarlosing van
Hollands op die meeste skole in die stad. ,,In de Kaap-
stad,quot; sê hy, ,,wordt het Hollandsch, behalve in de kerk-
scholen, slechts bij wijze van uitzondering onderwezen, een
voorregt waarvan, zoover wij ontdekken konden, de jonge-
dochters geheel verstoken zijn.quot; Dit blyk dat dit al hoe
meer mode geword het onder die hoëre stände om hul dogters
na die ,,half roomsequot; meisieskole te stuur en dat die verengel-
sing veral onder die vrouhke geslag die verste gegaan het.
Opvallend is hoe dat dr. Robertson, die Skot, hom aan
hierdie verengelsing geërger het. Hy is wel in die eerste
'») De Zuid-Afrikaan, 6 en 27 Nov. 1872, 2 Apr. 1873.
-ocr page 204-plaas begaan oor die Kerk, maar „dan griefde het hem ook
dat het eene mode werd onder de jonge dames geen
Hollandsch te kennen, met minachting van die taal te
gewagen en met eene ziekelijke gemaaktheid te zeggen: 'I
don't speak Dutch'.quot; Uitvloeisel van die besprekinge op
die ringsvergadering was dat 'n kommissie aangestel is om
in te gaan op die moonthkheid van die stigting van 'n
opvoedingsinrigting vir jong meisies in verband met die
Nederduitse Gereformeerde Kerk waarin ook geleentheid sal
wees om behoorlike onderwys in die Hollandse taal te
geniet.quot;)
Stigting van ,,The Good Hope Seminaryquot;.
'n Nege maande later het die kommissie deur die rings-
vergadering benoem 'n prospektus gepubliseer van 'n nuwe
meisieskool in Kaapstad wat onder die voogdy van die
Nederduitse Gereformeerde Kerk sou staan. Wie egter
gemeen het dat hierdie skool sou gekenmerk word deur 'n
oorwegend Hollandse gees, moes daar jammerlik bedroë uit-
gekom het. Die naam van die skool was Engels: ,,The
Good Hope Seminaryquot;; die hoofonderwyseres is uit Skotland
ontbied; die leerkursus is ingerig om 'n ,,eerste klas Engelsche
opleidingquot; te gee; en onderrig in die Hollandse taal sou
gegee word nie aan alle leerlinge sonder onderskeid nie, maar
alleen aan diegene ,,die zulks begeerenquot;. Belangriker as
dit alles nog is die feit dat selfs 'n man soos Jan Hofmeyr
in hierdie dinge blykbaar niks ongerymds gesien het nie.
In 'n hoofartikel in De Zuid-Afrikaan van 5 Julie 1873
verwelkom hy die oprigting van die meisieskool en verheug
hy hom oor die onderwys wat daar in Hollands sal gegee
word, maar kritiek lewer hy nie. Alleen noem hy iets wat,
na hy hoop, op die Good Hope Seminary nie sal ontbreek
nie. ,,Het is een aankweeken van een waren kolonialen
geest — het verwijderen van dat met verachting neerzien op
31) De Zuid-Afnkaan, 19 Okt. 1872. Behalwe oor Kaapstad self
moes die ringsinspekteur ook nog kla oor die onderwystoestand in
Somerset-Wes. ,,Het Hollandsch wordt, m. i. te onregt,quot; lui dit
in sy rapport, ,,verwaarloosd in gemeenten zooals Somerset West,
waar de kerkeraad niets tot het onderwijs doet, en de leeraar zich
verpligt ziet zijne Catechisatien te laten voorafgaan van een uurtje
aan het Hollandsch besteed.quot;
eenig iets, omdat het Hollandsch, of zegge liever, koloniaal
is. Maar al te vele onderwijzeressen op damesscholen geven
het voorbeeld van te schimpen op al hetgeen niet van over
het water komt. Alzoo leggen zij of de zaden van vader-
landsverloochening in de haar toevertrouwde jeugdige ge-
moederen, of verwekken een geest van nationale verbittering.
Wordt de voorgestelde school voorzien van onderwijzeressen
van den regten, dat is, van den beloofden stempel, dan zal
dit kwaad daar ongekend zijn, en dan zal zij worden eene
kweekplaats van letterkundige, wetenschappelijke en gods-
dienstige kennis, van ware beschaving en ook van een edel
patriotisme.quot;
Dit was egter nie almal wat hul, soos die redakteur van
De Zuid-Afrikaan, met die uiting van 'n vrome wens tevrede
gestel het nie. Daar was ook persone wat fel kritiek op
die planne van die ringskommissie uitgeoefen het. So maak
'n korrespondent in De Zuid-Afrikaan van 13 Augustus
beswaar teen die Engelse naam van die Good Hope Seminary
en merk op dat dit duidelik blyk uit die prospektus ,,dat
het niet zoo zeer te doen was om de Hollandsch Geref. Kerk,
door het grondig aanleeren der Hollandsche taal bloeijender
te maken, als wel om de Hollandsche taal door de Engelsche
geheel te verdringen. Onder de voorwaarden staat het
immers duidelijk dat onderwijs zal gegeven worden in al
de vakken die tot eene eerste klas Engelsche opleiding
behooren. Waarom ook niet tot eene eerste klas Holland-
sche? Doch, zegt iemand, gij zijt te haastig in uw oordeel;
wordt er dan volstrekt geen onderrigt in de Hollandsche taal
gegeven? O ja, maar als ter sluiks, alleen aan degenen, die
zulks begeeren. Het wordt niet volstrekt noodzakelijk
beschouwd het Hollandsch te leeren voor de Hollandsch
Geref. kerk, neen, maar wel het Engelsch door alle middelen
om de begeerte naar de Engelsche dienst in de Hollandsche
kerk meer op te wekken en in de handen te werken.quot; Dit
moet erken word dat hierdie kritiek, hoewel fel, nie ongereg-
verdig was nie. Die Good Hope Seminary het dan ook nooit
'n kweekplaas van Hollands-Afrikaanse beskawing in die
stad geword nie — om dit maar sag uit te druk.
Langham Dale doen niks vir Hollands nie.
Waar Afrikaners self só laks was ten opsigte van hul taal
dat Hollandse predikante 'n kerkskool kon stig waarin die
studie van die Engelse taal wèl, van die Hollandse taal nié
verphg was me, is dit begryplik dat Langham Dale, die
superintendent-generaal van onderwys, geen besondere be-
skerming aan Hollands in die opvoedingsinrigtinge van die
staat sou verleen nie. Toe daarom in 1873 'n elementêre
ondemysersdiploma ingestel is wat bevoegdheid tot onderwys
op plaas- en sendingskole gegee het, het die leerplan daar-
voor Engels, rekenkunde, aardrykskunde, skoonskrif en
skoolbestuur as verpligte vakke omvat, terwyl Hollands en
Kaffertaai slegs as fakultatiewe studievakke genoem is
Hierdie gelykstelhng van Hollands met Kafïertaal het baie
Afrikaners bitter gegrief. Dale was egter nie van plan om
vir die Hol andse taal enige plek van betekenis in sv
opvoedingstelsel in te ruim nie. In 1874 is 'n programma van
Jsamens vir skoolsertifikate deur hom voorgedra waaruit
Hollands geheel geweer is, terwyl Engels weer 'n verpligte
vak gemaak is. Hieroor het daar ook heelwat ontevredenhld
ontstaan. „Gevoelde men geen vrijheid het Nederduitsch
i inbsp;l^et Engelsch,quot; skryf De
Zutd-Afrikaan van 21 Maart 1874, „dan had men het toch
wel een ondergeschikte plaats kunnen aanwijzen, al ware
het maar door het tot een verpligt onderwerp te maken voor
kandidaten die naar 'honneurs' zouden willen dingen.quot;
Kennis van Hollands vir staatsamptenare nie nodig
geag me.nbsp;®
Teen die Engels-eentahge opleiding van staatsamptenare,
waarteen vroeër slegs af en toe deur korrespo.idente in die
Hollandse koerante beswaar geopper is, het Jan Hofmeyr in
hierdie tyd ook as redakteur van De Zuid-Afrikaan hesm
skrywe. Hy het geëis dat alle persone wat iets met die
geregshowe te doen het, die Hollandse taal moet ken
„Candidaten voor het advocaats-examen moeten een certi-
ficaat der tweede klasse hebben, maai, ter verkrijging daar-
van, wordt geen Hollandsch vereischt.quot; Hy wys daarop
Rep. of the S. G. E. for the Year 1873. bis. 7.
-ocr page 207-dat vir die Indiese siviele amptenaar wat uit Engeland kom,
kennis van Hindostani verplig is, „maar voor de Afrikaansche
staatsdienaar, die opgroeit in een Hollandschsprekende
omgeving, is het vrij om geen ß of amp; te kennen der taal,
die gesproken wordt door de overgroote meerderheid der
ingezetenen. De Regering behoort vast te stellen, dat door
alle koloniale candidaten voor het certificaat der eerste klasse
in de Rechten het Hollandsch zal moeten verkozen worden
als de moderne taal bij het tweede klas examen. Men roemt
erop, dat onze tegenwoordige Regering echt koloniaal is.
Zij doe dan recht aan beide koloniale talen.
Dit skyn of die regering tog langsamerhand begin besef
het dat die Hollandse taal nog so 'n belangrike rol in die
Kolonie speel dat dit nie heeltemal oor die hoof mag gesien
word nie. In 1874 is altans al die wette wat in die afgelope
sitting van die parlement aangeneem is, ook in 'n behoorlike
Hollandse vertaling in die Government Gazette gepubhseer.
Hierdie meer tegemoetkomende houding van regeringskant
het die herinnering aan die miskenning van Hollands deur
die departement van onderwys weer verlewendig, soos blyk
uit die ironiese opmerking wat De Zuid-Afrikaan aan die
berig omtrent die vertahng toevoeg: ,,Daar bij het Departe-
ment van Onderwijs het Hollandsch op gelijken voet wordt
gesteld met de Kaffertaai, dachten wij dat die wetten mis-
schien ook in de taal der zwarten zouden zijn gepubliceerd;
doch het schijnt dat de Regering het in dit opzigt met
Dr. Dale niet volkomen eens is.quot;''quot;)
Skole verbrei kennis van Engels op platteland.
Die nuwe reëling van die onderwys by die wet van 1865
het 'n belangrike stoot gegee aan die stigting van nuwe
skole en het dié wat reeds bestaan het, op 'n veel vaster
voet gestel. In sy rapport oor die jaar 1867 kon die
Superintendent-Generaal van Onderwys al met voldoening
skrywe: ,,There is scarcely a village or hamlet in the Colony
without a public school.quot;^') Dit is te begrype dat die groot
vermeerdering van skole die kennis van Engels ook op die
33) De Zuid-Afrikaan, 29 Januarie 1873.
3^) De Zuid-Afrikaan, 7 Olit. 1874.
3«) Rep. of the S. G. E. for the Year 1867, bis. 5.
-ocr page 208-platteland aansienlik sou laat toeneem het. F. H. Ely,
onderinspekteur van skole, sê dan ook in sy Special Report
on the State of Education in the Midland Districts van 1876:
,,The most striking feature perhaps, is the hold which the
English language is gaining in the country districts: one
naturally expects this to be the case along the sea-coast and
m the larger towns; but one is hardly prepared to find the
language so widely spoken as it is in the more inland dis-
tricts.quot; Merkwaardig is ook wat Ely opmerk omtrent die
begeerte van die boere om hul kinders Engels te laat leer.
„The farmers,quot; skrywe hy, ,,are anxious that their children
should learn Enghsh and are very proud if they can express
themselves fairly: in the majority of country schools Dutch
IS taught as well as Enghsh, but this is not considered at
all essential, the idea being that the children naturally know
their mother tongue; or as a Dutch Minister put it, 'Let
them learn Enghsh, the Dutch is in them.'
Wat die begeerte na onderwys in Engels betref, het Ely
waarskynlik grond gehad vir sy mededeling, maar dit was
vermoedelik nie letterhk waar vir alle dele van die Kolonie
nie. In die voorafgaande bladsye het dit geblyk dat daar
in elk geval tot 1873 op verskeie plekke wel behoefte gevoel
IS aan onderwys in Hollands, maar nie aan onderwys in
Engels nie.
Waar Engelse onderwys op plattelandskole gegee is, was
die resultate dikwels ook glad nie bemoedigend nie. ' Ely
kla self in sy bogenoemde rapport, bis. 47, dat kinders
dikwels Engels leer lees sonder om te verstaan wat hul lees;
en omtrent die westelike distrikte verklaar onderinspekteur
A. N. Rowan van die onderwysers in die algemeen: ,,Their
aim is intelligible not intelligent reading. In too many
instances the meanings of the words are not explained. I
have often been struck with the deplorable ignorance which
the children who read fluently displayed of the subject matter
of the lesson.quot;quot;)
Bis. 45.
quot;) Special Report on the State of Education in the Western
Districts, 1876, bis. 40.—Die siegte resultate van die onderwys in
Engels moet ook gedeeltelik toegeskrywe word aan die siegte onder-
wysmetodes wat in hierdie tyd op so baie elementêre skole gevolg is
In die meergenoemde rapport van Ely staan op bis. 47: A fault
Ten spyte van die hierbo genoemde sterk vermeerdering
van ondersteunde skole in die Kolonie het tog in 1876, volgens
'n berekening van Langham Dale, nog maar die kleinste
helfte van die blanke kinders van skoolgaande ouderdom
onderwys op sulke skole ontvang/') 'n Baie groot persen-
tasie van die plattelandse Afrikaanssprekende kinders het
dus nog buite die verengelsende invloedsfeer van dié skole
gebly.quot;)
Heftige aanvalle op verengelste onderwys.
Sedert 1873 het die manne wat die hoofrol sou speel in
die Afrikaanse taalbeweging, hoe langer hoe sterker hul stem
verhef teen die verengelsende onderwys nie alleen op die
regeringskole nie, maar ook op skole deur die Nederduitse
Gereformeerde Kerk of op inisiatief van predikante van die
Kerk gestig, soos die Good Hope Seminary in Kaapstad
en die Huguenot Seminary in Wellington, wat in 1873 deur
ds. Andrew Murray opgerig is. In hul optrede was hul
veel feller en venyniger as diegene wat hul nog vir die
belange van die Hollandse taal beywer het. Veral in 1874
het die aanvalle op Engels en verengelste Afrikaners wat
alleen oog gehad het vir die Engelse taal, buitengewoon
heftig geword. Dié dinge behoort egter meer tot die geskie-
in some of the Dutch mission schools is the setting the children
in the lower classes nothing but spelling lessons, which appears to
me an useless exercise unless the children are taught at the same
time to read. Thus I have found children spelling out of Spel en
Lees boekje long words like 'geregtigheid' and yet unable to read
an easy sentence like Tk heb God lief.quot;
38) Rep. of the S. G. E. for the Year 1876, bis. 3.
3®) Veral in afgeleë distrikte soos Clanwilliam, Fraserburg en
Calvinia kon die regering moeilik die kinders met sy onderwysstelsel
bereik. Faktore wat die uitbreiding van die onderwys in die weg
gestaan het, was: die verspreide ligging van die boerplase; gebrek
aan bediendes, sodat kinders met die plaas- en huiswerk moes help;
onverskilligheid teenoor onderwys — die ouers was tevrede as hul
kinders voldoende Hollands kon lees vir hul aanneming; huiwerigheid
van boere om vir die benodigde waarborgsom te teken; gebrek aan
onderwysers; ens. Sien Rep. of the S. G. E. for the Year 1868,
blss. 6—7, en Dale se spesiale rapport van 24 Feb. van dieselfde
jaar.
denis van die Afrikaanse taalbeweging en sal in die volgende
hoof stuk ter sprake kom.quot;»)
D. Die Taal in die Kerk
Engelse dienste in Groot Kerk.
In die vorige hoofstuk het ons gesien dat vanaf die einde
van Januarie 1865 gereelde dienste in Engels in die Groot
Kerk in Kaapstad gehou is. Ongeveer 'n jaar later, op
18 Februarie 1866, is nagmaal vir die eerste keer in die
Engelse taal bedien.quot;quot;) Hoeveel persone die Engelse dienste
vas bygewoon het, is moeilik om te sê. Die aantal hdmate
wat daarom aansoek gedoen het, was seker nie groot nie,
maar waarskynlik het dit gou aansienlik toegeneem. Teen
die middel van 1867 kla De Zuid-Afrikaan altans dat ,,het
zoogenaamde fatsoenlyke jonge pubhek tegenwoordig ook by
voorkeur de pas ingevoerde Engelsche godsdienstoefening
bywoont.quot;quot;') Ongetwyfeld sal baie jong mense uit modesug
of ook bloot uit nuuskierigheid na die Engelse dienste gegaan
het. As aanduiding van die sterkte van die verengelste deel
van die gemeente kan miskien geld dat hul in Januarie 1868
'n beurs met honderd-en-vyf tien ghienies aan ds. A. Murray
Hier kan alleen 'n aanhaling uit 'n brief gegee word om te
laat sien wat van die onderwys in Hollands aan die ou Athenaeum
geword het. Die korrespondent skryf na aanleiding van die pro-
fessoraat in Nederlands aan sy ou alma mater, wat al vier maande
vakant is en maar nie gevul word nie: ,,Mijnheer, als een oud-
leerling aan dat Instituut kan ik u met de hand op het hart
verzekeren, dat die betrekking eene ,klucht', eene ,geheele klucht'
en niets dan eene ,klucht' is. Terwijl den armen jongens de hersens
worden volgepropt met Latijnsche verzen, Grieksche volzinnen en
ander tuig, waaraan 9 uit de 10, wanneer zij eens het College hebben
verlaten, volstrekt niets hebben, en waaraan zij, het College
bezoekende, uren per dag moeten wijden, worden aan elke Hol-
landsche klasse ofschoon de Hollandsche taal in de stad naast het
Engelsch de voornaamste en in de buitendistrikten de hoofdtaal is,
een of twee uren per week toegeduwd, en dat wel uren na afloop
van den schooltijd, wanneer de arme tobbers, vooral in het warme
weer, reeds zitten te gapen even als de musschen op de daken in
Hildebrand's Camera Obscura.quot; (De Zuid-Afrik aan, 18 Feb. 1874.)
i») Het Volksblad, 16 Feb. 1866.
''1) Sien hiervoor, bis. 175.
-ocr page 211-aangebied het as blyk van erkentlikheid vir die buitengewone
dienste wat hy vir hulle hou.quot;^)
Ds. G. W. A. Stegmann Jr. wil lidmate in Engels voorstel.
So lank soos ds. Andrew Murray in die stad die Engelse
dienste waargeneem het, het geen ontwikkelinge van belang
plaasgevind nie. In Augustus 1871 het hy egter 'n beroep
na Wellington aangeneem, en in die moedergemeente is hy
opgevolg deur sy neef, ds. G. W. Stegmann, jr. Ds.
Stegmann was blykbaar van 'n taamhk voortvarende geaard-
heid, en gou het daar moeilikheid in verband met die
Engelse dienste ontstaan. Ongeveer 'n jaar na sy koms in
Kaapstad kondig hy, sonder om die gemeente in die saak
te ken, 'n Engelse voorstelling van lidmate aan, wat groot
ontevredenheid verwek. ,,Het heeft mij en vele andere
leden onzer dierbare Ned. Geref. kerk,quot; skrywe een van
die ontevredenes in De Zuid-Afrikaan van 2 Oktober 1872,
,,evenzeer verbaasd als gegriefd, dat Ds. Stegmann het heeft
durven wagen, om haar de smaadheid, bijna zouden wij
zeggen het verraad, aan te doen, van hare nieuwe leden
op aanst. Zondag in de Engelsche taal aan de gemeente
te willen voorstellen.quot;
'n Engelse voorstelling van lidmate, na reeds byna sewe
jaar lank gereelde Engelse dienste in die Groot Kerk, en
ook Engelse katkisasie, gehou is, sou seker nie sonder
bepaalde rede so 'n opskudding veroorsaak het nie; maar
hier was inderdaad aanleiding tot bitter ontevredenheid, soos
blyk uit 'n hoofartikel in De Zuid-Afrikaan van 9 Oktober.
Die redakteur. Jan Hofmeyr, erken dat die ontevredenheid
onder die gemeentelede hom eers bevreem het. ,,Maar,quot;
sê hy dan, ,,de zaak veranderde van voorkomen, toen de
lijst van aannemelingen werd gepubliceerd en daarop slechts
één Engelsche naam voorkwam en nog wel van iemand,
die van moederszijde van Hollandsche afkomst is en die
taal even goed verstaat als de beste Afrikaander; toen wij
vernamen, dat velen der aangenomenen in het Hollandsch
waren gecatechiseerd; dat geen enkele hunner onmagt van
eene Hollandsche dienst te volgen had voorgewend; niet één
hunner om eene Engelsche voorstelling had gevraagd,_dat
Het Volksblad, 18 Jan. 1868.
-ocr page 212-in één woord de Engelsche voorstelling eene ongevraagde en
onnoodige vervanging was van de gewone Hollandsche. Dat
geleek inderdaad op eene poging om het Hollandsch te
verdringen.quot;
Plek van Engelse dienste in Moedergemeente.
Deur die teenstand wat hy gekry het, is ds. Stegmann
gedwonge om van sy voorneme af te sien; maar hy was
daar nie die man na om sake daarby te laat nie. Op 'n
kerkraadsvergadering gehou op 7 Oktober 1872 stel hy
daarom voor: ,,De kerkeraad verklare zich nader betrekke-
lijk de plaats die de Engelsche dienst onder onze diensten
inneemt.quot; Hy beweer daar is mense wat van ander kerk-
genootskappe na die Nederduitse Gereformeerde Kerk wil
oorkom en dat die posisie nie duidelik is nie. In sy beroeps-
brief staan by voorbeeld niks omtrent Engels preek nie; is
hy nou verplig om in dié taal voor te gaan? So ja, is dit
dan nie tyd dat ook vir kerkraadslede bepalinge gemaak
word in verband met die Engelse dienste —dat 'n gereelde
rooster opgestel word waarvolgens hul die dienste amptelik
moet bywoon nie? Hy wil 'n besliste antwoord hê op die
vraag: Is die Engelse diens 'n gereelde Gereformeerde diens
eweseer as die Hollandse, ja of nee?
Nä heelwat bespreking van die vraag wat die oorspronklike
bedoeling was met die invoering van die Engelse dienste,
stel dr. Robertson voor dat ds. Stegmann se vraag as volg
beantwoord word: ,,De Engelsche dienst is een van de
geregelde diensten van de Nederd. Geref. Kerk.quot; As
amendement hierop word deur een van die ondersteuners
van ds. Stegmann voorgestel: ,,De Engelsche dienst was
tot hiertoe eene liefdedienst; maar de tijd is gekomen, waarin
dezelfve als een deel uitmakende van de geregelde diensten
moet worden beschouwd.quot; Met hierdie amendement betuig
ds. Stegmann sy instemming, maar dit word verwerp en
die voorstel van dr. Robertson aangeneem.
Hierna word die volgende voorstel ter tafel gelê: ,,De
kerkeraad late het den leeraar vrij om, desverkiezende, lede-
maten, gelijk bij de Hollandsche, zoo ook bij de Engelsche
dienst aan de gemeente voor te stellen.quot; Dr. Robertson
sê hierop dat hy een van die eerste in die land was wat
in Engels gepreek het, maar nog nooit het hy iemand in
Engels voorgestel nie. Aan die kinders het hy meermale
gesê: „In de Consistoriekamer versta ik geen Engelschquot;;
en nooit het hy enige beswaar gevind selfs ten opsigte van
kinders van Engelse of Engelssprekende ouers nie. Daar
kan egter behoefte aan 'n Engelse voorstelhng in die stad
bestaan, en daarom stel hy voor: ,,Jongelieden van wege
gebrek aan genoegzame kennis der Hollandsche taal in het
Engelsch tot ledematen aangenomen, zullen, desverkiezende,
en met toestemming van ouders of voogden, bij gelegenheid
van eene der Engelsche diensten als zoodanig aan de gemeente
worden voorgesteld.quot; Nog 'n ander amendement word
voorgestel waarin toegevoeg word dat nuwe lidmate in Engels
kan voorgestel word alleen as die leraars ,,in gemoede over-
tuigd zijn, dat de voor te stellen ledematen het Hollandsch
niet genoegzaam verstaan.quot;
Ds. Stegmann antwoord dat hy maar min mense in
Kaapstad ken van wie hy in gemoede kan verklaar dat
hul nie genoeg Hollands kan verstaan nie. Hy maak daarom
beswaar teen die bepaling omtrent gebrek aan kennis van
die Hollandse taal, en ook teen die vra van toestemming
van ouers en voogde tot die voorstelling in Engels. Dr.
Robertson sê dat hy al dikwels jong mense voorgestel het
wat beter Engels as Hollands ken; maar gedagtig aan die
feit dat hy leraar is van 'n Nederduitse Kerk, het hy nooit
in Engels voorstelhng gehou nie. Hy het altoos Hollands
op die voorgrond gestel; en dit sou 'n griewende saak wees
as ouers moet sê, soos, na beweer word, een reeds gesê het
toe ds. Stegmann voorverlede week 'n Engelse voorstelling
wou hou: ,,Nou word my kind voorgestel in 'n taal wat
ek nie verstaan nie.quot; Ds. Stegmann redeneer weer dat alles
meer en meer Engels word, waarop dr. Robertson hom toe-
voeg: ,,Maar broeder, is het niet onze phgt het Hollandsch
zoo veel mogelijk de hand boven het hoofd te houden?quot;
Uiteindehk is die amendement van dr. Robertson aangeneem
met 12 teen 4 stemme.quot;')
Nuwe moeilikhede in verband met Engelse dienste.
Twee jaar later het daar weer heelwat moeilikheid na
aanleiding van die Engelse dienste in die moedergemeente
De Zuid-Afrikaan, 9 Okt. 1872.
M
-ocr page 214-ontstaan. Op 'n kerkraadsvergadering gehou op 3 Augustus
1874 stel die heer Juritz naamlik voor dat 'n tweede Engelse
diens op Sondag sal plaasvind, en wel in die aand gelyktydig
met die Hollandse diens. Die benedeverdieping van die
kantoorgeboue in die Bureaustraat sou dan in 'n lokaal vir
die doel kan verander word. Die voorstel word heftig
geopponeer, ook op grond daarvan dat die gewone aanddiens
in die Groot Kerk deur 'n gelyktydige godsdiensoefening
in die aangrensende gebou gesteur sal word. Ds. Stegmann
is weer een van die vurigste kampvegters vir die belange
van die Engelssprekende lede van die Kerk. Sy argumentasie
is karakteristiek: ,,Wat er achter stak, was de questie van
Engelsch en Hollandsch. Dat zette kwaad bloed; maar als
men opkwam voor Hollandsche diensten, behoorde men ook
te zorgen, dat de kinderen in het Hollandsch werden opgevoed
en dat zij Hollandsche betrekkingen kregen. En toch,
daaraan ontbrak het. Op school werd er haast geen
Hollandsch onderwezen; en slechts hier en daar vroeg een
koopman om klerken die ook Hollandsch kenden. In de
stad werd alles meer en meer Engelsch, hoewel zulks buiten
nog niet zoo zeer als hier het geval was. Zoo was de toe-
stand van zaken, onverschilhg of men dien al dan niet
betreurde .... De spreker is weieens in verband met
vroeger gebeurde dingen voorgesteld als een vriend der
Engelsche taal. Wel, hij wilde het goede dat daarin zat,
aannemen; maar hij wil tevens verstaan hebben, dat hij
ook een vriend is der Nederduitsche taal .... Hij wilde
gaarne ijveren voor de belangen der Hollandsche taal; maar
dan toch behoudens het gezond verstand; hij wil daarbij
dan toch zorgen, dat onze leden niet gedwongen worden
hunne moederkerk te verlaten, omdat zij niet geholpen
kunnen worden in de taal welke zij verstaan.quot; Ten slotte
word die saak verwys na 'n kommissie bestaande uit twee
voorstanders en twee teenstanders van die Engelse aanddiens.
Op die volgende kerkraadsvergadering, gehou op 7
September, is die rapport van die kommissie behandel. Sy
bevinding was dat die kantoorgeboue in die Bureaustraat
nie in 'n geskikte lokaal sou kon verander word nie; oor
sy bevoegdheid om hom oor die noodsaak van 'n Engelse
aanddiens uit te spreek en 'n ander plan aan die hand te
gee in plaas van dié van die heer Juritz, was die kommissie
verdeeld. Daar volg toe weer 'n lang bespreking van die
vraag of daar wel bewys is dat daar 'n dringende behoefte
aan 'n Engelse aanddiens bestaan. Dr. Robertson neem
'n opmerklik onpartydige houding in en wil die punt eers
bewys hê deur 'n dokument, soos 'n petisie. Ds. Stegmann
dryf egter weer so hard hy kan in Engelse rigting; en
emdehk word die voorstel van die Ed. W. de Smidt om
'n kommissie te benoem bestaande alleen uit voorstanders
van die Engelse diens om 'n geskikte lokaal te vind, met
9 teen 7 stemme aangeneem. Die kommissie wat toe aange-
stel is, het blykbaar heelwat moeite ondervind om 'n geskikte
gebou te vind, want op die kerkraadsvergadering van begin
Desember moes hul rapporteer dat hul nog geen gebou vir
die Engelse dienste gevind het nie.quot;)
Dit is duidelik dat waar aan die een kant die verengelsing
onder gemeentelede van die Hollandse Kerk in Kaapstad al
hoe vinniger toegeneem het, die teenstand teen dié ver-
engelsing aan die ander kant tog nog sterk was en in sekere
kringe in die afgelope jare selfs toegeneem het.quot;')
Sinode bepaal dat predikante bekwaam moet wees om
Engels te preek.
Intussen het die vraag na Engelse dienste in die Hollandse
Kerk oor 'n groot deel van die Kolonie so sterk toegeneem
dat ds. A. D. Luckhoff, van Colesberg, dit nodig geag het
om vir die Sinode van 1870 as beskrywingspunt op te stuur:
,,De Synode bepale dat kandidaten, die tot de predikdienst
wenschen te worden toegelaten, bij het Examen, onder
Art. 62 voorgeschreven, blijken geven van bekwaamheid tot
het prediken in de Engelsche taal.quot; Met die bepaling dat
die besluit nie van toepassing sal gemaak word op diegene
wat reeds die kandidaatseksamen afgelê het nie, is die
beski3rwingspunt van ds. Luckhoff dan ook aangeneem.quot;®)
De Zuid-Afrikaan, 5 Aug., 9 Sept. en 9 Des. 1874.
Sien o.a. De Zuid-Afrikaan van 5 en 19 Aug., 5, 9, 12, 19
en 23 Sept. 1874.
Acta Synodi, 1870, bis. 62. Ander bewyse van die toenemende
invloed van Engels in die Nederduitse Gereformeerde Kerk is te vind
in die Handelinge van dieselfde Sinode. So is daar na aanleiding
van 'n beskrywingspunt van ds. C. Murray, van Graaff-Reinet:
,,De Synode bepale welk Gezangboek gebruikt moet worden bij de
Engels in Hollandse kerke op die platteland.
Hoe ver die verengelsing van die Kerk op baie plattelands-
dorpe in hierdie tyd al gevorder was, blyk onder andere
uit 'n bespreking in die Sinode van 1873 na aanleiding van
die voorgestelde wysiging van die artikel in die ,,Wetten
en Bepalingenquot; omtrent die preek in Engels waar dit nodig
geag word. ,,Ds. de Villiers, van Beaufort West,quot; lui die
verslag in De Zuid-Afrikaan van 26 November, ,,sprak
voor bescherming van de Hollandsche taal, die te veel werd
veronachtzaamd zoowel door ouders als door predikanten.
Hij vreesde dat het toenemen van het Engelsch in de
Nederlandsche of Nederduitsche Kerk niet strekken zou tot
haar welzijn. Vandaar dat men alle pogingen moest aan-
wenden om de Hollandsche taal zoo veel mogelijk in eeré
te houden. Hij stelde een amendement voor, om te bepalen
dat het Engelsch preken daar zou plaats hebben, waar zulks
zonder nadeel voor de Hollandsche taal kon geschieden.quot;
Besonder veel steun het ds. De Villiers blykbaar nie vir
sy amendement gekry nie. ,,De ouderHngen van George en
Heidelberg,quot; gaan die verslag voort, ,,zagen den tijd te
gemoet, dat alles in het Engelsch zal moeten plaats hebben,
en hoe eerder zulks geschiedde, hoe beter.—Ds. Kuijs was
een groote voorstander van de Hollandsche taal; maar preekte
hij niet in het Engelsch, dan verloor hij de helft van zijne
gemeente .... Ds. Steytler [van Uitenhage] had per-
soonlijke ondervinding dat zonder Engelsch de kerk zich
niet kon uitbreiden. Hij had de Hollandsche dienst in den
avond afgeschaft, en nu kwamen er Engelschen van alle
andere gezindten bij hem ter kerk.quot; Ten slotte is die artikel
Openbare Godsdienst in de Engelsche taal,quot; besluit om 'n kommissie
te benoem ,,om het Gezangboek thans in gebruik bij de Engelsche
dienst in de Kaapstad, na te zien, en de wenschelijkheid te over-
wegen om het gebruik daarvan van wege de Synode al dan niet
aan te bevelen.quot; Verder blyk dat die eerste druk van die Belydenis-
skrifte in Engels reeds uitverkoop is, en op voorstel van ds. Shand,
van Tulbagh, is aangeneem: ,,Dat eene tweede uitgave van de
Belijdenisschriften en Formulieren, alsmede eene afzonderlijke uit-
gave van het Kort Begrip met Schriftuürteksten, in het Engelsch,
voor rekening van het Synodale Fonds uitgegeven worde.quot; (Acta
Synodi, 1870, blss. 38, 47.)
dan ook aangeneem volgens aanbeveling van die Kommissie
van Revisie.quot;')
Ring van Beaufort besluit ten gunste van HoUands.
Langsamerhand het predikante van die buitegemeentes
egter die gevaar van die toenemende verengelsing duidelik
begin insien en doelbewus begin ywer vir die handhawing
van die Hollandse taal. Hierin het die ring van Beaufort
die voortou geneem. Op 'n ringsitting van 12 Oktober 1874,
waarop teenwoordig was ds. W. P. de Villiers van Beaufort,
ds. Krige van Prins-Albert, dr. Kotzé van Richmond, ds.
Leibbrandt van Victoria, ds. Bamberger van Fraserburg en
ds. Louw van Murraysburg, met hul ouderhnge, het dr. Kotzé
die volgende voorstel ingedien: ,,Aangezien het aanleeren
van meer dan eene levende taal tegenwoordig tot de ver-
eischten eener beschaafde opvoeding behoort, zoo worde er
door den Ring van Beaufort in zijn ressort, en door de Synode
onzer Kerk in het algemeen, gezorgd, dat er ook onderwijs
in de moedertaal van de bevolking des lands, waarin nog
in de Nederduitsche Gereformeerde kerk alom gepredikt
wordt, gegeven, en de kennis er van in de scholen niet
geheel geïgnoreerd worde.quot;
Alle predikante het die voorstel in kragtige bewoordinge
gesteun. Vir ds. De Villiers, wat die vorige jaar in die Sinode
tevergeefs vir beskerming van die Hollandse taal gepleit het,
was die voorstel uit die aard van die saak 'n aangename
verrassing. ,,De stroom ging toch tegen het Hollandsch,quot;
lui die verslag van sy toespraak: ,,daarom verblijdde hij
zich dat deze getuigenis van deze vergadering zou uitgaan.
Hij wees, o.a. er op, hoe men in ,een zekeren kerkeraad'
zich ten doel schijnt gesteld te hebben de Hollandsche taal
te laten verdringen ter wille van dom vooroordeel. Ook
speet het hem in de vakken van onderwijs van een zekere
damesschool opgerigt om het Hollandsch te handhaven, te
zien, dat het Hollandsch bijna allerlaatst op de lijst stond.
Ingrypende wysiginge in die samestelling van die Wetten en
Bepalingen is in 1873 aangebring. Die ou artikels oor die Engelse
dienste het verdwyn, en waar nou oor die ampspligte van leraars
gepraat word, is predikante opgedra ,,ook in de Engelsche taal te
prediken, waar het bevorderlijk is aan de zaak des Evangelies en
het welzijn der gemeente.quot; Sien Wetten en Bepalingen, 1874, bis.
Hier in de Gouvemements school werd nu hoegenaamd geen
onderwijs in de Hollandsche taal gegeven. Hij besloot met
het woord van een hd des Kaapstadschen kerkeraads over
te nemen: ,Iaat mijn kind voor den handel het Engelsch
leeren, maar laat hem God dienen in zijne moedertaal'.quot;
Die voorstel van dr. Kotzé is by akklamasie aangeneem.quot;)
E. Besluit
Onder invloed van die politieke gebeurtenisse in die eerste
helfte van die sewentiger jare het die nasionale ontwaking
van die Afrikaner stadig begin. Hier en daar het die lydelike
verset teen die verdringing van sy taal plek gemaak vir 'n
doelbewuster optrede. Tot 'n daad van betekenis, tot die
bewuste sametrekking van hul kragte, het die beskermers
van die Hollandse taal in die periode wat in hierdie werk
behandel word, egter nog nie gekom nie. Hulle het hul nog
nie los kon maak van die ou opvatting dat Hollands wel
as kerktaal moet gehandhaaf word, maar dat in alle ander
opsigte die eerste plek tog maar aan Engels toekom nie.
Hulle het nog nie ten volle besef dat 'n volk wat tevrede
is om sy taal in sy eie land 'n ondergeskikte plek te laat
inneem, gedoem is om met sy taal onder te gaan nie. Hulle
was miskien selfs nog nie so seker daarvan of dit wel hul
plig was om vir die afsonderlike voortbestaan van die
Afrikaanse volk te ywer nie. Hul trou was nog altyd
verdeeld.
Geheel anders was dit gesteld met die klein groepie manne
wat omstreeks 1873 begin ywer het vir die erkenning van
Afrikaans as skryftaal. By hul was daar geen twyfel omtrent
wat hul wou nie. Hul het net een enkele trou geken, die
trou aan hul eie nasie. Hulle was die eerste jong Afrikaanse
nasionaliste, die voorlopers van 'n magtige beweging wat
die Afrikanervolk van ondergang sou red. Die toon van
hul geskrifte was gans anders as dié waarmee ons tot hier
toe kennis gemaak het, klink vir ons vandag nog modern
deur die buitengewoon sterk Afrikaanse oortuiging wat daar-
uit spreek. Hul groot betekenis lê nie net daarin dat hul
vir die Afrikaanse taal geveg het nie, maar ook dat hul deur
De Zuid-Afrikaan, 28 Oktober 1874.
-ocr page 219-hul voortvarendheid die voorstanders van Hollands as 't
ware gedwing het om hul vrugtelose proteste te laat vaar en
tot handeling oor te gaan.
BYVOEGSEL BY HOOFSTUKKE Hl EN IV
DIE TAALONDERWYS OP SKOOL
Van 1859 af word in die jaarrapporte van die Superintendent-
Generaal van Onderwys met betrekking tot alle regeringskole en
skole wat steun van die regering geniet, aangegee hoeveel leerlinge
in elke skool Engels en hoeveel Hollands leer lees. Van dié syfers
sou 'n mens gebruik kon maak om 'n beeld te help gee van die
toestande op die gebied van die taalonderwys in die Kolonie oor
byna die hele tydperk wat in Hoofstukke III en IV van hierdie
boek behandel is. By 'n bewerking van die gegewens sal verskeie
dinge in ag moet geneem word. In die eerste plaas sal dit nodig
wees om die skole te skei in groepe 'na gelang hul geleë is in
oorwegend Hollandssprekende of oorwegend Engelssprekende streke.
Dit sou by voorbeeld weinig sin hê om 'n skool op Stellenbosch of
die Paarl in die jare tussen 1859 en 1875 in een berekening op te
neem saam met 'n skool op Grahamstad of Bathurst. Dan moet
rekening gehou word met die hoeveelheid en gehalte van die
onderwys wat in die onderskeie tale gegee is. As dit by voorbeeld
van 'n skool vermeld word dat eweveel kinders Hollands leer as
Engels, dan mag daaruit geensins afgelei word dat die onderwys in
die twee tale op dié skool gelykstaan nie. Ons weet dat in die
belangriker skole die oorgroot meerderheid van die onderwysers
Engelse of Skotte was met gebrekkige kennis van Nederlands, terwyl
in vergelyking met Engels baie min tyd aan die studie van Hollands
bestee is. Daarby was Engels die voertaal in feitlik alle skole. Ook
was dit vemaamlik die kinders in die laagste klasse wat Hollands
geleer het, terwyl alle kinders in die hoër klasse onderwys in Engels
gehad het. Verder sal by 'n beoordeling van die verhouding van
jaar tot jaar tussen die aantal kinders wat Engels en Hollands leer,
moet rekening gehou word met die vinnig vermeerderende Engelse
bevolking in die groter dorpe en die toenemende infiltrasie van
Engelse op die platteland. Dit sal uit die aard van die saak moeilik
wees om te bepaal hoe sterk die invloed van elk van dié faktore
gewees het.
Die resultate van 'n voorlopige berekening van die aantal kinders
wat Engels en Hollands leer in skole geleë in oorwegend Hollands-
sprekende streke in die jare i860, 1865 en 1875, word hieronder
gegee. Geen aanspraak word gemaak op die uiterste noukeurigheid
nie. Van verskeie skole was dit my onbekend of die streek waarin
hul geleë was, oorwegend Hollandssprekend was. DergeHke skole
is buite rekening gelaat. Oor die algemeen het ek aangeneem dat
plekke wat, sover ek kon nagaan, vandag nog sterk Afrikaans-
sprekend is, dit in nog meerdere mate moes gewees het tussen i860
en 1875. Soms is plekke met 'n sterk Engelse inslag vandag, soos
Aliwal-Noord, beskou as 'n oorwegend Hollandssprekende omgewing
destyds. Moontlike foute wat begaan is na die een of die ander
kant, sal wel so ongeveer teen mekaar opweeg.
Die getalle kinders in onderstaande tabelle is afgerond tot tien-
talie. Die aantal skole wat in die berekening opgeneem is, word
in die tabelle tussen hakies aangegee.
i860
Aantal Kinders Aantal Kinders
wat Engels leer. wat Hollands leer.
,,Established Schoolsquot; (10) .. 620nbsp;170
,,Aided Schoolsquot; van die iste
en 2de klas (25)...... 880nbsp;530
,,Aided Schoolsquot; van die 3de
l^las (26) ........ 250nbsp;520
In die ,,Established Schoolsquot; op Beaufort-Wes, Colesberg, George
Graafi-Reinet, Somerset-Oos en Swellendam, en in die' „Aided
Schoolsquot; van die iste of 2de klas op Aliwal-Noord, Caledon quot;ceres
Middelburg, Mosselbaai en Tulbagh is geen Hollands onderwys nie'
Op verskeie „Aided Schoolsquot; van die 3de klas — ook genoem
,.Farmers' Schoolsquot; — is geen onderwys in Engels gegee nie.
1865
Aantal Kinders Aantal Kinders
wat Engels leer. wat Hollands leer.
,,Established Schoolsquot; (6) .. 550nbsp;200
,,Aided Schoolsquot; van die iste
en 2de klas (40)...... 1,510nbsp;680
,,Aided Schoolsquot; van die 3de
Mas (49) ........ 1,070nbsp;1,060
-ocr page 221-In die „Established Schoolsquot; op Colesberg, George en Somerset-
Oos, en in die ,,Aided Schoolsquot; van die iste of 2de Mas op Beaufort-
Wes, Caledon, Clanwilliam, D'Urban (nou Durbanville), Mosselbaai,
Napier, Piketberg, Plettenbergsbaai, Somerset-Wes, Tulbagh en
Victoria-Wes is geen Hollands onderwys nie. Op ses plaasskole is
geen Engels, op ag geen Hollands gegee nie. Die gunstiger ver-
houding vir Hollands in die ,,Established Schoolsquot; in vergelyking
met i860 word vir 'n deel daardeur verklaar dat twee van die
belangrikste skole met uitsluitend Engelse onderwys, Graaff-Reinet
en Swellendam, intussen gesluit is.
1875
Aantal Kinders Aantal Kinders
wat Engels leer, wat Hollands leer.
,,Public Schoolsquot; van die iste
en 2de klas (96)...... 3.77°nbsp;1.650
,,Public Schoolsquot; van die 3de
klas (43) ........ 880nbsp;920
In die ,,Public Schoolsquot; van die iste en 2de klas op Aliwal-Noord,
Carnarvon, Clanwilliam (quot;Preparatoryquot;), Colesberg, Dordrecht,
Durbanville, Fraserburg, Mosselbaai, Richmond, Riversdal, Robert-
son, Somerset-Wes, Wellington (quot;Preparatoryquot;) en Willowmore is
geen Hollands onderwys nie. Op twee skole van die 3de klas is
geen Engels, op vyf geen Hollands gegee nie.
Uit bostaande getalle blyk dat die verhouding in die skole van
die iste en 2de klas in 1865 heelwat ongunstiger vir Hollands was
as in i860; in 1875 was die verhouding ongeveer dieselfde as in
1865. In i860 was in die skole van die 3de klas die getal kinders
wat Hollands geleer het, nog ruim tweemaal so groot as dié wat
Engels geleer het; in 1865 en 1875 was die getalle ongeveer gelyk.
Opmerklik is, soos uit die jaarrapporte van die Superintendent-
Generaal van Onderwys te sien is, dat in die groot meerderheid van
die meisieskole, wat sinds 1865 opgerig is, alleen Engels onderwys is.
In die Report of the Superintendent-General of Education for the
Year ended 30th June, iSyj, bis. 5, is vir al die ,,Public Schoolsquot;
die volgende opgawe gedoen:
Aantal Kinders Aantal Kinders
wat Engels leer, wat Hollands leer.
Skole van die iste klas .. 2,998nbsp;948
Skole van die 2de klas .. .. 3.109nbsp;1,162
Skole van die 3de klas .. .. 1,699nbsp;1,046
-ocr page 222-Op die „Mission Schoolsquot; wat steun van die regering gekry het,
het 22,245 kinders Engels leer lees teenoor slegs 7,562 Hollands.
Baie blanke kinders het onderwys in die sendingskole ontvang.
•n Paar jaar later is 'n regeringskommissie benoem om na te gaan
hoe die onderwysstelsel van die Kolonie aan sy doel beantwoord
Voorsitter van die kommissie was die hoofregter sir J H (later
tord) de Villiers, en lede: sir D. Tennant, speaker, en die here
De Wet, Walker en Reid, lede van die pariement. Heelwat getuienis
IS afgeneem omtrent die posisie van Hollands en Engels op die
skole —o.a. van prof. Hofmeyr, dr. Van Oordt, Langham Dale
ds. A. Murray en ds. G. W. Stegmann. Feitlik alle getuies het
weer op die noodsaakhkheid van beter voorsiening vir onderwys in
Hollands nadruk gelê. Die kommissie self was wat hierdie saak
betref, gelukkig meer vatbaar vir oortuiging as die kommissie van
1861, soos blyk uit die volgende paragraaf uit hul rapport:
With reference to modern languages, we are of opinion that
additional facilities for the teaching of the Dutch language ought
If possible, to be provided. It should not be forgotten that this is
the language, in a modified form no doubt, of the greater portion
of the population; and that, for children of Dutch-speaking parents
the abihty to read m Dutch is as good a test of their having received
an elementary education, as the ability to read English in the case
English-speaking parents. There are some who
think that the Enghsh language is destined, in the course of time
to supersede the Dutch language altogether; while others are of
opinion that the two languages will always continue to exist side
by side, in the Colony. It is not necessary for us to decide between
these conflicting views; but one thing is sufficiently clear, and that
IS, that the English language has so many obvious advantages in
Its competition with Dutch, that it needs no artificial encourage-
ment m a national system of education. The evidence given before
us leaves no room to doubt that there is a growing desire on the
part of the farming population to have their children instructed in
the Enghsh language. It is, however, equally clear that there are
many who object to having the English language forced upon them-
and that others again, with every desire to promote the general
education of their children, do not possess the means of having
them taught any other language than that with which they are
famihar. Now, we hold that the State has no right to demand
more of any parent than that he shall have his children instructed
in the elements of knowledge. If they are able to read, write, and
do elementary arithmetic, the fact that Dutch has been the medium
of instruction ought not to weigh against them. It is for this reason
that we are of opinion that all restrictions as to the language which
is to be the medium of instruction should be removed.quot;i)
Bowestaande sitaat is so uitvoerig gegee omdat dit kommentaar
bevat op 'n periode van onderwys wat behandel is in Hoofstuk IV
van hierdie werk, en tegelykertyd laat sien hoe, waarskynlik onder
die drang van die nasionale oplewing onder die Afrikaners, 'n beter
opvatting van die taalkwessie op skool in ofiisiële kringe aan die
deurkom was. Die vraag in hoe ver in die praktyk gevolg gegee
is aan die aanbevelings van die kommissie, val buite die bestek
van hierdie boek.
1) Report of a Commission appointed . . . to enquire into and
report upon the Working of the Education Acts in Force in this
Colony, iSyg, par. 17.
HOOFSTUK V
Die Begin van die Afrikaanse Taalbeweging
HOOFSTUK v
Die Begin van die Afrikaanse Taalbeweging
A. voorgeskiedenis
Houding teenoor Afrikaans.
Reeds lank voor die Kaap in Engelse hande oorgegaan
het, was die spreektaal van die Kaapse koloniste nie meer
Hollands nie, maar Afrikaans. Meer as gemeensame om-
gangstaal was Afrikaans egter nie. Hollands was die taal
van die regering, die kerk en die skool; Afrikaans is beskou
as 'n laer, verbasterde vorm daarvan, 'n dialek, geskik om
te gebruik teenoor slawe en Hottentotte en in die alledaagse
omgang met mekaar, maar verder seker nie. By alle open-
bare geleenthede, in alle gevalle waar die spreker enigsins
formeel, deftig of plegtig wou wees, het hy van Hollands
gebruik gemaak of sy Afrikaans so na aan Hollands gebring
as wat hy by magte was. Wie gelees het, het Hollands
gelees; wie geskryf het, het Hollands geskryf of probeer
skrywe. Alle Afrikaners het dan ook Hollands as hul eintlike
moedertaal beskou; Afrikaans was net maar 'n ,,verkeerdequot;
vorm daarvan, sonder verlede en sonder toekoms.
Op die platteland, waar die boerseuns en -dogters selde
meer as 'n jaar skool gehad het, was die kennis van Hollands
maar gering; in Kaapstad was dit lank anders gesteld. Daar
het 'n belangrike deel van die bevolking gedurende die hele
Hollandse bewind, en ook nog daarna, in noue aanraking
met gebore Hollanders gekom; daar het die meeste Afrikaners
hul gevestig wat hul opleiding oorsee gehad het en Hollands
gemaklik kon praat en skrywe; daar was 'n bloeiende
Nederduitse Gereformeerde kerk met drie Hollandssprekende
predikante; daar was tot diep in die neentiende eeu goeie
geleentheid om die Hollandse taal op skool te leer; en les
bes, van kort na die verkryging van persvryheid was
Kaapstad gereeld goed voorsien van Hollandse koerante en
tydskrifte, terwyl die Hollandse toneel aan die Kaap, wat
sy bloeitydperk tussen die jare 1822 en 1855 beleef het.
ook heelwat daartoe bygedra het om die kennis van die
Hollandse taal in stand te hou. Die mense in Kaapstad
wat glad geen Hollands geken het nie, was die geheel
onontwikkelde blankes en die gekleurde bevolking. Afrikaans
is daar dus by uitstek as die taal van die laer klasse van
die maatskappy beskou. Dit is geen wonder nie dat
Changuion in 1844 kon verkondig dat „de platte Kaapsche
spraak ... in hare zuiverheid alleen door Hottentotten en
ander gepeupel gesproken wordtquot;, en dat hy kon leer dat
konstruksies soos ek is, ons het e.a. as veragtelike Hotten-
totismes moet vermy word.') Reeds voor 1850 was
Hottentotstaal dan ook een van die geliefkoosde skeldname
vir Afrikaans. 2)
Vroegste geskrifte in Afrikaans.
Geheel in ooreenstemming met hierdie opvatting is dit
dat die eerste Afrikaans wat in geskrifte aangetref word
die weergawe van die taal van Hottentotte is Dit is dié
geval in die samespraak in De Zuid-Afrikaan van 6 Augustus
1830, waarin die Hottentot Hendrik Kok Afrikaans praat •
m die eerste Afrikaanse briefie in dieselfde koerant uitgawe
van 30 Augustus 1830, wat sogenaamd geskrywe is'deur die
Hottentot Adam Slokker aan sy oom Kievedo (Cupido)'
in die hekelspel van Boniface, De Temper antisten van 1832
waarin al die Hottentotte Afrikaans praat; en in die bekendé
hedjie van die Hottentotmeid Kaatje Kekkelbek, wat op
20 Augustus 1846 in Sam Sly's African Journal verskyn
het.») Blankes word nie voorgestel as Afrikaanssprekend of
o'L'^Sinbsp;Taal in Zuid-Afrika Hersteld (2de druk
bb Vnbsp;'^^^''^gter. Proeve van Kaapsch Taaleigen',
Sien Maria Stucki: Reis naar en Verblijf aan de Kaap en te
Natal, gedurende het jaar 184.6 en 184.7, bis. 96
3) Vir die twee stukke in die Zuid-Afrikaan, wat feitlik seker
albei van die hand van Boniface is, vgl. Die Huisgenoot van
8 Mrt. 1935 en Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, jg. XIII, afl 3
(Mei 1935), bis. 322 vlgg. Die Afrikaanse dialoog in De Temte-
rantisten is deur dr. J. L. M. Franken afgedruk in sy studie
Uit die Lewe van Charles Etienne Boniface [Annale van die Univer-
siteit van Stellenbosch, Apr. 1937), blss. 36—50. Die half
Afrikaanse, half Engelse lied van Kaatje Kekkelbek, gemaak deur
die here Rex en Bain, is herdruk in Laidler: Annals of the Cape
Stage, blss. 41—4, en dr. F. C. L. Bosman; Drama en Toneel in
Afrikaansskrywend nie. Waar dit 'n heel enkele keer wel
gedoen word, soos in twee briewe in De Zuid-Afrikaan van
17 Desember 1830 en 12 Augustus 1831, is die korrespondente
eenvoudige mense van die platteland, of doen hul hul as
sodanig voor.quot;)
Louis Henri Meurant.
Die eerste persoon na die verhollandste Fransman Charles
Etienne Boniface wat heelwat gebruik van Afrikaans in sy
geskrifte gemaak het, was Louis Henri Meurant. Meurant
se vader was 'n Frans-Switser, sy moeder 'n Engelse vrou
uit Londen; hyself is egter gebore aan die Kaap, het groot-
geword by 'n Afrikaanse familie in die stad en is later met
'n dogter van sy pleegouers getroud. Van 1844 tot 1850
was hy eienaar, uitgewer en redakteur van 'n Hollandse
koerant in Grahamstad, Het Kaapsche Grensblad. Daarin
het hy van tyd tot tyd, onder verskillende skuilname, 'n
hele aantal briewe in Afrikaans gepubliseer. Sy bedoéhng
daarmee was in die eerste plaas om die laglus op te wek
van sy weinig ontwikkelde lesers en daardeur sy blad populêr
te maak. Dit was egter nie al nie. Meurant het wel deeglik
mgesien dat die grensboere die Afrikaans veel makhker sal
verstaan as die deftige Nederlands, en hy het meer as eens
ook ernstige sake in sy briewe behandel, al het hy selde die
speelse toon heeltemal laat vaar. As Meurant nie so rusteloos
van aard was en hom so moeilik lank by een ding bepaal
het nie, is dit nie ondenkbaar dat hy uiteindelik sy blad
oorwegend Afrikaans sou gemaak het nie. Hy het 'n oop
oog vir die werklikheid gehad en was in vele opsigte 'n
hervormer en vernuwer, en hy sou hom seker nie laat terug-
hou het deur die oorweging dat Hollands die tradisionele
skryftaal van die Afrikaners was nie. Aan die einde van
Suid-Afrika, bylae X, blss. 541—3- Die bekende samesprakie van
Teenstra uit 1825 (Vrughten mijner Werkzaamheden gedurende mijne
Reize over de Kaap de Goede Hoop naar Java, ens., dl. I, bis. 361
vlgg.), waaroor Franken in Die Huisgenoot van i Jul. 1927 geskrywe
het en waarvan 'n afdruk te vind is in Drama en Toneel, bylae IX,
blss- 539—^40, word hier buite beskouing gelaat, omdat dit nie vir
Afrikaanse lesers geskrywe is nie.
quot;) Sien Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, jg. XIII, afl. 3 (Mei
1935). bis. 322 vlgg.
N
-ocr page 230-1850 het Meurant egter sy blad verkoop, en sy vroeë
bedrywigheid as skrywer van Afrikaans het sonder onmiddel-
hke gevolge gebly.=)
„Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en
Jan Twijfelaar.quot;
In 1859 is Meurant tot Resident-Magistraat en Siviele
Kommissaris in Cradock benoem. Dit was juis in die tyd
toe die afskeidingsbeweging in die Oostelike Provinsie weer
in krag begin toeneem het. Meurant was 'n vurige voor-
stander van afskeiding, en hy het 'n plan beraam om die
Afrikaanssprekende boere, wat grotendeels teen afskeiding
was, na sy kant toe oor te haal. Hy het hom ongetwyfeld
herinner met hoeveel genoeë die Afrikaanse briewe in Het
Kaapsche Grensblad 'n tien tot sestien jaar gelede gelees
is, en hy het ingesien dat as hy die boerebevolking wil
bereik, hy dit op die doeltreffendste manier kon doen deur
vir hulle te skrywe in 'n taal wat hul maklik kan verstaan,
naamlik die taal wat hul self praat, Afrikaans. Hy het die
Afrikaanse boere leer ken as eenvoudige, trouhartige en
goedmoedige mense wat van 'n grappie hou, en sy pleidooi
vir afskeiding het hy geskryf in die vorm van 'n geestige
dialoog wat vroeg in Desember i860 in die Hollandse
byvoegsel van The Cradock News onder die hoof ,,Zamen-
spraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaarquot; begin
verskyn het.
Die samespraak was knap geskryf en het onmiddelhk
mgeslaan. „Our esteemed friends ,Jan Twijfelaar' and
,Klaas Waarzegger',quot; skryf die Cradock News op 18
Desember i860, nadat die eerste twee aflewerings van die
dialoog verskyn het, „will be glad to learn that their
,Zamenspraak' has attracted very great attention, and is
much admired everywhere. We printed 1500 copies, at
their request, every one of which is gone; and by the last
post we received applications for additional copies from every
direction, one order alone being for 300 copies, so that we
shall be obliged to print a second edition of 1500. This
«) Oor Meurant en sy Afrikaanse geskrifte in Het Kaapsche
Grensblad sien Tydskrif vir Wetenskap en Kuns jg. XII afl 4
(Julie 1934), blss. 164—185.nbsp;' • t
we believe to be the largest circulation ever attained by
any Colonial Newspaper.quot;®) Die redakteur deel nog mee
dat „Klaas Waarzeggerquot; sy samespraak voortgesit het en
dat hy waarskynhk binnekort deel 3 en 4 sal stuur. „We
shall see when he returns from his trip to Colesberg, and
when ,Het Cradocksch Nieuwsblad' makes its appearance.quot;
,,Het Cradocksche Nieuwsblad.quot;
Die samespraak het inderdaad soveel sukses gehad dat
die uitgewers van The Cradock News hul daardeur aan-
gemoedig gevoel het om 'n aparte Hollandse blad op te rig,
wat onder die naam Het Cradocksche Nieuwsblad sou ver-
skyn. ,,The Proprietors are happy to state,quot; lui die kennis-
gewing van die voorneme in die Cradock News van 18
Desember, ,,that Messrs ,Jan Twijfelaar' and ,Klaas Waar-
zegger' have tendered their names as subscribers, and have
promised to contribute to the matter of the , Cradocksche
Nieuwsblad'.quot;
Die uitgewers het geen gras onder hul voete laat groei
nie, en op 8 Januarie 1861 deel hul mee dat die eerste
nommer van die Hollandse blad op Saterdag, 12 Januarie,
sal verskyn. Die uiteensetting van die doel wat die uitgewers
met die blad voor oë het, heel waarskynlik deur Meurant
geskryf, is van aansienhke belang. ,,The Dutch population
of the Eastern Province,quot; lui dit, ,,are said not to be a
reading people. We do not believe it; at all events the
immense circulation acquired by the simple Dialogue of
,Klaas Waarzegger', which was recently issued from this
office, flatly contradicts such an opinion. Our recent trip
to Colesberg has convinced us that the Dutch Boers are
a reading people, provided what they are expected to read
is prepared for them in a simple, agreeable, and understand-
able style. Not a Dutch farm house did we enter, scarcely
a Boer did we meet, residing between this village and
Colesberg, but who had seen, read, and digested the
Dialogue, and some actually repeated the whole thing by
heart, without an error.quot;
Dit is nie onwaarskynlik dat die Hollandse byvoegsel van die
Cradock News waarin die eerste dele van die ,,Zamenspraakquot;
verskyn het, kosteloos as propagandamiddel vir afskeiding onder
die boere van die Oostelike Provinsie versprei is nie.
Die skrywer maak nog enkele opmerkinge oor die same-
spraak en die styl waarin dit geskiywe is, en vervolg dan:
,,This is the style in which we intend speaking to our Dutch
fellow-colonists through the columns of Het Cradocksche
Nieuwsblad. We shall not attempt fine writing, — nor
indulge in flights of imagination,—nor use high-flown
language, which not one in twenty of our Dutch readers
will be able to understand. Our Blad will be a paper for
the Dutch Boer. We won't care one dump what our Dutch
or other contemporaries say regarding our orthography,
syntax, or prosody — nor whether we occasionally indulge
—nbsp;as whim, caprice, or circumstances move us — in ,low
vernacular', or good Dutch, both of which we profess to
understand. Our object is to do good, and we must be
allowed to go about it after our own fashion, and to use
the tools which we consider most suitable .... Our
contemporaries must not, therefore, be startled if we some-
times treat them to what is usually termed a leading article,
written in the ,lowest vernacular', or the real South African
patois.quot;
Meurant was van plan om die eenvoudige, konserwatiewe
boere deur middel van die nuwe Hollandse blad op te voed
en te moderniseer. „We intend pointing out to them in
our ,low vernacular',quot; skryf hy, „the advantage of getting
14 per ct. per annum for their money by purchasing shares
in the ,Cradock Union' and other Banks, instead of locking
up the money in the ,wage-kist' with a lot of ,pryntjes'_
torn off Hoyle's prints —stuck in the inside of the lid; —the
benefits arising from Agricultural Societies —planting trees
—nbsp;making Dams,—buying Cawood's American pumps,
sticking them into ,Zeekoegats' on the banks of rivers, and
thus irrigating hundreds of acres of land, and bringing down
the price of oat-hay, (so that we may occasionally have
a ride) —and ,wegetables'— (which we can't now afford
to buy, and only smell at); —the pleasure and comfort which
they will be sure to derive by improving their homesteads,
—nbsp;having a nice little flower-garden, railed off with the staves
of .Pyramid' Ale barrels, and a ,cozy' little pariour, with
a carpet, in which they may occasionally treat their friends
to a ,kruije-soopie',—and which in time may break them
off the nasty habit of spitting tobacco juice on the floor,
or against the sides of the pew in church .... All this quot;
^ hy ten slotte, ,,will have to be done in ,low vernacular'
I^tch, m our own quaint style, but provided it be done
effectually, and do good, what's the odds? And if we can
induce the Dutch Boer, after counting his sheep in the
evening, to collect his family round the table, and read to
them out of our blad about all the things we have named
instead of going to roost like Cochin-Chinas at dusk, will
that not be doing good?quot;
Die ..Zamenspraakquot; in boekvorm.
Op 12 Januarie 1861 het die Cradocksche Nieuwsblad toe
begin verskyn, en daarin het die orige vier afleweringe van
die samespraak van Klaas Waarzegger die lig gesien. Daarby
sou dit egter nie bly nie. Op 2 Maart maak die uitgewers
bekend dat hul ,,op byzonder verzoek begonnen zyn met
het drukken, in één Boek, der Zamenspraak tusschen Klaas
Waarzegger en Jan Twyfelaar, met eenige verbeteringen,
veranderingen, en byvoegingen,quot; en op 6 April daaraan-
volgende het die allereerste Afrikaanse boekie van die pers
gekom: Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan
Twyfelaar, over het onderwerp van Afscheiding tusschen de
Oostelyke en Westelyke Provincie. Dit het 75 bladsye
beslaan, met die titel en die voorwoord nog in Nederlands.')
Briewe van Klaas Waarzegger.
Afgesien van die samesprake tussen Klaas Waarzegger
en Jan Twyfelaar het daar nog heelwat Afrikaans in Het
Cradocksche Nieuwsblad verskyn, onder andere ook 'n lang
,,Nieuwe Afscheidings Lied genaamd Theunis Ezelsvleyquot;,
gemaak na die model van ,,Kaatje Kekkelbekquot;. Van groot
betekenis is egter veral die lang reeks briewe wat in die
Nieuwsblad verskyn het nadat die samesprake in boekvorm
uitgegee was. Die samesprake het naamlik gêëindig met
die mededeling: ,,Klaas had eerst aan zyn oom Jan belooft
dat hy na de Kaapstad zal gaan, als Afgezant van de Boere,
om hen ware rapporten te zenden, van al dat in het Pariement
gezegt en gedaan wordtquot;, en in die genoemde briewe kry
ons die vervulhng van Klaas se belofte.
') Vandag is van hierdie boekie nog slegs twee eksemplare bekend
albei m die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek in Kaapstad.
Van II Mei tot 20 Julie het daar byna weekhks lang briewe,
soms van vier kolom, in Het Cradocksche Nieuwsblad ver-
skyn, geskrywe deur Klaas Waarzegger aan oom Jan
Twyfelaar. Meer nog as in die bekende samesprake toon
Meurant hom hier 'n lewendige en gemaklike skrywer van
Afrikaans wat weet hoe om sy lesers te boei.
Laaste Afrikaanse geskrifte van Meurant.
Die afskeidingsgesindes het dit in die Parlement verloor,
en Meurant het na afloop van die dramatiese sitting van
1861 met sy propaganda vir die afskeidingsbeweging onder
die Afrikaanssprekendes van die Oostelike Provinsie uitgeskei.
Op 27 Julie 1861 verskyn nog 'n brief in die Nieuwsblad
van Jan Twyfelaar om sy neef Klaas Waarzegger te bedank
vir al sy briewe, maar dan is dit uit. Langer as tot die
end van die jaar het die Hollandse blad blykbaar ook nie
geleef nie.quot;) Alleen in die Cradock and Tarkastad Register
(die voortsetting van The Cradock News) van 25 September
1863 het daar nog 'n drie-kolom-lange ,,Memorie van Klaas
Waarzegger en al de Doppers aan hunne geliefde en geëer-
biedigde Landsmoeder en Tante Victoriaquot; in Afrikaans ver-
skyn na aanleiding van die afskeidingskwessie en die sitting
van die Parlement op Grahamstad die volgende jaar.
Meurant se houding teenoor Afrikaans.
In byna al die Afrikaanse geskrifte van sy Cradockse
periode het Meurant van Afrikaans gebruik gemaak as middel
om 'n doel te bereik wat nie in belang van die sprekers
van die taal was nie, naamlik afskeiding van hul volksgenote
in die Weste. Hy het die saak egter miskien nie van dié
kant beskou nie, en hy het ook graag gesien dat Afrikaans
sou gebruik word in gevalle waar daar van selfsugtige oog-
merke geen sprake kon wees nie. Dit het reeds geblyk
uit sy uiteensetting van die doel van Het Cradocksche
Nieuwsblad en kom ook duidelik uit in wat hy in 'n ander
verband sê.
In 'n hoofartikel oor 'n aanstaande tentoonstelling van
Dit was nie moontlik om alles noukeurig na te gaan nie, omdat
Het Cradocksche Nieuwsblad in die Kaapstadse Openbare Biblioteek
ongelukkig nie volledig is nie.
die Landbougenootskap in Colesberg het die plaashke blad,
The Colesberg Advertiser, onder andere aan die hand gegee
dat 'n prys moet uitgeloof word vir die beste geskrif oor
landbou-aangeleenthede. Dit juig die Nieuwsblad van 9
Maart 1861 toe; maar met die voorwaarde dat die geskrif
in „zuiver Hollandschquot; moet gestel word, gaan dit nie saam
nie: ,,Zou de Editeur zoo goed willen zyn ons in zyn
aanstaande blad te zeggen hoe vele ingezetenen er in het
distrikt Colesberg zyn (Hollanders uitgesloten) die de
Hollandsche taalkunst verstaan, of die het onderscheid weten
tusschen mannelyk, vrouwelyk, en onzydig? Zyn er zes,
of drie, in het geheel distrikt? Men zegt dat .Klaas Waar-
zegger' Hottentots taal schryft. Nu zouden wy gaarne eene
weddenschap willen maken, beginnende met den Honorabelen
Von Maltitz,—dat er even veel taalfouten van die heertjes
zullen gevonden worden als in het plat-hollandsch van Klaas
Waarzegger .... Onze vriend Klaas Waarzegger heeft,
naar ons gevoelen, het beste plan genomen op eene duidelyke,
eenvoudige, en voor den grensboer verstaanbare wyze te
schryven, niet in zuiver, maar wel in hun eigen alledaagsche
plat-Hollandsch, en waardoor het oogmerk beter bereikt
wordt. Eene zamenspraak over de voordeelen van den
landbouw, door een bekwaam man, die de zaak goed ver-
staat, geschreven, zou den buitenman veel kenn-s, en ook
profyt, toebrengen.quot;
Onverstaanbare Hollands.
Meurant was nie die enigste wat reeds lank voor die begin
van die Afrikaanse Taalbeweging in die Boland die mening
toegedaan was dat in die belang van die boerebevolking die
deftige Hollands deur Afrikaans moes vervang word nie.
Na aanleiding van 'n siegte Hollandse vertaling van 'n
Engelse staatsdokument, deur The Graaff-Reinet Courant
oorgeneem uit die Gouvernements Courant, skrywe „Trap
der Jeugdquot; in eersgenoemde blad van 28 Mei 1853: ,,Geef
ons eene vertaling in ons gewoon ,Kaapsch Hollandsch', en
schiyf altoos in dien styl, zoo dat wy kunnen verstaan wat
ons voorgelegd word.quot;
Nog minder as suiwer Nederlands kon die boerebevolking
van die OosteHke Provinsie, wat volgens die telkens herhaalde
getuienis van Meurant gretig genoeg was om te lees, die
geradbraakte taal verstaan wat hul meermale in hul koerante
voorgelê is. Dit was ongetwyfeld dikwels moeihk om persone
met voldoende kennis van Hollands te kry vir die talryke
plattelandse koerantjies wat veral na 1850 oor die hele
Kolonie opgerig is, en meer as eens was die Hollands inder-
daad erbarmelik. Hoe ellendig die taal soms was, blyk
uit die volgende aanhef van die Hollandse hoofartikel in
The Cradock News van 23 Februarie 1858: ,,De oceaan
der regeer kunst van het Oostelyke Provincie des tegen-
woordigen tydstips biedt een vertroustend verschyning aan.
groote opligtingen van dit ocean, zullen, wy vertrouwen,
niet geheel wezen zonder uitwerkselen in het aanstaande
vergadering des Parlements.quot; Dit is wel 'n kwaai staaltjie,
maar dit is tog vreemd dat nie meer mense onder die omstan-
dighede na Afrikaans gegiyp het nie.
Meurant se stukke oorgeneem in Kaapstadse koerante.
Spos ons reeds gesien het, het Meurant met sy joemalistieke
arbeid uitgeskei, en die Cradockse „Afrikaanse Taal-
bewe^ng het 'n vroegtydige dood gesterwe. As nou die
geskrifte van Meurant en sy navolgers nie buite die Oostelike
Provinsie bekend geraak het nie, sou ons hulle vandag nog
as baie interessante kuriositeite beskou het, maar nie van
besondere belang in die voorgeskiedenis van die beweging
om Afrikaans tot skryftaal te verhef nie. Die geskrifte van
Meurant hét egter bekend geraak, en dit in nie geringe mate
me. Het Volksblad in Kaapstad het dadelik die samesprake
in sy kolomme begin oordruk, en daarna ook die briewe
van Klaas Waarzegger aan Jan Twyfelaar toe hul in Mei
1861 begin verskyn. Ook De Zuid-Afrikaan het die briewe
oorgeneem. Behalwe Het Volksblad en De Zuid-Afrikaan
het ook ander Hollandse of tweetahge blaaie in en selfs
buite die Kolonie stukke uit Het Cradocksche Nieuwsblad
oorgedruk, en die samesprake het selfs die eer te beurt geval
om in die debatte in die Parlement genoem te word, soos
in een van die briewe van Klaas Waarzegger, d.d. 18 Tunie
1861, te lese staan.®)
9) Sien oolc 'n artikel in The Cape Monthly Magazine van Mrt
1861, bis. 131, waarin die geskiedenis van die samespraak aangehaal
word.as bewys dat die boerebevolking aan die lees gebring kan
word as hul maar net van die regte soort leesstof voorsien word
Afrikaans in „De Zuid-Afrikaanquot; en ,,Het Volksbladquot;.
Nâ die paar stukkies Afrikaans wat in 1830—1831 in De
Zuid-Afrikaan voorgekom fiet en waarvan aan die begin van
fiierdie hoofstuk melding gemaak is, het byna dertig jaar
verloop sonder dat daar iets in Afrikaans in die Hollandse
blaaie in Kaapstad verskyn het. Voordat die geskrifte van
Meurant die aandag begin trek het, het net een Afrikaanse
briefie in De Zuid-Afrikaan sy verskyning gemaak, in die
uitgawe van 8 April 1858, opvallenderwyse weer sogenaamd
deur 'n bruine geskrywe. Die bekendwording van die same-
sprake en briewe van Klaas Waarzegger het 'n hele omkeer
in die toestand van sake gebring. Van nou af verskyn daar
sonder onderbreking talryke Afrikaanse briewe en samesprake
in die koerante, veral in Het Volksblad, maar ook in De
Zuid-Afrikaan en ander blaaie. Tussen 1861 en 1869 het
ek in by die drie honderd nommers van verskillende koerante
stukke in Afrikaans aangetref. Klaas Waarzeggers en Jan
Twyfelaars skrywe nou uit alle dele van die land; sommige
korrespondente onderteken hul stukke Gert of Piet Waar-
zegger, maar verreweg die meeste kies nuwe, meestal grappige
skuilname. 'n Enkele keer sê 'n korrespondent uitdruklik
dat hy aangemoedig is om te skrywe deur die stukke van
Klaas Waarzegger. Baie van die Afrikaanse briewe en same-
sprake is taamlik souteloos, maar glad nie almal is net
maar vir die grap geskrywe nie. In De Zuid-Afrikaan van
28 April, 23 Junie, 4 Augustus, 3 Oktober, 17 November,
I Desember 1864 en 12 Januarie 1865 verskyn by voorbeeld
'n reeks lang, uitstekend gestelde briewe van Jantje
Eenvoudig na aanleiding van die Kerkstryd. Dit is myns
insiens nie onwaarskynhk dat Jantje Eenvoudig, 'n vurige
hberaalgesinde wat volkome op hoogte van sake skyn te
wees, niemand minder as Thomas François Burgers self is
nie.'quot;)
1°) Burgers het 'n ope oor vir die volkstaal gehad, soos blyk
uit die Afrikaanse uitdrukkings en dialoog in sy sketse Tooneelen
uit ons Dorp, wat tussen 1866 en 1868 verskyn het; en dat hy
die groot rol wat Afrikaans nog eenmaal in die land sou speel,
vropgtydig ingesien het, weet ons uit die bekende lesing van dr.
Brill, in Mei 1875 in Bloemfontein gehou. Volgens dr. Brill het
Burgers naamlik eenkeer in sy bysyn die voorspelling gedoen dat
die toekomstige landstaal van Suid-Afrika nèg Hollands nóg Engels,
Navolging van Meurant buite die Kolonie.
Dis nie alleen in die Kolonie dat die Afrikaanse geskrifte
van Meurant navolging gevind het nie. In Bloemfontein
het The Friend of the Free State van die briewe van Klaas
Waarzegger aan Jan Twyfelaar oorgeneem, en gou het die
Vrystaters self in Afrikaans begin skrywe. „Ik was altyd
bang gewees om in de krant te schryf,quot; laat P. Cxedult
in The Friend van 9 Augustus 1861 van hom hoor, ,,maar
nou dat ik gezien het, dat Klaas Waarzegger ook in de krant
schryf, wil ik tog ook perbeer om de mense te laat hoor,
hoe dat het hier in ons arme verlate dorp Harriesmit gaat.quot;
Hoe bekend die stukke van Klaas Waarzegger geword het,
blyk verder uit 'n brief in die Friend van 30 Augustus 1861,
waann Klaass Waarzegger Klaass Zoon als volg aan Klaass
Waarzegger de Oude skrywe: „Alle mense, vaayer, wie
het ooit kan denk dat vaayer ooit zo een groote man zou
worde, van zo veel belang in de wereld, vaayer zyn naam
is in alle mensche zyn mond, groot en klein; wie is toch
wezenlyk die Klaass Waarzegger, word aan alle kanten
gevraagd. Mense die nooit van een krant geweet het nie
teken nou in; die te zuinig is voor hulle geit, ry 3 tot 5 uur
te paard om de krant te hoor lees waarin staat van
vaayer ... En vaayer, myn brief ook in de ,Vriend'
het baanje opheft gemaak, en veel menschen zeg hulle wil
voor die krant teken, oom Dantje ook.quot; Meer nog kom
die gewildheid van Klaas Waarzegger se geskrifte uit in die
volgende mededeling van 'n korrespondent in die uitgawe
van 14 Februarie 1862: ,,Met myn reis vraag de mensche
veel waarom schryf Klaas Waarzegger niet meer, is hy dood?
Ik geloof waariyk als K. W. zou een Courant laten druk
onder de titel Klaas Waarzeggers Courant, dan zou veel
mense inteekenen. De mense zeg van dat K. W. schryf is het
plezierig om de Vriend te leesen.quot;
maar Afrikaans sal wees. — Die lesing van dr. Brill is afgedruk in
die Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging ver Vrind en
Vyand uit Publieke en Private Bronne, bewerk deur 'n Lid van die
Genootskap van Regte Afrikaners [ds. S. J. du Toit], 1880, blss.
28—39. Oor die Tooneelen uit ons Dorp sien dr. Elizabeth Conradie:
Hollandse Skrywers uit Suid-Afrika, dl. I, bis. 316 vlgg.
Net soos in die Kaapse blaaie het baie korrespondente
van die skuilnaam Klaas Waarzegger gebruik gemaak. Of
Meurant ooit self vir The Friend geskry,we het, is nie met
sekerheid uit te maak nie, hoewel dit nie onmoonthk is nie,
want hy was bekend met die Vrystaat. Hoe dit sy, op
i8 Maart 1864 skryf Klaas Waarzegger Kzoon: ,,Vaayer
will my nie meer schryf nie in de kourant, de ouw is zekere
kwaad om dat Jan Rap en zyn maat almaal in de kourant
schiyf onder Vaayers zyn naam, en allerhande Ellendige
Bog, en daarom het de ouw Dopper opgehouwquot;; en op
2 Februarie 1866 verskyn 'n brief aan die redakteur: ,,Ieder
een schrijf in u krant onder mijn naam. Klaas Waarzegger,
en partykeer zo regt dom dat ik mij schaam. Zeg als u
blief hulle moet uitschij of de drommel zal hulle haal. Als
hulle wil schrijf, laat hulle het dan onder hulle eigen naam
doen, maar niet onder de naamteken van Klaas, De Ware
Jakob.quot;
Die korrespondent wat die meeste van hom laat hoor het
in die Friend was die bogenoemde Klaass Waarzegger K. Zn.,
wat sowel deur die ongewone anglisistiese wendinge in sy
briewe as deur sy fel vyandige gesindheid teenoor die boere-
party, hom makhk as 'n Engelsman laat uitken. ,,Klaas
Waarzegger,quot; voeg 'n korrespondent uit die ou Kolonie hom
in die Friend van 20 September 1861 toe, ,,uwe spraak is
een Dopper, maar uwe inhoudt is lunsriem.quot; The Friend
was deur en deur sterk Engelsgesind en teen die republiek,
en die boereparty het behoefte aan 'n eie Hollandse blad
gevoel. Eind Oktober 1862 is De Tijd toe opgerig om die
invloed van The Friend teë te werk. In verband hiermee
deel die heer A. Z. Eloff in Die Huisgenoot van 10 Desember
1937 'n baie interessante feit mee. ,,Mr. C. E. Fichardt
and some of the original shareholders,quot; haal hy aan uit
The Friend (ongelukkig sonder opgawe van datum), ,,would
in the beginning have made it an Afrikander paper and
conducted it in Cape Dutch in the , Klaas Waarzegger' Style,
but this idea or suggestion was overruled by Mr. Hamelberg
and others who were determined to make it the organ of
the Hollander party.quot; Hamelberg en sy party was egter
glad nie teen Afrikaans gekant waar dit as propagandamiddel
gebruik kon word nie, en hy was een van die eerste om
stukke m Afrikaans vir De Tijd te skiywe.'i)
Dit val nie binne die bestek van hierdie werk om die
geskiedenis van die skriftelike gebruik van Afrikaans in die
Vrystaat (en ook in die Transvaal, waar vanaf 1866 in die
Transvaal Argus, Potchefstroom, stukke in Afrikaans ver-
skyn het) te gee nie.'^) Die doel van die voorgaande para-
grawe was alleen maar om nog duideliker in die lig te stel
hoe wyd die invloed van Meurant se geskrifte gestrek het
en hoe gretig Afrikaans deur die hele land gelees is.
Verskyning van 'n bundel godsdienstige versies in
Afrikaans.
Dit is opmerklik dat die rymlus wat die skrywers van
Afnkaans later so beetgepak het, voor 1870 feitlik glad nie
waar te neeni is nie. Klaas Waarzegger het samesprake
en bnewe geskrywe, en dit doen sy navolgers ook. Daarom
. u te merkwaardiger dat daar teen die einde van
n^f V^'nl^lff-nbsp;g^diggies by die uitgewers van
Het Volksblad m Kaapstad die lig gesien het. „Een bundel
Gedichtjes in echt boeren-Kaapsch, en ook door een
Kaapschen boer geschreven,quot; lees ons in Het Volksblad
van 2 November 1861 „is onlangs bij de uitgevers van dit
blad gedrukt, doch alleen voor de kinderen en vrienden
van den dichter. Zij zijn eenvoudig, hartelijk en in gods-
diens igen toon geschreven, en daar het rijm en de versificatie
geheel naar den Kaapschen tongval ingerigt is, kan men
zeggen dat zij evenzeer voor de eerste dichtwerken in het
Kaapsch kunnen gelden, als de gesprekken van Klaas
Waarzegger voor de eerste Kaapsche proza; want de geestige
geschriften van den heer Boniface waren slechts gedeeltelijk
m den echt Kaapschen tongval geschreven.quot; Ongelukkig
is geen enkele eksemplaar van hierdie eerste Afrikaanse vers-
bundeltjie bekend nie, sodat ons verder niks daaromtrent
vl^i^'T^^-nbsp;Oranje-
Vrystaat, blss. 150-1, waar 'n Afrikaanse brief van Hamelbere
quot;nbsp;aanstaande presidentsverkiesing afgedruk staan
Vir Afrikaanse geskrifte in die Vrystaatse koerante kan verwvs
hi^'vyttt'^'®,,,'^quot;'''^nbsp;Nienaber in De Nieuwe Taal^s
3 Desember 1937 en volgende nommers.
-ocr page 241-weet me; maar die feit dat dit juis in 1861 verskyn liet, is
weer 'n bewys van die belangstelling in Afrikaans wat die
geskrifte van Meurant by baie mense gewek het.quot;)
Samuel Zwaartman. Sy invloed.
In 1870 het die geskiyf in Afrikaans weer 'n nuwe stoot
gekry deur die optrede van Samuel Zwaartman, wie se
„boerebriewe ' uit Fraserburg op 13 Januarie van daardie
jaar m Het Volksblad begin verskyn het.'quot;) Tot op 4
Augustus het Samuel gereeld elke week 'n lang brief in
die koerant geplaas, en in sekere kringe het hy nog byna
groter populariteit as Klaas Waarzegger verwerf, 'n Stort-
vloed Afrikaanse geskrifte word nou weer na die pers gestuur
„De producten van Sam. Zwaartman,quot; merk Het Volksblad
in sy uitgawe van 18 Junie op, schijnen een verschrikkelijken
schrijflust m het Boerenhollandsch te hebben in het leven
geroepen. Onze lessenaar is opgestapeld met brieven gerigt
aan ,Menneer Krantmaker,' en ware de één maar beter dan
de ander, dan ging het nog, maar de een is al slechter dan
de ander. Hier en daar komen er nog al tamelijke luimige
zetten m voor, maar over het geheel zijn zij het drukken
met waard.quot; Uit een van die ongepubliseerde briewe uit
Montagu haal die redaksie aan: „Van dat Samuel gebegin
het om te skrij in jou korant, lees mos alle mense dit, en
di's sommer pikswart gesmeer zoo's die mense dit rondstuur
Jij kan ver mij gloo dat die plat Hollans meer gelees wor
onder ons boere as die wat Sankion ver ons wil leer in zijn
boekies;quot;'®) en in die uitgawe van i September verskyn
'n brief uit Klein-Roggeveld waarin die volgende voorkom:
,,Ik het al zoo baijan in jou koerant gelees van die briewe
Op bowestaande sitaat uit die Volksblad, soos op soveel meer
in verband met die yroeë geskiedenis van Afrikaans as skryftaal,
is die eerste gewys deur prof. J. J. Smith in sy bekende artikel
,,Die Eerste Afrikaanse Geskrifte — veral voor 1875quot; in die Gedenk-
boek ter Ere van die Genootskap van Regte Afrikaners. Ek wil
die leser graag in die besonder na dié artikel verwys, aangesien hy
heelwat van die materiaal wat hier verwerk is, ook daar sal aantref
Samuel Zwaartman was 'n wetsagent met die naam van
H. W. A. Cooper — sien Die Burger van 12 Desember 1928.
's) Hier word gesinspeel op die Nederlandse taalboekies van
prof. A. N. E. Changuion, wat destyds baie op Afrikaanse skole
gebruik is.
van Neef Samuel Zwaartman. Die mense zeh hiersoe dis
al te mooi, en lag te danig daarom. Die plat Hollands gee
een mens ook moed om ook te skrij, en daarom stuur ik
ver jou een paar reeltjies uit Klein Roggeveld.quot;'«) Voort-
durend word in die korrespondensie-kolom deur die redaksie
melding gemaak van die ontvangs van briewe in Kaaps-
Hollands wat om een of ander rede nie kan geplaas word
nie.
Van i6 Maart tot 8 Junie 1871 is Samuel Zwaartman weer
preeld aan die woord in Het Volksblad. Hy skryf nou
'n elftal ,,Kaapse sketsequot;, oor die volgende onderwerpe:
Die Goewerneur, Die Uitvoerende Raad, Die Twee Huise
van die Parlement, Stemgeregtigdes, Verantwoordelike Be-
stuur, Die Vrywillige Beginsel, Koerante, Die Rondgaande
Hof en die Magistraatshof, Die Hooggeregshof, Afdelingsrade,
en tenslotte Skoolmeesters. Verskeie nuwe Zwaartmans kom
te voorskyn —Jan, Piet, Gert en Adones skryf nog fluks
as Samuel al lank die stilswye bewaar. Maar hulle het
nie Samuel se skryftalent nie. ,,Waar is oom Samuel
Zwaartman dan, dat hij nie meer skrijf nie,quot; vra iemand
in Het Volksblad van 17 Julie 1873. ,,Ik mis zijn stukkies
al te banja in jou krant. Ieder maal as ik die naam Zwaart-
man in die krant zien, dan dink ik dit is oom Samel, maar
ik is altijd teleurgestel, want neef Piet, Gert en Jan Zwaart-
man skrijf mos ook in die krant.quot; Maar Samuel het nie
meer van hom laat hoor nie.
Ve/sies van F. W. Reitz.
In 1870 het F. W. Reitz ook sy versies, merendeels
Afrikaanse bewerkings van Burns, in Het Volksblad begin
publiseer. Op 19 Julie van daardie jaar verskyn ,,Klaas
Gezwint en zijn Paertquot;, op 6 Julie 1872 ,,Gert Beijersquot;,
op 29 November 1873 ,,Die Steveltjes van Sanniequot;, op
28 Mei 1874 ,,Daantje Gousquot;, en op 4 November 1875
,,Jan Jürgensquot; (oorgeneem uit The Cape Monthly Magazine).
1®) Sommige van die Afrikaanse briefies is gewild-naïef en klaar-
blyklik deur Hollanders geskrywe. Sowel die korrespondent uit
Montagu as dié uit Klein-Roggeveld gebruik die hiperkorrekte vorm
skry, wat karakteristiek is vir die taal van Hollanders wat nie alte
veel Afrikaans ken nie.
Maar toe was die eintlike Afrikaanse taalbeweging al 'n
paar jaar aan die gang.
Betekenis van eerste geskrifte in Afrikaans.
Hoewel ons kon wys op 'n onafgebroke stroom van
Afrikaanse gesknfte in Kaapse koerante sedert die einde van
i860, sou dit seker dwaasheid wees om te beweer dat die
Afnkaanse taalbeweging reeds in daardie jaar begin het
Meurant het wel vir die gebruik van Afrikaans as skryftaal
gepleit, maar alleen uit suiwer praktiese oorweginge, terwille
van dié Afrikaners wat deur gebrek aan behoorlike opleiding
moeihkheid met Hollands gehad het. Die Afrikaanse taal
het vir hom geen nasionale betekenis gehad nie. Kon hy
die grensboere deur middel van Engels bereik het, sou hy
seker nie daaraan gedink het om na Afrikaans te gryp nie.
Buitendien het hy self gou opgehou om in Afrikaans te
skrywe, en dit het seer seker nooit by sy navolgers opgekom
dat Afrikaans ooit die plek van Hollands as skryftaal sou
kon inneem nie. Verreweg die meeste het Afrikaans geskryf
bloot uit die sug om snaaks te wees of iets ongewoons te
doen; sommige omdat hul werklik iets mee te deel gehad
het, dit nie in Hollands kon doen nie en nou deur die
voorbeeld van ander aangemoedig is om maar Afrikaans te
gebruik; enkeles omdat hul vir die oomblik Afrikaans beskou
het as die beste medium waarin hul vir 'n bepaalde saak
propaganda kon maak. 'n Duidelike uiting van liefde vir
en geloof in die Afrikaanse taal kry ons, in geskrifte altans,
nie voor 1873 nie. Toe in 1858 in die Engelse pers sulke
heftige aanvalle op die spreek- en skryftaal van die Afrikaners
gemaak is, het daar wel verset gekom teen die aanvalle
op Hollands en op ,,den zuiveren en zachtvloeijenden, doch
onregelmatigen tongval van die taal, welke in Zuid-Afrika
gesproken wordt,quot;quot;) maar van enige diepgaande belang-
Sien 'n brief van Rheno Sicamber in Het Volksblad van
13 Mei 1858. Ook op hierdie brief is reeds deur prof. Smith in
sy bogenoemde artikel gewys. — In De Zuid-Afrikaan van 20 Mei
tot i Jul. 1858 verskyn 'n reeks van vyf artikels om beweringe
omtrent Hollands en Afrikaans in The Monitor van 30 Sept. 1857 te
weerlê. In die derde artikel, dié van 3 Jun., lees ons o.a.:
,,Het Kaapsch-Nederduitsch zou een bastaard-spraak en brabbeltaal
wezen! Onkunde en domheid alleen kan het beweren. Onze
Stelling in Afrikaans was daar nog glad geen sprake nie.
Eers die nasionale ontwaking, waarvan ons die eerste duide-
like tekens rondom 1870 bespeur, het enkele Afrikaners en
Afrikaansgesinde Hollanders na die Afrikaanse taal laat gryp
as middel om die Afrikaanse volk van ondergang te red.
Die betekenis van al die geskryf in Afrikaans na 1860
mag aan die ander kant nie onderskat word nie. In 'n
sekere mate het dit die terrein vir die leiers van die Afrikaanse
taalbeweging voorberei. Meurant het die bewys gelewer dat
as 'n mens die Afrikaners op die platteland wil bereik, jy
vir hulle in Afrikaans moet skiywe; dat as 'n mens hulle
wil leer lees, jy hulle Afrikaans te lees moet gee. Hy en
sy navolgers het ongetwyfeld baie mense gewoond gemaak
aan Afrikaans in 'n geskrewe vorm, en hul het 'n medium
aan vele openbaar waardeur hul skriftehke uiting kon gee
aan wat in hul omgaan, terwyl hul vroeër stil moes bly.
Wat meer is, Meurant het deur sy geskrifte invloed uitgeoefen
op een van die manne wat 'n buitengewoon belangrike rol
in die Afrikaanse taalbeweging sou speel, soos ons nog later
sal sien.quot;)
woorden zyn en in betekenis, en in klank, en in vorm Nederduitsch
Vl(^i;end is het by uitnemendheid; welligt meer dan eenig ander
Dmtsch tongval. Geschikt voor den zang niet minder dan het
Hollandsch . . . . quot;
T^, ^nbsp;^^^nbsp;bekend geraak wie eintlik
Klaas Waarzegger was. Dr. John Muir vertel in Die Huisgenoot
van 29 Jun. 1928 dat Meurant se anonimiteit nooit goed weggesteek
was vir hulle wat hom geken het nie. Betreklik gou was dit ook
vir persone buite sy vriendekring geen geheim meer dat hy die
skrywer van die beroemde samesprake en briewe was nie. Uit 'n
hoofartikel in De Zuid-Afrikaan van 28 Aug. 1872 blyk b v
duidelik dat Jan Hofmeyr (Onse Jan) geweet het dat Klaas Waar-
zegger die skuilnaam van Meurant was. Van Onse Jan het die
heer A. C. G. Lloyd, bibliotekaris van die S.-A. Openbare Biblioteek
in Kaapstad, (volgens 'n persoonlike mededeling), die ,,geheimquot;
verneem; en hy het dit weer aan prof. J. J. Smith meegedeel. In
1920 het prof. Smith uit 'n versameling briewe van Meurant aan
Godlonton, wat deur aankoop in sy besit gekom het, ondubbelsinnige
bevestiging gekry van die mededeling van die heer Lloyd; en in
Die Huisgenoot van Jan. 1922 het hy toe die identiteit van Klaas
Waarzegger verder openbaar gemaak.
B. Die Afrikaanse Taalbeweging.
Arnoldus Pannevis.
Die man wat die eerste stoot gegee het tot die beweging
om Afrikaans tot skryftaal te verhef, was Arnoldus Pannevis,
'n Hollander wat op ii Juhe 1866 in Kaapstad geland het.
Drie eienskappe van Pannevis moet dadelik genoem word:
sy diepe godsdienstigheid, sy buitengewoon sterk ontwikkelde
nasionale gevoel en sy belangstelling in taalstudie.quot;) Hieruit
moet die rol verklaar word wat hy in die Afrikaanse taal-
beweging gespeel het.
Kort na sy aankoms het Pannevis na die Paarl gegaan
en daar in aanraking gekom met ds. G. W. A. van der
Lingen. Hy is aangestel as onderwyser aan die Gimnasium,
en tussen hom en ds. Van der Lingen het 'n innige vriendskap
ontwikkel. Op nasionale en godsdienstige gebied was dié
twee manne nou aan mekaar verwant, en dit spreek byna
vanself dat hulle baie met mekaar sou gepraat het oor taal,
nasionaliteit en godsdiens en allerlei Suid-Afrikaanse vraag-
stukke wat spesiaal daarmee in verband gestaan het.
Met sy skerp taalkundige insig het Pannevis gou raakgesien
dat_ die kloof tussen die Afrikaanse spreektaal en die Neder-
landse skryftaal vir die gemiddelde Afrikaner onoorbrugbaar
was, dat dit byna onmoontlik was om die Afrikaanse kind
deur Nederlandse medium onderwys te gee, dat Nederlands
vir die groot gros van Afrikaners selfs na 'n jaar of wat
onderwys 'n volslae onbruikbare taal gebly het, en dat
Nederlands geen kans gehad het om teen die opdringende
Engels stand te hou nie. Hy het daarby 'n ope oor gehad
vir die skoonhede van Afrikaans en het ingesien dat dit veel
beter as Nederlands kon voldoen aan die behoeftes van
die bevolking; ook het hy dadelik die dwaasheid gevoel van
die so dikwels herhaalde bewering dat Afrikaans geen taal
quot;) Dit word van Pannevis vertel dat hy reeds as sestien-jarige
seun, toe hy hoor van die gebeurtenisse in die Vrystaat tussen 1848
en 1854, plan gemaak het om na Suid-Afrika te kom. Hy kon die
gedagte nie verdra dat die Hollandse nasionaliteit daar so verdring
word nie. Sien Het Zuid-Afrikaansche Tijdschrift, Sept. 1884, blss.
127—8. —Pannevis was 'n ontwikkelde man en, volgens die
getuienis van almal wat hom geken het, 'n uitstekende kenner van
die klassieke en verskeie moderne tale.
is nie omdat dit geen grammatika het nie. Mettertyd het
hy in sy omgewing begin pleit vir die regte van Afrikaans
en het hy die oë van gebore Afrikaners oopgemaak vir die
waarde van hul eie taal.
Behoefte aan 'n Byhel in Afrikaans.
Wat Pannevis egter veral pynlik getref het, was die gedagte
dat die Nederlandse Bybel vir duisende in die land 'n half-
begrepe boek moes bly. Hoe kon onder sulke omstandighede
die Koninkryk van God op aarde na behore uitgebrei word?
Al kon blankes die Nederlandse Bybel nog op 'n manier
begryp, die tienduisende geheel ongeletterde kleurlinge het
daar seker ongeveer niks van verstaan nie. Pannevis het
die dringende noodsaaklikheid gevoel dat die Bybel vir hulle
in Afrikaans moet vertaal word, en in De Zuid-Afrikaan
van 7 September 1872 het hy onder die skuilnaam ,,Een
Vriend van het Nuttigequot; die saak bepleit. Deur Pannevis
self is 7 September 1872 later, m 'n artikel in De Hollandsche
Afrikaan van 22 Augustus 1883, as die begindatum van die
Afrikaanse taalbeweging aangegee.^quot;)
Pannevis se briewe geen pleidooi vir Afrikaans nie.
Die brief van Pannevis op sigself kan moeilik 'n pleidooi
vir Afrikaans genoem word. Die skrywer laat uit geen enkele
woord blyk dat hy anders oor die taal dink, daar anders
teenoor gesind is as sy tydgenote nie. Hy is alleen maar
bekommerd oor ,,het geestelijk heil van de gekleurde
bevolking van dit landquot;, vir wie hy 'n Bybel of Nuwe
Testament in verstaanbare taal, eenvoudige ,,Afrikaansch-
Hollandschquot;, wil hê, soos vir die bewoners van sekere
Deense Wes-Indiese eilande 'n Nuwe Testament in Neger-
Hollands vertaal is. Ook die korrespondensie wat onmiddel-
lik op Pannevis se eerste brief gevolg het, het glad nie oor
die Afrikaanse taal as sulks gegaan nie, alleen maar oor
die wenslikheid om vir die gekleurde bevolking 'n vereen-
voudigde Bybel te gee.
2») Sien dr. J. D. du Toit: Ds. S. J. du Toit in Weg en Werk,
blss. 100—loi, en daarna ook prof. J. J. Smith in Die Huisgenoot
van Nov. 1922, bis. 273.
Van Pannevis self het daar 'n tweede brief verskyn in
De Zuid-Afrikaan van 21 September, in antwoord op 'n
brief van ,,V. D. M.quot; van die 14de. Daarin praat hy onder
andere van ,,het Afrikaansch-Hollandsch dialektquot; waarin die
Bybel moet vertaal word. In die uitgawe van 28 September
betwyfel ,.Afrikanerquot; of dit wenslik is om ,,den Bijbel te
vertalen in het platte Afrikaansche dialektquot; in navolging
van die kreoolse vertahng deur Pannevis aangehaal. ,,Het
komt mij voor,quot; sê hy, ,,dat het noch wenselijk noch nuttig
zijn zou zoo ver af te dalen.quot; Daarenteen deel ,,M. D. C.quot;
op 16 Oktober mee dat hy dit goed gedag het om ooreen-
komstig die uitnodiging van ,,V. D. M.quot; ,,een klein gedeelte
uit Gods Woord in het plat Afrikaansch af te schrijven,
dat welligt binnen kort in de Kerkbode zal verschijnen.quot;
Hy het hom nie ontsien nie, vertel hy verder, ,,om tot de
laagste wijze van spreken af te dalen.quot;
Casper Peter Hoogenhout.
Tot hier toe was daar nog altyd sprake van Afrikaans as
kleurlingtaal. In De Zuid-Afrikaan van 9 November skryf
,,Een Boerenschoolmeesterquot; egter dat 'n Bybel ,,in de volks-
taal van Zuid-Afrikaquot; 'n volstrekte noodsaaklikheid is. Hy
merk op dat daar blykbaar by baie mense 'n vrees bestaan
om tot ,,Hottentotsch-Hollandsquot; af te daal; ,,maar,quot; werp
hy teë, ,,men spreekt immers ook fatsoenlijk Kaapsch \quot;
Op hierdie brief het daar geen antwoord gekom nie, en die
briefwissehng oor die Bybel in Afrikaans het skielik dood-
geloop. Vyf maande lank het daar niks oor die onderwerp
in die koerant voorgekom nie. Op 12 April 1873 verskyn
dan weer in De Zuid-Afrikaan 'n ingesonde stuk ,,Die
Bijbel in die Afirkaansquot;. Dié stuk is in 'n heeltemal ander
gees en met glad 'n ander strekking geskryf as die
bogenoemde briewe. Met die verskyning daarvan het die
stryd vir die erkenning van die regte van Afrikaans op
onmiskenbare wyse in die openbare pers begin. Die skrj'wer
van hierdie buitengewoon belangrike stuk was Casper Peter
Hoogenhout.
Hoogenhout was eweas Pannevis Hollander van geboorte.
In 1860 het hy as sewentien-jarige seun in Kaapstad aan
gekom.quot;) Hy het hier intiem bevriend geraak met Pannevis,
van w^ie hy baie geleer het en onder wie se invloed hy tot
bekering gekom het. Enkele jare voor 1870 het hy onder-
wyser geword op 'n buiteskooltjie te Groenberg, in die buurt
van WelUngton. Daar het hy hom met groot liefde aan
die opvoeding van die jeug gewy, en daar het hy ruim
geleentheid gehad om te sien hoe die jong boerseuns en
-dogters moes worstel met die vreemde Hollandse taal.
Dit lyk nie of Hoogenhout deelgeneem het aan die eerste
briefwisseling oor die vertahng van die Bybel in Afrikaans
waarvan hierbo sprake was nie — tensy hy miskien die
,,Boerenschoolmeesterquot; was wat die brief in De Zuid-
Afrikaan van 9 November geskrywe het.^^) Hoe dit sy,
hy was die persoon wat die tweede maal die korrespondensie
oor die Afrikaanse Bybel aan die gang gesit het en ook die
hoofrol daarin bly speel het. Dit het nou nie alleen oor
die Bybelvertaling gegaan nie, maar ook oor die Afrikaanse
taal. Spoedig het die saak van die vertahng van die Bybel
op die agtergrond praak en het die geskryf byna uitsluitend
oor Afrikaans en die onderwys gegaan. In alles het Hoogen-
hout met groot takt en praktiese sin die leiding gegee. Sy
beminlike karakter en sy groot hefde vir die Afrikanernasie
straal helder uit al sy geskrifte.
Hoogenhout se geloof in toekoms van Afrikaans
Sy eerste stuk oor ,,Die Bijbel in. die Afirkaansquot;, in De
Zuid-Afrikaan van 12 April 1873, is geskrywe na aanleiding
van die woorde in Hand. 8: 30: „Verstaat jij wat jij lees?quot;
,,In Afrika,quot; sê hy, ,,is banja mense wat alle dae in die
Bijbel lees, of van die Bijbel hoor, maar tog nie verstaan
me wat hulle lees of wat hulle hoor nie. En hoe kom dit?
Omdat hulle die Hollanse taal nie reg verstaan nie, daarom
dink ik dat et hoog noodig is dat ver sulke mense Afirkaans
21)nbsp;Hoogenhout is in 1843 in Amsterdam gebore; die datum van
sy koms aan die Kaap staan nie heeltemal vas nie — later as i86o
kon dit in elk geval nie gewees het nie.
22)nbsp;'n Veertig jaar later het Hoogenhout in 'n brief aan Von
Wielligh, afgedruk in Eerste Skrywers. bis. 136 vlg., vertel dat
hy op 'n keer Matt. 28 in Afrikaans vertaal en aan De Kerkbode
gestuur het. Hieruit sou mens kan aflei dat hy die skrywer van
die brief van 16 Okt. was, maar na die styl en standpunt van
die brief te oordeel lyk dit my nie waarskynlik nie.
geskrijwe wort. Ek weet daar sal banja wees wat ver mijn
sal uitlag, of met mijn sal spot, maar daaran sal ek mijn
nie steur nie, want hulle wat soo maak mot nog eers leer
om te verstaan wat hulle lees in Mare. i6: 15, 16, waar
die Heer Jesus seh dat die Evangelie an alle mense sonder
onderskijt mot gepreek wort. En as dit die geval is dan
spreek van self dat et mot gedaan wort in die taal wat
die mense die beste kan verstaan, en daar is mos geen taal
wat hulle beter kan verstaan nie as die taal wat hulle praat.quot;
Nd verwysing na enkele Bybeltekste om die waarheid van
wat hy skiywe, te staaf, gaan Hoogenhout voort: ,,Die
Bijbel is nou al in meer as 250 tale vertaal en alle en quot;alle
jaar wort die getal groter; maar om ver die Afirkaners een
Bijbel in hulle taal te skrijf daaran wort nie gedag nie en
tog is et banja nodig. Laast is daar in die koerant ower
geskrijwe, maar et skijn of daar niks van geworde is nie.quot;
Die mense maak syns insiens te veel swarigheid. Hy wys
op wat elders gedoen is om die Bybel binne die bereik van
selfs klein groepies mense te bring en vra waarom daar nog
so weinig gedoen is in ons land. ,,Jij sal miskien seh,quot;
laat hy dan volg, ,,die Engelse het oweral skole en kerke
ver die bruin mense opgerig. Maar nou vra ek weer, as
hulle dan nie eens die Hollanse taal reg kan verstaan 'nie,
hoe sal hulle dan die Engelse verstaan? Nee! daar mot
meer gedaan wort, daar mot in hulle eige taal geskrijwe
en ver hulle gepreek wort, i Cor. 14, en nie alleen ver die
bruin mense nie, maar ook ver banja blanke, want daar is
ook regte banja blanke wat die Hollanse taal nie half verstaan
nie. Ja die Hollanse taal sal naderhand heeltemaal in Afirka
gedaan raak, en die Afirkaanse sal daarvoor in die plek
kom, en das ook reg. Van die Engelse taal wil ik nie eens
praat nie, want die is soo maar klaar as een ander nasie
die Kaap neem. Nou mot een eenvoudig Afirkaner jaare
lang leer om die Hollans en Engels te verstaan, ik seh
verstaan) en dat kom omdat et nie hulle taal is nie, maar
omdat die Hollanse taal half vreemd is en die Engelse glad
vreemd. Was daar een Bijbel en andere boeke in de
Afirkaanse taal, dan sal een arm Afirkaaner in ses maande
meer kan leer as nou in ses jaar. Maar wag maar die fijt
sal kom. Onse hewe Heer sal dat nie toelaat dat die Bijbel
langer sal onverstaanbaar blijf ver banja arme mense in
Zuid Afirka. Soo as Hij laast in die hart van mense gegewe
het, om daarower in die koerant te skrij we, sal Hij wel
een dag mense uitkies en ver hulle bekwaamheid geef om
ook ver banja eenvoudige blanke en bruin mense wat in
Zuid Afirka woon, een Bijbel in hulle taal te maak.quot; In
hierdie laaste sitaat is veral van belang Hoogenhout se
geloofsbelydenis in die toekoms van Afrikaans en sy pleit
vir die gebruik van die taal ook in die onderwys.
Afrikaans in die onderwys.
In hierdie tyd is daar juis weer heelwat geskryf in die
koerante oor die onderwys in die buitedistrikte, en Hoogen-
hout se pleidooi vir Afrikaans het gou weerklank gevind.
In De Zmd-Afnkaan van 30 April gee „Regtuitquot; 'n middel
aan die hand om die onderwys aan die boerebevolking te
verbeter. Die uitvinding van die boekdrukkuns, sê hy, het
dit moonthk gemaak om alle volke behoorlik van boeke in
hulle eie taal te voorsien en die onderwys tot alle klasse
van die maatskappy te laat deurdring. Hier heers egter nog
in groot mate die gees van die Middeleeue. ,,Ja, 't is nog
erger dan toen; door middel van vreemde talen 'moet men
hier de kennis die men behoeft ontvangen; en slechts het
mondeling onderrigt kan hier en daar, en als onder de hand,
een weinig te gemoet komen aan het schreeuwende gebrek
dat hier alom ontwaard wordt. Waarom toch niet met den
tijd vooruitgegaan?quot; vra die skrywer. ,.Waarom niet het
eerste onderwijs medegedeeld door boeken die in de landstaal
geschreven zijn? Men make Afrikaansche boekjes over de
grondregelen der Godsdienst, over alle wetenschap die den
landbewoner ten eerste noodzakelijk is, rekenboekjes, schetsen
van geschiedenis, enz. Hoe geredelijk, 'hoe gemakkehjk zal
men die lezen en in zich opnemen!quot; Hy is daar oortuig
van dat alle ware liefhebbers van die opvoeding wat die
teenstand van vooroordele en verkeerde insigte nie ontsien
nie, sy plan sal verwelkom. ,,Vooral zij moeten er behagen
in scheppen, die van het onpraktische, ontoereikende, ja
dikwijls onbruikbare van zoogenaamd hoog-Hollandsche
boekjes overtuigd zijn, bij de ondervinding dat het hoog
Hollandsch voor de bewoners dezer streken bepaaldelijk eene
vreerdde taal is.quot; ,,Regtuitquot; sê dat hier in die loop van
tyd deur allerlei omstandighede 'n taal ontwikkel het wat
van Europese Hollands afwyk en as 'n heeltemal aparte
taal moet beskou word. ,,En deze moet gebruikt worden,
wil men tot uitkomsten geraken die den vrienden der volks-
opvoeding het meest gewenscht zijn.quot;
In De Zuid-Afrikaan van 24 Mei skryf ,,X. Y. Z.quot; met
groot instemming oor ,,Regtuitquot; se denkbeeld. „Het onbe-
rekenbaar nut dat daaruit zal voortvloeijen laat zich gemak-
kelijk denken,quot; sê hy, ,,en dat aan dezen wenk gevolg
gegeven wordt, weet ik ook, daar het mij bekend is dat
binnen kort het eerste Afrikaan.sche schoolboekje ter perse
komt.quot; 'n Vorige korrespondent het gedwonge onderwys
aan die hand gegee om die onderwystoestande op die platte-
land te verbeter. ,,Vereenig nu het plan van ,A. B. C.',
gedwongen onderwijs, met dat van ,Regtuit' het eerste
onderwijs wordt in de landstaal, in het Afrikaansch gegeven,
en zie daar eene reuzenschrede gedaan ter gemoetkoming aan
hetgeen ontbreekt.quot;
Op 5 Julie verskyn 'n tweede stuk van Hoogenhout oor
,,Die Bijbel in die Afirkaansquot;. 'n Groot gedeelte daarvan
gaan oor die onderwys. ,,Stuur een boer al zijn kinders
na een dorpskool,quot; sê hy onder andere, „dan wort die
meeste tijd onnuttig bestee om die kinders Engels in te
pomp,quot; waarvan hulle totaal niks verstaan nie. „Das waar,
op partij skoole wort ook Hollans, hoog Hollans geleer;
maar nou vra ek wat wort deur die meeste kinders van
die taal tog verstaan? Hulle leer as goeje brawe jongetjes
hulle les, spreek die woorde ook gaef uit, maar wat verstaan
hulle daarvan? banjamin! .... Wanneer sal die mense
dan tog wil begrijp, dat Hollans en Engels hier in Afirka
as vreemde tale mot behandel wort; en dat die Afirkaners
ook eers in Afirkaans mot geleer wort. Hulle kan mos
naderhand Hollans en Engels leer as daar tijd voor is.quot;
Hoogenhout juig die voorstel van ,,Regtuitquot; toe en sit verder
uiteen wat die voordele vir die onderwys sal wees as daar
boekles in Afrikaans bestaan. ,,Die leeslus sal ook opgewek
wort,quot; gaan hy voort, ,,en dan is daar banja gewonne.
Onder mijn skrijwe denk ek soo aan de briewe van ,Klaas
Waarzegger' wat omtrent 12 jaar geleden in die koerante
was. Die skrijwer daarvan mot een verstandige kerel gewees
heb, want hij kan et nie beter aangeleg het nie, om te seh
wat hij wou seh, dan in die eige taal van Afirka. Dinge
wat kort gelede gebeur is het die mense al vergeet al; maar
praat ower .Klaas Waarzegger' en daadlik begin hulle te
lag; hulle kan hom nie vergeet nie. Ik haal dit maar aan
om te laat sien hoe nodig Afirkaanse skrijwers is. Soo wel
as daar grappies en gebreke van die Gorment in Afirkaans
kan gesknjwe wort, waarom sal daar dan nie wat goeds
m die taal kan gesknjwe wort nie'quot;
Voorbeelde word aangehaal om te bewys hoe swak die
Hollandse Bybe begiyp word, veral onder die bruinmense,
en hoe dnnpnd nodig 'n Afrikaanse Bybel en Afrikaanse
leerboekjes IS. „Alles bewijs,quot; sê Hoogenhout ten slotte
„dat die ti]d gekom het dat die Afirkaanse taal in oefening
nunbsp;wat graag wil saam werk om
Christus Rijk uittebrei, en die daarvoor van God bekwaam-
heid het, wees me langer as rtense wat in die lug slaan-
dwing tog die Afirkaners nie langer nie om deur middel vari
vreemde ta e die pat na die Hemels Vaderland te zoek, maar
gebrmk julle bekwaamheid op die regte manier; en leer
Afirkaners Afirkaans!quot;quot;)
„Gesprekke tusse oom Jan Vasvat en neef Daantie
Loslaat.quot;nbsp;'
Die volgende bydrae van Hoogenhout tot die stryd vir
Afnkaans was die eerste van sy bekende reeks „Gesprekke
tussen oom Jan Vasvat en neef Daantje Loslaatquot;, wat op
26 Juhe 1873 onder die skuilnaam „Klaas Waarzegger Jr ''
m De Zmd-Afnkaan begin verskyn het. Die eerste gesprek
het tot titel gehad „Hollandsch, Engelsch, Afrikaanschquot; en
was 'n voortsettmg van die beweging vir die erkenning van
Afrikaans as Bybeltaal en taal van die onderwys, wat nou
al enkele maande lank aan die gang was. Oom Jan Vasvat
Die twee stukke oor „Die Bijbel in die Afirkaansquot; het
naamloos verskyii, maar daar is verskeie redes wat dit vir mv bo
alle twyfel verhef dat Hoogenhout die skrywer daarvan wL Een
van die redes is die verwysing na die briewe van ,,Klaas Waar-
zegger , wat Pannevis dadelik as die skrywer uitskakel, omdat hv
toe nog nie in die land was nie. Buitendien het Hoogenhout 'n
veertig jaar later in 'n brief aan Von Wielligh, Eerste Skrywers
bis. 136 vlg., meegedeel dat hy aangemoedig is om aan dié
Afrikaanse taalbeweging deel te neem onder meer deur Klaas
Waarzegger se samespraak en die ou Hedjie van ,,Kaatje Kekkel-
bekquot;. Maar veral die styl. die taal en die spelling verraii Hoogen-
hout as die skrywer van hierdie stukke.nbsp;quot;oc.gen
is 'n voorstander van Afrikaans, neef Daantje Loslaat
aanvanklik 'n teenstander:_
,,Oom. . . . Maar wat liet jij geseh van die kerel wat
laas in Afirkaans geskrewe het? Jij is tog nie teun hom
nie?
„Neej. Ja oom, ek is regte kwaad voor hom, dat hii
ons nes swartvolk reken, wat nie kan fatsoenlik in Hollans
gezels me.—Ek het geseh dat hij weer in die koerant een
lange stuk geskrewe het, ower een Afirkaanse Bijbel.
„Oom. Hoor, Danie! ek het jou papa goet geken, ou neef
David was een verstandige ou kerel, en ek skaam mij regtig
dat sijn seun soo dom is; dat hij nie kan begrijp nie dat
die man wat seh dat daar een Afirkaanse Bijbel, en Afirkaanse
boeke mot wees nog net die verstandigste in die koerant het
geskrewe. Mijn lieve kerel, is jij dan soo slim, dat jij alles
kan verstaan as die perkant preek ? Ek kan dat nie denk nie,
jij het tog met mijn kinders saam skool gegaan, hier op dié
ijenste plaas, en hulle is nie soo slim nie! Nee, mijn neef,
neem van mijn één raad aan, denk eers goet na oër wat
die man geskrewe het en praat dan, Danie! Kan jij dan
me begrijp nie dat Hollands naderhand heeltemaal gedaan
raak, maar Afirkaans nooiP. En dat het die kerel goet
gezien, en daarom skrij hij dat daar Afirkaanse boeke mot
wees.quot; Oom Jan kla oor die verengelsing wat oral so toe-
neem. ,,Engels! kerel, alles is teunswoorig Engels, nes een
een kleine bietje kan Engels praat, .... dan seh die mense
hoor hij IS shm; hij het een banja goeje edekasie gehat.quot;
Veral die verengelsing in die kerk en die onverskilligheid
van baie predikante teenoor die Hollandse taal het Oom Jan
diep getref: —
■■Oom.....Nou, mens kan ver een Engelsman nie
kwalik neem nie, maar dat ons perkante ook saamwerk, om
die Hollans heeltemaal uit te roei, is tog een bietje skrijent.
Vergeet hulle dan, dat die naam van ons kerk die Hollanse
Greformeerde kerk is? Jij weet tog seker Danie, dat hulle
die ,kortbegrip' ook al in Engels gevertaai het?
,,Neef. Ja, oom; maar das mos ver Engelse kinders, wal
graag in ons kerk wil aangeneem wort.
„Oom. Ek wens jou mond van gout was. Nee ou neef,
das voor kmders van net sulke Afirkaners as jij en ek, wat
me Hollans geleer het nie, maar pure Engels.quot; As 'n mens
m die Kaap kom en jy praat Hollands, dan spot hulle met
jou en trek hulle neus op en sê: ƒ can't speak Dutch , Ja
neef, nou seh hulle hulle vrae op, in die taal, wat gaan nes
een stomp saag wat skerp gemaak wort .... Kyk maar
die Gormentskole, hoe hulle daar maak met ons Bijbel en
ons lant sijn taal .... Ek wil ver mijn Mimie na die
skool wat hulle in die Kaap wil maak gestuur heh, maar daar
is weer die ou ding: ,Eerste klas Engelse edekasie' in die
afertensie.quot;) Ek het nog al gedenk, dat sal tog nou een goeje
Hollanse skool wees; maar ja wel, morre vroe! Toe ek die
woort sien, weet ek soo maar, dat die Hollans leer wat daarbij
staan een vijblad is. —Hulle dwing met al gewelt, om pure
Engels hier in Afirka te krij, maar soo ver kom hulle nooit
is nooit.quot; Weer word die persone wat skryf dat daar 'n
Afrikaanse Bybel en Afrikaanse boekies moet gemaak word,
aangemoedig om so voort te gaan. ,,Ek is al nieskierig,quot;
sê Oom Jan dan nog, ,,om die boekie te zien, wat hulle
laas geseh het in die koerant, wat in Afirkaans geskrewe is;
as hij goet is, koop ek ver al mijn kinders en kleinkinders
een daarvan, en ek sal hem oeral aanprijs.quot;
Toe die tweede gesprek van „Klaas Waarzegger, Jr.quot; in
De Zmd-Afrikaan van 6 Augustus verskyn, was Neef Daantje
tot Afrikaans bekeerd. „Ek het met banja mense daaroer
gepraat,quot; sê hy, „en partij van hulle is slim mense, en
almaal seh nes oom, das noodig, hoog noodig.quot; Hy is
darem nog bang dat Afrikaanse boeke 'n bietjie snaaks sal
lyk, maar Oom Jan stel hom gerus. „Afirkaans is een gawe
taal,quot; verseker hy, ,,net maar daar is banja wat te parmantig
is om dit te erken. Wag maar, partij mense begin dit al
in te sien al, en nie soo maar ohekoeke nie, partij perkante
ook! Ou neef, ons taal sal nog reg kom, wag maar. Onse
liewe Heer sal dit nie gedooë nie, dat ons taal langer sal
vertrap wort nie. Die taal zal nog beskaaf wort en in oefening
kom, jij mot kijk, hoor Danie!quot;
24) Hoogenhout sinspeel hier op die oprigting van ,,The Good
Hope Seminary.quot;
So het Hoogenhout onvermoeid voortgegaan om vir
Afrikaans te pleit, al is hy meer as eens kwaai in die koerant
aangeval. Ondersteuning het hy egter ook gekry. Oj)
20 Augustus verskyn weer 'n aanmoedigende brief van
,,X. Y. Z.quot;, en op 3 September word hy deur ,,Een
Affirkaanderquot; teen 'n vorige aanvaller in beskerming geneem.
Die Afrikaanse boekie waarvan telkens in briewe melding
gemaak is, maar wat nog altyd nie verskyn het nie, is met
ongeduld afgewag. So lees ons in die brief van ,,Een
Affirkaanderquot;: ,,Arrie! amper het ik gevergeet om te vra:
weet meneer altemit ook wat daar geworde is van die Boekie
wat hulle in die Affirk. zal laat druk het; dit lijk baijang
vir mijn of die skrijwer in die bak geblij het of het hij
altemit nie geld genoeg om die koste te petaal nie? dan kan
meneer vir hom seh, dat ik regte graag vir hom wil help,
want ik dink dit zal een regte goeije ding wees.quot;
Die geskryf in en oor Afrikaans in De Zuid-Afrikaan is
met soveel animo voortgesit dat die redakteur in die nommer
van II Oktober die voorstanders van Afrikaans moes versoek
om hul skiyflus 'n bietjie te bedwing, omdat daar tydens
die aanstaande sinodesitting min ruimte in die blad beskikbaar
sou wees.
,,Die Geskiedenis van Josef.quot;
Dit lyk of die vertaling van die Bybel in Afrikaans in die
broederlike samekoms van die Sinode van 1873 ter sprake
gekom het. Dit kan altans afgelei word uit 'n brief van
,,Criticusquot; in De Zuid-Afrikaan van 13 Desember van
daardie jaar, hoewel die brief nie heeltemal ondubbelsinnig
daaromtrent is nie. Ons lees daarin dat prof. Murray van
,,afstapping van die grammatikaquot; nie wou weet nie; dat
daarenteen die predikant van Caledon [ds. P. G. J. de Vos]
die noodsaaklikheid van 'n Bybel in die volkstaal ingesien
het en die leraars gewaarsku het dat as hul nie die hande
aan die ploeg slaan nie, ander, wat miskien die bekwaamheid
mis, dit sal doen. ,,Ik kan zeggen dat ZEerw. den bal raak
geslagen heeft,quot; vertel ,,Criticusquot; dan, ,,want reeds is er
onder eenige Christenvrienden sprake, een der Evangelies in
het Afrikaansch te doen drukken, indien er door de voor-
gangers onzer kerk in deze zaak niets gedaan wordt. Dat
het met de zaak ernst is, getuige het onlangs in het
Afrikaansch verschenen boekje: ,die Gekiedenis van
Joseph'.quot;
Die skrywer van hierdie boekie, waarna so dikwels verwys
is en wat nou eindelik verskyn het, onder die titel Die
Geskiedenis van Josef voor Afirkaanse Kinders en Huis-
souwens, in hulle eige Taal geskrijwe deur een vrind, i Cor.
XIV ■. 6, was al weer C. P. Hoogenhout. Hy het dit geskryf
as gevolg van 'n versoek wat Pannevis in 1872 aan hom
gedoen het.^') Die verskyning daarvan moet van groot
betekenis geag word. Vir Hoogenhout was dit kennelik 'n
voorbereiding vir die saak waar hy en Pannevis hul hele
hart op gesit het: die vertahng van die Bybel in Afrikaans.
,,As julie die geskiedenis wil nalees in die Bijbel,quot; sê hy
vir die kinders in sy voorwoord, ,,kan julie die vinde in
dit boek: Genesis van die 37 kapittel af. Daar staan die
storie ook banja moojer geskrijwe as hier in deuse boekie.
Maar daar die Bijbel Hoog-Hollans is, sal mijn kinders dit
misskien nie so goed kan verstaan nie. Nou wil ek voor
julie een ding vra en dat is: As julie bid, dan mot julie
ook meteens aan onse liewe Heer vra, dat die Bijbel tog
vertaal mag worde in die Afrikaanse taal ook. Hij sal dat
seker doen, want die Bijbel is Sijn Woord en die Woord
mot aan alle mense bekend gemaak wort in hulle eige taal.
Mark. 16: 15, 16.quot;
Hoogenhout het plan gehad om meer sulke Bybelse verhale
iii Afrikaans te bewerk, maar ongelukkig het niks meer na
die Geskiedenis van Josef verskyn nie.
Verset teen eensydig Engels georiënteerde onderwys.
Die nasionale beweging, waarvan die stryd vir Afrikaans
'n onderdeel was, het nou in krag begin toeneem, soos blyk
uit die buitengewoon heftige verset teen die toenemende
verengelsing en die verdrukking van Hollands wat vroeg in
Sien die brief van Hoogenliout in Eerste Skrywers, bis. 136.
In 1796 het die Nederlandse Maatschappij tot Nut van het
Algemeen De Geschiedenis van Jozef uitgegee, en daarvan het die
Zuid-Afrikaansche Christelijke Boekvereeniging 'n enigsins veran-
derde herdruk besorg. Moontlik is die boekie van Hoogenhout 'n
verafrikaansing hiervan. Ongelukkig was ek nie in staat om die
twee werkies met mekaar te vergelyk nie.
1874 in -De Zuid-Afrikaan waar te neem is. Die redakteur,
maar veral korrespondente, met voorstanders van 'n
Afrikaanse skryftaal op die voorpunt, begin ongeduldig raak
oor die eensydig Brits georiënteerde onderwys op skool. In
die uitgawe van 27 Mei staan daar by voorbeeld 'n brief
van ,,Locomotiefquot; waarin hy onder andere skrywe: ,,Wan-
neer zal er toch een einde komen aan het schandelijk tijd-
verkwisten, om onze kinderen uitsluitend Engelsche Geschie-
denis, Engelsche Aardrijkskunde, en andere Engelsche bogt
te leeren? Zou het niet beter zijn, dat zij wat meer bekend
gemaakt wierden met de Geschiedenis en Aardrijkskunde van
hun eigen land?quot; En in die nommer van i Juhe van
dieselfde jaar stel ,,Criticusquot; vragenderwyse voor: ,,Wordt
het niet haast tijd, dat eenige bekwame mannen de handen
aan het werk slaan, om voor de eenvoudigen onder ons eene
beknopte geschiedenis van hun land te schrijven, zoodat er
een einde komt aan het verspreiden van zulke eenzijdige, den
Afrikaan verguizende Engelsch-Afrikaansche geschiedenissen
als van Hall, Wilmot en Chase?quot; Intussen hou Hoogenhout
die algemene belangstelhng lewendig deur in sy ,,Gesprekkequot;
politieke sake van die tyd op eenvoudige, dog boeiende wyse
van uit Afrikaanse standpunt te behandel. Sy sesde
,,Gesprekquot;, wat in De Zuid-Afrikaan van 24 Januarie 1874
verskyn het, gaan by voorbeeld oor die geskiedenis van die
diamantgebied.
Aanvatte op ..The Good Hope Seminaryquot; en ..The
Huguenot Seminaryquot;.
Buitengewoon fel was veral die aanvalle op die Engels
georiënteerde meisieskole wat kort gelede op inisiatief van
predikante van die Hollandse Kerk in Kaapstad en Wellington
opgerig was. Ook hier het,,Locomotiefquot; die voortou geneem,
en in De Zuid-Afrikaan van 17 Junie word hy deur 'n
medestander bedank dat hy so dapper stry vir die regte
van die Hollandse taal. Die korrespondent noem dr. Wilham
Robertson in Kaapstad 'n aartsjesuïet en gaan dan voort:
,,Locomotief doet er wel mede om ook de Jezuieten-streken
Hierdie ,,Gesprekquot; is, met geringe veranderinge in die spelling
en vorm van woorde, afgedruk in die Geskiedenis van die Afrikaanse
Taalbeweging. 1880, blss. 5—12.
van Wellington aan den dag te brengen .... Andrew
Murray is een echte geestverwant van Lodewijk XIV en de
Jezuïeten, en de onnadenkende Fransche afstammehngen
gelooven alles wat hij hun vertelt. Komt Broeders! laat
ons de handen ineen slaan eer het te laat is. Laat ons
tegenover het zoogenaamde Hugenoten Instituut te Welling-
ton eene echte Gereformeerde Hollandsche Meisjesschool
oprigten waar die wanklankige Engelse brabbeltaal voor
goed uitgesloten zal worden.quot;
Dit is te begrype dat die vestiging van 'n skool soos die
Huguenot Seminary in die onmiddellike nabyheid van die
kwaaiste voorstanders van Afrikaans die gevoelens hoog laat
loop het. In De Zuid-Afrikaan van 27 Junie verskyn weer
'n kwaai aanval van ,,Getuigequot; op die Good Hope Seminary
in Kaapstad en die Hugenoteskool op Wellington. Oor die
eersgenoemde sê hy: „Eene Schotsche dame moest
uitkomen om aan het hoofd te staan. (Wij hebben dus
nog niet genoeg aan de verzending halfgebakken bergschotten,
die ons op het lijf werd gezonden.)quot; En oor die laas-
genoemde lees ons hierdie uitbarsting: ,,Te Wellington sticht
Ds. Andrew Murray eene Hugenoten School; Wel-
lington, dat zoo Hollandsch is, dat de Engelsche Kerk er
geen Catechist houden kan; Wellington, waar de groote
Engelsche Gothische Kerk ledig moet staan omdat er geene
Engelschen zijn; WelUngton, waar Ds. A. Murray het
Engelsch preeken wilde invoeren, maar het weldra moest
opgeven omdat de nieuwsgierigen die er toch niets van
verstaan, ophielden te komen; Wellington, waar geen een
ouderling den predikant volgen kan naar de Engelsche dienst
om te hooren wat hij predikt, en geen diaken om te
koliekteren (hetgeen de koster moest doen, naar wij ver-
nemen); Wellington moet geangeliseerd worden. Ziedaar het
ontstaan van een Hugenoten School zonder Hugenotentaal
of Hugenotengeest. Bestuurd door Amerikanen! ! De
gemeente moet geld geven om hare eigene taal te ver-
trappen .... Zal een ,Scot' nu den Hugenotengeest en
de Hugenotentaal voortplanten? Neen, hij zal het Engelsch
(koste het wat het wil) invoeren, en daartoe moet eii uwe
beurzen openen!°
„Een Ware Afrikaanderquot; — Stephanus Jacobus du Toit.
In aansluiting by die hele stryd vir Afrikaans en teen die
oorheersmg van Engels het daar in De Zuid-Afrikaan van
8, II en 22 Juhe 1874 'n reeks van drie artikels verskyn
onder die hoof ,,De Afrikaansche Taalquot;, gerig „aan alle
ware Afrikaandersquot; en onderteken ,,Een Ware Afrikaanderquot;.
Die anonieme skiywer was ds. S. J. du Toit, die man wat
van nou af die leiding van die beweging vir die erkenning
van Afrikaans as skryftaal op hom sou neem. Stephanus
Jacobus du Toit is op 9 Oktober 1847 op 'n plaas in Dal
Josaphat, digby Wellington, gebore. Op neentien-jarige
leeftyd is hy na die Paarise Gimnasium, waar hy onder die
invloed van ds. G. W. A. van der Lingen en Arnoldus
Pannevis gekom het. Deur dié twee manne is die eerste
liefde vir Afrikaans by hom opgewek.quot;) Nä sy opleiding
tot die predikamp aan die Teologiese Kweekskool op Stellen-
bosch was hy enkele maande op reis in die Transvaal, daarna
weer terug in die Boland, waar hy tydelik werksaam was
in die gemeentes Kaapstad, Welhngton en Kruisvallei
(Tulbagh). In Augustus 1875 is hy beroep na die pas
gestigte gemeente Noorder-Paari, waar hy op kerklike en
opvoedkundige gebied die werk van wyle ds. Van der Lingen
sou voortsit. Die jong dominee was 'n man van buiten-
gewone begaafdheid, met 'n vurige temperament en 'n
hartstogtelike liefde vir alles wat Afrikaans was. Met hom
is 'n nuwe soort Afrikaner gebore; hy was die eerste
Afrikaanse nasionalis in die einthke betekenis van die woord,
en hy het die leier geword van die eerste Afrikaanse
nasionalistiese beweging.
28)nbsp;Die venynige uitvalle teen dr. Robertson en ds. Andrew
Murray was onder die omstandighede wel begryplik, maar nie
heeltemal gereperdig nie. In die vorige hoofstuk het ons gesien
dat dr. Robertson meer as eens die Hollandse taal in beskerming
geneem het; en van ds. Murray weet ons dat al was hy geen vurig?
liefhebber van Hollands nie, hy daar tog nie vyandig teenoor
gestaan het nie, soos o.a. blyk uit 'n brief wat hy in hierdie tyd
aan sy dogters Emma en Mary geskryf het—sien T. du Plessis •
Het Leven van Andrew Murray, bis. 278.
29)nbsp;Sien dr. J. D. du Toit: Ds. S. J. du Toit in Weg en Werk
bis. 9.
Dit is nie nodig om hier lang stil te staan by die
bogenoemde drie briewe van „Ware Afrikaanderquot; nie. Hul
inhoud mag as bekend veronderstel word.''quot;) Dit is voldoende
om te herinner aan die hoofsake wat daarin voorkom: 'n
uiteensetting van die waarde van die moedertaal en sy reg
om eerbiedig te word; 'n weerlegging van die bewering dat
Afrikaans geen taal is nie en dat Hollands eintlik die moeder-
taal van die Afrikaners is; en ten slotte 'n opsomming van
die nadele wat die Afrikaners reeds gely het deur die
verdringing van hul taal in die Parlement, in die geregshowe,
op skool, en in die kerk.
Du Toit en Hoogenhout.
Die briewe van ,,Ware Afrikaanderquot; het die geskryf vir
en teen Afrikaans in die koerant weer 'n nuwe stoot gegee.
Dit is onmoonthk, en gelukkig ook onnodig, om alle korres-
pondensie selfs maar te noem. Alle stukke verskyn natuurlik
steeds naamloos, en nuwe skuilname tree naas ou bekendes
op. Van groot belang is die brief wat ,,Klaas Waarzegger
Jr.quot; in De Zuid-Afrikaan van 24 Oktober aan ,,Een Ware
Afrikaanderquot; rig en waarin hy voorstel dat hulle met mekaar
saamwerk in belang van die Afrikaanse saak: ,,Jy seh
miskien, wat skry Klaas aan myn, ons ken makaar nie; nou
juis, ek wil graag met jou kennis maak, en daarom mot
jy die neef Koerantdrukker permissie gewe, om stiltjes ver
m3ni te seh wie jy is. Ek het banja mot jou oër die
Afirkaanse taal te praat, daar mot tog een taalkunde gemaak
word, en vaste regels, hoe een mens mot spel, soo dat ons
nie soo maar hot en haar skrywe nie. Jy mot daar oer
een bietje in de koerante skry, en jy mot ook een stuk
in Afrikaans skrywe om ver mijn te laat sien hoe jy
die woorde spelde. Ons kerels wat voor die Afirkaans is,
mot met makaar kennis maak, dan kan ons saamwerk, dat
sal banja beter wees.quot;^!)
3quot;) Die briewe is volledig afgedruk in die Geskiedenis van dit
Afrikaanse Taalbeweging, 1880, blss. 14—22.
31) Die kennismaking van Hoogenhout en Du Toit deur middel
van die koerant was natuurlik maar 'n mistifikasie.
Eerste voorstel vir stigting van 'n genootskap vir die
bevordering van Afrikaans.
Nog voor daar 'n antwoord van „Ware Afrikaanderquot; op
hierdie brief gekom het, het daar 'n ander stuk verskyn
wat aparte vermelding verdien. Dit is getitel: „Is die
Aiïerkaans wesenlijk een Taal?quot; en kom voor in De Zuid-
Afnkaan van 4 November. Die vraag wat gestel is, word be-
vestigend beantwoord, en dan vervolg die skrywer: ,,Ik denk
dat it tyd is om ons Afferkaanse taal te erken. Al wat ik
tot hier toe in it Afferkaans gelees het is veel meer Hottentots
Afferkaans as iets anders. Ons moet uitfind, hoe spreek it
beskaafde deel fan ons folk? As ons dat gefonde het, dan
gaat ons die re-els uitfinden. Die re-els syn daar, maar
niemand het nog, so fer as ik weet, die moeite geneem om
die re-els na te gaan. It is waar ons is nog onseker hoe
sommige woorde gespel moet word, maar dat stuk sal ons
wel reg kry. Wat ons noodig het is:
Un genootskap foor die bef ordering fan die Afferkaanse taal.
Dat genootskap moet die re-els van de Afferkaanse taal by
makaar maak en in een boekie uitgeef. Dat boekie kan die
naam draag van:
Eerste beginsels fan die Afferkaanse spraakkennis.
Dan moet dat dadelyk gefolg word van:
Een Afferkaans woordeboek.
In die twee boeken sal iedereen wat niet blind is nie dan
wel sien, dat ons Afferkaans wel wesenlyk een taal is; een
taal wat door iedereen kan gespreek word, door die Engels-
man self.quot; Die stuk is onderteken ,,0quot;, en in 'n naskrif
lees ons: ,,Ik is nie in die kolonie gebore nie; maar ik reken
my daarom onder die Afferkaanders. Julie folk myn folk.quot;
Ons kan met 'n groot mate van sekerheid aanneem dat
hierdie bydrae van Pannevis afkomstig is.'^) Buitengewoon
Die skrywer is klaarblyklik 'n Hollander. Hoogenhout kan
dit nie wees nie — die taal en spelling is nie van hom nie, en
buitendien praat hy later self in een van sy briewe van ,,0quot; as
'n baie knap man wat in staat sou wees om 'n Afrikaanse spraak-
kuns op te stel (sien die Zuid-Afrikaan, 20 Feb. 1875). Dat ,,0quot;
Pannevis moet wees, blyk uit 'n tweede stuk onder hierdie skuilnaam
merkwaardig is dit omdat daarin vir die eerste keer sprake
is van die oprigting van 'n „Genootskapquot; vir die bevordering
van Afrikaans, van die maak van 'n Afrikaanse grammatika
onder die naam ,,Eerste Beginselsquot;, en van die opstel van
'n Afrikaanse woordeboek. Ons sal later sien dat Pannevis
juis in hierdie tyd ook nog ander stappe gedoen het om
sy doel met die Afrikaanse taal te verwesenhk.
,,Die Geskiedenis van ons Land, in die Taal van ons Volk.quot;
Op 25 November het „Ware Afrikanerquot; se antwoord op
die brief van ,Klaas Waarzegger Jr.quot; in De Zuid-Afrikaan
verskyn. „Ek het oek al lank tyd al gewens om met jou
kenms te maak. Jy kan myn naam mar vra ver die neef
koerantdrukker. Hy sal ver jou sê, wie't ek is. Mar gé
dan ver hom die reg om ver myn oek te sê, hoe jou naam
IS. Dit wort hoog tyd dat ons nou ma'ka'er leer ken en
begin same te werk ver ons taal. Jy moet mar aangaan
met skrywe, neef. Die mense lees te danig jou briewe
Party knip dit uit en ber'e dit dan by ma'ka'er En ek
denk a's jy klaar het met skrywe, dan moet jy al iou
briewe same laat druk in een boekie. Die mense sal dit
paag lees.quot; Du Toit dink die tyd het nog nie gekom om
n grammatika van Afrikaans te maak nie; hy wil eers net
'n paar spelreëls opstel. Hy sê dat hy meer lus het om
Die Geskiedenis van ons Land. in die Taal van ons Volk
te skrywe. „Di's een skande dat daar nog nie eens in
Hollans een Geskiedenis van ons land geskrywe is nie In
Engels is daar wel. Mar elkeen kan self begryp hoe een
Engelsman die Geskiedenis van ons land sal beskrywe. Die
Engelse het altyd reg, en die arme boer wort mar altyd sleg
gemaak. A's een Engelsman die speuletjes met die Diamand-
velde moet beskrywe; ag né, neef! ek meen, dan het die
Engelse die grootste reg van die wereld. Want hulle verdrai
die dinge net so's hulle wil.quot; Hy nooi Hoogenhout uit om
saam te werk en gaan dan daartoe oor om sewe reëls vir
m die Zutd-Afnkaan van 11 Aug. 1875, „Gesprek over de Afrikaan-
scüe laai . Daarin word kennis van Grieks, Latyn, Duits en Frans
aan die dag gelê, en daar was niemand behalwe Pannevis onder
die eerste voorstanders van Afrikaans wat oor kennis van al dié
tale beskik het nie.
die Afrikaanse spelling te gee, waarvan die eerste lui: ,,Ons
skryf so's ons praat.quot;
Uitnodiging tot samewerking.
In ,,Klaas Waarzegger Jr.quot; se antwoord. De Zuid-
Afrikaan van 19 Desember, verwelkom hy die gedagte om
'n Afrikaanse geskiedenis te skrywe en beloof hy sy onder-
steuning. ,,Mar neef! denk jy nie dat dit goed sal wees,
dat ek die skrywers in die koerante, wat oek ver die Afrikaans
is, uitnodig om met ons saam te werk? . . . . Jy kan myn
privaat skrywe of ek dit doen sal: jy weet tog nou myn
adres.quot;^=)
,,Ware Afrikanerquot; het die plan blykbaar goedgekeur, want
op 16 Januarie 1875 verskyn daar 'n advertensie in De Zuid-
Afrikaan van ,,Klaas Waarzegger, Jr.quot;, waarin hy vir
,, ,Regtuit', ,Vriend van Vooruitgang', ,M. D. C.', ,Boeren-
schoolmeester,' ,X. Y. Z.', ,* * *', ,Criticus', ,Locomotief',
.Africanus', ,Ossenwagen', ,D. v. D.', ,Afrikaner', ,Buiten-
man', ,0', ,Dankbare Afrikaner', ,Verstandige en Geen
Verwaande Afirkaner', en nog banja ander skrywers in die
Zuid-Afrikaan en Volksvriendquot; tot samewerking uitnooi:
,,Julle het stellig wel in die laaste tyd die skrywe tusse
,Ware Afrikaner' en myn in die koerant gesien. Die tyd
om te handel is nou gekom. Ons moet hande aan die werk
slaan. Uit julle briewe maak ek op dat julle vrinde van
die Afirkaanse taal is. Betoon dit nou met ons te help.quot;
Hy vertel dat hy en ,,Ware Afrikanerquot; nou besig is om
Die Geskiedenis van ons Land, in die Taal van ons Volk
te skrywe, en dat meer as 100 bladsye daarvan reeds afgedruk
is. As die boek klaar is, moet hulle asseblief help om dit
te versprei. ,,Stuur aan Neef Koerantdrukker julle namen
soodat ons met meka'er kan kennis maak.quot; Die advertensie
eindig met die versoek dat almal aan die volgende werk,
,,Die Bijbel in Afirkaansquot;, eendragtig moet saamwerk,
,,anders gaat dit nooitquot;.
Die hierbo behandelde drie briewe van ,,Klaas Waarzegger,
Jr.quot; en ,,Ware Afrikaanderquot; is ook volledig, weer egter met enkele
wysiginge in woordvorming en spelling, in die Geskiedenis van die
Afrikaanse Taalbeweging, 1880, blss. 23—27, te vind.
Briefwisseling voortgesit.
Die briefwisseling in die pers tussen Hoogenhout en Du Toit
is in 1875 voortgesit. Op 30 Januarie verskyn 'n brief van
laasgenoemde waarin hy vertel hoe dit vorder met die
Geskiedenis van ons Land en verder meedeel dat hy nou
lus kry om 'n boekie te skrywe oor die Eerste Beginsels van
die Afrikaanse Taal. Hy het egter sy hande te vol met
die geskiedenis en wil graag dat „Klaas Waarzegger Jr.quot;
of iemand anders dit doen. Du Toit maak onderskeid tussen
Here-, Boere- en Hottentots-Afrikaans. „As ons so een
boekie skryf,quot; sê hy, ,,dan denk ek is dit beste om die
middelkoers te hou en die Boere-taal te neem. Buitendien
is die regte bevolking van ons land toch mar Boere. In
die Geskiedenis het ek my an die Boere-taal gehou.quot;
Hoogenhout antwoord hierop in De Zuid-Afrikaan van 20
Februarie. Sy aandeel in die Geskiedenis is klaar, en hy
het dit reeds aan ,,Ware Afrikaanderquot; gestuur. ,,Jy vra
myn wat ek denk,quot; skryf hy, ,,of dit goed zal wees om
die briewe van jou agter in te set. Ek weet nie neef. Ek
dag jou plan was om ons briewe saam ampart te laat
druk.quot;'quot;) Verder deel hy mee dat hy 'n brief gehad het
van ,,0.quot; (Pannevis), wat hom gewillig verklaar om die
Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal te maak.
Tussen die korrespondensie van ,,Ware Afrikanerquot; en
,,Kkas Waarzegger Jr.quot; deur het ander voorstanders van
Afrikaans telkens briewe in De Zuid-Afrikaan geplaas om
die twee leiers aan te moedig of vyandige aanvalle te beant-
woord. So het die stryd om Afrikaans onafgebroke onder
die aandag van lesers van die koerant gebly. In Mei 1875
het dr. Brill sy bekende vooriesing oor ,,De Landstaalquot; in
Bloemfontein gehou. Dit het deur die pers ook in die Kaap
Een van die ongelukkige trekke in die karakter van S. J.
du Xoit was sy eersug. Hy kon nie maklik aan ander die eer gee
wat hul toekom nie. 'n Mens kom daar meer as eens pynlik van
onder die indruk. Ook in sy Geskiedenis van die Afrikaanse
Taalbeweging het hy die uiters belangrike rol wat Hoogenhout,
Pannevis en ander in verband met die ontstaan van die beweging
gespeel het, op onvergeeflike manier verklein.
bekend geraak en het die stryers vir Afrikaans goed te pas
gekom.'®)
Die briefwissehng in die pers tussen die voorvegters van
Afnkaans het nou veral gegaan oor die werk waarmee hul
besig is. Op 19 Junie skiyf „Criticusquot; aan „Ware Afrikaner,
Klaas Waarzegger, Jr., Afrikaner, en de andere Heeren,
thans bezig met het zamenstellen van: Die Geskiedenis van
ons Land, in die Taal van ons Volkquot; dat hy die hoofstuk
oor die ,,Uitgeweke Boerequot; gedeeltelik klaar geskryf en
reeds weggestuur het. Op 7 Julie kla „Ware Afrikanerquot;
weer oor die moeite wat hy met die Geskiedenis het. Uit
sy brief blyk dat die hoofstuk oor die ,,Uitgeweke Boerequot;
opgestel is deur ,,Criticusquot; en ,,Hugenootquot;.'quot;) Verder word
die Afrikaanse volkslied ,,Een ider nasie het syn landquot;
afgedruk en ,,Klaas Waarzeggerquot; se oordeel daaroor gevra
Die plan is om dit voor in die Geskiedenis te sit. Drie
weke later, op 28 Julie, verskyn daar weer 'n brief van
,,Klaas Waarzegger Jr.quot; waarin hy sy goedkeuring aan die
volkshed heg, behalwe dat hy die reël ,,Wie dit verag sal
syn straf draquot; wil verander hê in ,,Wie dit verag, straf sal
hy dra.quot;'')
Sien De Zuid-Afrikaun van 29 Mei 1875. Die lesing van
dr Brill IS m sy geheel afgedruk in die Geskiedenis van die
Afrikaanse Taalbeweging, 1880, blss 28—39
'n Mens sou çaag agter al die skuilname wil kom. Wie was
b.v. Criticus ? Hy het meer as eens buitengewoon skerp anti-
Engelse briewe geskprwe —b.v. m De Zuid-Afnkaan van 26 Sept.
m Nederlands. Hoogenhout vertel in sy brief in
Eerste Skrywers. bis. 136 vlgg., dat behalwe Pannevis, S T du Toit
w-.Ï'^'Itnbsp;Malherbe en sy broer
Willem Malherbe voor die stigting van die Genootskap oor Afrikaans
geskrywe heL In Ds. S. J. du Toit in Weg en Werk bis 7s
deel dr. J. D du Toit ons mee dat Gideon Malherbe meegeweA
net aan die Geskiedenis. Dâar word ook gesê dat ds Du Toit
die hoofstuk oor die ,,Uitgeweke Boerequot; geskrywe het, wat blykbaar
fout moet wees want ,,Criticusquot; en ,,Ware Afrikanerquot; is duidelik
twee verskillende persone. ,,Criticusquot; kan ook nie Gideon Malherbe
wees me, want laasgenoemde het saam met Hoogenhout die eerste
hoofstuk van die Geskiedenis, ,,Die Kaap onder die Hollanders quot;
geskrywe —as die gegewens van dr. Du Toit hier korrek is
In Ds. S. ]. du Toit in Weg en Werk, bis. 70, gee die skrywer
ons die volgende mededeling van Hoogenhout omtrent die ontstaan
van die volkshed: ,, ,'n Ider nasie het syn land'—is door wijlen
vriend Pannevis en mij begonnen. Daarna meen ik (maar ben
niet zeker) aan Oom Lokomotief ge^geven om het meer te
Afrikaniseren, en toen aan Ds. Du Toit gezonden, die er de nodige
Mooi is in hierdie laaste openbare brief aan ,,Ware
Afrikanerquot; Hoogenhout se geesdrif en optimisme oor die
Afrikaanse saak. „Wonder,quot; skryf hy, ,,dat jy nie o'er
dr. Brill syn redevoering jou gevoele geseh het nie. Hy is
een de'elike kerel, net so fluks as sijn papa, Prof. Brill in
Holland. Ek reken so, ons kan op zijn medewerking staat
maak. Ons helpers word ieder dag meer. In die laaste
tyd is al banja steeks perde vasgemaak: party wat vinnig
teun die Afrikaans gekap het, is nou met hart en siel daar-
voor. Ek het briewe van alle kante, wat ik ver jou sal
wys net so's ek kom kuiwer. Jy sal verstom staan waar
al die helpers van daan kom; en geld, og neef! geen gebrek
nie. Ons kan o'er dik beurse disponeer.quot;
Behoefte aan 'n vereniging of genootskap.
Die beweging in die openbaar ten gunste van Afrikaans
het begin met Hoogenhout se eerste ingesonde stuk oor ,,Die
Bijbel in die Afirkaansquot; in De Zuid-Afrikaan van 12 April
1873. Die wortels van die beweging het egter verder terugge-
reik, verder selfs as die brief van Pannevis oor die Afrikaanse
Bybelvertaling in De Zuid-Afrikaan van 7 September 1872
,,De beweging is al meer dan vier jaren geleden op touw
gezet, en neemt dagelijks in uitgebreidheid toe,quot; skryf ,,Oud
Afrikanerquot;, een van die vroeë voorstanders van Afrikaans,
in De Zuid-Afrikaan van 20 Maart 1875.Dit is vrugte-
loos om verder gissings te maak oor die datum waarop die
eerste keer gepraat is oor die wenslikheid en moontlikheid
om Afrikaans tot skryftaal te verhef. Die beweging was
aan die gang, en nog net een ding het ontbreek: die same-
trekking van kragte in 'n vereniging of genootskap om plan
en rigting aan die beweging te gee. Dit is merkwaardig dat
veranderingen in gemaakt heeft. Een regel (op éen na de laatste)
quot;Toi^nbsp;dit verag sal Syn straf dra'.
Wi] hadden: ,Wie dit verag straf sal hy dra'.quot; Sien ook die
volgende bladsy in Weg en Werk.
Ds. S. J. du Toit het later self meegedeel dat Pannevis en
ds. G. W. A. van der Lingen die eerste liefde vir Afrikaans by
hom opgewek het. (Sien dr. J. D. du Toit: Ds. S. J. du Toit
in Weg en Werk, bis. 9.) Dit moes gewees het voor 1869, want
in daardie jaar is ds. Van der Lingen oorlede.
'n stap van Pannevis alweer die aanleiding tot die stigting
van so 'n genootskap sou wees.
Pannevis se brief aan Britse en Buitelandse Bybel-
genootskap.
In die laaste tyd het die skryf van die Geskiedenis, 'n
Afrikaanse taalboekie en 'n Afrikaanse volkslied so volledig
beslag gelê op die voorstanders van Afrikaans dat daar in
hul bnewe maar selde van 'n Afrikaanse Bybelvertaling
melding gemaak is. By Pannevis en Hoogenhout het die
gedagte daaraan egter altyd lewendig gebly. ,,Nog banja
werk ver ons,quot; skrywe laasgenoemde aan Du Toit in sy
brief van 19 Desember 1874. „Die Bybel in Afrikaans wag
ook nog.quot; Met sy gewone voortvarendheid het Pannevis,
wat 'n onbedwingbare begeerte gehad het om die Bybel iri
Afrikaans vertaal te sien, toe al op eie houtjie 'n brief, d.d.
7 November 1874, aan die Britse en Buitelandse Bybel-
genootskap in Londen geskrywe waarin hy die behoefte aan
'n Afrikaanse Bybel uiteensit. Dat die brief van Pannevis
besonder gelukkig gestel was, kan nie beweer word nie. Hy
praat van Afrikaans as 'n soort van verbasterde Hollands,
'n dialek wat gedeeltelik deur verwaariosing van die moeder-
taal ontstaan het, en hy is nie eens seker dat dit nie uit-
eindehk deur Engels sal verdring word nie. Ewemin as in
sy eerste brief oor die Bybel in Afrikaans in De Zuid-Afrikaan
van 7 September 1872 laat hy hierin blyk dat hy enige
belangstelling of liefde vir Afrikaans as taal of geloof in sy
toekoms het.Pannevis was egter in vele opsigte 'n
abnormale persoonlikheid, en meer as eens soek 'n mens
tevergeefs na 'n redelike verklaring vir sy handel wyse.
Stigting van die „Genootskap van Regte Afrikanersquot;.
Die verdere loop van sake hoef hier maar baie kort
aangestip te word, omdat alles wat daaromtrent bekend is,
met die stukke daarby, te kry is in die Geskiedenis van die
Afrikaanse Taalbeweging van S. J. du Toit. Die Britse en
'n Afrikaanse vertaling van die brief is te vind in die
Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging, blss. 43—5. 'n Engelse
redaksie, nog onvolledig, is aangetref onder die nageiate papiere
van Pannevis en afgedruk in die Gedenkboek ter Ere van die
Genootskap van Regte Afrikaners, blss. 103—4.
Buitelandse Bybelgenootskap het die deur Pannevis aan-
geroerde saak vir ondersoek verwys na hul bykantoor in
Kaapstad, met die opmerking dat hul onder geen omstandig-
hede geneig is om brabbeltale te bestendig deur die Bybel
daann te druk nie. Die sekretaris van die Kaapstadse
kantoor, ds. George Morgan, leraar van die Skotse Kerk,
het die saak toe voorgelê aan 'n predikantekonferensie op
Wellington in Julie 1875, waar dit afgestem word. Omdat
die naam van ds. S. J. du Toit, sonder sy medewete, deur
Pannevis genoem was as 'n geskikte persoon om die
Afnkaanse vertaling van die Bybel te onderneem, het ds
Morgan m 'n private gesprek met hom aan die Paarl die
saak weer aangeroer. Ds. Du Toit het aan ds. Morgan
meegedeel dat hy bekend was met 'n aantal voorstanders
van 'n Afrikaanse Bybelvertaling en het hom beloof om
die saak met hulle te bespreek, 'n Vergadering is toe op
14 Augustus 1875 aan die huis van die heer Gideon Malherbe
m die Paarl belê. Daarop was ag persone teenwoordig. Om
die een of ander rede was Pannevis nie aanwesig nie Die
vergadering was eenparig van oordeel dat Pannevis 'n bietiie
haastig was met sy brief aan die Britse en Buitelandse
Bybelgenootskap. Hulle het gemeen dat die tyd nog nie
gekom het om hul tot die Genootskap te wend nie: die
Afrikaanse saak was daar nog nie ryp voor nie. ,,Hulle
hoop egter dat die dag nie meer ver af is nie dat' hulle
sig met volle vrymoedigheid tot die Genootskap kan wende
om ondersteuning ver die publikasie van 'n Afrikaanse Bybel,
en hulle wil graag die noodsakelikheid van so'n Bybel met
meneer Pannevis onderskrywe,quot; berig S. J. du Toit aan
ds. Morgan. ,,Die Afrikaanse beweging begin nou tot 'n
krisis te kom,quot; skryf hy verder; ,,meer en meer win die
oertuiging veld dat die enigste manier om die Afrikaans-
sprekende bevolking, blanke en gekleurde, te beskawe, deur
middel van hulle Moedertaal moet geskiede, en dit spreek
van self dat ver sodanige beskawing 'n Afrikaanse Bybel
'n eerste vereiste is.quot; Die Engelse Bybel is vir baie
Afrikaners 'n geslote boek, en die Hollandse Bybel is byna
net so onverstaanbaar. Om die volk te beskaaf, moet hulle
dus 'n Bybel gegee word in die taal wat hulle elke dag praat
en daarom die beste verstaan; ,,mar voor dit kan geskiede
moet die volk eers tot die oertuiging gebring worde, dat hulle
'n eie taal het, en die taak is moeiliker as dit, oppervlakkig
beskoud, lyk.quot;quot;°) Om dié doel te bereik —om Afrikaners
tot die oortuiging te bring dat hul 'n eie taal het_, is toe
op die vergadering die besluit geneem om die ,,Genootskap
van Regte Afrikaandersquot; op te rig. Dit is dié besluit wat
die datum 14 Augustus 1875 so belangrik in die geskiedenis
van die Afrikaanse taal maak.
Slot.
Die Genootskap van Regte Afrikaners was nie bloot 'n
taalgenootskap nie. Dit blyk reeds uit die doel wat hulle
hulself gestel het: ,,om te staan ver ons Taal, ons Nasie
en ons Land.quot; Die sti^ing van die Genootskap was dan
ook een van die uitvloeisels van die nasionale oplewing in
die jare sewentig, en sy doel was om die Afrikaanse nasionale
belange in die algemeen voor te staan. Onder dié belange
het hul die taal nommer een geplaas, as doel en as middel
om ander doeleindes te bereik. Hollands was na hulle mening
reddeloos verlore, en daarom het hulle na Afrikaans gegryp.
Deur dit te doen het hul die Dietse kuituur in Suid-Afrika
van ondergang gered en 'n nuwe rigting gegee aan die
geskiedenis van ons volk en ons land.quot;^)
lt;») Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging, 1880, blss
48—9.
Die verdere geskiedenis van die eerste Afrikaanse taalbeweging
kan nagelees word in dr. Lydia van Niekerk: De Eerste Afrikaanse
Taalbeweging en Letterkundige Voortbrengselen. Die groot ywer
deur voorstanders van Afrikaans aan die dag gelê het die voor-
standers van Hollands tot optrede aangespoor en 'n Hollandse taal-
beweging in die lewe help roep. Die geskiedenis daarvan vind ons
uitvoerig beskrywe in dr. Anna J. D. de Villiers: Die Hollandse
Taalbeweging in Suid-Afrika.
LITERATUUR EN BRONNE
LITJERATÜUR
Bosman, dr. F. C. L.: Drama en Toneel in Suid-Afrika. DL I:
1652—1855. 1928.
--: Hollandse Joernalistiek in Suid-Afrika Gedurende die
igde Eeu. (Oordruk, met ondergeskikte wysiginge, van 'n
artikel in ,,Ons Landquot; van 8 April 1930.)
Botha, C. Graham: Place Names in the Cape Province. (1927.)
Cambridge History of the British Empire, dl. VIII (South Africa).
1936.
conradie, dr. elizabeth: Hollandse Skrywers uit Suid-Afrika. 'n
Kultuur-Historiese Studie. Dl. I (1652—-1875). 1934.
Dekker, dr. G. : Afrikaanse Literatuur geskiedenis. 2de dr. 1937.
Dreyer, eerw. A.: Lewenssketse van Hollandse Joernaliste in
Kaapland, met Portrette. (Oordruk, met ondergeskikte
wysiginge, van 'n artikel in ,,Ons Landquot; van 8 April 1930.)
-: Gedenkboek van die Nederduits-Gereformeerde Kerk.
Somerset-Oos. 'n Geskiedkundige Oorsig van sy iio-jarige
bestaan {182^—1935). 1935.
Encyclopaedia of Social Sciences. Dl. XI (artikel ,,Nationalismquot;
deur M. H. Boehm en C. J. H. Hayes). 1933.
Franken, J. L. M.: Uit die Lewe van Charles Etienne Boniface.
Annale van die Universiteit van Stellenbosch, jg. XV, reeks B,
Afl. I (Apr. 1937).
Gedenkboek ter Ere van die Genootskap van Regte Afrikaners.
{1875—192^). Uitgegee deur die Afrikaanse Studentebond. 1926.
Gedenkboek van het Victoria-Kollege. Uitgegeven op Last van de
Unie van Oudstudenten. 1918.
Gids tot die Publikasies in en oor Afrikaans in die Parlements-
biblioteek van die Unie van Suid-Afrika. te Kaapstad. 2de dr.
1934-
Gie, dr. S. F. N. : Geskiedenis van Suid-Afrika of 0ns Verlede.
2 die. 1928.
Hayes, Carlton J. H.: Essays on Nationalism. 1926.
Hofmeyr, J. H.: Het Leven van Jan Hendrik Hofmeyr {Onze Jan).
1913-
Laidler, P. W.: Annals of the Cape Stage. 1926.
Macartney, C. A.: National States and National Minorities. 1934.
Malherbe, Ernst G.: Education in South Africa {1652—11)22)
1925.
Mansvelt, dr. N. : De Betrekkingen tusschen Nederland en Zuid-
Afrika sedert de Verovering van de Kaapkolonie door de
Engelschen. 1902.
Meillet, Antoine: Les Langues dans l'Europe Nouvelle. 2de dr.
1933-
Menublssow, SmNBY: South African Bibliography. 2 dele. 1910.
Moorrees, a. : Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika,
1652—1873. 1937.
Niekerk. Lydia van : De Eerste Afrikaanse Taalbeweging en
Letterkundige Voortbrengselen. 2de dr. 1920.
Nienaber, G. S. : Die Afrikaanse Beweging. Deel I. Geskiedkundige
Oorsig. 1931.
Nienaber, P. J. : Die Geskiedenis van die Afrikaanse Bybelvertaling.
1934-
Pettman, Revd. Charles- South African Place Names Past and
Present. 1931.
Plessis, j. du: Het Leven van Andrew Murray. 1920.
Preller, Gustav S. : Piet Retief. Lewensgeskiedenis van die Grote
Voortrekker. lode dr. 1920.
Ritchie, W. : The History of the South African College. 2 dele
1918.
Theal, George McCall: History of South Aiiica from itoî to
1872. 5 dele.nbsp;^^
Toit, J. D. du: Ds. S. J. du Toit in Weg en Werk, 'n Periods
van Afrikaanse Oplewing. 1917.
(Foix, ds. S. J. du:) Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging
ver Vrind en Vyand uit Publieke en Private Bronne, bewerk
deur 'n Lid van die Genootskap van Regte Afrikaners. 1880.
VtLLiERs, dr. Anna J. D. de: Die Hollandse Taalbeweging in
Suid-Afrika. Annale van die Universiteit van Stellenbosch,
jg. XIV, reeks B, Afl. 2 (Sept. 1936). (1937).
Walker, Eric A.: A History of South Africa. 2de dr. 1935.
-: Lord de Villiers and his Times. South Africa. 1842__
19x4. 1925.
--: The South African College and the University of Capo
Town, 182Ç—IÇ2Ç. 1929.
Wielligh, g. r. von: Baanbrekerswerk. 1925.
-: Eerste Skrijwers. Laaste Stem uit die Genootskap van
Regte Afrikaners. 1918.
-ocr page 273-lettebkundige bronne
LAND- EN REISBESKRYWINGS
Anderson, John Corbet. Sien ,.Traveller.quot;
Backhouse, James: A Narrative of a Visit to the Mauritius and
South Africa. 1844.
Barnard, Lady Anne : South Africa a Century Ago. Letters written
from the Cape of Good Hope (i^jgy—1801). 1913.
Barrow. John: An Account of Travels into the Interior of Southern
Africa, in the years J797 and 1798, ens. i8oi.
..Bengaliquot; ; Notes on the Cape of Good Hope, by a Bengali. 1847.
(Bird, W. Wilberforce :) State of the Cape of Good Hope in 1822.
1828.
Borcherds, p. B. : An Auto-Biographical Memoir of Petrus
Borchardus Borcherds. 1861.
Boyce, William B. : Notes on South African Affairs, from 1834
to 1838. 1838.
Bunbury, Charles J. F. : Journal of a Residence at the Cape of
Good Hope, ens. 1848.
Burchell, William J.: Travels into the Interior of Southern
Africa. 2 dele. 1822. 1824.
Changuion, A. N. E.: Introductory Discourse delivered before a
numerous English Audience at Lausanne. Lausanne. 1868.
--: -O« Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld 2de dr
1848.
Chase, John Centlivres : The Cape of Good Hope and the Eastern
Province of Algoa Bay, ens. 1843.
Cole, Alfred W. : The Cape and the Kafirs: or. Notes of Five
Years' Residence in South Africa. 1852.
Ellis, Rev. William: Three Visits to Madagascar during the Years
1833—1854.-1836. 1858.
Faure, Rev. D. P.: My Life and Times. 1907.
Fawcett, Capt. John: Account of an Eighteen Months' Residence
at the Cape of Good Hope, in 1835—6. 1836.
Four Months in Cape Colony. (1846).
Gleanings in Africa. 1806.
Golding, j. C. : The State of Education at the Cape of Good Hope
for the last Twenty Years. Cape Town. 1841.
Gray, Right Rev. Robert: A Journal of the Bishop's Visitation
Tour through the Cape Colony, in 1848 (dl. I): idem, in 18^0
(dl. II). 1852.
Harris, W. C. : The Wild Sports of Southern Africa. 1839.
Haussmann, A. : Souvenirs du Cap de Bonne-Espérance. i866.
Holman, James: A Voyage round the World, including Travels
in Africa, Asia, Australasia, America, etc. etc. from
MDCCCXXVII to MDCCCXXXII. Dl. II. 1834.
Howison, John: European Colonies, in various parts of the world,
viewed in their social, moral, and physical condition Dl I
1834-
Huet, p. : Eenvoudige Mededeelingen over Zuid-Afrika. 1868.
Lichtenstein, Hinrich: Reisen in Südlichen Africa in den Jahren
180S, 1804, 1805 und 1806. 2 dele. 1811 en 1812.
Mackenzie, William: Sketches of Travels in Southern Africa (in
Outlines of Education; or. Remarks on the Development of
Mind and Improvement of Manners. 1824.)
Mayson, John Schofield : Four Months at the Cape of Good Hope,
ens. (1861).
Methuen, Henry H. : Life in the Wilderness; or Wanderings in
South Africa. 1846.
Meurant, L. H. : Sixty Years Ago; or. Reminiscences of the
Struggle for the Freedom of the Press in South Africa, and the
establishment of the first newspaper in the Eastern Province
1885.
Meyer. W. von: Reisen in Süd-Afrika während der Jahre 1840
und 1841. Beschreibung des jetzigen Zustandes der Colonie des
Vorgebirges der Guten-Hoffnung. 1843.
Moodie, Lieut. J. W. D. : Ten Years in South Africa. 2 dele
1835-
Napier, Lt.-Colonel E. Elers : Excursions in Southern Africa.
2 dele. 1849.
Nicholson, George: The Cape and its Colonists: with Hints to
Settlers. 1849.
Notes on the Cape of Good Hope and St. Helena. Sien Sketches of
India.
Notes on the Cape of Good Hope, made during an Excursion in
that Colony in the year 1820. 1821.
Philip, John: Researches in South Africa. 2 dele. 1828.
polson, Lieut. Nicolas : A Subaltern's Sick Leave, or rough notes
of a visit in search of health to China and the Cape of Good
Hope. 1837.
Pringle, Thomas: Narrative of a Residence in South Africa. 1835.
Robertson, G. A. : Notes on Africa . . . To which is added. An
Appendix, containing a compendious account of the Cape ol
Good Hope, ens. 1819.
Rose, Cowper: Four Years in Southern Africa. 1829.
-ocr page 275-scherzer. dr. Karl : Reise der Oesterreichischen Fregatte Novara
um die Erde, 1857, 1838, 1839. Dl. I. 1861.
Shaw, Rev. Barnabas: Memorials of Southern Africa. 1840.
Sketches of India . . . ; together with Notes on the Cape of
Good Hope and St. Helena. 1816.
Smith, Rev. Thornley : South Africa Delineated. 1850.
State of the Cape of Good Hope in 1822. Sien Bird, W. W.
Steedman, Andrew : Wanderings and Adventures in 'the Interior
of Southern Africa. 2 dele. 1835.
Stout, Captain Benjamin: Cape of Good Hope and its Depen-
dencies. 1820.
Stucki, Maria: Reis naar en verblijf aan de Kaap en te Natal,
gedurende het jaar 1846 en 1847. 1849.
Teenstra, M. D. : De Vrughten mijner Werkzaamheden gedurende
mijne Reize over de Kaap de Goede Hoop naar Java en terug,
over St. Helena, naar de Nederlanden. 1830.
Thompson, George: Travels and Adventures in Southern Africa
1827.
..Travellerquot; : To India and back by the Cape. By a Travellei
1859-
{Villiers, M. de, geb. Van der Lingen:) Herinnering aan het
Leven en den Arbeid van den Wel Eerw. Zeer Gel. Heer
G. W. A. van der Lingen. S.j.
Wilkes, Charles: Narrative of the United States' Exploring
Expedition during the years 1838, 1830, 1840, 1841, 1842
Dl. II. 1852.
PERIODIEKE PUBLIKASIES
Almanakke: African Court Calendar, 1807-'14; African Court
Calendar and Directory, i8i5-'26; South African Almanack and
Directory, i827-'32; South African Directory and Almanac,
1834; Cape Calendar and Directory, 1836; Cape of Good Hope
Annual Register, Directory, and Almanac, 1838; Cape Calendar
and Annual Register, 1840.
Cape Argus, The. 1857. 1858.
Cape Monitor, The. 1857.
Cape Monthly Magazine, The. 1861. 1872.
Cape of Good Hope Government Gazette, The. 1828, 1835
Cape of Good Hope Literary Gazette. 1830_1833.
Cape of Good Hope Observer, The. 1849—1850.
Cape Town Gazette, and African Advertiser, The. 1813.
Cradock and Tarkastad Register, The. 1863—1864.
Cradock News and Mercantile Advertiser, The. 1858_1861
Cradocksche Nieuwsblad, Het. 1861.
-ocr page 276-Elpis. Algemeen Tijdschrift voor Zuid-Afrika. 1857—1860.
Friend of the Free State and Bloemfontein Gazette, The. 1861—
1871.
Graaff Reinet Courant, The. 1851—1853.
Huisgenoot, Die. 1916 vlgg.
Kaapsche Grensblad, Het. 1844—1850.
Kerkbode, De. 1849—1875.
Nederduitsch Zuid-Afrikaansche Tydschrift, Het. 1824—1843
Overberg Courant. 1859—1864.
South African Commercial Advertiser, The. 1824—1834; 1836.
South African Commercial Advertiser and Cape Town Mail, The,.
1856, 1857, 1858.
Volksblad, Het. 1849, 1856—1875.
Volksvriend, De. 1862—1871.
Worcestersche Courant. 1865—1869.
Zuid-Afrikaan, De. 1830—1875.
abgivale bronne
UITGEGEE
Algemeen
Acta Synodi (Handelinge van die Sinodes van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika), 1824—1873.
Dreyer, A. : Boustowwe vir die Geskiedenis van die Nederduits-
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. DI. III (1804—1836).
1936.
--: Die Kaapse Kerk en die Groot Trek. 1929.
Eybers, G. W. : Select Constitutional Documents illustrating South
African History, i'jg^—ipzo.
Preller, G. S. : Foortrekkermense. 6 dele. 1918—1938.
Theal, G. McC. : Belangrijke Historische Dokumenten. Dl. iii.
1911.
-: Records of the Cape Colony, 1793—1831 (36 dele).
Wetten en Bepalingen voor het Bestuur der Nederduitsche Gerefor-
meerde Kerk, in Zuid Afrika. 1874.
Regeringspublikasies
Memorandum ... on the Subject of Elementary Education at the
Cape of Good Hope, June 22, 1844.
Jaarrapporte van die Superintendent-Generaal van Onderwys oor die
Jare 1854—1877.
Report on Public Education. 1854.
Report of a Select Committee on Public Education, appointed on
the 28th March, 1855.
Minutes of Evidence taken before the Committee of the House of
Assembly, on Education. 1855.
Report of Commissioners, appointed ... to consider and report
upon the institution of a Board of Examiners, to select, by
competition. Candidates for appointment to the Public Service,
and to grant Certificates of merit and attainments in the civil
branches of Literature and Science. 1858.
Rapporte van Inspeksie van Skole in die Westelike Distrikte deur
die Superintendent-Generaal van Onderwys, 1858, i860, 1868,
1872.
Report of an Inspection by the Superintendent-General of Education
of the Schools connected with the Department of Public
Education. 1862.
Report of an Inspection of Schools in the Middle and Eastern
Districts by the Superintendent-General of Education ....
1869.
Rapporte van die ,,Board of Public Examiners in Literature and
Science,quot; i860—1866.
Report of a Commission appointed ... to inquire into and report
upon the Government Educational System of the Colony. 1863.
Report of a Commission appointed . . . to enquire into and report
upon the Working of the Education Acts in Force in this
Colony. iS^g. 1880.
Votes and Proceedings of the House of Assembly, 1854—1875.
Annexures to Votes and Proceedings of the House of Assembly,
1854—1875.
Appendix to Votes and Proceedings of the House of Assembly,
1854—1875.
Correspondence relative to the Establishment of a Representative
Assembly at the Cape of Good Hope. 1850. (Imperiale Blou-
boek.)
Further Correspondence Relative to the Establishment of a Repre-
sentative Assembly at the Cape of Good Hope, ig May, 1851.
(Imperiale Blouboek.)
onuitgegpe
ARGIEFGEBOU, KAAPSTAD
Colonial Office (Afkorting C.O.)
Superintendent-General and Education in General 1839—1864, no's
866, 888, 912, 937, 961, 972, loio, 1027, 1064, 1080,
1137, 1223, 1269, 2084, 2135, 2193, 2243, 2302, 2353, 2427,
2458, 2510, 2560, 2595.
Q
-ocr page 278- -ocr page 279-PERSONEREGISTER
Abercrombie, dr., 117, 118.
Adamson, James, 75.
Alfred, prins, 106.
B
Bain, A. G., 208.
Bamberger, ds. C., 197.
Barkly, sir Henry, 166, 169.
Barnard, lady Anne, 3, 4.
Barrow, John, 4, 5, 27, 50.
Bathurst, graaf, 10, 11, 13, 14,
16, 18, 24, 27, 32, 33, 35, 36,
68, 82.
Beelaerts van Blokland, G., 21,
22, 109.
Bell, luit.-kol. George, 74, 77, 78,
96.
Bergh, E., 21, 22.
Berrangé, ds. J. C., 13.
Berrangé, W. D. F., 88.
Bird,' W. W., 26, 27.
Boniface, C. E., 49, 82, 208, 209.
Borcherds, ds. Meent, 39.
Bosman, dr. F. C. L., 26, 208.
Botha, C. Graham, loi.
Bourke, maj.-gen. R., 47.
Braid, weleerw. W., 179.
Brand, Christoffel, 53, 58, 61, 65,
143, 145, 162.
Brand, pres. J. H., 162, 164.
Brand, P. A., 145.
Breda, Michael van, 61.
Brill, dr. J., 217, 244, 245, 246.
Brink, Melt, 164.
Bunbury, C. J. F., 52, 83.
Burgers, pres. T. F., 175, 217.
Burton, regter, 58.
Caledon, graaf, 5, 6, 11, 12, 20.
Castlereagh, burggraaf, 12.
Changuion, A. N. E., 62, 65, 78,
79, 83, 86, 87, 106, iii, 125,
127, 131, 139. 140, 146, 147.
149, 156, 178, 208, 221.
Chiappini, E., 53.
Clementson, 80.
Cloete, adv. H., 53.
Cole, A. W., 54.
Cole, sir Lowry, 96.
Conradie, dr. Elizabeth, 218.
Cooper, H. W. A., 221.
Cox, Charles Leo, 105.
Cradpck, sir John, 6-12, 21-23,
69.
Craig, maj.-gen. J. H., 3.
D
Dale, Langham, 132, 134, 182,
186, 187, 189, 202.
Davidson, J. C., 135.
Deneyssen, adv., 58.
Douglas, hoogeerw. Henry, 178.
Dreyer, dr. A., 10, 53, 89, 95.
Dundas, Henry, 3.
D'Urban, sir Benjamin, 64, 94.
Edgar, ds. James, 89.
Ellis, Henry, 14-16, 19, 30, 34.
Eloff, A. Z., 219, 220.
Ely, F. H., 188.
Evans, ds. John, 10.
Eybers, dr. G. W., 58, 65.
Fairbairn, John, 27, 49-51, 65,
112, 117, 124, 134.
Faure, ds. A., 28, 53, 61, 75,
141-143, 145, 146, 178.
Faure, ds. D. P., 24.
Faure, H. E., 35, 36.
Fawcett, J., 52, 54.
Fichardt, C. E., 219.
Fischer, Lucas, 58.
Fischer, Richard, 27.
Franken, dr. J. L. M., 208, 209,
Eraser, ds, Colin, 135.
Gass, F. P. van, 25.
Gill, prof., 178.
Glenelg, lord, 93, 95.
Godlonton, R., 224.
Golding, J. C., 69.
Goulburn, Henry, 11, 13, 14.
Grahaßi, luit.-kol. John, 11.
Grenville, lord, 5, 6.
Grey, graaf, 55.
Grey, luit.-goew., 11, 20.
Grey, sir George, 105, 106, 108,
109, 123, i6i.
Grisbrook, 124.
H
Halloran, ,,dr.quot;, 20.
Hamélberg, adv., 219, 220.
Haussmann, A., 123.
Hay, C. C., 166.
Heijns, dr. S. P., 141, 142, 145,
146, 150.
Herold, ds. T. J., 39-
Herschel, sir John, 78, 96, 130.
Heugh, ds. W. F., 151.
Hiddingh, P. H., 53.
Hoffman, T. S. A., 171.
Hofmeyr, adv., 25.
Hofmeyr, Jan Hendrik (,,Onse
Janquot;), 85, 168-170, 173, 178,
184, 186, 191, 224.
Hofmeyr, J. H., 86, 154, 168,
173. 178.
Hofmeyr, ds. J. H., 151.
Hoogenhout, C. P., 171, 227 vlgg.
Hough, eerw., 13.
Howison, John, 82.
Human, 173.
Janssens, gen., 4.
Joubert, adv., 25.
Juritz, 194.
K
Keate, R. W., 167.
Kekewich, regter, 58.
Kemp, dr. Van der, 19.
Kotzé, dr. J. J., 197. 198.
Krige, ds. W. A., 197.
Kruger, 116, 117, 119.
Kuijs, ds. A. G. M., 150, 180-182,
196.
Laidler, P. W., 208.
Leibbrandt, ds. H. C. V., 197.
Lingen, ds. G. W. A. van der,
154-156, 170, 171, 179, 180,
225, 239, 246.
Liverpool, graaf, 6, 20, 21.
Lloyd, A. C. G., 224.
Louw, ds. A. A., 197.
Loxton, Jaspar, 135.
Lückhoff, ds. A. D., 183, 195.
M
Macartney, graaf, 3.
Malherbe, dr. E. G., 74, 75, 100,
132.
Malherbe, Gideon, 245, 248.
Malherbe, Willem, 245.
Mansvelt, dr. N., 67, 116.
Menzies, regter, 58, 64.
Meurant, L. H., 209-224. (Sien
ook Waarzegger, Klaas.)
Meyer, W. von, 84, 157.
Mist, J. A. de, 4, 9, 11.
Montagu, John, 55, 56, 62, 63.
Moodie, Benjamin, 57.
Moodie, luit. J. W. D., 26.
Moorrees, prof. A., 95, 96, 155.
Morgan, ds. George, 248.
Mosjes, 163, 164, 168.
Muir, dr. John, 224.
Muller, dr. H. P. N., 220.
Munnik, J. H., 134.
Murray jr., ds. Andrew, 151-153,
189-191, 202, 238, 239.
Murray sr., ds. Andrew, 154, 155.
Murray, ds. Charles, 195.
Murray, prof. John, 134, 151, 235.
Murray, ds. VV., 135, 150.
My burgh, 173.
N
Napier, sir George, 53.
Neethling, ds. J. H., 135, 140,
155-
Niekerk, dr. L. van, 249.
Nienaber, dr. G. S., 220.
Nieuwoudt, 116.
Noble, prof. R., 112.
o
Oordt, dr. J. W. G. van, 202.
Oranje, Willem Frederik Hendrik,
prins van, 66.
Pannevis, Arnoldus, 171, 225-227,
232, 236, 239, 241, 242, 244-
248.
Paterson, 124.
Philip, dr. John, 19, 47, 49-51,
54-
Plessis, prof. J. du, 239.
Poison, Nicolas, 91.
Porter, William, 56, 64, 134.
Preller, dr. G. S., 25.
Pringle, Thomas, 52.
Read, 19.
Reid, 202.
Reitz„ F. W., 65.
Reitz, pres. F. W., 222.
Rex, George, 208.
Rijneveld, W. S. van, 6.
Ritchie, W., 73, 86.
Robertson, dr. William, 67, 70,
92, 93, 155-158, 183, 192, 193,
195, 237, 239.
Rose Innes, James, 36, 67, 69, 70,
77-81, 96, 120, 129, 131-134,
136.
Roubaix, P. E. de, 134, 135.
Rowan, A. N., 188.
Ruijtenbeeck, eerw. D. F. H.,
141,.
Scherzer, Karl, 123.
Shand, ds. R., 196.
Smidt, W. de, 144-146, 151, 195.
Smith, sir H., 53, 55, 56.
Smith, prof. J. J., 221, 223, 224,
226.
Smuts, 142.
Smuts, J. J. L., 65.
Solomon, Saul, 124, 134, 172.
Somerset, lord Charles, 9-43, 47,
57. 67, 77, 78, 88, 124, 156.
Southey, Richard, 166, 167.
Spijker, ds. J., 141, 145, 146,
151-
Stapleton, R. J., 49.
Stegmann jr., ds. G. W., 183,
191-195- 202.
Steytler, ds. A. I., 182, 196.
Stockenström, A., 53, 65.
Stout, Benjamin, 3.
Stucki, Maria, 67, 208.
Tancred, ,,dr.quot;, 107, 108, 116,
117, 118.
Taylor, ds. John, 10, 11.
Teengs, H. W., 164.
Teenstra, M. D., 21, 42, 209.
Tennant, sir D., 202.
Theal, G. McCall, 4, 23, 25, 105,
106.
Thom, ds. George, 10, 11, 13, 14,
26, 33. 37, 67.
Toit, D. F. du, 245.
Toit, dr. J. D. du, 226, 239, 245,
246 V
Toit, ds. S. J. du, 171, 218, 239
vlgg.
Trichardt, Karel, 25.
Truter, sir J. A., 6, 22, 28, 33,
35, 38-40, 88.
Truter, P. J., 32, 33, 67, 84.
Turpin, 79.
Turr, F. E., 7, 8.
Villiers, dr. Anna J. D. de, 29,
249.
Villiers, B. J. van de Sandt de,
quot;5-
Villiers, J. de, 174.
Villiers, Jacob de, 166.
Villiers, lord J. H. de, 172, 202.
Villiers, M. de, geb. Van der
Lingen, 180.
Villiers, ds. W. P. de, 196, 197.
Vos, ds. M. C., 10.
Vos, ds. P. G. J. de, 235.
Vos, de, 172.
W
,, Waarzegger, Klaasquot; (Meurant,
L. H.), 210-224, 231, 232.
genhout, C.P.), 232, 234, 240.
Walker, Eric A., 86, 166.
,,Ware Afrikaander, Eenquot; (Toit,
ds. S. J. du), 239 vlgg.
Watermeyer, regter E. B., 131,
134, 136-
Watermeyer, F. S., 53, 112.
Watson, 124.
Wet, adv. J. de, 25, 61, 65.
Wicht, J. H., 61, 65.
Wielligh, G. R. von, 228, 232.
Wilkes, Charles, 84.
Windham, William, 20.
Wodehouse, sir Philip, 161-164.
Wylde, sir John, 58, 72.
Yonge, sir George, 3.
Z
,,Zwaartman, Samuelquot; (Cooper,
H. W. A.), 221, 222.
Iii
-Ii
De dialectgeographische methode zal voor de bestudering
van het Afrikaans niet de waarde hebben die ze voor de
taalstudie in Europa heeft.
II
De geschiedenis van het Afrikaans is niet volledig te
begrijpen zonder 'n voortdurende inwerking van het
beschaafde Nederlands op de taal van de Kaapse kolonisten
aan te nemen.
III
Als Engelse woorden en uitdrukkingen minder kritiekloos
in het Nederlands werden gebruikt, zouden zowel het
Nederlands als het Afrikaans ermee gebaat zijn.
IV
De Nederlandse geschriften die vóór 1875 in Zuid-Afrika
ontstaan zijn, hebben noch voor hun tijd noch voor het
nageslacht de waarde gehad die vandaag wel eraan gehecht
wordt.
V
In het verleden is een onjuiste voorstelling gegeven van
de reactie die op de taaiproclamatie van lord Charles Somerset
volgde, omdat niet voldoende rekening gehouden is met het
feit dat het nationale bewustzijn van de Hollandse kolonisten
toentertijd nog weinig ontwikkeld was.
De mislukking van de verengelsingspolitiek van de Britse
regering moet voor een belangrijk gedeelte daaraan toe-
geschreven worden dat de regering de kolonisten op het
platteland niet kon bereiken.
VII
Dr. H. J. Rousseau heeft in zijn boek Die Invloed van
Engels op Afrikaans 'n overdreven voorstelling van de
Engelse invloed gegeven.
VIII
De Taaikommissie van de Suid-Afrikaanse Akademie vir
Taal, Lettere en Kuns is te ver gegaan met de verafrikaansing
van de spelling van vreemde woorden.
IX
Doordat dr. S. P. E. Boshoff niet over voldoende gegevens
beschikte, heeft de indeling van de Afrikaanse woordenschat
volgens herkomst zoals hij die gaf in Volk en Taal van
Suid-Afrika, veel van zijn waarde verloren.
X
Bij de beoordeling van het gebruik in Afrikaans van die
als lidwoord en hierdie als aanwijzend voornaamwoord is
totnogtoe niet voldoende rekening gehouden met de neiging
tot nadrukkelijk spreken en overmatige aanduiding die ook
in de Hollandse volkstaal waar te nemen is.
XI
Ten onrechte wordt vrijwel algemeen aangenomen dat
de constructie fluit-fluit, sing-sing, enz., in het Afrikaans
onmogelijk zonder vreemde invloed kan verklaard worden.
XII
Het Afrikaanse woord ghoen(ie) moet eerder van het
Maleise goendoe, quot;knikker,quot; dan van het Zaanse koen
afgeleid worden.
Er bestaat niet voldoende reden om met prof. D. B.
Bosman, Oor die Ontstaan van Afrikaans, blz. 76 vlg., de
Afrikaanse uitroep aitsa te beschouwen als aan het Hottentots
ontleend.
XIV
Coster, Tijsken van der Schilden, r. 1274:
't En komt bij 't wenschen van de honden niet, dat
de kalveren sterven.quot;
De verandering van Wenschen in wrenschen die Van
Rijnbach, De Kluchten van Gerbrand Adriaensz. Bredero,
blz. 95, vragenderwijs voorstelt, is onnodig.
XV
In zijn quot;Aantekeningen bij Breero's Kluchtenquot;, Tijdschrift
voor Nederlandsche Taal- en Letterkunde, dl. XLVIII, blz.
16, heeft prof. A. A. Verdenius de regels uit de quot;Klucht
vande Koequot;,
quot;lek sei mijn hoedt in huijs werpen, en is die lief of waert:
So wil ick inkomen, wat schatet of mijn wijf wat baertquot;
terecht in verband gebracht met een oude gewoonte, hoewel
de gewoonte die hij noemt, niet de juiste is.
J
-ocr page 290--
-ocr page 291- -ocr page 292-